# Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2018-memo-afr/6a172732-7328-4649-b8c5-6e279c606f73
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2018-memo-afr/6a172732-7328-4649-b8c5-6e279c606f73)

## About this document

Design · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                    ONTWERP V1

                                       (TEORIE)

                                          2018

                                  NASIENRIGLYNE

                                                                        PUNTE: 100

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                       2                                       DBE/2017
                                         SSE – Nasienriglyne

AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID
VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE [10 punte]
1.1         (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke kolpunt/aspek toe)

            Die materiaal gebruik in hierdie hangertjie is 'n ongewone kombinasie van
            koper- en geelkoper wat in kontrasterende vorms gesmee is.  Die materiaal is
            aan hitte blootgestel om dit smeebaar te maak sodat dit kan rek en gevorm word
            deur dit op 'n metaalblok of 'n aambeeld te klop/slaan.  Die koper is behandel
            om 'n patina te skep wat dit leeragtig laat lyk om die idee van 'n korset voor te
            stel.  Die turkooissteen voeg verskeidenheid en kontras by om 'n treffende
            ontwerp te skep. 
            Die brons-koper-en-turkooishangertjie is moontlik deur die menslike vorm
            geïnspireer.  Die bronsdraadoprygwerk in die koper laat 'n mens dink aan 'n
            vrou se korset en die blou, ovaalvormige turkooissteen impliseer 'n mens se kop.
             Die steen is aan die hangertjie geheg met 'n bronsstuk wat soos die nek en
            ruggraat van 'n vrou lyk. Die twee gekurfde bronsstukke wat aan 'n ketting geheg
            is wat om die nek vasmaak, kan deur die sleutelbene geïnspireer wees. 
            Die smee van die metaal laat die ontwerper/juwelier toe om kontrasterende
            vorms te skep. Die organiese kopervorm wat soos 'n korset lyk, kontrasteer met
            die meganiese vereenvoudigde vorms in brons wat soos 'n vrou se liggaam lyk.
             die herhaling van die ovaalvorm van die steen in die ovaalvormige lusse wat
            aan die ketting vas is, skep 'n gevoel van ritme.  Die vorm van die hangertjie as
            'n geheel is funksioneel en sal gemaklik om die nek van die draer hang.
            Die fokuspunt is die turkooissteen. Dit kontrasterende ovaal vorm trek
            onmiddellik die oog.  Daarby is dit die enigste koel kleur in die warm geel en
            rooi kleurskema wat deur die metale geskep is.  Die horisontaal gekurfde lyn lei
            die oog na die steen. Die vertikale lyn van die brons waarin die turkooissteen
            gemonteer is, lei die oog op na die steen. .
            Die koel blou kleur van die steen kontrasteer met die warm geel brons- en rooi
            kopermetale.  Die koper is behandel om 'n warm rooi patina te gee.  Die
            warm geel brons- en rooi kopermetale skep 'n gevoel van eenheid.                          [10]
      V.1.1                                                                           PUNTE
                     KOGNITIEWE VAARDIGHEDE           GEWIGSWAARDE         VRAE
      VLAK                                                                             (10)
                  Onthou, Herroep, Herken                                   1.1          2
Laer Orde                                                      30%
                  Verstaan, Verduidelik, Beskryf                            1.1          1
Middelorde        Toepas, Implementeer, Organiseer             40%          1.1          4
                  Analiseer, Interpreteer                                   1.1          1
Hoër Orde         Besin, Beoordeel                             30%          1.1          1
                  Sintetiseer                                               1.1          1

                                                     OF

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                        3                                   DBE/2018
                                          SSE – Nasienriglyne

1.2       [Ken 'n maksimum van 2 punte per ontwerpterm toe vir 'n totaal van
          10 punte]

          Die komposisie word opgemaak deur baie organiese lyne wat deur die Art
          Nouveau-beweging se sweepslaglyn geïnspireer kon gewees het.  Die
          kromlynige lyne wat rame rondom die mielies skep, word verkry uit die vorm van
          die vesels boaan elke mielie en die vorm van die mieliemeelsak.  Die
          diamantvorm geskep deur die lyne gee 'n baie dinamiese halfdruppelpatroon. 
          Variasie in toonwaarde word geskep in die ontwerp deur die vertolkingstegniek
          wat op die onderwerpmateriaal gebruik is. 'n Skakeringstegniek van fyn lyne is
          gebruik om 'n 3-dimensionaliteit en variasie in toonwaarde te skep aangesien die
          beklemtoonde motiewe op 'n plat donker agtergrond realisties verskyn.  Die
          skakeringstegniek kontrasteer met die plat groen agtergrond en vereenvoudigde
          silhoeëtte van vlieënde arende en vlerke.  Hierdie kontras skep ook 'n
          dinamiese patroonoppervlak. 
           Die onderwerp van die muurpapier kan moontlik deur die Kuns- en
          Kunsvlytbeweging geïnspireer gewees het wat alledaagse fauna en flora gebruik
          het.  Britse ontwerpers is deur onderwerpe omring – soos aarbeie en klein
          voëltjies wat in heinings woon. Op dieselfde wyse gebruik die Suid-Afrikaanse
          ontwerper, Quagga, die fauna en flora van Suid-Afrika as onderwerp, d.i. 'n
          mieliekop wat meesal in die Vrystaat geoes word, en akkers wat in die Kaap
          gevind word.  Die klein bruin voëltjies van die Kuns- en Kunsvlytbeweging wat
          in struike woon, word vervang met die Suid-Afrikaanse roofvoël, die arend. 
          Sakke met mieliemeel, stapeldieet van baie Suid-Afrikaners, toon die ware Suid-
          Afrikaanse invloed. 
          Die lyne rondom die spieëlbeeld van die mielies en enkele groot akkers skep 'n
          simmetriese balans.  Dieselfde balans kom voor in die spieëlbeeld van die
          mieliemeelsakke wat met 'n gekurfde sweepslaglyn geraam is.  Die muurpapier
          het 'n algehele herhalende druppelpatroon wat uit kleiner simmetries
          gebalanseerde eenhede bestaan.  Hierdie simmetriese balans stabiliseer die
          beweging wat deur al die organiese lyne geskep word. 
          Ritme word geskep deur die herhaling van die patrooneenhede.  Die vorm van
          die mieliepitte word herhaal met die klein kolletjies wat kleiner word, ingesluit
          deur die dubbel buitelyn bo die mielies wat ook ritme skep.  Die veranderende
          rigting en grootte van akkerboomblare wat diagonaal gerangskik is, skep 'n
          ritmiese patroon wat vertikaal gerangskik is.                                            [10]
      V.1.2                                                                             PUNTE
                      KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                    GEWIGSWAARDE   VRAE
      VLAK                                                                               (10)
                Onthou, Herroep, Herken                                         1.2        1
  Laer Orde                                                         30%
                Verstaan, Verduidelik, Beskryf, Klassifiseer                    1.2        2
 Middel Orde    Toepas, Implementeer, Organiseer                    40%         1.2        4
                Analiseer, Interpreteer                                         1.2        1
  Hoër Orde     Besin, Beoordeel                                    30%         1.2        1
                Sintetiseer, Regverdig                                          1.2        1

