# Design Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Design Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2017-afr/75084866-26ac-41a7-8e27-e142ffbd1b2c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 P2 NSC November 2017 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2017-afr/75084866-26ac-41a7-8e27-e142ffbd1b2c)

## About this document

Design · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    NASIONALE
                                SENIOR SERTIFIKAAT

                                         GRAAD 12

                                       ONTWERP V2

                                        (PRAKTIES)

                              24 JULIE–20 OKTOBER 2017

PUNTE: 100

TYD: ONDERWERP 1:            Praktiese proses/voorbereiding by die skool en/of tuis in
                             die 3de kwartaal [50]
       ONDERWERP 2:          Finale praktiese produk gedoen onder gekontroleerde
                             omstandighede SLEGS by die skool: 'n minimum van
                             12 uur en 'n maksimum van 24 uur in die 4de kwartaal [50]

                     Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye en 1 bylae.
                       Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                 2                   DBE/November 2017
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

         ONDERWERP 1: Die eksamenbronboek/-werkboek        (50 punte)
         ONDERWERP 2: Die finale praktiese eksamenproduk   (50 punte)

         TOTAAL: 100 punte

2.       Die vraestel het TWEE temas. Kies EEN of KOMBINEER DIE TWEE
         OPSIES.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                        3           DBE/November 2017
                                 NSS

OPDRAG/TEMA 1: GEDENK-ONTWERP

                                       EROS

                                                        CULTURE

             Diverse

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                            4                  DBE/November 2017
                                     NSS

                            GEDENK-ONTWERP

    • Bring hulde            • Toon respek        • Simboliseer
    • Herdenk                • Vereer             • Erken
    • Huldig                 • Heildronk instel   • Bewys eer aan

Kopiereg voorbehou                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                  5                           DBE/November 2017
                                           NSS

Baie mense, kulture, geskiedkundige gebeure en geleenthede is al in Suid-Afrika gedenk
deur verskeie ontwerpvorme te gebruik, byvoorbeeld:

•   Nelson Mandela – plakkate, T-hemde, bekers, inhuldigingsmuntstukke, seëls
•   Die Sharpeville-slagting – Sharpeville Gedenkteken (Sharpeville Memorial)
•   Apartheid – uitstallings in die Apartheid-museum
•   Die oorsprong van die Afrikaanse taal – die Afrikaanse Taalmonument
•   Hector Peterson – die Hector Peterson-gedenkteken
•   Die geboorte van die Prins van Lesotho– 'n Basotho-kombers
•   Die antieke Mapungubwe-beskawing – 'n Mapungubwe-lettertipe
•   Die eerste betoging teen die apartheid-paswette – die Rooi Lokasie-museum
•   Die Voortrekkers – die Voortrekker-monument, borde, teelepels, seëls
•   Shaka Zoeloe se impi's – Nguni-meubelontwerpe, borde
•   Gelykheid vir almal – Konstitusie-heuwel
•   Hansie Cronjé – wynbottel-etikette, gedenkwaardighede, strokiesprente
•   Die aankoms van die Franse Hugenote – die Hugenote-monument

Die maak van gedenkwaardighede, die skep van openbare kuns/beeldhouwerk, die
bou van museums, die ontwerp van strokiesprente, graffiti, tipografie en die maak van
films dra almal tot die herdenking van ons nalatenskap by. Gedenk-ontwerp speel 'n
deurslaggewende rol in die vorming van ons gesamentlike identiteit en erfenis.

Gedenk-ontwerpe word in talle museums bewaar in 'n poging om ons unieke nasionale
kulturele geskiedenis, ons politieke suksesse en nederlae en ons ryk kunshandwerk,
kuns en tale te beskerm en beveilig. Al hierdie gedenk-ontwerpe verenig ons as
'n nasie.

