# Design Grade 12 P2 NSC November 2018 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Design Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2018-afr/8a201594-168b-42d0-961c-4e691d059a18
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 P2 NSC November 2018 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2018-afr/8a201594-168b-42d0-961c-4e691d059a18)

## About this document

Design · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    NASIONALE
                                SENIOR SERTIFIKAAT

                                         GRAAD 12

                                       ONTWERP V2

                                        (PRAKTIES)

                              20 JULIE–19 OKTOBER 2018

PUNTE: 100

TYD: ONDERWERP 1:            Praktiese proses/voorbereiding gedurende die 3de kwartaal
                             by die skool en/of tuis [50]
       ONDERWERP 2:          Praktiese     produk     gedoen  onder   gekontroleerde
                             omstandighede SLEGS by die skool: 'n minimum van
                             12 uur en 'n maksimum van 24 uur nadat ONDERWERP 1
                             voltooi is [50]

                     Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye en 1 bylae.
                       Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                 2                      DBE/November 2018
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

         ONDERWERP 1:        Die eksamenbronboek/-werkboek        (50 punte)
         ONDERWERP 2:        Die finale praktiese eksamenproduk   (50 punte)

         TOTAAL: 100 punte

2.       Die vraestel het TWEE opdragte/temas. Kies EEN of KOMBINEER DIE
         TWEE OPSIES.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                        3           DBE/November 2018
                                 NSS

OPDRAG/TEMA 1: PLANEET AARDE

        PLANET EARTH

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                 4                          DBE/November 2018
                                          NSS

       Die een ding wat ons almal deel, is PLANEET AARDE. – Wendell Berry

Ons word elke dag deur Moeder Aarde se unieke en manjifieke skoonheid begroet.

Die planeet Aarde lyk nie meer soos 'n misterieuse en onontdekte stelsel nie. Die
mensdom het oor miljoene jare die planeet stadig uitgebuit en sy natuurlike hulpbronne
geplunder. Die grootste gedeelte van ons planeet gaan nou gebuk onder 'n wye reeks
omgewingskwessies.

Die vinnige tempo van verandering op die planeet Aarde dwing ons om met nuwe oë
na die wêreld, en ons plek daarin, te kyk. Die millennials (kinders wat in die vroeë
2000's gebore is) van vandag verlang na 'n wêreld voor industrieë en tegnologie.

Daar moet dringend aan sleutelkwessies aandag gegee word.

Ons moet die volgende generasie wetenskaplikes, bioloë en ontwerpers help om
oplossings te vind vir die kwessies wat ons planeet konfronteer.
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                 5                         DBE/November 2018
                                          NSS

Die illustrasies hierbo beklemtoon die mens in vennootskap met die planeet, eerder as
om in beheer te wees. Die mensdom moet hul plek in hierdie simbiotiese, biodiverse
ekosisteem respekteer sodat dit vir mense in die toekoms bewoonbaar bly.

Stephan Hawking, wêreldberoemde teoretiese fisikus, het die volgende geglo:

Die mens sal binne die volgende duisend jaar of so die planeet Aarde onbewoonbaar
maak en binne 'n miljard jaar van nou af sal die Aarde 'n baie warm, droë en
onbewoonbare planeet wees. Op die een of ander manier sal ons planeet waarskynlik
in die toekoms vir die mensdom onbewoonbaar word. Ons moet ernstig begin besin
oor hoe ons ons van die beperkinge van hierdie sterwende planeet gaan bevry.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                  6                          DBE/November 2018
                                           NSS

DIE OPDRAG/TEMA:

Skep 'n oorspronklike omgewing en/of sosiale ontwerpoplossing gebaseer op PLANEET
AARDE wat 'n bewustheid skep van die kwesbare skoonheid wat ons omring.

Gebruik een of meer van die ontwerpkategorieë hieronder vir jou ontwerpoplossing.

