# Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2019-memo-afr/c292473a-3cdf-4c69-af4e-eff39790b65a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2019-memo-afr/c292473a-3cdf-4c69-af4e-eff39790b65a)

## About this document

Design · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                                     ONTWERP V1

                                       (TEORIE)

                                   NOVEMBER 2019

                                   NASIENRIGLYNE

PUNTE: 100

                       Hierdie nasienriglyne bestaan uit 20 bladsy

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      2                           DBE/November 2019
                                        NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID
VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE [10 punte]
Kandidate beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.
1.1    (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke punt/aspek toe)

       Swart is gebruik as 'n agtergrond kleur om die voorgrond motiewe te beklemtoon.
        Die motiewe wat in FIGUUR A gebruik is, is helder en suiwer in kleur wat hulle
       oogtreffend maak. Hierdie kleure werk saam om 'n baie dinamiese, opwindende
       tekstiel ontwerp te skep. Die kleure werk saam om ‘n kleurvolle, opwindende
       ontwerp te skep.  In die beklemtoning van Afrika identiteit is helder Afrika-kleure
       gebruik,die bruin en groen is simbolies van die Afrika natuur.  Die rooi en groen
       is komplimentere kleure wat ‘n treffende energieke effek skep. 
       Die werklike tasbare tekstuur van die kussing is glad omdat die patroon op die
       katoenstof gedruk is.  Hierdie gladheid verleen 'n luukse gevoel. Die werklike
       tekstuur van die meeste van die diere en plante is voorgestel met gestileerde
       patrone wat die visuele teksture naboots. Dit aktiveer die oppervlak en dra by
       tot die dinamiese effek wat reeds deur die helder kleur geskep is. 
       Die olifant in die middel is omring deur motiewe wat soos 'n spieëlbeeld geplaas is
       om 'n simmetriese balans te skep. Die simmetriese balans stabiliseer die
       beweging om die oog van die toeskouer na die fokuspunt toe te trek. Die
       simmetriese balans is effens gesteur deur die plasing van twee verskillende diere,
       'n zebra en 'n luiperd, aan beide kante van die middel.
       Die swart agtergrond skep 'n sterk kontras met die lig en helder voorgrond en dit
       skep 'n dramatiese toneel. Daar is ook 'n kontras geskep tussen die gladde
       visuele impliseerde oppervlaktes van die groen blare en die patroonoppervlaktes
       van die diere en reptiele. Die olifant is van vooraf getoon terwyl die ander diere in
       profiel getoon is. Kontras is ook geskep deur die verskillende proporsies soos
       gesien in die verskillende groottes van die olifante.
       Die swart agtergrond verenig die ontwerp in 'n positiewe ruimte. Die herhaling
       van groen, pers en oranje dien ook om die ontwerp te verenig. Die plantegroei
       aan die kante van die beeld dien as 'n raam wat die hele komposisie saamvat om
       die ontwerp te verenig. Die herhaling van soortgelyke/inheemse diere en plante
       wat algemeen in Afrika gevind word in ontwerp skep eenheid in ontwerp motief. 
       Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
             V.1.1       KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                 GEWIGS-    VRAE           PUNTE
             VLAK                                             TOEKENNING                   (10)
        Laer Orde     Onthou, Herroep, Herken                    30%        1.1             2
                      Verstaan, Verduidelik, Beskryf                                        1
        Middel Orde   Toepas, Implementeer, Organiseer           40%        1.1             4
        Hoër Orde     Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                                     2
                      Evalueer, Reflekteer                       30%        1.1             1
                      Sintetiseer, Oordeel
                                                     OF

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                     3                        DBE/November 2019
                                       NSS – Nasienriglyne

1.2    (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke punt/aspek toe)

       Die funksionaliteit van hierdie unieke bank gaan teen die norm op verskillende
       wyses in. Eerstens, kan ses mense daarop sit in plaas van twee tot vier.
       Tweedens, skep dit sitplekke vir mense van verskillende hoogtes om volwassenes
       en kinders in terme van hiërargie te akkommodeer. Dit veroorsaak dat mense nie
       reg langs mekaar hoef te sit nie, maar 'n spesifieke persoonlike ruimte het.
       Alternatiewelik, is die laaste twee 'sitplekke' hoog genoeg om as tafels of 'n
       platform om teen te rus te dien, omdat hulle nie as 'sitplekke' funksioneer nie. 

       Die rugleuning skep 'n skerp gedefinieerde reguit, geometries, trapvormige lyn wat
       'n opwaarts sigsag beweging skep. Die pote skep kruis en dwars diagonale lyne
       wat tot dinamiese beweging lei. Twee van hierdie diagonale lyne vorm lang,
       swierige, skoon geboë lyne wat die oog sterk oor die bank tot op die hoogste stoel
       trek.

       Die rugleuning vorm reghoekige negatiewe ruimtes wat 'n masjienagtige gevoel
       skep.  Die negatiewe ruimtes wat tussen-in die pote gevorm is, is ook meer
       gevarieerd waar driehoeke en onreëlmatige diamantfatsoene gevorm is wat tot 'n
       besige en dinamiese effek lei.

       Die bank is gemaak van donker, hardehout en gestrekte 'riempies' (leerstrokies
       wat oor die sitplek op 'n geweefde patroon gestrek is). Hierdie bank is beïnvloed
       deur tradisionele vroeë Kaap Hollandse meubel tegnieke en is op 'n nuwe
       onkonvensionele manier gebruik. Hierdie unieke ontwerp is handgemaak en
       herinner mens aan Kuns en Kunshandvlyt meubels. Die sigsaglyne en die
       dinamiese beweging van diagonale lyne is beïnvloed deur die Art Deco-beweging.
        Die onkonvensionele ontwerp kan moontlike die invloed van Dekonstruktivisme
       aandui.  Die bank kan ook ‘n duisendpoot verteenwoordig wat na die invloed van
       die natuur verwys 

       Die herhaling van die trapvormige rugleuning, die blokkerige sitplek en die
       diagonale pote help om die ontwerp te verenig. Die herhaling van die geweefde
       'riempie' rigiede lyne rondom die rand van elke sitplek kontrasteer met die
       onreëlmatige lyne van die pote. Die herhaling van die trapvormige fatsoene skep
       'n dinamiese ritme wat tot 'n unieke ontwerp lei.Die herhaling skep ook
       progressiewe ritme wat groei van die laer sitplek na die hoër sitplek. 

      Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
         V.1.2 VLAK      KOGNITIEWE VAARDIGHEDE           GEWIGS-      VRAE       PUNTE
                                                          TOEKENNING               (10)
        Laer orde     Onthou, Herroep, Herken                 30%       1.2         2
                                                                                    1
                      Verstaan, Verduidelik, Beskryf
        Middelorde    Toepas, Implementeer, Organiseer        40%       1.2         4
        Hoër orde     Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                             2
                                                              30%       1.2         1
                      Evalueer, Reflekteer
                      Sintetiseer, Oordeel

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      4                           DBE/November 2019
                                        NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP [10 punte]

2.1    (Ken 6 punte toe)
       Die blou manne verteenwoordig reuseagtige robotika rekenaars, wat nou die
       mensdom beheer, wie in vergelyking dwergagtig is. Hierdie 'rekenaarmanne' is
       geometries en reghoekig wat hulle hard en sterk laat voorkom. Die dwergagtige
       mensdom lyk swak en hulpeloos. Hul hulpeloosheid word verder beklemtoon
       deur die feit dat sommige van hulle uit die geboue, wat deur die rekenaarmanne
       omgedraai is, val. Die boodskap van hierdie plakkaat, dat mensdom besig is om
       oorheers te word deur die rekenaarwêreld en verloor hul beheer, word beklemtoon
       deur die gebruik van 'n oneweredige skaal en gestileerde beelde. Stereotipes is
       sigbaar deur die gebruik van manlike IT-reuse wat aanneem dat mans die
       tegnologiese wêreld domineer. Die gebrek aan ouer mense wat teenwoordig is,
       verhoog die stereotipies aanname dat slegs jongmense tegnologie gebruik .
       korporatiewe kleredrag reflekteer ook 'n sosiale klasverdeling. Dit is ‘n
       stereotipiese aanname dat rekenaar tegnologie beter kan take beter kan uitvoer as
       mense. 

2.2    (Ken 4 punte toe)
       Die kloue  herinner 'n mens aan wrede, genadelose roofvoëls/Hane en
       suggereer dat die korporatiewe wêreld (die wêreld van besigheid) so werk.

       Die groot, duur leerleunstoel  is tipies van besigheidsmanne se stoele en
       simboliseer rykdom en magtige besighede wat hoofsaaklik verantwoordelik is vir
       korporatiewe korrupsie.

       Die banknote  simboliseer kapitalisme, verbruikersdruk en invloed wat die mag
       van korrupsie in die korporatiewe wêreld versterk.

       Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

              V.2.       KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                 GEWIGS-    VRAE          PUNTE
             VLAK                                             TOEKENNING                  (10)
        Laer orde     Onthou, Herroep, Herken                    30%       2.1             2
                                                                           2.2             1
                      Verstaan, Verduidelik, Beskryf
        Middelorde    Toepas, Implementeer, Organiseer           40%       2.1             3
                                                                           2.2             1
        Hoër orde     Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                    2.1             1
                                                                 30%       2.2             1
                      Evalueer, Reflekteer
                                                                           2.2             1
                      Sintetiseer, Oordeel

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  5                            DBE/November 2019
                                    NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 3 [10 punte]
 Beantwoord ÓF VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2.

 3.1   [10 punte] (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke punt/aspek toe)

       FIGUUR E het 'n silindriese vorm met geen kromlynige kenmerke terwyl
       FIGUUR F vroulike liggaamskurwes beklemtoon. Die pop se vorm in FIGUUR E
       lyk groot en swaar terwyl FIGUUR F se vorm slank en lig is. Die gesig en hande
       van FIGUUR E is gestileer, terwyl FIGUUR F se gesig, hande en skoene baie
       lewensgetrou voorkom.

       FIGUUR E se gebruik van gestileerde vorme en verskillende krale en patrone wys
       die invloed van die inheemse Ndbele-kultuur en gee die pop 'n Afrika-ontwerp-
       identiteit.  In teenstelling daarmee reflekteer FIGUUR F duidelik 'n Westerse
       ontwerpidentiteit omdat dit die stereotipiese Westerse ideaal van 'n perfekte vrou
       met 'n perfekte figuur, vlekkelose gelaatskleur, blonde hare en blou oë
       verteenwoordig.

       FIGUUR E is handgemaak deur gerolde swart katoenmateriaal as 'n soliede
       fondasie vir die kralewerkversiering te gebruik, terwyl FIGUUR F masjiengemaak is
       en hol is omdat dit van 'n plastiekvorm gemaak is. Die kledingstukke in
       FIGUUR E gebruik handwerktegnieke om 'n pop te skep wat 'n Ndebele vrou in
       tradisionele drag verteenwoordig, terwyl die kledingstukke van FIGUUR F
       fabriekgemaak is met populêre en nuwe sintetiese materiaal van dié era. Die
       handgemaakte kwaliteit van FIGUUR E gee dit 'n meer persoonlike en individuele
       kwaliteit  terwyl die masjiengemaakte kwaliteit van FIGUUR F dit kunsmatig en
       onpersoonlik laat voorkom.

       FIGUUR E funksioneer as 'n vrugbaarheidspop wat aan jong bruide gegee word
       en simboliseer geluk in die dra van kinders en groei van hul families  FIGUUR F
       funksioneer as speelding vir meisies wat dien as die samevatting van Westerse
       skoonheid en perfeksie. In kontemporêre tye is FIGUUR E ook gebruik vir
       dekoratiewe doeleindes terwyl FIGUUR F nou 'n versamelaarsitem is.

       Beide FIGUUR E en FIGUUR F gebruik kleur om die uitdrukking of styl te
       kommunikeer. Die herhaling van swart en wit op die kop en onder op die romp
       van FIGUUR E is treffend en verenig hierdie pop. Die herhaling van pienk in die
       handsak, skoene en rok van FIGUUR F verenig met die pienk/bleek veltoon van
       die pop. Die kleure in FIGUUR E is helder en sterk maar die kleur in FIGUUR F
       is pastelagtig en sag. Die kleur gebruik in figuur E is verteenwoordigend van
       Afrika vroue terwyl die kleurgebruik vir “Barbie” fig F, van gebleikte blonde hare,
       blou oë en ligte velkleur is stereotipiese van Westerse vroue. 

       Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                     6                           DBE/November 2019
                                       NSS – Nasienriglyne

      LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag vir vergelykings in
      tabelvorm toegeken word. Gebruik kognitiewe vlakke as riglyn.

             V.3.1       KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                GEWIGS-    VRAE          PUNTE
             VLAK                                            TOEKENNING                  (10)
        Laer orde     Onthou, Herroep, Herken                   30%       3.1             1
                                                                                          2
                      Verstaan, Verduidelik, Beskryf
        Middelorde    Toepas, Implementeer, Organiseer          40%       3.1             4
        Hoër orde     Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                                   1
                                                                30%       3.1             2
                      Evalueer, Reflekteer
                      Sintetiseer, Oordeel

                                                OF

3.2    [10 punte] (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke punt/aspek toe)

       Die struktuur van die House of Algae (FIGUUR H) is 'n multiverdieping, blokagtig
       en geometries wat dit 'n baie moderne eksterieur sonder enige dekoratiewe
       elemente gee. In kontras met hierdie kontemporêre gebou is die Baths of Caracalla
       (FIGUUR G) se struktuur duidelik Klassiek omdat sy uitleg 'n enkelverdieping is en
       horisontaal versprei is. Die Caracalla badkompleks word afgewissel met geboë
       gewelfde poorte en dekoratiewe pilare.

