# Design Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Design Paper 1 memorandum from the November 2024 NSC (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-mg-afr/8f6cdd35-2249-484b-8ce8-df05c7d03c86
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-mg-afr/8f6cdd35-2249-484b-8ce8-df05c7d03c86)

## About this document

Design · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                   ONTWERP V1

                                      (TEORIE)

                                 NOVEMBER 2024

                                 NASIENRIGLYNE

PUNTE: 100

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 20 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Ontwerp/V1                                   2                           DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyne

 AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID
 VRAAG 1: 'ONGESIENE' VOORBEELDE [10 punte]
 Kandidate beantwoord ÓF VRAAG 1.1 ÓF VRAAG 1.2.
 1.   (Ken 'n maksimum van 2 punte per kolpunt/aspek toe.)

 1.1.1 Op die agtergrond van die tekstielontwerp is daar verskeie drywende, plat,
       organiese, biomorfiese fatsoene wat 'n mens herinner aan die fatsoene wat
       deur 'n lawalamp geskep word. Voor hierdie fatsoene is skildagtige of
       blaaragtige fatsoene wat onderling met mekaar verbind is, wat 'n vertikale,
       kettingagtige, herhalende patroon vorm wat 'n treffende tekstielontwerp skep.
         Daar is verskeie kleure in die tekstiel wat duidelik, helder en opvallend is. Die
         warm, suiwer magenta oorheers die ontwerp en gee daaraan 'n vreugdevolle,
         vroulike of retro-kwaliteit. Koel bloue, groen en pers kontrasteer met die warm
         magenta pienk wat 'n opwindende en lewendige ontwerp skep. Die insluiting
         van die neutrale kleure, wit en swart, voeg kontras en klem by die ontwerp.
         Die ontwerp weerspieël sterk wit cloisonnistiese buitelyne. Hierdie wit
         buitelyne skei die fatsoene op die voorgrond van die plat agtergrond en skep 'n
         sterk opvallende kontras. Die wit kontoerlyne skep 'n vertikaal vloeiende,
         kromlynige beweging. Binne die blaaragtige fatsoene beweeg spits lyne
         horisontaal en vertikaal, wat 'n dekoratiewe kwaliteit by die ontwerp voeg.
         'n Dinamiese ritme word geskep deur die herhaling van die lewendige pienk,
         blou en groen kleure. Die herhaalde spits lyne op die voorgrond skep 'n
         optiese beweging en 'n dinamiese ritme. Die herhaling van die organiese
         patroon op die agtergrond en die voorgrond dra ook tot die ritmiese kwaliteit van
         die ontwerp by.
 1.1.2 Die gestileerde skildagtige fatsoene herinner 'n mens aan Afrika-stamskilde.
       Die dun, swart herhaalde lyne in die groter, skildagtige fatsoene herinner ons
       aan dierehorings of -tande. Die skerp, dun, lang dorings van Afrika-doringbome
       en die geronde organiese fatsoen laat 'n mens dink aan klippies. Die dun,
       horisontale, spits lynpatrone in die kleiner, vereenvoudigde, plat, skildagtige
       fatsoene kan ook sinspeel op Afrika-stamliggaam-verfversiering en -insnyding.
         Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
         V1.1 VLAK                KOGNITIEWE                 GEWIGS-      VRAE       PUNTE
                                 VAARDIGHEDE               TOEKENNINGS                (10)
         Laer orde      Onthou, Herroep, Herken                30%        1.1.1        2
                        Verstaan, Verduidelik, Beskryf                                 1
         Middel-orde    Toepas, Implementeer, Organiseer      40%          1.1.1       4
         Hoër orde      Analiseer, Vergelyk, Vertolk                       1.1.2       2
                        Evalueer, Besin/Nadink                30%          1.1,1       1
                        Sintetiseer, Regverdig
                                                OF
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Ontwerp/V1                                    3                        DBE/November 2024
                                      NSS – Nasienriglyne

1.2   (Ken 'n maksimum van 2 punte per kolpunt/aspek toe.)

1.2.1 Beweging word geskep deur die buigsame, golfagtige/gedraaide geweefde mandjie
      wat aan die raku-gebakte keramiekhouer vasgemaak is deur 'n unieke
      jukstaposisionering van materiale. Die verlengde herhaalde vertikale lyne van die
      houer skep 'n sagte vloeiende beweging. Die krake wat deur die raku-glasuur-
      tegniek veroorsaak word, skep 'n dinamiese, golwende (golfagtige) beweging.

       Een van die herkenbaarste kenmerke van raku-gebakte keramiek is die kraakglasuur.
       Die vinnige afkoeling van die geglasuurde stukke skep 'n netwerk van fyn krakies in
       die glasuur, wat die oppervlak 'n gladde dog visueel getekstureerde voorkoms
       gee. Die geweefde mandjiewerkgedeelte van die houer toon duidelik 'n growwe
       tasbare tekstuur. Wit kolletjies dra ook by tot die tasbare gevoel wat met die
       geglasuurde gladde gevoel van die raku-gebakte pot kontrasteer.

       Die tradisionele vorm van die kleipot is verander; dit is verdeel en verleng deur die
       byvoeging van mandjiewerk wat vanaf die rand van die keramiekbasis geweef is.
       Die vorm word trompet- en blomagtig, met die mandjiewerk wat uitwaarts aan die
       bokant oopwaaier. Die vorm is vertikaal verdeel om 'n fokuspunt te skep. Hierdie
       verdeling toon 'n gloeiende oranje binnekleur wat deur die raku-glasuur geskep
       word.

       Die houer is eklekties van aard omdat dit uit 'n verskeidenheid Oosterse en Afrika-
       style en -kulture leen om 'n nuwe, innoverende ontwerp te skep. Die mandjie is
       moontlik geïnspireer deur Afrika-mandjiewerk en die raku-glasuur word in Japan, 'n
       Oosterse kultuur, aangetref. Die verhewe wit kolletjies wat op die kleipot gevind
       word, verwys na Afrika-stamgesigverf en liggaam-insnyding.

1.2.2 Hierdie houer is nie funksioneel nie omdat dit oopgesny is en nie vloeistowwe sal
      kan hou nie. Die doel van hierdie houer is dekoratief omdat dit 'n sterk estetiese
      stelling maak en gebruik kan word om 'n interieur te verfraai. Beide die raku- en
      mandjieweeftegnieke word as ekspressiewe media gebruik, eerder as om 'n
      gebruiksvoorwerp te skep. Of anders kan die houer as funksioneel beskou word
      omdat dit 'n rangskikking van gedroogde blomme en takkies kan hou.

       Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

         V1.2 VLAK               KOGNITIEWE                GEWIGS-     VRAE       PUNTE
                                VAARDIGHEDE              TOEKENNINGS               (10)
         Laer orde      Onthou, Herroep, Herken              30%       1.2.1         2
                        Verstaan, Verduidelik, Beskryf                               1
         Middel-orde    Toepas, Implementeer,               40%        1.2.1         4
         Hoër orde     Organiseer
                        Analiseer, Vergelyk, Vertolk                   1.2.2         2
                        Evalueer, Besin/Nadink              30%        1.2.1         1
                        Sintetiseer, Regverdig

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Ontwerp/V1                                  4                          DBE/November 2024
                                    NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 2: KOMMUNIKASIE DEUR ONTWERP [10 punte]

 2.1 (Ken 4 punte toe.)

