# Design Grade 12 P1 NSC June 2018 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 Design Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2018-afr/03c4bac8-306f-4032-91bb-67f8dd0d185e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 P1 NSC June 2018 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2018-afr/03c4bac8-306f-4032-91bb-67f8dd0d185e)

## About this document

Design · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                     ONTWERP V1

                                        (TEORIE)

                                          2018

                                                                          PUNTE: 100

                                                                            TYD: 3 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
                      Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  2                                    DBE/2018
                                           SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

2.       Daar is drie keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur.

3.       Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

         AFDELING A:      Ontwerpgeletterdheid (30 punte)
                          VRAE 1 tot 3

         AFDELING B:      Ontwerpgeskiedenis (30 punte)
                          VRAAG 4

         AFDELING C:      Ontwerp in 'n sosio-kulturele/omgewings- en volhoubare
                          konteks (40 punte)
                          VRAAG 5 en 6

4.       Lees die vereistes vir elke vraag aandagtig deur.

5.       Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite. Moet NIE in
         tabelvorm antwoord NIE.

6.       Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag
         moet bestee.

7.       MOET NIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                               3                                  DBE/2018
                                        SSE

AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID

VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE

Beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.

1.1

                       FIGUUR A: Brons-koper-en-turkooishangertjie
                          deur Mike Edelman (Maryland, VSA), 2016.

         Bespreek FIGUUR A met verwysing na die volgende:

         •    Gebruik van materiaal
         •    Moontlike inspirasie
         •    Vorm
         •    Fokuspunt
         •    Kleur                                                         (5 x 2)       [10]

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 4                                 DBE/2018
                                          SSE

1.2

             FIGUUR B: Heraldiese Mieliepatroon-muurpapierontwerp deur Quagga
                                     (Suid-Afrika), 2012.

         Analiseer die gebruik van die volgende in FIGUUR B hierbo:

         •    Lyn
         •    Toonwaarde
         •    Onderwerp
         •    Balans
         •    Ritme                                                          (5 x 2)       [10]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 5                                    DBE/2018
                                          SSE

VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP

              FIGUUR C: Makarapa deur Plan International (Suid-Afrika), 2015.

2.1      Identifiseer DRIE simbole in FIGUUR C hierbo en bespreek die moontlike
         betekenisse daarvan.                                                               (6)

2.2      Verduidelik die boodskap van die plakkaat in FIGUUR C hierbo met
         verwysing na die term kulturele diversiteit.                                       (4)
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 6                                  DBE/2018
                                          SSE

VRAAG 3

Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.

3.1      Verwys na FIGUUR D en FIGUUR E hieronder en beantwoord die vrae
         wat volg.

       FIGUUR D: Bruidshaarkam                       FIGUUR E: Bruidshaarkam met
  deur Asante-kunstenaar (Ghana), 1932.           Pêrelfiligraanwerk deur Highland Angel
                                                              (Skotland), 2016.

         Skryf 'n kort opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy FIGUUR D met
         FIGUUR E vergelyk.

         Verwys na die volgende in jou vergelyking:

         •    Moontlike invloede
         •    Funksie
         •    Tekstuur
         •    Patroon
         •    Materiaal                                                       (5 x 2)       [10]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  7                                     DBE/2018
                                           SSE

3.2

      FIGUUR F: Bacchus-tempel, argitek                 Detail van Bacchus-tempel, argitek
         onbekend (Baalbek, Libanon),                     onbekend (Baalbek, Libanon),
                3de eeu VHJ.                                        3de eeu VHJ.

            FIGUUR G: Mainz-sinagoge                        Detail van Mainz-sinagoge
       deur Manuel Hertz Architects (Duitsland),      deur Manuel Hertz Architects (Duitsland),
                       2010.                                           2010.

         Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die Klassieke tempel in
         FIGUUR F met die kontemporêre sinagoge (Joodse plek van aanbidding) in
         FIGUUR G hierbo vergelyk. Anders kan jy enige Klassieke gebou vergelyk
         met enige kontemporêre gebou wat jy bestudeer het.

