# Dramatic Arts Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afr)

> Grade 12 Dramatic Arts memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 42 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-gr12-memo-sept2018-afrikaans/d75b4221-3b93-4f54-aef3-3bf4676a7b9c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 42

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-gr12-memo-sept2018-afrikaans/d75b4221-3b93-4f54-aef3-3bf4676a7b9c)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 42 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2018

                   DRAMATIESE KUNSTE
                     NASIENRIGLYN

PUNTE:   150

                 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 42 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  DRAMATIESE KUNSTE                          (EC/SEPTEMBER 2018)

ALGEMENE RIGLYNE VIR NASIENERS/ONDERWYSERS:

1.       Kandidaat moet na die Dramatiese Kunste-teorie verwys asook
         kontekstualisering volgens die toneelstuk wat bestudeer was. Volpunte kan
         nie gegee word tensy die kandidaat insig toon in die teorieë van die vak nie.
         Die antwoorde moet dissipline-spesifiek wees. Gebruik Wat, Hoekom en Hoe
         met verwysende voorbeelde uit die teks.

2.       Maak duidelike regmerke om die tipe kennis/vaardigheid/toepassing/insig wat
         getoets word aan te dui. Nasieners moet interaktief met die antwoorde
         omgaan.

3.       Hoofnasieners moet die rubriek met die nasieners fasiliteer. Die vlak-
         beskrywers van Dramatiese Kunste moet as leiding vir die puntetoekenning
         gebruik word.

4.       Hou gereëlde besprekings om seker te maak die bepunting is
         gestandaardiseerd.

5.       In die geval waar ŉ kandidaat meer skryf as die aanbevole hoeveelheid
         woorde, mag daar nie gepenaliseer word nie (opstelvraag).

6.       Die antwoorde in die nasienriglyn is ŉ voorstel en bevat nie al die moontlike
         antwoorde vir ŉ vraag nie. Nasieners moet dit in gedagte hou en moet
         oopkop wees vir kandidate se antwoorde en seker maak dat verskillende
         leerstyle van onderwysers nie die kandidaat nadelig raak nie.

7.       Spandeer die eerste dag om die kwaliteit en kwantiteit van die voorskrifte in
         die nasienriglyn te ontleed en te standaardiseer asook om definisies en
         konsepte wat algemeen aanvaar word te kry.

8.       Nasieners moet Breë Onderwerpe en Onderwerpe met spesifieke vrae
         verbind.

9.       Die voorgestelde antwoorde is meestal hoër as die vlak wat meeste kandidate
         op graad 12-vlak kan bereik en moet gesien word as ŉ algemene hulpmiddel
         vir nasieners.

    Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                         DRAMATIESE KUNSTE                                                          3

 AFDELING A: 20STE EEUSE-TEATERBEWEGINGS
 VRAAG 1: 20STE EEUSE-TEATERBEWEGINGS
 Onderwerp                                     12.1: 20ste Eeuse ‘ismes’
                                               12.3 Absurde of Epiese of Postmoderne Teater
                                               12.4 Toneelteks 1: 20st Eeuse Teaterbewegings, Epiese of Absurde
                                                    of Postmoderne teater
 Kognitiewe moeilikheidsvlak                   Analiseer, Evalueer, Skep
 Bevelswerkwoord                               Bespreek, Evalueer, Skep
 Verduideliking van bevelswerkwoord            Om te bepaal, beoordeel, oorweeg die beduidenis, waarde, doel,
                                               waarde van iets deur versigtige evaluering en die studie met die doel
                                               vir begrip, interpretering of leiding
 Kompleksiteit van die Denkproses              Metakognitief
 Vlak van Kompleksiteit/Probleemoplossing      Baie moelik
 Rubriektipe                                   Uitgebreide gekonstruktrueede reaksie
 Gewigstoekenning van punte                       Laag           9        Middel         12        Hoog         9