      Die boodskap van die plakkaat is dat geslagstereotipering gevaarlik is en op jong,
      beïnvloedbare kinders afgedwing word. Die visuele beelde/prentjies van die klein
      kindertjies wat teddiebere vashou lyk kwesbaar teen die groot, dreigende, bose en
      onheilspellende swart beeld van 'n figuur wat agter die twee kindertjies is. Die teks
      wat in die hande voorkom, verwys na geslagstereotipes van seuns (bv. taai, manlik)
      en meisies (bv. vriendelik, soos 'n dame); dit beskryf watter eienskappe van hulle
      verwag word. Die teks word vervat in fatsoene wat die beeld van groot,
      oorweldigende, klouagtige naels skep, wat op 'n dreigende manier na die klein
      visuele beelde/prentjies van die kinders uitsteek. Die woorde wat in die hand aan
      die regterkant geteken is, toon woorde soos 'tough', 'manly', 'forceful', 'aggressive'
      (taai, manlik, kragtig, aggressief), ens. en versterk die karakterverwagting van mans,
      terwyl die woorde wat vir die vroulike hand gebruik word, d.w.s. 'ladylike', 'dumb',
      'crazy', 'simple' (damesagtig, stom, mal, eenvoudig), ens. die stereotipiese karakter
      van vrouens versterk. Die wit sans serif-teks onderaan die plakkaat kontrasteer met
      die swart landskap en vestig jou aandag op die twee klein wit visuele beelde/prentjies
      van die kinders.

 2.2 (Ken 6 punte toe. 'n Maksimum van 2 punte vir elke kolpunt/aspek.)

      Die vorm in FIGUUR D word beïnvloed deur 'n tradisionele amaZoeloe-hoed
      (IsiCholo) wat deur 'n vrou gedra word om aan te dui dat sy getroud is. Die haarstyl
      in FIGUUR E word beïnvloed deur die 1960's stedelike Westerse Pop-kultuur en is 'n
      mode-stelling wat die draer maak glansryk en stylvol in voorkoms.
      Die vorm van die haarstyl in FIGUUR D lyk soos 'n lang, wye tregter met 'n plat
      bokant en staties. Dit is 'n sterk, geometriese, silindriese vorm wat die getroude
      vrou 'n majestueuse kwaliteit gee. Die vorm van die byekorf-haarstyl in FIGUUR E
      is ook lank, organies, lywig en imposant, maar dit is sagter en meer organies/lywiger
      as FIGUUR D.
      Die tasbare tekstuur van die haarstyl in FIGUUR D is grof, styf en versier met 'n rand
      bestaande uit gladde, blink krale. Die verskeidenheid teksture skep 'n interessante,
      dekoratiewe haarstylontwerp. Die opgerolde haarstyl in FIGUUR E het 'n gladde en
      syagtige tekstuur, en haarsproei is gebruik om die rigiede byekorfvorm te set.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Ontwerp/V1                                     5                      DBE/November 2024
                                       NSS – Nasienriglyne

      LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 2 punte kan vir tabelvergelyking-antwoorde
      toegeken word. 'n Maksimum van 4 punte kan toegeken word waar kandidate
      twee aparte vergelykings aanbied wat belangrike en relevante stellings toon.
      Gebruik die kognitiewe vlakke as 'n riglyn vir jou nasienwerk.

      Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

       V2 VLAK                KOGNITIEWE                GEWIGS-     VRAE        PUNTE
                             VAARDIGHEDE              TOEKENNINGS                (10)
       Laer orde     Onthou, Herroep, Herken              30%        2.1           2
                     Verstaan, Verduidelik, Beskryf                  2.1           1
       Middel-orde   Toepas, Implementeer,                   40%     2.1           1
                     Organiseer                                      2.2           2

       Hoër orde     Analiseer, Vergelyk, Vertolk                    2.2           2
                     Evalueer, Besin/Nadink                  30%     2.2           2
                     Sintetiseer, Regverdig

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Ontwerp/V1                                  6                          DBE/November 2024
                                    NSS – Nasienriglyne

 VRAAG 3 [10 punte]
 LET WEL: Slegs twee voorbeelde (3.1 en 3.3) sal vir hierdie nasienriglyne bespreek
          word.

 3.1 (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke kolpunt/aspek toe, vir 'n totaal van
     10 punte.)
      Die Panathenaic-stadion van Athene is geïnspireer deur die beskermgodin Athena,
      en die behoefte om die verskillende optredes en kompetisies/gevegte van die
      Panathenaic-fees, wat elke vier jaar gehou is, aan te bied. Daarteenoor is die nuwe
      Marques de Riscal-hotel deur die gedraaide vorme van druiweranke en -takke
      beïnvloed. Die pienk, goud en silwer gekleurde blaredakke is deur die kleure van
      wyn en die gefragmenteerde, chaotiese karakter van die Dekonstruksie-beweging
      geïnspireer. Dit word beïnvloed deur Gehry se vorige Guggenheim-kunsgalery in
      Bilbao, Spanje, wat as katalisator gedien het om Bilbao op Europa se kulturele kaart
      te plaas. Net so maak die Marqués de Riscal-hotel- en wynkelderkompleks ook die
      deure na nuwe moontlikhede oop vir die toekoms van die klein dorpie, Elciego.
      Die antieke Panathenaic-stadion is gebou uit 'n plaaslik beskikbare, natuurlike
      marmerkleurige klip met die naam poros wat 'n liggewig, sagte kalksteen is wat
      algemeen gebruik is vir konstruksie en standbeelde van Antieke Griekeland. Vlakke
      klipbanke is rondom die baan gerangskik. Daarenteen maak die Marques de Riscal
      van moderne hoëtegnologie-materiale in die bouproses gebruik. Gewapende beton,
      wat met sandsteen bedek is, word vir die hoofdele van die gebou gebruik. Die
      grootste deel van die gebou bestaan uit baie verskillende swierige staalafdakke wat
      deur staalkolomme geanker is. Die afdakke is uitgevoer/bedek met titanium en
      spieëlkleure van goud, pienk en 'n gepoleerde spieëlafwerking.
      Die Panathenaic-stadion toon geen organiese vorme nie, maar is geskep rondom die
      versonke, geronde reghoekige vorm van die atletiekbaan met vlakke sitplekke
      daaromheen, wat in die skuins kante van die kloof ingebou is. Die golwende vorme
      van die afdakke van die Marques de Riscal-hotel skep 'n ontploffing van kleur en 'n
      gevoel van beweging, en die vertikaal teruglopende vloerplan gee 'n piramide-agtige
      voorkoms aan die algehele vorm van die gebou. Die golwende organiese vorme
      word onderbreek deur reglynige vorme, bedek met natuurlike blonde sandsteen wat
      'n verhouding met die omliggende geboue van die gebied skep.
      Die Panathenaic-stadion is in 'n kloof geleë en is gebou ter ere van die beskermgodin
      van Athene. die kulturele middelpunt van Griekeland. Dit is moontlik oor 'n reeds
      bestaande sportfasiliteit gebou en opgegradeer met klipsitplekke vir die 'bevoorregte
      klompie mense', terwyl toeskouers voorheen op die natuurlike hange aan die kant
      van die stadion sou gesit het. Die Marques de Riscal is geleë op die terrein van 'n
      lank bestaande wynplaas in die Rojas-omgewing wat bekend is vir sy
      wynproduksie. Die hoogte van die Avant Garde-gebou oortref nie dié van die
      kerkkloktoring in die klein stad van Elciego nie, om die identiteit van hierdie klein
      landboubevolking van die La Rioja-streek te bewaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Ontwerp/V1                                  7                          DBE/November 2024
                                    NSS – Nasienriglyne

      Die Panathenaic-stadion is spesifiek gebou om die Panathenaea-spele aan te bied,
      wat hoofsaaklik vir atletiekkompetisies gebruik is, maar sy atletiekbaan was ook
      tydens kultusfeeste 'n plek waar wilde diere geslag is en gladiators geveg het. Die
      Marques de Riscal-wynkelderkompleks funksioneer as 'n ruimte vir die produksie
      van wyn, asook 'n ruimte vir ontspanning en het 'n toerisme-terrein van belang
      geword in die belangrike historiese wynproduserende gebied van Rioja. Die
      kompleks produseer en sorg vir studies wat betrokke is by die wynmaakproses,
      asook die verskaffing van 'n venue vir wynproe. Die hotel bevat 'n restaurant,
      eksklusiewe suites, vergader-/konferensiekamers en 'n gespesialiseerde winkel wat
      produkte verkoop wat met die wynmakery verband hou.

