# Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2013 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 26 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2013-memo-afr/12df48c4-dde6-4bd3-8298-ce65c80750fe
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2013
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 26

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2013 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2013-memo-afr/12df48c4-dde6-4bd3-8298-ce65c80750fe)

## About this document

Design · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Memorandum, 26 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                   ONTWERP V1

                                      (TEORIE)
                                 NOVEMBER 2013

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 150

                      Hierdie memorandum bestaan uit 26 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   2                           DBE/November 2013
                                     NSS – Memorandum

AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID

VRAAG 1 [20 punte]

AS1: Maak waardebepalings deur 'n duidelike begrip van Ontwerp.
AS2: Begrip van ontwerpteorie en die korrekte gebruik van ontwerpterminologie.

1.1      [10 punte]

         •   Kleur: Die kleurgebruik in die bak kan as beperk beskryf word.  Die
             oorheersende kleur is 'n ligblou.  Die herhalende gebruik van die
             kleurreeks skep 'n ritme  en 'n hegte eenheidskomposisie.  Blou dra
             ook by tot elemente van koelheid en kan ook na die huiswerker se uniform
             verwys. 
         •   Kontras: Die belangrikste of mees opvallende kontras is tussen die
             vroulike figure wat die dekoratiewe rand van die ronde en gekurfde bak
             vorm.  Die Zizamele Keramiekbak het 'n 'speelse ritme' geskep deur die
             afwisselende patrone op die blou vroulike figure.  Nog 'n kontras is
             tussen die soliede bak en die positiewe en negatiewe spel van die ruimtes
             geskep deur die vroulike figure wat die rand van die bak vorm.  Die wit
             dekoratiewe kolpatroon kontrasteer met die soliede blou kleur van die rok.
             
         •   Patroon: Dekoratiewe geometriese  patrone word speels op die figure
             gebruik. Patrone kan as beide dekoratief  en tipies van Afrika-kuns of –
             ontwerp gesien word.  Die herhalende patroon op die vroulike vorm op
             die rand van die bak skep eenheid.  Die vroulike rok word ook herhaal
             om 'n patroon te skep. 
         •   Beweging: Die vroulike figure op die rand van die bak skep die sterkste
             vorm van ritmiese beweging  met hulle arms wat verbind is. Die gebruik
             van afwisselende blou vroulike figure versterk ook die beweging.  Die
             gebruik van geometriese patrone op die oppervlak as dekoratiewe element
             skep verdere beweging.  Die herhalende oppervlakpatrone skep ook
             beweging. 
         •   Fokuspunt: Sommige leerders mag die rand van die bak, geskep deur die
             silhoeëtte van die vrouens, as die fokuspunt sien.  Die manier waarop
             die vroulike figure vorentoe of inwaarts leun, lei ook die oog na die
             sentrale of fokuspunt in die onderste deel van die bak.  Die rompe van
             die vrouens wys almal na die middel van die bak.  Die sirkelagtige
             patrone en die rante van elke rok in die middel van die bak lei ook die oog
             na die middelpunt. 

         Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  3                           DBE/November 2013
                                    NSS – Memorandum

    V1.1               KOGNITIEWE                 GEWIGS-               VRAE         PUNTE
   VLAK               VAARDIGHEDE               TOEKENNING                            (10)
Laer orde        Herroeping                         30%                  1.1            3
Middelorde       Toepassing van elemente
                 en beginsels                          40%               1.1              4
                 Analise;
Hoër orde        Sintese;                              30%               1.1              3
                 Evaluering

1.2      [10 punte]

                                             FIGUUR B
                M2 Gebou en vertoonkamer vir Mazda motors, ontwerp deur Kengo Kuma,
                                       (Tokio Japan), 1991.

         1.2.1 (Ken 6 punte toe)
               •    Vorm volg funksie:
               Die konsep is deur die Bauhaus argitekte uitgedink. Klem is op die
               funksie van die ontwerp geplaas, 'n geval van 'jy kry wat jy sien'!  As
               'n ontwerper besluit om 'n skool of kerk te bou moet die gebou as sulks
               geïnterpreteer word. Versiering is basies 'n nagedagte. 
               In die M2 gebou het die ontwerper duidelik nie die stappe van die
               Bauhaus argitekte gevolg nie. In die ware gees van Postmodernisme
               het hy klem geplaas op die oorlading van elemente en Eklektiese style.
                Die argitek het drasties weggebreek van die frase Vorm Volf Funksie
               en het 'n gebou geskep wat oorheers word deur 'n groteske
               postmoderne Ioniese pilaar bestaande uit 'n chaotiese collage van lomp
               oormekaar geplaasde vorms.  Die funksie van die gebou is nie
               duidelik nie omdat die eklektiese styl verwarrend is en die doel of
               funksie kamoefleer. 
                •    Dekonstruksie:
                Die woord verwys na die gebruik van vorms en ruimte gebombardeer
                met gefragmenteerde,  skerp, botsende hoeke, skewe en onvoltooide
                vorms.  Die Dekonstruksie (beweging/styl) word sterk beïnvloed deur
                die kunsbewegings soos Kubisme, Futurisme en Konstruktivisme. 
                Die M2 gebou is duidelik gevorm deur die Dekonstruksie beweging/styl
                in die gebruik van fragmentering.  Populêre style gedekonstrueer vir
                hernuwing. 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    4                         DBE/November 2013
                                      NSS – Memorandum

                •     Minder is Vervelig:
                Robert Venturi het die frase gedurende Postmodernisme uitgedink. Die
                frase verwys na 'n ontwerp wat van verskillende style gebruik maak. 
                Die frase verwys ook na 'n reaksie op die klem op Minimalisme,
                uniformiteit en onbuigsame navolging van style of bewegings soos De
                Stijl, Bauhaus en die Internasionale Styl.  Baie beskryf die M2 gebou
                as Postmodernistiese, Neo-Historiese en Neo-Eklektiese argitektuur
                wat die idee van 'Minder is Vervelig' versterk.  Die M2 gebou kan ook
                as Pluralisties en Hibried of baster beskryf word.  Bogenoemde moet
                verband hou met die gebou.

         1.2.2 (Ken 4 punte toe)
               •   Kontras
               Die opvallendste kontras in die M2 Gebou word deur die gebruik van 'n
               reuse verskeidenheid tradisionele en moderne materiale geskep. 
               Nog 'n kontras word ingebring deur die gebruik van klassieke style met
               moderne style,  sowel as die glas teenoor die beton.  In dieselfde lig
               word kontras geskep deur die gebruik van Minimalisme teenoor
               Ornamentele ontwerp. 
                •    Fokuspunt
                Die argitek van die M2 gebou het van 'n monumentale klassieke Ioniese
                pilaar as die sentrale fokuspunt gebruik gemaak.  Die pilaar word in
                die middel geplaas en styg bo die res van die gebou uit.  Die grootte
                van die pilaar oorheers die proporsie van die gebou. 
                Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.

