# Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2021 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2021-mg-afr/3517e563-bdc2-4e62-b697-8fd77d05c5b1
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2021 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2021-mg-afr/3517e563-bdc2-4e62-b697-8fd77d05c5b1)

## About this document

Design · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                        ONTWERP

                                         (TEORIE)

                                           2021

                                    NASIENRIGLYNE

                                                                          PUNTE: 100

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 22 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 Ontwerp/V1                                                                          DBE/2021
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID

'ONGESIENDE' VOORBEELDE

BEANTWOORD ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.

VRAAG 1 [10 Punte]

1.1   (Ken 'n maksimum van 2 punte per ontwerpterm toe vir 'n totaal van 10 punte)

      Die illustrasie maak gebruik van duidelike buitelyne wat die beeld afplat en help om
      dit te vereenvoudig. Die lyne is meestal gekrom en organies, byvoorbeeld rondom
      die titel, die hare en die menslike figuur, wat 'n beeld skep wat vol energie is. Die
      diagonale lyn van die gebuigde been en die skild dra by tot die dinamika van die
      werk. Die lyne rondom die woorde 'Nandipha' kom voor asof dit vibreer en net
      bokant die woorde is lyne wat sonstrale of 'n ontploffing voorstel. Die gebruik van
      hierdie lyne beklemtoon dat 'Nandipha' 'n magtige persoon is.

      Die fatsoene is gestileer om eenvoudige beelde wat maklik 'leesbaar' is, en toepaslik
      is vir die illustrasie van 'n storie. Organiese vloeiende fatsoene domineer,
      byvoorbeeld die liggaam, die fatsoen waarin die titel geplaas is en die heuwel wat
      agter die figuur staan.Sommige geometriese fatsoene is gebruik om kontras te
      skep met die organiese fatsoene en om die beweging te stabiliseer, byvoorbeeld die
      blokagtige stadsprofiel en die hoekerige fatsoen van die skild.

      Die swartkleur area agter die titel skep 'n sterk kontras met die geel letterwerk wat dié
      area 'n fokuspunt maak. Die swart figuur kontrasteer ook met die heldergekleurde
      kleredrag en lig wat 'n vibrerende beeld skep. 

      Die teksture van die beelde is meestal glad met detail aangedui in lyn. Die gladde
      oppervlaktes help ook om die helder beelde te skep wat maklik verstaanbaar is.
      Die hare bestaan uit baie vloeiende lang lyn-teksture wat wilde, los stringe hare
      suggereer. Die herhaling van kort diagonale lyne (die skild, beskermde kleredrag)
      skep 'n illusie van rowwe tekstuur.

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                                                         DBE/2021
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

     Warm kleure soos roomkleurig, lig en donker oranje sowel as maroen domineer die
     illustrasie en dra by tot die algemene atmosfeer van opwinding.  Die koue turkoois
     op haar romp, sowel as die koue pers in die geboue kontrasteer met al die warm
     kleure en hierdie kontras dra by tot die drama van die toneel.

      Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.

    V.1.1                                                                        PUNTE
    VLAK             KOGNITIEWE VAARDIGHEDE               GEWIGS-    VRAE         (10)
                                                        TOEKENNING
                Onthou, Herroep, Herken                               1.1           2
 Laer Orde                                                   30%
                Verstaan, Verduidelik, Beskryf                        1.1           1

Middel Orde     Toepas, Implementeer, Organiseer             40%      1.1           3
                                                                                    1
                Analiseer, Interpreteer                               1.1           3

                Reflekteer, Beoordeel                        30%
 Hoër Orde
                Sintetiseer

                                                   OF

1.2 1.2.1 (Ken 2 punte per ontwerpterm toe vir 'n totaal van 8 punte)

             Die herhaling van baie klein blomblaar-fatsoene in FIGUUR B skep 'n
             reëlmatige klein skulpagtige ritmiese patroon. Die binneste ry krul
             inwaarts en die buitenste ry krul uitwaarts, wat 'n reeks verskillende ritmes
             skep. Ritmiese patroon is ingesluit in 'n perfekte sirkel wat 'n
             gekontroleerde beweging skep.
             Omrede die herhalende blomblare drie-dimensioneel is, bestaan die bak uit
             tasbare tekstuur. Die teksturekom skerp en rimpelend voor, geskep deur
             die sig-sag lyn, gevorm deur die herhaling van die skulpagtige vorms.  Die
             feit dat die bak van 'n tipe plastiek gemaak is suggereer dat die werklike
             tekstuur ook hard is. Die bak in die middel is glad en lyk koud en
             masjienagtig.
             Die kleur van die bak is wit, wat dit 'n suiwer en kalm kwaliteit gee. Die
             skaduwees van die baie blomblare dra by tot 'n groter variasie van
             verskillende gryse wat die drie-dimensionaliteit van die bak beklemtoon.
             Van vooraf, lyk die bak simmetries gebalanseer met die linkerkant wat 'n
             presiese spieëlbeeld van die regterkant is. Dit dra by tot die algemene
             gevoel van orde. Van bo-af, lyk die bak radiaal gebalanseer wat herinner
             aan sonstrale, wat 'n spirituele kwaliteit beklemtoon.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                                                          DBE/2021
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

       1.2.2 (Ken 2 punte toe)
             Biomimiek is 'n studie van ontwerp in natuur wat die natuurlike wêreld
             naboots om menslike uitdagings op te los. Die bak boots die
             struktuur/vorm van 'n Chrysanthemum blom na. Die hol en sirkelvormige
             vorm van die blom laat toe dat dit 'n funksionele produk word.Die bak is
             geïnspireer deur die perfekte orde wat in die ritmes van die natuur gevind
             word.

              Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.

      V.1.2                                                                       PUNTE
      VLAK           KOGNITIEWE VAARDIGHEDE               GEWIGS-    VRAE          (10)
                                                        TOEKENNING
                 Onthou, Herroep, Herken                             1.2.1           1
 Laer Orde                                                    30%
                 Verstaan, Verduidelik, Beskryf                      1.2.1           2
                 Klassifiseer

Middel Orde      Toepas, Implementeer, Organiseer             40%    1.2.1           3
                                                                     1.2.2           1
                 Analiseer, Interpreteer                             1.2.1           1

                 Reflekteer, Beoordeel                               1.2.1           1
                                                              30%
 Hoër Orde                                                           1.2.2           1
                 Sintetiseer, Regverdig

KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP
VRAAG 2 [10 punte]
2.1 (Ken 6 punte toe)

       Die gebruik van wit simboliseer vrede en suiwerheid. Die kleur rooi
       simboliseer liefde/bloed. Die gebalde vuis simboliseer krag. Die beeld van
       die vrou/blom simboliseer vroulikheid. Die sirkel met 'n aangehegde kruis
       simboliseer die vroulike geslag. 'n Doilie simboliseer vroulikheid omrede
       doiliemaak as 'n vroulike tydsbesteding gesien is.

       Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.

       (Ken 4 punte toe)
2.2

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                                                        DBE/2021
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

     Daar is 'n lang tydperk van stereotipering in gemeenskap wat vroue merk as
     mense wat daarvan hou om te argumenteer, en sonder om te dink, alles te
     bevraagteken.  Die ontwerper verwerp die stereotipering deur die gebruik van 'n
     beeld van 'n sterk en individuele vrou, wat nie in die tradisionele stereotipering
     van 'n vrou pas nie en assosieer haar met die beroep van 'n prokureur wat
     strategie gebruik om beskuldigings te dispuut en te bevraagteken.

     Die ontwerper se gebruik van beelde en woorde wil die stereotipering van vroue
     wat argumenterend is, vir die pret daarvan laat vaar. Die ontwerper bereik dit
     visueel, deur die positiewe visuele en skriftelike assosiasies rondom dié
     persepsie te weerlê.

     Die ontwerper gebruik wit skrif en die vrou is in 'n wit hemp aangetrek om vrede
     te projekteer, in teenstelling met die stereotipering dat vroue geweldadig en mag
     ook toegeken word.aggressief is. Die liggaamstaal van die vrou is selfvertroud
     en ferm.
     
     Die identifikasie en motiveering van godsdienstige en kulturele stereotipes mag ook
     toegeken word.
     Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.

     V.2                                                                        PUNTE
    VLAK             KOGNITIEWE VAARDIGHEDE              GEWIGS-    VRAE         (10)
                                                       TOEKENNING
                Onthou, Herroep, Herken, Noem                        2.1           3
 Laer Orde                                                   30%

Middel Orde     Toepas, Implementeer, Organiseer             40%     2.1           3
                                                                     2.2           1
                Analiseer, Interpreteer
 Hoër Orde
                Evalueer, Reflekteer, Beoordeel              30%     2.2           3

                Sintetiseer, Regverdig

VRAAG 3 [10 punte]

BEANTWOORD ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.

3.1 (Ken 10 punte in totaal toe)

     Beide FIGUUR E en FIGUUR F maak gebruik van natuurlike materiaal om die
     finale produk te maak, alhoewel FIGUUR E vergulde goud metaal in 'n pavé
     plasing as materiaal gebruik, terwyl FIGUUR F van hout gemaak is, wat 'n
     organiese materiaal is. Die goud-en-diamantring is uitspattig en kan gedra
     word deur gebruikers wat hul rykdom wil afwys, terwyl die houtringe deur
     gebruikers verkies word wat in eenvoud glo en ook omgewingsbewus is.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                                                          DBE/2021
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

     Beide FIGUUR E en FIGUUR F toon natuurlike kleure aan die buitekantafwerking
     van die produk. Die goudkleur van FIGUUR E het 'n 'bling' konnotasie en
     suggereer rykdom en oormatigheid, terwyl die natuurlike aardse bruin en
     gladde hout wat in FIGUUR F gebruik is, eenvoud en nederigheid voorstel.

     FIGUUR E toon die invloed van moderne industriële tegnologie (masjien
     vervaardiging) in vergelyking met FIGUUR F wat 'n tipiese handgemaakte
     Kuns en Kunsvlyt invloed wys. FIGUUR E weerklank die 'glitz and glamour'
     van stadsleefstyl in teenoorgestelde met FIGUUR F wat 'n kalm
     landelikelewensstyl.

     Die vorm van FIGUUR E is bonkig, ongelyk en regdeur getekstureer met
     diamante. Die voorkant van die ring is effens verleng en staan uit in
     vergelyking, is die vorm van FIGUUR F rond, gelyk, glad en aaneenlopend soos
     'n silinder.

     Beide FIGUUR E en FIGUUR F is ringe, wat funksioneer om te versier of om
     vingers mooi te maak. Beide mag ook funksioneer om die draer as getroud of
     verloof aan te wys. Hierdie ringe kan ook bewyse wees van die draer se
     lewensstylkeuse, byvoorbeeld, die draer FIGUUR E kan geassosieer word met
     die hip-hop kultuur en die draer van FIGUUR F mag geassosieer word met 'n
     meer natuurlike en volhoubare lewensstyl.

     Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings

     NEEM KENNIS: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir 'n
     tabelvorm vergelykende antwoord. 'n Maksimum van SLEGS 6 punte mag
     toegeken word waar kandidate twee aparte opstelle skryf wat ‘n voldoende
     vergelyking toon. Gebruik die kognitiewe tabel as 'n riglyn vir jou nasien.

    V.3.1                                                                        PUNTE
    VLAK             KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                GEWIGS-    VRAE        (10)
                                                         TOEKENNING
                Onthou, Herroep, Herken                                3.1          1
 Laer Orde                                                   30%
                Verstaan, Verduidelik, Beskryf                         3.1          2

                                                             40%       3.1          4
Middel Orde     Toepas, Implementeer, Organiseer

                Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                      3.1          2

                Evalueer, Reflekteer                                   3.1
                                                             30%
 Hoër Orde                                                             3.1          1
                Skep, Sintetiseer

                                                    OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 7                                   DBE/2021
                               SS/NSS – Nasienriglyne

3.2   (Ken 10 punte toe)

      Die 'Capitol' in Dougga (FIGUUR G) is die mees indrukwekkendste van die twaalf
      tempels in Tunisië, Afrika, gebou in 166 AE. Hierdie indrukwekkende Romeinse
      tempel is opgedra aan die Capitoline Triade: Jupiter, Juno en Minerva. Die
      materiaal wat vir die bou van die Capitol gebruik is, was plaaslike klip met vloere
      wat met mosaïek inlegwerk versier is. In vergelyking hiermee sal die hoofkern
      voorgestelde 2013 Regterlike Hof Projek in Meru, Kenia, (FIGURE H) van beton
      met bamboes dakbalke gebou word.  Die gebruik van bamboes verminder die
      boukoste en omdat dit 'n natuurlike materiaal is, is dit ook omgewingsvriendelik.
      Weens sy duursaamheid en die feit dat dit in natuurlike lang lengtes voorkom kan
      groter areas oorspan word.
      Nadat Kenia se Hoofregter langtermynplanne vir nog meer spasie en geboue wat
      as regterlike geboue kan funksioneer aangekondig het, het Dennis Mukuba, 'n
      student van Nairobi Universiteit hierdie ontwerp vir 'n Hooggeregshof in Meru,
      voorgestel. Soortgelyk, was die Capitol in 'n antieke administratiewe sentrum en
      het gefunksioneer as 'n gebou om die beelde van die vereerde/aanbiddende
      beskermheiliges te huisves. Kontemporêre geboue soos die Hooggeregshof in
      Meru se funksie is om die gebruikers en hul behoeftes te akkommodeer, terwyl
      Klassieke tempels nie ontwerp vir die gebruik vir aanbidders was nie, maar om
      die beelde van hul gode te huisves. Die marmer beelde van die Triade gode van
      Dougga word gehuisves in niches/muuruithollings onder 'n gebufferde hout plafon.

