# Dramatic Arts Grade 12 NSC Supplementary 2016 Memo (Afr)

> Grade 12 Dramatic Arts memorandum from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 36 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-march-2016-memo-afr/8e3437ed-ff90-470c-968c-5ba6a30c7df6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 36

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 NSC Supplementary 2016 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-march-2016-memo-afr/8e3437ed-ff90-470c-968c-5ba6a30c7df6)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Memorandum, 36 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                              DRAMATIESE KUNSTE

                             FEBRUARIE/MAART 2016

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 150

                      Hierdie memorandum bestaan uit 36 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        2                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                 NSS – Memorandum

ALGEMENE NOTAS AAN DIE HOOFNASIENER EN NASIENERS

1.  Skryf kort opmerkings en gee redes waarom 'n punt opwaarts of afwaarts
    aangepas is indien die memorandum nie 'n duidelik riglyn gee nie en jy jou eie
    diskresie moet gebruik.
2. Maak duidelik merkies om aan te dui dat die leerpunt behaal is.
3. Raak aktief by die antwoord betrokke.
4. In gevalle waar 'n kandidaat meer as die voorgestelde aantal woorde geskryf het,
    moet nie penaliseer nie (bv. opstelvraag).
5. Die memorandumbesprekingsforum kan nie genoegsaam alle antwoorde
    voorspel nie. Provinsiale nasieners moet dit in ag neem en oop wees vir
    kandidate se antwoorde. Maak seker dat verskillende onderrigstyle nie die
    kandidaat benadeel nie.
6. Gebruik die eerste dag om die kwaliteit en kwantiteit van die bewyse in die
    memorandum te evalueer.
7. Standaardiseer die vereiste antwoorde en vind gemeenskaplike definisies en
    begrippe.
8. Maak seker dat die kandidate se antwoorde ooreenstem met die KABV-dokument
    se Breë Onderwerpe en Onderwerpe.
9. Hoofnasieners moet rubrieke met nasieners fasiliteer. Gebruik die
    vlakbeskrywings van Dramatiese Kunste om die nasienwerk te lei.
10. Hoofnasieners moet beplan en gereeld vergader om seker te maak dat
    nasienwerk gestandaardiseer is.
11. Woorde in vetdruk is vir maklike verwysing verskaf.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          3                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                   NSS – Memorandum

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

        AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings                                       (30)
        AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994                                 (40)
        AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994 – Kontemporêr                     (40)
        AFDELING D: Die Geskiedenis van Teater, Praktiese Konsepte, Inhoud
                    en Vaardighede                                                    (40)
2.      AFDELING A
        VRAAG 1 is VERPLIGTEND.
        Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke
        20ste-eeuse Teaterbeweging.
        EPIESE TEATER
        • Caucasian Chalk Circle            Bertolt Brecht
        • Kaukasiese Krytsirkel             Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
        • Mother Courage                    Bertolt Brecht
        • Moeder Courage                    Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
        • The Good Person of Szechwan       Bertolt Brecht
        • Kanna Hy Kô Hystoe                Adam Small
                                             OF
        TEATER VAN DIE ABSURDE
        • Waiting for Godot                 Samuel Beckett
        • Afspraak met Godot                Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks
        • Bagasie                           André P Brink
        • The Bald Primadonna               Eugene Ionesco
        • Die Kaalkop Primadonna            Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks
                                             OF
        POSTMODERNE TEATER
        • Skrapnel                          Willem Anker
        • Top Girls                         Carol Churchill
        • Popcorn                           Ben Elton
        • Buried Child                      Sam Shepard
3.      AFDELING B
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
        hierdie afdeling.
        VRAAG 2: Woza Albert!            Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en
                                         Barney Simon, OF
        VRAAG 3: Sophiatown              Junction Avenue Theatre Company, OF
        VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis
4.      AFDELING C
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
        hierdie afdeling.
        VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani, OF
        VRAAG 6: Groundswell             Ian Bruce, OF
        VRAAG 7: Mis                     Reza de Wet
5.      AFDELING D
        Hierdie afdeling bestaan uit TWEE vrae. Albei vrae is VERPLIGTEND.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                  4                                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS – Memorandum

AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS
VRAAG 1
Die kandidaat moet hierdie vraag in die vorm van 'n opstel antwoord asook die toneelteks
wat hy/sy bestudeer het, as voorbeeld gebruik: ÓF Teater van die Absurde ÓF Epiese
Teater ÓF Postmoderne Teater.
Die opstelle moet nagesien word met behulp van die rubriek en moet die kandidaat se
benadering tot die onderwerp in ag neem. Gemotiveerde oorspronklike antwoorde wat insig
toon, moet krediet kry.
BESKRYWER       PUNT                                             DIE KANDIDAAT
                            •   Het 'n duidelike begrip van die aanhaling en kan die toneelteks en teaterbeweging wat
                                hy/sy bestudeer het, met die aanhaling verbind.
                    24–30
                            •   Kan 'n argument konstrueer wat die waarheid van die aanhaling ondersteun en gebruik
                                konkrete, spesifieke voorbeelde uit die beweging en toneelteks.
  Uitstekend    80–100
                            •   Bespreek vier van die items in die kolpuntlys; kies gepaste punte uit die kolpuntlys wat
                                verband hou met die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het.
                     A
                            •   Fokus op die verskillende doelwitte van teater en bespreek duidelik hoe die toneelteks
                                wat bestudeer is, 'n voorbeeld van 'n sekere motivering is.
                            •   Verstaan die aanhaling en kan die toneelteks en teaterbeweging wat hy/sy bestudeer
                    21–23
                                het, met die aanhaling verbind.
                            •   Konstrueer 'n argument wat die waarheid van die aanhaling ondersteun en gebruik
  Baie goed         70–79
                                voorbeelde uit die beweging en toneelteks.
                            •   Bespreek vier van die punte in die kolpuntlys en kies gepaste punte uit die kolpuntlys
                     B
                                wat verband hou met die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het.
                            •   Verwys na die aanhaling en kan die toneelteks en teaterbeweging wat hy/sy bestudeer
                    18–20
                                het, met die aanhaling verbind.
                            •   Probeer om die waarheid van die aanhaling te ondersteun; gebruik voorbeelde uit die
    Goed            60–69
                                beweging en toneelteks.
                            •   Bespreek vier van die punte in die kolpuntlys en kies gepaste punte uit die kolpuntlys
                     C
                                wat verband hou met die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het.
                            •   Kan direk na die aanhaling verwys, maar is meer geneig om 'n verband af te lei.
                    15–17
                            •   Bespreek die toneelteks en teaterbeweging.
                            •   Probeer om die beweging en toneelteks te verbind.
 Bevredigend        50–59
                            •   Bespreek sommige van die punte in die kolpuntlys, en kies sommige punte uit die
                                kolpuntlys wat verband hou met die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het.
                     D
                            •   Dek meer punte uit die kolpuntlys, maar op 'n oppervlakkige wyse.
                            •   Lei 'n verband met die aanhaling af, eerder as om dit direk te noem.
                            •   Verduidelik die toneelteks en teaterbeweging.
                    12–14
                            •   Slaag daarin om sommige voorbeeld(e) van dramateoretici/-praktisyns, toneelstukke of
                                tekste te gee, maar kan dit dikwels nie met die aanhaling verbind nie.
  Gemiddeld         40–49
                            •   Gee sommige basiese beskrywings van punte in die kolpuntlys maar kan nie die
                                teaterbeweging, toneelteks en aanhaling betekenisvol verbind nie.
                     E
                            •   Maak oor die algemeen breë stellings wat verband hou met vier of meer van die punte
                                in die kolpuntlys.
                            •   Is geneig om die aanhaling te ignoreer en bring dit per ongeluk in verband, eerder as
                                doelbewus.
                    10–11   •   Hy/Sy beskryf die toneelteks en teaterbeweging.
                            •   Gee voorbeeld(e) van dramateoretici/-praktisyns, toneelstukke of tekste, maar kan dit
  Elementêr         30–39       gewoonlik nie met die aanhaling verbind nie.
                            •   Gee sommige beskrywings van punte in die kolpuntlys, maar kan nie die
                     F          teaterbeweging, toneelteks en aanhaling betekenisvol verbind nie.
                            •   Maak oor die algemeen stellings wat met vier of meer van die punte in die kolpuntlys
                                verband hou en fokus dikwels in sy/haar antwoord op die intrige.
                     0–9    •   Ignoreer die vraag.
                            •   Gee sommige beskrywings van die punte in die kolpuntlys, maar kan nie die
    Swak            0–29        teaterbeweging, toneelteks en aanhaling verbind nie.
                            •   Maak stellings wat na sommige van die punte in die kolpuntlys verwys.
                     G