     V1.2                   KOGNITIEWE              GEWIGS-          VRAE             PUNTE
    VLAK                   VAARDIGHEDE            TOEKENNING                           (10)
Laer orde            Herroeping                        30%        1.2.1 + 1.2.2         3
Middelorde           Toepassing van elemente en        40%            1.2.1             4
                     beginsels
Hoër orde            Analise;                            30%      1.2.1 + 1.2.2           3
                     Sintese;
                     Evaluering
VRAAG 2 [10 punte]

AS3: Bespreek, verduidelik en toon die inhoud en funksie van produkte, beelde,
     tekens en simbole wat in ontwerp gebruik word om openlike en verborge
     boodskappe oor te dra en wat stereotipes en vooroordele van die verlede
     en hede bekragtig of bevraagteken.
AS2: Begrip van ontwerpteorie en die korrekte gebruik van ontwerpterminologie.

2.1      (Ken 8 punte toe)
         Leerders sal verskillende oogpunte ten opsigte van die vraag bied. Menings
         moet op gepaste ontwerptaal gebaseer word. Leerders moet die bestaan van
         stereotipes kan identifiseer en bespreek hoe hierdie ontwerp vooroordele,
         veranker in die ontwerp, uitdaag of versterk.
         (Die toepassing van kritiese denkvaardighede en die manier waarop die
         leerder die vraag gepas kan beantwoord, moet in die algemene assessering
         van hierdie vraag in ag geneem word.)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                     5                          DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

         FIGUUR A en B versterk stereotipes soos volg:

         •   Titel: Die feit dat die ontwerper doelbewus die stoele 'Syne' en 'Hare'
             genoem het, versterk 'n stereotipiese benadering dat daar spesifieke
             vorms vir elke geslag is.  Die titel onderskei duidelik ten opsigte van
             geslag tussen die twee stoele. 

         •   Materiale: Die feit dat die ontwerper materiale gekies het wat 'algemeen'
             met 'n man of vrou verbind word, is nog 'n aanduiding dat die ontwerper
             stereotipes versterk.  Die 'Syne' stoel maak gebruik van materiale wat
             tradisioneel as 'manlik' beskou word, d.i. manlike geharde,
             weerstandbiedende leer en rubber  terwyl die 'Hare' stoel opgestop is
             met 'n sagte fluweelagtige materiaal wat tradisioneel as vroulik beskou
             word. 

         •   Kleur: Sy 'Syne' stoel is oorgetrek in pikswart wat gesien word as 'n sterk,
             harde kleur wat die stereotipe van mans as altyd sterk en hard versterk 
             en die 'Hare' stoel heeltemal in rooi/pienk wat ook die stereotipe van
             vrouens as sag, skatlik en vroulik, passievol versterk. 

         •   Vorm: Albei stoele lyk baie dieselfde ten opsigte van vorm.  Die
             belangrikste verskille is dat die 'Syne' stoel 'n klein gekerfde kroonmotief
             aan die bokant het, wat die stereotipiese idee dat die man 'koning' of die
             leier is, versterk  en in vergelyking met die 'Hare' stoel effens groter of
             bonkiger is,  wat ook beklemtoon dat hy groter en sterker is. Die ander
             stoel is meer gerond. 

         Krediet moet gegee word aan enige ander geldige antwoorde.

2.2      (Ken 2 punte toe)

         Die leerder kan noem dat dit nodig sal wees om:
         • omstrede beelde wat vooroordeel en diskriminasie skep, te vermy 
         • beelde of stellings wat mans plaas in rolle wat van hulle verwag word, te
            vermy (die leier, sterk, die voorsiener)  en vroue in rolle wat van hulle
            verwag word (bv. swak, die seksobjek, die kok) 
         • mense as verteenwoordigend van unieke individue te bevorder 
         • verantwoordelike ontwerppraktyk, wat nie teen groepe of individue
            diskrimineer nie, te bevorder 

         Krediet moet ook gegee word aan enige ander redelike waarnemings.

     V2            KOGNITIEWE                  GEWIGS-                  VRAE             PUNTE
   VLAK          VAARDIGHEDE                 TOEKENNING                                   (10)
Laer orde      Waarneming;                       30%                      2.1               3
               Herroeping; Begrip
Middelorde     Toepassing                        40%                      2.1                4
               Analise; Sintese;
Hoër orde      Evaluering; Afleiding             30%                   2.1 + 2.2             3

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                     6                            DBE/November 2013
                                       NSS – Memorandum

VRAAG 3 [20 punte]

AS4: Ondersoek, reflekteer en interpreteer inligting vanuit 'n verskeidenheid
     bronne wat wêreldwye/globalisasie-invloede toon en hoe dit die
     ontwikkeling van ontwerp beïnvloed.

'n Leerder mag kies om enige voorbeeld soos verskaf in die LPR, PAT of enige
ander gedokumenteerde bron te gebruik.
LET WEL: Hoofnasieners moet die egtheid van die leerder se antwoord naslaan
indien 'n leerder 'n ontwerper wat nie op die Nasionale LOOM-lys is nie verskaf.
Geen punte sal toegeken word vir die naam van die ontwerper en die titel van die
ontwerpproduk/te nie. Slegs inligting wat relevant tot die vraag is, sal krediet kry.

