# Dramatic Arts Grade 12 Dramatic Arts 2021 Guideline (Afr)

> Grade 12 Dramatic Arts exam guideline from the Dramatic Arts 2021 (Afrikaans), 36 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/ce1f5aa7-d3d0-4328-b2bd-b5f510a15476
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Exam guideline
- Year: 2021
- Exam period: Dramatic Arts
- Curriculum: CAPS
- Pages: 36

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 Dramatic Arts 2021 Guideline (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/ce1f5aa7-d3d0-4328-b2bd-b5f510a15476)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · Dramatic Arts · 2021. Exam guideline, 36 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        DRAMATIESE KUNSTE

                           EKSAMENRIGLYNE

                                    GRAAD 12
                                         2021

                      Hierdie riglyndokument bestaan uit 36 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                               2                                        DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

                                            INHOUD
1. INLEIDING                                                                                          3
   DOELWITTE                                                                                          3

2. VAKINHOUD                                                                                          4
   2.1   Kurrikulum- en Assesseringsbeleidverklaring                                                  4
   2.2   Kurrikulumkomponent van die KABV                                                             4
   2.3   Assesseringskomponent van die KABV                                                           4
   2.4   Toneeltekste – Voorgestel en Voorgeskryf                                                     4
   2.5   Handboek                                                                                     4

3. ASSESSERING                                                                                        5
   3.1  Assesseringdoelwitte                                                                          5
   3.2  Formele Jaarlikse Assesseringsprogram vir Graad 10, 11 en 12                                  5
   3.3  Onderrig, Leer en Assesseringsgewig van Inhoudsdekking wat in Graad 10, 11 en 12              7
        Behandel is
   3.4  Verduideliking van Kognisie                                                                7
   3.5  Inhoud wat Betrekking het op Vorige Grade                                                  8
   3.6  Gewig van Kognitiewe Prosesvlakke en Kennisvlakke                                         10
   3.7  Uitdagingsgrade                                                                           10
   3.8  Vereistes en Gewig van die Komponente van die Jaarlikse Assesseringsprogram               10

4. SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING                                                                    11
   Skoolgebaseerde Assessering – Oorsig                                                           11

5   PRAKTIESE EKSAMEN                                                                             11
    5.1   Praktiese Eksamen: Voldoen aan Streng Eksamenomstandighede                              11
    5.2   Praktiese Eksamen: Opsies                                                               11
    5.3   Praktiese Assesseringstake as Boublokke vir die Praktiese Eksamen                       11
    5.4   Temaprogram: Proses en Formaat vir Standaardisering                                     12
    5.5   Temaprogram: Onderrig en Bou van Gestandaardiseerde Vaardighede – Rubriek               14
    5.6   Oudisieprogram: Proses en Formaat – Standaardisering                                    16
    5.7   Oudisie-/Temaprogram: Finale Nasionale Eksterne Praktiese Eksamen – Rubriek             17
    5.8   Tegniese Teaterprogram: Proses en Formaat – Standaardisering                            20
    5.9   Tegniese Teaterprogram: Onderrig en Bou van Vaardighede – Standaardisering:             22
          Ontwerp – Rubriek
    5.10  Tegniese Teaterprogram: Onderrig en Bou van Vaardighede – Standaardisering:             24
          Regie/Teatervervaardiging – Rubriek
    5.11  Tegniese Teaterprogram. Onderrig en Bou van Vaardighede – Standaardisering:             26
          Filmproduksie – Rubriek
    5.12  Tegniese Teaterprogram: Onderrig en Bou van Vaardighede – Standaardisering:             28
          Verhoogbestuur – Rubriek
    5.13  Vereistes vir Dag van Praktiese-/Opvoeringseksamen: Vereiste vir Nasionale              30
          Standaardisering in die Nege Provinsies

6. GESKREWE EKSAMEN                                                                               31
   6.1  Geskrewe Eksamen – Oorsig                                                                 31
   6.2  Geskrewe Eksamen – Formaat                                                                31
   6.3  Bykomende Onderwerpe uit die Graad 10 en 11-kurrikulum wat in Graad 12 Geëksamineer       32
        kan word
   6.4  Geskrewe Eksamen – Assesseringsmatriks en Vakraamwerkinstrument: Oorsig                   33
   6.5  Geskrewe Eksamen – Assesseringsmatriks en Vakraamwerkinstrument: Ontwerp en Doel          34
   6.6  Geskrewe Eksamen – Assesseringsmatriks en Vakraamwerkinstrument: Voorbeeld                35

7. SLOT                                                                                           36

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                              3                                       DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

INLEIDING

Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Dramatiese Kunste beskryf die aard
en doel van die vak Dramatiese Kunste. Dit gee leiding aan die filosofie wat die basis is van die
onderrig en assessering van die vak in graad 12.

Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:

    Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale
     Seniorsertifikaat (NSS) -eksamen in Dramatiese Kunste geassesseer gaan word.
    Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doelmatig vir die eksamens voor te berei.

Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamens. Dit behandel op geen
vlak die Skoolgebaseerde Assessering (SBA), Praktiese Assesseringstake (PAT'e) of finale
eksterne praktiese eksamens, wat in 'n aparte PAT-dokument verduidelik word en elke jaar
opgedateer word, nie.

Hierdie Eksamenriglyne moet gelees word saam met:

    Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring
     (KABV): Dramatiese Kunste
    Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die
     Nasionale Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale
     Kwalifikasieraamwerk (NKR) rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R–12)
    Nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasionale
     Kurrikulumstelling, Graad R–12

DOELWITTE

Dramatiesekunste-leerders beoog om:

    Die menslike instrument (liggaam/stem/denke/emosies) as 'n medium van uitdrukking,
     kommunikasie en kreatiwiteit te ontwikkel
    Met dramavaardighede, tegnieke en prosesse te eksperimenteer en om dramatiese
     elemente betekenisvol in beide individuele en in andere te vorm
    Skep en bied dramatiese produkte in 'n reeks vorme (liries, narratief, dramaties) en style
     (realisties, verhewe) aan, individueel sowel as in samewerking met ander
    Beginsels en elemente van drama in tekste en opvoerings binne konteks van Suid-Afrika en
     die wêreld, te verstaan, te analiseer en te interpreteer
    Te besin oor hul eie en ander se dramatiese prosesse, praktyke en produkte en om dit te
     evalueer
    Insig te ontwikkel oor hoe die dramatiese kunste waardes, kulture en identiteite bekragtig,
     uitdaag en vier
    Betrokke te raak by hedendaagse kwessies deur middel van Dramatiese Kunste

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                               4                                        DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

2.     VAKINHOUD

2.1    Kurrikulum-en-Assesseringsbeleidsverklaring (KABV)
Onderwysers moet ten alle tye deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Departement van Basiese
Onderwys se Kurrikulum-en-Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir die vak Dramatiese Kunste
gelei word.

