# Dramatic Arts Grade 12 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Dramatic Arts question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-march-2016-afr/ccbc661d-8b87-4b95-b699-619f629f702b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-march-2016-afr/ccbc661d-8b87-4b95-b699-619f629f702b)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                              DRAMATIESE KUNSTE

                            FEBRUARIE/MAART 2016

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            2                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

        AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings                              (30)
        AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994                        (40)
        AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994 – Kontemporêr            (40)
        AFDELING D: Die Geskiedenis van Teater, Praktiese Konsepte, Inhoud en
                    Vaardighede                                              (40)
2.      AFDELING A
        VRAAG 1 is VERPLIGTEND.
        Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke
        20ste-eeuse Teaterbeweging.
        EPIESE TEATER
        • Caucasian Chalk Circle            Bertolt Brecht
        • Kaukasiese Krytsirkel             Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
        • Mother Courage                    Bertolt Brecht
        • Moeder Courage                    Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
        • The Good Person of Szechwan       Bertolt Brecht
        • Kanna Hy Kô Hystoe                Adam Small
                                             OF
        TEATER VAN DIE ABSURDE
        • Waiting for Godot                 Samuel Beckett
        • Afspraak met Godot                Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks
        • Bagasie                           André P Brink
        • The Bald Primadonna               Eugene Ionesco
        • Die Kaalkop Primadonna            Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks
                                             OF
        POSTMODERNE TEATER
        • Skrapnel                          Willem Anker
        • Top Girls                         Carol Churchill
        • Popcorn                           Ben Elton
        • Buried Child                      Sam Shepard
3.      AFDELING B
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
        hierdie afdeling.
        VRAAG 2: Woza Albert!            Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en
                                         Barney Simon, OF
        VRAAG 3: Sophiatown              Junction Avenue Theatre Company, OF
        VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis
4.      AFDELING C
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
        hierdie afdeling.
        VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani, OF
        VRAAG 6: Groundswell             Ian Bruce, OF
        VRAAG 7: Mis                     Reza de Wet
5.      AFDELING D
        Hierdie afdeling bestaan uit TWEE vrae. Albei vrae is VERPLIGTEND.
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           3                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS

Hierdie vraag is VERPLIGTEND.

VRAAG 1

Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die relevante 20ste-eeuse
Teaterbeweging (Teater van die Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater).

Bestudeer BRON A hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

BRON A

Ek dink wat mense so fassinerend maak, is konflik. Dis drama, dis menslike
omstandighede. Niemand wil perfeksie/volmaaktheid aanskou nie.
                                                                        – Nicolas Cage

Bespreek in 'n opstel die onvolmaaktheid van menslike omstandighede in die
toneelteks wat jy hierdie jaar bestudeer het.

Verwys na enige VIER van die volgende:

•   Sosiopolitieke konteks
•   Temas
•   Karakters
•   Taal en dialoog
•   Ruimte en dekorstel
•   Intrige en struktuur
•   Teatermiddele/-tegnieke

Dui die toneelteks wat jy bestudeer het boaan jou opstel aan.

                                                                TOTAAL AFDELING A:           30

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                               4                      DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                               NSS

AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994

Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.

VRAAG 2:      WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
              BARNEY SIMON

Bestudeer BRON A hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON A

                        'n Toneel uit 'n produksie van Woza Albert!

Jy is gekies om 'n skoolproduksie van Woza Albert! by jou skool te regisseer. Gebruik
BRON A om die beplanning en voorbereiding van jou toneelstuk te lei.

2.1      Noem wat die pingpongbal-neuse in die toneelstuk voorstel.                           (2)

2.2      Die gebruik van die pingpongbal-neuse is 'n voorbeeld van satire.

         2.2.1        Definieer die term satire.                                              (2)

         2.2.2        Verduidelik hoe satire in enige TWEE tonele in die toneelstuk
                      gebruik word.                                                           (6)

2.3      Beskryf hoe die akteurs klankeffekte kan gebruik om die omgewing
         (beelde/voorwerpe/verhoogplasing) van die toneelstuk te skep.                        (4)

2.4      BRON A: Hoe wys die akteurs fisies dat hulle na dieselfde denkbeeldige
         voorwerp/persoon kyk?                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           5                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

2.5      As 'n regisseur, motiveer die fisiese vaardighede wat die akteur kan nodig kry
         om aan die opvoervereistes van Woza Albert! te voldoen.                               (6)

2.6      Beskryf 'n geskikte oefening wat die akteurs in Woza Albert! sal help om
         te fokus en te konsentreer terwyl hulle optree.                                       (2)