3.1      (Ken 10 punte toe)

                          VERSKILLE                        OOREENKOMSTE
             Plaaslike en Internasionale Invloede
             FIGUUR A weerspieël 'n moderne        Beide maak gebruik van
             benadering tot tradisionele           tradisionele driedimensionele
             handwerk.  FIGUUR B word             handwerk, d.i. draad-/wolwerk. 
             beïnvloed deur plaaslike kultuur, nl.
             Bafana Bafana, populêre kultuur,
             terwyl FIGUUR A tradisionele Afrika-
             tegnieke gebruik om 'n Europese
             styl te vernuwe. 
             Gebruik van materiale
             FIGUUR A kombineer draad/wol met Beide ontwerpe maak gebruik van
             krale. Alhoewel tradisioneel skep die draad/wol wat dit 'n tradisionele of
             gebruik van wit krale 'n meer          handwerk/handgemaakte gevoel
             byderwetse/kontemporêre voorkoms. gee. 
              FIGUUR B maak gebruik van
             slegs telefoondraad en behou 'n
             tradisionele etniese gevoel. 
             Kleur
             FIGUUR A is monochromaties en          Geen.
             weerspieël 'n kalm, skoon, moderne
             en gesofistikeerde gevoel  terwyl
             FIGUUR B met helder, sterk kleure 'n
             naïewe en vrolike effek oordra. 
             Patroon
             Die vorms in FIGUUR A vorm 'n          Albei ontwerpe maak gebruik van
             patroon met die herhaling van die      die element patroon. 
             kandelaar se geboë arms en krale 
             maar in FIGUUR B skep die kleure
             en vorms 'n patroon deur die
             herhaling van die strepe en
             vereenvoudigde sokkerspelers. 
             Krediet moet ook gegee word aan         Krediet moet ook gegee word aan
             enige ander redelike waarnemings.       enige ander redelike
                                                     waarnemings.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                         7                  DBE/November 2013
                                           NSS – Memorandum

     V3.1               KOGNITIEWE                  GEWIGS-        VRAE              PUNTE
    VLAK               VAARDIGHEDE                TOEKENNING                          (10)
Laer orde            Waarneming                       30%           3.1                 3
Middelorde           Toepassing                       40%           3.1                 4
Hoër orde            Evaluering; Kritiek              30%           3.1                 3

3.2      (Ken 10 punte toe)

         LET WEL: 'n Leerder mag kies om enige voorbeeld soos verskaf in die
         LPR, PAT of enige ander gedokumenteerde bron te gebruik.

         EEN MOONTLIKE VOORBEELD: Michael Chandler 

         INVLOEDE EN KENMERKE:

         Sy werk is so uiteenlopend soos die land wat hom inspireer en dek van
         keramiekwerk en stoffeerstowwe tot juweliersware en meubels.  As 'n
         student het Michael by Stephan Welz en Sotheby's begin werk, waar sy
         oorweldigende nuuskierigheid ten opsigte van antieke ware  sy persoonlike
         kreatiewe projekte begin beϊnvloed het. Sedert hoërskool het Michael gesê
         dat die gekrabbel in sy notaboeke deur die Kaaps-Hollandse styl geïnspireer
         is.  Die Kaapse binnenshuise estetika  is 'n sterk tema in sy werk.

         Michael sê sy styl het 'n Kaaps-Hollandse aanslag op die Hollywood
         Regentskap voorkoms van die 1940's  en sy Afrika-erfenis  gee dit 'n
         ekstra skop. Sy styl kan as 'Kaapse Regentskap' gedefinieer word  maar dit
         is al voorheen gebruik, dus het hy dit eerder 'Kaapse Prag' genoem.  Prag
         is weelde sonder oordadigheid,  goeie kwaliteit-stukke op 'n diskrete wyse
         bymekaar gesit. Herhalende temas van blou-en-wit oosterse porselein, 
         Kaaps-Hollandse gewelmotiewe  en subtiele Afrika-elemente verskyn baie
         keer in Michael se ontwerpe, maar elkeen word altyd op 'n nuwe en
         kontemporêre wyse hervertolk. 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   8                             DBE/November 2013
                                     NSS – Memorandum

         Michael erken self dat hy van idees hou en nadat hy gekonseptualiseer het,
         gee hy sy ontwerpe vorm in een van sy notaboeke. Hy gee dan sy
         spitsvondige sketse aan 'n versigtig geselekteerde groep handwerkers van
         oraloor die Kaapse Skiereiland. Michael sê dat die proses vanaf idee tot item
         nie slegs deur sy kreatiwiteit beϊnvloed word nie, maar ook deur die
         kreatiwiteit van die handwerker.  Die handwerker wat een van sy ontwerpe
         skep, is een van die filters wat 'n invloed op die finale produk sal hê, net soos
         die materiaal self ook 'n filter is.  Dis inderdaad 'n informele samewerking.
          Hierdie ketting van individuele beϊnvloeding is wat uiteindelik die
         persoonlikheid van die finale produk definieer. 

         Michael se ontwerpe, alhoewel dekoratief, is funksionele objekte in soverre
         hulle gebruik kan word as spieëls, kandelare en draagbare hangertjies. 

    V3.2              KOGNITIEWE                     GEWIGS-                VRAE       PUNTE
   VLAK              VAARDIGHEDE                   TOEKENNING                           (10)
Laer orde       Herroeping; Opnoeming                  30%                   3.2         3
Middelorde      Toepassing                             40%                   3.2         4
Hoër orde       Evaluering/Afleiding                   30%                   3.2         3

VRAAG 4 [30 punte]

AS4: Ondersoek, reflekteer en interpreteer inligting vanuit 'n variëteit van
     bronne wat wêreldwye/globalisasie-invloede toon en hoe dit die
     ontwikkeling van ontwerp beïnvloed.
AS5: Analiseer, interpreteer en reflekteer krities op voorbeelde en bring hulle in
     verband met hulle kulturele, historiese en kontemporêre kontekste.

4.1     (Ken 10 punte toe vir elke beweging vir 'n totaal van 20)

        Leerders moet TWEE ontwerpe kies.

        TWEE MOONTLIKE KEUSES IS: FIGUUR A EN FIGUUR C

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  9                          DBE/November 2013
                                    NSS – Memorandum