      Die Capitol Tempel is hoog op 'n heuwel geplaas; die terrein verskaf 'n
      panoramiese uitsig van die vrugbare vallei van Dougga, Tunisië wat onderkant lê.
      Wanneer dit va n onder van die vallei besigtig word, laat die terrein die Capitol
      toe om die droë landskap te domineer, wat 'n oorheersende indruk skep wat die
      mag van die keiser kommunikeer. In kontras met dié hoë terrein, loop die terrein
      van die Hooggeregshof van Meru (FIGURE H) afdraend na die Kathita rivier.

      Die gekromde vertikale betonvinne wat die vorm van die dop van die struktuur van
      die Hoogsgeregshof van Meru (FIGUUR H) vorm, wys dat die bron van inspirasie 'n
      boom is. Die hele dopstruktuur vorm 'n huidskelet wat die betonvloer ondersteun
      en soliede volumes skep wat die omtrek span. Nie alleenlik is die uitwaartse
      gekromde betonvinne 'n estetiese oorweging nie, hulle verskaf ook skadu vir die
      laevlak fasades. Die struktuur maak gebruik van natuurlike daglig wat versterk kan
      word deur die insluiting van dakligte met goeie skerms. In kontras met dié
      kontemporêre, dinamiese gekromde struktuur van die tipiese Klassieke pilaar en
      latei, het die reghoekige struktuur van die Capitol tempel 'n pediment en ses
      vertikale pilare met Romeinse Korintiese kapitele.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      8                                       DBE/2021
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

      Die Romeinse tempel van Dougga (FIGUUR G) is swaar beïnvloed deur die
      vorige Griekse en Fenisiese argitektuurstyle wat sigbaar is in die pilaar en latei
      sisteem sowel as die pilare en entablement. Die Hooggeregshof van Maseru
      (FIGUUR H) is beïnvloed deur die verbruikers van die moderne hofsisteem, maar
      respekteer ook die breedvoerige verwerking van 'n tradisionele Afrikahof en in dié
      geval, die Njuri Ncheke van die Meru gemeenskap van Oos-Kenia. Tradisioneel
      word ŉ Afrikahof (Kgotla) deur die ouderlinge onder 'n boom gehou, dus die
      strukturele invloed op die gebou. Dit is waar die gemeenskap hul misnoeë kan
      rapporteer en die raad (die ouderlinge) se uitspraak oor die saak sal die finale
      besluit wees.

      Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings of 'n
      vergelyking van 'n klassieke en kontemporêre gebou wat die kandidaat
      bestudeer het.

      NEEM KENNIS: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir 'n
      tabelvorm vergelykende antwoord. 'n Maksimum van SLEGS 6 punte mag
      toegeken word waar kandidate twee aparte opstelle skryf wat ‘n voldoende
      vergelyking toon. Gebruik die kognitiewe tabel as 'n riglyn vir jou nasien.

    V.3.2                                                                             PUNTE
    VLAK             KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                GEWIGS-      VRAE           (10)
                                                         TOEKENNING
                Onthou, Herroep, Herken                                  3.2.2           2
 Laer Orde                                                   30%
                Verstaan, Verduidelik, Beskryf,                          3.2.2           1
                Klassifiseer

                                                             40%         3.2.2           4
Middel Orde     Toepas, Implementeer, Organiseer

                Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                        3.2.2           2

                Evalueer, Reflekteer                         30%
 Hoër Orde
                Skep, Sintetiseer, Regverdig                             3.2.2           1

                                                                      TOTAAL AFDELING A: 30

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 9                                     DBE/2021
                               SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: ONTWERP GESKIEDENIS

VRAAG 4 [30 punte]

4.1 (Ken 20 punte in totaal toe)
     (Ken toe 10 punte vir elke beweging toe. Let wel net een punt word toegeken
     vir die naam van die ontwerper en produk vir elke beweging. Die kandidaat
     moet na die kwotasie verwys vir die volledige puntetoekenning. Gebruik
     asseblief die kognitiewe tabel vir jou punte toekenning.)

     Hierdie nasien riglyne verskaf 'n antwoord vir die volgende twee moontlikhede:
     Skandinawies EN Dekonstruktivisme

     Kandidate mag enige twee bewegings kies solank die stellings geregverdig is en
     verband hou met die aanhaling.

     Skandinawiese Ontwerp

     Skandinawiese ontwerp se doelstellings is om ontwerpe te skep wat beide die
     skoonheid en gemak (ergonomiese kwaliteit) wat in organiese vorms van natuur
     gevind is, te reflekteer. Die koste-effektiwiteit en funksionaliteit van produkte is
     massa geproduseer deur masjinerie, met die gebruik van nuwe tegnologieë en
     materiaal.

     Skandinawiese ontwerp is beïnvloed deur die eenvoud en die masjienagtige gevoel
     van die Bauhaus en Modernistiese ontwerpe. Hulle was ook geïnspireer deur die
     sosialistiese filosofieë van die dag en die idee van 'n demokratiese gemeenskap
     waarin alles beskikbaar gemaak word vir almal. Natuur en die Noordelike klimate
     met sy lang winters en min ure van sonlig het hul geïnspireer om helder, ligte en
     praktiese omgewings met skoon lyne te skep. Die delikate, natuur geïnspireerde
     vorms, grasieuse lyne en kleure van Art Nouveau pas ook goed in met die
     Skandinawiese estetika.

     'n Belangrike karaktereienskap van Skandinawiese ontwerp is dat 'n balans tussen
     koste-effektiwiteit, funksie en estetika behou is. Ontwerpe is minimalisties wat
     eenvoud beklemtoon, maar hulle is nie so minimalisties soos modernistiese
     ontwerpe nie. Klem is geplaas op eenvoud en skoon lyne, wat herinner aan
     masjien geïnspireerde Bauhaus en modernistiese ontwerpe. Omrede ontwerpe
     elegante, organiese lyne en fatsoene gebruik, is 'n sagter meer menslik-
     georiënteerde effek behaal. Die inspirasie van die natuur is duidelik sigbaar in die
     gestileerde versierings op keramiek en tekstiele, wat ontwerpe van blomme, plante,
     voëls en diere is. Die insluiting van hout van die natuur as 'n materiaal onderskei
     ook Skandinawiese ontwerp van Modernisme (waar die masjien-eeu materiaal soos
     staal, glas, beton en plastiek gebruik het).