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                         4                                       DBE/2018
                                           SSE – Nasienriglyne

VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP [10 punte]

2.1         (Ken 6 punte toe)
            Die vuis  wat bo Mandela se kop is 'n simbool van mag en teenstand. 
            Die wit duiwe  in die twee boonste hoeke bokant die koeëls is simbole van
            liefde en vrede.  Die stembus met die stembrief met 'n kruis daarop  in die
            reghoek in die middel van die boonste kwart van die plakkaat is 'n simbool van
            demokrasie.  Die horings  wat aan beide kante van die visuele beelde van
            Mandela en Charlize uitsteek, kan simbole van Afrika wees met koedoes wat so
            volop in Afrika is.  Die rooi harte  wat langs die koeëls geplaas is, is simbole
            van liefde.  Die hyskrane  in elke hoek onderaan die plakkaat kan
            ontwikkeling en nywerheid simboliseer.  Swart en wit hande  wat mekaar
            vashou  simboliseer eenheid en harmonie tussen twee rasse. 
            Krediet moet aan ander geldige simbole en betekenisse gegee word.                         (6)

2.2         (Ken 4 punte toe)
            Die plakkaat weerspieël 'kulturele diversiteit' want dit gebruik visuele beelde en
            simbole wat na verskillende rasse, kulture en subkulture verwys wat deel van die
            breë gemeenskap van Suid-Afrika vorm.  Die ronde skywe met die driehoekige
            patrone verwys na die oorringe van die Zoeloe-kultuur en die visuele beeld van
            Charlize Theron kan na die Westerse kultuur verwys.  Kwaito is 'n musiekgenre
            wat aan 'n spesifieke subkultuur in Suid-Afrika behoort.  Verskillende visuele
            beelde verwys na die verskillende rasse wat deel van ons samelewing vorm, bv.
            die swart en wit hande wat mekaar vashou en die wit gesigte wat uit die lug met
            wolke bokant Mandela se kop verskyn.  Die plakkaat voeg hierdie visuele
            beelde almal saam om 'n gebalanseerde en verenigde geheel te vorm. Die
            boodskap wat oorgedra word, is dat eenheid verkry kan word al is Suid-Afrika
            kultureel so uiteenlopend.  Die feit dat hierdie visuele beelde geplaas is om
            'n simmetriese geheel te vorm, dra 'n gevoel van orde en balans oor.  Die
            gebruik van helder kleure, soos geel, rooi, blou en groen dra geluk en
            lewendigheid oor. 
            Krediet moet aan ander geldige stellings gegee word.                                      (4)
                                                                                                      [10]

       V.2              KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                   GEWIGSWAARDE       VRAE      PUNTE
      VLAK                                                                                     (10)
                  Onthou, Herroep, Herken, Name                                      2.1         3
Laer Orde                                                            30%
                  Verstaan, Verduidelik, Beskryf, Klassifiseer
                                                                                     2.1         3
Middelorde        Toepas, Implementeer, Organiseer                   40%
                                                                                     2.2         1
                  Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                                  2.2         3
Hoër Orde
                  Evalueer, Besin, Beoordeel                         30%

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                          5                                 DBE/2018
                                            SSE – Nasienriglyne

VRAAG 3 [10 punte]
Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.
3.1         [10 punte] (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir elke kolpunt/aspek)

            FIGUUR D is moontlik beïnvloed deur die geometriese lyne, vorms en patrone
            van ander tradisionele Afrika- gesnede houtprodukte en beeldhouwerk (krediet
            kan gegee word as leerders verwys na die gebruik van geometriese lyne deur die
            Art Nouveau-ontwerper, Mackintosh),  terwyl FIGUUR E se lyne en vorms
            herinner aan die kromlynige lyne wat in Victoriaanse en Art Nouveau-haarkamme
            gebruik is 
            Beide haarkamme word gebruik om hare te versier.  FIGUUR D fungeer ook
            as 'n seremoniële geskenk om 'n naderende troue te erken  terwyl FIGUUR E
            as versiering tydens 'n troue en ander geleenthede, soos 'n matriekdansfunksie,
            gedra word.  Die blink gehalte van FIGUUR E dui aan dat dit moontlik vir
            deftige aandgeleenthede gebruik word. 
            Die tekstuur in FIGUUR D is 'n kombinasie van gladde en tasbare oppervlak-
            detail.  Die horisontale bande toon gegraveerde tekstuur wat kontrasteer met
            die gladde oppervlaktekstuur van die vertikale 'tande' van die kam wat 'n
            dramatiese kontras vorm.  Die verskeidenheid materiaal wat in FIGUUR E
            gebruik is, toon tasbare tekstuur wat lewendige beweging en vroulikheid oordra.
             Die gladheid van die pêrels kontrasteer met die growwe tekstuur van die
            ingelegde diamante op die dekoratiewe kromlynige motiewe. 
            FIGUUR D kombineer strak, horisontale, gestileerde, dekoratiewe, ingesnyde
            diamantpatrone met vertikale, gedraaide, geknoopte stroke,  terwyl FIGUUR E
            glinsterende, diamantagtige stene en blink pêrels gebruik om organiese,
            blaaragtige spiraalvormige dekoratiewe patrone te vorm.  FIGUUR D is
            vereenvoudig en geometries in vergelyking met die komplekse, baldadige
            glinsterende aantrekkingskrag van FIGUUR E. 
            FIGUUR D is uit hout gekerf wat dit 'n organiese, kunshandwerk-kenmerk gee 
            terwyl FIGUUR E bestaan uit sintetiese materiaal, soos plastiek, sintetiese
            pêrels en nagemaakte diamante, tipies van kostuumjuweliersware.  FIGUUR D
            is duursaam terwyl FIGUUR E meer tingerig en breekbaar lyk. 
            Krediet moet vir ander geldige stellings gegee word.
            LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir antwoorde
            in tabelvorm. Gebruik die kognitiewe vlakke as nasienriglyne.                           [10]
       V.3.1                                                                            PUNTE
                       KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                 GEWIGSWAARDE     VRAE
       VLAK                                                                              (10)
                   Onthou, Herroep, Herken                                      3.1        1
      Laer Orde                                                   30%
                   Verstaan, Verduidelik, Beskryf                               3.1        2
  Middelorde       Toepas, Implementeer, Organiseer               40%           3.1        4
                   Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                            3.1        2
   Hoër Orde       Evalueer, Besin                                30%
                   Skep, Sintetiseer                                            3.1        1

                                                       OF
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   6                                      DBE/2018
                                     SSE – Nasienriglyne

3.2      [10 punte] (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir elke kolpunt/aspek.)