2.2    Kurrikulumkomponent van die KABV
Die breë onderwerpe en onderwerpe vervat in hierdie dokument verseker dat die relevante en
toepaslike onderrig en leer van die vak se konsepte, inhoud, vaardighede, kennis, waardes,
ingesteldhede, tegnieke, beginsels en bevoegdhede deur die onderwyser onderrig en
geëksamineer sal word en deur die leerders getoon word soos dit deur toegepaste vaardigheid
deur die leerders bereik is.

2.3    Assesseringskomponent van die KABV:
Die volgende vier assesseringskomponente word gebruik om die KABV breë onderwerpe en
onderwerpe te assesseer/eksamineer:
2.3.1 Skoolgebaseerde Assessering (SGA): Eksamens
2.3.2 Skoolgebaseerde Assessering (SBA): Praktiese Assesseringstake (PAT'e)
2.3.3 Praktiese Eksamen: Vraestel 2
2.3.4 Geskrewe/Teoretiese Eksamen: Vraestel 1

2.4 Dramatekste.
 Voorgestel (graad 10 en 11)
 Voorgeskryf (Graad 1

Die dramatekste, soos vereis deur die KABV-onderwerpe, sal deur 'n Nasionale Kurrikulum-
taakspan, bestaande uit die DBO se provinsiale verteenwoordiger op die Nasionale Vakkomitee,
DBO-eksaminators, DBO-moderators, provinsiale vakadviseurs, en spesialis-onderwysers gekies
word.

Al nege provinsies sal op hierdie taakspan verteenwoordig word. Vir graad 10 en 11 mag
onderwysers hulle voorkeurtoneeltekstitels kies. Die toneelteks moet egter aan die volgende
voldoen. Tekste moet:
 Gepubliseer wees
 Beskikbaar wees om te koop
 Met die KABV in lyn wee ten opsigte van:
    o     Onderwerpe se inhoud, konsepte, ens.
    o     Onderwerp-genre of dramatiese beweging
    o     Graad se ingangs- en uitgangsvlakke
Dramatekste mag onder geen omstandighede gefotokopieer word nie. Dit is onwettig en
skole/onderwysers kan vervolg word Skoolhoofde moet seker maak dat daar 'n Dramateks-
begrotingstoekenning by die jaarlikse norme en standaarde ingesluit is wat by die distrik ingelewer
word.

2.4    Handboek
Sien die Departement van Basiese Onderwys se Katalogus vir Handboeke/Catalogue for
Textbooks. Onderwysers moet ten alle tye onderrig, leer en assessering hierdie handboeke
baseer.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                               5                                          DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

3.      ASSESSERING

3.1    Assesseringsdoelwitte
Assessering moet beide informeel (assessering vir leer) en formeel (assessering van leer) te
wees. In beide gevalle moet daar deurlopend aan leerders terugvoering gegee word om
verbetering van hulle leer van die KABV-onderwerpe en die kriteria (vaardighede, kennis,
tegnieke en inhoud) te verseker.
Assessering moet:
 Die onderwyser in staat stel om betroubare waarnemings en oordeel ten opsigte van 'n
    leerder se vordering te maak
 Leerders inlig oor hulle sterk en swak punte, areas vir verbetering en vordering
 Onderwysers, ouers en ander belanghebbendes help om besluite rondom die leerproses en
    vordering van leerders te neem

Die assesseringstake wat 'n formele assesseringsprogram vir die jaar behels, word beskou as
formele assessering. Take word nagesien en formeel deur die onderwyser aangeteken vir die
doel van bevordering en sertifisering. Alle formele assesseringstake is onderwerp aan moderering
met die doel van gehalteversekering en om te verseker dat gepaste standaarde gehandhaaf word.

3.2     Formele Jaarlikse Assesseringsprogram vir Graad 10, 11 en 12

           FORMELE JAARLIKSE ASSESSERINGSPROGRAM GRAAD 10 EN 11

                                      FORMELE
                                INTERNE ASSESSERING
                            SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING
                                   Gedurende die jaar

      KWARTAAL 1            KWARTAAL 2                KWARTAAL 3               KWARTAAL 4
Taak 1:                 Taak 2:                   Taak 5:                   Taak 6:
Praktiese Assesserings- Praktiese Assesserings-   Praktiese Assesserings-   Finale Eindeksamen
taak PAT                taak PAT                  taak PAT                   Praktiese eksamen
                                                                                             (150)
 Geskrewe Afdeling      Geskrewe Afdeling         Geskrewe Afdeling
                   (25)                       (25)                     (25)
 Praktiese Afdeling     Praktiese Afdeling        Praktiese Afdeling
                  (25)                        (25)                     (25)
                        Taak 3:                                             Taak 7:
                        Halfjaar-kontroletoets                              Finale Eindeksamen
                         Praktiese Eksamen                                  Geskrewe Eksamen
                                            (100)                                             (150)
                        Taak 4:
                        Halfjaar-kontroletoets
                         Geskrewe Eksamen
                                            (100)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                               6                                                DBE/2021
                                                          Eksamenriglyne

