# Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2022 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2022-mg-afr/d1de55e4-1d45-48e0-8e50-2b743f90b7ae
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 Paper 1 NSC November 2022 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2022-mg-afr/d1de55e4-1d45-48e0-8e50-2b743f90b7ae)

## About this document

Design · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                   ONTWERP V1

                                      (TEORIE)

                                 NOVEMBER 2022

                                 NASIENRIGLYNE

PUNTE: 100

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 21 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                       2                       DBE/November 2022
                                         NSS – Nasienriglyne

 AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID
 VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE [10 punte]
 Kandidate beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.
 1.1 (Ken 'n maksimum van 2 punte per kolpunt/aspek toe)

     Gestileerde fatsoene is dominant in die Basotho kombers. In elke hoek van die
     kombers is 'n plat, figuratiewe fatsoen uitgebeeld wat met 'n Basotho hoed
     ooreenstem.   Tussen elke hoed word 'n sterk vereenvoudigde, plat silhoeët van 'n
     krygsman, wat 'n assegaai en knopkierie vashou, gesien.   'n Groot, cloisonnistiese/
     sterk swart buitelyn met 'n vierblaarpatroon fatsoen vul meeste van die middel area
     van die kombers en jou oog word na 'n sirkelvormige fatsoen, in die middel van die
     ontwerp gelei. Die gestileerde, plat en meestal geometriese fatsoene is tipies van
     Afrika ontwerp.
     Die gebruik van diamant en isometriese ruitpatrone in die kombers skep 'n variasie
     van toonwaardes.Die middelpunt van die ontwerp is gevul met 'n plat,
     kontrasterende donkergrys toonwaarde.   Die vier gestileerde krygsman fatsoene is
     opvallend aangesien hulle met 'n soliede swart-en-wit buitelyn omlyn is, wat 'n sterk
     tonale kontras skep.Die kombers maak gebruik van 'n achromatiese, neutrale
     kleurskema.
     Die sterk dekoratiewe kwaliteit van die Basotho kombers word verhoog deur 'n
     verskeidenheid van herhalende patrone.Die herhaling van die diamant en
     isometriese ruitpatrone skep 'n sagter reeks van soortgelyke toonwaardes.In
     kontras, skep die herhaling van gestileerde hoede en die fatsoen van die
     krygsmanne, 'n sterk en dramatiese patroon.
     Die kombers is simmetries gebalanseer weens die visuele gewig wat 'n vertikale en
     horisontale spieëlbeeld vorm.  Die kombers kan ook as straalgewys gebalanseerd
     gesien word aangesien die totale ontwerp van die sentrale sirkelvormige motief
     vertikaal, horisontaal en diagonaal, straalgewys uitbeweeg. 
     Eenheid is geskep deur die herhaling van organiese, geometriese en figuratiewe
     fatsoene en patrone.   Die eenheid is versterk deur die herhaling van die diamant
     ruitpatroon om die buitekant van die kombers en die herhaling van lyne op die hoede
     wat mandjieweef suggereer.     Die verenigde, sterk buitelyne van die hoede, lei die
     oog na die fokuspunt. Eenheid word ook geskep deur die sterk omlynde
     vierblaarfatsoen wat die los fatsoene verenig tot een groot fatssoen. 
     Krediet moet gegee word vir enige ander geldige stellings.
      V1.1 VLAK       KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                  GEWIGS-    VRAE           PUNTE
                                                            TOEKENNING                   (10)
      Laer Orde       Onthou, Herroep, Herken                             1.1              2
                      Verstaan, Verduidelik, Beskryf           30%                         1
      Middel Orde     Toepas, Implementeer, Organiseer         40%        1.1              4
      Hoër Orde       Analiseer, Vergelyk, Interpreteer
                      Evalueer, Reflekteer                     30%        1.1              2
                      Sintetiseer, Regverdig                                               1
                                                       OF
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                      3                      DBE/November 2022
                                        NSS – Nasienriglyne

 1.2 (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke kolpunt/aspek toe)

     'n Dik, cloisonnistiese lyn is gebruik om elke fatsoen te omlyn, wat 'n sterk
     dekoratiewe ontwerpproduk skep.Reguit- en sigsaglyne word afgewissel met
     gekromde lyne wat 'n lewendige oppervlakeffek, skep.

     Die Mebala leertas deur Moeletsi is 'n stewige, driedimensionele, geometriese
     vorm.  Dit is reghoekig en hol; wanneer dit oopgemaak is, sal dit ruimte hê om items
     binne in die tas te plaas. Die sagte organiese vorm van die handvatsel kontrasteer
     met die blokagtige vorm van die tas.

     Die visuele tekstuur van die tas is glad geverf wat 'n meganiese gladde gevoel
     gee. Die handgemaakte randte is rof afgewerk en verleen 'n tasbare gevoel.

     Die voorkant, agterkant en kante van die tas is met 'n patroon bedek wat uit 'n
     verskeidenheid van fatsoene bestaan wat rondom 'n sentrale punt herhaal is; die rooi
     sirkel met die pienk hartvorm binne.
                                          Die gesatureerde kleure en fatsoene wat in die
     patroon gebruik word, kan deur amaNdebele muurskildery beïnvloed wees.

     Die patrone op die tas bestaan uit hoofsaaklik geometriese fatsoene. Die gebruik van
     'n paar organiese fatsoene tussen hierdie geometriese fatsoene, skep variasie in die
     ontwerp. Variasie is ook verkry deur die gebruik van beide klein en groot driehoeke
     en klein en groot sirkels, sowel deur beide warm en koue kleure, te gebruik. Hierdie
     variasie maak die produkontwerp lewendig en vol energie. Die kombinasie van
     sintetiese verf met die natuurlike leer verseker ook dat die produk gevarieerd en
     lewendig is.

     Gee krediet vir enige ander geldige stellings.

      V1.2 VLAK       KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                GEWIGS-    VRAE           PUNTE
                                                          TOEKENNING                   (10)
      Laer Orde       Onthou, Herroep, Herken                 30%       1.2              2
                      Verstaan, Verduidelik, Beskryf                                     1
      Middel Orde     Toepas, Implementeer, Organiseer        40%       1.2              4
      Hoër Orde       Analiseer, Vergelyk, Interpreteer
                      Evalueer, Reflekteer                    30%       1.2              2
                      Sintetiseer, Regverdig                                             1

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  4                          DBE/November 2022
                                    NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP [10 punte]

 2.1

 2.1.1 (Ken 2 punte toe)
        Die plakkaat wys mans wat uittartend na 'n vrou skreeu.Die stereotipe is
        geslagsdiskriminasie, m.a.w. net mans 'wolffluit'.‘n Ander stereotipe in die
        plakaat is dat slegs Swart mans verantwoordelik is vir die fluit na vrouens.

        Vroue word altyd gesien as voorwerpe wat mans se begeertes vervul.Die
        plakkaat wys hoe die mans na die vrou staar, wie duidelik ongemaklik lyk met die
        wyse waaroop sy geobjektiveer word. 