•   VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTINGSONTWERP EN/OF DIGITALE ONTWERP

    Skep bewustheid van ons pogings om die planeet Aarde te red/vernietig. Gebruik 'n
    advertensiebord, plakkaat, webtuiste-ontwerp, brosjure, plakker, boekillustrasie,
    animasie, verpakkingsontwerp, graffiti, ens.

•   OPPERVLAKONTWERP EN TWEEDIMENSIONELE KUNSHANDWERKONTWERP

    Interpreteer die tema Planeet Aarde deur op binne- en buite-oppervlakke te fokus,
    soos stoffering, mosaïek-ontwerpe, muurpapier, matte en muurafwerkings. Jou
    ontwerpoplossings moet daarop fokus om 'n bewustheid te skep van die kwesbare
    skoonheid wat ons omring.

•   PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE KUNSHANDWERKONTWERP

    Produkte moet ontwerp word om mense oor volhoubaarheid en die gebruik van
    omgewingsvriendelike materiaal in te lig: ligte, stoele, rakke, kussings, skoene,
    meubels, eetgerei, juweliersware, klere, ens. Dit kan ook 'n viering van die skoonheid
    van die Aarde wees.

•   OMGEWINGSONTWERP

    Om die volgende generasie wetenskaplikes en bioloë te help om die wêreld te
    herstel, moet ons ons koolstofvoetspoor verklein en ontwerpe skep wat nie besoedel
    of die ekosisteem of ons gesondheid negatief beïnvloed nie. Byvoorbeeld, ontwerp 'n
    ekovriendelike omgewingsmodel wat met gesondheid te doen het: 'n hospitaal, 'n
    ontvlugtingsoord; opvoeding: 'n eko-skool; interaktiewe museum en/of groen
    argitektoniese ruimtes: 'n groen muur of turfdakgebou, dakwoningtuine, ens.

MOENIE die voorbeelde wat verskaf word, kopieer NIE.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                        7                DBE/November 2018
                                 NSS

VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTINGSONTWERP EN/OF DIGITALE ONTWERP

Kopiereg voorbehou                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                        8           DBE/November 2018
                                 NSS

OPPERVLAKONTWERP EN TWEEDIMENSIONELE KUNSHANDWERKONTWERP

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                        9            DBE/November 2018
                                 NSS

PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE KUNSHANDWERKONTWERP

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                        10          DBE/November 2018
                                 NSS

OMGEWINGSONTWERP

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                           11           DBE/November 2018
                                    NSS

OPDRAG/TEMA 2: ONKONVENSIONELE ONTWERP

  UN                        UN
   CONVENTIONAL
    DESIGN  UN DESIGN
CONVENTIONAL DESIGN
   UN CONVENTIONAL
DESIGN UN CONVENTIONAL DESIGN UN
UN CONVENTIONAL DESIGN
                UN CONVENTIONAL                   DESIGN
UN                         CONVENTIONAL DESIGN         UN
CONVENTIONAL DESIGN

UN CONVENTIONAL DESIGN        UN CONVENTIONAL
DESIGN                UN     UN CONVENTIONAL
DESIGN UN CONVENTIONAL DESIGN                     UNCON

    UN CON            VENTIONAL DESIGN                           UN
CON              VENTIONAL DESIGN UN CONVENTIONAL

VENTIONAL                     UN CONVENTIONAL   DESIGN
Kopiereg voorbehou                                  Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                12                         DBE/November 2018
                                         NSS

Beperkings wat deur die ekonomiese resessie en omgewingskrisis veroorsaak is, het tot
'n herbesinning van ontwerp, ontwerpprodukte en -prosesse bygedra. Miskien moet ons
nou, in 'n tydperk van diep ekonomiese angs en probleme, ons ONKONVENSIONELE
ONTWERP-neigings aangryp omdat dit lewe, kreatiwiteit, entrepreneurskap en skoonheid
skep deur die gebruik van alternatiewe, onkonvensionele materiaal.
Vanuit 'n besigheidsoogpunt kan die gebruik van onkonvensionele, herwinbare en
hernude ('upcycled') materiaal en konstruksiemetodes moontlikhede bied vir die skep en
ontwikkel van nuwe, innoverende, opwindende ontwerpprodukte en meer
entrepreneursgeleenthede bied.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                  13                          DBE/November 2018
                                           NSS

Onkonvensionele ontwerp moedig herwinning en hernuwing aan, wat algemene
kreatiewe oplossings is wat in verarmde gebiede gebruik word.

