# Design Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper (Afr)

> Grade 12 Design Paper 2 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 21 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2024-afr/ecee5a5f-3ae2-4005-b20d-556b11b83d24
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/design) › [Design Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2024-afr/ecee5a5f-3ae2-4005-b20d-556b11b83d24)

## About this document

Design · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                     NASIONALE
                                 SENIOR SERTIFIKAAT

                                        GRAAD 12

                                       ONTWERP V2

                                        (PRAKTIES)

                              15 JULIE–14 OKTOBER 2024

PUNTE: 100

TYD: ONDERWERP 1: Praktiese proses/voorbereiding gedurende 3de kwartaal
                  by die skool en/of tuis [50]
     ONDERWERP 2: Finale    praktiese      produk onder   gekontroleerde
                  omstandighede SLEGS by skool gedoen: 'n minimum van
                  18 uur en 'n maksimum van 24 uur gedurende die
                  4de kwartaal [50]

                     Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye en 1 bylae.
                       Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 2

Ontwerp/V2                                 2                    DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

         ONDERWERP 1:       Die eksamenbronboek/werkboek       (50 punte)
         ONDERWERP 2:       Die finale eksamen-ontwerpproduk   (50 punte)

         TOTAAL: 100 punte

2.       Hierdie vraestel het TWEE opdragte/temas. Kies EEN van die twee
         opsies.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 3

Ontwerp/V2                                  3                           DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

OPDRAG/TEMA 1: ONTWERP VIR 'N GELETTERDHEIDSVELDTOG

DIE OPDRAG:

Siyafunda- en Radio 2000-geletterdheidsveldtog          Nov

Siyafunda is 'n isiZulu-woord wat vertaal word met 'ons leer'. Siyafunda is 'n
geletterdheidsveldtog wat in samewerking met Radio 2000 en onderwyskundiges in
reaksie op die hoë vlak van ongeletterdheid in Suid-Afrika ontwikkel is.
Ongeletterdheid is 'n sosiokulturele probleem wat beperkte kennis en kommunikasie
en 'n swak begrip van die wêreld tot gevolg het. Wanneer mense geletterd is, is hulle
in staat om te lees, skryf, praat en luister op 'n manier wat doeltreffende kommunikasie
moontlik maak en wat hulle help om sin te maak van die wêreld. Geletterdheid kan dus
help om armoede te verlig, gesondheid te verbeter en aktiewe burgerskap en
ontwikkeling te bewerkstellig.

Afrika suid van die Sahara het die hoogste aantal ongeletterde individue ter wêreld.
Een derde van die bevolking kan nie lees en skryf nie en ongeveer 75% van alle
kinders van vyf tot nege jaar gaan nie skool toe nie. Die Siyafunda-
geletterdheidsveldtog sal nasionaal bekendgestel word en sal 'n reeks klasse,
werkswinkels en seminare insluit en toegang tot leeshulpbronsentrums bied.
Kha ri Gude (TshiVenda vir 'laat ons leer') is byvoorbeeld 'n massa-
geletterdheidsveldtog wat in 2008 begin het. Kha ri Gude leer individue ouer as vyftien,
wat nie skoolopleiding gehad het nie, om te lees, skryf en in hulle moedertaal
berekeninge te doen. Dit is in alle provinsies in al 12 amptelike Suid-Afrikaanse tale
aangebied, asook in Braille.

As 'n aspirantontwerper kry jy die opdrag om die promosie- en
opleidingsmateriaal vir die Siyafunda-geletterdheidsveldtog te ontwerp. Die
geletterdheidsveldtog, wat in al nege provinsies bekendgestel sal word, vereis
die gebruik van enige EEN van die 12 amptelike tale.

Daar word van jou verwag om navorsing te doen oor geletterdheidsveldtogte in
Suid-Afrika en/of in die buiteland. Verwys na opvoedkundige blogs en speletjies,
asook elementêre televisieprogramme, soos Takalani Sesame, boeke en artikels wat
die impak van ongeletterdheid en swak leesvermoë in Suid-Afrika bespreek. Navorsing
moet ook gedoen word oor die promosiemateriaal en venues wat dikwels gebruik word
om geletterdheidsveldtogte te bevorder, soos brosjures, mobiele biblioteke,
promosietoere, radio- en televisieprogramme. Verken moontlike media wat jy kan
gebruik om mense te bereik. Neem die sosiale stigma wat met ongeletterdheid
gepaardgaan, in ag en spesifiseer jou teikenmark om produkte te ontwerp wat leer
opwindend maak.