 2.1.2 (Ken 2 punte toe)
        Die vrou se arms is gevou om haar ongemak aan te dui 
                                                              en haar gesig frons om
        haar misnoeë teenoor die fluitroepe en mans se kommentaar, te wys.Hierdie
        versterk die boodskap dat vroue nie daarvan hou om geobjektiveer te word as
        seksuele kommoditeite nie.
 2.2   (Ken 6 punte toe. 'n Maksimum van 2 punte vir elke kolpunt/aspek)

        FIGUUR D maak gebruik van organiese materiaal soos gras en hout om 'n
        aardse, natuurlike gevoel te skep,   terwyl FIGUUR E 'n industriële gevoel skep
        deur meestal harde metaal, te gebruik.   FIGUUR D lyk sag en subtiel as gevolg
        van die gebruik van riete   verskillend van FIGUUR E wat hard lyk, weens die
        gebruik van sterk staal, versag is deur houtplanke wat 'n kromlynige sitplek skep.
        Die tekstuur van die muur van FIGUUR D lyk riffelagtig en soortgelyk aan
        grasmatte  terwyl FIGUUR E verskil as gevolg van die laaghout sitplek en skerp
        hoekvormige bene wat glad en koud voorkom.      FIGUUR D is duidelik beïnvloed
        deur die mandjies van inheemse kulture van Suider-Afrika terwyl die skerp,
        hoekige sig-sag patroon van die bank se bene in FIGUUR E deur die geometriese
        gefasetteerde vorms van Kubistiese/Dekonstruktivistiese werke beïnvloed kan
        wees.  Die kleur van FIGUUR D is aards en kan deur Afrika estetika beïnvloed
        wees,terwyl FIGUUR E helderkleure gebruik wat deur moderne, Westerse

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    5                         DBE/November 2022
                                      NSS – Nasienriglyne

        ontwerpbewegings soos Popkuns en Postmodernisme beïnvloed is en dit kom
        sinteties voor.
        FIGUUR D funksioneer as 'n bank wat sosiale afstand toelaat en wat twee mense
        aan elke kant laat sit van 'n 'skeidsmuur'.In kontras hiermee, laat FIGUUR E
        duidelik geen sosiale afstand toe nie.Dit is heelwaarskynlik ontwerp vir
        universiteitskampusse wat sosialisering in groepe aanmoedig.FIGUUR D
        funksioneer ook om 'n trotse gevoel in inheemse kunshandvlyt te inspireer en om
        'n bewusmaking en voortbestaan van hierdie kunshandvlyt te verseker.     Beide
        banke het wegbeweeg van tradisionele banke af en funksioneer nou op 'n unieke
        en onkonvensionele wyse.   FIGUUR D se sitplek is glad en plat en meer gemaklik
        om op te sit, teenoor die golwende riffels wat deur die houtplank sitplek van
        FIGUUR E gevorm is.

        LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 2 punte mag toegeken word vir 'n
        tabelvorm vergelykende antwoord. Gebruik die kognitiewe tabel as 'n riglyn.

        Gee krediet vir enige ander geldige stellings.

         V2 VLAK       KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                GEWIGS-    VRAE           PUNTE
                                                           TOEKENNING                   (10)
         Laer Orde     Onthou, Herroep, Herken                 30%      2.1.1             1
                       Verstaan, Verduidelik, Beskryf                   2.1.2             1
         Middel Orde   Toepas, Implementeer,                  40%       2.1.1             1
                       Organiseer                                       2.1.2             1
                                                                         2.2              2
         Hoër Orde     Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                 2.2              2
                       Evalueer, Reflekteer                   30%
                       Sintetiseer, Regverdig                            2.2              2

 VRAAG 3: ARGITEKTUUR [10 punte]
 (Ken 10 punte toe)
 (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke kolpunt/aspek toe)

 3.1

        Die Romeinse Temple van Portunus (FIGUUR F) het oorspronklik gefunksioneer
        as 'n voorbeeld van Romeinse Republikeinse argitektuur wat 'n visuele stelling oor
        die manjifieke Romeinse Keiserryk gemaak het.   Die Şakirin-moskee (FIGUUR G)
        funksioneer as 'n plek van aanbidding vir die Moslemgemeenskap.Die lang
        toringagtige minarette wat langs die slanke aluminium bedekte koepel van die
        Şakirin-moskee staan, word gebruik om die Moslem gemeenskap tot gebed toe te
        roep.Die funksie van die tempel van Portunus is nie om aanbidders te
        akkommodeer nie, maar om die kultusbeeld van Portunus in die cella te huisves,
        terwyl die enkele koepel van die Şakirin-moskee 'n gebedsaal vir aanbidders het.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   6                           DBE/November 2022
                                     NSS – Nasienriglyne

        Die Romeinse tempel was geïnspireer deur die Romeinse god toegewy aan
        Portunus, 'n jeugdige god geassosieer met waterkruisings en seehawes.Die
        Moskee was geïnspireer deur die herinneringe van Ibrahim en Semiha Şakir en is
        deur hul kinders gebou. Die moskee se naam is 'n refleksie van die familie naam,
        maar dit het ook die literêre betekenis in Arabies van ‘die wat dankbaar is' (aan
        God). Die reghoekige vloerplan van die Romeinse tempel toon die invloed van
        die Etrusker aan, 'n antieke Italiaanse gemeenskap wat voor die Romeine
        dateer. Daar is ook 'n Griekse invloed sigbaar in die tempel se Griekse Ioniese
        kolomme.   Die moskee is geïnspireer deur Ottoman argitektuur met die gebruik
        van twee toringagtige minarette.

        Die vorm van die tempel van Portunus is blokagtig en reghoekig wat mag en
        stabiliteit suggereer. Dit rus op 'n hoë podium ('n opgeligte platform) wat die tempel
        lig en die ontwerp promenensie gee.Die Şakirin-moskee se struktuur is
        gedomineer deur die slanke, metaal koepelvorm met twee smal minarette aan
        beide kante.Die groot koepel is geskep deur vier oorkruisende boë wat 'n
        wydstrekkende dinamiese estetika skep en is op 'n stewige vierkantige basis
        opgerig.

        Die materiaal wat gebruik is om die tempel van Portunus te bou, is duursame,
        plaaslik gemynde travertien (kalksteen) en tufkryt (bakstene van vulkanies klip).
        Die eksterieur van die tempel was oorspronklik gepleister om Griekse marmer na
        te boots.  Die enkele koepel van die Şakirin-moskee was deur die argitek Hüsrev
        Tayla ontwerp en is van 'n saamgestelde aluminium materiaal gebou.Die
        koepelstruktuur is bedek in visskub-agtige aluminiumpanele en die fasades is met
        'n donker klip en aluminiummaasdraad, afgewerk.      Donkergrys klip kontrasteer
        met die ligte metaalagtige materiaal en die oop binneruimte. 

        Beide geboue het dekoratiewe elemente. Terwyl die Romeinse tempel se
        versiering meestal aan die buitekant is, is die moskee se dekor aan die
        binnekant.Die horisontale strook wat langs die boonste gedeelte van die
        buitemuur van die Romeinse tempel loop, is met 'n lewendige kombinasie van
        sierkranse, engeltjies, kandelaar, en die populêre antieke bucranium of os-
        skedelmotiewe versier.Die interieur van die Moskee is elegant en bevat 'n groot
        asimmetriese kandelaar, wat met klein hangende waterdruppelvorm gloeilampe
        bedek is. Die grasieuse kurwende minbar is van 'n roomkleurige akriel gemaak
        en is met 'n elegante ontwerp van blare en angeliere bedek, wat die heelal
        verteenwoordig en wat van 'n afstand soos kalligrafie lyk.
                                                                   Die prominente mihrab
        is 'n lewendige turkoois en goud, en was deur die historiese Selçukpatrone
        geïnspireer.

