# Design Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 Design Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2023-afr/9c7d1a75-a2c5-4801-8176-43ad428bcc49
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2023-afr/9c7d1a75-a2c5-4801-8176-43ad428bcc49)

## About this document

Design · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                     ONTWERP V1

                                        (TEORIE)

                                           2023

                                                                         PUNTE: 100

                                                                           TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
                     Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   2                                    DBE/2023
                                          SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

2.       Daar is drie keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur.

3.       Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

         AFDELING A:      Ontwerpgeletterdheid (30 punte)
                          VRAAG 1 tot 3

         AFDELING B:      Ontwerpgeskiedenis (30 punte)
                          VRAAG 4

         AFDELING C:      Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubare
                          konteks (40 punte)
                          VRAAG 5 en 6

4.       Lees die vereistes van elke vraag aandagtig deur.

5.       Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite. MOENIE in tabelvorm
         beantwoord NIE.

6.       Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag
         moet bestee.

7.       MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
  Ontwerp/V1                                   3                                   DBE/2023
                                            SS/NSS

AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID

VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE

Beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.

1.1

                       FIGUUR A: Black Star-filmfeesplakkaat ontwerp deur
                                  Andrea Pippins (VSA), 2016.

      1.1.1 Analiseer die gebruik van die volgende elemente en beginsels in FIGUUR A
            hierbo:

                  Balans
                  Kleur
                  Fatsoen
                  Beweging                                                          (4 x 2)     (8)

      1.1.2    Definieer die term eklekties kortliks deur na FIGUUR A te verwys om jou
               antwoord te ondersteun.                                                            (2)
                                                                                                 [10]

                                            OF

  Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
  Ontwerp/V1                                 4                                DBE/2023
                                          SS/NSS

1.2

                       FIGUUR B: Banami-voorvader-opdienkabinet deur
                              Sifiso Shange (Suid-Afrika), 2020.

      Analiseer die gebruik van die volgende met betrekking tot die opdienkabinet in
      FIGUUR B hierbo:

         Lyn
         Kleur
         Vorm
         Balans
         Inspirasie                                                           (5 x 2)      (10)
                                                                                            [10]

  Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  5                                  DBE/2023
                                         SS/NSS

VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP

2.1

                                                                             'Toemaar,
                                                                             liefling, jy het
                                                                             nie die bier
                                                                             verbrand
                                                                             nie.'

                            FIGUUR C: Schlitz-bieradvertensie,
                           ontwerper onbekend (Amerika), 1950's.

         Bespreek die gebruik van geslagstereotipering en vooroordeel in die plakkaat
         in FIGUUR C hierbo.                                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                     6                                DBE/2023
                                            SS/NSS

2.2

                 FIGUUR D: Saffier-bloukristal-      FIGUUR E: Die Afrika-houtkam,
                 bruidshaarkam deur Swarovski          ontwerper onbekend (Kongo),
                       (Oekraïne), 2009.                       ongedateer.

             Skryf 'n paragraaf deur die haarkamme in FIGUUR D en FIGUUR E te
             vergelyk met verwysing na die volgende:

                  Funksie
                  Materiaal
                  Vorm                                                         (3 x 2)       (6)
                                                                                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                7                                 DBE/2023
                                       SS/NSS

VRAAG 3: ARGITEKTUUR

Beantwoord VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2 ÓF VRAAG 3.3.

3.1

               FIGUUR F: Tempel van Hephaestus deur Ictinus (Griekeland), 450 VHJ.

                 FIGUUR G: Chamber Church deur Büro Ziyu Zhuang (China), 2022.
Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    8                             DBE/2023
                                           SS/NSS

         Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die Antieke Romeinse
         Tempel in FIGUUR F met die kontemporêre kerk in FIGUUR G vergelyk.

         Verwys na die volgende in jou opstel:

             Funksie
             Invloede/Inspirasie
             Konstruksie/Tegnologie
             Versiering
             Uitleg                                                        (5 x 2)       [10]

                                                 OF

3.2      Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke
         gebou/struktuur met enige kontemporêre gebou/struktuur, wat jy bestudeer
         het, vergelyk.