                                                OF

3.2   Daar word van die kandidaat verwag om 'n opstel te skryf deur enige Klassieke
      gebou/struktuur of Klassiek geïnspireerde gebou/struktuur met 'n kontemporêre
      gebou wat hulle bestudeer het, te vergelyk.

                                                OF

3.3   'N KLASSIEKE OF KLASSIEK GEÏNSPIREERDE GEBOU/STRUKTUUR IN
      VERGELYKING MET 'N INHEEMSE KENNISSTELSELS(IKS)-GEBOU/STRUKTUUR

      Die Panteon word met die iSwati-byekorfhut vergelyk:

      Die invloede van Klassieke Griekse argitektuur is duidelik aan die buitekant van die
      Pantheon wat baie van die buitekant van die Parthenon in Athene leen. Hierdie
      invloed kan gesien word in die Pantheon se gebruik van 'n fronton/geweldriehoek en
      die Korintiese hoofletters wat op die kolomme van die stoep gebruik is. Die
      koepelvormige hoofgebou is egter meer Romeins in styl. Die iSwati-hut funksioneer
      as 'n manifestasie van die eSwatini-identiteit en is geïnspireer deur die behoefte aan
      beskerming en hulle tradisies in hulle kulturele oortuigings, asook die natuurlike
      materiale wat geredelik in hulle omgewing beskikbaar was.

      Die materiaal wat gebruik word om die sirkelvormige gebou van die Pantheon te bou,
      is baksteen en beton; die buitekant is oorspronklik met marmerpleisterwerk bedek om
      by die stoep te pas. Hierdie swaar, sterk en grootse materiale het die belangrikheid
      van die Romeinse keiser en ryk suksesvol oorgedra. Die iSwati-hut is geheel en al
      van natuurlike materiale gebou wat spesifiek volgens hulle bou-eienskappe gekies
      is. Die volhoubare boumetode en -materiale maak gebruik van gedroogde dekgras
      wat uit die onmiddellike omgewing geoes word en 'n raamwerk van boompies wat
      met tou aan mekaar gebind is.

      Beide die Pantheon en die iSwati-hut is op 'n sirkelvormige basis gebou en maak
      gebruik van die koepel as 'n dominante vorm. Die iSwati-hut is gebou met 'n
      sentrale boomstam wat as die hoofstut dien. Wannneer die raamwerk klaar gebou
      is, word dit met dekgras bedek om 'n byekorf te vorm. Die materiaal en
      konstruksietegnologie maak die hut stabiel, warm in die winter en koel in die somer.
      Die koepel van die Pantheon is gebou met behulp van 'n innoverende, nuwe
      konstruksietegniek wat voorsiening gemaak het vir die afmetings van die binnehoogte
      en die deursnee van die koepel om dieselfde te wees. Die spanwydte van die
      koepel bly die grootste onversterkte koepel wat nog ooit gebou is en is 'n bewys van
      die Romeinse ingenieurskundigheid.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Ontwerp/V1                                     8                          DBE/November 2024
                                       NSS – Nasienriglyne

      Die gewig van die koepel word verminder deur vyf ringe van 28 koffers wat in grootte
      verminder soos wat hulle na die okulus/ronde venster styg. Die okulus by die
      koepel se toppunt en die toegangsdeur is die enigste natuurlike ligbronne aan die
      binnekant. Dwarsdeur die dag beweeg lig van die okulus rond in hierdie ruimte met 'n
      omgekeerde sonwyser-effek: dit merk tyd met lig eerder as met skaduwee. Die
      okulus bied ook verkoeling en ventilasie; tydens storms, hanteer 'n dreineringstelsel
      onder die vloer die reën wat deur die okulus val.

      Die iSwati-byekorfhut is een van die min kulture wat dekoratiewe patrone in die
      dekgras skep; gebonde grasse en rankpatrone word geskep om die lae ingang te
      omraam. Net so is die Pantheon aan die buitekant van die gebou versier deur
      sestien monolitiese kolomme op die stoep. Die kolomme en dekoratiewe hoofletters
      is van Egiptiese graniet gemaak, en die basisse is uit wit Griekse marmer gesny.
      Die binnemure en vloer is met marmer en verguldsel versier en die buitekant van die
      Pantheon is oorspronklik met marmerpleisterwerk versier.

      Die struktuur van die Klassieke gebou, die Pantheon, weerspieël die funksie
      daarvan. Die naam, struktuur van die stoep en pedimentversiering dui daarop dat die
      gebou se oorspronklike funksie dié van 'n tempel was. Dit is ontwerp as 'n plek
      vanwaar die keiser openbare verskynings kon maak en het standbeelde van die vele
      gode van die Romeinse panteïstiese samelewing gehuisves. Wanneer jy na die
      iSwati-byekorfhut kyk, openbaar die struktuur ook die funksie daarvan: die dik
      grasdak bied beskerming teen die strawwe klimaat en die lae ingang het
      beskerming teen vyande gebied omdat hulle in 'n kwesbare posisie sou moes buig
      om toegang tot die hut te kry.

      Krediet moet gegee word aan enige ander geldige stellings of 'n vergelyking
      van 'n Klassieke of Klassiek geïnspireerde gebou/struktuur met enige
      kontemporêre gebou of 'n vergelyking van 'n Klassieke of Klassiek
      geïnspireerde gebou/struktuur met enige Inheemse Kennisstelsels(IKS)-
      geboustruktuur wat die kandidaat bestudeer het.

      LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte kan vir tabelvergelyking-antwoorde
      toegeken word. 'n Maksimum van 7 punte kan toegeken word waar kandidate
      twee aparte opstelle aanbied wat belangrike en relevante stellings toon.
      Gebruik kognitiewe vlakke as 'n riglyn vir jou nasienwerk.

       V3 VLAK                    KOGNITIEWE               GEWIGS-        VRAE         PUNTE
                                 VAARDIGHEDE             TOEKENNINGS                    (10)
       Laer orde        Onthou, Herroep, Herken              30%       3.1, 3.2, 3.3      1
                        Verstaan, Verduidelik, Beskryf                                    2
       Middel-orde      Toepas, Implementeer,                40%       3.1, 3.2, 3.3      4
       Hoër orde       Organiseer
                        Analiseer, Vergelyk, Vertolk                                      1
                        Evalueer, Besin/Nadink               30%       3.1, 3.2, 3.3      2
                        Sintetiseer, Regverdig

                                                                   TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Ontwerp/V1                                  9                           DBE/November 2024
                                    NSS – Nasienriglyne