                                             OF

  3.2 Die leerder moet enige kontemporêre gebou met enige Klassieke gebou wat
      hul bestudeer het, volgens die gegewe kolpunte vergelyk. Ken 2 punte per
      kolpunt toe. Gee krediet vir enige ander geldige stellings.

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   7                           DBE/November 2022
                                     NSS – Nasienriglyne

  3.3 Vergelyking van 'n Klassieke gebou en 'n Inheemse Kennisstelsels(IKS)-
      gebou/struktuur.
        Gekose geboue: Die Pantheon en die amaNdebele hut

        Ongeveer 2000 jaar gelede, toe die Romeinse Ryk op sy hoogtepunt was, was die
        Pantheon deur die Romeine gebou om as 'n plek van aanbidding te
        funksioneer.   Die inheemse amaNdebele hutte funksioneer as 'n woning van die
        AmaNdebele mense en vorm deel van die amaNdebele kraal wat tradisioneel in 'n
        kringvormige uitlegplan gerangskik is.

        Die Romeinse styl van die Pantheon is deur die Griekse en Miceense argitektuur
        beïnvloed. Dit is sigbaar in die kolomme wat op die kolonnade staan en in die
        geweldriehoek.Die koepel toon Romeinse argitektoniese prestasie aan wat
        moontlik gemaak was deur die uitvinding van beton.   Die amaNdebele hut was
        beïnvloed deur die ander inheemse stamme wat in Suid-Afrika geleef het, soos die
        AmaZulu en die beskikbaarheid van materiaal vir bou bv. gras, modder en wattel.
        Na die Boer-AmaNdebele konfrontasie van 1833, het die AmaNdebele na droër
        areas beweeg en die kegelsilinderfatsoen woning was met 'n reghoekige fatsoen
        vervang.

        In kontras met die reghoekige konstruksie van die kolonnade van die Pantheon
        wat mag en stabiliteit verteenwoordig, was die oorspronklike voor-boer
        konfrontasie amaNdebele hutte in 'n silindriese vorm gebou.     Die amaNdebele
        hutte word gebou met dik, soliede mure sonder enige sigbare vensters, soortgelyk
        aan die Pantheon wat 5m dik mure, sonder enige sigbare vensters, het.        Die
        amaNdebele hut het 'n kegelvormige rietdak, waar die Pantheon 'n kofferpaneel
        koepel het.  'n Tegnologiese prestasie van die tyd is sigbaar in die Pantheon se
        okulus, 'n opening in die middelpunt van die koepel wat die enigste bron van lig in
        die tempel is.   Die amaNdebele hutte maak gebruik van soortgelyke tegnologie
        met die opening in die punt van die kegelgevormde dak wat sonlig en skoon lug in
        die hut inlaat. Rook van kosmaakvure ontsnap ook vanuit dié opening.

        Die dik, swaar mure van die Pantheon was gebou van 'n Romeinse beton
        materiaal bekend as messelklei.      Op die boonste gedeelte van die koepel, is 'n
        ligter tipe beton, tufkryt, gebruik. 
                                              Die gebruik van die kofferpanele in die dak help
        om die gewig van die massiewe koepel, te verminder.Die tradisionele
        amaNdebele hut se gebruik van plaaslikebronnemateriaal is soortgelyk. Die mure
        word van 'n latraamwerk uit wattelhout, pale en stokke gemaak wat dan met
        modder en beesmis gesmeer word.        Die dak van die hut is met dekgras gemaak,
        maar die tempel het 'n spitsdak wat met teëls van hout bedek is.     In kontras met
        die vloere van die amaNdebele hut, wat met aardse beesmis geseël word was die
        vloere van die Pantheon van luukse marmer gemaak.

        Die Pantheon was op 'n betekenisvolle terrein/ligging, die presiese ligging van
        twee vorige Pantheon geboue wat beide afgebrand het, gebou.AmaNdebele
        huise word op effens geligte terreine gebou wat goeie dreinering binne die sentrale
        kraal-area waarborg en om sigbaarheid in die geval van 'n vyandige aanval, te
        verseker.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    8                            DBE/November 2022
                                      NSS – Nasienriglyne

        Krediet moet gegee word vir enige ander geldige stellings of vergelyking van
        'n Klassieke en kontemporêre gebou of Klassieke en Inheemse Kennisstelsel
        struktuur wat die kandidaat bestudeer het.
        LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir 'n
        tabelvorm vergelykende antwoord. 'n Maksimum van 6 punte mag toegeken
        word waar kandidate twee aparte opstelle skryf wat ‘n voldoende vergelyking
        toon. Gebruik die kognitiewe tabel as 'n riglyn vir jou puntetoekenning.

         V3 VLAK       KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                GEWIGS-       VRAE         PUNTE
                                                           TOEKENNING                    (10)
         Laer Orde     Onthou, Herroep, Herken                          3.1, 3.2, 3.3      1
                       Verstaan, Verduidelik, Beskryf         30%                          2
         Middel Orde   Toepas, Implementeer,                  40%       3.1, 3.2, 3.3      4
                       Organiseer
         Hoër Orde     Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                                   1
                       Evalueer, Reflekteer                   30%       3.1, 3.2, 3.3      2
                       Sintetiseer, Regverdig

                                                                    TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  9                         DBE/November 2022
                                    NSS – Nasienriglyne

 AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS

 VRAAG 4 [30 punte]

 4.1 Ken 20 punte in totaal toe.
     Ken 10 punte vir elke beweging toe: 5 punte in totaal vir doelwitte, invloede en
     karaktereienskappe; 2 punte vir ‘n bespreking van die ontwerpvoorbeeld, 1
     punt vir die naam van die ontwerper en ontwerp en 2 punte vir die verwysing
     na die stelling in die konteks van die ontwerpbeweging.

      LET WEL: SLEGS EEN punt toegeken kan word vir die naam van die ontwerper
      en ontwerp van elke beweging. Maak gebruik van die kognitiewe vlakke as
      riglyne.

      Hierdie nasienriglyne verskaf 'n antwoord vir die volgende twee moontlikhede:
      •   POPONTWERP
      •   DE STIJL
      POPONTWERP

      Popontwerpers se doel is om abstrakte kuns te verwerp wat slegs deur 'n
      minderheid waardeer word en om ontwerpe te skep wat by meer mense populêr
      is.Popontwerpers kan daarom gesien word as akkommoderend ten opsigte van
      die mens se behoeftes.Hulle doel is om ontwerpe te skep, wat die populêre,
      daaglikse en stadskultuur van die 1960s reflekteer en vier.Hulle doel is ook om
      ontwerpprodukte in massa te produseer en bekostigbaar vir die algemene publiek te
      maak en so aan die mense te bewys dat hul behoeftes in ag geneem word.