Skep 'n Visuele Kommunikasie-/Inligtingsontwerp en/of Digitale Ontwerp-
oplossing, wat 'n korporatiewe identiteit kan insluit vir die opvoedkundige konsultante
wat die taak het om die geletterdheidsprogram bekend te stel. Dit kan bestaan uit 'n
logo, briefhoof, besigheidskaartjie, plakkaat en sosialemedia-advertensie. Jy kan ook
promosiemateriaal vir die veldtog ontwerp, soos T-hemde, plakkate, advertensieborde,
strooibiljette, notaboeke, werkboeke en werkkaarte.
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Ontwerp/V2                                   4                            DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

Skep 'n Oppervlakontwerp of Tweedimensionele Kunsvlytontwerp, soos 'n
oppervlakpatroonontwerp wat toon hoe om 'n pen/potlood reg vas te hou, of hoe om
woorde uit te klank vir beter uitspraak en begrip. Jy kan ook tekstielstof vir kussings en
stoele ontwerp wat met die klaskamer of werkswinkelruimte verband hou. Die alfabet
of basiese woordeskat kan gebruik word om muurpapierontwerpe vir biblioteke of
opwip('pop-up')-klaskamers te skep.

Skep 'n Produkontwerp of Driedimensionele Kunsvlytontwerp, soos 'n
leerderwerkboek, 'n elementêre leesboek, legkaarte, lessenaars of stoele wat in die
geletterdheidsklasse gebruik sal word. Ander opsies kan alfabet-juweliersware,
veselkunsvlyt, wat woorde of die alfabet insluit, potloodhouers, ens. wees. Ontwerpers
kan tradisionele kunsvlyttegnieke of invloede daarvan gebruik om hierdie produkte te
skep.

Skep 'n Omgewingsontwerp, soos opwip-leeshoekies, 'n biblioteek-interieur, leesbus/
-skuilings of enige ander gemeenskaplike leeromgewing met leeshandelsware wat
deur die deelnemers van die geletterdheidsveldtog gebruik kan word.

WOORDELYS: ONTWERP VIR GELETTERDHEIDSVELDTOG

Onderwyskundige: 'n Onderwyskundige werk saam met fasiliteerders en
administrateurs om onderrig-, kurrikulum- en assesseringsmetodes te ontwikkel.
Onderwyskundiges werk dikwels saam met leesspesialiste wat fokus op die
geletterdheidsprestasie van sukkelende lesers.

Takalani Sesame: 'n Suid-Afrikaanse televisie-medeproduksie deur Sesame
Workshop en Suid-Afrikaanse vennote. Takalani Sesame is 'n kinderopvoedkundige
program soortgelyk aan Sesame Street, maar gebruik die Suid-Afrikaanse konteks en
amptelike tale om kinders woorde, sosiale en veiligheidsvaardighede te leer, soos
hande was en om die pad oor te steek. Die televisieprogram leer kinders ook tel en
hoe om syferberekeninge te doen deur te speel.

Die visuele beelde/prentjies wat volg, is voorbeelde wat ontwerpe toon wat in die
verskillende ontwerpkategorieë vir geletterdheidsveldtogte gebruik word.

MOENIE die voorbeelde wat gegee word, kopieer NIE.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Ontwerp/V2                       5                 DBE/November 2024
                            NSS Vertroulik

VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTINGSONTWERP EN/OF DIGITALE ONTWERP

Kopiereg voorbehou                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Ontwerp/V2                     6               DBE/November 2024
                          NSS Vertroulik

OPPERVLAKONTWERP EN TWEEDIMENSIONELE KUNSVLYTONTWERP

Kopiereg voorbehou                               Blaai om asseblief

### Page 7

Ontwerp/V2                     7                DBE/November 2024
                          NSS Vertroulik

PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE KUNSVLYTONTWERP

Kopiereg voorbehou                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Ontwerp/V2                8           DBE/November 2024
                     NSS Vertroulik