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  10                                   DBE/2021
                                SS/NSS – Nasienriglyne

     'n Goeie voorbeeld van Skandinawiese ontwerp is die Paimio Stoel deur Alvar
     Aalto (1949). Die vorm is eenvoudig en elegant en reflekteer die skoon lyne wat
     tipies van Skandinawiese ontwerp is. Die eenvoudige, blokagtige arms herinner
     mens aan die masjien-geïnspireerde fatsoene van die Bauhaus. Hierdie
     masjien-effek is gekombineer met die organiese 'perkamentrol' vorms op die bokant
     en onderkant van die stoel wat na die natuur verwys en die ontwerp versag. Die
     gebruik van ligte laaghout, 'n nuwe masjien geproduseerde materiaal is ook
     beïnvloed deur die natuur. Die stoel was spesiaal ontwerp vir pasiënte met
     tuberkulose omdat die skuins rugstut, spanbaarheid en buigbaarheid gemaklike
     asemhaling toelaat. 

     Dekonstruktivisme

     Dekonstruktivistiese ontwerpers se doelstelling was om die masjien en
     tegnologiese vooruitgange, soos 'rekenaargesteunde ontwerpprogramme' en nuwe
     hoogtegniek materiaal te maak wat ondersoek en aanvaarbare standaarde en
     ontwerpnorme ondermyn. Hulle ontwerpe het harmonie, eenheid en balans
     verwerp en ontwerpe aangemoedig wat verwrong, gefragmenteerd en gereeld
     vorms gebruik wat lyk asof hul swaartekrag uitdaag.

     Dekonstruktivistiese ontwerp is beïnvloed deur die meganiese, geometriese en
     gefragmenteerde vorms van Kubisme..Hulle is ook beïnvloed deur die 'Anti-
     Design' beweging se doelstelling tradisionele konvensies en norme te ondermyn en
     konsepte van skoonheid te ondersoek deurmiddel gebruik van distorsie van vorms
     met beklemtoning en kleurverheldering,asook deur die gebruik van visuele
     woordspeling of dubbelsinnighede.

     Dekonstruktivistiese ontwerpe word gereeld gekarakteriseer deur geometriese en
     gefragmenteerde fatsoene wat 'n gevoel van beweging of dinamika skep.
     Verplaaste en verwronge hoekerige vorms word gereeld gebruik met konflikterende
     geometriese of deurkruisende vlakke (plat oppervlaktes wat blyk asof hulle
     oormekaar kruis). Hierdie beklemtoning op diagonale en geometriese vorms en
     vlakke verskaf 'n baie masjienagtige, tegnologiese gevoel aan die ontwerpe. 'n
     Gevoel van visuele chaos is geskep wat 'n begrip van onsekerheid, skok of
     onderbreking aan die toeskouer gee. Die struktuur verwerp suiwer funksie en
     tradisionele idees van harmonie, eenheid en stabiliteit. Materiaal soos staal,
     glas, titaan, aluminium en beton domineer ook wat hierdie ontwerpe 'n
     baie masjienagtige voorkoms gee.

     The Foundation Louis Vuitton Contemporary Art and Performance Space deur
     Frank Gehry is 'n goeie voorbeeld van Dekonstruktivisme. Dit is beskryf as 'n
     'katedraal van lig' en 'n 'wonderwerk van intelligensie, kreatiwiteit en tegnologie'.
     Van vêraf, lyk dit soos 'n produk wat deur 'n masjien gemaak is d.i. 'n ruimteskip of
     'n boot. Dit bestaan uit twaalf aparte 'seile' wat die gebou omhels en sy funksie
     verbloem.
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      11                                  DBE/2021
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

     Die gebou is gefragmenteer en verwrong. Dit is gemaak van skerp, botsende hoeke,
     skuinsgetrekte fatsoene en deurkruisende vlakke wat dit 'n baie dinamiese kwaliteit
     gee, tipies van Dekonstruktivisme. Die gebruik van glas gee dit 'n gevoel van
     gewigloosheid wat suggereer dat dit in die lig dryf.

     Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.

    V.4.1                                                                        PUNTE
    VLAK             KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                GEWIGS-    VRAE        (20)
                                                         TOEKENNING
                Onthou, Herroep, Herken, Noem                          4.1          2
 Laer Orde                                                   30%
                Verstaan, Verduidelik, Beskryf,                        4.1          4
                Klassifiseer

                                                             40%       4.1          8
Middel Orde     Toepas, Implementeer, Organiseer
                Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                      4.1          2

                Evalueer, Reflekteer                                   4.1          1
                                                             30%
Hoër Orde                                                              4.1          3
                Skep, Sintetiseer, Regverdig

4.2 (Ken 10 punte toe)

     Die ongewone buisvormige lemmetjiegroen horlosie in FIGUUR I toon die invloed
     van die Pop-era se liefde vir eenvoudige, kinderlike vorms en helder kleure. Dit
     wys ook die invloed van die Anti-Design beweging wat hul rûe teen tradisionele
     ontwerp gedraai het, en gebruik gemaak het van helder, skelkleure en verwronge
     vorms. Die Postmodernistiese horlosie in FIGUUR J is eklekties in styl, en wys
     ook die invloed van veelvoudige bewegings. Sy bene herinner mens aan klassieke
     Griekse pilare, terwyl die eenvoudige, blokagtige omhulsel van die horlosie en die
     eenvoudige sirkel van die pendulum heel modernisties in styl is.
     
     Pop-ontwerp beklemtoon 'die nuwe', doelstellings om produkte te herontwerp en
     nuwe tegnologie gebaseer op wetenskaplike navorsing te gebruik. Dit kan gesien
     word in die gebruik van 'n nuwe, nie-tradisionele vorm vir die horlosie, sowel as in
     die gebruik van die spuitgegote plastiek, 'n nuwe tegnologie. In kontras hiermee,
     het Postmodernistiese ontwerpers gepoog om moderner elemente met aspekte van
     die style van die verlede te verbind – dit kan gesien word in die gebruik van
     klassieke Doriese styl pilare en hout, 'n tradisionele materiaal, in FIGUUR J.
     Beide ontwerpe wil die individuele smaak aantrek en maak gebruik van snaakse,
     humoristiese, onverwagte vorms om dit te bereik.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      12                                   DBE/2021
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

     Die helder, plat kleur van die horlosie in FIGUUR I is tipies van Pop ontwerp, se
     uitdrukking van lighartigheid en pret, terwyl die horlosie in FIGUUR J gebruik
     maak van aardsebruin, goud en houtskool wat 'n meer gedempte, formele gevoel
     uitdruk wat nie tipies is van Postmodernisme nie. Postmodernistiese ontwerpe
     sluit gewoonlik sommige helder kleurige elemente in om hulle meer aantrekking vir
     die algemene publiek te maak.