         Verwys na die volgende in jou opstel:

             Funksie
             Invloede/Inspirasie
             Konstruksie/Tegnologie
             Materiaal
             Belangrikheid van die terrein/ligging                         (5 x 2)       [10]

                                                 OF

         Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke
3.3      gebou/struktuur met enige Inheemse Kennisstelsel (IKS)-gebou/-struktuur,
         wat jy bestudeer het, vergelyk.

         Verwys na die volgende in jou opstel:

             Funksie
             Invloede/Inspirasie
             Konstruksie/Tegnologie
             Materiaal
             Belangrikheid van die terrein/ligging                         (5 x 2)       [10]

                                                          TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  9                                   DBE/2023
                                         SS/NSS

AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS

VRAAG 4

4.1
                 Betekenisvolle ontwerpe gee ons 'n gevoel
                           van ons tyd en plek.

        Kies enige TWEE van die ontwerpbewegings/-style uit die lys hieronder en
        skryf TWEE aparte opstelle (EEN bladsy elk) waarin jy verduidelik hoe ELKE
        beweging se ontwerpe 'n gevoel van tuishoort by 'n tyd en plek skep.

        In jou opstelle, verwys na die doelwitte, invloede en eienskappe van ELKE
        gekose beweging om jou stellings te ondersteun. Sluit ook 'n bespreking in van
        EEN ontwerper en sy/haar ontwerp wat na die stelling hierbo verwys.

            Kuns en Kunsvlyt
            Art Deco
            De Stijl
            Modernisme
            Pop
            Skandinawies
            Postmodernisme
            Dekonstruktivisme                                                                (20)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 10                                   DBE/2023
                                         SS/NSS

4.2

              FIGUUR H: Art Nouveau-illustrasie vir Thomas Malory se roman,
                 Le Morte d'Arthur deur Aubrey Beardsley (Engeland), 1893.

                FIGUUR I: Bauhaus-styl-illustrasie deur Vesa Sammalisto vir
                        Dezeen aanlyn tydskrif (Denemarke), 2018.

        Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die illustrasies in FIGUUR H
        en FIGUUR I hierbo vergelyk. Verduidelik hoekom hulle tipies is van die
        ontwerpbewegings wat hulle verteenwoordig.

        Verwys na die volgende in jou opstel:

            Doelstellings
            Invloede
            Balans
            Lyn
            Ornamentasie                                                       (5 x 2)       (10)

                                                              TOTAAL AFDELING B:              30
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                     11                                 DBE/2023
                                             SS/NSS

AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE
            KONTEKS

VRAAG 5

Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.

5.1
                         'N ONTWERPER WAT 'N PROTOTIPE VIR INKLUSIWITEIT NAGAAN
                                   (TAFEL VERSTEL MET DIE DRUK VAN 'N KNOPPIE)

             NAGEGAAN VIR WERK             NAGEGAAN VIR WERK           NAGEGAAN VIR
              TERWYL STAANDE                TERWYL SITTENDE           ROLSTOELGEBRUIK
                FIGUUR J: Inklusiewe Ontwerpprototipe deur V Ryan (VSA), 2017.

        5.1.1        Bespreek die term inklusiewe ontwerp deur na FIGUUR J hierbo te
                     verwys.                                                                    (2)

        5.1.2        Bespreek enige TWEE ander voorbeelde van inklusiewe ontwerp
                     waarvan jy bewus is.                                                       (2)

        5.1.3        Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy die
                     werk van EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse ontwerper/ontwerpgroep
                     EN EEN kontemporêre internasionale ontwerper/ontwerpgroep wat
                     sosiokulturele kwessies in hulle werk aanraak, bespreek.

                     Verwys na die volgende in jou opstel:

                        Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN ontwerp wat
                         sosiokulturele kwessies aanpak
                        Doelwitte, materiaal en tegnieke wat in die ontwerp gebruik word
                        Bespreking van hoe die werk sosiokulturele kwessies aanpak

                     Jy mag NIE na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy voorheen
                     bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel gebruik is,
                     verwys NIE.                                                  (8 x 2)       (16)
                                                                                                [20]

                                                 OF
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 Ontwerp/V1                                     12                                  DBE/2023
                                              SS/NSS

5.2      5.2.1        Bespreek EEN tradisionele inheemse kunshandwerk wat jy hierdie jaar
                      bestudeer het.