OMGEWINGSONTWERP

Kopiereg voorbehou                      Blaai om asseblief

### Page 9

Ontwerp/V2                9           DBE/November 2024
                     NSS Vertroulik

Kopiereg voorbehou                      Blaai om asseblief

### Page 10

Ontwerp/V2                                  10                          DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

OPDRAG/TEMA 2: ONTWERP VIR 'N GEMEENSKAPSMARK

DIE OPDRAG:
'n Gemeenskapsmark is 'n ruimte waar gemeenskapslede produkte kan verkoop wat
hulle self gemaak of gekweek het. 'n Mens kan oor die algemeen vars produkte vind,
dikwels organies gekweek, handgemaakte meubels, keramiekprodukte en
juweliersware, asook kos wat handgemaak is, plante, kruie en tradisionele kookkuns.
Markte bied geleenthede vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling en indiensneming. Baie
plaaslike markte ondersteun omgewingsvriendelike boerderymetodes wat biodiversiteit
bewaar. Vervoerkoste word verminder omdat die produkte wat verkoop word, plaaslik
gemaak word. Die verkoop van vars, plaaslike produkte bevorder ook gesonder
eetgewoontes.
Gemeenskapsmarkte bied die ideale geleentheid om met jou bure kontak te maak, 'n
gemeenskapsgees te bou en 'n verskeidenheid tuisgemaakte produkte te geniet terwyl
jy plaaslike besighede ondersteun. Mense van alle ouderdomme en kulture kan
saamkom en 'n gevoel van gemeenskap in 'n positiewe, vreedsame en veilige
omgewing geniet. Dit is waarheen 'n gemeenskap kan gaan om die talente en
skeppings van Suid-Afrikaanse entrepreneurs, vakmanne en maat('bespoke')-
ontwerpers te vier en te ondersteun. By hierdie markte besef mense die belangrikheid
daarvan om plaaslik vervaardigde items te koop.
Een voorbeeld van 'n bekende Suid-Afrikaanse mark is die Greenmarket Square
Vlooimark, wat een van Kaapstad se oudste markte is. Dit is bekend as een van die
beste plekke om Afrika-aandenkings en handwerk in Kaapstad te vind. Jy kan verwag
om enigiets van kralewerk, beeldhouwerk, pragtig vervaardigde bakke, kunswerke,
juweliersware en klere daar te kry. Die vrolike atmosfeer en lewendige vermaak,
wat wissel van straatmusikante, tromspelers, tradisionele Afrika-dansers en
mimiekkunstenaars, maak dit 'n ware plesier om te verken. Ander bekende
Suid-Afrikaanse markte is die Wild Oats-mark in Sedgefield, die Elgin Railway-mark in
Elgin, die Victoria Yards-mark in Johannesburg, die Oranjezicht City-mark in Kaapstad,
die Boeremark en Busstop7 Open Air-mark in Tshwane, Lavender Blue Organic-
boeremark in Morgansbaai (Oos-Kaap), die Tembisa Kota-fees aan die Oos-Rand
(Gauteng) en die Made in Chatsworth-mark in Durban.
Skep 'n innoverende ontwerp/ontwerpproduk om vir 'n bestaande
gemeenskapsmark in jou omgewing huidige ontwerpe te verbeter, alternatiewe
daarvoor te bied of dit 'n nuwe handelsnaam te gee. Jy kan ook 'n nuwe
ontwerpproduk skep om by hierdie gemeenskapsmark verkoop te word.
Daar word van jou verwag om navorsing te doen oor gemeenskapsmarkte in
Suid-Afrika. Besoek gemeenskapsmarkte en neem foto's, kyk na hulle webwerwe,
sosialemedia-bladsye en aanlyn bemarkingsmetodes, brosjures, advertensies, stalletjie-
ontwerpe, logo's en naamborde. Ondersoek ook die tipes vars produkte en produkte wat
daar verkoop word en hoe dit bemark word. Kyk na die gebruik van etikette en
verpakking. Kyk na die ontwerp van opwip('pop-up')-restaurante en kosstalletjies. Kyk
na die tipe sitplek wat vir besoekers gebruik word. Het die mark 'n algemene styl of tema?
Kies 'n mark en ontwerp 'n produk wat daar verkoop kan word of bied alternatiewe
ontwerpe aan om die ontwerpe wat tans gebruik word, te verbeter. Hierdie navorsing
moet as deel van jou bronboek/werkboek van ONDERWERP 1 aangebied word.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Ontwerp/V2                                   11                          DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