     Die sirkelvormige en diagonale buitelyne wat die horlosie in FIGUUR I domineer,
     straal energie en pret uit, wat Pop-ontwerp se beweging weg van die rigiede,
     reglynige styl van modernisme toon. In kontras, die vertikale en horisontale lyne
     wat FIGUUR J domineer, dra die stabiliteit en orde tipies van klassieke ontwerpe
     oor. Die harde kwaliteit van die blokagtige bokant is versag deur die gekromde
     kante van die pilare en die gekromde onderste kant van die vierkantige omhulsel,
     omrede die Postmoderniste ook gepoog het om weg te beweeg van die reglynige
     styl van modernisme.

     FIGUUR I maak gebruik van spuitgegote plastiek, 'n gunsteling nuwe nie-organiese
     materiaal van die Pop-era. FIGUUR J maak gebruik van laaghout vir die bokant
     en 'n ebbehout beskermingslaag vir die pilare. Alhoewel laaghout 'n 20ste eeuse
     ontdekking is, lyk dit natuurlik en herinner 'n mens aan tradisionele organiese
     boumateriaal.

     Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.

     NEEM KENNIS: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir 'n
     tabelvorm vergelykende antwoord. 'n Maksimum van SLEGS 6 punte mag
     toegeken word waar kandidate twee aparte opstelle skryf wat ‘n voldoende
     vergelyking toon. Gebruik die kognitiewe tabel as 'n riglyn vir jou nasien

    V.4.2                                                                         PUNTE
    VLAK             KOGNITIEWE VAARDIGHEDE               GEWIGS-      VRAE         (10)
                                                        TOEKENNING
                Onthou, Herroep, Herken, Noem                           4.2           2
 Laer Orde                                                   30%
                Verstaan, Verduidelik, Beskryf,                         4.2           1
                Klassifiseer

Middel Orde     Toepas, Implementeer, Organiseer             40%        4.2           4

                Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                       4.2           1
                Evalueer, Reflekteer, Oordeel                30%        4.2
 Hoër Orde
                Skep, Sintetiseer, Regverdig                            4.2           2

                                                                   TOTAAL AFDELING B:              30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   13                                 DBE/2021
                                 SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING C: SOSIOKULTUREEL/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE KONTEKS
VRAAG 5 [20 punte]
BEANTWOORD ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.

5.1 [Ken 20 punte toe]
     5.1.1   (Ken 4 punte toe)

             Die ontwerper van die plakkaat in FIGUUR K kommunikeer duidelik hoe
             ons verslawing aan ons selfone en sosiale media ons aftrek en ons
             uiteindelik kan verdrink. Die beeld van die selfoon met die sosiale
             ikone, Facebook, Pinterest, Twitter, Internet, ens. is baie groter as die
             figuur, wat die mag van sosiale media beklemtoon. Die geboeide hand
             en enkelboeie en die ligborrels van die vrou verwys na die feit dat sy
             vasgevang is en onder die gewig van sosiale media verdrink. Die selfoon
             is in die sand begrawe wat wys hoe moeilik dit is om van die verslawing
             aan ons selfoon te ontsnap. Die ongekompliseerder uitleg van die
             plakkaat is in 2 afdelings verdeel; water en sand. Die gesilhoeëtteerde,
             vereenvoudigde vroulike fatsoen is in die boonste regter area van die
             komposisie geplaas. Die gestileerde, plat en skematiese getekende
             selfoon is begrawe in die seebedding. Beide die seewater en die
             seebodem is voorgestel as 'n plat area. 'n Diagonale lyn is gevorm
             deur die plasing van die vrou en die selfoon – alles help om die afwaartse
             diagonale beweging in die komposisie te versterk. Die horisontale lyn
             wat deur die seebedding geskep is, kontras met die dinamiese diagonale
             lyn en hierdie kontras versterk die smorende effek van die selfoon wat
             vasgelê is.

             Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.

     5.1.2   Ken 16 punte in totaal toe
             (Ken 8 punte per gevalle studie toe)
             Ken toe 1 punt vir die naam van die ontwerper en die naam van die
             produk toe

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  14                                   DBE/2021
                                SS/NSS – Nasienriglyne

             EEN KONTEMPORêRE SUID-AFRIKAANSE
             ONTWERPER/ONTWERPGROEP:

             Suzette Hendricks, plastiese slaapmatte.

             Die ontwerper se doelstellings is om slaapmatte en komberse vir
             straatmense te skep om warm te bly. Die ontwerper het gepoog om
             plastieksakke te hergebruik en om plastiekafval te verminder. Die
             tegniek wat deur die ontwerper gebruik is, sluit in die sny van
             plastieksakke in stroke om balle van plastiek te maak, wat daarna in
             matte gehekel word. Plastiek as materiaal verskaf goeie insulasie van
             koue en is ook waterdig. Plastiek is redelik goedkoop en maklik
             verkrygbaar  en daarom is die mat ekonomies om te maak. Die
             gebruik van plastiek voorkom dat mense die matte van hierdie
             straatmense steel.

             Die ontwerper pak die sosiale kwessies van om sonder 'n huis te wees
             aan. Straatmense het geen manier om hulself te beskerm van die
             weertoestande soos reën, wind en die koue nie. Die ontwerper het die
             plastiek slaapmatte vir gemak en 'n oppervlak vir die straatmense om op
             te slaap geskep.

