# Design Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 Design Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2025 (Afrikaans), 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-afr/e35d300a-db4f-4a06-ba8a-6f659dbd37ad
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-afr/e35d300a-db4f-4a06-ba8a-6f659dbd37ad)

## About this document

Design · Grade 12 · NSC June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Design P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-mg-afr/ccc80683-987a-4611-994f-f9eff5587a50) — Memo · 2025 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                     ONTWERP V1

                                        (TEORIE)

                                    MEI/JUNIE 2025

                                                                            PUNTE: 100

                                                                             TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
                     Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Ontwerp/V1                                              2                 DBE/Mei/Junie 2025
                                                 SS/NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.          Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

 2.          Daar is DRIE keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur.

 3.          Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

             AFDELING A:      Ontwerpgeletterdheid (30 punte)
                              VRAAG 1 tot 3

             AFDELING B:      Ontwerpgeskiedenis (30 punte)
                              VRAAG 4

             AFDELING C:      Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubare
                              konteks (40 punte)
                              VRAAG 5 en 6

 4.          Lees die vereistes van elke vraag aandagtig deur.

 5.          Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite. MOENIE in tabelvorm
             beantwoord NIE.

 6.          Gebruik die korrekte nommering. Verkeerde nommering sal NIE gekrediteer
             word NIE.

 7.          Beantwoord AL die kolpunte wat in elke vraag vereis word.

 8.          Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag moet
             bestee.

 9.          MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE.

 10.         Skryf netjies en leesbaar.   2025

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Ontwerp/V1                  3            DBE/Mei/Junie 2025
                     SS/NSS Vertroulik

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                        Blaai om asseblief

### Page 4

Ontwerp/V1                                    4                         DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

 AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID

 VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE

 Beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.

 1.1

                 FIGUUR A: Afrika- bedrukte katoen deur African Sonic (Nigerië), 2021.

             Analiseer die gebruik van die volgende elemente en beginsels in FIGUUR A
             hierbo:

             •    Kleur
             •    Spasie
             •    Balans
             •    Kontras
             •    Eenheid                                                         (5 x 2)      [10]

                                                 OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Ontwerp/V1                                    5                         DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

1.2

             FIGUUR B: Bykomstige meubelstuk deur Jean Servais Somian (Ivoorkus),
                                          2019.

             Analiseer die ontwerp in FIGUUR B deur na die volgende te verwys:

             •   Lyn
             •   Tekstuur
             •   Vorm
             •   Klem
             •   Funksie                                                          (5 x 2)      [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Ontwerp/V1                                     6                          DBE/Mei/Junie 2025
                                        SS/NSS Vertroulik

 VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP

 2.1

                Kuberteistering (geboelie) kan potensieel werklike dodelike gevolge hê.
                                 Kom ons staan saam vir verandering.
                      FIGUUR C: Plakkaat vir 'n kuberteistering-veldtog deur
                                   Karina Kotval (VSA), 2012.

                  woorde kan dodelik wees
       dink voordat jy 'n teks/boodskap stuur

             Identifiseer TWEE simbole in FIGUUR C en verduidelik hoe dit gebruik word
             om die boodskap van die plakkaat oor te dra.                                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Ontwerp/V1                                    7                       DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

 2.2

                 FIGUUR D: Skootrekenaarsak deur Sealandgear (Suid-Afrika), 2022.

                         FIGUUR E: Hausa-stam-sak (Nigerië), circa 1960.

             Skryf 'n paragraaf waarin jy die sak in FIGUUR D met die sak in FIGUUR E
             vergelyk.

             Verwys na die volgende in jou vergelyking:

             •   Invloede
             •   Materiale
             •   Ergonomie                                                      (3 x 2)      (6)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Ontwerp/V1                                  8                         DBE/Mei/Junie 2025
                                     SS/NSS Vertroulik

 VRAAG 3: ARIGTEKTUUR
 Beantwoord VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2 ÓF VRAAG 3.3.
 3.1

                  FIGUUR F: Garni-tempel aan die songod Mihr gewy, in opdrag van
                            Koning Tiridates I (Armenië), 70–80 AE.

                FIGUUR G: Die Praalgraf van die Marteling van Poolse Dorpies in
                 Michniów herdenk die massamoord van die inwoners van Michniów
             gedurende die Tweede Wêreldoorlog in 1943 deur Duitse magte, deur Nizio
                                Design International (Pole), 2009.
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Ontwerp/V1                                     9                          DBE/Mei/Junie 2025
                                        SS/NSS Vertroulik

 3.1         Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die Antieke Romeinse tempel
             in FIGUUR F met die kontemporêre praalgraf (museum) in FIGUUR G vergelyk.