          FORMELE JAARLIKSE ASSESSERINGSPROGRAM GRAAD 12
                      FORMELE                       FORMELE FINALE
               INTERNE ASSESSERING                     NASIONALE
           SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING                 EKSTERNE
                  Gedurende die jaar                    EKSAMEN
                  (25% van die NSS)                 Jaareindeksamen
   KWARTAAL1     KWARTAAL 2          KWARTAAL 3       KWARTAAL 4
Taak 1:              Taak 2:                                  Taak 3:
Praktiese            Praktiese                                Praktiese Assesseringstaak
Assesseringstaak PAT Assesseringstaak PAT                     PAT

 Geskrewe Afdeling            Geskrewe Afdeling              Geskrewe Afdeling           (25)
                 (25)                           (25)           Praktiese Afdeling           (25)
 Praktiese Afdeling           Praktiese Afdeling
               (25)                            (25)
                                                              Taak 4:
                                                              Voorbereidende eksamen
                                                               Geskrewe eksamen (150) Vraestel 1
                                                                                        Geskrewe vraestel
                                                              Taak 5:                                  (150)
                                                              Voorbereidende eksamen
                                                               Praktiese Eksamen (150)

                                                                    FORMELE FINALE
                                                                  NASIONALE EKSTERNE
                                                                       EKSAMEN
                                                                    Jaareindeksamen
                                                                       Vraestel 2

                                                                 Praktiese Eksamen (150)

Vak: DRAMATIESE KUNSTE (Graad 10 en 11)
Jaarlikse Assesseringsprogram vir SGA (Praktiese Take, Toetse en Finale Einde-van-die-
Jaar-eksamen)
          KWARTAAL 1                           KWARTAAL 2                      KWARTAAL 3                KWARTAAL 4
Taak-             1                 2                3              4                 5                  6             7
nom-
mer
Taak-     PAT 1               PAT 2             Middel-van-   Middel-van-   PAT 3                   Einde-van-   Einde-van-
naam       Geskrewe           Geskrewe        die-jaar      die-Jaar       Geskrewe Afdeling     jaar         Jaar
          Afdeling (25)        Afdeling (25)     Geskrewe    Praktiese     (25)                    Geskrewe     Praktiese
          Joernaal             Opstel of        Afdeling       2x          Opstel of Navorsing     Eksamen      Eksamen
           Praktiese          Navorsing        (Kontrole-    Individuele    Praktiese Afdeling                  3x
          Afdeling (25)        Praktiese       toets)        Items +       (25)                                 Individuele
          Dramatiese Item 1    Afdeling (25)                   Een         Dramatiese Item                      Items +
                              Dramatiese                      skakel                                              Twee
                              Item 2                                                                             skakels
Punte-      25 + 25 = 50       25 + 25 = 50         100            100           25 + 25 = 50           150           150
toeken-
ning
Vas
Gewig          13,3%             13,3%             10%             10%              13,3%               20%          20%
van
elke
Taak

Finale Gewigswaarde van SGA, PAT en Finale Eksamen vir Aantekening op die
Vakpuntestaat/SASAMS
                                Finale Einde-van-Jaar-eksamen FINALE SGA =
   PAT = 30%       SGA = 30%
                                            = 40%                 100%

Kopiereg voorbehou                                                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                           7                                               DBE/2021
                                                      Eksamenriglyne

Vak: DRAMATIESE KUNSTE (Graad 12)
Jaarlikse Assesseringsprogram vir SGA (Praktiese Assesseringstaketake, Toetse EN
Finale Voorbereidende-eksamen)

                    KWARTAAL 1           KWARTAAL 2                                KWARTAAL 3
Taaknommer                 1                      2                       3                4                   5
Taaknaam           PAT 1                 PAT 2                   PAT 3             Voorbereidende     Voorbereidende
                   Geskrewe              Geskrewe               Geskrewe        Geskrewe           Praktiese Eksamen
                     Afdeling (25)         Afdeling (25)           Afdeling (25)   Eksamen            3 x individuele
                     Joernaal              Opstel of               Opstel of                            Items +
                   Praktiese              Navorsing               Navorsing                          Twee skakels
                     Afdeling (25)        Praktiese              Praktiese
                     Dramatiese            Afdeling (25)           Afdeling (25)
                     Item 1                Dramatiese              Dramatiese
                                           Item 2                  Item 3
Puntetoekenning       25 + 25 = 50          25 + 25 = 50            25 + 25 = 50          100                100
Vas
Gewig vir Elke            20%                    20%                     20%             20%                 20%
Taak vir die
Interne SGA uit
100%
Gewig Herlei na           10%                    10%                     10%             10%                 10%
50% vir die NSS
Totaal

Finale gewigstoekenning van SBA, PAT en Finale Eksamen vir Aantekening op die Vak-
puntestaat/SASAMS

PAT/SGA + Finale Voorbereidende eksamen: 50% +Finale DBO Nasionale Eksamen:
50% =100%
vir die Finale Nasionale Senior Sertifikaat

LET WEL:          Daar sal in 2021 GEEN halfjaareksamen of kontroletoetse vir graad 12 wees nie.
                  Die DBO sal alle provinsiale departemente in kennis stel as daar enige verandering
                  ten opsigte van die besluit is.

3.3     Onderrig-, Leer- en Assesseringsgewigswaarde van Inhoudsdekking in Graad 10,
        11 en 12
      BREË ONDERWERPE              Tydtoekenning: 4 uur/week, asook naskoolse praktiese
                                   oefening
1     Persoonlike                                20% = 30 minute tot 1 uur per week
      Hulpbronontwikkeling
2     Toneelspel en Aanbieding              30% = 1 tot 1,5 uur per week + 1 uur repetisietyd/week buite
                                            klastyd
Onderwerp 1 en 2 is in wese prakties van aard en moet ongeveer 2 uur-kontaktyd in beslag te neem, met ten
minste 1 ekstra uur, bestaande uit repetisietyd of privaat oefentyd wat weekliks na klastyd plaasvind.
Hierdie onderwerpe moet, waar moontlik, geïntegreer te word, sodat leerders vaardighede ontwikkel wat hulle
onmiddellik in die praktiese opvoering kan toepas.
3    Opvoeringstekste in Konteks            40% = 1,5 tot 2 uur per week
4    Teater-en/of Filmproduksie             10% = Modulêr
Onderwerp 3 en 4 is in wese teoreties, alhoewel dit deur praktiese leerervaring ontdek en verstaan kan word.
Hierdie onderwerpe moet, waar moontlik, geïntegreer te word, sodat leerders verstaan hoe praktiese aspekte
van produksie op opvoeringstekste aangewend word. Ongeveer 2 uur-kontaktyd word aan hierdie
onderwerpe toegestaan.

