# Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2023-mg-afr/fc3b7249-f893-46c2-88b4-8ae5d14c3b08
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2023-mg-afr/fc3b7249-f893-46c2-88b4-8ae5d14c3b08)

## About this document

Design · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                        ONTWERP

                                         (TEORIE)

                                           2023

                                    NASIENRIGLYNE

                                                                       PUNTE: 100

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 22 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   2                                    DBE/2023
                                SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID
VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE [10 punte]
BEANTWOORD OF VRAAG 1.1 OF VRAAG 1.2.
1.1 (Ken 'n maksimum van 2 punte per kolpunt/aspek vir 'n totaal van 8 punte.)

1.1.1 Die plakkaat ontwerp is simmetries gebalanseer. Wanneer die plakkaat in die
      middel verdeel is reflekteer meeste van die fatsoene, versierings en kleure aan
      beide kante van die ontwerp. Alternatiewelik, kan die plakkaat as redelik
      asimmetries gesien word omdat 'n ekstra juweliersware ketting op die regterkant,
      onder die vrou se neus, bygevoeg is. Die fatsoene in die boonste linker en
      middelkant van die plakkaat is ook effens groter as dié aan die regterkant. 
      Die plakkaat maak dwarsdeur gebruik van 'n reeks koel kleure en sluit turkoois,
      poeierblou, dofgroen, wit en sterk swart cloisonnistiese lyne rondom al die fatsoene
      en versierings in.  Die polichromatiese kleure is in 'n plat, grafiesestyl aangewend
      wat tot die dekoratiewe kwaliteit van die ontwerp bydra.

      'n Verskeidenheid van gestileerde of vereenvoudigde fatsoene is gebruik. Die
      fatsoene is dekoratief, ornamenteel en ryklik versierd. Van die fatsoene is
      geometries en ander is organies. 'n Verskeidenheid van dekoratiewe fatsoene is
      gebruik om die gesig en liggaam van die vrou te skep. Die agtergrond is
      volgeprop met fatsoene wat 'n besige effek skep. Rondom die portret is 'n ligkrans
      gekurfde fatsoen geskep om fokus op die portret en titel van die plakkaat te plaas.
      Beweging is geskep deur die herhaling van kleure, dekoratiewe fatsoene en
      rigtingaanduidendelyne. Patrone is op 'n slim manier gebruik om die fokuspunt op
      die portret te vestig. In die boonste linker en regterkant van die plakkaat, lei
      geometriese, diamantagtige fatsoene jou aandag na die ligkransboog fatsoen en
      titel van die plakkaat. 'n Sigsagpatroon vorm 'n 'rand' en skep beweging rondom
      die portret. 'n Dowwe groen kleur is gebruik om die beweging 'te raam' en te stop
      en jou aandag terug na die fokusportret en titel te trek.
1.1.2 (Ken 2 punte toe.)
       Die term eklekties behels die leen van 'n verskeidenheid van bronne en dié te
       kombineer om innoverende ontwerpe te skep. Die patrone op die gesig herinner
       mens aan die patrone wat in tradisionele Afrika-gesigverf en Afrika-
       maskerhoutsnywerk gebruik is. Die plakkaat kon ook beïnvloed wees deur
       Oosterse juweliersware versiering soos gesien in die juweliersware ketting op haar
       neus.  Oosterse dekoratiewe hennapatrone kan ook 'n verwysing wees. 'n
       Verdere eklektiese verwysing kan ook Art Deco wees omdat die gestileerde
       diamant en sigsagfatsoene 'n mens aan Art Deco se patrone wat geïnspireer is
       deur Afrika of Asteek samelewings, herinner.

      Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                     3                                   DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

        V1.1 VLAK       KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                GEWIGS-    VRAE       PUNTE
                                                            TOEKENNING               (10)
        Laer Orde       Onthou, Herroep, Herken                 30%       1.1.1        2
                        Verstaan, Verduidelik, Beskryf                    1.1.1        1
        Middel Orde     Toepas, Implementeer,                  40%       1.1.1 +     3+1
                        Organiseer                                        1.1.2
        Hoër Orde       Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                 1.1.1        1
                        Evalueer, Reflekteer                   30%        1.1.1        1
                        Sintetiseer, Regverdig                            1.1.2        1
                                           OF
1.2 (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke kolpunt/aspek vir 'n totaal van 10 punte
     toe.)

    Die buitelyne rondom die opdienkabinet is eenvoudig en skoon wat dit 'n
    kontemporêre, masjienagtige gevoel gee. Die effens gekurfde hoeke versag die
    ontwerp. Die reguit hoekige lyne van die dekoratiewe patrone weerspieël die
    hoekige lyne van die pote en horingagtige kenmerke in die middel, om eenheid te
    skep. Die herhaling van hoekige lyne in die patroon stel beweging voor, wat tot die
    dinamiese kwaliteit van die opdienkabinet bydra.

    Die opdienkabinet self is amper heeltemal swart, 'n neutrale kleur, wat dit 'n kragtige
    en sterk impak gee. Die opdienkabinet word meer opvallend as gevolg van die
    gebruik van sterk, kontrasterende goue liniêre patrone. Die gesamentlike gebruik
    van goud en swart suggereer rykdom en luuksheid.

    Die vorm van die opdienkabinet is solied en blokagtig wat dit gewig en stabiliteit
    gee. Die dun, hoekige pote lig die opdienkabinet van die vloer af wat dit 'n elegante
    gevoel verleen.

    Die opdienkabinet is simmetries gebalanseer omdat die linkerkant 'n presiese
    weerspieëlende beeld van die regterkant is.  Hierdie simmetriese balans dra tot die
    gevoel van orde en beheer by en trek ook die oog na die middel toe.

    Die bonkigheid van die opdienkabinet is deur die raamwerk van 'n koei geïnspireer,
    'n heilige dier in Afrika mitologie. Die horingagtige kenmerk wat bo die middelste
    gedeelte van die opdienkabinet uitstaan, is ook deur die koei geïnspireer wat die
    ontwerp met Afrikakultuur en tradisies verbind. Die goud-geel chevrons, diamante
    en driehoeke herinner aan die graverings wat op die Ukhamba potte gemaak is
    (tradisionele kleipotte wat gebruik is om bier uit te drink). Die eenvoudige, skoon
    lyne van die opdienkabinet verwys ook na die invloed van 1970s se Skandinawiese
    ontwerp. Die skoon chevron patrone herinner mens aan Art Deco versierings.

    Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                     4                                     DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

        V1.2 VLAK      KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                GEWIGS-    VRAE          PUNTE
                                                           TOEKENNING                  (10)
        Laer Orde      Onthou, Herroep, Herken                 30%       1.2             2
                       Verstaan, Verduidelik, Beskryf                                    1
        Middel Orde    Toepas, Implementeer,                  40%        1.2             4
                       Organiseer
        Hoër Orde      Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                                 2
                       Evalueer, Reflekteer                   30%        1.2             1
                       Sintetiseer, Regverdig

KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP
VRAAG 2 [10 punte]
2.1 (Ken 'n maksimum van 2 punte per vereiste vir 'n totaal van 4 punte toe.)