 Gehaltevlak            Punte-   Gehalte van bewyse
                      toekenning
 Kundige                 Punt    Die antwoord dui toepassing van ŉ redelike strategie aan wat lei tot ŉ
                                      korrekte oplossing in die konteks van die probleem. Die
                        24–30         prosedurevoorstellings/-uitbeeldings is korrek. Die verduideliking en/of
                                      regverdiging is logies gegrond, duidelik aangebied, volledig ontwikkel,
                                      steun die oplossing, en bevat geen belangrike konseptuele foute nie.
                                      Die antwoord toon volledige begrip en ontleding van die probleem.
 Gemiddeld               Punt         Die antwoord dui toepassing van ŉ redelike strategie aan wat tot ŉ
 en                                   korrekte oplossing in die konteks van die probleem kan lei van nie lei
                        15–23         nie. Die gebruik van inhoud/vaardigheid is essensieel korrek. Die
 Bogemiddeld                          verduideliking en/of regverdiging is oor die algemeen goed ontwikkel,
                                      moontlik en steun die oplossing.
                                      Die antwoord toon duidelike begrip en ontleding van die probleem.
 Behaal                  Punt         Die antwoord dui onvolledige toepassing van ŉ redelike strategie aan
                                      wat tot ŉ doelgeskikte korrekte oplossing kan lei van nie lei nie. Die
                        11–14         gebruik van inhoud/vaardigheid is fundamenteel korrek. Die
                                      verduideliking en/of regverdiging steun die oplossing en is
                                      aanvaarbaar. Die antwoord toon ŉ konseptuele begrip en ontleding van
                                      die probleem.
 Swak                    Punt         Die antwoord dui min of geen toepassing van ŉ redelike strategie aan
                                      nie. Dit kan die korrekte antwoord bevat of nie. Die gebruik van
                         1–10         inhoud/vaardigheid is onvolledig en ontbreek. Die verduideliking en/of
                                      regverdiging toon ernstige beredeneringsgebreke. Die antwoord toon
                                      minimale begrip en ontleding van die probleem.
 Nie Behaal              Punt         Die antwoord is heeltemal verkeerd en irrelevant. Daar is moontlik geen
 Nie                                  antwoord, of die antwoord is:
                          0           'Ek weet nie.'

Kopiereg voorbehou                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                DRAMATIESE KUNSTE                        (EC/SEPTEMBER 2018)

Die volgende inhoudsaanduiders dien as `n riglyn:

Die kandidaat moet:

      Hierdie vraag in die vorm van ŉ opstel beantwoord
      Die toneelteks wat hy/sy bestudeer het, as voorbeeld gebruik
      Na een van die drie bewegings: Teater van die Absurde OF Epiese Teater OF
       Postmoderne Teater in jou antwoord verwys
      Na die Bron in sy/haar antwoord verwys
      Demonstreer dat die vraag en bron in sy/haar opsel geanaliseer, verstaan en
       geïntergeer was

Dien inhoud van die opstel moet die volgende dek:
1. EEN gekose teaterbeweging:
   o Teater van die Absurde OF
   o Epiese Teater OF
   o Postmoderne Teater
2. Toneelteks bestudeer
3. Vraag
4. Bron

Nasienersnota:
 Kandidate moet toon dat die bogenoemde verstaan en krities analiseer en in die opstel
  toegepas is.
 Kennis wat gememoriseer is, moet in ŉ oorspronklike argument gekontekstualiseer
  word wat feitlike, kontekstuele, prosedure- en metakognitiewes denke toon.
 Gebruik die rubriek op die volgende bladsy om met die assessering van die opstel
  te help.

    Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/SEPTEMBER 2018)                      DRAMATIESE KUNSTE                                                   5

    KATEGORIE           PUNTE                DIE KANDIDAAT DEMONSTREER DIE VOLGENDE:

                                    Denkproses: Verwerk feitelike, konseptuele, proses en metakognitiewe
                                     kennis in die vraag. Kwoteer op ŉ uiteenlopende, interpretatiewe,
                                     kreatiewe en oorspronklike wyses.
                         27−30
                                    Evalueer voorbeelde in die toneelteks, die teaterperiode en ander bronne
     Uitstaande
                                     binne ŉ uitgebreide reeks van teatrale, praktiese en estetiese inhoud met
Metakognitiewe Kennis   90−100
     Skeppend                        insig uitgekies.
                          A+        Ontwerp en skep ŉ argument op ŉ unieke en nuwe patroon wat dui op ŉ
                                     reaksie van kreatiewe , kritiese en analitiese denke.
                                    Kognitiewe vlak: demonstreer die vaardigheid om te kan skep,
                                     herorganiseer, sintetiseer, ontdek, hernu, verander, uitbrei en te verbeter.
                                    Denkproses: Assesseer feitelike, konseptuele, proses en metakognitiewe
                                     kennis in die vraag, bron en inhoud en integreer die vereistes van die
                                     vraag. Kwoteer op uiteenlopende, interpretatiewe, kreatiewe en
                         24-26       interessante wyses.
     Baie goed
                                    Assesseer voorbeelde in die toneelteks, die teaterperiode en ander bronne
   Metakognitiewe
       Kennis            80-89       binne ŉ beduidende reeks van gepaste gekose teatrale, praktiese en
      Evalueer                       estetiese inhoud.
                          A
                                    Stel ŉ argument saam op ŉ interessante patroon wat dui op ŉ reaksie van
                                     kritiese en analitiese denke.
                                    Kognitiewe vlak: demonstreer die vaardigheid om te kan oordeel, kritiseer,
                                     aanbeveel, rapporteer, evalueer, voorspel, uitdink, en voor te stel.
                                    Denkproses: Analiseer, sien en verken feitelike, konseptuele en
                                     prosedurale kennis in die vraag, bron en inhoud en integreer die vereistes
                         21-23       van die vraag.
       Goed                         Analiseer/dissekteer voorbeelde in die toneelstuk, die teaterperiode en
 Prosedurale Kennis      70-79       ander addisionele bronne binne ŉ breë reeks van gepaste gekose
     Analiseer                       teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
                          B         Stel ŉ argument saam wat dui op ŉ kritiese en analitiese denke.
                                    Kognitiewe vlak: demonstreer die vermoë om te kan analiseer, suggereer,
                                     konsepte te dekonstrueer, onderling te verbind, toeskryf, ontdek.
                                    Denkproses: Analiseer, en herken feitelike, konseptuele en prosedurale
                                     kennis in die vraag, bron en inhoud en integreer die vereistes van die
                                     vraag. Kwoteer deur te onderskei en te interpreteer
                         18-20
       Redelik                      Integreer voorbeelde uit die toneelstuk teks, die teaterperiode en ander
     Prosedurale                     addisionele bronne binne ŉ breë reeks van gepaste gekose teoretiese,
       Kennis            60-69
                                     praktiese en estetiese inhoud.
     Toepassing
                          C         Stel ŉ argument wat dui op analitiese denke.
                                    Kognitiewe vlak: demonstreer die vermoë om te kan interpreteer, onderling
                                     te verbind, as voorbeeld te hou, klassifiseer, opsom, vergelyk en te kan
                                     verduidelik.

  Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                                     DRAMATIESE KUNSTE                                  (EC/SEPTEMBER 2018)