3.4     Inhoud wat Betrekking het op Vorige Grade
Eksamens kan inhoud uit vorige grade bevat wat 'n impak het op, of vordering na inhoud in die
graad 12-kurrikulum gestipuleer, kan reflekteer. Dit is besonder relevant in Persoonlike Hulpbron-
ontwikkeling en Toneelspel en Aanbieding aangesien hierdie breë onderwerpe ontwikkelingsgerig
is en inhoud, konsepte, vaardighede en tegnieke deurlopend oor drie jaar ontwikkel, toegepas en
getoon word. Dit is ook van toepassing op onderwerp 3 waar graad 12-tekste 'n historiese inhoud
wat in vroeëre grade gedek is, reflekteer.

Kopiereg voorbehou                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                   8                                         DBE/2021
                                              Eksamenriglyne

3.5    Verduideliking van Kognisie
In Dramatiese Kunste is daar twee sleuteltaksonomieë wat gebruik word om konsepte, inhoud,
vaardighede, tegnieke, ens. te meet. Dit is:
1. Bloom se taksonomie
2. Dave se taksonomie

3.5.1 Bloom se Taksonomie (Anderson en Krathwohl) 2000
Die oorspronklike Bloom se taksonomie is meer as 50 jaar oud. Die verfynde Bloom se
taksonomie word sedert 2000 gebruik. Die verskil in die opgedateerde weergawe is in die nuttige
en uitvoerige byvoegings van hoe die taksonomie met die volgende kruis:
(a)     Kognitiewe prosesvlak: Onthou, Begryp, Analiseer, Toepas, Evalueer, Skep
(b)     Kompleksiteit van denkprosesse: Kennisvlak: Feitelik, Konseptueel, Prosedureel,
        Metakognitief

KRUISING:                       KOGNITIEWE PROSESVLAKKE (kognitiewe kompleksiteit)
 KENNIS-             ONTHOU        BEGRIP    TOEPAS-   ANALISE-       EVALU-      SKEPPING
 VLAK/                                         SING      RINGA        ERING
 DENKPROSES-
 SE
 (Moeilikheids-
 vlakke)
 FEITELIK            Maak 'n        Som op         Klassifi-      Orde       Orde           Kombineer
                      Lys                            seer
 KONSEP-             Beskryf      Interpreteer     Eksperi-    Verduidelik   Asses-           Beplan
 TUEEL                                             menteer                   sering
 PROSEDU-            Tabuleer      Voorspel        Bereken     Onderskei      Aflei          Saamstel
 REEL
 META-               Gepaste        Uitvoer         Kon-         Bereik      Aksie         Aktualiseer
 KOGNITIEF           gebruik                       strueer

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                              9                                        DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

Bogenoemde is 'n illustrasie van kognitiewe prosesse met die denkprosesse/kennisvlakke.
Met gebruik van 'n eenvoudige kruisruitnet of tabel soos hierbo, word aktiwiteite en doelstellings
gepas by die soorte kennis en die kognitiewe prosesse soos vereis deur 'n vraag. Onderwysers
gebruik dit om te bepaal watter kognitiewe vlakke hulle van die leerders vereis, asook watter
kennisvlakke.

3.5.2   Dave se Taksonomie (Ravindra H. Dave) (1970)

Psigomotoriese vaardighede kan gedefinieer word as daardie vaardighede en vermoëns wat 'n
fisiese komponent benodig. Hierdie vaardighede vereis 'n mate van behendigheid, soepelheid of
krag. Motoriese beheer word benodig. Dit sluit geestelike gereedheid (verstandelike/geestelike
gereedheid vir optrede), fisiese gereedheid (fisiese gereedheid vir optrede) en emosionele
gereedheid (bereidwilligheid om op te tree) in.

Hierdie taksonomie moet gebruik word in die onderrig, leer en assessering van die drie PAT'e se
praktiese afdelings (drie dramatiese items) asook in die praktiese eksamen.

Waar onderwysers nie vertroud is met die praktyk om 'n taksonomie te gebruik om onderrig en
leer te lei nie, moet hulle deur provinsiale beamptes opgelei word. Onderwysers moet ook
daaraan herinner word dat die eksamen op taksonomieë en rubrieke gebaseer is en dus is dit
logies dat onderrig en leer hierdie beginsels van kennisvlakke, kognitiewe vlakke en
denkprosesse moet insluit. Onderwysers moet hulleself met die gebruik van die twee taksonomieë
vertroud maak en dit gebruik.

Bloom se taksonomie moet vir inhoud, teoretiese en skryfvaardighede, en kennis gebruik word.
Dave se taksonomie is 'n psigomotoriese taksonomie en moet verstaan en gebruik word vir die
praktiese inhoud, kennis en vaardighede.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             10                                                DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

3.6     Gewig van Kognitiewe Prosesvlakke en Kennisvlakke
Onderwysers moet seker maak dat alle take in die Jaarlikse Assesseringsprogram voldoen aan
die kognitiewe proses- en kennisvlakke, soos gestipuleer in die kolom hieronder. Dit sal verseker
dat leerders voorbereid is op die ontwerp en vereistes van die finale jaareindeksamen wat ook in
die kolom hieronder gestipuleer is.
      Kognitiewe Proses- en Kennisvlakke                       Aktiwiteit               Persentasie
                                                                                         van Taak
Vlak 1 en 2                                          Basiese denkvaardighede
Kennis en begrip                                     (bv. feitelike herroeping, laer-
(onthou en verstaan)                                 orde- begrip en laer-orde-         30%
Feitelike en Konseptuele Kennisvlakke                toepassing)
Vlak 3 en 4                                          Medium/Middel hoër-orde-
Toepassing en Analise                                denkvaardighede (bv. meer
(toepas en ontleed)                                  gevorderde toepassing,             40%
Konseptuele en Prosedurele Kennisvlakke              interpretasie en laer-orde-
                                                     analise)
Vlak 5 en 6                                          Hoër-orde-denkvaardighede
Evaluering en skepping                               (bv. gevorderde analitiese
(evalueer en skep)                                   vaardighede, evaluering en         30%
Prosedurele en Metakognitiewe Kennisvlakke           kreatiewe probleemoplossing

3.7     Uitdagingsgrade
Alle eksamens, en die meerderheid assesseringstake in Dramatiese Kunste, moet subvrae van
verskillende uitdagingsgrade, naamlik maklik, matig en moeilik, insluit. Die volgende
gewigswaardes van die uitdagingsgrade word algemeen aanvaar as geskik vir die
graad 10–12-eksamens.