         Die funksie of die kontemporêre Mainz-sinagoge in FIGUUR G is nie aanvanklik
         duidelik nie want dit is 'n onkonvensionele, unieke en moderne struktuur wat nie
         enigsins verwys na tradisionele tempelvorms nie.  Aan die ander kant is
         FIGUUR F 'n bekende tempelvorm en is dit duidelik 'n godsdienstige ruimte waar
         aanbid word.  FIGUUR G kombineer publieke funksies met godsdienstige
         funksies. Die aansig van die gebou in FIGUUR G na die Ooste skep twee pleine
         of oop ruimtes: 'n interne gemeenskapstuin funksioneer as 'n plek vir
         ontspanning en viering en 'n openbare plein voor die hoofingang, wat na die
         middestad front, skep 'n oop ruimte vir die buurt in 'n digbeboude stedelike
         gebied.  Hierdie sinagogekompleks in FIGUUR G funksioneer ook as 'n plek vir
         volwasse onderrig en 'n Hebreeuse skool vir kinders. Die afwesigheid van enige
         tipe hek of versperring beteken dat dit as 'n ware openbare ruimte funksioneer
         wat vir alledaagse aktiwiteite gebruik word wat ongewoon vir 'n godsdiensgebou,
         veral vir 'n sinagoge, in Duitsland is. 
         Die monumentale, reghoekige, eenvoudige struktuur in FIGUUR F staan op 'n
         enorme opgeligte plaza.  Die entablement rus op twee en veertig 19 m hoë,
         regop, ongegroefde Korintiese suile wat met yster verbind is, wat 'n tipies
         Klassieke struktuur skep, gedomineer deur horisontale en vertikale.  Aan die
         ander kant is die struktuur in FIGUUR G baie meer kompleks en bestaan uit 'n
         baie skerp hoekige fasade.  Die vorm is abstrak op die Hebreeuse woord vir
         'seën' gegrond en is rondom die openbare binnehof gekurf.  Die struktuur
         gebruik veelvoudige perspektiewe in 'n perspektiewelike spel met die vensters
         wat hulle verdwynpunte voorstel. 
         'n Verskeidenheid natuurlike materiaal is in die struktuur van FIGUUR F gebruik.
         Die suile, basisse en kapitele is uit kalksteen gemaak terwyl die skagte uit
         gepoleerde rooi Egiptiese graniet gemaak is en die ryklik gegraveerde
         entablement ondersteun.  Aan die binnekant is die cella versier met Korintiese
         'halwe kolomme' wat aan weerskante van twee vlakke nisse staan wat
         mosaïektonele van die geboorte en lewe van Bacchus uitbeeld. Daar word
         bespiegel dat die kolomme in 'n onafgewerkte toestand opgerig is en slegs nadat
         dit in plek was, afgerond en gepoleer is.  Die ruimtelike kenmerk van
         FIGUUR G word versterk deur die gebruik van herhalende stroke deursigtige
         groen keramiekteëls wat die veranderende ligtoestand van die omgewing
         weergee en 'n wye verskeidenheid kleure en skakerings skep. 
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                          7                                     DBE/2018
                                            SSE – Nasienriglyne

            Die basiliekstyl tempel van Bacchus in FIGUUR F, wat binne die tempel-
            kompleks van Baalbek geleë is, is een van die bes bewaarde en
            skouspelagtigste Romeinse tempelruïnes in die wêreld. Beïnvloed deur antieke
            Griekse en Miceense argitektuur, word daar gedink dat dit tussen 50 en 250 VHJ
            gebou is.  Die afwisselende hoë en lae gepunte vorms van die Mainz-sinagoge
            in FIGUUR G is geïnspireer deur Hebreeuse skrif en die verband daarvan met
            ruimte.  Om hierdie Joodse gemeenskapsentrum (sinagoge) met die woonbuurt
            Mainzer Neustadt te integreer wat na die 19de eeu terugdateer, is die argitek ook
            geïnspireer deur die gebruik van 'n 'omtrekblokpatroon of binnehof'
            (Blockrandbebauung) wat 'n dominante argitekstyl in hierdie stedelike gebied is.
             Die gepunte, gefragmenteerde struktuur weerspieël ook die invloed van die
            Dekonstruktiwiste se gebruik van onstabiele, geometriese fragmentering. 

            Die tempel van Bacchus is bekend vir die indrukwekkende afmetings, ryklik
            versierde klipwerk en monumentale hek met Bacchus-styl figure.  Dit is versier
            met van die mees verfynde reliëfwerk en beeldhouwerk wat nog uit die antieke
            tyd oorleef het en die dekoratiewe klipsnywerk op die kosyn- en frieslyste sluit
            rye leeus en bulle in wat motiewe was wat simbolies met die twee gode
            geassosieer is. Die versiering het gedien as 'n invloedryke model vir
            Neoklassieke argitektuur in die 18de eeu.  Die tegnologie wat nodig is om die
            kosynlysstruktuur te skep, is bewys van Romeinse ingenieursvermoëns. Blokke
            wat tussen 66 ton en 100 ton geweeg het, is 19 m bo grondvlak opgelig met
            krane en grondbanke om die klaksteenblokke in posisie te rol.  Die versiering
            van die sinagoge in FIGUUR G is baie meer uniform en eenvoudig as die van die
            tempel in FIGUUR F.  Die oppervlak is heeltemal bedek met stroke
            geglasuurde keramiekteëls. Hierdie oppervlak asook die verskillende hoeke van
            die mure skep 'n visueel opwindende dekoratiewe, rimpel- en driedimensionele
            effek. 