     KATEGORIE        PUNTE                DIE KANDIDAAT DEMONSTREER DIE VOLGENDE:
                                     Denkproses: Verduidelik, interpreteer en herfraseer feitelike kennis in
                                      die vraag en bron en integreer die vereistes van die vraag. Kwoteer
                          15–17       onderskeidend.
   Voldoende                         Interpreteer voorbeelde uit die toneelteks, die teaterperiode en ander
Konseptuele kennis        50–59       addisionele bronne binne ŉ algemene reeks van voorspelbare
    Verstaan                          teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
                           D         Stel ŉ argument wat dui op analitiese denke.
                                     Kognitiewe vlak: demonstreer die vermoë om te kan interpreteer, af te
                                      lei, as voorbeeld te hou, opsom, vergelyk en te kan verduidelik.
                                     Denkproses: Verduidelik en interpreteer feitelike en konseptuele
                                      kennis in die vraag, bron en inhoud en integreer die vereistes van die
                                      vraag en kwoteer onderskeidend.
                          12–14
                                     Verduidelik voorbeelde uit die toneelteks, die teaterperiode en ander
      Matig
                                      addisionele bronne binne ŉ nou reeks van teoretiese, praktiese en
Konseptuele kennis        40–49
     Onthou                           estetiese inhoud.
                            E        Skryf ŉ verduideliking binne ŉ reeks van voorspelbare/algemene
                                      denkprosesse.
                                     Demonstreer die vermoë om te kan interpreteer, af te lei, as voorbeeld
                                      te hou, klassifiseer, opsom, vergelyk en te kan verduidelik.
                                     Denkproses: Verduidelik en pas onlogiese en onrelevante kennis uit
                                      die geheue en integreer die vereistes van die vraag. Kwoteer op
                          10–11       ongekompliseerde/logiese en fundamentele manier
    Elementêr                        Selekteer voorbeelde uit die toneelteks, die teaterperiode en ander
 Feitelike kennis         30–39       addisionele bronne binne ŉ nou reeks van teoretiese, praktiese en
     Onthou                           estetiese inhoud.
                           F         Skryf ŉ verduideliking binne ŉ reeks van voorspelbare denkprosesse.
                                     Demonstreer ŉ elementêre vermoë om probleemoplossing toe te pas
                                      te identifiseer, te lys, identifiseer en definieer
                                     Denkproses: Verduidelik en pas onlogiese en onrelevante kennis.
                                      Demonstreer ŉ beperkte en basiese vermoë om die vereistes van die
                                      vraag te vervul.
                          1–10
                                     Selekteer voorbeelde uit die toneelteks, die teaterperiode en ander
  Nie behaal nie
                                      bronne.
 Feitelike kennis         20–29
     Onthou                          Skryf ŉ verduideliking binne ŉ basiese reeks van denkprosesse buite
                           G          die konteks..
                                     Demonstreer ŉ beperkte vermoë om te identifiseer, te lys, te
                                      identifiseer, definieer, interpreteer en te onderskei. Kognitiewe Vlak:

                                     Demonstreer geen begrip van die vraag of bron, kan nie ŉ opstel skryf
                            0         nie, gee geen voorbeelde van die teks of die teaterperiode nie. OF
  Nie behaal nie
 Feitelike Kennis
                                     Gee ŉ paar feite wat nie betrekking op die vraag het nie OF
     Onthou                          Onvermoë om te identifiseer, te lys, te identifiseer, definieer OF
                           H         Gee slegs gememoriseerde informasie wat nie die vraag antwoord
                                      nie.

     Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                 DRAMATIESE KUNSTE                                          7

 BELANGRIKE PUNTE VIR DIE MERK VAN DIE OPSTEL:

 In samehang met waarna verwys word rakende al die kennis en vaardighede wat in die
 rubriek uiteengesit is per beskrywer, let asseblief op die volgende:

 Een korrekte feitelike stelling oor die teaterstyl of die toneelstuk is nie gelyk aan een
 punt nie. Oorweeg versigtig die denkproses en kognitiewe vlak van die kandidaat wat
 betrokke is by die bespreking in geheel. ŉ Opstel wat slegs uit feitelike stellings oor die
 toneelstuk en die teaterstyl bestaan val hoogstens in die Elementêre
 beskrywingskategorië (30%–39%).

 Opstelle wat bepunt word in die Baie Goeie en Uitstaande Beskrywingskategorië (80%
 en hoër) moet al die kennis en vaardighede insluit wat in die rubriek uiteengesit is en
 moet ook ŉ beskrywing van die sosio-politiese konteks van die moderne en 20ste eeuse-
 wêrelde insluit. Die sosio-politiese konteks word in die vraag geïmpliseer vir hoër orde
 kognitiewe vlak antwoorde.