Let op die innoverende gebruik van kartondose, plastiekkratte, plastiek- en glasbottels,
en houtstapelborde ('pallets') in die visuele beelde hieronder.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                  14                         DBE/November 2018
                                           NSS

DIE OPDRAG/TEMA:

Skep 'n ontwerp in een of meer van die ontwerpkategorieë hieronder wat die tema
ONKONVENSIONELE ONTWERP op 'n oorspronklike en kreatiewe manier interpreteer.

Gebruik een of meer van die ontwerpkategorieë hieronder vir jou ontwerpoplossing.

•   VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTINGSONTWERP EN/OF DIGITALE ONTWERP

    Die fokus kan op handelsmerke ('branding') vir 'n onkonvensionele winkel/besigheid
    wees, bv. 'n logo, briefhoof, plakkate, webtuiste-ontwerp, brosjure en promosie-items;
    onkonvensionele of avant-garde maniere om 'n boodskap oor te dra met gebruik van
    oorspronklike tipografie, innoverende prosesse, materiaal en visuele beelde by die
    aanbied van kreatiewe ontwerpoplossings.

•   OPPERVLAKONTWERP EN TWEEDIMENSIONELE KUNSHANDWERKONTWERP

    Jy kan kies om muurpapier, tekstiele, mosaïek, stoffering, gordyne en bedekking van
    vloere, plafonne en mure met onkonvensionele materiaal of tegnieke te skep.

•   PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE KUNSHANDWERKONTWERP

    Ontwerp enige onkonvensionele produk, bv. ongewone of eksentrieke kussings, ligte,
    stoele, rakke, skoene, meubels, eetgerei, juweliersware, lampe, klere, handsakke en
    bykomstighede. Oorweeg jou keuse van materiaal noukeurig.

•   OMGEWINGSONTWERP

    Jy kan oorweeg om 'n werklike opslaan('pop-up')-winkel of -uitstalruimte te skep. Dink
    aan die gebruik van natuurlike en/of kunsmatige lig om jou uitstalruimte en produkte
    te beklemtoon. Wees innoverend met die gebruik van materiaal, oorweeg die gebruik
    van herwinde en hernude ('upcycled') materiaal, soos karton, plastiek, blik,
    houtstapelborde ('pallets') en tweedehandse skeepshouers. Moenie die kreatiewe
    moontlikhede van platverpakte kartondose as boumateriaal onderskat nie. Jy kan 'n
    model vir 'n ongewone openbare ruimte, bv. 'n park, plein, lughawe en waterfront
    skep.

MOENIE die voorbeelde wat verskaf word, kopieer NIE.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                        15               DBE/November 2018
                                 NSS

VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTINGSONTWERP EN/OF DIGITALE ONTWERP

Kopiereg voorbehou                                   Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                        16          DBE/November 2018
                                 NSS

OPPERVLAKONTWERP EN TWEEDIMENSIONELE KUNSHANDWERKONTWERP

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                        17           DBE/November 2018
                                 NSS

PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE KUNSHANDWERKONTWERP

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                        18          DBE/November 2018
                                 NSS

OMGEWINGSONTWERP

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                   19                          DBE/November 2018
                                            NSS

VEREISTES

AFDELING A

ONDERWERP 1: DIE ONTWERPPROSES [50]