            Krediet moet vir ander geldige stellings of 'n vergelyking van 'n Klassieke
            en kontemporêre gebou wat die leerder bestudeer het, gegee word.
            LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir antwoorde
            in tabelvorm. Gebruik die kognitiewe vlakke as nasienriglyne.                               [10]

   V.3.2                                                                                      PUNTE
                       KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                   GEWIGSWAARDE      VRAE
   VLAK                                                                                        (10)
                 Onthou, Herroep, Herken                                           3.2           1
Laer Orde                                                           30%
                 Verstaan, Verduidelik, Beskryf, Klassifiseer                      3.2           2
Middelorde       Toepas, Implementeer, Organiseer                   40%            3.2           4
                 Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                                 3.2           1
Hoër Orde        Evalueer, Besin                                    30%            3.2           1
                 Skep, Sintetiseer, Regverdig                                      3.2           1

                                                                          TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   8                                      DBE/2018
                                     SSE – Nasienriglyne

AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS

VRAAG 4 [30 punte]

4.1      Ken 20 punte in totaal toe.
         Ken 10 punte vir elke beweging toe. Let daarop dat SLEGS EEN punt vir die
         naam van 'n ontwerper en produk van elke beweging toegeken kan word.
         Gebruik die kognitiewevlakrooster as 'n riglyn vir nasien.

         Hierdie nasienriglyn gee 'n antwoord vir die volgende twee moontlikhede:
         • Neoklassisisme
         • Dekonstruktivisme

         Die doelstelling van Neoklassieke ontwerp is om vereenvoudigde en
         geordende geboue of produkte te skep wat gebalanseerd, kalm en stabiel is. 
         Dit word beïnvloed deur die Klassieke ideale van die Griekse en Romeinse
         tydperke.  Die ontwerpe weerspieël 'n herlewing van Klassieke bouelemente
         soos die kolom, kolonnade, boog, gewelkroonlys, entablement en suilegang. 
         Die doel is om hierdie elemente te gebruik om harmonieuse, geordende
         strukture te skep wat 'n gevoel van beheer, suiwerheid en statigheid uitstraal. 
         Neoklassieke ontwerp is 'n doelbewuste reaksie op die oordadigheid van
         Rococo-ontwerp. Die fokus is nou op die ideale van voortreflikheid, eergevoel,
         morele beginsels en verantwoordelikheid. 

         Kenmerkend van hierdie beweging is die uitbeelding van medaljes, druiweblare,
         krulversierings, Klassieke vase, natuurlike elemente en karakters uit die antieke
         mitologie, soos sfinkse en griffioene.  Tipies van Neoklassieke geboue is die
         feit dat dit meesal wit is wat bydra tot die gevoel van reinheid en
         stilte/rustigheid/kalmte.  Kolomme is hoog – amper die volle hoogte van die
         gebou en herhaling van hierdie kolomme en kolonnades is oordadig, wat 'n
         gevoel van grootsheid/prag bydra.  Komposisies is simmetries gebalanseerd
         met die klem op verhouding. 

         Die Amerikaanse Kongresgebou deur Thornton, Latrobe en Bulfinch, 
         Amerika, 1793–1830, beeld hierdie eenvoudigheid en suiwerheid baie goed uit.
          Die buitekant is heeltemal wit, tipies van Neoklassisisme, en straal rustigheid
         en reinheid uit.  Die ontwerp het 'n imposante koepel en ronde venster soos die
         Pantheon. Tipies van Neoklassisisme is die herhaling van hoë kolomme en
         kolonnades wat orde en stabiliteit weergee. 

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                           9                                  DBE/2018
                                             SSE – Nasienriglyne

            Die doelwit van Dekonstruktivistiese ontwerpe is om tradisionele maniere van
            sien en uitbeeld omver te werp.  Hulle wil dinge uitmekaar trek om verhoudings
            tussen die verskillende komponente van 'n gebou of produk te ondersoek. 
            Hulle werke is verdraai, gefragmenteer en hersaamgestel om lig te werp op
            nuwe verhoudings wat onstabiel en ontwrig voorkom.  Die kyker word uitgenooi
            om betekenis in chaos, wanbalans en verval te vind.  Hierdie ontwerpe
            oordryf/vergroot en dramatiseer. 

            Dekonstruktivistiese invloed het gegroei uit die skrywes van die Franse filosoof,
            Jacques Derrida, en sy teorie van dekonstruksie wat beweer dat dekonstruksie
            op alle vlakke van die lewe duidelik is en die gevolg is van die wisselwerking
            tussen teenoorgesteldes wat in 'n onstabiele omgewing bestaan.  Ander
            invloede op Dekonstruktivistiese ontwerpe is die fasettering van Kubisme asook
            die fasettering, geometrisering en klem van dinamiek op Futurisme.  Die
            bestudering van betekenis wat in nie-estetiese materiaal van Dada gevind word,
            is nog 'n invloed.  Dekonstruktivisme verwerp die funksionaliteit van
            Modernisme as koud en onpersoonlik. In plaas daarvan word 'n outoritêre
            ontwerpformule word, kreatiwiteit, verskeidenheid en individualiteit beklemtoon.
            

            Kenmerkend van Dekonstruktivisme is die gebruik van misplaaste en
            verwronge, hoekige, geometriese vorms wat 'n gevoel van dinamiek en visuele
            chaos skep.  Die hele vorm is gefragmenteer en dra 'n gevoel van onsekerheid,
            ongemak en ontwrigting oor.  Die struktuur verwerp suiwer funksie en
            tradisionele idees van harmonie, eenheid en stabiliteit. 

            'n Voorbeeld van Dekonstruktivisme is Frank Gehry se 'Foundation Louis
            Vuitton Contemporary Art and Performance Space'.  Die gebou kom voor
            as 'n reeks staalvlakke en glas wat uitmekaar getrek is om te onbloot wat onder
            die oppervlak lê.  Die vlakke lê in verskillende rigtings, wat ooreenstem met die
            Dekonstruktivistiese teorie van wisselwerking van teenoorgesteldes, om 'n
            natuurlik onstabiele omgewing weer te gee.  Dit dra by tot die gevoel van
            beweging en ruimte in die ontwerp.  Twaalf aparte 'seile' oordek die gebou wat
            die funksie daarvan verberg.  Op hierdie wyse verwerp die ontwerp suiwer
            funksie en die tradisionele idees van harmonie, eenheid en stabiliteit.  Die
            gebou is as 'n 'katedraal van lig' en 'n 'glaswolk' beskryf.                             (20)
   V.4.1                                                                                PUNTE
                      KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                   GEWIGSWAARDE   VRAE
   VLAK                                                                                  (20)
                Onthou, Herroep, Herken, Noem                                  4.1         2
Laer Orde                                                          30%
                Verstaan, Verduidelik, Beskryf, Klassifiseer                   4.1         4
Middelorde      Toepas, Implementeer, Organiseer                   40%         4.1         8
                Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                              4.1         2
Hoër Orde       Evalueer, Besin                                    30%         4.1         1
                Skep, Sintetiseer, Regverdig                                   4.1         3

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                       10                                    DBE/2018
                                          SSE – Nasienriglyne

4.2      [10 punte] (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir elke kolpunt/aspek)

         Albei motors is deur die Masjientydperk geïnspireer.  Die slanke/gladde,
         langwerpige vorm van die Bugatti Tipe 57 toon Art Deco se belangstelling in die
         Masjientydperk-, gestroomlynde vorms  en die Cadillac Eldorado se gebruik
         van vinne lyk asof dit geïnspireer is deur die Modernistiese belangstelling in die
         gebruik van visvorms om spoed uit te beeld. 

