# Dramatic Arts Grade 12 Eastern Cape Mock 2013 Memo

> Grade 12 Dramatic Arts memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2013, 55 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/drama-kunste-memo-gr12-sept2013/374f7469-2a5d-4546-8c97-d6e733b8b786
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 55

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 Eastern Cape Mock 2013 Memo](https://www.hlayiso.com/library/drama-kunste-memo-gr12-sept2013/374f7469-2a5d-4546-8c97-d6e733b8b786)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Memorandum, 55 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                Province of the
                EASTERN CAPE
                EDUCATION

                     NASIONALE
                 SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                  SEPTEMBER 2013

               DRAMATIESE KUNSTE
                    MEMORANDUM

PUNTE:   150

               Hierdie memorandum bestaan uit 55 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               DRAMATIESE KUNSTE                                 (SEPTEMBER 2013)

UITLEG VAN DIE VRAESTEL

1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

      AFDELING A:         30 punte
      AFDELING B:         60 punte
      AFDELING C:         60 punte

2.    Beantwoord SLEGS die vrae oor die dramatekste wat jy bestudeer het.

3.    Daar word VYFTIEN minute leestyd toegestaan voor jy met die skryf van die
      eksamen begin.
4.    AFDELING A bestaan uit TWEE vrae. Beantwoord SLEGS EEN vraag uit AFDELING A.
                        Kaukasiese Krytsirkel OF
       VRAAG 1:
                        Moeder Courage OF
      Epiese teater:
                        Kanna Hy Kô Hystoe
                                                     OF
       VRAAG 2:         Wagtend op Godot OF
      Teater van die    Die Kaalkop Prima Donna OF
        Absurde:        Bagasie
5.    AFDELING B bestaan uit AGT vrae. Beantwoord SLEGS TWEE vrae uit AFDELING B.
      VRAAG 3:           Boesman en Lena
      VRAAG 4:           uNosilimela
      VRAAG 5:           Woza Albert!
      VRAAG 6:           Sophiatown
      VRAAG 7:           Nothing but the Truth
      VRAAG 8:           Groundswell
      VRAAG 9:           Siener in die Suburbs
      VRAAG 10:          Mis
6.    AFDELING C bestaan uit DRIE vrae. VRAAG 11 en VRAAG 12 is VERPLIGTEND. In
      VRAAG 13 is daar ŉ keuse tussen drie vrae. Beantwoord VRAAG 13.1 ÓF 13.2 ÓF
      VRAAG 13.3.
7.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik is.
8.    Let op na die aantal punte wat aan elke vraag toegeken is om die lengte van jou
      antwoorde te bepaal.

9.    Gebruik jou klaskamerkennis, sowel as onafhanklike en kreatiewe denke, om die vrae
      te beantwoord.

10.   Trek ŉ streep aan die einde van elke vraag.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                  DRAMATIESE KUNSTE                                        3

 ALGEMENE NOTAS VIR NASIENERS

 1.    Kandidate moet na Dramatiese Kunste teorieë en kontekstuelisering in die
       toneelstuk verwys. Volpunte kan nie toegeken word tensy die kandidaat ŉ bewys
       van die teorie van die vak toon nie. Die antwoorde moet dissipline spesifiek
       wees. Gebruik die Wat, Hoekom en Hoe met spesifieke verwysing na voorbeelde
       in die teks.

 2.    Maak duidelike merkies om die leerpunt wat geassesseer word, aan te dui.
       Nasieners behoort aktief om te gaan met die antwoord.

 3.    Hoofnasieners moet die matriks (rubric) fasiliteer met die nasieners – gelei deur
       vlakbeskrywers (level descriptors) in Dramatiese Kunste.

 4.    Gereelde konsultasierondtes is nodig om te verseker dat die nasienproses
       gestandaardiseerd is.

 5.    In die geval waar ŉ kandidaat meer as die voorgestelde getal woorde skryf –
       moenie penaliseer nie (opstelvraag).

 6.    Die memobesprekingsforum kan nie alle antwoorde voldoende voorspel nie.
       Nasieners moet dit in aanmerking neem en oop wees vir kandidate se antwoorde
       en seker maak dat verskillende onderrigstyle nie die leerder benadeel nie.

 7.    Spandeer die eerste dag aan die ontleding van die kwaliteit en kwantiteit van die
       bewyse in die memo en aan standaardisering en om gemeenskaplike definisies
       en konsepte te vind.

 8.    Nasieners moet Assesseringstandaarde in lyn bring met die vrae.

 9.    Die voorgestelde antwoorde is dikwels bo die vlak van die meeste kandidate op
       graad 12 kan behartig en behoort gesien te word as ŉ opvoedingservaring vir die
       merkers.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           DRAMATIESE KUNSTE                                   (SEPTEMBER 2013)

AFDELING A: BEGRYP EN ANALISEER

KANDIDATE MOET EEN VRAAG BEANTWOORD.

                            VRAAG 1: EPIESE TEATER

                                         OF

                           VRAAG 2: ABSURDE TEATER

VRAAG 1: EPIESE TEATER

(HIERDIE VRAAG VERWYS NA ÓF DIE KAUKASIESE KRYTSIRKEL ÓF MOEDER
COURAGE ÓF KANNA HY KÔ HYSTOE)

Die volgende is voorgestelde antwoorde. Die kandidate mag ander antwoorde verskaf
wat geldig is. Die nasiener moet elke kandidaat se ervaring en antwoord oorweeg.

1.1 Sien die matriks en voorgestelde antwoord hieronder.

     KATEGORIE        PUNT      BESKRYWERS (BEWYSE)
     Uitstaande       26 – 30     Goed georganiseerd, volledig en logies,
     prestasie                     afgeronde struktuur
                                  Ondersteun deur ŉ uitstekende en hoë vlak van
                                   bevoegdheid
                                  In staat om inligting te verwerk tot ŉ oorspronklike
                                   interpretasie en deurdagte keuse van feite
                                  Gebruik ŉ verskeidenheid van oorspronklike en/of
                                   relevant dramatiese verwysings
                                  Insig, vloeiend, observasie en kennis word
                                   treffend uiteengesit
     Verdienstelike   23 – 25     Goed georganiseerd, omvattend, afgeronde
     prestasie                     struktuur
                                  Ondersteun deur ŉhoë vlak van bevoegdheid om
                                   inligting te verwerk en deurdagte keuse van feite
                                  Gebruik van relevante dramaverwysings
                                  Toon insig, waarneming en kennis – goed
                                   uiteengesit

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)               DRAMATIESE KUNSTE                                       5