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            5                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                     NSS – Memorandum

Die volgende is slegs 'n voorbeeld.

EPIESE TEATER
• Bertold Brecht se idees kom na jare se eksperimente en praktiese ervaring met die
   teater, akteurs en verskillende regisseurs.
• Die basiese konsepte waarop sy teorie gebaseer is, het teen die einde van die 1920's
   volwassenheid bereik, maar dit was eers in 1930 dat hy die idee van 'n Epiese Teater
   beklemtoon het.
• Sy doel was om die gehoor (emosioneel) te distansieer, om hulle in staat te stel om
   die wêreld waarin hulle leef, duideliker te sien.
• Distansiëring veroorsaak dat die gehoor duideliker sien, eerder as om hulle
   oortuigings as vanselfsprekend te beskou.
• Die term 'epies' kan misleidend wees. Brecht wou 'n duidelike onderskeid tref tussen
   wat hy as 'n teater van illusie beskou het en 'Dramatiese Teater' genoem het, en sy
   Epiese Teater.
• Brecht was dus hewig gekant teen die idee van skynvertoon ('pretence'), wat 'n tipiese
   kenmerk van Realisme was.
• Hy het beweer dat die 'ou teater' (Realisme) sy waarde verloor het omdat dit die rol
   van die kyker so ver ondermyn het dat hy/sy niks meer as 'n passiewe toeskouer was
   nie.
• Hy wou hê dat sy toeskouers wakker moes wees en die teater verlaat met die besef
   dat hulle die probleme wat in die toneelstuk aangeraak is, moet oorweeg en iets aan
   hierdie probleme in die werklike lewe moet doen.
• Brecht se hoofdoel wat om die 'illusie' of die 'spieël van die werklikheid' ('slice of life')
   te verwyder wat deur Realisme uitgebeeld en aangebied is.
• Hy het verskeie tegnieke gebruik om dit te doen, wat almal direk daarop gemik was
   om die gehoor se aandag te vestig op die feit dat hulle in 'n teater is, eerder as om
   hulle na 'n kammaland van fantasie weg te voer.
• Brecht wou sy gehoor bewus maak van die verskil tussen dit wat hulle op die verhoog
   sien en die werklikheid.
• Verder wou hy hê dat hulle die toneelstuk as direkte kommentaar op die lewe beskou
   wat bedoel was om op 'n kritiese wyse beskou en beoordeel te word.
• Brecht was egter nooit teen die idee van die teater as 'n bron van genot gekant nie. Hy
   het eerder gevoel dat genot ook geput kan word uit produktiewe deelname, sodat dit
   wat gesien word nie alleenlik beoordeel word nie, maar op omstandighede buite die
   teater toegepas kan word.
• Dit sou volgens Brecht egter nie moontlik wees nie tensy die toeskouer van die
   gebeure in die toneelstuk vervreem word.
• Hierdie tegniek, wat ook die 'verfremdungseffekt' of vervreemding genoem word, is
   ontwerp om die gehoor van die aksie op die verhoog te distansieer en om te verseker
   dat hulle empatie verbreek word, sodat hulle krities sou bly oor die gebeure waarna
   hulle kyk.
• Om die idee te illustreer: die doel van musiek moet byvoorbeeld nie slegs wees om die
   betekenis van woorde te versterk nie, maar ook om betekenisvolle kommentaar op die
   aksie verskaf.
• 'n Voorbeeld hiervan kom voor in Moeder Courage waar die ironies bitter woorde van
   'n liedjie wat oor die karakter se geleidelike morele agteruitgang handel, doelbewus op
   'n soet, sorgelose wysie getoonset is.
• Die onversoenbaarheid van die wysie en die woorde dwing die gehoor om oor die
   ware betekenis van die liedjie na te dink.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           6                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                    NSS – Memorandum

