# Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2021 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2021-mg-afr/f709b7df-9076-4d38-85f6-6f43dcbab119
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2021 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2021-mg-afr/f709b7df-9076-4d38-85f6-6f43dcbab119)

## About this document

Design · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                    ONTWERP V1

                                      (TEORIE)

                                  NOVEMBER 2021

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 100

                      Hierdie memorandum bestaan uit 22 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   2                           DBE/November 2021
                                     NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID

'ONGESIENE' VOORBEELDE

BEANTWOORD ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.
VRAAG 1 [10 Punte]

1.1 1.1.1 (Ken 'n maksimum van 2 punte per ontwerp term vir 'n totaal van 8
          punte toe)

                Die vorm se struktuur bestaan uit twee lae van verskillende lengtes, waar
                 die onderste laag langer as die boonste laag is.Die sigsag patrone
                 skep 'n dinamiese vorm wat beweging naboots.Die onderste rooi,
                 deurskynende deel van die lamp weerspieël 'n uitgestrekte vorm wat deur
                 die vertikale koorde beklemtoon word.

                Die boonste derde van die lamp is gekraal en skep 'n growwe/riffelagtige,
                 tasbare tekstuur wat aan die ontwerp verskeidenheid voeg.  Die
                 gespande wol/koord lyk deurskynend en glad in vergelyking met die
                 gekraalde boonste deel met sy tasbare tekstuur. Die herhaalde krale
                 sowel as die vertikale koord skep 'n illusie van tekstuur.

                Die lamp vanuit 'n twee-dimensionele vooraansig, is simmetries
                 gebalanseerd, wat helderheid en kalmte beklemtoon.Die lamp is
                 radiaal gebalanseerd wanneer dit uit 'n drie-dimensionele perspektief
                 gesien word, omrede die plooie lyne skep wat uitstraal in 'n kegelvormige
                 vorm.

                Op die boonste gedeelte van die lamp is ritme geskep deur die sigsag
                 struktuur van die raam. Hierdie sigsag ritme is herhaal op die onderste
                 gedeelte en dié herhalende ritme verenig die lamp. Die ritme op die
                 boonste kant is geskep deur horisontale krale, terwyl op die onderste
                 kant is die ritme vertikaal en gevorm deur koorde wat 'n dinamiese ritme
                 skep, wat beweging voorstel.

     1.1.2 (Ken 2 punte toe)
           Hierdie ontwerp is Afrika-geïnspireer omrede dit gemotiveer is deur 'n
           tradisionele Tsonga romp, die Xibelani. Die gebruik van tradisionele krale
           wys dat dit deur Afrika beïnvloed is, soos gesien word in die voorbeelde van
           Zulu kraalwerk.Die fatsoene herinner aan Asteek Kuns wat geïnspireer is
           deur sigsagpatroonmotiewe sigbaar in die Art Deco-beweging.

             Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                         3                       DBE/November 2021
                                           NSS – Nasienriglyne

    V.1.1                                                                          PUNTE
    VLAK             KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                 GEWIGS-    VRAE         (10)
                                                          TOEKENNING
                 Onthou, Herroep, Herken                               1.1.1          2
 Laer Orde                                                       30%
                 Verstaan, Verduidelik, Beskryf                        1.1.1          1

Middel Orde      Toepas, Implementeer, Organiseer                40%   1.1.1          3
                                                                       1.1.2          1
                 Analiseer, Interpreteer                               1.1.1          2

                 Reflekteer, Beoordeel                                 1.1.2          1
                                                                 30%
 Hoër Orde
                 Sintetiseer

                                         OF
1.2 1.2.1 (Ken 2 punte per ontwerp term vir 'n totaal van 8 punte toe)

                FIGUUR B gebruik 'n verskeidenheid lyne wat rond, gekrom, hoekig,
                 reguit, dun, en dik is wat 'n opmerkende ontwerppatroon skep. Dik,
                 swart lyne is gebruik om die rand van die vierkantige blokke te
                 beklemtoon.Dun, swart en wit lyne skep 'n baie besige
                 oppervlakpatroon wat aan 'n labirint herinner. Die aanhoudende ronde
                 lyne skep spiraalbewegings wat met die vierkante verweef.
                Die gebruik van kleur is minimaal en beperk tot warm kleure van oranje
                 en rooi. Die warm, rooi en oranje gekromde lyne is bo-op die swart en
                 wit agtergrond geplaas om beweging en/of kontras te beklemtoon.
                 Swart en wit kleure (neutrale kleure) domineer die ontwerp en gee die
                 ontwerp 'n dramatiese, sterk effek.
                FIGUUR B gebruik die beginsel van eenheid sigbaar in komplekse
                 paadjies om as 'n geheel te werk. Die dominante agtergrond skep ook
                 'n eenheid deur die gebruik van soortgelyke motiewe te maak. Die
                 herhaling van die dominante rooi en oranje gekleurde krom lyne skep
                 eenheid. 
                Die patroon in FIGUUR B maak gebruik van verskillende motiewe wat
                 strategies geplaas is om 'n reeks teëwerkende spieëlagtige beelde te
                 skep. Daar is 'n komplekse bolaag van geometriese patrone en lyne
                 wat ronde en diamantagtige patrone skep. Die herhaalde vierkante en
                 spiraalontwerpe skep 'n ritmiese patroon en/of beweging.
             (Ken 2 punte toe)
     1.2.2
             'Afro-kontemporêr' verwys na 'n eklektiese ontwerpstyl wat Afrika en
             kontemporêre invloede saamsmelt. Verwysings na Afrika-patrone wat op
             houtdeure gekerf is, maskers en meubels is sigbaar in hierdie
             ontwerp.Die strepe wat oorkruisend lyk, kon dalk beïnvloed wees deur
             tradisionele grasweefpatrone. Die boonste laag van tradisionele
             sigsagpatrone, geskep deur rooi en oranje S-lyne, herinner mens aan
             neonligte te sien in kontemporêre Afrika lewe.
             Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                         4                       DBE/November 2021
                                           NSS – Nasienriglyne

    V.1.2                                                                          PUNTE
    VLAK             KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                 GEWIGS-    VRAE         (10)
                                                          TOEKENNING
                 Onthou, Herroep, Herken                               1.2.1           1
 Laer Orde                                                       30%
                 Verstaan, Verduidelik, Beskryf,                       1.2.1           2
                 Klassifiseer

Middel Orde      Toepas, Implementeer, Organiseer                40%   1.2.1           3
                                                                       1.2.2           1
                 Analiseer, Interpreteer                               1.2.1           1

                 Reflekteer, Beoordeel                                 1.2.1           1
                                                                 30%
 Hoër Orde                                                             1.2.2           1
                 Sintetiseer, Regverdig

KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP
VRAAG 2 [10 punte]
2.1 (Ken 'n maksimum van 2 punte per vereiste vir 'n totaal van 4 punte toe)

     Op die reklamebord maak die ontwerper gebruik van 'n vuurwapen, wat 'n
     simbool is vir geweld en verlies van lewe, om die skade van lugbesoedeling te
     kommunikeer. Sowel as, dood met 'n vuurwapen is gewoonlik skielik,
     onverwags, onnatuurlik en vermybaar. Die ontwerper kan 'n soortgelyke stelling
     oor lugbesoedeling maak, deur die mensdom te inspireer om aksie te neem en
     die dood te voorkom wat deur besoedeling veroorsaak is.  Die reklamebord wat
     'n groot beeld van 'n vuurwapen het, is op die muur van 'n industriële gebou
     geplaas, wat die afgryslikheid van die probleem wys deur die gebruik van
     skaal. Die vuurwapen is proporsioneel groter as die fisiese grootte van die
     gebou om die skaal van die probleem te beklemtoon.