      Popontwerpers was beïnvloed deur massaproduksie in hul gebruik van
      supermarkprodukte vir inspirasie.Hulle was ook beïnvloed deur populêre
      filmsterre van die tyd (bv. Marilyn Monroe en Elvis Presley), kitskos (bv.
      hamburgers), die Wetenskap Eeu (bv. vuurpyle, ruimtemanne en planete),
      elektroniesetoestelle (bv. stofsuiers en bandopnemers) en alledaagse objekte (bv.
      grawe, kragproppe, wasgoedpennetjies, speelkaarte).Ander invloede was die
      Anti-Ontwerp beweging wat konvensionele norms bevraagteken het en onverwagte
      vorms en beelde gebruik het om beelde wat humoristies en lagwekkend is, te
      ontwerp.Die invloed van Opkuns en Kinetiese Kuns kan in Popontwerpers se
      gebruik van eenvoudige, sterk en opvallende patrone gesien word.

      Karakteristiek van Popontwerp is hul gebruik van vloeibare, golwende, organiese
      vorms wat vriendelik/menslik en vol beweging is. Die skerpbelynde, koue vorms
      van die Bauhaus word verwerp omdat dit as onpersoonlik gesien word.     Weens
      tegnologiese ontwikkeling in chemie, het 'n groter variasie van kleur beskikbaar
      geword. Kleure is helder, kunsmatig en prettig, wat die menslike behoefte vir
      ontvlugting en vermaak, aangespreek het.Die gebruik van humor en
      skerpsinnigheid in Popontwerp, byvoorbeeld 'n bank wat 'n bofbalhandskoen
      naboots, is bewys ook die ontwerpers se belang om lighartige, vermaaklike en
      snaakse ontwerpe, te skep.  Verdere voorbeelde van Popontwerp se doelwitte is
      om die behoeftes van alledaagse mense aan te spreek met die gebruik van kitsch,
      waar ontwerpe met geen mening geskep is, om onmiddellik ons sintuie aan te trek.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 10                           DBE/November 2022
                                    NSS – Nasienriglyne

      Materiaal toon ook die ontwikkeling van nuwe prosesse: laaghout is vormbaar, wat
      nuwe, ongewone hout vorms, kan skep.    'n Nuwe metode van inspuitgietplastiek
      bied ook ongewone, golwende plastiek produkte met 'n skerpsinnige kwaliteit.

      Een voorbeeld van Popontwerp is die Olifant stoel deur Rancillac.

      Die nuwe tegnieke van inspuitgietplastiek is gebruik om een vloeibare en golwende
      vorm, wat die mens se behoefte om gemaklik te sit, te bevredig.    Die stoel is ten
      volle van suiwer, helder rooi plastiek gemaak, wat tipies is van Popontwerp se liefde
      vir die nuwe, sintetiese kleure en materiaal.Die vorm is onkonvensioneel,
      skerpsinnig en lighartig, 
                                 wat spreek tot meeste mense se smaak.

      DE STIJL

      De Stijl ontwerpers se doelwit was om perfek gebalanseerde en reëlmatige
      ontwerpe te skep om orde te toon na die verwoesting van die Eerste
      Wêreldoorlog.Hulle doel was om deur eenvoud, kalmte en orde aan die behoeftes
      van mense, te voldoen.

      Hulle was beïnvloed deur die Nederlandse tradisie van logika, suiwerheid,
      strengheid en wiskundige orde.    Hulle was ook deur 'n oosterse filosofie genoem
      Teosofisme beïnvloed, wat na 'n perfekte balans tussen teenoorgesteldes gestreef
      het.Hierdie filosofie het ook geglo dat deur die verwerping van individualiteit vir
      abstraksie, die mens se behoefte vir harmonie en balans, bevredig sal word. Hul
      eenvoudige ontwerpe het die behoefde vir esteties bevredigende, eenvoudige,
      laekostebehuising vir verstedeliking, bevredig.

      Om 'n totale abstrakte, gebalanseerde en stabiele komposisie te skep, het De Stijl
      ontwerp karakteristiek van reguitlyne, vertikale en horisontale lyne, gebruik
      gemaak.Die resultaat was 'n rooster wat uit plat, asimmetries gebalanseerde,
      geometriese vierkante en reghoeke bestaan, wat die nuwe masjien-eeu voorstel en
      as die antwoord vir die mensdom se behoeftes beskou kan word.'n Tipiese
      karaktereienskap van De Stijl is om slegs van die drie primêre kleure; geel, blou en
      rooi, en die neutrale kleure swart, wit en grys, gebruik te maak, om duidelike en kalm
      ontwerpe te skep.    Hierdie balans, stabiliteit en kalmte reflekteer die poging om
      oplossings vir die benodighede van gebroke mense in 'n na-oorlogse samelewing, te
      vind. Die gladde teksture van die ontwerpe dra by tot die algemene gevoel van
      kalmte.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   11                          DBE/November 2022
                                      NSS – Nasienriglyne

     Een voorbeeld van 'n De Stijl ontwerper en produk is 'De Stijl' tafel deur Grey.

      Die tafel is 'n goeie voorbeeld van De Stijl se gebruik van eenvoudige kubusse,
      reguit, vertikaal en horisontaal lyne om 'n ontwerp te skep wat aan die behoefte vir
      eenvoud en suiwerheid voldoen.     Die funksie van die tafel toon duideik ‘vorm-volg-
      funksie’ en word nie deur versiering weggesteek nie, wat tipies van De Stijl-ontwerpe
      is.Dit pas op verskeie maniere die behoeftes van mense; dit dien as 'n tafel; dit
      verskaf stoorplek en is goed gebalanseer, suiwer in vorm en dra 'n gevoel van
      harmonie oor.

      Gee krediet vir enige ander geldige stellings.
       V4.1 VLAK        KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                GEWIGS-     VRAE      PUNTE
                                                            TOEKENNING               (20)
       Laer Orde        Onthou, Herroep, Herken                 30%                    2
                        Verstaan, Verduidelik, Beskryf                     4.1         4
       Middel Orde      Toepas, Implementeer, Organiseer       40%         4.1         8
       Hoër Orde        Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                              2
                        Evalueer, Reflekteer                   30%         4.1         4
                        Sintetiseer, Regverdig

 4.2 [10 punte] (Ken 'n maksimum van 2 punte toe vir elke kolpunt/aspek)
      Die lyne van die kubusse in FIGUUR H is meestal reguit en vertikaal wat die
      ontwerp 'n sterk, rigiede en meganiese kwaliteit gee.In kontras hiermee, is
      FIGUUR I speels en vol beweging weens die dominante sirkelvormige lyne.
      In beide kandelare domineer neutrale kleure wat tipies van die bewegings waaraan
      hul behoort, is. Hierdie dominante gebruik van neutrale kleure dra 'n kalm
      teenwoordigheid in beide ontwerpe oor.  Die kandelaar in FIGUUR H is hoofsaaklik
      swart wat dit 'n meer ernstige, swaar gevoel gee terwyl FIGUUR I ligter voel weens
      die dominante ruimte en sterk wit.  Die bruin houtgedeeltes in FIGUUR I voeg 'n
      warmte aan die kandelaar, wat nie sigbaar in die meganiese FIGUUR H is nie.