 AFDELING B: ONTWERPGESKIEDENIS
 VRAAG 4 [30 punte]
 4.1 Ken 20 punte in totaal toe.
     Ken 10 punte vir elke beweging toe: 5 punte in totaal vir doelwitte, invloede en
     kenmerke, 2 punte vir 'n bespreking van die ontwerpvoorbeeld, 1 punt vir die
     naam van 'n ontwerper en ontwerp en 2 punte vir verwysing na die stelling in
     die konteks van die ontwerpbeweging.
      LET WEL: SLEGS EEN punt kan vir die naam van 'n ontwerper en ontwerp van
      elke beweging toegeken word. Gebruik die kognitiewe vlakke as riglyne.
      Hierdie nasienriglyne verskaf 'n antwoord vir die volgende twee moontlikhede:
     •   KUNS-EN-KUNSVLYTBEWEGING
     •   BAUHAUS
      DIE KUNS-EN-KUNSVLYTBEWEGING
      Verband met die stelling
      Die Kuns-en-kunsvlytbeweging het goeie ontwerpe voortgebring, want vorm is deur
      funksie bepaal, bv. verbindings is sigbaar gelaat en het deel geword van die buite-
      ontwerp en estetika van die produk. Die estetiese waarde van die produkte was
      ook belangrik – versiering is gebruik om die basiese ontwerp te verbeter.
      Bespreek die doelwitte, invloede en stilistiese kenmerke
      Een van die hoofdoelwitte van die Kuns-en-kunsvlytbeweging was om 'n alternatief
      vir die kieskeurige oorversierde massavervaardigde goedere van die 19de eeu te
      bied. Hulle het ten doel gehad om die waarde en betrokkenheid van die geskoolde
      vakman en ontwerper te hervestig om die gehalte van die ontwerp te verbeter. Die
      vervaardiging van handgemaakte goedere van 'n hoë gehalte is aangemoedig in
      teenstelling met massavervaardigde produkte van 'n lae gehalte. Produkte moes
      eenvoudig wees en goed werk. Ornamentasie is tot die minimum beperk op
      meubels, maar gestileerde beelde uit die natuur het die estetiese aantrekkingskrag
      van oppervlakontwerpe op tekstiele, matte, muurbehangsels en keramiek verseker.
      Die Kuns-en-kunsvlytbeweging is beïnvloed deur die organiese lyne en fatsoene van
      blare, plante en voëls wat gelei het tot esteties aangename kromlynige
      oppervlakontwerpe vol beweging. Die gebruik van onopgesmukte plaaslike klip,
      oop dakbalke en vloerplanke wat die natuurlike grein van hout weerspieël, beïnvloed
      deur die Rustic English Cottage-styl se gebruik van natuurlike materiale, het tot die
      esteties aangename gehalte van hierdie ontwerpe bygedra. Die Gotiese style se
      klem op orde, funksie en eenvoud was nog 'n invloed. Hulle belangstelling in die
      Middeleeuse Gotiese styl het ook gelei tot die gebruik van mitologiese wesens soos
      drake as onderwerp en die gebruik van Middeleeuse ontwerpmotiewe soos die
      drieblaarpatroon en die vierblad.
      Kenmerkende fatsoene op oppervlakontwerpe was plat en organies met duidelike
      buitelyne wat beheerde kromlynige ritmes gevorm het. Hierdie oppervlakontwerpe
      het meestal bestaan uit simmetries gebalanseerde komposisies wat die beweging
      stabiliseer het en 'n algehele gevoel van orde oorgedra het. Plat areas met ryk,
      sterk kleure is in verskillende skakerings van blou, geel en rooi gebruik, wat dikwels
      aan Gotiese loodglasvensters herinner. Dit is soms met aardkleure gekombineer.
      Een voorbeeld van die Kuns-en-kunsvlytbeweging is die Biblioteektafel ('Library
      Table') deur Gustave Stickley.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Ontwerp/V1                                 10                          DBE/November 2024
                                    NSS – Nasienriglyne

      Die Biblioteektafel ('Library Table') is beide funksioneel en esteties bevredigend.
      Die tafel is stewig en eenvoudig, maar terselfdertyd dekoratief as gevolg van die
      seskantig gevormde blad, die getekstureerde leerbedekking en die ry knopies
      ('studs') wat die deksel op sy plek hou. Tipies van die Kuns-en-kunsvlytbeweging is
      die gebruik van hout, 'n natuurlike materiaal, sowel as van sigbare verbindings om die
      vakman se hand te toon. Tipies is ook die feit dat die hout nie geverf is nie om die
      natuurlike patrone wat deur die grein van die hout gevorm is, te openbaar.
      BAUHAUS
      Verband met die stelling
      Die Bauhaus het goeie ontwerpe geskep wat funksioneel en massavervaardig is,
      maar terselfdertyd esteties bevredigend is. Hulle het geglo dat funksie vorm moet
      bepaal. Alle oppervlakversiering is verwerp en die skoonheid van produkte lê in
      perfek gebalanseerde, suiwer, geometriese vorme, skoon lyne en gladde teksture.
      Bespreek die doelwitte, invloede en stilistiese kenmerke
      Die Bauhaus se doel was om ontwerp weer in kontak te bring met die alledaagse
      lewe deur estetika en funksionele ontwerp te herenig. Hulle wou die gaping tussen
      kunstenaar en vakman kleiner maak deur die Bauhaus Skool te stig.

      Die Bauhaus is beïnvloed deur die Kubiste se strewe na noodsaaklike eenvoud deur
      die reduksie van vorme tot eenvoudige, geometriese vorme. Hulle is ook deur die
      masjientydperk beïnvloed en het geglo dat hulle ontwerpe geometries moet wees,
      met skoon rande en gladde oppervlakke, wat hierdie masjien-estetika weerspieël.
      Die Bauhaus het kenmerkend gebruik gemaak van suiwer geometriese vorme soos
      kubusse, keëls en sfere wat kalmte en stabiliteit oorgedra het. Die buitelyne van
      hierdie vorme was duidelik en presies en het herinner aan masjinerie. Materiale is
      modern en meestal masjienvervaardig, soos beton, gewapende beton, gewapende
      glas, en staal, wat produkte en geboue 'n industriële voorkoms gee. Oppervlakke is
      onopgesmuk, glad en slank, wat die aandag op die struktuur en funksie van die
      ontwerp plaas. Uiterse eenvoud, die gebruik van gehalte-materiale en pragtig
      afgewerkte oppervlakke verseker die estetiese aantrekkingskrag van hierdie
      ontwerpe
      'n Voorbeeld van 'n Bauhaus-ontwerp wat beide funksionaliteit en estetiese
      aantrekkingskrag weerspieël, is die Bauhaus Ineenpassende Tafeltjies ('Nesting
      Tables') deur Joseph Albers.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Ontwerp/V1                                    11                          DBE/November 2024
                                       NSS – Nasienriglyne

      Die vier tafels is funksioneel omdat hulle in mekaar gepas kan word om een eenheid
      te vorm om ruimte te bespaar in 'n area waar ruimte 'n kwessie is. Elkeen van die
      vier tafels kan vir 'n verskeidenheid ander funksies gebruik word, bv. 'n klein
      lessenaartjie, om tee te bedien, drankies op te sit, ens. Elke tafel in hierdie stel van
      vier tafels is 'n perfekte, meganiese, kubusagtige vorm, tipies van Bauhaus-
      ontwerp. Reguit skraal houtlyne omraam die voorkant en agterkant van die
      tafelblad en gaan verder afwaarts om die pote te vorm. Die tafelblad vorm 'n
      soliede reghoek en die pote omring 'n reghoekige ruimte. Die herhaling van reghoeke
      lei tot 'n sterk verenigde, geordende en gebalanseerde ontwerp, wat ook tipiese
      kenmerke van Bauhaus-ontwerpe is. Die glasblaaie is aan die onderkant in
      skakerings van kruisementgroen, geel, oranje en blou verlak om 'n prettige aspek by
      'n leefkamer te voeg.

      Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
       V4.1 VLAK                  KOGNITIEWE               GEWIGS-       VRAE            PUNTE
                                 VAARDIGHEDE             TOEKENNINGS                      (20)
     Laer orde          Onthou, Herroep, Herken              30%           4.1              2
                        Verstaan, Verduidelik, Beskryf                                      4
     Middel-orde        Toepas, Implementeer,                40%           4.1              8
     Hoër orde         Organiseer
                        Analiseer, Vergelyk, Vertolk                                        2
                        Evalueer, Besin/Nadink               30%           4.1              4
                        Sintetiseer, Regverdig

 4.2 [10 punte] (Ken 'n maksimum van 2 punte vir elke kolpunt/aspek toe.)

      Die ring in FIGUUR H weerspieël die Dekonstruktivis se doel om vorme te
      fragmenteer om dele te verken, eerder as om harmonie, eenheid en balans te
      skep. In teenstelling met die Art Nouveau-ring in FIGUUR I wat tendoel het om die
      sensuele vorme en lyne van die natuur te herhaal om ritmiese eenheid te skep.
      Die Dekonstruksie-ring word duidelik beïnvloed deur die belangstelling van Kubisme
      om voorwerpe in geometriese lyne en vorme te fragmenteer, terwyl die Art Nouveau-
      ring die invloed van organiese fatsoene van die natuur, soos poue, toon. Die
      Dekonstruksie-ring is groot, oorlaai en stekelrig, wat die invloed van die Anti-
      Ontwerp-beweging se bevraagtekening van konvensionele skoonheidstandaarde,
      terwyl die Art Nouveau-ring uit strelende, gladde, draaiende/kolkende oppervlakke en
      vorme bestaan.
      Die Dekonstruksie-ring word opgesny deur baie oorkruisende, reguit diagonale lyne,
      tipies van Dekonstruksie-ontwerpe, wat skerp, gebroke bewegings tot gevolg het.
      In vergelyking is die sweepslaglyn wat geskep word deur die vloeiende, sensuele
      buitelyn van die pou se kop en nek wat rondom die Art Nouveau-ring drapeer, meer
      aaneenlopend en draaiend/kolkend.
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Ontwerp/V1                                 12                         DBE/November 2024
                                    NSS – Nasienriglyne

      'n Vloeiende ritme word geskep deur die herhaalde, geboë koppe van poue in
      FIGUUR I, wat kronkelend om die sentrale edelsteen draai. 'n Uitwaartse stralende
      ritme word deur die herhaling van die waaieragtige lyne en sirkels bo-op die poue se
      koppe geskep. Daarteenoor word 'n chaotiese ritme deur die reguit, hoekige,
      lukraak geplaasde lyne in FIGUUR H geskep.

      Ergonomie (gerief vir die draer) is duidelik nie een van die hoofdoelwitte van die
      Dekonstruksie-ring nie omdat dit redelik swaar op die vinger moet wees en die
      uitstaande lyne daarvan sal aan baie goed vashaak terwyl die hand en vinger
      beweeg word. Die Art Nouveau-ring lyk ligter en gemakliker om te dra. Die pou
      se kroonvere strek aan weerskante van die middel van die ring langs die vinger, wat
      dit minder geneig sal maak om aan goed vas te haak,  maar tog nie baie gemaklik
      op die vinger nie.

      Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

      LET WEL: 'n Maksimum van SLEGS 3 punte kan vir tabelvergelyking-antwoorde
      toegeken word. 'n Maksimum van 7 punte kan toegeken word waar kandidate
      twee aparte opstelle aanbied wat belangrike en relevante stellings toon.
      Gebruik kognitiewe vlakke as 'n riglyn vir jou nasienwerk.

       V4.2 VLAK                 KOGNITIEWE              GEWIGS-      VRAE           PUNTE
                                VAARDIGHEDE            TOEKENNINGS                    (10)
       Laer orde      Onthou, Herroep, Herken              30%         4.2             2
                      Verstaan, Verduidelik, Beskryf                                   1
       Middel-orde    Toepas, Implementeer, Organiseer     40%         4.2             4
       Hoër orde      Analiseer, Vergelyk, Vertolk
                      Evalueer, Besin/Nadink               30%         4.2              2
                      Sintetiseer, Regverdig                                            1

                                                             TOTAAL AFDELING B:                   30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Ontwerp/V1                                 13                          DBE/November 2024
                                    NSS – Nasienriglyne

AFDELING C: ONTWERP IN 'N SOSIOKULTURELE/OMGEWINGS- EN VOLHOUBARE
            KONTEKS
VRAAG 5 [20 punte]
Beantwoord ÓF VRAAG 5.1 ÓF VRAAG 5.2.
5.1

5.1.1   (Ken 4 punte toe.)
         'n Positiewe kenmerk van die trapontwerp is die gladde styging van elke trap wat
         laag en gemaklik lyk om te gebruik. Die trap maak voorsiening vir inklusiewe
         toegang; liggaamlik geskikte mense en mense met gestremdhede kan dieselfde
         trap gelyktydig gebruik. 'n Negatiewe kenmerk van die trapontwerp is dat daar te
         min handrelings is en dit kan daartoe lei dat mense val. Die skerp draaie in die
         opgang kan gevaarlik wees vir rolstoele, wat ongelukke tot gevolg kan hê. Die
         steil helling/daling van die opgang sonder spoedwalle kan fisies nogal uitdagend en
         gevaarlik wees.
         Gee krediet aan enige ander geldige antwoorde.

5.1.2   (Ken 16 punte toe.)
         Ken 16 punte in totaal toe, 8 punte per gevallestudie: 1 punt vir die naam van
         'n ontwerper en ontwerp, 5 punte vir 'n bespreking van die doelwitte,
         materiale en tegnieke en 2 punte vir 'n bespreking van die ontwerpvoorbeeld
         en hoe dit sosiokulturele kwessies aanraak.

         EEN SUID-AFRIKAANSE KONTEMPORÊRE SOSIOKULTURELE ONTWERPER/
         ONTWERPGROEP:

         Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en ontwerpproduk
         BRANDweerstasie Soweto ('FIRE Station Soweto') deur Rodney Eksteen in
         samewerking met Jeanne Homer en Jocelin Flank.
         Bespreek die doelwitte, materiale en tegnieke van hierdie ontwerper
         Rodney Eksteen, 'n 25-jarige lid van die brandweerdiens in Suid-Afrika, het in
         samewerking met medeprofessor in argitektuur, Jeanne Homer, en Jocelin Flank
         van Oklahoma State University 'n brandweerstasie in die Johannesburg-omgewing
         ontwerp wat meer as net 'n brandweerstasie is. Dit het ten doel gehad om die
         dienste en pligte van 'n brandweerstasie te verskaf wat nie net aan die
         gemeenskap van Soweto behoort het nie, maar ook die gaping tussen
         brandweerpersoneel en inwoners oorbrug het. Die ontwerp het ten doel gehad
         om beide kante te help glo dat hulle vennote is met die versorging en welstand van
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Ontwerp/V1                                  14                          DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyne

         hulle gemeenskap. Die materiale en tegnieke wat vir hierdie gebou gebruik is, is
         onkonvensioneel in styl, met gebruik van 'n staalraam, betondakglas en
         aluminiumvel om maksimum natuurlike lig in die gebou in te laat. Sonpanele word
         gebruik om elektrisiteit op te wek en dit maak die gebou energiebesparend en
         volhoubaar. 'n Minimale gebruik van swaar tradisionele baksteen en dagha word
         op die mure gebruik.
         Ontleed EEN voorbeeld en verduidelik hoe hierdie ontwerp sosiokulturele
         kwessie(s) aanraak
         In die verlede is brandweerstasies as pakhuise gebou, eerder as dele van
         gemeenskappe. Hulle het soos militêre installasies met tralievensters en hekke
         gelyk en het gedien as stoorplek vir brandweertoerusting en personeel. Buiten die
         reaksie van brandweerstasies op noodgevalle was daar min tot geen interaksie
         tussen brandweerpersoneel en burgers nie. Hierdie brandweerstasie is oopplan
         en vol lig, wat die publiek innooi. Dit is nie meer 'n struktuur wat 'n outoritêre
         regering verteenwoordig nie – dit reik uit na die publiek en skep 'n brug tussen die
         regering en die publiek.
         EEN INTERNASIONALE ONTWERPER/ONTWERPGROEP

         Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en hulle ontwerpproduk
         Studio vir Haweloses ('Homeless Studio') deur die University of Southern
         California's School of Architecture.
         Ontleed die doelwitte, materiale en tegnieke van hierdie ontwerper
         In reaksie op 'n groeiende kommer oor die kwessie van hawelose mense het die
         University of Southern California's School of Architecture die Homeless Studio
         geskep, 'n studenteprojek wat daarop gemik is om die krisis van haweloses te
         verlig. Ontwikkel in samewerking met Madworkshop ('n nie-winsorganisasie en
         argitektuurontwerpgroep) het die Homeless Studio holistiese oplossings ontwikkel
         om die kwessie van haweloosheid aan te pak.
         Vervaardig met materiale soos laaghout, Perspex en aluminium, is die skuilings
         bedoel om lig te wees en maklik om rond te beweeg. Die skuiling kom in
         verskillende fatsoene en groottes, maar het ruimte vir een persoon om te slaap.
         Elke ontwerp hanteer die behoefte van sy inwoner vir sekuriteit, privaatheid en
         skuiling teen die elemente. Hierdie projek maak voorsiening vir die fisiese
         skepping van hulle prototipes, wat 'n 30-bed-skuiling ingesluit het wat 'n prototipe
         skuiling vir haweloses sal word. Die ontwerpers het hulle voltooide strukture aan
         hawelose mense oral in die stad gelewer.
         Bespreek EEN voorbeeld en verduidelik hoe hierdie ontwerp sosiokulturele
         kwessie(s) aanraak
         Ontwerpers het die sosiale kwessie van haweloosheid aangepak deur hierdie
         versameling tydelike, beweegbare, modulêre en uitskuifbare strukture te skep wat
         die haweloses van die straat af kan hou, terwyl hulle geweier het om op
         staatsingryping staat te maak.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Ontwerp/V1                                     15                          DBE/November 2024
                                        NSS – Nasienriglyne

         Die Homeless Studio se plan stel die groep ontwerpers in staat om aan praktiese
         vervaardigingswerkswinkels deel te neem en werklike gevallestudies te onderneem
         met plaaslike inwoners wat haweloosheid ervaar.
         Gee krediet aan enige ander geldige stellings.
         V5.1 VLAK               KOGNITIEWE                 GEWIGS-      VRAE           PUNTE
                                VAARDIGHEDE               TOEKENNINGS                    (20)
         Laer orde     Onthou, Herroep, Herken                30%     5.1.1 + 5.1.2      1+1
                       Verstaan, Verduidelik, Beskryf                 5.1.1 + 5.1.2      1+3

         Middel-orde   Toepas, Implementeer, Organiseer       40%           5.1.1          2
                                                                            5.1.2          6

         Hoër orde     Analiseer, Vergelyk, Vertolk                         5.1.2          2
                       Evalueer, Besin/nadink                 30%           5.1.2          4
                       Sintetiseer, Regverdig

5.2
5.2.1   (Ken 2 punte toe.)
         In FIGUUR K word die Voëlnes('Bird's Nest')-swembadtuinhuisie gebou deur
         gebruik te maak van inheemse kunsvlyttegnieke soos mandjieweef, hut- en
         kraalkonstruksie. Internasionale en plaaslike toeriste wat die lodge besoek, word
         blootgestel aan Botswana se tradisionele kunsvlyt-erfenis wat gesien word in die
         tuinhuisie-ontwerp. Die potensiaal van hierdie inheemse kunsvlyttegnieke
         verhoog die status van ontwerp aangesien dit die 'oue' (tradisionele) met die 'nuwe'
         (moderne) laat saamsmelt'. Dit help ook om toeriste 'n unieke, egte Afrika-
         ervaring te gee.
5.2.2   (Ken 8 punte toe.): 1 punt vir die tradisionele handwerk-/inheemse kulturele
        gemeenskap, 5 punte vir 'n bespreking van die materiale, metodes en
        prosesse en 2 punte vir die sosiale waarde en funksie van die handwerk.
         Naam van EEN tradisionele kunshandwerk-/inheemse kultuur-gemeenskap
         wat die tradisionele kunshandwerk gemaak het:
         IsiZulu Ceramics.
         Die materiale, metodes en prosesse wat gebruik is om die tradisionele
         kunshandwerk te maak:
         Die oproltegniek word gebruik om Zoeloe-potte te maak. Die hoofmateriaal is
         rooi en donker klei wat uit die berge versamel word en tot 'n fyn poeier op 'n
         slypsteen gemaal word. Hierdie poeier word dan gedroog totdat dit die regte
         digtheid bereik het, of 'n geskikte graad van plastisiteit. Die mure van die houer
         word geleidelik uit 'n sirkelvormige basis opgebou. Daar word noukeurig gelet op
         simmetrie en die korrekte breedte van mure. Binne- en buitemure word gevorm
         en met 'n stuk kalbas, klip of metaalgereedskap gepoleer. Sodra dit klaar is, word
         die pot met komberse bedek en in 'n hut geplaas totdat dit hard soos leer is en dit
         word dan vir sewe dae buite gedroog. Daar is twee hoof Zoeloe-
         versieringstegnieke, nl. toegepaste en gekerfde versiering. Toegepaste versiering
         word gedoen deur klein kleiballetjies op potte (Intsumpa) vas te heg of om druk van
         binne die pot uit te oefen om buitenste uitsteeksels te skep. Gekerfde versierings
         wat op die pot ingeskryf is, skep herhalende patrone. Zoeloes het putvuur
         gebruik. Potte word in 'n vlak put geplaas en met droë aalwynblare en hout
         bedek, wat dan aan die brand gesteek word. Potte wat bedoel is om uit te eet en
         te drink, moet 'n tweede met koeke droë beesmis in die vuur gesit word. Potte
         kom uit die tweede vuur met 'n swart voorkoms, gevryf met appelliefieblare, 'n klein
         plat klippie en dierevet, wat 'n blink, gladde en swart afwerking daaraan gee.
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Ontwerp/V1                                  16                          DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyne

         Die sosiale waarde en funksie van die kunshandwerk:
         Die hooffunksies van hierdie pottebakkeryhouers is om vleis, graan en groente te
         kook en voor te sit. Brou, bedien en drink sorghumbier. Vervoer en berg water,
         gee medisyne, brand wierook as deel van seremonies wat daarop gemik is om die
         voorouers te vereer en mee te kommunikeer. Die meeste pottebakkers maak
         vandag houers vir die brou, opdien en drink van sorghumbier (utshwala), en 'n
         reeks kleiner opdien- en eethouers vir die verbruik van uphuto, 'n mielie-
         gebaseerde pap, en amasi. Fatsoene en groottes wissel volgens hulle funksie –
         die grootste pot is die onversierde 'imbiza', 'n pot wat gebruik word om te kook en
         tot 40 liter tradisionele bier kan hou. Drinkpotte het 'n urnvorm met 'n silindriese
         tregter, wat vermorsing voorkom en skink vergemaklik. Die 'umancishane', 'n
         kleiner pot, dui aan 'n besoeker wat bier daarin ontvang het, aan dat slegs 'n kort
         kuier verwag word.

         Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

5.2.3    (Ken 10 punte toe.): 1 punt vir die naam van die ontwerper/ontwerpgroep en
         hulle produk(te), 6 punte vir doelwitte, invloede en materiale en 3 punte oor
         hoe tradisionele tegnieke/metodes en materiale op die relevante
         kontemporêre ontwerp toegepas is

         Naam van ontwerp/ontwerpgroep en hulle produk(te):
         Vase Telewire Light deur Mash T Studio 

         Algemene doelwitte, invloede en kenmerke van die ontwerper/ontwerpgroep
         se werk:
         Mash T Studio se missie sentreer om die behoud van die essensie van tradisionele
         ambags-/vakmanskap  deur tegnologie en hierdie kunsvlyt te laat saamsmelt om
         'n kontemporêre ontwerp-estetika te skep. Hulle put uit die ryk Suid-Afrikaanse
         kulturele erfenis om moderne ontwerp te inspireer. Hierdie benadering stel hulle
         in staat om nuwe lewe in tradisionele ontwerpe, tegnieke en voorwerpe te blaas, en
         om hulle relevansie in vandag se samelewing te verseker sodat hulle nie vergeet
         word nie. Tradisionele materiale soos krale en telefoondraad word gebruik om
         hierdie moderne, onverwagte nuwe vorme te vorm.

         Mash T Studio werk nou saam met tradisionele vakmanne om Suid-Afrikaanse
         stories in hulle uiteenlopende reeks produkte te verweef, wat wissel van beligting
         tot meubels,  bv. The Hlabisa-bank, wat geskep is in samewerking met
         Houtlander en meesterwewer, Beauty Ngxongo.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Ontwerp/V1                                  17                           DBE/November 2024
                                     NSS – Nasienriglyne

         'n Bespreking van hoe tradisionele tegnieke/metodes op die kontemporere
         ontwerp toegepas is:
         Die Vase Telewire-scooby-hanglamp, deel van die Alfred-ligreeks, is 'n voorbeeld
         van 'n kontemporêre ontwerp wat tradisionele Suid-Afrikaanse kunsvlyt, d.w.s.
         mandjie- en telefoondraadweef, aanpas om pragtige produkte te skep wat in 'n
         kontemporêre ontwerp inpas. Die hanglamp bestaan uit twee mandjieagtige
         vorme wat in die middel ontmoet. Die boonste helfte waaier oop na die bokant wat
         soos 'n breë mandjie lyk, en die onderste helfte vorm 'n meer buisvormige
         afwaartse mandjievorm. Die kombinasie van twee mandjievorme het 'n nuwe,
         onverwagte kontemporêre vorm tot gevolg.

         Hierdie ligtoebehore is geskep in samewerking met die meester-teledraadwewer,
         Bab' Alfred Ntuli en Elizabeth Joubert van Tin Lab Designs. Geïnspireer deur die
         praktyk wat van so vroeg as die 1960's gesien is, waar Zoeloe-nagwagters stukkies
         telefoondraad om hulle tradisionele stokke begin weef het, voeg hierdie plafonligte
         'n moderne kinkel by 'n eeue-oue tradisie, met 'n kenmerkende estetika vir enige
         interieur.

         Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

         GEEN punte moet gegee word vir herhaling van ontwerper(s) en hulle werk
         wat reeds in hierdie vraestel gebruik is nie.

         V5.2 VLAK                KOGNITIEWE              GEWIGS-      VRAE           PUNTE
                                 VAARDIGHEDE            TOEKENNINGS                    (20)
         Laer orde     Onthou, Herroep, Herken              30%     5.2.1 + 5.2.2      1+2
                       Verstaan, Verduidelik, Beskryf                   5.2.3           3
         Middel-orde   Toepas, Implementeer, Organiseer     40%     5.2.1 + 5.2.2      1+3
                                                                       + 5.2.3          +4
         Hoër orde     Analiseer, Vergelyk, Vertolk                     5.2.2            3
                       Evalueer, Besin/Nadink               30%         5.2.3            1
                       Sintetiseer, Regverdig                           5.2.3            2

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Ontwerp/V1                                18                         DBE/November 2024
                                   NSS – Nasienriglyne

VRAAG 6 [20 punte]

6.1 (Ken 4 punte toe.)

     Modeontwerper Katekani Moreku, glo in die herwinning en herontwerp van
     weggooimateriaal vir sy mode-ontwerpe. Katekani is in staat om plaaslike, gewilde
     items soos mieliemeelsakke, helderkleurige, gestreepte plastiektafeldoeke, natuurlike
     geweefde mandjies en shweshwe-stof in volhoubare mode te transformeer. Katekani
     vind onkonvensionele materiale en weggooi-items by liefdadigheidswinkels wat hy
     omskep in nuwerwetse mode-ontwerpe vir die huidige generasie. Katekani
     beklemtoon dat die herontwerp van weggooiklere en -voorwerpe kostedoeltreffend
     is. Deur te herontwerp, voel hy bemagtig om uitdrukking te gee aan sy
     persoonlikheid en unieke kenmerkende styl in sy reeks wat teksture en helderkleurige
     tekstielstof kombineer, wat sy volhoubare modereeks alles behalwe konvensioneel,
     eenvormig of basies maak. Moreku voeg ook by dat ons huidige generasie
     bewustheid moet begin skep van die belangrikheid van herontwerp en herwinning
     sodat ons toekomstige geslagte in staat sal wees om die hoeveelheid besoedeling te
     verminder.

     Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

6.2 (Ken 16 punte toe.)
    Ken 16 punte in totaal toe, 8 punte per gevallestudie: 1 punt vir die naam van 'n
    ontwerper en ontwerp, 5 punte vir 'n bespreking van die doelwitte, materiale en
    prosesse en 2 punte vir 'n bespreking van die ontwerpvoorbeeld en hoe dit
    omgewingskwessies aanpak.

     Naam van die ontwerper/ontwerpgroep en EEN van hulle ontwerpe: Waste to
     Wonder Pavilion deur Architecture Studio theMAAK: 'n getransformeerde openbare
     ruimte met gebruik van herontwerpte Tetra Pak-rommel (Suid-Afrika), 2019.

     Doelwitte, materiale en prosesse gebruik:
     Die primêre doel van die argitektefirma, theMAAK, is om 'n praktiese benadering te
     gebruik in 'n poging om die gemeenskap in Langa ('n lae-inkomstegebied in Kaapstad)
     te bemagtig en op te voed sodat hulle verstaan wat 'afval' is en hoe om dit tot hulle
     voordeel te benut. Nog 'n doel is om 'n dinamiese 'kultuur vir die gebruik van
     openbare ruimtes' in ontwikkelende gemeenskappe aan te moedig. Die span hoop
     dat die projek 'n positiewe reaksie by die gemeenskap sal skep en wêreldklas
     argitektuur sal voorsien word aan diegene wat dit die nodigste het.
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Ontwerp/V1                                19                          DBE/November 2024
                                   NSS – Nasienriglyne