By die Universiteit van Kaapstad het studente die behoefte beklemtoon om met
die helde en heldinne ná apartheid te identifiseer. Die studente het geglo dat die
standbeeld van Cecil John Rhodes verwyder moet word om vir nuwe rolmodelle plek
te maak. Die verwesenliking van 'n nuwe kulturele identiteit vir Suid-Afrika bly 'n
uitdaging in die skep van 'n gedeelde nuwe identiteit. Hierdie nuwe kulturele identiteit
het gelei tot meer gedenk-ontwerpe wat helde en heldinne gedenk wat voorheen nie
gedenk is nie. Hierdie gedenk-ontwerpe word nou gebruik as bemarkingsinstrumente
om toeriste na Suid-Afrika te lok.

Skep 'n oorspronklike ontwerpoplossing om 'n werklike historiese gebeurtenis
te gedenk, of helde en heldinne wat reeds gedenk is (of nog nie gedenk is nie),
byvoorbeeld sportlegendes, Marikana, Erfenisdag, kulturele gebeurtenisse.

Skep die ontwerp in EEN van die volgende ontwerpkategorieë wat die tema
op 'n oorspronklike en kreatiewe wyse vertolk:

•   Visuele Kommunikasie-/Inligtingsontwerp en/of Digitale Ontwerp
•   Oppervlakontwerp en Tweedimensionele Kunshandwerkontwerp
•   Produkontwerp en Driedimensionele Kunshandwerkontwerp
•   Omgewingsontwerp

MOENIE die voorbeelde wat verskaf is, kopieer NIE.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                        6                DBE/November 2017
                                 NSS

VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTINGSONTWERP EN DIGITALE ONTWERP

Kopiereg voorbehou                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                        7           DBE/November 2017
                                 NSS

OPPERVLAKONTWERP EN TWEEDIMENSIONELE KUNSHANDWERKONTWERP

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                        8            DBE/November 2017
                                 NSS

PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE KUNSHANDWERKONTWERP

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                        9           DBE/November 2017
                                 NSS

OMGEWINGSONTWERP

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                        10          DBE/November 2017
                                 NSS

OPDRAG/TEMA 2: OPTIESE BEWEGING

                        Optiese Beweging

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                11                         DBE/November 2017
                                         NSS

Ontwerpers en kunstenaars is al vir baie eeue gefassineer deur die aard van
persepsie of om te sien en die gedrag van die oog. Kunstenaars, beeldhouers en
argitekte gebruik sedert die Renaissance-tydperk gevorderde perspektieftegnieke om
die illusie van drie dimensies op 'n tweedimensionele oppervlak te skep.

Optiese illusies in kuns is in die 1950's bekendgestel toe 'n aantal kunstenaars
illusionêre metodes ontwikkel het wat persepsie verwar het. Hulle het op die
ondersoek na die wetenskap van optika gefokus, wat deur 'n toename in tegnologie en
sielkunde ondersteun is. Optiese Kuns en Kinetiese Kuns het 'n groot invloed op
ontwerp.

Optiese ontwerp is meestal wiskundig, neig tot Abstrakte Kuns en word as 'n
vertakking van Popkuns beskou. Die gebruik van herhalende geometriese vorme in
swart en wit of in kontrasterende kleure skep vibrerende effekte.

Optiese ontwerp stimuleer die oog en maak 'n statiese beeld lewendig, terwyl dit die
grense van ons persepsie verskuif. Om kunstige beweging te skep, is verskillende
metodes gebruik om die openbare oog te mislei en te verwar, en met ons persepsies
te speel.

Beweging kan ook in ontwerp geskep word met die gebruik van elemente, soos
diagonale en kromlynige lyne, herhaling van kleur en vorm, punterige fatsoene en
lyne, asook met gefragmenteerde, gedekonstrueerde visuele beelde, fatsoene en
vorme.