Skep 'n Visuele Kommunikasie-/Inligtingsontwerp- en/of Digitale Ontwerp-
oplossing wat deur 'n gemeenskapsmark gebruik kan word of 'n gemeenskapsmark in
jou omgewing kan bevorder. Skep of oorweeg byvoorbeeld 'n pasgemaakte
korporatiewe identiteit wat 'n logo, briefhoof, besigheidskaartjie, verpakking, brosjure,
plakkaat of 'n kort video-advertensie kan insluit, wat die gemeenskapsmark bevorder.

Skep 'n Oppervlakontwerp of Tweedimensionele Kunsvlytontwerp-oplossing wat
die ideale van jou gemeenskapsmark bevorder. Anders kan jy ook produkte skep wat
by die mark gebruik of verkoop kan word, bv. 'n muurpapierontwerp of ontwerpe wat
op gemeenskapsmarktemas of op 'n tema van jou keuse gebaseer is.

Skep 'n Produkontwerp of Driedimensionele Kunsvlytontwerp-oplossing wat óf die
ideale van die mark bevorder óf by die mark verkoop kan word, bv. 'n krale- of
geweefde inkopie-skouersak. Skep 'n produk wat by jou plaaslike gemeenskapsmark
verkoop kan word en wat die tema of styl van daardie mark weerspieël, bv. 'n stuk
juweliersware, keramiek of meubelstuk.

Skep 'n Omgewingsontwerp-oplossing wat in 'n gemeenskapsmark geïntegreer kan
word, wat die aandag van verbruikers of klante sal trek, bv. 'n stalletjie wat verband
hou met die tema van die mark of 'n restaurantomgewing waar kos handgemaak word.

Verwys na die kriteria vir die ontwerpproses en finale produk saam met die
assesseringsriglyne.

WOORDELYS: ONTWERP VIR GEMEENSKAPSMARKTE

Handgemaak: Produkte wat individueel deur vaardige mense met die hand gemaak
word, wat gewoonlik tradisionele handvaardighede vereis

Maat ('Bespoke'): Hierdie term het geskiedkundig na pasgemaakte pakke klere en
skoene verwys. Met verloop van tyd is die woord gebruik om alle pasgemaakte
voorwerpe of produkte vir 'n spesifieke klandisie te beskryf.

Die visuele beelde/prentjies wat volg, is voorbeelde wat produkte toon wat vir
gemeenskapsmarkte in die verskillende ontwerpkategorieë ontwerp is.

MOENIE die voorbeelde wat gegee word, kopieer NIE.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Ontwerp/V2                       12                DBE/November 2024
                            NSS Vertroulik

VISUELE KOMMUNIKASIE/INLIGTINGSONTWERP EN/OF DIGITALE ONTWERP

Kopiereg voorbehou                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Ontwerp/V2                     13              DBE/November 2024
                          NSS Vertroulik

OPPERVLAKONTWERP EN TWEEDIMENSIONELE KUNSVLYTONTWERP

Kopiereg voorbehou                               Blaai om asseblief

### Page 14

Ontwerp/V2                     14               DBE/November 2024
                          NSS Vertroulik

PRODUKONTWERP EN DRIEDIMENSIONELE KUNSVLYTONTWERP

Kopiereg voorbehou                                  Blaai om asseblief

### Page 15

Ontwerp/V2                15          DBE/November 2024
                     NSS Vertroulik

OMGEWINGSONTWERP

Kopiereg voorbehou                      Blaai om asseblief

### Page 16

Ontwerp/V2                                  16                           DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

VEREISTES

AFDELING A

ONDERWERP 1: DIE ONTWERPPROSES [50]

1.       Alle proses-/voorbereidingswerk vir jou ontwerp moet in 'n bronboek/
         werkboek getoon word.

2.       Dit sal die prosesse vanaf konseptualisering tot realisering behels.

3.       Deeglike ondersoek van probleme wat deur die ontwerpopdrag gestel word,
         moet getoon word.

4.       Die bronboek/werkboek moet in die vorm van 'n album aangebied word
         (d.w.s. in boekvorm).

5.       Dit moet maklik kan oopmaak en moet bladsye hê wat maklik omblaai.

6.       Die bronboek/werkboek moet van ligte materiaal gemaak word sodat dit
         maklik vervoer kan word na 'n sentrale plek waar werk gemodereer word.

