# Dramatic Arts Grade 12 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Dramatic Arts question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-march-2018-afr/3149f0f8-b44e-40f2-932a-c1060c5bb9ad
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-march-2018-afr/3149f0f8-b44e-40f2-932a-c1060c5bb9ad)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                              DRAMATIESE KUNSTE

                            FEBRUARIE/MAART 2018

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         2                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                         NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
        AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings                                    (30)
        AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994                              (40)
        AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994 – Kontemporêr                  (40)
        AFDELING D: Teatergeskiedenis, Praktiese Begrippe, Inhoud en
                       Vaardighede                                                 (40)
2.      AFDELING A
        VRAAG 1 is VERPLIGTEND.
        Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke
        20ste-eeuse Teaterbeweging.
        EPIESE TEATER
         Caucasian Chalk Circle         Bertolt Brecht
         Kaukasiese Krytsirkel          Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
         Mother Courage                 Bertolt Brecht
         Moeder Courage                 Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
         The Good Person of Szechwan    Bertolt Brecht
         Kanna Hy Kô Hystoe             Adam Small
        OF
        TEATER VAN DIE ABSURDE
         Waiting for Godot              Samuel Beckett
         Afspraak met Godot             Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks
         Bagasie                        André P Brink
         The Bald Primadonna            Eugene Ionesco
         Die Kaalkop Primadonna         Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks
        OF
        POSTMODERNE TEATER
         Skrapnel                       Willem Anker
         Top Girls                      Carol Churchill
         Popcorn                        Ben Elton
         Buried Child                   Sam Shepard
3.      AFDELING B
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
        hierdie afdeling.
        VRAAG 2: Woza Albert!            Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en
                                         Barney Simon OF
        VRAAG 3: Sophiatown              Junction Avenue Teater Company OF
        VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis
4.      AFDELING C
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
        hierdie afdeling.
        VRAAG 5: Nothing but die Truth   John Kani OF
        VRAAG 6: Groundswell             Ian Bruce OF
        VRAAG 7: Mis                     Reza de Wet
5.      AFDELING D
        Hierdie afdeling is VERPLIGTEND. Beantwoord VRAAG 8 en 9.
        VRAAG 8: Teatergeskiedenis, Praktiese begrippe, Inhoud en Vaardighede
        VRAAG 9: Teatergeskiedenis, Praktiese begrippe, Inhoud en Vaardighede
Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             3                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS

Hierdie afdeling is VERPLIGTEND.

VRAAG 1

Bestudeer BRON A hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

BRON A

                       20STE EEUSE TEATERVORDERING

    EPIESE TEATER                                                   POSTMODERNISME
                                                                        GEDEKONSTRUEER
  EPISODIESE STRUKTUUR

                                    TEATER VAN DIE
                                       ABSURDE
                                     SIKLIESE STRUKTUUR

     'Kom ons dink aan
        vordering.'                                                 'Bllpppgmememememehlj
                                                                    sdlkfjfals;;;dJJJKLKKKll0f'

                                       'Is ons besig om
                                           te vorder?'

Evalueer hoe die diagram van enige EEN van die 20ste-eeuse Teaterbewegings
in BRON A die onderwerpmateriaal, sosiopolitieke konteks en intrigestruktuur van die
toneelteks wat jy bestudeer het, weerspieël. Skep 'n oorspronklike argument, in die
vorm van 'n evaluerende opstel, wat na die vraag, die diagram wat jy gekies het,
die toneelteks wat jy bestudeer het en die geassosieerde teaterbeweging (Teater van
die Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater) verwys.

Skryf die titel van die toneelteks wat jy bestudeer het, boaan jou opstel neer.

                                                                TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          4                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                          NSS

AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994

Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.

VRAAG 2:      WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
              BARNEY SIMON

Bestudeer BRON B hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON B

BWW-resensie: Sal die werklike Woza Albert! asseblief opstaan?
7 Oktober 2016

Ek het ongeveer tien jaar gelede 'n produksie van Woza Albert! gesien wat vooraf
opgeneemde musiek gevoeg het by 'n voorlesing van Mbongeni Ngema, Percy Mtwa
en Barney Simon's se anti-apartheidstoneelstuk wat alreeds oninspirerend was.
Die musiek het nie daardie produksie verbeter (standaard verhoog) of die teks
duideliker gemaak (verklaar) nie.                                                5

