# Design Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Design Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2023-afr/5cc4f4cc-3644-4b70-b21a-dbe6de6bd8f8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 P2 NSC November 2023 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2023-afr/5cc4f4cc-3644-4b70-b21a-dbe6de6bd8f8)

## About this document

Design · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    NASIONALE
                                SENIOR SERTIFIKAAT

                                         GRAAD 12

                                       ONTWERP V2

                                        (PRAKTIES)

                              21 JULIE–23 OKTOBER 2023

PUNTE: 100

TYD: ONDERWERP 1:            Praktiese proses/voorbereiding gedurende 3de kwartaal
                             by die skool en/of tuis [50]
       ONDERWERP 2:          Finale    praktiese     produk   onder     gekontroleerde
                             omstandighede SLEGS by die skool gedoen: 'n maksimum
                             van 24 uur gedurende die 4de kwartaal [50]

                     Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye en 1 bylae.
                       Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                 2                    DBE/November 2023
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

         ONDERWERP 1:       Die eksamenbronboek/werkboek       (50 punte)
         ONDERWERP 2:       Die finale eksamen-ontwerpproduk   (50 punte)

         TOTAAL: 100 punte

2.       Hierdie vraestel het TWEE opdragte/temas. Kies EEN van die twee
         opsies.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                    3                           DBE/November 2023
                                             NSS

OPDRAG/TEMA 1: ONTWERP VIR MAATSKAPLIKE WELSYN

DIE OPDRAG:
Die Aryan Benevolent Home (ABH), wat in 1921 gestig is, is 'n organisasie sonder
winsoogmerk (OSW) ('NPO') en ook 'n openbare voordeelorganisasie ('PBO') wat in
Chatsworth, Durban, geleë is. ABH is 'n maatskaplikewelsynsorganisasie wat 'n
toevlugsoord vir kwesbare en hawelose mense is. Hulle het agt fasiliteite wat 24-uur-
dienste aanbied om verwaarloosde, mishandelde of weeskinders, bejaardes, slagoffers
van huishoudelike geweld, en andersbevoegde persone te versorg. ABH het 'n teater,
'n leersentrum, eetsaal en nasorggeriewe vir ouer kinders. Die tehuis het ook 'n
geakkrediteerde gesondheidsorg-opleidingsprogram wat versorgers in die
gemeenskap bemagtig met vaardighede om bejaardes en siekes te versorg.
Anders as ander organisasies sonder winsoogmerk, sukkel die ABH om geld in te
samel om voort te gaan om die lewens van die inwoners te verryk. Boonop moet baie
van hulle geriewe opgeknap en/of gerestoureer word. Hierdie geriewe vereis
innoverende ontwerpoplossings om die verskillende aspekte van hulle bestaande
geriewe te herontwerp, terwyl hulle ook die omgewing van die ABH voortdurend
verbeter. Jy mag ook heeltemal nuwe ontwerpoplossings skep wat waarde by die werk
van die ABH sal voeg.
Gebaseer op die ABH se bestaande missiebeginsels, skep ('n) geïnspireerde
innoverende ontwerpoplossing(s) vir die ABH. Jou ontwerp kan help om fondse
in te samel, die omgewing van die tehuis te verbeter en/of die tehuis te hernuwe.
Anders kan jy ontwerpoplossings skep wat waarde voeg by enige ander
bestaande OSW/'PBO' in jou provinsie, wat soortgelyke werk as die Aryan
Benevolent Home (ABH) doen.
GEVALLESTUDIE: Aryan Benevolent Home (ABH)
Daar word van jou verwag om navorsing te doen oor die Aryan Benevolent
Homes, hulle doel, missie en die geskiedenis van die ontstaan daarvan asook die
verskillende ontwerpe wat dit kan inspireer. Soek op die internet en bestudeer
webtuistes van ander organisasies wat eenders as die ABH is om jou met jou
navorsing te help. Hierdie navorsing moet as deel van jou bronboek/werkboek van
Onderwerp 1 aangebied word. Verwys na die kriteria vir die ontwerpproses en finale
produk saam met die assesseringsriglyne.
Skep 'n Visuele Kommunikasie/Inligtingsontwerp- en/of Digitale Ontwerp-
oplossing wat die hernuwing van die handelsmerk van die bestaande korporatiewe
identiteit van die ABH kan insluit. Dit kan bestaan uit 'n logo, briefhoof en
besigheidskaartjie. Jy kan ook verpakking vir kospakkies, 'n kort promosievideo van
die ABH, en 'n T-hemp- of oortrektruiontwerp vir vrywilligers van die tehuis, ens. insluit.
'n Ander moontlikheid is 'n plakkaatveldtog (met 'n reeks plakkate) wat die verskillende
fasiliteite/geriewe van die ABH, bv. die Pattundeen Teater of die ABH
Liefdadigheidswinkel, bevorder. Ontwerpers kan ook die ABH se bestaande
sosialemediabladsye, soos Facebook en             Instagram, herontwerp. Jy kan ook
navigasietekens ontwerp wat besoekers en inwoners help om hulle weg in die ABH-
fasiliteite te vind, bv. aanduidings oor waar die Educare Sentrum of die eetsaalgeriewe
geleë is.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                   4                            DBE/November 2023
                                            NSS