                               Thomas Heatherwick

                                    Frank Gehry

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                  12                         DBE/November 2017
                                           NSS

             Geen skilder, dood of lewendig, het ons al ooit so bewus gemaak
                 van ons oë as Bridget Riley nie. – Robert Melville 1971

          Die begin van illusie en bewegingskuns is sigbaar in die eenvoud van
                             swart-wit kontras. – Bridget Riley

Victor Vasareli het ook ontwerpe geskep wat met illusies en beweging
geëksperimenteer het, MAAR hy het fatsoene met helder monochromatiese en
polichromatiese kleure ingesluit.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                  13                         DBE/November 2017
                                           NSS

Riley en Vasareli het tessellasies (wiskundig gestruktureerde patrone wat ruite gebruik
om optiese illusies en beweging te skep) gebruik om ingewikkelde, wiskundig
gestruktureerde komposisies te skep. Hulle beginpunt was 'n ruit, soortgelyk aan die
tessellasies deur MC Escher ontwikkel, soos in die strukture hieronder gesien.
Om gekompliseerde optiese illusies te kan skep, is dit belangrik dat jy tessellasie-
ruitformasies as die beginpunt gebruik.

In 'n Postmoderne konteks is ontwerpers, soos Karl Lagerfeld, Louis Vuitton, Giorgio
Armani en Issey Miyake, deesdae besig om Riley se grafiese streep te versterk om die
fokuspunt van hul ontwerpe te word.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                               14                        DBE/November 2017
                                        NSS

Karl Lagerfeld versterk Riley se monochromatiese strepe met sterk swart en wit lyne
met 'n effense kurwe aan die onderkant. Sy ander ontwerpe gebruik 'n
skaakbordpatroon wat met tessellasies verband hou.

Louis Vuitton gebruik herhalende lyne wat oorvleuel om 'n lewendige neonliglogo te
skep. Een van Vuitton se winkels is kreatief bedek met 'n skaakbord- vertikale
tuinontwerp wat aan vorige tessellasie-ontwerpe herinner.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                15                         DBE/November 2017
                                         NSS

In Giorgio Armani se skoen- en handsakvertoonvenster sien ons sterk gebruik van
lyne wat dinamiese beweging en diepte skep. Die ontwerpe gebruik duidelik Escher se
ruite en tessellasies.

Issey Miyake se optiese ontwerpe is so oortuigend dat die klere die duiselingwekkende
dinamiek van 'n kinetiese beeldhouwerk uitdruk. Die gefragmenteerde vierkantige en
driehoekige patrone op die handsakke skep 'n flikkerende beweging.

Skep 'n oorspronklike ontwerpoplossing gebaseer op die tema van 'Optiese
Beweging' wat by die Ontwerp-indaba Ekspo 2018 ('Design Indaba Expo 2018')
uitgestal sal word.

Gebruik EEN van die volgende ontwerpkategorieë om jou ontwerpoplossing te skep:

•   Visuele kommunikasie-/Inligtingsontwerp en/of digitale ontwerp
•   Oppervlakontwerp en Tweedimensionele Kunshandwerkontwerp
•   Produkontwerp en Driedimensionele Kunshandwerkontwerp
•   Omgewingsontwerp

MOENIE die voorbeelde wat verskaf is, kopieer NIE.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                        16               DBE/November 2017
                                 NSS

VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTINGSONTWERP EN/OF DIGITALE ONTWERP

Kopiereg voorbehou                                   Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                        17          DBE/November 2017
                                 NSS

OPPERVLAKONTWERP EN TWEEDIMENSIONELE KUNSHANDWERKONTWERP

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                        18           DBE/November 2017
                                 NSS

PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE KUNSHANDWERKONTWERP

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                        19          DBE/November 2017
                                 NSS

OMGEWINGSONTWERP

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                   20                          DBE/November 2017
                                            NSS

VEREISTES

AFDELING A

ONDERWERP 1: DIE ONTWERPPROSES [50]

1.       Alle proses-/voorbereidingswerk vir jou ontwerp moet in 'n bronboek/werkboek
         getoon word.

2.       Dit sal die prosesse vanaf konseptualisering tot realisering behels.

3.       Deeglike ondersoek van probleme wat deur die ontwerpopdrag gestel word,
         moet getoon word.

4.       Die bronboek/werkboek moet in die vorm van 'n album aangebied word
         (dit wil sê in boekvorm).

5.       Dit moet maklik kan oopmaak en moet bladsye hê wat maklik kan omblaai.

6.       Die bronboek/werkboek moet van ligte materiaal gemaak word sodat dit
         maklik vervoer kan word na 'n sentrale plek waar werk gemodereer word.