       Die House of Algae-woonstelblok (FIGUUR H) is die eerste gebou in die wêreld
       wat sy eie energie kan verskaf, dit word ten volle operasioneel wanneer die
       glasfasade met vloeibare biomassa gevul word wat 'n kontemporêre innoverende
       materiaal is. Terwyl hierdie tegnologiese innoverende panele energie verskaf, sal
       hulle ook die lig kontroleer en skaduwee vir die interieur van die leefareas
       verskaf. Die kombinasie van hierdie innoverende materiaal en tegnologie,
       m.a.w. energiebesparende alge, geotermies en sonenergie, sal meer energie
       verskaf as wat die inwoners van die huis moontlik kan verbruik. Die Klassieke
       Baths of Caracalla (FIGUUR G) maak ook gebruik van innoverende materiaal vir
       hul tyd, soos groot glasvensters om hitte binne in te hou. Die struktuur word 'n
       heliocaminus genoem; m.a.w. 'n sonverhitter. Die heliocaminus is ook in
       Romeinse wonings gebruik en kon met verskeie materiaal toegemaak word soos
       glas of dun mika- of selenietplate. In die dae van Augustus, eerste eeu AE, was
       sonenergie-argitektuur so belangrik dat dit Romeinse bedekkingsargumente oor
       sonregte veroorsaak het. Die Romeine verdien groot lof vir hul innoverende
       tegnologiese gebruik van sonenergie.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 7                           DBE/November 2019
                                   NSS – Nasienriglyne

       Teen die derde eeu AE, het Romeinse ingenieursvaardighede so ver ontwikkel dat
       hulle in staat was om ten volle geïntegreerde komplekse te ontwerp. Die uitleg
       van waterverskaffing en dreineringstelsels van baddens was kompleks; die
       ingenieurs moes toesien dat daar heen en weer voldoende vloei van warm en koue
       water tussen die baie baddens was. Die water vir die Baths of Caracalla
       (FIGUUR G) het 90 km ver gevloei in die Aqua Marcia akwaduk. Die komplekse
       uitleg het die water gelei na 'n groot reservoir waarvandaan dit met gravitasie
       deur pype onder die tuine tot by die hoofgebou gevloei het. Binne in die
       hoofgebou is die water dan versprei na die koue poele of na die warmwatertenke
       waar dit oor houtvure vir die lou en warm baddens verhit is as sonverhitting nie
       genoegsaam was nie. Gebruikte water is van elke wasbak via afvoerpype na die
       munisipale afvoersloot in die vallei verwyder. Die verspreiding en dreineerpype
       was beide toeganklik deur tonnels vir inspeksie en onderhoud. 'n Derde netwerk
       van tonnels is gebruik om groot hoeveelhede hout te stoor vir die stookoonde
       (praefurnia). Die stookoonde is gebruik om die water te verhit en ook om die
       kamers met 'n warm lugsisteem onder die vloere te verhit (hypocausta).

       Hamburg se doelstelling is om die distrik van Wilhelmsburg, as 'n volhoubare
       klimaatvriendelike distrik te laat funksioneer. The House of Algae woonstelblok
       (FIGUUR H) is deel van 'n stadsenergieprojek uitleg wat poog om Hamburg 'n
       klimaatsvriendelike koolstofdioksied-neutrale distrik te maak. Hierdie
       innoverende benadering tot volhoubare stadslewe is 'n belangrike teken vir
       boukonstruksie in tye van klimaatverandering. Die vyfverdieping BIQ
       (FIGUUR H) Intelligente Kwosiënt-gebou funksioneer as 'n residensiële
       woonstelblok. Oorspronklik gebou as deel van die International Building
       Exhibition IBE, is die BIQ woonstelblok die wêreld se eerste gebou om die
       innoverende tegnologie van 'n bioreaktor-fasade in te sluit. Die algblaarfasade
       dien ook die meer konvensionele funksie om die gebou teen straatlawaai, hitte en
       koue te isoleer en skaduwee vir die interieur te verskaf. Die gebou bestaan uit
       15 eenhede wat aan die inwoners 'n nuwe benadering op die lewe deur
       innoverende materiaal en tegnologie gee. Kamers wat individueel gekontroleer is
       maak dit moontlik om funksies en komponente aan en af te skakel soos benodig.

       Die Caracalla Baths kompleks (FIGUUR G) funksioneer as 'n plek waar, na 'n
       oggend se werk; die meeste Romeine dit kon geniet om die middag by die badhuis
       of publieke badkompleks deur te bring.  Die baddens het ook as 'n sosiale
       ontmoetingsplek gefunksioneer.  Die BIQ Algae House (FIGUUR H) funksioneer
       as 'n woonstelblok.  Die fasade van die kontemporêre vyfverdiepinggebou, is
       suiwer funksioneel en onversierd omdat die reghoekige glaspanele met water,
       waarin alge dryf, gevul is. Die alge is gebruik om energie te produseer, dus word
       die gebou 'n Plus Energy House.  In vergelyking met die moderne BIQ House of
       Algae woonstelblok (FIGUUR H) is die fasade van die Baths of Caracalla
       (FIGUUR G) met niefunksionele, dekoratiewe Klassieke elemente, soos
       reliëfkerfwerk, muurpilare, pilare en nisse versier.  Dit skep 'n baie meer
       dekoratiewe eksterieur as dié van die BIQ House of Algae (FIGUUR H) wie se
       gladde glaspanele 'n eenvoudige masjienagtige raamwerk van silwer en groen
       maak. 
       Indien leerders na eie voorbeelde verwys moet hulle steeds na die die vraag
       puntverdelings.

       Gee krediet aan enige ander geldige stellings of vergelyking tussen 'n
       klassieke en kontemporêre gebou wat die kandidaat bestudeer het.
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                     8                           DBE/November 2019
                                       NSS – Nasienriglyne

       LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag vir vergelykings in
       tabelvorm toegeken word. Gebruik kognitiewe vlakke as riglyn.

             V.3.2       KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                GEWIGS-    VRAE          PUNTE
             VLAK                                            TOEKENNING                  (10)
        Laer orde     Onthou, Herroep, Herken                   30%       3.2             1
                                                                                          2
                      Verstaan, Verduidelik, Beskryf
        Middelorde    Toepas, Implementeer, Organiseer          40%       3.2             4
        Hoër orde     Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                                   1
                                                                30%       3.2
                      Evalueer, Reflekteer
                                                                                          2
                      Sintetiseer, Oordeel

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  9                           DBE/November 2019
                                    NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS

VRAAG 4 [30 punte]

4.1   Ken 20 punte in totaal toe.
      Ken 10 punte vir elke beweging toe. Neem kennis, EEN PUNT kan toegeken
      word vir die naam van die ontwerper en die produk van elke beweging. Maak
      gebruik van die kognitiewe vlakke as riglyne.