             EEN KONTEMPORêRE INTERNASIONALE
             ONTWERPER/ONTWERPGROEP:

             Dalian Nationalities Universiteit: The Bike Washing Machine of BiWa.
             Die produk kombineer die funksie van 'n wasmasjien met dié van 'n
             stilstaande oefenfiets. Die ontwerper se doelstellings is om jou fiks te
             hou deur oefeninge op 'n stilstaande fiets  en terselfdertyd die
             vervelende taak van klere was, te doen. Die tegniek wat deur die
             produk gebruik is, vereis dat die pedale van die fiets, wat 'n wasgoeddrom
             is, die voorste wiel spin en roteer. Die ekstra energie wat geskep is deur
             die oefeninge gee krag aan die digitale vertoonpaneel en monitor die
             wassiklusproses. Die ontwerper het verskillende materiaal vir
             verskillende komponente gebruik, soos plastiek vir die buiteraam en
             pedale, staal vir die wasdrom en rubber wat as 'n band om die bandwiel
             tussen die pedale en die wasdrom dien. Elke materiaal wat gebruik is, is
             vir die voordeel van die produk om te werk as 'n eenheid en om

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      15                                       DBE/2021
                                    SS/NSS – Nasienriglyne
             duursaam te wees.
             In hierdie produk gee die ontwerper aandag aan die sosiokulturele
             bemoeienis van te min tyd maak vir oefening en die was van klere.
             Moderne lewenstyl is teen so 'n vinnige pas dat mense nie gereeld tyd in
             'n dag het om te oefen nie wat gereeld oorgewig veroorsaak. Sowel as,
             met die hoë koste van kos, brandstof en ander lewensuitgawes, kan
             meeste mense nie 'n huishulp of die gebruik van 'n wassery bekostig
             nie. Die ontwerper gee aandag aan die sosiokulturele kwessie van klein
             leefruimtes deur die ontwerp van die oefenfiets as een komponentproduk
             met veelvuldige funksies.
             Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.

    V.5.1                                                                            PUNTE
    VLAK             KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                    GEWIGS-    VRAE         (20)
                                                             TOEKENNING
                Onthou, Herroep, Herken, Noem                             5.1.1          2
 Laer Orde      Verstaan, Verduidelik, Beskryf,                 30%       5.1.2          4
                Klassifiseer
                Toepas, Implementeer, Organiseer                40%       5.1.1          2
Middel Orde                                                               5.1.2          6
                Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                         5.1.2          3

                Evalueer, Reflekteer, Oordeel                   30%       5.1.2          1
 Hoër Orde
                Skep, Sintetiseer, Regverdig                              5.1.2          2

                                                    OF
5.2 Ken 20 punte in totaal toe
     5.2.1 (Ken 2 punte toe)
           Die ongewone stoele in FIGUUR L behoort aan die kategorie van beide
            kunsvlyt en/of ontwerp. Dit is kunsvlyt omrede dit geproduseer is deur die
            gebruik van 'n tradisionele handweef-mandjietegniek. Die stoele is van
            riete geweef wat 'n tradisionele kunsvlyt materiaal is. Die stoel is nie 'n
            nabootsing van 'n bestaande ontwerp nie, maar is uniek, oorspronklik en
            vermeng tradisionele kunsvlyt en kontemporêre ontwerp om 'n produk wat
            goed sal funksioneer in 'n kontemporêre interieur te skep.

     5.2.2    (Ken 8 punte toe)
             Tradisionele Xhosa-vroue gekraalde rokke gaan terug na pre-koloniale
             tye. Die oorsprong van die gekraalde Xhosa vroueromp; die Isikhakha of
             Umbhaco kom van 'n ryk tradisie van gekraalde seremoniële rokke wat 'n
             vername deel van 'n kulturele estetiese uitdrukking in Suid-Afrika vir amper
             200 jaar gevorm het.

             Gedurende die laat agtiende en vroeë negentiende eeu, was glaskrale
             eers ingevoer in klein hoeveelhede na Afrika van Europa af. Hulle was
             eksklusief die eiendom van die heersende elite en simboliseer hul
             belangrike status. Teen die einde van die negentiende eeu, was Afrika die
             wêreldse grootste verbruiker van krale wat van Europa af ingevoer is.
             Daarna, het die hoeveelheid en die tipe versierings gemaak van krale baie
             toegeneem, omrede kralewerk nog steeds gesien was as deel van vroue
             kunsvlyt.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  16                                  DBE/2021
                                SS/NSS – Nasienriglyne

             Binne in die Xhosa kultuur, vorm die funksie en sosiale rol van die
             Isikhakha of Umbhaco deel van 'n komplekse dragkode wat ingelig is deur
             'n persoon se sosiale posisie. Terwyl gekraalde klere en bykomstighede
             verskillend deur verskillende etniese groepe gebruik word, speel hulle in
             elke gemeenskap in kommunikasie aspekte van die draer se identiteit
             gespeel ŉ hoofrol. Sosiale en huwelikstatus, aantal kinders, en 'n
             persoon se tuisligging en etniese subgroep was, en is nog steeds,
             gekommunikeer deur items van kleredrag. Tradisioneel wys vroue se
             kleredrag en bykomstighede die verskillende stadiums van hul lewe.
             Tradisionele rokke is nog steeds gewaardeer en gedra as 'n teken van
             respek aan die voorvaders. In vroeë tye, het die sendelinge aangedring
             dat bekeerdes na Christendom hul inheemse modes moet opgee. Dié wat
             nog steeds tradisionele kleredrag gedra het kon maklik onderskei word
             van die bekeerdes. Die Xhosa terme vir die tradisionele was amaQaba,
             die "Rooi mense" omrede hul aangehou het om rooi oker op hul klere en
             liggame aan te wend.

             Oordadige gekraalde nekstukke wat ithumbu genoem word was rondom
             die nek gedra, met gekraalde armbande en enkelbande.

             Die iqhiya of kopdoek is tradisioneel deur getroude vrouens gedra en om
             die uitrusting af te rond, is geborduurde mantels of komberse om die
             skouers gedra. Die serp is bedoel om die vrouefiguur weg te steek sowel
             as om haar vrugbaarheid te beskerm, terwyl die 'doek' 'n teken van respek
             vir die ouderlinge was; 'n nuwe bruid mag nie sonder 'n doek met die
             ouderlinge praat nie.

                                   Iqhiya of kopserp of 'doek'

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   17                                   DBE/2021
                                 SS/NSS – Nasienriglyne

             Boonop, word die kleur van 'n rok deur die Xhosa subgroep, die spesifieke
             area, en die sosialestatus van 'n persoon bepaal. Die tradisionele Xhosa
             troudrag, die Umakoti net soos ander Afrika en Westerse kulture, is
             gewoonlik die kern van aandag gedurende die trou seremonie. Hoe die
             bruid lyk is van kardinale belang vir die dag se verloop, omrede sy
             tradisionele simbolisme moet vertoon en ook asemrowend moet lyk om al
             die ander vrouens in die seremonie uit te stof.

             Afhangende van die spesifieke area en Xhosa sub-groep, verskil die
             materiaal, tegnieke en kleur van die tekstiele grootliks. Die isikhakha of
             imibhaco is 'n elegante tekstiel romp wat krale en appliekwerk strokies kan
             insluit. Delikate bekraalde appliekwerk ontwerpe afgewissel met knope,
             was bygevoeg tussen die rye. Die romp was met 'n gekraalde belt en
             gekraalde tossels wat tot op die grond hang gedra. Die kombinasie van
             oordadige kralewerk met helderkleurige tekstiele en ander materiaal soos
             knope en tosseltjies skep beide 'n ryk tasbare oppervlak en 'n mooi
             effek. Gekraalde werke soos hierdie was werklik net voltooi wanneer dit
             in 'n seremoniële dans gesien was.