1.       Alle proses-/voorbereidingswerk vir jou ontwerp moet in 'n bronboek/
         werkboek getoon word.

2.       Dit sal die prosesse vanaf konseptualisering tot realisering behels.

3.       Deeglike ondersoek van probleme wat deur die ontwerpopdrag gestel word,
         moet getoon word.

4.       Die bronboek/werkboek moet in die vorm van 'n album aangebied word
         (dit wil sê in boekvorm).

5.       Dit moet maklik kan oopmaak en moet bladsye hê wat maklik omblaai.

6.       Die bronboek/werkboek moet van 'n ligte materiaal gemaak word sodat dit
         maklik vervoer kan word na 'n sentrale plek waar werk gemodereer word.

7.       Maak seker dat die bronboek/werkboek professioneel aangebied word.

LET WEL:

•    Aangesien ONDERWERP 1 (voorbereiding) dieselfde puntetoekenning as
     ONDERWERP 2 (die finale produk) het, moet genoeg tyd daarvoor toegelaat word
     om die belangrikheid daarvan te erken.
•    Jou onderwyser mag by hierdie voorafgaande voorbereidingsessie (slegs
     ONDERWERP 1) betrokke wees.
•    Jy mag tuis werk.

KRITERIA VIR DIE ONTWERPPROSES (ONDERWERP 1)

Jy moet die volgende aanbied (verwys na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne):

•    Uitdrukking van intensie/bedoeling en beredenering                                         (10)
•    Bewyse van navorsing, eksperimentering en besinning                                        (10)
•    Bewyse van gedetailleerde beplanning en aanbieding wat met die finale konsep
     verband hou                                                                                (30)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                 20                        DBE/November 2018
                                          NSS

AFDELING B

ONDERWERP 2: DIE FINALE PRODUK [50]

Alhoewel daar aanbeveel word dat 'n tweedimensionele ontwerp NIE groter as
A2-grootte moet wees NIE, word kandidate se werk nie ten opsigte van grootte
beperk nie.

Die grootte van 'n driedimensionele ontwerp sal afhang van die funksie van die
voorwerp wat gemaak word. Hou in gedagte dat die finale produk moontlik na 'n
sentrale nasiensentrum vervoer sal moet word.

LET WEL:

•   Jou onderwyser mag jou glad NIE gedurende die finale vervaardiging van die
    ontwerp help NIE.
•   ALLE werk moet onder toesig van die onderwyser en die aangestelde toesighouer
    by jou skool gedoen word.
•   Enige vorm van direkte kopiëring/plagiaat of van werk wat nie jou oorspronklike
    werk is nie, sal streng gepenaliseer word.
•   'n Verklaring van egtheid (BYLAE A) moet deur jou, die hooftoesighouer en die
    onderwyser voltooi word.
•   Werk moet op 'n deurlopende basis gedoen word, bv. op drie agtereenvolgende
    dae onder gekontroleerde omstandighede.

KRITERIA VIR DIE ONTWERPPRODUK (ONDERWERP 2)

Jy moet die volgende kriteria gebruik (verwys na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne):

•   Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Vertolking ten opsigte van die konsep en oplossings
    wat op die opdrag van toepassing is                                                      (10)
•   Bewyse van ontwerpbetrokkenheid: die gepaste gebruik van ontwerpelemente en
    -beginsels                                                                               (10)
•   Tegniek/Vakmanskap/Metode                                                                (10)
•   Die ontwerpoplossing met bewyse van ten minste 12 uur, maar nie meer as
    24 uur nie, se werk onder gekontroleerde omstandighede                                   (10)
•   Professionele aanbieding en funksionaliteit van die ontwerpoplossing                     (10)
                                                                                             [50]

                              TOTAAL: ONDERWERP 1 (50) + ONDERWERP 2 (50)                    100

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                 21                         DBE/November 2018
                                          NSS