         Die doel van Art Deco-ontwerpers is om ontvlugtingsitems te skep wat bekoorlik
         en luuks is.  Die Bugatti Tipe 57 weerspieël hierdie doel duidelik aangesien dit
         'n groot, luukse motor is wat ontwerp is om gemaklik te reis.  Die Cadillac
         Eldorado is ook 'n luuksemotor maar die Pop-tydperk se doel om die populêre,
         alledaagse kultuur van die tyd te weerspieël, kan gesien word in die feit dat die
         stemming minder ernstig, meer pret is as wat die Bugatti uitstraal. 

         Die Bugatti het lang, slanke kromlynige lyne wat help om beide spoed en
         elegansie uit te beeld.  Die Cadillac Eldorado se lyne is ook lank en
         gestroomlyn maar dit eindig nie in bolvormige kurwes nie – in plaas daarvan is
         dit meer hoekig en skerp wat energie en pret uitstraal. 

         Die vorms van die Bugatti Tipe 57-motor is solied en swaar wat tot die deftige en
         kragtige voorkoms daarvan bydra.  Daarenteen is die vorms van die Eldorado
         Cadillac meer lineêr, hoekig en lig.  Die bolvormige, gekurfde masjienkap van
         die Bugatti kan deur die organiese vorms van Art Nouveau en die
         traandruppelagtige vorms uit die studie van aërodinamika geïnspireer wees. 
         Aan die ander kant, bestaan die Cadillac uit platter, reghoekige vorms wat
         moontlik deur die Masjientydperk geïnspireer is. 

         Die Bugatti se dieprooi en roomkleurige kleurskema is tipies van Art Deco se
         gebruik van dramatiese, teatrale kleur en straal prag en praal uit.  Aan die
         ander kant is die ligpienk van die Cadillac lighartig.  Dit herinner aan roomys en
         populêre plastiekprodukte en weerspieël die Pop-tydperk se liefde vir die nuwe,
         kunsmatige reeks kleure wat in verfproduksie moontlik geword het. 

         Krediet moet vir ander geldige stellings gegee word.
         LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag vir vergelykings in tabelvorm
         toegeken word. Gebruik die kognitiewe vlakke as nasienriglyne.                              (10)
    V.4.2             KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                    GEWIGSWAARDE   VRAE     PUNTE
    VLAK                                                                                 (10)
  Laer Orde      Onthou, Herroep, Herken, Name                      30%         4.2        1
                 Verstaan, Verduidelik, Beskryf, Klassifiseer                   4.2        2
  Middelorde     Toepas, Implementeer, Organiseer                   40%         4.2        4
  Hoër Orde      Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                  30%         4.2        1
                 Evalueer, Besin, Beoordeel                                     4.2        1
                 Skep, Sintetiseer, Regverdig                                   4.2        1

                                                                      TOTAAL AFDELING B:             30

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                     11                                       DBE/2018
                                        SSE – Nasienriglyne

AFDELING C:          ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS-                      EN    VOL-
                     HOUBARE KONTEKS

VRAAG 5 [20 PUNTE]

Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.

5.1      5.1.1        (Ken 6 punte toe)

                      • Gebruik van visuele beelde (Ken 2 punte toe)
                      Die sosiale boodskap in die plakkate hierbo is effektief oorgedra deur
                      die visuele beelde van uitgeteerde modelle wat poseer nes die
                      modelle wat in eksklusiewe modetydskrifte poseer.  Die Masai-
                      modelle poseer met duur oppervlakkige produkte wat met die
                      Westerse daaglikse lewe geassosieer word maar wat nie noodsaaklik
                      in hulle daaglikse lewe is nie.  Die lettertipe (font) (woorde geskryf)
                      laat mens ook die boodskap maklik verstaan. 
                      • Kleur (Ken 2 punte toe)
                      Die Masai-modelle is opgestel teen 'n bruin, somber, kaal landskap
                      wat droogte toon en ook moontlik hongersnood suggereer.  Die
                      produkte wat die Masai-modelle vertoon, vang die oog as gevolg van
                      die blink, glinsterende geel lig wat deur die son vanaf die
                      plastiekmateriaal van die sonbril gereflekteer word  en die
                      plastiekdeksel van die naskeermiddel.  Die gebruik van kleur in die
                      boodskap (die woorde) staan uit. 
                      • Gebruik van jukstaposisie/naasmekaarstelling (Ken 2 punte
                          toe)
                      Die modelle poseer met duur 'bling'-produkte wat met 'n
                      modebewuste spoggerige verwesters bestaan geassosieer word. Die
                      Masai-modelle toon egter fisiese tekens van armoede en wanvoeding.
                       Die kontras tussen die monetêre waarde van die mode-items
                      waarmee die modelle poseer en dit wat algemene basiese
                      noodsaaklikhede (skoon water, skuiling en kos) is, word verder deur
                      die geskrewe byskrif beklemtoon.  Dit beklemtoon die verskil ten
                      opsigte van waarop geld in eerstewêreldse lande bestee word en wat
                      daardie tipe finansiële gerief in derdewêreldse lande kon beteken. 
                      Krediteer enige ander geldige stellings.                                        (6)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                     12                                        DBE/2018
                                        SSE – Nasienriglyne

         5.1.2        Ken 14 punte toe, 7 punte per gevallestudie.
                      Ken 1 punt vir die naam van die ontwerper en die naam van die
                      produk toe.
                      EEN KONTEMPORÊRE               SUID-AFRIKAANSE           ONTWERPER/
                      ONTWERPGROEP