•   Kaukasiese Krytsirkel en Moeder Courage het liedjies tussen die tonele wat dikwels
    vertel wat gaan gebeur voordat dit gebeur (dit verwyder dus die emosionele
    betrokkenheid van spanning en afwagting) dit lewer direk kommentaar op die aksie en
    die verbinde tonele.
•   Die vervreemding bied dus stof tot nadenke.
•   Anders as in Realisme was Brecht se verhoogruimte nie spesifiek nie. Die geskilderde
    agtergronde was eerder suggestief as voorstellend, bv. steiers, draaiende verhoë,
    sigbare pype en bedrading wat deur skerp, wit ligte belig is met toneel- en
    stelwisselinge wat voor die gehoor plaasgevind het.
•   Stelle was eenvoudig en simbolies, bv. 'n teken kon 'n hotel voorstel, 'n stuk blou lap
    kon 'n rivier wees. Musikante was sigbaar en kon op die verhoog bly sit as hulle nie
    deel van die aksie was nie. Die didaktiese aard van die toneelstuk is versterk deur die
    gebruik van skyfieprojektors en tegniese toerusting.
•   Deur vervreemding, poog die dramaturg dus om alles in 'n vars en onbekende lig te
    wys sodat die gehoor gedwing word om krities te kyk na wat hulle (die gehoor)
    voorheen as vanselfsprekend aanvaar het. Brecht se teorieë oor die teater was baie
    anders as die Realiste teorieë.
•   Een so 'n teorie is gebaseer op die idee dat die teater die aksies wat uitgebeeld word,
    'vreemd' moet maak eerder as om aktuele, hedendaagse kwessies op 'n realistiese
    manier uit te beeld.
•   Historifikasie, wat verwys na die gebruik van materiaal wat uit ander tye en plekke
    geneem is, was een manier om vervreemding te behaal, maar in teenstelling met die
    meer aanvaarde, tradisionele teaterpraktyke wat historiese inhoud op 'n kontemporêre
    manier uitbeeld, het Brecht beweer dat die dramaturg die 'oudheid' ('pastness') van die
    gebeure moet beklemtoon deur dit van die hede te skei.
•   Dit was volgens hom die dramaturg se plig om die toeskouer aan te moedig om te dink
    dat, indien hy/sy dieselfde toestande moes beleef as wat in die toneelstuk uitgebeeld
    word, hy/sy op 'n ander manier sou optree as gevolg van die lesse wat uit die
    toneelstuk geleer is.
•   Die toeskouer sou dan oorweeg wat hy of sy sou doen om 'n positiewe verskil te
    maak. Met die wete dat verandering wel moontlik is, moet die gehoor dan geïnspireer
    word om soortgelyke, waardevolle sosiale verbeteringe aan die huidige stand van
    sake aan te bring.
•   Volgens Brecht moet die grootste effek van teater buite die teater plaasvind. Deur die
    toeskouer aan te moedig om sosiale hervorming in sy/haar gemeenskap of omgewing
    in te stel, voorkom 'n toneelstuk dat dit passiewe gedrag aanmoedig en kan dit 'n
    belangriker en nuttiger rol in mense se lewens speel.

TEATER VAN DIE ABSURDE
• Teater van die Absurde, soos dit heel gepas deur Martin Esslin in 1961 benoem is,
  gee vir die gehoor 'n eksistensialistiese blik op die buitewêreld en forseer die gehoor
  om hulle eie betekenis te bevraagteken in 'n wêreld waar daar skynbaar geen ware
  orde of betekenis is nie.
• Die onderliggende oortuiging van hierdie filosofie is dat niks 'n definitiewe, spesifieke
  of herkenbare bestaan het nie.
• Dit is eerder gegrond op die idee dat mense is wat hulle van hulself maak; hulle word
  gevorm deur hulle aksies en die keuses wat hulle deur hulle lewens maak.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          7                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                   NSS – Memorandum

Karakters
• Volgens die eksistensialiste bestaan karakters bloot in 'n droewige stand van sake
   eerder as om vaste karakters te wees. Mense self is niks nie. Mense, bewus van hulle
   menslike toestand, bestaan in 'n droewige wêreld sonder betekenis.
• Hulle is dus verlore, deurmekaar en al hulle aksies is dan waardeloos, sinloos,
   vergeefs en selfs absurd.
• Dramaturge soos Beckett en Ionesco het hierdie pessimistiese uitkyk op die mens se
   sukkelende bestaan gedeel.
• Absurdiste is dus gemoeid met die mens se soeke na betekenis en hulle pogings om
   sin te maak van hulle sinnelose posisie en om hulle hopelose situasie te aanvaar.
• Ons vind dus dat absurde drama 'n omgewing skep waar mense geïsoleer word.
• Hulle is naragtige karakters wat deur die lewe strompel omdat hulle nie weet wat
   anders om te doen nie.
• Die karakters bly dikwels bymekaar bloot omdat hulle te bang is om in so 'n
   onverstaanbare wêreld alleen te wees, bv. Estragon en Vladimir in Afspraak met
   Godot.
• Anders as Realisme waar die karakters goed afgerond, volledig ontwikkel en
   sielkundig oortuigend is, het die karakters in die Teater van die Absurde 'n gebrek aan
   identiteit en is hulle vervelig, oninteressant en sonder diepte.
• In plaas van deugde is die karakters vol foute en omdat hulle nie goed afgerond is nie,
   bly hulle staties en toon geen ontwikkeling nie.
• Hulle kom afstootlik, pateties, miserabel en onbevoeg voor. Hulle is emosioneel leeg
   en is verteenwoordigend van die menslike toestand soos dit deur die Teater van die
   Absurde gedefinieer word.
• Die karakters is Absurdis-toneelstukke verteenwoordig die mensdom, eerder as om 'n
   poging te wees om 'n 'werklike' persoon op die verhoog te skep.
• Hulle eienskappe word oordryf en die situasies waarin hulle hulself bevind, word meer
   intens gemaak. Hulle het geen verlede nie en ons kry geen aanduiding van wat die
   toekoms kan inhou nie.
• Absurdis-dramaturge gebruik karakters om hulle standpunt oor die menslike toestand
   uit te beeld.
• Beckett se karakters toon 'n onderlinge afhanklikheid terwyl Ionesco se karakters as
   'sosiale marionette' beskryf kan word.
• Die karakters word dikwels in pare of groepe voorgestel, soos die twee-manoptredes
   van vaudeville of musieksaalkomediante.
• Absurdis-karakters verskyn dikwels in pare, soos voorheen genoem, en stel 'n
   eenheid of aspekte van dieselfde persoon voor en is dus spieëlbeelde van mekaar.
• Die boemelaars in Afspraak met Godot is van mekaar afhanklik vir vertroosting,
   ondersteuning en bowenal betekenis. Hulle het mekaar nodig om te voorkom dat hulle
   eensame en betekenislose lewens lei. Hulle voel genoodsaak om mekaar te verlaat
   maar voel ook terselfdertyd genoodsaak om bymekaar te bly. Hulle oorweeg dit om
   van mekaar af weg te gaan, maar doen dit nooit nie en hulle onvermoë om weg te
   gaan, is nog 'n aanduiding van die onsekerheid en frustrasie wat hulle voel terwyl hulle
   op 'n verduideliking vir hulle bestaan wag.
• As 'n gehoor kan ons net toekyk terwyl hulle dieselfde dinge doen, en luister terwyl
   hulle dieselfde dinge sê, en die feit aanvaar dat Godot dalk sal kom, of dalk nie.
• Soos hulle is ons vasgevang in 'n wêreld waar ons handelinge/aksies ons oorlewing
   bepaal.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         8                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                  NSS – Memorandum