       Die stereotiepe is dat vrouens aan hul mans onderdanig is. Die beeld is 'n vrou
       wat 'n voorskoot dra en 'n rokende pan in haar hand vashou wat vrouens
       stereotipeer as nie in staat om effektief te werk nie. Dit stel voor dat vrouens
       ongefokus is en dat hul kos brand terwyl hul vir hul mans kook. Die sakdoek stel
       voor dat die vrou huil en dat vrouens emosioneel is en oor eenvoudige dinge soos
       om kos te verbrand, sal huil.  Vooroordeel is duidelik in die advertensie met die
       man wat uitgebeeld word as die vergewingsgesinde en vertroostende man wat sê
       'darem het jy nie die bier gebrand nie'. Hierdie plakkaat was in die 1950s
       gemaak, wanneer dit van vrouens verwag was om huisvrouens te wees en die
       mans die broodwinners. Die man dra 'n besigheids-styl pak wat die stereotiepe
       uitbeeld dat ŉ man die voorsiener of die geleerde professionele in die huishouding
       is.

      Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

2.2 ('n Maksimum van 2 punte vir elke kolpunt/aspek vir 'n totaal van 6 punte)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                     5                                     DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

      Funksie
      Die haarkamme is vir verskillende haarteksture geskep. FIGUUR D dien 'n
      dekoratiewe funksie wat gereeld gebruik is om haarstyle te versier en dit in styl te
      hou, in vergelyking met FIGUUR E wat gereeld verwys word na 'n Afropluk en
      gebruik word om afrohare te kam en of te styl.

      Materiaal
      FIGUUR D is van mensgemaakte plastiek materiaal gemaak en met wit en blou
      diamante versier  wat dit 'n blink, glansende 'glitzy' gevoel gee, terwyl FIGUUR E
      meer aards is omdat dit van hout gemaak is wat 'n natuurlike bioafbreekbare
      materiaal is.

      Vorm
      Die vorm van die dekoratiewe gedeelte van FIGUUR D is kromlynig, organies en
      vol beweging. Dit is ook ingewikkeld, delikaat en kompleks  in vergelyking met
      die vorm van FIGUUR E wat solied, eenvoudig en stabiel, maar ook kromlynig in
      voorkoms is.
      Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
      NEEM KENNIS: 'n Maksimum van SLEGS 2 punte mag toegeken word vir 'n
      tabelvorm vergelykende antwoord. 'n Maksimum van 4 punte mag toegeken
      word waar kandidate twee aparte vergelykings aanbied. Gebruik die
      kognitiewe tabel as 'n riglyn vir jou puntetoekenning.

        V2 VLAK        KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                GEWIGS-    VRAE          PUNTE
                                                           TOEKENNING                  (10)
        Laer Orde      Onthou, Herroep, Herken                 30%       2.1             1
                       Verstaan, Verduidelik, Beskryf                    2.2             2
        Middel Orde    Toepas, Implementeer,                  40%        2.1             2
                       Organiseer                                        2.2             2
        Hoër Orde      Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                 2.1             1
                       Evalueer, Reflekteer                   30%
                       Sintetiseer, Regverdig                            2.2             2

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   6                                   DBE/2023
                                SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3 [10 punte]
(Ken 10 punte toe.)

       (Ken ŉ maksimum van 2 punte vir elke kolpunt/aspek toe vir 'n totaal van 10
       punte.)

3.1    'n Vergelyking van die Tempel van Hephaestus met die kontemporêre
       Chamber Church
       Die funksie van die Romeinse tempel was om die kultusbeelde te huisves, nie die
       aanbidders nie. Beelde van Hephaestus, die mitologiese god van vuur en die
       beskermheergodin van Athene Athena, was gehuisves in die middel van die
       struktuur in die cella. In vergelyking, is die Chamber Church gebou om die
       gemeente te akkommodeer om 'n godsdienstige ervaring en 'n materialistiese
       gevoel te skep deur die aanbidders se ervaring van die ruimte. Die grotagtige
       ruimte gee aan die aanbidders die gevoel van vrede en skuiling. Dit verskaf ook 'n
       raamwerk vir die ritueel en heiligheid wat benodig word, daardeur veroorsaak dit 'n
       konneksie tussen die werklikheid en die spirituele dimensies.
       Die Tempel van Hephaestus, ontwerp deur Ictinus, is 'n goedversorgde Griekse
       tempel geïnspireer deur die Griekse mitologiese god van vuur, metaalwerk en
       vakmanskap. Die Griekse tempel is in 'n area gebou waar baie
       keramiekwerkswinkels en metaalwerkswinkels gevind is, dus word die rede
       waarom die Tempel aan dié god opgedra is, gemotiveer. Die Chamber Church in
       China, ontwerp deur Büro Ziyu Zhuang, is geïnspireer deur die behoefte om 'n
       moderne weergawe van 'n kerk te skep. Vertikale ribbes is gebruik om 'n suiwer
       vorm te skep wat die argetipe van 'n kerk, oproep. Die interieurontwerp van die
       Chamber Church is uit ŉ grot ontwikkel en die eksterieur is geïnspireer deur sy
       voorgangers m.a.w. Romeinse basilikas en Christelike kerke. Die grotagtige
       interieur vorm van die Chamber Church is geïnspireer deur die eerste grotte wat
       deur primitiewe mense vir beskerming teen die ongenaakbare elemente en
       gevaarlike diere, gebruik is. Hul omringende vorm is diep ingelê as 'n teken van
       veiligheid. Dié vroeë gevoel van sekuriteit binne in 'n grot het gelei tot die
       ontwikkeling daarvan tot ŉ heilige plek van ritueel, soos bv. die Lascaux grotte in
       Frankryk.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   7                                   DBE/2023
                                SS/NSS – Nasienriglyne