             Verwys na die volgende in jou vergelyking:

             •   Invloede/Inspirasie
             •   Funksie
             •   Konstruksie/Tegnologie
             •   Materiale
             •   Versiering                                                         (5 x 2)      [10]

                                                  OF

 3.2         Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke
             gebou/struktuur of Klassiek geïnspireerde gebou/struktuur met enige
             kontemporêre gebou/struktuur wat jy bestudeer het, vergelyk.

             Verwys na die volgende in jou vergelyking:

             •   Invloede/Inspirasie
             •   Funksie
             •   Konstruksie/Tegnologie
             •   Materiale
             •   Versiering                                                         (5 x 2)      [10]

                                                  OF

 3.3         Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke
             gebou/struktuur of Klassiek geïnspireerde gebou/struktuur met enige Inheemse
             Kennisstelsels-gebou/-struktuur wat jy bestudeer het, vergelyk.

             Verwys na die volgende in jou vergelyking:

             •   Invloede/Inspirasie
             •   Funksie
             •   Konstruksie/Tegnologie
             •   Materiale
             •   Versiering                                                         (5 x 2)      [10]

                                                                  TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Ontwerp/V1                                   10                        DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

 AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS

 VRAAG 4

 4.1      Bestudeer die visuele beelde hieronder en beantwoord die vraag op die volgende
          bladsy.

                      Kuns en Kunsvlyt

                                                               Art Nouveau

                     De Stijl-geïnspireerd
                                                                Bauhaus

                           Art Deco                            Pop-ontwerp

                      Postmodernisme                        Dekonstruktivisme
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Ontwerp/V1                                    11                          DBE/Mei/Junie 2025
                                        SS/NSS Vertroulik

                     'Die funksie van ontwerp is om ontwerp te laat funksioneer.'
                                                                    – Micha Commeren

             Kies enige TWEE van die ontwerpbewegings/-style wat deur die visuele beelde
             (prentjies) op die vorige bladsy voorgestel word, wat die aanhaling hierbo
             ondersteun of verwerp.

             •   Kuns en Kunsvlyt
             •   Art Nouveau
             •   De Stijl
             •   Bauhaus
             •   Art Deco
             •   Pop-ontwerp
             •   Postmodernisme
             •   Dekonstruktivisme

             Skryf TWEE afsonderlike opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy na die
             volgende verwys:

             •   Die doelwitte en invloede van ELKE beweging
             •   Die stilistiese kenmerke van ELKE beweging
             •   Noem 'n ontwerper en ontwerp uit ELKE beweging en bespreek hoe
                 hierdie ontwerpe die aanhaling hierbo ondersteun of verwerp. (10 x 2)           (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Ontwerp/V1                                     12                         DBE/Mei/Junie 2025
                                         SS/NSS Vertroulik

 4.2

                 FIGUUR H: Modernistiese tafellamp       FIGUUR I: Skandinawiese tafellamp
                   (2) deur Edgar Brandt (Frankryk),     deur VH Woolums (Denemarke), 1960.
                              circa 1931.

             Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die tafellampe in FIGUUR H
             en FIGUUR I hierbo vergelyk en verduidelik waarom hulle tipies is van die
             bewegings wat hulle verteenwoordig.

             Verwys na die volgende in jou bespreking:

             •      Doelwitte
             •      Invloede
             •      Materiale
             •      Lyn
             •      Kleur                                                          (5 x 2)      (10)

                                                                  TOTAAL AFDELING B:            30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Ontwerp/V1                                   13                           DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

 AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE
             KONTEKS

 VRAAG 5

 Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.

 5.1
                     FIGUUR J: Zambulance by Zambikes (Zambia), 2015.

                         FIGUUR J: Zambulance deur Zambikes (Zambië), 2015.

             5.1.1   Bespreek die sosiale voordele en ontwerp-estetika van die
                     Zambulance-ontwerp in FIGUUR J hierbo.                                      (4)

             5.1.2   In TWEE afsonderlike opstelle (ten minste EEN bladsy elk),
                     bespreek hoe sosiokulturele kwessies in die werk van EEN Suid-
                     Afrikaanse kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep EN EEN
                     internasionale kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep hanteer
                     word.

                     Verwys na die volgende in jou bespreking:

                     •     Die naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN ontwerp wat
                           sosiokulturele kwessies hanteer
                     •     'n Bespreking van die doelwitte, materiale en tegnieke wat deur
                           die ontwerper/ontwerpgroep gebruik word
                     •     'n Ontleding van die ontwerp om te verduidelik hoe dié werk
                           sosiokulturele kwessies hanteer

                     Jy mag NIE na enige ontwerper/ontwerpgroep wat jy voorheen
                     bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel verskyn,
                     verwys NIE.                                                 (8 x 2)         (16)
                                                                                                 [20]

                                                    OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Ontwerp/V1                                   14                           DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

 5.2

                 FIGUUR K: Kandelaar ('Pendant light') deur Mash T Design Studios
                                       (Suid-Afrika), 2022.