Taal en dialoog
• Nog 'n belangrike idee was dat mense nie bevoegde kommunikeerders is nie en
   doelbewus konflik met mekaar skep deur hulle dialoog om betekenis aan 'n
   betekenislose wêreld te gee.
• Taal dien dus as 'n hindernis tot kommunikasie wat die individu dan verder isoleer en
   spraak selfs meer nutteloos maak.
• Beckett bevraagteken die waarde van taal en glo dat taal die vermoë om te
   kommunikeer, verloor het.
• Ionesco wys dat pogings tot kommunikasie dikwels van clichés na betekenislose
   lettergrepe 'disintegreer'.
• In ooreenstemming met die eksistensialistiese idee dat mense geïsoleerd voel in 'n
   wrede wêreld, fokus Absurdis-dramaturge dikwels op die onvermoë van taal om die
   gaping tussen die karakters te oorbrug.
• Taal is onpersoonlik, outomaties en betekenisloos. Kommunikasie tussen karakters
   kan min wees, of karakters kan oor mekaar praat sonder om mekaar regtig te
   beïnvloed. Taal se funksie is dan om die onverwagte, die bisarre en die absurde voor
   te stel.
• Die volgende is voorbeelde van hoe taal in Absurdis- toneelstukke gebruik kan word:
    o Stilte is net so doeltreffend as kommunikasiemiddel as wat die gesproke woord is,
        byvoorbeeld in Afspraak met Godot waar daar lang pouses en stiltes is waarin niks
        gebeur nie.
    o Daar is betekenislose gesprekke en oppervlakkige kommentaar 'uit gewoonte' wat
        karakters dikwels uiter. Taal kan beskou word as 'n blote ontsnapping uit die
        verveligheid van die lewe of omdat die stilte onuithoudbaar word.
    o Nuwe woorde word geskep om mense se pogings om met mekaar te
        kommunikeer, uit te beeld. Maar die poging slaag nooit nie.
    o Banale alledaagse gesprekke word vermeng met literêre taal, dubbele
        betekenisse, clichés, sleng en herhalings saam met poëtiese taal.
    o 'n Herhalende dialoogstyl word gebruik om die sikliese aard van die lewe te
        beklemtoon.

Temas wat algemeen in Teater van die Absurde-toneeltekste voorkom, ontbloot:
• Die ervaring van tydelikheid en verganklikheid (tyd)
• Die gevoel van die tragiese gesukkel om van mens se eie self bewus te word in
   die genadelose proses van vernuwing en vernietiging wat met verloop van tyd
   plaasvind (tyd)
• Die moeilike kommunikasie tussen mense (taal)
• Die nimmereindigende soeke na realiteit in 'n wêreld waarin alles onseker is en die
   grense tussen drome en wakker wees heeltyd skuif
• Die tragiese aard van alle liefdesverhoudings en die selfmisleiding van vriendskap
• Die mens se angs voor totale betekenisloosheid en totale vormloosheid van die
   heelal en al die gebeure waaruit dit bestaan
• Die mens is alleen, verlore in 'n wêreld waarin God hom verlaat het
• Wetenskap en rede is net illusies, die natuur het wraak geneem

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        9                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                 NSS – Memorandum

POSTMODERNISME
• Dit is nie 'n genre wat op 'n sekere tydstip begin het nie.
• Dit is 'n beweging wat in die middel-1980's ontstaan het.
• Ontwikkel uit die Absurdis-oogpunt.
• Verwerp die sekerheid van die Moderne Era.
• Bevat geen groot narratief/vertelling of enkele waarheid vanwaar die wêreld beskou
  kan word nie.
• Verwerp die idee dat daar 'n dominante stel oortuigings of 'n netjiese oplossing is.
• 'Vernietig' die 'waarheid'.
• Verwelkom veelvuldige oogpunte, perspektiewe, realiteite.
• Sluit kuns, teater, argitektuur, musiek, films, letterkunde, mode, TV en ander vorms
  van uitdrukking in.
• Leen uit 'n reeks verskillende style.
• Verwerp die idee van 'hoë kuns' en 'lae kuns'.
• Verwelkom avant-garde-(toekomsgerigte denke/aktivistiese) eksperimentele teater.
• Skryf nie 'n 'suiwerheid' in kuns voor nie.
• Is sterk teen hoë kuns gekant ('Trashes high art').
• Het nie vaste manier om kuns te skep nie.
• Beweeg in die rigting van 'n meer subjektiewe opinie.
• Meen dat kultuur aan almal behoort.
• Dekonstrueer ('n manier om idees uitmekaar te haal en weer op 'n nuwe,
  ontwrigte/verdeelde en deurmekaar manier aanmekaar te sit) idees, beelde en
  konstrukte/konsepte.
• Weerspreek idees, beelde en konstrukte/konsepte.
• Skryf nie 'n betekenis, standpunt of perspektief voor nie.
• Meen dat elke individuele kyker sy/haar eie unieke betekenis skep.
• Die mal en chaotiese leefwyse in 'n populêre kultuur word uitgebeeld en gevier.
• Geniet nonsens-kuns, -idees, -konstrukte/-konsepte en -teorieë.
• Sien ironie en humor.
• Beklemtoon HOE dinge gesien word, eerder as WAT gesien word.
• Gebruik pastiche:
  o Tegniek in visuele kuns waar verskillende beelde, mediavorms ens. saamgeflans
       word om een stuk te vorm
  o Verwysings en lae verskillende tekste en beelde
• Metateater/-teks:
  o Herinner kykers daaraan dat hulle in die teater is
  o Bevat karakters wat uit karakter kan tree en met die gehoor kommunikeer
  o Dit is die kunswerk wat oor homself besin
• Stories/Verhale is:
  o Nielineêr in hulle konstruksie
  o Refleksief
  o Op die periferie, selfs onbelangrik
  o Teorieë of idees
  o Gebroke
  o Oorvleuel met baie standpunte en teenstrydige/botsende stemme
• Opvoerings is:
  o Die hooffokus
  o Die hoofproses
  o Nie in 'n teks vasgelê nie, omdat dit uit beelde, klanke en multimedia bestaan
  o Het geen skuldige party nie – niemand is skuldig nie

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        10                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                  NSS – Memorandum

•   Repetisieprosesse is:
    o Geïmproviseer
    o Verander
    o Hersien
    o Op datum gebring
    o Omskep deur herhaalde optrede
•   Die gehoor:
    o Is baie belangrik
    o Speel 'n rol
    o Word dikwels by die dialoog betrek
•   Toneeltekste:
    o Het nie 'n duidelike begin, middel of einde nie
    o Maak die teks net die beginpunt
    o Het onbeantwoorde vrae
•   Tekste (visueel, gehoor, die menslike liggaam, ens.)
    o Kyk na temas of teatertegnieke/-middele
    o Laat die toneelstuk se einde oop
    o Verwelkom die idee dat die gehoor hul eie betekenis skep
    o Vra meer vrae as wat beantwoord word
    o Bevat visuele beelde en nie-gesproke aksies/handelinge
    o Dekonstrueer 'n waarheid en aanvaar nie net een realiteit nie
    o Gebruik tyd, ruimte en struktuur om die struktuur van die gedekonstrueerde of
        gefragmenteerde storie of intrige te eggo
    o Het nie noodwendig werklike mense nie
    o Karakters en mense is bloot 'n voorstelling van gefragmenteerde idees
    o Begin dikwels op 'n realistiese punt, maar ontrafel en die aksie word onwerklik
        soos wat die toneelstuk ontwikkel

Ken punte soos volg toe:
• 'n Totaal van 6 punte as elk van die vier vereiste kolpunte in uitstekende detail
  bespreek is: (6 x 4 = 24)
• 'n Totaal van 2 punte vir 'n uitstekende opstelstruktuur (Inleiding, liggaam van inhoud
  en gevolgtrekking)
• 'n Totaal van 2 punte vir uitstekende beredeneringsdiepte, gemotiveerde stellings en
  praksering van die argument
• 'n Totaal van 2 punte vir relevante verwysings na aanhalings uit die toneelteks
  Finale totaal vir uitstekende opstel: 24 + 2 +2 + 2 = 30 punte

                                                              TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         11                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                   NSS – Memorandum

AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994

VRAAG 2:      WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
              BARNEY SIMON

Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord.