2.2 Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings. (Ken 'n
    maksimum van 2 punte per vereiste vir 'n totaal van 6 punte toe)

     FIGUUR D en E is beide tydskrifvoorblaaie, FIGUUR D maak gebruik van 'n
     sagte pastel kleurskema (geel, rooi, pienk en oranje) wat 'n sagte visuele
     aantrekking skep. In vergelyking maak FIGUUR E gebruik van 'n sterk en
     helder kleurskema wat bestaan uit helder rooie, oranjes en pienke, wat 'n
     opvallende ontwerp skep.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                        5                            DBE/November 2021
                                          NSS – Nasienriglyne

     In FIGUUR D is die fokuspunt die vrou wat 'n geel rok dra, wie beklemtoon is
     deur die kontras van die kleur van haar rok teen die turkoois agtergrond.Die
     fokuspunt in FIGUUR E is die model in die middel wie beklemtoon word deur haar
     helder rooi lippe, rooi naels, en helder ooggrimering wat met die donker
     agtergrond kontrasteer.

     Die tipografie in FIGUUR D maak gebruik van 'n speelse serif-lettertipe gedruk in
     beide hoofletters en kleinletters in kleure van geel, pienk en wit. Die skrif in
     hoofletters kontrasteer goed met die skrif in kleinletters. Die kleinlettertipe is meer
     bonkerig, goedafgerond met 'n sterk hoë streep verskil. Die titel van FIGUUR E
     is in 'n serif-lettertipe gedruk, die woorde 'Hair and Beauty' is in skuinsdruk, en die
     oorblywende gedeelte van die tydskrifvoorblad is in 'n sans-seriflettertipe
     gedruk. In vergelyking met die serif-teks in FIGUUR D, lees die sekondêre
     sans-serif teks in FIGUUR E makliker weens sy vereenvoudiging.
     Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings.
     NEEM KENNIS: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir ŉ
     tabel vergelykende antwoord. ŉ Maksimum van 6 punte mag toegeken
     word waar kandidate twee aparte opstelle skryf wat ŉ voldoende
     vergelyking toon. Gebruik die kognitiewe tabel as 'n riglyn vir jou
     puntetoekenning.

     V.2
    VLAK             KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                GEWIGS-      VRAE         PUNTE
                                                         TOEKENNING                   (10)
                 Onthou, Herroep, Herken, Noem                           2.1            1
 Laer Orde                                                      30%
                 Verstaan, Verduidelik, Beskryf,                         2.2            2
                 Klassifiseer

Middel Orde      Verstaan, Verduidelik, Beskryf,                40%      2.1            2
                                                                         2.2            2
                 Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                       2.1            1
 Hoër Orde
                 Evalueer, Reflekteer, Beoordeel                30%      2.2            2

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 6                          DBE/November 2021
                                   NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3 [10 punte]

     (Ken 'n maksimum van 2 punte per vereiste vir 'n totaal van 10 punte toe)
     'n Vergelyking van die antieke Romeinse boog van Volubilis, Morokko met die
     kontemporȇre Boog vir Aartsbiskop Tutu, Suid-Afrika
     Die Boog van Caracalla (FIGUUR F) was geïnspireer deur Keiser Caracalla se
     verkenning van Romeinse burgerskap, aan die vryburgers van Rome se
     provinsies. Dit toon ook die invloed van Griekse argitektuur in die gebruik van
     kolomme en 'n entablement. Die #ArchForArch boog (FIGUUR G), ontwerp deur
     die medestigter van die Noorweegse argitektuur firma, Snøhetta en Johannesburg-
     gebaseerde argitek, Thomas Chapman van Local Studio, is geïnspireer deur 'n
     kommissie vir 'n fisiese weergawe van Aartsbiskop Desmond Tutu se krag en die
     buigsaamheid van die mensdom. Dit is 'n feesviering van die krag en weerstand
     van die mensdom en 'n herinnering aan die stigtingsbeginsels waarop Suid-Afrika
     gebou is en is 'n monument aan Tutu se lewensstryd vir gelykwaardigheid vir
     almal.
     Die materiaal wat gebruik was om die Romeinse Boog van Caracalla te bou was 'n
     plaaslike bron van klip wat swaar lyk en die konsep van krag oordra. In Klassieke
     tye het 'n bronsbeeld van die Keiser Caracalla in 'n ses-perd triomfwa bo die
     oorwinningsboog gestaan en beelde van nimfe wat water in gekerfde marmer bakke
     gooi, het teen die voet van die boog gestaan. Die gebruik van hierdie duur
     materiaal het die belangrikheid en grootheid van die Keiser beklemtoon. Die
     #ArchForArch is 'n kontemporêre gedenksherinnerings-struktuur wat van hout
     gemaak is; 'n warm, organiese materiaal. Dit is 'n minder indrukwekkende
     materiaal as die klip van die Boog van Caracalla en kommunikeer die warm,
     sorgvuldige persoonlikheid van Aartsbiskop Tutu wie herdenk word.
     Die boog van Caracalla (FIGUUR F), wat op die eindpunt van die seremoniële
     straat, Decumanus Maximus, geplaas is, domineer die landskap waarin dit geplaas
     is, wat die mag van die Keiser Caracalla suksesvol kommunikeer. In kontras
     hiermee, in plaas van dat dit sy ligging domineer, is die #ArchForArch (FIGUUR G)
     geïntegreer in die omgewing. Die oop struktuur laat toe dat bome en geboue in die
     negatiewe spasies besigtig word. Hierdie kommunikeer die Aartsbiskop se
     vriendskaplike, oop-deur beleid. Twee weergawes van die #ArchForArch bestaan.
     Die eerste van die boë was gestig op 7 Oktober 2017, om met Tutu se 86ste
     verjaarsdag saam te val en is geplaas op die ligging naby St. George se Katedraal
     in Kaapstad wat 'n belangrike ligging is op die oudste laan in die land, waar mens
     die parlement gebou, St. George se Katedraal, sowel as die Slawe-huisvesting, kan
     besigtig. Die tweede weergawe was geïnstalleer op 'n ligging by Konstitusie-
     heuwel in Johannesburg op 10 Desember 2017 om saam te val met die 21ste
     herdenking van die Suid-Afrikaanse Konstitusie. Hier is 'n manier om demokrasie te
     integreer as 'n ontwerpprojek en 'n nabyskouing van hoe Suid-Afrika se ruimtelike
     ontwerp, die godsdienstige gemeenskap, menslike regte, die Konstitusie en
     Aartsbiskop Tutu self, saamwerk.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  7                            DBE/November 2021
                                    NSS – Nasienriglyne