       Die Romeinse tempel van Hephaestus se konstruksie was van Pentelies en
       Pariese marmer. Die wit, semi-deursigtige Pariese marmer was vir die
       beeldhouwerk gebruik en die Penteliese marmer was meestal vir die konstruksie
       van die gebou gebruik. Die dakhelling is van houtbalke en teëls gemaak. Die
       kontemporêre Chamber Church is gekonstrueer uit 'n reeks van sestig aluminium-
       vinne, wat egalig langs die gebou se lengte geplaas is om die mure, dak en toring
       te skep. Hierdie staalportaal rame is met glasversterkte gips bedek.
       Op die oosterse front van die tempel van Hephaestus, is die pediment met 'n
       Pariese marmer vries versier wat die werke van Hercules en die geveg van
       Theseus, uitbeeld. Op die westelike pediment, beeld die vries die val van Troy
       uit. Oorspronklik, het die tempel die bronsbeelde van Athena en Hephaestus
       gehuisves. 'n Inskripsie teken die betalings, gemaak tussen 421-415 VHJ, vir die
       twee bronsbeelde aan, maar die beeldhouer word nie genoem nie. Tradisie ken die
       werke aan Alcamenes toe. Beide die voor-en-agterkant van die cella is met 'n
       aaneenlopende ikoniese vries, versier. Slegs 18 van die 68 metope van die
       tempel was beeldhouwerk, meestal van hulle is op die oosterse kant van die
       tempel geplaas; die res was heelwaarskynlik geverf. In kontras, het die Chamber
       Church min tot geen dekoratiewe elemente, nie omdat die argitek nie van
       ornamentasie gehou het nie, of daarteen gerebelleer het nie, maar om die
       interaksie of oorspronklike inspirasie en kontemporêre interpretasie duidelik te
       maak, asook die kern kwessies: goddelikheid en ritueel.
       Die uitleg van die Chamber Church is deur tradisionele Christelike kerk argitektuur
       beïnvloed en het soortgelyke elemente, soos die kloktoring met sy spitspunt,
       roosvenster, die basilika uitleg en die herhaling van die interieurpilare wat die
       gange skep. Soortgelyk, boots die uitleg van die Tempel van Hephaestus sy
       Antieke Griekse en Romeinse voorgangers se uitleg na. Die tempel het 'n
       verlengde as, 'n simmetriese uitleg, 'n trapvormige voetstuk en ritmiese spasiëring
       van kolomme wat die cella omring, wat na 'n basilika verwys.
                                                OF
3.2     Die leerder moet enige kontemporêre gebou met enige Klassieke gebou wat
       hul bestudeer het, volgens die gegewe kolpunte vergelyk. Ken 2 punte per
       kolpunt toe. Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
                                               OF

3.3   Vergelyking van 'n Klassieke gebou met 'n Inheemse Kennisstelsel (IKS)-
      gebou/-struktuur:
      Hierdie nasienriglyne verskaf 'n antwoord vir die volgende moontlike vergelyking:
      Die Venda woning word met die Romeinse Forum vergelyk:
      Die Venda woning en hul byekorfhutte se funksie was om vir die dorpbewoner en
      hul vee beskerming teen wilde diere, die elemente en vyande te verskaf. Dit het
      ook gefunksioneer as 'n bevestiging van hul identiteit. In kontras, is die forum 'n
      ruimte waar handelsaktiwiteite voorgekom het, mense vergader het en dit was 'n
      terrein vir triomfantlike optogte en verkiesings, publieke toesprake en
      swaardgevegte. Dit was ŉ nukleus van kommersiële besighede.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                     8                                        DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

      Die Venda is 'n inheemse groep van mense wie die noordelike grenslyn van Suid-
      Afrika se Limpopo Provinsie bewoon, en is laastens geassosieer met die Shona van
      Suidelike Zimbabwe. Geïnspireer deur hul pastorale manier van lewe en die
      natuurlike kurflyn landskap van Limpopo, het hul inheemse argitektuur oorspronklik
      uit 'n koepelgevormde rietdakwoning bestaan, wat rondom 'n sentrale kern, die
      beeskraal gerangskik is. Die Romeinse Forum was oorspronklik deur die uitleg
      van die Griekse stadsplein geïnspireer, maar het later tot 'n netjiese, meer
      georganiseerde uitleg ontwikkel. Soos die stad van Rome en die Romeinse Ryk
      uitgebrei het, het die behoefde aan 'n stadsplein ontstaan en het dit ook die uitleg
      van die Forum, beïnvloed.
      Die konstruksie van die Romeinse Forum was 'n manifestasie van hul
      ingenieurswese en tegnologiese vaardighede. Die forum, op 'n vlei area gebou het
      ŉ dreineringsisteem gebruik wat alle oortollige water na die nabygeleë Tiber Rivier
      vervoer het. Die Venda byekorf hutvorms maak van 'n weef/rietdak tegnologie
      gebruik. Die mure vorm deel van die dak, omdat hul 'n gemeenskaplike
      houtraamwerk deel.
      Hout word as materiaal deur die Venda mense gebruik. Die kegeldak, bestaan
      hoofsaaklik uit soliede Mopaniehout wat opgelig is vanaf 'n sentrale soliede
      dromvorm van Mopaniepilare wat in 'n sirkel van sowat 4-6 meters in omtrek,
      geplaas is. Rietdakgras was gebind in 'n aaneenlopende los 'romp' wat om die
      dakraam, vanaf die onderkant opwaarts, gedraai word. Die Romeinse ontdekking
      van beton het die Romeine toegelaat om indrukwekkende strukture soos die
      triomfantelike boë te bou, om hul mag uit te beeld. Die Romeinse geboue is beide
      kante van die hoofstraat van die Forum geplaas en was met marmer bedek en die
      straat was met travertyn blokke uitgelê.
      Die ligging van die Vendadorp is teen 'n heuwel, 'n terrein wat beskerming teen
      vyande verskaf omdat hul van ver af gesien kon word. 'n Opdraande aanval van
      vyande sal tot die Vendawoning se voordeel wees. Die Romeinse Forum was in 'n
      area geleë wat voorheen 'n mark was en sentraal geplaas is. Met die uitbreiding
      van die Romeinse Ryk het 'n behoefte vir 'n sentrale politiese en godsdienstige
      plein ontstaan.
      Krediet moet gegee word vir enige ander geldige stelling of vergelyking van 'n
      Klassieke en kontemporêre gebou of Klassieke en Inheemse Kennisstelsel
      (IKS)-gebou/struktuur wat die kandidaat bestudeer het.
      NEEM KENNIS: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir 'n
      tabelvorm vergelykende antwoord. 'n Maksimum van 6 punte mag toegeken
      word waar kandidate twee aparte opstelle skryf wat 'n substansiële
      vergelyking wys. Gebruik die kognitiewe tabel as 'n riglyn vir jou
      puntetoekenning.
        V3 VLAK        KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                GEWIGS-       VRAE         PUNTE
                                                           TOEKENNING                    (10)
        Laer Orde      Onthou, Herroep, Herken                 30%      3.1, 3.2, 3.3      1
                       Verstaan, Verduidelik, Beskryf                                      2
        Middel Orde    Toepas, Implementeer,                  40%       3.1, 3.2, 3.3      4
                       Organiseer
        Hoër Orde      Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                                   1
                       Evalueer, Reflekteer                   30%       3.1, 3.2, 3.3      2
                       Sintetiseer, Regverdig

                                                                    TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   9                                   DBE/2023
                                SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS
VRAAG 4 [30 punte]
4.1   (Ken 20 punte in totaal toe.)
      (Ken 10 punte vir elke beweging toe. Neem kennis dat SLEGS EEN punt
      toegeken kan word vir die naam van die ontwerper en produk van elke
      beweging. Maak gebruik van die kognitiewe vlakke as riglyne.)

