# Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2022 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2022-mg-afr/d25d7426-ab64-49a9-a592-aeb7cfeb820e
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2022 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2022-mg-afr/d25d7426-ab64-49a9-a592-aeb7cfeb820e)

## About this document

Design · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                        ONTWERP

                                         (TEORIE)

                                           2022

                                    NASIENRIGLYNE

                                                                        PUNTE: 100

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      2                                 DBE/2022
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID

'ONGESIENE' VOORBEELDE [10 punte]

KANDIDATE MOET ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2 BEANTWOORD.
1.1 (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke punt/aspek toe)

     Die herhaalde vierkante met verskeie geometriese fatsoene wat bo-op elke vierkant
     in die agtergrond geplaas is, skep 'n skoon, geometriese ruitpatroon wat met die
     organiese figuur in die voorgrond kontrasteer. Organiese fatsoene op die hemp/T-
     hemp word herhaal om 'n ritmiese gekurfde patroon te skep wat met die kleurvolle
     patroon van die agtergrond kontrasteer.

     Die agtergrond bestaan uit helder primêre, sekondêre, komplimentêre kleure wat 'n
     opvallende ontwerp skep. Die beeld van die man is sterk en vang jou oog deurdat
     dit net uit donker neutrale kleure van swart en grys bestaan. Die kontras van die
     wit bril op die donker figuur beklemtoon die silhoeët van die man.

     Die beeld van die man is 'n fokuspunt omdat dit baie groot is en in die middel
     geplaas is. Dit trek ook eerste die aandag van die toeskouer, omdat sy donker
     gelaat 'n sterk kontras met die kleurvolle, helder agtergrond skep. Die helder
     gekleurde bril, beklemtoon die silhoeët as 'n fokuspunt.

     Verskillende geometriese fatsoene van driehoeke, sirkels, vierkante en reghoeke
     word binne in die vierkante in die agtergrond van die ontwerp gebruik, wat die
     muurpapier 'n dinamiese patroon gee. Lewendige, plat organiese fatsoene is nou
     as 'n patroon op die grys hemp/T-hemp van die silhoeët gebruik om goed met die
     geometriese agtergrond van wiskundige fatsoene te kontrasteer.
     Eenheid is geskep deur die rangskikking van vierkante wat een kleurvolle
     agtergrond vorm. Die motiewe binne in die vierkante is toevallig geleë, tog skep
     dit eenheid deur die gebruik van kleur.

       Krediet moet gegee word vir enige ander geldige stellings.
             V1.1 VLAK     KOGNITIEWE VAARDIGHEDE              GEWIGS-    VRAE     PUNTE
                                                             TOEKENNING             (10)
             Laer Orde   Onthou, Herroep, Herken                 30%       1.1        2
                         Verstaan, Verduidelik, Beskryf                               1
                         Toepas, Implementeer, Organiseer       40%        1.1        4
         Middel Orde
                         Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                            2
             Hoër Orde   Reflekteer, Evalueer                   30%        1.1        1
                         Sintetiseer, Regverdig

                                                     OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    3                                  DBE/2022
                                 SS/NSS – Nasienriglyne

1.2   (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke punt/aspek toe)

      Die vorms van die twee keramiekblompotte wat organies en vol beweging is,
      herinner mens aan die vorms van Bloureiers (watervoëls). Hierdie vorms verwys
      ook na die natuurlike organiese vorms van vrugte of groente met takke wat aan 'n
      boom hang.

      Die tasbare tekstuur op die blompotte is deur driedimensionele vorms geskep.
      Die onderste gedeeltes bestaan uit aparte, blomblaaragtige lae wat met die boonste
      gedeelte wat na gladde, syerige vel van groente stamme lyk, kontrasteer. Die
      kleur en tekstuur van die klei herinner mens aan delikate been of skulp.

      Die blomblaaragtige patrone op die onderste gedeelte van die blompotte skep
      onreëlmatige, golwende lyne wat ritme skep. Fyn, dun lyne skep 'n ronde,
      sirkelagtige beweging op die nekke van die blompotte.

      Die blompotte is asimmetries gebalanseerd omdat hul vorms nie wiskundige
      perfekte sfere of ovale is nie. Die boonste gedeelte van die blompotte is gekrom
      in 'n onvoorspelbare rigting om die natuur se asimmetrie te beklemtoon.

      Die blompotte het 'n dekoratiewe funksie, hulle is na-maat gemaakte blompotte wat
      gebruik is vir uitstal en om binneruimtes te versier. Die blompotte kan ook gebruik
      word om 'n paar blomme of boomtakke te vertoon.

      Krediet moet gegee word vir enige ander geldige stellings.

        V1.2 VLAK        KOGNITIEWE VAARDIGHEDE              GEWIGS-    VRAE      PUNTE
                                                           TOEKENNING              (10)
                       Onthou, Herroep, Herken                 30%       1.2         2
          Laer Orde    Verstaan, Verduidelik, Beskryf                                1
         Middel Orde   Toepas, Implementeer, Organiseer       40%        1.2         4
                       Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                             2
          Hoër Orde    Evalueer, Reflekteer                   30%        1.2         1
                       Sintetiseer, Regverdig

VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP [10 punte]

2.1    (Ken 4 punte toe)

2.1.1 'n Vis beweeg standvastig en met selfvertroue in die water, daarom simboliseer
       'n vis beweging, onafhanklikheid en oorvloed van kos.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                     4                                 DBE/2022
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

       Brood of kaas simboliseer kos wat stabiliteit en voeding vir mense aanspreek.
       Brood as 'n simbool, kan ook verwys na boerdery en bewerking van die grond vir
       voedsel. Brood is ook 'n stapelvoedsel in die vermindering van hongerte.

2.1.2 Die hande wat na kos uitreik is swart en verskillende skakerings van bruin, wat
      aandui dat honger en armoede net die swart gemeenskappe affekteer. Die kos
      wat uitgebeeld is identifiseer ook met sekere kultuur-/ godsdienstige-/
      rasgroepe/.

2.2   (Ken 6 punte toe)

       Die BaBa-lettertipe bestaan uit geometriese, presiese, reguit en gefasetteerde lyne
       wat teen kromagtige lyne kontrasteer, skep 'n skoon voorkoms. In vergelyking, is
       die Gotiese Manuskrip-lettertipe besiger, omdat dit uit dikker, reguit, rigiede,
       vertikaal en diagonale lyne geskep is, wat deur die afwaartse streep en die serifs,
       sowel as deur dunner diagonale strepe oor die letters kruis. Die fatsoene van die
       BaBa lettertipe kombineer hoekige, geometriese driehoeke en diamante met ronde
       fatsoene, wat 'n ongewone en dinamiese lettertipe skep teenoor die Gotiese
       Manuskrip-lettertipe wat slegs van reghoekige fatsoene gemaak is en wat 'n
       tradisionele styl skep. Die BaBa lettertipe lyk asof dit deur sterk, eenvoudige,
       geometriese Afrika-fatsoene en -patrone beïnvloed is. In kontras, weerspieël die
       Gotiese Manuskrip-lettertipe invloede van kalligrafie op Gotiese manuskripte en die
       hoekige en soliede vorms van die Gotiese argitektuur.

      NEEM KENNIS: 'n Maksimum van SLEGS 2 punte mag toegeken word vir
      tabelvorm vergelykende antwoorde. Gebruik kognitiewe vlakke as riglyne.

       Krediet moet gegee word vir enige ander geldige stellings.