                             Maklik          Matig             Moeilik
                              30%            40%                30%
Let daarop dat uitdagingsgrade nie noodwendig aan spesifieke kognitiewe vlakke gekoppel is nie.
'n Vraag op 'n hoër-orde-denkvlak hoef nie noodwendig moeilik te wees nie, terwyl 'n vraag op 'n
laer-orde-denkvlak nie noodwendig maklik hoef te wees nie.
Byvoorbeeld:
 Wanneer 'n vergelyking van Realistiese of Dramatiese Teater met 'n ander genre gemaak
   word, sal die gepaste kognitiewe prosesvlak hoër orde wees (bv. evaluering), maar die
   graad van kennisvlak, afhangend van die konteks van die vraag en inligting verskaf, kan
   maklik wees.
 'n Ongesiene prakties-gebaseerde vraag sal as hoër-orde-denkvlak/kognitiewe vlak beskou
   word (d.i. skep), maar kan maklik, gemiddeld of moeilik met betrekking tot die uitdaging wees,
   afhangend van die konteks van die vraag en die inligting wat verskaf word.
Onderrig, leer of assessering van of inhoud, vaardighede, kennis, konsepte of 'n vraag maklik,
matig of moeilik is, is gebaseer op die gebruik en toepassing van Bloom se taksonomie. Die
aksiewerkwoorde en die kognitiewe vlakke, asook die vier denkprosesse, bepaal die
moeilikheidsvlak. Eksaminatore en moderatore moet verseker dat eksamenvraestelle en
memorandums die volle omvang van vermoëns van leerders akkommodeer.
3.8     Vereistes en Gewigwaarde van              die      Komponente          van      die    Jaarlikse
        Assesseringsprogram vir Graad 12
         Praktiese                Eksamen          Finale Eksterne        Finale Eksterne
      Assesseringstake                           Eksamenvraestel 2      Eksamenvraestel 1
                                                      Prakties               Geskrewe
             Herlei na 25% van die NSS                     Herlei na 75% van die NSS
                                    NSS: 25 % + 75 % = 100%

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                              11                                          DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

4.     SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING

Oorsig
Skoolgebaseerde assessering is 'n formele interne assesseringskomponent van die formele
nasionale finale eksamenpunt. Die SGA-assesseringstake, die praktiese assesseringstake en
SGA-eksamens is voorbereiding vir die finale eksterne eksamen.

Maak seker dat alle leerders die SGA-take voltooi om sodoende 'n stewige basis van konsepte,
inhoud, kennis, vaardighede, tegnieke, waardes, houdings en bevoegdhede te verseker.

Indien die SGA-take nie ingelewer of voltooi word nie, sal die leerder 'n '999' ontvang wat
'onvoltooid' beteken. Dit is egter belangrik dat 'n leerder voldoende geleenthede gebied word om
SGA-take te doen, te voltooi en in te lewer.

Verwys na die Praktiese Assesseringstaak se Riglyne vir meer inligting ten opsigte van die
vereistes van die drie individuele praktiese assesseringstake. Hierdie dokument sal leiding verskaf
oor die eksamen.

5.     PRAKTIESE EKSAMEN (FINALE JAAREIND)

5.1     Praktiese Eksamen: Voldoen aan Streng Eksamentoestande
Die praktiese eksamen het dieselfde status as die geskrewe eksamen. Dieselfde streng
eksamentoestande wat op die geskrewe eksamens van toepassing is, moet op die praktiese
eksamens toegepas word.
 Dit is die plig van die provinsiale eksamendirektorate, distrikte en skoolhoofde om te verseker
    dat praktiese eksamens dieselfde respek, ondersteuning en toewyding as geskrewe
    eksamens ontvang.
 Skoolhoofde moet 'n spesifieke dag/dae op die rooster toeken vir beide die halfjaar- en
    eindeksamens.
 Die Dramatiesekunste-onderwyser moet ondersteuning kry met betrekking tot die gereedmaak
    van die lokaal asook die papierwerk/dokumente vir die eksamen.
 Op die dag van die eksamen moet daar 'n bykomende persoon beskikbaar wees om te
    verseker dat daar GEEN geraas van ander klasse af is nie. Dit is dieselfde streng
    eksamenomstandighede as vir die geskrewe eksamen.

5.2     Praktiese Eksamen: Opsies
Hierdie afdeling sal duidelikheid gee ten opsigte van die suksesvolle onderrig, leer en assessering
van die praktiese eksamen, vanaf die beplanning tot implementering tot optrede tot aanteken en
die finale rapportering/verslaggewing.
Die finale praktiese eksamen is intern vir graad 10 en 11 en ekstern vir graad 12.

