# Design Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Design Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2023-afr/eb4ef5b7-7053-481b-9255-91c39f863445
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 P1 NSC November 2023 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2023-afr/eb4ef5b7-7053-481b-9255-91c39f863445)

## About this document

Design · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                    ONTWERP V1

                                       (TEORIE)

                                  NOVEMBER 2023

PUNTE: 100

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
                     Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  2                         DBE/November 2023
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

2.       Daar is DRIE keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur.

3.       Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

         AFDELING A:      Ontwerpgeletterdheid (30 punte)
                          VRAAG 1 tot 3

         AFDELING B:      Ontwerpgeskiedenis (30 punte)
                          VRAAG 4

         AFDELING C:      Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubare
                          konteks (40 punte)
                          VRAAG 5 en 6

4.       Lees die vereistes van elke vraag aandagtig deur.

5.       Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite. MOENIE in tabelvorm
         beantwoord NIE.

6.       Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag
         moet bestee.

7.       MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                    3                        DBE/November 2023
                                             NSS

AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID

VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE

Beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.

1.1

                     FIGUUR A: Oppervlakontwerp deur Zinhle Sithebe (Suid-Afrika), 2020.

         1.1.1         Analiseer die gebruik van die volgende elemente en beginsels in
                       FIGUUR A hierbo:

                          Fatsoen
                          Kleur
                          Ruimte
                          Eenheid                                              (4 x 2)       (8)

         1.1.2         Verduidelik hoe die oppervlakontwerp in FIGUUR A hierbo
                       inklusiwiteit in ontwerppraktyk weerspieël.                            (2)
                                                                                              [10]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 4                          DBE/November 2023
                                          NSS

1.2

         FIGUUR B: uBuhlanti (Kraal)-bank deur Andile Dyalvane (Suid-Afrika), 2020.

         Analiseer die gebruik van die volgende terme ten opsigte van hulle gebruik in
         FIGUUR B hierbo:

             Vorm
             Tekstuur
             Balans
             Funksie
             Ergonomie                                                         (5 x 2)       [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 5                         DBE/November 2023
                                          NSS

VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP

2.1

               FIGUUR C: Laat Jou Vindingryke ('n slim, praktiese persoon) Lewe Gebeur
                            ('Make Your Savvy Life Happen')-plakkaat
                            deur Wesley van Eeden (Suid-Afrika), 2020.

         Identifiseer en bespreek TWEE simbole wat in FIGUUR C hierbo gebruik
         word en verduidelik die moontlike betekenisse daarvan met betrekking tot die
         boodskap van die plakkaat.                                                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 6                        DBE/November 2023
                                          NSS

2.2

                 FIGUUR D: Hout-kameelperdbeker ('Wooden Giraffe mug'),
                            ontwerper onbekend (Kenia), 2015.

                 FIGUUR E: Karnaval-beker ('Carnival mug') deur Fujimori vir
                           Kato Kogei Ceramics (Japan), 1980's.

         Skryf 'n paragraaf waarin jy die beker in FIGUUR D met die beker in
         FIGUUR E vergelyk.

         Verwys na die volgende in jou vergelyking:

             Vorm
             Funksie
             Oppervlakpatrone                                                 (3 x 2)      (6)
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  7                           DBE/November 2023
                                           NSS

VRAAG 3: ARGITEKTUUR
Beantwoord VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2 ÓF VRAAG 3.3.
3.1

                FIGUUR F: Die Amerikaanse                 Besonderhede van die interieur van
             Kongresgebou deur William Thornton           die Amerikaanse Kongresgebou.
                    (VSA), 1793–1826.

              FIGUUR G: Die Konstitusionele Hof           Gedeelte van die interieur van die
             deur Urban Solutions and OMM Design              Konstitusionele Hof.
                 Workshop (Suid-Afrika), 1996.

         Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die Amerikaanse
         Kongresgebou in FIGUUR F met die Suid-Afrikaanse Konstitusionele
         Hofgebou in FIGUUR G vergelyk.
         Verwys na die volgende in jou vergelyking:
              Invloede
              Materiale
              Binnenshuise versiering
              Uiterlike vorm
              Hoe die geboue hulle funksies weerspieël                          (5 x 2)       [10]
                                              OF
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  8                         DBE/November 2023
                                           NSS

3.2      Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke of Klassiek
         geïnspireerde gebou/struktuur met enige kontemporêre gebou/struktuur
         (wat jy bestudeer het) vergelyk.