      Hierdie nasienriglyne verskaf 'n antwoord vir die volgende twee moontlikhede:
      Skandinawiese ontwerp EN Dekonstruktivisme
      Kandidate mag enige twee bewegings kies solank hul die stellings staaf en na
      die aanhaling verwys.
      Skandinawiese ontwerp:
      Skandinawiese ontwerpers het in 'n na-oorlogse Europa ontwerpe geskep, in 'n
      tydperk toe Europa herbou moes word. Hulle doelstelling was om dit te bereik
      deur die skepping van lae koste, eenvoudige, funksionele ontwerpe wat massa
      geproduseer kon word en wat terselfdertyd esteties mooi was. Skandinawiese
      ontwerp bemark 'n 'Skandinawiese manier van lewe' en die Nordiese klem op genot
      van die huislike omgewing, het beteken dat baie nuwe ontwerpe vir die plek,
      genoem huis, gemaak is.
      Skandinawiese ontwerp se gebruik van masjien-eeu aspekte is tipies van sy tyd en
      plek. Hul beklemtoning en gebruik van eenvoud en gladde, onversierde
      oppervlaktes en skoon lyne toon duidelik die invloed van Modernisme en die
      masjien-eeu. Hul Nordiese 'plek' of klimaat met sy lang winter en min ure van
      sonlig het hul geïnspireer om helder, lig en praktiese omgewings met skoon lyne te
      skep. Skandinawiese ontwerp is ook beïnvloed deur die sosiale filosofieë van die
      tyd en die idee van ŉ demokratiese samelewing waar alles vir almal beskikbaar
      is.

      Eienskap van Skandinawiese ontwerpe is hul kombinasie van modernistiese,
      masjienagtige skoon lyne en eenvoudige geometriese fatsoene met natuur
      geïnspireerde, elegante biomorfiese fatsoene, lyne en teksture. Keramiek en
      tekstiele is met gestileerde ontwerpe van blomme, plante, voëls en diere versier wat
      tipies is van die volkskuns van die Nordiese 'plek'. Sommige produkte
      beklemtoon natuurlike teksture en materiaal in hul gebruik van ongeverfde
      natuurlike hout of laaghout. Ander maak gebruik van plastiek, chroom en
      aluminium, asook nuwe, helder chemiese geproduseerde kleure wat die nuwe
      materiale van die tyd, vier. 

      Een voorbeeld van Skandinawiese ontwerp is die Unikko tekstiel vir
      Marimekko deur Maija Isolla, Finland, 1964.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  10                                    DBE/2023
                                SS/NSS – Nasienriglyne

      Hierdie ontwerp weerspieël al die kenmerkende eienskappe van Skandinawiese
      ontwerpe in sy gebruik van plat, biomorfiese fatsoene wat deur die natuur
      geïnspireer is. Sy gebruik van helder en ligte kleure is ook tipies en toon hul
      poging om lig en helderheid in hul huise te bring om hul plek of klimaat wat donker
      en koud is, teen te werk. Die blomfatsoene is informeel oor die tekstiel gestrooi
      wat 'n ligte en vrolike gevoel tot die ontwerp voeg. Die agtergrond is onversierd en
      die fatsoene is eenvoudig, glad en plat in lyn met die minimalistiese tendense van
      die tyd.

      Dekonstruktivisme
      Dekonstruktivistiese ontwerpe weerspieël die klimaat van die tyd waar 'n beweging
      weg van die koue, onpersoonlike en outoritêre aard van Modernisme benodig is.
      In plaas van die Modernistiese beklemtoning op orde, stabiliteit en harmonie, het
      die Dekonstruktiviste gepoog om dinge uitmekaar te ruk om die verhouding tussen
      die verskillende komponente te ondersoek. Hierdie het ontstaan in ontwerpe wat
      literêr lyk, asof hul uitmekaar uitgeruk is. Hulle poog ook om die interaksie met
      teenoorgesteldes te ondersoek en die feit dat teenoorgesteldes nie sonder mekaar
      kan bestaan nie, byvoorbeeld, man/vrou, kultuur/natuur, lewe/dood lei tot ontwerpe
      sonder eenheid en wat onstabiel voorkom. Die Dekonstruktiviste glo dat daar 'n
      onsigbare verband tussen teenoorgesteldes bestaan en dat daar 'n onderliggende,
      onsigbare orde bestaan.

      Dekonstruktivisme is 'n moderne, kontemporêre ontwerp beweging wat in 'n tyd en
      plek bestaan waar globalisering en vinnige toegang tot verskeie kulture, style en
      gelowe moontlik geword het. Soortgelyk aan Postmodernisme, is
      Dekonstruktivisme 'n eklektiese kombinasie van verskillende style en benaderings
      wat tot ŉ verskeidenheid van ontwerpe met veelvoudige lae gelei het. 'n Hoof
      invloed op Dekonstruktivisme is die filosoof Derrida se teorie van Dekonstruksie
      wat sê dat die interaksie van teenoorgesteldes 'n natuurlike onstabiele omgewing
      weerspieël. Die Anti-Ontwerp beweging se verwerping van aanvaarde standaarde
      van skoonheid soos harmonie, balans en orde en hul ondersoek van nuwe
      grensbrekende vorms is nog 'n invloed op Dekonstruksie.
      Die karaktereienskappe van Dekonstruktivistiese werke weerspieël die huidige tyd
      van veelsydige perspektiewe waar niks seker is nie. Een karaktereienskap van
      Dekonstruktivistiese ontwerpe is hul beklemtoning op gedeeltes en fragmente
      eerder as die geheel wat in ontwerpe ontaard wat 'n tekort aan eenheid toon. Die
      struktuur verwerp suiwer funksie en tradisionele idees van harmonie, eenheid en
      stabiliteit. Lyn is dikwels ellipties, kromlynig en diagonaal wat ontwerpe vol
      beweging skep. Verskuifde en verwronge hoekige vorms word dikwels met
      konflikterende geometriese of insnydende vlakke gebruik wat plat oppervlaktes
      skep wat lyk asof hul oor mekaar lê. Ruimte kom voor asof dit met 'n diagonale
      fokus gesny is. Argitektoniese strukture kom onstabiel voor. Daar is 'n gevoel
      van visuele chaos wat 'n gevoel van onsekerheid, ongemak, skok of onsekerheid by
      die toeskouer ontlok. Vorige aanvaarbare konvensies, metodes en materiaal is
      vervang met nuwe, dikwels skokkende metodes.
      Een voorbeeld van Dekonstruktivistiese ontwerp is 'Foundation Louis Vuitton
      Contemporary Art and Performance Space' deur Frank Gehry (Frankryk),
      2014.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    11                                     DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

      Hierdie gebou is 'n perfekte voorbeeld van Dekonstruktivistiese argitektuur wat die
      fokus op die ondersoekende verhouding tussen twee verskillende gedeeltes van 'n
      gebou, plaas. Die gebou kom voor as 'n reeks skerp, botsende reghoekige vlakke
      van staal en glas wat uitmekaar getrek is, om wat onder die oppervlak lê, te wys.
      Hierdie gebruik van staal-en-glas skep ŉ gevoel van gewigloosheid. Die vlakke lê
      in verskillende rigtings in lyn met die Dekonstruktivistiese teorie van interaksie of
      teenoorgesteldes om 'n natuurlike onstabiele omgewing te weerspieël. Hierdie dra
      by tot die gevoel van beweging en ruimte binne in die ontwerp. Die ontwerp
      verwerp suiwer funksie en tradisionele idees van harmonie, eenheid en stabiliteit
      omdat die twaalf aparte 'seile' wat die gebou omhul sy funksie wegsteek. Tipies
      van sy tyd is die gebou 'n verwerping van die funksionaliteit van Modernisme as
      koud en onpersoonlik. Kreatiwiteit, verskeidenheid en individualiteit word eerder
      beklemtoon.

      Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
        V4.1 VLAK      KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                GEWIGS-    VRAE          PUNTE
                                                           TOEKENNING                  (20)
        Laer Orde      Onthou, Herroep, Herken                 30%       4.1             2
                       Verstaan, Verduidelik, Beskryf                                    4
        Middel Orde    Toepas, Implementeer,                  40%        4.1             8
                       Organiseer
        Hoër Orde      Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                                 2
                       Evalueer, Reflekteer                   30%        4.1             4
                       Sintetiseer, Regverdig

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  12                                    DBE/2023
                                SS/NSS – Nasienriglyne

4.2    (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir elke kolpunt/aspek vir 'n totaal van 10
       punte.)

       Die Art Nouveau se doelstelling waar hul die kwaliteit van handgemaakte
       produkte tot masjiengemaakte produkte wil oordra, is sigbaar in FIGUUR H omdat
       dit lyk soos ŉ fyngekerfde houtblokafdruk, maar eintlik 'n meganiese afdruk van 'n
       pentekening is. Die Bauhaus se doelstelling om die masjien-era te weerspieël is
       duidelik sigbaar in FIGUUR I se gebruik van eenvoudige geometriese fatsoene,
       gladde oppervlaktes en skoon lyne.
       Die Art Nouveau-illustrasie (FIGUUR H) se gebruik van vloeiende, organiese lyne
       wys duidelik die invloed van die Kuns-en-Kunsvlyt belangstelling in gekurfde lyne
       en gekurfde takke. Die invloed van die natuur is ook sigbaar in hierdie illustrasie
       se gebruik van organiese fatsoene. In kontras weerspieël die geometriese
       reghoeke en suiwer sirkels in die agtergrond van die Bauhaus-styl illustrasie
       (FIGUUR I) die invloed van Kubisme en die masjien-eeu. Die gestileerde vorms
       en vloeiende dekoratiewe lyne en patrone van Beardsley se illustrasie (FIGUUR H)
       wys die invloed van Japannese houtblok afdrukke.
       Die toneel binne die raamwerk van die Art Nouveau illustrasie is asimmetries
       gebalanseer met meer klem op die wit mantel van die vrou op die linkerkant, wat
       'n dinamiese komposisie skep. Hierdie gebruik van asimmetriese balans is tipies
       van Art Nouveau ontwerpe. In kontras is die beeld in die voorgrond van die
       Bauhaus-styl illustrasie baie meer simmetries.  Dit is presies in die middel van
       die formaat en die wenkbroue, oë, mond en ken is simmetries geplaas wat
       struktuur en orde oordra. Die agtergrond van die Bauhaus-styl illustrasie is
       asimmetries gebalanseerd wat die werk dinamies maak.
       Die lyn van die illustrasie in FIGUUR H is tipies van Art Nouveau omdat dit
       gestileerd, duidelik en kromlynig en deur die natuur geïnspireer is. Die lyn wat in
       die Bauhaus-styl illustrasie (FIGUUR I) gebruik is, is skoon en gestileerd maar dit
       is meestal reguit, reghoekig en masjienagtig en weerspieël nie die natuur nie.  Die
       onderste patroon van peerbome bevat dun, krullerige sweepslaglyne wat ook tipies
       van Art Nouveau ontwerpe is.
       Die illustrasie in FIGUUR H weerspieël die Art Nouveau se liefde vir
       ornamentasie. Bossies van klein blare skep kurwende patrone al rondom die
       raam. Binne-in die raampatroon, verseker die herhaling van vertikale
       boomstompe, blare en 'n motief op die mantel van die vrou dat die illustrasie vol
       dekoratiewe detail is. In kontras hiermee toon die illustrasie in FIGUUR I baie
       min detail en ornamentasie. Fatsoene is eenvoudig, plat en glad in lyn met die
       masjien eeu se liefde vir eenvoud en helderheid.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    13                                       DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

      Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

      NEEM KENNIS: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir 'n
      tabelvorm vergelykende antwoord. 'n Maksimum van 6 punte mag toegeken
      word waar kandidate twee aparte opstelle skryf wat 'n substansiële
      vergelyking wys. Gebruik die kognitiewe tabel as 'n riglyn vir jou
      puntetoekenning.

       V4.2 VLAK      KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                 GEWIGS-      VRAE          PUNTE
                                                           TOEKENNING                    (10)
       Laer Orde      Onthou, Herroep, Herken                  30%         4.2             2
                      Verstaan, Verduidelik, Beskryf                                       1
       Middel Orde    Toepas, Implementeer,                   40%          4.2             4
                      Organiseer
       Hoër Orde      Analiseer, Vergelyk, Interpreteer
                      Evalueer, Reflekteer                    30%          4.2             2
                      Sintetiseer, Regverdig                                               1

                                                                    TOTAAL AFDELING B: 30

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  14                                  DBE/2023
                                SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS EN VOLHOUBARE
           KONTEKS
VRAAG 5 [20 punte]
BEANTWOORD OF VRAAG 5.1 OF VRAAG 5.2.

5.1 (Ken 20 punte in totaal toe.)

5.1.1 (Ken 2 punte toe.)
       Inklusiewe ontwerp sluit mense met verskillende uitdagings in die lewe in. Die
       tafelontwerp in FIGUUR J, is 'n inklusiewe ontwerp omdat die ontwerper die gemak
       van alle mense aanspreek. Die tafel is ontwerp om tot alle hoogtes aan te pas
       deur die gebruik van 'n knoppie. Dit kan gedoen word staande, sittende of in 'n
       rystoel.
       Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
5.1.2 (Ken 2 punte toe.)
       Hysbakdeure wat verbaal kommunikeer, lig mense met swak sig in dat die deur
       oop en toe maak.
       
       Bewegingsensitiewe deure maak oop wanneer 'n persoon nader aan die deur
       kom. Dit is nie nodig vir sommige mense wat in rystoele is, om uit te strek na die
       deurhandvatsel wat te hoog is nie, of te laag vir mense wat baie lank is nie.

      Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

5.1.3 Ken 16 punte in totaal toe.
      (Ken 8 punte toe per gevalle studie.)
      (Ken 1 punt vir die naam van die ontwerper en die naam van die
      ontwerpproduk toe.)