        FIGUUR A: Geïnspireer deur die Kuns en Kunshandwerk Beweging. 
        DRIE KENMERKE VAN DIE GEBOU WAT DIE INVLOED VAN DIE KUNS EN
        KUNSHANDWERK ERA WEERSPIEËL:
        • Die gebou weerspieël die Kuns en Kunshandwerk Beweging se liefde vir die
           landelike Engelse Kothuisstyl  in die gebruik van hoofsaaklik natuurlike
           materiale, d.i. klipmure, houtvensters en dakteëls van klei. 
        • Die handgemaakte kwaliteit  van die gebou weerspieël die Kuns en
           Kunshandwerk Beweging se klem op vakmanskap en hulle verwerping van
           die masjien. 
        • Die eenvoudige, somber, bonkige kwaliteit  van die gebou asook die geboë
           ingang en vensters links herinner aan Middeleeuse Gotiese geboue wat 'n
           sterk invloed op die Kuns en Kunshandwerk Beweging gehad het. 
        TWEE ANDER TIPIESE KENMERKE VAN DIE KUNS EN KUNSHANDWERK
        BEWEGING:
        • Temas van die '' platteland '', bv. die melk van koeie; veldblomme was
           dikwels sigbaar. 
        • Tipiese onderwerpe het plante, diere, voëls en Middeleeuse
           ontwerpelemente soos die drie- en vierblaarklawerpatroon ingesluit. 
        • Produkte het tekstiele, meubels, keramiek, leeromslagboeke, metaalwerk en
           argitektuur ingesluit. 
        • Versiering is gebruik om die basiese ontwerp te verbeter. Ornamentasie was
           tot 'n minimum beperk. 
        • Tekstiele en keramiekontwerpe was meer organies as gevolg van die invloed
           van plante en diere. 
        • Hulle het gebruik gemaak van plat areas vol sterk kleur in verskillende
           skakerings van blou, geel en rooi. Hulle het ook gebruik gemaak van aardse
           tone. 
        • Die balans was oor die algemeen simmetries as gevolg van die Middeleeuse
           Gotiese invloed van stabiliteit en orde. 
        • Menslike figure vanuit Middeleeuse bronne kan dikwels gesien word, bv. in
           gebrandskilderde glas en meubelpanele. 
        • As gevolg van die reaksie teen industrialisering en die klem op vakmanne het
           handtegnieke hoogty gevier. 
        • Konstruksiedetail is dikwels ontbloot, bv. die klinknaels in metaalwerk en die
           tapwerk in meubels sou 'n dekoratiewe funksie hê. 
        • Natuurlike materiale wat 'onaangeraak' was deur die industrie is gebruik, bv.
           inheemse (Engelse) houtsoorte soos eik en berk. William Morris se idee van
           'getrouheid aan materiale', waar materiale onveranderd gebruik is om die
           skoonheid van die materiaal van die voorwerp te toon, was duidelik. 
        • Produkte het 'n landelike, kothuis-, ''onklaar'' gevoel gehad. 
        • 'n Herlewing van tradisionele handwerke soos weef, borduur,
           kantvervaardiging en tapisserie is sigbaar. William Morris was die
           hoofinspirasie vir hierdie hernude belangstelling. 

        Enige TWEE van hierdie kenmerke of enige ander relevante kenmerke kan
        genoem word. Kenmerke wat uitgewys is as duidelik herkenbaar in die Suid-
        Afrikaanse voorbeeld mag nie in hierdie afdeling herhaal word nie.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 10                          DBE/November 2013
                                   NSS – Memorandum

        EEN ONTWERPER EN WERK EN 'N KORT ANALISE VAN DIE WERK:
        Ontwerper: Phillip Webb 
        Ontwerp: Die Rooi Huis, Engeland, 1859 

        •    Die ontwerp is funksioneel en eenvoudig  met onopgesmukte oppervlaktes
             deurgaans. 
        •    Binnenshuise mure is met muurskilderye van blom- en voëlontwerpe bedek.
             
        •    Baie toebehore en meubelstukke is deur Webb ontwerp. 
        •    Die huis vertoon die gewone baksteenoppervlaktes van die Engelse
             kothuisstyl. 
        •    Die dak bestaan uit vele gepunte dakkies en skoorstene, tipies van die
             Gotiese argitektuur. 
        •    Die voorste ingang en vensters toon die geboë vorms van Gotiese
             argitektuur. 

        Gee krediet aan enige ander werk wat korrek genoem en geanaliseer is.

        FIGUUR C: Geϊnspireer deur die Bauhaus beweging. 
        DRIE KENMERKE VAN HIERDIE GEBOU WAT WYS DAT DIT DEUR DIE
        BAUHAUS BEWEGING BEÏNVLOED IS:
        • Tipies van die Bauhaus is hierdie gebou se gebruik van blokagtige,
           geometriese vorms. 
        • Die gebou is van die grond gelig op eenvoudige pilare wat ooreenstem met
           die Bauhaus waarvan die werkswinkelvleuel ook op betonblokke gelig is. 
        • Die oorheersende gebruik van onversierde beton in hierdie gebou is tipies
           van Bauhaus argitektuur. 
        Krediet moet gegee word aan enige geldige antwoord.
        TWEE ANDER TIPIESE KENMERKE VAN DIE BAUHAUS BEWEGING:
        • Bauhaus ontwerpe is gebaseer op suiwer, geometriese vorms soos die keël,
           die sirkel, die silinder en die kubus. 
        • In geboue oorheers reguit, horisontale en vertikale lyne. 
        • Organiese lyne en vorms word verwerp. 
        • Oppervlaktes is glad en onversier  om die eeu van die masjien te
           weerspieël. 
        • Primêre en neutrale kleure oorheers. 
        • Die klem is op funksionaliteit en vorms word deur die funksie van die produk
           bepaal ('vorm volg funksie'). 
        • Die skoonheid van produkte is in die formele rangskikking van die elemente
           van ontwerp om baie gebalanseerde en geordende komposisies te skep. 
        • Eenvoud word beklemtoon. 

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 Ontwerp/V1                                       11                         DBE/November 2013
                                          NSS – Memorandum

         Enige TWEE van hierdie kenmerke of enige ander relevante kenmerke kan
         genoem word. Kenmerke wat uitgewys is as duidelik herkenbaar in die Suid-
         Afrikaanse voorbeeld mag nie in hierdie afdeling herhaal word nie.

         EEN ONTWERPER EN WERK EN 'N KORT ANALISE VAN DIE WERK:

         Ontwerper: Marcel Breuer 
         Ontwerp: Wassily Stoel, 1925 - 1926 
         • Die stoel is van staalpype  en leerstroke gemaak. 
         • Reguit horisontale en vertikale lyne oorheers. 
         • Dit skep 'n geordende komposisie van geometriese, reghoekige en blokagtige
            positiewe vorms en negatiewe ruimtes. 
         • Oppervlaktes is glad en onversier. 

         Gee krediet aan enige ander werk wat korrek genoem en geanaliseer is.

      V4.1             KOGNITIEWE                    GEWIGS-               VRAE          PUNTE
     VLAK             VAARDIGHEDE                  TOEKENNING                             (20)
Laer orde         Herroeping van feite                 30%                   4.1           6
Middelorde        Toepassing                           40%                   4.1           8
Hoër orde         Kritiese analise                     30%                   4.1           6

 4.2      [10 punte]

          4.2.1       (Ken 2 punte toe)

                      Leerders moet aandui watter vertoonkas hulle verkies en moet hulle
                      keuse ondersteun met twee goed gemotiveerde redes.
                      Indien die keuse FIGUUR F was, kon die volgende redes gegee word:
                      Die krom lyne en vorms van die kas weerspieël die natuur baie mooi en
                      bring die natuur in die huis in. 
                      Die herhaling van die krom lyne skep 'n ritmiese ontwerp. 