      Hierdie nasien riglyn verskaf 'n antwoord vir die volgende twee moontlikhede:

       •     Postmodernisme
       •     Popontwerp

      Die Postmoderne Ontwerp beweging se doelstelling was om van die
      Modernistiese wêreld van tegnologie af weg te beweeg. Hulle het Modernisme as
      steriel, vervelig en herhalend ervaar. Hulle wou ontwerpe skep wat die wêreld
      van mense en menslike doeleindes erken. Hulle ontwerpe was menslik en het
      duidelik gepoog om aan die behoeftes van die mense aandag te gee. Terwyl
      Modernisme op die skepping van 'n universele styl gefokus het wat geometriese
      abstraksie, eenvormigheid en moderniteit geseëvier het, het Postmodernisme op
      individuele behoeftes en oplossings gefokus. Die Modernistiese ontwerpe het alle
      style en tradisies van die verlede ten gunste van 'n rigiede, tegnologiese-
      geïnspireerde styl verwerp. Aan die ander kant, het die Postmoderniste na style en
      tradisies van die verlede verwys om sodoende mense met hul verlede te verbind. 

      Postmodernistiese ontwerpers is deur Klassieke gebouelemente soos die pilaar, die
      pediment, die voorportaal en die boog beïnvloed. Hierdie elemente is sigbaar in
      ontwerpe soos die 'AT & T-gebou' deur Johnson en Burgee, 'n toringgebou wat in 'n
      oopgesnyde pediment eindig. Hulle het ook tradisionele boumateriaal soos klip,
      hout en bakstene weer ingebring om natuur en warmte in die koue tegnologiese,
      masjienagtige ontwerpe van die Moderniste in te bring. Postmodernistiese
      ontwerpers wou nie heeltemal Modernisme verwerp nie. Hulle het nog steeds 'hul
      voete' in die Modernistiese ontwikkelinge in tegnologie en hulle gebruik van
      tegnologiese uitvindings soos glasgordynmure, die staalraamstruktuur en
      gewapende beton in hulle geboue gebruik om eklektiese ontwerpe te skep wat die
      verlede en toekoms kombineer.

      Postmodernistiese ontwerpe is ook met menslike behoeftes op ander maniere
      gemoeid, byvoorbeeld kenmerkend bring hulle kleur en versiering terug om
      sodoende hulle ontwerpe prettig en visueel mooi te maak. In kontras met die
      Modernistiese beskouing in 'Less is More' glo die Postmoderniste in 'Less is
      Bore'. Hulle beweeg weg van die ernstige aard van die Modernistiese ontwerpe
      en bring humor en eienaardigheid in hul ontwerpe in – byvoorbeeld die gebruik van
      klassieke elemente op 'n niefunksionele wyse, byvoorbeeld 'n uitgesnyde plat pilaar
      is gebruik as versiering en 'n verwysing na die verlede in Venturi se 'Vanna
      House'. In kontras tot die Modernistiese beklemtoning op funksionaliteit speel
      hulle met dubbelsinnigheid waar die funksie nie meer onmiddellik duidelik is nie.
      Ontwerpe word meervlakkig en vol verwysings wat die observasie meer
      mensgesentreed, interaktief en opwindend maak.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 10                           DBE/November 2019
                                   NSS – Nasienriglyne

      'n Goeie voorbeeld van Postmodernistiese ontwerp is Portlandgebou deur
      Michael Graves

      Die fasades van die Portlandgebou het 'n menslike doel omdat hulle ontwerp is
      om te vermaak en te amuseer. Hulle is dekoratief en kleurvol, wat die
      Postmodernistiese beskouing tentoonstel dat mense moeg is vir die Moderniste se
      vasklou aan 'Truth to Materials', hulle gestandaardiseerde geometriese strukture en
      beskouing in eenvormigheid. Hulle versiering verwys na geskiedenis, byvoorbeeld
      die sluitstene en muurpilare is gebruik met die doel om die mensdom met die
      verlede te herenig. Die gebou is afhanklik van die Modernistiese gebruik van die
      straalraam en gewapende beton-tegnologie om sy multiverdiepinggrootte te
      bereik.

      Popontwerp is geïnspireer deur alledaagse, stadslewe van die 1960's en een van
      hul doelwitte was om met die menslike behoefte vir ontvlugtende vermaak, die
      tydelike, en die glanswêreld in aanraking te kom.  Hulle ontwerpe is 'n reaksie
      teen abstrakte, ernstige, intellektuele ontwerp. Hulle mikpunt is om die wêreld
      van mense as hul onderwerp te gebruik. Hierdie kan gesien word in hul gebruik
      van verstaanbare alledaagse kultuur as hul onderwerp. Beelde wat voorheen as
      oppervlakkig en vervelig geag is, is nou in ontwerpe gebruik, byvoorbeeld kitskos,
      filmsterre, elektroniese toerusting, blikkieskos, ens. Mense word met hul
      belangstellings op 'n baie direkte en eenvoudige manier verbind.

      Popontwerp is dikwels kitsch, en spreek tot mense se liefde vir helder, gelukkige
      kleure en maklike verstaanbare, sentimentele beelde soos hartjies en rooi lippies.
       Die invloed van Optiese Kuns en Kinetiese Kuns kan gesien word in
      Popontwerpers se gebruik van eenvoudige, sterk, opvallende patrone. Nog 'n
      invloed op popontwerp is die anti-ontwerpbeweging waar konvensionele norme
      bevraagteken is en onverwagde vorms, materiale en beelde tot humoristiese,
      eienaardige ontwerpe lei. Vergrote visuele distorsies disoriënteer en vermaak die
      toeskouer. Popontwerp het baie duidelik sy voete in die wêreld van nuwe
      materiaal en tegnologie. Baie popontwerpers geniet dit om met die moontlikhede
      wat plastiek hulle bied, te eksperimenteer. Die nuwe tegniek van inspuitgevormde
      plastiek lei tot beeldhouprodukte met vloeiende lyne. Die Verner Panton
      'Cantilever Chair' is 'n goeie voorbeeld van hierdie tegniek.

      'n Ander nuwe tegnologie wat deur die Pop ontwerpers ondersoek is was gevormde
      laaghout, wat ook moontlikhede geskep het vir nuwe beeldagtige, liggewigvorms
      wat koste-effektief en in groot maat vervaardig kon word en sodoende aan die
      wêreld van menslike behoeftes kon voldoen.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                     11                          DBE/November 2019
                                       NSS – Nasienriglyne

      'n Goeie voorbeeld van popontwerp is die Studio 65 Leonardo, sofa, 1969.