      Bevredigende   19 – 22       Georganiseerd, omvattend, ŉ bevredigende vlak
      prestasie                     van bevoegdheid, sommige foute is waarneembaar
                                    in die opstel struktuur
                                   Interessante aanbieding, duidelike stellings,
                                    oortuigend, eenvoudige taalgebruik
                                   Ondersteun deur ŉ keuse van relevante
                                    dramaverwysings
                                   Toon ŉ goeie begrip van die tema, sommige
                                    stellings toon insig
      Voldoende      15 – 18       Struktuur nie altyd logies nie
      prestasie                    Demonstreer ŉ basiese begrip, maar is geneig om
                                    ondeurdagte en stereotiperende antwoorde te
                                    verskaf
                                   Genoegsame seleksie van relevante
                                    dramaverwysings
                                   Nie altyd ŉ hoë vlak van insig nie, voel
                                    gememoriseerd, by tye verbeeldingloos. Nie ŉ hoë
                                    vlak van insig nie
      Middelmatige   12 – 14      Opstel nie altyd georganiseerd nie, struktuur nie
      prestasie                    altyd logies nie
                                  Nie altyd genoeg inligting nie, swak taalgebruik
                                   moontlik ŉ bydraende faktor
                                  Kandidaat motiveer nie sy/haar antwoord met
                                   toepaslike voorbeelde nie
      Elementêre     10 – 11      Ongestruktureerd, beperkte woordeskat, min poging
      prestasie                    aangewend om die inligting op ŉ aanvaarbare
                                   manier aan te bied
                                  Baie min inligting, deurmekaar aangebied, nie
                                   maklik om te volg nie, dikwels irrelevant
                                  Kandidaat motiveer nie sy/haar antwoord met
                                   toepaslike voorbeelde nie
      Onvoldoende    0–9          Ongestruktureerd, beperkte woordeskat, min poging
                                   aangewend om die inligting op ŉ aanvaarbare
                                   manier aan te bied
                                  Baie min inligting, deurmekaar aangebied, nie
                                   maklik om te volg nie, dikwels irrelevant
                                  Kandidaat motiveer nie sy/haar antwoord met
                                   toepaslike voorbeelde nie

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                           DRAMATIESE KUNSTE                                   (SEPTEMBER 2013)

    VOORGESTELDE antwoord oor Epiese Teater met verwysing na Kaukasiese
    Krytsirkel en Moeder Courage

    Brecht se idees is afkomstig van jare se eksperimentering en praktiese
    teaterervaring met verskeie kunstenaars en regisseurs. Hy het geëksperimenteer
    as ŉ regisseur en dramaturg en sy toneelstukke was polities en didakties.
    Alhoewel hy deur die Ekspressioniste beïnvloed was, het hy hul psigologiese en
    emosionele verduidelikings vir mense se gedrag verwerp. Hy het sy eie idees
    ontwikkel wat op die idees van Karl Marx gebaseer was. Die grondslag waarop sy
    teorie berus het ŉ hoogtepunt bereik teen die einde van die 1920’s, maar dit was
    eers in 1930 dat hy klem geplaas het op die idée van die Epiese Teater.

    Sy doel was om die gehoor (emosioneel) te distansieer sodat hulle die wêreld
    waarin hulle woon duideliker kan sien en ervaar. Slegs dan sou hulle in staat wees
    om hul omstandighede te kan verander. Deur vanaf ŉ emosionele afstand te kyk
    na die handeling in die drama, word die gehoor in staat gestel om beter te
    verstaan, eerder as om net hul oortuiginge outomaties (sonder kritiese oorweging)
    te aanvaar. Die woord epies kan misleidend wees, maar Brecht wou ŉ duidelike
    onderskeid maak tussen wat hy gesien het as Teater van Illusie of Dramatiese
    Teater aan die een kant en sy Epiese Teater aan die ander kant. Hy het die
    Dramatiese Teater gekritiseer omdat dit die gehoor in ŉ droomwêreld intrek, waar
    hulle geheel en al empatiseer (meegevoel) met die gebeure in die toneelstuk, en
    waar probleme altyd opgelos word.

    Brecht het daarom sterk teenkanting getoon teen die idée van ‘voorgee’ (pretence)
    – wat ŉ tipiese eienskap van die Realisme was. Volgens hom het die ‘ou teater’
    (Realisme) sy waarde verloor, omdat dit die rol van die gehoorlid onderskat en
    ignoreer het – tot so ŉ mate dat die gehoorlid slegs ŉ passiewe toeskouer geword
    het. Hy wou hê dat sy gehoorlede aangewakker moes word en die teater moes
    verlaat met ŉ begrip dat hulle die probleme wat in die drama aangespreek is, moes
    oorweeg en iets daaraan moes doen in die werklike lewe (weg van die teater).

    Alhoewel hy nie emosie in die lewe en die teater ontken het nie, het hy die empatie
    gekritiseer wat hy geglo het ŉ mens se rede oorheers wanneer daar na ŉ
    sentimentele drama gekyk word. Hy wou hê dat gehore van die sosio-politiese
    werklikheid bewus moes word en besef dat verandering moontlik is.

    Brecht se hoofdoel was om die ‘illusie’ te verwyder (die spieël na die werklikheid)
    soos in Realisme uitgebeeld word. Om dit te kon doen, het hy verskeie tegnieke
    gebruik. Al hierdie tegnieke het ten doel gehad om die gehoor se aandag
    deurlopend daarop te fokus dat hulle binne ŉ teater was in plaas daarvan dat hulle
    weggevoer sou word na ŉ wêreld van fantasie en illusie. Brecht wou sy gehoor
    daarvan bewus maak dat daar ŉ verskil was tussen wat hulle op die verhoog sien
    en die werklikheid. Hy wou ook hê dat die gehoor die drama as direkte
    kommentaar op die lewe moes ervaar, die handeling in die drama moes krities
    benader en beoordeel word. Brecht was wel nooit teen die idée gekant dat die
    teater ŉ bron van genot moes wees nie.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                  DRAMATIESE KUNSTE                                         7

       Hy was wel van mening dat die genot geskep kon word deur produktiewe
       deelname sodat dit wat waargeneem word, nie net beoordeel kon word nie, maar
       ook toegepas kon word op die omstandighede in die werklike lewe buite die teater.
       Hierdie doelstelling sou nie moontlik wees indien die toeskouer nie verwyderd
       (vervreem) van die gebeure van die drama is nie.

       Die teatermiddel, genaamd die Verfremdungseffekt of vervreemding is ontwikkel
       om die gehoor te distansieer van die handeling op die verhoog en om te verseker
       dat hul empatie verbreek word sodat hulle krities teenoor die handeling kan staan
       wat hulle op die verhoog aanskou. Die doelstelling van musiek (as voorbeeld) is
       nie net om die betekenis en emosie van die drama te ondersteun nie, maar om
       eerder kommentaar op die handeling in die drama te lewer. ŉ Voorbeeld kom voor
       in die drama, Moeder Courage, waar die ironiese bitter woorde van ŉ lied wat
       sprekend is van ŉ karakter se toenemende morele verval op ŉ doelbewuse soet,
       sorgvrye wysie gekomponeer is. Die teenstrydigheid tussen die wysie (musiek) en
       die woorde dwing die gehoor om te dink oor die ware betekenis van die lied.
       Kaukasiese Krytsirkel en Moeder Courage het liedere tussen die tonele, wat
       dikwels vertel wat vooraf gebeur het (waardeur die emosionele betrokkenheid,
       spanning en afwagting verwyder word). Hierdie liedere lewer direkte kommentaar
       op die handeling en verbind die tonele aan mekaar.

       Die akteurs sou ook uit karakter tree en kommentaar lewer teenoor die gehoor.
       Die karakters spreek ook dikwels hul gedagtes en gevoelens hardop uit. Akteurs
       praat ook dikwels in die derde persoon, bv. wanneer Grusha met Simon praat, sê
       sy: ‘Ek verstaan nie hierdie soldaat nie’. Deur vervreemding dus, word gedagtes
       en denke geprikkel, eerder as slegs suiwer emosie.