7.       Maak seker dat die bronboek/werkboek professioneel aangebied word.

LET WEL:
 Aangesien ONDERWERP 1 (proses/voorbereiding) dieselfde puntetoekenning as
   ONDERWERP 2 (die finale produk) het, moet genoeg tyd daarvoor toegelaat word
   om die belangrikheid daarvan te erken.
 Jou onderwyser mag by hierdie voorafgaande voorbereidingsessie betrokke wees
   (slegs ONDERWERP 1).
 Jy mag tuis werk (slegs ONDERWERP 1).

KRITERIA VIR DIE ONTWERPPROSES (ONDERWERP 1)

Jy moet die volgende aanbied (verwys na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne):

    Uitdrukking van intensie/bedoeling en beredenering                                         (10)
    Bewyse van navorsing, eksperimentering                                                     (10)
    Bewyse van gedetailleerde beplanning                                                       (10)
    Bewyse van ontwikkeling en besinning/nadenke                                               (10)
    Aanbieding wat met die finale konsep verband hou                                           (10)
                                                                                                [50]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Ontwerp/V2                                 17                        DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

AFDELING B

ONDERWERP 2: DIE FINALE PRODUK [50]

Alhoewel daar aanbeveel word dat 'n tweedimensionele ontwerp NIE groter as
A2-grootte moet wees NIE, word kandidate se werk nie ten opsigte van grootte
beperk nie.

Die grootte van 'n driedimensionele ontwerp sal afhang van die funksie van die
voorwerp wat gemaak word. Hou in gedagte dat die finale produk moontlik na 'n
sentrale nasiensentrum vervoer sal moet word, en jy moet dus aan moontlike probleme
dink wat tydens die vervoer daarvan kan opduik.

LET WEL:
 Jou onderwyser mag jou op GEEN manier gedurende die finale vervaardiging van
   die ontwerp help NIE.
 ALLE werk moet onder toesig van die onderwyser en/of aangestelde toesighouer
   by jou skool gedoen word.
 Enige vorm van direkte nabootsing/plagiaat of werk wat nie jou oorspronklike
   werk is nie, sal streng gepenaliseer word.
 'n Verklaring van egtheid (BYLAE A) moet deur jou en die hooftoesighouer/
   onderwyser voltooi word.
 Werk moet op 'n deurlopende basis gedoen word, bv. op drie opeenvolgende dae
   onder gekontroleerde omstandighede.

KRITERIA VIR DIE ONTWERPPRODUK (ONDERWERP 2)

Jy moet die volgende kriteria gebruik (verwys na die NSS Ontwerp-eksamenriglyne):

   Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Vertolking ten opsigte van die konsep en oplossings
    wat op die opdrag van toepassing is                                                      (10)
   Bewyse van ontwerpbetrokkenheid: die gepaste gebruik van ontwerpelemente en
    -beginsels                                                                               (10)
   Tegniek/Vakmanskap/Metode                                                                (10)
   Die ontwerpoplossing met bewyse van 'n maksimum van 24 uur se werk, onder
    gekontroleerde omstandighede                                                             (10)
   Professionele aanbieding en funksionaliteit van die ontwerpoplossing                     (10)
                                                                                             [50]

                              TOTAAL: ONDERWERP 1 (50) + ONDERWERP 2 (50)                    100

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 18

Ontwerp/V2                                 18                        DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

INSTRUKSIES AAN DIE ONDERWYSER

PRAKTIESE EKSAMEN: ONDERWERP 1 (50 PUNTE) EN ONDERWERP 2
(50 PUNTE) – TAAK 7

1.      Hierdie praktiese eksamen bestaan uit TWEE dele: ONDERWERP 1
        (bronboek/werkboek) en ONDERWERP 2 (finale produk).

2.      Hierdie praktiese vraestel moet op Vrydag 12 Julie 2024 aan die kandidate
        gegee word. Die finale inleweringsdatum sal Maandag 14 Oktober 2024 wees.

