# Design Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Design Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2018-afr/169b2964-39b3-4515-b57f-66898ced700e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2018-afr/169b2964-39b3-4515-b57f-66898ced700e)

## About this document

Design · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                                     ONTWERP V1

                                        (TEORIE)

                                   NOVEMBER 2018

PUNTE: 100

TYD: 3 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
                      Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  2                           DBE/November 2018
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

2.       Daar is drie keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur.

3.       Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

         AFDELING A:      Ontwerpgeletterdheid (30 punte)
                          VRAE 1 tot 3

         AFDELING B:      Ontwerpgeskiedenis (30 punte)
                          VRAAG 4

         AFDELING C:      Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubare
                          konteks (40 punte)
                          VRAAG 5 en 6

4.       Lees die vereistes vir elke vraag aandagtig deur.

5.       Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite. MOENIE in tabelvorm
         antwoord NIE.

6.       Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag
         moet bestee.

7.       MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                     3                         DBE/November 2018
                                              NSS

AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID

VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE

BEANTWOORD ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.

1.1

             FIGUUR A: Tslops-plakkaat deur Hylton Warburton (Suid-Afrika), 2011.

        1.1.1        Analiseer die gebruik van die volgende elemente en beginsels in
                     FIGUUR A hierbo:
                     •   Kleur
                     •   Kontras
                     •   Fokuspunt
                     •   Eenheid                                                   (4 x 2)       (8)

        1.1.2        Bespreek hoe eenheid in diversiteit in hierdie plakkaat verkry word.
                     Verwys na TWEE simbole wat in FIGUUR A hierbo gebruik word om
                     dit te verkry.                                                              (2)
                                                                                                 [10]
                                              OF
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  4                         DBE/November 2018
                                           NSS

1.2

                 FIGUUR B: Exocarp-stoel deur Guillermo Bernal (Italië), 2015.

         Verduidelik die gebruik van die volgende ontwerpterme deur na FIGUUR B
         hierbo te verwys:

         •    Biomimikrie
         •    Ergonomie
         •    Vorm
         •    Tekstuur
         •    Balans                                                             (5 x 2)     [10]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                5                        DBE/November 2018
                                         NSS

VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP

        FIGUUR C: Nelson Mandela-plakkaat deur The Mandela Poster Project, 2013.

2.1      Identifiseer DRIE beelde wat simboliese waarde het EN verduidelik hulle
         moontlike betekenisse met verwysing na die plakkaat in FIGUUR C hierbo.          (6)

2.2      Bespreek hoe die gebruik van kleur daartoe bydra om die betekenis van die
         plakkaat hierbo oor te dra.                                                      (2)

2.3      Bespreek hoekom die plakkaat in FIGUUR C as bevooroordeeld beskou kan
         word.                                                                            (2)
                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  6                          DBE/November 2018
                                           NSS

VRAAG 3

Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.

3.1        Verwys na FIGUUR D en FIGUUR E hieronder en beantwoord die vraag wat
           volg.

      FIGUUR D: Teepot           FIGUUR E: Tee-eier en -siffie ('Tea Infuser and Strainer')
      deur Hennie Meyer                 deur Marianne Brandt (Duitsland), 1924.
      (Suid-Afrika), 2015.

           Skryf 'n opstel van ten minste 200–250 woorde (EEN bladsy) waarin jy
           FIGUUR D met FIGUUR E vergelyk.

           Verwys na die volgende:

           •   Vorm
           •   Produksiemetode
           •   Medium
           •   Versiering
           •   Inspirasie                                                        (5 x 2)      [10]

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      7                          DBE/November 2018
                                               NSS

3.2

             FIGUUR F: Bosjes-kapel deur Steyn's Studio              Interieur van Bosjes-kapel
                        (Suid-Afrika), 2016.                             deur Steyn's Studio
                                                                         (Suid-Afrika), 2016.

          FIGUUR G: Tempel van Herkules (Italië),             Detail van Tempel van Herkules
                      2de eeu VHJ.                                   (Italië), 2de eeu VHJ.

         3.2.1       Vergelyk, in 'n paragraaf, die strukture en invloede op die plekke van
                     aanbidding hierbo.                                                           (4)

         3.2.2       Skryf 'n opstel van ten minste 120–150 woorde (halwe bladsy)
                     waarin jy die kontemporêre Steyn's Studio-kapel in FIGUUR F met
                     die Antieke Romeinse tempel van Herkules in FIGUUR G vergelyk.

