# Dramatic Arts Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Dramatic Arts question paper from the NSC Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-mar-2015-afr/062c56ba-e799-456a-9296-8dc892bbc34d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-mar-2015-afr/062c56ba-e799-456a-9296-8dc892bbc34d)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2015. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                              DRAMATIESE KUNSTE

                            FEBRUARIE/MAART 2015

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        2                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                        NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
        AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings                     (30 punte)
        AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994               (40 punte)
        AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994 – Kontemporêr   (40 punte)
        AFDELING D: Die Geskiedenis van Teater, Praktiese Konsepte, Inhoud en
                       Vaardighede                                  (40 punte)
2.      AFDELING A
        VRAAG 1 is VERPLIGTEND.
        Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke
        20ste-eeuse Teaterbeweging.
        EPIESE TEATER
        • Caucasian Chalk Circle         Bertolt Brecht
        • Kaukasiese Krytsirkel          Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
        • Mother Courage                 Bertolt Brecht
        • Moeder Courage                 Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
        • The Good Person of Szechwan    Bertolt Brecht
        • Kanna Hy Kô Hystoe             Adam Small
                                          OF
        TEATER VAN DIE ABSURDE
        • Waiting for Godot              Samuel Beckett
        • Afspraak met Godot             Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks
        • Bagasie                        André P Brink
        • The Bald Primadonna            Eugene Ionesco
        • Die Kaalkop Primadonna         Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks
                                          OF
        POSTMODERNE TEATER
        • Skrapnel                       Willem Anker
        • Top Girls                      Carol Churchill
        • Popcorn                        Ben Elton
        • Buried Child                   Sam Shepard
3.      AFDELING B
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag uit
        hierdie afdeling.
        VRAAG 2: Woza Albert!            Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en
                                         Barney Simon
        VRAAG 3: Sophiatown              Junction Avenue Theatre Company
        VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis
4.      AFDELING C
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag uit
        hierdie afdeling.
        VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani
        VRAAG 6: Groundswell             Ian Bruce
        VRAAG 7: Mis                     Reza de Wet
5.      AFDELING D
        Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag. VRAAG 8 is VERPLIGTEND.
        VRAAG 8: Teatergeskiedenis, Praktiese Konsepte, Inhoud en Vaardighede
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           3                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS

AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS

AFDELING A is VERPLIGTEND.

VRAAG 1

Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die relevante 20ste-eeuse
Teaterbeweging.

Teater van die Absurde

OF

Epiese Teater

OF

Postmoderne Teater

Dui die toneelteks wat jy bestudeer het, boaan jou opstel aan.

'Ek beskou die teater as die grootste van alle vorme, die mees onmiddellike manier
waarop een mens met 'n ander die sin van wát dit is om mens te wees, kan deel.'
                                                                      – Oscar Wilde

Bespreek, in 'n opstel, hoe een mens met 'n ander die sin van wát dit is om mens te
wees deur middel van die teater kan deel. Verwys na die aanhaling hierbo en die
toneelteks wat jy hierdie jaar bestudeer het.

Jy moet na ten minste DRIE van die punte hieronder in jou opstel verwys:

•    Sosio-politieke konteks
•    Temas
•    Karakters
•    Taal en dialoog
•    Akteur-gehoor-verhouding
•    Intrige/Struktuur
•    Teatermiddele/-tegnieke
•    Ruimte/Skouspel

                                                                 TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            4                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER (1960–1994)

Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.

VRAAG 2:      WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
              BARNEY SIMON

Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON A

PERCY:         Morena! Morena-a-a! Where are you? Come to Albert Street! Come to
               the Pass Office! We need you here Morena! Ja, Morena, this is the
               most terrible street in the whole of Johannesburg! Ja, Morena, this is
               the street where we Black men must come and stand and wait and
               wait and wait just to get a permit to work in Johannesburg! And if 5
               you're lucky enough to get the permit, what happens? You wait and
               wait and wait again for the white bosses to come in their cars to give
               you work. (Turns back to Mbongeni.) But I'm lucky! I've got six months
               special! (Shows his pass-book.) Qualified to work in Johannesburg for
               six months.                                                            10

MBONGENI: How many months? Eh?

PERCY:         Six months!

MBONGENI: Six months? Congratulations. (Laughs, slaps Percy's back, shakes his
          hand.) Eh! Six month special!