                      Indien die keuse FIGUUR G was, kon die volgende moontlike redes
                      gegee word:
                      Die eenvoudige vorms en skoon lyne het 'n kontemporêre gevoel. 
                      Die groot boonste deel en ongewone plasing van rakke gee die kas 'n
                      spitsvondige, sonderlinge karakter. 

                      Krediet moet ook gegee word aan enige ander relevante stellings.

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                       12                          DBE/November 2013
                                         NSS – Memorandum

         4.2.2       (Ken 8 punte toe)

                     'n Tabel is verskaf om die merkproses te vergemaklik, maar daar
                     word van leerders verwag om die vergelyking in 'n paragraaf te
                     beantwoord.

                     VERGELYKING TUSSEN FIGUUR A EN FIGUUR C:
                     ART NOUVEAU                      MODERNISTIESE VERTOONKAS
                     VERTOONKAS (FIGUUR F)            (FIGUUR G)
                     VORM:
                     Die onderliggende vorms van      Die vorms is hoofsaaklik geometries
                     die kaste en laaie is            en blokagtig  om sodoende 'n heel
                     geometries,  maar dis           formele, masjienagtige  effek te
                     omraam en verbind met            skep, maar die effens geronde
                     mekaar deur middel van           hoeke van die boonste rakke en die
                     organiese, gekromde              skuifdeure onder versag die
                     houtstroke wat aan die stele     meganiese gevoel en voeg 'n
                     van plante en klimoppe           mindere skakel met die natuur
                     herinner om sodoende 'n          daarby.  Die skerp gepunte
                     oorheersende organiese,          voetstukke en diagonale pote
                     aardse voorkoms te skep.        herhaal die effens diagonale sye en
                                                      skerp hoeke van die reghoekige
                                                      vorms en voeg skerp, dinamiese
                                                      aksente by. 
                     FUNKSIE:
                     Die funksie van die kas word     Die funksie van die kas is duidelik
                     oorheers deur die kromlynige     en word nie oorheers deur
                     ritmes van die verweefde         oppervlakversiering of dekoratiewe
                     houtstroke.  Die stroke is oral elemente nie. 
                     oor die vorm en lei die oog weg
                     van die eintlike funksie van die
                     kas. 

                     Die kas is handig aangesien dit   Die kas het rakke en stoorruimte,
                     verskillende tipes stoorplek      maar bied nie vertoonruimte agter
                     het, bv. laaie, klein kassies,    glas nie.  Die kas bied nie soveel
                     asook ingelasde glas vir die      stoorruimte soos die Art Nouveau
                     vertoon van voorwerpe.           een nie aangesien ruimte die groot
                                                       boonste deel oorheers. 
                     RUIMTE:
                     Die ontwerper van die kas het     Negatiewe ruimte  speel ook 'n
                     versigtig negatiewe ruimtes in    belangrike rol in hierdie ontwerp
                     hierdie ontwerp geϊntegreer       aangesien die asimmetriese plasing
                     sodat soliede areas en            van die rakke op 'n interessante
                     negatiewe ruimtes visueel         wyse die wit agtergrond aktiveer.
                     opwindend op mekaar inwerk.       Die ruimte tussen die boonste en
                                                      onderste dele vorm 'n dun
                     FIGUUR F het 'n soliede           reghoekige band wat ander
                     voorkoms wat die ruimte           reghoekige vorms herhaal en as
                     oorheers, anders as in            bindingselement dien. 
                     FIGUUR G. 

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      13                              DBE/November 2013
                                        NSS – Memorandum

                      SIMMETRIE:
                      Die vorms en lyne is simmetries      Die groot vorm bo is sterk
                      om 'n sentrale as gerangskik wat     asimmetries wat tot die ongewone
                      help om die beweging geskep          spanning geskep deur sy grootte
                      deur die organiese lyne te           bydra.  Hierdie spanning word
                      stabiliseer.                        deur die simmetrie van die
                                                           onderste deel gestabiliseer. 

                      Die ontwerp is vertikaal             Horisontale en vertikale lyne is ook
                      simmetries, maar horisontaal         in hierdie kas sigbaar, maar hier
                      asimmetries.  Vertikale en          oorheers hulle die ontwerp en skep
                      horisontale lyne, gevorm deur        'n geheel wat meer formeel of
                      die kernvorm van die kas,            georden is.  Baie klein organiese
                      oorkruis en gee die ontwerp          elemente is sigbaar om 'n sagter,
                      stabiliteit,  terwyl die            stabiele effek te verseker. 
                      gekromde steelagtige 'arms'
                      dele verbind en uitvloeiende
                      gekromde rame dus die geheel
                      besig en vol beweging maak. 

                      Alhoewel die sentrale agterste       Die boonste, reghoekige vorm is
                      strook die grootste vorm is,         groot en oorheers die ontwerp en
                      oorheers of domineer dit nie die     skep 'n ongewone bowigtige
                      ontwerp nie.  Die belangrikste      komposisie.  Die feit dat die
                      vorms is heel gelyk in grootte,      onderste soliede kasgedeelte
                      alhoewel kontraste, wat visuele      soveel kleiner as die bogedeelte is
                      belangstelling wek, sigbaar is.     en ruimte die soliede dele in die
                                                           bogedeelte oorheers, word 'n
                                                           komposisie met opwindende
                                                           kontraste en spanning geskep. 

                     Gee krediet aan enige geldige stellings.

   V4.2                 KOGNITIEWE                          GEWIGS-             VRAE          PUNTE
   VLAK                VAARDIGHEDE                        TOEKENNING                           (10)
Laer orde      Waarneming; Begrip                             30%            4.2.1 + 4.2.2      3
Middelorde     Toepassing                                     40%                4.2.2          4
Hoër orde      Analise                                        30%                4.2.2          3

                                                                    TOTAAL AFDELING A: 80

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   14                            DBE/November 2013
                                     NSS – Memorandum

AFDELING B: ONTWERP IN 'N SOSIALE/OMGEWINGSKONTEKS

VRAAG 5 [20 punte]

AS7: Demonstreer en verstaan die maniere waarop ontwerp gebruik kan word
     om sosiale, kulturele, omgewings- en etiese kwessies te bekragtig of te
     bevraagteken.