        V2 VLAK           KOGNITIEWE VAARDIGHEDE             GEWIGS-    VRAE      PUNTE
                                                           TOEKENNING              (10)
                       Onthou, Herroep, Herken                 30%       2.2         1
          Laer Orde    Verstaan, Verduidelik, Beskryf                    2.1         2
         Middel Orde   Toepas, Implementeer, Organiseer       40%        2.1         2
                                                                         2.2         2
                       Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                 2.2         1
          Hoër Orde    Evalueer, Reflekteer                   30%
                       Sintetiseer, Regverdig                            2.2         2

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    5                                    DBE/2022
                                 SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3 [10 PUNTE]
3.   (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke punt/aspek toe)

     Die ligging van die Zeitz MOCAA is binne 'n besige, eksklusiewe inkopie-area
     geleë, bekend as die V&A Waterfront wat dit toeganklik maak vir Suid-Afrikaners en
     baie toeriste wat die area besoek. In teenstelling, is die Pantheon in die middel van
     'n stad op 'n plat terrein vir gemaklike toegang vir die Romeinse-publiek geleë en
     tans vir toeriste. Die Pantheon was gebou op die presiese ligging van twee vroeë
     Pantheon geboue, waarvan beide afgebrand het. Die nuwe herboude Pantheon
     was opgedra aan die Romeinse generaal, Marcus Agrippa, soos in die inskripsie op
     die voorportaal fasade te sien. Soortgelyk, is die Zeitz MOCAA op 'n belangrike
     historiese Suid-Afrikaanse ligging geleë, die ou graansilo. Die silo was in 1921
     gebou, waarin vir amper 100 jaar die hart van die industriële hawe-area was. Die
     oorspronklike struktuur van 56 stoorsilo's en die aangrensende hysbakgebou is as 'n
     erfenisgebied verklaar.
     Die naam, struktuur van die voorportaal, en pedimentversiering van die Pantheon
     suggereer dat die oorspronklike funksie van die gebou 'n tempel was. Die
     Pantheon was 'n plek waar die keiser publieke verskynings kon maak. Die interieur
     van die ou graansilo's was verander om as 'n museum te funksioneer en om die
     Zeitz Stigting se versameling van kontemporêre Afrika-kuns, te huisves en die
     eksterieur was net so gelos om hulde aan die oorspronklike historiese ligging te
     gee. Toe die ou graansilo's in die 1990s buite diens gestel was, het die Victoria &
     Alfred Waterfront Heatherwick studio's genader vir voorleggings om moontlik die
     struktuur in 'n kulturele institusie te ontwikkel. Hulle wou hê dat die nuwe funksie van
     die gebou die verlede moet vereer, asook toeganklik vir alle Suid-Afrikaners moet
     wees. Die uitdaging vir Heatherwick was om die interieur van die styfgepakte ses-
     en-vyftig beton silinders wat oorspronklik graanstoorfasiliteite was, te verander na 'n
     interieur wat toepaslik sou wees vir die uitstal van kuns. Die uitdaging was om die
     struktuur se industriële erfenis te behou, terwyl eer daaraan as 'n belangrike
     historiese Suid-Afrikaanse baken gegee is.
     Die gewelfde Zeitz MOCAA interieur, was duidelik geïnspireer deur die gewelfde
     plafonne van die Gotiese katedrale, terwyl die voorportaal van die Pantheon-
     struktuur deur Klassieke Griekse argitektuur geïnspireer is, soos te sien in die
     gebruik van die pedimente en kolomme, en die gekoepelde hoofgebou wat baie
     meer Romeins in styl is. Die verskeie galery-verdiepings van die Zeitz MOCAA wat
     rondom die sentrale atrium gerangskik is, word verbind deur hysbakke en spiraal
     trappe wat binne die silinders oploop; hulle lyk asof hulle deur “massiewe boorpunte”
     geïnspireer is. Die interieur van die Zeitz MOCAA was geïnspireer deur 'n enkele
     koringgraan, maar dié klein geronde vorm was vergroot om die 27 meter hoë
     volume, te vul. Die grootskaalse gebruik van beton as materiaal in die Zeitz
     MOCAA, vertoon ook die ou silo's as 'n moderne Brutalistiese-styl geïnspireerde
     gebou.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   6                                   DBE/2022
                                SS/NSS – Nasienriglyne

     Die buitenste mure van die silo-afdeling van die tweedelige struktuur van die Zeitz
     MOCAA ('n graderings-toring en vyf-en-sestig silosilinders) bestaan uit die
     oorspronklike beton wat daaraan 'n industriële, Brutalistiese voorkoms verleen. Die
     materiaal wat gebruik is om die ronde gebou van die Pantheon te bou is baksteen
     en beton en die eksterieur was oorspronklik met wit marmerpleisterkalk bedek om
     met die voorportaal ooreen te stem. Oorspronklik, is die materiaal wat gebruik was
     om die beton eksterieur van die koepel te bedek, brons-lae maar dié was in 663 AE
     verwyder. Hierdie sterk en oordadige materiaal reflekteer die mag van die
     Romeinse keiser en sy ryk. Beide die Zeitz MOCAA en die Pantheon se interieurs
     het lig wat van bo af invloei. Die Zeitz MOCAA het gelamineerde glas bo-op die silo's
     wat daglig toelaat en die Pantheon het lig wat die interieur vanaf die okulus vloed.
     Die Romeine was bewus van die swaar aard van hul boumateriaal en daarom het
     hulle liggewig materiaal nader aan die boonste gedeelte van die koepel gebruik.
     Travertien was op die laagste vlak gebruik en was die swaarste materiaal, dan 'n
     mengsel van travertien en tufkryt, dan tufkryt en baksteen. Slegs bakstene is
     rondom die dromafdeling van die koepel gebruik, en laastens is puimsteen, die ligste
     en mees poreuse materiaal op die plafon van die koepel gebruik. Die gesnyde
     kante van die beton-silinders in die interieur van die Zeitz MOCAA was gepoleer om
     'n gladde spieëlafwerking te gee wat met die oorspronklike rowwe beton struktuur
     kontrasteer.
     Moderne tegnologie was gebruik om dele van die ou silo's te sny en te verwyder,
     om die gekurfde interieurstruktuur van die atrium te wys. Die koepel van die
     Pantheon was gebou deur die gebruik van innoverende, nuwe konstruksie
     tegnieke wat toegelaat het dat die groot interieur hoogte en deursnit van die koepel
     dieselfde is. Die omvang van die koepel het die grootste gespande koepel gebly
     vir baie eeue en is 'n bewys van Romeinse ingenieurswesedeskundigheid. Om die
     gewig van die koepel te verminder, is vyf ringe van agt-en-twintig ingesnyde
     vierkantige patrone, wat kleiner word soos hul nader na die okulus beweeg,
     gebruik.
                                              OF
     VERGELYKING TUSSEN 'n KLASSIEKE GEBOU EN 'n INHEEMSE KENNIS
     STELSEL- GEBOU STRUKTUUR
     Geboue gekies: Die Pantheon en die Zulu huisvesting en kraal
     Die Pantheon was op 'n belangrike ligging gebou omdat dit presies op die ligging
     van twee vroeër Pantheon geboue opgerig is, waarvan beide afgebrand het. Die
     nuwe herboude Pantheon was aan die oorspronklike Romeinse staatsman, Marcus
     Agrippa opgedra, soos gesien in die inskripsie op die fasade van die voorportaal.
     Die gekose ligging vir die Zulu kraal is belangrik. Daar is twee redes waarom die
     kraal op 'n afdraande geplaas moet word met die hoofingang op die laer kant.
     Eerstens, wanneer dit reën, sal die reën deur die kraal vloei en die kraal skoonspoel
     en die grond sal vinnig droog word omdat geen water in die kraal kan opdam of bly
     lȇ nie. Tweedens, as die kraal deur vyande aangeval word, sal hulle opdraande
     moet veg.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   7                                    DBE/2022
                                SS/NSS – Nasienriglyne