3.      ONDERWERP 1 (ontwerpproses) het dieselfde gewigstoekenning as
        ONDERWERP 2 (die finale produk) en daarom moet genoeg tyd daaraan
        spandeer word om die belangrikheid daarvan te erken.

4.      Kandidate moet daarom genoeg tyd hê om hulle ONDERWERP 1
        (voorbereiding-/ontwerpproses) te doen. As gevolg van die voorbereidende aard
        van ONDERWERP 1 word kandidate toegelaat om by die huis te werk. Die
        onderwyser mag slegs by die voorafgaande voorbereidingsessie vir
        ONDERWERP 1 betrokke wees. Die voorbereidingswerk vir ONDERWERP 1
        moet in Kwartaal 3 begin.

5.      Die onderwyser mag NIE die kandidaat op enige wyse tydens die finale
        vervaardiging van die ontwerpproduk (ONDERWERP 2) help NIE.

6.      Kandidate moet die ONDERWERP 1-bronboek/-werkboek as verwysingspunt
        gedurende hulle ONDERWERP 2-eksamen gebruik. Beide ONDERWERP 1- en
        ONDERWERP 2-eksamenwerk moet onmiddellik na voltooiing van die
        ONDERWERP 2-eksamen by die onderwyser/toesighouer ingelewer word.

7.      Enige vorm van direkte nabootsing/plagiaat of werk wat nie die kandidaat se
        oorspronklike werk is nie, sal streng gepenaliseer word.

8.      ONDERWERP 2 moet op 'n deurlopende basis tydens kontaktyd gedoen
        word, bv. op drie opeenvolgende dae onder gekontroleerde omstandighede.

9.      ONDERWERP 2 moet by die kandidaat se eksamensentrum onder toesig
        van die onderwyser/toesighouer gedoen word. ONDERWERP 2 mag NIE tuis
        gedoen word NIE.

10.     ONDERWERP 2 mag onder GEEN omstandighede tydens die eksamen uit die
        eksamensentrum verwyder word NIE.

11.     Elke provinsie sal die nasienproses van ONDERWERP 1 (bronboek/werkboek)
        en ONDERWERP 2 (finale produk) bepaal. Skole sal, waar van toepassing, deur
        die provinsies oor die datum, tyd en plek vir die indiening van werk by die
        eksamensentrums in kennis gestel word.

12.     Die eksamen-ONDERWERP 1 moet professioneel in 'n bronboek/werkboek in
        albumformaat aangebied word.

13.     Die bronboek/werkboek en finale produk moet netjies en duidelik benoem wees.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 19

Ontwerp/V2                                  19                         DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

14.     Instruksies vir digitale-media-ontwerpprodukte:

            Bewyse        van      die    handgetekende    konsep-ontwikkelingsproses
             (duimnaelsketse, konseptekeninge en stemmingsborde ('storyboards') moet
             as deel van die bronboek/werkboek ingedien word. Vir animasiekarakters
             moet JY al die tekeninge op papier voltooi voor die skandering ('scanning')
             en uitvoering ('rendering') daarvan in Photoshop of enige ander digitale
             ontwerpsagteware.
            ENIGE visuele beelde wat op tablette geteken word, moet gedokumenteer
             word deur die gebruik van skermkopieë ('screenshots') op verskillende
             stadiums van die proses, wat die sagtewareprogram toon wat gebruik is. In
             sommige gevalle kan JY 'n tydverloop-MP4-lêer maak, wat die ontwikkeling
             van stadiums van die begin tot einde toon.
            Moenie KI('AI')-programme gebruik wat outomaties 3D-modellering uitvoer
             of wat beeldfilter-effekte toepas nie.
            Alle ontwerpprosesse moet voltooi word met gebruik van bedryfstandaard-
             sagtewarepakkette, soos die Adobe Creative Suite (Photoshop, Illustrator,
             InDesign, Adobe Premiere) of Coral Draw. GEEN toepassing(toep/'apps')-
             gebaseerde KI('AI')-programme, soos Canva, word toegelaat NIE.
            Vir eksterne assessering kan ALLE digitale ontwerpprodukte vir indiening
             gedruk word. Die digitale weergawe moet ook ingedien word in die
             lêeruitbreiding van die sagtewareprogram wat gebruik is om die
             ontwerpproduk te skep. In die geval van 'n animasie/video moet die tydlyn
             duidelik sigbaar wees.
            LET WEL: Daar word van ALLE kandidate verwag om 'n digitale lêer met
             oorspronklike geskandeerde tekeninge en die gelaagde ('layered')
             weergawe, sowel as 'n plat ('flattened') weergawe (JPEG of MP4), van die
             produk in te dien. Hierdie lêer moet op 'n CD/USB/WeTransfer-oplaai,
             Dropbox-lêergids '(folder') of Google Drive-skakel opgelaai word, wat vir
             indiening beskikbaar gemaak word.

