# Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2018-final-memo-afr/bc30bd03-407d-4fec-ae72-a424eff53b59
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2018-final-memo-afr/bc30bd03-407d-4fec-ae72-a424eff53b59)

## About this document

Design · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONAAL
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD12

                                    ONTWERP V 1

                                       (TEORIE)

                                  NOVEMBER 2018

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 100

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 22 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    2                            DBE/November 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID

'ONGESIENE' VOORBEELDE

BEANTWOORD ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.
VRAAG 1 [10 Punte]

1.1 1.1.1 (Ken 8 punte toe)

             Kleur: Die plakkaat in FIGUUR A gebruik 'n polichromatiese skema bestaande
             uit sterk, warm-roes, olyfgroen, lemmetjiegroen en koue grys-blou wat 'n
             prettige en vrolike gemoed skep.  Hierdie kleure weerklank die plakkaat se
             titel wat die toeskouer inlig - 'have fun on foot'!  Die kleurvolle beelde is op
             wit wolke geplaas wat hul rykheid uitlig.  Die witheid van die wolke praat van
             reinheid en kraakvarsheid. Die wit verteenwoordig die “ligtheid” (gewig van
             die skoene.

             Kontras: Die figuratiewe beelde op die wit wolk agtergrond is gedetailleerd en
             omlyn wat hulle laat uitstaan. Hulle kontrasteer met die eenvoudige, plat, lig
             olyfgroen agtergrond en lig turkoois abstrakte, geometriese patrone, beelde
             van reënboë en gekrabbelde kurwende patrone.  Hierdie kontras aktiveer die
             oppervlak en dra oor 'n gevoel van joligheid/feestelikheid.  Die ontwerper se
             gebruik van verskillende mediums – die gefotografeerde suede en leer van die
             Tsonga Tslops kontras met die karikatuuragtige illustrasies. 'n Verdere
             kontras is sigbaar in die gebruik van groot, drie-dimensionele tipografie en
             kleiner, plat of tweedimensionele woorde. Kontras op die linkerkant is
             meestal organies (olifant, boom, voël en aalwynplant.) terwyl die regterkant
             mensgemaakte beelde verteenwoordig.(tradisionele houers, sandale en
             traditionele hoed deur vroue gedra.)  Daar is kontras in skaal bv. die groot
             skoen in die middelgrond kontrasteer met die tipografie in die voorgrond en die
             kleiner illustrasies in die agtergrond.Die sandaal word dus uitgelig plakkaat. 

             Fokuspunt: Die hoof fokuspunt is die Tsonga Tslops sandaal omrede dit die
             grootste beeld is  en dit in die middel van die komposisie is.  Die plakkaat
             gebruik 'n werklike foto van die Tsonga Tslops sandaal en die tekstuur-
             kwaliteite van die suede en die leer trek jou aandag.  Die sterk donker bruin
             kleur van die sandaal is beklemtoon omdat dit met die wit wolke en helder
             lemmetjies groen van die agtergrond kontrasteer.

             Eenheid: In FIGUUR A, is eenheid geskep deur die herhalende gebruik van
             roes, olyfgroene, seegroen, sjokolade-bruin, grysblou en wit kleure. Die
             herhaling van geometriese versierings  en swart buitelyne skep ook 'n
             eenheid in die werk.  Die wit wolke op verskillende vlakke hou en verenig
             alle beelde.  Die Tsonga Tslops sandaal raak ook aan die wolke en die
             beelde wat 'n eenheid van motiewe skep. Die oor vleueling van voorwerpe
             bind die illustrasie ook saam as eenheid. 

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                        3                      DBE/November 2018
                                          NSS – Nasienriglyne

     1.1.2 (Ken 2 punte toe)
           'Eenheid en diversiteit' is bereik in die plakkaat omdat kulturele simbole van
           verskillende kulturele groepe in Suid-Afrika afkomstig is, is hier gebruik.  Die
           kulturele simbole sluit in die aalwyn plant wat 'n heilige plant is in
           kommunikasie met die voorvaders,  die olifant wat 'n simbool is van mag en
           wysheid vir die Suid-Afrikaner,  die tradisionele Afrika houers wat gereeld
           gebruik word om water in te stoor, bier of vars produkte van die veld of mark 
           die getroude Zulu vrouens wat 'n tradisionele hoed (isicholo) dra.
           Verskillende simbole kom saam onder een wolk wat eenheid simboliseer en
           die verskillende kultuurgroepe verteenwoordiger in Suid-Afrika
           Sommige leerders mag ook argumenteeer dat die plakkaat slegs ‘n paar
           hoofstroom kulture verteenwoordig en dus nie diversiteit uitdruk nie. 

             Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.

    V1.1         KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                    GEWIGS-    VRAE       PUNTE
    VLAK                                                 TOEKENNING               (10)
Laer orde       Onthou, Herroep, Herken                                1.1.1         2
                Verstaan, Verduidelik, Beskryf                  30%    1.1.1         1
Middel orde     Toepas, Implementeer, Organiseer                       1.1.1         3
                                                                40%    1.1.2         1
Hoër orde       Analiseer, Interpreteer
                                                                       1.1.1         2
                Reflekteer, Evalueer                            30%    1.1.2         1
                Sintetiseer

                                                    OF
1.2 [Ken 'n maksimum van 2 punte per ontwerp terme vir 'n totaal van 10 punte
    toe

     • BIOMIMIKRIE
       Die sitvlak en pote van die stoel is organies in vorm en verseker gemak.  Die
       onderste gedeelte van die agterste poot tot die boonste gedeelte van die
       rugstuk mimiek/naboots die vorm en struktuur van 'n reptiel van stert tot kop
       en help om die struktuur te versterk.  Die (ewe belangrike) kabriool pote
       mimiek die kort, stompagtige gekromde bene van reptiele. 

     • ERGONOMIE
       Die stoel reflekteer die vorm en proporsies van die menslike liggaam om te
       verseker dat dit die menslike liggaam ondersteun in 'n gemaklike en veilige
       manier. Die hoogte van die stoel sal die algemene persoon toelaat om met
       hul voete ferm op die grond te kan sit met hul bene by die knie gebuig teen 'n
       45 grade hoek. 

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                        4                     DBE/November 2018
                                          NSS – Nasienriglyne

     • VORM
       In FIGUUR B, is die stoel se vorm as amorfies beskou omdat dit organies is 
       en die konvensionele reghoekige vorm wat normaalweg assosieer is met 'n
       stoel met vier bene, ontbreek.  Instede, het die stoel drie pote en die sitvlak
       het 'n meer organiese vorm.  Die rugstut is ook amorfies in karakter, wat 'n
       kurwende vorm verwys na gekerfde klip of die boots van die vorm van reptiel
       vel na. 