      FIGUUR H bestaan uit 'n asimmetries gerangskikte tros van kubieke vorms wat dit
      'n soliede gevoel gee.Hierdie gebruik van blokagtige vorms is tipies van
      modernistiese argitektuur en vroeë modernistiese bewegings soos Bauhaus en De
      Stijl.
             FIGUUR I is minder solied en bestaan uit 'n sentrale simmetriese, ronde vorm
      wat aan elegante wielspeke herinner. Van die sentrale wiel hang ronde, bolagtige
      gloeilampe aan kegels. Hierdie kombinasie van masjienagtige, reguit lyne en
      elegante, effens gekromde organiese vorms in FIGUUR I is tipies van
      Skandinawiese ontwerpe.
      FIGUUR H bestaan meestal uit harde, gladde, blink swart materiaal wat metaal of
      plastiek kan wees.Die masjiengemaakte materiaal, saam met die deursigtige glas
      om die rante van die kubusse, dra 'n industriële gevoel oor wat tipies van
      Modernisme is. FIGUUR I het 'n meer natuurlike, organiese gevoel as gevolg van
      die gebruik van hout.Skandinawiese ontwerpe kombineer gereeld hout met
      vervaardigde materiaal soos plastiek of metaal.
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   12                          DBE/November 2022
                                      NSS – Nasienriglyne

      Die Modernistiese kandelaar in FIGUUR H toon die invloed van Kubisme en De Stijl
      in sy gebruik van reguit lyne en kubistiese vorms wat 'n masjien estetika, vier.
                                                                                       Die
      Skandinawiese kandelaar in FIGUUR I toon ook die invloed van die masjien era aan
      in die fokus op onversierde, suiwer vorms en skoon organiese lyne.
      Gee krediet vir enige ander geldige stellings.
      LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte mag toegeken word vir 'n
      tabelvorm vergelykende antwoord. 'n Maksimum van 7 punte mag toegeken
      word waar kandidate twee aparte opstelle skryf wat ‘n voldoende
      verklaring/vergelyking toon. Gebruik die kognitiewe tabel as 'n riglyn vir jou
      puntetoekenning.

       V4.2 VLAK       KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                 GEWIGS-     VRAE      PUNTE
                                                            TOEKENNING               (10)
       Laer Orde       Onthou, Herroep, Herken                                         2
                       Verstaan, Verduidelik, Beskryf          30%         4.2         1
       Middel Orde     Toepas, Implementeer, Organiseer        40%         4.2         4
       Hoër Orde       Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                               2
                       Evalueer, Reflekteer                    30%         4.2         1
                       Sintetiseer, Regverdig

                                                                     TOTAAL AFDELING B:          30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  13                            DBE/November 2022
                                     NSS – Nasienriglyne

 AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE
             KONTEKS

 VRAAG 5 [20 punte]

 BEANTWOORD OF VRAAG 5.1 OF VRAAG 5.2.

 5.1

 5.1.1 (Ken 2 punte toe)
       Hierdie advertensie veldtog handel oor geslag/ nie-binȇre identifikasie/klassifikasie
       op 'n alles-omvattende en inklusiewe/eksklusiewe wyse.Die twee geplaasde
       blokke bevestig en erken manlik en vroulik identiteite.
                                                               Die insluiting/uitsluiting van
       'n derde blok wat tussen twee vingers vasgehou word, is bygevoeg/uitgehaal om
       die +Trans-geslag identiteit LGBTQ+, in/uit te sluit.

 5.1.2 (Ken 2 punte toe)

       Die keuse van beelde dra almal by om 'n sterk boodskap oor te dra. Dit is duidelik
       dat beide insittendes van die motor (die manlike bestuurder en sy vrou) se aandag
       is afgetrek en met iets anders behep, wat ons bewus maak van potensiële gevaar.
       Die bestuurder se fokus is op sy foon en sy vrou probeer om op 'n groot padkaart
       hul bestemming te vind, hul sig van die pad is geblokkeer.    Hulle is ook na mekaar
       gedraai, nog 'n leidraad aan die toeskouer dat die bestuurder roekeloos is en nie sy
       oë op die pad hou nie.   In die truspieëltjie binne-in die motor, sien ons 'n gedeelte
       van hul baba se gesig wat die kwesbaarheid van hul eie kind op die agterste
       sitplek, aandui. Buite, voor die motor, is 'n skreeuende voetganger wie binnekort
       deur die motor omgery gaan word.      Die skreeuende mond is 'n in kontras met die
       onoplettende gesigte in die motor wat die ernstigheid van hul nalatigheid
       beklemtoon.   Die ontwerper het slim die gesig van die baba binne die motor en die
       skreeuende voetganger leerder wat buite is, oormekaar geplaas om
       onverantwoordelike en roekelose bestuur, te beklemtoon.Op die voorste
       vensterskerm van die motor, is die konsep van die plakkaat in grys en rooi
       hoofletters gedruk 'Dink aan beide kante'. Hierdie is 'n waarskuwing aan alle
       bestuurders om, terwyl hul bestuur, die veiligheid van hul passasiers, sowel as
       voetgangers, te oorweeg. 
       

       Gee krediet vir enige ander geldige stellings

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblie

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 14                           DBE/November 2022
                                    NSS – Nasienriglyne

 5.1.3 Ken 16 punte in totaal toe, 8 punte per gevalle studie: 1 punt vir die naam
       van die ontwerper en die naam van die ontwerp, 5 punte vir die bespreking
       van die doelwitte, algemene karaktereienskappe, materiaal en prosesse en 2
       punte vir die bespreking van die ontwerpvoorbeeld.

       EEN KONTEMPORÊRE SUID-AFRIKAANSE ONTWERPER/ONTWERPGROEP

       Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en ontwerpproduk
       Kat van Duinen se 'Practical Magic Collection'.
       Bespreek die doelwitte, algemene            karaktereienskappe, materiaal        en
       prosesse van die ontwerper
       Kaapstad gebaseerde modeontwerper Kat van Duinen se mode-reeks is
       geïnspireer deur haar reaksie op die COVID-19 pandemie. Kat van Duinen se
       doelwit is om die manier hoe ons die gesigmasker sien, m.a.w. 'n bykomstigheid
       vir beskerming, na 'n modebykomstigheid wat 'n stelling maak, te verander.   Van
       Duinen sê dat mode nog altyd 'n manier was vir selfuitdrukking: 'Jy kan nog
       steeds jou eie unieke identiteit beklemtoom, selfs al steek die masker jou gesig
       weg.'  Die netrokke in lae en masker bykomstigheid moet nie gesien word as 'n
       uitrusting wat slegs op spesiale geleenthede gedra word nie. Hierdie skeppinge
       kan gedra word om die mees gewone take, soos inkopies, te doen.Die
       spoggerige 'Mode teen Covid geriffelde masker' is van blink metaalagtige chiffon
       materiaal gemaak, wat baie aandag na die draer sal trek.   Alternatiewelik is die
       sagte, maklik drabare 'kliniese masker' van sagte, wit, geriffelde katoen, vir die
       minder ekstroverte lede van die samelewing gemaak.    ‘n Handgemaakte proses
       word gevolg wat verskeie lae van materiaal insluit, deur die gebruik van
       opvallende fatsoene en luukse eksotiese bronne. 