15.     BYLAE A moet volledig ingevul word en die skoolstempel moet in die toepaslike
        ruimte verskyn. Heg BYLAE A stewig aan die finale eksamenwerk
        (bronboek/werkboek en/of finale produk) vas.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Ontwerp/V2                                                        20                                   DBE/November 2024
                                                                                 NSS Vertroulik

                    ASSESSERINGSRUBRIEK                                                                 Puntestaat/Registernr.:

                    Kandidaat se eksamennr.                                                                      Sentrumnr.

                    Provinsiale Onderwysdepartment: ____________________________________________

                                                                                                                                                                     GEMODEREERDE

                                                                                                                                                      HOOFNASIENER
                                                                                                                             GEWIGS-

                            UITKOMSTE
                                                                                                                                          NASIENER/                                 TOTALE
                                                                        VEREISTES
                                                                                                                                                                                     PUNTE
                                                                                                                                           PANEEL
                                                                                                                           TOEKENNING %                                  PUNT

                                                          Uitdrukking van bedoeling en beredenering:
                                               Hou 'n dinkskrum of maak 'n ideekaart om die tema van die opdrag te
                                              ondersoek. Ontwikkel 'n konsepplan deur 'n rasionaal te verskaf om die       10
                                                      oplossing wat beplan/gevind is, te regverdig/verduidelik.

BRONBOEK/WERKBOEK
                                                                     Bewyse van navorsing:
                                             Doen navorsing oor die opdrag en vind relevante bronmateriaal (visuele

                       ONDERWERP 1
                                          verwysings/inspirasie). Toon bewyse van navorsing deur 'n stemmingsbord te       10
                                                  skep en klein duimnaelsketse van verskillende idees te voltooi.
                                                        Gedetailleerde beplanning en eksperimentering:
                                         Beplanningsidees en/of tekeninge moet 'n verskeidenheid konsep-oplossings vir
                                                    die opdrag (verskillende tegnieke en materiaal) ondersoek.             10                                                       50
                                           Tekenvaardigheidsontwikkeling moet duidelik wees. Ontwerp 'n paar konsep-

                      ONTWERPPROSES
                                           oplossings wat die opdrag ondersoek en bewyse van eksperimentering toon.
                                                            Bewyse van ontwikkeling en besinning:
                                         Toon bewyse van die finale ontwerpoplossing in die vorm van 'n gedetailleerde,
                                          benoemde tekening/collage/maket/prototipe, ens. Ondersoek van verskillende       10
                                            materiale en tegnieke moet aangemoedig word. Besinning oor proses moet
                                                                           duidelik wees.
                                                                           Aanbieding:
                                            Sorgvuldige aandag is gegee aan die aanbieding van die bronboek. Hierdie       10
                                             proses moet kreatief aangebied word en 'n persoonlike benadering toon.
                                                                       BRONBOEK/WERKBOEK TOTAAL                            50
                                           Kreatiwiteit/Oorspronklikheid/Interpretasie ten opsigte van die konsep en
                                                          oplossings wat met die opdrag verband hou:
                                         Is die werk uniek, oorspronklik en op die opdrag van toepassing? Los die produk   10
                                                                  die probleem van die opdrag op?

                        ONDERWERP 2
                                                  Bewyse van ontwerpbetrokkenheid – die gepaste gebruik van

DIE FINALE PRODUK
                                                                 ontwerpelemente en -beginsels:
                                            Algehele indruk. Hoe word die elemente en beginsels gebruik om 'n unieke       10
                                                                    ontwerpoplossing te skep?
                                                                  Tegniek/Vakmanskap/Metode:
                                          Hoe tegnies vaardig is die finale produk? Hoe bevredigend en professioneel is    10                                                       50
                                                                          die vakmanskap?