Skep 'n Oppervlakontwerp- of Tweedimensionele Kunsvlytontwerp-oplossing wat
die bestaande fasiliteite van die ABH verbeter, bv. muurpapier vir gemeenskaplike
areas en slaapkamers, tekstielmateriaal wat vir gordyne, duvetoortreksels, stoele en
kinderbeddens, voorskootontwerpe vir kombuispersoneel of versorgers se uniforms
gebruik kan word. Dit kan ook 'n oppervlakpatroonoplossing wees wat bejaarde
pasiënte met dementia kan help om te onthou waar om voorwerpe in hulle kamers te
vind of wat Educare Sentrum-leerders help om te lees.

Skep 'n Produkontwerp- of Driedimensionele Kunsvlytontwerp-oplossing wat by
die ABH Liefdadigheidswinkel of kuriositeitwenkel gekoop kan word wat deel is van
die ABH se fondsinsamelingsinisiatiewe en spesifieke geleenthede, soos die jaarlikse
Radioton of die gala-ete vir fondsinsamelingsdoeleindes. Jy kan ook 'n produk ontwerp
wat in die fasiliteite gebruik kan ook word, bv. 'n naamplaatjie vir versorgers of skep 'n
innoverende multifunksionele gehekelde kombers vir inwoners wat van rolstoele
afhanklik is, wat die korporatiewe identiteitskleure van die ABH gebruik of
juweliersware wat die ABH-eeufees bevorder. Ontwerpers kan ook eetgerei en
breekgoed ontwerp wat in die eetsaal gebruik kan word, bedlampe vir inwoners en
speelkameritems. Kandelare vir die eetsaal of ander innoverende beligtingsoplossings
vir die ABH Rekenaarsentrum kan ook geskep word. Ontwerpers kan tradisionele
Afrika-kunsvlyttegnieke of -invloede gebruik om hierdie produkte te skep.

Skep 'n Omgewingsontwerp-oplossing soos 'n speelkamer vir die Educare Sentrum
of 'n sosialiseringsarea vir bejaarde inwoners. Ontwerp of knap die teaterruimte of
landskap op om waarde by die OSW/'PBO' te voeg. Hierdie fasiliteite help om 'n
gevoel van tuishoort en veiligheid by inwoners te skep.

WOORDELYS: ONTWERP VIR MAATSKAPLIKE WELSYN

Organisasie sonder winsoogmerk: 'n Organisasie sonder winsoogmerk is 'n groep
wat vir ander doelwitte as die skep van wins georganiseer is en wat geen deel van die
organisasie se inkomste aan hulle lede, direkteure of beamptes versprei nie.