         Verwys na die volgende in jou vergelyking:

         •    Funksie
         •    Struktuur
         •    Boumateriaal
         •    Invloede
         •    Dekoratiewe elemente of styl van die geboue                         (5 x 2)       [10]

                                                                TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  8                                   DBE/2018
                                           SSE

AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS

VRAAG 4

4.1      Om te ontwerp is baie meer as om bloot saam te voeg, te rangskik of selfs om
         te versorg: dit gaan oor die toevoeging van waarde en betekenis, om te
         verryk, te vereenvoudig, te verduidelik, te wysig, te vereer, te dramatiseer,
         te oorreed, en miskien selfs om te amuseer.
                                                                           –Paul Rand

         Kies enige TWEE bewegings uit die lys hieronder wat die aanhaling hierbo
         weerspieël.

         •    Goties
         •    Renaissance
         •    Barok
         •    Neoklassiek
         •    Kuns en Kunsvlyt
         •    Art Nouveau
         •    Bauhaus
         •    De Stijl
         •    Modernisme
         •    Postmodernisme
         •    Dekonstruktivisme

         Skryf 'n opstel (ten minste TWEE bladsye) waarin jy bespreek hoe ELKE
         beweging die aanhaling hierbo weerspieël.

         Ondersteun jou antwoord deur na die volgende te verwys:

         •    Die doelwitte en invloede van ELKE beweging
         •    Die stylkenmerke van die bewegings wat jy gekies het
         •    Verwys na EEN voorbeeld en ontwerper uit BEIDE beweging om jou
              stellings te motiveer                                                           (20)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   9                                   DBE/2018
                                            SSE

4.2

                      FIGUUR H: Bugatti Tipe 57, Art Deco (Italië), 1934 tot 1940.

                        FIGUUR I: Cadillac Eldorado, Pop Design (VSA), 1959.
         Skryf 'n vergelykende opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy bespreek hoe
         FIGUUR H en FIGUUR I kenmerkend is van die ontwerpbewegings wat hulle
         verteenwoordig.
         Verwys na die volgende om jou antwoord te ondersteun:
         •    Inspirasie
         •    Doelwitte
         •    Lyn
         •    Vorm
         •    Kleur                                                              (5 x 2)       (10)
                                                               TOTAAL AFDELING B:              30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   10                               DBE/2018
                                            SSE

AFDELING C:          ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE
                     KONTEKS
VRAAG 5
Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.
5.1

                              €35 = ongeveer R455,00; €6,50 = R84,50

                                  €24 = R312,00; €6,50 = R84,50
             FIGUUR J: Sosiale Bewustheidsveldtog: Waarom Jy Dit Nie Kan Laat
             Reën Nie ('Why You Can't Make It Rain Social Awareness Campaign')
                          deur Saatchi & Saatchi (Nederland), 2007.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    11                                  DBE/2018
                                             SSE