      • TEKSTUUR
        Die tekstuur van FIGUUR B is visueel en tasbaar.  Die rugkant van die stoel
        is grof en knobbelrig en gekerf om 'n skubagtige tekstuur te skep wat 'n
        krokodil reptiel naboots.  In kontras, is die sitvlak glad en gepoleer,
        nabootsend van been om gemak te verseker. 
     • BALANS
       Die stoel is asimmetries gebalanseer wanneer dit van die kant besigtig word.
       Dit versterk die estetiese ervaring van die ontwerp.  Die stoel blyk
       ongebalanseerd met die gewig wat nie ewewigtig versprei is nie.  Wanneer
       die stoel van die voorkant besigtig is, blyk dit simmetries gebalanseerd met die
       linkerkant wat 'n spieëlbeeld van die regterkant is. 

    V1.2         KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                   GEWIGS-     VRAE         PUNTE
    VLAK                                                TOEKENNING                  (10)
Laer orde       Onthou, Herroep, Herken                                1.2             1
                Verstaan, Verduidelik, Beskryf,                 30%    1.2             2
                Klassifiseer
Middel orde     Toepas, Implementeer, Organiseer
                                                                40%    1.2             4

Hoër orde       Analiseer, Interpreteer
                                                                       1.2             1
                Reflekteer, Evalueer                            30%    1.2             1
                Sintetiseer, Regverdig                                 1.2             1

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  5                           DBE/November 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP
VRAAG 2 [10 punte]
2.1 (Ken 6 punte toe)

     Beelde met simboliese betekenis sluit in maar nie beperk tot:

      •   Die Protea  kan gesien word om die natuurlike skoonheid van Suid-Afrika te
          simboliseer omdat dit ons nasionale blom is.
      •   Die 'Kaapse Klopse'  sanger voor is beide 'n simbool van die Kaapse
          Malay kulturele identiteit en van feesvieringe en herdenking van Kaapstad. 
      •   Die beeld van Tafelberg  met die sonsondergang agter is 'n simbool van die
          wonders van die wêreld omdat dit as een van die Sewe Wonders van die
          Wêreld gestem voor is. Dit is ook 'n simbool van Suid-Afrika se natuurlike
          skoonheid.
      •   Die tros van druiwe simboliseer die wyn industrie in Suid-Afrika. 
      •   Die Vigs strik  simboliseer vigs bewuswording en gemeenskap
          bewustheid.
      •   Die Madiba  hemp simboliseer trots in Afrika erfenis.
      •   Die sirkel patroon om Mandela se kop  kan gesien word as 'n ligkrans/
          oureool/heilige kring en gee aan hom 'n heilige kwaliteit.
      •   Mandela is ‘n simbool van vrede.  Hy het eenheid en vrede in Suid Afrika
          gebring. 
      •   Die pikkewyn simboliseer ‘n bedreigde spesie. 
     Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.
     2.2 (Ken 2 punte toe)
     Die kleure van die hemp is ryk, helder en gevarieer, kommunikeer 'n ryk
     geestelikheid en blyk ook om 'n herdenking van die lewe te wees.  Die kontras
     tussen die monochromatiese kop van Mandela en die hemp versterk die
     helderheid van die hemp wat sy uniek kleredrag aksentueer. Die sepia kleure wat
     gebruik word om Mandela uit te beeld verskaf 'n ernstigheid en belangrikheid van
     sy persoon,  jukstaponeer (langs mekaar geplaas) teen die kleurvolle hemp wat
     vrolikheid en oppervlakkigheid omhels. 

     2.3 (Ken 2 punte toe)
     Die plakkaat FIGUUR B kan gesien word as eensydig in guns van die Wes-Kaap
     omdat net die kulture en natuurlike skoonheid van daai provinsie uitgebeeld is. 
     Geen ander kulturele simbole en natuurlike skoonhede van ander provinsies is
     uitgebeeld nie.  Mandela is gesien as 'n inklusiewe figuur wat kulturele
     diversiteit bevorder en moet visueel verteenwoordig word as sulks.  Die gebruik
     van Mandela om ons land te verteenwoordig is ook eensydig omdat daar ook
     ander helde is wat regmatig ons land kan verteenwoordig.  Die Stralekrans kan
     hom voorstel as ‘n heilige met menslike eienskappe. Daar is geslag en ras
     ongelykheid; daar is slegs manlike figures (Mandela en man met sambreel) dit is
     nie inklusief van die hele reënboognasie nie. 
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                       6                     DBE/November 2018
                                         NSS – Nasienriglyne

     Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.

     V2          KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                  GEWIGS-     VRAE         PUNTE
    VLAK                                               TOEKENNING                  (10)
Laer orde       Onthou, Herroep, Herken, Noem                         2.1             2
                Verstaan, Verduidelik, Beskryf,                       2.1             1
                Klassifiseer                                   30%
Middel orde     Toepas, Implementeer, Organiseer                      2.1             3
                                                               40%    2.2             1
Hoër orde       Analiseer, Vergelyk, Interpreteer
                                                                      2.2             1
                Evalueer, Reflekteer, Regverdig                30%    2.3             2

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   7                           DBE/November 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3 [10 punte]
BEANTWOORD ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.
3.1 Ken 10 punte in totaal toe