       EEN KONTEMPORÊRE              SUID-AFRIKAANSE        ONTWERPER/ONTWERP
       GROEP:

       Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en ontwerpproduk wat sosiokulturele
       kwessie/s aanspreek:
       Woza Moya, Dream for Africa Chair, 2010.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  15                                  DBE/2023
                                SS/NSS – Nasienriglyne
       
       

       Doelstellings, materiaal en tegnieke wat in die ontwerp gebruik is
       Woza Moya is 'n inkomste genererende ontwerpgroep wat in 2009 gestig is, en
       hulle is ondersteun deur Hillcrest Aids Centre Trust, wat poog om plattelandse
       vrouens in KwaZulu-Natal te bemagtig deur opleiding, om armoede te verminder.
       Woza Moya help vrouens om 'n inkomste te verdien en hul families te voed, dit
       moedig finansiële onafhanklikheid aan en verminder kinders wat honger ly. Woza
       Moya staan vir die seëviering van plaaslike kunshandvlyt, hoop en
       waardigheid.The Dream for Africa Chair is gemaak van geborduurde blokkies
       wat 150 kunshandwerkers oor 'n tydperk van 8 weke gemaak het. Die
       geborduurde blokkies was aanmekaar vasgewerk en gestoffeer oor 'n ore-styl stoel
       wat vlerke in die vorm van 'n kaart van Afrika het, wat aan beide kante uitstaan.

       'n Bespreking wat verduidelik hoe hierdie ontwerp sosiokulturele kwessies
       aanspreek
       Die stoel was bedoel om 'n nalatingskap van hoop en waardigheid te versterk deur
       hul kreatiwiteit te gebruik om 'n inkomste te verdien nadat dit ontdek was dat
       pasiënte en kunshandwerkers by die sentrum opgehou het om te droom weens
       persoonlike swaarkry.Die stoel toer deur Suid-Afrika en oorsee sodat plaaslike
       en internasionale kunshandvlytwerkers en leiers met die stoel afgeneem kan word
       terwyl hulle oor hul drome praat. Hoe meer mense in die stoel oor hul drome
       gesels, hoe meer betekenis en blootstelling kry dit.
       

       EEN KONTEMPORÊRE INTERNASIONALE SOSIOKULTURELE ONTWERPER/
       ONTWERPGROEP:

       Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en ontwerpproduk wat die
       sosiokulturele kwessie/s aanspreek:
       Elemental Architectural Firma, Quinta Monroy 2001-2004.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    16                                        DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

       Doelstellings, materiaal en tegnieke wat in dié ontwerp gebruik is
       Min staatsbehuising subsidie, gekoppel met 'n swak ekonomie en werkloosheid is
       'n struikelblok vir die land en huiseienaarskap. Baie families is geforseer om te plak
       of om in armoede te lewe. Tot en met 2003, was die Quinta Monroy informele
       plakkerskamp 'n ad-hoc, propvol gerangskikte selfgeboude behuising wat uit
       afvalmateriaal van die plaaslike hawe gemaak is. Die informele plakkerskamp was
       op gehuurde terrein gebou en toe die eienaar oorlede is, het dreigemente van
       uitsetting die samelewing daartoe gelei om die Elemental Architectural firma te
       benader. Elemental se direkteurs het die plakkerskamp as 'onooglik en
       ongesond' beskryf. Die samelewing van Quinta Monroy het oor die misdaad en die
       risiko van vuur gekla weens die digtheid van die plakkerskamp. Elemental het vir
       afskaling, bou-waardigheid en bemarkingswaardigheid gemik en sodoende die
       negatiewe aspekte van Chili se vorige gesubsidieerde behuisingsprojekte
       aangespreek. Elemental se oplossing het geleenthede vir die inwoners geskep
       om hul behuisings aspirasies te realiseer deur die konseptualisering van twee tipes
       huise. Op die grondvlak, en nog een bo-op, kon beide uitgebrei word tot
       toegekende ruimtes soos wat inwoners se inkomste dit toelaat. Die huise,
       gekonseptualiseer deur Elemental, was kontrakteur gedrewe, en massa
       geproduseer om 13 blokke wat 93 huise bevat, rondom vier binne-howe te skep.

       'n Bespreking van hoe dié werk sosiokulturele kwessie/s aanspreek
       Die projek was as 'n 'gesamentlike gebou' beplan eerder as individuele
       wooneenhede om die idee van gesamentlike lewe te bevorder. Die enkelvlak,
       herhalende blokke was poreus en ontwerp sodat inwoners die formele geboude
       struktuur met selfgeboude uitbreidings kon byvoeg. Op hierdie manier het
       inwoners nog steeds beheer gehad om hul ruimtes persoonlik te maak. Teen
       2019, is almal behalwe een van die oorspronklike 93 huishoudings aangebou, wat
       die inwoners betrokke in hul behuisingskonstruksie gemaak het.
     Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

       V5.1 VLAK      KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                 GEWIGS-       VRAE         PUNTE
                                                           TOEKENNING                    (20)
       Laer Orde      Onthou, Herroep, Herken                  30%      5.1.1 + 5.1.3    1+1
                      Verstaan, Verduidelik, Beskryf                    5.1.2 + 5.1.3    1+1
                                                                            5.1.3          2
       Middel Orde    Toepas, Implementeer,                   40%           5.1.1          1
                      Organiseer                                            5.1.2          1
                                                                            5.1.3          6
       Hoër Orde      Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                     5.1.3          2
                      Evalueer, Reflekteer                    30%           5.1.3          4
                      Sintetiseer, Regverdig

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   17                                    DBE/2023
                                 SS/NSS – Nasienriglyne