             5.2.1     Verduidelik hoe die ontwerp in FIGUUR K hierbo 'n unieke
                       herinterpretasie van inheemse kunshandwerktegnieke is.                    (2)
             5.2.2     Bespreek EEN inheemse tradisionele kunshandwerk wat jy hierdie
                       jaar bestudeer het. Verwys in jou bespreking (ten minste EEN
                       bladsy) na die volgende:
                       •   Naam van EEN tradisionele kunshandwerk-/inheemse kultuur-
                           gemeenskap wat die tradisionele kunshandwerk gemaak het
                       •   Materiale, metodes en tegnieke gebruik
                       •   Die funksie van die kunshandwerk in die tradisionele konteks
                           daarvan                                                               (8)
             5.2.3     Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die werk bespreek
                       van EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse of Afrika-ontwerper/-
                       ontwerpgroep wie se ontwerpe die aanpassing van inheemse
                       kunshandwerktegnieke weerspieël om unieke en kontemporêre
                       ontwerpe te skep.
                       Verwys na die volgende in jou bespreking:
                       •   Naam van ontwerper/ontwerpgroep en EEN kontemporêre
                           ontwerpproduk
                       •   Doelwitte, invloede en algemene kenmerke van die
                           ontwerper/ontwerpgroep se werk
                       •   'n Ontleding van hoe die ontwerper/ontwerpgroep die
                           tradisionele tegniek aanpas en toepas om 'n kontemporêre
                           ontwerpproduk te skep
                       Jy mag NIE na enige ontwerper/ontwerpgroep wat jy voorheen
                       bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel verskyn,
                       verwys NIE.                                                               (10)
                                                                                                 [20]
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Ontwerp/V1                                    15                          DBE/Mei/Junie 2025
                                        SS/NSS Vertroulik

 VRAAG 6

    FIGUUR L: Saadstrooi-tekkie ('Rewilding Sneaker') deur Kiki Grammatopoulos
                                (Griekeland), 2023.

 Die tekkie-ontwerp hierbo versprei/strooi saad terwyl daarmee gestap word. Die ontwerp
 is beïnvloed deur die proses van pelsdiere wat saad versprei soos wat hulle deur die
 veld beweeg.

 6.1         Definieer die term bioafbreekbaar ('biodegradable') met verwysing na die
             materiale wat vir die tekkie-ontwerp in FIGUUR L hierbo gebruik word.             (1)
 6.2         Bespreek die omgewingsvoordele van die tekkie-ontwerp in FIGUUR L hierbo.         (3)
 6.3         Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy die werk van
             EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse EN EEN kontemporêre internasionale
             ontwerper/ontwerpgroep bespreek wie se ontwerpe volhoubaar is en
             omgewingskwessies ondersoek.
             Verwys na die volgende in jou opstelle:
             •   Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN van sy/haar/hulle
                 ontwerpe
             •   Doelwitte, materiale en prosesse
             •   'n Ontleding van die ontwerp wat verduidelik hoe dit volhoubaar is en hoe
                 dit omgewingskwessies aanpak/hanteer
             Jy mag NIE na enige ontwerper/ontwerpgroep wat jy voorheen bespreek het of
             ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel verskyn, verwys NIE.     (8 x 2)        (16)
                                                                                               [20]
                                                                 TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                     GROOTTOTAAL:              100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Design P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/48ce0fb6-150b-444b-9541-ff8e6a549ca2) — Design · QP · 2024 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496) — Design · Memo · 2025 · Afr
- [DESIGN P1 GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-qp-sept2018-afrikaans/95ab1e71-93b2-4279-a6ee-8696ae4aa645) — Design · QP · 2018 · Afr
- [Design P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2023-eng/57419a61-fb49-40b2-9cc2-0779cf909a9b) — Design · QP · 2023 · Eng
- [Design P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2023-afr/9c7d1a75-a2c5-4801-8176-43ad428bcc49) — Design · QP · 2023 · Afr
- [Design P1 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2022-afr/527858aa-d9c3-4069-9925-a420150856ca) — Design · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/79defddf-f99d-45c8-840b-73877abd8f11) — Memo · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/a85d8220-5a26-4f17-990e-081cb336014f) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2023-eng/fdde8c17-946d-47b9-bfbd-a996fafd5960) — QP · 2023 · Eng
- [Design P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2023-afr/eb4ef5b7-7053-481b-9255-91c39f863445) — QP · 2023 · Afr
- [Design P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2023-afr/5cc4f4cc-3644-4b70-b21a-dbe6de6bd8f8) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