     Die Boog van Caracalla (FIGUUR F) maak gebruik van die pilaar-en-latei-
     konstruksiesisteem, wat bestaan uit twee lang kolomme (bekend as 'n pier) aan
     beide kante van 'n enkele gewelfde poort. Die reghoekige struktuur, met 'n lang
     tabel bo-op, kom voor as rigied en sterk. Tussen in die kolomme is uitgeholde
     ruimtes, wat help om die blokagtige vorms te versag. Die elegante boogagtige
     vorm van die #ArchForArch (FIGUUR G) straal 'n baie sagter gevoel uit as die Arch
     of Caracalla (FIGUUR F). #ArchForArch in (FIGUUR G) bestaan uit 'n enkele
     geboogde vorm of koepel, gemaak van 14 individuele geboogde houtbalke 
     (geïnspireer deur die 14 lyne van die Konstitusie se inleiding). Die balke was gebuig
     deur 'n Kroatiese bootbouer, Dario Farcic, in Johannesburg en simboliseer die
     buigbaarheid en sterkte van die ontwerp se boodskap.
     Die Romeinse Boog van Caracalla (FIGUUR F) funksioneer as 'n triomfboog in die
     antieke Romeinse stad van Volubilis. Dit is 'n vrystaande monument, gebou in 217
     VHJ om die triomfe van Keiser Caracalla te herdenk en daaraan eer te gee. Die
     kontemporêre Suid-Afrikaanse #ArchForArch (FIGUUR G) herdenkboog was 'n
     kommissie deur Design Indaba, befonds deur Liberty en funksioneer om erkenning
     te gee aan die werk en lewe van een van Suid-Afrika se mees gevierde figure,
     Aartsbiskop Desmond Tutu (liefdevolle verwys na as 'the Arch'). Dit funksioneer
     ook as 'n feesviering van die Suid-Afrikaanse Konstitusie.
                                               OF
     'n Klassieke gebou/struktuur vergelyk met 'n Inheemse Kennis Sisteem
     gebou/struktuur.
     Tot en met die laat 1800's het voor-koloniale Ndebele huisvestigings (imizi) drie
     generasies gehuisves. Die strooidak en die byekorf-gekoepelde tipe strukture was
     in 'n sirkel uitgelȇ rondom 'n sentrale gemeenskapskraal. Gedurende die 1860s
     het die Ndebele verenig met hul meer kragtige bure, die Pedi, en op hierdie punt
     begin hul argitektuur deur die vorme, teksture, konstruksie, en selfs die versierings
     van die Pedi beïnvloed word. Die welbekende praktyk van muurversiering van die
     Ndebele huise word heelwaarskynlik ook beïnvloed deur hul Pedi bure wie se
     monochromatiese 'union Jack' patroon nog steeds tussen die Ndebele tot vandag
     toe oorleef. Die Romeinse Forum ontwikkel vanuit die oorspronklike Griekse
     stadsplan, maar oor die jare het die invloed minder sigbaar geword. Die uitleg het
     netjieser en meer georganiseerd geword. Soos Rome uitgebrei het, het 'n behoefde
     vir 'n sentrale politieke en godsdienstige stadsplein in die middel van Rome
     ontstaan, wat 'n invloed op die plasing en uitleg van die ligging gehad het.
     Die oorspronklike Ndebele het in 'n grasveld area gebly en byekorfvormige huise
     van strooigras gebou. Hulle het die materiaal wat beskikbaar is in hul onmiddellike
     omgewing gebruik. Na die Boer-Ndebele konfrontasie in 1883, het die Ndebele na
     'n droë area getrek en die korf-silindervormige huis, gemaak van nuwe beskikbare
     materiaal, latte en gesmeerde modder, het die strooigras vervang. Teen die 1940s
     was die silinderbasis vervang met 'n reghoekige fatsoen wat nog steeds in gebruik
     is. Die strooigras, latte en gesmeerde modder materiaal skep 'n aardse, organiese
     gebou wat met die natuur saamsmelt. Met die uitvinding van beton, 'n innoverende
     Romeinse materiaal, was die Romeinse gemagtig om monumentale,
     indrukwekkende strukture te bou wat die mag van die Romeinse Ryk reflekteer.
     Die interieur en eksterieur was meestal met marmer bedek, wat in die onmiddellike
     omgewing beskikbaar was. Gedurende die regeertydperk van Augustus was die
     hoofpad van die Romeinse Forum met travertine uitgeplavei.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   8                           DBE/November 2021
                                     NSS – Nasienriglyne
     Volgens argeologiese ontdekkings is die binneplaas 'n belangrike faktor van die
     Ndebele huisvestingsligging, al sedert die voor-koloniale tye. Hierdie is steeds tot
     vandag toe sigbaar in Ndebele argitektuur. Toegang tot die huis is deur 'n
     voorbinneplaas wat deur 'n muur omring is. Hierdie ingang word deur die vrouens
     van die huishouding vir 'n verskeidenheid sosiale en huishoudelike aktiwiteite
     gebruik. Die kombuis en slaap-areas vir die kinders was vanuit die agterste
     binneplaas toeganklik deur 'n sygang. Soortgelyk, was die Romeinse Forum
     basies 'n reghoek van oop grond, amper soos 'n binneplaas, omring deur belangrike
     geboue, met 'n enkele ingang deur 'n triomfboog. Die Romeinse Forum was 'n
     belangrike ligging omdat dit 'n sentrale area was waar godsdienstige seremonies
     plaasgevind het, en omdat dit 'n basilika gehad het wat 'n model geword het vir
     Christelike kerke daarna. Die Romeinse Forum sluit in: die Triomfboog van Titus,
     die Kerk van San Luca en Martina, sowel as die twee tempels opgedra aan Vesta en
     Saturnus wat later gebou was. Die ligging is verenig deur die enkele hoofstraat wat
     deur die middel loop.
     Volgens die Ndebele kultuur sal die hele familie met die konstruksie van die
     huisvesting help wat as 'n tipe kwalifikasie gesien was.  Die konstruksie het
     ontwikkel na aanleiding van tradisies en het verander net soos tradisies ook
     verander het. Die Romeinse Forum is 'n voorbeeld van die Romeinse
     ingenieurswese     en    tegnologiese     vaardighede.    Die    Romeine    het
     ingenieurswesekennis gebruik om 'n dreineringssisteem te skep wat water van die
     area wat oorspronklik 'n moeras was, te dreineer. Die gebruik van die Romeinse
     boog en die uitvinding van beton het hul toegelaat om indrukwekkende triomfboë,
     soos die Triomfboog van Titus, te bou.
     Die funksie van Ndebele argitektuur het ontwikkel oor die laaste eeu en moet
     gesien word binne die konteks van die sosio-ekonomiese en politiese veranderings
     in Suid-Afrika. Die oorlewing van die Ndebele onafhanklikheid was bedreig en om
     dit teë te werk, het die vrouens 'n sterk beheer oor die familie strukture bevestig en
     die Ndebele identiteit versterk deur die skep van 'n taal van muurversierings wat nou
     identifiseer word as uniek aan die Ndebele. Die Ndebele argitektuur staan as 'n
     huldeblyk aan die vermoë van die Ndebele mans en vrouens om saam te werk om
     die gekombineerde bedreigings van Kolonialisme, Kapitalisme en Apartheid teë te
     werk. Vandag het hierdie huisvestings 'n belangrike sektor van die toerisme
     industrie geword, omrede hulle 'n belangrike deel van die diverse kulture van Suid-
     Afrika geword het.
     Die funksie van die Forum was 'n ruimte vir handelsaktiwiteite en publieke
     vergaderings. Burgers van die antieke stad het oorspronklik na die Romeinse
     Forum as 'n markplek, of die Forum, verwys. Dit was vir eeue die middelpunt van
     Romeinse publieke lewe: die plek waar triomfprosessies en verkiesings plaasgevind
     het; die plek vir publieke toesprake, kriminele verhore, en gladiator spele; en die
     kern van kommersiële onderhandelinge. Hier was beelde en monumente opgerig
     om die stad se noemenswaardige mense te eer. Baie van die oudste en mees
     belangrikste strukture van die antieke stad was op of naby die Forum geleë.
     Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings of 'n vergelyking
     van 'n Klassieke en kontemporêre gebou of Klassieke en Inheemse
     Kennisstelsel struktuur wat die kandidaat bestudeer het.
     NEEM KENNIS: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir ŉ
     tabel vergelykende antwoord. ŉ Maksimum van 6 punte mag toegeken word
     waar kandidate twee aparte opstelle skryf wat ŉ voldoende vergelyking toon.
     Gebruik die kognitiewe tabel as 'n riglyn vir jou puntetoekenning.
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                        9                          DBE/November 2021
                                          NSS – Nasienriglyne