     In die geval van die Klassieke gebou, die Pantheon, weerspieël die struktuur sy
     funksie. Die naam, struktuur van die voorportaal en pedimente versiering van die
     Pantheon was ontwerp as 'n plek waar die keiser publieke verskynings kon maak.
     Wanneer mens die inheemse Zulu kraal vanuit die lug waarneem word dit duidelik
     dat die struktuur van die kraal sy funksie reflekteer. Die doel van die uitleg is om
     beskerming aan die Zulu familie, wat in die kraal woon beskerming te verskaf, asook
     vir hul beeste wat in die sentrale kern van die ronde uitleg bly. Die tradisionele
     Zulu byekorfhutte bekend as iQukwane, is uitgelê in 'n ronde kraal formasie; die Zulu
     term     hiervoor   is   umizi.        Dit    bestaan    uit    twee     konsentriese
     doringboomstompheinings. Die hutte, gemaak van strooigras wat 'n gebuigde,
     ronde houtstruktuur bedek, word binne die buitenste heining geplaas en die beeste
     in die binneste ronde kraalformasie met 'n kleiner kampie vir die kalfies.
     Die Pantheon is geïnspireer deur Klassieke Griekse argitektuur soos weerspieël in
     die gebruik van die pedimente en kolomme, en die gekoepelde hoofgebou. Die
     inheemse Zulu kraal is geïnspireer deur hul tradisies en hul kulturele gelowe.
     Hiërargie dikteer die plasing van die hutte. Die eerste hut is 'n leë huisvesting
     opgedra aan die voorvaders. Dit is die eerste plek waarna besoekers moet gaan
     om hul seëning van die voorvaders te kry. Die grootste hut reg oorkant die ingang
     is dié van die leier se moeder, en die eerste vrou is aan die regterkant van die leier
     se moeder, en die tweede vrou is aan die linkerkant van die leier se hut, die derde
     vrou op die regterkant van die eerste vrou, ensovoorts. Die ongetroude meisies bly
     aan die linkerkant van die ingang en die ongetroude seuns op die regterkant.
     Die materiaal wat gebruik is in die konstruksie van die ronde gebou van die
     Pantheon is baksteen en beton, die eksterieur was oorspronklik met wit marmer
     pleisterkalk bedek om met die voorportaal ooreen te stem. Hierdie swaar, sterk en
     oordadige materiaal kommunikeer suksesvol die mag en belangrikheid van die
     Romeinse keiser en ryk aan. Die Zulu huisvesting en kraal bestaan uit organiese,
     natuurlike, aardse materiaal wat hulle meer menslik en in harmonie met die natuur
     maak. Die vloere is gemaak van beesmis en termietklei wat gemeng is tot 'n digte
     mengsel wat gesmeer word om die vloer te vorm, wat kliphard droog word en wat
     dan gepolitoer kan word tot 'n spieëlagtige afwerking met die gebruik van 'n
     politoerklip. Dieselfde materiaal word gebruik om die vuurmaakplek naby die
     sentrale paal, te bou. Rook van die vuur ontsnap by die deuropening of filtreer
     deur die strooigras.
     Beide die Pantheon en die Zulu hutte is gemaak op 'n ronde fondasie en maak
     gebruik van die koepel as 'n dominante vorm. Die Zulu hut is met 'n sentrale jong
     boomstompie wat as die hoofstut dien, gebou. Nadat die raamwerk gebou is,
     word dit met strooigras bedek om 'n byekorf te vorm. Die materiaal en konstruksie
     tegnologie maak die hut stabiel, warm in die winter en koel in die somer.  Die
     koepel van die Pantheon is gebou deur die gebruik van 'n innoverende, nuwe
     konstruksie tegniek wat toegelaat het dat die hoogte van die interieur en die
     deursnit van die koepel dieselfde is. Die omvang van die koepel het vir baie eeue
     die grootste gespande koepel gebly en is 'n bewys van die Romeinse
     ingenieurswesedeskundigheid. Om die gewig van die koepel te verminder, is vyf
     ringe van agt-en-twintig ingesnyde vierkantige patrone, wat kleiner word soos hul
     nader na die okulus beweeg, gebruik.
      Krediet moet gegee word vir enige ander geldige stellings van 'n
      vergelyking van 'n klassieke en kontemporêre gebou of Klassieke en
      Inheemse Kennisstelsels wat die kandidaat bestudeer het.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                     8                                   DBE/2022
                                  SS/NSS – Nasienriglyne
      NEEM KENNIS: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir
      tabelvorm vergelykende antwoorde. Gebruik kognitiewe vlakke as riglyne.

             V3.        KOGNITIEWE VAARDIGHEDE               GEWIGS-    VRAE         PUNTE
            VLAK                                           TOEKENNING                 (10)
          Laer Orde    Onthou, Herroep, Herken                 30%       3              1
                       Verstaan, Verduidelik, Beskryf                                   2
         Middel Orde   Toepas, Implementeer, Organiseer       40%        3              4
                       Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                                1
          Hoër Orde    Evalueer, Reflekteer                   30%        3              2
                       Sintetiseer, Regverdig

AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS
VRAAG 4 [30 punte]
4.1   Ken 20 punte in totaal toe.
      Ken 10 punte vir elke beweging toe. Let wel dat net EEN punt toegeken mag
      word vir die naam van die ontwerper en produk vir elke beweging. Gebruik
      asseblief die kognitiewe vlakke vir puntetoekenning.

      Hierdie nasienriglyn verskaf 'n antwoord vir die volgende twee moontlikhede:
           MODERNISME
           KUNS- EN-KUNSVLYT

      MODERNISME
      Modernistiese ontwerpe se doelstelling is om mense funksioneel en esteties
      tevrede te stel. Hulle glo dat funksie baie meer belangrik is as
      oppervlakversiering. Hulle beoog om funksionele ontwerpe, waar vorm bepaal is
      deur die funksie te skep en waar funksie nie weggesteek word deur
      oppervlakpatroon óf patroon nie. Die estetiese aantrekkingskrag van hul ontwerpe
      kan gevind word in hul versigtige rangskikking van die kunselemente, bv. lyn,
      vorm/fatsoen, tekstuur, kleur, tonale waarde en ruimte om 'n genotvolle, goeie
      geproporsioneerde, asimmetriese gebalanseerde komposisies, te skep. Hierdie
      ontwerpe poog om uitdrukkings en/of positiewe emosies van orde, kalmte en
      stabiliteit te inspireer.
      Modernistiese (Internasionale Styl) gebouontwerpe is beïnvloed deur die Bauhaus
      oortuiging in funksionalisme en in hul vermindering van vorms tot eenvoudige,
      suiwer geometriese vorms om logiese, praktiese en ekonomiese oplossings vir
      produkontwerp te skep. Hulle word ook beïnvloed deur De Stijl se oortuiging in
      eenvoud en in hul oortuiging in die suiwerheid van reguit-lyne en geometriese
      vorms. Die ontwikkeling van nuwe materiaal soos nuwe metale en hul allooi
      (buisvormige staal, aluminium en chroom), 'n nuwe reeks van plastiek soos Bakelite
      en poli-uretaan, versterkte beton en laaghout beïnvloed ook Modernistiese
      ontwerpe. Modernistiese produkontwerpe is gereeld stroombelyn wat die invloed
      van die studie van aërodinamika wys wat geïnspireer is deur die vorms van voëls
      en visse. Sommige Modernistiese produkte en tekstielontwerp toon die invloed
      van plat, verbeeldingryke, biomorfiese fatsoene van Surrealisme en ander die
      invloed van atomiese strukture.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   9                                     DBE/2022
                                SS/NSS – Nasienriglyne