INSTRUKSIES AAN DIE ONDERWYSER
PRAKTIESE EKSAMEN ONDERWERP 1 (50 PUNTE) EN ONDERWERP 2
(50 PUNTE) – TAAK 7
1.      Hierdie praktiese eksamen bestaan uit EEN vraestel. Hierdie vraestel bestaan
        uit TWEE dele: ONDERWERP 1 (die eksamenbronboek/-werkboek) en
        ONDERWERP 2 (die finale praktiese eksamenproduk).
2.      Hierdie praktiese vraestel moet op Vrydag 20 Julie 2018 aan die kandidate
        gegee word. Die finale inleweringsdatum sal Vrydag 19 Oktober 2018 wees.
3.      ONDERWERP 1 (ontwerpproses) het dieselfde gewigstoekenning as
        ONDERWERP 2 (die finale produk) en daarom moet genoeg tyd daaraan
        bestee word om die belangrikheid daarvan te erken.
4.      Kandidate moet dus genoeg tyd hê om hulle ONDERWERP 1 (ontwerpproses)
        te doen. Die onderwyser mag slegs by hierdie voorafgaande
        voorbereidingsessie betrokke wees en NIE by ONDERWERP 2 NIE. As gevolg
        van die voorbereidende aard van ONDERWERP 1 word kandidate toegelaat
        om by die huis te werk.
5.      Kandidate     moet   gedurende hulle  ONDERWERP 2-eksamen        die
        ONDERWERP 1-bronboek/-werkboek as verwysingspunt gebruik. Beide
        ONDERWERP 1- en ONDERWERP 2-eksamenwerk moet onmiddellik na
        voltooiing van die ONDERWERP 2-eksamen by die onderwyser/toesighouer
        ingelewer word.
6.      Die onderwyser mag glad NIE die kandidaat op enige wyse tydens die finale
        vervaardiging van die ontwerpproduk (ONDERWERP 2) help NIE.
7.      Enige vorm van direkte kopiëring/plagiaat of werk wat nie die kandidaat se
        oorspronklike werk is nie, sal streng gepenaliseer word.
8.      ONDERWERP 2 moet op 'n deurlopende basis tydens kontaktyd gedoen
        word, bv. op drie agtereenvolgende dae onder gekontroleerde omstandighede.
9.      ONDERWERP 2 moet by die kandidaat se eksamensentrum onder toesig van
        die onderwyser/toesighouer gedoen word. ONDERWERP 2-werk mag NIE tuis
        gedoen word NIE.
10.     ONDERWERP 2-werk mag onder               GEEN     omstandighede      uit   die
        eksamensentrum verwyder word NIE.
11.     Elke provinsie sal die nasienproses van ONDERWERP 1 (bronboek/werkboek)
        en ONDERWERP 2 (finale produk) bepaal. Skole sal, waar van toepassing,
        deur die provinsies van die datum, tyd en plek vir die inlewering van werk by
        die eksamensentrums in kennis gestel word.
12.     Die eksamen-ONDERWERP 1 moet professioneel in 'n bronboek/werkboek in
        albumformaat aangebied te word.
13.     Die bronboek/werkboek en finale produk moet netjies en duidelik benoem
        word.
14.     BYLAE A moet volledig ingevul word en die skoolstempel moet in die
        toepaslike ruimte verskyn. Heg BYLAE A stewig aan die finale eksamenwerk
        (bronboek/werkboek en/of finale produk).

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                                     22                          DBE/November 2018
                                                              NSS

ASSESSERINGSRIGLYNE

                                                                                         GEWIGS-
                       UITKOMSTE                          VEREISTES                    TOEKENNING PUNTE
                                                                                           %

BRONBOEK/WERKBOEK
                     ONDERWERP 1                   Uitdrukking van bedoeling en
                                                           beredenering                    10
                    Die Ontwerpproses

                     Die kandidaat kan die
                     ontwerpproses vanaf             Bewyse van navorsing,
                     konseptualisering tot        eksperimentering en besinning            10          50
                     realisering verstaan.

