# Design Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Afr)

> Grade 12 Design Paper 1 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 17 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-afr/6958913b-f502-40d3-8387-1f0a78a3ed25
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-afr/6958913b-f502-40d3-8387-1f0a78a3ed25)

## About this document

Design · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                    ONTWERP V1

                                       (TEORIE)

                                  NOVEMBER 2024

PUNTE: 100

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
                     Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Ontwerp/V1                                     2                         DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.          Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

 2.          Daar is DRIE keusevrae in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur.

 3.          Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

             AFDELING A:      Ontwerpgeletterdheid (30 punte)
                              VRAAG 1 tot 3

             AFDELING B:      Ontwerpgeskiedenis (30 punte)
                              VRAAG 4

             AFDELING C:      Ontwerp in 'n sosiokulturele/omgewings- en volhoubare
                              konteks (40 punte)
                              VRAAG 5 en 6

 4.          Lees die vereistes van elke vraag aandagtig deur.

 5.          Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite. MOENIE in tabelvorm
             beantwoord NIE.

 6.          Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd jy aan elke vraag moet
             bestee.

 7.          MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE.

 8.          Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Ontwerp/V1                3           DBE/November 2024
                     NSS Vertroulik

         HOU HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                      Blaai om asseblief

### Page 4

Ontwerp/V1                                     4                          DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

 AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID

 VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE

 Beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.             Nov

1.1

                FIGUUR A: Tekstielontwerp ter ere van Swart Geskiedenis-maand
                     ('Black History Month') deur Spoonflower (VSA), 2020.

        1.1.1        Analiseer die gebruik van die volgende elemente en beginsel in
                     FIGUUR A hierbo:

                        Fatsoen
                        Kleur
                        Lyn
                        Ritme                                                         (4 x 2)    (8)

        1.1.2        Verduidelik hoe die patrone in FIGUUR A Afrika-geïnspireerd is.              (2)
                                                                                                  [10]
                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Ontwerp/V1                                   5                        DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

1.2

                 FIGUUR B: Raku-gebakte keramiek- en mandjiewerk-houer deur
             Willow Bend Studio-ontwerpers Marc Jenesel en Karen Pierce (VSA), 2018.

        1.2.1      Analiseer die ontwerp in FIGUUR B hierbo deur na die volgende te
                   verwys:
                      Beweging
                      Die gebruik van tekstuur
                      Die vorm
                      Die eklektiese aard daarvan                               (4 x 2)     (8)

        1.2.2      Dink jy dat die houer in FIGUUR B 'n dekoratiewe of 'n funksionele
                   ontwerp is? Gee redes vir jou antwoord.                                    (2)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Ontwerp/V1                               6                       DBE/November 2024
                                    NSS Vertroulik

VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP

2.1

                     FIGUUR C: Geslagstereotipe-veldtogplakkaat deur
                               Lindsay Helms (VSA), 2017.

        Verduidelik hoe beelde en teks gebruik word om die boodskap van
        geslagstereotipering in FIGUUR C hierbo oor te dra.                             (4)
Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Ontwerp/V1                                 7                            DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

2.2

             FIGUUR D: Tradisionele amaZulu-               FIGUUR E: Modieuse
                haarstyl (Suid-Afrika), 2022.          byekorfhaarstyl (VSA), 1960's.

        Skryf 'n paragraaf waarin jy die haarstylontwerpe in FIGUUR D en FIGUUR E
        vergelyk met verwysing na die volgende:

             Invloede
             Vorm
             Tekstuur                                                             (3 x 2)     (6)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Ontwerp/V1                                    8                        DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

VRAAG 3: ARGITEKTUUR

Beantwoord VRAAG 3.1 ÓF VRAAG 3.2 ÓF VRAAG 3.3.

3.1

                     FIGUUR F: Opgeknapte Panathenaic-stadion in opdrag van
                      staatsman Lykourgos (Athene, Griekeland), circa 330 VHJ.

                FIGUUR G: Marqués de Riscal Hotel- en Wynkelder-kompleks
                             deur Frank Gehry (Spanje), 2006.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Ontwerp/V1                                   9                          DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

        Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die Antieke Griekse stadion in
        FIGUUR F met die kontemporêre hotel- en wynkelder-kompleks in FIGUUR G
        vergelyk.

        Verwys na die volgende in jou vergelyking:

            Invloede
            Materiale
            Vorm
            Betekenis van terrein/ligging
            Funksie                                                              (5 x 2)      [10]

                                                OF

3.2     Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke gebou/struktuur
        of Klassiek geïnspireerde gebou/struktuur met enige kontemporêre
        gebou/struktuur wat jy bestudeer het, vergelyk.