     Beide die teepotvorms in FIGUUR D en E is driedimensioneel. Hennie Meyer se
     Teepot (FIG D) is organies, liniêr gekurf en sensueel  maar die vorm van die
     teepot in FIGUUR E is geometries, abstrak en masjienagtig.  Meyer se teepot is 'n
     oorbeklemtoonde vorm wat sy funksie verbloem, maar Brandt se teepot is
     minimalisties en toon duidelik sy funksie.  Brandt se teepot is tipies van Bauhaus
     produkte want die vorm is gelei deur die 'Form Follows Function' konsep.  Hier
     teenoorgestel met Meyer sin, wat 'n besige oppervlak patroon en vorm het.
     Hennie Meyer se Postmodernistiese Teepot is per hand geproduseer en elke
     teepot wat hy skep is uniek en anders.  Die produksiemetode en gebruik van
     keramiek klei maak dit moontlik vir sigbare vingermerke en imperfeksies. Marianne
     Brandt se teepot is massa-geproduseer deur 'n masjien.  Daar is geen sigbare
     foute want die produk is versigtig na die tyd ondersoek vir enige defekte. Beide
     teepotte is 'n duidelike refleksie van uitnemende handvaardigheid en unieke
     produksie metodes geskep met verskillende tegnieke. In geval van tabulering
     maksimum punt 1.
     Hennie Meyer se teepot is gemaak van klei, 'n medium wat werkbaar is, relatief
     bekostigbaar en oral beskikbaar is.  Nadat die teepot gemaak en versier is, is dit in
     'n kleioond gevuur om die klei waterdig en hard te maak. Die medium is delikaat en
     breekbaar.  In teenstelling, is Marianne Brandt se teepot, van vlekvrye staal en
     swart Ebony/ivoor gemaak om 'n sterk, duursame, blink, gladde produk, daarom die
     titel 'Silver and Ebony'.  Hierdie materiale is hitte bestand en kan die tee oor 'n
     langer tydperk warm hou.  Die chroom silwer kleur sal nie oor 'n tydperk vervaal
     nie en die teepot benodig net seep en water om mee skoon te maak – geen polering
     word benodig nie. Die ontwerper volg die 'Truth to Materials' filosofie. 
     Hennie Meyer se teepot is oordadig versier. 'n Verskeidenheid patrone en teksture
     word gebruik om die grootste gedeelde van die teepot se liggaam te versier en
     verleen aan die teepot 'n komplekse en ryk oppervlak.  Die patrone en teksture is
     met die hand aangewend wat 'n aardse karakter skep.  Marianne Brandt se
     masjiengeproduseerde teepot is ontneem van enige dekorasies en is meer
     onpersoonlik met die fokus op die kwaliteit van die materiaal. 
     Hennie Meyer se teepot is duidelik geïnspireer deur die natuur. Die teepot lyk soos
     'n plant of 'n voël se bek.  Die versiering is geïnspireer deur Afrika geometriese
     patrone en naïewe kinderlike tekeninge.  Die eklektiese vorm en versierings van
     die teepot is Art Deco, Aztec sig-sag of Postmodernisties geïnspireerd.  Die
     produk is gelaai met laag-vir-laag betekenis, pluralisties en kompleks.  Marianne
     Brandt se teepot is duidelik geïnspireer deur Bauhaus masjien estetika. Die teepot
     integreer baie Bauhaus en De Stijl karaktereienskappe, byvoorbeeld die koue en
     onpersoonlike Duitse filosofie van wiskundige orde (in die kombinasie van
     geometriese vorms), is sigbaar. 
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                       8                       DBE/November 2018
                                         NSS – Nasienriglyne

     Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.
     LET WEL: 'n maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir tabel
     vergelykende antwoorde. Maak gebruik van die kognitiewe tabel as 'n riglyn
     vir jou merk.

    V3.1         KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                  GEWIGS-     VRAE          PUNTE
    VLAK                                               TOEKENNING                   (10)
Laer orde       Onthou, Herroep, Herken                                3.1             1
                Verstaan, Verduidelik, Beskryf                 30%     3.1             2
Middel orde     Toepas, Implementeer, Organiseer                       3.1             4
                                                               40%
Hoër orde       Analiseer, Vergelyk, Interpreteer
                                                                       3.1             1
                Evalueer, Reflekteer, Skep,                    30%     3.1             1
                Sintetiseer                                            3.1             1

                                              OF

3.2 [10 punte]

     3.2.1 (Ken 4 punte toe)
           Die Tempel van Herkules het 'n geometriese sirkulêre struktuur met 'n
           silindriese klip cella wat 'n binne ruimte is wat omring is deur 'n sirkulêre
           kolonnade van Korintiese pilare wat dit omkring.  Die struktuur van die
           Bosjes-kapel in FIGUUR F is gebaseer op 'n vierkantige glas ruimte wat
           gedomineer word deur 'n drywende, organiese beton dak wat 'n golwende
           laag vorm bo-oor die glas mure.

             Die lang pilare van FIGUUR G gee die struktuur 'n verhewe/trotse
             voorkoms wat versterk is deur die struktuur van die silindriese gepunte dak.
              Die struktuur van die hoofgedeelte van FIGUUR F is in die vorm van 'n
             kubus van deursigtige glas wat gekontrasteer is deur 'n beton dak wat dryf
             in 'n sensuele golwende vorm wat die indruk gee van vryheid, wat 'n mens
             herinner aan 'n voël in vlug of 'n swemende manta(rog).

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   9                            DBE/November 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

             Die Romeinse tempel van Herkules vertoon sterk Griekse invloede omdat
             daar gedink is dat dit deur 'n Griekse argitek Hermodoras van Salamina
             ontwerp is gedurend die laaste gedeelte van die 2de eeu VHJ en dit is 'n
             monopteros – 'n ronde tempel van Griekse 'peripteral' ontwerp heeltemal
             omring deur 'n kolonnade.  Die Suid-Afrikaanse platteland beïnvloed die
             ontwerp van FIGUUR F, deur Steyns' studio in 2016. Omring deur
             majestueuse berge, die golwende dak boots 'n voël in vlug aan en gee
             dramatiese uitsigte van die omgewing se berge deur die verglansde glas
             mure van die kapel.  Geïnspireer deur die manier hoe die Kaap Hollandse
             here huise 'n dialoog opstel met hul omgewing deur hul tipiese golwende
             gewels en wit gips geverfde mure, die helder wit canopy/dak van die Bosjes
             kapel skep 'n skulptureel verhouding met die berge.  In FIGUUR G,
             Romeinse ontwerp is beïnvloed en is 'n evolusie van vorige style en
             kombineer nuwe innovasie en materiale op 'n suksesvolle manier met
             bestaande ontwerp elemente van samelewings wat hulle oorheers het.

     3.2.2 (Ken 6 punte toe)
             Die materiaal wat in FIGUUR F gebruik is vir die golwende dak is gegote
             beton wat 'n vry vloeiende spasie skep.  Hierdie gevorderde tegnologie
             laat toe dat die betondop eenvoudig vertoon, gekombineerd en
             gestruktureerd doeltreffend as moontlik.  Die dak raak ook die
             mure/kolomme met die gebruik van parabolies en hiperbolies (op en af) boë.
              Die Tempel van Herkulus, in FIGUUR G, maak gebruik van 'n klassieke
             Griekse bou materiaal, Pentelic marmer wat in Athene in Griekeland ontgin
             word. Tydens die konstruksie was Pentelic marmer een van die duurder bou
             materiale wat skaars gebruik was vir groot projekte.  Die kolomme,
             entablatuur en cella mure was gebou met Pentelic marmer blokke terwyl die
             binne cella mure met tufa en stucco bedek was.  Tufa is 'n variasie van
             leiklip wat gevorm is wanneer koolstof minerale vinnig afkoel en stucco is 'n
             vorm van gips.  Die konstruksie van die gebou maak gebruik van tipiese
             1ste-eeuse Romeinse argitektuur tegnologie. Hierdie is sigbaar in die
             konstruksie van die kolomme se kapitele/kop wat uit twee aparte dele
             gemaak is. 'n Enkele blok is gebruik om die basis en die voetstuk van die
             kolom uit te kerf en die basis is geïntegreer in die eerste trap van die
             podium. 
             Geïnspireer deur die antieke Griekse monopteroi of ronde tempel wat 'n
             sirkelvormige kolonnade is, wat 'n dak ondersteun sonder enige mure in
             FIGUUR G, het gefunksioneer as die Romeinse tempel van Heros. 
             Hierdie het die sig belemmer van die afgod wat binne-in die tempel geplaas
             is en het gefunksioneer as 'n meer beskermde privaat ruimte.  In kontras
             met dié beperkte ruimte, funksioneer die Bosjes-kapel in FIGUUR F as 'n
             beskermde ruimte wat die gemeente omhels deur deurskynende glasmure
             wat toelaat vir 'n onbelemmerde uitsig dwarsdeur die kapel.  FIGUUR F
             sal ook 'n dwarssnit van 'n moderne samelewing aantrek  in kontras met
             FIGUUR G wat 'n meer eksklusiewe funksie gehad het deur slegs 'n kleiner
             deel van die bevolking in te sluit. 

