# Design Grade 12 P1 NSC November 2017 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Design Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2017-afr/c24d8251-5866-4004-b0db-b1e08e25af5a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 P1 NSC November 2017 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2017-afr/c24d8251-5866-4004-b0db-b1e08e25af5a)

## About this document

Design · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                                     ONTWERP V1

                                        (TEORIE)

                                   NOVEMBER 2017

PUNTE: 100

TYD: 3 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
                      Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  2                           DBE/November 2017
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

2.       Daar is drie keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur.

3.       Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

         AFDELING A:       Ontwerpgeletterdheid (30 punte)
                           VRAAG 1 tot 3

         AFDELING B:       Ontwerpgeskiedenis (30 punte)
                           VRAAG 4

         AFDELING C:       Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubare
                           konteks (40 punte)
                           VRAAG 5 en 6

4.       Lees die vereistes vir elke vraag aandagtig deur.

5.       Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite. MOENIE in tabelvorm
         antwoord NIE.

6.       Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag moet
         bestee.

7.       MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  3                        DBE/November 2017
                                           NSS

AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID

VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE

Beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.

1.1

                 FIGUUR A: Laaikas deur Renée Rossouw en Deánne Viljoen,
                            De Steyl-ateljee (Suid-Afrika), 2015.

         1.1.1        Analiseer en bespreek die gebruik van die volgende elemente en
                      beginsels van ontwerp ten opsigte van FIGUUR A:
                      •   Ritme
                      •   Tekstuur
                      •   Kontras
                      •   Fatsoen                                              (4 x 2)       (8)

         1.1.2        Definieer die term totemisties deur na die laaikas in FIGUUR A
                      te verwys.                                                             (2)
                                                                                             [10]
                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    4                         DBE/November 2017
                                             NSS

1.2

               FIGUUR B: How the Birds Chose a King (Hoe die Voëls 'n Koning
             Gekies Het) (ontwerp-illustrasie) deur Jono Garrett (Johannesburg), 2015.

         1.2.1       Analiseer en bespreek die gebruik van die volgende ten opsigte van
                     FIGUUR B:

                     •   Negatiewe ruimte
                     •   Beweging
                     •   Balans
                     •   Lyn                                                      (4 x 2)       (8)

         1.2.2       Definieer die term gestileerd met verwysing na FIGUUR B.                   (2)
                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 5                         DBE/November 2017
                                          NSS

VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP

             I disapprove of what you say, but I will defend to the death your
                          right to say it. – Voltaire (1694–1778)

            (Vertaling: Ek keur nie goed wat jy sê nie, maar ek sal jou reg
                        om dit te sê, tot die dood toe verdedig.)
         FIGUUR C: Vryheid-van-spraak-veldtogplakkaat, ontwerper onbekend,
                                      (VSA), 2012.

2.1      Identifiseer DRIE simbole in FIGUUR C en verduidelik hoe dit die boodskap
         van die plakkaat beklemtoon.                                                        (6)

2.2      Visuele hiërargie is die rangskikking van visuele elemente in 'n ontwerp wat
         die volgorde waarin die menslike oog waarneem/interpreteer, beïnvloed.
         Bespreek die gebruik van visuele hiërargie in FIGUUR C.                             (2)

2.3      Bespreek hoe die ontwerper kleur gebruik om die boodskap van die plakkaat
         te beklemtoon.                                                                      (2)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 6                        DBE/November 2017
                                          NSS

VRAAG 3

Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.

3.1

                      FIGUUR D: Madikwe Safari-lodge deur Rob Marnewick
                          (Nasionale Krugerwildtuin, Suid-Afrika), 2011.

             FIGUUR E: Voorgestelde restaurant deur Kylie Shamini (Turkye), 2016.
         In 'n opstel (ten minste EEN bladsy) vergelyk die binneontwerp van
         FIGUUR D met dit van FIGUUR E hierbo.
         Verwys na die volgende in jou vergelyking:
         •    Gebruik van kleur
         •    Inspirasie/Invloede
         •    Teikenmark
         •    Funksie(s)
         •    Gebruik van materiaal                                                         [10]
                                                OF
Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   7                          DBE/November 2017
                                            NSS

3.2

               FIGUUR F: Hadrian se Villa, argitek onbekend (Tivoli, Italië), 2de eeu VHJ.

                            FIGUUR G: 'Palace of the Lost City' deur WATG
                                (Rustenburg, Suid-Afrika), 1990–1992.

         Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die Klassieke gebou in
         FIGUUR F met die kontemporêre gebou in FIGUUR G vergelyk. Anders kan
         jy enige Klassieke gebou met enige kontemporêre gebou wat jy bestudeer
         het, vergelyk.

         Gebruik die volgende in jou opstel:

         •    Funksie
         •    Uitleg/Plan
         •    Materiaal
         •    Terrein
         •    Invloede                                                           (5 x 2)       [10]
                                                               TOTAAL AFDELING A:              30
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  8                          DBE/November 2017
                                           NSS

AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS

VRAAG 4

4.1      Waarlik grootse ontwerp kan verder as die blote oplossing van 'n probleem
         gaan om mense se menings en handelinge te beïnvloed, en selfs die manier
         waarop hulle hul lewens leef.

         Kies enige TWEE ontwerpbewegings/-style hieronder en skryf 'n opstel
         (ten minste TWEE bladsye) waarin jy verduidelik hoe elke beweging/styl
         mense se handelinge beïnvloed het, en moontlik hul lewenswyses verander
         het. Ondersteun jou antwoord deur die doelstellings, invloede en algemene
         kenmerke/eienskappe van die ontwerpbewegings/-style te bespreek.
         Bespreek ten minste EEN werk deur EEN ontwerper van ELKE beweging/styl.
         •   Grieks                          •    Barok
         •   Neoklassiek                     •    Pop
         •   Kuns en Kunsvlyt                •    Postmodernisme
         •   Art Nouveau                     •    Dekonstruktivisme
         •   Bauhaus                         •    Modernisme
         •   Art Deco                        •    Skandinawies
         •   Goties                                                                            (20)

4.2

             FIGUUR H: Renaissance-bed.          FIGUUR I: Bed deur De Stijl beïnvloed.

         Skryf 'n kort opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die bed in FIGUUR H
         met die bed in FIGUUR I vergelyk deur te verduidelik hoe hulle onderskeidelik
         Renaissance en De Stijl verteenwoordig.
         Gebruik die volgende riglyne om jou vergelyking in hooftrekke te beskryf:
         •    Doelstellings
         •    Harmonie
         •    Vorm
         •    Gebruik van kleur
         •    Invloede                                                           (5 x 2)       (10)

                                                               TOTAAL AFDELING B:              30
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      9                       DBE/November 2017
                                               NSS

AFDELING C:          ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE
                     KONTEKS

VRAAG 5

Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.

5.1

                     FIGUUR J: Die Wimpy Braille-veldtog deur Metropolitan Republic
                                         (Suid-Afrika), 2016.

         5.1.1        Hoe vier die veldtog in FIGUUR J inklusiwiteit?                          (2)

         5.1.2        Hoekom moet ontwerpers inklusiwiteit in hulle ontwerpprodukte
                      oorweeg?                                                                 (2)

         5.1.3        Verduidelik EEN ander manier waarop ontwerp inklusiwiteit kan
                      weerspieël. Verwys na 'n voorbeeld.                                      (2)

         5.1.4        Skryf TWEE opstelle (ten minste EEN EN 'N HALWE bladsye in
                      totaal) waarin jy die werk van EEN kontemporêre sosiaal
                      verantwoordelike Suid-Afrikaanse ontwerper/ontwerpgroep EN EEN
                      kontemporêre sosiaal verantwoordelike internasionale ontwerper/
                      ontwerpgroep wat jy bestudeer het, bespreek. Verwys na EEN
                      ontwerpvoorbeeld deur ELKE ontwerper/ontwerpgroep wat sosiaal
                      verantwoordelike ontwerppraktyk aanpak.

                      JY mag NIE na enige ontwerpe verwys wat jy voorheen bespreek
                      het, of na ontwerpers/ontwerpgroepe na wie in hierdie vraestel
                      verwys is nie.                                                           (14)
                                                                                               [20]
                                                  OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    10                        DBE/November 2017
                                             NSS

5.2

                 FIGUUR K: Tradisionele Nguni-produkte (Suid-Afrika), 1985.

