# Design Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Design Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2021-afr/ee89371b-0b62-4166-8eae-1ffc6b00e1ed
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2021-afr/ee89371b-0b62-4166-8eae-1ffc6b00e1ed)

## About this document

Design · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                                     ONTWERP V1

                                        (TEORIE)

                                   NOVEMBER 2021

PUNTE: 100

TYD: 3 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
                      Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  2                           DBE/November 2021
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

2.       Daar is drie keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur.

3.       Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

         AFDELING A: Ontwerpgeletterdheid (30 punte)
                     VRAAG 1 tot 3

         AFDELING B: Ontwerpgeskiedenis (30 punte)
                     VRAAG 4

         AFDELING C: Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubare
                     konteks (40 punte)
                     VRAAG 5 en 6

4.       Lees die vereistes van elke vraag aandagtig deur.

5.       Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite. MOENIE in tabelvorm
         beantwoord NIE.

6.       Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag
         moet bestee.

7.       MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    3                         DBE/November 2021
                                             NSS

AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID

VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE

Beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.

1.1

             FIGUUR A: Tutu 2.0 Hangende Lig deur Thabisa Mjo (Suid-Afrika), 2017.

         1.1.1        Analiseer die gebruik van die volgende elemente en beginsels in
                      FIGUUR A hierbo:

                         Vorm
                         Tekstuur
                         Balans
                         Ritme                                                  (4 x 2)      (8)
         1.1.2        Bespreek die moontlike inspirasie vir FIGUUR A hierbo.                  (2)
                                                                                              [10]
                                            OF
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   4                          DBE/November 2021
                                            NSS

1.2

                 FIGUUR B: Bekroonde Patroonontwerp deur Agrippa Mncedisi Hlophe
                                      (Suid-Afrika), 2019.

         1.2.1        Analiseer die gebruik van die volgende elemente en beginsels in
                      FIGUUR B hierbo:

                         Lyn
                         Kleur
                         Eenheid
                         Patroon                                                (4 x 2)      (8)

         1.2.2        Bespreek die term afro-kontemporêr met betrekking tot die gebruik
                      daarvan in FIGUUR B hierbo.                                             (2)
                                                                                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                              5                       DBE/November 2021
                                       NSS

VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP

2.1

                                       LUGBESOEDELING MAAK
                                       JAARLIKS 60 000 MENSE
                                              'DOOD

             FIGUUR C: Publieke Bewustheidsreklamebord deur The Big Ad (VSA), 2016.

         Bespreek kortliks hoe die reklamebord in FIGUUR C hierbo die boodskap
         oordra deur na die gebruik van simbolisme en skaal te verwys.                (4)

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 6                          DBE/November 2021
                                          NSS

2.2

          FIGUUR D: Ingenue-tydskrifvoorblad          FIGUUR E: New African Women-
             deur Dell Publishing Company                  tydskrifvoorblad deur
                   (Londen), 1964.                     IC Publications (Londen), 2014.

         Vergelyk die tydskrifvoorblad in FIGUUR D met die tydskrifvoorblad in
         FIGUUR E.

         Verwys na die volgende in jou vergelyking:

             Kleurskema
             Fokuspunt(e)
             Gebruik van tipografie                                           (3 x 2)      (6)
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  7                         DBE/November 2021
                                           NSS

VRAAG 3: ARGITEKTUUR

    FIGUUR F: Die Boog van Caracalla, 'n antieke Romeinse stad Volubilis, in opdrag
          van goewerneur Marcus Aurelius Sebastenus (Marokko), 217 VHJ.

         FIGUUR G: #ArchForArch-gedenkboog vir Aartsbiskop Desmond Tutu
                               (Suid-Afrika), 2017.
Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die antieke Romeinse Boog in
Volubilis, Marokko in FIGUUR F met die kontemporêre #ArchForArch vir Aartsbiskop
Tutu in FIGUUR G, vergelyk.
                                          OF
Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke gebou/struktuur met
enige kontemporêre gebou/struktuur (wat jy bestudeer het) vergelyk.
                                          OF
Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke gebou/struktuur met
enige Inheemse Kennisstelsel-gebou/struktuur (wat jy bestudeer het) vergelyk.
Verwys na die volgende in jou opstel:
     Invloede
     Materiaal
     Belangrikheid van die ligging
     Konstruksie/Tegnologie
     Funksie                                                                  (5 x 2)      [10]
                                                             TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                8                        DBE/November 2021
                                         NSS

AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS

VRAAG 4

4.1      Ontwerpstyle verkry dikwels inspirasie by hulle voorgangers (vorige
         bewegings) of kom in verset teen hulle.