         Verwys na die volgende in jou vergelyking:

             Inspirasie
             Materiale
             Konstruksie/Tegnologie
             Belangrikheid van die terreine
             Hoe die geboue/strukture hulle funksies weerspieël                (5 x 2)       [10]

                                              OF

3.3      Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke of Klassiek
         geïnspireerde gebou/struktuur met enige Inheemse Kennisstelsels(IKS)-
         gebou/struktuur (wat jy bestudeer het) vergelyk.

         Verwys na die volgende in jou vergelyking:

             Inspirasie
             Materiale
             Konstruksie/Tegnologie
             Belangrikheid van die terreine
             Hoe die geboue/strukture hulle funksies weerspieël                (5 x 2)       [10]

                                                              TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                 9                         DBE/November 2023
                                          NSS

AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS
VRAAG 4
4.1      Bestudeer die visuele beelde (prentjies) hieronder en beantwoord die vraag op
         die volgende bladsy.

                     Kuns en Kunsvlyt                           Art Deco

                        De Stijl                                 Pop

                        Modernisme                             Skandinawies

                      Postmodernisme                         Dekonstruktivisme

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  10                         DBE/November 2023
                                           NSS

               'Daar is drie reaksies op 'n ontwerpstuk – ja, nee en WOW!
                              Wow is die een om voor te mik.'
                                                                        – Milton Glaser

         Kies enige TWEE bewegings wat deur die visuele beelde (prentjies) op die
         vorige bladsy verteenwoordig word, wat die aanhaling hierbo ondersteun of
         verwerp.

             Kuns en Kunsvlyt
             Art Deco
             De Stijl
             Pop
             Modernisme
             Skandinawies
             Postmodernisme
             Dekonstruktivisme

         Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy bespreek
         hoe die ontwerpe van ELK van die TWEE bewegings die aanhaling hierbo
         ondersteun of verwerp.

         Om jou argument te ondersteun, verwys na die volgende in jou opstelle:

             Die doelwitte en invloede van BEIDE bewegings
             Die stilistiese kenmerke van BEIDE bewegings
             Noem die ontwerpers van die TWEE bewegings wat jy gekies het en
              bespreek hulle ontwerpvoorbeelde om jou stellings te motiveer.                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  11                         DBE/November 2023
                                           NSS

4.2

               FIGUUR H: Art Nouveau-kraffie deur J Barian (Frankryk), 1900's.

             FIGUUR I: Bauhaus-mengfles deur Marianne Brandt (Duitsland), 1925.
         Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die TWEE bekers hierbo
         vergelyk en verduidelik hoe hulle tipies is van die ontwerpbewegings wat hulle
         verteenwoordig.
         Verwys na die volgende terme en konsepte om jou antwoord te ondersteun:
             Invloede/inspirasie
             Lyne
             Materiale
             Vorm volg funksie
             Die gebruik van die konsep Minimalisme                             (5 x 2)       [10]
                                                              TOTAAL AFDELING B:               30
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                  12                         DBE/November 2023
                                           NSS

AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE
            KONTEKS
VRAAG 5
Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.
5.1

               'Luister eers' – Om na kinders en die jeug te luister, is die eerste
                   stap om hulle te help om gesond en veilig groot te word.

             FIGURE J: Sê Nee Vir Dwelms ('Say No To Drugs')-plakkaat, ontwerper
                             onbekend (VSA), datum onbekend.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   13                        DBE/November 2023
                                            NSS

         5.1.1       Verduidelik hoe die gebruik van beelde en uitleg/komposisie in die
                     plakkaat in FIGUUR J hierbo die boodskap van die plakkaat
                     beklemtoon.                                                               (4)

         5.1.2       Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy
                     die werk van EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse ontwerper/
                     ontwerpgroep EN EEN kontemporêre internasionale ontwerper/
                     ontwerpgroep wat sosiokulturele kwessies in hulle werk aanpak,
                     bespreek.

