# Dramatic Arts Grade 12 NSC Supplementary 2015 Memo (Afr)

> Grade 12 Dramatic Arts memorandum from the NSC Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-mar-2015-memo-afr/b51927e8-0751-4ac7-bd0f-d33879b9e149
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 25

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 NSC Supplementary 2015 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-mar-2015-memo-afr/b51927e8-0751-4ac7-bd0f-d33879b9e149)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2015. Memorandum, 25 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                              DRAMATIESE KUNSTE

                             FEBRUARIE/MAART 2015

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 150

                      Hierdie memorandum bestaan uit 25 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         2                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                   NSS – Memorandum

ALGEMENE NOTAS AAN NASIENERS

1.   As 'n nasiener, skryf kort opmerkings waarom 'n punt opwaarts of afwaarts
     aangepas is indien die memorandum nie duidelike riglyne gee nie en die nasiener
     eie diskresie moet gebruik.

2.   Maak duidelike regmerkies om die punt wat behaal is, aan te dui. Nasieners moet
     aktief by die antwoord betrokke raak.

3.   Hoofnasieners moet rubrieke met nasieners fasiliteer. Gebruik die kriteria en
     vlakbeskrywings van Dramatiese Kunste om die nasien te lei.

4.   Hou gereelde konsultasies om te verseker dat nasienwerk gestandaardiseer is.

5.   In die geval waar 'n kandidaat meer as die voorgestelde getal woorde skryf,
     moenie penaliseer nie (bv. opstelvraag).

6.   Die memorandumbesprekingsforum kan nie genoegsaam alle antwoorde
     voorspel nie. Provinsiale nasieners moet dit in ag neem en ontvanklik wees vir
     kandidate se antwoorde. Hulle moet seker maak dat verskillende onderwysstyle
     nie die kandidaat benadeel nie.

7.   Nasieners wy die eerste dag aan die bestudering van die kwaliteit en kwantiteit
     van bewyse in die memorandum, standaardiseer die vereiste antwoorde en vind
     gemeenskaplike definisies en konsepte.

8.   Sien globaal na, waar moontlik. Maak voorsiening vir interpretasies wat goed uit
     die toneelteks gemotiveer is. Gee krediet vir insigvolle idees en konsepte.

9.   Maak seker dat kandidate se antwoorde ooreenstem met die KABV-dokument se
     Breë Onderwerpe en Onderwerpe.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        3                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                  NSS – Memorandum

INSTRUKSIES EN INLIGTING SOOS IN DIE VRAESTEL GEGEE

1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
        AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings                    (30 punte)
        AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994              (40 punte)
        AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994 – Kontemporêr  (40 punte)
        AFDELING D: Die Geskiedenis van Teater, Praktiese Konsepte, Inhoud en
                       Vaardighede                                 (40 punte)
2.      AFDELING A
        VRAAG 1 is VERPLIGTEND.
        Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke
        20ste-eeuse Teaterbeweging.
        EPIESE TEATER
        • Caucasian Chalk Circle         Bertolt Brecht
        • Kaukasiese Krytsirkel          Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
        • Mother Courage                 Bertolt Brecht
        • Moeder Courage                 Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
        • The Good Person of Szechwan    Bertolt Brecht
        • Kanna Hy Kô Hystoe             Adam Small
                                          OF
        TEATER VAN DIE ABSURDE
        • Waiting for Godot              Samuel Beckett
        • Afspraak met Godot             Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks
        • Bagasie                        André P Brink
        • The Bald Primadonna            Eugene Ionesco
        • Die Kaalkop Primadonna         Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks
                                          OF
        POSTMODERNE TEATER
        • Skrapnel                       Willem Anker
        • Top Girls                      Carol Churchill
        • Popcorn                        Ben Elton
        • Buried Child                   Sam Shepard
3.      AFDELING B
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag uit
        hierdie afdeling.
        VRAAG 2: Woza Albert!            Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en Barney
                                         Simon
        VRAAG 3: Sophiatown              Junction Avenue Theatre Company
        VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis
4.      AFDELING C
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag uit
        hierdie afdeling.
        VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani
        VRAAG 6: Groundswell             Ian Bruce
        VRAAG 7: Mis                     Reza de Wet
5.      AFDELING D
        Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag. VRAAG 8 is VERPLIGTEND.
        VRAAG 8: Teatergeskiedenis, Praktiese Konsepte, Inhoud en Vaardighede
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 Dramatiese Kunste                                           4                                    DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                      NSS – Memorandum

 AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS
 VRAAG 1
 Die kandidaat moet hierdie vraag in die vorm van 'n opstel antwoord en die toneelteks wat
 hy/sy bestudeer het, as voorbeeld gebruik: ÓF Teater van die Absurde ÓF Epiese Teater
 ÓF Postmoderne Teater
 Gebruik die rubriek om die opstelle na te sien. Neem die kandidaat se benadering tot die
 onderwerp in ag. Gemotiveerde, oorspronklike antwoorde wat insig toon, moet gekrediteer
 word.
 PUNT                                                                  BESKRYWER
                       Kandidaat het 'n duidelike begrip van die aanhaling en kan die toneelteks en teaterbeweging wat
                       hy/sy bestudeer het, met die aanhaling verbind. Kandidaat kan 'n diskursiewe/breedvoerige opstel

         Uitstekend
                       skryf, die geldigheid van die aanhaling ondersteun en gebruik konkrete, spesifieke voorbeelde uit die
 27–30                 beweging en toneelteks. Die kandidaat bespreek ten minste 3 van die punte, en kies gepaste punte
                       uit die lys wat verband hou met die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het. Hy/Sy fokus op
                       die 'waarheid oor die lewe en die maatskaplike situasie' en gebruik die toneelteks wat bestudeer is
                       om sy/haar antwoord te motiveer. Kandidaat se antwoord weerspieël insig, diepte van begrip en
                       uitstekende bevoegdheid in effektiewe kommunikasie in 'n diskursiewe opstel. Insiggewend en uniek.
                       Kandidaat verstaan die aanhaling en kan die toneelteks en teaterbeweging wat hy/sy bestudeer het,
                       met die aanhaling verbind. Kandidaat kan 'n diskursiewe/breedvoerige opstel skryf wat die