Openbare voordeelorganisasie: Die verskil tussen 'n OSW en 'n 'PBO' is dat
laasgenoemde vir 'n 'public benefit organisation' (openbare voordeelorganisasie)
staan.

Toevlugsoord: Skuilplek/Beskerming of 'n veilige plek, veral vir iemand of iets wat
agtervolg of gejag word.

Andersbevoegde persoon: Andersbevoegdheid word dikwels beskryf met betrekking
tot 'n gebrek aan normale funksionering van fisiese, verstandelike of sielkundige
prosesse. Dit kan ook gedefinieer word as leerprobleme of probleme om sosiaal aan te
pas wat aan 'n persoon se normale groei en ontwikkeling gekoppel is.

MOENIE die voorbeelde wat gegee word, kopieer NIE.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                      5                  DBE/November 2023
                               NSS

VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTINGSONTWERP EN/OF DIGITALE ONTWERP

Kopiereg voorbehou                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                   6                 DBE/November 2023
                            NSS

OPPERVLAKONTWERP EN TWEEDIMENSIONELE KUNSVLYTONTWERP

Kopiereg voorbehou                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                    7                 DBE/November 2023
                             NSS

PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE KUNSVLYTONTWERP

Kopiereg voorbehou                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                   8          DBE/November 2023
                            NSS

OMGEWINGSONTWERP

Kopiereg voorbehou                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                   9          DBE/November 2023
                            NSS

Kopiereg voorbehou                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                   10                          DBE/November 2023
                                            NSS

OPDRAG/TEMA 2: ONTWERP VIR 'N EKO-LODGE

DIE OPDRAG:
Eko-lodges (omgewingsvolhoubare verblyf) is vinnig besig om gewild te word soos
wat reisigers daarna kyk om te help om die omgewing te bewaar en om tot plaaslike
ekonomieë by te dra. Anders as eko-lodges, het tradisionele hotelle, losieshuise en
wildsplase 'n negatiewe invloed op die omgewing. Die skep van eko-lodges saam met
groen reis gee reisigers die opsie om hulle omgewings positief te verbeter terwyl hulle
die skoonheid van die natuur ervaar en die volhoubaarheid van die Aarde se
hulpbronne verseker. Eko-toerisme is meer as die installering van sonkragstelsels en
die vermindering van afval; dit het gegroei om ook gemeenskapsontwikkeling en die
beskerming van inheemse kulturele tradisies in te sluit. Plaaslike gemeenskappe word
aan     verbeterde     werksgeleenthede,     infrastruktuurontwikkeling   en     beter
gemeenskapshulpbronne en fasiliteite blootgestel.
Skep 'n innoverende ontwerp/ontwerpproduk vir 'n eko-lodge wat die invloed
wat dit op die omgewing en die gemeenskap het, aanpak.
Doen navorsing oor eko-lodges in Suid-Afrika en in die buiteland. Verwys na eko-
bewuste reisblogs en artikels wat die invloed van toerisme op die omgewing bespreek.
Wat maak dit anders as die gewone vakansielodge? Hoe gaan jy jou eko-lodge-
konsepte/-ontwerpe by toeriste aanbeveel of aan hulle verkoop? Hierdie navorsing
moet as deel van jou bronboek/werkboek vir ONDERWERP 1 aangebied word.
Verwys na die kriteria van die ontwerpproses en finale produk saam met die relevante
assesseringsriglyne.
WENK: Definieer die tipe eko-lodge wat jy gaan ontwerp. Gebruik 'n
spinnekopdiagram en wees spesifiek oor waar dit geleë is, wie die klandisie
gaan wees en wat die missie van die eko-lodge sal wees.
Skep 'n Visuele Kommunikasie-/Inligtingsontwerp- en/of Digitale Ontwerp-
oplossing wat 'n eko-lodge kan gebruik OF wat eko-reis bevorder. Byvoorbeeld, skep
of oorweeg 'n korporatiewe identiteit vir 'n eko-lodge wat pasgemaak (na bestelling
gemaak) en omgewingsvriendelik is. Dit kan 'n logo, briefhoof, besigheidskaartjie,
verpakking, brosjure, 'n kort video-advertensie wat die etiek van die eko-lodge
bevorder OF omgewingsvriendelike naamborde vir 'n eko-lodge insluit.
Skep 'n Oppervlakontwerp- of Tweedimensionele Kunsvlytontwerp-oplossing wat
eko-vriendelik is, wat eko-toerisme bevorder en wat deur 'n eko-lodge van jou keuse
gebruik kan word. Byvoorbeeld, verskillende muurpapier wat die missie/etos van die
tipe eko-lodge wat jy gekies het spesifiek interpreteer, tekstielmateriaal of enige ander
oppervlakpatroonoplossings wat die probleme wat deur toerisme geskep is, aanpak of
wat eko-toerisme bevorder.
Skep 'n Produkontwerp- of 'n Driedimensionele Kunsvlytontwerp-oplossing vir
gebruik deur 'n eko-lodge wat die probleme van volhoubaarheid in ag sal neem deur
gaste in te lig oor die belangrikheid van 'n eko-leefstyl, bv. 'n bioafbreekbare
skouersak met die eko-lodge se korporatiewe identiteit daarop. Jy kan ook meubels of
breekware van volhoubare materiaal ontwerp of wat plaaslike kulturele style en
tegnieke, ens. bevorder.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                  11                         DBE/November 2023
                                           NSS

