# Dramatic Arts Grade 12 NSC Supplementary 2017 Memo (Afr)

> Grade 12 Dramatic Arts memorandum from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 40 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-mar-2017-memo-afr/3a81a775-b8ab-4da1-ae04-f7d7fe6ca1aa
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 40

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 NSC Supplementary 2017 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-mar-2017-memo-afr/3a81a775-b8ab-4da1-ae04-f7d7fe6ca1aa)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Memorandum, 40 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                              DRAMATIESE KUNSTE

                             FEBRUARIE/MAART 2017

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 150

                      Hierdie memorandum bestaan uit 40 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         2                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                  NSS – Memorandum

ALGEMENE NOTAS AAN DIE HOOFNASIENER EN NASIENERS

1.   Die memorandumbesprekingsforum kan nie genoegsaam alle antwoorde
     voorspel nie. Provinsiale nasieners moet dit in ag neem en oop wees vir
     kandidate se antwoorde. Maak seker dat verskillende onderrigstyle nie die
     kandidaat benadeel nie.
2.   Gebruik die eerste dag om die kwaliteit en hoeveelheid bewyse in die
     memorandum te evalueer, die vereiste antwoorde te standaardiseer en om
     algemene definisies en begrippe te vind.
3.   As die memorandum nie duidelike riglyne verskaf nie, moet 'n nasiener, met kort
     kommentaar, aandui waarom punte toegeken moet word of nie.
4.   Maak 'n duidelike merkie langs die betrokke leerpunt wanneer 'n punt toegeken
     word. Nasieners moet aktief by die antwoord betrokke wees.
5.   Hoofnasieners moet die volgende fasiliteer:
     • Kandidate se verwagte antwoorde op elke vraag
     • Die kognitiewe moeilikheidsvlak wat van die kandidaat verwag word
     • Die tipe denkproses en -kompleksiteit wat van die kandidaat verwag word
     • Anderson en Krathwohl se hersiene Bloom se Taksonomie (kognitiewe
          proses teenoor denkproses)
     • Aksiewerkwoorde wat by elke kognitiewe vlak gebruik is en die tipes bewyse
          vereis (feite, begrippe, prosesse, denke)
6.   Daar moet gedurende die nasienproses etlike konsultasierondtes wees om te
     verseker dat nasien gestandaardiseer is.
7.   In geval 'n kandidaat meer as die voorgestelde getal woorde geskryf het, moet
     hulle nie penaliseer word nie (bv. opstelvraag).
8.   Sien globaal na waar moontlik. Nasieners aanvaar ander korrekte, relevante en
     goed gemotiveerde antwoorde.
9.   Nasieners moet seker maak dat die kandidate se antwoorde ooreenstem met die
     KABV-dokument se Breë Onderwerpe en Onderwerpe.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         3                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                  NSS – Memorandum

INSTRUKSIES EN INLIGTING SOOS IN DIE VRAESTEL GEGEE
1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
        AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings                                     (30)
        AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994                               (40)
        AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994 – Kontemporêr                   (40)
        AFDELING D: Teatergeskiedenis, Praktiese Begrippe, Inhoud en
                        Vaardighede                                                 (40)
2.      AFDELING A
        VRAAG 1 is VERPLIGTEND.
        Verwys na die toneelteks wat        jy bestudeer     het   en   die   betrokke
        20ste-eeuse Teaterbeweging.
        EPIESE TEATER
        • Caucasian Chalk Circle          Bertolt Brecht
        • Kaukasiese Krytsirkel           Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
        • Mother Courage                  Bertolt Brecht
        • Moeder Courage                  Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
        • The Good Person of Szechwan     Bertolt Brecht
        • Kanna Hy Kô Hystoe              Adam Small
                                           OF
        TEATER VAN DIE ABSURDE
        • Waiting for Godot               Samuel Beckett
        • Afspraak met Godot              Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks
        • Bagasie                         André P Brink
        • The Bald Primadonna             Eugene Ionesco
        • Die Kaalkop Primadonna          Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks
                                           OF
        POSTMODERNE TEATER
        • Skrapnel                        Willem Anker
        • Top Girls                       Carol Churchill
        • Popcorn                         Ben Elton
        • Buried Child                    Sam Shepard
3.      AFDELING B
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
        hierdie afdeling.
        VRAAG 2: Woza Albert!            Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en
                                         Barney Simon OF
        VRAAG 3: Sophiatown              Junction Avenue Teater Company OF
        VRAAG 4: Siener in die Suburbs   PG du Plessis
4.      AFDELING C
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
        hierdie afdeling.
        VRAAG 5: Nothing but the Truth   John Kani OF
        VRAAG 6: Groundswell             Ian Bruce OF
        VRAAG 7: Mis                     Reza de Wet
5.      AFDELING D
        Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag. VRAAG 8 is VERPLIGTEND.
        VRAAG 8: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE BEGRIPPE, INHOUD                       EN
                   VAARDIGHEDE

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         4                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                  NSS – Memorandum

AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS

VRAAG 1

Die kandidaat moet:
• Hierdie vraag in die vorm van 'n opstel beantwoord
• Die toneelteks wat hy/sy bestudeer het, as 'n voorbeeld gebruik
• Na een van drie bewegings en die bron in hulle antwoord verwys: Teater van die
   Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater
• Toon dat die vraag en bron ontleed is, verstaan is en in sy/haar opstel geïntegreer
   is

Die inhoud van die opstel moet die volgende dek:

1. EEN gekose teaterbeweging:
   o Teater van die Absurde OF
   o Epiese Teater OF
   o Postmoderne Teater
2. Toneelteks bestudeer
3. Vraag
4. Bron

Nasiener se aantekeninge:
• Kandidaat moet toon dat die bogenoemde verstaan en krities ontleed is
• Kennis wat slegs gememoriseer is, moet in 'n oorspronklike argument
  gekontekstualiseer word wat feitlike, kontekstuele, prosedure- en metakognitiewe
  denke getoon
• Die rubriek op die volgende bladsy is 'n riglyn vir die nasiener om die volgende
  te assesseer:
   o Kennisdimensievlak
   o Kognitieweprosesdimensievlak (onthou, verstaan, toepas, ontleed, evalueer
      en skep)
   o Kompleksiteit van denke deur die kandidaat getoon

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                  5                                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS – Memorandum