                      ONTWERPPRODUKSIE
                                                                   Bewyse van 24 uur se werk:
                                           Bewyse van die gebruik van beskikbare tyd om die produk te voltooi. Toon die
                                               ontwerpoplossing enige aanvaarbare betrokkenheid by die maak van die        10
                                                  ontwerpproduk? Is daar aandag gegee aan besonderhede/detail?
                                              Professionele aanbieding, funksionaliteit en nadenke/besinning oor
                                                                      die ontwerpoplossing:
                                            Word die produk netjies en professioneel aangebied? Vervul die produk sy       10
                                             funksie? Bewyse van nadenke/besinning oor die produk ten opsigte van die
                                                              probleem wat in die opdrag gestel word.
                                                                                  FINALE PRODUK TOTAAL                     50
                                                                                                 GROOTTOTAAL 100

                                     Naam:                                                                                 Handtekening:
DATUM: ________________ HN: ________________________                                                                   __________________

                                                                  IM: ________________________                         __________________

                    Kopiereg voorbehou                                                                                              Blaai om asseblief

### Page 21

Ontwerp/V2                                              21                                     DBE/November 2024
                                                           NSS Vertroulik

         BYLAE A

         Hierdie bylae moet losgemaak, gekopieer, ingevul, geteken en aan die finale
         eksamenwerk (bronboek/werkboek en/of finale produk) vasgeheg word.

         AMPTELIKE ETIKET: NOVEMBER 2024 BRONBOEK/WERKBOEK

         1.        Naam van vak                   ONTWERP
         2.        Kode van vak                   DSGN

                               VERKLARING VAN EGTHEID                                 Register
         Hiermee word gesertifiseer dat alle werk wat ingelewer is, oorspronklik en
         die kandidaat se eie werk is.                                              NR.________
         Sentrumnommer

         Eksamennommer

         Distrik/Kring

                                                          Handtekeninge en datum                           Skoolstempel
         Kandidaat

         Skoolhoof

         Hooftoesighouer/Onderwyser

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

      AMPTELIKE ETIKET: NOVEMBER 2024 FINALE PRODUK

         1.        Naam van vak                   ONTWERP
         2.        Kode van vak                   DSGN

                                 VERKLARING VAN EGTHEID                                   Register
         Hierdie werk is onder toesig en sonder enige hulp gedoen. Hiermee word
         gesertifiseer dat alle werk wat ingelewer is, oorspronklik en die kandidaat se NR.________
         eie werk is.
         Sentrumnommer

         Eksamennommer

         Distrik/Kringgroep

                                                        Handtekeninge en datum                            Skoolstempel
         Kandidaat

         Skoolhoof

         Hooftoesighouer/Onderwyser

         Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Design P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/48ce0fb6-150b-444b-9541-ff8e6a549ca2) — Design · QP · 2024 · Afr
- [Design P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2023-afr/5cc4f4cc-3644-4b70-b21a-dbe6de6bd8f8) — Design · QP · 2023 · Afr
- [Design P2 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2023-eng/d2ba454b-0791-4d1a-b363-b39394810293) — Design · QP · 2023 · Eng
- [Design P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2021-afr/c7602bb4-9de0-4fcf-9f32-2de77bf6fc5f) — Design · QP · 2021 · Afr
- [Design P2 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/design-p2-nov-2021-eng/2c3a3431-4d7b-4e63-b006-f2050237418b) — Design · QP · 2021 · Eng
- [Grade 12 NSC Design P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-design-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/1824f556-8e5a-4311-a91a-40026085eb29) — Design · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Design

- [Gr 12 Des ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-des-atp-2023-24/0fd522c6-2d5a-4c5b-9e0b-06e7b199eb25) — ATP
- [Design P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/design-p1-may-june-2025-mg-afr/ccc80683-987a-4611-994f-f9eff5587a50) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/79defddf-f99d-45c8-840b-73877abd8f11) — Memo · 2025 · Eng
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/a85d8220-5a26-4f17-990e-081cb336014f) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/5cf24f22-37cf-4c83-99d1-522c23cb4496) — Memo · 2025 · Afr
- [Design P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-design-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/55df5861-fc3f-44d9-9ee7-d8d1db477978) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