Skep 'n Omgewingsontwerp-oplossing wat in 'n eko-lodge geïntegreer kan word wat
die aandag na eko-toerisme sal lei, bv. 'n 'groen' badkamer met 'n kalm en rustige
atmosfeer, gebou met volhoubare materiaal en waterbeperkings wat in ag geneem is.
Die water uit die badkamer kan versamel word vir gebruik in die tuin. Jy kan 'n
pasgemaakte argitektoniese model van 'n eko-lodge of 'n vensteruitstalling wat jou
eko-lodge adverteer, ontwerp en skep.

Verwys na die kriteria vir die ontwerpproses en finale produk saam met die
assesseringsriglyne.

WOORDELYS: ONTWERP VAN 'N EKO-LODGE

Eko-lodge: Verblyf wat bewustelik 'n poging aanwend om die omgewing te bewaar en
tot plaaslike ekonomieë by te dra terwyl die invloed op die natuur en plaaslike
bevolkings geminimaliseer word

Eko-toerisme: 'n Toerismesektor wat omgewings- en maatskaplik verantwoordelike
reis bevorder

Groen reis: 'n Manier om te reis wat positief tot die omgewing bydra terwyl die volheid
en skoonheid van die natuur gelyktydig ervaar word

Infrastruktuur: Die beboude omgewing

Sonkragstelsel: 'n Alternatiewe manier om elektrisiteit deur middel van sonkrag op te
wek

Onetiese toerisme: Toerisme wat doelbewus nie die instandhouding van die
omgewing en gemeenskappe waarmee dit saamwerk, in ag neem nie

Die visuele beelde/prentjies wat volg is voorbeelde wat produkte toon wat vir
eko-lodges in die verskillende ontwerpkategorieë ontwerp is.