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      10                          DBE/November 2018
                                         NSS – Nasienriglyne

             Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings of 'n
             vergelyking van 'n klassieke en kontemporêre gebou wat die kandidaat
             bestudeer het.

             LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir
             tabel vergelykende antwoorde. Maak gebruik van die kognitiewe tabel
             as 'n riglyn vir jou merk.

   V3.2          KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                    GEWIGS-        VRAE       PUNTE
   VLAK                                                  TOEKENNING                   (10)
Laer orde       Onthou, Herroep, Herken                                    3.2.1         2
                Verstaan, Verduidelik, Beskryf,                30%         3.2.2         1
                Klassifiseer
Middel orde     Toepas, Implementeer, Organiseer                           3.2.2         4
                                                               40%
Hoër orde       Analiseer, Vergelyk, Interpreteer
                                                                           3.2.1         1
                Evalueer, Reflekteer                           30%
                Skep, Sintetiseer, Regverdig                               3.2.2         1

                                                                     TOTAAL AFDELING A: 30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 11                           DBE/November 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS

VRAAG 4 [30 punte]

4.1   Ken 20 punte in totaal toe)
      (Ken 10 punte vir elke beweging toe. Let wel net een punt kan toegeken
      word vir die naam van 'n ontwerper en produk vir elke beweging. Gebruik
      asseblief die kognitiewe tabel vir jou puntetoekenning.)

      Let wel: Aanhalings is in Engels en was al in vorige vraestelle gebruik. Die
      taalgebruik wat in Figure H en I voorkom, voldoen aan Graad 12
      standaarde.

      Hierdie nasien riglyne gee 'n antwoord vir die volgende twee moontlikhede:
      SKANDINAWIESE ONTWERP EN BAUHAUS

      Kandidate mag enige twee bewegings kies solank hul stellings geregverdig word en
      terugwysend is na die aanhaling.
      Kandidate kan, byvoorbeeld, Skandinawiese Ontwerp kies wat die aanhaling in
      FIGUUR H reflekteer.
      Skandinawiese ontwerpers se doelstelling is om funksionele produkte te skep wat
      goed gemaak is en goed afgewerk is  en terselfdertyd poog hulle om estetiese
      mooi produkte wat elegantheid, pret en eenvoudigheid reflekteer.  Skandinawiese
      Ontwerp pas dus by die aanhaling in FIGUUR H.
      Die organiese vorms van hul ontwerpe, sowel as die gebruik van ligte houtmateriaal
      wys die invloed van natuur.  Die gebruik van eenvoudige, funksionele ontwerpe
      met skoon lyne en gladde oppervlakke reflekteer die invloed van die masjien
      estetika van die Bauhaus en Modernisme.  Die invloed van Surrealistiese
      kunstenaars soos Miro kan gesien word in die afplatting van organiese vorms tot
      abstrakte, biomorfiese fatsoene wat 'n element van pret by die ontwerp voeg. 
      Hierdie sorgvuldige keuse van invloede om by die doelstellings in te pas is verder 'n
      bewys dat hierdie ontwerpers nie net geïnteresseerd is in die funksionaliteit van hul
      produkte nie, maar ook in hul estetiese aantrekkingskrag. 
      Vorms is eenvoudig en organies met gladde oppervlakke en skoon lyne wat
      modernisme en min gewigtigheid uitdruk.  Ander karaktereienskappe sluit in
      kleure wat neutraal en kalm of helder, vrolik, sterk en vars is.  Tekstiele maak
      gebruik van sterk, gestileerde blom motiewe en patrone.  Nuwe materiaal
      domineer, byvoorbeeld veselglas, rubber, plastiek, viniel, laaghout, aluminium en
      chroom in hul behoefde om lae-koste oplossings vir moderne behoeftes te skep. 

      Arne Jacobsen's 'Ant Chair'  is 'n voorbeeld van Skandinawiese Ontwerp se
      gebruik van moderne materiale. Dit is geproduseer vanaf 'n enkele stuk
      gelamineerde hout en sy bene is van chroom.  Die kurwende buitelyn en
      biomorfiese, mier-geïnspireerde fatsoen reflekteer hul belangstelling in die gebruik
      van natuur as inspirasie.  Die stoel is sorgvuldig beplan om funksioneel te wees,
      maar terselfdertyd stylvol en elegant. 
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   12                             DBE/November 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

      Kandidate kan byvoorbeeld, Bauhaus ontwerp kies wat die aanhaling in FIGUUR I
      reflekteer.
      Bauhaus-ontwerpers verwerp duidelik 'deurmekaar en warboel' in hul doel om
      eenvoudig en funksionele ontwerpe wat die masjien era reflekteer te skep. 
      Bauhaus-ontwerp kan dus gesien word om by FIGUUR I se aanhaling te pas. Die
      skool se doel was om kunshandwerkers-ontwerpers op te lei om funksioneel
      estetiese bevredigende produkte vir massa-produksie te ontwerp.  Hulle het geglo
      dat vorm funksie moet volg en dat alle onnodige detail sal aandag aftrek van die
      uitdrukking van die funksie van die produk.  Hulle 'truth to materials' filosofie kan
      gesien word in hul gebruik van ongeverfde, ontblote materiale soos staal, bv.
      staalpype op 'n stoel. 
      Bauhaus ontwerp is beïnvloed deur die De Stijl-geloof in die eliminasie/uitskakeling
      van alle nie-essensiële karaktereienskappe of 'warboel' om die mees essensiële
      vorme, lyne en kleur te vind.  Paul Cezanne se afplatting van vorm tot geometriese
      fasette  en die Konstruktiviste se gebruik van geometriese abstraksie en geloof in
      die maksimum vermindering het ook die Bauhaus beïnvloed. 
      Soos De Stijl, het Bauhaus-ontwerpers basiese, suiwer, geometriese vorms, reguit
      lyne en gladde oppervlakke verkies om onpersoonlike, masjienagtige produkte te
      skep.  Kleure is verminder tot die primêre kleure (geel, rooi en blou) en die
      neutrale kleure (swart, grys en wit) om die algemene doel van eenvoud te
      ondersteun. 