     V.3
    VLAK              KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                 GEWIGS-     VRAE       PUNTE
                                                           TOEKENNING                (10)
                 Onthou, Herroep, Herken                                  3.2.         2
 Laer Orde                                                      30%
                 Verstaan, Verduidelik, Beskryf,                          3.2          1
                 Klassifiseer

                                                                40%       3.2.         4
Middel Orde      Toepas, Implementeer, Organiseer

                 Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                        3.2.         2
 Hoër Orde
                 Evalueer, Reflekteer                           30%

                 Skep, Sintetiseer, Regverdig                             3.2.         1

                                                                      TOTAAL AFDELING A: 30

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 10                           DBE/November 2021
                                    NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS
VRAAG 4 [30 punte]
4.1 (Ken 20 punte in totaal toe)
    (Ken 10 punte vir elke beweging toe. Let wel net EEN punt mag toegeken word
    vir die naam van die ontwerper en produk vir elke beweging. Gebruik asseblief
    die kognitiewe tabel vir jou punte toekenning.)
     Hierdie nasienriglyne verskaf 'n antwoord vir die volgende twee moontlikhede:
     Art Nouveau EN Postmodernisme
     Kandidate mag enige twee bewegings kies solank hul stellings geregverdig word en
     'n verband met die aanhaling het.
     Art Nouveau
     Art Nouveau gee hulde aan sy voorloper, die Kuns- en Kunsvlytbeweging, op
     verskeie maniere. Soortgelyk aan die Kuns en Kunsvlytbeweging, het die Art
     Nouveau-beweging gepoog om 'n samewerking tussen kunstenaars en vakmanne
     te bewerkstellig. Hulle wou die tradisie en waardes van die ervare vakmanne
     herleef en het gepoog om die kwaliteit van handgemaakte produkte na
     fabriekgemaakte produkte oor te dra met die gebruik van moderne materiaal, bv.
     staal.
     'n Hoof invloed op Art Nouveau is die Kuns- en Kunsvlytbeweging se gebruik van
     die natuurlike omgewing as onderwerp, bv. plantstingels, blomme, voëls, bessies,
     insekte en blare. Art Nouveau is ook beïnvloed deur die eenvoudige, vloeiende,
     gestileerde fatsoene wat in Japannese illustrasies gevind is en die ruitpatrone van
     Japannese interieurs. Die dekoratiewe, spiraalagtige, verweefde, liniêre patrone
     van Kelties en Wiking ontwerpe is ook sigbaar. Die dinamiese liniêre patrone is
     beïnvloed deur Laat-Gotiese argitektuur en die plat fatsoene en organiese
     buitelyne van Simbolisme.
     Baie van die Art Nouveau ontwerp karaktereienskappe wys 'n voortsetting en
     verdere ontwikkeling van Kuns- en Kunsvlyt karaktereienskappe. Die beheerste,
     gekromde lyne gebruik deur die Kuns- en Kunsvlyt ontwerpers is verder ontwikkel
     deur Art Nouveau tot sweepslaglyne wat vloei en krul op 'n slangagtige wyse om 'n
     dinamiese oppervlakpatroon te skep. Art Nouveau ontwerpe reflekteer vloeiende
     kurwes wat soortgelyk aan die organiese fatsoene van die Kuns- en
     Kunsvlytbeweging is. Beide bewegings maak gebruik van plat kleure, maar Art
     Nouveau kleure is dof, afgeplat en delikaat, en sluit in pastelkleure, wit, vuilwit,
     mosterd, olyfgroen, lig geelgroen, ligte pers, goud en poubloue. 'n Ander
     karaktereienskap van Art Nouveau ontwerpe is hul gebruik van asimmetriese
     komposisies wat die dinamika van die werke versterk. Art Nouveau ontwerpe gee
     ook hulde aan die Kuns- en Kunsvlyt se gebruik van mooi getekstureerde
     oppervlaktes en ontwikkel hierdie aspek verder in oppervlaktes wat eksotiese
     materiaal soos perlemoen, lapis lazuli en metaal met ivoor ingelê, keramiek en
     smeeyster gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  11                            DBE/November 2021
                                     NSS – Nasienriglyne

     'n Goeie voorbeeld van Art Nouveau ontwerp is die Casa Batllo huis ontwerp deur
     Antoni Gaudi. Gaudi se oortuiging dat geboue deur die natuur geïnspireer moet
     word en dat hulle geen reguit lyne of skerphoeke moet wys, is duidelik sigbaar.
     Die gebou was geïnspireer deur organiese fatsoene soos skulpe, golwe en strande
     en kom voor asof dit uit die aarde soos 'n plant groei. Die dak is gekrom en
     herinner mens aan die ribbekas van 'n draak. Sy gebruik van gekleurde mosaïek,
     gemaak van gebreekte teëls, skep 'n mooi oppervlakversiering en is tipies van Art
     Nouveau.