PERCY:         Three weeks in a queue!                                                  15

MBONGENI: But you're still their dog! (Moves upstage to urinate, with his back to
          the audience.)

PERCY:         Aaahh, jealous! You jealous!

MBONGENI: Have you got a job? Have you got school fees for your children? Have
          you got money for rent? Have you got bus fare to come to the Pass 20
          Office? Oh, come on man, we've all got specials but we're still their
          dogs.
          Car sounds.

PERCY:         (leaps up): Hey! There's a car! A white man! (Moves to the car at the
               front of the stage, follows it as it moves across.) Are you looking for 25
               workers, my boss? Ya, I've got six month special, qualified to work in
               Johannesburg.
               Mbongeni moves forward trying frantically to distract the driver. Car
               sounds continue, actors alternating.

2.1      Verduidelik waarom Albert Street as die verskriklikste straat in die hele
         Johannesburg ('the most terrible street in the whole of Johannesburg')
         (reël 2–3) beskou is.                                                                 (4)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            5                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

2.2      Verduidelik wat 'n 'six months special' (reël 8–9) is en hoekom dit so belangrik
         is.                                                                                      (4)

2.3      Beskryf, met redes, hoe 'n gehoor kan reageer op die reël, 'Maar jy is nog
         steeds hul hond!' ('But you're still their dog!') (reël 16).                             (4)

2.4      Jy is 'n akteur en moet die karakter van Percy speel.

         Verduidelik hoe jy reël 1–10 vokaal en fisies sou lewer om Percy se
         gevoelens aan die gehoor oor te dra.                                                     (6)

2.5      Bespreek die tema van diskriminasie wat duidelik in reël 19–22 na vore kom.              (4)

2.6      Stel voor waarom en hoe Mbongeni en Percy se houdings en optrede
         verander wanneer hulle 'n motor hoor nader kom.                                          (4)

2.7      Beskryf hoe 'n regisseur die akteurs kan lei om reël 24–29 op te voer.

         Fokus op die gebruik van gebare en beweging.                                             (4)

BRON B

2.8      Uit jou studie van die toneelteks, dink jy die plakkaat in Bron B is geskik vir
         die advertering van Woza Albert!? Motiveer jou antwoord.                                 (4)

2.9      Beskryf hoe Dramatiese Kunste-leerders hul eie toneelspeelvaardighede kan
         verbeter deur na 'n opvoering van die drama Woza Albert! te kyk.                         (6)
                                                                                                  [40]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                               6                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY

Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON A

JAKES:           There we are. No problems – I told you. It's simple.
                 Spirits for the front room. Rent for the bedroom. Homework for the
                 kitchen and stories for the backroom.

PRINCESS: And Mingus, perfume for the Princess!

MINGUS:          Ag my sweetie, anything for you.                                           5

RUTH:            I'll bring you perfume from John Orr's, if you want.

MINGUS:          There you are, everything's gonna be just fine. Dis khuvet onder die
                 korset.

RUTH:            See, I'm the easiest person in the world to please. I'm happy with the
                 simplest things. All I need is a light to read by, somewhere to sleep and 10
                 a place to bath.

                 (Everyone exclaims incredulously.)

MINGUS:          Charlie! Go out there and find me a bath!

3.1      Jy is die regisseur van Sophiatown.

         3.1.1        Kies DRIE karakters wat in Mamariti se huis woon. Beskryf elke
                      karakter kortliks en noem die rekwisiete en meubels wat jy kan
                      gebruik om hierdie karakters op die verhoog uit te beeld.                    (6)

         3.1.2        Verduidelik hoe jy die karakters in Bron A sal lei/regisseer om op
                      Ruth se stelling in reël 9–11 te reageer.                                    (4)

         3.1.3        Gee die akteur wat Mingus speel, raad oor hoe om veranderinge in
                      toon, volume en tempo te gebruik as hy sy woorde in Bron A lewer
                      (sê).                                                                        (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             7                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

BRON B

3.2      Verwys na Bron B.

         3.2.1        Hoekom is die bad 'n ongewone bykomstigheid by Mamariti se
                      huis?                                                                         (2)