         Baie Goed
                       geldigheid van die aanhaling ondersteun en gebruik voorbeelde uit die beweging en toneelteks. Die
 24–26                 kandidaat bespreek ten minste 3 van die punte, kies sommige gepaste punte uit die lys wat met die
                       toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het, verbind kan word. Hy/Sy fokus op die 'waarheid oor
                       die lewe en die maatskaplike situasie' en gebruik die toneelteks wat bestudeer is om sy/haar
                       antwoord te motiveer. Kandidaat se antwoord weerspieël redelike diepte van begrip en die vermoë
                       om dit in 'n diskursiewe opstel te kommunikeer.
                       Kandidaat verwys na die aanhaling en verbind die toneelteks en teaterbeweging wat hy/sy bestudeer
                       het, met die aanhaling. Kandidaat probeer om die geldigheid van die aanhaling te ondersteun en
                       gebruik voorbeelde uit die beweging en toneelteks. Die kandidaat bespreek ten minste 3 van die
         Goed
 21–23                 punte, kies sommige gepaste punte uit die lys wat met die toneelteks en beweging wat hy/sy
                       bestudeer het, verbind kan word. Hy/Sy fokus op die 'waarheid oor die lewe en die maatskaplike
                       situasie' en gebruik die toneelteks wat bestudeer is om sy/haar antwoord te motiveer. Kandidaat se
                       antwoord weerspieël die vermoë om dit in 'n opstel te kommunikeer.
                       Kandidaat kan direk na die aanhaling verwys, maar is meer geneig om 'n verband af te lei, eerder as

         Bevredigend
                       om dit direk te noem. Hy/Sy bespreek die toneelteks en die teaterbeweging. Kandidaat probeer om
 18–20                 die beweging en toneelteks te verbind. Kandidaat bespreek sommige van die punte, kies sommige
                       punte uit die lys wat met die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het, verbind kan word.
                       Hy/Sy kan meer punte uit die lys dek, maar op 'n oppervlakkige wyse. Sommige foute in uitdrukking
                       kan gevind word.
                       Kandidaat sal waarskynlik 'n verband met die aanhaling aflei eerder as om dit direk te noem. Hy/Sy

         Gemiddeld
                       verduidelik die toneelteks en teaterbeweging. Kandidaat slaag daarin om sommige voorbeeld(e) van
 15–17                 drama-teoretici/-praktisyns, toneelstukke of tekste te gee, maar is dikwels nie in staat om dit met die
                       aanhaling te verbind nie. Kandidaat gee sommige basiese beskrywings van punte maar kan nie die
                       teaterbeweging, toneelteks en aanhaling betekenisvol verbind nie. Maak gewoonlik breë stellings wat
                       met drie of meer van die punte verbind kan word.
                       Kandidaat sal waarskynlik die aanhaling ignoreer en dit per ongeluk in verband bring, eerder as
                       doelbewus. Hy/Sy beskryf die toneelteks en teaterbeweging. Kandidaat slaag daarin om sommige

         Elementêr
                       voorbeelde van drama-teoretici/-praktisyns, toneelstukke of tekste te gee, maar is dikwels nie in staat
 11–14                 om dit met die aanhaling te verbind nie. Kandidaat gee sommige beskrywings van punte, maar kan
                       nie die teaterbeweging, toneelteks en aanhaling betekenisvol in verband bring nie. Maak gewoonlik
                       stellings wat met drie of meer van die punte verband hou en fokus dikwels in sy/haar antwoord op die
                       intrige. Kandidaat se antwoord is deurmekaar en vol foute.
                       Kandidaat ignoreer die aanhaling en bring dit per ongeluk in verband, eerder as doelbewus.
         Swak
  0–10                 Kandidaat gee sommige beskrywings van punte, maar kan nie die teaterbeweging, toneelteks en
                       aanhaling betekenisvol in verband bring nie. Maak algemene stellings. Kandidaat is vaag en rammel
                       voort oor irrelevant inligting. Uitdrukking is foutief.
'n Diskursiewe opstel moet, waar toepaslik, 'n stelling maak, verduidelikings en/of voorbeelde gee.
                                                                                      TOTAAL AFDELING A:                   30
 Kopiereg voorbehou                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          5                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                    NSS – Memorandum

AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER (1960–1994)

Die kandidaat moet slegs EEN vraag uit hierdie afdeling beantwoord.

VRAAG 2:      WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
              BARNEY SIMON

2.1      Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien.
         Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Sien
         globaal na. Aanvaar twee goed gemotiveerde punte of vier kort punte.

         Dit is beskou as die 'most terrible street in Johannesburg' as gevolg van die
         Paskantoor. Swart mans sou vir dae of selfs weke in 'n ry staan net om 'n
         werkspermit of pas te kry om hulle in staat te stel om te werk. Dit was baie
         vernederend omdat hulle dikwels in die proses onmenslik behandel en
         verkleineer is. Hulle is nie toegelaat om te werk as hulle nie 'n pas gehad het
         nie en hulle moes die pas wys indien hulle deur die polisie gestop is. As hulle
         nie een gehad het nie, sou hulle in hegtenis geneem word en vir 'n
         ongespesifiseerde tyd tronk toe gestuur word. By die Paskantoor is groot
         mans deur jong, wit klerke bespot en sleg behandel. Hulle is deur amptenare
         onderwerp aan misbruik en slegte behandeling. Die ergste deel van hierdie
         stelsel was dat die pas vir beperkte tydperke uitgereik is, wat beteken het dat
         swart mans dikwels moes teruggaan om hul pasdokumente te hernu. Dit het
         beteken dat hulle aan dieselfde onregverdige proses onderworpe is van wag
         vir dae of weke. Dit was ook 'n plek waar hulle vir voornemende werkgewers
         gewag het wat hulle dikwels uitgebuit het.                                              (4)

2.2      Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige,
         toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde.

         'n 'Six month special' was 'n werkspermit wat die draer toegelaat het om vir 'n
         tydperk van ses maande te werk. Dit was belangrik vir die draer omdat hy vir
         'n volgehoue tydperk (ses maande) kon werk en geld verdien. Dit sou beteken
         dat hy eers oor ses maande na die Paskantoor sou teruggaan. Dit het hom
         geld, tyd en die vernedering van wag gespaar.                                           (4)

2.3      Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige,
         toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde.

         Die gehoor kan met Percy saamstem dat Mbongeni jaloers is op sy 'six month
         special' in welke geval hulle dalk vir Mbongeni kon 'boe'.
                                                 OF
         As hulle soortgelyke ervarings gehad het, sou hulle daarvan bewus gewees
         het dat selfs 'n 'six month special' nie goed genoeg was nie, want sodra dit
         verstryk het, moes die werker steeds teruggaan na die Paskantoor om 'n
         nuwe een te kry en weer aan die hele proses onderwerp moes word.
         Hulle sal ook bewus wees dat selfs met die 'six month special', mans steeds
         moes kruip vir werk omdat hulle nie gewaarborg was van werk nie. Hulle is
         almal steeds uitgebuit en soos honde deur hul wit werkgewers behandel.
         Hulle kan Mbongeni dus toejuig en in ooreenstemming met hom hoera roep.                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          6                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                    NSS – Memorandum

2.4      Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige,
         toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Sien globaal na.