                                               Bewyse van gedetailleerde beplanning
                                                 en aanbieding wat met die finale          30
                                                       konsep verband hou

                     ONDERWERP 2                   Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/
                     Ontwerpproduksie          Vertolking ten opsigte van die konsep
                                                                                           10
                                                en oplossings wat met die opdrag
                      Die kandidaat kan 'n                  verband hou
                    versameling werke in die
                      gekose dissipline(s)
                     produseer en aanbied,      Bewyse van ontwerpbetrokkenheid:

DIE FINALE PRODUK
                        wat 'n begrip van
                                                     die gepaste gebruik van               10
                     ontwerpvaardighede en
                    produksieprosesse toon.       ontwerpelemente en -beginsels

                                                   Tegniek/Vakmanskap/Metode               10          50

                                                Die ontwerpoplossing moet bewyse
                                               van ten minste 12 uur, maar nie meer
                                                                                           10
                                                   as 24 uur se werk nie, onder
                                                gekontroleerde omstandighede toon

                                                   Professionele aanbieding en
                                                      funksionaliteit van die              10
                                                        ontwerpoplossing

                          TOTAAL                                                                      100

LET WEL:                     Onderwysers en nasieners moet na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne en
                             die PAT-riglyne vir gedetailleerde assesseringskriteria verwys.

Kopiereg voorbehou

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                                          DBE/November 2018
                                         NSS

BYLAE A

Hierdie bylae moet losgemaak, gekopieer, ingevul, geteken en aan die finale
eksamenwerk (bronboek/werkboek en/of finale produk) geheg word.

NOVEMBER 2018-BRONBOEK/WERKBOEK

1.      Naam van vak          ONTWERP
2.      Vakkode               DSGN

                             VERKLARING VAN EGTHEID

Hierdie werk is onder toesig en sonder enige hulp gedoen. Hiermee word gesertifiseer dat
alle werk wat ingelewer is, die oorspronklike en eie werk van die kandidaat is.

Sentrumnommer
Eksamennommer
Distrik/Kring
                                   Handtekening en datum              Skoolstempel
Kandidaat
Skoolhoof
Hooftoesighouer/Onderwyser

NOVEMBER 2018 FINALE PRODUK

1.      Naam van vak          ONTWERP
2.      Vakkode               DSGN

                             VERKLARING VAN EGTHEID

Hierdie werk is onder toesig en sonder enige hulp gedoen. Hiermee word gesertifiseer dat
alle werk wat ingelewer is, die oorspronklike en eie werk van die kandidaat is.

Sentrumnommer
Eksamennommer
Distrik/Kring
                                   Handtekening en datum              Skoolstempel
Kandidaat
Skoolhoof
Hooftoesighouer/Onderwyser

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Design P2 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2018-eng/b58900a6-4981-498f-b576-e1e45d42bc96) — Design · QP · 2018 · Eng
- [Design P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2018-afr/169b2964-39b3-4515-b57f-66898ced700e) — Design · QP · 2018 · Afr
- [Design P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2018-eng/0b1b788b-b2c9-49d9-8650-eb8fe7721c37) — Design · QP · 2018 · Eng
- [Design P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2023-afr/5cc4f4cc-3644-4b70-b21a-dbe6de6bd8f8) — Design · QP · 2023 · Afr
- [Design P2 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2023-eng/d2ba454b-0791-4d1a-b363-b39394810293) — Design · QP · 2023 · Eng
- [Design P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2021-afr/c7602bb4-9de0-4fcf-9f32-2de77bf6fc5f) — Design · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-mg-afr/ccc80683-987a-4611-994f-f9eff5587a50) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/79defddf-f99d-45c8-840b-73877abd8f11) — Memo · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/a85d8220-5a26-4f17-990e-081cb336014f) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2024-eng/e3c099fa-b074-4932-aa7e-cbc7e78a1e3e) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