       Anders as in die Realisme was Brecht se verhoogruimte nie realisties ingeklee
       nie. Die geverfde agterdoeke was eerder suggesties as direkte weergawes van die
       werklikheid. Daar was gebruik gemaak van, onder andere, stellasies, draaiverhoë,
       sigbare pype en draadwerk wat deur strak wit ligte belig is met toneel- en
       stelwisselinge. Hierdie wisselinge het voor die oë van die gehoor plaasgevind.
       Dekorstelle was eenvoudig en simbolies, bv. ŉ aanwysingsbord kon ŉ herberg
       voorstel, ŉ blou lap kon ŉ rivier voorstel. Musikante was ook duidelik sigbaar op
       die verhoog en kon op die verhoog bly – al was hulle nie betrokke by die handeling
       nie. Die didaktiese aard van die drama was versterk deur die gebruik van
       skyfieprojeksies, skerms, titels op borde en tegniese toerusting. Deur
       vervreemding wou die dramaturg alles op ŉ oorspronklike, vars en onbekende
       manier aanbied sodat die gehoor krities daarna kon kyk, selfs wanneer die
       gehoorlid die gegewe as vanselfsprekend aanvaar het.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                         DRAMATIESE KUNSTE                                    (SEPTEMBER 2013)

    Nog ŉ tegniek wat hy gebruik het was historifikasie wat verwys na die gebruik
    van materiaal uit ander tye en plekke. In Kaukasiese Krytsirkel vertel die sanger
    die verhaal van ŉ oorlog wat in die verre verlede en in ŉ onbekende land afspeel.
    Historifikasie is ŉ metode om vervreemding te bewerkstellig. Dit is anders as die
    tradisionele teaterpraktyk waardeur historiese gebeure op ŉ hedendaagse
    manier aanbied word. Brecht het beklemtoon dat die dramaturg die ‘vergange /
    pastness’ van gebeure moet beklemtoon deur dit te verwyder van die hede.

    Hy was van mening dat die dramaturg die gehoorlid moet aanmoedig om te dink
    dat, indien hy/sy dieselfde omstandighede as in die drama ervaar het, hy/sy
    anders sou optree as gevolg van die lesse wat in die drama geleer is. Die
    toeskouer sou dan oorweeg hoe hy sy optrede sou verander om ŉ positiewe
    verskil te maak in die realiteit/werklikheid. Die gehoor moet geïnspireerd voel om
    soortgelyke waardevolle sosiale verbeteringe (voorgestel in die drama) te maak
    in die hedendaagse wêreld, met die wete dat verandering wel moontlik is.

    Brecht het verkies om sy dramas epies te noem, omdat sy dramas meer met die
    epiese poësie (epiek) as met konvensionele dramas ooreengestem het. Die
    epiese gedigte het tradisioneel bestaan uit afwisselende dialooggedeeltes en
    vertelling wat ŉ storie voorstel uit die perspektief van ŉ enkele storieverteller.
    Hierdie epiese styl, waar gedeeltes van die storie vertel word en ander dele weer
    bloot gedemonstreer word, laat die vrye wisseling in tyd en ruimte toe, die
    verbinding van oorgange en selfs die voorstelling van volledige historiese
    periodes deur die aanwending van ŉ enkele sin of kort verduideliking.

    Daar is dikwels ŉ storieverteller wat die gehoor direk aanspreek. Die ‘vierde
    muur’ soos in die Realistiese Teater word dus doelbewus afgebreek, bv. die
    Sanger in die Kaukasiese Krytsirkel. Wanneer Grusha nie kan besluit om baba
    Michael te neem nie, sê die Sanger: “she went back to the child. Just for one
    more look, just to sit with it just for a moment or two till someone should come.
    Its mother, perhaps, or someone else … Terrible is the temptation to do good.”

    Volgens Brecht moet die grootste impak van die teater buite die teater in die
    werklike lewe voorkom. Die toeskouer word aangemoedig om sosiale
    hervorming teweeg te bring in sy omgewing of gemeenskap. Die drama is dus
    nie ŉ vredemaker nie en neem ŉ belangriker en sinvoller rol aan in mense se
    lewens.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                  DRAMATIESE KUNSTE                                           9

        In Kanna Hy Kô Hystoe (van hieraf: KHKH) kan die volgende Epiese beginsels
        geïdentifiseer word deur voorbeelde uit die teks te noem:
            die doeblering van karakters,
            die klank- en beligtingseffekte,
            die nie-realistiese dekor,
            simultaantonele,
            invoeging van sang en vers,
            gesprek-verby-ŉ-gesprek,
            dialoog met die alter-ego,
            die verdeling van die handeling in sewe episodes

         Die klem in KHKH val op die gebeure, die storie, die ellende en hartseer van die
         hele gemeenskap. Die epiese element word verder uitgebou deur Adam Small
         se gebruik van besonder dramatiese vertelsituasies waardeur die geweld,
         byvoorbeeld die verkragtings, die selfmoord van Jakop en Kietie se dood aan
         die gehoor oorgedra word sonder dat die handeling self fisiek uitgevoer word.
         Die karakters lewer sosiale kommentaar deur die storie van hul lewens te vertel.
         Daar is nie psigologiese prosesse by die meeste karakters te bespeur nie, maar
         die storie en hul boodskap is die primêre fokus. Die teks se funksie is dus om
         die gehoor van ŉ sosiaal-politiese situasie bewus te maak en te onderrig en nie
         primêr om te vermaak nie. Daar word van die gehoor verwag om betrokke te
         raak en ŉ oordeel te maak en ŉ positiewe verandering in die sosiale
         omstandighede te maak.

         Ander elemente van die epiese teater word in KHKH geïdentifiseer en wel die
         elemente kenmerkend van die Middeleeuse sowel as die Moderne Epiese
         Teater.                                                                            [30]

         BESKRYWER           ORDE            PERSENTASIE MARKS         VRAAG EN
                                                                       PUNTE
         Analise/Sintese/    Hoër Orde             30            9         1(8)
         Evaluering
         Toepassing          Middel Orde           40           11           1(12)
         Kennis en begrip    Middel Orde           30           10           1(10)

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                         DRAMATIESE KUNSTE                                  (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 2: TEATER VAN DIE ABSURDE

HIERDIE VRAAG VERWYS NA ÓF AFSPRAAK MET GODOT ÓF DIE KAALKOP PRIMA
DONNA ÓF BAGASIE

Die volgende is voorgestelde antwoorde. Die kandidate mag ander antwoorde verskaf wat
geldig is. Die nasiener moet elke kandidaat se ervaring en antwoord oorweeg.