     Postmodernisme
     Die Postmodernistiese beweging verwerp op verskeie maniere die beginsels van
     voorlopers soos De Stijl, Bauhaus en Modernisme.  Hulle doel is om weg te breek
     van onderwerping en outoritarisme (waar lojaliteit tot streng reëls verwag word) of
     Modernisme om ontwerpe te skep wat verskeidenheid en individualiteit vier. Dit
     poog om ontwerpe te skep wat aan menslike behoeftes voldoen en om weg te
     beweeg van die koue, onpersoonlike en masjienagtige ontwerpe van Modernisme,
     De Stijl en Bauhaus. 'n Hoofdoel van Postmodernisme was om ontwerpe te skep
     wat verstaan kan word deur die algemene publiek en wat nie elitisties is soos dié
     van Modernisme nie. Terwyl Modernisme alle vorige style en tradisies verwerp ten
     Kenste van 'n moderne, masjienestetika, het Postmodernisme gepoog om
     konneksies te hervestig met vorige ontwerpstyle en om 'n balans tussen moderniteit
     en tradisie te skep.

     Die argitek, Venturi, was 'n belangrike invloed op Postmodernisme. Sy slagspreek
     'less is a bore' (minder is vervelig) is 'n teenstelling tot die Modernistiese stelling
     'less is more' (minder is meer). Sy verwerping van die Modernistiese se klem op
     suiwerheid, eenvoud en strengheid, beïnvloed Postmodernistiese ontwerp. Die
     'Anti-Design Movement' (Anti-Ontwerp Beweging) van die 1960s in Italië was ook 'n
     invloed op Postmodernisme. Memphis Studio, Archizoom en Super Studio is
     almal ontwerpgroepe wat deel van die beweging is. Hul gebruik van eklektiese
     bronne sowel as hul kombinasie van goedkoop met duur materiaal, en hul gebruik
     van populêre en hoë kultuur beïnvloed Postmodernisme. Hierdie gebruik van
     eklektiese bronne is direk in teenstelling met die Modernisties se belangstelling in
     eenvoud en suiwerheid.

     Kenmerk van Postmodernistiese ontwerp is hul gebruik en kombinasie van vorige
     style (bv. Grieks en Romeinse gebou elemente) in een ontwerp. Modernisme het
     die gebruik van vorige style verwerp en vier ornamentasie en versiering. Kleur,
     verwringing, kitsch, humor, skerpsinnigheid en ironie word essensiële komponente
     van Postmodernisme. Die streng, neutrale, glad, onversierde en masjienagtige
     natuur van Modernisme is beskou as vervelig en onpersoonlik. Postmoderne
     ontwerpe kombineer moderne materiaal, tegnieke en vorms met tradisionele
     tegnieke, materiaal en vorms (bv. gladde, masjienagtige, geometriese, staalvorms
     word gekombineer met hout, organiese gekromde boogvorms).

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                       12                        DBE/November 2021
                                          NSS – Nasienriglyne

     Die St Coletta School of Greater Washington (USA), 2006 deur Michael Graves is 'n
     goeie voorbeeld van Postmodernistiese ontwerp. Dit is eklekties in natuur en
     kombineer geometriese vorms van Modernisme, 'n voorloper van Postmodernisme,
     met klassieke gebou kenmerke soos 'n atrium. Die atrium is 'n groot, toegemaakte
     area met hoë boë en 'n groot dakvenster in die middel van St Coletta. Die skool is
     versier met helder, primêre kleure om dit 'n lig en prettige atmosfeer te gee. Beide
     die skoolhuise het die vorm van 'n groot speelding of boublok wat humor en
     skerpsinnigheid tot die ontwerp voeg; 'n tipiese karaktereienskap van
     Postmodernisme.
     Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings.

    V.4.1
    VLAK              KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                 GEWIGS-    VRAE      PUNTE
                                                           TOEKENNING              (20)
                 Onthou, Herroep, Herken, Noem                           4.1         2
 Laer Orde                                                      30%
                 Verstaan, Verduidelik, Beskryf,                         4.1         4
                 Klassifiseer

                                                                40%      4.1         8
Middel Orde      Toepas, Implementeer, Organiseer
                 Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                       4.1         2
 Hoër Orde
                 Evalueer, Reflekteer                           30%      4.1         1

                 Skep, Sintetiseer, Regverdig                            4.1         3

4.2 (Ken 'n maksimum van 2 punte per vereiste vir 'n totaal van 10 punte toe)

     Die Toshiba Rooster in FIGUUR H maak gebruik van kontemporêre, alledaagse,
     populêre beelde, soos die eenvoudige madeliefie en weerspieël die invloed van
     die 'Anti-Design Movement' (Anti-Ontwerp Beweging) se verwerping van
     'akademiese kuns' op Pop ontwerp. In vergelyking hiermee, wys die Art Deco
     rooster (FIGUUR I) die invloede van vorige sowel as kontemporêre style op Art
     Deco bv. die geometriese fatsoene van Kubisme en Asteekkuns en die sigsag
     patroonvorms van Afrika kuns.

     Pop ontwerp se doelstelling om die moderne, jeugdige stadslewe op 'n onbesorgde
     wyse te reflekteer kan gesien word in die gebruik van die helder rooi kleur en
     moderne materiaal, soos chroom. Art Deco ontwerpe se doelstelling is ook om
     die kontemporêre masjientydperk te reflekteer; hierdie kan gesien word in hul
     gebruik van geometriese vorm en moderne materiaal, soos vlekvryestaal.

     As gevolg van tegnologiese ontwikkelinge in chemie was nuwe sintetiese verwe
     ontwikkel gedurende die 1960s, wat ontwerpers toegelaat het om te eksperimenteer
     met 'n wye reeks van helder kleure in verskillende toonwaardes. Die helder rooi
     kleur van die Toshiba rooster is 'n goeie voorbeeld van die gebruik van sintetiese
     kleur en dit gee die rooster 'n spelerige, lewendige gevoel. Die kontras van die wit

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                       13                              DBE/November 2021
                                          NSS – Nasienriglyne

     madeliefie teenoor die rooi agtergrond voeg 'n lewendige element tot die ontwerp
     by. Aan die anderkant, maak die Art Deco rooster in FIGUUR I, nie gebruik van
     kleur nie en die oorheersende gebruik van silwer chroom met swart aksente gee
     aan die rooster 'n elegante, luukse gevoel. Die klem op elegansie en luuksheid is
     tipies van Art Deco ontwerp wat gepoog het om 'n manier vir ontsnapping van die
     depressies van die oorlog te skep.

     Die reghoekige, blokagtige vorm van die Toshiba rooster in FIGUUR H is smal en
     versag deur die gekromde hoeke wat dit 'n liggewig kwaliteit gee. In kontras
     hiermee, lyk die Art Deco rooster (FIGUUR I) swaar en sterk omrede dit alleenlik uit
     hoekige, blokagtige fasette bestaan.
     Die lyne rondom die madeliefie patroon op die Pop rooster in FIGUUR H is vloeiend
     en gekrom en skep 'n gevoel van eenheid met die gekromde rande van die rooster.
     Hierdie gekromde, organiese kwaliteit is tipies van Pop ontwerp. Die lyne van die
     diamantpatroon op die Art Deco rooster (FIGUUR I) is hoekerig, reguit en diagonaal,
     wat herinner aan chevrons, en skep dus dit 'n jazzagtige, dinamiese effek.

     Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings.

     NEEM KENNIS: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir ŉ
     tabel vergelykende antwoord. ŉ Maksimum van 6 punte mag toegeken word
     waar kandidate twee aparte opstelle skryf wat ŉ voldoende vergelyking toon.
     Gebruik die kognitiewe tabel as 'n riglyn vir jou puntetoekenning.