      Wilhelm Wagenfeldt se 'Bauhaus lamp'  is 'n goeie voorbeeld van 'uncluttered'
      Bauhaus ontwerp omdat dit gemaak is van slegs geometriese vorms en fatsoene
      (die hoof gedeelte van die lampskerm is 'n perfekte sfeer, die basis is 'n perfekte
      sirkulêre skyf en die been is 'n silindriese pyp).  Die oppervlak is glad en onversier
      om die funksie van die lamp duidelik te toon.  Die silwer of vlekvrye staal, die wit
      van die 'frosted'/mat skerm en die skoon deursigtige glas is almal neutrale kleure
      wat kalmte uitstraal.  Die skoon deursigtige glas kontrasteer met die wit
      'frosted'/mat en silwer wat 'n dramatiese impak skep. 
      Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.

             V4.1          KOGNITIEWE               GEWIGS-         VRAE          PUNTE
             VLAK         VAARDIGHEDE             TOEKENNING                       (10)
        Laer orde      Onthou, Herroep, Herken,                       4.1            2
                       Noem                                 30%
                       Verstaan, Verduidelik,                         4.1            4
                       Beskryf, Klassifiseer
        Middel orde    Toepas, Implementeer,                          4.1            8
                       Organiseer                           40%
        Hoër orde      Analiseer, Vergelyk,
                       Interpreteer                                   4.1            2
                       Evalueer, Reflekteer                 30%       4.1            1
                       Skep, Sintetiseer,                             4.1            3
                       Regverdig

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                          13                             DBE/November 2018
                                             NSS – Nasienriglyne

4.2    [10 punte]

       Die Art Nouveau boekomslag in FIGUUR J reflekteer die invloede van die
       komplekse, inmekaargeweefde lyne van die Viking-klip-uitkerfwerk, sowel as Viking-
       beelde , terwyl die Modernistiese boekomslag in FIGUUR K die invloede van die
       Masjien Era se gebruik van reguit lyne, geometriese vorms en gladde, onversierde
       oppervlakke reflekteer. 
       Soos die Kuns-en-Kunsvlytbeweging, Art Nouveau se doelstelling is ook om goeie
       verhoudinge tussen die kunstenaar en die kunshandwerker te bewerkstellig en die
       kwaliteit van handgemaakte produkte in hul ontwerpe oor te dra.  Die
       gebosseleerde, komplekse details op die boekomslag in FIGUUR J reflekteer 'n
       handgemaakte kwaliteit.  Modernistiese ontwerpers, in teenstelling, se doel is om
       estetiese bevredigde ontwerpe te skep wat eenvoudig, abstrak en geometries is vir
       masjienmassaproduksie.  Hierdie doel is sigbaar in die Modernistiese boekomslag
       waar vorms abstrak, eenvoudig, masjienagtig en onpersoonlik is. 
       Die ryk en eksotiese gebruik van kleur in FIGUUR J is tipies van Art Nouveau. 
       Die agtergrond is 'n dowwe donker blou met ryk goue dekoratiewe vloeiende patrone
       wat bo-op gebosseleer is.  Die Modernistiese boekomslag in FIGUUR K gebruik 'n
       staal grys agtergrond en die rooi en wit geometriese liniêre beeld skep 'n sterk
       kontras.
       Die lyne op die Art Nouveau boekomslag is tipies van Art Nouveau omrede hulle
       kurf en organies is, wat 'n hoogs dekoratiewe, ritmiese oppervlak patroon skep.  In
       kontras is die lyne op die Modernistiese boekomslag reguit, skerp, geometries en
       skoon, wat beheer en masjienagtige rigiditeit oordra.  Die lyne van die Art
       Nouveau boekomslag het 'n vroulike gevoel met 'n sweepslag beweging, maar die
       Modernistiese boekontwerp se lyne is meer manlik, masjienagtig. 
       Die fatsoen van die Art Nouveau boekomslag is organies en afgeplat, vereenvoudig
       en gestileerd, reflekterend van Japannese kunsinvloede.  Die fatsoene van die
       Modernistiese boekomslag is ook vereenvoudig maar hulle is abstrak in plaas van
       figuratief soos dié op die Art Nouveau boekomslag.  Die Modernistiese
       boekomslag maak gebruik van perspektiewe lyne om optiese illusies van
       driedimensionele vorms te skep, in teëstand met die plat fatsoene van die Art
       Nouveau boekomslag. 

      V.4.2                   KOGNITIEWE                    GEWIGS-        VRAE        PUNTE
      VLAK                   VAARDIGHEDE                  TOEKENNING                    (10)
Laer Orde            Onthou, Herroep, Herken, Noem                           4.2           1
                     Verstaan, Verduidelik, Beskryf,               30%
                     Klassifiseer                                            4.2           2
Middel Orde          Toepas, Implementeer, Organiseer
                                                                   40%       4.2           4
Hoër Orde            Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                       4.2           1
                     Evalueer, Reflekteer, Regverdig               30%       4.2           1
                     Skep, Sintetiseer, Regverdig                            4.2           1

                                                                         TOTAAL AFDELING B: 30

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  14                           DBE/November 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

AFDELING C: SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE KONTEKS

VRAAG 5 [20 punte]

BEANTWOORD ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.

5.1 [20 punte]

     5.1.1   (Ken 6 punte toe)

             (Ken 2 punte toe)
             •    KOMPOSISIE
             Die rangskikking van die objek is formeel. Dit is groot en sentraal geplaas
             binne 'n eenvoudige simmetriese ruit van twee blokke wat die betekenis
             beklemtoon.  Die plakkaat is vertikaal verdeel om verskillende realiteite
             te beklemtoon:geweld teenoor passivisme.  Elke objek word 'n
             fokuspunt in dat dit die toeskouer se aandag vestig op geweld.  ‘n
             Assimmetries komposisie wat die oog van links na regs lei, hadvatsel van
             die rewolwer horisontaal na die luidspreker.  Sneller se kurwe lei oog na
             die woorde in die middel van die plakkaat.

             (Ken 2 punte toe)
             •   SIMBOLISME
             Die rewolwer simboliseer oorlog en geweld terwyl die luidspreker vrede
             en geen geweld deur die medium van spraak simboliseer.  Die kleur
             skema van die objek van oorlog (die rewolwer) is donker, neerdrukkend
             en depressief; dit simboliseer die verwoesting van oorlog op die
             mensdom - in teëstelling is die luidspreker lig en helder, en dit
             simboliseer hoop en 'n stem/opinie. 