5.2
5.2.1 (Ken 10 punte toe.)
      Naam van EEN tradisionele kunsvlyt/ inheemse kulturele gemeenskap wat 'n
      tradisionele kunsvlyt produseer.
      AMANDEBELE MUURSKILDERYE 
       Die materiaal, metodes en prosesse wat gebruik is om dié tradisionele
       kunsvlyt te skep
       Die muurskilderye wat deur die vrouens geskep is was hul geheimsinnige kode vir
       hul mense, verbloem vir almal behalwe die amaNdebele.
       Die pienk patrone is een van die mees belangrike aspekte in hul kommunikasie
       deur hul skilderye. Hulle is gewoonlik dwarsdeur die ontwerpe herhaal met net
       klein variasies en verskillende kleurkeuses. Die geometriese patrone en fatsoene
       is eerstens met swart buitelyne geteken en later met kleur ingevul. Die patrone is
       dwarsdeur die mure gegroepeer in terme van hul basiese ontwerpstruktuur. Hulle
       het gereedskap nodig gehad vir die groot geometriese fatsoene van plat kleur en
       klein kwassies vir die klein areas, buitelyne en sakke. Die verbetering van
       gereedskap het vinniger en meer komplekse ontwerpe dwarsdeur die amaNdebele
       se huise moontlik gemaak.
       Die patrone is met die vrouens se vingers geverf. Die oorspronklike verf op die
       huis was wit kalk. Die kleure wat bygevoeg is om skilderye te maak was meestal
       neutrale pigmente van bruin, swart en oker. Meeste van die patrone was 'n V-
       fatsoen en 'n baie eenvoudige driehoek bo-op 'n groot fatsoen van kleur geplaas.
       Die patrone, aardse tonalewaardes, rigtings, en groottes was meer belangrik as die
       hedendaagse skerp en helder kleure. Daar is vyf hoofkleure verteenwoordig: rooi
       en donkerrooi, geel tot goud, 'n hemelsblou, groen, en soms pienk. Die kleure
       verskaf ŉ intense simboliese betekenis vir die amaNdebele.
       Die sosiale waarde en funksie van dié kunsvlyt in sy tradisionele konteks.
       Oorspronklik het die amaNdebele stam in die vroeë 18de eeu in grashutte gebly.
       Hulle het moddermuur huise begin bou in die middel 18de eeu toe hulle hierdie
       simbole op hul huise geskep het. Hierdie ekspressiewe simbole was gebruik vir
       kommunikasie tussen sub-groepe van die amaNdebele mense. Dit het vir hul
       voortsetting en kulturele teenstand vir hul omstandighede gestaan.
       Gedurende die 19de eeu, het mense van Suid-Afrika die Ndzundza amaNdebele,
       hulle eie tradisie en styl van huisskildery geskep. Hierdie skilderystyl het in 1883
       begin nadat die amaNdebele vegters en grondeienaars oorlog met die nabygeleë
       Boere, verklaar het. Toe hulle die oorlog verloor het, het amaNdebele 'n moeilike
       lewe en aaklike straf beleef. Deur daardie moeilike tye was ekspressiewe simbole
       geskep deur die leidende mense wat hul hartseer oordra. Hierdie simbole was
       die begin van dié Ndebele-kunsvorm.
       Die lewendige simbole en uitdrukkings beeld kommunikasies van persoonlike
       gebede, selfidentifikasie, waardes, emosies en trou uit. Partykeer is die manlike
       inisiasie, bekend as ukuwela 'n rede vir oorverf, maar dié ritueel was nooit
       uitgebeeld nie.
       Die tradisie en styl van huisskildery is in families oorgedra van geslag tot geslag
       deur die moeders. 'n Goedgeverfde huis wys dat die vrou van die huis 'n goeie
       vrou en moeder is. Sy is verantwoordelik vir die skilderye op die buitenste hekke,
       voorste mure, kant mure en gewoonlik die interieur van haar huis.
       Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    18                                        DBE/2023
                                  SS/NSS – Nasienriglyne

5.2.2 (Ken 10 punte toe.)
      Ken 1 punt vir die naam van die ontwerper en die naam van die produk toe.
      Naam van ontwerper/ontwerpgroep en EEN van hul produkte.
       Pinda Furniture deur Siyanda Mbele 
       'n Gedetailleerde beskrywing van hoe die ontwerper/ontwerpproses
       tradisionele tegnieke aanpas en toepas om 'n kontemporêre ontwerp te skep.
       Verwys na die bogenoemde ontwerp om jou stellings te ondersteun.
       Bespreek die ontwerpe se sosiokulturele bydrae

       Emerging Creatives alumnus Siyanda Mbele is die stigter van Pinda Furniture en
       Interior Design, 'n maatskappy gedrewe deur die produksie van
       funksioneleprodukte met 'n hoë Afrika-estetika kwaliteit. Die Durban-gebaseerde
       ontwerper het onlangs twee nuwe produkte bekend gestel: die Nandini koffietafel
       en die Ndalo ineenpassende tafel.
       Die Nandini koffie-tafel is versier met Ndebele patrone wat gewoonlik in Ndebele
       argitektuur gevind is. Die hooffokus in die reeks is die trappiramide, wat
       geïnspireer is deur die internasionale bekende amaNdebele kunstenaar, Esther
       Mahlangu, se 'istegetsane' sigsagstyl is grootliks gebruik in die sterk en
       kleurvolle koffietafel. Die geometriese Ndebele patrone is nie net alleenlik op die
       oppervlak van die tafel gebruik nie, maar ook in die vorm en fatsoen van die tafel
       geinkorporeer. Dié sytafel is gemaak van lasergraveerde Berk laaghout en staal
       tafelpote wat in 'n variasie van kleure kom wat maklik gemeng of omgeruil kan
       word. Die unieke vorm van die tafelpote laat toe dat die tafels maklik bo-op
       mekaar gestapel kan word om 'n oop rak of vertoon eenheid te skep.
       Mbele wil sy kennis aan jong mense en toekomstige ontwerpers oordra. Hy hoop
       dat deur sy werk, hy jong Afrika ontwerpers sal aanmoedig om meer gemaklik te
       wees met die gebruik van inspirasie uit hul plaaslike kultuur. Die doel van Pinda
       Furniture is om 'n nuwe eeu van Afrika-estetika te verteenwoordig.
       Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
       GEEN punte mag toegeken word vir die herhaling van ontwerper(s) en hul
       werk wat in die vraestel gebruik is nie.
       V5.2 VLAK      KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                 GEWIGS-       VRAE         PUNTE
                                                           TOEKENNING                    (20)
       Laer Orde      Onthou, Herroep, Herken                  30%      5.2.1 + 5.2.2    1+1
                      Verstaan, Verduidelik, Beskryf                    5.2.1 + 5.2.2    2+2
       Middel Orde    Toepas, Implementeer,                   40%       5.2.1 + 5.2.2    4+4
                      Organiseer
       Hoër Orde      Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                 5.2.1 + 5.2.2    2+2
                      Evalueer, Reflekteer                    30%       5.2.1 + 5.2.2    1+1
                      Sintetiseer, Regverdig

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   19                                     DBE/2023
                                 SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 6 [20 punte]

6.1   (Ken 20 punte in totaal toe.)

6.1.1 (Ken 4 punte toe.)

       Mense in opgeboude stadsareas spandeer meer gereeld tyd binnemuurs as
       buite. Met die feit in gedagte, het Heatherwick Studio hul fokus verskuif na
       'biofilia' – die teorie dat mense naby die natuur moet wees om gesond te bly op 'n
       biologiese, fisiese, psigologiese en sosiologiese vlak. Die studio se hoofdoel is
       om stede groen te maak. Hierdie is sigbaar in hierdie wolkekrabber in Singapoer
       se vertikale tuin om 'n 'Stad in 'n Tuin' te skep. Om sy 'groener visie', te versterk
       het Thomas Heatherwick 'n natuurlike omgewing geskep met die gebruik van
       uitgesoekte tropiese plante en bome wat in Singapoer se beroemde Botaniese
       Tuine gevind is. Blare verwyder die koolstofdioksied van die omgewing en
       vervang dit met suurstof.

       Die wolkekrabber ontwerp gebruik natuurlike vorms in sy struktuur, om sodoende
       die gebou met die natuur te bind. Die mees aantreklike 'groen' kenmerk van die
       gebou is sy variasie van groot, ronde, voluut balkonne, wat na biomimikrie en
       biomorfiese beelde of organiese blomme, blomblare, massiewe sampioene en
       reusagtige kaktusse verwys. Die balkonne is groot om gesonde sonlig te
       vang. Natuurlike lig help om die buite en binnekant saam te smelt deur
       elemente van gekontroleerde lugvloei en temperatuur te gebruik. Natuurlike
       lig help ook om energie te bespaar.