    V.4.2            KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                GEWIGS-        VRAE         PUNTE
    VLAK                                                 TOEKENNING                     (10)
                 Onthou, Herroep, Herken, Noem                             4.2            1
 Laer Orde                                                      30%
                 Verstaan, Verduidelik, Beskryf,                           4.2            2
                 Klassifiseer
                 Toepas, Implementeer, Organiseer               40%        4.2            4
Middel Orde
                 Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                         4.2            1
 Hoër Orde       Evalueer, Reflekteer, Beoordeel                30%        4.2            1
                 Skep, Sintetiseer, Regverdig                              4.2            1

                                                                      TOTAAL AFDELING B: 30

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 14                          DBE/November 2021
                                    NSS – Nasienriglyne

AFDELING C: SOSIOKULTUREEL/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE KONTEKS
VRAAG 5 [20 punte]
BEANTWOORD ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.
5.1 (Ken 20 punte in totaal toe)
     5.1.1   (Ken 4 punte toe)

             Die uitleg van die beelde soos die hand wat 'n bierbeker vashou met 'n
             vrou se gesig daarop, dra die boodskap van die gevare van drink en hoe
             dit tot fisiese mishandeling kan lei, slim oor. Op die boonste gedeelte
             van die plakkaat is die veldtog se opskrif as 'the prevention beer mug'
             ('voorkomende bierbeker') in hoofletters. Dit lyk asof die persoon wat
             die bier drink die vrou in die gesig slaan. Die teks Please don't lose
             control over your drinking (Moet asseblief nie beheer oor jou drinkery
             verloor nie) is in 'n rooi heksagon op die bierbeker geplaas wat aandag
             trek en dit simboliseer 'n stopteken of padgevaarteken. Die nabye
             afsny van die beeld fokus op die beker vol bier, die oorsaak van die
             fisiese mishandeling teenoor vrouens.
             Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings.

     5.1.2   Ken 16 punte in totaal toe
             (Ken 8 punte per gevalle studie toe)
             Ken 1 punt vir die naam van die ontwerper en die naam van die
             produk toe.

             EEN KONTEMPORȆRE SUID-AFRIKAANSE
             ONTWERPER/ONTWERPGROEP:

             Balini Naidoo se Braille geïnspireerde klerereeks. Die hoof
             doelstelling is om 'n reeks klere te skep vir visueel gestremdes en om
             hulle te help om te identifiseer met wat hulle aantrek. Naidoo se hoof
             sosiale doelstelling met die Braillebewoording op die klere is om die
             visueel gestremdes te help. Sy wil hulle meer onafhanklikheid gee sodat
             hulle hul eie klerekeuses kan maak. Balini Naidoo se oom het sy sig
             begin verloor en sy het sy alledaagse stryd opgelet met sy klerekeuses
             en die min opsies vir mense met visuele gestremdhede.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   15                             DBE/November 2021
                                      NSS – Nasienriglyne

             Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir die Blindes, is die aantal
             visuele gestremdheid in Suid-Afrika die hoogste van alle gestremdhede.
             Hierdie het haar aangemoedig om te begin navorsing doen oor hoe sy 'n
             Braille identifikasie sisteem vir klere kon ontwerp. Balini Naidoo s. 'Ek
             glo dat wat ons vir onsself doen gaan dood saam met ons, maar wat ons
             vir ander doen, lewe vir ewig. My doel is om my debuut tot die
             skoonheid- en mode-ontwerp wêreld te maak deur in 'n gemeenskap 'n
             verskil te maak, waar morele waardes nie meer so belangrik is nie.' Sy
             het bygevoeg: 'Eerlikheid, integriteit, en charisma is woorde wat my die
             beste beskryf, maar deursettingsvermoë en diversiteit is waardes wat die
             beste deur my optredes gereflekteer word. Ek glo dat die pad vorentoe
             baie deure vir geleenthede sal oopmaak, om die mensdom te dien.'
             Die hoof kenmerke van haar Braille geїnspireerde klerereeks is die
             gebruik van dowwe kleure met tasbare geborduurde Braille teks op
             gemaklike, semi-formeel en formele drag vir beide geslagte. Haar klere
             dien mense tussen die ouderdomme van 15-36. Die Braille identifikasie
             skrifsisteem is geborduur en op baadjies, T-hemde, rompe en die
             binnekant van broeksakke gedruk. Vir die wat kan sien, word die Braille
             as 'n tasbare en visuele patroon van blokkies geïnterpreteer.
             EEN Kontemporêre INTERNASIONALE
             ONTWERPER/ONTWERPGROEP:

             Designnobis ('n Internasionale medewerkende projek gebaseer in
             Ankara, Turkye en was op die kortlys vir World Design Impact).

             Designnobis noem hulself Argitekte vir die Samelewing. Hulle
             doelstelling is om strukture te skep wat gemeenskappe in nood sal
             help. Die Tentative Hex House is 'n tydelike pop-up modulêre
             huisvesting ontwerp wat gebruik kan word in rampgebiede. Meer as 65
             miljoen mense rondom die wêreld is al ontwortel van hul huise weens
             natuurlike of mensgemaakte rampe. Die groeiende behoefde van
             asielsoekers het argitekte en produkontwerpers geïnspireer om nuwe
             maniere te vind om vlugtelinge te akkommodeer en waardigheid tot hul
             daaglikse lewens terug te gee. Een van die hoofdoelstellings van die
             Tentative Hex Huis is om 'n gemeenskaplike leefomgewing te skep en om
             statige, tydelike behuising te verskaf vir ontwortelde vlugtelinge; mense in
             ballingskap of mense wat moes vlug weens natuurlike en/of
             mensgemaakte rampe. Die huis help ook in die groeiende behoefte van
             asielsoekers in dat dit 'n tydelike veilige skuiling bied.
             Soos die naam voorgee, is Tentative Hex Huis soortgelyk aan 'n tent
             omrede dit afslaanbaar is, maar dit bestaan uit baie sterker komponente
             om 'n realistiese lewensstyl te verskaf. Kenmerkend van die Hex Huis
             is dat dit 'n geometriese-geїnspireerde van-die-ruit-af, tydelike skuiling vir
             mense wat informele behuising vir verlengde tydperke in enige klimaat,
             benodig het.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                        16                           DBE/November 2021
                                           NSS – Nasienriglyne

              Ander karaktereienskappe is sy veselglasdop en duursame,
              weerbestande termiese materiaal. Die dak van die Tentative Hex Huis
              skuiling is ontwerp om natuurlike lig in te laat, wat ordentlike ventilasie
              toelaat en om reënwater op te vang wat later hergebruik kan word. Sy
              vloer is van die grond opgelig met geïntegreerde pote, wat insulasie teen
              die grondryp van koue areas verskaf. Die ontwerp kan saamgedruk
              word en platverpak word. Die huis is gemaklik en kan veilig met vier
              mense gedeel word.
              Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings.