             'n Voorbeeld is die gekraalde Xhosa vroue romp; die Isikhakha of
             Umbhaco wat bestaan uit geweefde katoen, wol, glaskrale, skulpknope
             en soms oker pigment.  Xhosa mense dra gereeld 'n gewone wit of rooi
             mantel. Soms is 'n wit katoen kombers met oker gekleur, wat ŉ ryk rooi-
             bruinstof geskep het dan gesny en gestik in drie dele om die romp te
             vorm. 

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    18                                 DBE/2021
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

             Die romp het vyf rye van swart appliekwerk strokies wat die kurwe van die
             soom gevolg het en was geborduur met rye van delikate wit en donker
             blou krale en nou swart appliekwerk strokies.

     5.2.3
             (Ken 10 punte toe)

             Ken 1 punt vir die naam van die ontwerper en die naam van die
             produk toe.

             Thandazani       Nofingxana      is  'n   kontemporêre     Suid-Afrikaanse
             modeontwerper wat die modereeks Rich is Black en Vice Versa,
             geïnspireer deur die Xhosa kultuur en erfenis geskep het. Hy gebruik
             kleur as 'n eerbetoning tot die tradisionele kleurvolle Xhosa rok,
             Umbatu. Meeste van sy ontwerpe is sterk geïnspireer deur
             mandjieweef, omrede hy dit as 'n algemene kulturele band tussen baie
             tradisionele Afrika kulture sien. Sy modeontwerpe neem inspirasie van
             die Isikhakha of Umbhaco, 'n gekraalde Xhosa-vroue romp wat
             tradisioneel met geweefde katoen, wol, glaskrale, skulpknope en oker
             pigmentgekleurde katoen. Sy inspirasie is gereflekteer in sy gebruik van
             simboliese skild en geometriese patrone, sterk aardse kleure en
             herhaalde strepe op soomlyne. Sy nuutste reeks, SITHI ABA
             beklemtoon die diversiteit in Afrika kultuur. Met hierdie reeks het hy die
             gebruik van rooi, oranje en geel as sy kenmerkende kleure bevestig.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      19                                 DBE/2021
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

             In sy Rich is Black en Vice Versa modereeks, werk hy met sosiale
             kwessies wat kultuurstereotipering, xenofobie, ras, emosies en
             onsekerhede insluit. Thandazani Nofingxana sê: “vir 'n hele rukkie al,
             voel ek onseker oor my donker gelaat, natuurlik is ek gedruk deur die
             samelewing se persepsie van wat mooi en perfek is, wat nie gewoonlik
             van donker toonwaardes hou nie”. Hy het sy frustrasie en angs na
             modeontwerp gedraai. Onder sy maatskappy Chap, stel hy stylvolle
             kledingstukke wat geïnspireer is deur sy lewenservaring vry. Agter sy
             sterk patroonafdrukke is daar 'n graad van innerlike selfwaarneming en
             twis.

             Thandazani Nofingxana het gevind dat omrede stereotipes nog steeds
             bestaan, is sy seksualiteit gereeld bevraagteken weens sy belangstelling
             in mode, in plaas van 'n tradisionele beroep soos regte of medisyne.

    V.5.2                                                                       PUNTE
    VLAK             KOGNITIEWE VAARDIGHEDE              GEWIGS-    VRAE          (20)
                                                       TOEKENNING
                Onthou, Herroep, Herken, Noem                       5.2.2          2
 Laer Orde                                                   30%    5.2.3          2
                Verstaan, Verduidelik, Beskryf,                     5.2.2          1
                Klassifiseer                                        5.2.3          1

                                                             40%    5.2.2           4
Middel Orde     Toepas, Implementeer, Organiseer
                                                                    5.2.3           4

                Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                   5.2.1          2

                                                             30%    5.2.2           1
 Hoër Orde      Evalueer, Reflekteer
                Skep, Sintetiseer, Regverdig                        5.2.3          3

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  20                                   DBE/2021
                                SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 6 [20 punte]

6.1 (Ken 4 punte toe)

     Hierdie klein huis is toegerus met alles wat nodig is om van die munisipale
     kragnetwerk af te gaan, omrede dit op hernubare energie hardloop. Die huis
     is van hout gebou wat organies is, bioafbreekbaar en laat nie gifstowwe vry nie,
     het sonkrag, vang reënwater op, en genereer selfs gas via 'n
     biogasverwerker. Die biogasverwerker werk om huishoudelike oorskietkos en
     tuinafval in bruikbare gas te verander, wat dan gebruik word vir kook en verhitting
     van water vir die huis. Die ontwerp van die huis is lig en oopplan, met kombuis,
     badkamer, sitkamer, kantoor en stoortrappe wat tot die boonste vlak lei. Die
     klein huis het sy koolstof voetspoor verminder en sal minder elektrisiteit vir
     verhitting gebruik. Die badkamer het 'n kompostoilet wat geen impak op die
     omgewing het nie.

     Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.

6.2 (Ken 16 punte in totaal toe)
    (Ken 8 punte per gevalle studie toe)
    Ken 1 punt vir die naam van die ontwerper en die naam van die produk toe.

     VOORBEELD VAN 'N SUID-AFRIKAANSE ONTWERPER

     Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en hy/sy/hulle ontwerpproduk(te)
     Milky Rose Designs: Lampskerm.

     'n Bespreking van die ontwerper/ontwerpgroep se doelstellings, ontwerp
     prosesse, tegnieke en materiaal
     Die doelstelling van die ontwerpe is om besoedeling te vermy deur die
     versameling van plastiek, water en gemmerbottels, om haar handgemaakte
     huiswareskeppings te maak. Die ontwerpproses van vervaardiging van hul
     produkte begin met die aankoop van gewone plastiek materiaal en dan om te
     besluit te op 'n toepaslike produk vir dit. Die ontwerper, deur 'n kombinasie van
     juweliersware en binne-huis ontwerptegnieke, kombineer hand borduurwerk

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 21                                   DBE/2021
                               SS/NSS – Nasienriglyne

     met materiaal soos silwer en herwinde plastiek.
     Hierdie materiaal is gewas en dan tot 'n grote gesny om by die toepaslike produk
     te pas. Nadat die vorm van die produk vasgestel is, is borduurwerk bygevoeg
     om die eenvoudige plastiek mooi te maak. Soms is silwer en silikoon bygevoeg
     om tekstuur te skep.