2.1      Die pingpongbal-neuse verteenwoordig:
         • Die wit polisiemanne gedurende apartheid
         • Baas Kom
         • Eerste Minister
         • Enige wit karakter

         Aanvaar enige EEN van die bogenoemde.                                                (2)

2.2.1    Satire bespot/ondermyn/maak na/skeer gek (met) ernstige sosiopolitieke
         kwessies/figure terwyl bewustheid in die samelewing bevorder word.                   (2)

2.2.2    Die kandidaat kan na enige twee tonele in die toneelstuk verwys.
         Woza Albert! het twee akteurs wat verskillende karakters in apartheid Suid-
         Afrika vertolk. Die akteurs speel twee rasse: wit en swart. Die volgende is
         voorbeelde:
         • In die openingstoneel: Percy het 'n pingpongbal-neus wat 'n wit polisieman
             gedurende apartheid verteenwoordig. Hy vra Mbongeni, wat 'n swart
             musikant vertolk, vir sy werkspermit. Die toneel beklemtoon hoe
             polisiemanne gedurende apartheid op werkspermitte by swart werkers
             aangedring het om na te gaan of hulle in die regte gebied werk, soos in
             hulle permitte gestel. Dit was 'n beheermeganisme/maatreël wat deur die
             apartheidsregering gebruik is.
         • Die karakter Baas Kom het 'n pingpongbal-neus. Baas Kom mishandel sy
             werkers deur hulle te min te betaal, en hulle te veel te laat werk. Hy laat
             hulle in swak toestande werk en laat hulle teen mekaar draai, soos gesien
             in die karakters Bobejaan en Zuluboy by Coronation Brickyard.

         Aanvaar enige ander geldige en relevante voorbeelde in tonele deur die
         kandidaat.                                                      (3 x 2)              (6)

2.3      Die akteurs maak staat op hulle stemme om klankeffekte te skep.
         Die volgende is voorbeelde:
         • Sireneklanke word geskep om die indruk van die aankoms van 'n wit
            polisieman te skep, wat lei tot 'n gespanne atmosfeer want dit het
            gewoonlik moeilikheid vir die swart gemeenskap/mense beteken.
         • Die klank van motors wat in Albertstraat verby die twee swart mans ry wat
            meeding om indiensneming deur die mense wat verby hulle ry.

         Aanvaar ander geldige en relevante voorbeelde deur die kandidaat.                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         12                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                   NSS – Memorandum

2.4      •   Die akteurs fokus op dieselfde vaste, denkbeeldige punt.
         •   Hulle oë is wawyd oop en hulle het 'n verbaasde uitdrukking op hulle
             gesigte.
         •   Hulle ooglyne is op dieselfde vlak en hulle oogposisies fokus in 'n
             dieselfde rigting.

         Aanvaar ander geldige en relevante idees.                                           (2)

2.5      •   'n Akteur sal fisies fiks moet wees aangesien daar baie beweging en
             fisiese aksie is.
         •   Soepel want die akteurs moet in verskillende karakters verander, beide
             fisies en vokaal en hulle liggame as rekwisiete gebruik.
         •   Gebruik verskillende aksente om verskillende karakters te vertolk/uit te
             beeld, bv. Auntie Dudu wat saggeaard is en Zuluboy wat arrogant is en
             Baas Kom wat wit is.
         •   Beheer hulle asemhaling as gevolg van die vinnige bewegings, sang en
             dans.
         •   Mimiek word vereis om denkbeeldige voorwerpe en mense te skep.
         •   Om goed te fokus, konsentreer en visualiseer.
         Aanvaar enige geldige en relevante antwoorde deur kandidaat.
         Aanvaar:
         • 3 goed gemotiveerde punte of
         • 6 kort punte                                                                      (6)

2.6      Aanvaar enige geldige en relevante oefening wat met fokus en konsentrasie
         verband hou.                                                                        (2)

2.7      'n Subjektiewe antwoord word vereis solank 'n kandidaat sy/haar antwoord
         ondersteun met verwysing na die teks en 'n geldige motivering.                      (4)

2.8      Gebruik die punte en rubriek om jou nasienwerk te lei:
         •   Woza Albert! beeld die onderdrukking van swart mense deur die
             apartheidsregering uit.
         •   Een van die onderdrukkingsinstrumente was die pasboek.
         •   Geen swart man kon enige werk doen as hy nie 'n pasboek gehad het nie.
         •   Hulle moes in lang rye in Albertstraat vir hulle dokumente wag.
         •   Dit was 'n ontmenslikende en vernederende ervaring vir die mans.
         •   Bv. die toneel waar hulle Morena ontmoet het en hy voorgestel het dat
             hulle hul pasboeke moes weggooi.
         •   Die werkstoestande by die Coronation Brickyard was skokkend.
         •   Werkers kon enige tyd afgedank word.
         •   Hulle het lang ure gewerk en minimale lone gekry.
         •   Salarisse is nooit verhoog nie.
         •   Die harde werk was vir die wit mense, hulle base.
         •   Die wit mense het in weelde gelewe in groot huise.
         •   Swart mense het in sardientjieblik-huisies gebou met sinkplaat, ou hout,
             kartondose en plastiek gebly.
         •   Armoede was 'n daaglikse werklikheid.
         •   Bv. Aunty Dudu wat afvalmateriaal/oorskiet in die asblikke soek.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            13                                DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                      NSS – Memorandum