5.1     SOSIALE KWESSIES (INTERNASIONAAL)

        5.1.1   (Ken 2 punte toe)
                Die beeld van steurende 'versplinterde' ledemate laat 'n mens
                ongemaklik voel.  Die plasing van hierdie 'versplinterde' kind binne 'n
                onrusbarende steriele huislike omgewing,  asook die grafiese
                Photoshop komposisies,  lewer die emosionele skokkende boodskap.
                 Die klein, eenvoudige lettertipe in 'n ligte skakering teen die leë muur
                beklemtoon die feit dat hierdie kind alleen in 'n 'leë' wêreld sonder
                ondersteuning is.  Die gebreekte pop impliseer baie. Wanneer ouers
                sinneloos met en kwaad vir hulle kinders raak, maak hulle die kinders
                beide emosioneel en fisies seer.  Die beeld is 'n metafoor vir
                kindermishandeling.  Hulle kry innerlik seer en verpletterde kinderjare
                is die resultaat. 
                Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

        5.1.2   (Ken 8 punte toe)
                Naam van die ontwerper: (1 punt) Kerina West 
                Titel van die ontwerp: (1 punt) 'My mother wore fur' plakkaatveldtog 

                Anti-pelsveldtogplakkaat getiteld 'My Mother Wore Fur' ontwerp deur
                Kerina West, (Palm Beach, Florida, Amerika), 2011.
                (6 punte)
                Die sosiale kwessie plakkaatveldtog 'My mother wore fur' is 'n anti-pels
                veldtog om mense te oorreed om nie die pels van diere te koop en die
                pelshandel te ondersteun nie.  Die grafiese ontwerper het op 'n slim
                wyse lyn gebruik om die teks te vorm, wat dan voortgevloei het in die
                beeld van 'n halwe of onklaar getekende hasie.  As gevolg daarvan
                word jou oog van die teks na die beeld gelei en word die sosiale
                boodskap van die plakkaat vergroot.  Die gebruik van lyn boots ook
                naaldwerk na en verleen sodoende effense tekstuur aan die ontwerp. 

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                        15                        DBE/November 2013
                                          NSS – Memorandum

                Gestikte letters verbind die boodskap sterk met die modebedryf.  Die
                steurende aard van die gare en die uitgerafelde materiaalstof dra die
                lyding van die pelshandel se slagoffers oor.  Die ontwerper het lyn
                gebruik om 'n klein harerige hasie te 'teken' en omdat hulle oulik is, voel
                jy jammer vir hulle.  Hierdeur het sy haar boodskap selfs sterker en
                meer emosioneel gemaak.  Die fokuspunt is 'n poging om die kyker in
                te lig oor waar pels vandaan kom in 'n kort, maar kragtige boodskap. 

                Krediet moet ook vir enige ander relevante inligting gegee word.

     V5.1                KOGNITIEWE               GEWIGS-              VRAE             PUNTE
    VLAK                VAARDIGHEDE             TOEKENNING                               (10)
Laer orde            Waarneming/                    30%                 5.1.2             3
                     Herroeping; Begrip
Middelorde           Toepassing                      40%                5.1.2                 4
Hoër orde            Analise;
                     Sintese;                        30%            5.1.1 + 5.1.2             3
                     Evaluering

5.2     SOSIALE KWESSIES (SUID-AFRIKAANS)

        LET WEL: 'n Leerder mag kies om enige voorbeeld soos verskaf in die
        LPR, PAT of enige ander gedokumenteerde bron te gebruik.

        5.2.1   (Ken 4 punte toe)
                Die fietse is kreatief aangepas om aan hulle behoeftes te voorsien. 
                Sommige het hulle fietse verander om goedere af te lewer en hulle eie
                besighede te bestuur  terwyl andere dit gebruik om kinders skool toe
                aan te ry of ander mense te pendel.  Transport was veral in die
                landelike gebiede waar daar geen ander transport is nie moontlik
                gemaak.  Die fietse het ook mense in staat gestel om onafhanklik in
                areas waar daar 'n gebrek aan transport van punt A na punt B is, te
                wees. 

                Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.

        5.2.2   (Ken 6 punte toe)
                EEN MOONTLIKE VOORBEELD: Siyazama Projek 
                Die stigter van die projek, Kate Wells, het die projek se doelstellings
                verduidelik deur te sê dat Siyazama (Zoeloe vir 'ons probeer') se
                handwerkvroue honderde klein, pragtig gekraalde kinderfiguurpoppies
                gemaak het. Gesamentlik het dit 'n sterk stelling gemaak oor statistieke
                ten opsigte van die VIGS-wesies in Suid-Afrika.  Die projek het ook
                die publikasie van die boek, Siyazama: Art, AIDS and Education, tot
                gevolg gehad. 

                Siyazama se werk poog om 'n stelling oor die reuse getalle VIGS-
                wesies in Suid-Afrika te maak, asook die impak wat daardie getalle op
                gemeenskappe waarin die kinders leef, het. 

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 16                           DBE/November 2013
                                   NSS – Memorandum

                Die klein kraalengelpoppies word gemaak om VIGS-wesies en dié wat
                geraak word deur VIGS te verteenwoordig.  Hulle is veronderstel om
                'n gebaar van hoop, 'n gebed van bewustheid en medelye te wees. 

                Die popmakers het in 2002 vir 'n projek wat inkomste sou genereer,
                bymekaar gekom,  maar soveel meer het gebeur. 'n Kragtige sinergie
                van saamsit om poppe te maak, inligting oor MIV/VIGS te deel, was 'n
                transformasieproses vir hulle.  Vir die meerderheid van hierdie
                handwerkvroue was deelname aan die Siyazama Projek hulle eerste
                geleentheid om van VIGS en sy kompleksiteite, anders as deur skinder
                en gerugte, te hoor.  Die popmakers het die inligting met ander vroue
                gedeel, dikwels ten spyte van teenstand en dreigemente van die mans.
                 Hulle het begin deur 'n tablo, wat die stryd van die vroue en hul
                groeiende woede teenoor die VIGS pandemie, van krale aanmekaar te
                werk.  Stadig maar seker, soos die vroue vasgebyt het, het die
                houdings begin verander en het 'n bewustheid van VIGS na hul
                plattelandse gemeenskap gekom.  Soos die kraal-vervaardigers se
                bekendheid en inkomste vanuit hulle poppe gegroei het, so het die
                mans se teenstand begin afneem. 

                Die Siyazama Projek bevorder die rol van kuns en ontwerp om
                inheemse kennisstelsels en vaardighede te bevestig  en ook as 'n
                medium om lewensbelangrike inligting oor MIV/VIGS onder die mees
                gemarginaliseerde en kwesbare mense in Suid-Afrika – plattelandse
                vroue – te versprei. 