BESKRYWER        PUNT                                            DIE KANDIDAAT
                           •   Denkproses: Pas feitlike, konseptuele, prosedure-, en metakognitiewe kennis in die vraag,
                               bron en inhoud aan en integreer die vereistes van die vraag. Haal aan op 'n
  Uitstaande
                 27–30         gedifferensieerde, geïnterpreteerde, kreatiewe en oorspronklike wyse.
                           •   Evalueer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en addisionele bronne in 'n
Metakognitiewe
                 90–100        omvattende verskeidenheid insiggewend gekose teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
    Kennis
                           •   Ontwerp en skep 'n argument in 'n nuwe en unieke patroon wat refleksiewe kreatiewe,
                     A+        kritiese en analitiese denke voorstel.
     Skep
                           •   Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te skep, te herorganiseer, saam te vat, te ontdek, te
                               hernu, te verander, uit te brei en te verbeter.
                           •   Denkproses: Ondersoek feitlike, konseptuele, prosedure- en metakognitiewe kennis in die
                               vraag, bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag. Haal aan op 'n
  Uitstekend                   gedifferensieerde, geïnterpreteerde en oorspronklike wyse.
                 24–26
                           •   Beoordeel/Assesseer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander
Metakognitiewe                 addisionele bronne in 'n betekenisvolle verskeidenheid toepaslik gekose teoretiese,
                 80–89
   Kennis                      praktiese en estetiese inhoud.
                           •   Stel 'n argument in 'n interessante patroon saam wat refleksiewe kritiese en analitiese
                     A
   Evalueer                    denke voorstel.
                           •   Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te oordeel, te kritiseer, aan te beveel, verslag te doen, te
                               evalueer, te voorspel, te ontdek, voor te stel.
                           •   Denkproses: Ontleed, onderskei en ondersoek feitlike, konseptuele en prosedurekennis in
 Verdienstelik                 die vraag, bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag. Haal aan op 'n
                 21–23
                               gedifferensieerde en verklarende wyse.
  Prosedure-               •   Ontleed/Dissekteer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en addisionele bronne
                 70–79
    kennis                     in 'n breë verskeidenheid toepaslik gekose teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
                           •   Stel 'n argument saam wat kritiese en analitiese denke voorstel.
                     B
   Ontleed                 •   Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te ontleed, gevolgtrekkings te maak, begrippe te
                               dekonstrueer, met mekaar in verband te bring, toe te skryf, ontdek.
                           •   Denkproses: Ontleed en onderskei feitlike, konseptuele en prosedurekennis in die vraag,
  Wesenlik
                 18–20         bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag. Haal aan op 'n georganiseerde,
                               gedifferensieerde en verklarende wyse.
  Prosedure-
                 60–69     •   Integreer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en addisionele bronne in 'n breë
    kennis
                               verskeidenheid toepaslik gekose teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
                     C     •   Verskaf 'n argument wat kritiese en analitiese denke voorstel.
   Toepas
                           •   Kognitiewe vlak: Toon 'n vermoë om toe te pas, te konstrueer, te integreer en te simuleer.
                           •   Denkproses: Verduidelik, interpreteer en herformuleer feitlike en konseptuele kennis van die
  Voldoende                    vraag en bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag. Haal aan op 'n
                 15–17
                               gedifferensieerde wyse.
 Konseptuele               •   Interpreteer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en addisionele bronne in 'n
                 5–-59
   Kennis                      breë verskeidenheid teoretiese, praktiese en estetiese inhoud, voorspelbaar.
                           •   Verskaf 'n argument wat analitiese denke voorstel.
                     D
    Begrip                 •   Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te interpreteer, met mekaar in verband te bring, toe te lig,
                               te klassifiseer, op te som, te vergelyk, te verduidelik.
                           •   Denkproses: Verduidelik en interpreteer feitlike en konseptuele kennis van die vraag, bron
  Gemiddeld
                 12–14         en inhoud en integreer die vereistes van die vraag. Haal aan op 'n gedifferensieerde wyse.
                           •   Verduidelik voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en addisionele bronne in 'n
 Konseptuele
                 4–-49         voorspelbare verskeidenheid teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
   Kennis
                           •   Skryf 'n verduideliking in die omvang van voorspelbare/algemene denkprosesse.
                     E     •   Toon vermoë óm te interpreteer, met mekaar in verband te bring, toe te lig, klassifiseer, op
    Begrip
                               te som, te vergelyk, te verduidelik.
                           •   Denkproses: Definieer, pas kennis uit geheue toe en integreer die vereistes van die vraag.
  Elementêr
                 10–11         Haal aan op 'n ongekompliseerde/reguit/fundamentele vlak.
                           •   Kies voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en addisionele bronne in 'n beperkte
   Feitlike
                    3–39       verskeidenheid teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
   Kennis
                           •   Skryf 'n verduideliking in die omvang van voorspelbare denkprosesse.
                     F     •   Kognitiewe vlak: Toon elementêre vermoë om probleem op te los, te identifiseer, te noem,
   Onthou
                               in verband te bring, te definieer.
Nie Behaal Nie             •   Denkproses: Pas irrelevante kennis uit geheue toe. Toon beperkte tot basiese vermoë om
                    1–10
                               vereistes van die vraag en aanhaling op te los.
   Feitlike                •   Kies voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en addisionele bronne met geen
                 20–29
   Kennis                      verband tot die vraag nie
                           •   Kognitiewe vlak: Toon beperkte vermoë om te identifiseer, te noem, in verband te bring, te
                     G
   Onthou                      definieer, te interpreteer en te onderskei.
Nie Behaal Nie             •   Toon geen begrip van die vraag of bron, kan nie opstel skryf nie, gee geen voorbeelde uit
                               die toneelteks of die teaterbeweging. OF
                     0
   Feitlike                •   Bied min feite aan, hou nie verband met vraag nie. OF
   Kennis                  •   Nie in staat om te identifiseer, te noem, in verband te bring, te definieer nie. OF
                     H
                           •   Bied gememoriseerde inligting aan en inhoud wat nie die vraag antwoord nie.
   Onthou

Kopiereg voorbehou                                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          6                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                   NSS – Memorandum

Die volgende is algemene inligting oor die bewegings.