         Kies TWEE bewegings uit die lys hieronder en skryf TWEE aparte opstelle
         (EEN bladsy elk) waarin jy verduidelik hoe die een beweging die beginsels
         van sy voorgangers verwerp en hoe die ander beweging inspirasie by sy
         voorgangers verkry het.

         Verwys in jou opstelle na die doelstellings, invloede en kenmerke van die
         bewegings wat jy gekies het, om jou argument te ondersteun. Sluit ook 'n
         bespreking van EEN ontwerp en ontwerper van jou gekose bewegings in.

             Kuns en Kunsvlyt
             Art Nouveau
             De Stijl
             Bauhaus
             Modernisme
             Skandinawiese
             Postmodernisme
             Dekonstruktivisme                                                          (20)

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  9                      DBE/November 2021
                                           NSS

4.2

             FIGUUR H: Toshiba-broodrooster      FIGUUR I: Fostoria-broodrooster vervaardig
               (Pop-ontwerp) (Japan), 1960's.       deur Bersted MFG Co (Art Deco) (VSA),
                                                                   1930's.

         Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die broodrooster in
         FIGUUR H met die broodrooster in FIGUUR I hierbo vergelyk. Verduidelik
         hoe die broodroosters tipies is van die bewegings waartoe hulle behoort.

         Verwys na die volgende in jou opstel:

              Invloede
              Doelstellings
              Kleur
              Vorm
              Lyn                                                          (5 x 2)      (10)

                                                           TOTAAL AFDELING B:            30

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    10                        DBE/November 2021
                                             NSS

AFDELING C: ONTWERP   IN  'N  SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS-                              EN
            VOLHOUBARE KONTEKS
VRAAG 5
Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.
5.1

                 FIGUUR J: Prevention('Voorkoming')-bierbeker-plakkaat deur
                  EURORSCG Advertising Agency (Tseggiese Republiek), 2008.
         5.1.1        Bespreek hoe die boodskap van die plakkaatveldtog in FIGUUR J
                      hierbo oorgedra word deur na die ontwerper se gebruik van uitleg
                      en simbolisme te verwys.                                                (4)
         5.1.2        Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy
                      die sosiale bewustheidswerk van EEN Suid-Afrikaanse
                      kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep EN EEN internasionale
                      kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep bespreek.
                      Verwys na die volgende in jou bespreking:
                         Die naam van die ontwerper of ontwerpgroep
                         Die algemene doelstellings en kenmerke van die ontwerper en
                          verduidelik hoe sosiokulturele kwessies aangepak word
                          Analiseer EEN voorbeeld om jou stellings te ondersteun.
                      Jy mag NIE na enige ontwerpers/ontwerpgroepe wat jy voorheen
                      bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel gebruik
                      is, verwys nie.
                                                                                              (16)
                                                                                              [20]
                                            OF
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   11                         DBE/November 2021
                                            NSS