                     • Doelwitte rakende die konsep van sosiokulturele ontwerp
                     Die doel van die Lumkani-brandalarm is om kwessies in die
                     samelewing wat die lewensgehalte van mense beïnvloed, aan te pak/
                     te verlig/te verbeter.  Die Lumkani-brandalarm is vir informele
                     nedersettings in Suid-Afrika ontwerp, waar stampvol omstandighede
                     en oop vure vir kookwerk huisbrande tot gevolg kan hê.  Vuur kan
                     maklik van huis tot huis versprei en hele gemeenskappe verwoes en
                     ontwortel.
                     • Noem en bespreek 'n ontwerper/ontwerpgroep en EEN van
                        sy/haar/hulle produkte wat sosiale verantwoordelikheid
                        weerspieël
                     Lumkani Fire Alarm by Socio Tech Institute 
                     Die Lumkani-brandalarm is in 2015 deur SocioTech Institute ontwerp.
                     Dit het 'n ingeboude sellulêre en radionetwerk wat met 'n oudio-alarm
                     en SMS-boodskappe bure binne 'n radius van 60 meter waarsku oor
                     die ligging van die vuur sodat die gemeenskap vinnig kan reageer om
                     'n vuur te blus.  Skuilings en pondokke in informele nedersettings
                     word met die hand uit geredelik beskikbare materiaal wat dikwels
                     hoogs vlambaar is, gebou.  Daarby word hierdie pondokke dikwels
                     naby aan mekaar gebou wat 'n optimale toestand skep vir 'n vuur om
                     vinnig te versprei.  As gevolg van die onbeplande aard van
                     informele nedersettings, is dit selde gekarteer wat dit vir
                     reddingsdienste besonder moeilik maak om die geaffekteerde plekke
                     te identifiseer en vinnig op 'n brand te reageer. 
                      EEN INTERNASIONALE ONTWERPER/ONTWERPGROEP

                      • Doelwitte rakende die konsep van sosiokulturele ontwerp
                      Vestergaard LifeStraw is ontwikkel om feitlik al die mikrobiologiese
                      kontaminante wat water onveilig maak om te drink, uitfiltreer.  Die
                      tegnologie is 'n persoonlike 'strooitjieagtige' filter. Dit help mense in
                      ontwikkelende lande waar lopende water nie per pypleiding vanaf
                      munisipale bronne of ander veilige plekke verkry word nie en ook
                      tydens noodtoestande na natuurrampe wanneer water besoedel is. 
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                       13                                       DBE/2018
                                          SSE – Nasienriglyne

                      • Noem en bespreek 'n ontwerper/ontwerpgroep en EEN van
                         sy/haar/hulle produkte wat sosiale verantwoordelikheid
                         weerspieël
                      Lifestraw deur Vestergaard 
                      Die LifeStraw is in 1994 deur Vestergaard ontwerp. Dit is 'n filter wat
                      Guinea-wurm-larwes wat water besoedel, kan verwyder. Hierdie
                      lapfilter het teen 1991 in 'n meer doeltreffende pypvorm ontwikkel. 
                      Meer as 37 miljoen LifeStraw Guinea Worm-filters het tot op hede tot
                      die feitlike uitwissing van die siekte bygedra. 
                      Die LifeStraw-span is toegewy aan die herdefiniëring van veilige
                      drinkwater deur tegnologiese innovering en produkgehalte en
                      ontwerp.  Daardeur dryf ons volhoubare toegang tot veilige
                      drinkwater deur regerings, skenkers en individuele verbruikers te
                      betrek om die probleem te verstaan en 'n aktiewe deel van die
                      oplossing te word. 
                      Vestergaard erken dat alhoewel die LifeStraw-tegnologie vir baie
                      gebruike effektief was, innovering rondom produkontwerp belangrik
                      was om aan die behoeftes van verskillende groepe mense te voldoen.
                       LifeStraw-tegnologie is in 2008 aangepas vir interne (binnenshuise)
                      gebruik en die LifeStraw-Gesinsuiweraar is ontwikkel om groter
                      hoeveelhede water te suiwer. 
                      Die LifeStraw-portefeulje ontwikkel voortdurend, soos bv. die hoë-
                      volume-LifeStraw-Gemeenskapsuiweraar vir plekke soos skole en
                      hospitale (in 2013 bekendgestel),  die LifeStraw-Go-hervulbare
                      waterbottel (2014) en die LifeStraw Mission, 'n hoëvolume-,
                      opvoubare sak ideaal vir kampterreine, voetslaan in groepe en
                      ekspedisies (in 2015 bekendgestel). 
                      'n Gedeelte van die wins uit verbruikersverkope van enige LifeStraw-
                      produk enige plek ter wêreld gaan vir die aankoop van LifeStraw-
                      Gemeenskapsuiweraars wat aan skole en ontwikkelende
                      gemeenskappe versprei word.  As gevolg daarvan gee elke
                      verbruikersaankoop een skoolkind in 'n ontwikkelende gemeenskap
                      veilige water vir 'n hele skooljaar. 
                      LifeStraw is ideaal vir voetslaan, kampeer, reis en noodtoestand-
                      voorbereiding.  Die strooitjieagtige filterontwerp verander 1 000 liter
                      besoedelde water in veilige drinkwater.  Jy kan direk uit stroompies
                      en mere of enige houer drink.  Gebruik gevorderde holvesel-
                      membraantegnologie om tot 264 gallon of 1 000 liter water tot
                      0,2 mikron te filtreer. Dit verwyder 99,9999% wateroordraagbare
                      bakterieë, E. coli en salmonella ingesluit, en 99,9% water-
                      oordraagbare protosoë, Giardia en Cryptosporidium ingesluit. 
                      Krediteer enige ander geldige stellings.                                        (14)
                                                                                                      [20]
    V.5.1                                                                                   PUNTE
                        KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                  GEWIGSWAARDE     VRAE
    VLAK                                                                                     (20)
                 Onthou, Herroep, Herken, Noem                                    5.1.1        2
Laer Orde                                                           30%
                 Verstaan, Verduidelik, Beskryf, Klassifiseer                     5.1.2        4
                                                                                  5.1.1        4
Middelorde       Toepas, Implementeer, Organiseer                   40%
                                                                                  5.1.2        4
                 Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                                5.1.2        3
Hoër Orde        Evalueer, Besin, Beoordeel                         30%           5.1.2        2
                 Skep, Sintetiseer, Regverdig                                     5.1.2        1

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                     14                                       DBE/2018
                                        SSE – Nasienriglyne

                                               OF

5.2      5.2.1        (Ken 10 punte toe, 2 punte per vereiste)