     'n Bespreking van die ontwerp en 'n verduideliking waarom dit
     omgewingsverantwoordelik is
     Plastiekbesoedeling is 'n groot probleem vir die omgewing, die land en die see,
     hoofsaaklik omdat dit nie bioafbreekbaar is nie. Milky Rose Designs strewe om
     die omgewing skoon te maak, om gifstowwe wat die planeet affekteer, te
     verminder. Herwinning, hergebruik en 'upcycling' van plastiekrommel help om
     die omgewing te vernu.

     VOORBEELD VAN 'N INTERNASIONALE ONTWERPER

     Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en hy/sy/hulle ontwerpproduk(te)
     Nader Khalili in samewerking met Cal-Earth; 'n Voorbeeld van hierdie is die
     Superadobe huise.

     Die doelstellings, ontwerpprosesse, tegnieke en materiaal gebruik deur die
     bogenoemde ontwerper/ontwerpgroep,
     Nader Khalili se hoof doelstelling is om koste-effektiewe behuising te bou.
     Khalili, met die hulp van Cal-Earth fokus op 'n area wat hoofsaaklik erg beïnvloed
     is deur klimaatverandering en lei mense regoor die wêreld op hoe om
     rampbestande grondhuise te bou met die gebruik van gereedskap van oorloë
     soos lemmetjiesdraad en sandsakke. Hierdie Superadobe huise is baie maklik
     en vinnig om te bou, sterk, bekostigbaar en verskaf skuiling teen die elemente wat
     „n verdere doelstelling is. 

     Deel van die ontwerpprosesse sluit in omvattende navorsing oor
     grondboumetodes in Iran, en na 'n aantal prototipes het hulle die sandsak of
     'super adobe' sisteem ontwikkel.  Die basiese konstruksietegniek behels die
     volmaak van sakke met grond of sand en die opmekaar lê of stapel van hulle in 'n
     sirkelvormige patroon of plan. Die gestapelde sirkelvormige lae naby die bokant
     vorm 'n koepel. 

     Materiaal sluit in lemmetjiesdraad wat tussenin gespan is om te voorkom dat die
     grond/sandsakke skuif en om hul aardbewing bestand te maak.
     Grond/sandsakke en lemmetjiesdraad – is vir vredes doeleindes gebruik, wat
     tradisionele grondargitektuur met kontemporêre globale veiligheidsvereistes
     integreer.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      22                               DBE/2021
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

     'n Bespreking van die ontwerp, 'n verduideliking hoekom dit
     omgewingsverantwoordelik is
     Die ontwerpplan vir die Superadobe huise sluit in boë, koepels en gewelwe waar
     'n enkel of dubbelverdieping huis geskep kan word. Meeste van die huise bestaan
     uit drie kamers; een hoof gekoepelde ruimte met addisionele ruimte vir kook en
     badkamerfasiliteite. Oonde en diereskuilings kan ook gemaak word om 'n meer
     permanente status te verskaf. Terwyl hierdie huise na die antieke modder
     baksteen argitektuur van die Midde-Ooste verwys, verwys die gebruik van
     lemmetjiesdraad na die vervoerbare strukture gebruik deur nomadiese kulture.

     Die aërodinamiese vorm weerstaan orkane: die gebruik van grond/sandsakke
     help met vloedweerstand en die aarde self verskaf insulasie en vuurbestandheid.
     

     Die Superadobe huise is tenvolle volhoubaar omrede die materiaal gevind word
     op die terrein en met die hand gebou word. Mans en vrouens, oud en jonk, help
     om die sakke met grond/sand te vul. Die Superadobe huissisteem is veral
     toepaslik vir tydelike behuising, omrede dit goedkoop is en geboue toelaat wat
     vinning gebou kan word met die minimum opleiding. Die huise/tydelike behuising
     fokus op die ekonomiese bemagtiging van mense deur deel te neem aan die bou
     van hul eie huise en gemeenskappe.Op die buitekant van die gebou, is 'n
     wateropvanggebied geskep om die huis met water te verskaf. Die buitenste
     modderlaag maak die huis koel in die somer en warm in die winter. Die
     bygevoegde grondsilinder en 'pop-up'/opskiet daklig verskaf genoeg lig en
     bespaar dus op elektrisiteit.

     Khalili het 'n behuisingsontwerp geskep wat aanpasbaar is in grootte en struktuur.
     Groepies kan gevarieerd wees en toegepas word tot verskillende ekosisteme om
     vestigings wat geskik is vir 'n verskeidenheid van indiwidue of groepe met
     verskillende sosiaal- en omgewingsbenodighede.

     Met die gebruik van menshande, natuurlike materiaal en slim
     ontwerpkaraktereienskappe, Nader Khalili se Superadobe huise is 100%
     omgewingsvolhoubaar en ekovriendelik.
     
     Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.
     V.6                                                                      PUNTE
    VLAK             KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                GEWIGS-     VRAE     (20)
                                                         TOEKENNING
                Onthou, Herroep, Herken, Noem                           6.1      1
 Laer Orde      Verstaan, Verduidelik, Beskryf,              30%        6.2      5
                Klassifiseer
                Toepas, Implementeer, Organiseer             40%        6.1      2
Middel Orde                                                             6.2      6
                Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                       6.1      1
                Evalueer, Reflekteer , Oordeel                          6.2      1
                Skep, Sintetiseer, Regverdig                 30%        6.2      4
 Hoër Orde
                                                                   TOTAAL AFDELING C: 40
                                                                       GROOTTOTAAL: 100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Design P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2021-eng/fa52e13e-d055-4dff-aed1-c0204154adf0) — Design · QP · 2021 · Eng
- [Design P1 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2018-memo-eng/5a423c49-54d7-4176-bf99-5fc43153c434) — Design · Memo · 2018 · Eng
- [Design P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2018-memo-afr/6a172732-7328-4649-b8c5-6e279c606f73) — Design · Memo · 2018 · Afr
- [Design P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2021-afr/ee89371b-0b62-4166-8eae-1ffc6b00e1ed) — Design · QP · 2021 · Afr
- [Design P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2021-eng/44180a56-e46b-4edb-b87b-da0f80955ccf) — Design · QP · 2021 · Eng
- [Design P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-afr/e35d300a-db4f-4a06-ba8a-6f659dbd37ad) — Design · QP · 2025 · Afr

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/3f14a710-b913-44a8-ade1-31e4d395f557) — QP · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/47ba80e3-12dd-4fd4-8302-34e3b97a6b9a) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-eng/3f0bd4c5-8226-45ef-87fa-5c9996cba696) — QP · 2024 · Eng
- [Design P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-afr/6958913b-f502-40d3-8387-1f0a78a3ed25) — QP · 2024 · Afr
- [Design P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2024-afr/ecee5a5f-3ae2-4005-b20d-556b11b83d24) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