2.7      Regverdig of die toneelstuk deur vroulike toneelspelers opgevoer sal kan
         word. Motiveer jou antwoord.                                                          (4)

2.8      Die woord 'teater' kom van Grieks. Dit beteken 'die plek waar gekyk/aanskou
         word'. Dit is die plek waarheen mense gaan om die waarheid oor die lewe en
         maatskaplike situasies te aanskou. Die teater is 'n geestelike en maatskaplike
         X-straal van sy tyd. Die teater is geskep om mense die waarheid oor die lewe
         en die maatskaplike situasie te vertel.
                                                                            – Stella Adler

         Bespreek hoe Woza Albert! as 'n 'geestelike en maatskaplike X-straal van sy
         tyd … om mense die waarheid oor die lewe en die maatskaplike situasie te
         vertel' beskryf kan word.

         Verwys na VIER voorbeelde in die toneelstuk om jou antwoord te ondersteun.            (12)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             6                      DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY

Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON B

MINGUS: Tell her I only go for the best.

JAKES:      How do you know it's the best?

MINGUS: Easy, man – check the labels! Only genuine English or American imports,
        'Can't-gets' – Florsheims, Winthrops, Bostonians, Saxone and Manfield,
        Arrow shirts, suits from Simpson's, Hector Powe, Robert Hall, Dobbs, 5
        Woodrow, Borsalino hats. You tell her I'm the best dresser in town.
        American straights. You tell her I'm a smart guy – no messing around,
        and I want her here at six o'clock!

BRON C

                Mingus en Princess in 'n produksie van Sophiatown

Jy is die regisseur van 'n skoolproduksie van hierdie toneelstuk.

3.1      Beskryf en motiveer jou kostuumkeuses vir die karakters Mingus en Princess.
         Verwys na BRON B en BRON C.                                                        (4)

3.2      Beskryf aan die akteurs wat Mingus en Princess speel, die glans en
         romantiek van hulle karakters en hulle verhouding.                                 (4)

3.3      Verduidelik hoe die glans en romantiek van Mingus en Princess se
         verhouding met die werklikheid van hulle situasie kontrasteer.                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           7                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

3.4      Gee instruksies oor hoe jy die akteurs wat Mingus en Princess speel, sal
         regisseer om hulle karakters fisies uit te beeld. Verwys na die toneelteks as
         'n geheel.                                                                           (6)

3.5      Motiveer hoe jy die werklikheid van die lewe in Sophiatown deur jou keuse
         van dekorstel en rekwisiete sou uitbeeld.                                            (6)

3.6      Die oorspronklike produksie van Sophiatown het tekens en slagspreuke as
         agtergrond vir die aksie gebruik. Jy wil 'n soortgelyke visuele effek skep.

         Stel EEN gepaste slagspreuk voor wat jy kan kies om op die verhoog
         te gebruik.                                                                          (1)

3.7      Bespreek die toneelmatige doeltreffendheid van die gebruik van slagspreuke
         in 'n produksie van Sophiatown.                                                      (4)

3.8      Sophiatown is die verlede wat ons nie kan vergeet nie.
                                                                       – Amos Masondo

         Bespreek hoe die toneelstuk Sophiatown die verlede (geskiedenis) van
         Sophiatown, die plek, verteenwoordig.

         Verwys na jou kennis van die toneelstuk as 'n geheel in jou antwoord.                (12)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             8                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS

Bestudeer BRON D hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON D

TIEMIE: Ek was te bang vir jou. Ek is nie meer bang vir jou nie. Maak my vrek, ek
        trou nie met jou nie, en jou kleintjie sal ek regsien. Loop! Ek het genoeg
        gehad van jou en van die Suburbs en van Ma en van die hele bleddie boel.
        Loop! Ek wil nie 'n tang hê nie. Ek kan kots van julle almal. Maak my vrek,
        jy sal my nie hier hou nie. Ek gaan na die dandies toe. Jy's 'n tang! 5
        'n Tang! 'n Tang!

JAKES:    Ek sal jou nie los nie!

TIEMIE: Ek wil jou nie hê nie.

JAKES:    Oor jy dink ek's 'n tang dink jy ek het nie insides nie? Sê vir my tang! Jy't
          nie tang gesê toe jy by my lê nie. Dink jy ek't nie love nie. Dink jy ek het nie 10
          geworry oor daardie dandies nie? Dink jy … dink jy ek het nie gevoel oor
          jou nie … Die tang … Ek sal jou nie vir die dandies gee nie …

MA:       Jakes, los my kind … Tjokkie, help!