EPIESE TEATER

Bedoeling en doel
• Om die gehoor te distansieer
• Laat die gehoor die wêreld waarin hulle leef duideliker sien eerder as om hulle
   oortuigings as vanselfsprekend te beskou
• Maak duidelike onderskeid tussen 'n Illusieteater ('Dramatiese' Teater) en Epiese
   Teater
• Is teen die idee van skynvertoon ('pretence') gekant ('n tipiese kenmerk van Realisme)
• Verwag dat toeskouers bewus en krities moet wees
• Realisme het sy waarde verloor – het die rol van die toeskouer ondermyn– verlaag
   hom tot passiewe toeskouer
• Verwyder die 'illusie' van Realisme
• Gebruik verskillende tegnieke om die gehoor te vervreem – verskil tussen wat hulle op
   verhoog gesien het en dit wat werklik was
Tegnieke: Gebruik van:
• 'Verfremdungseffekt' om gehore van die aksie op die verhoog te distansieer en te
   vervreem
• Doel van musiek – moet noemenswaardige kommentaar lewer op die handeling, bv.
   in Moeder Courage waar die ironies bitter woorde van 'n liedjie wat oor die karakter se
   geleidelike morele agteruitgang handel, doelbewus op 'n soet, sorgelose wysie
   getoonset is. Die onversoenbaarheid van die wysie en die woorde dwing die gehoor
   om oor die ware betekenis van die liedjie na te dink
• Liedjies wat tussen tonele geplaas word om te vertel wat moet gebeur voor dit
   plaasvind
• Verhoogruimte is nie spesifiek nie
• Dekorstelle is eenvoudig en simbolies
• Teater wat die handelinge wat aangebied word, 'vreemd maak'
• Historifikasie – wat die 'oudheid' van die gebeure beklemtoon deur dit van die hede te
   skei
 Gehoorreaksie
• Toeskouer moet dink dat indien hy/sy dieselfde toestande as dié getoon in die toneel
   ervaar het, hy/sy anders sou opgetree het as gevolg van die lesse wat geleer is
• Toeskouers sou dan oorweeg wat hy/sy sou gedoen het om 'n positiewe verskil te
   maak
• Wees geïnspireer om soortgelyke waardevolle maatskaplike/sosiale veranderinge met
   betrekking tot die huidige stand van sake te maak
• Toeskouer word aangemoedig om maatskaplike/sosiale hervormings in sy/haar
   gemeenskap of omgewing in te stel

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                       7                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                NSS – Memorandum

TEATER VAN DIE ABSURDE
Bedoeling en doel
• Die Absurdistiese wêreld lyk asof dit geen ware orde of betekenis het nie
• Bied die gehoor 'n eksistensialistiese standpunt van die buitewêreld aan
• Forseer die gehoor om hulle betekenis in die wêreld te bevraagteken
• Niks het 'n definitiewe, spesifieke of herkenbare bestaan nie
• Mense is wat hulle van hulleself maak
• Mense word deur hulle handelinge en keuses bepaal
• Pessimistiese beskouing van die menslike lewenstryd
• Hoofsaaklik gemoeid met die mens se soeke na betekenis
Karakters
• Nie konsekwent nie
• Verteenwoordig die mensdom wat self niks beteken nie
• Bestaan in 'n droewige wêreld sonder betekenis
• Verlore, verward
• Alle handelinge/aksies is waardeloos en absurd
• Nar-agtig
• Bly bymekaar omdat hulle bang is om in so 'n onverstaanbare wêreld alleen te wees
• Gebrek aan identiteit – vervelig, oninteressant en sonder diepte
• Vol foute
• Nie goed afgerond nie – geen verlede nie en gehoor kry weinig aanduiding van wat
   die toekoms kan wees
• Bly staties en toon geen ontwikkeling nie
• Kom oor as afstootlik, pateties, miserabel en onbevoeg
• Emosioneel leeg
• Eienskappe word oordryf
• Gebruik om Absurdiste se standpunte oor die menslike toestand uit te druk
• Onderling afhanklik
• 'Sosiale marionette'
• Tweeman-optredes
Taal en dialoog
• Mense is nie bedrewe met kommunikasie nie
• Tree as hindernis tot kommunikasie op
• Isoleer die individu nog meer
• Spraak is feitlik waardeloos
• Bevraagteken die waarde van taal
• Het vermoë om te kommunikeer verloor
• Pogings tot kommunikasie 'disintegreer' dikwels van clichés na betekenislose
   lettergrepe
• Onvermoë van taal om gaping tussen die karakters te oorbrug
• Ontmensliking, outomaties en betekenisloos
• Bied die onverwagte, die bisarre en die absurde aan
• Stilte is net so goeie kommunikasiemiddel as wat die gesproke woord is
• Betekenislose gesprekke
• 'Uit gewoonte' en oppervlakkig
• Taal word beskou as 'n ontsnapping uit vervelige lewens
• Nuwe woorde word geskep
• Banale alledaagse gesprekke word gemeng met literêre taal, dubbele betekenisse,
   clichés, sleng en herhalings deurspek met poëtiese taal
Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        8                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                 NSS – Memorandum

• 'n Herhalende dialoogstyl word gebruik om die sikliese aard van die lewe te
  beklemtoon
Temas
• Tydelikheid en verganklikheid (tyd)
• Tragiese gesukkel om van jou eie self bewus te word in die genadelose proses van
  vernuwing en vernietiging wat in die lewe plaasvind
• Die verandering van tyd
• Moeilik om te kommunikeer en betekenis te maak
• Die nimmereindigende soeke na die werklikheid (realiteit)
• Die tragiese aard van verhoudings
• Die mens se angs in die aanskyn van totale betekenisloosheid
• Angs (Eksistensiële angs)
• Die mens is alleen, verlore in 'n wêreld waarin God hom verlaat het
• Wetenskap en die rede is illusionêr

POSTMODERNISME

Bedoeling en doel
• Ontwikkel uit die Absurdis-standpunt
• Verwerp die sekerhede van die Moderne Era
• Geen groot narratief/vertelling of enkele waarheid nie
• Verwerp die idee dat daar 'n dominante stel oortuigings of 'n netjiese oplossing is
• 'Vernietig' die 'waarheid'
• Verwelkom veelvuldige standpunte, perspektiewe, realiteite
• Sluit kuns, teater, argitektuur, musiek, rolprente, letterkunde, modes, TV en ander
  vorms van uitdrukking in
• Leen by 'n reeks verskillende style
• Verwerp die idee van 'hoë kuns' en 'lae kuns'
• Verwelkom avant-garde-(toekomsgerigte/aktivistiese denke) eksperimentele teater
• Skryf nie 'suiwerheid' in kuns voor nie
• Is sterk teen hoë kuns gekant ('Trashes high art')
• Het nie vaste manier om kuns te skep nie
• Beweeg in die rigting van 'n meer subjektiewe opinie
• Meen dat kultuur aan almal behoort
• Dekonstrueer ('n manier om vasgestelde idees uitmekaar te haal en weer op 'n nuwe,
  ontwrigte/verdeelde en deurmekaar manier aanmekaar te sit) idees, beelde en
  konstrukte/konsepte
• Weerspreek idees, beelde en konstrukte/konsepte
• Skryf nie 'n betekenis, standpunt of perspektief voor nie
• Meen dat elke individuele kyker sy/haar eie unieke betekenis skep
• Weerspieël en vier die mal en chaotiese leefwyse in 'n populêre kultuur
• Geniet nonsenskuns, -idees, -konstrukte/-konsepte en -teorieë
• Sien ironie en humor
• Beklemtoon HOE dinge gesien word, eerder as WAT gesien word
Pastiches
• Tegniek in visuele kuns waar verskillende beelde, mediavorms, ens. saamgeflans
  word om een stuk te vorm
• Verwysings en lae, verskillende tekste en beelde