     Die tema was om 'n tydelike Wonder Pavilion-struktuur te skep. Met die hulp van
     theMaak het die gemeenskap 'n Wonder Pavilion met Tetra-Pak-verpakkingsmateriaal
     (herwinde melkkartonne) gemaak. Die binnekant van die Tetra-Pak-verpakking is 'n
     swaardiens-, taai papier wat waterwerend is, wat dit duursaam en geskik maak vir 'n
     tydelike afdak.
     Die proses wat theMAAK gevolg het, was 'n samewerking met eendersdenkende
     mense van verskillende agtergronde en wat ander vaardighede as Langa gehad het.
     Idees is uitgeruil, gedeel en kreatiewe mense het die geleentheid gekry om by mekaar
     te leer. Deur hierdie samewerking het theMaak die gemeenskap gehelp om
     omgewingsontwerpe van 'n hoë gehalte meer toeganklik en inklusief te maak.
     'n Ontleding van die ontwerp en 'n verduideliking van hoekom dit volhoubaar is
     en omgewingskwessies aanpak:

     Die Waste to Wonder Pavilion is 'n swaaiende, modulêre afdak-ontwerp wat 'n
     origami-net, argitektoniese patroon en/of struktuur skep deur die binnekantse wit deel
     van die melkkartonne te gebruik. Die pawiljoen toon duidelik hoe Tetra-Pak-afval
     gebruik kan word om 'n pawiljoen te bou en maak die gemeenskap bewus van die
     'estetiese en materiële potensiaal van afval'. Die hergebruik en herontwerp van
     Tetra-Pak skep 'n volhoubare ontwerp wat omgewingskwessies aanpak. Deur
     opvoeding en gedeelde inligting beland minder melkkartonne in stortingsterreine of op
     die strate van Langa en die omliggende gebiede. Hierdie herwinningsinisiatief
     verskaf pragtige openbare infrastruktuur, moontlik gemaak deur samewerking, en
     moedig die gemeenskap aan om verantwoordelik en oplettend te wees in hulle
     omgewing.
     INTERNASIONALE OMGEWINGSONTWERPER/-ONTWERPGROEP
     Naam van ontwerper/ontwerpgroep en EEN van hulle ontwerpe:
     Zero Waste-opwip('pop-up')-restaurant deur Linda Bergroth (Manhattan-jaarmark),
     2018.

     Doelwitte, materiale en prosesse:
     Die tydelike, vierdaagse Zero Waste-opwip('pop-up')-restaurant bou voort op die
     konsep wat deur Helsinki's Restaurant, Nolla, geskep is, en sy hoofdoel is om die
     'eerste nul-afval-restaurant in Manhattan' te skep. Linda Bergroth het die opwip-
     restaurant ontwerp, gebaseer op haar Skandinawiese agtergrond. Die doel daarvan is
     om voedsel te gebruik wat normaalweg weggegooi sou word, en om nie-volhoubare
     verpakking te verwerp. Hulle het saam met ontwerpers, ingenieurs en argitekte
     gewerk om te besin oor afvalbestuur en waterdoeltreffendheid.
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Ontwerp/V1                                     20                         DBE/November 2024
                                        NSS – Nasienriglyne

      Die materiaal wat gebruik word om die opwip-restaurant te bou, is herwinde Tetra Pak
      – 'n verpakkingsmateriaal wat algemeen gebruik word vir melkkartonne en
      voedselverpakking. Sjef Luka Balac het gesê: 'ons geregte by Zero Waste-
      opwip('pop-up')-restaurant word van plaaslike en organiese bestanddele gemaak,
      asook neweprodukte wat algemeen oor die hoof gesien word en alle oorskiet word
      gekomposteer. Volhoubare voedselverpakking, bioafbreekbare oplossings en
      materiële innovasies word die afgelope tyd oorweeg.' Die muurpanele van die
      opwip('pop-up')-restaurant word in groepe deur ReWall in Iowa vervaardig, en kry hulle
      kleur van watter produkte ook al op daardie tydstip verwerk word. Deur aan die
      materiale getrou te bly, het die oppervlakke 'n gevlekte silwerblou kleurtoon van ver af,
      terwyl die teks en strepieskodes van die verpakking sigbaar is as daar 'n mens van
      nader kyk. Die opwip-restaurant en produkte is ontwerp om 'n prettige visuele
      ervaring en 'n intieme eetervaring te skep, en die herwinde Tetra-Pak skep 'n
      omgewing met uitstekende akoestiek.

      'n Ontleding van die ontwerp en 'n verduideliking van hoekom dit volhoubaar is
      en omgewingskwessies aanpak:
      Die Zero Waste-opwip('pop-up')-restaurant is 'n uitstekende voorbeeld van 'n
      kringloop-ekonomie, waarin hulpbronne so lank as moontlik gehou en hergebruik word.
      Dit verskil van 'n lineêre ekonomie waar materiale en produkte gemaak, gebruik en
      dan weggegooi word. Die opwipgeleentheid het ook werkswinkels en praatjies oor
      die kringloop-ekonomie en nul-afval-mode ingesluit. Hierdie ontwerp pleit by mense
      om ons lewenstyl, eetgewoontes en die materiaal wat ons gebruik, te heroorweeg.
      Die filosofie agter hierdie ontwerp moet ons doelwit wees – verminder afval en help om
      die natuurlike omgewing vir die toekomstige geslagte in stand te hou. Ons moet
      verantwoordelik wees en die regte keuses maak. Die Zero Waste-opwip('pop-up')-
      restaurant is werklik 'n volhoubare ontwerp wat geheel en al van herwinde en
      herwinbare materiale gemaak is – meubels en eetgerei was ook 100% herwinbaar en
      deur volhoubare ikoniese Skandinawiese style geïnspireer.

      Gee krediet aan enige ander geldige stellings.

      V6 VLAK                   KOGNITIEWE               GEWIGS-         VRAE        PUNTE
                              VAARDIGHEDE              TOEKENNINGS                    (20)
      Laer orde       Onthou, Herroep, Herken              30%           6.1 + 6.2    2+2
                      Verstaan, Verduidelik, Beskryf                        6.2        2
      Middel-orde     Toepas, Implementeer, Organiseer     40%              6.1        2
                                                                            6.2         6
      Hoër orde       Analiseer, Vergelyk, Vertolk                           6         2
                      Evalueer, Besin/nadink                  30%            .         2
                      Sintetiseer, Regverdig                                 2         2
                                                                             6
                                                                             .
                                                                    TOTAAL AFDELING C:        40
                                                                             2
                                                                       GROOTTOTAAL:
                                                                             6
                                                                                              100
                                                                             .
                                                                             2

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Design P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-eng/3f0bd4c5-8226-45ef-87fa-5c9996cba696) — Design · QP · 2024 · Eng
- [Design P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2024-afr/6958913b-f502-40d3-8387-1f0a78a3ed25) — Design · QP · 2024 · Afr
- [Design P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2024-afr/ecee5a5f-3ae2-4005-b20d-556b11b83d24) — Design · QP · 2024 · Afr
- [Design P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2024-eng/e3c099fa-b074-4932-aa7e-cbc7e78a1e3e) — Design · QP · 2024 · Eng
- [Design P1 Nov 2020 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2020-memo-eng/4557d936-063d-4754-b6a8-e25c4d279f64) — Design · Memo · 2020 · Eng
- [Design P1 Nov 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2019-memo-eng/897e5c02-af3d-4258-9c23-310678ff22eb) — Design · Memo · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-afr/e35d300a-db4f-4a06-ba8a-6f659dbd37ad) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/3f14a710-b913-44a8-ade1-31e4d395f557) — QP · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/47ba80e3-12dd-4fd4-8302-34e3b97a6b9a) — QP · 2025 · Afr
- [Design P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2023-eng/57419a61-fb49-40b2-9cc2-0779cf909a9b) — QP · 2023 · Eng
- [Design P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2023-afr/9c7d1a75-a2c5-4801-8176-43ad428bcc49) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