                      XHOSA-KRALEWERK
                      • Geskiedenis en sosiale funksies
                      Kralewerk word in die Afrika-samelewing as 'n middel tot sosiale
                      differensiasie gebruik; dit word gebruik om die sosiale rol, lewensfase,
                      geestelike toestand of huwelikstaat van die draer in sy/haar
                      gemeenskap uit te beeld.  Voorwerpe met krale vorm ook 'n
                      belangrike deel van tradisionele Afrika-kleredrag en van spesiale
                      geleenthede soos troues en feeste. 
                      • Materiaal, metodes en prosesse
                      Die materiaal wat in tradisionele Xhosa-kralewerk gebruik word, is
                      dieresenings en glaskrale waarvan wit krale die gunsteling is. 
                      Spelde om die voltooide produk aan die kledingstuk vas te steek,
                      word ook gebruik.  Die steen- of ruitsteekmetode word gebruik om
                      presiese, geometriese patrone en vorms te skep. 
                      • 'n Bespreking van EEN voorbeeld en die naam/name van die
                         inheemse kulturele gemeenskap of inheemse handwerk-
                         kunstenaar wat dit gemaak het
                      Bv. die bewaarder-van-die-hart-halssnoer by die Xhosa kulturele
                      gemeenskap.  Die bewaarder-van-die-hart-halssnoer is 'n klein
                      kralewerkpaneelhalssnoer wat algemeen deur Xhosa-vroue om die
                      nek gedra word en wat oordra hoe hulle oor hulleself voel.  Die
                      halssnoer het 'n vierkantige of reghoekige paneel waarop daar 'n
                      gestileerde mensefiguur in gekodeerde vorm verskyn.  Die houding
                      van die gestileerde figuur vertel vir ons dat die draer hom-/haarself
                      beskou as hardwerkend of 'n goeie danser of, partykeer, dat hy/sy te
                      oud is om te dans.  Die bewaarder-van-die-hart-halssnoer word
                      soms ook deur mans gedra en dui aan dat die vrou 'n goeie danser of
                      'n harde werker of 'n goeie huisvrou is. 
                      • Die waarde van die beoefening van hierdie tipe kunshandwerk
                         in kontemporêre Suid Afrika
                      Die beoefening van tradisionele kunshandwerk in kontemporêre Suid-
                      Afrika help om die kunshandwerk lewendig te hou en op hierdie wyse
                      word tradisionele Afrika-praktyke en -kultuur bewaar.  Hierdie
                      praktyk skep ook ekonomiese vooruitsigte vir die ontwerper en gee
                      die ontwerper 'n geleentheid om sy/haar gemeenskap te bemagtig. 
                      Dit word gedoen deur vaardighede met die gemeenskap te deel om
                      potensieel die ekonomiese situasie van die gemeenskap te verbeter.
                      
                      Krediteer enige ander geldige stellings.                                        (10)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                          15                                  DBE/2018
                                             SSE – Nasienriglyne

            5.2.2       (Ken 10 punte toe)

                        • Naam       van    ontwerper/ontwerpgroep      en    sy/haar/hulle
                           ontwerpproduk(te)
                        Xhosa-geïnspireerde kralewerk-iPhone-bedekking deur Vukile Batyi
                        en Laduma Ngxokolo 
                        • 'n Bespreking van hoe tradisionele tegnieke/metodes en
                           materiaal op kontemporêre ontwerp toegepas is en verwys na
                           spesifieke voorbeelde om jou stellings te ondersteun
                        Die Xhosa-kralewerk geïnspireerde iPhone-bedekking is met
                        glaskrale gemaak en gebruik tradisionele kralewerktegnieke om 'n
                        21ste eeuse bykomstigheid wat oral te kry is, te skep.  iPhone-
                        bedekkings is net so gewild soos die iPhone self.  iPhone-
                        bedekkings is 'n modieuse bykomstigheid wat iPhone teen skerm- en
                        vogbeskadiging beskerm.  Batyi word deur sy oorlede tante
                        geïnspireer en hy gebruik tradisionele kralewerkvaardighede om
                        unieke, helder en treffende ontwerpe vir die Suid-Afrikaanse en
                        internasionale markte te skep. 
                        • Bespreek of hierdie produk(te) 'n sosiokulturele bydrae maak
                        Die patrone waarin die krale uitgelê word, word hoofsaaklik in die
                        Xhosa-kultuur gevind en gebruik.  Die gebruik van 'n tradisionele
                        tegniek om 'n tegnologiese toestel te beskerm en te versier, skep 'n
                        kontras van teenoorgesteldes, 'n New Age digitale bykomstigheid wat
                        deur 'n ou handgemaakte element versier en beskerm word.  Die
                        gebruik of Xhosa-geïnspireerde patrone vir 'n kontemporêre ontwerp
                        is 'n manier om voorheen benadeelde samelewings te eer deur die
                        bydrae van die ontwerp aan die ontwerpwêreld te erken. 
                        Tradisionele ontwerpers wie se werk hierdie bedekkings beïnvloed
                        het, kan vir die ontwerpe tantieme betaal word en dus werk skep vir
                        mense met 'n tradisionele agtergrond.                                        (10)
                                                                                                      [20]
   V.5.2                                                                                PUNTE
                      KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                   GEWIGSWAARDE   VRAE
   VLAK                                                                                  (20)
                                                                              5.2.1        2
                Onthou, Herroep, Herken, Noem
                                                                              5.2.2        1
Laer Orde                                                          30%
                                                                              5.2.1        2
                Verstaan, Verduidelik, Beskryf, Klassifiseer
                                                                              5.2.2        1
                                                                              5.2.1        4
Middelorde      Toepas, Implementeer, Organiseer                   40%
                                                                              5.2.2        4
                Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                             5.2.2        2
Hoër Orde       Evalueer, Besin                                    30%        5.2.1        2
                Skep, Sintetiseer, Regverdig                                  5.2.2        2

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    16                                       DBE/2018
                                       SSE – Nasienriglyne

VRAAG 6 [20 punte]

6.1      6.1.1        (Ken 4 punte toe)
                      Die omgewingswaarskuwing in FIGUUR K waarsku mense teen die
                      gevaar van plastiekbesoedeling van die see.  Die plakkaat skep
                      bewustheid van die invloed van plastiekbesoedeling op die omgewing
                      van die see. Dit beïnvloed die gehalte van die water in die see en ook
                      die lewensduur van seediere en mariene plante.  By mense kan
                      plastiekbesoedeling lei tot ernstige reaksies en siektes deur fisiese
                      kontak of inname van water of kos uit die see afkomstig.  Die krag
                      van die boodskap word versterk deur die gebruik van 'n lettertipe
                      (font) wat vetgedruk, sans serif en hoofletters is.  Die visuele beeld
                      van die heerlike sushi-rolletjies waar plastiek die seewier vervang, is
                      'n sterk beklemtoning van die boodskap van omgewingsbesoedeling
                      wat hand uitruk. 
                      Krediteer enige ander geldige stellings.                                       (4)

         6.1.2        (Ken 2 punte toe)
                      Ja, skokkende visuele beelde in 'n plakkaatveldtog kan 'n invloed op
                      mense se persepsies hê en dit verander,  bv. die invloed van
                      besoedeling kan hulle aanmoedig om hulle gewoontes te verander
                      nadat hulle skokkende visuele beelde gesien het. 
                                                       OF
                      Nee, plakkaatveldtogte is soms nie doeltreffend om mense se gedrag
                      te verander nie want mense vergeet die boodskap van die plakkaat
                      sodra hulle wegstap.  Uit die oog, uit die hart is dikwels mense se
                      reaksie.  Wetgewing moet in verskeie lande verskerp word om
                      strenger wette oor kwessies wat die omgewing beïnvloed, af te dwing.
                      