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        9                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                 NSS – Memorandum

Metateater/Teks:
• Herinner kykers daaraan dat hulle in die teater is
• Bevat karakters wat uit karakter kan tree en met die gehoor kan kommunikeer
• Dit is die kunswerk wat oor homself besin
Stories/Verhale:
• Nielineêr in konstruksie
• Refleksief
• Op die periferie, selfs onbelangrik
• Teorieë of idees, nie noodwendig temas nie
• Gebroke
• Oorvleuel met baie standpunte en teenstrydige/botsende stemme
Opvoerings:
• Die hooffokus
• Die hoofproses
• Nie in 'n manuskrip/teks vasgelê nie, omdat dit uit beelde, klanke en multimedia
   bestaan
• Het geen skuldige party nie – niemand is skuldig nie
Repetisieprosesse:
• Geïmproviseer
• Verander
• Hersien
• Op datum gebring/Bygewerk
• Voortdurend omskep deur optrede
Gehoor:
• Is 'n belangrike, aktiewe element
• Speel 'n rol
• Word dikwels by die dialoog betrek
Toneeltekste:
• Het nie 'n duidelike begin, middel of einde nie
• Maak die manuskrip/teks net die beginpunt
• Het onbeantwoorde vrae
Tekste (visueel, gehoor, die menslike liggaam, ens.)
• Kyk na temas of teatertegnieke/-middele
• Laat die toneelstuk se einde oop
• Verwelkom die idee dat die gehoor hul eie betekenis skep
• Vra meer vrae as wat beantwoord word
• Bevat visuele beelde en nie-gesproke aksies/handelinge
• Dekonstrueer 'n waarheid en aanvaar nie net een realiteit nie
• Gebruik tyd, ruimte en struktuur om die gedekonstrueerde of gefragmenteerde storie
   of intrige te eggo
• Het nie noodwendig werklike mense nie
• Karakters en mense is bloot 'n verteenwoordiging van gefragmenteerde idees
• Begin dikwels op 'n realistiese punt, maar ontrafel en die aksie word onwerklik soos
   wat die toneelstuk ontwikkel
                                                           TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         10                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                   NSS – Memorandum

AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994

Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord.

VRAAG 2:      WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
              BARNEY SIMON

2.1      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Rekwisiete
         Multifunksioneel (een rekwisiet kan baie funksies hê), bv. 'n stuk lap kan die
         volgende word:
         • 'n Tjalie/Sjaal vir Aunty Dudu
         • 'n Laken vir Barber
         • 'n Kombers in die tronktoneel                                                     (2)

2.2      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Ken 2 punte toe vir beligting
         Ken 2 punte toe vir kostuums

         Die volgende is 'n riglyn:
         Beligting
         • Eenvoudig/Basies
         • Huisligte
         • Geen spesiale beligtingsontwerp, toerusting of effekte nodig nie.
         • Die handelinge/aksie moet net vir die gehoor sigbaar wees.
         • As daar genoeg natuurlike lig is, is beligting nie nodig nie.
         Kostuums
         • Eenvoudige kostuum
         • Moet nie aandag aftrek van die akteurs en die toneelspel nie.
         • Sweetpakbroeke of los broeke
         • 'n T-hemp                                                                         (4)

2.3      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Die volgende is 'n riglyn:
         Ekonomies
         • Dit is bekostigbaar en goedkoop.
         • Die fokus is op die akteur en toneelspel eerder as op die tegniese aspekte
            van die toneelstuk.
         • Kan op/in enige plek opgevoer/aangebied word, nie noodwendig in 'n
            teater nie.
         • Geen kostuumveranderinge nodig nie.
         • Koste minimaal                                                                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        11                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                  NSS – Memorandum

2.4      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Kandidate moet een toneel kies en die satiriese elemente ontleed.

         Die volgende is 'n riglyn:
         Toneel 1
         • Die pingpongbal-neuse verlaag die wit polisieman tot 'n naragtige
            karakter/'n vark.
         • Die karikatuuragtige toneelspel van die polisieman is humoristies.
         • Die oordrywing van die polisieman se status is komiese verlaging.
         • Die     fisiese    humor/boertery   (klugtigheid/harlekynspel/hansworsery/
            lawaaierige humor) van die polisieman wat die musikant jaag kan die
            gehoor laat lag – nabootsing/mimiek.
         • Die komiese energie van die toneel dra die ernstige boodskappe wat dit
            onderlê.                                                                        (4)

2.5      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Ken volpunte toe vir:
         • 3 goed gemotiveerde stellings OF
         • 6 aparte idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Karakterisering
         • Akteurs verander van een karakter in 'n volgende karakter.
         • Akteurs verander aksente, postuur/houding en gebare, bv. van 'n tandlose
            Auntie Dudu, na 'n helikopter, ens.
         Fisieke gedaantewisselings
         • Die opvoering sal vereis dat akteurs van een karakter in die volgende
            verander omdat slegs twee akteurs 'n verskeidenheid karakters in
            26 tonele speel.
         • Akteurs moet kreatief, energiek, opgelei en fisiek vaardig wees en stamina
            en uithouvermoë hê omdat die produksie veeleisend is ten opsigte van die
            struktuur (toneelveranderinge gebeur baie vinnig).
         • Aangesien daar slegs twee akteurs is, moet hulle knap genoeg wees om
            aan die vereistes van die toneelspel, sang en dans te voldoen.
         • Akteurs moet hulle liggame transformeer om voorwerpe, bv. 'n
            instrumentale jazz-orkes, voor te stel.
         Vokale verskeidenheid
         • Akteurs moet vokaal vaardig in artikulasie, resonansie en projeksie wees
            met gebruik van diafragmatiese interkostale (tussenrib-) asemhaling.
         • Hulle moet kan sing, verskillende aksente kan gebruik en vokale
            toonhoogte, volume en pas kan afwissel om verskillende karakters uit te
            beeld.
         • Akteurs gebruik ook hulle stemme om klankeffekte/idiofone te maak, bv.
            die sirene of helikopterklanke.                                                 (6)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        12                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                  NSS – Memorandum

2.6      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Ken volpunte toe vir:
         • 2 goed gemotiveerde stellings OF
         • 4 aparte idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Komedie
         • Gee geleentheid om deur gelag vermaak te word.
         • Die gehoor word betrek by die toneelspel deur hulle gelag.
         • Die gehoor word ontvanklik gemaak vir die ernstige boodskappe van die
            toneelstuk sonder om van die handeling/aksie vervreemd te raak. Dit is die
            algehele doelwit van die toneelstuk.                                            (4)

2.7      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Ken volpunte toe vir:
         • 3 goed gemotiveerde stellings OF
         • 6 aparte idees

         Kandidate se antwoorde moet 'n begrip van Protesteater en die invloed
         daarvan as 'n vreedsame wapen vir verandering in die Suid-Afrikaanse
         samelewing, toon.