      Hierdie ontwerp illustreer duidelik popontwerpers se gebruik van die wêreld van
      mense as hul onderwerp. Gewilde, herkenbare, alledaagse beelde (in die geval die
      Amerikaanse vlag) is gebruik as die inspirasie vir die vorms en die patrone op
      produkte. Die eenvoudige, prominente sterk streeppatroon en sterre is tipies van
      popontwerp. Die gebruik van 'n vlagontwerp om 'n rusbank te inspireer is 'n
      voorbeeld van popontwerp se afkeuring in tradisionele idees in verband met
      ontwerp en hul gebruik van verassende onkonvensionele onderwerpe.
      Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
             V.4.1       KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                GEWIGS-    VRAE          PUNTE
             VLAK                                            TOEKENNING                  (20)
        Laer orde     Onthou, Herroep, Herken                   30%       4.1             4
                                                                                          2
                      Verstaan, Verduidelik, Beskryf
        Middelorde    Toepas, Implementeer, Organiseer          40%       4.1             8
        Hoër orde     Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                                   2
                                                                30%       4.1             2
                      Evalueer, Reflekteer
                                                                                          2
                      Sintetiseer, Oordeel

4.2   [10 punte] (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke punt/aspek toe)

      Die Art Nouveau-stoel (FIGUUR I) se gebruik van vloeiende, organiese lyne wys
      duidelik die invloed van die Kuns en Kunshandvlyt se belangstelling in geboë lyn
      en geboë stamme. Die invloed van die natuur is ook sigbaar in die gebruik van
      organiese lyne soos gesien in die Art Nouveau stoel. In kontras, die geometriese
      fasette van die Dekonstruktivistiese stoel (FIGUUR J) reflekteer die invloede van
      Kubisme/De Stijl/Bauhaus. Die anti-ontwerpbeweging se doel om tradisionele
      ontwerpstrukture te ondermyn is ook sigbaar in hierdie stoel se gebruik van
      onkonvensionele, nie-funksionele vorme. 
      Die Art Nouveau-stoel (FIGUUR I) het 'n gemaklike gestoffeerde sitplek en
      rugleuning wat die ergonomie van die ontwerpproduk versterk. Die
      dekonstruktivistiese stoel (FIGUUR J) het 'n rugleuning wat vorentoe leun en wat
      terugleun onmoontlik sal maak. Hierdie stoel neem nie die gemak of die postuur
      van die persoon nie in ag nie.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                     12                          DBE/November 2019
                                       NSS – Nasienriglyne

      Die Art Nouveau-stoel (FIGUUR I) toon 'n vertikaal simmetriese balans omdat die
      eenkant 'n spieëlbeeld van die ander kant is. Hierdie gebruik van simmetrie
      verleen 'n formele, geordende en gebalanseerde kwaliteit aan die stoel. Die
      dekonstruktivistiese stoel (FIGUUR J) is asimmetries gebalanseer omdat lyne en
      fatsoene aan die linkerkant nie dieselfde as aan die regterkant is nie.  Die
      resultaat is 'n baie meer informele en dinamiese effek.
      Die Art Nouveau-stoel (FIGUUR I) toon duidelik hulle liefde vir die golwende,
      organiese, sweepslag lyn wat baie energieke liniêre ritmes skep. Aan die ander
      kant, bestaan die dekonstruktivistiese stoel (FIGUUR J) meestal uit reguit en
      reghoekige lyne wat dit 'n dominant rigiede en sterk voorkoms gee. Hierdie
      sterkte is versag deur die kontrasterende geboë lyn van die nie-funksionele
      rugleuning en sitplek.

      Die bonkige Art Nouveau-stoel (FIGUUR I) se vorm is tradisioneel met 'n tipiese
      rugleuning, sitvlak, armleuning en kabrioolpote. Die dekonstruktivistiese stoel
      (FIGUUR J) ontken hierdie norme deur 'n groepering van reghoekige hortjieslyne in
      die plek van 'n gemaklike rugleuning in te voeg. Dit maak dat die stoel nie
      funksioneel nie. Die organies en geboë vorms van die Art Nouveau-stoel
      suggereer vroulikheid, waar die dekonstruktivistiese vorm meer geometries en
      manlik is.

      Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

      LET WEL: 'n Maksimum van 3 punte mag vir vergelykings in tabelvorm
      toegeken word. Gebruik die kognitiewe vlakke as riglyn.

             V.4.2       KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                GEWIGS-    VRAE          PUNTE
             VLAK                                            TOEKENNING                  (10)
        Laer orde     Onthou, Herroep, Herken                   30%       4.2             2
                                                                                          1
                      Verstaan, Verduidelik, Beskryf
        Middelorde    Toepas, Implementeer, Organiseer          40%       4.2             4
        Hoër orde     Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                                   1
                                                                30%       4.2             1
                      Evalueer, Reflekteer
                                                                                          1
                      Sintetiseer, Oordeel

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   13                           DBE/November 2019
                                     NSS – Nasienriglyne

AFDELING C: ONTWERP IN 'n SOSIO-KULTUREEL/OMGEWING EN
            VOLHOUBARE KONTEKS

VRAAG 5 [20 punte]

Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.

5.1

5.1.1   (Ken 6 punte toe)
        Die plakkaat maak gebruik van 'n naby, afgesnyde aansig van die poppe se
        gesigte as die uitleg.  Hierdie 'afsny' verseker dat die oë die fokuspunt word.
        Hierdie groot kwesbare, smekende oë lyk asof hulle direk op die toeskouer gerig
        is. Hulle kommunikeer met die toeskouer se blik en die direkte oogkontak vorm
        'n emosionele konneksie tussen die toeskouer en die plakkaat. Die swart raam
        skep die indruk dat dit ‘n fotobeeld is. 

        Die plakkaat gebruik poppe om te suggereer dat jong kinders heel waarskynlik nie
        oor mishandeling sal 'uitpraat nie'. Die poppe is sielloos en leweloos, maar het
        werklike kinderoë wat die poppe lewendig laat voorkom. Poppe is sinoniem met
        kinders en die konneksie is beklemtoon deur die poppe meer lewendig te laat
        voorkom. Om die beelde meer kragtig te maak, het die ontwerper elke pop 'n
        klein traan wat van hulle oë afloop gegee.  Die trane vertel 'n tragiese storie van
        kinders wat stil in pyn huil. Die trane maak ook hierdie poppe lewendig omrede
        poppe nie kan huil nie. Die onduidelike of uitgeveede monde maak die
        toeskouer bewus van die feit dat iets fout is. Mishandelde kinders praat nie
        gereeld met iemand oor hul mishandeling nie. Hulle is bang dat hul misbruiker sal
        uitvind, of dat niemand hulle sal glo nie. Die verwydering van hul monde wys die
        toeskouer dat hul “stemme” verwyder is.  Die gesigte sonder monde skep 'n
        droomeffek wat die ontstellende en donker boodskap van die plakkaat versterk.

        Die woorde “SPEAK OUT” is in sterk, swart, sans serif-teks wat heeltemal die
        monde vervang en die ernstigheid van die boodskap oordra. Dit trek ook die
        toeskouer se aandag na hierdie hoofboodskap van die veldtog. Maar, op
        dieselfde tyd, is die woorde “SPEAK OUT” kleiner in verhouding tot die res van die
        ander gesigskenmerke. Hierdie ontwerptegniek vestig aandag op kinders om te
        kan praat. Die woorde 'when you can't talk about abuse, talk to us' onderaan
        elke plakkaat is ook in sans serif-teks, dit help om die ernstigheid van die
        boodskap te wys.  Die wit letters staan duidelik teen die swart agtergrond uit;
        dus verseker dit dat hierdie belangrike boodskap leesbaar is.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   14                           DBE/November 2019
                                     NSS – Nasienriglyne

5.1.2   Ken 14 punte in totaal toe, 7 punte per gevallestudie.
        Ken 1 punt vir die naam van die ontwerper en die naam van die
        ontwerpproduk toe.