Woza Albert! het meer as drie dekades na sy première (opening) steeds baie te sê oor
die huidige sosiopolitieke en ekonomiese situasie in Suid-Afrika. Daardie probleme
sluit armoede, toegang tot onderwys, onmenslike werksomstandighede,
rasgebaseerde uitsluiting van deelname aan ekonomiese stelsels en uitermatig
strawwe tronkomgewings in, maar dit is beslis nie daartoe beperk nie: toe Woza Albert! 10
geskep is, is geen teiken ontsien wanneer dit by die onthulling van ongeregtighede van
apartheid gekom het nie. Wat Morena, Jesus Christus, sou doen as 'n tweede
wederkoms in die apartheidsera in Suid-Afrika sou plaasvind, word tot 'n aangrypende
afsluiting gebring wanneer Morena helde van die stryd ('struggle heroes') Albert
Luthuli, Robert Sobukwe, Lillian Ngoyi, Steve Biko, Bram Fischer, Ruth First, Griffith 15
Mxenge en Hector Pieterson uit die dood laat opstaan. Hierdie toneel het tot vandag
toe die mag om solidariteit (eenheid) en aksie te inspireer.

                                                                    Deur David Fick

2.1      Identifiseer die 'Albert' waarna in die titel verwys word en noem wat hy
         verteenwoordig.                                                                     (2)

2.2      Verduidelik, met voorbeelde, hoe Mbongeni Ngema en Percy Mtwa die
         musiek in die oorspronklike produksie van Woza Albert! deur hulle gebruik
         van vokale en fisiese vaardighede geskep het.                                       (4)

2.3      Analiseer waarom die gebruik van 'vooraf opgeneemde musiek' (reël 1–2) die
         impak van 'n produksie van Woza Albert! kan verander.                               (3)

2.4      Motiveer waarom die toneelstuk, Woza Albert!, steeds 'meer as drie dekades
         na sy première' 'n sukses kan wees (reël 6).                                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                              5                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

2.5      Jy is vir die regie van 'n toneel in Woza Albert! verantwoordelik. Die genre wat
         jy moet gebruik is verskillend van Arm/Gestroopte Teater.

         2.5.1        Noem die genre wat jy sal gebruik om jou toneel te regisseer (spel
                      te lei).                                                                   (1)

         2.5.2        Beskryf die toneel wat jy gekies het.                                      (2)

         2.5.3        Verduidelik hoe jy die toneel kan opvoer (ensceneer) om die
                      kenmerke van die genre wat jy in VRAAG 2.5.2 gekies het,
                      te weerspieël.                                                             (6)

2.6      Analiseer waarom die finale toneel van Woza Albert! 'n 'aangrypende
         afsluiting' (reël 13–14) vir die toneelstuk is en die vermoë het om 'solidariteit       (6)
         (eenheid) en aksie te inspireer' (reël 17).

2.7      Evalueer of die 'sosiopolitieke en ekonomiese situasie' (reël 7) wat in Woza
         Albert! uitgebeeld word, steeds vandag op Suid-Afrika van toepassing is.

         Jou evaluering moet DRIE spesifieke voorbeelde uit die toneelteks en TWEE
         voorbeelde van aktuele (huidige) gebeurtenisse insluit.                                 (12)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                               6                                 DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY

Bestudeer BRON C hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON C

                             UITTREKSEL UIT SOPHIATOWN

                 (The company storms onto stage, singing 'Koloi e'. Each character
                 emerges and shouts his or her protest over the music.)

                 Koloi e, ha ena marili (x2)
                 Ha e tsamaya, ya nyahyatha
                 Ha e tsamaya, e etsa 'Chips' (x2)                                                  5

                 This car, this car
                 Has no wheels (x2)
                 When it moves, it moves quietly
                 When it moves,

MINGUS:          It dances 'Chips' (x2)                                                             10

FAHFEE:          Strijdom, Strijdom, watch out! Watch out, Strijdom!

CHARLIE:         Hey, hey, hey, hey, hey! Die kar van ons – it's going right over you!

PRINCESS: Ja Strijdom. Ons dak nie, ons pola hier. Gee pad, gee pad, gee pad!
          Hey Boere, watch out! This car it's got no wheels! Gee pad, gee pad!