                     Verwys na die volgende in jou opstel:

                        Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN ontwerpproduk
                        Sosiokulturele kwessies wat in hulle doelwitte en/of
                         ontwerpprosesse aangepak word
                        Verduidelik hoe die ontwerpvoorbeeld/produk van die
                         ontwerper/ontwerpgroep wat jy gekies het, die sosiokulturele
                         kwessie(s) aanpak

                     Jy mag NIE na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy
                     voorheen bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie
                     vraestel gebruik is, verwys NIE.                                          (16)
                                                                                               [20]
                                              OF
5.2      5.2.1       Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) oor EEN tradisionele
                     inheemse kunshandwerk wat jy hierdie jaar bestudeer het.

                     Verwys na die volgende in jou opstel:

                        Oorsprong, funksie, materiale en tegnieke van die tradisionele
                         kunshandwerk
                        'n Bespreking van EEN voorbeeld, asook die naam van die
                         inheemse kulturele gemeenskap wat die tradisionele
                         kunshandwerk vervaardig het                                           (10)

         5.2.2       Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die werk
                     bespreek van EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse/Afrika-ontwerper/
                     -ontwerpgroep wat inheemse kunshandwerktegnieke aangepas het
                     om 'n ontwerp vir die kontemporêre samelewing te skep.

                     Verwys na die volgende in jou opstel:

                        Naam van ontwerp/ontwerpgroep en EEN kontemporêre
                         ontwerpproduk
                        Doelwitte van en invloede op die ontwerper/ontwerpgroep
                        Materiale en prosesse van die ontwerper/ontwerpgroep
                        Analise van hoe die kontemporêre ontwerpproduk inheemse
                         kunshandwerktegnieke aanpas en vier                                   (10)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V1                                   14                       DBE/November 2023
                                            NSS

VRAAG 6

6.1

             FIGUUR K: Ekovriendelike verpakking deur Viro Solutions (Suid-Afrika), 2019.

         6.1.1       Bespreek waarom die verpakking in FIGUUR K ekovriendelik is.           (2)

         6.1.2       Bespreek TWEE negatiewe aspekte van die verpakking in
                     FIGUUR K hierbo.                                                       (2)

6.2      Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy die werk
         bespreek van EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse ontwerper/ontwerpgroep
         EN EEN kontemporêre internasionale ontwerper/ontwerpgroep wie se werk
         volhoubare/omgewingskwessies aanpak.

         Verwys na die volgende in jou opstelle:

              Name van die ontwerpers/ontwerpgroepe en EEN van hulle ontwerpe
              Doelwitte, materiale en prosesse
              'n Bespreking van die ontwerpe en 'n verduideliking van hoe dit
               volhoubare/omgewingskwessies aanpak.

         Jy mag NIE na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy voorheen bespreek
         het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel gebruik is, verwys NIE.           (16)
                                                                                            [20]

                                                              TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                  GROOTTOTAAL:              100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Design P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2023-eng/fdde8c17-946d-47b9-bfbd-a996fafd5960) — Design · QP · 2023 · Eng
- [Design P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2023-afr/5cc4f4cc-3644-4b70-b21a-dbe6de6bd8f8) — Design · QP · 2023 · Afr
- [Design P2 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2023-eng/d2ba454b-0791-4d1a-b363-b39394810293) — Design · QP · 2023 · Eng
- [Design P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2023-eng/57419a61-fb49-40b2-9cc2-0779cf909a9b) — Design · QP · 2023 · Eng
- [Design P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2023-afr/9c7d1a75-a2c5-4801-8176-43ad428bcc49) — Design · QP · 2023 · Afr
- [Design P1 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2022-afr/f4b04710-a518-4d37-b4e3-b62c91ba14e8) — Design · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-mg-afr/ccc80683-987a-4611-994f-f9eff5587a50) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/79defddf-f99d-45c8-840b-73877abd8f11) — Memo · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/a85d8220-5a26-4f17-990e-081cb336014f) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2024-eng/e3c099fa-b074-4932-aa7e-cbc7e78a1e3e) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