             (Ken 2 punte toe)
             •    GEBRUIK VAN BEELDE
             Naasmekaarstelling ('Juxtaposing') van beelde is in die plakkaat gebruik.
              Die grootte van die beelde is oordryf, veral met die grootte van die
             rewolwer wat gemanipuleer is om met die luidspreker te pas en saam te
             smelt.  Beide die beelde is relevant deurdat hulle die boodskap van die
             plakkaat beklemtoon met die rewolwer wat oorlog en geweld
             verteenwoordig en die luidspreker wat 'n stem en vrede verteenwoordig.
             

             Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 15                          DBE/November 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

     5.1.2   Ken 14 punte in totaal toe
             (Ken 7 punte per gevalle studie toe)
             Ken 1 punt toe vir die naam en die ontwerper van die produk.

             EEN KONTEMPORÊRE SUID-AFRIKAANSE ONTWERPER/
             ONTWERPGROEP:

             The Growbag, deur Bonsela, (Suid-Afrika), 2015  is 'n unieke
             buitenshuis planthouer wat 'n gemaklike en mooi manier bied om jou eie
             groente, kruie, plante en vetplante, ongeag die grootte van die tuin,
             balkon, of die oprit of muur en dak ruimte.

             Growbag het in vennootskap met Soil for Life begin om die 'Grow to Life
             Programme' te inisieer, om gemeenskappe te leer om in moeilike
             omgewings en met beperkte ruimtes en bronne te lewe en met verskeie
             tegnieke, hul eie organiese tuine wat waterwys en lae koste metodes
             gebruik, te skep.  Deur die tuine is hulle families verseker om
             genoegsame voedsame kos wat die sosiokulturele probleem van honger
             ly sal oorwin.  Statistiek wys dat 14 miljoen mense in Suid-Afrika gaan
             honger slaap. The Growbag en Soil for Life inisiatief bemoedig
             gemeenskappe aan in hul 'Grow to Life Programme' om 'n inkomste uit
             hul tuine te maak.  In die wyse word armoede aangespreek en
             entrepreneurskapsvaardighede word aan nie-werkende individue geleer.
              Elke Growbag is individueel handgemaak dus die maak van die
             Growbag bemagtig ook die individue om werksgeleenthede te skep. 

             The Growbag is gemaak van versterkte ou advertensiebord viniel velle,
             wat duursaam is en lank kan hou.  Ekstra groei en stoor spasie is ook
             geskep deur die sysakkies. The Growbag is geskenk aan
             onderbevoorregte gemeenskappe in Kaapstad.  The Growbag-projek
             skakel hongersnood uit wat veroorsaak is deur moeilik verkrygbare grond
             vir bestaansboerdery in verarmde gemeenskappe d.w.s. informele
             nedersettings en plakkerskampe.  gee aandag aan die bogenoemde
             sosiokulturele bemoeienisse deur die verskaffing van 'n aanpasbare, lig-
             gewig-tuinoplossing. 

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    16                              DBE/November 2018
                                       NSS – Nasienriglyne

             EEN KONTEMPORÊRE INTERNASIONALE ONTWERPER/
             ONTWERPGROEP:

             GravityLight deur, Jim and Martin van SkunkWorks projects, ontwerp in
             2009, Kenia. 

             GravityLight is 'n lae koste songelaaide lig wat energie van 'n vallende
             gewig gebruik om huishoudings wat nie elektrisiteit het nie, en met minder
             as R40 per dag leef, met lig te verskaf.  Die lig is 'n revolusionêre nuwe
             benadering tot die stoor van energie en die skep van lig. GravityLight was
             geskep as 'n volhoubare alternatief vir paraffienlampe.  Die lig kombineer
             kinetiese en potensiële energie, deur dit te koppel aan 'n hooghangende
             gewig – wat gevul is met klippe of sand – en aan 'n katrolstelsel wat stadig
             krag verskaf aan 'n kragopwekker wanneer die gewig na die grond toe val.
             Dit neem net 3 sekondes om die gewig op te lig wat 'n LED-gloeilamp van
             krag voorsien. Dit genereer 30 minute lig met die daling van die gewig. 

             Omdat die Gravitylight 'n alternatief vir die paraffienlig verskaf, elimineer dit
             die gesondheidsgevare en omgewingsprobleme wat veroorsaak is deur
             paraffienlampe. Die gebruik van paraffien veroorsaak 3% van die wêreldse
             CO 2 -uitlaatgasse en is 'n belangrike bron van swartkoolstof, wat 'n impak
             op die omgewing het.  Die rook van paraffienlampe veroorsaak ook
             asemhalingsprobleme wat gelykstaande is aan die rook van twee pakkies
             sigarette per dag.  Die gasse veroorsaak oog-infeksies en katarakte. 
             Onopsetlike paraffienvergiftiging het ook potensieel dodelike gevolge, veral
             vir kinders. Die gebruik van paraffien binne die huis kan lei tot
             verwoestende vure en brande. Die verbranding van paraffien skep ook
             finansiële uitgawes wat van 10 tot 20% van 'n huishouding se inkomste kan
             gebruik. 

             Die GravityLight Foundation help die plaaslike ekonomie deur 'n
             volhoubare aanvraag vir skoon, veilige beligtingsoplossings te skep. 
             Deur die verkoopspan en in samewerking met plaaslike vennootskappe in
             Kenia, ondersteun GravityLight Keniane om 'n inkomste te verkry en nuwe
             vakmanskappe te leer deur die verkoop van GravityLights. Omrede daar
             geen uitgawes na die eerste lae aankoopkostes is nie, het GravityLight die
             potensiaal om mense uit armoede te lig, wat hulle die geleentheid bied om
             die geld wat hulle gespaar het, te gebruik om meer effektiewe
             beligtingssisteme in die toekoms te koop. 

             Aan die begin was die projek self befonds deur NLE en toe deur Lagos
             State, dit het later van Heinrich Boll Stiftung navorsingsfondse ontvang
             sowel as fondse vir dié konstruksie van die UNDP/Federal Ministry of
             Environment Africa Adaptation Programme (AAP).

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                         17                       DBE/November 2018
                                            NSS – Nasienriglyne

              Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.

      V.5.1                 KOGNITIEWE                       GEWIGS-    VRAE        PUNTE
      VLAK                 VAARDIGHEDE                     TOEKENNING                (20)
Lae Orde          Onthou, Herroep, Herken, Noem                         5.1.1           2
                                                                  30%
                  Verstaan, Verduidelik, Beskryf,                       5.1.2           4
                  Klassifiseer

Middel Orde       Toepas, Implementeer, Organiseer                40%   5.1.1           4
                                                                        5.1.2           4
Hoër Orde         Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                     5.1.2           3

                                                                  30%   5.1.2           2
                  Evalueer, Reflekteer, Regverdig

                  Skep, Sintetiseer, Regverdig                          5.1.2           1

                                                      OF
5.2    [20 punte]

       5.2.1 (Ken 2 punte toe)
             Die rol van inheemse kunshandwerk in moderne samelewing is om eer te
             betoon aan inheemse kulture omdat menigte inheemse kunshandwerk
             deel word van tradisionele kulturele praktyke.  Die gebruik van inheemse
             kunshandwerk in moderne samelewing dra ook by tot die volhouding of die
             oordra van kennis en vaardighede van een generasie na die ander.  Die
             voortsetting van tradisionele kunshandwerk in die moderne samelewing
             help ook mense bymekaar te bring en hul kulturele identiteite uit te druk.
              