KATEGORIE      PUNT      BESKRYWERS (BEWYSE)
Uitstaande     26 – 30    Goed georganiseerd, volledig en logies, afgeronde
prestasie                  struktuur.
                          Ondersteun deur ŉ uitstekende en hoë vlak van
                           bevoegdheid.
                          In staat om inligting te verwerk tot ŉ oorspronklike
                           interpretasie en deurdagte keuse van feite.
                          Gebruik ŉ verskeidenheid van oorspronklike en/of relevant
                           dramatiese verwysings.
                          Insig, vloeiend, observasie en kennis word treffend
                           uiteengesit.
Verdienstelike 23 – 25    Goed georganiseerd, omvattend, afgeronde struktuur.
prestasie                 Ondersteun deur ŉ hoë vlak van bevoegdheid om inligting te
                           verwerk en deurdagte keuse van feite.
                          Gebruik van relevante dramaverwysings.
                          Toon insig, waarneming en kennis – goed uiteengesit.
Bevredigende   19 – 22     Georganiseerd, omvattend, ŉ bevredigende vlak van
prestasie                   bevoegdheid, sommige foute is waarneembaar in die opstel
                            struktuur.
                           Interessante aanbieding, duidelike stellings, oortuigend,
                            eenvoudige taalgebruik.
                           Ondersteun deur ŉ keuse van relevante dramaverwysings.
                           Toon ŉ goeie begrip van die tema, sommige stellings toon
                            insig.
Voldoende      15 – 18    Struktuur nie altyd logies nie.
prestasie                 Demonstreer ŉ basiese begrip, maar is geneig om
                           ondeurdagte en gestereotipeerde antwoorde te verskaf.
                          Genoegsame seleksie van relevante dramaverwysings.
                          Nie altyd ŉ hoë vlak van insig nie, voel gememoriseerd, by
                           tye verbeeldingloos. Nie ŉ hoë vlak van insig nie.
Middelmatige   12 – 14    Opstel nie altyd georganiseerd nie, struktuur nie altyd logies
prestasie                   nie.
                          Nie altyd genoeg inligting nie, swak taalgebruik moontlik ŉ
                            bydraende faktor.
                          Kandidaat motiveer nie sy/haar antwoord met toepaslike
                            voorbeelde nie.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                     DRAMATIESE KUNSTE                                     11

 Elementêre         10 – 11        Ongestruktureerd, beperkte woordeskat, min poging
 prestasie                          aangewend om die inligting op ŉ aanvaarbare manier
                                    aan te bied.
                                   Baie min inligting, deurmekaar aangebied, nie maklik
                                    om te volg nie, dikwels irrelevant.
                                   Kandidaat motiveer nie sy/haar antwoord met
                                    toepaslike voorbeelde nie.
 Onvoldoende        0–9            Onsamehangend, baie min werk gelewer, beperkte
                                    vaardighede.
                                   Irrelevant.
                                   Eenvoudige frases of woorde neergeskryf wat deur
                                    kandidaat gememoriseer is, maar geen begrip word
                                    getoon nie.

 Die memorandum bevat gedetaileerde beskrywings van die Teater van die Absurde
 se toneelstukke. Dit behoort as ŉ nasiengids saam met die merkrubriek gebruik word.

 2.1      TEMAS IN ABSURDE TEATER

          Die Hooftemas

          1)       Die kondisie van die mensdom
                    Futiliteit van wag en soeke.
                    Menslike bestaan is tydelik en die dood is ŉ onvermydelike feit.

          2)       Die aard van die wêreld
                    Vreemde, onmoontlik om te beskryf, doelloos, sinloos, realiteit is
                      gevaarlik. Die nagmerrie van ŉ doellose bestaan word tot die
                      uiterste ondersoek.

          3)       Die aard van die mens
                    Die mens se vrees vir homself en die onbekende.
                    Die mens se hunkering na geluk in die toekoms of verlede.
                    Die mens se afwesigheid van identiteit en onvermoë om met sy
                      medemens te kommunikeer.
                    Die mens se geheueverlies.

          TONEELPLASING AS ŉ ASPEK VAN ABSURDE TEATER OM DIE TEMAS
          VAN DIE TONEELSTUK TE ILUSTREER.

          Die plasing/milieu reflekteer die volgende:

              Uitbeelding van die mens se toestand in die wêreld.
              Geen spesifieke plasing.
              Ruimte weerspieël die interne psigologiese toestand van die karakters.
              Die realiteit word op groteske wyse versteur.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                        DRAMATIESE KUNSTE                                   (SEPTEMBER 2013)

        Ruimte tree op as speler.
        Gestroopte of oorlaaide omgewing.
        Leegheid dui op afwesigheid van lewe – grys.
        Isolasie van die buitewêreld – gevangenis.
        Tyd staan stil of is sonder einde.
        Sosiale isolasie.

     Die speelruimte/plasing neem ŉ bykomende betekenis aan in die teater van die
     absurde – dit bevestig die leegheid van die eksistensialistiese wêreld waar
     mense geïsoleerd voel van die omgewing. Die verhoog word ŉ metafoor van die
     wêreld self.

     Die Absurde dramaturge gebruik leë ruimtes om die neerdrukkende leegheid van
     die karakters se lewens uit te beeld. Geografies, die milieu/plasing word
     doelbewustelik nie spesifiek geplaas nie en het ten doel om ŉ gevoel te skep van
     groteske versteuring of oordrewe realiteit.

     Verteenwoordigend van ŉ blik op die vernietiging, die plasing word bykans aktief,
     word dit ŉ oorweldigende mag. In die Teater van die Absurde kan die plasing of
     oorlaai word met onnodige voorwerpe of dit kan gestroop van dekor wees. In die
     geval word die leegheid ŉ direkte verteenwoordiging van ŉ leë wêreld gevul met
     leë mense.

     Gewoonlik vaal en grys in kleur, suggereer die plasing dood en verval van een of
     ander aard. Telkens geïsoleerd of ingeperk is die milieu verwyderd van die
     wêreld en neig om die karakters as gevangenis in hulle eie wêreld aan te hou.
     Tyd staan onwillekeurig stil en word nimmereindigend.

     Karakterisering:

        Verteenwoordigend van menslikheid eerder as ŉ werklike persoon
        Oordrewe kwaliteite
        Intense situasies
        Hulle het geen verlede en daar is geen aanduiding van hulle toekoms nie
        Hulle word beoordeel nie vir wie hulle is nie maar vir wat hulle doen

     WAGTEND OP GODOT:

     TAAL:

        Die karakters blyk te praat ten einde om te bestaan.
        Die waarde van taal word bevraagteken – dit het die vermoë verloor om te
         kommunikeer.
        Strak komplekse beelde
        Liries, ritmies, poëties
        Dialoog word gereduseer en vereenvoudig soos wat die drama ontwikkel.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                  DRAMATIESE KUNSTE                                        13

         KARAKTERS:

          Karakters kom voor in pare (ontleen aan die karakterpare van ‘vaudeville’ of
           ‘music-hall’ komediante.
          Vladimir en Estragon – twee dele van dieselfde mens: intellektueel en fisies
           – hoër instinkte en oerinstinkte.
          Pozzo en Lucky – Baas-en-slaafverhouding (kommentaar op menslikheid)
          Fokus op die individu as ŉ paar wat die gefragmenteerde wêreld van die
           eksistensialiste uitbeeld.
          Pare verteenwoordig ŉ funksionele mens in ŉ disfunksionele wêreld, hulle
           het mekaar nodig om te bestaan.

         TEMAS EN PLASING:

         Die afwesigheid van Godot word deur die twee boemelaars as die mees
         neerdrukkendste en beperkende aspek in Wagtend op Godot ervaar. Die
         karakters bevind hulself in leegheid om hulle en sukkel nie so seer om te
         bestaan nie maar om hulle bestaan te bewys. Die plasing verteenwoordig
         Duits-beheerde Frankryk tydens die Tweede Wêreldoorlog, alhoewel die
         handeling plaasvind op ŉ voorafbepaalde pad, is daar geen aanduiding van die
         werklike naam van die pad of waar dit geleë is nie. Die enigste suggestie wat
         aangebied word in die toneelstuk wat betref die plasing is dat die gebeure in ŉ
         soort niemandsland afspeel waarin niks meer as ŉ eenvoudige pad, ŉ klip of lae
         hoop of grond en ŉ eensame boom met ŉ paar blare voorkom nie.