          (Tiemie ruk los en hardloop die huis binne. Giel, sy tas gepak, loop teen
          haar vas, dan teen Jakes.)                                                15

JAKES:    Jy sal nie ok weg kom nie. Ek sal jou hê …

MA:       Giel, help my, hy gaan vir Tiemie doodmaak.

GIEL:     (ruk hom los) Sorry, my meisie …

MA:       Giel!

          (Hy stap oor die verhoog en af.)                                                 20

GIEL:     (mompel) Sorry, man, hel sorry, sorry, ou girl …

Jy is die regisseur van 'n produksie van Siener in die Suburbs in jou plaaslike
gemeenskapsaal. Gebruik die uittreksel hierbo en jou kennis van die toneelstuk om jou
antwoorde te lei.

4.1      Gee die aktrise wat Tiemie speel raad oor hoe om haar reëls (1–6), wat haar
         groeiende wanhoop toon, op die doeltreffendste vokale en fisiese wyse
         te vertolk.                                                                             (6)

4.2      Verduidelik aan die aktrise wat Tiemie speel waarom sy, op dié tydstip in die
         toneelstuk, nie meer vir Jakes bang is nie.                                             (2)

4.3      Wat bedoel Tiemie as sy sê dat sy na die 'dandies' toe gaan?                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            9                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

4.4      Stel voor wat hierdie uittreksel oor Giel se karakter onthul. Jy kan na
         die toneelstuk as 'n geheel in jou antwoord verwys.                                     (4)

4.5      Motiveer vir jou kostuumontwerper waarom Ma en Tiemie se kostuums in
         die toneelstuk moet verskil.                                                            (6)

4.6      Identifiseer, met 'n rede, die tipe verhoog wat jy vir 'n produksie van Siener in
         die Suburbs sal nodig hê.                                                               (2)

4.7      Beskryf aan jou stelontwerper die dekorstel wat jy vir jou produksie nodig het.
         Motiveer jou keuses met verwysing na die toneelteks.                                    (6)

4.8      Siener in die Suburbs – soos so baie ander stories – gaan eintlik oor liefde of,
         in hierdie geval, onbeantwoorde (eensydige) liefde.

         Bespreek die tema van 'onbeantwoorde liefde' soos deur die karakters in
         die toneelstuk getoon.                                                                  (12)
                                                                                                 [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:               40

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           10                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994 – KONTEMPORÊR

Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.

VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI

Bestudeer BRON E hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON E

SIPHO: This government owes me!

BRON E: Die rol van Sipho is aan jou toegeken.

5.1      Gee 'n karakterbeskrywing van Sipho.                                                  (4)

5.2      Verduidelik hoe jy Sipho se emosies vokaal en fisies sal uitdruk wanneer
         jy die woorde: 'This government owes me!', voordra.                                   (4)

5.3      Identifiseer, met redes, hoe die foto die realistiese genre van die toneelstuk
         weergee.                                                                              (6)

5.4      Motiveer hoe die verhoogplasing ('blocking') van hierdie toneel die verhouding
         tussen die karakters toon.                                                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            11                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

5.5      Die verlede is dood. Ons moet dit 'n gepaste begrafnis gee en aanbeweeg na
         nuwe en opwindende dinge wat uit die longe van vryheid ontspring.
                                                                             – John Kani

         5.5.1        Verduidelik die 'nuwe en opwindende dinge' wat die karakter van
                      Sipho in die toneelstuk beleef as gevolg van sy keuse om die
                      verlede te begrawe en aan te beweeg.                                     (6)

         5.5.2        Wat is die waarde daarvan om John Kani se stelling in ons
                      alledaagse lewens toe te pas?                                            (4)

5.6      Nothing but the Truth is 'n toneelstuk wat 'n storie vertel wat, op 'n manier,
         'n persoonlike en politieke, 'n private en openbare katarsis (suiwering) vir
         Sipho en die gehore is wat na die toneelstuk kyk.

         Bespreek die geldigheid van die stelling hierbo met inagneming van Sipho se
         persoonlike reis na waarheid en versoening.                                           (12)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           12                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE

Bestudeer BRON F hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON F

                          A               B                C

          'n Plakkaat van 'n produksie van Groundswell in Florida (VSA)

Jy is gekies om die regie van 'n produksie van Groundswell by jou skool te doen.