3.1      Verwys na BRON C.

         3.1.1        Beskryf die stemming wat deur die liedjie geskep word en ook
                      die uitwerking wat dit op die gehoor kan hê.                                      (2)

         3.1.2        Motiveer wat die kar in die liedjie kan simboliseer.                              (4)

         3.1.3        Verduidelik die doel van die           liedjie   as    'n    teatertegniek
                      (teatermiddel) in hierdie toneel.                                                 (2)

         3.1.4        Stel voor waarom die skeppers van Sophiatown verkies het om
                      'n verskeidenheid tale in die toneelstuk te gebruik.                              (4)

         3.1.5        Motiveer hoe jy BRON C sou opvoer om die boodskap van hierdie
                      toneel oor te dra.                                                                (6)

         3.1.6        Bespreek die vokale en fisiese vaardighede wat van die akteurs
                      vereis word om hierdie toneel effektief te vertolk.                               (6)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            7                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

BRON D

Die hoofkonflik in Sophiatown is dié van die individu teen die magte van die
samelewing. Die reëls of wette van die samelewing voorkom dat die karakters hulle eie
doelwitte bereik. In Sophiatown is die samelewingsmag die apartheidsregering wat
rassesegregasie afgedwing het. Dit is ook die onderliggende oorsaak van die
verskillende voorvalle van interpersoonlike konflik in die toneelstuk en die interne 5
konflik in elke karakter.

                                                           [Bron: Sophiatown, 2015-uitgawe]

3.2      Verwys na BRON D.

         3.2.1        Verduidelik enige TWEE van die 'wette van die samelewing' wat
                      voorkom het dat die karakters in Sophiatown 'hulle eie doelwitte
                      bereik' (reël 2–3).                                                        (4)

         3.2.2        Evalueer hoe die baie konflikte tussen die karakters die stemming
                      en boodskappe van Sophiatown weerspieël.

                      Motiveer jou antwoord deur na die volgende te verwys:

                         Interpersoonlike konflik (konflik tussen karakters)
                         Interne konflik (konflik in 'n karakter)
                         Besluite deur die karakters gemaak en die optrede, gedrag en
                          gevolge wat daaruit voortspruit                                        (12)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           8                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS

VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS

Bestudeer BRON E hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON E

           DRAMATURG SE SPELLEIDING VIR DIE VERHOOGPLASING
                         VAN DIE TONEELSTUK

Dis Vrydagaand en somer en nog lig in die suidelike voorstede van Johannesburg.
Ons kyk na die agterplaas van Ma se semi en sien:

Verhoog links: Agter, tot byna middelvoor, die enkelgarage met verweerde houtdeure
waarop die verf jare gelede groen was. Op die garage se plat stukkie, gewel, krom en
haastig met groen verf geskryf: DO NOT PARK IN FRONT OF THIS GATE.                   5

Met rooi verf het iemand later meer dringend beveel, maar sy letterspasie verkeerd
bereken en toe hoe verder hoe kleiner moes skryf: AT YOUR OWN RISK.

Verwys na BRON E en verbeel jou dat jy die regisseur van 'n nuwe produksie van
Siener in die Suburbs is. Die media voer 'n onderhoud met jou voor die openingsaand
van die toneelstuk. Hulle vra jou die volgende vrae:

4.1      Noem die verhoogplasing (tyd EN plek) van die toneelstuk.                             (2)

4.2      Noem die tipe dramatiese struktuur wat deur die dramaturg van Siener in die
         Suburbs gebruik word.                                                                 (1)

4.3      Stel voor hoe die tydsverloop van die aksie 'n weerspieëling van die
         realistiese aard van die toneelstuk is.                                               (2)

4.4      Gee 'n kort karakterskets van Ma wat by die programnotas van die toneelstuk
         ingesluit sal word.                                                                   (3)

4.5      Beskryf, met redes, die keuse van die kostuum wat jy gekies het vir die akteur
         wat die rol van Ma in jou produksie vertolk.                                          (4)

4.6      Noem en beskryf die vokale en fisiese vaardighede wat van 'n akteur vereis
         sal word om die rol van Ma effektief te vertolk.                                      (6)

4.7      Bespreek die betekenis van die 'enkelgarage' (reël 3) vir die aksie in die
         toneelstuk.                                                                           (6)

4.8      Stel voor wat moontlik die dramatiese waarde daarvan kon wees om
         'AT YOUR OWN RISK' (reël 7), met rooi geverf, by die dekorstel van die
         toneelstuk in te sluit.                                                               (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                              9                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

BRON F

       'N RESENSIE VAN SIENER IN DIE SUBURBS OP GOODREADS.COM

PG du Plessis se toneelstuk is geprys (geloof) toe dit die eerste keer opgevoer en
gepubliseer is. Die karakters, konflik en dialoog behou na 40 jaar steeds trefkrag – in
die hande van 'n uitstekende rolverdeling sal dit steeds 'n gehoor betower.