         In sy essensie, simboliseer die plasing leegheid en afwesigheid van
         konformering by die materialistiese oorlading op die realistiese verhoog.

         The plasing reflekteer die volgende temas:

         Die vyandigheid van die Heelal

         In Wagtend op Godot, beeld Beckett die wêreld as koud, sonder passie, stil en
         onsimpatieke plek van onsekerheid uit. Binne die konteks van die toneelstuk
         plaas hy hierdie idees in verhouding met die lewe war die algemene opvatting is
         dat alle dinge tot ŉ einde moet kom.

         Dood

         Die idee van dood in die toneelstuk word in ŉ ietwat paradokse wyse
         verteenwoordig. Aan die een kant, is dood die uiteindelike teenstander van die
         mens en ŉ einde aan als, aan die ander kant is dit sy enigste uitkoms of wyse
         waarop hy kan ontsnap van hierdie vyandige heelal.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                          DRAMATIESE KUNSTE                                  (SEPTEMBER 2013)

     Teen die einde van die eerste bedryf word die absurditeit van die dood verder
     beklemtoon wanneer Vladimir en Estragon oorweeg om selfmoord te pleeg as
     gevolg van die eenvoudige gedagte dat hulle niks beter het om te doen met
     hulleself nie. Die sentrale boodskap word vroeg in die toneelstuk ingelui deur
     Estragon se woorde “Nothing to be done”. Die implikasie is dat in plaas van om
     vir vandag te lewe, is die mens konstant bekommerd oor wat môre sal gebeur,
     en daarom is dit geen verrassing dat hy sy lewe weg wens nie.

     Hoop

     Die konsep van hoop verskyn in die feit dat die twee hoofkarakters, alhoewel
     bang en onseker van hulle situasie, bereid is om te wag vir iemand wat
     betekenis en sin aan hulle lewens sal bring. Dit waarvoor die karakters wag is
     ŉ teken wat aandui dat hulle kwytgeskeld is van dood en dat daar inderdaad ŉ
     môre sal wees.

     Tyd en die futiliteit van wag

     Die verloop van tyd word duidelik wanneer die karakters in afwagting op Godot
     se aankoms wag. Die feit dat hulle verniet wag maak die lewe noodwendig net
     so betekenisloos soos die dood self. Tyd hou die karakters as gevangenis van
     hulle situasie alhoewel dit voorkom asof tyd vorentoe beweeg, hulle in
     werklikheid terugbeweeg na die dood toe.

     Gapings in die tyd is onbepaald want die toneelstuk is in skemer geplaas. Die
     enigste ooglopende tekens dat tyd verbygaan is die boom wat ŉ paar blare
     bygekry het teen die einde van die tweede bedryf en die fisieke veranderinge in
     Pozzo, wat blind geword het en Lucky, wat stom geword het.

     Dit alles bevestig die eindeloosheid van wag.

     Die marteling en kwaliteit van wag wat die karakters ervaar asook die gehoor,
     saam in ŉ voortdurende herhaling van gebeure is wat die tyd tydloos laat
     voorkom.

     THE BALD SOPRANO

     The play is only available in English and therefore the memo also appears
     only in English.

     LANGUAGE:

     Attempts to communicate often disintegrate from cliché to reworded proverb to
     meaningless syllables.

     Language is derided as being redundant, irrelevant and depersonalising.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                    DRAMATIESE KUNSTE                                           15

         CHARACTERS

         No attempt at creating real, credible characters: it is irrelevant to
         understanding of play whether Martins ‘discover’ they are man and wife.

         Expressing thoughts on humanity rather than creating real characters.

         THEMES AND SETTING

         Absurdity

         Absurdist themes are pervasive in The Bald Soprano. Chief among them in
         Ionesco’s play is the concept of entropy, or the tendency of order to decay into
         chaos. This collapse is reflected in the speech of the characters, which, in the
         course of the play, becomes increasingly dysfunctional, resulting in the total
         breakdown of language as a viable tool of human communication.

         Entropy (meaninglessness) is also conveyed by the characterisations, or,
         more accurately, the lack of them. Humankind is reduced to the Smiths and
         Martins, who, at times, behave very much like some contemporary
         mechanical dolls. Like the dolls, the Smiths and Martins are soulless and
         hollow remnants of character reduced to exhibiting only a sort of vestigial (left
         over) anxiety about their missing or confused identities.

         The general breakdown of language-borne sense and logic gives The Bald
         Soprano a facade of nonsense. The remarks of the characters are often
         inappropriate, contradictory, or completely devoid of meaning, especially
         towards the end, when, as language decays into word fragments, the Martins
         and Smiths become almost manic in their anger. What they reveal is one of
         the most important absurdist themes: the modern inability of humans to relate
         to each other in either an authentic or honest fashion.

         Language and meaning

         The Bald Soprano is a “tragedy of language” dealing with the gradual loss of
         its communicative function and its final fossilisation into inane phrases and
         meaningless clichés.

         At first there is at least a thread of logic in the characters’ conversation, but it
         is often interspersed with contradictory and inconsistent statements, as when,
         for example, Mr Smith first says he learned of Bobby Watson's death in the
         newspaper, then claims that it had happened three years earlier, and that he
         “remembered it through an association of ideas”.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                         DRAMATIESE KUNSTE                                     (SEPTEMBER 2013)

     Alienation and loneliness

     Ionesco stresses both the loss of a personal identity and social and familial
     estrangement. His characters are alienated, not because they are sensitive
     beings in a hostile or impersonal world, but because they have no individuality
     at all. They are too similar to have personal identities, thus it hardly matters
     whether, like the Smiths, they have no first names, or, like the various Watsons,
     they all have the same one. Their alienation has everything to do with a total
     lack of a personal identity, which even their language inhibits them from
     establishing. They have simply been rendered incapable of incisive, individual
     thought.

     Identity

     At the opening of The Bald Soprano, Ionesco stresses the typicality of his
     characters in his repeated insistence that they and their surroundings are
     “English”. The first characters encountered are named “Smith”, a very common
     English name also suggesting the couple's conventional nature. These are
     figures that have no discrete sense of self.

     Time

     If language gradually loses all significance in The Bald Soprano, time, as
     measured by the Smiths' English clock, immediately becomes so erratic as to
     mean nothing at all. Before Mrs Smith first speaks the clock strikes seventeen
     times, prompting her to announce that it is nine o'clock. Thereafter, it strikes as
     few as one and as many as twenty-nine times, in a random, jumbled order.
     Time has lost its meaning in the play.

     Class conflict

     The Smiths and Martins have a class-consciousness challenged by Mary, the
     Smiths' maid. Mary presents a threat to them because she is wilful and
     disrespectful, and does not seem to know her place.

     Setting

     The setting of The Bald Soprano represents any English, middle-class home.
     The interior, the furnishings, the characters’ dress and manners are all
     “English”, at least in the sense of epitomising a national stereotype. The setting
     is the modern interior of a middle-class London couple’s home, while the
     characters are a husband and wife who evidence those qualities attributed to
     the type, a sort of stoic stiffness and reserve and superficial cheeriness and
     civility.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                    DRAMATIESE KUNSTE                                           17

         The space however is not just a representation of an English home, it
         represents any home in any country. The falseness of the space – it is a
         space that is shown on stage – shows the falseness of the characters as well.