        EEN KONTEMPORÊRE SUID-AFRIKAANSE ONTWERPER/
        ONTWERPGROEP

        •    Naam van die ontwerper/ontwerpgroep/ontwerpmaatskappy en een
             ontwerpproduk
             Victoria Yards deur die ontwikkelaar Brian Green van Group 44.

        (Ken 3 of 4 punte toe)
        • 'n Kort bespreking van die algemene karaktereienskappe van die
           ontwerp
           Die voorheen verwaarloosde groep industriële geboue in die Johannesburgse
           SSK is omskep in 'n stadsoasis en word deur Group 44 se Brian Green,
           Victoria Yards genoem.

             Gebou as 'n wassery in die vroeë 1900's, het die eiendom die myn- en
             katoendoeknywerhede bedien. Nadat die katoendoeknywerhede agteruit in
             waarde gegaan het, saam met die feit dat die area sy aantrekkingskrag
             verloor het, het die eiendom verder verval tot 'n sentrum vir motorslaghuis
             (chop shops) en onwettige besighede. Victoria Yards is 'n 'stadsgenerasie'
             projek wat 'n variasie van studio's, werkswinkels en galerye aanbied wat
             ongeveer 30 0000 m2 bedek en die Jukskeirivier insluit.

        •    Elke maand maak die studio's en werkswinkels hul deure oop, kunstenaars
             bied teaterproduksies aan en 'n verskeidenheid kos kan by straatstalletjie
             gekoop word. 'n Oop industriële ruimte sluit 'n groot mark in wat
             eksklusiewe kase, kombucha, deli-kos, speserye en vars groente van die
             eiendom en produseerders vanuit die omgewing aanbied.

        •    (Ken 2 of 3 punte toe)
             Verduidelik hoe die ontwerper sosiale bewustheid reflekteer
             Die produk is op verskillende maniere sosiaal verantwoordelik. Die erfenis
             geboue is minimaal verander wat hul argitektoniese eerlikheid en karakter
             naak los.  Gebou in 1924 as 'n reeks werkswinkels en fabrieke, het die
             gewelfasade en die trapvormige struktuur dieselfde gebly met net 'n paar rou,
             industriële elemente wat bygevoeg is.  Die projek het 'n brownfield status; 'n
             term wat gebruik word in stadsbeplanning vir enige vorige ontwikkelde land
             wat tans nie in gebruik is nie. Die sosiale verbetering van die gebied deur
             stadsregenerasie wat volhoubaarheid en vernuwing ondersteun, is as 'n
             sosiale bekommernis gesien.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    15                          DBE/November 2019
                                      NSS – Nasienriglyne

                Daar is 'n fokus op samewerking en vaardigheidsontwikkeling vir skeppers
                wat in die gebied leef. Plaaslike kunstenaars word gratis uitstalruimte
                gebied om hul produkte op die weeklikse mark te verkoop.  Sommige
                van die huurders, soos Stitch ('n sosiale inisiatief vir mishandelde vroue
                wat geborduurde tekstiele skep) word ten volle gesubsidieer. Dit is ook 'n
                tuiste vir van die land se top kunstenaars en vakmanne. Kunstenaars
                soos Benon Luutya, Ayanda Mabulu, Blessing Ngobeni en Roger Ballen
                skep almal hul werk om uit te stal en te verkoop. Baie gewilde vakmanne
                soos David Krynauw het ook 'n plek langs ander skeppers, ontwerpers,
                metaalwerkers en produseerders ingeneem en 'n simbiotiese gemeenskap
                gevorm.
        EEN INTERNASIONLE ONTWERPER/ONTWERPGROEP
        •    Naam van 'n ontwerper/ontwerpgroep/ontwerpmaatskappy en een
             ontwerpproduk
             Babocush, ontwerp deur Kerri Nevins.

             (Ken 3 of 4 punte toe)
        •     'n Kort bespreking van die algemene karaktereienskappe van die
              ontwerp
              Die ontwerpoplossing laat toe dat jou baba op die Babocush vasgemaak kan
              word direk na voeding vir onmiddellike verligting van wind/gaspyne. Die
              kussing hou jou baba in 'n baie natuurlike posisie  omdat dit die baba se
              lugpyp laat ontspan en oophou in teenstelling met die manier van vooroorsit
              in 'n wip-wieg of babamotorsitplek. Die opwaartse gedeelte van die
              Babocush is verstelbaar, dus verseker dit dat jou baba in die regte posisie is
              om refluks te voorkom. Die Babocush vibreer saggies en wieg van kant tot
              kant wat die baba aanmoedig om te ontspan.
        (Ken 3 of 2 punte toe)
        • Verduidelik hoe die ontwerper se werk sosiale bewustheid reflekteer
           Beperkte sosiale ondersteuning, die onvermoë om kindersorg te kan bekostig
           en enkelouerskap kan dit baie uitdagend vir ouers maak om met die fisiese
           en psigologiese verwagtinge van versorging vir 'n pasgebore baba te
           hanteer. Die frustrasie, tesame met die gevoel van oorweldiging na die
           geboorte is 'n bydraende faktor tot nageboorte depressie. Uitputting
           beïnvloed 'n vrou se vermoë om haar baba te borsvoed en 'n gefrustreerde
           ma lei tot 'n gefrustreerde baba. Die Babocush is 'n kussing wat poog om
           ouers met noodsaaklike hulp te verleen met die vermindering van huil, koliek
           en refluks, windopbreking en kalmering van die baba. Babocush help om
           koliek te verhoed deur die baba veilig vas te hou en dit het die ekstra gemak
           van 'n sagte vibrasie en hartklopklank. Die Babocush verskaf die aanbevole
           tyd om op die maag te lê. Pasgebore babas se skedels is so sag dat die
           koppie moontlik platgedruk kan word as daar nie genoeg tyd vir op die magie
           lê gegee word nie.
             Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      16                          DBE/November 2019
                                        NSS – Nasienriglyne

             V.5.1       KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                 GEWIGS-    VRAE        PUNTE
             VLAK                                             TOEKENNING                (20)
        Laer orde     Onthou, Herroep, Herken                    30%       5.1.2         2
                                                                                         4
                      Verstaan, Verduidelik, Beskryf
        Middelorde    Toepas, Implementeer, Organiseer           40%       5.1.1         4
                                                                           5.1.2         4
        Hoër orde     Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                    5.1.1         2
                                                                 30%       5.1.2         4
                      Evalueer, Reflekteer
                      Sintetiseer, Oordeel