                      [Bron: http://www.goodreads.com/book/show/1231642.Siener_in_die_suburbs]

4.9      Verwys na BRON F.

         'Die karakters, konflik en dialoog behou na 40 jaar steeds trefkrag' (reël 2).

         Evalueer die geldigheid (waarheid) van die stelling hierbo. Jy moet na die
         volgende in jou bespreking verwys:

             Karakters
             Konflik
             Dialoog
             Relevansie vir hedendaagse samelewing                                                 (12)
                                                                                                    [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:               40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            10                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994 – KONTEMPORÊR

Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.

VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI

Bestudeer BRON G hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON G

                     UITTREKSEL UIT NOTHING BUT THE TRUTH

               SIPHO enters the kitchen unnoticed …

MANDISA:       Come with me to London. We will go together to the London Fashion
               Week. My father always said he wished you could come to London.

THANDO:        I am so excited, and confused at the same time. What about Mpho?

MANDISA:       It's only for three weeks Thando! One week in Johannesburg and two 5
               weeks in London. That can't change his mind about you, if he really
               loves you.

THANDO:        I know that. Mpho is not the problem. I am not sure that my father would
               agree.

MANDISA:       To Hell with jou father! It's your life! If Mpho doesn't mind, why do you 10
               care about your father? Tell him you are going away with me to London
               for two weeks. It's not like you are going forever! Even if you were,
               it would still be jou decision.

SIPHO:         Well spoken, Mandisa! Like father, like daughter!

MANDISA:       Oh, not again! I think I should buy you squeaky shoes.                      15

THANDO:        Look Daddy, it's not like that! I would never go without your permission
               and blessing!

MANDISA:       Blessing yes, permission no. It is up to you, Thando, if you want to go
               with me. You are old enough to make decisions for yourself.

5.1      Beskryf hoe die akteur wat Sipho vertolk die kombuis ongesiens kan
         binnegaan (reël 1).                                                                   (2)

5.2      Verduidelik hoe Sipho se binnekoms tot die dramatiese spanning van hierdie
         toneel kan bydra.                                                                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             11                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

5.3      Verwys na Thando se woorde in reël 4.

         5.3.1        Stel voor waarom Thando terselfdertyd so opgewonde en verward
                      was.                                                                      (2)

         5.3.2        Analiseer hoe die akteur wat Thando vertolk deur haar vokale en
                      fisiese vaardighede kan weerspieël dat sy terselfdertyd opgewonde
                      en verward is.                                                            (4)

         5.3.3        Motiveer waarom Mpho se mening vir Thando so belangrik is.                (3)

5.4      Bespreek die redes vir die konflik tussen Mandisa en Sipho.                            (4)

5.5      Verwys na Sipho se stelling in reël 14.

         5.5.1        Verduidelik waarom Sipho hierdie stelling maak deur na TWEE
                      voorbeelde in die toneelstuk te verwys oor waarom hy so voel.             (6)

         5.5.2        Beskryf die stemtoon wat die akteur wat Sipho vertolk, kan gebruik
                      om sy gevoelens in hierdie toneel duidelik te maak.                       (2)

5.6      In die konteks van die toneelstuk as 'n geheel, verduidelik waarom die gehoor
         reël 15 humoristies kan vind.                                                          (4)

5.7      Realistiese drama is die regte lewe wat op die verhoog uitgebeeld word.

         Evalueer hoe Nothing But The Truth 'die werklikheid is ('real life') wat op die
         verhoog uitgebeeld word'.

         In jou bespreking verwys na die volgende:

             Taal
             Karakters
             Verhoogplasing                                                                    (10)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           12                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS

VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE

Bestudeer BRON H en I hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON H

Ok, now go!
Hamba!
                                      Thank you!
                                                              I'm warning
                                                              you, I'll …

                A                          B                                  C

                         DIE ROLVERDELING VAN GROUNDSWELL

6.1      Identifiseer die genre van die toneelstuk Groundswell.                                  (1)

6.2      Benoem die karakters wat A, B en C in BRON H gemerk is. Skryf slegs die
         letter en die name langs die vraagnommer (6.2) neer.                                    (3)

6.3      Verduidelik hoe elke akteur in BRON H se kostuum sy karakter en situasie
         weerspieël.                                                                             (6)

6.4      Motiveer hoe elke akteur se postuur (houding) en dialoog geskik is vir die
         karakter wat hy speel (BRON H).                                                         (6)

6.5      Die karakters in Groundswell is komplekse individue wat deur hulle
         persoonlike begeertes en drome aangevuur word. Dit is waarom spanning
         tussen die karakters bestaan.