       5.2.2 (Ken 8 punte toe)
             Leerders kan enige inheemse kunshandwerk bespreek, bv. Ndebele muur
             skilderye
              Die Ndebele mense was sterk vegters wie gereeld die kleiner vestings
              onderdruk het en hulle deel gemaak het van die Ndebele gemeenskap.
              Ondertrouery het gevolg en kulturele uitruilings het plaasgevind. Dit word
              geglo dat die vroeë Ndebele huisstruktuur en muurskilderwerk strategieë
              begin het, omrede die bogenoemde interkulturele trouery.  Die eerste
              muurkunsontwerpe en simboliese vorms is afgelei van die Ndebele
              kralewerkvorms en patroonmotiewe.  Dus, nadat die Ndebele mense
              deur die boere verslaan is in die Boere Oorlog, in die twintigste eeu, het
              die Ndebele ook begin gebruik maak van ekspressiewe simbole in hul
              muurskilderye om geheimsinnig met mekaar te kommunikeer.  Hierdie
              boodskappe was nie deur die Boere belangrik geag/verstaan nie, omrede
              hulle gedink het dat dit net 'n vorm van kulturele kuns is en dus dekoratief
              en skadeloos is. 

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  18                           DBE/November 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

             Ndebele muurskilderwerk is gedoen deur die vrouens en die
             kunshandwerk is oorgedra van een generasie na die ander.  Gewoonlik
             is die buitenste hekke van die huishouding, mure aan die voorkant,
             symure en binnemure van die huis geverf.  'n Goed geverfde huis dien
             tradisioneel as 'n vorm van kommunikasie wat die rol en die sosiale status
             van die vrou in die huishouding oordra. 
             In die konteks van die bogenoemde bespreking is die Ndebele
             muurskilderwerk belangrik as 'n uitdrukking van voortgaande tradisionele
             en kulturele weerstand teen kolonialisasie.  Dit is ook 'n wyse waarop
             erfenis kennis en tradisionele gewoontes van een generasie na die ander
             oorgedra word.
             Voor die blootstelling aan akrielpigmente in Suid-Afrika in die 1940s, was
             slegs natuurlike pigmente in die Ndebele muur skilderwerk gebruik. 
             Hierdie sluit in monochroom oker, bruin, swart en leiklip-kalkverf.  Die
             mure is seisoenaal herverf, nadat die somerreën die natuurlike pigmente
             afgespoel het.  Die vrouens het die pigmente aan die muur met hul
             vingers aangewend. 
             'n Beskrywing van EEN werk, sowel as die naam (name) van die kulturele
             groep/kunshandwerkpersoon wat dit geproduseer het.
             Ken 1 punt toe vir die naam van die inheemse kulturele
             groep/kunshandwerkpersoon
             Ndlebele muurskilderye 
             Ester Mahlangu se tradisionele muurskilderye by die Mahlangu
             huishouding in KwaNdebele, is gekenmerk deur simboliese, geometriese
             vorms met sterk swaar cloissonistiese buitelyne.  Die plat geometriese
             fatsoene is in 'n verskeidenheid kleurreekse van rooi, donker rooibruine,
             ligblou, diepblou, wit, goudgeel, groen en so nou en dan pienk.  Die
             kombinasie van die geometriese fatsoene, primêre en komplimentêre
             kleurskemas skep 'n ritmiese patroon op die muur oppervlak.  Hierdie
             muurskilderye was gebruik om in die geheim inligting en kennis oor 'n
             verskeidenheid sake wat te doen het met weerstand, kolonialisme, tradisie
             en erfenis, oor te dra. 
           (Ken 10 punte toe)
           Ken 1 punt toe vir die naam en die ontwerper van die produk.
     5.2.3 Ashanti Design lampskerms deur Robert Walker. 
           Ashanti Designs in Kaapstad deur Robert Walker se doel is om te herdenk
           en tradisionele kunshandwerk op 'n kontemporêre wyse te seëvier. 
           Ashanti Designs se ontwerpetiek is swaar beïnvloed deur Afrika erfenis,
           'n volhoubare ontwerpetiek en biomorfiese vorms. 
           Die materiaal en tegniek wat gebruik word om die Ashanti Designs
           lampskerms te maak is hoofsaaklik beïnvloed deur Zulu
           mandjieweeftegnieke. Veral, twee variasies van dié Zulu mandjies, die
           variasie met 'n deksel op is hoofsaaklik gebruik vir stoor en die plat
           mandjie word gebruik vir die skeiding van die kaf van die koring. 
           Tradisioneel was hierdie mandjies versier met 'n oordadige rangskikking
           van geometriese motiewe of unieke sig-sag patrone. 

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      19                      DBE/November 2018
                                         NSS – Nasienriglyne

             Tiperend word hierdie lampskerms geskep met buigbare materiale soos,
             sagte takke, gras, palm, palmblare, vesels, raffia, veselagtige boom en
             plant wortels.  Hierdie materiaal is dan met die hand gemanipuleer met
             vlegsel, draai en kruisweeftegnieke om die lampskerms te skep. 
             Sosiokultureel bemagtig Ashanti Designs kunshandwerkers in
             plattelandse gebiede deur die verkoop van hul produkte wat hierdie
             kunshandwerkers waardevolle entrepreneursvaardighede leer.  Ashanti
             Designs probeer ook om Afrika Erfenis aan te moedig en te beskerm deur
             die gebruik van tradisionele Afrika tegnieke om produkte te skep wat 'n
             funksie het en dus 'n plek in kontemporêre Suid-Afrika.