         The actual furnishings may be realistic enough, but the behaviour of the
         Smiths and their visitors most certainly is not. Nor is the English clock, which,
         from the outset, indicates that the action within the seemingly real
         surroundings is to be distorted through the lens of a parodist.

         The appearance is a smokescreen to hide the emptiness of the characters
         and their lives, just like the action and dialogue also illustrates their emptiness.

         We do not get the feeling that the characters are sociologically isolated, but
         we do get the feeling that all their houses are the same. Space does not
         function as an active element in this play. It only functions as a representation
         of the emptiness that the characters try to hide and/or ignore. It also points to
         the superficiality the characters cling to. They are so aware of their social
         positions and class, that it becomes the centre of their existence.

         This is one of the reasons the Smiths do not approve of Mary’s conduct, since
         she moves beyond her socially assigned class and position. If she moves
         above her class, she exposes the worthless surroundings that the other
         characters assign so much value to.

         DIE KOFFER

         TEMAS EN OPVOERRUIMTE

         Die doeanekantoor wat op die verhoog gesien word, kan enige
         doeanekantoor in enige land wees. Die lokaalaanduiding, behalwe vir die feit
         dat dit ŉ doeanekantoor is, bly egter sonder spesifieke plasing. Al wat nog
         binne die vertrek sigbaar is, is ŉ ry tasse en koffers.

         Daar is ŉ ironie in hierdie tasse en koffers teenwoordig. Die Man en die Vrou,
         sowel as die Heer en die Dame, soek na hul koffers. Die koffers staan daar,
         hulle is sigbaar, maar hulle sal dit nooit kan kry nie. Dit sal na die sender toe
         teruggestuur word, wanneer die sender alreeds dood en/of weg is. Brink
         noem dat hierdie koffers en tasse wel gestileerd is en hierdie verandering dui
         op die groteske aard van die realiteit waarin die karakters vasgevang is. In
         hierdie afgeslote ruimte staan die tyd ook stil. Daar is geen ontsnapping aan
         die karakters se lot nie en die gryse, doodse aard van die ruimte weerspieël
         die innerlike toestand van die karakters, en veral dié van die Man en Vrou wat
         later deur die eer en Dame opgevolg sal word.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                         DRAMATIESE KUNSTE                                     (SEPTEMBER 2013)

     DIE TAS

     TEMAS EN OPVOERRUIMTE

     Die milieu van die stuk is eenvoudig. In Die Trommel en Die Koffer is dit feitlik
     leë verhoë, hier is dit ŉ restaurantruimte. Die verhoog is vol tafeltjies. Selfs
     met die 12 tafeltjies wat op die verhoog staan, bly die verhoog klein. Daar
     word nie van die ander tafels gebruik gemaak nie, behalwe vir die tafel
     waarby die twee mans sit, en die tafel waarop die tas geplaas word. Die
     ruimte is daarom gevul met rommel, aangesien dit onnodig is. Die leë tafels
     dui ook op die karakters se isolasie van die ander mense. Hulle het hulself
     deur hulle handelinge afgesny.

     Hulle het so ver in hulle spel verval dat hulle nie eens agterkom dat daar
     ander mense teenwoordig is nie. Dit is ironies; ŉ mens sou verwag dat daar
     ander mense in ŉ eetplek sou wees. Wanneer hulle die eerste keer met die
     vreemdeling se besoek aan die ruimte gekonfronteer word (naamlik die tas),
     veroorsaak dit probleme vir die karakters. Hulle spel kan nie voortgesit word
     nie. Wanneer hulle weer tot die spel terugkeer, kom die vreemdeling weer te
     voorskyn. Dié keer is Man 1 en Man 2 baie bewus van sy teenwoordigheid.
     Hulle hou hom dop. Die ruimte word ŉ vreemde ruimte as gevolg van die
     teenwoordigheid van die vreemdeling. Met die vertrek van die vreemdeling,
     breek ‘chaos’ weer uit; die spel kan weereens nie voortgaan nie.

     Met die laaste verskyning van die vreemdeling word die ruimte ŉ bedreiging
     as gevolg van sy teenwoordigheid. Die ruimte keer die twee karakters vas.
     Die kelnerin is nie daar om hulle te beskerm nie. Sy het uit die ruimte ontsnap
     om haar pa te gaan soek; ŉ futiele poging – of ŉ soeke na niks. Sy sal nie tot
     hulle redding kan kom nie. Hulle word teen die muur vasgedruk. Brink sê nie
     vir ons wat met die twee mans gebeur na die vreemdeling die ruimte met die
     tas verlaat het nie. Al wat ons in die teks sien, is dat die gordyn toegetrek
     word en die stuk eindig. Val die twee karakters op die grond neer? Bly hulle
     verstar staan? Dit is ŉ besluit wat die regisseur van die produksie sal moet
     maak.

     DIE TROMMEL

     TEMAS EN OPVOERRUIMTE

     Die invloed van die omgewing is altyd belangrik in die Teater van die Absurde.
     Die omgewing kan gesien word as ŉ handelende mag binne die tekste. As
     voorbeeld: die kamer waarin Odet en Odette saam met die geraamte van hul
     pa bly, is vir Odet so beperkend dat hy met alle mag wil ontsnap. Die ruimte
     word een van die katalisators vir die handeling in die teks. Odet poog daarom
     om uit die hok waarin hy al vir 60 jaar vasgevang is, te ontsnap.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                  DRAMATIESE KUNSTE                                         19

         Odette poog om hom so lank as moontlik nog by haar te hou. Hierdie
         verskille in motiewe veroorsaak ook die konflik wat in die teks gekry word.
         Voeg nog ook die trommel se teenwoordigheid en ŉ ekstra laag konflik kom
         na vore. Die trommel staan in die pad van Odet se ontsnapping. Hy moet
         eers van die trommel, wat met rommel en geestelike bagasie gevul is, ontslae
         raak. Odette weet dat as die trommel eers weg is, staan daar amper niks
         meer in Odet se pad om haar en die ruimte te verlaat nie. Die weggaan van
         Odet sal ook haar dood beteken, want niemand sal meer na haar kan kyk as
         sy al hoe jonger word nie.

         Die ruimte op die verhoog stel ŉ strak kamer voor. In die kamer is die
         trommel en ŉ bed. Op die bed lê nie net Odet en Odette in die aande nie,
         maar die skelet van hul vader wat al vir jare oorlede is. In “Die Trommel” kry
         ons dan ook die sterkste uitbeelding van die afwesige of dooie outoriteitsfiguur
         of god. Die pa is nie net die biologiese ouer van die twee nie, hy stel ook die
         metafisiese voor wat nie meer vir die mensdom bestaan nie. Met die afsterwe
         van die goddelike figuur, het die mensdom net die gemors oor wat agtergebly
         het. Odet het niks van waarde geërf nie. Die trommel is swart en lelik, gevul
         met die gemors wat hom net terughou en belemmer en sodoende veroorsaak
         dat hy nie sy eie wens kan vervul nie. Die trommel en die gedagte aan die
         dooie vader veroorsaak onnodige skuldgevoelens by hom. Dit is waarom hy
         ook eers van die trommel moet ontslae raak.