 Die volgende inhoud waarna die kandidate behoort te verwys is uit die Via Afrika
 Graad 12 Leerdersteksboek en ander bronne geneem. Dit kan gebruik word as ŉ
 algemene hulpmiddel om die inhoud van die opstel te assesseer en as verdere
 bronmateriaal vir studie.

 ABSURDE TEATER

 Sosio-Politiese konteks

    Na die Tweede Wêreldoorlog het mense ŉ desperate behoefte gehad om sin uit
     die geweld en chaos (gruwels van die Nazi konsentrasiekampe) van die oorlog te
     maak
    Wetenskap het gefaal om sosiale oplossings te verskaf
    Vernietegendekrag van die atomiese bom – mensdom kan homself uitwis
    Vrae oor rede en die mensdom se rasionaliteit
    Mense voel ontnugter, uitgeput en verlate
    Mense het geloof in God en tegnologie verloor
    Teater fokus op die basiese menslike kondisie
    Gevoelens van hulpeloosheid en futiliteit in ŉ wêreld wat blyk geen doel het nie

 Filosofie/20ste eeuse –ismes
 Invloedryke denkers/filosowe van die tyd:

 Eksistensialisme

 Die hoofvraagstuk van hierdie filosofie is die betekenis van ons bestaan, wat gesien
 word as onlogies, doelloos, arbitrêr en wreed.

 Ons bestaan omdat ons bestaan – daar is geen vooruitbestemde plan nie en na die
 lewe word ons almal stof – daar is geen bewyse van die hiernamaals se bestaan nie.
 Dit maak die lewe in die huidige moment baie belangrik omdat die huidige al realiteit
 is waarop ons kan staat maak.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  DRAMATIESE KUNSTE                          (EC/SEPTEMBER 2018)

Friedrich Nietzsche (1844–1900) het eerste beweer ‘God is dood’. Hy het daarmee
bedoel dat mense se verhouding met God verbroke was, en dat God so goed as
dood was.

Jean-Paul Sartre het gesê dat ‘Die mens is gedoem om vry te wees’’: verdoem ook
omdat ons nie onsself geskep het nie. Ons is in die wêreld ingewerp en is
verantwoordelik vir alles wat ons doen. Dus voel mense vervreemd in ŉ wêreld
sonder betekenis, en hierdie gevoel van vervreemding ontwikkel desperaatheid,
verveling en ŉ gevoel van absurditeit. Hy het nie geglo in ŉ sisteem van absolute
moraliteit waaraan ons moet strewe nie. Ons is geskape as vry individue en hierdie
vryheid verdoem ons om keuses dwarsdeur ons lewens te maak. Feite en
gebeurtenisse in die lewe het alleen betekenis omdat ons betekenis daaraan koppel.
ŉ Handeling is daarom slegs immoreel omdat ons gekies het om dit so te noem.
Ons keuses is betekenisvol. Ons moet ons eie waardes vind en daarvolgens handel
– en dan die gevolge daarvan aanvaar. In eksistensialistiese filosofie, word dit
‘outentisiteit’ genoem.

Albert Camus was die eerste teoretikus wat die term ‘Absurd’ met betrekking tot die
menslike bestaan gebruik het. Hiermee bedoel ons dat menslike wesens belaglike
kreature is, nie in harmonie met hul omgewing nie. Die term druk die groot leemte
tussen ons strewes en die betekenislose heelal waarin ons bestaan uit. Ons
probleem is om ons eie pad en ons eie waardes te vind in ŉ wêreld van chaos. Hy
vestig die idee van solipsisme – ŉ geloof dat ŉ mens slegs jouself kan ken. Camus
het geglo dat mense die berusting om die wêreld in terme van logika en rede te
beskryf verloor het na die Tweede Wêrldoorlog. Die moderne wêreld maak geen sin
nie. Mense is ook afgesny van mekaar deur gebrek aan kommunikasie.