7.       Maak seker dat die bronboek/werkboek professioneel aangebied word.

LET WEL:
• Aangesien ONDERWERP 1 (proses/voorbereiding) dieselfde puntetoekenning as
   ONDERWERP 2 (die finale produk) het, moet genoeg tyd daarvoor toegelaat word
   sodat die belangrikheid daarvan erken sal word.
• Jou onderwyser mag by hierdie voorafgaande voorbereidingsessie (slegs
   ONDERWERP 1) betrokke wees.
• Jy mag tuis werk.

KRITERIA VIR DIE ONTWERPPROSES (ONDERWERP 1)

Jy moet die volgende aanbied (verwys na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne):

•    Uitdrukking van intensie/bedoeling en beredenering                                         (10)
•    Bewyse van navorsing, eksperimentering en besinning                                        (10)
•    Bewyse van gedetailleerde beplanning en aanbieding wat met die finale konsep
     verband hou                                                                                (30)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                 21                        DBE/November 2017
                                          NSS

AFDELING B

ONDERWERP 2: DIE FINALE PRODUK [50]

Alhoewel daar aanbeveel word dat 'n tweedimensionele ontwerp NIE groter as
A2-grootte moet wees NIE, word kandidate se werk nie beperk ten opsigte van
grootte nie.

Die grootte van 'n driedimensionele ontwerp sal afhang van die funksie van die
voorwerp wat gemaak word. As in gedagte gehou word dat die finale produk moontlik
na 'n sentrale nasiensentrum vervoer sal moet word, moet jy aan moontlike probleme
tydens vervoer dink.

LET WEL:
• Jou onderwyser mag jou glad NIE gedurende die finale vervaardiging van die
   ontwerp help NIE.
• ALLE werk moet onder toesig van die onderwyser en/of aangestelde toesighouer
   by jou skool gedoen word.
• Enige vorm van direkte kopiëring/plagiaat of van werk wat nie jou oorspronklike
   werk is nie, sal streng gepenaliseer word.
• 'n Verklaring van egtheid (BYLAE A) moet deur jou en die hooftoesighouer/
   onderwyser voltooi word.
• Werk moet op 'n deurlopende basis gedoen word, byvoorbeeld gedurende drie
   agtereenvolgende dae onder gekontroleerde omstandighede.

KRITERIA VIR DIE ONTWERPPRODUK (ONDERWERP 2)

Jy moet die volgende kriteria gebruik (verwys na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne):

•   Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Vertolking ten opsigte van die konsep en oplossings
    wat op die opdrag van toepassing is                                                      (10)
•   Bewyse van ontwerpbetrokkenheid: die gepaste gebruik van ontwerpelemente en
    -beginsels                                                                               (10)
•   Tegniek/Vakmanskap/Metode                                                                (10)
•   Die ontwerpoplossing met bewyse van ten minste 12 uur maar nie meer as
    24 uur se werk nie onder gekontroleerde omstandighede                                    (10)
•   Professionele aanbieding en funksionaliteit van die ontwerpoplossing                     (10)
                                                                                             [50]

                             TOTAAL: ONDERWERP 1 (50) + ONDERWERP 2 (50)                     100

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                22                        DBE/November 2017
                                         NSS