         Verder kan daar gestel word dat hierdie skuldgevoel en gemors wat die
         karakters het, al is wat hulle het. Die kamer is strak en leeg. Sonder die
         trommel en die skelet op die bed, is daar niks in die kamer nie. Daar kan dan
         aangevoer word dat hierdie ‘gemors’ waarvan Odet wil ontslae raak, al is wat
         betekenis aan sy lewe gee. As die aspekte weggeneem word, kry Odet die
         valse gedagtes dat hy wel vry is en die kamer kan verlaat. Die vryheid uit die
         gevangenisskap beteken nie dat hy net aanvaar gaan word nie, maar ook dat
         hy nou totaal vreemd in die nuwe omgewing sal wees – mits daar natuurlik ŉ
         ander ruimte is en die kamer nie die enigste bestaansruimtes vir Odet en
         Odette is nie.

         Die leegheid van die kamer weerspieël die leegheid van die karakters.
         Daarom kan die fantasie van Odet ook vir ons uitgespeel word deur die meisie
         wat oor die verhoog dans en altyd buite bereik van Odet is. Ons kry daarom
         te doen met ŉ verwringing van die realiteit. Die ruimte is ook gestroop van
         enige kleur met grys en swart as die belangrikste of opvallendste kleure. Die
         doodsheid van die karakters word daarom deur middel van die ruimte
         uitgebeeld.

         Die handeling van die stuk word deur tydsaanduiding aangedui. Die lig
         verhelder stelselmatig met die slaan van ŉ klok. Odet is besig om die grense
         van die ruimte af te tree. Hierdie handeling is ŉ sirkelagtige beweging wat dui
         op die rituele en onvoltooide aard van die handeling.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                          DRAMATIESE KUNSTE                                     (SEPTEMBER 2013)

     Die sirkelagtige vloerpatrone word ook op ander plekke in die teks genoem.
     Kyk byvoorbeeld na hoe die meisie deur die vertrek dans, of na die bewegings
     van die mimiek met die derde besoek van die besoeker. Die aksies word
     duidelik al vir jare uitgespeel. Dit is wel duidelik dat die karakters nie kan
     onthou dat die handelinge al uitgespeel is nie. Hulle kan nie eers onthou wat
     hulle verhouding is nie.

     Taal volgens die Absurde tradisie fokus op die onvermoë van taal om die
     gaping van karakters te oorbrug. Taal stroop die persoonlike en is outomaties
     en betekenisloos. Kommunikasie tussen karakters is skaars en slaag nie
     werklik daarin om mekaar te beïnvloed nie.

     Die volgende aspekte kan ook deur kandidate genoem word:

         Stilte is net so ŉ belangrike metode van kommunikasie as die gesproke
          woord.
         Betekenislose gesprekke word beskou as ŉ ontsnapping van die verloop
          van die lewe.
         Nuwe woorde word geskep om aan te dui dat daar ŉ poging is om met
          mekaar te kommunikeer.
         Banale daaglikse geselskap word met literêre taal, woordspelings, clichés,
          slengtaal en herhalings gemeng.                                                  [30]

ORDEVLAK          MOELIKHEIDSVLAK PERSENTASIE               PUNTE      VRAE EN
                                                                       PUNTE
Analities/       Hoër Orde                      30              9          2
Sinteties/
Evaluering
Toepassing       Middel Orde                    40              11            2
Kennis en begrip Laer Orde                      30              10            2

                                                             TOTAAL AFDELING A:             30

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                   DRAMATIESE KUNSTE                                           21

 AFDELING B: BEGRYP EN ANALISEER

 Daar is AGT vrae in hierdie afdeling.
 Beantwoord slegs TWEE vrae wat handel oor die twee dramas wat jy bestudeer het.

 VRAAG 3: BOESMAN EN LENA DEUR ATHOL FUGARD

 3.1    Ten minste DRIE stellings wat die tema van geweld in die toneelstuk verduidelik
        en motiveer. (Voorgestelde reaksie volg:)

           As ŉ Kleurlingman in Apartheid Suid-Afrika word Boesman as ŉ trotse
            /patriargale man die heeltyd ondergeskik en onbelangrik gemaak deur die
            Apartheidsowerhede – verwys na die sloping van hul huis/gehuggie.
           Hierdie teistering van die patriargale kleurlingman (Boesman) word verder
            oorgedra deur sy teistering van sy vrou (Lena). Dit is asof hy veiligheid vind
            in alkohol en sy bestaan en manlikheid laat geld deur sy teistering en
            aanranding van Lena.
           Lena hou aan om terug te keer na/te bly by Boesman omdat sy desperaat is
            vir kommunikasie met ŉ ander mens al is dit ook negatief en afbrekend, sy wil
            haar bestaan as mens laat geld deur hom.                                 (3 x 2)   (6)

 3.2    Ten minste DRIE insigte oor die verhoudings. (Voorgestelde antwoord volg:)

           Die verhouding tussen Lena en Boesman het negatief en gewelddadig begin
            raak maar hul het steeds mekaar nodig om hul bestaan as mense/deel van
            die mensdom/individue te laat geld.
            Die verhouding van Lena met Outa is eintlik glad nie ŉ verhouding nie maar
            sy sien hom as nog ŉ paar oë, nog ŉ siel om meet te kommunikeer. Outa is
            iemand wat haar nodig het.
           Verskillende kulture en tale verwyder Lena ook verder van ŉ werklike
            kommunikasie/verhouding met Outa.                                                  (3)

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                           DRAMATIESE KUNSTE                                  (SEPTEMBER 2013)

3.3   Gebruik die voorgestelde antwoord, sowel as die matriks hieronder as riglyn met
      die nasien van die kandidaat se antwoord. Akkommodeer kreatiewe antwoorde
      wat deur die teks gemotiveer word.

      Die kostuums wat in die drama gebruik word, beklemtoon die arm, onderdrukte
      sosio-ekonomiese agtergrond van die karakters. Die kostuum versterk die akteur
      se vertolking, omdat dit hom/haar help om in en uit karakter te beweeg. Deur
      gebruik te maak van hierdie kostuums, kan die gehoor ook die politiese, sosiale
      en ekonomiese agtergrond van die drama verstaan. Die gebruik van hierdie
      kostuums plaas die drama binne die konteks van gestroopte teater waar akteurs
      nie toegelaat word om kostuums te verwissel nie of om grimering te dra nie. Deur
      die gebruik van hierdie kostuums word alle skouspel of weelde uitgeskakel. Die
      akteur moet op sy eie energie staatmaak. Hy kan gebruik maak van ŉ paar
      rekwisiete, soos die wynbottels, waaruit Boesman gereeld drink. Die bottels word
      belangrik binne die konteks van die drama, want dit word die rede vir die konflik
      tussen die karakters en lei tot emosionele, verbale en fisiese mishandeling. Outa
      se kierie is ook ŉ belangrike rekwisiet omdat dit aan die gehoor kommunikeer dat
      hy oud en siek is en dat dit nie met hom goed gaan nie.                              (6)