         5.1.1        Verduidelik hoe die sosiale boodskap in die plakkate in FIGUUR J
                      oorgedra word. Verwys na die volgende:
                      •   Beeldgebruik
                      •   Kleur
                      •   Gebruik van jukstaposisie/naasmekaarstelling            (3 x 2)       (6)
         5.1.2        Skryf 'n opstel (ten minste TWEE bladsye) waarin jy die werk van
                      EEN Suid-Afrikaanse kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep EN
                      EEN     internasionale    kontemporêre    ontwerper/ontwerpgroep
                      bespreek wat sosiokulturele kwessies in hulle werk aanpak.
                      Verwys na die volgende in jou bespreking:
                      •   Doelwitte wat verband hou met die konsep van sosiokulturele
                          ontwerp
                      •   Noem en bespreek 'n ontwerper/ontwerpgroep en EEN van
                          sy/haar/hulle produkte wat sosiale verantwoordelikheid
                          weerspieël.                                                           (14)
                                                                                                [20]
                                                   OF
5.2      5.2.1        Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) oor 'n soort inheemse
                      tradisionele kunshandwerk wat in Suid-Afrika beoefen word.
                      Verwys na die volgende in jou opstel:
                      •   Die geskiedenis en sosiale funksies van die tradisionele
                          kunshandwerk
                      •   Materiaal, metodes en prosesse
                      •   'n Bespreking van EEN voorbeeld asook die naam/name van
                          die inheemse kulturele gemeenskap of inheemse handwerk-
                          kunstenaar wat dit gemaak het
                      •   Die waarde van die beoefening van hierdie soort
                          kunshandwerk in kontemporêre Suid-Afrika                              (10)
         5.2.2        Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) oor enige EEN Suid-
                      Afrikaanse kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep wat tradisionele
                      handwerktegnieke/-materiaal vir moderne gebruik aanpas.
                      Gebruik die volgende struktuur wanneer die vraag beantwoord
                      word:
                      •   Gee die naam van die ontwerper/ontwerpgroep en sy/haar
                          ontwerpproduk(te)
                      •   Bespreek hoe tradisionele tegnieke/metodes en materiaal op
                          kontemporêre ontwerp toegepas is en verwys na spesifieke
                          voorbeelde om jou stellings te ondersteun
                      •   Bespreek of hierdie produk(te) 'n sosiokulturele bydrae maak
                      Jy mag NIE na enige ontwerper/ontwerpgroep wat jy voorheen
                      bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel verskyn,
                      verwys NIE.                                                               (10)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 12                                DBE/2018
                                          SSE

VRAAG 6
6.1

             FIGUUR K: Plastiekbesoedeling-veldtog deur Surfrider (Europa), 2012.
                  Die 'kos' hierbo stel sushi-rolletjies, Japanese seekos, voor.
         6.1.1        Bespreek hoe die plakkaat in FIGUUR K die aandag op die
                      omgewingswaarskuwing hierbo vestig.                               (4)
         6.1.2        Dink jy dat 'n plakkaatveldtog effektief kan       wees   om
                      gedragsverandering te weeg te bring? Motiveer.                    (2)
6.2      Skryf 'n opstel (ten minste EEN EN 'N HALWE bladsye) waarin jy die werk
         bespreek van EEN Suid-Afrikaanse kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep/
         ateljee en EEN internasionale kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep/ateljee
         wie se werk omgewings-/volhoubaarheidskwessies aanpak.
         Verwys na die volgende in jou bespreking:
         •    Algemene doelwitte van die ontwerper/ontwerpgroep/ateljee en
              sy/haar/hulle ontwerpproduk(te)
         •    Noem EEN ontwerper en sy/haar ontwerp en verduidelik die invloed
              daarvan op die omgewing
         Jy mag NIE na enige ontwerper/ontwerpgroep wat jy voorheen bespreek het
         of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel verskyn, verwys NIE.              (14)
                                                                                        [20]
                                                            TOTAAL AFDELING C:          40
                                                                GROOTTOTAAL:            100
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Design P1 May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2018-eng/52ea804b-0b18-4587-aec2-d9a283c0970e) — Design · QP · 2018 · Eng
- [Design P1 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2018-memo-eng/5a423c49-54d7-4176-bf99-5fc43153c434) — Design · Memo · 2018 · Eng
- [Design P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2018-memo-afr/6a172732-7328-4649-b8c5-6e279c606f73) — Design · Memo · 2018 · Afr
- [DESIGN P1 GR12 QP SEPT2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-qp-sept2018-afr-d/003cc0ea-c27d-4140-81dc-02b509b4c8d3) — Design · QP · 2018 · Afr
- [DESIGN P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/95ab1e71-93b2-4279-a6ee-8696ae4aa645) — Design · QP · 2018 · Afr
- [DESIGN P1 GR12 QP SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-qp-sept2018-english/30e880f9-d61a-4fac-9f2e-42c830ef5c34) — Design · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-mg-afr/ccc80683-987a-4611-994f-f9eff5587a50) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/79defddf-f99d-45c8-840b-73877abd8f11) — Memo · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/a85d8220-5a26-4f17-990e-081cb336014f) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2024-eng/e3c099fa-b074-4932-aa7e-cbc7e78a1e3e) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