Camus se idees is opgesom in ŉ opstel Die Mite van Sisyphus (1942), waarin hy die
lot van die mens beskryf deur die Griekse mite oor Sisyphus, wat die gode kwaad
gemaak het en toe verdoem is om ŉ groot rots teen ŉ bult uit te stoot, net sodat dit
weer afrol sodra hy bo kom. Hy het hierdie aksie van blykbaar doellose herhaling
gesien as dieselfde as die bestaan in ŉ naoorlogse samelewing

Absurde karakters

      Verteenwoordigend van die mensdom eerder as ŉ poging om realistiese
       karakters op die verhoog te skep.
      Oordrewe kwaliteite
      Situasies word meer intens uitgebeeld
      Geen karakteragtergrond nie – hulle het geen verlede nie en daar is min
       verwysing na hul toekoms
      Hulle word nie geoordeel vir wie of wat hulle is nie maar eerder vir wat hulle doen
      Karakters is ŉ middel vir die dramaturg om sy gedagtes oor die mensdom uit te
       druk.
      Karakters kom gewoonlik in pare/komiese pare voor. Wedersydse afhanklike
       karakters soos byvoorbeeld Vladimir (brein) en Estragon (lyf) wat saam ŉ enkel
       menslike wese voorstel of Genet se karakters wat dikwels ŉ baas-slaaf
       verhouding vorm.

    Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                 DRAMATIESE KUNSTE                                          9

 Ander Absurde Teater konvensies/gebruike

 Handelingstruktuur (Plot)

 Die handeling van Absurde Teater volg nie tradisionele strukturele vorms nie. Daar is
 geen eenheid van handeling, tyd en plek soos in die weerspieëling van die samelewing
 in tradisionele teater nie. Handeling, tyd en plasing is ontwrig ten einde ŉ
 disharmoniese wêreld te reflekteer. Dramaturge gebruik ŉ sirkulêre, episodiese
 struktuur wat die afwesigheid van progressie tot ŉ logiese resolusie beklemtoon. Alle
 gebeure is ewe betekenisvol en die enigste resolusie is die onafwendbare oomblik van
 die dood. Die struktuur gee die gehoor ŉ ervaring van ŉ sinlose lewe in ŉ betekenislose
 wêreld deur óf ŉ sirkulêre patroon te volg óf ŉ spiraalpatroon wat tot futiliteit lei. Daar
 is min uiteensetting en dit is asof daar niks gebeur nie. Die klimaks word uitgestel.
 Karakters verwyl die tyd met sinnelose aktiwiteite soos sirkusagtige hansworsery,
 musikale komedie kwinkslae, herhalende dialoog, klug en onsuksesvolle pogings om
 die heelal te verstaan.

 Taal/Dialoog

    Onvermoë van taal om die gaping tussen mense te oorkom
    Taal is onpersoonlik, outomaties en betekenisloos
    Betekenislose gesprekke
    Stiltes/pouses
    Nuwe woorde word geskep wat mense se pogings om met mekaar te
     kommunikeer reflekteer. Hierdie pogings is gedoem om nie te slaag nie.
    Banale alledaagse gesprekke wat met liriese taal, woordspeling, clichés, sleng en
     herhalings gemeng word
    Skielike veranderings in taalstyle en atmosfeer
    Stychomythia – ŉ vinnige uitruil van dialoog
    Kragtige toesprake af en toe
    Herhaling

 Optree-ruimte

 Verhoog gebruik om die leegheid van die eksistensialistiese wêreld te reflekteer waar
 mense geïsoleerd in hul omgewing voel.
 Die verhoog word ŉ metafoor vir die wêreld self.
 Die verhoogruimte fokus die aandag op die temas en simboliese betekenis eerder as
 die eksterne realiteite van die lewe.
 Beckett se leë verhoogruimtes reflekteer die onderdrukkende leegheid van die
 karakters se lewens.
 Ionesco se toegestapelde verhoogruimte het dieselfde effek van onderdrukkende
 leegheid (van siel). ŉ Deurmekaar ruimte wat steeds betekenisloos is.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               DRAMATIESE KUNSTE                          (EC/SEPTEMBER 2018)