         Vokaal
         Volume: Percy kon begin deur hard te praat as hy Morena roep. Hy sou dan
         sy volume vir reël 3–7 verlaag. Sy volume sal toeneem, want hy is baie
         opgewonde om 'n 'six month special' te hê.
         Toon: Hy sou aanvanklik pleit as hy vra vir Morena vra om na Albert Street te
         kom. Sy toon sal verander na een van woede en bitterheid as hy dink aan die
         lyding wat deur swart mans by die Paskantoor ervaar word. In die laaste paar
         reëls sou sy toon verander na een van opgewondenheid omdat hy gelukkig is
         dat hy 'n 'six month special' het.

         Fisies
         Percy sou begin deur op die verhoog rond te loop met sy hande wat sy oë
         beskerm soos hy in die gehoor vir Morena soek. Hy kan arm- en handgebare
         gebruik om te beklemtoon hoe nodig hy vir Morena by Albert Street het.
         Sy gesigsuitdrukking kan sy woede en bitterheid weerspieël as hy praat oor
         Albert Street, met die wenkbroue gelig of geplooi in 'n frons, sy neusvleuels
         kan gesper word en kwaai gesigsuitdrukkings. Dit kan in 'n glimlag verander
         as hy opgewonde raak.                                                                  (6)

2.5      Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar twee goed gemotiveerde
         punte. Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde.

         Diskriminasie teen swart mense, en in die besonder van werkers, is duidelik in
         Mbongeni se stelling: 'But you're still their dog.' Hulle is baie sleg behandel
         omdat hulle moes wag om 'n pasboek te kry wat hulle die reg sou gee om te
         werk. Sonder hierdie dokument is hulle nie toegelaat om te werk of om in sekere
         gebiede gesien te word nie omdat die pasboek eintlik 'n dokument was om die
         bewegings van swart mense te beheer.
         In die drama werk Percy en Mbongeni baie hard vir lang ure vir 'n baie klein
         loon. Hulle word baie sleg behandel deur hul werkgewer, Baas Kom, wat dreig
         om hulle af te dank elke keer as hulle nie met hom saamstem nie of as hulle oor
         hul werksomstandighede kla. Hul werkgewer dreig hulle deur te sê dat daar
         honderde mense op soek is na werk en hulle moet dankbaar wees vir die werk
         wat hulle het. Die werkgewer laat hulle nie toe om basiese menseregte/
         werkerregte te hê nie. As arbeiders het hulle nie die reg tot aksie nie, en moes
         daarom onregverdige behandeling, diskriminasie en bedreigings om hulle af te
         dank of hul loon te verminder, aanvaar.
         Mbongeni sê dat die lewenskoste en inflasie te hoog is. As gevolg van
         diskriminasie is swart mense nie 'n goeie loon betaal nie en kon skaars met
         hulle geld uitkom. Hulle het nie genoeg geld vir huur, skoolgeld en lewenskoste
         gehad nie. Diskriminasie het dus die siklus van armoede onder swart mense
         verewig.                                                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           7                              DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                     NSS – Memorandum

2.6      Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige,
         toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Sien globaal na.

         Die motor verteenwoordig potensiële werk vir Percy en Mbongeni. Hulle
         spring op en volg die motor soos hulle albei kompeteer vir die wit man se
         aandag. Hulle probeer hul vaardighede verkoop deur te probeer om beter as
         die ander een te wees om werk te kry. Hul optrede raak al hoe erger/heftiger
         soos wat hulle probeer om die potensiële werkgewer te beïndruk. Hulle
         probeer hul eie kanse verbeter, daarom probeer hulle so na as moontlik aan
         die motor kom sodat hulle eerste gehoor kan word. Die motor beweeg,
         daarom sal hulle moet rondhardloop. Van informeel geselsies maak as
         vriende, is hulle nou mededingers vir 'n werk.                                            (4)

2.7      Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige,
         toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Sien globaal na. Aanvaar EEN
         gebaar en EEN beweging, ten volle verduidelik.

         Gebaar
         'n Regisseur kan 'n akteur lei om sy/haar arms en hande te gebruik om
         aandag na die motor te trek en die posisie van die motor aan te dui. Die
         progressie in dialoog stel voor dat die akteur sy afwagting op die hand, arm
         en gesig verander, om 'n meer onderdanige effek te skep as hy met die 'baas'
         praat. In die akteur se gesig, hande, arms, bolyf en die res van sy liggaam –
         mag die finale reël geïnterpreteer en weerspieël word as 'n gretigheid om
         tevrede te stel.

         Beweging
         Die akteurs kan op en af spring wanneer hulle agterkom daar is 'n motor.
         Miskien kan hulle hul arms beweeg, groot sirkelvormige bewegings maak om
         aandag na die motor te trek. Die akteurs moet op 'n sekere punt fisies na die
         motor beweeg, op 'n opgewekte manier en met afwagting. As hulle die 'baas'
         vra of hy op soek is na werkers, kan hulle al sy fisiese bewegings beperk om
         onderdanigheid te toon. Terwyl hulle die 'baas' oortuig dat hulle 'n pas het om
         te werk, kan hulle regop staan en vertroue uitstraal of hulle kan mekaar stamp
         en stoot in 'n poging om hulself aan die 'baas' aan te bied.                              (4)

2.8      Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. 'n Subjektiewe antwoord word
         vereis. Aanvaar 'ja' of 'nee', maar antwoorde moet goed gemotiveer word.
         Geen punte sal vir slegs 'ja' of 'nee' toegeken word nie.

         Voorbeeld:
         Ja: Die drama het slegs twee akteurs wat verskeie karakters uitbeeld en dit is
         duidelik uit die plakkaat. Hulle lyk vol lewe en energiek. Die relevante inligting
         is duidelik sigbaar.
         No: Nie al die inligting op die plakkaat is duidelik nie. Die foto van die akteurs
         is nie interessant nie en sal nie mense se aandag daarop vestig nie. Dit is 'n
         swart-en-wit-plakkaat, dus trek dit nie aandag nie. Dele van die skrif op die
         plakkaat is nie duidelik sigbaar nie.                                                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           8                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                     NSS – Memorandum