         Die volgende is 'n riglyn:
         Opvoed/Onderrig
         • Lig gehore oor die sosiopolitieke situasie in Suid-Afrika in.
         • Skep bewustheid van gesensorde inligting.
         • Beklemtoon apartheidkwessies plaaslik en oorsee.
         Mobiliseer
         • Lok 'n emosionele reaksie uit deur mense kwaad, hartseer en gereed te
            maak om aan een of ander protesaksie deel te neem.
         • Bepleit teenstand deur onderdruktes te vra om op te staan en terug te veg.
         • Omdat die meerderheid van die bevolking 'n politieke stem ontsê is en die
            enigste stem wat beskikbaar was, 'n kulturele een was.                          (6)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        13                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                  NSS – Memorandum

2.8      Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk te lei.

         Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Krediteer antwoorde wat kennisdimensievlakke toon wat verband hou met
         temas en aktuele kwessies in Suid-Afrika.

         Die volgende is 'n riglyn:
         • Die toneelstuk is vandag net so relevant vir gehore as wat dit was toe dit
            die eerste keer opgevoer is, omdat dit universele kwessies aanpak.
         Polisiëring
         • In baie gemeenskappe word die polisie steeds gewantrou en word hulle
            openlik uitgedaag/uitgetart as gevolg van moontlike onbevoegdheid en
            'n gebrek aan ondersteuning om hulle pligte doeltreffend uit te voer.
         • Korrupsie in polisiegeledere tans het tot die vrees en agterdog van die
            mense bygedra.
         • In baie gevalle gebruik die polisie steeds onnodige geweld en brutaliteit
            wat tot die dood van mense lei, bv. Marikana-slagting.
         Armoede
         • Beloftes van behuising, basiese diensleweringsbehoeftes, gratis onderwys
            en gesondheidsorg is nie nagekom nie en mense leef dus in moeilike
            omstandighede.
         • Baie mense leef steeds in volslae armoede en het in 2017 steeds nie
            toegang tot water, elektrisiteit en sanitasiegeriewe nie.
         • Dit het gelei tot diensleweringsoptogte in baie gebiede en ook tot
            xenofobiese aanvalle omdat mense gedwing word om skaars hulpbronne
            te deel.
         • Ongelukkig neem baie mense hulle toevlug tot geweld om uiting aan hulle
            woede te gee. Dit word dikwels gesien in vandalisme, plundery en selfs
            onskuldige mense wat doodgemaak word.
         • Daar is 'n toenemende kloof tussen ryk en arm wat tot woede, frustrasie
            en geweld lei.
         • Die gebrek aan werksgeleenthede en die swak ekonomiese situasie het
            tot die las van armes bygedra.
         Werksomstandighede
         • Alhoewel alle diskriminerende wette verwyder is en Suid-Afrika 'n
            uitstekende grondwet het, bly werksomstandighede vir baie mense
            dieselfde.
         • Baie mense word gedwing om laagsbesoldigde werk te doen as gevolg
            van 'n gebrek aan vaardighede en opleiding/onderwys.
         • Alhoewel ons vakunies het wat namens werkers baklei en basiese
            diensvoorwaardes verbeter het, sukkel baie mense nog as gevolg van 'n
            gebrek aan werksgeleenthede en swak ekonomiese groei in die land.
         • Werkers word steeds deur gewetenlose werkgewers uitgebuit, want daar
            is minder werksgeleenthede en baie mense wat werk soek.                         (10)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        14                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                  NSS – Memorandum

VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY

3.1      Werkswinkelteater                                                                 (1)

3.2      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Ken volpunte toe vir:
         • 2 goed gemotiveerde stellings OF
         • 4 aparte idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         • Sophiatown was 'n lewendige plek waar musikante, digters, skrywers ens.
            saamgekom het om inligting te deel en om gehore te vermaak.
         • Mense uit verskillende kulturele agtergronde en rasse het in harmonie
            saamgeleef sonder inmenging van die polisie of die regering.
         • Mense uit alle kringe, soos bendelede, musikante, digters, joernaliste,
            ens., kon in Sophiatown gevind word.
         • Dit was 'n plek waar mense bymekaar kon kom en hulle liefde vir musiek,
            modes, rolprente en skryfwerk kon deel.
         • Oorbevolking/Oorbesetting, misdaad en geweld was teenwoordig.                   (4)

3.3      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Die volgende is 'n riglyn:
         Sophiatown kan as 'n township-musiekvertoning geklassifiseer word
         omdat:
         • Die toneelstuk sluit liedjies en danse in.
         • Tonele wissel tussen dialoog, sang en dans.
         • Die toneelstuk gebruik township-taal, soos Tsotsi-taal, wat maklik
            geïdentifiseer kan word.
         • Het 'n energieke opvoeringstyl.
         • Gebruik stereotipes eerder as afgeronde, ten volle ontwikkelde karakters        (3)

3.4      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Pas die inhoud hieronder toe om aan te sluit by die 'smeltkroes'-aspek van
         die vraag.

         Kandidate kan enige TWEE karakters kies.

         Die volgende is 'n riglyn:
         Karakters
         Weerspieël in die algemeen 'n smeltkroes van kulturele verskille:
         • Inwoners van Sophiatown is toegelaat om op 'n veelrassige, multikulturele
            en diverse vlak met mekaar om te gaan.
         • Elke karakter bring sy of haar eie rykheid van kulturele erfenis na die
            wêreld van die toneelstuk.
         • Dit word deur die handeling/aksie van die drama, bv. Ruth se Vrydag-
            gebed feesvieringe, gedeel.
         • Elke karakter verteenwoordig die breër wêreldbeskouing van Sophiatown,
            wat 'n baken van hoop vir 'n verdeelde Suid-Afrika is.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        15                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                  NSS – Memorandum