MOENIE die voorbeelde wat gegee word, kopieer NIE.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                      12                 DBE/November 2023
                               NSS

VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTINGSONTWERP EN/OF DIGITALE ONTWERP

Kopiereg voorbehou                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                   13                DBE/November 2023
                            NSS

OPPERVLAKONTWERP EN TWEEDIMENSIONELE KUNSVLYTONTWERP

Kopiereg voorbehou                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                   14         DBE/November 2023
                            NSS

Kopiereg voorbehou                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                    15                DBE/November 2023
                             NSS

PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE KUNSVLYTONTWERP

Kopiereg voorbehou                                  Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                   16         DBE/November 2023
                            NSS

Kopiereg voorbehou                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                   17         DBE/November 2023
                            NSS

Kopiereg voorbehou                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                   18         DBE/November 2023
                            NSS

OMGEWINGSONTWERP

Kopiereg voorbehou                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                   19         DBE/November 2023
                            NSS

Kopiereg voorbehou                        Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                   20                          DBE/November 2023
                                            NSS

VEREISTES

AFDELING A

ONDERWERP 1: DIE ONTWERPPROSES [50]

1.       Alle proses-/voorbereidingswerk vir jou ontwerp moet in 'n bronboek/
         werkboek getoon word.

2.       Dit sal die prosesse vanaf konseptualisering tot realisering behels.

3.       Deeglike ondersoek van probleme wat deur die ontwerpopdrag gestel word,
         moet getoon word.

4.       Die bronboek/werkboek moet in die vorm van 'n album aangebied word
         (d.w.s. in boekvorm).

5.       Dit moet maklik kan oopmaak en moet bladsye hê wat maklik omblaai.

6.       Die bronboek/werkboek moet van ligte materiaal gemaak word sodat dit
         maklik vervoer kan word na 'n sentrale plek waar werk gemodereer word.

7.       Maak seker dat die bronboek/werkboek professioneel aangebied word.

LET WEL:
 Aangesien ONDERWERP 1 (proses/voorbereiding) dieselfde puntetoekenning as
   ONDERWERP 2 (die finale produk) het, moet genoeg tyd daarvoor toegelaat word
   om die belangrikheid daarvan te erken.
 Jou onderwyser mag by hierdie voorafgaande voorbereidingsessie betrokke wees
   (slegs ONDERWERP 1).
 Jy mag tuis werk (slegs ONDERWERP 1).

KRITERIA VIR DIE ONTWERPROSES (ONDERWERP 1)

Jy moet die volgende aanbied (verwys na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne):

    Uitdrukking van intensie/bedoeling en beredenering                                         (10)
    Bewyse van navorsing, eksperimentering                                                     (10)
    Bewyse van gedetailleerde beplanning                                                       (10)
    Bewyse van ontwikkeling en besinning/nadenke                                               (10)
    Aanbieding wat met die finale konsep verband hou                                           (10)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                 21                        DBE/November 2023
                                          NSS

AFDELING B

ONDERWERP 2: DIE FINALE PRODUK [50]

Alhoewel daar aanbeveel word dat 'n tweedimensionele ontwerp NIE groter as
A2-grootte moet wees NIE, word kandidate se werk nie ten opsigte van grootte
beperk nie.

Die grootte van 'n driedimensionele ontwerp sal afhang van die funksie van die
voorwerp wat gemaak word. Hou in gedagte dat die finale produk moontlik na 'n
sentrale nasiensentrum vervoer moet word, en jy moet dus aan moontlike probleme
dink wat tydens die vervoer daarvan kan opduik.

LET WEL:
 Jou onderwyser mag jou op GEEN manier gedurende die finale vervaardiging van
   die ontwerp help NIE.
 ALLE werk moet onder toesig van die onderwyser en/of aangestelde toesighouer
   by jou skool gedoen word.
 Enige vorm van direkte nabootsing/plagiaat of werk wat nie jou oorspronklike
   werk is nie, sal streng gepenaliseer word.
 'n Verklaring van egtheid (BYLAE A) moet deur jou en die hooftoesighouer/
   onderwyser voltooi word.
 Werk moet op 'n deurlopende basis gedoen word, bv. in drie opeenvolgende dae
   onder gekontroleerde omstandighede.