6.1      Identifiseer die karakters wat A, B en C gemerk is.                                   (3)

6.2      Verduidelik aan die akteurs watter funksie elk van die karakters in die
         ontwikkeling van die intrige het.                                                     (6)

6.3      Gee instruksies oor hoe jy die drie akteurs sou regisseer (lei) om hulle
         karakters vokaal en fisies uit te beeld. Verwys na die toneelteks as 'n geheel.       (6)

6.4      Bespreek hoe 'n tipiese realistiese produksie van Groundswell opgevoer
         sou word.                                                                             (4)

6.5      Verduidelik hoe die sosiopolitieke omgewing van die toneelstuk die
         verhoudings tussen die karakters beïnvloed.                                           (4)

6.6      Verduidelik waarom die afbeelding van 'n diamant gepas sou wees om die
         sentrale temas van die toneelstuk te simboliseer.                                     (5)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           13                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

6.7      'n Kruis tussen Mamet en Fugard … 'n VURIGE SPANNINGS-verhaal van
         DESPERATE MANS wat nie vir GEVAAR sal stuit om een laaste kans vir 'n
         groot prys te verseker nie. BOEIENDE toneelstuk!
                                                  – Charles Isherwood, The New York Times

         Bespreek Charles Isherwood se kommentaar dat Groundswell 'n 'VURIGE
         SPANNINGS-verhaal (is) van DESPERATE mans wat nie vir GEVAAR sal
         stuit om een laaste kans vir 'n groot prys te verseker nie'.

         Verwys na jou kennis van die toneelstuk as 'n geheel in jou antwoord.                  (12)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                14                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                NSS

VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET

Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON G

KONSTABEL: Ek vra net, mevrou. (Skielik ferm.) Beantwoord asseblief my vraag:
           Is daar 'n solderingang?

MIEM:               Ja, daar is. En wat daarvan? Hy het dit van binne gesluit. Daardie
                    deur is al vir sewe jaar toe!

KONSTABEL: So, hy het die sleutel?                                                              5

MIEM:               Wat probeer jy eintlik sê, Konstabel? Dink jy my man is 'n verdagte?
                    My arme Gabriel wat nie 'n vlieg sal seermaak nie! Ons maak ons
                    deure vir jou oop en dis hoe jy ons terugbetaal!

KONSTABEL: Vergewe my, mevrou … Ek het nie bedoel …

MIEM:               Jy moet dink ons is onnosel. Maak asof jy ons beskerm! (Sy snuif.)          10

GERTIE:             Aag, komaan, Miem.

MIEM:               Ja, gee voor om ons te beskerm. Maar wat hy eintlik wil doen, is om
                    in my huis te snuffel! Soos 'n bloedhond.

KONSTABEL: Mevrou, ek verseker jou …

MIEM:               Gabriel is 'n goeie man! 'n Dierbare, saggeaarde man! Opreg en 15
                    eerlik! Uit 'n uitstekende familie! Hy was nog altyd … 'n bietjie buierig,
                    maar wat's daarmee verkeerd? Maak dit hom 'n monster? O ja, ek
                    weet wat mense oor hom sê … dat hy nie … heeltemal reg hierbo is
                    nie. Skinderbekke! Moeilikheidmakers! En jy glo hulle! Konstabel, ek
                    dink jy moet liewer gaan. Jy is nie meer in my huis welkom nie!            20

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           15                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

BRON H

                         'n Toneel uit 'n produksie van Mis

Jy is gekies om 'n produksie van Mis by jou skool te regisseer. Gebruik BRON G en
BRON H om die beplanning en voorbereiding van jou toneelstuk te lei.

7.1      BRON G: As 'n regisseur, verduidelik aan die akteur wie Gabriel is.                  (1)

7.2      Reël 18 en 19: Stel aan die akteur voor waarom mense van Gabriel kan sê
         'dat hy nie … heeltemal reg hierbo is nie'.                                          (3)

7.3      Verduidelik die ironie wanneer Miem vir Konstabel sê dat hy voorgee om
         hulle te beskerm ('gee voor om ons te beskerm').                                     (2)

7.4      Motiveer hoe 'n aktrise enige TWEE van Stanislavski se metodes/tegnieke
         kan gebruik om vir die rol van Miem voor te berei.                                   (6)

7.5      BRON G: Beskryf hoe 'n aktrise wat Miem speel die woorde in reël 15–20
         vokaal sou voordra.                                                                  (6)

7.6      BRON H: Verduidelik hoe die slopemmer sentraal tot die handeling/aksie in
         die toneelstuk is.                                                                   (6)

7.7      BRON H: Bespreek die tegniese uitdagings wat 'n regisseur sou ervaar
         wanneer hierdie toneel opgevoer word.                                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          16                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                          NSS

7.8      Paul Boekkooi verwys na Mis as 'n 'noodsaaklike teaterervaring' – die teks is
         belaai met verwysings na klank, reuk en aanraking, en uiteindelik, die
         magiese realisme van die sesde sintuig.