       Bespreek EEN voorbeeld wat verduidelik hoe hierdie ontwerp sosiokulturele
       kwessies aanraak

       Kat van Duinen beoog om haar maskers as 'n vorm van sielkundige
       spanningsvermindering, te gebruik.   Van Duinen se 'Practical Magic Collection'
       verskaf 'n geleentheid vir 'n kinderlike ontvlugting.
                                                             Die ontwerpproses handel
       oor probleemoplossing en dit is die ontwerper se verantwoordelikheid om mense
       se lewens te verbeter.Die pandemie het 'n negatiewe impak op die mode-
       industrie gehad. Mense het nie op-bestelling-gemaakte of korporatiewe klere
       benodig nie, omdat daar geen sosiale vergaderings was om by te woon nie.
       Gemaksklere was in die huis gedra en modeontwerpers moes hul styl en reekse
       heroorweeg om aan die 'nuwe normaal', te voldoen.
       

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblie

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  15                          DBE/November 2022
                                     NSS – Nasienriglyne

       EEN INTERNASIONALE ONTWERPER/ONTWERP GROEP

       Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en hul ontwerpproduk

       'Selfhelpwassery van Drome' deur Yinka Ilori.

       Bespreek die doelwitte, karaktereienskappe, materiaal en prosesse van dié
       ontwerper

       Ilori se doelwitte vir die installasies is om die komplekse rol van selfhelpwasserye
       in gemeenskappe te erken deur die kreatiwiteit en opgewektheid van kinders te
       gebruik.Die wassery se doel is om die konsep van hierdie alledaagse
       gemeenskapsruimte te hernu tot 'n area vir kinders om in te sosialiseer en veilig
       te speel terwyl hul ouers die wasgoed doen.

       Die materiaal wat vir die installasie gebruik is bestaan uit meer as 200,000 Lego-
       blokkies, wat beide die strukturele materiaal vorm en wat as speelgoed vir die
       kinders gebruik kan word.    'n Karaktereienskap van 'Launderette of Dreams'
       wys llori se kenmerkende helderkleure en geometriese fatsoene oor die
       wasmasjiene en op die mure van die winkel en winkelvenster.

       Ilori het kinders van sy vorige skool uitgenooi om deel van die proses te wees
       deur hul te vra hoe hul die ruimte sou bou om die gemeenskap te verenig.
       Kinders word gevier as 'die meesters van kreatiewe probleemoplossing '.

       Illori was geïnspireer deur sy kinderherinnerings van speel by sy plaaslike
       wassery in Noord Londen, waar hy gereeld oor dinge wat hy in sy lewe wou
       behaal, gedroom het. Alledaagse plekke kan 'n belangrike rol speel om
       gemeenskappe van verskillende agtergronde bymekaar te bring, en kan ook 'n
       geleentheid skep vir kinders om te ontmoet, speel en idees te deel.
       'Gemeenskapwasserye is noodsaaklik vir die DNA van baie gemeenskappe' sê
       Illori. Die 'Launderette of Dreams' poog om beide kinders en volwassenes te
       inspireer om te droom om net wat hul begeer te skep.

       Bespreek EEN voorbeeld wat verduidelik hoe hierdie ontwerp sosiokulturele
       kwessie(s) aanspreek

       Die installasie wat deel van die Lego Groep 'Rebuild the World advertensie-
       veldtog' is, het interaktiewe 'wasmasjiene' wat met kaleidoskoop-lig-installasies
       gevul is. 'n Lego-muur moedig toeskouers aan om die Lego-blokkiesontwerp te
       bou, af te breek en te herbou. 'Hopscotch' is op die vloer afgemerk om die
       gewone tradisionele ruimte van 'n selfhelpwassery in 'n speelarea vir kinders te
       verander.
       
                     

       Gee krediet vir enige ander geldige stellings

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblie

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   16                            DBE/November 2022
                                      NSS – Nasienriglyne

        V5.1 VLAK      KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                GEWIGS-       VRAE         PUNTE
                                                           TOEKENNING                    (20)
        Laer Orde      Onthou, Herroep, Herken                          5.1.1 + 5.1.3    1 +1
                       Verstaan, Verduidelik, Beskryf         30%       5.1.2 + 5.1.3    1+1
                                                                            5.1.3          2
        Middel Orde    Toepas, Implementeer,                  40%           5.1.1          1
                       Organiseer                                           5.1.2          1
                                                                            5.1.3          6
        Hoër Orde      Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                    5.1.3          2
                       Evalueer, Reflekteer                   30%           5.1.3          4
                       Sintetiseer, Regverdig

 5.2.1 (Ken 2 punte toe)
       Die kunsvlyt skep werksgeleenthede en 'n inkomste vir meesterhandwerk
       vakmanne soos Angeline Bonisiwe Masuku of die geleentheid vir gemeenskappe
       om met hul tradisionele praktyke aan te gaan.  Die aankoop van hierdie kunsvlyt
       produkte stimuleer die Suid-Afrikaanse ekonomie deur dat dit verseker dat
       toeriste en die plaaslike gemeenskap in plattelandse gemeenskappe belê om hul
       groei te verseker. Hierdie meesterskunsvlytprodukte verseker 'n gereelde vloei
       van toeriste na Suid-Afrika wat unieke kunsvlytprodukte koop en hierdeur
       buitelandse geld in die plaaslike ekonomie belê.

 5.2.2 (Ken 8 punte toe): 1 punt vir die traditionele kunsvlyt/inheemse kulturele
       gemeenskap, 5 punte vir die bespreking van die materiaal, metodes en
       prosesse en 2 punte vir die sosiale waarde en funksie van die kunsvlyt.

       Naam van EEN tradisionele kunsvlyt/inheemse kulturele gemeenskap wat 'n
       tradisionele kunsvlyt produseer

       Die gekerfde Boraati Kopstut deur die Ethiopiese Oromo mense 

       Die materiaal, metodes en prosesse wat gebruik is in die skep van
       tradisionele kunsvlyt:
       Die gekerfde Boraati Kopstut deur die Oromo mense is van 'n enkele stuk, lig of
       geelbruin hout gemaak wat uit 'n geometriese voetstuk, kolom en plat vorm
       bestaan. Terwyl die buitekant hoogsgepolitoer is met diervet, olie en pigmente
       van die gebruiker se hare, is die growwe interieur van die bande met donker
       afwisselende bande van rooi en swart pigment gekleur. 

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  17                          DBE/November 2022
                                     NSS – Nasienriglyne

       Die sosiale en funksionele waarde van die kunsvlyt:
       Kopstutte word gereeld na verwys as kussings of nekstutte en hierdie
       houtraamwerke ondersteun die kop by die kakebeen.        Vir Westerlinge lyk dit
       besonders omgemaklik maar let op dat die kopsteun 'n gesonde ruggraat posisie
       aanmoedig en dit funksioneer op 'n ergonomiese manier.     Die gekerfde Kopstut
       van die Oromo mense van Ethiopië is 'n Boraati genoem ('tomorrow-you'). Hierdie
       kopstut was gebruik om die ingewikkelde haarstyle van die eienaar tydens slaap
       mooi te hou.   Hierdie Boraati kopstutte beskerm ingewikkelde haarstyle van stof
       of keer dat dit platgedruk word.