2.9     Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige, toepaslike,
        goed gemotiveerde antwoorde.
        Leerders sal baat vind deur na 'n opvoering van die toneelteks te kyk, want dit is
        'n baie fisiese spelstyl. Leerders sal in staat wees om te sien hoe twee akteurs 'n
        verskeidenheid rolle speel deur fisies en vokaal van karakter na karakter te
        transformeer. Dit sal leerders baat as hulle kan sien hoe maklik dit is om van
        karakter te verander deur die gebruik van gebare, gesigsuitdrukkings, toon,
        aksent, ens. Hulle sal die vaardighede wat deur die akteurs gebruik word, soos
        verbale dinamika en mimiek, wat hulle in hul optredes kan gebruik, kan sien.
        Hulle sal ook sien hoe Arm/Gestroopte Teater-tegnieke gebruik kan word om 'n
        toneelstuk te skep en dat ingewikkelde kostuums en rekwisiete nie nodig is nie.
        Deur na die opvoering te kyk, kan die leerders leer hoe om hul stemme en
        liggame te gebruik om karakters op die verhoog tot lewe te laat kom.
        Ander vaardighede kan die volgende insluit: fokus, konsentrasie, luister en
        reageer, aksie en reaksie, emosionele integrasie, die vind van die waarheid in
        die oomblik, ens.                                                                         (6)
                                                                                                  [40]
VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY
3.1.1   Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige, toepaslike,
        goed gemotiveerde antwoorde. Sien globaal na. Kandidate mag enige drie
        karakters kies.
        Voorbeeld:
        • Jakes
        Joernalis, intellektueel – lessenaar, tikmasjien, tydskrifte, bv. Drum Magazine,
        ens.
        • Mamariti
        Sjebeen-koningin ('Shebeen Queen'), lui – gemaklike stoel of rusbank, alkohol,
        drankglase, kartonne sorghumbier, ens.
        • Lulu
        Skoolmeisie – skoolsak, boeke, tafel om huiswerk te doen, ens.                            (6)
3.1.2   Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige, toepaslike,
        goed gemotiveerde antwoorde.
        Al die karakters sal hul skok en ongeloof in reaksie op Ruth se siening wys
        omdat hulle 'n bad as 'n luukse item beskou.
        Nasieners: Aanvaar enige beskrywings van fisiese reaksies op hierdie stelling
        bv. hulle kan hul hande in die lug gooi en weer laat sak as 'n teken dat hulle
        opgee of hul skouers oplig en na Ruth staar. Wys na haar. Verbaasde kyke,
        kake val oop, ens. Princess kan direk na die gehoor kyk met haar een voet
        vorentoe en een hand op die heup.                                                         (4)
3.1.3   Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige, toepaslike,
        goed gemotiveerde antwoorde.
        Toon
        Aanvanklik liefdevol en vriendelik wanneer Princess aangespreek word. Dit
        verander na 'n bevelende, aggressiewe toon wanneer hy Charlie aanspreek.
        Volume
        Sag wanneer hy liefdevol met Princess praat en verander na hard wanneer hy
        Charlie beveel.
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           9                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                     NSS – Memorandum

         Tempo
         Stadige en gelyke tempo wanneer hy met Princess flankeer en verander na
         vinniger opdragte wanneer hy Charlie aanspreek.                                         (6)

3.2.1    Nasieners: Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde.

         Die bad is 'n ongewone item, want die huis is nie gebou om 'n bad te
         akkommodeer nie en 'n bad kon as 'n luukse item in Sophiatown gesien word.
         Die meeste van die karakters in die drama is nie daaraan gewoond om 'n bad
         te gebruik nie.                                                                          (2)

3.2.2    Dit is gebruik om Mamariti se bier te brou.                                              (2)

3.2.3    Hulle moet na die bad wys om die gehoor se aandag daarop te fokus. Hulle
         wys na Lulu om met haar die draak te steek en dra by tot die humor van die
         toneel.
         Die gebare is bedoel om die karakter in die bad te spot, want dit is die eerste
         keer dat daar 'n bad in die huis is en die feit dat daar geen water in die bad is
         nie, maak die toneel baie komies.                                                        (2)

3.2.4    Nasieners: Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde.

         Lulu. Sy is 'n sestienjarige meisie. Sy is Mamariti se dogter en Mingus se
         jonger suster. Sy is nie tevrede met Bantoe-onderwys nie. Sy wil 'n beter lewe
         hê en erken dat sy dit kan kry deur 'n goeie opvoeding. Sy kom goed met die
         ander karakters oor die weg, behalwe met Princess. Lulu is 'n intelligente,
         uitgesproke tiener wat namens Mamariti onderhandel. Sy gee 'n eerlike mening
         oor haar omgewing en situasie, byvoorbeeld wanneer sy 'n opstel oor haar
         gesin skryf, skryf sy dat haar broer 'n dief is. Sy bewonder Ruth en sien op na
         haar.                                                                                    (6)

3.2.5    Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige,
         toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde.

         Gesigsuitdrukking
         Dit lyk of die meisie se gesig 'n uitdrukking van woede en irritasie uitbeeld.
         Haar oë is na onder gerig, haar mond is op 'n plooi getrek en haar voorkop is in
         'n frons geplooi. Haar kop is weggedraai van die ander karakters.

         Lyftaal
         Sy sit met haar skouers vooroor in die bad. Haar arms is styf voor haar bors
         gevou. Haar knieë is effens opgetrek en haar skouers is weggedraai van die
         ander karakters af. Haar lyftaal dui op ongelukkigheid/ergernis.                         (4)

3.2.6    Nasieners: Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde.

         Lulu is 'n skoolmeisie. Sy verteenwoordig die duisende skoolkinders wat deur
         Bantoe-onderwys ontnugter is. Deur haar word die kwessie van onderwys
         ontwikkel. Sy wil nie skool toe te gaan nie, want sy voel Bantoe-onderwys is
         waardeloos en berei haar nie voor vir 'n beter toekoms nie. Sy voel dat 'n
         opvoeding in gedrang erger is as geen opvoeding nie. Mamariti, haar ma, is
         ongeletterd, maar wil net die beste vir Lulu hê en voel dat enige opvoeding
         beter is as geen. Lulu se opvoeding is deur die vernietiging van Sophiatown
         ontwrig en dit weerspieël die lot van baie ander studente in Sophiatown.                 (6)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           10                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                      NSS – Memorandum

3.2.7    Nasieners: Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde.
         Die toneelstuk is van toepassing in 'n moderne Suid-Afrika, want dit bevat
         universele temas en kwessies. Dit beeld ook die geskiedenis van Sophiatown
         en Suid-Afrika uit. Dit is 'n dokumentasie van 'n paar van die kwessies wat
         algemeen in die apartheidsera voorgekom het, soos Bantoe-onderwys,
         gedwonge verskuiwings, ens. en die impak daarvan op mense se lewens. Dit is
         waardevol, want ons kan leer uit ons verlede en nie weer dieselfde foute maak
         nie. Dit gee aan die gehoor 'n begrip van die lewe in Sophiatown tydens die
         apartheidsera. Dit leer ons ook dat mense van verskillende rasse en kulture in
         vrede en harmonie kan saamleef.
         Toneelmatig bevat die toneelstuk kleurvolle karakters, sang, dans, vertelling en
         wisselende teatertegnieke en -style.
         Die toneelstuk skep 'n bewustheid van hoe die samelewing sosiaal, polities en
         ekonomies verander het.                                                                   (6)
                                                                                                   [40]

VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS
4.1.1    Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige,
         toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde.
         •   Giel
             Tjokkie voel dat Giel Ma misbruik, en die enigste rede waarom hy saam met
             Ma is, is as gevolg van die pensioen wat sy ontvang. Hy sien Giel as
             iemand met geen ambisie nie en iemand wat sal loop sodra hy 'n bietjie
             geld kry. Hy is skaam dat sy ma saam met iemand soos Giel woon.
         •   Ma
             Tjokkie is lief vir sy ma, maar hy is terselfdertyd skaam vir haar reputasie en
             die feit dat sy ooglopend deur 'n nikswerd soos Giel gemanipuleer en
             misbruik word. Hy is gefrustreerd dat sy ma 'n lewe van swaarkry aanvaar.
         •   Tiemie
             Tjokkie is beskermend teenoor sy suster. Hy het die hoop uitgespreek dat
             sy die grense van die Suburbs sou verlaat en 'n beter lewe vir haarself sou
             maak. Hy sien haar as 'n snob ('stuck-up'), maar iemand met skoonheid,
             ambisie en die potensiaal om te ontsnap. Hy is baie ontsteld en
             teleurgesteld toe hy uitvind dat sy swanger is met Jakes se kind.                     (6)
4.1.2    Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige,
         toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde.
         Tjokkie is die 'Siener' waarna in die titel van die drama verwys word. Hy het die
         vermoë om die toekoms te sien, dikwels op 'n baie abstrakte en simboliese
         wyse. Die karakters rondom Tjokkie weet dat hy die vermoë het om in die
         toekoms te sien. As gevolg van die meeste van die karakters se individuele,
         persoonlike kwessies en, uiteindelik, haglike omstandighede, probeer die
         karakters Tjokkie manipuleer en boelie om in die toekoms in te sien. Op hierdie
         manier hoop die karakters om hulle eie situasies te verbeter. Giel wil desperaat
         hê dat Tjokkie die wenner van die perde sien sodat hy kan ontsnap van die
         Suburbs sodra hy 'n bietjie geld bymekaargemaak het deur middel van sy
         wengeld. Jakes wil hê Tjokkie moet sien of hy die pa van Tiemie se kind is
         omdat hy op hierdie manier 'n permanente houvas op haar sal hê. Giel en
         Jakes boelie Tjokkie om in die toekoms te sien en deur hul volharding sien hy
         wel uiteindelik.
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         11                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                    NSS – Memorandum

         Dit is dán wanneer die drama 'n tragiese wending inneem. Giel kry sy
         voorspelling, wen op die perde en verlaat uiteindelik vir Ma en die res van die
         gesin. Jakes is woedend as gevolg van die nuus dat hy moontlik nie die pa
         van Tiemie se kind is nie. Hy rand Tiemie aan. Tjokkie voel dat hy eintlik die
         skuld moet dra en neem tragies sy eie lewe.                                             (6)

4.1.3    Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige,
         toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Aanvaar indien kandidate
         kommentaar lewer oor die taal van elk van die karakters.

         Die meeste van die karakters se dialoog is deurspek met sleng, bv. 'stuck-up',
         'ennieway'. Hul Afrikaans is baie informeel en ook deurspek met Engelse
         omgangstaal. Dit dui op 'n arm sosio-ekonomiese agtergrond. Hulle is die
         spreekwoordelike 'wit gemors' in die voorstede.
         Die dialoog is soms ook baie aggressief en konfronterend, bv. 'bitch',
         'gedôner', ens. Dit beklemtoon dat die karakters nie die emosionele
         gereedskap het om hul gevoelens op 'n volwasse wyse oor te dra nie.                     (6)

4.1.4    Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige,
         toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde.

         In hierdie uittreksel is Tjokkie baie konfronterend. Hy is gefrustreerd met sy
         ma se leefstylkeuses sowel as haar verlede. Hy is ook teleurgesteld as gevolg
         van die feit dat Tiemie swanger is.

         Vokaal
         Konfronterend en kwaad. Hy sal ook met tye emosioneel wees. Sy tempo sal
         vinnig wees soos wat hy sy woede ontsluit. Met tye sal hy pouseer soos hy
         probeer om sy emosies te formuleer. As hy Tiemie uiteindelik konfronteer, sal
         sy tempo toeneem soos hy sy frustrasie op haar fokus. Meestal sal die
         volume wat hy gebruik, hard wees soos hy daarop aandring dat die waarheid
         ontbloot moet word. Dit is slegs wanneer die erns van Tiemie se swangerskap
         hom laat besef dat sy bestem is om die dieselfde lewe as Ma te leef dat hy sy
         volume sal wissel en sagter sal praat as hy 'verdomp' herhaal. Hy sal skaars
         pouseer, want dit is die oomblik in die toneelstuk wanneer hy sy rou emosies
         ten opsigte van hul lewens in die Suburbs openbaar.

         Fisies
         Baie uitdrukkingsvol en geanimeerd. Sy postuur sal aandui dat hy
         konfronterend is en dalk leun hy in die rigting van die persoon wat hy
         konfronteer. Hy sal met groot gebare beduie en hy sal 'n
         gepynigde/ongelowige uitdrukking op sy gesig hê. Sy liggaam sal verander en
         meer oop wees: van die Tjokkie wat homself klein van postuur hou na die
         man wat nou die werklikheid met 'n oop houding konfronteer. Tjokkie sal dalk
         ook heen en weer loop en sy bewegings sal al hoe vinniger wees soos hy
         meer opgewonde raak. Met tye kan hy sy kop uit pure frustrasie en woede
         skud.                                                                                   (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                               12                                 DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                          NSS – Memorandum

4.2      Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige,
         toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Laat interpretasies toe wat goed
         gemotiveer is uit die toneelteks. Gee krediet aan insiggewende idees en
         konsepte. Sien globaal na.

         Beligting
         • Jakes: Beklemtoon hom as gevaarlik en gee 'n vooruitskouing van die
            tragedie aan die einde van die toneelstuk.
         • Tjokkie: Beklemtoon sy woede en later sy toestand van wanhoop.
         Klank
         • Die klank van Jakes se motorfiets – beklemtoon sy opstandige en
            boelieagtige aard.
         • Die musiek van die radio in die huis – dui op die tydperk, Tiemie se
            verlange na 'n beter lewe, onheil.
         • Die perdewedrenkommentaar oor die radio – Giel se dobbelverslawing.

         Kandidate kan 'n verskeidenheid beligting (insluitend kleure of tipes beligting-
         effekte) en byklanke wat die tydperk, die sosio-ekonomiese omgewing sowel
         as die karakters weerspieël, noem.                                                                 (6)

4.3      Nasieners: Laat interpretasies toe wat goed gemotiveer is uit die teks. Gee
         krediet aan insiggewende idees en konsepte. Sien globaal na. Kandidate
         moet op die verskillende stimuli in die aanhaling reageer, maar dit is belangrik
         dat argumente deur voorbeelde uit die teks ondersteun word.