         3.2.2        Waarvoor word die bad later in die toneelteks gebruik?                        (2)

         3.2.3        As regisseur van hierdie toneel, verduidelik aan jou akteurs
                      waarom hulle die gebare wat in Bron B uitgebeeld word, moet
                      opvoer.                                                                       (2)

         3.2.4        Gee die naam van die meisie in die bad en skryf 'n
                      karakterbeskrywing vir haar.                                                  (4)

         3.2.5        Beskryf en verduidelik die gesigsuitdrukking en lyftaal van die
                      meisie in die bad.                                                            (4)

         3.2.6        Hoe help hierdie karakter om die tema van opvoeding in die
                      toneelteks te ontwikkel?                                                      (4)

         3.2.7        Uit jou studie van Sophiatown, verduidelik waarom die toneelteks
                      relevant is in 'n moderne Suid-Afrikaanse samelewing.                         (6)
                                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                               8                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS

Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON A

TJOKKIE:     Met ou Giel in die huis en met daardie dun slaapkamermuur. Ma praat
             hard in Ma se slaap. Dink Ma ons het nie van kleins af geluister nie?

MA:          Tjokkie, my kind!

TJOKKIE:     Ma moet nie nou na Tiemie kyk nie. Waar kom sy self vandaan
             ennieway? Waar kom ou Giel vandaan? Waar ... Jar! Vir 'n pensioen. 5

MA:          Ma wou julle net met sekerheid grootkry. Julle moes klere hê ... Agge
             nee, my kind ...

TJOKKIE:     Ek word liewer by die skool gespot oor my klere as oor my ma. Tiemie ...
             vra vir Tiemie. Sy keer al van sy twaalf is omdat almal dink sy's maklik ...
             soos Ma, soos Ma verdomp, soos mý ma verdomp.                                10

MA:          Toe-nou, Tjokkie.

TJOKKIE:     Jý moet met daardie klot trou! Jy sal Vrydagaande moet dronknes hou en
             so nou en dan gedôner raak ook. En jy was altyd stuck-up, jy wou beter
             doen as hierdie plek. Toe dog ek, orraait, die girl is reg, met haar gesig
             sal sy hier uitkom. Nou sit jy met die grootste tang in die Suburbs se 15
             kleintjie – nog een van die arme bloedjies wat in hierdie plek moet
             vergaan. (Pouse.)

4.1      'n Groep van julle het besluit om Siener in die Suburbs by jou skool se
         jaarlikse Dramatiese Kunste-fees op te voer. Jy is die regisseur van die
         produksie.

         Oorweeg beide Bron A en die toneelteks wanneer jy die vrae hieronder
         beantwoord.

         4.1.1        Verduidelik aan die akteur wat Tjokkie speel, wat sy houding en
                      gevoelens teenoor die volgende karakters in die toneelteks sal
                      wees:

                      •   Giel
                      •   Ma
                      •   Tiemie                                                                      (6)

         4.1.2        Verduidelik aan die akteur wat Tjokkie speel, hoe die konsep (idee)
                      van die 'Siener' in die titel die toneelteks tot sy tragiese afloop lei.        (6)

         4.1.3        Verduidelik hoe die karakters se taalgebruik hul sosio-ekonomiese
                      omstandighede weerspieël.                                                       (6)

         4.1.4        Gee die akteur wat Tjokkie speel, raad oor hoe om sy woorde in
                      Bron A beide fisies en vokaal te lewer.                                         (6)
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          9                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                          NSS

BRON B

            Die oorspronklike geselskap van Siener in die Suburbs – 1971

4.2       Bespreek hoe jy beligting en klankeffekte sou gebruik om die karakters en
          hul omgewing te beklemtoon. Onthou dit is 'n realistiese drama.                   (6)

BRON C

'Niemand sal na die toneelstuk kyk nie! Dit is outyds! En behalwe dit, hoeveel geld
gaan dit kos? Ons het eenvoudig nie die tyd en die beskikbare ruimte nie!'
                                                                       – Die skoolhoof

4.3       Skryf 'n motivering aan die skoolhoof in reaksie op sy/haar uitlating in
          Bron C, waarin jy die redes verduidelik waarom jy gekies het om 'n moderne
          weergawe van hierdie toneelteks op te voer. Verwys na voorbeelde uit die
          toneelteks om jou antwoord te ondersteun.                                            (10)
                                                                                               [40]

                                                             TOTAAL AFDELING B:                40

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             10                      DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE KONTEMPORÊRE TEATER (NÁ 1994)

Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.

VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI

Bestudeer die bron hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON A

SIPHO:       What they did to me was wrong too. Why do you want to stop me?

THANDO:      Because I love you. I don't want to lose you!

MANDISA: She's right. I love you too, Uncle Sipho. You are the only father I have
         now.

             Pause.                                                                    5

SIPHO:       You see what you have done to me Themba. Even when you are dead,
             ashes in that vase, you are still making my life a misery. Why? Why
             Themba?

MANDISA: Because he loved you!

THANDO:      It's true Daddy, people always hurt the ones they love the most. 10
             Especially family.

SIPHO:       Is that true Mandisa? Did he ever say that? Did he ever say he loved
             me?

MANDISA: Yes. You can phone my mother right now. During his last days that's all
         he talked about. You, Uncle Sipho.                                      15

SIPHO:       I've waited so long to hear that.

THANDO:      So you don't blame him for Luvuyo's death?

SIPHO:       In my heart I've always known it wasn't his fault. Blaming him just gave
             me a reason to be angry with him and it felt good. It was the only way I
             could deal with Luvuyo's death.                                          20

THANDO:      So you forgive him?

SIPHO:       I forgave Themba long ago. All I wanted was for your father to come
             home, stand in front of me and say 'I am sorry, my brother'.

THANDO:      For everything.

SIPHO:       Yes. For everything.                                                      25

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             11                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

5.1      Realisme is die waarheid wat op die verhoog uitgebeeld word.

         5.1.1        Beskryf hoe jy elke karakter vir die toneel in Bron A realisties kan
                      kostumeer (aantrek/klee).                                                    (6)

         5.1.2        Kies EEN karakter uit die toneelteks. Verduidelik hoe 'n akteur
                      DRIE van Stanislavski se tegnieke kan toepas om 'n karakter te
                      bou en te speel.                                                             (6)

         5.1.3        Bespreek hoe die akteur wat jy in VRAAG 5.1.2 gekies het, sy/haar
                      woorde vokaal en fisies kan voordra om sy/haar gedagtes en
                      emosies eerlik in Bron A oor te dra.

                      Verwys na spesifieke reëls (woorde) om jou antwoord te
                      ondersteun.                                                                  (6)

BRON B

5.2      'Hierdie toneelstuk is al Teater vir Versoening genoem en is 'n voorbeeld van
         vergifnis in 'n gesin binne die lewe van die breër gemeenskap.' – John Kani

         5.2.1        Wat verstaan jy onder die begrip Teater vir Versoening?                      (2)

         5.2.2        Identifiseer TWEE kwessies in die toneelteks wat veroorsaak het
                      dat Sipho konflik en nood/angs/ellende ervaar het.                           (2)

         5.2.3        Verduidelik watter gebeure die pad na vergifnis en versoening in
                      die Makhaya-familie beïnvloed het.                                           (4)

         5.2.4        Watter impak en relevansie kan die boodskap van versoening hê
                      op jou as 'n lid van die gehoor wat na die drama kyk?                        (4)

         5.2.5        Bespreek hoe die karakters Mandisa en Sipho die tema van
                      waarheid en versoening uitbeeld. Verwys in jou antwoord na die
                      toneelteks.                                                                  (10)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             12                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE

Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON A

            We hear only the sea sounds; the bell is prominent. As the lights come up
            we find Thami seated at the table writing a letter. His threadbare shirt is
            ironed and his worn out shoes are polished. He smiles warmly as he writes
            and occasionally takes sips of tea from a large mug. On the table is a
            spray-can of polish and a polishing rag. Also near at hand are a broom and 5
            a pan.

THAMI:      (In Xhosa, reading, and editing what he has written.)
            I went today to the river to look at the concession ... (Adds.) and to see how
            my sweepers were getting on. (Reads.) Nothing very much so far ...
            (Adds.) But of course it's early times still. (Reads.) On the other hand 10
            though, everybody is dancing as they go, because they are so sure that
            there is such great wealth of jewel-quality diamonds in the cracks and
            gullies of the bedrock–

            He breaks off, aware of someone approaching. We hear Johan at the patio
            door ordering a dog to settle down and stay outside.                    15

JOHAN:      (Off.) Sit boy, sit! Stay there! That's a good boy, stay, (etc.)
            Thami abandons the letter, quickly grabs the cloth and spray-can and
            polishes the table. Johan enters, damp and windblown, wearing an oilskin
            top, tracksuit pants with shorts over them and old tackies.
            Molo! Kunjani, mhlobo wam?                                               20

THAMI:      (Wary.) I'm fine. What are you doing here?