       As gevolg van die feit dat hulle rondgedra kan word, was kopstutte baie deur die
       inheemse groepe van Ethiopië gebruik.Deesdae word hulle selde gebruik
       omdat meeste van die boere na die stede toe getrek het.
       Dit is belangrik om kennis te neem dat binne die konteks van Afrika-kunsvlyt was
       hierdie kopstutte as sosiaal funksionerende objekte gewaardeer en nie as
       dekoratiewe kunsvoorwerpe wat in museums of galerye vertoon is nie.

       Die kerf van hierdie Boraati-houtkopstutte deur die Oromo-mense van Ethiopië
       het glo twee-tot-driehonderd jaar terug begin. Die kegelvormige voetstuk van die
       kopsteune bestaan uit 'n hol interieur.Op die oppervlak van die kegel is
       gekerfde konsentriese lyne. Die boonste gedeelte van die voetstuk het nege ringe
       wat in groepe van ses of drie verdeel is, terwyl die onderste gedeelte agt ringe het
       wat in groepe van drie en vyf verdeel is.  Die voetstuk is aan die plat vorm deur
       'n buisvormige kolom geheg, wat ook met drie konsentriese ringe ingesny is. Die
       saalvormige stut loop na beide kante dunner.

       Gee krediet vir enige ander geldige stellings.

 5.2.3 (Ken 10 punte toe): 1 punt vir die naam van die ontwerp/ontwerpgroep en hul
       produk(te), 4 punte vir doelwitte en invloede en 5 punte vir hoe tradisionele
       tegnieke/metodes en materiaal tot die relevante kontemporêre ontwerp
       toegepas is.

       Naam van die ontwerp/ontwerpgroep en hul produk(te):
       Jomo Tariku is 'n kontemporêre industriële ontwerper van Ethiopië wie in 2018
       die Njala stoele geskep het.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    18                          DBE/November 2022
                                       NSS – Nasienriglyne

       Doelwitte en invloede:
       Jomo Tariku se doelwitte is om tradisionele Afrika-ontwerpe met kontemporêre
       lyne saam te smelt.Sy doel is om 'n modernistiese interpretasie van
       tradisionele stoele en bankies te skep om 'n Afro-futuristiese ontwerp te skep.
       Tariku het in Ethiopië grootgeword en dit is hier waar hy Njalas vry sien rondloop
       het. Dit was die volwasse mansgeslag Berg Njala met sy lang draaiende,
       majestieuse horings en die skoonheid van hierdie ontwykende wildsbokke wat
       Jomo Tariku se idees vir die Njala biomimikrie stoel geïnspireer het.    Dit is 'n
       handgekerfde driepoot-ontwerp wat in moderne, kontemporêre interieure pas.      'n
       Ander belangrike doel is dat hierdie stoel verskillende liggaamtipes moet
       akkommodeer, nl. kort, lank, groot, klein. Vir hom, is ergonomie 'n belangrike
       beskouing om die balans te vind.

       'n Beskrywing van hoe tradisionele tegnieke/metodes en materiaal by die
       kontemporêre ontwerp toegepas is. Verwys na 'n spesifieke voorbeeld om
       jou antwoord te ondersteun:
       Die Njala stoele is gemaak van 'n natuurlikebron hout.
                                                              Die handgekerfdestoele
       kan ook van kiaathout gemaak word en met 'n gepoleerde, glansende swartvernis
       afgerond word.   Die endproduk lyk gekultiveerd en kontemporêr en boots die
       ebbehoutkleur van die Njalahoring na.

       Sy handgekerfde ontwerpe is 'n eerbetoning aan Afrika omrede dit deur die vorms
       van tradisionele Boraati kopsteune geïnspireer is en is deur 'n meester- kunsvlyt-
       ambagsman gemaak is.Die moderne, stroomlyn, gladdevorm met sy
       onversierde oppervlaktes maak dié ontwerp kontemporêr.       Die stoel toon eer
       aan die inheemse Njala wildsbokke wat in Ethiopië gevind is.

       Gee krediet vir enige ander geldige stellings.

       GEEN punte mag toegeken word vir die herhaling van ontwerper(s) en hul
       werk wat in die vraestel gebruik is nie.

        V5.2 VLAK     KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                 GEWIGS-       VRAE         PUNTE
                                                           TOEKENNING                    (20)
        Laer Orde     Onthou, Herroep, Herken             30%           5.2.1 + 5.2.2   1+2
                      Verstaan, Verduidelik, Beskryf                         5.2.3       3
        Middel Orde   Toepas, Implementeer, Organiseer    40%           5.2.1 + 5.2.2   1+3
                                                                           + 5.2.3       +4
        Hoër Orde     Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                   5.2.2          3
                      Evalueer, Reflekteer                30%             5.2.3          1
                      Sintetiseer, Regverdig                              5.2.3          2

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 19                           DBE/November 2022
                                    NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 6 [20 punte]

 6.1

 6.1.1 (Ken 2 punte toe)
       Afvalmateriaal wat op opvullingsterreine weggegooi sou word, is gebruik, dus
       maak dit seker dat die opvullingsterreine nie oorvol word nie.
                                                                      Die afvalmateriaal
       of weggegooide hout wat gebruik is om die kabinette in FIGUUR M te maak
       verminder die behoefte om bome af te sny wat seker maak dat ons nie op ons
       suurstofvoorraad 'n impak maak nie.

 6.1.2 (Ken 2 punte toe)
       'n Paar ander wyses om omgewingsvriendelike ontwerpe te produseer is, by
       voorbeeld, die gebruik van bioafbreekbare papier, of volhoubare bamboes in plaas
       van plastiek, wat honderde jare neem om af te breek, om strooitjies en
       koffiekoppies te maak.    Deur die gebruik van herwinbare materiaal soos glas,
       papier of plastiek eerder as om nuwe materiaal te gebruik. Deur die gebruik van
       ou motorparte of trok-bande om meubels te maak of vir die oefen in parkies of
       gimnasiums te gebruik.   Die gebruik van sonkrag-panele om krag te maak wat
       benodig is om die ontwerpe te produseer.

 6.2 Ken 16 punte in totaal toe, 8 punte per gevallestudie: 1 punt vir die naam
      van die ontwerper en die naam van die ontwerp, 5 punte vir die bespreking
      van die doelwitte, ontwerpprosesse, tegnieke en materiaal en 2 punte vir die
      bespreking van die ontwerpvoorbeeld en hoe dit omgewingskwessies
      aanspreek.

       SUID-AFRIKAANSE KONTEMPORÊRE OMGEWINGSONTWERPER:
       Naam van die ontwerper/ontwerp-groep en een van hul ontwerpe:
       Witklipfontein Eko-Lodge deur argitekte Xavier Huyberechts en sy broer Damian
       (GLH Argitekte).