         Mingus
         • Leier van die American-bende.
         • Skoei homself op die Amerikaanse bendes wat hy in die rolprente sien.
         • Beskou homself as die 'Robin Hood' van Sophiatown.
         • Verteenwoordig die bendekultuur in Sophiatown.
         Ruth
         • 'n Wit, Joodse meisie van Yeoville.
         • Dapper en avontuurlustig omdat sy die gemak en veiligheid van haar huis
            verlaat om die onbekende aan te pak.
         • Deel 'n stukkie van haar kultuur met die inwoners van Mamariti se
            Diamond Shebeen.
         • Ontwikkel gevoelens vir Jakes, 'n swart joernalis.
         Charlie
         • 'n Bruin man wat Mingus se helper/maat ('side-kick') is.
         • Behandel almal, veral Mingus, soos familie.
         Mamariti
         • 'n Oordrewe 'shebeen queen' en verhuurder ('landlady').
         • Slaag daarin om haar gesin te onderhou met die inkomste uit die sjebeen
            en die uitverhuur van ruimte in haar huis.
         • Aanvaar Ruth as 'n huurder en leer by haar.
         Fahfee
         • 'n Getalleman ('numbers man').
         • 'n Fahfee-agent. (Fahfee is 'n eenvoudige spel wat getalle gebruik, 'n baie
            basiese vorm van dobbel.)
         • Politieke aktivis en goed ingelig oor politieke kwessies.
         • Lig almal by Mamariti se sjebeen in oor die nuutste gebeurtenisse/nuus in
            die township.
         Princess
         • Mingus se meisie uit die agterbuurte.
         • Het erkenning as 'n bendeleier se meisie gekry.
         • Koester die wens om 'n model te wees en ontvang oordadige geskenke by
            Mingus.
         • Nie bang om haar mening te gee nie, maar word dikwels deur Mingus
            stilgemaak wat haar as 'n besitting behandel.
         Jakes
         • 'n Intellektueel.
         • Joernalis by Drum-tydskrif.
         • Gee ons inligting oor Sophiatown en die mense.
         • Dit lyk dikwels of hy buite staan en inkyk.
         • Het gevoelens vir Ruth, maar is bang om iets daaraan te doen.
         • Is dikwels die verstandige/redelike/billike persoon; hy glo hy kan met sy
            woorde 'n verskil maak.
         Lulu
         • Verteenwoordig die studente/leerders.
         • Lewendige 16-jarige wat parmantig is en reguit sê wat sy dink.
         • Weier om skool toe te gaan want sy glo dat 'Bantoe-onderwys' haar nie vir
            die lewe voorberei nie.                                                         (6)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          16                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                    NSS – Memorandum

3.5       Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

          Die volgende is 'n riglyn:
          Die akteur kan die volgende gebruik:
          • Karakterisering wat geloofbaar is
          • Toneelspel wat eerlik is
          • Vokale verskeidenheid wat vaardigheid en kreatiwiteit toon
          • Fisieke verskeidenheid deur die gebruik van gebare, gesigsuitdrukkings,
             postuur/houding en beweging
          • Handelinge/Aksies om denk- en gevoelsverskuiwings te weerspieël                  (4)

3.6      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Ken punte soos volg toe:
         • 3 punte vir 'opvoed'
         • 3 punte vir 'vermaak'

         Die volgende is 'n riglyn:
         Opvoed
         • Die gehoor kry 'n vlugtige blik van hoe Sophiatown in die 1950's was.
         • Dit wys een van die enigste plekke in Suid-Afrika wat veelrassig en multi-
            kultureel was.
         • Die toneelstuk wys gehore hoe die mense van Sophiatown die regering se
            beleid van aparte ontwikkeling uitgedaag het aangesien verskillende
            rassegroepe daar saamgewoon het, bv. Sjinese man en die Indiese
            handelaar.
         • Leer gehore oor Suid-Afrika se geskiedenis en gedwonge verskuiwings.
         • Dit maak die gehoor bewus daarvan dat Sophiatown die tuiste van baie
            van ons groot politici, musikante en skrywers was.
         • Dit wys ons dat kreatiwiteit daar floreer het en dat verskillende tipes
            musiek, soos Kwêla en Afrika-jazz, daar ontstaan het.
         • Misdaad en geweld was ook 'n daaglikse werklikheid vir die inwoners van
            Sophiatown.
         • Armoede en 'n tekort aan werksgeleenthede het tot die vorming van
            bendes, wat mense geterroriseer het, gelei.
         • 'n Tekort aan behuising het daartoe gelei dat verhuurders armes uitgebuit
            het en dit het ook tot oorbevolking gelei.
         • Dit dokumenteer die geskiedenis van Sophiatown en die daaropvolgende
            vernietiging deur die apartheidsregering.
         Vermaak
         • Die toneelteks inkorporeer liedjies en danse tussen die tonele.
         • Die storielyn is interessant, bv. 'n wit Joodse meisie wat tydens die
            apartheids-era op 'n advertensie in die Drum-tydskrif reageer, want dit was
            ongewoon vir 'n wit vrou om in 'n township te woon.
         • Stereotipe karakters, soos Mamariti ('n 'shebeen queen') en Princess
            ('n jaloerse meisie), is herkenbaar en kan belangstelling wek.
         • Humor, bv. Ruth wat leer hoe om by die lewe in Sophiatown aan te pas
            (Charlie kry vir haar 'n bad).

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          17                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                    NSS – Memorandum

         •   Ruth se aksent terwyl sy probeer om Tsotsi-taal te leer, is humoristies.
         •   Ruth se verwardheid en onkunde is humoristies in haar pogings om te leer
             om die bendes te vermy.
         •   Mingus en Princess word as komiese karikature uitgebeeld in hulle
             pogings om die akteurs in die Amerikaanse rolprente na te boots.
         •   Mingus se poging (sy veeleisende en aggressiewe toon) om 'n liefdesbrief
             vir Princess aan Jakes te dikteer, wat uiteindelik 'n onromantiese en
             komiese liefdesverklaring is.                                                      (6)

3.7      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
         Aanvaar 'n 'ja' of 'n 'nee' of beide slegs indien dit goed gemotiveer is.
         Geen punt kan vir slegs die woord 'ja' of 'nee' toegeken word nie.

         Die volgende is 'n riglyn:
         Ja
         • Die storie van 'n wit Joodse meisie wat gedurende apartheid na 'n swart
            township trek, vorm die basis van 'n baie goeie rolprent, omdat dit
            ongewoon en teen die wet was vir 'n wit vrou om in 'n township te woon.
         • Die feit dat rassegroepe vreedsaam saamgewoon het, kan as 'n voorbeeld
            dien vir gemeenskappe wat met xenofobiekwessies sukkel.
         • Die geskiedkundige aspek van die toneelstuk kan gebruik word om die
            mense se stryd teen gedwonge verskuiwings te dokumenteer.
         • Die lewendigheid en die kreatiwiteit wat bestaan het en die lewens van
            party van ons ikoniese musikante, soos Miriam Makeba, Hugh Masekela,
            Dolly Rathebe, die Manhattan Brothers, gee 'n geleentheid om ander
            teatergenrés, soos dans en musiek, te ondersoek.
         • Die verskillende plekke (Mamariti se sjebeen, Yeoville, treinstasie ens.)
            waarna in die toneelteks verwys word, kan in 'n rolprent gebruik word wat
            'n breër perspektief van Johannesburg in die 1950's kan gee.
         • Die skrywers van daardie tyd, soos Can Themba en Nat Nakasa, en die
            era van die Drum-tydskrif, kan ook in die rolprent gebruik word om
            didaktiese en geskiedkundige diepte aan die rolprent te gee.
         • Die misdaad en geweld waarna in die toneelstuk verwys word, kan inslag
            vind by 'n teikenmark wat in aksierolprente belangstel.
         Nee
         • Dit speel af in die verlede en ons het sedertdien aanbeweeg met
            betrekking tot die kwessies en aangeleenthede van die apartheids-era.
         • Die storielyn is nie interessant nie en daar is nie 'n wesenlike storielyn nie,
            want dit fokus op die inwoners van 'n enkele huishouding.
         • Die township-omgewing en die gewelddadige apartheidsagtergrond is nie
            'n glansryke plek/ligging vir 'n rolprent nie.
         • Mense se belangstellings het verander en hulle verkies om eerder op 'n
            Suid-Afrika na apartheid te fokus.
         • Sou baie duur wees om te maak, aangesien die toneelstuk 'n groot
            rolverdeling het wat almal sal moet betaal word.                                    (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        18                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                  NSS – Memorandum