        Verwys na die volgende in jou vergelyking:

            Invloede
            Materiale
            Konstruksie/Tegnologie
            Versiering
            Funksie                                                              (5 x 2)      [10]

                                                OF

3.3     Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy enige Klassieke gebou/struktuur
        of Klassiek geïnspireerde gebou/struktuur met enige Inheemse Kennisstelsels-
        gebou/struktuur wat jy bestudeer het, vergelyk.

        Verwys na die volgende in jou vergelyking:

            Invloede
            Materiale
            Konstruksie/Tegnologie
            Versiering
            Funksie                                                              (5 x 2)      [10]

                                                                TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Ontwerp/V1                                   10                      DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS

VRAAG 4

4.1     Bestudeer die visuele beelde (prentjies) hieronder en beantwoord die vraag op
        die volgende bladsy.

                     Kuns en Kunsvlyt                          Art Deco

                         De Stijl                             Bauhaus

                       Modernisme                          Skandinawies

                       Pop-ontwerp                       Postmodernisme
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Ontwerp/V1                                  11                        DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

        'n Goeie ontwerp moet beide funksioneel en esteties bevredigend wees.

       Kies enige TWEE van die ontwerpbewegings/-style wat deur die visuele beelde
       (prentjies) op die vorige bladsy voorgestel word, wat die stelling hierbo
       ondersteun.

            Kuns en Kunsvlyt
            Art Deco
            De Stijl
            Bauhaus
            Modernisme
            Skandinawies
            Pop-ontwerp
            Postmodernisme

       Skryf TWEE afsonderlike opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy na die
       volgende verwys:

            Verduidelik hoe die stelling hierbo verband hou met ELKE beweging wat jy
             gekies het.
            Die doelwitte en invloede van ELKE beweging
            Die stilistiese kenmerke van ELKE beweging
            Noem 'n ontwerper en ontwerp uit ELKE beweging en bespreek hierdie
             ontwerpe om jou antwoord te motiveer.                           (2 x 10)        [20]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Ontwerp/V1                                  12                        DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

4.2

             FIGUUR H: Dekonstruktivisme-ring deur Anneke Schat (Nederland),
                                      circa 2015.

             FIGUUR I: Art Nouveau-ring deur René Lalique (Frankryk), circa 1900.

        Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die ringe in FIGUUR H en
        FIGUUR I hierbo vergelyk en verduidelik hoe hulle tipies is van die bewegings
        wat hulle verteenwoordig.

        Verwys na die volgende in jou bespreking:
            Doelwitte
            Invloede
            Gebruik van lyn
            Ritme
            Ergonomie                                                        (5 x 2)        [10]

                                                             TOTAAL AFDELING B:              30
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Ontwerp/V1                                     13                         DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

AFDELING C:      ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE
                 KONTEKS

VRAAG 5

Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.

5.1

                              FIGUUR J: Rockson Square-trap deur
                             Arthur Erickson Architects (Kanada), 1983.

        5.1.1        Bespreek TWEE positiewe en TWEE negatiewe funksionele
                     ontwerpkenmerke van die trap in FIGUUR J hierbo.                            (4)

        5.1.2        In TWEE afsonderlike opstelle (ten minste EEN bladsy elk), bespreek
                     hoe sosiokulturele kwessies in die werk van EEN Suid-Afrikaanse
                     kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep EN EEN internasionale
                     kontemporêre ontwerper/ontwerpgroep aangeraak word.

                     Verwys na die volgende in jou bespreking:

                        Die naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN ontwerp wat
                         sosiokulturele kwessies aanraak
                        'n Bespreking van die doelwitte, materiale en tegnieke wat deur
                         die ontwerper/ontwerpgroep gebruik word om sosiokulturele
                         kwessies aan te raak
                        'n Ontleding van die ontwerp om te verduidelik hoe die werk
                         sosiokulturele kwessies aanraak

                     Jy mag NIE na enige ontwerper/ontwerpgroep wat jy voorheen
                     bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel verskyn,
                     verwys NIE.                                                 (8 x 2)         (16)
                                                                                                 [20]
                                                 OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Ontwerp/V1                                  14                         DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

5.2

             FIGUUR K: Voëlnes('Bird's Nest')-swembadtuinhuisie ('n buitelug-
          struktuur wat skadu teen die son verskaf en vir buitelugonthaal gebruik kan
                  word), Jao Kamp Okavango Delta-lodge (Botswana), 2022.