KRITERIA VIR DIE ONTWERPPRODUK (ONDERWERP 2)

Jy moet die volgende kriteria gebruik (verwys na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne):

   Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Vertolking ten opsigte van die konsep en oplossings
    wat op die opdrag van toepassing is                                                      (10)
   Bewyse van ontwerpbetrokkenheid: die gepaste gebruik van ontwerpelemente en
    -beginsels                                                                               (10)
   Tegniek/Vakmanskap/Metode                                                                (10)
   Die ontwerpoplossing met bewyse van 'n maksimum van 24 uur se werk onder
    gekontroleerde omstandighede                                                             (10)
   Professionele aanbieding en funksionaliteit van die ontwerpoplossing                     (10)
                                                                                             [50]

                             TOTAAL: ONDERWERP 1 (50) + ONDERWERP 2 (50):                    100

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Ontwerp/V2                                 22                        DBE/November 2023
                                          NSS

INSTRUKSIES AAN DIE ONDERWYSER
PRAKTIESE EKSAMEN: ONDERWERP 1 (50 PUNTE) EN ONDERWERP 2
(50 PUNTE) – TAAK 7
1.      Hierdie praktiese eksamen bestaan uit TWEE dele: ONDERWERP 1
        (bronboek/werkboek) en ONDERWERP 2 (finale produk).
2.      Hierdie praktiese vraestel moet op Vrydag, 21 Julie 2023 aan die kandidate
        gegee word. Die finale inleweringsdatum sal Vrydag, 20 Oktober 2023 wees.
3.      ONDERWERP 1 (ontwerpproses) het dieselfde gewigstoekenning as
        ONDERWERP 2 (finale produk) en daarom moet genoeg tyd daaraan spandeer
        word sodat die belangrikheid daarvan erken sal word.

4.      Kandidate moet daarom genoeg tyd hê om hulle ONDERWERP 1
        (voorbereiding-/ontwerpproses) te doen. As gevolg van die voorbereidende aard
        van ONDERWERP 1 word kandidate toegelaat om by die huis te werk. Die
        onderwyser mag slegs by die voorafgaande voorbereidingsessie vir
        ONDERWERP 1 betrokke wees. Die voorbereidingswerk vir ONDERWERP 1
        moet in Kwartaal 3 begin word.
5.      Die onderwyser mag NIE die kandidaat op enige wyse tydens die finale
        vervaardiging van die ontwerpproduk (ONDERWERP 2) help NIE.
6.      Kandidate moet die ONDERWERP 1-bronboek/-werkboek as verwysingspunt
        gedurende hulle ONDERWERP 2-eksamen gebruik. Beide ONDERWERP 1- en
        ONDERWERP 2-eksamenwerk moet onmiddellik na voltooiing van die
        ONDERWERP 2-eksamen by die onderwyser/toesighouer ingelewer word.
7.      Enige vorm van direkte nabootsing/plagiaat of werk wat nie die kandidaat se
        oorspronklike werk is nie, sal streng gepenaliseer word.
8.      ONDERWERP 2 moet op 'n deurlopende basis tydens kontaktyd gedoen
        word, bv. in drie opeenvolgende dae onder gekontroleerde omstandighede.
9.      ONDERWERP 2 moet by die kandidaat se eksamensentrum onder toesig
        van die onderwyser/toesighouer gedoen word. ONDERWERP 2 mag onder
        GEEN omstandighede tydens die eksamen uit die eksamenlokaal verwyder
        word NIE.