         Bespreek hierdie stelling deur te verwys na hoe die karakters tot die
         dramatiese spanning in Groundswell bydra.                                               (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                              13                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

BRON I

                          'Die toneelstuk is geslagsbevooroordeeld!'

      'Slegs seuns sal dit geniet om hierdie toneelstuk te bestudeer en na te kyk!'

                                                                          [Bron: @teater4UsAll]

6.6      Nadat jy na 'n onlangse produksie van Groundswell gekyk het, moet jy op die
         aantygings en kritiek van die twiet in BRON I reageer om die universele aard
         van die toneelstuk te verdedig.

         6.6.1        Argumenteer    teen     die      stelling:   'Die     toneelstuk       is
                      geslagsbevooroordeeld!'                                                        (4)

         6.6.2        Lewer kommentaar op die persoonlike vooroordeel van die twiet
                      om te wys hoe ons deur sosiale media beïnvloed kan word.                       (4)

         6.6.3        Evalueer waarom almal sal baat vind by die bestudering en kyk
                      van hierdie toneelstuk.

                      In jou bespreking verwys na die volgende:

                          Karakters
                          Temas van hoort en identiteit                                             (10)
                                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                 14                                DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                 NSS

VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET

Bestudeer BRON J hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON J

                 'N ADVERTENSIE VIR 'N 2010-PRODUKSIE VAN MIS

                                           Mis
                                    deur Reza de Wet
                            Aangebied deur die Old Mill Theatre

Dit is 31 Augustus. Die wind huil om die hoeke van 'n verwaarloosde klein huisie.
Die klank van sirkusmusiek is van ver af hoorbaar. Drie vroue om die kombuistafel,
elkeen probeer om haar eie vrese tot bedaring te bring. Sal 'n meisie in haar spierwit
aannemingsrok weer hierdie jaar, soos vorige jare, vermis raak? Die vroue is angstig –
maar glo dat die dominee/pastoor en ouderlinge, wat die hele aand bid, die bose sal 5
afweer. Daar is skielik 'n klop aan die deur. Dit is 'n onbekende, blinde konstabel wat
beweer dat hy gekom het om 'n ogie oor hulle te hou … Sal die konstabel hulle teen
die gevare van die nag kan beskerm?

Akteurs:   Esther von Waltsleben, Jan-Hendrik Opperman, Stephanie Hough en
           Vicky Stemmet                                                   10
Regisseur: Gaerin Hauptfleisch

                                           [Bron: http://argief.litnet.co.za/article.php?news_id=87848]

Jou Dramatiese Kunste-onderwyser gee jou die advertensie hierbo om as inspirasie te
gebruik wanneer jy jou eie produksie van Mis by jou skool regisseer.

7.1      Verduidelik die belangrikheid van die volgende in die toneelstuk:

         7.1.1        '31 Augustus' (reël 1)                                                               (1)

         7.1.2        'Die wind huil' (reël 1)                                                             (1)

         7.1.3        'sirkusmusiek' (reël 2)                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             15                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

7.2      Stel die simboliese betekenis van Reza de Wet se keuse van kleur vir die
         'aannemingsrok' (reël 4) voor.                                                            (2)

7.3      Analiseer hoe die advertensie 'n geheimsinnige (misterieuse) stemming skep.
         (BRON J)                                                                                  (4)

7.4      Evalueer of jy dink die insluiting van die prentjie, wat in die advertensie vir die
         toneelstuk gebruik is, gepas is. (BRON J)                                                 (4)

7.5      Beskryf die tipe verhoog wat jy vir jou eie produksie van Mis sou kies. Verwys
         na die GENRE asook TEGNIESE oorwegings met betrekking tot die
         toneelstuk.                                                                               (6)

7.6      Noem enige TWEE rekwisiete wat jy by die toneelstuk wil insluit om die temas
         van die toneelstuk duidelik te maak. Motiveer waarom jy die rekwisiete
         genoem, wil insluit.                                                                      (4)

7.7      Die advertensie verwys na die 'blinde konstabel' (reël 6). (BRON J)

         Verduidelik die belangrikheid van blindheid as 'n motief (beeld) in die
         toneelstuk as 'n geheel.                                                                  (6)

7.8      Skryf aan jou skoolhoof om te motiveer waarom Mis 'n uitstekende toneelstuk
         is om by jou skool op te voer.