Daar is drie opsies beskikbaar vir kandidate om van te kies vir hulle praktiese eksamen:
Temaprogram             OF
Oudisieprogram          OF
Tegniese Teaterprogram: Ontwerp of Regie of Filmproduksie of Verhoogbestuur

5.3     PAT'e (Praktiese Assesseringstake as Boublokke vir die Praktiese Eksamen)
Voordat die werklike eksamen bespreek kan word, is dit belangrik om te verstaan wat kandidate
moet voltooi alvorens hulle vir hulle praktiese eksamen voorbereid sal wees. Vir elke jaar vanaf
graad 10 tot 11 tot 12, moet kandidate drie PAT praktiese afdelings en hulle drie onderskeie
dramatiese items voltooi. Regdeur die VOO-fase sal die kandidate nege dramatiese items voltooi
wat sal varieer in genre/beweging en dramatiese styl, bv.:

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            12                                       DBE/2021
                                        Eksamenriglyne

Genres en Dramatiese Bewegings:
Afrika-dramavorme/Commedia dell' Arte/Griekse Teater/Suid-Afrikaanse Teater/Realisme in die
Teater/Elizabethaanse Teater/Epiese Teater/Gestroopte (Arm) Teater/Absurde Teater/
Postmoderne Teater
Dramatiese Style:
Gedig/monoloog/prosa/lofgedig/gedramatiseerde     prosa/storievertelling-mimiek/fisiese   teater/
beweging/mimiek.
Kandidate moet drie uiteenlopende dramatiese items vir elke praktiese eksamen kies, bv.
Commedia dell' Arte: Monoloog
Elizabethaans: Gedig
Suid-Afrikaanse prosa
OF
Griekse teater: Gedig
Afrika-dramavorme: Storievertelling
Absurde teater: Monoloog
Die bogenoemde varieer nie slegs ten opsigte van genre/dramatiese beweging nie, maar
ook m.b.t. die styl van die dramatiese item.
5.4    Temaprogram. Proses en Formaat vir Standaardisering
Ten einde die temaprogram -ontwerp, inhoud, proses, voorbereiding en finale produk in die nege
provinsies te standaardiseer, moet die volgende instruksies gebruik word:
Kandidate, deur die onderwyser gehelp, moet:
1.  Konsolideer, aan die begin van die proses, die formaat van die temaprogram.
2.  Bespreek die belangrikheid en konsolideer die skeppingsproses en voortdurende
    inskrywings vir elke individuele kandidaat se Praktiese Eksamenjoernaal as 'n geskrewe
    rekord van die onderrig en leer van die drie dramatiese items en die skakels.
3.  Fasiliteer die KABV-onderwerpe wat verband hou met praktiese eksamenwerk (stem,
    emosie, fisiese, toneelspelmetodes ens.) met die leerders. Dit sal hulle voorsien van die
    konteks, inhoud, vaardighede, kennis, tegnieke, waardes, houdings en bevoegdhede om
    hulle groei en vordering te meet.
4.  Bespreek die rubriekkriteria van die temaprogram met die leerders om hulle 'n instrument te
    gee waarmee hulle die vordering en groei van hulle leer kan meet en assesseer. Hierdie
    kriteria is: voorbereiding, stemproduksie, verhoogruimte, skakels, begrip van dramatiese
    items, emosionele verbintenis, verbintenis met die leerder, impak van die program, speler
    se impak op die program.
5.  Bespreek Dave se taksonomie met die leerders en verduidelik die vaardighede en tegnieke
    benodig om punte op die onderskeie vlakke te behaal. Verduidelik hoe hulle beter en sterker
    vaardighede en tegnieke moet stel ten einde hoër punte op die volgende vlak van Dave se
    taksonomie te bereik.
6.  Onderrig, leer en assesseer die KABV-onderwerpe vir die praktiese eksamen en die
    temaprogram om te verseker dat die joernaal die konsepte/inhoud/vaardighede/teorie en
    praktiese aspekte, soos deur die kurrikulum vereis, bevat.
7.  Indien 'n kandidaat nie in staat is om deel te neem aan die praktiese eksamen nie, sal die
    onderwyser, eksterne eksaminator/moderator en eksamenpaneel hierdie geskrewe rekord
    en die assessering van die onderwyser ten opsigte van die vordering in die praktiese werk
    gebruik om 'n punt vas te stel.
8.  Met die hulp van die onderwyser en hulle groep moet elke kandidaat drie kontrasterende
    items kies as deel van hulle temaprogram.
9.  Kandidate word slegs toegelaat om dramatiese items soos 'n gedig, monoloog, prosa, ens.
    uit 'n gepubliseerde teks te gebruik.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                              13                                         DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