      V.5.1
      VLAK               KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                    GEWIGS-    VRAE     PUNTE
                                                                 TOEKENNING             (20)
                     Onthou, Herroep, Herken, Noem                            5.1.1        2
   Laer Orde                                                        30%
                     Verstaan, Verduidelik, Beskryf,                          5.1.2        4
                     Klassifiseer

                                                                    40%       5.1.1        2
  Middel Orde        Toepas, Implementeer, Organiseer
                                                                              5.1.2        6
                     Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                        5.1.2        3
   Hoër Orde
                     Evalueer, Reflekteer, Beoordeel                30%       5.1.2        2
                     Skep, Sintetiseer, Regverdig                             5.1.2        1

                                                    OF

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 17                           DBE/November 2021
                                    NSS – Nasienriglyne

5.2 Ken 20 punte in totaal toe.
     5.2.1 (Ken 2 punte toe)

             Dit is belangrik om die gebruik van tradisionele tegnieke deur
             kontemporêre ontwerpers aan te moedig omrede die hierdie gebruik die
             voortsetting van die kunsvlyt kan aanmoedig en werksgeleenthede vir
             mense wat die kunsvlyt beoefen, kan verskaf. FIGUUR K gebruik die
             kunsvlyt tradisies van mandjieweeftegnieke vir die produksie van
             kontemporêre meubels. Wanneer hierdie kontemporêre ontwerpe in
             ander lande bemark word skep die inheemse kunsvlyt 'n sin van trots vir
             Suid-Afrikaners. Die bank in FIGUUR K skep 'n belangrike
             uitvoergeleentheid om die Suid-Afrikaanse ekonomie te laat groei.

     5.2.2 (Ken 8 punte toe)
           Ken 1 punt vir die naam van die inheemse kulturele gemeenskap en
           die naam van die produk toe.
           Leerders mag enige inheemse kunsvlyt bespreek, bv. Zulu mandjieweef.
           Die weef van mandjies is een van Suider-Afrika se bekendste tradisionele
           kunsvlyte wat veral deur die Zulu mense in KwaZulu-Natal beoefen
           word. Tradisioneel, word geweefde mandjies gebruik vir die stoor van
           graanoeste en die dra van varsprodukte heen-en-weer van die markplek
           af. Hierdie mandjies word in twee variasies gemaak, dié met 'n deksel
           wat hoofsaaklik gebruik word vir berging en plat mandjies wat gebruik is vir
           die sif van koring. Buigbare materiaal soos sagte takke, gras en
           palmblare is gebruik om die mandjies te weef. Gewoonlik word hierdie
           mandjies met 'n oordadige rangskikking van geometriese motiewe versier,
           wat 'n patroon skep.
             Tans is KwaZulu-Natal die voorloper in mandjieweefwerk, hoofsaaklik as
             gevolg van die oorvloed van geskikte materiaal; grasse en die Ilalapalm.
             KZN is die belangrikste bron van hierdie tradisionele weefmateriaal.
             Hierdie buigbare materiaal is in 'n sigsag patroon rondom die mandjie
             geweef, omdat die strepe van die Ilalapalm om die rolle gras gerol moet
             word en aanmekaar in 'n spiraalvorm gestik word. Die kleure vir die
             kleurstof is tradisioneel geoes deur die kook van Ilalapalmblare met
             bessies, wortels, blare, bas, geroeste blikkies en ander items. Vandag
             het mandjieweef 'n gesogte kunsvlyt geword wat gereeld in galerye
             regdeur die wêreld gesien kan word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      18                        DBE/November 2021
                                         NSS – Nasienriglyne

     5.2.3 (Ken 10 punte toe)
           Ken 1 punt vir die naam van die ontwerper en die naam van die
           produk toe.
             Die duidelike herhalende patrone van 'isishweshwe' materiaal in
             skakerings van indigo, bruin en rooie en tradisionele Xhosa rokke is 'n
             inspirasie vir die kontemporêre Suid-Afrikaanse mode-ontwerper Bongiwe
             Walaza.
             Alhoewel 'isishweshwe' materiaal oorspronklik na Afrika deur die Duitse
             setlaars toe gebring is, in die middel van die 19de eeu, en met koloniale
             onderdrukking weerklink, het dit 'n integrale deel van Xhosakleredrag
             geword. Hierdie nederige 'isishweshwe' katoenstof het sy koloniale
             oorspronge afgeskud en is nou 'n simbool van stedelike Afrodrag.
             Walaza wie sterk beïnvloed is deur haar vroeë kinderjare, het in die
             platteland van die Oos-Kaap, 'n verarmde plattelandse area van Suid-
             Afrika, groot geword. Die plattelandse landskap, met sy tradisionele Afrika
             strooidak modderhut dorpies, loop sterk deur Walaza se tradisionele
             Xhosa regalia-geїnspireerde versameling.
             Die helder, patroonryke, swaar gestyfde katoenstof was vinnig aanvaar
             deur die plaaslike swart vrouens wie tradisionele materiaal vervang het
             met dié nuwe beskikbare katoen.
             Walaza het die materiaalstof se koloniale verwysings agtergelaat, en sy
             het 'n styl geskep wat aanvaar is in Suid-Afrika se relatiewe nuwe, na-
             apartheid demokrasie. Die eindresultaat is pofmou-baadjies wat styf
             ingetrek is met 'n wye middelband, meerminstert gelaagde rompe,
             Someragtige 1950s styl rokke en snyersherskeppings van die tradisionele
             regalia van die Xhosa.
             In die verlede as jy 'n tradisionele uitrusting in die stad wou dra, was dit
             gesien as outyds en onopgevoed, Walaza het die persepsie verander en
             het 'isishweshwe' materiaalstof 'n kontemporêre mode materiaal
             gemaak.
             Walaza se kliënte wil nou selfs trourokke hê wat Afrika-geїnspireerd is, in
             stede van 'n wit, Westerse trourok.
             Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings.

    V.5.2
    VLAK              KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                GEWIGS-    VRAE       PUNTE
                                                          TOEKENNING               (20)
                 Onthou, Herroep, Herken, Noem                         5.2.2         2
 Laer Orde                                                     30%     5.2.3         2
                 Verstaan, Verduidelik, Beskryf,                       5.2.2         1
                 Klassifiseer                                          5.2.3         1

                                                               40%     5.2.2         4
Middel Orde      Toepas, Implementeer, Organiseer
                                                                       5.2.3         4

                 Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                     5.2.1         2
 Hoër Orde
                                                               30%     5.2.2         1
                 Evalueer, Reflekteer

                 Skep, Sintetiseer, Regverdig                          5.2.3         3

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  19                           DBE/November 2021
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 6 [20 punte]
6.1 (Ken 20 punte in totaal toe)

