# Design Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 Design Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2022-afr/527858aa-d9c3-4069-9925-a420150856ca
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2022-afr/527858aa-d9c3-4069-9925-a420150856ca)

## About this document

Design · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                      ONTWERP V1

                                         (TEORIE)

                                            2022

                                                                          PUNTE: 100

                                                                            TYD: 3 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
                      Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   2                                    DBE/2022
                                          SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

2.       Daar is drie keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur.

3.       Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

         AFDELING A:     Ontwerpgeletterdheid (30 punte)
                         VRAAG 1 tot 3

         AFDELING B:     Ontwerpgeskiedenis (30 punte)
                         VRAAG 4

         AFDELING C:     Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubare
                         konteks (40 punte)
                         VRAAG 5 en 6

4.       Lees die vereistes van elke vraag aandagtig deur.

5.       Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite. MOENIE in tabelvorm
         beantwoord NIE.

6.       Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag moet
         bestee.

7.       MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 3                                DBE/2022
                                        SS/NSS

AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID

VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE

Beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.

1.1

             FIGUUR A: Portrette en Kleur-muurpapierontwerp deur Temi Coker (VSA), 2019.

         Bespreek die muurpapierontwerp in FIGUUR A hierbo deur na die volgende
         elemente en beginsels te verwys:

             Fatsoen
             Kleur
             Fokuspunt
             Patroon
             Eenheid                                                          (5 x 2) [10]

                                         OF

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                4                                 DBE/2022
                                       SS/NSS

1.2

              FIGUUR B: Dancing Egrets (Dansende Bloureiers) (watervoël) deur
                          Cecilia Robinson (Suid-Afrika), c. 2012.

         Analiseer die gebruik van die volgende terme met betrekking tot FIGUUR B
         hierbo:

            Vorm
            Tekstuur
            Lyn
            Balans
            Funksie                                                        (5 x 2)   [10]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   5                                 DBE/2022
                                          SS/NSS

VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP

2.1

        FIGUUR C: Plakkaat vir Voeding en Hongerte, Wȇreldgesondheidsorganisasie,
                                   ontwerper onbekend, 2020.

        2.1.1         Identifiseer EEN simbool wat in die ontwerp in FIGUUR C hierbo
                      gebruik is en bespreek die moontlike betekenis daarvan.        (2)

        2.1.2         Identifiseer en verduidelik EEN stereotipe wat in FIGUUR C hierbo
                      gebruik is.                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  6                                   DBE/2022
                                         SS/NSS

2.2

              FIGUUR D: BaBa-lettertipe deur Garth Walker (Suid-Afrika), 2002.

                          FIGUUR E: Gotiese-manuskrip-lettertipe

         Vergelyk die lettertipe in FIGUUR D met die lettertipe in FIGUUR E.

         Verwys na die volgende in jou vergelyking:

            Lyn
            Fatsoen
            Invloed                                                           (2 x 3)        (6)
                                                                                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   7                                   DBE/2022
                                          SS/NSS

VRAAG 3: ARGITEKTUUR

Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2. ÓF VRAAG 3.3.

Verwys na FIGUUR F en FIGUUR G hieronder en beantwoord EEN van die vrae wat
volg.

3.1

      FIGUUR F: Die Romeinse Pantheon,              Detail van die interieur van die Romeinse
          in opdrag van Keiser Hadrian               Pantheon. Die koepelplafon bestaan uit
           (Rome, Italië), 113125 AE.              gekassetteerde ('coffered') betonpatrone.

   FIGUUR G: Zeitz MOCAA (Museum van                      Atrium van die Zeitz MOCAA
    Kontemporȇre Afrika-kuns), 'n historiese           Die oorspronklike binnestruktuur van
graansilo wat as iets heeltemal anders ingespan       56 styfgepakte, silindervormige beton-
     is deur Thomas Heatherwick Studios                   graansilo's is uitgekerf om die
               (Kaapstad), 2017.                                 atrium te skep.
Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die binnenshuise en eksterne
struktuur van die kontemporêre Suid-Afrikaanse Zeitz MOCAA-gebou in FIGUUR G
met die binnenshuise en eksterne struktuur van die Klassieke gebou, die Pantheon, in
FIGUUR F, vergelyk.
Verwys na die volgende in jou opstel:

     Belangrikheid van die ligging
     Hoe die geboue/strukture hulle funksie weerspieël
     Inspirasie
     Materiaal
     Konstruksie/Tegnologie                                                    (5 x 2)        [10]
                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  8                                  DBE/2022
                                         SS/NSS

3.2      Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke
         gebou/struktuur met enige kontemporêre gebou/struktuur (wat jy bestudeer
         het) vergelyk.