10.   Wees bewus van sosiale, kulturele, persoonlike en godsdienstige sensitiwiteit van ander
      persone wanneer dramatiese items gekies word.
11.   Ten minste EEN van die dramatiese items moet van 'n Suid-Afrikaanse
      dramavorm/styl/genre wees.
12.   Die oorblywende TWEE dramatiese items moet verskillende dramatiese vorms/style/genres,
      soos inheemse Afrika dramavorme, inheemse Afrika mondelinge tradisie, Commedia dell'
      Arte, Griekse Teater, Elizabethaanse Teater, Realisme in die Teater, Epiese Teater,
      Absurde Teater, Postmoderne Teater, Suid-Afrikaanse Teater, ens. insluit.
13.   Oorweeg 'n kandidaat se sterk punte en voorkeure by die keuse van die drie dramatiese
      items. Veelsydigheid is 'n sleutelelement in die finale eksterne praktiese eksamen.
14.   Verdeel die kandidate in groepe van vier tot ses lede.
15.   Elke groep hou 'n dinkskrum ten opsigte van moontlike temas en kies een finale tema teen
      die einde van die proses.
16.   Pas die vaardighede, tegnieke van die KABV-onderwerpe vir praktiese optrede op die
      temaprogram toe.
17.   Skep gepaste skakels tussen die onderskeie items van die lede in die groep.
18.   Die duur van die temaprogram moet ongeveer vyf minute per kandidaat wees.
19.   Let daarop dat die gebruik van tegniese elemente en kostuums nie geëksamineer word nie.
      Jy mag, slegs as dit absoluut noodsaaklik is, 'n rekwisiet of kostuum gebruik om 'n karakter
      of 'n genre voor te stel, bv. 'n wynbottel om 'n dronk persoon voor te stel of 'n kopdoek/serp
      om 'n ouer vrou voor te stel. Die vloei van die temaprogram moet nie deur 'n kostuum of
      rekwisiete gesteur word nie.
20.   Repeteer die temaprogram tot 'n uitstekende finale optrede.
21.   Daar moet so gou as moontlik 'n dag vasgestel word vir die praktiese eksamen wat al die
      deelnemers pas: groep, onderwyser, skool en eksterne eksaminator. Die dag, tyd en lokaal
      vir die praktiese eksamen sal in sommige provinsies deur die areakantoor/streeks/
      distriks/provinsiale eenheid gekommunikeer word. In ander provinsies kan onderwysers
      hulle eie datum en tyd bepaal en dit aan die kurrikulum adviseur en eksterne
      eksaminator/moderator bekend maak
22.   Kleredragkode: standaard swart drag (T-hemp en broek of romp) moet gedra word. Geen
      persoonlike juweliersware mag gedra word nie. Waar van toepassing moet lang hare uit die
      gesig weggebind wees. Elke kandidaat moet 'n groot, duidelike verskillende kleur lint,
      materiaal, ens om die arm of op die heup of bors vertoon. Dit dien as identifikasie vir die
      onderwyser, eksterne eksaminator/moderator en eksamenpaneel.
23.   Vir die eksamenproses moet elke groep kandidate 'n volledige harde kopie, bestaande uit
      die tekste van die dramatiese items wat vir hulle temaprogram opgevoer sal word, saamstel.
      Die dramatiese items moet georganiseer wees in lopende volgorde in die harde kopie van
      die program.
24.   In die geval waar 'n leerder se moedertaal verskillend is van die skool se taal van onderrig
      mag die leerder EEN dramatiese item kies in sy/haar moedertaal. Die item moet egter
      vertaal wees in die taal van onderrig; Dramatiese Kunste, en in die temaprogram se harde
      kopie ingesluit word.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Dramatiese Kunste
                                                            Downloaded from hlayiso.com                               14                                                                                                                                       DBE/2021
                                                                                                                 Eksamenriglyne
   5.5      Temaprogram
   Bespreek die kriteria (konsep, kennis en vaardighede) asook die vlakbeskrywers van die rubriek met elke leerder aan die begin van die jaar. Verseker dat hulle
   verstaan dit is die amptelike eksameninstrument waarteen hulle temaprogram, vraestel 2, prakties gemeet sal word. Hulle moet al hulle PAT-afdelings asook hulle
   praktiese eksamen dramatiese items voorberei met die doel om al 10 die genoemde kriteria in die rubriek te bereik.
   Dit is ook noodsaaklik om Dave se taksonomie met die leerders te bespreek om te verseker dat hulle vertroud is met die toenemende ontwikkeling van vaardighede
   op elk van die onderskeie vlakke en die verwante puntetoekenning vir elke vlak.
TEMAPROGRAM                                                                                                                                                                                                       RUBRIEK
VLAK                                               1                          2                              3                              4                                5                                     6                       7
KOGNITIEWE VLAKKE BLOOM                         ONTHOU                     BEGRIP                       TOEPASSING                     ANAISERING                 ANALISERING EVALUERING                      EVALUERING                             SKEPPING
DENKPROSES                                     FEITELIKE                  FEITELIKE                    KONSEPTUELE                    KONSEPTUELE                      PROSEDUREEL                           PROSEDUREEL                          METAKOGNITIEWE
PSIGOMOTORIESE                                NABOOTSING                 NABOOTSING                    MANIPULERING                   MANIPULERING                       PRESISIE                            ARTIKULERING                         NATURALISERING
VAARDIGHEDE. DAVE
SIMBOOL                                             G                          F                              E                              D                                 C                                   B                             A-            A       A+
                                            Min, geen bewys              Bassies, bietjie               Sinvol, redelik               Gepas, bevredigend,             Betekenisvol, uitgebreid,        Uitstekend, prysenswaardig,             Buitengewoon, superieur,
AKSIEWOORDE
                                                   nie                   konteks, direk                                                  genoegsaam                         omvangryk                           besonder                              onverwags
PERSENTASIE                                      0–29%                      30–39%                          40–49%                       50–59%                             60–69%                              70–79%                                 80–100%
VOORBEREIDING                             Toon min of ken slegs     Ken die woorde, verstaan      . Redelike verstaan van die    Gepaste manipulasie en           Besonderse ontleding van die        Uitstekende artikulasie en          Buitengewone begrip, toepassing,
Woorde, genres. Subteks,                  die woorde van al die     die items en hul subtekste,   teks toepassing, en die sub    uiteensetting van die items en   teks en subtekste baie              oorspronklike vertolking van die    analise en bostaande oorspronklikheid
interpretasie, betekenis, styl,           items. Min selfvertroue   basiese selfvertroue,         tekste en is selfversekerd.    die subtekste, het               selfvertroue en stewige             teks en sub tekste, merkwaardige    in die vertolking van die teks en
karakterisering, variasie in Dramatiese   of bewys van              bewys van denke,              Pas goeie oordeel toe van      selfvertroue, deurdagte          oordeelsvermoë, deeglike            selfvertroue en uitstekende         subtekste. Uitstekende selfvertroue en
items                                     denkprosesse,             beplanning en repetisie,      denke, beplanning en           denke, beplanning en             beplanning en repetisie.            waarde oordeel en repetisie.        buitengewone toepassing van
                                          beplanning,               bietjie verbeelding           repetisie.                     repetisie.                                                                                               denkprosesse, beplanning en repetisie.
                                          deurdagtheid en
                                          repetisie. Beperkte
                                          verbeelding/nabootsing.
STEMPRODUKSIE                                                       Effense begrip van die        Redelike begrip van die        Genoegsame verstaan en           Beduidende en goeie                 Uitstekende artikulasie en          Uitsonderlike begrip , toepassing,
Tempo, ritme, duidelikheid, projeksie,    Toon min of basiese       tegniese vaardighede en       tegniese vaardighede en        goeie toepassing en analise      toepassing van tegniese             skepping van tegniese               analise, evaluering en voortreflike
toonhoogte, artikulasie, tempo,           kennis van stem           bevoegdheid. Vokale           bevoegdheid. Vokale            van tegniese vaardighede.        vaardighede. , toepassing en        vaardighede. Vertolking van         oorspronklikheid in die skep van die
aksent, beheer, volume, korrekte          produksie.                interpretasie en variasie     interpretasie en variasie is   Die vokale interpretasie en      analise. Die vokale interpretasie   tekste en afwisseling is            vertolking . Vokale vertolking van teks
asemhaling, modulasie, aksente,           Beperkte verbeelding/     en min of. Bietjie            redelik                        variasie is aanvaarbaar          en variasie is aansienlik en        aansienlik.                         is buitengewoon
resonansie, interpretasie van teks,       nabootsing                verbeelding/nabootsing                                                                        uitgebreid.
stem variasie, karakterisering.
VERHOOGRUIMTE                             Toon min of basiese       Vertroue in die gebruik van   Redelike begrip en             Bevredigende en toepaslike       Uitgebreide en betekenisvolle       Uitstekende                         Buitengewone en
Verhoog area, vlakke en afmetings,        kennis van                verhoogruimte en verstaan     toepassing van die beginsels   begrip, toepassing en            begrip, toepassing analise van      bewonderingswaardig vertolking      bewonderingswaardige vertolking en
Blokkering                                verhoogruimte met min     die beginsels. Effense        vir die gebruik van verhoog    uiteensetting van die            die beginsels en uiteensetting      en kreatiewe gebruik van die        kreatiewe gebruik van die
                                          verbeelding./nabootsing   verbeelding/nabootsing.       ruimte.                        verhoogruimte.                   van die verhoogruimte -             verhoogruimte -beginsels.           verhoogruimte- beginsels.
                                                                                                                                                                  beginsels
SKAKELS                                   Toon min of basiese      Direkte begrip en              Redelike en verstandige        Bevredigende en toepaslike       Uitgebreide en betekenisvolle        Uitstekende en                     Buitengewone en uitsonderlike begrip
Seleksie, skepping, lengte van            kennis van skakels met   deelname in skakels om         begrip en toepassing van die   begrip en toepassing van die     begrip en toepassing van die        prysingswaardige begrip en          en toepassing van die beginsels van
oorgange, styl, genre, doel en            min                      die betekenis en vloei van     beginsels van hoe om           beginsels van hoe om             beginsels van hoe om skakels        toepassing van die beginsels van    hoe om skakels te gebruik vir die
betekenis                                 verbeelding/nabootsing   die program te ondersteun.     skakels te gebruik vir die     skakels te gebruik vir die       te gebruik vir die betekenis en     hoe om skakels te gebruik vir die   betekenis en vloei van die program
                                                                   Effense verbeelding/           betekenis en vloei van die     betekenis en vloei van die       vloei van die program               betekenis en vloei van die
                                                                   nabootsing.                    program                        program                                                              program
BEGRIP                                    Toon min of basiese      Toon kennis en begrip van      Toon kennis en begrip in die   Toon genoegsame kennis en        Toon kennis en begrip. Vertoon      Toon kennis en begrip. Vertoon      Toon kennis en begrip. Vertoon
Dramatiese items, genre, styl,            kennis van die beginsels die beginsels van              toepassing van dramatiese      begrip met bevredigende          aansienlike en belangrike           uitstekende en prysenswaardige      buitengewone en meesterlike
konvensies, betekenis, interpretasie,     van dramatiese items     dramatiese items met           beginsels.                     toepassing van die beginsels     beginsels vir die toepassing en     toepassing evaluering en            toepassing, evaluering en toepassing
karakterisering                           met min verbeelding/     effense                                                       van dramatiese elemente.         evaluering van dramatiese           kreatiewe gebruik van die           van dramatiese beginsels en items.
                                          nabootsing               verbeelding./nabootsing                                                                        beginsels en items.                 beginsels van dramatiese items.
FISIESE WERK                              Toon min of basiese      Toon kennis en begrip van      Toon kennis en begrip van      Toon genoegsame kennis en        Toon uitgebreide kennis en          Toon uitgebreide kennis en          Toon analitiese kennis en begrip, lewer
Liggaamsbewustheid, postuur,              kennis van fisiese       fisiese vaardighede op 'n      die toepassing van fisiese     begrip van hoe om fisiese        begrip van hoe om fisiese           begrip van hoe om fisiese           buitengewone en voortreflike
ontspanning, beheer, ruimtelike           vaardighede met min      direkte manier effense         vaardighede op 'n              vaardighede aan te wend.         vaardighede betekenisvol aan        vaardighede kreatief aan te wend    toepassing van fisiese vaardighede.
bewustheid, gebare, beheer,               verbeelding/ nabootsing. verbeelding/nabootsing.        verstandige wyse.                                               te wend                             .
gesigsuitdrukking, beweging, fokus,
konsentrasie, energie, emosionele
vertolking

   Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                                                                                              Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Dramatic Arts PAT GR 12 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-pat-gr-12-2021-eng/471c2433-5d00-40ad-a8b8-5dc3ca5cd493) — Dramatic Arts · PAT · 2021 · Eng
- [Dramatic Arts May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2021-eng/65ff5c38-5125-4834-9e61-abfc5ef074b8) — Dramatic Arts · QP · 2021 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2021-eng/59ac94aa-ac72-4b29-8f5a-b3b5c91b2f32) — Dramatic Arts · QP · 2021 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2021-afr/c581c8fb-09f5-4ded-abed-96a01a6d4477) — Dramatic Arts · QP · 2021 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/295292ad-642f-4171-ae1e-c2dd59f80f5a) — Dramatic Arts · Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-english/75e178c5-f96e-43f8-8078-84ce1d3d0082) — Dramatic Arts · Memo · 2025 · Eng

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Dramatic Arts Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-afr/ee64452f-d716-4e2c-a4c0-eb6f240cdecb) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-eng/d7900b57-db36-4c03-9c8b-4da9102aed06) — QP · 2024 · Eng
- [Dramatic Arts May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/196a7629-8432-4e24-976d-ba79e198fc93) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/635df938-d2f8-4677-9753-430aa4581d96) — QP · 2024 · Eng
- [Dramatic Arts May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2023-afr/d83a79ed-952c-4dbb-bcf5-b472a41821c8) — QP · 2023 · Afr
- [Dramatic Arts May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2023-eng/1b174387-b794-413b-a45e-bd0f486f411b) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