                Die tablo van krale en die poppe (sommige lewensgroot) van Siyazama
                is al uitgestal in die Staat van Michigan se Universiteitsmuseum in
                Engeland, Swede en in die Kanadese Museum vir Beskawing. 
                Popversamelings word in opdrag van belangrike versamelings in die
                Verenigde State en die VK gemaak. 
    V5.2             KOGNITIEWE               GEWIGS-               VRAE           PUNTE
   VLAK             VAARDIGHEDE             TOEKENNING                              (10)
Laer orde       Waarneming/Herroeping;          30%                  5.2.2            3
                Begrip
Middelorde      Toepassing                       40%             5.2.1 + 5.2.2         4
Hoër orde       Analise;
                Sintese;                         30%                 5.2.1             3
                Evaluering

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      17                          DBE/November 2013
                                        NSS – Memorandum

VRAAG 6

Kandidate moet TWEE van die drie 10-punt-subvrae kies

6.1      SUID-AFRIKAANSE omgewingsontwerper
         (Ken 10 punte toe)

         6.1.1       (Ken 2 punte toe)
                     FIGUUR A herinner ons daaraan dat giftige afval 'n impak op ons
                     omgewing het.  Die beeld van olie wat in ons dreineringsisteme
                     gemors word, herinner ons daaraan dat dit 'n gevaar vir ons
                     watervoorrade inhou.  Die beelde herinner ons daaraan dat dit nie
                     goed is om te besoedel nie.  Die tralies wys ons dat dit 'n misdaad is
                     om giftige afval te vermors aangesien dit skade kan aanrig of ongesond
                     vir die omgewing kan wees.  Daar word gespeel met visuele beelde,
                     d.i. die dreindeksel wat tronktralies word. 

                     Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.

         6.1.2   (Ken 2 punte toe)
                 Herwinde materiaal bring direk die skoon omgewing waarin ons behoort
                 te leef na vore.  Die hergebruik van produkte verminder besoedeling.
                  Dit dra by tot 'n groen omgewing.  Dit skep ook 'n volhoubare
                 ekonomie en gewaarwording. 

                     Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.

         6.1.3   (Ken 6 punte toe)

                 LET WEL: 'n Leerder mag kies om enige voorbeeld soos verskaf in
                 die LPR, PAT of enige ander gedokumenteerde bron te gebruik.

                     Voorbeeld
                     Naam van die ontwerper: (1 punt) Roche van den Berg 

                     Ontwerp/Produk: (1 punt) 'Rubberboom' 

                     Beskrywing van die ontwerp: (2 punte)
                     Die produk is van rubber afkomstig en van gebruikte buitebande
                     gemaak.  Die produk is handgemaak deur die rubber te sny, te brei en
                     aanmekaar te werk. Die rubber is gerek en getransformeer na
                     verskeie teksture. Die ontwerper gebruik rubber omdat dit gevind is en
                     nooit geverf word nie. 

                     Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                       18                         DBE/November 2013
                                         NSS – Memorandum

                     Hoe spreek die produk groen kwessies aan? (2 punte)
                     Omrede rubber nie vergaanbaar is nie help die maak van die produkte
                     om afval te verminder en die ekosisteem te bevorder.  Die
                     transformering van afval in pragtige funksionele voorwerpe help om
                     plante en bome te laat groei in skoner grond of aarde.  Die hergebruik
                     van bestaande materiaal is nodig om sodoende die gebruik van rou
                     materiaal in alle verwante industrieë te beperk. 

                     Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.

     V6.1                KOGNITIEWE               GEWIGS-               VRAE              PUNTE
    VLAK                VAARDIGHEDE             TOEKENNING                                 (10)
Laer orde            Herroeping/Kennis;
                                                     30%                6.1.3                3
                     Begrip
Middelorde           Toepassing                      40%            6.1.1 + 6.1.3            4
Hoër orde            Analise;
                     Sintese;                        30%            6.1.1 + 6.1.2            3
                     Evaluering

                                             EN/OF

6.2      Internasionale omgewingsontwerper
         (Ken 10 punte toe)

         6.2.1       (Ken 3 punte toe)
                     Die huis sal in die somer weg van die son roteer om dit koel te hou,
                     sonder die gebruik van elektries aangedrewe apparate, bv. 'n
                     lugverkoeler.  Gedurende die winter roteer die huis na die son om dit
                     te verwarm en verminder dit die gebruik van verwarmers.  Die rotering
                     van die huis verseker maksimale natuurlike lig binne die huis. 

                     Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.

         6.2.2       (Ken 7 punte toe)

                     LET WEL: 'n Leerder mag kies om enige voorbeeld soos verskaf in
                     die LPR, PAT of enige ander gedokumenteerde bron te gebruik.

                     Naam van die ontwerper: (1 punt) Michael Young 

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      19                           DBE/November 2013
                                        NSS – Memorandum

                     Titel van die ontwerp: (1 punt) Voëlnes 

                     Beskrywing van die ontwerp: (3 punte)
                     'Voëlnes' verwys na die verskillende ontwerpe deur Michael Young om
                     vestings vir voëls, vlermuise en bye te verskaf.  Die neste word van
                     afvalmateriaal (rommel) gebou en sluit koerantpapier, plastiek, lateks,
                     hout en draad in.  Die materiaal word inmekaar geweef en gegom om
                     dit sterk te maak  en gevolglik 'n ryk tekstuur te gee. 

                     Hoe die ontwerp tot die omgewing bydra: (2 punte)
                     Deur afvalmateriaal (rommel) te gebruik, help die projek in die skoonmaak
                     van die omgewing.  Die herwinning van materiaal help om besoedeling
                     te verminder. 

                     Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.

     V6.2                KOGNITIEWE              GEWIGS-                VRAE                PUNTE
    VLAK                VAARDIGHEDE            TOEKENNING                                    (10)
Laer orde            Herroeping/Kennis;
                                                     30%                 6.2.2                  3
                     Begrip
Middelorde           Toepassing                      40%             6.2.1+ 6.2.2               4
Hoër orde            Analise;
                     Sintese;                        30%                 6.2.1                  3
                     Evaluering

                                             EN/OF

6.3      [Ken 10 punte toe]

         6.3.1       (Ken 2 punte toe)
                     Hierdie is 'n manier om nieherwinbare afval te verminder en dit op 'n
                     ander handige wyse te gebruik.  Dit verminder die gebruik van nuut
                     vervaardigde materiaal wat òf die aarde se bronne sal uitput óf sal
                     gebruik maak van skadelike vervaardigingprosesse.  Die gebruik van
                     die herwinbare materiaal verminder kwessies rakende opvulterreine. 
                     Indien die afvalprodukte nie herwin word nie mag hulle bydra tot
                     bemorsing wat 'n impak op die omgewing kan hê. 