3.8      Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk te lei.

         Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Kandidate moet na die stelling hieronder verwys en daarop kommentaar
         lewer:
         'Ons storie was om geskiedenis uit te grawe wat deur die apartheidsregime
         verdraai is en dit openbaar te maak. Die toepaslikheid vandag is dat
         enigiemand wat toegang tot daardie deel van die geskiedenis geweier is, nou
         'n smakie daarvan kry.'

         Die volgende is 'n riglyn:
         • Storie van die gedwonge verskuiwings van die Sophiatown-inwoners en
            soortgelyke gebeurtenisse in apartheid-Suid-Afrika.
         • Die belangrikheid daarvan om nie ons geskiedenis te vergeet nie, sodat dit
            nie weer gebeur nie.
         • Die onregte van die apartheidsregime: die ontkenning van menseregte,
            armoede, skeiding van verskillende kulture en kleure volgens ras.
         • Die belangrikheid om vandag hierdie storie aan dié wat nie eerstehands
            apartheid ervaar het nie, te vertel.
         • Dit gee 'n oorsig van die apartheidsregering se brutale beleid, houding en
            optrede teen mense wat nie wit was nie.
         • Sophiatown was 'n plek waar mense vrylik met alle rassegroepe kon
            meng.
         • Die Nasionalistiese regering het bedreig gevoel deur hierdie vryheid onder
            die inwoners van Sophiatown en besluit dat dit vernietig moes word.
         • Die Hervestigingsraad het grondeienaars in Sophiatown opdrag gegee om
            hulle eiendomme te verkoop, wat hulle geweier het om te doen.
         • Die regering het in1955 'n datum vir uitsetting aangekondig.
         • Die regering het vier dae vroeër as die datum aangekondig was,
            inbeweeg.
         • Die karakter Fahfee sê: 'Four days earlier they came and we weren't
            prepared. There were two thousand G-men lining the street.'
         • Die regering wou brutaal wees en het besluit om vroeër as wanneerdie
            datum gegee met uitsettings te begin.                                           (10)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         19                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                   NSS – Memorandum

VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS

4.1.1    Suidelike voorstede van Johannesburg.                                               (1)

4.1.2    Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Die volgende is 'n riglyn:
         Universeel
         • Kan op enigeen op enige plek in die wêreld van toepassing wees.
         • Temas en kwessies is relevant, bv. die begeerte na 'n beter lewe.
         • Die gehoor in enige spesifieke gebied/area sal by die onderwerp en die
            benarde toestand van die karakters aansluiting kan vind, bv. Jakes as die
            boelie.
         • Deur die toneelstuk in 'n ander omgewing (Kaapse Vlakte) te laat afspeel,
            toon die regisseur die universaliteit van die onderwerp van die toneelstuk.      (3)

4.1.3    Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Kandidate moet:
         • 'n Begrip van 'dekorstel' en 'plek (omgewing)' toon
         • Hulle kennis van die toneelteks kreatief in die konseptualisering van hulle
           eie produksie kan toepas

         Ken volpunte toe vir:
         • 3 goed gemotiveerde stellings OF
         • 6 aparte gedagtes/idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Plek (omgewing)
         • Kandidate kan na 'n spesifieke sosiokonteks, bv. hulle eie omgewing,
            verwys.
         Dekorstel
         • Kandidate kan die meubels geskik vir die plek (omgewing) gekies, beskryf.
         • Die temas en kwessies word in die plek (omgewing) en dekorstel
            weerspieël.
         • Realisme kan in die plek (omgewing) en dekorstel weerspieël word.                 (6)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         20                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                   NSS – Memorandum

4.2      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Kandidate moet 'n begrip van die belangrikheid van byspelers in 'n realistiese
         toneelstuk toon.

         Ken volpunte toe vir:
         • 2 goed gemotiveerde stellings OF
         • 4 aparte gedagtes/idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Byspelers
         • Kan tot die illusie van werklikheid bydra deur geloofbare detail in die
            wêreld van die toneelstuk te skep.
         • Komplementeer die hoofkarakters om verhoudings en spanning deur
            realistiese interaksie te bou.
         • Verskaf klankborde/spreekbuise vir dialoog.
         • Verskaf bykomende inligting oor ander karakters.
         • Kan katalisators vir aksie/handeling in die toneelteks wees.
         • Is bevorderlik vir die ontwikkeling van die intrige of aksie/handeling.             (4)

4.3.1    Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Kandidate moet 'n begrip van Giel se karakter en sy rol in die toneelstuk in die
         geheel toon.

         Ken volpunte toe vir:
         • 3 goed gemotiveerde stellings OF
         • 6 aparte gedagtes/idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Giel dra die toneelstuk omdat:
         • Hy die aksie/handeling inisieer, bv. hy wed op die perde en wil hê Tjokkie
            moet die nommers 'sien'.
         • Temas word weerspieël in of ontwikkel deur Giel se reaksies en
            aksies/handelinge, bv. dobbel, die begeerte na 'n 'beter lewe'.
         • Giel dra by tot die druk op Tjokkie om te 'sien' wat uiteindelik tot die
            klimaks van die intrige lei waar Jakes vir Tiemie oor die vaderskap van
            haar baba konfronteer.
         • Dit is deur Giel se karakter wat ons te wete kom dat Pa verdwyn het.
         • Giel besluit om op die perd wat Tjokkie geïdentifiseer het te wed, en
            besluit onmiddellik om weg te gaan toe hy geld kry.
         • Giel toon dat hy glad nie van plan is om by Ma te bly wanneer hy eers geld
            in die hande kry nie.
         • Hy verteenwoordig almal wat uit die 'suburbs' wil wegkom.                           (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         21                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                   NSS – Memorandum

4.3.2    Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Kandidate moet 'n begrip van Giel se karakter toon wanneer sy kostuum
         gekies word. Kandidate kan na spesifieke klere-items verwys, solank hierdie
         keuses gemotiveer word.