         BESKRYWER         PUNT                              DIE KANDIDAAT
                                  •   Toon uitstekende begrip van die lewe en maatskaplike situasie
                                      in die toneelstuk , bv. swak onderwys (vleisverkopertoneel),
                                      armoede, honger en haweloosheid (Aunty Dudu en ou man).
                                  •   Kan 'n goed geïntegreerde bespreking oor die sosiopolitieke
                                      konteks van die apartheidstydperk neerskryf.
           Uitstekend      11–12 •    Is in staat om die kwessies en lewenswyse volledig te
                                      bespreek.
                                  •   Toon insig en kan hom-/haarself op 'n gedetailleerde wyse
                                      uitdruk.
                                  •   Verskaf spesifieke voorbeelde uit die toneelteks.
                                  •   Beantwoord alle aspekte van die vraag.
                                  •   Toon 'n goeie begrip van die lewe en sosiale situasie in die
                                      toneelstuk , bv. swak onderwys (vleisverkopertoneel) armoede,
                                      honger en haweloosheid (Aunty Dudu en ou man).
            Baie goed      9–10
                                  •   Kan die sosiopolitieke konteks van die apartheidstydperk
                                      bespreek.
                                  •   Is in staat om hom-/haarself duidelik uit te druk.
                                  •   Toon begrip van die vraag maar sy/haar antwoord het 'n
              Goed         7–8        gebrek aan detail.
                                  •   Bespreek van die aspekte van die vraag.
                                  •   Toon bietjie begrip van die vraag maar sy/haar antwoord het 'n
                                      gebrek aan detail.
           Gemiddeld       5–6
                                  •   Is dikwels vaag en veralgemeen.
                                  •   Gebrek aan aanleg en verskaf basiese antwoord.
                                  •   Toon min of geen begrip van vraag nie.
            Elementêr      3–4    •   Kan onverskillig, deurmekaar of simplisties wees.
                                  •   Skryf baie min.
                                  •   Toon min of geen kennis van die vraag nie.
          Nie behaal nie   0–2
                                  •   Bied irrelevante inligting aan.                                  (12)
                                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          14                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                    NSS – Memorandum

VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY

3.1      Mingus:
         • Hy dra net die beste.
         • Dra slegs klere met die gewilde handelsmerke van daardie tyd
            (Florsheims, Winthrops, Bostonians, Saxone en Manfield, Arrow-hemde,
            pakke van Simpsons, Hector Powe, Robert Hall, Dobbs, Woodrow,
            Borsalino-hoede).
         • Trek aan soos die Amerikaanse rampokkers van die 50's wat in flieks
            gewild was.
         • Sal duur klere aantrek en so sy status as leier van 'n bende vertoon.
            Indien daardie spesifieke handelsmerke nie beskikbaar was nie, kan
            huidige handelsmerke soos Gucci, Pierre Cardin, Dolce and Gabana,
            Armani, Hugo Boss, Armani, ens. gebruik word as geld beskikbaar is.

        Aanvaar kandidaat se antwoord as dit die dra van goue kettings en ringe
        insluit.

         Princess:
         • Dra 'n kostuum wat die feit dat sy Mingus se meisie is, weerspieël.
         • Is modieus en dra duur klere wat Mingus aan haar gee.
         • Sy dra duur juweliersware wat deur Mingus verskaf word.
         • Haar kostuum kan ook gewilde handelsmerke insluit.

         Sien holisties na en aanvaar ander geldige, relevante en gemotiveerde
         modekeuses.                                                                           (4)

3.2      •   Mingus is die leier van die Americans, 'n baie gewilde bende in die 1950's
             in Sophiatown.
         •   Hy is charismaties, luidrugtig, kordaat, parmantig, aggressief en aantreklik
             vir baie vroue wat die status en mag wat hy in die gemeenskap het,
             geniet.
         •   As 'n bendeleier kan hy vroue baie materiële dinge gee waaraan hulle
             'n tekort het, soos klere, juweliersware en parfuum.
         •   Mingus glo dat hy verlief is en vra Jakes om namens hom vir Princess
             'n liefdesbrief te skryf.
         •   Princess, as sy meisie, word deur baie van die vroue beny omdat sy het
             wat hulle wil hê.
         •   Haar naam sinspeel ook op iemand koninklik. Sy is trots, hoogmoedig
             en arrogant.
         •   Sy voel sy is 'onaanraakbaar' in Sophiatown want sy is 'n bendeleier
             se meisie.
         •   Sy spog hieroor en gebruik dit tot haar voordeel.
         •   Beide wil graag soos hulle rolmodelle, Clark Gable en Marilyn Monroe in
             die Amerikaanse flieks, wees.

         Sien holisties na en aanvaar ander geldige en relevante goed gemotiveerde
         antwoorde.                                                                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         15                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                   NSS – Memorandum

3.3      •   Die werklikheid van hulle verhouding is dat Mingus 'n dief, moordenaar en
             rampokker is.
         •   Hy moet heeltyd op sy hoede wees omdat die polisie hom dalk kan vang.
         •   Hy is onbeskof, arrogant en aggressief en behandel Princess soos een
             van sy besittings.
         •   Hy voel dat hy haar besit omdat hy vir haar duur geskenke koop en haar
             uit die agterbuurte gered uit.
         •   Hy is uiters beherend en beledigend teenoor Princess.
         •   Princess is arm en het geen ander keuse as om sy beledigings te aanvaar
             nie, want sy wil uit die krotbuurt wegkom.

         Sien holisties na en aanvaar ander geldige, relevante en gemotiveerde
         modekeuses.                                                                         (3)

3.4      Mingus:
         • Is 'n rampokker en dit word in sy windmakerige stappie weerspieël.
         • Sy houding kan regop wees of hy kan 'n sekere arrogansie en
            hooghartigheid vertoon.
         • Sy bewegings kan kordaat en oordrewe wees.
         • Hy kan dreigende gebare maak, soos om onbeskof met sy vinger te wys
            of sy hande in die lug te gooi.
         • Sy gesigsuitdrukkings kan geligte wenkbroue en gesperde neusvleuels
            insluit om sy woede ens. te wys.
         Princess:
         • Princess kan pronkerig rondstap met haar neus in die lug.
         • Haar houding kan haar verhewendheid en 'beter as ander'-houding
            weerspieël.
         • Sy het dalk 'n grinnik op haar gesig, veral as Ruth in die rondte is.
         • Haar gebare: Haar hande kan op haar heupe wees.
         • Haar arms kan gevou wees asof sy nie omgee wat ander dink of sê nie.