      Karakteristies/tipies van Modernistiese argitekte is hul verwerping van alle
      tradisionele argitektoniese vorms (soos dekoratiewe, gekurfde, Klassieke kolomme,
      pedimente, entablement) en materiaal (soos klip, baksteen, hout en kleiteël) en
      maak net gebruik van masjienagtige, onversierde, geometriese kubusse, reguit
      vertikale en horisontale lyne en moderne materiaal (soos versterkte beton, staal en
      glaspanele). Hulle glo in 'n moderne, masjien-estetika waar alle onnodige
      versiering vermy is.

      In plaas van om mure te gebruik om die gewig te dra, maak Modernistiese geboue
      gebruik van 'n funksionele gewigdraende staalstruktuurraam, sodat mure van enige
      materiaal gemaak kan word. Mure is gereeld groot glaspanele, bekend as
      glasgordynmure wat ligheid en gewigloosheid beklemtoon. Die lyne van die
      staalstruktuur vorm 'n herhalende reghoekige ruit wat orde en eenheid
      weerspieël.

      Modernistiese ontwerpe soos treine, motors, yskaste en ketels maak gebruik van
      die traandruppel/stroombelynde vorm met soomlose kante om spoed te weerspieël,
      wat mens aan die masjien herinner. Hierdie ontwerpe is modern, funksioneel en
      esteties mooi.

      'n Voorbeeld van 'n Modernistiese ontwerp en ontwerper is die ‘Barcelona
      Pavilion’ deur Mies van der Rohe, 1929.

      Die gebou was beide funksionalisties en esteties mooi. Dit het as 'n uitstalruimte
      gefunksioneer met die doel om 'n nuwe progressiewe, demokratiese en moderne
      Duitsland te adverteer. Die geometriese rangskikking van skitterende getinte glas
      en marmer onder 'n slank-lyn-dak, ondersteun deur agt baie dun chroom-staal
      kolomme beeld skoonheid en elegansie uit. Die gebruik van hierdie materiaal
      gee aan die gebou 'n ryk, luukse effek. Die struktuur sluit in 'n reghoekige
      swembad en dit is moeilik om die interieur van die eksterieur te onderskei. Die
      dak kom voor asof dit oor die struktuur dryf, wat 'n gebou wat terselfdertyd solied en
      droomagtig is, skep. Die interieur was minimalisties en bestaan uit slegs een
      beeldhouwerk en twee van Mies van der Rohe se nuwe leer en chroom staal
      Barcelona stoele.
      KUNS-EN-KUNSVLYT
      Die Kuns-en-Kunsvlytbeweging se doelstelling was om mense funksioneel,
      esteties en emosioneel gelukkig te maak. Die word weerspieël in hul doelstelling
      om ontwerpe te skep wat funksioneel en goed afgewerk is (geïnspireer deur die
      kwaliteit van handgemaakte ontwerpe). Gesamentlik, het hulle gepoog om
      ontwerpe te skep wat esteties mooi is, wat mooi dekoratiewe oppervlakpatrone of
      natuurlike teksture reflekteer (bv. die grein van die hout wat hulle gebruik het word
      ongeverf gelos om deel van die ontwerp te vorm). Hulle het geglo dat kwaliteit
      ontwerpe wat mooi met die hand afgewerk is en wat mooi teksture of patrone het,
      sal dien om gemak en plesier (geluk) te inspireer.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      10                                  DBE/2022
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

      Die Kuns-en-Kunsvlytbeweging is beïnvloed deur die natuur en hul gebruik van
      blare, stingels, blomme, insekte, voëls, vis, ens. op meeste van hul
      oppervlakontwerpe is 'n bewys hiervan. Die beweging was ook beïnvloed deur die
      Engelse Kothuisstyl in hul gebruik van natuurlike, organiese materiaal soos klip,
      leiklip, hout, strooidakke is ook weerspieël in geboue van die Kuns-en- Kunsvlyt
      ontwerpers. Die gebruik van die natuur as onderwerp en in hul materiaal keuse
      het gelei tot kalm, „gelukkige‟ en estetiese mooi ontwerpe. Die Kuns-en-Kunsvlyt
      ontwerpers het geglo dat die Gotiese styl die orde en stabiliteit van goeie Christelike
      waardes reflekteer en hul belangstelling in die Gotiese tydperk word weerspieël in

      hul gebruik van loodglasvensters, die gepunte boog, drie-en-vier-blaar-klawer-
      motiewe, bonkige meubels en torings. Die Kuns- en Kunsvlytbeweging was ook
      beïnvloed deur tradisionele kunsvlyt soos houtwerk, borduurwerk, tapisserie
      ontwerpe, loodglas, keramiek, ens. wat kwaliteit vakmanskap oordra in teenstelling
      tot ontwerpprodukte wat gedurende die Industriële revolusie geskep is.

      Die Kuns-en-Kunsvlytbeweging se karakteristieke/tipiese gebruik van
      gekontroleerde, gekurfde lyne om ritmiese liniêre patrone te skep, hul gebruik van
      afgeplatte, gestileerde organiese fatsoene wat die natuur reflekteer en 'n reeks van
      plat, ryk, warm en koel kleure wat herinner aan die loodglasvensters van Gotiese
      tydperk het verseker dat die ontwerpe dekoratief en esteties mooi of „gelukkig‟ is.
      Oppervlakontwerpe reflekteer meestal 'n stabiel simmetriese balans, wat deur die
      gekurfde ritmes van die blare, stingels en blomfatsoene geskep is. Die vorm van
      meubels was eenvoudig en streng met min versiering, die fokus was op die lyne
      van die struktuur, die vakman se gebruik van sigbare lasplekke, asook op die
      tekstuur van die hout.

      'n Voorbeeld van 'n Kuns-en-Kunsvlyt ontwerper en produk is ‘Trestle Table’
      deur Gustave Stickley (USA), ca1910.

      Die vorm van hierdie boktafel is eenvoudig en sterk en toon duidelik die funksie
      aan. Die hand van die vakman en 'n geloof in vorm volg funksie is sigbaar in die
      insluiting van sigbare lasplekke as deel van die ontwerp. Die estetiese
      aantrekking van hierdie boktafel lê in die gebruik van 'n eenvoudige, nogtans mooi
      proporsioneel liniêre struktuur en 'n natuurlike, ongeverfde houtoppervlak.