      PUNTE KATEGORIE BESKRYWER
      6     Baie Goed Kandidaat het ŉ duidelike begrip van hoe kostuums en
                      rekwisiete die betekenis van die drama oordra.
                      Kandidaat bespreek die gebruik van kostuums en
                      rekwisiete en verbind dit met die karakters van die
                      drama. Kandidaat kan ŉ argument formuleer rondom
                      die onderwerp en gebruik duidelike en toepaslike
                      voorbeelde.
      4–5   Goed      Kandidaat het ŉ begrip van hoe kostuums en rekwisiete
                      die betekenis van die drama oordra. Kandidaat kan ŉ
                      argument formuleer rondom die onderwerp en gebruik
                      konkrete voorbeelde.
      2–3   Gemiddeld Kandidaat het geen begrip van hoe kostuums en
                      rekwisiete die betekenis van die drama oordra nie.
                      Kandidaat verduidelik deur eenvoudige voorbeelde te
                      gebruik of skryf oor die algemeen oor die onderwerp.
                      Korrekte antwoorde is per toeval en nie as gevolg van
                      goeie begrip nie.
      0–1   Swak      Kandidaat maak veralgemeende stellings. Kandidaat
                      bied ŉ vae verduideliking oor kostuums en rekwisiete.
                      Kandidaat maak nie van voorbeelde gerbruik nie en
                      maak stellings soos die volgende: “Boesman/Lena/Outa
                      is nie mooi aangetrek nie …”. Kandidaat kan nie stellings
                      motiveer nie.

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                     DRAMATIESE KUNSTE                                        23

 3.4       Merk volgens die kandidaat se opinie oor die relevante universele temas in
           die toneelstuk. Die kandidaat kan na die volgende verwys en sy /haar opinie
           motiveer uit die teks uit: Ten minste EEN hooftema met motivering uit die
           teks vir volpunte                                                                  (3)

                  Die soeke na identiteit in ŉ onderdrukkende sisteem
                  Geweld as ŉ afbrekende siklus – vrouemishandeling, rassistiese geweld
                  Kommunikasie as ŉ hulpmiddel om bestaan te laat geld
                  Om verlore te wees in ŉ vyandige omgewing
                  Doellose bestaan sonder ŉ toekoms

 3.5       Merk volgens eie diskresie en neem moontlike idees hier onder in ag:

           Gee krediet vir kandidate wat hul eie opinie en insig oor die
           ooreenkomste/gedeelde ervarings in omstandighede tussen Amerika se
           Swartbewussynsbeweging en Suid-Afrika – albei ŉ soeke na identiteit.
           Kandidate kan ook na die volgende verwys:

                  ‘Kleurling‘-identiteit in SA Teater
                  Afrikaans sprekende kleurling-karakters as minderheidsgroep in SA en
                   minderheidsregte van swart Amerikaners
                  Protesteater in SA deur Athol Fugard vir wit gehore oor die menslike
                   ervaring van verdrukking en ŉ moderne Amerikaanse gehoor ook inlig oor
                   menslike ervaring van onderdrukking deur swart Amerikaners / akteurs.
                  Menseregte in Amerika (Luther King) en menseregte in SA (Steve Biko):
                   Soeke na ŉ Suid-Afrikaanse identiteit vergelyk met swart Amerikaners se
                   soeke na ŉ identiteit
                  Suid-Afrikaners behoort hul eie stories te vertel (kandidaat motiveer)
                   miskien om versoening en/of outentieke weerspieëling te verseker
                  Amerikaanse produksie / akteurs kan die universaliteit van SA Teater
                   uitlig.
                  Wêreldbekende akteur kan ŉ groter gehoor na SA stories toe lei.

           Ten minste VIER insigte/opinies wat goed gemotiveerd is.                (4 x 3)   (12)

 ORDEVLAK                  MOELIKHEIDSVLAK        PERSENTASIE PUNTE          VRAE EN
                                                                             PUNTE
 Analise/Sintese/          Hoër Orde                     30            8     3.5 (8/12)
 Evaluering
 Toepassing                Middel Orde                   40           13     3.5 (4/12)
                                                                             3.1 (6)
                                                                             3.2 (3)
 Kennis en begrip          Laer Orde                     30            9     3.4 (6)
                                                                             3.3(3)

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
24                            DRAMATIESE KUNSTE                                   (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 4: uNOSILIMELADEUR CREDO MUTWA

The play is only available in English and the therefore the memo also appears
only in English.

The following are a guideline. Markers to acknowledge candidates’ own experience
and opinions if relevant and appropriate.

4.1   4.1.1   ONE of the following:

                  To serve as spiritual leader / teacher for the audience
                  To tell the story
                  To comment on the meaning of the happenings
                  To help the audience react to the events                     (1 x 2)     (2)

      4.1.2   Candidate’s own creative answer but must indicate an understanding of
              the narrator functioning inside as well as outside the narrative. So a
              place where the narrator is close to or amongst the audience but easily
              able to move onto the main acting areas such as around the
              circumference of the circular acting space.                                   (3)

      4.1.3   In order for an English audience to be able to deduct what is being said
              and it also serves as a way to emphasise reactions to actions or
              dialogue and to emphasise the theme or issue of bantu education.              (2)

      4.1.4   Candidate refers to the following in their own interpretation showing an
              understanding of the function and importance of a narrator:

                 Confident movement and voice
                 Energetic fast pace
                 Empathetic nature

                 Beginning of the play. She will be dressed in indigenous African
                  clothes that will depict her stages of growth. These indigenous
                  clothes portray her as being in charge of her destiny as she knows
                  who she is. Her self-worth is still intact.

                 At the mission station. She takes off her indigenous costume,
                  which symbolises her loss of identity. She immediately loses her
                  self-esteem and starts feeling guilty about forsaking her roots. The
                  linen dress that she slips on portrays her as someone living in
                  ‘borrowed robes’, thus she sees her world through somebody else’s
                  eyes.

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [DRAMA GR12 MEMO ENG (17 Aug)](https://www.hlayiso.com/library/drama-gr12-memo-eng-17-aug/f9935624-8837-4e6d-b33b-af2ba8822794) — Dramatic Arts · Memo · 2013 · Eng
- [DRAMAT ARTS QP ENG GR 12 SEPT2013](https://www.hlayiso.com/library/dramat-arts-qp-eng-gr-12-sept2013/ed7a699f-391b-4ae1-90d4-341eaf5f73cb) — Dramatic Arts · QP · 2013 · Eng
- [DRAMA KUNSTE QP AFR GR12 SEPT2013](https://www.hlayiso.com/library/drama-kunste-qp-afr-gr12-sept2013/e15755b1-4bb1-4e87-a640-f1fd2007e3d3) — Dramatic Arts · QP · 2013 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2013 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2013-memo-afr/f0093bbd-b026-4d31-8d7b-f3f3113e3eed) — Dramatic Arts · Memo · 2013 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2013 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2013-memo-eng/e624da7c-91c8-485a-96c1-f8681fd3a6bb) — Dramatic Arts · Memo · 2013 · Eng
- [DRAMATIC ARTS GR12 MEMO SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-gr12-memo-sept2018-afrikaans/d75b4221-3b93-4f54-aef3-3bf4676a7b9c) — Dramatic Arts · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-afr/b4a67589-411d-46bb-b333-65beeafd2138) — QP · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-afr/ee64452f-d716-4e2c-a4c0-eb6f240cdecb) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-eng/d7900b57-db36-4c03-9c8b-4da9102aed06) — QP · 2024 · Eng
- [Dramatic Arts May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/196a7629-8432-4e24-976d-ba79e198fc93) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/635df938-d2f8-4677-9753-430aa4581d96) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