10.     ONDERWERP 2 mag NIE tuis gedoen word NIE.
11.     Elke provinsie sal die nasienproses van ONDERWERP 1 (bronboek/werkboek)
        en ONDERWERP 2 (finale produk) bepaal. Skole sal, waar van toepassing, deur
        die provinsies van die datum, tyd en plek vir die indiening van werk by die
        eksamensentrums in kennis gestel word.
12.     Die eksamen-ONDERWERP 1 moet professioneel in 'n bronboek/werkboek in
        albumformaat aangebied word.
13.     Die bronboek/werkboek en finale produk moet netjies en duidelik benoem wees.
14.     BYLAE A moet volledig ingevul word en die skoolstempel moet in die toepaslike
        ruimte verskyn. Heg BYLAE A stewig aan die finale eksamenwerk
        (bronboek/werkboek en/of finale produk) vas.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
                    Ontwerp/V2                                                           23                                  DBE/November 2023
                                                                                        NSS

                    ASSESSERINGSRUBRIEK                                                              Puntestaat/Registernr.:___________
                    SENTRUMNOMMER:

                    EKSAMENNOMMER:

                    Provinsiale Onderwysdepartment: ________________________________________________

                                                                                                                                                                           GEMODEREERDE
                                                                                                                                    GEWIGS-

                            UITKOMSTE                                                                                                            NASIENER 1   NASIENER 2
                                                                                                                                                                               PUNT
                                                                           VEREISTES
                                                                                                                                                                              TOTALE
                                                                                                                                  TOEKENNING %
                                                                                                                                                                               PUNT
                                                              Uitdrukking van bedoeling en beredenering:
                                            Hou 'n dinkskrum of maak 'n ideekaart om die tema van die opdrag te ondersoek.
                                        Ontwikkel 'n konsepplan deur 'n rasionaal te verskaf om die oplossing wat beplan/gevind
                                                                                                                                   10
                                                                        is, te regverdig/verduidelik.

BRONBOEK/WERKBOEK
                                                                         Bewyse van navorsing:

                     ONDERWERP 1:
                                                Doen navorsing oor die opdrag en vind relevante bronmateriaal (visuele
                                         verwysings/inspirasie). Toon bewyse van navorsing deur 'n stemmingsbord te skep en
                                                                                                                                   10
                                                          klein duimnaelsketsies van verskillende idees te teken.
                                                            Gedetailleerde beplanning en eksperimentering:
                                           Beplanningsidees en/of tekeninge moet 'n verskeidenheid konsepoplossings vir die
                                         opdrag (verskillende tegnieke en materiaal) ondersoek. Tekenvaardigheidsontwikkeling      10                                             50

                    ONTWERPPROSES
                                          moet duidelik wees. Ontwerp 'n paar konsepoplossings wat die opdrag ondersoek en
                                                                    bewyse van eksperimentering toon.
                                                                        Bewyse van ontwikkeling:
                                             Toon bewyse van die finale ontwerpoplossing in die vorm van 'n gedetailleerde,
                                        benoemde tekening/collage/maket/prototipe, ens. Ondersoek van verskillende materiaal
                                                                                                                                   10
                                                                   en tegnieke moet aangemoedig word.
                                                                   Nadenke/Besinning en aanbieding:
                                        Nadenke/Besinning oor proses moet duidelik wees. Sorgvuldige aandag is gegee aan die       10
                                              aanbieding van die bronboek. Hierdie proses moet kreatief aangebied word.
                                                                                   BRONBOEK/WERKBOEK TOTAAL                        50
                                        Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Interpretasie t.o.v. die konsep en oplossings wat met
                                                                        die opdrag verband hou:
                                                    Is die werk uniek, oorspronklik en op die opdrag van toepassing?
                                                                                                                                   10
                                                            Los die produk die probleem van die opdrag op?
                                          Bewyse van ontwerpbetrokkenheid: die gepaste gebruik van ontwerpelemente

                      ONDERWERP 2:

DIE FINALE PRODUK
                                                                             en -beginsels:
                                              Algehele indruk. Hoe word die elemente en beginsels gebruik om 'n unieke
                                                                                                                                   10
                                                                        ontwerpoplossing te skep?
                                                                     Tegniek/Vakmanskap/Metode:
                                                                 Hoe tegnies vaardig is die finale produk?                         10                                             50
                                                          Hoe bevredigend en professioneel is die vakmanskap?