INSTRUKSIES AAN DIE ONDERWYSER
PRAKTIESE-EKSAMEN-ONDERWERP              1   (50   PUNTE)    EN   ONDERWERP           2
(50 PUNTE) – TAAK 7
1.      Hierdie praktiese eksamen bestaan uit EEN vraestel. Hierdie vraestel bestaan
        uit TWEE dele: ONDERWERP 1 (die eksamenbronboek/-werkboek, A3-grootte
        voorgestel) en ONDERWERP 2 (die finale praktiese eksamenproduk).
2.      Hierdie praktiese vraestel moet op Maandag 24 Julie 2017 aan die kandidate
        gegee word. Die finale inleweringsdatum sal Vrydag 20 Oktober 2017 wees.
3.      ONDERWERP 1 (ontwerpproses) het dieselfde gewigstoekenning as
        ONDERWERP 2 (die finale produk) en daarom moet genoeg tyd daaraan
        spandeer word sodat die belangrikheid daarvan erken sal word.
4.      Kandidate moet dus genoeg tyd hê om hulle ONDERWERP 1
        (voorbereiding/ontwerpproses) te doen. Die onderwyser mag slegs by hierdie
        voorafgaande voorbereidingsessie betrokke wees en nie by ONDERWERP 2
        nie. As gevolg van die voorbereidende aard van ONDERWERP 1 word
        kandidate toegelaat om by die huis te werk.
5.      Kandidate moet die ONDERWERP 1-bronboek/-werkboek as verwysingspunt
        gedurende hulle ONDERWERP 2-eksamen gebruik. Beide ONDERWERP 1- en
        ONDERWERP 2-eksamenwerk moet na voltooiing van die ONDERWERP 2-
        eksamen onmiddellik by die onderwyser/toesighouer ingedien word.
6.      Die onderwyser mag glad NIE die kandidaat op enige wyse tydens die finale
        vervaardiging van die ontwerpproduk (ONDERWERP 2) help NIE.
7.      Enige vorm van direkte kopiëring/plagiaat of werk wat nie die kandidaat se
        oorspronklike werk is nie, sal streng gepenaliseer word.
8.      ONDERWERP 2 moet op 'n deurlopende basis tydens kontaktyd gedoen
        word, byvoorbeeld in drie agtereenvolgende dae onder gekontroleerde
        omstandighede.
9.      ONDERWERP 2 moet by die kandidaat se eksamensentrum onder toesig van
        die onderwyser/toesighouer gedoen word. ONDERWERP 2-werk mag NIE tuis
        gedoen word NIE.
10.     ONDERWERP 2-werk mag onder GEEN omstandighede uit die eksamenlokaal
        verwyder word NIE.
11.     Elke provinsie sal die nasienproses vir ONDERWERP 1 (bronboek/werkboek)
        en ONDERWERP 2 (finale produk) bepaal. Skole sal, waar van toepassing, deur
        die provinsies van die datum, tyd en plek vir die inlewering van werk by die
        eksamensentrums in kennis gestel word.
12.     Die eksamen-ONDERWERP 1 moet professioneel in 'n bronboek/werkboek in
        albumformaat aangebied te word.
13.     Die bronboek/werkboek en finale produk moet netjies en duidelik benoem wees.
14.     ADDENDUM A moet volledig ingevul word en die skoolstempel moet in die
        toepaslike ruimte verskyn. Heg ADDENDUM A stewig aan die finale-
        eksamenwerk (bronboek/werkboek en/of finale produk).
Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                                      23                       DBE/November 2017
                                                               NSS

ASSESSERINGSRIGLYNE

                                                                                        GEWIGS-
                         UITKOMSTE                          VEREISTES                 TOEKENNING PUNTE
                                                                                          %

                       ONDERWERP 1                   Uitdrukking van bedoeling en         10

BRONBOEK/WERKBOEK
                      Die Ontwerpproses                      beredenering

                       Die kandidaat kan die
                       ontwerpproses vanaf              Bewyse van navorsing,             10
                       konseptualisering tot                                                            50
                                                     eksperimentering en besinning
                       realisering verstaan.