        5.2.1   Verduidelik die rol wat Inheemse Kunshandwerk-tegnieke in die Suid-
                Afrikaanse toerismebedryf kan speel met verwysing na die ontwerp in
                FIGUUR K hierbo.                                                               (2)

        5.2.2   Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy EEN inheemse
                tradisionele kunshandwerk bespreek wat jy hierdie jaar bestudeer het.
                Verwys na die volgende in jou bespreking:

                    Naam van EEN tradisionele kunshandwerk-/inheemse kultuur-
                     gemeenskap wat die tradisionele kunshandwerk gemaak het
                    Die materiale, metodes en prosesse wat gebruik is om die
                     tradisionele kunshandwerk te maak
                    Die sosiale waarde en funksie van die kunshandwerk in die
                     tradisionele konteks daarvan                                              (8)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Ontwerp/V1                                   15                         DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

        5.2.3    Skryf 'n opstel (ten minste EEN bladsy) waarin jy die werk bespreek van
                 EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse of Afrika-ontwerper/-ontwerpgroep
                 wie se ontwerpe die aanpassing van inheemse kunshandwerktegnieke
                 weerspieël om unieke en kontemporêre ontwerpe te skep.

                 Verwys na die volgende in jou bespreking:

                    Naam van ontwerper/groep en EEN kontemporêre ontwerpproduk
                    Doelwitte, invloede en materiale van die ontwerper/ontwerpgroep
                     se werk
                    'n Bespreking van hoe tradisionele kunshandwerktegnieke/
                     -metodes op die kontemporêre ontwerpproduk toegepas is

                 Jy mag NIE na enige ontwerper/ontwerpgroep wat jy voorheen
                 bespreek het of ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel verskyn,
                 verwys NIE.                                                                    (10)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Ontwerp/V1                                  16                         DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

VRAAG 6

6.1

                 FIGUUR L: Herontwerpte en volhoubare mode-reeks deur
                            Katekani Moreku (Durban), 2022.

         In 'n praatjie oor herontwerpe in sy werk, het Katekani Moreku gesê: 'Ek dink
           die toekoms lê in volhoubaarheid – dit is ons plig as ontwerpers om in die
           behoeftes van die huidige generasie te voorsien sonder om die behoeftes
                            van die toekomstige generasie te ruïneer.'

        Bespreek Katekani Moreku se stelling hierbo deur na sy mode-reeks te verwys
        wat in FIGUUR L gesien kan word.                                                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Ontwerp/V1                                     17                        DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

 6.2         Skryf TWEE aparte opstelle (ten minste EEN bladsy elk) waarin jy die werk van
             EEN kontemporêre Suid-Afrikaanse EN EEN kontemporêre internasionale
             ontwerper/ontwerpgroep bespreek wie se ontwerpe volhoubaar is en
             omgewingskwessies ondersoek.

             Verwys na die volgende in jou opstelle:

                Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN van sy/haar/hulle
                 ontwerpe
                Doelwitte, materiale en prosesse
                'n Ontleding van die ontwerpproduk, met 'n verduideliking waarom dit
                 volhoubaar is en hoe dit omgewingskwessies aanraak

             Jy mag NIE na enige ontwerper/ontwerpgroep wat jy voorheen bespreek het of
             ontwerpvoorbeelde wat in hierdie vraestel verskyn, verwys NIE.     (8 x 2)      (16)
                                                                                             [20]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:          40
                                                                     GROOTTOTAAL:            100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Design P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/48ce0fb6-150b-444b-9541-ff8e6a549ca2) — Design · QP · 2024 · Afr
- [Design P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/55df5861-fc3f-44d9-9ee7-d8d1db477978) — Design · Memo · 2024 · Eng
- [Design P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2023-eng/57419a61-fb49-40b2-9cc2-0779cf909a9b) — Design · QP · 2023 · Eng
- [Design P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2023-afr/9c7d1a75-a2c5-4801-8176-43ad428bcc49) — Design · QP · 2023 · Afr
- [Design P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2023-eng/fdde8c17-946d-47b9-bfbd-a996fafd5960) — Design · QP · 2023 · Eng
- [Design P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2023-afr/eb4ef5b7-7053-481b-9255-91c39f863445) — Design · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-mg-afr/ccc80683-987a-4611-994f-f9eff5587a50) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/79defddf-f99d-45c8-840b-73877abd8f11) — Memo · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/a85d8220-5a26-4f17-990e-081cb336014f) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2023-afr/5cc4f4cc-3644-4b70-b21a-dbe6de6bd8f8) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