                     Anders kan jy enige Klassieke gebou wat jy bestudeer het, met
                     enige kontemporêre gebou wat 'n soortgelyke funksie het, vergelyk.

                     Verwys na die volgende:

                     •   Materiaal
                     •   Tegnologie
                     •   Funksie                                                    (3 x 2)       (6)
                                                                                                  [10]

                                                                  TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                               8                        DBE/November 2018
                                        NSS

AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS

VRAAG 4

4.1

                         FIGUUR H                                FIGUUR I

        Kies TWEE bewegings uit die lys hieronder. Skryf 'n opstel van
        400–450 woorde (TWEE bladsye) waarin die een beweging die aanhaling in
        FIGUUR H weerspieël, terwyl die ander beweging die aanhaling in FIGUUR I
        weerspieël.

        Bespreek kortliks die doelstellings, invloede en eienskappe van ELKE
        beweging en verduidelik hoe ELKE beweging die gekose aanhaling
        weerspieël. Verwys na EEN voorbeeld en ontwerper van ELKE beweging in jou
        bespreking om jou stellings te motiveer.

        •    Goties
        •    Renaissance
        •    Barok
        •    Neoklassisisme
        •    Kuns en Kunsvlyt
        •    Art Deco
        •    De Stijl
        •    Bauhaus
        •    Skandinawies
        •    Pop
        •    Postmodernisme
        •    Konstruktivisme                                                              (20)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 9                          DBE/November 2018
                                          NSS

4.2

             FIGUUR J: Boekomslag deur                  FIGUUR K: Boekomslag,
                HM Brock, Art Nouveau               ontwerper onbekend, Modernisme
                  (Engeland), 1895.                          (VSA), 1950's.

        In 'n opstel van 200–250 woorde (EEN bladsy) vergelyk die twee geïllustreerde
        boekomslae hierbo om te verduidelik hoekom hulle die bewegings waaraan
        hulle behoort, verteenwoordig.

        Verwys na die volgende in jou bespreking:

        •    Invloede
        •    Doelstellings
        •    Kleur
        •    Lyn
        •    Fatsoen                                                           (5 x 2)       (10)

                                                              TOTAAL AFDELING B:             30

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                     10                      DBE/November 2018
                                              NSS

AFDELING C: ONTWERP   IN  'N  SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS-                             EN
            VOLHOUBARE KONTEKS

VRAAG 5

Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.

5.1

                FIGUUR L: 'Words kill wars' ('Woorde maak oorloë dood')-plakkaat deur
                                    Ogilvy & Mather (Japan), 2017.

        5.1.1        Verduidelik hoe die boodskap deur die plakkaat in FIGUUR L hierbo
                     uitgebeeld word deur na die volgende te verwys:

                     •   Komposisie
                     •   Simboliek
                     •   Gebruik van beelde                                     (3 x 2)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                     11                        DBE/November 2018
                                              NSS

        5.1.2        Skryf TWEE aparte opstelle van ten minste 200–250 woorde
                     ELK (TWEE bladsye in totaal), en noem en bespreek die werke van
                     EEN Suid-Afrikaanse kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep EN EEN
                     internasionale kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep wat sosio-
                     kulturele kwessies beklemtoon.
                     Ondersteun jou bespreking met die volgende:
                     •   'n Kort analise van EEN voorbeeld deur ELKE ontwerper/
                         ontwerpgroep
                     •   Hoekom kan die voorbeeld hierbo as eties en mensgesentreerd
                         beskou word?
                     •   Hoe word hierdie sosiokulturele kwessies aangepak? (Verwys na
                         werkprosesse, materiaal en ontwerp-etiek.)
                     Jy mag NIE na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) verwys wat jy
                     voorheen bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel
                     gebruik is nie.                                                             (14)
                                               OF

5.2

             FIGUUR M: Kleurgeweefde Versameling ('Colour-weaved Collection'),
             slegs in Suid-Afrika beskikbaar deur Converse Chuck Taylor (VSA), 2014.