                    ONTWERPPRODUKSIE
                                                                      Bewyse van 24 uur se werk:
                                                 Bewyse van gebruik van die beskikbare tyd om die produk te voltooi.
                                            Toon die ontwerpoplossing enige aanvaarbare betrokkenheid by die maak van              10
                                                                           die ontwerpproduk?
                                                               Is aandag aan besonderhede/detail gegee?
                                               Professionele aanbieding, funksionaliteit en nadenke/besinning oor
                                                                         die ontwerpoplossing:
                                          Word die produk netjies en professioneel aangebied? Vervul die produk sy funksie?
                                                                                                                                   10
                                         Bewyse van nadenke/besinning oor die produk t.o.v. die probleem in die opdrag gestel.
                                                                                              FINALE PRODUK TOTAAL                 50
                                                                                                      GROOTTOTAAL                 100
                                                                                    NAAM:                               HANDTEKENING:
                    DATUM: ________________                                 HN: _____________________                   ________________
                                                                            IM: ___________________                     _______________

                    Kopiereg voorbehou

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
         Ontwerp/V2                                                                                     DBE/November 2023
                                                                  NSS

         BYLAE A

         Hierdie bylae moet losgemaak, gekopieer, ingevul, geteken en aan die finale
         eksamenwerk (bronboek/werkboek en/of finale produk) vasgeheg word.

         AMPTELIKE ETIKET: NOVEMBER 2023 BRONBOEK/WERKBOEK

         1.        Naam van vak                   ONTWERP
         2.        Kode van vak                   DSGN

                               VERKLARING VAN EGTHEID                                 Register
         Hiermee word gesertifiseer dat alle werk wat ingelewer is, oorspronklik en
         die kandidaat se eie werk is.                                              NR.________
         Sentrumnommer

         Eksamennommer

         Distrik/Kringgroep

                                                          Handtekeninge en datum                           Skoolstempel
         Kandidaat

         Skoolhoof

         Hooftoesighouer/Onderwyser

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
      AMPTELIKE ETIKET: NOVEMBER 2023 FINALE PRODUK

         1.        Naam van vak                   ONTWERP
         2.        Kode van vak                   DSGN

                                 VERKLARING VAN EGTHEID                                   Register
         Hierdie werk is onder toesig en sonder enige hulp gedoen. Hiermee word
         gesertifiseer dat alle werk wat ingelewer is, oorspronklik en die kandidaat se NR._______
         eie werk is.
         Sentrumnommer

         Eksamennommer

         Distrik/Kringgroep

                                                         Handtekeninge en datum                           Skoolstempel
         Kandidaat

         Skoolhoof

         Hooftoesighouer/Onderwyser

         Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Design P2 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2023-eng/d2ba454b-0791-4d1a-b363-b39394810293) — Design · QP · 2023 · Eng
- [Design P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2023-eng/fdde8c17-946d-47b9-bfbd-a996fafd5960) — Design · QP · 2023 · Eng
- [Design P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-nov-2023-afr/eb4ef5b7-7053-481b-9255-91c39f863445) — Design · QP · 2023 · Afr
- [Design P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2021-afr/c7602bb4-9de0-4fcf-9f32-2de77bf6fc5f) — Design · QP · 2021 · Afr
- [Design P2 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2021-eng/2c3a3431-4d7b-4e63-b006-f2050237418b) — Design · QP · 2021 · Eng
- [Design P2 Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2019-eng/fc93e39f-fabf-4251-bebc-e56584aef473) — Design · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-mg-afr/ccc80683-987a-4611-994f-f9eff5587a50) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/79defddf-f99d-45c8-840b-73877abd8f11) — Memo · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/a85d8220-5a26-4f17-990e-081cb336014f) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2024-eng/e3c099fa-b074-4932-aa7e-cbc7e78a1e3e) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