    V.5.2            KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                GEWIGS-    VRAE        PUNTE
    VLAK                                                 TOEKENNING                (20)
Laer Orde        Onthou, Herroep, Herken, Noem                        5.2.2           2
                                                                      5.2.3           4
                                                               30%
                 Verstaan, Verduidelik, Beskryf,
                 Klassifiseer

Middel Orde      Toepassing, Implementeer, Organiseer          40%    5.2.2           4
                                                                      5.2.3           4

Hoër Orde        Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                    5.2.1           2

                                                               30%    5.2.2           2
                 Evalueer, Reflekteer

                 Skep, Sintetiseer, Regverdig                         5.2.3           2

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   20                              DBE/November 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 6

6.1 [20 punte]

     6.1.1 (Ken 4 punte toe)

             Die plakkaat se doel is om die publiek/toerisme in te lig van die
             vernietigende effek wat plastiekafval op ons omgewing het – in die geval
             spesifiek in verband met olifante. 
             Die olifant blyk asof hy verwurg word deur die gedraaide plastiekbottel,
             soos 'n hulpelose slagoffer.  Die plastiekbottel is doelbewus groter en
             oorheersend uitgebeeld. Dit dui die vernietigende mag van plastiek aan -
             al is dit in die realiteit 'n klein liggewigbottel, sy giftige kwaliteite is so
             vernietigend dat dit een van die grootste diere in Afrika kan vernietig. 
             Die teks 'Time is running out for them, not for plastic' is in 'n eenvoudige
             san serif tipe skrif, wat die direkte, emotiewe boodskap in 'n vaal grys kleur
             suksesvol oordra. 

             Die weggegooide plastiekwaterbottel is platgedruk om 'n uurglas na te
             boots en die olifant word 'n simbool van lewe wat 'uitloop' weens
             besoedeling.  Die leë, grys monochromatiese agtergrond verwys na 'n
             beskadigde aarde wat besoedeld, vuil en leeg is en wat die mensdom met
             'n vaal toekoms los. 

     6.1.2 (Ken 2 punte toe)
           Om te herwin beteken om nuwe produkte te maak van nie-bioafbreekbare
           materiale wat potensieel die omgewing kan beskadig en sodoende
           voorkom dat dit op 'n stortingsterrein gegooi word of dat dit die aarde
           besoedel.  Deur die herwinning van hierdie materiaal is die hoeveelheid
           produksie van nuwe materiaalproduksie verminder, wat lei tot minder
           energiegebruik en minder koolstofdioksied en ander giftige walms of gasse
           wat in die atmosfeer vrygelaat word.  Herontwerp/upcycle beteken om
           aan te pas en bestaande materiaal en produkte wat nie meer gebruik word
           nie 'n hoër waarde te gee. Herontwerp/upcycle stel die moontlikhede
           voor dat die materiaal en die produk weereens kan funksioneer in 'n ander
           konteks met 'n verskillende en hoër doel. 
                                               OR
           ”Upcycling” is ‘n energie effektiewe proses in die hergebruik van afval
           materiaal sonder om dit te vernietig vir iets nuuts.  “Recycling” is die
           tegniese vorm van hergebruik, maar dit verwys na items what weggegooi
           is en afgebreek word in rou materiaal om iets nuuts te vorm. 

             Krediet moet gegee word vir enige ander regverdige stellings.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 21                           DBE/November 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

6.2 Ken 14 punte in totaal toe
    (Ken 7 punte per gevalstudie toe)
    Ken 1 punt toe vir die naam van die ontwerper en die naam van die produk

     VOORBEELD VAN 'N SUID-AFRIKAANSE ONTWERPER:

     Heath Nash, Don't complain, what you see is what you get, Suid-Afrika, 2011.
     Don't complain, what you see is what you get, is 'n samewerking tussen Nash en
     plaaslike Zimbabwiese ambagsmanne wat gelei het tot 'n kleurvol en lewendige
     gebruik van plaaslike bronne gekombineer met plaaslike kunshandwerk tradisies.

     Die doel van die plastiekbottelafdakke wat deur Nash gemaak is, is om
     skaduwee areas te skep waaronder mense kan saamvergader, sit, ontspan en
     met mekaar praat.  Hulle kan ook vir publieke kiosks gebruik word, vanwaar 'n
     verkoopspersoon blomme en verversings kan verkoop.  Die skadu afdakke was
     ontwerp om effektief met die bestaande argitektoniese elemente van die stedelike
     Harare landskap te integreer.

     Nash se ontwerpproses behels 'n ondersoek van afvalmateriaal, plastiekbottels
     van alle fatsoene, kleure en groottes.  Afvalmetaal en hout is ook gebruik.  'n
     Dak is gemaak van 'n metaalraamwerk wat vasgemaak is met draad om die
     plastiekbottels bymekaar te hou.  In sekere gevalle, is die raamwerk van hout
     en metaalafval gemaak en aluminiumblikke word gesny en geweef om 'n
     getekstureerde bedekking te skep. 

     Die afdakke is 'n voorbeeld van die soort produkte wat Nash ontwerp met die
     gebruik van weggooimateriaal.  Hierdie projek maak gebruik van skoongewaste
     en gesnyde bottels, en enige oorskietstukkies is teruggestuur na die
     herwinningsperseel.  Die projek help om die omgewing skoon te hou en die
     koolstofvoetspoor te verminder. 

     VOORBEELD VAN 'N INTERNASIONALE ONTWERPER:

     Ocean sole verander flip-flop besoedeling in kuns en funksionele produkte,
     byvoorbeeld sleutelhouers in visvorms v of lewensgrootte koeie en leeukoppe. 
     Die materiaal wat Ocean Sole gebruik is flip-flops wat weggegooi is en uit die
     oseaan en waterweë in Kenia verwyder is. Hierdie het 'n konstante inkomste
     verseker vir meer as 150 laagbesoldigde Keniane. Hulle doel is om 'n
     bewuswording vir die bewaring van ons oseane te kweek .  Hulle doel is om
     aan die gemeenskap terug te gee en die lewe vir baie te verander deur middel
     van opleiding, inkomste en maaltye. 
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Design P1 Nov 2018 FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2018-final-memo-eng/7d38596e-8011-4dbd-addb-c69766e3bc61) — Design · Memo · 2018 · Eng
- [Design P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2018-afr/169b2964-39b3-4515-b57f-66898ced700e) — Design · QP · 2018 · Afr
- [Design P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2018-eng/0b1b788b-b2c9-49d9-8650-eb8fe7721c37) — Design · QP · 2018 · Eng
- [DESIGN P1 GR12 MEMO SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-memo-sept2018-afrikaans/9f429249-e5ba-4d49-a678-895047ecaf8a) — Design · Memo · 2018 · Afr
- [DESIGN P1 GR12 MEMO SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-gr12-memo-sept2018-english/4692b2c3-52de-4a8b-9723-d1c7c2b48ee9) — Design · Memo · 2018 · Eng
- [Design P1 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2018-memo-eng/5a423c49-54d7-4176-bf99-5fc43153c434) — Design · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-afr/e35d300a-db4f-4a06-ba8a-6f659dbd37ad) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/3f14a710-b913-44a8-ade1-31e4d395f557) — QP · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/47ba80e3-12dd-4fd4-8302-34e3b97a6b9a) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-eng/3f0bd4c5-8226-45ef-87fa-5c9996cba696) — QP · 2024 · Eng
- [Design P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-afr/6958913b-f502-40d3-8387-1f0a78a3ed25) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