       Doelwitte, ontwerpprosesse, tegnieke en materiaal gebruik:
       GLH Argitekte se doelwit is om buitengewone, gladde geboue te skep wat deur
       minimalisme, asook deur volhoubare ideale en murasies in Afrika, beïnvloed is.
       Die ontwerp is op 'n wêrelderfenisterrein, 'n eeue-oue krater, gebou. Hier vind ons
       'n gesakte koepel, wat net deur 'n daklig of ‘n okulus belig is, wat met grondgevulde
       sakke van die terrein, gebou is. 'n Mengsel van meel, water en 'n bietjie grond vir
       kleur, is by die modder en strooipleister afwerking bygevoeg.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 20                           DBE/November 2022
                                    NSS – Nasienriglyne

       Die moderne, eenvoudige, skoon ontwerp van die Eko-Lodge is oopplan met groot
       venters, deure en bobeukvensters.  'n Verskeidenheid van plaaslike bronmateriaal
       is in die eko-lodge gebruik (rooigrond bakstene is op die terrein gemaak).
       Boutegnieke soos gepakte stene, saamgeperste grondvloere en mure, kalk-
       gebleikte dennehout plafonne is die materiaal wat gebruik is..

       Bespreek EEN ontwerpvoorbeeld om te verduidelik hoe die ontwerper/
       ontwerpgroep omgewingskwessies aanspreek:
       Die Witklipfontein Eko-Lodge is op so 'n manier ontwerp en gebou dat teen die
       einde van sy lewe, dit weer deur die grond geabsorbeer sal wees, dit kan dus
       bioafbreekbaar genoem word.      'n Groen dak loop naatloos van die koppie oor die
       huis, 'n kombers van grond wat dit onsigbaar vanaf baie aansigte maak.       Op die
       skuins dak is sonkrag-panele geïnstalleer om te help dat die huis self-
       onderhoudend is.      Al die kaste was deur 'n plaaslike houtwerker, met growwe
       planke gemaak.       Die granietvloere lyk asof hul deel van die aarde is en is in
       harmonie met die natuur.     Die massiewe granietvloerblokke trek die hitte van die
       son in en straal oornag hitte binne-in die kamers, wat elektrisiteit bespaar.    'n
       Organiese gevormde eko-swembad sluit twee filtrasie-poele in met plante en grond
       om die water skoon te hou. Terwyl dit kristalskoon is, is dit ook heeltemal
       lewendig, en trek paddavisse, naaldekokers en voëls aan. Die
       omgewingsontwerp kamoefleer die lodge op 'n kreatiewe manier en help om dit te
       laat lyk asof dit deel van die omgewing is.

       INTERNASIONALE KONTEMPORÊRE OMGEWINGSONTWERPER
       Naam van die ontwerper/ontwerp groep en EEN van hul ontwerpe:
       Tim Teven, Herwinnings Verworpe-meubel projek (Nederlands).

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                       21                             DBE/November 2022
                                          NSS – Nasienriglyne

         Doelwitte, ontwerpprosesse, tegnieke en materiaalgebruik:
         Tim Teven se meubel ontwerpe is duidelik omgewingsvriendelik en
         energiebesparend omdat die blokke van papier van gesnipperde skermafval
         gemaak is, wat gekombineer is met 'n gom voordat dit saamgedruk word in 'n
         reeks gietvorms.

         Die proses sluit eenvoudige stappe in en gebruik nie baie bronne nie. Die vesels
         wat nie vir papiermaak bruikbaar is nie, word uitgefiltreer gedurende die
         pulpproses. Dit beteken dat die weggooivesels skoongemaak van enige
         chemikalie, kosbestanddele of ink word.

         Die finale materiaal kan op verskillende maniere gebruik word om 'n
         verskeidenheid oppervlakeffekte te skep. Tim Teven kies eerder om die materiaal
         in 'n rou vorm te los en dit skep 'n verskeidenheid toonwaardes en teksture in die
         finale produk.  Teven skep meubelprototipes wat rakke, banke en tafels insluit.
         Die monteerproses is verbruikersvriendelik met vooruitgemaakte groewe en slote
         vir hout penne.   Die eindproduk is duursaam. Die Bauhaus en die modernistiese
         'Minder is meer' filosofie kan as 'n invloed gesien word.

         Bespreek     EEN      ontwerpvoorbeeld       om   te  verduidelik  hoe    die
         ontwerper/ontwerpgroep omgewingskwessies aanspreek:
         Die Smurfit Kappa herwinningsfasiliteit in Roermond verskaf Teven met die rou
         skermafvalmateriaal. Teven se finale ontwerp is 100% volhoubaar, omgewings-
         vriendelik en groen omdat alleenlik afvalpapiervesels gebruik word.Die rou
         skermpapierafval is 'n redelike volhoubare bron.

         Omdat die papier reeds skoon is as Teven dit oplaai, is geen chemikalieë in die
         proses nodig nie.Die omgewingsontwerp kamoefleer die Lodge op 'n kreatiewe
         manier en help om dit te laat lyk asof dit deel van die omgewing is.
                                                                              Die ontwerp
         is platgepak wat vervoerkostes spaar.

         Gee krediet vir enige ander geldige stellings.

             V6 VLAK      KOGNITIEWE VAARDIGHEDE                  GEWIGS-         VRAE          PUNTE
                                                                TOEKENNING                       (20)
         Laer Orde      Onthou, Herroep, Herken                 30%          6.1.1 + 6.1.2 +   1+1+2
                        Verstaan, Verduidelik, Beskryf                       6.2               2
                                                                             6.2
         Middel Orde    Toepas, Implementeer, Organiseer        40%          6.1.1 +           1+
                                                                             6.1.2 + 6.2       1+6
         Hoër Orde      Analiseer, Vergelyk, Interpreteer                    6.2               2
                        Evalueer, Reflekteer                    30%          6.2               2
                        Sintetiseer, Regverdig                               6.2               2

                                                                        TOTAAL AFDELING C:               40
                                                                            GROOTTOTAAL:                100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Design P1 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2022-afr/f4b04710-a518-4d37-b4e3-b62c91ba14e8) — Design · QP · 2022 · Afr
- [Design P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2022-eng/f5663ba3-20ca-4908-90ff-7176c3f593fc) — Design · QP · 2022 · Eng
- [Design P1 Nov 2020 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2020-memo-eng/4557d936-063d-4754-b6a8-e25c4d279f64) — Design · Memo · 2020 · Eng
- [Design P1 Nov 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2019-memo-eng/897e5c02-af3d-4258-9c23-310678ff22eb) — Design · Memo · 2019 · Eng
- [Design P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2019-memo-afr/c292473a-3cdf-4c69-af4e-eff39790b65a) — Design · Memo · 2019 · Afr
- [Design P1 Nov 2018 FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2018-final-memo-eng/7d38596e-8011-4dbd-addb-c69766e3bc61) — Design · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-afr/e35d300a-db4f-4a06-ba8a-6f659dbd37ad) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/3f14a710-b913-44a8-ade1-31e4d395f557) — QP · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/47ba80e3-12dd-4fd4-8302-34e3b97a6b9a) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-eng/3f0bd4c5-8226-45ef-87fa-5c9996cba696) — QP · 2024 · Eng
- [Design P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-afr/6958913b-f502-40d3-8387-1f0a78a3ed25) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