EPIESE TEATER

Sosiopolitieke konteks

Brecht

    In 1918 is Brecht opgeroep as ŉ mediese assistent in die Eerste Wêreldoorlog en
     het die daaglikse slagting en leiding van mense gesien.
    Brecht was sterk gekant teen die politieke magte wat ontelbare menslike lewens
     opgeoffer het vir wat hy geglo het kapitalistiese ekonomiese welvaart was.
    Brecht het die konflik tussen mense se spirituele strewes en hulle fisiese realiteite
     en animalistiese natuur erken.
    Na die Verdrag van Versailles, het Duitsland in erge ekonomiese probleme verval.
    Die Russiese revolusie in 1917 is gevolg deur die verskyning van Karl Marx se
     teorieë.
    Marxisme het vir Brecht ŉ wetenskaplike siening van die wêreld en sterk politiese
     geloof gegee.
    Hy het onnadenkende geloof in patriotisme teengestaan asook die waardes van die
     bourgeois-samelewing en het die idee van ŉ uiteindelike klassestryd, waarin die
     proletariaat sosiale rewolusie sou bring, ondersteun.

Filosofieë/20ste eeuse –ismes
Invloedryke denkers/filosowe uit die tydperk:

Marxisme is op Hegeliaanse dialektiek gebaseer wat beskryf kan word as ‘die
naasbestaan van teenoorgesteldes, die vermenging van tesis en antitesis, die feit dat
orde nie deurdink kan word sonder wanorde nie – met ander woorde, dinamiese
dubbelsinnigheid’. Dit het vir Brecht die essensie van drama geword, omdat dit gewys
het dat die menslike lewe nooit staties is nie, maar altyd ontwikkelend bly.

Alle oorsake, gevolge en verhoudings is dinamies, en sluit aanhoudende konflik en
teenstrydighede in. Teenstrydige magte trek ŉ persoon, familie of samelewing in
teenoorgestelde rigtings, wat uiteindelik beweging, ontwikkeling of verandering
meebring.

In die vroeë 20ste eeu was die artistieke wêreld betrokke in ŉ rebellie teen die romantiek
en naturalistiese style, en bewegings soos Dadaïsme, kubisme, surrealisme en
ekspressionisme was gekant teen naturalisme en realisme.

Ekspressionisme is eers gebruik deur onderskeidelik die Nederlandse en Franse skilders
Van Gogh en Gauguin wat gewerk het in ŉ ander styl as die Impressionistiese skilders.
Dit het gefokus op die kunstenaar se emosies eerder as die voorwerpe wat hierdie
emosies opgewek het.

In drama, verwys dit na die beweging wat begin het in Duitsland om en by die tyd van
die Eerste Wêreldoorlog. Dit het die gevoelens van ontevredenheid met die gesag en
die materialisme wat met die oorlog geassosieer is, vasgevang. Ekspressionisme het
sarkasme en satire gebruik om die ontwikkelende industrialisasie en materialisme aan
te val.

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                 DRAMATIESE KUNSTE                                          11

 Die ekspressioniste het geglo dat daar geen absolute waarheid is nie, maar dat
 fundamentele waarheid gevind kan word binne die mensdom – sy siel, begeertes en
 visioene – en uiterlike realiteit moet hervorm word totdat dit in harmonie met hierdie
 interne eienskappe gebring kan word. Hulle het geglo dat onder die sosiale fasade
 daar ŉ ryk realiteit versteek lê wat uit geheime en onbewuste begeertes, konflikte,
 frustrasies en hallusinasies bestaan. Dit is hierdie subjektiewe realitiet wat die
 ekspressioniste wou ondersoek.

 Die doel van die Ekspressionistiese skrywers was om die innerlike gevoelens en
 ervarings van die karakters bloot te stel, eerder as die uiterlike realiteit waarin hulle
 bestaan het. Die fokus was op die reis van die siel van die hoofkarakter, dus is die
 normale orde van gebeure en die eenheid van tyd, plek en handeling ontwrig om ŉ
 verhoogde effek te skep.