         Verwys na die volgende in jou opstel:

            Belangrikheid van die ligging
            Hoe die geboue/strukture hulle funksie weerspieël
            Inspirasie
            Materiaal
            Konstruksie/Tegnologie                                             (5 x 2)      [10]

                                                 OF

3.3      Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke
         gebou/struktuur met enige Inheemse Kennisstelsel-gebou/struktuur (wat jy
         bestudeer het) vergelyk.

         Verwys na die volgende in jou opstel:

            Belangrikheid van die ligging
            Hoe die geboue/strukture hulle funksie weerspieël
            Inspirasie
            Materiaal
            Konstruksie/Tegnologie                                             (5 x 2)      [10]

                                                                 TOTAAL AFDELING A:           30

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  9                               DBE/2022
                                         SS/NSS

AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS

VRAAG 4

4.1

              'Ontwerp is om mense gelukkig te maak; hetsy dit funksioneel,
              esteties of emosioneel is.'
                                                          Robin Siegerman

         Kies TWEE bewegings uit die lys hieronder wat die aanhaling hierbo
         weerspieël:

            Kuns en Kunsvlyt
            De Stijl
            Bauhaus
            Art Deco
            Modernisme
            Skandinawies
            Postmodernisme
            Dekonstruktivisme

         Skryf 'n opstel (ten minste TWEE bladsye) waarin jy bespreek hoe ELK van
         die bewegings die aanhaling hierbo weerspieël.

         Verwys na die volgende in jou opstel:

            Die doelstellings en invloede van BEIDE bewegings
            Die stilistiese eienskappe van BEIDE bewegings
            Noem en bespreek die werk van EEN ontwerper van BEIDE bewegings
             om jou stellings te ondersteun                                               (20)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 10                                 DBE/2022
                                         SS/NSS

4.2

               FIGUUR H: Art Nouveau-interieur van Fouguet se juwelierswarewinkel,
                          ontwerp deur Alphonse Mucha (Parys), 1900's.

             FIGUUR I: Popstyl-interieur, ontwerper onbekend (VSA), datum onbekend.

         Skryf 'n opstel (EEN bladsy) waarin jy die TWEE interieurontwerpe hierbo
         vergelyk en verduidelik hoekom hulle tipies is van die ontwerpbewegings wat
         hulle verteenwoordig.

         Verwys na die volgende in jou opstel:

            Invloede
            Kleur
            Vorm
            Materiaal
            Die gebruik van die konsep 'Minder is Meer'                      (5 x 2)       (10)

                                                            TOTAAL AFDELING B:              30

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      11                                  DBE/2022
                                              SS/NSS

AFDELING C: ONTWERP   IN  'N   SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS-                                  EN
            VOLHOUBARE KONTEKS
VRAAG 5
Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.
5.1

                          FIGUUR J: Plex'eat Hoods vir post-Covid-19-uiteet in restaurante
                                   deur Christopher Gernigon (Frankryk), 2020.
         5.1.1        Bespreek die praktiese en estetiese voordele en/of nadele van die
                      voorgestelde restaurant-sitplekuitleg (FIGUUR J) met betrekking
                      tot die Covid-19-pandemie.                                                  (6)
         5.1.2        Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy
                      die     werk    van    EEN     Suid-Afrikaanse    kontemporêre
                      ontwerper/ontwerpgroep EN EEN internasionale kontemporêre
                      ontwerper/ontwerpgroep bespreek wat aan sosiokulturele kwessies
                      in hulle werk aandag gee.

                      Verwys na die volgende in jou opstel:

                           Die naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN
                            ontwerpproduk
                           Sosiokulturele kwessies wat in die doelstellings en/of
                            ontwerpprosesse aangepak word
                           Bespreek hoe die ontwerper/ontwerpgroep deur middel van
                            hierdie ontwerpproduk sosiokulturele kwessies aanpak

                      Jy mag NIE na enige ontwerper/ontwerpgroep wat jy voorheen
                      bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel gebruik
                      is, verwys NIE.                                                             (14)
                                                 OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    12                                  DBE/2022
                                            SS/NSS

5.2

             FIGUUR K: Zoeloe-mandjie-weefwerk, Hlabisa, KZN, datum onbekend.