       'n 'Groen visie' gebou skep 'n kalmerende en genesende omgewing. Daar is
       duidelike bewys dat die oopmaak van die geboue tot die natuur en die
       saamsmelting van die interieur met die eksterieur, fisiese gesondheid van gaste en
       werkers verbeter omdat dit bloeddruk verlaag, die immuunreaksie verbeter,
       verstand versterk en mense help om te konsentreer, positief en energiek te bly.
       Dit is ook bevind dat mense op 'n sterkter sosiale en werksvlak betrokke raak
       in 'n omgewing wat vol natuur is.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   20                                    DBE/2023
                                 SS/NSS – Nasienriglyne

6.2    (Ken 16 punte in totaal toe.)
       (Ken 8 punte per gevallestudie toe.)
       (Ken 1 punt vir die naam van die ontwerper en die naam van die produk toe.)
       'N VOORBEELD   VAN               'N     SUID-AFRIKAANSE          KONTEMPORÊRE
       OMGEWINGSONTWERPER:

       Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN van hul ontwerpe
       Living Tebogo School in Johannesburg, Suid-Afrika deur BASEhabitat ('n projek
       beplan en gebou by die Kunstuniversität Linz in Oostenryk).
       Materiaal en tegnieke:
       Hierdie skoolgebou is hoofsaaklik beïnvloed deur grond argitektuur. Die
       hoofkonstruksie materiaal is betonblokke, grond, klei, strooi, hout en grasmatte. 
       Die primêre modderkonstruksie van die twee nuwe geboue wat aangebou is aan
       die bestaande viergebou-kompleks, is paal en klei, waar horisontale houtlatte
       (wattelboom) met ŉ kombinasie van nat grond, strooi en ander verbindings
       (modder) gevul is.

       In een van die geboue is hierdie konstruksie blootgestel deur die horisontale
       houtlatte oop te los. Variasies in die spasiëring van hierdie latte, die variasie in
       kleur in die modder (weens die natuurlike variasie van die plaaslike grond en die
       verskillende mengsels) maak die fasades meer interessant. Die ander gebou is
       glad afgewerk, met 'n paar interessante byvoegings: 'n muur met herwinde
       glasbottels wat regop ingewerk is in 'n spontane patroon en handafdrukke van die
       studente en plaaslike inwoners.
       'n Hout-en-plastiektraliewerk is die laaste komponent van die klein projek. Dit sluit
       aan by die nuwe geboue en een van die bestaande geboue.  Die plasing van die
       traliewerk in verhouding met die bestaande gebou skep 'n oop geplaveide ruimte.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  21                                   DBE/2023
                                SS/NSS – Nasienriglyne

       Funksie:
       Gekenmerk deur 'n boom, word hierdie ruimte 'n sosiale vergaderplek vir die skool
       en dien beide die studente en plaaslike gemeenskap.  Dit is 'n ruimte wat die ou
       en die nuwe verbind. Die argitektoniese ontwerp is ook visueel opwindend en 'n
       estetiese mooi struktuur.
       'n Analisering van die ontwerp en 'n verduideliking van hoe die ontwerp sy
       koolstofvoetspoor verminder om 'n 'groener visie' te behaal.
       Die landskapsontwerp kamoefleer kreatief die Lodge en help om met die
       omgewing saam te smelt. Die dominante geboue in die area is pondokkies wat
       van plaatmetaal, sinkdak of motoronderdele gebou is, wat beteken dat 'dit in die
       somer baie warm in hierdie pondokke kan word (tot en met 45°C), terwyl
       gedurende winternagte kan dit baie koud raak (tot 2°C).' Hierdie ekstreme
       temperature is primêr veroorsaak deur die swak insulasie kwaliteite van hierdie
       goedkoop en maklik verkrygbare materiaal.

        Deur grond- of modderkonstruksie tegnieke te gebruik in die bouprojek, word
        temperatuur veranderings met 9°C verminder, wat Living Tebogo Skool 'n
        gemaklike leeromgewing maak  vir die gestremde kinders in die Orange Farm
        township van Johannesburg – 'n area wat gekenmerk is deur armoede, AIDS en
        werkloosheid. Hierdie bouprojek inkorporeer die plaaslike gemeenskap in die
        grondkonstruksie proses, spaar geld op ingevoerde materiaal en verbeter
        binnehuistemperature sonder die gebruik van waaiers of lugreëlings en dus
        bespaar hulle op elektrisiteit. Deur die gebruik van natuurlike volhoubare
        materiaal, was 'n groen leerarea geskep en koolstofvoetspore is verminder. Die
        ontwerp inkorporeer voorstoepe en kantelbalkdakke om die gebruik van natuurlike
        lig en skaduwee te vermeerder.
       VOORBEELD VAN 'N INTERNASIONALE ONTWERPER

       Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN van hul ontwerpe:
       Toyota Lexus kartonkar: 'n volskaalse origami IS Sport Sedan deur Moyo
       Fujamade (LaserCut Works, 3D modelmaker Scales and Models, en DS Smith
       verpakkingsmaatskappy), (VS), 2015.
       Materiaal en tegnieke:
       Die ontwerpspan het gebruik gemaak van kontemporêre presiese 3D karton
       lasersnytegnieke om die motor te skep en dit het die ontwerpspan drie maande
       geneem om die ontwerp aanmekaar te sit. Lexus, die luukse motorafdeling van
       die Japanese motorhandelsmerk Toyota, het spesialis maatskappye Scales &
       Models aangestel vir die algehele ontwerp van die eiesoortige motor en LaserCut
       Works vir die tegnieke wat benodig was om hierdie ambisieuse projek 'n realiteit te
       maak.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Design P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2023-eng/57419a61-fb49-40b2-9cc2-0779cf909a9b) — Design · QP · 2023 · Eng
- [Design P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2023-afr/9c7d1a75-a2c5-4801-8176-43ad428bcc49) — Design · QP · 2023 · Afr
- [Design P1 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2018-memo-eng/5a423c49-54d7-4176-bf99-5fc43153c434) — Design · Memo · 2018 · Eng
- [Design P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2018-memo-afr/6a172732-7328-4649-b8c5-6e279c606f73) — Design · Memo · 2018 · Afr
- [Design P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2023-eng/fdde8c17-946d-47b9-bfbd-a996fafd5960) — Design · QP · 2023 · Eng
- [Design P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2023-afr/eb4ef5b7-7053-481b-9255-91c39f863445) — Design · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-afr/e35d300a-db4f-4a06-ba8a-6f659dbd37ad) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/3f14a710-b913-44a8-ade1-31e4d395f557) — QP · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/47ba80e3-12dd-4fd4-8302-34e3b97a6b9a) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-eng/3f0bd4c5-8226-45ef-87fa-5c9996cba696) — QP · 2024 · Eng
- [Design P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-afr/6958913b-f502-40d3-8387-1f0a78a3ed25) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