      Krediet moet gegee word vir enige ander geldige stellings
              V.4.1       KOGNITIEWE VAARDIGHEDE               GEWIGS-    VRAE       PUNTE
              VLAK                                           TOEKENNING               (20)
             Laer Orde   Onthou, Herroep, Herken                30%        4.1          2
                         Verstaan, Verduidelik, Beskryf                                 4
                         Toepas, Implementeer,                  40%        4.1          8
         Middel Orde     Organiseer
                         Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                              2
          Hoër Orde      Evalueer, Reflekteer                   30%        4.1          4
                         Sintetiseer, Regverdig

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    11                                 DBE/2022
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

4.2   [10 punte] (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke punt/aspek toe)

      Die Art Nouveau interieur in FIGUUR H wys die invloed van die natuur op Art
      Nouveau deur sy gebruik van poue, blare en plante. In kontras met die gebruik
      van natuurlike beelde, toon die Pop-interieur die invloed van Ruimte-Eeu deur sy
      gebruik van aardbolvorms vir stoele. Die gebruik van natuur, gekurfde lyne en
      organiese fatsoene in FIGUUR H wys ook die invloed van Kuns-en-Kunsvlyt op Art
      Nouveau,  terwyl die Pop-interieur die invloed van die masjientydperk deur sy
      gebruik van geometriese vorms, skoon lyne en gladde oppervlaktes, toon.
      FIGUUR H maak gebruik van 'n wye reeks luukse pastel en dowwe kleure tipies
      van Art Nouveau; soos olyfgroen, grysgroen, woudgroen, goud, pers, pienk, geel en
      ligte blou, om 'n baie eksotiese en dekoratiewe ontwerp te skep. In kontras
      hiermee toon die Pop interieur in FIGUUR I 'n sterker kleurskema, gedomineer deur
      kunsmatige helder suiwer oranjes, rooie en mosterd met wit om 'n skoon en
      moderne effek te skep.

      Die organiese, kurwende vorm van die meubels, poue, blare en plante in FIGUUR
      H dra almal by om 'n besige, vroulike effek te skep. In kontras, weerspieël die
      geometriese sferiese vorms, blokagtige bank, kussings, sytafel en rak in FIGUUR I,
      'n meer formele, soliede en dinamiese gevoel en 'n puristiese en geordende effek.
      
      Tipies van Art Nouveau is die gebruik van natuurlike materiaal soos hout en klip
      sowel as loodglas, piouter en tekstielstof om 'n gevarieerde, komplekse interieur te
      skep, terwyl die Pop interieur meer kunsmatig, met gladde, glansende plastiek
      oppervlaktes wat domineer, vertoon. Pop het sintetiese nuwe-era materiaal
      gebruik om dit meer aanloklik vir die jonger geslag te maak.
      Die Art Nouveau interieur toon nie die beginsel van ‘Minder is Meer’ aan nie omdat
      dit 'n viering van oppervlakpatroon en detail is.  Hierdie kan in die vloer gesien
      word (FIGUUR H) wat 'n dekoratiewe rant om die houttoonbank en om die
      vensterrante, wat uit loodglas beelde bestaan, en in die gebruik van patrone op die
      plafon, uitbeeld. In kontras met die beklemtoning van versiering, is die Pop
      interieur (FIGUUR I) meer eenvoudig, en volg die beginsel van „Minder is Meer‟ as
      gevolg van sy gebruik van meestal gladde onversierde en minimalistiese
      geometriese patrone.
      Krediet moet gegee word vir enige ander geldige stellings.
      NEEM KENNIS: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir
      tabelvorm vergelykende antwoorde. Gebruik kognitiewe vlakke as riglyne.
       V4.2 VLAK         KOGNITIEWE VAARDIGHEDE              GEWIGS-    VRAE      PUNTE
                                                           TOEKENNING              (10)
                       Onthou, Herroep, Herken                 30%       4.2         2
         Laer Orde     Verstaan, Verduidelik, Beskryf                                1
        Middel Orde    Toepas, Implementeer, Organiseer       40%        4.2         4
         Hoër Orde     Analiseer, Vergelyk, Interpreteer
                       Evalueer, Reflekteer                   30%        4.2         2
                       Sintetiseer, Regverdig                                        1

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  12                                    DBE/2022
                                SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING C: SOSIOKULTUREEL/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE KONTEKS

VRAAG 5 [20 punte]

Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.

5.1

5.1.1 (Ken 6 punte toe)
       Die voordele van die ontwerp is dat dit die verspreiding van die virus sal verhoed
       terwyl mense sonder 'n masker eet en gesels. Die deursigtige Plex‟eat hoods
       wat bo die tafels hang het 'n elegante vorm en skep die idee van 'n laag-hangende
       kandelaar oor 'n elegante eetkamertafel. Met die skerm wat potensieel die risiko
       van lugverspreide infeksie verminder, kan mense onder hulle sit terwyl hulle eet en
       drink. Die ontwerp skep 'n elegante estetiese alternatief vir uiteet en waarborg dat
       sosiale afstand gevolg word. Die plexi-glass hood mag dalk moeilik wees om
       skoon te maak na gebruik en dit sal 'n gesprek onduidelik maak omdat die skerm
       die klank blok. Omdat die spasie baie klein is sal dit moeilik vir die kelner wees
       om kos te bedien sonder om teen die skerm te stamp. Dit sal ook moeilik wees
       om van die tafel af op te staan sonder om teen die skerm te stamp.

5.1.2 Ken 14 punte in totaal toe, 7 punte per gevalle studie.
      Ken 1 punt vir die naam van die ontwerper en die naam van die produk toe.

      EEN KONTEMPORÊRE SUID-AFRIKAANSE ONTWERPER/ONTWERPGROEP

       Naam van 'n ontwerper/ontwerp groep/ontwerp maatskappy en een ontwerp
       produk: I RUN JHB Afrofuturistiese sportsklere deur Wandile Leeu & Neo
       Selemela (JHB, Suid-Afrika), 2020. 

       Sosiale verantwoordelikhede in hy/ sy/ hulle se doelstellings en/of ontwerp
       prosesse geadresseer
       Beide mode ontwerpers Wandile Leeu en Neo Selemela fokus op die vasvang van
       'n lewendige en energieke sosiokulturele „siel‟ van die Stad van Goud. Hulle
       handelsmerk van straatdrag-klere poog om die stad van JHB te vier en dit is
       geanker in die sterk, besige, „go-getter, dream chasing‟ houding van die mense
       van Johannesburg. Hierdie twee modeontwerpers het 'n moderne, kontemporêre
       identiteit, geïnspireer deur tradisionele Zulu, Swati, Sepedi, TshiVenda and Kente
       tekstiel patrone, waarop Suid-Afrikaners trots kan wees, suksesvol geskep.
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  13                                  DBE/2022
                                SS/NSS – Nasienriglyne

       Bespreek die ontwerp voorbeeld/produk van die bogenoemde ontwerper/
       ontwerpgroep om te verduidelik hoe die ontwerp sosiokulturele kwessie/s
       aanspreek.

       I RUN JHB Afrofuturistiese sportsdrag ontwerp deur Wandile Leeu en Neo
       Selemela is kleurvol en vang die oog en gebruik van tradisionele inheemse
       tekstielmateriaal gekombineer met helder sweetpak materiaal om 'n moderne,
       straat geïnspireerde gemaklike drag, te skep. Deur moderne tekstielmateriaal
       met tradisionele Afrika afdrukke en patrone te vermeng, vereer en bevorder die
       klerehandelsmerk inheemse ontwerp, en terselfdertyd bevorder dit 'n Afrika
       identiteit.

       Deur 'n „verweefde‟ mengsel van verskillende tradisionele, etniese Afrika en
       moderne modestyl, het hulle 'n unieke, eklektiese modehandelsmerk vir
       Johannesburg, geskep.