5.2

               FIGUUR K: Die Hlabisa-bank deur Phillip Hollander en Stephen Wilson van
                Houtlander in samewerking met Mash T Design Studio (Suid-Afrika), 2019.
             Die rugleuning van die bank is deur die meesterwewer Beauty Ngxongo geweef.
         5.2.1        Verduidelik die belangrikheid van die insluiting van tradisionele
                      tegnieke by die vervaardiging van kontemporêre produkte deur na
                      die ontwerp in FIGUUR K hierbo te verwys.                               (2)
         5.2.2        Bespreek EEN inheemse tradisionele kunsvlyt wat jy hierdie jaar
                      bestudeer het. Verwys na die volgende in jou bespreking (ten
                      minste EEN bladsy):
                         'n Kort bespreking van EEN tradisionele kunsvlyt, asook die
                          naam van die inheemse kulturele gemeenskap wat die
                          tradisionele kunsvlyt geproduseer het
                         Die materiaal, metodes en prosesse wat gebruik is om die
                          tradisionele kunsvlyt mee te skep
                         Die sosiale waarde en funksie van die kunsvlyt in sy
                          tradisionele konteks                                                (8)
         5.2.3        Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) oor enige EEN
                      kontemporêre Suid-Afrikaanse of Afrika-ontwerper/ontwerpgroep
                      wie se ontwerpe geïnspireer is deur, of gebruik maak van, enige
                      van die tradisionele Suid-Afrikaanse/Afrika-tegnieke en/of
                      materiaal.
                      Verwys na die volgende in jou bespreking:
                         Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en sy/haar produk(te)
                         'n Gedetailleerde beskrywing van hoe tradisionele tegnieke/
                          metodes en materiaal op kontemporêre ontwerp toegepas is.
                          Verwys na spesifieke voorbeelde om jou antwoord te
                          ondersteun.
                         Die sosiokulturele bydrae van die ontwerpproduk.
                      Jy mag NIE na enige ontwerper/ontwerpgroep wat jy voorheen
                      bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in die vraestel gebruik is,
                      verwys NIE.                                                             (10)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                        12                              DBE/November 2021
                                                 NSS

VRAAG 6
6.1

          FIGUUR L: Stoel uit die Sobreiro-versameling deur die Campana Brothers
                       (Brasilië), 2018. Die stoel is van kurk gemaak.
         (Kurk is 'n materiaal wat uit die bas van die kurkeikeboom verkry word. Die bas word van die
         boom, wat nooit afgekap word nie, afgestroop om die kurk te oes. Kurk is
         omgewingsvriendelik, waterbestand en kan dryf.)

         6.1.1        Hoekom is die gebruik van volhoubare en herwinbare materiaal
                      belangrik vir kontemporêre ontwerppraktyk? Verwys na die stoel in
                      FIGUUR L om jou antwoord te bespreek.                                             (2)
         6.1.2        Noem en beskryf EEN ander volhoubare materiaal wat in die skep
                      van ontwerpprodukte gebruik word en verduidelik hoekom hierdie
                      materiaal nie 'n negatiewe impak op die omgewing het nie.                         (2)

6.2      Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy die
         werke van EEN Suid-Afrikaanse ontwerper/ontwerpgroep EN EEN
         internasionale kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep noem en bespreek wie
         se ontwerpe op omgewingskwessies fokus.
         Verwys na die volgende in jou bespreking:
             Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en sy/haar ontwerpproduk(te)
             Die doelstellings, ontwerpprosesse, tegnieke en materiaal gebruik deur
              die ontwerper/ontwerpgroep hierbo. Bespreek EEN ontwerpvoorbeeld om
              te verduidelik hoe die ontwerper/ontwerpgroep omgewingskwessies
              aanpak.
         Jy mag NIE na enige ontwerpers/ontwerpgroepe wat jy voorheen bespreek
         het of ontwerpvoorbeelde wat in die vraestel gebruik is, verwys NIE.                           (16)
                                                                                                        [20]
                                                                        TOTAAL AFDELING C:              40
                                                                            GROOTTOTAAL:                100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Design P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2021-eng/44180a56-e46b-4edb-b87b-da0f80955ccf) — Design · QP · 2021 · Eng
- [Design P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2021-afr/c7602bb4-9de0-4fcf-9f32-2de77bf6fc5f) — Design · QP · 2021 · Afr
- [Design P2 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2021-eng/2c3a3431-4d7b-4e63-b006-f2050237418b) — Design · QP · 2021 · Eng
- [Design P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2021-eng/fa52e13e-d055-4dff-aed1-c0204154adf0) — Design · QP · 2021 · Eng
- [Design P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2023-eng/fdde8c17-946d-47b9-bfbd-a996fafd5960) — Design · QP · 2023 · Eng
- [Design P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2023-afr/eb4ef5b7-7053-481b-9255-91c39f863445) — Design · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-mg-afr/ccc80683-987a-4611-994f-f9eff5587a50) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/79defddf-f99d-45c8-840b-73877abd8f11) — Memo · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/a85d8220-5a26-4f17-990e-081cb336014f) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2024-eng/e3c099fa-b074-4932-aa7e-cbc7e78a1e3e) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