         Die volgende is 'n riglyn:
         Kostuum moet die volgende weerspieël:
         • 'n Middeljarige man uit 'n armblanke-agtergrond
         • Sy karakter as iemand met onvoldoende ekonomiese middele
         • 'n Poging tot formaliteit en om bo sy sosio-ekonomiese status uit te styg
         • 1950's-style                                                                      (4)

4.3.3    Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Ken volpunte toe vir:
         • 3 goed gemotiveerde stellings OF
         • 6 aparte gedagtes/idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die akteur kan 'n begrip van die volgende aspekte van Stanislavski se
         Tegnieke/Metodes toon, bv.:
         Fisiese stand van handelinge/aksies
         • Handelinge/Aksies en reaksies moet realisties wees.
         • Gebruik fisiese aksie (gesigsuitdrukkings, gebare en bewegings) in die
            skepping van die toneelstuk se lewe op die verhoog.
         'Beat work'
         • Verskuiwings in denke en gevoelens moet effektief en realisties uitgebeeld
            word.
         • Eenhede en doelwitte moet in die akteur se fisiese en vokale uitdrukking
            weerspieël word.
         Vokale uitdrukking
         • Aangesien die toneelstuk realisties is, moet die akteur die illusie van 'n
            werklike gesprek skep.
         • Die akteur moet gelei word in die begrip van die denke en gevoelens wat
            in die akteur se vokale reaksies deur stemtoon, pas, tempo, volume ens.
            weergegee word.
         Magiese as ('Magic if')
         • Die akteur moet leef asof hy/sy die karakter is en vokale en fisiese
            reaksies kan daarom wissel van opvoering tot opvoering, maar sal altyd
            realisties en geloofwaardig/waar wees.
         • 'Om toneel te speel, is om te glo.'
         Aandagsirkels
         • Akteur se fokus moet op die binnewêreld van die toneelstuk en nie op die
            gehoor wees nie.
         Emosionele geheue
         • Akteur kan persoonlike ervaring gebruik om insae te kry in die emosionele
            lewe en werklikheid van die karakter.                                            (6)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          22                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                    NSS – Memorandum

4.4      Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk te lei.

         Kandidate kan oor die stelling besin deur 'n ontleding van die karakters te doen
         en moet begrip toon van hoe die karakters, die plek (omgewing), intrige, temas,
         ens. 'die wesentlike (kern) van werkersklasgemeenskappe' opsom.

         Die volgende is 'n riglyn:
         Karakters
         Tjokkie
         • Werk aan motors in sy agterplaas.
         • Probeer om aan die wrede werklikheid van die 'suburbs' te ontsnap.
         Ma
         • Leef buite die huwelik saam met Giel.
         • Haar kinders beskuldig haar dat sy 'n slegte rolmodel is met feitlik geen
            morele standaarde nie.
         • Het 'n 'sondige leefstyl'.
         • Maak 'n armsalige bestaan in die 'suburbs'.
         Jakes
         • Werk as 'n 'operateur'.
         • Hy is manipulerend, gewelddadig en probeer om sy sin te kry deur
            gewelddadig te wees.
         • Was voorheen getroud en wil nou met Tiemie trou om aan sy omstandighede
            te ontsnap.
         • Is kwaad vir die wêreld en haal dit op die mense om hom uit.
         • Is 'n produk van sy omgewing.
         • Word deur Tjokkie 'n 'skurk/skobbejak' genoem.
         • Is onverantwoordelik, drink en boelie Tjokkie om te 'sien'.
         Tiemie
         • Wil wegkom uit haar omgewing.
         • Wil nie in die 'suburbs' vasval nie, maar sê: 'Ek wil van geweet wees.'
         • Wil nie dieselfde foute as Ma maak nie.
         • Som die 'suburbs' op wanneer sy sê dat sy nie verwagtend wil wees en vir
            'n dronk en gewelddadige man moet wag om saans huis toe te kom nie.
         Karakters se taal
         • Weerspieël 'n 'werkersklas'-omgewing.
         • Is beledigend en grootpraterig wat wys na hulle gebrek aan waardes asook
            hulle onsekerheid, bv. Jakes.
         • Is pateties, bv. Giel se aanhoudende gekerm oor wat van hom sal word, die
            feit dat hy nie geld het nie.
         • Is apologeties, desperaat en pateties (Ma) soos wanneer sy van Pa se
            terugkoms droom.
         Dekorstel en verhoogopsteling
         • Beklemtoon die 'werkersklas'-omgewing.
         • Die plek waar die toneelstuk afspeel is in die suide van Johannesburg.
         • Beeld die agterplaas van 'n werkersklasgesin uit.
         • Die fokuspunt van die stel is Tjokkie wat aan 'n kar in sy eie agterplaas werk.
         Temas
         • Beklemtoon spesifieke 'werkersklas'-kwessies, bv. ontsnapping, armoede,
            tienerswangerskap, alkoholisme, dobbel, werkloosheid, ens.                          (10)
                                                                                                [40]
                                                                 TOTAAL AFDELING B:              40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Dramatic Arts Feb Mar 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-mar-2017-memo-eng/862e467e-622f-4856-8fa2-0028f4f57a82) — Dramatic Arts · Memo · 2017 · Eng
- [Dramatic Arts Feb Mar 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-mar-2017-afr/45a92eeb-1ab4-4d03-a39b-e71ea21539f2) — Dramatic Arts · QP · 2017 · Afr
- [Dramatic Arts Feb Mar 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-mar-2017-eng/1940494f-e72c-44e5-8119-f869072ae9ff) — Dramatic Arts · QP · 2017 · Eng
- [GR12 DRMA Sept2017 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-drma-sept2017-memo-afr/0cb1ea9f-14e9-40b2-aa0c-a8ed38be746f) — Dramatic Arts · Memo · 2017 · Afr
- [GR12 DRMA Sept2017 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-drma-sept2017-memo-eng/e442844c-f3c4-4e97-939a-4af6602dfe83) — Dramatic Arts · Memo · 2017 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2017-memo-afr/b325b00e-da8a-4f7c-a66e-4b1609c2ec27) — Dramatic Arts · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-afr/b4a67589-411d-46bb-b333-65beeafd2138) — QP · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-afr/ee64452f-d716-4e2c-a4c0-eb6f240cdecb) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-eng/d7900b57-db36-4c03-9c8b-4da9102aed06) — QP · 2024 · Eng
- [Dramatic Arts May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/196a7629-8432-4e24-976d-ba79e198fc93) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/635df938-d2f8-4677-9753-430aa4581d96) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