         5.2.1        Dink jy dat die tradisionele produkte in FIGUUR K vandag nog
                      nuttig is? Gee redes vir jou antwoord.                                   (2)

         5.2.2        Verwys na enige EEN tradisionele Suid-Afrikaanse kunshandwerk-
                      gemeenskap wat jy hierdie jaar bestudeer het en bespreek die
                      volgende:

                      •   Materiaal, metodes en prosesse wat in die maak van die
                          kunshandwerkproduk gebruik word
                      •   Beskrywing en analisering van die kunshandwerkprodukte
                      •   Die moontlike funksies van die kunshandwerkprodukte                  (8)

         5.2.3        Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) oor enige EEN
                      kontemporêre Suid-Afrikaanse ontwerper wie se ontwerpe deur
                      Suid-Afrikaanse-/Afrika- tradisionele kunshandwerk beïnvloed
                      word.

                      Gebruik die volgende riglyne in jou bespreking:

                      •   Gee die naam van die ontwerper/ontwerpgroep en die
                          ontwerpproduk(te)
                      •   'n Kort beskrywing en analise van ten minste EEN werk en
                          verduidelik hoe dit die invloed van tradisionele kunshandwerk
                          weerspieël
                      •   Die etiese aangeleenthede wat deur die werk van hierdie
                          ontwerper of ontwerpgroep benader word

                      JY mag NIE na enige ontwerpers/ontwerpgroepe verwys wat jy
                      voorheen bespreek het, of na ontwerpers/ontwerpgroepe na wie in
                      hierdie vraestel verwys is nie.                                          (10)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   11                      DBE/November 2017
                                            NSS

VRAAG 6
6.1

                  FIGUUR L: Plastiek-dorpshuis deur Isla Colon (Panama), 2016.

             Doeltreffende volhoubare ontwerpoplossings voldoen aan die beginsels van
             sosiale, ekonomiese en ekologiese volhoubaarheid.

         Bespreek die stelling hierbo deur na FIGUUR L te verwys.
         Verwys na die volgende in jou bespreking:
         •     Waterbewaring
         •     Energiedoeltreffendheid
         •     Koolstofdioksied(CO 2 )-vermindering                            (3 x 2)       (6)
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   12                    DBE/November 2017
                                            NSS

6.2      Bespreek in TWEE aparte opstelle (ten minste EEN EN 'N HALWE bladsye in
         totaal) EEN kontemporêre internasionale ontwerper/ontwerpagentskap/
         ateljee EN EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse ontwerper/ontwerpagentskap/
         ateljee wie se werk omgewingsvriendelik is.

         Sluit die volgende by jou bespreking in:

         •   Naam van die ontwerper/ontwerpagentskap/ateljee
         •   EEN werk deur die ontwerper/ontwerpagentskap/ateljee
         •   'n Kort beskrywing en analise van hierdie werk
         •   Die ontwerper/ontwerpagentskap/ateljee se algemene karaktereienskappe
         •   Hoekom en hoe die ontwerper/ontwerpagentskap/ateljee se produkte
             omgewingsvriendelik is

         JY mag NIE na enige ontwerpers/ontwerpgroepe verwys wat jy voorheen
         bespreek het, of na ontwerpers/ontwerpgroepe na wie in hierdie vraestel
         verwys is nie.                                                                (14)
                                                                                       [20]

                                                           TOTAAL AFDELING C:          40
                                                               GROOTTOTAAL:            100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Design P1 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2017-eng/e2f1d829-f1ae-4291-b982-8827ebd5f953) — Design · QP · 2017 · Eng
- [Design P1 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2017-memo-eng/f5d8441f-5f2c-49d8-ab92-8da621e89e48) — Design · Memo · 2017 · Eng
- [Design P1 Nov 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2017-memo-afr/05878128-7eb2-4f90-8a89-c8a7327dbca5) — Design · Memo · 2017 · Afr
- [Design P2 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2017-afr/75084866-26ac-41a7-8e27-e142ffbd1b2c) — Design · QP · 2017 · Afr
- [Design P2 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2017-eng/75cd6f25-4fdd-40f1-a9cc-bbbc2303c2a3) — Design · QP · 2017 · Eng
- [GR12 DSGN P1 Sept2017 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-dsgn-p1-sept2017-qp-eng/678aa902-4c78-4a74-8d7b-119346299a3f) — Design · QP · 2017 · Eng

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-mg-afr/ccc80683-987a-4611-994f-f9eff5587a50) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/79defddf-f99d-45c8-840b-73877abd8f11) — Memo · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/a85d8220-5a26-4f17-990e-081cb336014f) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2024-eng/e3c099fa-b074-4932-aa7e-cbc7e78a1e3e) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