         Bespreek die ontleding van Mis deur Paul Boekkooi hierbo. Verwys na jou
         kennis van die toneelstuk as 'n geheel in jou antwoord.                              (12)
                                                                                              [40]

                                                             TOTAAL AFDELING C:               40

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                              17                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

AFDELING D:          DIE GESKIEDENIS VAN TEATER, PRAKTIESE BEGRIPPE,
                     INHOUD EN VAARDIGHEDE

Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling.

VRAAG 8

8.1      Definieer Realisme as 'n teaterbeweging.                                                      (2)

8.2      Verduidelik die verskillende kenmerke van 'n realistiese toneelstuk. Jy kan
         verwys na enige realistiese toneelstuk wat jy bestudeer het of waarna jy gaan
         kyk het.                                                                                      (8)

8.3      Definieer en bespreek die kenmerke van enige TWEE van die volgende
         20ste-eeuse filosofieë/teaterbewegings (-ismes) wat jy hierdie jaar bestudeer
         het:

         •    Konstruktivisme
         •    Dadaïsme
         •    Eksistensialisme
         •    Ekspressionisme
         •    Futurisme
         •    Surrealisme
         •    Simbolisme                                                                               (10)
                                                                                                       [20]

VRAAG 9

Bestudeer BRON I hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON I

                                       Feel Good

                            I just wanna feel good every day
                           I wanna wear a smile upon my face
                             I wanna feel the joys of the day
                           I wanna feel alight in every moment
                         Said I won't waste time on feeling blue                                   5

                       I won't waste time on things I cannot change
                        I'm gonna live these days as best as I can
                             Doing everything that feels right
                                                                 [Lirieke deur Lira gekomponeer]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          18                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                          NSS

Jy het die geleentheid gekry om Lira se inspirerende lirieke in Feel Good vir
'n Vryheidsdag-opvoering by jou skool te gebruik.

9.1      Motiveer watter EEN van die volgende drama-vorms jy vir jou opvoering sou
         kies:

         •    Monoloog
         •    Koorverse
         •    Fisiese teater
         •    Multimedia                                                                   (3)

9.2      Na aanleiding van jou keuse in VRAAG 9.1, beskryf die tipe verhoog wat jy
         sou kies ten opsigte van die gewenste akteur-gehoor-verhouding.                   (3)

9.3      Verduidelik die teaterelemente (beligting, klankeffekte, kostuums, ensovoorts)
         wat jy kan gebruik om jou opvoering te skep. Verwys na spesifieke reëls in
         BRON I om jou keuses te verduidelik.                                              (6)

9.4      Skryf 'n toespraak waarin jy die Dramatiese Kunste-klas van graad 11 raad
         gee om hulle te help om vir hulle finale praktiese eksamen voor te berei.

         Sluit die volgende by jou toespraak in:

         •    Keuse van stukke
         •    Repetisies
         •    Opwarming
         •    Vokale en fisiese vertolkingsvaardighede                                     (8)
                                                                                           [20]

                                                              TOTAAL AFDELING D:           40
                                                                  GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Dramatic Arts Feb March 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-march-2016-eng/74d0b437-06c3-48b6-87f0-2c8b6dd4ca0a) — Dramatic Arts · QP · 2016 · Eng
- [Dramatic Arts Feb March 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-march-2016-memo-eng/4e9686ab-850b-4f2f-aa45-31f31244b9b3) — Dramatic Arts · Memo · 2016 · Eng
- [Dramatic Arts Feb March 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-march-2016-memo-afr/8e3437ed-ff90-470c-968c-5ba6a30c7df6) — Dramatic Arts · Memo · 2016 · Afr
- [Gr12 DRMA S16 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-drma-s16-qp-afr/3eda5830-efc4-40a2-b11d-c2decd95f1f1) — Dramatic Arts · QP · 2016 · Afr
- [Gr12 DRMA S16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-drma-s16-qp-eng/a06a7dc8-1bcb-4744-bdee-6a49b941fb41) — Dramatic Arts · QP · 2016 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2016-eng/cfe9877b-980b-4e79-a76a-2896cc32c09f) — Dramatic Arts · QP · 2016 · Eng

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-mg-eng/1ca47d26-a583-48d4-b7e6-350802a91a45) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/0c5cf551-3515-4f88-aed5-2e27892a9058) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/e81f2ce2-7475-4158-a9c0-2ee9e0139852) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/295292ad-642f-4171-ae1e-c2dd59f80f5a) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-english/75e178c5-f96e-43f8-8078-84ce1d3d0082) — Memo · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