                      Verwys na die volgende in jou bespreking (ten minste EEN bladsy):

                         Naam van EEN tradisionele inheemse kunshandwerk/inheemse
                          kulturele gemeenskap wat die tradisionele kunshandwerk
                          vervaardig het
                         Die materiaal, metodes en prosesse wat gebruik is om dié
                          tradisionele kunshandwerk te skep
                         Die sosiale waarde en funksie van die kunshandwerk in die
                          tradisionele konteks daarvan                                            (10)

         5.2.2        Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die werk
                      bespreek van EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse/Afrika-ontwerper/
                      -ontwerpgroep wie se ontwerpe geïnspireer word deur die gebruik van
                      enige van die tradisionele Suid-Afrikaanse/Afrika-tegnieke en/of
                      materiaal.

                      Verwys na die volgende in jou opstel:

                         Naam van ontwerper/groep en EEN ontwerp wat geproduseer is
                         'n Gedetailleerde beskrywing van hoe die ontwerper/ontwerpgroep
                          tradisionele tegnieke op kontemporêre ontwerpe toepas en
                          aanpas. Verwys na jou gekose ontwerp om jou stellings te
                          ondersteun.
                         Bespreek die sosiokulturele bydrae van die ontwerp.

                      Jy mag NIE na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy voorheen
                      bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel gebruik is,
                      verwys NIE.                                                                 (10)
                                                                                                  [20]

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 Ontwerp/V1                                 13                                  DBE/2023
                                          SS/NSS

VRAAG 6

6.1

           FIGUUR K: Ultraluukse toringgebou-hotel in Singapoer met organiese,
             kroonblaarvormige balkonne deur Heatherwick Studio (Londen), 2021.

                                   Binne- en buiteaansigte
       Die interieur en eksterieur van die gebou se ontwerp in FIGUUR K werk na 'n
       'groener visie' vir die toekoms wat tot voordeel van die mensdom is.

       Verwys na die ontwerp in FIGUUR K en verduidelik die stelling hierbo.                  (4)

 Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 14                                 DBE/2023
                                         SS/NSS

6.2      Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy die
         werk bespreek van EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse EN EEN
         kontemporêre internasionale ontwerper/ontwerpgroep wie se ontwerpe die
         koolstofvoetspoor deur die gebruik van volhoubare/omgewingsgesinde
         ontwerppraktyke verminder.

         Verwys na die volgende in jou opstelle:

             Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN van sy/haar ontwerpe
             Materiaal en tegnieke
             Funksie
             'n Analise van die ontwerp en verduidelik hoe dit die koolstofvoetspoor
              verminder om 'n 'groener visie' te bereik

         Jy mag NIE na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy voorheen bespreek
         het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel gebruik is, verwys NIE.        (16)
                                                                                         [20]

                                                             TOTAAL AFDELING C:           40
                                                                 GROOTTOTAAL:            100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Design P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2023-eng/57419a61-fb49-40b2-9cc2-0779cf909a9b) — Design · QP · 2023 · Eng
- [Design P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2023-eng/fdde8c17-946d-47b9-bfbd-a996fafd5960) — Design · QP · 2023 · Eng
- [Design P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2023-afr/eb4ef5b7-7053-481b-9255-91c39f863445) — Design · QP · 2023 · Afr
- [Design P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/48ce0fb6-150b-444b-9541-ff8e6a549ca2) — Design · QP · 2024 · Afr
- [Design P1 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2022-afr/527858aa-d9c3-4069-9925-a420150856ca) — Design · QP · 2022 · Afr
- [Design P1 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2022-eng/b8bde750-cacc-4b1f-97d5-2741b83f3233) — Design · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-mg-afr/ccc80683-987a-4611-994f-f9eff5587a50) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/79defddf-f99d-45c8-840b-73877abd8f11) — Memo · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/a85d8220-5a26-4f17-990e-081cb336014f) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2024-eng/e3c099fa-b074-4932-aa7e-cbc7e78a1e3e) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