       EEN INTERNASIONALE ONTWERPER/ONTWERPGROEP

       Naam van 'n ontwerper/ontwerpgroep/ontwerpmaatskappy en een
       ontwerpproduk: Aviointeriors stel voor na-COVID-19 JANUS-seats (Italië),
       2020.

       Sosiokulturele kwessies aangespreek in hy/sy/hulle doelstellings en/of
       ontwerp prosesse.

       Hierdie ontwerp spreek die gevaar van die COVID virus op die gesondheid van die
       gemeenskap aan deur passasiers in vliegtuie te beskerm teen die infeksie van
       medepassasiers wat naby hulle sit.

       Bespreek die ontwerp voorbeeld/produk van die bogenoemde ontwerper/
       ontwerpgroep om te verduidelik hoe die ontwerp sosiokulturele kwessie/s
       aanspreek
       JANUS-seats is 'n nuwe futuristiese vliegtuig en lughawe sitplekkonsep wat 'n
       radikale wegbreek is van vorige sitplek-ontwerpe en Aviointeriors. Tans is daar
       geen mediese bewyse dat die sitplekkonsep passasiers van die COVID-19 virus
       beskerm nie. Van passasiers sal dit nog steeds verwag word om maskers te dra en
       die feit dat daar meer harde oppervlaktes is, impliseer dat daar meer areas is om
       te ontsmet.

       In hierdie ontwerp verander die rigting van die sitplekke sodat die een sitplek
       vorentoe wys en die sitplek langsaan agtertoe wys. Die sitplekke het 'n dubbel-S-
       vorm omvou-skermdop op kophoogte. Hierdie doppe is van deursigtige
       termoplastiek gemaak wat vuurbestand is. Die gebruik van deursigtige
       termoplastiek verseker dat passasiers nog steeds oogkontak met die vlug
       personeel en reisigers het.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                     14                                 DBE/2022
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

       Om te verseker dat die gangsitplekke vir gestremde passasiers, rolstoelgebruikers
       en mense met verminderde mobiliteit toeganglik is, gaan Aviointeriors 'n
       beskermde skild op die gangsitplek plaas wat kan opvou of skuif.
      Krediet moet gegee word vir enige ander geldige stellings.
       V5.1 VLAK      KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                  GEWIGS-    VRAE      PUNTE
                                                            TOEKENNING              (20)
       Laer order     Onthou, Herroep, Herken                   30%      5.1.1        2
                      Verstaan, Verduidelik, Beskryf                     5.1.2        4
       Middel order   Toepas, Implementeer, Organiseer         40%       5.1.1        2
                                                                         5.1.2        6
                      Analiseer, Vergelyk, Interpreteer
       Hoër order     Evalueer, Reflekteer                     30%       5.1.1        2
                      Sintetiseer, Regverdig                             5.1.2        4

5.2

5.2.1 (Ken 2 punte toe)
       Die beoefening van inheemse kunshandvlyt skep werk vir baie Afrika vrouens en
       laat moeders en oumas hul werk vanaf die huis doen waar hulle terselfdertyd na
       jong kinders kan kyk en sodoende hul sekuriteit verseker. Die beoefening van
       tradisionele kunshandvlyt help om kulturele identiteit te skep, bevestig en te
       bevorder. Dit kan die sosiale status van die skepper verhoog en haar/hom mag
       in 'n landelike gemeenskap gee. Dit hou ook die kunshandvlyt lewendig vir
       toekomstige generasies.
5.2.2 (Ken 8 punte toe)
       Die materiaal, metodes en prosesse wat gebruik is om die tradisionele
       kunshandvlyt te skep
       Tradisionele vesels wat in mandjiewerk gebruik is, weerspieël die plaaslike
       omgewing. Hulle sluit Ilala palm, sisal blare en vesels, raffia (Afrika bamboes),
       veselagtige boom en plantwortels soos makenge, rankplante, blare (piesang en
       waaierpalmbome), riet, bashout en papirus in. Twee tipes wortelagtige vesels is
       gewoonlik gebruik om 'n spiraalmandjie te maak; een vir die binneste rol en een vir
       die toemaak van die rolle. Byvoorbeeld, in Uganda en Rwanda, is geweefde
       mandjies van raffia of papirus toegedraai en vasgewerk rondom 'n rol
       piesangblaarstamme. In die algemeen, is die kern rol van gras gemaak.
       Wanneer 'n ekstra sterk mandjie benodig word, kan die ontwerp leer of stroke van
       bas insluit wat geweef word of aan die mure of basis gestik is. Mandjies het
       soms dekoratiewe rante wat van skulpe, krale of sade gemaak is. Om mandjies
       waterdig te maak, is klei of modder of harpuis en vet op die interieur en eksterieur
       gesmeer.
       Om verskillende kleure te skep, is kleurstowwe van natuurlike bronne soos wortels,
       boombas, vrugte en bessies, blare, klei, mis of verskillende kombinasies van dié
       bogenoemde gebruik. Patrone kan in die vorm van dekoratiewe bande of
       geometriese fatsoene, ruitvorms, driehoeke, diamante, sterre of blomfatsoene,
       sigsaglyne, draaie of dambordmotiewe wees.
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   15                                    DBE/2022
                                 SS/NSS – Nasienriglyne

       Patrone en die gebruik van verskillende kontrasterende kleure van die vesel
       beklemtoon die mooiheid van die mandjies. Wanneer die vesels van die
       mandjies in hul natuurlik toestand gelos is, skep hulle interessante teksturele
       effekte. Voordat die werklike weefwerk kan begin, moet die vesel voorberei
       word. Veral as dit gekleur is en buigbaar gemaak moet word. Byvoorbeeld,
       benodig sisalvesel om deur die hand gestroop, skoongemaak en gespin te word; 'n
       lang proses wat tot 16 ure vir 'n medium grootte mandjie kan neem.
       Weeftegnieke sluit oprol, vleg, kruisweef of dambord in.

       Die sosiale waarde en funksie van die kunsvlyt in sy tradisionele konteks
       Mandjieweef speel 'n belangrike sosiale, spirituele of funksionele rol in Afrika
       gemeenskappe. Histories, is mandjies vir landboukundige praktyke gebruik,
       byvoorbeeld vir die sif van graan, versamel en dra van oeste, sowel as die dra van
       produkte na die markte. Ander funksies sluit in, om as 'n houer te dien en in te
       stoor, die bediening van kos en drankies en om bier te filtreer gedurende die
       maakproses. Wanneer 'n mandjie belangrik is, word die ontwerp ook meer
       kompleks en gereeld met 'n trapdeksel versier of met leer of boombas versterk om
       te verseker dat dit lank vir toekomstige gebruik behoue sal bly.

       Die grootte, vorm, funksie en dekoratiewe kenmerke van die mandjie bepaal die
       spesifieke gebruik. 'n Mandjie kan rond, ovaal, vierkantig of kegelagtig of soms self
       met afskortings ontwerp word. Dit kan of 'n oop bak of 'n skinkbord wees en 'n
       voet, deksel of 'n handvatsel bevat.