         •     Temas is universeel en bly aktueel en relevant – die aard van die
               toneelstuk laat moderne interpretasies toe.
         •     Tegnies kan die toneelstuk opgevoer word met gebruik van slegs basiese
               ligte, klank, stel, rekwisiete, ens.
         •     Die karakters is realisties en kostuums is dus maklik beskikbaar en
               goedkoop.
         •     Die aard van die toneelstuk laat interpretasies in 'n verskeidenheid
               omgewings toe. Opvoerruimtes kan maklik aangepas word om by 'n
               spesifieke interpretasie te pas.
         •     Die toneelstuk is didakties en sal 'n waardevolle onderrig- en leerervaring
               wees.
PUNTE                                                      BESKRYWER
 9–10     Uitstekend     Kandidaat het 'n uitstekende begrip van die toneelstuk en gebruik 'n
                         verskeidenheid argumente met relevante voorbeelde as motivering.
  7–8        Baie goed   Kandidaat het 'n baie goeie begrip van die toneelstuk en gebruik 'n
                         verskeidenheid argumente met voorbeelde as motivering.
  5–6          Goed      Kandidaat het 'n goeie begrip van die toneelstuk en gebruik enkele argumente
                         met voorbeelde as motivering.
  3–4     Gemiddeld      Kandidaat het 'n gemiddelde begrip van die toneelstuk. Gebruik slegs een of
                         twee argumente met beperkte voorbeelde uit die toneelstuk as motivering.
                         Geneig om breër stellings oor die toneelteks te maak.
  0–2          Swak      Kandidaat het 'n swak begrip van die toneelstuk. Maak basiese verwysings na
                         die toneelstuk wat irrelevant is. Dikwels niks meer nie.                           (10)
                                                                                                             [40]

                                                                        TOTAAL AFDELING B:                  40

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         13                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                    NSS – Memorandum

AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE KONTEMPORÊRE TEATER (NÁ 1994)

Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord.

VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI

5.1.1    Nasieners: Laat interpretasies toe wat geldig, toepaslik en goed gemotiveerd is
         uit die toneelteks. Gee krediet aan insiggewende idees en konsepte. Sien
         globaal na.

         Sipho
         Hy dra konserwatiewe klere, gerespekteerde styl, waarskynlik donker broek en
         'n wit, gestyfde hemp, moontlik ietwat slonserig omdat hy by Sky se sjebien
         was. Hy het waarskynlik sy baadjie uitgetrek en sy moue is dalk opgerol. Hy
         het dalk ook sy das afgehaal.
         Thando
         Sy is 'n konserwatiewe onderwyseres en sy werk ook as 'n tolk by Waarheids-
         en-Versoeningskommissie (WVK). Sy dra beskeie klere, moontlik 'n broekpak
         of romp en hemp en gemaklike skoene.
         Mandisa
         Sy is 'n Britse mode-ontwerper. Flambojante, lewendige, moderne klere wat
         geskik is vir iemand wat as 'n mode-ontwerper in die Verenigde Koninkryk
         gewoon en gewerk het. Haar skoene kan uitspattig wees. Haar klere                      (6)
         weerspieël haar lewendige, individualistiese persoonlikheid. Wanneer sy by die
         WVK-verhore is, sal sy dalk minder flambojante klere dra.

5.1.2    Nasieners: Laat interpretasies en tegnieke toe wat goed gemotiveer is uit die
         toneelteks. Gee krediet aan insiggewende idees en konsepte. Aanvaar ander,
         geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde. Sien globaal na.

         Gegewe omstandighede
         Sipho
         Themba is oorlede. Die aankoms van sy veraste liggaam tree op as 'n
         katalisator vir Sipho se reaksies. Hy het baie verloor: sy verwagte posisie as
         hoofbibliotekaris, sy vrou (as gevolg van die affair), ens. Dit beïnvloed sy
         gemoedstoestand/ emosionele toestand en die keuses wat hy daarna maak
         (oorsaak-tot-effek).
                                               OF
         Thando
         Sy is seergemaak as gevolg van die verlies van haar ma. Sy het as gevolg
         daarvan 'n diepgewortelde gevoel van verantwoordelikheid en deernis vir haar
         pa. Sy is verloof, maar woon by die huis. Sy ervaar innerlike konflik as gevolg
         van haar begeerte om saam met Mandisa Johannesburg en Londen toe te
         gaan en haar sensitiewe aard intensiveer haar emosies vir die situasie.
                                               OF
         Mandisa
         Sy het ook haar pa verloor en neem Sipho as haar nuwe vaderfiguur aan. Sy is
         in haar Suid-Afrikaanse gesin ingesluit. Sy het van 'n vreemde 'tuisland' na die
         New Brighton-omgewing toe gekom, wat ook vreemd is vir haar. Sy hoor vir die
         eerste keer die stories van haar pa se affair en besef dat Thando haar
         biologiese suster kan wees. Sy is geskok.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         14                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                    NSS – Memorandum

         Emosionele geheue:
         Akteurs moet hul eie emosies, soortgelyk aan dié wat deur die karakter se
         gegewe omstandighede gestimuleer word, onthou en hul emosies toepas op
         die teater- en dramatiese situasie. Akteurs moet emosioneel betrokke raak.
         Kandidate kan spesifieke emosies noem wat geskik is vir die karakter wat hulle
         gekies het.
         Magiese As ('Magic If'):
         Akteurs moet die vraag vra: 'As ek in hierdie karakter se posisie was, hoe sou
         ek dink of voel om op te tree/te reageer?' Dit verifieer en motiveer/gee 'n rede
         vir die akteur se reaksies.                                                             (6)
5.1.3    Nasieners: Aanvaar ander, geldige, toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde
         wat op die ontleding van stem en beweging van EEN karakter fokus, met
         verwysings uit die teks. Sien globaal na.
         Kandidate mag enige EEN karakters uit die toneelteks kies.
         Vokaal
         Die volgende mag bespreek word: tempo, spoed, volume, stemtoon,
         pousering, frasering, ens.
         Fisies
         Die volgende mag bespreek word: gebare, gebruik van die arms, hande,
         postuur, gesigsuitdrukking, beweging, posisie van die liggaam, ens.                     (6)
5.2.1    Nasieners: Aanvaar enige relevante idees wat hierdie tipe teater verduidelik.
         Dit is teater wat 'n voorheen verdeelde samelewing                en   individue
         bymekaarbring, deur onderwerp, temas en boodskappe.                                     (2)
5.2.2    Nasieners: Aanvaar enige TWEE kwessies wat geldig, toepaslik en goed
         gemotiveer is. Sien globaal na.
         Die volgende is 'n paar kwessies wat veroorsaak het dat Sipho konflik en nood
         ervaar het. Hierdie lys dien slegs as 'n riglyn.
         • Wedywering onder broers en susters
         • Ouerlike voortrekkery
         • Themba se dood
         • Luvuyo se dood
         • Themba se affair met Sindiswa
         • Themba se aktivisme en ballingskap
         • Opvoedkundige ongelykhede
         • Sy pa se begrafnis                                                                    (4)
5.2.3    Nasieners: Laat interpretasies en tegnieke toe wat geldig, toepaslik en goed
         gemotiveer is uit die toneelteks. Gee krediet aan insiggewende idees en
         konsepte. Sien globaal na.
         Die volgende dien slegs as 'n riglyn en alle goed gemotiveerde antwoorde
         moet oorweeg word. Kandidate kan kwessies oor konflik of skeiding in die
         Makhaya-gesin identifiseer om die reis na vergifnis en versoening te
         verduidelik. Kandidate kan hul menings oor wat die mense in die gesin
         bymekaarbring, bespreek. Voorbeeld: Sipho wil net weet dat Themba vir hom
         lief was. Hierdie wete bevry Sipho om sy broer sowel as sy vrou te vergewe en
         aan te beweeg. 'n Dieper empatie en begrip vir mekaar sal lei tot vergifnis,
         waardeur verhoudings genees en individue emosioneel genees word.                        (4)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
 Dramatiese Kunste                               15                                    DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                           NSS – Memorandum