         5.2.1        Bespreek die waarde daarvan om tradisionele kunsvlyte in die
                      hedendaagse samelewing te beoefen/toe te pas. Verwys na
                      FIGUUR K om jou antwoord te ondersteun.                                    (2)
         5.2.2        Bespreek EEN inheemse tradisionele kunsvlyt wat jy hierdie jaar
                      bestudeer het. Verwys na die volgende in jou bespreking (ten
                      minste EEN bladsy):

                         Die materiaal, metodes en prosesse wat gebruik is om die
                          tradisionele kunsvlyt mee te skep
                         Die sosiale waarde en funksie van die kunsvlyt in sy
                          tradisionele konteks
                         'n Kort bespreking van EEN voorbeeld, asook die naam van
                          die inheemse kulturele gemeenskap wat die tradisionele
                          kunsvlyt geproduseer het                                               (8)
         5.2.3        Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die werk van EEN
                      kontemporêre         Suid-Afrikaanse/Afrika-ontwerper/ontwerpgroep
                      bespreek wat inheemse kunsvlyttegnieke aangepas het om 'n
                      ontwerp vir die hedendaagse samelewing te skep.

                      Verwys na die volgende in jou opstel:

                         Naam van die ontwerp/ontwerpgroep en EEN kontemporȇre
                          ontwerpproduk
                         Doelstellings van die ontwerper/ontwerpgroep
                         Invloede op die ontwerper/ontwerpgroep
                         Analiseer hoe die kontemporȇre ontwerpproduk 'n aanpassing
                          en voortsetting van inheemse kunsvlyttegnieke is
                                                                                                (10)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   13                                  DBE/2022
                                           SS/NSS

VRAAG 6

6.1

         FIGUUR L: Nike Space Hippie 4 footwear deur Noah Murphy-Reinhertz
                                         (VSA), 2020.

             Space Hippie-tekkies word van 85–90% herwinde inhoud gemaak. Hierdie
             ekovriendelike tekkies word geheel en al van afvalmateriaal van die
             fabrieksvloer, insluitende plastiekbottels, T-hemde en post-industriële
             oorskietmateriaal gemaak. 'Move to Zero' is Nike se reis na zero koolstof en
             zero rommel om die toekoms van sport te help beskerm.

         6.1.1        Verduidelik Nike se doelstellings deur na die stelling in FIGUUR L
                      hierbo te verwys.                                                      (4)
         6.1.2        Bespreek TWEE redes waarom plastiek vir ons omgewing skadelik
                      is.                                                                    (2)
6.2      Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy die werk
         van EEN kontemporȇre Suid-Afrikaanse ontwerper/ontwerpgroep EN EEN
         kontemporȇre internasionale ontwerper/ontwerpgroep, wie se werk
         volhoubaarheid-/omgewingskwessies ondersoek, bespreek.

         Verwys na die volgende in jou opstelle:

             Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN van hulle ontwerpe
             Doelstellings en/of invloede
             Analiseer die ontwerp deur te verduidelik hoe dit volhoubaarheid-/
              omgewingskwessies aanpak

         Jy mag NIE na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy voorheen bespreek
         het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel gebruik is, verwys NIE.           (14)
                                                                                            [20]

                                                                 TOTAAL AFDELING C: 40
                                                                     GROOTTOTAAL: 100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Design P1 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2022-eng/b8bde750-cacc-4b1f-97d5-2741b83f3233) — Design · QP · 2022 · Eng
- [Design P1 May June 2022 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2022-mg-afr/d25d7426-ab64-49a9-a592-aeb7cfeb820e) — Design · Memo · 2022 · Afr
- [Design P1 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2022-afr/f4b04710-a518-4d37-b4e3-b62c91ba14e8) — Design · QP · 2022 · Afr
- [Design P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2022-eng/f5663ba3-20ca-4908-90ff-7176c3f593fc) — Design · QP · 2022 · Eng
- [Design P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/48ce0fb6-150b-444b-9541-ff8e6a549ca2) — Design · QP · 2024 · Afr
- [Design P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2023-eng/57419a61-fb49-40b2-9cc2-0779cf909a9b) — Design · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-mg-afr/ccc80683-987a-4611-994f-f9eff5587a50) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/79defddf-f99d-45c8-840b-73877abd8f11) — Memo · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/a85d8220-5a26-4f17-990e-081cb336014f) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2024-eng/e3c099fa-b074-4932-aa7e-cbc7e78a1e3e) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