       'n Kort bespreking van EEN voorbeeld, sowel as die naam van die inheemse
       kulturele gemeenskap
       Die IMBENGE is 'n klein, pieringvormbak wat tradisioneel met Ilala palm en gras
       vesels geweef word. 'n Moderne weergawe is deur mans van telefoondraad
       geweef wat lei tot 'n helder kaleidoskoop van kleur en patroon en dit is hoogs
       versamelbaar. Die imbenge is as 'n bedieningsbord vir gedroogde voedsel
       gebruik, en ook as 'n deksel vir die klei bierpotte. Wanneer dit nie gebruik word
       nie, word dit op die muur van die hut as deel van die versiering gehang. Die
       patrone op die imbenge is dikwels geometries in karakter.

      Krediet moet gegee word vir enige ander geldige stellings.

5.2.3 (Ken 10 punte toe)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                     16                                        DBE/2022
                                   SS/NSS – Nasienriglyne
       Noem die onwerper/ontwerpgroep en EEN ontwerpproduk:
       Bisate Kontemporêre Rwanda Eco-Lodge ontwerp deur Nicholas Plewman
       Argitekte (Atelier 55), 2018.
       Doelstellings van die ontwerper/ontwerpgroep
       Die argitek wou 'n eko-lodge skep wat met die helling van die verweerde
       vulkaniese kegelvorm wat oor die Bisoke Vulkaan uitkyk, saamsmelt. Die woord
       „bisate‟ beteken „stukkies‟ in Kinyarwanda en was gekies om te weerspieël hoe die
       vulkaniese kegelvormig waarin die eko-lodge geplaas is op 'n tydperk heel was,
       maar is nou verweer deur natuurlike erosie. Die ontwikkelaars en argitekte wou
       'n minimale impak op die omgewing gedurende die bou van die eko-lodge,
       verseker. Die hoofdoelstelling van die argitekte is om die beginsels van
       volhoubare ekotoerisme te ondersteun omdat Bisate langsaan Rwanda se
       Vulkaniese Nasionale Park is; bekend vir sy bedreigde gorillas en 'n hoof toeriste-
       aantreklikheid.
       Invloede op die ontwerper/ontwerpgroep
       Hierdie argitektoniese ontwerp is beïnvloed deur byekorf gevormde
       grasdakstrukture van die King‟s Palace by Nyanza, huisvesting van Rwanda se
       laaste konings en nou 'n belangrike kulturele en toeriste plek vir die land. Vir die
       konstruksie van die gebou, kan beide die invloed van tradisionele Rwanda
       boutegnieke en materiaal en die invloed van Modernistiese materiaal gesien
       word. Die gebou is 'n eklektiese mengsel van beton, staal, hout, sintetiese
       dekriet, vulkaniese rots, bamboes, riet en papirus. Verwysings na Imigongo kuns,
       in sterk swart en wit panele, beklemtoon met 'n diep rooi, is 'n ander kenmerk.
       Hierdie grafiese kunsvorm is terugverwysend na die 19de eeu se koninklikes wie
       dit gebruik het om hul mure te versier.
       Analiseer hoe die kontemporêre ontwerpproduk inheemse kunsvlyttegnieke
       aanpas en versterk
       Beide die eksterieur en interieur is 'n feesviering van die verlede en die hede van
       Rwanda se inheemse kunsvlyttegnieke en ryk kulturele erfenis. Vir die interieur,
       het Teta Isibo plaaslike gemaakte interieur dekorprodukte gesoek, sowel as
       meubels wat Rwanda ontwerp reflekteer. Die maatskappy was gretig om
       inspirasie van alledaagse Rwanda leef elemente te trek, dit is gesien in die insluit
       van beesvelle wat die lewenswyse van die plaaslike dorp se mense
       verteenwoordig en 'n melk beker motief genoem Ibyansi, wat op verskeie objekte
       gebruik is. Die insluiting van kunsvlyttegnieke en kontemporêre avant-garde
       ontwerpe skep 'n sjiek, eklektiese eko-lodge, sonder om volhoubare of
       sosiokulturele belangrikheid op te offer.
       Krediet moet gegee word vir enige ander geldige stellings.

       GEEN punte mag toegeken word vir die herhaling van ontwerper(s) en hul
       werk wat in die vraestel gebruik is nie.
             V.5.2       KOGNITIEWE VAARDIGHEDE               GEWIGS-       VRAE          PUNTE
             VLAK                                           TOEKENNING                     (20)
         Laer Orde     Onthou, Herroep, Herken                 30%           5.2.1          2
                       Verstaan, Verduidelik, Beskryf                    5.2.2 + 5.2.3     2+2
        Middel Orde    Toepas, Implementeer, Organiseer        40%           5.2.1          2
                                                                         5.2.2 + 5.2.3     3+3
                       Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                 5.2.2 + 5.2.3     2+2
         Hoër Orde     Evalueer, Reflekteer                    30%       5.2.2 + 5.2.3     1+1
                       Sintetiseer, Regverdig

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  17                                  DBE/2022
                                SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 6 [20 punte]

6.1

      6.1.1 (Ken 4 punte toe)
            Nike Space Hippie 4 footwear bestaan uit 85-90% herwinbare afval en is
            geheel en al van afvalmateriaal van die fabriekvloer gemaak; insluitend
            plastiek bottels, T-hemde, en post-industriële skrap. Dit impliseer dat
            omtrent geen energie (bv. vervoer, masjiene, elektrisiteit) gebruik is om die
            materiaal vir die skoene te produseer nie. Omdat die grootte van 'n
            koolstofvoetspoor afhanklik is van energie wat verbruik word, sal die
            koolstofvoetspoor baie min wees.. Hierdie weerspieël die „zero koolstof‟
            doelstelling van die maatskappy.

             Omdat die skoen van afval vanaf die fabrieksvloer gemaak is, gooi hulle
             geen afval in die omgewing weg nie wat ook hul beweging na „zero afval‟,
             reflekteer. Die klaargemaakte liggewig-sool is 'n kombinasie van herwinde
             Zoomx Foam, Crater Foam en gemaalde rubber. Die kombinasie van
             hierdie afval materiaal skep die karakteristieke/tipiese gespikkelde
             voorkoms. Nike het besluit om weg te beweeg van die dubbel skoendoos
             om eerder 'n enkel doos te maak van 90% herwinde materiaal om 'n zero
             koolstofvoetspoor en zero afval, te behaal.

      6.1.2 (Ken 2 punte toe)
            Plastiese sakke, strooitjies, kleefplastiek, visnette, nylonvislyn is nie
            bioafbreekbaar nie en neem honderde jare om af te breek. Meeste van
            hierdie materiaal beland op vullishope en in die see. Onskuldige land- en
            seediere eet plastiek of raak verstrengel in plastieksakke, nette of
            nylonvislyne. Hierdie diere ly ontsettend of versmoor. Plastiek
            greintjies/deeltjies kan tot in ons water en kos lek. Onlangs het
            wetenskaplikes plastiek deeltjies in die ysberge van die Noordpool gevind.