5.2

5.2.1   (Ken 2 punte toe)
         Deur die gebruik van Suid-Afrikaanse tradisionele kralewerk op bekende
         produkte word hierdie produkte met ons erfenis en kultuur verbind. Hierdie
         supergroot weergawes (soortgelyk aan popkunsstyl) van gewilde 'Proudly South
         African' produkte moedig trots in ons tradisionele kralekuns en die behoefte om
         plaaslik te koop aan. Vroue van hierdie arm gemeenskappe kry 'n
         werksgeleentheid om hul kralekuns te beoefen en 'n persoonlike styl te ontwikkel
         terwyl dit ook op 'n kontemporêre bemarkbare produk toegepas kan word.
         Gee krediet aan enige ander geldige stellings
5.2.2 (Ken 8 punte toe)

         •   Verwys na die stelling ( ken 1punt toe)
        •    Materiale, metodes en prosesse gebruik in die maak van die
             kunshandvlytproduk( ken 2 or 3 punte toe)
             Die Ndebeles het groot kleurvolle muurskilderye op hul huise geskep wat met
             handgemaakte kwasse van hoendervere of met hulle vingers geverf is.  Die
             oorspronklike verf wat op die hut gebruik is was 'n wit kalkverf. Die kleure
             wat in die skilderye gebruik is was meestal natuurlike pigmente wat uit bruin,
             swart en 'n reeks okers bestaan het. Deesdae word akrielverf in plaas van
             tradisionele natuurlike pigmente gebruik.
             Die meeste patrone is in 'n V-vorm en 'n eenvoudige driehoek op 'n groot
             kleurvolle oppervlak geverf en met dik swart lyne omring in patrone wat in
             Ndebele kralewerk voorkom. Die Ndebele-vrouens is dikwels die
             tradisiedraers en die hoofontwikkelaars van die muurkuns van hulle huise.
             Die tradisie en styl van huisverf word van geslag tot geslag deur die moeders
             oorgedra. Hierdie praktyk vier die kulturele erfenispraktyke van die
             Ndebeles wat as een kultuur in die diverse Suid-Afrikaanse kulture gesien
             word.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   17                          DBE/November 2019
                                     NSS – Nasienriglyne

             Dit versterk nasionale trots sodat ander lande met ons Suid-Afrikaanse
             erfenis kan identifiseer. Die herhaalde geometriese patrone en fatsoene
             word eers met 'n swart cloissonistiese buitelyn geteken. Die patrone word
             dan met wit en swart tonale waardes van kleure gevul. Die patrone is op die
             mure in terme van hul basiese ontwerpstruktuur gegroepeer.

             In die laaste deel van die 1960's het 'n nuwe styl begin ontwikkel, die
             buitelyne en kleure het merkbaar verander; kontemporêre beelde soos
             selfone en vliegtuie word nou in die ontwerp ingesluit om die moderne
             samelewing te reflekteer. Die muurskilderye was gebruik as 'n vorm van
             protes- of weerstandontwerp teen die geforseerde onderdrukking.

        •    Die moontlike funksie van die kunshandvlytprodukte (ken 2 or 3 punte
             toe)
             Oorspronklik is patrone op huise geverf as deel van 'n ritueel van Ndebeles
             om gebeure soos 'n geboorte, dood, troue of wanneer 'n seun na die inisiasie
             toe gaan, aan te kondig. Hierdie ekspressiewe simbole was 'n vorm van
             kommunikasie tussen subgroepe van die Ndebeles; simbolies het hulle
             gestaan vir hul kontinuïteit en kulturele weerstand teen hul toestande.
             Hierdie skilderye, geskep deur die vrouens, was hul geheime kode vir hul
             mense en onleesbaar vir enige iemand behalwe vir die Ndebele. Die helder
             simbole en uitdrukkings beeld kommunikasies of persoonlike gebede, self-
             identifikasies, waardes, emosies en troues uit. Soms was die manlike
             inisiasie, bekend as as die 'wela', 'n rede vir die herverf van hul huise.
        •    Moontlike simboliese betekenis van die patrone en/of die
             kunsvlytprodukte(ken 2 or 3 punte toe)
             Daar is vyf hoofkleure verteenwoordig: rooi en donker rooi, geel tot goud, 'n
             hemelblou, groen, en soms pienk. Die kleure het 'n simboliese betekenis vir
             die Ndebele omdat hulle na die status of mag van die huiseienaar kan
             verwys, gebede offer, 'n troue in die huis aankondiging, of dit kan 'n huidige
             protes verteenwoordig.
        Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

5.2.3   (Ken 10 punte toe)

        •    Naam van 'n ontwerper/ontwerpgroep/ontwerpmaatskappy en een
             ontwerpproduk (ken 1punt toe)
             Pinda en Nandini Stacked Side Tables ontwerp deur Siyanda Mbele 

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                         18                          DBE/November 2019
                                           NSS – Nasienriglyne

        •       'n Gedetailleerde beskrywing en analise van die bogenoemde produk
                (ken 5 of 6 punte toe) Siyanda Mbele produseer funksionele produkte wat
                die kleurvolle geometriese patrone van die Ndebele reflekteer en dit 'n vars
                en kontemporêre opgedateerde voorkoms gee. Die patrone het die
                inspirasie verskaf vir 'n innoverende reeks meubels genoem 'Nandini'. Die
                versameling bestaan uit kompakte, multifunksionele klein koffietafels wat
                opgestapel kan word om rakeenhede te vorm.  Hierdie kleurvolle tafels kan
                opgestapel word en reflekteer Skandinawiese ideale van ruimtebesparing.
                Elke tafel is individueel handgeverf, ontwerp, en gemaak onder die Pinda-
                etiket. Dit laat hom toe om 'bespoke/na maat gemaakte' ontwerpe' te skep.
            •    Verduidelik hoe dit die invloed van inheemse kennis sisteme reflekteer
                 (ken 3 of 4 punte toe)Siyanda Mbele is geïnspireer deur die diverse kulture
                 van Suid-Afrika, deurdat hy onder andere na patrone van die Ndebele,
                 Venda en Zulu in sy werk verwys.  Sy ondersoeke van vereenvoudigheid
                 en sy speel met fatsoene, is ook 'n omskrywende kenmerk van sy ontwerpe.
                 Hy gebruik tradisionele Afrika-estetika om die oppervlak patrone en
                 produkfatsoene bv. die struktuur van die pote te inspireer. Siyanda Mbele
                 verander suksesvol die Afrika-estetika geïnspireerde koffietafel wat met
                 Ndebele-patrone versier is, na 'n kontemporêre ontwerp. Die trappiramide
                 ontwerp, 'n sleutel fokus in hierdie reeks, is geïnspireer deur die werk van die
                 internasionale bekende Ndebele kunstenaar, Esther Mahlangu. Haar
                 'istegetsane' sigsagstyl is sigbaar in die sterk gestylde, kleurvolle
                 koffietafel.
                 Die toegepaste geometriese Ndebele-patrone is verander na 'n
                 driedimensionele ontwerp, met 'n hoë Afrika-estetika kwaliteit, wat gestapel
                 kan word.

        Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

        GEEN punte mag toegeken word vir die herhaling van ontwerper(s) en hul
        werk wat in dié vraestel voorkom.