     6.1.1 (Ken 2 punte toe)
           Dit is belangrik om in ons huidige samelewing innoverende, avant-garde
           materiaal en tegnieke, wat ons omgewing nie verder beskadig nie, te
           gebruik en te skep. Materiaal soos plastiek is skadelik vir ons omgewing
           omrede hulle nie bioafbreekbaar is nie. Hulle besoedel ook riviere en
           die see, dit vul alreeds oorvol opvullingsterreine, en word deur diere en
           visse geëet. Baie hedendaagse prosesse wat gebruik is om materiaal
           te skep gebruik giftige chemikalieë en is energie-verbruikend. Deur die
           herwin van materiaal wat potensiële skadelik is soos plastiek, glas en blik,
           sal minder rommel weggegooi word. Volhoubare materiaal is materiaal
           wat geproduseer kan word sonder om die aarde se bronne uit te put en
           sonder om energie te vermors en rommel te veroorsaak.
             Ontwerpers moet meer klem op die skep en gebruik van bioafbreekbaar,
             volhoubare materiaal, wat nie op ons natuurlike wêreld 'n impak het nie,
             plaas, sodat hulle omgewingsverantwoordelik kan wees soos gesien in
             die gebruik van kurk in FIGUUR L. Dit is vir hierdie rede dat meer en
             meer ontwerpers in samewerking met wetenskaplikes werk op
             eksperimentele projekte wat poog om die omgewing te verbeter.
     6.1.2 (Ken 2 punte toe)
           Bamboes is 'n hoogs volhoubare, higiëniese, sterk en aanpasbare
           bron. Dit kan vir 'n groot verskeidenheid ontwerpe gebruik word, vanaf
           kombuisware tot die maak van tafels en vloerbedekkinge. Bamboes
           groei vinnig en kan in plaas van bome gebruik word. 
             Koffiebone is onlangs gebruik deur 'n maatskappy genoem Rens-
             Originals om 'n ekovriendelik seilskoen te produseer. Hierdie seilskoene
             is totaal en al gemaak van gebruikte, gemaalde koffiebone en herwinde
             plastiekbottels. Die seilskoene is lig, duursaam, waterdig, tegno-
             gevorderd, omgewingsvriendelik en volhoubaar. Die koffie industrie is
             geraam om 20 biljoen dollars werd te wees, met meer as 2 biljoen
             koppies van koffie elke dag gedrink word. Hope boontjies wat gewoonlik
             opgemaal en weggegooi word, is nou gebruik om volhoubare produkte te
             skep.
             'n Verskeidenheid van ontwerpers gebruik kelp as 'n aanpasbare,
             volhoubare en natuurlike ontwerpmateriaal. ‘n Voorbeeld hiervan is die
             skoenhandelsnaam Algikicks, wat gemaklik, sterk en volhoubare
             seilskoene maak. Dit is nie alleenlik wêreldwyd beskikbaar nie, maar
             ook verantwoordelik verkry. Die natuurlike kenmerke wat in kelp gevind
             word, beteken dat die ontwerp bioafbreekbaar is, wat dit nie skadelik
             maak nie.
             Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   20                             DBE/November 2021
                                      NSS – Nasienriglyne

6.2 (Ken 16 punte in totaal toe)
    (Ken 8 punte per gevallestudie toe)
    Ken 1 punt vir die naam van die ontwerper en die naam van die produk toe.

     VOORBEELD VAN 'n SUID-AFRIKAANSE ONTWERPER:

     Naam van die ontwerper /ontwerpgroep en hulle ontwerpproduk(te)
     Andre Harms van Ecolution Konsultante het die Hotel Verde ontwerp.
     Die doelstellings, ontwerpprosesse, tegnieke en materiaal gebruik deur die
     ontwerper/ontwerpgroep hierbo. Verwys na EEN voorbeeld om te
     verduidelik hoe omgewingskwessies aangespreek word.

     Die doel van die ontwerpgroep is om geheel en al omgewingsvriendelike,
     volhoubare geboue te skep deur groen beginsels en praktyke in die ontwerp,
     konstruksie, restourasie en operasionele funksies van die hotel te integreer.
     Een innoverende sisteem wat geïmplementeer is ('n eerste in Afrika) is 'n
     geotermiese-sisteem, onder die kelderverdieping, wat gekoepel is met
     verhittingspompe. Hierdie verskaf warm water vir die gebou.

     Hotel Verde is die enigste hotel in die wêreld wat 'n 'LEED Platinum' sertifikaat
     het vir sy ontwerp, konstruksie en operasionele werking. LEED staan vir
     'Leadership in Energy and Environmental design'. Hotel Verde is 'Afrika se
     groenste hotel' benoem. Meeste van die kamers wys Noord en Oos wat lig en
     hitte versterk. Die fasades kyk uit op 'n mooi keerdammetjie en groen area
     daaragter, waar drafpaadjies geïnkorporeer is vir die gaste. Sonpanele op
     die Noordwysende fasade genereer krag, sowel as bied skaduwee vir die
     vensters. Die ingang en voorportaal het 'n groen dak wat nie net alleenlik
     die termiese insulasie verhoog nie, maar moedig ook plantlewe en
     biodiversiteit aan. Die vergroening begin by die ingang en loop verder tot by
     die voorportaal en restaurant, waar plante op vertikale 'groen' mure groei.

     Ander volhoubare strategieë wat geïmplementeer is, is sisteme vir
     reënwateropvangs, 'n gryswaterplaas wat water vir die spoel van toilette verskaf,
     dubbel geglaseerde vensters en 'n hysbak wat van swaartekrag gebruik maak om
     kraggebruik te verminder. Met 'n gryswaterplaas wat water van storte en
     baddens herwin, sowel as die kondensasie van ventilasie waaiers vir die gebruik
     in die hotel se toilette, spaar hulle tot 6 000 liters drinkwater per dag. Drie groot
     windturbines aan die Westekant genereer krag. Gaste word gemotiveer om hul
     ligverkoelers af te skakel en om hul handdoeke weer te gebruik. Moontlike
     energie besparings vir die gebou is ongeveer 50%.

     Hotel Verde het 'n nul rommel-tot-opvullingsterreindoelstelling, wat hulle wil
     bereik deur; voorkomming en vermindering van rommel deur hergebruik en
     'upcycling' waar moontlik, herwinning en kompos maak.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Design P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2021-afr/ee89371b-0b62-4166-8eae-1ffc6b00e1ed) — Design · QP · 2021 · Afr
- [Design P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2021-eng/44180a56-e46b-4edb-b87b-da0f80955ccf) — Design · QP · 2021 · Eng
- [Design P1 Nov 2020 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2020-memo-eng/4557d936-063d-4754-b6a8-e25c4d279f64) — Design · Memo · 2020 · Eng
- [Design P1 Nov 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2019-memo-eng/897e5c02-af3d-4258-9c23-310678ff22eb) — Design · Memo · 2019 · Eng
- [Design P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2019-memo-afr/c292473a-3cdf-4c69-af4e-eff39790b65a) — Design · Memo · 2019 · Afr
- [Design P1 Nov 2018 FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2018-final-memo-eng/7d38596e-8011-4dbd-addb-c69766e3bc61) — Design · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-afr/e35d300a-db4f-4a06-ba8a-6f659dbd37ad) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/3f14a710-b913-44a8-ade1-31e4d395f557) — QP · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/47ba80e3-12dd-4fd4-8302-34e3b97a6b9a) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-eng/3f0bd4c5-8226-45ef-87fa-5c9996cba696) — QP · 2024 · Eng
- [Design P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-afr/6958913b-f502-40d3-8387-1f0a78a3ed25) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