         Sluit die volgende by jou bespreking in:

             Kennis van Dramatiese Kunste-vaardighede
             Analise van die toneelteks (genre, karakters, temas en relevansie)
             Begroting en verhoogplasing                                                          (10)
                                                                                                   [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:               40

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           16                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS

AFDELING D:          TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE BEGRIPPE, INHOUD EN
                     VAARDIGHEDE

Hierdie afdeling is VERPLIGTEND. Beantwoord VRAAG 8 en 9.

VRAAG 8

Bestudeer BRON K hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON K

                                                                                         A

                                                                                         B

8.1      Identifiseer die dele van die verhoog wat A en B gemerk is.                         (2)

8.2      Gee TWEE moontlike teatergebruike vir die lere in BRON K.                           (4)

8.3      Bespreek hoe die verhoogplasing in BRON K enige EEN 20ste-eeuse
         teaterbeweging (-isme) wat jy hierdie jaar bestudeer het, kan weerspieël.           (4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           17                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS

BRON L

             Akteurs

             Toeskouers

In Kordian, 'n produksie deur Jerzy Grotowski, was die verhoogomgewing 'n
psigiatriese afdeling en die gehoor het, saam met die held, pasiënte geword.
Die handeling/aksie het op en om die hospitaalbeddens plaasgevind, waar lede van
die gehoor op sommige beddens gesit het.

8.4      Beskryf Grotowski se gebruik van ruimte in Kordian in BRON L.                        (4)

8.5      Identifiseer en verduidelik enige TWEE van Grotowski se toneelspelbeginsels.         (6)

8.6      Analiseer die verhoogplasingsuitdagings waarvoor Grotowski moontlik te
         staan gekom het toe hierdie produksie opgevoer is.                                   (4)

8.7      Verduidelik die invloed wat hierdie tipe teaterproduksie moontlik op lede van
         die gehoor gehad het wat die toneelstuk gekyk het.

         Verwys na die volgende:

              Verhoogplasing
              Plek/Omgewing waar die toneelstuk afspeel                                      (4)
                                                                                              [28]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           18                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS

VRAAG 9

Bestudeer die bron hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON M

Een van die doelwitte van die Nasionale Kurrikulum is om …

menseregte, inklusiwiteit, omgewings- en sosiale geregtigheid te bevorder.

Pas jou kennis van dramatiese prosesse, beginsels en vaardighede toe en bespreek
hoe Dramatiese Kunste die doelwitte van die Nasionale Kurrikulum in BRON M
bevorder.

Verwys na die volgende:

   Toneeltekste wat jy bestudeer het en lesse geleer
   Opvoerings wat jy gesien het en hulle invloed
   Produksies waaraan jy deelgeneem het en hoe jy ontwikkel het                            [12]

                                                              TOTAAL AFDELING D:            40
                                                                  GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Dramatic Arts Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-march-2018-eng/07484a5d-ce38-4ef9-acde-cd5d471f6496) — Dramatic Arts · QP · 2018 · Eng
- [Dramatic Arts Feb March 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-march-2018-memo-afr/30389c6a-51a4-470e-90bf-9645acdefdce) — Dramatic Arts · Memo · 2018 · Afr
- [Dramatic Arts Feb March 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-march-2018-memo-eng/a91eb9f9-4abf-46de-bc39-2d4f88b11351) — Dramatic Arts · Memo · 2018 · Eng
- [DRAMATIC ARTS GR12 QP SEPT2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-gr12-qp-sept2018-afr-d/4c7d2735-cef9-4315-8f0f-bf321b354a6a) — Dramatic Arts · QP · 2018 · Afr
- [DRAMATIC ARTS GR12 QP SEPT2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-gr12-qp-sept2018-eng-d/cd957439-6149-4044-b624-84f0da21a6a4) — Dramatic Arts · QP · 2018 · Eng
- [DRAMATIC ARTS GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-gr12-qp-sept2018-afrikaans/cc9ad4f2-271e-4d40-b2bb-6d874aab4c1a) — Dramatic Arts · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-mg-eng/1ca47d26-a583-48d4-b7e6-350802a91a45) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/0c5cf551-3515-4f88-aed5-2e27892a9058) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/e81f2ce2-7475-4158-a9c0-2ee9e0139852) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/295292ad-642f-4171-ae1e-c2dd59f80f5a) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-english/75e178c5-f96e-43f8-8078-84ce1d3d0082) — Memo · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