         6.3.2       (Ken 8 punte toe)
                     LET WEL: 'n Leerder mag kies om enige voorbeeld soos verskaf in
                     die LPR, PAT of enige ander gedokumenteerde bron te gebruik.

                     Punte behoort slegs toegeken te word aan 'n ontwerper en ontwerp
                     wat nie voorheen bespreek is nie.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      20                            DBE/November 2013
                                        NSS – Memorandum

                     INTERNASIONALE OMGEWINGSONTWERPER

                     Naam van die ontwerper: (1 punt) Francois Legault 

                     Doelstellings van die ontwerper: (2 punte)
                     Die ontwerper mik om ekovriendelike produkte te skep.  Die ontwerper
                     mik om gebruik te maak van reeds bestaande produkte beskikbaar in ons
                     omgewings om iets nuuts en aantreklik te skep.  Francois is sensitief
                     teenoor bekommernisse oor die omgewing en gebruik meestal
                     kombuistoebehore vir sy ontwerpe. 

                     Algemene kenmerke van die ontwerper se werk: (2 punte)
                     Die produkte word van eetgerei, glase, klein bordjies, spykers, skroewe
                     en meestal lepels gemaak.  Die ligte is meestal van kombuistoebehore
                     wat verskillend gerangskik is om elkeen 'n spesiale unieke ontwerp te
                     gee.  Soms word 'n swaar glasbodem gebruik om die lamp te stabiliseer
                     sodat die bokant in enige rigting gedraai kan word sonder om die
                     staander se posisie te affekteer.  Die kleur op die produk is opsioneel.

                 Titel en hoe die werk omgewingskwessies aanspreek:
                 Titel van die werk: (1 punt) 'Triple Espresso' 
                 Hoe die werk omgewingskwessies aanspreek: (2 punte)
                 Die lamp is van ongebruikte of gevonde kombuisvoorwerpe gemaak
                 (koppie en piering), wat nie biovergaanbaar is nie. Die manier om
                 nieherwinbare afval te verminder deur dit op verskillende en bruikbare
                 maniere te gebruik, help die omgewing deur besoedeling tot 'n minimum
                 te beperk.

                     Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.

                                                        OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      21                            DBE/November 2013
                                        NSS – Memorandum

                     (Ken 8 punte toe)
                     SUID-AFRIKAANSE OMGEWINGSONTWERPER

                     LET WEL: 'n Leerder mag kies om enige voorbeeld soos verskaf in
                     die LPR, PAT of enige ander gedokumenteerde bron te gebruik.
                     Naam van die ontwerper: (1 punt) Ronél Jordaan 
                     Doelstellings van die ontwerper: (2 punte)
                     Ronél kies haar materiaal versigtig omdat sy die neweprodukte wil
                     hergebruik.  Die produkte is in harmonie met die natuur, want prosesse
                     geϊmplimenteer in die werkswinkel is almal ekovriendelik. 
                     Algemene kenmerke van die ontwerper se werk: (2 punte)
                     Ronél is oorheersend geϊnspireer deur die natuur.  Sy skep 'rots'-
                     kussings,    spoelklippie   'rivierbedding' matte,  'vallende  blare'
                     muurbehangsels en blompatroon dekens.  Die natuurgeϊnspireerde
                     goedere het die tekstuur en vorms van blare en blomme, spinnerakke,
                     dorings, velle en boombas.  Haar ontwerpe vermeng kontemporêre
                     interieurs met die skoonheid, eenvoud en stilte van die natuur op 'n
                     ekspressiewe en speelse wyse.  Die produkte is handgemaakte
                     natuurlike vesel, meestal 100% merinowol. 
                     Titel en hoe die werk omgewingskwessies aanspreek:
                     Titel van die werk: (1 punt) 'Disa Weave'
                     Hoe die werk omgewingskwessies aanspreek: (2 punte)
                     Die prosesse in die werkswinkel geϊmplementeer is almal ekovriendelik.
                      Grys afvalwater wat in die proses agterbly, word hergebruik in
                     organiese kostuine.  Omdat seep belangrik is vir die verviltingproses
                     gebruik sy 'n produk wat ten volle biovergaanbaar is en dit is noodsaaklik
                     vir die omgewing.  Die kleurstowwe word ingevoer omdat hulle loodvry
                     is en aan Ekostandaarde voldoen.  Sy verkool/karboniseer nie die wol
                     wat sy gebruik nie omdat daar tradisioneel 'n bad met hidrochloried en
                     ander chemikalieë in hierdie proses gebruik word. 
                     Krediet moet gegee word aan enige geldige en redelike antwoord.
   V6.3         KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                  GEWIGS-            VRAE           PUNTE
   VLAK                                               TOEKENNING                           (10)
Laer orde      Waarneming/Herroeping;                                       6.3.2
                                                           30%                                3
               Begrip
Middelorde     Toepassing                                  40%          6.3.1 + 6.3.2         4
               Analise;
Hoër orde      Sintese;                                    30%              6.3.2             3
               Evaluering
                                                                  TOTAAL AFDELING B:                40
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Design P1 Nov 2013 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2013-memo-eng/a4b2f013-72b6-4074-99b1-d4d5155f9181) — Design · Memo · 2013 · Eng
- [Design P1 Nov 2013 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2013-eng/fc9ddae7-b90c-48e2-9b3b-0008e557d0f7) — Design · QP · 2013 · Eng
- [Design P1 Nov 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2013-afr/308aacba-7908-41ab-aa11-7cf132c1790c) — Design · QP · 2013 · Afr
- [DSGN P1 MEMO ENG SEP 2013](https://www.hlayiso.com/library/dsgn-p1-memo-eng-sep-2013/898fbc6b-198a-4096-af68-5c39e07a578a) — Design · Memo · 2013 · Eng
- [Design P1 Nov 2020 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2020-memo-eng/4557d936-063d-4754-b6a8-e25c4d279f64) — Design · Memo · 2020 · Eng
- [Design P1 Nov 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2019-memo-eng/897e5c02-af3d-4258-9c23-310678ff22eb) — Design · Memo · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-afr/e35d300a-db4f-4a06-ba8a-6f659dbd37ad) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/3f14a710-b913-44a8-ade1-31e4d395f557) — QP · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/47ba80e3-12dd-4fd4-8302-34e3b97a6b9a) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-eng/3f0bd4c5-8226-45ef-87fa-5c9996cba696) — QP · 2024 · Eng
- [Design P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-afr/6958913b-f502-40d3-8387-1f0a78a3ed25) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