5.2.4   Nasieners: Kandidate kan dit ook met hul eie persoonlike ervarings in verband
        bring.
        Die gehoor empatiseer met die karakters se gevoelens en situasie. Daar is 'n
        intieme akteur-gehoor-verhouding. Die gehoor kry 'n boodskap dat versoening
        moontlik is deur middel van waarheid en vergifnis.                                                      (4)
5.2.5   Nasieners: Laat interpretasies toe wat geldig, toepaslik en goed gemotiveer is uit
        die toneelteks. Gee krediet aan insiggewende idees en konsepte. Sien globaal
        na.
        Mandisa
        Sy woon in Londen en is gewoond aan 'n demokratiese politieke stelsel. Sy kom
        met haar liberale siening vir haar pa se begrafnis in Suid-Afrika aan. Sy is geskok
        oor die besonderhede van die apartheid-gruweldade, soos dit eerstehands deur
        Sipho en Thando vertel word en is gefassineer deur die Waarheid-en-
        versoeningsproses. Sy is ingelig oor die Waarheid-en-versoeningsproses, gelei
        deur Biskop Desmond Tutu. In die WVK-proses word die waarheid geopenbaar,
        en vir die slagoffer lei die keuse om te vergewe tot persoonlike bemagtiging en
        die vryheid om aan te beweeg. Op sy beurt lei dit tot maatskaplike vryheid en 'n
        nuwe Suid-Afrika. Sy stem saam dat, as versoening tussen rasse bereik moet
        word, die waarheid oor oortreders vertel moet word en deur die oortreders beken
        moet word. Sy stem ook saam dat diegene wat vir misdade teen die mensdom
        verantwoordelik is, tot verantwoording geroep moet word. Die waarheid oor haar
        pa en oom se verhouding raak 'n gevoelige snaar aan en raak haar emosioneel
        dieper. Sy behou egter haar perspektief en verwelkom die waarhede wat oor hul
        verhouding geopenbaar word. Sy glo dat, as die broers vroeër kon praat, kon
        versoening vroeër plaasgevind het.
        Sipho
        Wanneer Sipho se ervaring van persoonlike verraad, die vermindering van sy
        gevoel van eiewaarde, sy waardigheid, gedeel word, word dit erken en dus
        'bevestig as eg' wanneer hy die gesin se storie met die twee meisies deel. Dit
        'sorg vir die verlede' en vestig die grondslag vir die toekoms van die gesin.
        Dit is 'n parallel met die WVK toe slagoffers se ervarings deur die oortreders en
        deur die Kommissie erken is.
        Konfrontasie, die identifisering en erkenning van die trauma van die verlede
        eerder as die onderdrukking daarvan, is beskou as die middelpunt van die
        genesingsproses.
PUNTE                                                     BESKRYWER
 8–10    Uitstekend    Kandidaat het 'n uitstekende begrip van die toneelteks en die tema van waarheid
                       en versoening soos dit betrekking het op die lewe van 'n breër Suid-Afrikaanse
                       samelewing. Hy/sy is in staat om sy/haar antwoord te ondersteun, die sosio-
                       politieke omgewing van die toneelstuk en die karakters se motiewe te verbind en
                       toepaslike voorbeelde uit die toneelstuk te gebruik om dit met die vraag te verbind.
  6–7    Baie goed     Kandidaat het 'n baie goeie begrip van die toneelteks en die tema van die
                       waarheid en versoening soos dit betrekking het op die lewe van 'n breër Suid-
                       Afrikaanse samelewing. Hy/sy is in staat om sy/haar antwoord met toepaslike
                       voorbeelde uit die toneelteks te ondersteun.
  4–5    Gemiddeld     Kandidaat het 'n gemiddelde begrip van die toneelteks en die temas. Is geneig om
                       korrekte stellings te maak, maar dit is ietwat onsamehangend en hou moontlik nie
                       verband nie.
  0–3      Swak        Kandidaat het 'n swak begrip van die toneelteks en die temas. Maak breë of vae
                       stellings, waarvan baie glad nie met die vraag verbind word nie of hy/sy het baie
                       min om te skryf.                                                                         (10)
                                                                                                                [40]
 Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          16                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                     NSS – Memorandum

VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE

6.1      Nasieners: Aanvaar enige TWEE byklanke.
         •   Seeklanke
         •   Die klok
         •   Die hond wat blaf                                                                    (2)

6.2      Nasieners: Gee krediet aan enige geldige, toepaslike en goed gemotiveerde
         idees.
         Die byklanke kan moontlik 'n gevoel van isolasie, spanning, afstand, ens.
         skep. Die invloed van die see word gevoel en daar is 'n sterk gevoel van die
         buitewêreld (die klok wat lui). Daar is 'n stemming van hartseer, depressie,
         afwagting, ens.                                                                          (2)

6.3      Nasieners: Aanvaar enige ander, relevante byklanke.
         •   Mishoring –die drama speel af teen die agtergrond van 'n verraderlike see
         •   Stemmingsmusiek – musiek wat dreigend/onheilspellend is
         •   Huilende wind – skep die atmosfeer van die onstuimige weer by die see
         •   Huilende hond – skep die atmosfeer van verlatenheid                                  (3)