                                                       Bewyse van gedetailleerde          30
                                                   beplanning en aanbieding wat met
                                                     die finale konsep verband hou

                       ONDERWERP 2                   Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/       10
                       Ontwerpproduksie              Vertolking ten opsigte van die
                                                   konsep en oplossings wat met die
                        Die kandidaat kan 'n             opdrag verband hou
                      versameling werke in die
                        gekose dissipline(s)
                    produseer en aanbied, wat 'n
                             begrip van            Bewyse van ontwerpbetrokkenheid:       10

DIE FINALE PRODUK
                       ontwerpvaardighede en            die gepaste gebruik van
                      produksieprosesse toon.        ontwerpelemente en -beginsels

                                                     Tegniek/Vakmanskap/Metode            10            50

                                                   Die ontwerpoplossing met bewyse        10
                                                    van ten minste 12 uur, maar nie
                                                   meer as 24 uur se werk nie onder
                                                    gekontroleerde omstandighede

                                                      Professionele aanbieding en         10
                                                         funksionaliteit van die
                                                           ontwerpoplossing

                            TOTAAL                                                                     100

LET WEL:                     Onderwysers en nasieners moet na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne en
                             die PAT-riglyne vir gedetailleerde assesseringskriteria verwys.

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                                          DBE/November 2017
                                         NSS

BYLAE A

Hierdie bylae moet losgemaak, gekopieer, ingevul, geteken en aan die finale
eksamenwerk (bronboek/werkboek en/of finale produk) geheg word.

NOVEMBER 2017 BRONBOEK/WERKBOEK

1.      Naam van vak          ONTWERP
2.      Vakkode               DSGN

                             VERKLARING VAN EGTHEID
Hierdie werk is onder toesig en sonder enige hulp gedoen. Hiermee word gesertifiseer dat
alle werk ingehandig die oorspronklike en eie werk van die kandidaat is.
Sentrumnommer

Eksamennommer

Distrik/Kring

                                   Handtekeninge en datum             Skoolstempel
Kandidaat

Skoolhoof

Hooftoesighouer/Onderwyser

NOVEMBER 2017 FINALE PRODUK

1.      Naam van vak          ONTWERP
2.      Vakkode               DSGN

                             VERKLARING VAN EGTHEID
Hierdie werk is onder toesig en sonder enige hulp gedoen. Hiermee word gesertifiseer dat
alle werk ingehandig die oorspronklike en eie werk van die kandidaat is.
Sentrumnommer

Eksamennommer

Distrik/Kring

                                   Handtekeninge en datum             Skoolstempel
Kandidaat

Skoolhoof

Hooftoesighouer/Onderwyser

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Design P2 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2017-eng/75cd6f25-4fdd-40f1-a9cc-bbbc2303c2a3) — Design · QP · 2017 · Eng
- [Design P1 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2017-afr/c24d8251-5866-4004-b0db-b1e08e25af5a) — Design · QP · 2017 · Afr
- [Design P1 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2017-eng/e2f1d829-f1ae-4291-b982-8827ebd5f953) — Design · QP · 2017 · Eng
- [Design P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2023-afr/5cc4f4cc-3644-4b70-b21a-dbe6de6bd8f8) — Design · QP · 2023 · Afr
- [Design P2 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2023-eng/d2ba454b-0791-4d1a-b363-b39394810293) — Design · QP · 2023 · Eng
- [Design P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2021-afr/c7602bb4-9de0-4fcf-9f32-2de77bf6fc5f) — Design · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-mg-afr/ccc80683-987a-4611-994f-f9eff5587a50) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/79defddf-f99d-45c8-840b-73877abd8f11) — Memo · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/a85d8220-5a26-4f17-990e-081cb336014f) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2024-eng/e3c099fa-b074-4932-aa7e-cbc7e78a1e3e) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