6.2   Ken 14 punte in totaal toe, 7 punte per gevallestudie studie.
      Ken 1 punt vir die naam van die ontwerper en die naam van die ontwerp
      produk toe

       PLAASLIKE OMGEWINGS ONTWERP:
       Die Aquatecture panel deur Shaakira Jassat, stigter van Studio Sway
       Nederland), 2019.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  18                                    DBE/2022
                                SS/NSS – Nasienriglyne

        Doelstellings en/of invloede:
        Na waarneming van die droogte omstandighede in Kaapstad en Pretoria en in
        lewe van vrees vir Dag Zero - die dag wanneer krane sal droogloop, is Shaakira
        Jassat, stigter van Studio Sway, geïnspireer om 'n oplossing vir stedelike areas te
        skep. Aquatecture is 'n reën opvangpaneel bedoel vir die stad met beperkte
        ruimte vir JoJo reënwatertenke.
        Haar reën opvangpanele is vir stadsontwikkeling bedoel en laat toe dat mense in
        droogtegeteisterde stede hul eie water opvang. Haar ontwerp sal stadsinwoners
        toelaat om hul eie behoeftes te onderhou deur reënwater in die gebou se
        gryswatersisteem te laat vloei, waar dit herwin kan word saam met die vuil water
        van wasbakke, wasmasjiene en ander toestelle.
        Beskryf en analiseer jou bogenoemde ontwerp en gee 'n verduideliking van
        hoe dit volhoubare/omgewingskwessies aanspreek:
        Ontwerper Shaakira Jassat het 'n reën opvanger geskep wat slank genoeg is om
        op die buitekant van geboue in digte stadsomgewings te pas. Die Aquatecture
        paneel is ontwerp om reënwater op te vang terwyl dit oor die openings in die
        strukture drup voordat dit in die gebou se gryswatersisteem gepomp word. Terwyl
        die primêre doel van die panele is om reënwater op te vang, kan die Aquatecture
        paneel, as dit gekoepel is aan ander toestelle, ook potensieel water van die
        atmosfeer deur kondensasie trek. Die panele is van vlekvryestaal gemaak,
        gekies vir duursaamheid en roesweerstandigheid. Hulle is met gaatjies
        geperforeer wat uit slank, geronde tregtervorme, bestaan.
        Aquatecture reën opvangpanele sal by die Granger Bay parkeergarage oor die
        volgende twee jaar getoets word, en al die water wat versamel is sal deur die
        Oranjezicht City Farm Market gebruik word. Die V&A Waterfront sal een van die
        eerste maatskappye in Suid-Afrika wees om dié hoogs innoverende nuwe ontwerp
        in reënwateropvangtegnologie te toets. die panele wat gemaak is van
        aluminium, bied weerstand teen verwering en kan op die eksterieur van geboue
        geïnstalleer word, of hulle kan gebruik word as vrystaande eenhede in areas met
        meer oop ruimtes. “Die besparing van water is nou ‟n geïntegreerde deel van
        elke ontwikkeling en ons algehele volhoubaarheidsprogram. Aquatecture panele
        is nie net reënwateropvangers nie, maar ook kompak en visueel aantreklik en sal
        daarom effektief in meeste stadsargitektuur integreer.”
        EEN INTERNASIONALE ONTWERPER/ONTWERPGROEP

       Naam van die ontwerper/ontwerpgroep/maatskappy en EEN ontwerpproduk:
       ‘SUNplace solar cooking table‟ deur Francesca Lanzavecchia en Hunn Wai (Italië),
       2015.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                     19                                      DBE/2022
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

       Doelstellings en/of invloede:
       SUNplace table poog om energie te bespaar deurdat dit jou toelaat om met
       versterkte sonlig op 'n yster oppervlak te kook. Die ontwerpkonsep van die solar
       cooking table is om mense sosiaal saam te bring rondom 'n tafel om saam te kook.
       Dit is 'n goeie manier om te sosialiseer, vermaak en partytjie te hou. Die
       Italiaanse ontwerper Francesca Lanzavecchia en Hunn Wai van Singapore wil hê
       die SUNplace stel moet as 'n kruising tussen 'n braai en teppanyaki funksioneer –
       'n tipe plat rooster wat in die Japannese kookkuns gebruik word. Oosterse
       kookmetodes soos Chinese „hot pots‟, en Koreaanse braai beïnvloed ook hierdie
       ontwerp. Die verskaffing van beskermde handskoene, brille, voorskote en
       verlengde braaigereedskap verseker dat jong kinders kan deelneem sonder om te
       brand. Die SUNplace solar cooking table is geskik vir die kieskeurige kliënt, wat
       'n unieke, stylvolle en anderste buitelig en binnehuise sosiale ondervinding soek.
       'n Analise van die ontwerp en 'n verduideliking oor hoe dit die omgewings-
       kwessie aanspreek.
       Hierdie innoverende groen rooster is bedoel vir die hele familie of vir 'n groep
       vriende wie almal saam in die kook ervaring wil deelneem. Hierdie kookmetode
       het geen impak op die omgewing nie. Die braaigereedskap is ook sonkrag-
       aangedrewe en verander sonstrale na energie toe. Die ontwerp van hierdie
       braaigereedskap is geometries, elegant en eenvoudig. Die blad van die tafel en
       stoele is van 'n natuurlike soliede eikehout gemaak en die driehoekige basis van
       die tafel en stoele wat boontoe kleiner word, is afgewerk in 'n poeierbedekte staal
       wat bydra tot die algemene luukse en elegante styl.
       Die basis van die tafel en stoele herhaal die gietyster kleurskema om 'n ontwerp te
       skep wat verenig is. Die verwyderbare roosterplaat lê in die oppervlak, wat die
       posisie van die lens met 'n metaal stam ondersteun. Gemaak van liggewig
       volhoubare en omgewingsvriendelike aluminium, kan die braai binne of buite
       gebruik word. Die SUNplace table is maklik om te gebruik en skoon te maak wat
       minimale onderhoudkostes verseker.

       Daar is 'n verskeidenheid gesondheidsvoordele, bv., geen rook inhaling nie,
       minder vet wat in die kookproses gebruik word, ens.

       Krediet moet vir enige ander geldige stellings gegee word.

              V.6        KOGNITIEWE VAARDIGHEDE               GEWIGS-      VRAE        PUNTE
             VLAK                                           TOEKENNING                  (20)

                       Onthou, Herroep, Herken                 30%          6.1.1        1
         Laer Orde     Verstaan, Verduidelik, Beskryf                    6.1.2 + 6.2    1+4
                       Toepas, Implementeer, Organiseer        40%          6.1.1        1
        Middel Orde
                                                                         6.1.2 + 6.2    1+6
                       Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                   6.1.1 +      2+1
         Hoër Orde     Evalueer, Reflekteer                    30%           6.2         2
                       Sintetiseer, Regverdig                                6.2         2

                                                                TOTAAL AFDELING C: 40
                                                                    GROOTTOTAAL: 100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Design P1 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2022-afr/527858aa-d9c3-4069-9925-a420150856ca) — Design · QP · 2022 · Afr
- [Design P1 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2022-eng/b8bde750-cacc-4b1f-97d5-2741b83f3233) — Design · QP · 2022 · Eng
- [Design P1 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2018-memo-eng/5a423c49-54d7-4176-bf99-5fc43153c434) — Design · Memo · 2018 · Eng
- [Design P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2018-memo-afr/6a172732-7328-4649-b8c5-6e279c606f73) — Design · Memo · 2018 · Afr
- [Design P1 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2022-afr/f4b04710-a518-4d37-b4e3-b62c91ba14e8) — Design · QP · 2022 · Afr
- [Design P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2022-eng/f5663ba3-20ca-4908-90ff-7176c3f593fc) — Design · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-afr/e35d300a-db4f-4a06-ba8a-6f659dbd37ad) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/3f14a710-b913-44a8-ade1-31e4d395f557) — QP · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/47ba80e3-12dd-4fd4-8302-34e3b97a6b9a) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-eng/3f0bd4c5-8226-45ef-87fa-5c9996cba696) — QP · 2024 · Eng
- [Design P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-afr/6958913b-f502-40d3-8387-1f0a78a3ed25) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