6.4      Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige,
         toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde.
         Thami
         Sy 'dun hemp is gestryk en sy verslete skoene is blink gepoets' ('threadbare
         shirt is ironed and his worn out shoes are polished'). Dit kan daarop dui dat
         Thami sy klere en skoene oppas, alhoewel hulle oud en op gedra is. Hy is 'n
         karakter met beskeie middele en kan nie nuwe items bekostig nie. Hy het ook
         selfrespek.
         Johan
         Hy is 'nat en windverwaaid, geklee in 'n oliejas-baadjie, sweetpakbroek met
         kortbroek daaroor en ou tekkies ('damp and windblown, wearing an oilskin
         top, tracksuit pants with shorts over them and old tackies'). Dit kan daarop dui
         dat hy buite op 'n boot werk. Hy gee nie aandag aan sy persoonlike voorkoms
         nie en die ou tekkies kan dui op 'n gebrek aan fondse om dit te vervang, ens.            (4)

6.5      Hulle praat albei mekaar se taal, wat daarop dui dat hulle vriende is wat al vir
         'n rukkie saam is en saam 'n toekoms in besigheid beplan.                                (2)
6.6.1    Thami skryf die brief aan sy vrou.                                                       (1)
6.6.2    Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige,
         toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde.
         Thami probeer sy vrou oortuig dat hy reeds 'n werkende konsessie besit en
         op die punt is om 'n klomp geld te maak. Thami skryf om sy vrou hoop te gee
         vir 'n besigheidstoekoms. Tog jok hy vir sy vrou omdat die konsessie nie
         bestaan nie. Die werklikheid is dat hy steeds soek na 'n konsessie om te
         koop. Die rede waarom hy sy vrou valse hoop gee, is omdat hy haar nie wil
         ontstel nie. Hy is ook 'n baie trotse man wat voel dat hy vir sy gesin moet
         sorg. Hy het 'n desperate begeerte om in besigheid te slaag.                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           17                              DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                      NSS – Memorandum

6.6.3    Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige,
         toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde.
         Fisies
         Thami kan frons omdat sy gesigsuitdrukkings dalk sy konflik oor die leuens
         wat hy in die brief vertel, kan toon. Hy kan onrustig in sy stoel rondskuif om sy
         ongemak om vir iemand wat hy liefhet te lieg, uit te druk. Hy kan ook 'n gevoel
         van verligting uitdruk dat hy dit kon regkry om 'n oortuigende brief te skryf en
         dit wys deur gebare en gesigsuitdrukkings.
         Vokaal
         Hy praat met 'n redelik eentonige toon as hy hardop lees wat hy in die brief
         geskryf het. Daar kan veranderinge in tempo en volume wees soos wat idees
         ontstaan. Thami kan stop om na te dink oor die daaropvolgende uitlating.                   (6)
6.7      Nasieners: Aanvaar       ander,    geldige,   toepaslike,   goed    gemotiveerde
         antwoorde.
         Hy is veronderstel om te werk/die tafel te poets. Hy wil die brief vir Johan               (2)
         wegsteek.
6.8      Nasieners: Gebruik diskresie tydens nasien. Aanvaar ander, geldige,
         toepaslike, goed gemotiveerde antwoorde.
         •   Smith is 'die gas'. Smith se aankoms is die katalisator vir die
             ontwikkelende handeling en stygende spanning van die intrige (storie).
         •   Smith word deur Johan gesien as 'n geleentheid om geld te maak as 'n
             belegger in die konsessie, maar Smith se weerstand en weiering dien as
             'n struikelblok vir Johan se wense.
         •   Dit veroorsaak stygende spanning en Johan se besluit om Smith fisies met
             die mes te dreig en hom moontlik dood te maak, ontwikkel hierdie
             spanning verder.
         •   Die konflik/stryd wat uitbreek, veroorsaak 'n verlies vir Johan en daar is 'n
             verskuiwing in mag aan die einde van die drama waar Johan magteloos
             gelaat word.
         •   Dit sou moontlik nie gebeur het as Smith nie die situasie betree het nie.
         •   Sonder hierdie situasie sou Thami moontlik nie sy ware finansiële situasie
             aan Johan geopenbaar het nie.                                                          (4)
6.9      Nasieners: Sien globaal na. Antwoorde moet geldig, toepaslike en goed
         gemotiveerd wees met die noem van spesifieke elemente van 'n realistiese
         drama, byvoorbeeld:
         •   Die intrige is 'n spieël van die werklikheid ('slice of life') wat die lewe van
             die karakters in Garnet Lodge weerspieël.
         •   Die stel is realisties, bv. tafel en stoele, ontvangsarea van die lodge en
             ingangsdeur van buite, ens.
         •   Die karakters is afgerond met 'n verlede, 'n hede en het hoop vir die
             toekoms.
         •   Situasies is geloofwaardig.
         •   Verhoudings sluit aksie, reaksie en interaksie in.
         •   Dialoog is natuurlik, gebruik van omgangstaal en sleng.
         •   Kostuum en grimering is geloofwaardig.
                                                                                                    (10)
         •   Beligting en klank weerspieël die omgewing.
                                                                                                    [40]
         •   Onderwerp is aktueel en relevant vir die konteks.
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Dramatic Arts Feb Mar 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-mar-2015-memo-eng/c5ffd24f-1b8f-4eab-ad2b-8f7c9efcb0fb) — Dramatic Arts · Memo · 2015 · Eng
- [Dramatic Arts Feb Mar 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-mar-2015-eng/9df471f2-5965-4d4b-be5b-1318890d6bf3) — Dramatic Arts · QP · 2015 · Eng
- [Dramatic Arts Feb Mar 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-mar-2015-afr/062c56ba-e799-456a-9296-8dc892bbc34d) — Dramatic Arts · QP · 2015 · Afr
- [DRAMATIC ARTS MEMO GR12 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-memo-gr12-2015-eng/913ae65b-c91a-4c83-ad3b-c200b80e2052) — Dramatic Arts · Memo · 2015 · Eng
- [DRAMATIC ARTS MEMO GR12 2015 AFRIK](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-memo-gr12-2015-afrik/1c1a2d6f-a720-4e72-a241-9de305259eb5) — Dramatic Arts · Memo · 2015 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2015-memo-afr/32371f34-b15a-4923-af69-d87d5272dfa7) — Dramatic Arts · Memo · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-afr/b4a67589-411d-46bb-b333-65beeafd2138) — QP · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-afr/ee64452f-d716-4e2c-a4c0-eb6f240cdecb) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-eng/d7900b57-db36-4c03-9c8b-4da9102aed06) — QP · 2024 · Eng
- [Dramatic Arts May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/196a7629-8432-4e24-976d-ba79e198fc93) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/635df938-d2f8-4677-9753-430aa4581d96) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