         Sien holisties na en aanvaar ander geldige, relevante en goed gemotiveerde
         antwoorde.                                                                          (6)

3.5     Dekorstel:
        • Klein, bekrompe lewensruimte in Mamariti se sjebeen verteenwoordiging
           dat hulle met baie min moes klaarkom.
        • 'n Klein leefarea vir elke karakter.
        • Afskortings om elke karakter se ruimte te verteenwoordig.
        • Klein lessenaar vir Jakes.
        • Rusbank en kanttafeltjie vir Mamariti om haar drankie op te sit.
        • Klein ruimte vir Lulu om haar huiswerk te doen.
        Rekwisiete:
        • Tikmasjien vir Jakes.
        • Boeke oral in die ruimte om Lulu se studeerruimte aan te dui.
        • Tekens en slagspreuke om die omgewing aan te dui.
        • Bad vir Ruth

         Sien holisties na en aanvaar ander geldige, relevante en goed gemotiveerde
         antwoorde.                                                                          (6)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        16                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                  NSS – Memorandum

3.6      Subjektiewe antwoord vereis. Aanvaar enige geskikte slagspreuk.
         Die volgende is 'n paar voorbeelde:
         • 'Hell No We Won't Go!'; 'I Stay You Go!'; 'Hierdie Land is My Land!';
            'You Have a Problem, You Go!'; 'Hands Off Sophiatown!'; 'Haretsamayi!';
            'Hamba'; 'Suka Wena!'; 'Voetsek'

        Aanvaar ander geldige en gepaste slagspreuke wat die temas van die
        toneelteks vasvang.                                                                 (1)

3.7      Die slagspreuke kan:
         • As deel van die agtergrond of dekorstel gebruik word. Dit sal die gehoor
            bewus maak van die boodskap van die toneelstuk .
         • Die stemming en atmosfeer skep, veral in die laaste toneel wanneer
            elkeen van die karakters oor hulle ervaring om met geweld uit hulle huise
            verwyder te word, praat.
         • Tot die spanning en onsekerheid van die toneel bydra.
         • Die stemming vasvang, die mense se weerstand teen die gedwonge
            verplasings en dit versterk die wanhoop en lyding wat deur die mense van
            Sophiatown verduur is.

         Aanvaar TWEE goed gemotiveerde punte of VIER punte wat kortliks
         verduidelik is.
         Aanvaar ander redelike idees.                                                      (4)

3.8      Die volgende is slegs 'n voorbeeld:
         • Kandidaat kan besin oor die pyn en lyding wat deur die diskriminasie en
            onderdrukking van apartheid veroorsaak is.
         • Dit is relevant vir hedendaagse gehore omdat dit hulle leer oor die verlede
            sodat hulle na die toekoms kan aanbeweeg.
         • Dit leer hulle om nie die foute van die verlede, soos sistematiese
            diskriminasie gebaseer op velkleur, te herhaal nie.
         • Die temas van armoede, misdaad, rampokkery wat deur die mense van
            Sophiatown moes trotseer is vandag nog relevant en gehore sal hierdie
            kwessies goed ken.
         • Gedwonge verplasings vind nog steeds plaas, mense het egter opsies en
            keuses.
         • Menseregtegroepe en prokureurs maak deesdae werk van onregverdige
            praktyke en behandeling deur die regering en gewetenlose gebou-
            eienaars/verhuurders, anders as in die 1950's toe mense geen keuse
            gehad het nie.
         • Gehore sal bewus gemaak word van die feit dat ten spyte van die streng
            apartheidswette mense van kleur in harmonie saamgewoon het en dat
            kreatiwiteit geblom het.
         • Aangesien Sophiatown 'n onvervreembare voorstad was, het sjebeens en
            dansplekke gefloreer. Die lewe hier was lewendig en opwindend.
         • Die bekendstelling van jazz, die grammofoon en radio in Sophiatown het
            'n positiewe invloed gehad omdat dit daartoe gelei het dat plaaslike
            groepe soos The Manhattan Brothers, The Jazz Maniacs en The Gay
            Gaieties gestig is.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             17                                 DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                       NSS – Memorandum

         •    Dit was in hierdie kultuur dat Dolly Rathebe en Miriam Makeba gewild
              geword het. Afrika-kunstenaars het inheemse musiek met Amerikaanse
              musikale elemente gemeng om 'n nuwe straatmusiek, genoem die kwêla,
              te vorm.
         •    Dit was 'n baie kreatiewe tyd in ons geskiedenis en baie beroemde
              musikante het in die 1950's in Sophiatown begin optree.
         •    Dit was ook lewendig en kleurvol.
         •    Dit was gekoppel aan 'n florerende tydperk van kreatiewe skryfwerk
              (Drum-tydskrif), musiek, politiek en intellektuele aktiwiteit.
         •    Daar was 'n lewendige kultuur van partytjies en musiek, Amerikaanse jazz
              en die geboorte van kwêla, aande by die Odin- of Balansky-bioskope.

        Kandidaat kan ook sy/haar standpunt dat die toneelstuk nie vandag relevant is
        nie, bespreek. Dit moet egter goed gemotiveerd en met voorbeelde uit die
        toneelteks ondersteun wees. Gebruik die volgende rubriek om jou nasienwerk
        te lei.

         BESKRYWER         PUNT                               DIE KANDIDAAT
                                   •   Het 'n uitstekende begrip van die geskiedenis van die toneelstuk
                                       en hoe dit verband hou met, en deur die temas en boodskappe
                                       weerspieël word.
                                   •   Gee uitstekende beredenering en verduidelik maniere waarop
                                       die toneelstuk die sosiopolitieke konteks van die plek vasvang.
             Uitstekend    11–12
                                   •   Skryf 'n goed geïntegreerde antwoord met beredenering en
                                       inligting oor die toneelstuk en die plek.
                                   •   Kan sy/haar antwoord ondersteun, koppel die sosiopolitieke
                                       omgewing van die toneelstuk met gebruik van betekenisvolle
                                       voorbeelde uit die toneelstuk.
                                   •   Het 'n baie goeie begrip van die geskiedenis van die toneelstuk
                                       en die temas en boodskappe.
                                   •   Verskaf beredenering en verduidelik sommige maniere waarop
             Baie goed     9–10        die toneelstuk die sosiopolitieke konteks van die plek vasvang.
                                   •   Skryf 'n redelik goed geïntegreerde antwoord.
                                   •   Kan sy/haar antwoord ondersteun met voorbeelde uit die
                                       toneelstuk .
                                   •   Het 'n mate van begrip van die geskiedenis van die toneelstuk
                                       en, alhoewel effens gebrekkig, toon 'n mate van begrip van die
               Goed         7–8        sosiopolitieke konteks, temas en boodskappe.
                                   •   Verwys in geringe mate na die toneelstuk, maar dit motiveer nie
                                       sy/haar antwoord duidelik nie.
                                   •   Het 'n basiese begrip van die toneelstuk, maar kan dit nie
                                       motiveer of koppel aan temas en boodskappe en historiese
             Gemiddeld      5–6        agtergrond nie.
                                   •   Neig om breë stellings te maak, baie wat nie duidelik met die
                                       vraag verband hou nie.
                                   •   Het min of geen begrip van die toneelstuk of die temas en
                                       boodskappe of die historiese agtergrond nie.
             Elementêr      3–4
                                   •   Kan onakkurate stellings oor die toneelstuk maak.
                                   •   Gee min of geen redes vir stellings gemaak nie.
                                   •   Het geen begrip van die toneelstuk of die temas en
          Nie behaal nie    0–2        boodskappe nie.
                                   •   Maak irrelevante onsamehangende stellings.                         (12)
                                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          18                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                    NSS – Memorandum

VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS

4.1      Die regisseur se benadering en standpunt is die basis van hierdie antwoord.
         • Verskuiwings in denke en gevoelens word eerlik weergegee deur die
            akteurs se aksies en reaksies op mekaar.
         • Die toneel is realistiese en moet die illusie van 'n werklike gesprek
            uitbeeld.
         • Die regisseur moet die akteur se begrip van die denke en gevoelens wat
            die karakter se verhouding op hierdie tydstip van die toneelstuk uitbeeld,
            fasiliteer (vergemaklik) en geloofwaardige reaksies uit die akteur kry.
         • Die akteur moet 'in die oomblik' leef en vokale en fisiese reaksies kan
            daarom van een opvoering tot die volgende verskil, maar sal altyd
            realistiese en eg/waar bly.
         • Stanislavski se metode kan by hierdie antwoord ingesluit word.
         • Die kandidaat se keuses moet egter deur 'n konteks gemotiveer wees.