JOHAN:      I work here too, remember.

THAMI:      But I told you, I'm expecting a guest.

6.1      Identifiseer TWEE klankeffekte wat die gehoor aan die begin van die
         toneelstuk hoor.                                                                       (2)

6.2      Beskryf hoe hierdie klankeffekte tot die stemming van die toneelstuk bydra.            (2)

6.3      As jy die toneelteks geregisseer het, noem EEN ander klankeffek wat jy kan
         kies. Motiveer waarom jy dit sou kies.                                                 (3)

6.4      Verduidelik wat die beskrywings van die kostuums in die verhoogaanwysings
         oor die karakters van Thami en Johan openbaar.                                         (4)

6.5      Watter uitwerking het die gebruik van isiXhosa en Engels op die gehoor se
         aanvanklike begrip van die karakters en hul verhouding?                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                              13                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

BRON B

6.6      Beskou Bron A en Bron B.

         6.6.1        Identifiseer aan wie Thami die brief skryf.                                 (1)

         6.6.2        Ontleed die inhoud van die brief in Bron A en sê of dit 'n akkurate
                      weerspieëling van sy situasie is, of nie.                                   (4)

         6.6.3        Beskryf hoe die akteur wat Thami speel, reël 8–13 fisies en vokaal
                      sal opvoer om sy innerlike konflik te weerspieël.                           (6)

6.7      Verduidelik waarom Thami 'die brief los, die lap en spuitkan vinnig gryp en die
         tafel poets' ('abandons the letter, quickly grabs the cloth and spray-can and
         polishes the table') (reël 17–18).                                                       (2)

6.8      Bespreek hoe die koms van die 'gas' ('guest') (reël 23) die rigting van die
         intrige van die toneelteks na die klimaks en slot toe verander en ontwikkel.             (4)

6.9      Motiveer, in 'n paragraaf, waarom Groundswell 'n voorbeeld van 'n realistiese
         drama is.                                                                                (10)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           14                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS

VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET

Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON A

Reza de Wet sê in haar aantekeninge oor die toneelteks: 'die stelle en kostuums moet 'n
gevoel van volksoorlewering/folklore oordra, van ruwe sprokie.'

7.1      Bespreek hoe die toneelteks 'n gevoel van 'ruwe sprokie' weerspieël.

         Verwys na die volgende in jou bespreking:

         7.1.1        Kostuum                                                                  (2)

         7.1.2        Stel                                                                     (3)

         7.1.3        Klank                                                                    (3)

         7.1.4        Karakter                                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             15                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

BRON B

                                                                                A

                                                                                B

                                                                                C

7.2      Identifiseer die karakters in Bron B wat A, B en C gemerk is.                             (3)

7.3      In Bron B luister die karakters na Konstabel se storie.

         7.3.1        Skryf 'n kort opsomming van Konstabel se storie.                             (3)

         7.3.2        Ontleed en beskryf die gesigsuitdrukking van ELKE karakter in
                      Bron B.                                                                      (3)

         7.3.3        Reza de Wet sê dat wanneer Konstabel sy storie vertel, is dit 'meer
                      'n herlewing as 'n oorvertel van die verlede'.

                      Gee die akteur wat Konstabel speel, raad oor hoe om te wys dat hy
                      die verlede herleef. Fokus op die vokale en fisieke interpretasie en
                      spel.                                                                        (8)

BRON C

'Interne konflik word oor die algemeen as eksterne konflik openbaar. Afrikaner-
Calvinisme is grotendeels die oorsaak van die konflik in die drama. Die karakters in
Mis verteenwoordig, vir die gehoor, duidelike kenmerke van Afrikaner-Calvinisme.'
                                                                 – Dr. NF van Niekerk

7.4      Bespreek die geldigheid (waarheid) van dr. NF van Niekerk se stelling in
         Bron C. Verwys na die karakters in Bron B.                                                (12)
                                                                                                   [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:              40

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         16                      DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                         NSS

AFDELING D:          TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE KONSEPTE, INHOUD EN
                     VAARDIGHEDE

AFDELING D is VERPLIGTEND.