        5.2.1        Bespreek die rol van inheemse kunshandwerk in die moderne
                     samelewing deur na die ontwerp in FIGUUR M hierbo te verwys.                (2)
        5.2.2        Jy is 'n lid van jou skool se nuusbriefspan. Jou span is gevra om 'n
                     artikel te skryf waarin 'n spesifieke inheemse kunshandwerk wat in
                     Suid-Afrika beoefen word, bespreek word. Skryf 'n opstel van ten
                     minste 200–250 woorde (EEN bladsy) wat die voortgesette
                     beoefening van hierdie kunshandwerk ondersteun.
                     Verwys na die volgende in jou opstel:
                     •   Die historiese konteks van dié kunshandwerk
                     •   Die sosiale waarde van dié kunshandwerk
                     •   Materiaal, metodes en prosesse wat gebruik word
                     •   'n Kort analise van EEN werk, sowel as die naam (name) van die
                         kulturele groep/kunshandwerkpersoon wat dit gemaak het                  (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                       12                        DBE/November 2018
                                                NSS

        5.2.3            Dit is moontlik om tradisionele en moderne tegnieke van twee
                         aparte kulture te vermeng om iets te ontwerp wat vir die
                         kontemporêre internasionale mark relevant is.

                     Verwys na die stelling hierbo en skryf 'n opstel van ongeveer
                     200–250 woorde (EEN bladsy) waarin jy EEN Suid-Afrikaanse
                     kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep bespreek wat tradisionele
                     kunshandwerktegnieke op 'n moderne wyse gebruik.

                     Verwys in jou bespreking na die volgende:

                     •     Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en sy/haar/hul
                           ontwerpproduk(te)
                     •     'n Gedetailleerde beskrywing van hoe tradisionele tegnieke/
                           metodes en materiaal op kontemporêre ontwerp toegepas is.
                           Verwys na spesifieke voorbeelde om jou stellings te ondersteun.
                     •     'n Bespreking oor die sosiokulturele bydrae van die ontwerp(e)

                     Jy mag NIE na enige ontwerper/ontwerpgroep verwys wat jy
                     voorheen bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel           (10)
                     gebruik is nie.                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                       13                          DBE/November 2018
                                                NSS

VRAAG 6
6.1

             FIGUUR N: Plastiekbesoedelingsplakkaat deur die Wêreldnatuurfonds
                         (World Wide Fund for Nature) (Indië), 2014.

        6.1.1        Bespreek die doelstellings van die plakkaat in FIGUUR N hierbo en
                     verduidelik hoe hierdie doelstellings bereik word.                              (4)

        6.1.2        Definieer en vergelyk die terme herwin ('recycle') en hernu ('upcycle').        (2)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 14                       DBE/November 2018
                                          NSS

6.2      Skryf TWEE aparte opstelle van ten minste 200–250 woorde ELK (TWEE
         bladsye in totaal), en noem en bespreek die werke van EEN Suid-Afrikaanse
         kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep EN EEN internasionale kontemporêre
         ontwerper/ontwerpgroep wie se werk volhoubaarheid ondersoek en
         materiaal/terreine in belangrike ontwerpe verander.

         Verwys in jou bespreking na die volgende:

         •    Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en sy/haar/hul ontwerpproduk(te)
         •    'n Bespreking van die doelstellings, ontwerpprosesse en materiaal van
              die ontwerper/ontwerpgroep hierbo
         •    'n Bespreking van EEN voorbeeld om die transformasie en impak
              daarvan op die omgewing te bespreek

         Jy mag NIE na enige ontwerper/ontwerpgroep verwys wat jy voorheen
         bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel gebruik is nie.      (14)
                                                                                        [20]

                                                            TOTAAL AFDELING C:          40
                                                                GROOTTOTAAL:            100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Design P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2018-eng/0b1b788b-b2c9-49d9-8650-eb8fe7721c37) — Design · QP · 2018 · Eng
- [Design P1 Nov 2018 FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2018-final-memo-eng/7d38596e-8011-4dbd-addb-c69766e3bc61) — Design · Memo · 2018 · Eng
- [Design P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2018-final-memo-afr/bc30bd03-407d-4fec-ae72-a424eff53b59) — Design · Memo · 2018 · Afr
- [Design P2 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2018-eng/b58900a6-4981-498f-b576-e1e45d42bc96) — Design · QP · 2018 · Eng
- [Design P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2018-afr/8a201594-168b-42d0-961c-4e691d059a18) — Design · QP · 2018 · Afr
- [DESIGN P1 GR12 QP SEPT2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-qp-sept2018-afr-d/003cc0ea-c27d-4140-81dc-02b509b4c8d3) — Design · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-mg-afr/ccc80683-987a-4611-994f-f9eff5587a50) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/79defddf-f99d-45c8-840b-73877abd8f11) — Memo · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/a85d8220-5a26-4f17-990e-081cb336014f) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2024-eng/e3c099fa-b074-4932-aa7e-cbc7e78a1e3e) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