         Sien holisties na. Aanvaar 'n geldige antwoord wat vokale en fisiese
         spel/opvoerings en die regieprosesse wat die basis van die opvoering is, met
         Realisme verbind om Tiemie se toenemende wanhoop te vertolk.                          (6)

4.2      •   Tiemie het finaal besluit dat sy nie die soort lewe wil hê waarvoor sy
             klaarblyklik bestem is nie: om in die suburbs vasgevang te wees, swanger
             en met 'n man wat haar slaan.
         •   Sy is so vasbeslote en desperaat om uit die suburbs te kom dat sy nie
             meer deur Jakes geïntimideerd voel nie.

         Aanvaar enige antwoord wat verwys na Tiemie se desperaatheid of haar
         verwagtinge en drome en hoeveel dit vir haar beteken.                                 (2)

4.3      •   Tiemie wil na 'n vooraanstaande area of voorstad trek en wil nie bly in die
             laerklas-voorstad waar sy tans woon nie.

         Aanvaar 'n ander relevante antwoord wat verduidelik waarom Tiemie na die
         'dandies' toe wil gaan.                                                               (2)

4.4      •   Hierdie uittreksel ontmasker Giel uiteindelik as 'n ruggraatlose huigelaar
             wat mense vir sy eie gewin gebruik.
         •   Deur die hele toneelstuk probeer hy Ma en die ander karakters oortuig dat
             hy haar liefhet en dat hy nie net by haar bly vir finansiële sekuriteit nie.
             Maar in hierdie toneel, nadat hy geld op die perde gewen het, verlaat
             hy Ma.
         •   Selfs toe Jakes Ma, Tiemie en Tjokkie se lewens in gevaar stel, doen Giel
             niks om hulle te beskerm nie.

         Krediteer enige TWEE goed gemotiveerde stellings.                                     (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         19                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                   NSS – Memorandum

4.5       Ma:
          • Is verarm.
          • Kom finansieel net-net deur en dit word deur haar omgewing en die area
            waarin hulle bly, weerspieël.
          • Het baie hartseer deurgemaak met geen ondersteuning van haar
            afwesige man nie.
          • Dra verslete en uitgewaste klere.
          • Maak 'n halfhartige poging om te probeer om respektabel te lyk om Giel
            se aandag te behou.
          • Weerspieël die stereotipiese verarmde voorstedelike leefstyl met 'n doek
            om die kop en pantoffels wat in die huis gedra word.
          • Dra een of ander rok wat haar vroulikheid wegsteek.
          • Op 'n stadium loop sy met een of ander skreeubont japon rond.

          Tiemie:
          • Woon in dieselfde huis en voorstad as Ma.
          • Trek baie jonger en meer stylvol aan.
          • Beeld iemand uit wat ambisieus is en desperaat is om uit die suburbs weg
             te kom.
          • Trek meer formeel as Ma aan.
          • Probeer haar bes om met tweedehandse klere gesofistikeerd te lyk, sodat
             sy raakgesien sal word en uit die suburbs kan weg te kom.
          • Dra 'n moderne rokkie met dun bandjies wat die feit dat sy jonk en
             aanloklik is, beklemtoon.

          Sien holisties na. Krediteer enige idees wat kennis van die karakters
          weerspieël.                                                                          (6)

4.6      •   Prosceniumboog/Afgeskorte of geslote stel
         •   Die genre van die toneelstuk is Realisme.                                         (2)

4.7      Die toneelstuk is realisties, probeer daarom om 'n redelik akkurate
         voorstelling van die stel/verhoogskikking te kry.
         • Die toneelstuk speel af in die agterplaas van die huis in die suburbs.
         • Die karakters kuier op die stoep terwyl Tjokkie aan sy kar werk.
         • Die omgewing wat op die verhoog uitgebeeld word, moet arm/armoedig
            wees.
         • Die meubels op die stoep moet kitsch wees en verwering en ouderdom
            toon.
         • Dit is belangrik dat die agterdeur (ingang) van die huis sigbaar moet wees
            omdat dit sentraal tot die aksie van die toneelstuk is.
         • Die buitekant van die huis kan verwaarlosing toon.
         • Tjokkie se kar en meganiese toerusting kan sentraal op die verhoog wees
            omdat dit is waar baie van die aksie plaasvind.
         • Die stel kan bestaan uit 'n asblik wat oorloop, 'n heining wat herstel moet
            word en 'n verskeidenheid skrotmetaal wat rondlê.

         Sien holisties na. Krediteer insigryke idees wat die teks ondersteun.                 (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Dramatic Arts Feb March 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-march-2016-memo-eng/4e9686ab-850b-4f2f-aa45-31f31244b9b3) — Dramatic Arts · Memo · 2016 · Eng
- [Dramatic Arts Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-march-2016-afr/ccbc661d-8b87-4b95-b699-619f629f702b) — Dramatic Arts · QP · 2016 · Afr
- [Dramatic Arts Feb March 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-march-2016-eng/74d0b437-06c3-48b6-87f0-2c8b6dd4ca0a) — Dramatic Arts · QP · 2016 · Eng
- [Gr12 DRMA S16 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-drma-s16-memo-eng/45752ade-279b-4da5-abe0-ce082036ca48) — Dramatic Arts · Memo · 2016 · Eng
- [Gr12 DRMA S16 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-drma-s16-memo-afr/9d1a86d8-a5da-40e1-bd24-6f81f1c85203) — Dramatic Arts · Memo · 2016 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2016-memo-eng/285055aa-f40b-450c-b506-5af0360dc8bb) — Dramatic Arts · Memo · 2016 · Eng

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-afr/b4a67589-411d-46bb-b333-65beeafd2138) — QP · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-afr/ee64452f-d716-4e2c-a4c0-eb6f240cdecb) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-eng/d7900b57-db36-4c03-9c8b-4da9102aed06) — QP · 2024 · Eng
- [Dramatic Arts May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/196a7629-8432-4e24-976d-ba79e198fc93) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/635df938-d2f8-4677-9753-430aa4581d96) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