VRAAG 8

Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON A

Afrikaanse vertaling:

WORLD THEATRE DAY: WÊRELDTEATERDAG
TAKE A CHILD TO THE THEATRE TODAY: NEEM 'N KIND VANDAG TEATER TOE

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            17                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

BRON B

Teater vir Ontwikkeling kan 'n soort deelnemende teater wees wat improvisasie en
werkswinkeldramaskepping aanmoedig of kan ten volle geskryf en opgevoer word.
Lede van die gehoor kan in die opvoering rolle speel. Baie produksies van Teater vir
Ontwikkeling is 'n mengsel van die twee.

Jy is 'n lid van 'n plaaslike geselskap van Teater vir Ontwikkeling. Jy moet 'n produksie
skep vir Wêreldteaterdag.

8.1      Waarom, na jou mening, is dit voordelig vir kinders om die teater te besoek?         (4)

8.2      Bespreek waarom dit belangrik is om inisiatiewe soos Wêreldteaterdag te
         bevorder en te ondersteun. Verwys na jou eie ervarings van die waarde van
         Dramatiese Kunste in jou antwoord.                                                   (6)

8.3      Wat verstaan jy onder die begrip Teater vir Ontwikkeling?                            (2)

8.4      Vir jou Teater vir Ontwikkeling-produksie, sou jy verkies om 'n bestaande teks
         te gebruik of om 'n toneelstuk te skep deur middel van 'n werkswinkel?
         Motiveer jou antwoord.                                                               (6)

8.5      Beskryf die werkswinkelproses en verduidelik waarom dit 'n gewilde keuse vir
         Suid-Afrikaanse Teater-praktisyns was om tydens die apartheidsera
         produksies mee te skep.                                                              (8)

8.6      Gee raad aan kinders wat vir die eerste keer die teater gaan besoek oor
         geskikte teater-etiket (-gedrag).                                                    (4)

8.7      Skryf 'n voorstel aan die organiseerders van Wêreldteaterdag. Bespreek jou
         produksie wat op EEN sosiale kwessie wat jou gemeenskap raak, gebaseer
         is. Identifiseer die sosiale kwessie en verwys na die volgende in jou antwoord:

         •   Kort beskrywing van die storielyn
         •   Keuse van plek
         •   Verhooginkleding
                                                                                              (10)
                                                                                              [40]

                                                                TOTAAL AFDELING D:            40
                                                                    GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Dramatic Arts Feb Mar 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-mar-2015-eng/9df471f2-5965-4d4b-be5b-1318890d6bf3) — Dramatic Arts · QP · 2015 · Eng
- [Dramatic Arts Feb Mar 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-mar-2015-memo-eng/c5ffd24f-1b8f-4eab-ad2b-8f7c9efcb0fb) — Dramatic Arts · Memo · 2015 · Eng
- [Dramatic Arts Feb Mar 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-mar-2015-memo-afr/b51927e8-0751-4ac7-bd0f-d33879b9e149) — Dramatic Arts · Memo · 2015 · Afr
- [DRAMATIC ARTS QP GR12 SEPT 2015 ENG final](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-qp-gr12-sept-2015-eng-final/48287ca5-be8d-4f44-a139-4a721d1544de) — Dramatic Arts · QP · 2015 · Eng
- [DRAMATIC ARTS QP GR12 SEPT 2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-qp-gr12-sept-2015-afr/d85b8c2f-d38e-49bc-aeb2-d6d3dfe91159) — Dramatic Arts · QP · 2015 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2015-eng/7ce5d6e3-ce66-4c4c-a299-ff2f1827cd78) — Dramatic Arts · QP · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-mg-eng/1ca47d26-a583-48d4-b7e6-350802a91a45) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/0c5cf551-3515-4f88-aed5-2e27892a9058) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/e81f2ce2-7475-4158-a9c0-2ee9e0139852) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/295292ad-642f-4171-ae1e-c2dd59f80f5a) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-english/75e178c5-f96e-43f8-8078-84ce1d3d0082) — Memo · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