                V.5.2        KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                GEWIGS-    VRAE        PUNTE
                VLAK                                             TOEKENNING                (20)
        Laer orde        Onthou, Herroep, Herken                    30%       5.2.2         4
                         Verstaan, Verduidelik, Beskryf                       5.2.3         2
        Middelorde       Toepas, Implementeer, Organiseer           40%       5.2.1         2
                                                                              5.2.2         2
                                                                              5.2.3         4
        Hoër orde        Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                    5.2.2         2
                         Evalueer, Reflekteer                       30%       5.2.3         2
                         Sintetiseer, Oordeel                                               2

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   19                           DBE/November 2019
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 6 [20 punte]

6.1

6.1.1 (Ken 2 punte toe)
        Bioafbreekbare materiaal verwys na materiaal wat heeltemal kan afbreek en geen
        teken van gifstowwe op ons aarde of in ons water nalaat nie. Die bottel in
        FIGUUR M is van seewier gemaak; 'n bioafbreekbare, natuurlike materiaal wat
        vinnig sal afbreek en die aarde geen skade aandoen nie.

6.1.2 (Ken 4 punte toe)
       Plastiekstrooitjies  is enkelgebruikprodukte wat van plastiek gemaak is, wat nie-
       bioafbreekbaar is nie en tot die grootskaalse oseaan-, rivier- en landbesoedeling
       bydra. Kitskosverpakking  van polistireen word na gebruik weggegooi en kan
       honderde jare neem om af te breek. Hierdie afvalmateriale dra by tot
       opvullingsterreine en word gereeld deur diere geëet wat tot vergiftiging en dood
       lei. Neem kennis: Mag ook na materiale verwys.

Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

6.2    Ken 14 punte in totaal toe, 7 punte per gevallestudie.
       Ken 1 punt vir die naam van die ontwerper en die naam van die
       ontwerpproduk toe

EEN KONTEMPORêRE SUID-AFRIKAANSE ONTWERPER/ONTWERPGROEP

•      Naam van die ontwerper/ontwerpgroep/maatskappy en EEN ontwerpproduk
       Munch Bowls deur Georgina de Kock.
       Verwys na die stelling ( ken 1 punt toe)

•      Omgewingsuitdagings waaraan aandag geskenk is(ken 2 of 3punte toe)
       Die Munch Bowls deur Georgina de Kock is geïnspireer deur 'n groeiende
       bekommernis om die omgewing te bewaar. Die eetbare Munch Bowls is 'n eko-
       vriendelike, groen alternatief vir giftige en verkwistende plastiek- en polistireen-
       kosverpakkings. Hierdie Munch Bowls verminder ons koolstof voetspoor omdat
       dit materiaal gebruik, wat nie negatiewe impak op die omgewing het nie.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      20                             DBE/November 2019
                                        NSS – Nasienriglyne

•    Die korrekte gebruik van materiaal, prosesse en tegnologie gebruik
     gedurende die navorsing- en produksiefases (ken 2 of 3punte toe)
     Munch Bowls poog om innoverende, praktiese en gesonde eetbare eko-vriendelike
     produkte in die toekoms te skep. Die eetbare Munch Bowl is verkry van die idee
     van eetbare beskuitjieroomyshorinkies. Die plantaardige houer is bio-afbreekbaar
     en 'n ideale opdienbak vir maaltye by feeste en ander buitemuurse
     gebeurtenisse.

EEN INTERNASIONALE ONTWERPER/ONTWERPGROEP

•    Naam van die ontwerper/ontwerpgroep/maatskappy en EEN ontwerpproduk
     Eetbare waterdop genoem die "Ooho!" deur Skipping Rocks Lab 

•    Omgewingsuitdagings wat aandag geniet (Ken 2 of 3 punte toe)
     Ooho-eetbare waterdoppe gee aandag aan die grootste bydraer tot
     opvullingsterreine, m.a.w. plastiekbottels. Boonop verdien die besoedeling
     veroorsaak deur die produksie van plastiekbottels ook aandag. Hierdie eetbare
     dop, gevul met water, kan die antwoord vir die wêreld se plastiekbesoedeling wees
     deur die gebruik van plastiek en ander skadelike materiaal te verminder.

•    Die korrekte gebruik van materiaal, prosesse en tegnologie gedurende die
     navorsing en produksiefases (Ken 2 of 3 punte toe)
•    Die deursigtige membrane van hierdie Ooho-doppe is ten volle van bioafbreekbare,
     seewierekstrak gemaak. 'n Groep van drie tot tien Ooho-doppe kan, net soos 'n
     lemoen, bymekaar in 'n omhulsel gehou word.  Die materiaal is deursigtig maar
     kan ook gekleur word om die verskil tussen die omhulsel en die binneste kern te
     onderskei. Seewier is vryelik beskikbaar en kan in alle lande geproduseer word.
     Seewier is 'n volhoubare plantaardige bron. Dit is 'n materiaal wat so hernubaar is
     dat dit mense laat wonder hoekom giftige materiale gebruik word wanneer die natuur
     materiale verskaf wat so hernubaar is.

     Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

              V.6.       KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                 GEWIGS-      VRAE        PUNTE
             VLAK                                             TOEKENNING                  (20)
        Laer orde     Onthou, Herroep, Herken                    30%       6.1.1 + 6.2   2+2
                      Verstaan, Verduidelik, Beskryf                          6.1.2       2
        Middelorde    Toepas, Implementeer, Organiseer           40%          6.1.2       2
                                                                               6.2        6
        Hoër orde     Analiseer, Vergelyk, Interpreteer
                                                                 30%          6.2          2
                      Evalueer, Reflekteer
                                                                                           4
                      Sintetiseer, Oordeel

                                                                  TOTAAL AFDELING C: 40
                                                                       GROOTTOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Design P1 Nov 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2019-memo-eng/897e5c02-af3d-4258-9c23-310678ff22eb) — Design · Memo · 2019 · Eng
- [Design P1 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2019-afr/99c74ccf-23c5-4142-9d89-f12d634a1025) — Design · QP · 2019 · Afr
- [Design P1 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2019-eng/ae7b151a-e1f7-4bf2-8e59-1b15c069d8bb) — Design · QP · 2019 · Eng
- [Design P1 Nov 2020 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2020-memo-eng/4557d936-063d-4754-b6a8-e25c4d279f64) — Design · Memo · 2020 · Eng
- [Design P1 Nov 2018 FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2018-final-memo-eng/7d38596e-8011-4dbd-addb-c69766e3bc61) — Design · Memo · 2018 · Eng
- [Design P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2018-final-memo-afr/bc30bd03-407d-4fec-ae72-a424eff53b59) — Design · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-afr/e35d300a-db4f-4a06-ba8a-6f659dbd37ad) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/3f14a710-b913-44a8-ade1-31e4d395f557) — QP · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/47ba80e3-12dd-4fd4-8302-34e3b97a6b9a) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-eng/3f0bd4c5-8226-45ef-87fa-5c9996cba696) — QP · 2024 · Eng
- [Design P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-afr/6958913b-f502-40d3-8387-1f0a78a3ed25) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