                      Krediteer enige ander geldige stellings.                                       (2)

6.2      (Ken 14 punte in totaal toe, 7 punte per gevallestudie)

         VOORBEELD VAN            'N   SUID-AFRIKAANSE        OMGEWINGSONTWERPER/
         ONTWERPGROEP

         Naam van ontwerpmaatskappy: ZETU, naam van skoen: Izimbadada 
         Die eienaar van ZETU, 'n maatskappy wat in landelike KwaZulu-Natal skoene
         vervaardig, en 'n skoenontwerper, Reggie Xaba, wil modieus, stylvol en
         ultramodern wees en ook die feit dat hulle van Afrika kom, vier.  Izimbadada-
         skoene is gewild gemaak deur Mbaqanga- en Maskandi- (Suid-Afrikaanse
         musiekgenres met landelike Zoeloe-wortels) musikante wat dit vir duursaamheid
         wanneer Zoeloedanse opgevoer word, verkies.  Die ontwerp van die skoen is
         geïnspireer deur die bekende Afrika-omgewing, soos die stowwerige terrein van
         KwaZulu-Natal, die besige strate van Johannesburg, Lagos en Nairobi of enige
         ander Afrika-stad. 

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  17                                      DBE/2018
                                     SSE – Nasienriglyne

         Hierdie rubbersandale, wat in geheel uit ou motorbande gemaak word, is
         oorspronklik gedra deur mense in landelike gebiede, wat stede toe getrek het en
         in hostelle gaan woon het. Sedertdien het dit die breër spektrum van die
         samelewing as 'n mode-item getref.  Die skoene word swaar en stewig gemaak
         want Zoeloedans behels baie hewige stampery wat hard op die voete is.  Die
         ligter weergawes van die tradisionele handgemaakte sandaal gebruik moderne
         materiaal en snymetodes en is met modieuse en oorspronklike patrone versier.
          Alhoewel die sandale 'n kenmerkende sool het wat van motorbande gemaak
         is, verskil ontwerpe en dit word dikwels op bestelling gemaak volgens die koper
         se versoek.  Die sandale is gemaklik en modieus en die tradisionele drag het
         'n herskepte voorkoms gekry.  Dit kan bandjies versier met beesvel insluit
         asook bandjies wat met krale of borduurwerk versier is. 
         Die skep van hierdie produkte help om die omgewing skoon te hou want dit word
         uit afvalmateriaal vervaardig.  In plaas daarvan dat hierdie tipe bande op
         grondopvullingsterreine weggegooi word, kry dit nuwe lewe as skoene.  Die
         rubber wat uit die bande herwin word, verminder ook die koolstofvoetspoor op die
         omgewing.  Bande is nie-herwinbare bronne  met die meeste mense en
         handelsvervoernywerhede wat hulle ou bande op grondhervullingsterreine
         weggooi. Die gebruik van hierdie bande as materiaal in die ontwerp van produkte
         help om afval en die negatiewe invloed op die omgewing te verminder. 
         VOORBEELD VAN 'N INTERNASIONALE ONTWERPER
         (Ken 7 punte per gevallestudie toe)

         Naam van ontwerper: Laurence Brabant, naam van produk: Cold Cuts 
         Die Cold Cuts-versameling deur Laurence Brabant vat herwinde wynbottels en
         verander dit in opdienware en glase.  Hulle doel is om onpretensieuse diskrete
         ontwerpe deur gesofistikeerde, funksionele, eenvoudige voorwerpe te
         vervaardig.  Die wynbottels word gesny en afgekant. Laurence Brabant,
         gebruik herwinbare hout soos beukehout en kurk om die handvatsels te maak. 
         Al Laurence Brabant Editions word in hulle ateljee met die hand gemaak. 
         Geen vorms of modifikasies word gebruik nie. Elke stuk is uniek want dit word op
         een slag gemaak wat ervare vaardigheid en konsentrasie verg.  'n Herwinde
         wynbottel word as 'n materiaal gekies want dit laat Laurence ontwerpe
         vervaardig want andersins deur pypblaas beperk sou gewees het.  Hierdie
         stukke is hittebestand en bedrieglik duursaam. Laurence Brabant het daarin
         geslaag om 'n paar unieke ontwerpe te skep wat teen gewone herwinde uitstaan.
         Brabant skep unieke kombuisgereedskap soos deftige wynglase, oulike en
         aantreklike glase en nog meer. 

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Design P1 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2018-memo-eng/5a423c49-54d7-4176-bf99-5fc43153c434) — Design · Memo · 2018 · Eng
- [Design P1 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2018-afr/03c4bac8-306f-4032-91bb-67f8dd0d185e) — Design · QP · 2018 · Afr
- [Design P1 May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2018-eng/52ea804b-0b18-4587-aec2-d9a283c0970e) — Design · QP · 2018 · Eng
- [DESIGN P1 GR12 MEMO SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-memo-sept2018-afrikaans/9f429249-e5ba-4d49-a678-895047ecaf8a) — Design · Memo · 2018 · Afr
- [DESIGN P1 GR12 MEMO SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-memo-sept2018-english/4692b2c3-52de-4a8b-9723-d1c7c2b48ee9) — Design · Memo · 2018 · Eng
- [Design P1 Nov 2018 FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2018-final-memo-eng/7d38596e-8011-4dbd-addb-c69766e3bc61) — Design · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-afr/e35d300a-db4f-4a06-ba8a-6f659dbd37ad) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/3f14a710-b913-44a8-ade1-31e4d395f557) — QP · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/47ba80e3-12dd-4fd4-8302-34e3b97a6b9a) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-eng/3f0bd4c5-8226-45ef-87fa-5c9996cba696) — QP · 2024 · Eng
- [Design P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-afr/6958913b-f502-40d3-8387-1f0a78a3ed25) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