 Epiese karakters

    Karakers verteenwoordig ŉ universele tipe soos kleinboere of soldate as ŉ sosiale
     agtergrond en milieu vir meer geronde karakters soos Grusha, Shen Te, Moeder
     Courage en Kanna in Kanna Hy Kȏ Hystoe.
    Karakterontwikkeling is nie van minder belang as in Epiese Teater nie.
    Daar is geen voor die handliggende held vir die gehoor om mee te identifiseer nie.
    Die karakters is slagoffers van ŉ sosiale en politiese sisteem en faal nie as gevolg
     van hul eie keuses of vrye wil of hul eie slegte oordeel nie.
    Karakters word voorgestel as eensydig en verteenwoordigend
    Karakters lyk of hul produkte van hul sosio-politiese plasing is.
    Akteurs gebruik gestus (wys hul houding) eerder as om hul gevoelens uit te druk
    Karakters sluit die psigolosiese uit – gevoelens word ekstern gemanifesteer.

 Ander Epiese Gebruike/Konvensies

 Handelingstruktuur

 Die epiese toneelstuk is gekonstrueer as ŉ montage van onafhanklike gebeure
 (episodes wat in hulself ŉ geheel vorm), wat Brecht geglo het kon teenoorgesteldes
 op so ŉ manier verbind sodat dit mense kan ‘skok’ sodat hulle tot nuwe herkennings
 en insig kan kom. In Kanna Hy Kȏ Hystoe word die struktuur ŉ montage deur die
 ongekonstrueerde koppeling van belangrike momente, gebeurtenisse en gesprekke in
 die lewe van die familie. Volgens die teks se aanduidings ‘praat die karakters oor
 afstande, jare, drome en die dood’.

 In ŉ episodiese struktuur word die episodes verbind met tematiese koorde, wat Brecht
 wou gehad het sy gehoor moet konfronteer, oordink, debateer en oor reflekteer. Die
 gehoor kon ooreenkomste tussen die verlede en die hede maak.

 Brecht se toneelstukke was gestruktureerd volgens Marxistiese dialektiek: argument,
 botsing en konfrontasie. Die tesis-antitesis struktuur van ŉ argument kan gevind word
 in die struktuur en plasing van die tonele. Brecht het verwys na die ‘gest’ van elke
 toneel – die goedgedefinieerde handeling en doel.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              DRAMATIESE KUNSTE                          (EC/SEPTEMBER 2018)

Die volgorde van gebeure bestaan om ŉ besliste argument te vorm waarby ŉ politiese
les geleer kan word. Brecht het beslis dat sy toneelstukke wetenskaplike eksperimente
is wat menslike optrede ondersoek om te sien watter morele oortuigings hulle
beïnvloed, en of daar ŉ moontlikheid is vir verbetering.

Historifikasie

Historifikasie (die plasing van die stuk op ŉ plek in die verre verlede weg van die gehoor
se realiteit) dra beduidend by om die gehoor krities te hou oor waarna hulle kyk, terwyl
dit hulle toelaat om ooreenkomste met die huidige waar te neem. Hy wou gehad het die
gehoor moet ŉ objektiewe afstand ervaar sodat hulle kon deelneem in ŉ alternatiewe
besluitnemingsproses. Historifikasie verwys nie net na die historiese milieu van die aksie
nie, maar ook die geografiese plasing.

Verfremdungseffekt

Verfremdung partymaal vertaal as ‘vervreemding’ of ‘alienation’ (distancing) maar
beteken letterlik om vreemd te maak) is ŉ baie belangrike Brechtiaanse term. Die
vervreemdingseffek (of V-effek) verwys na die manier waarop Brecht te werk gegaan
het om te verseker dat die gehoor se empatie onderbreek word sodat hulle krities kan
bly oor die gebeure waarna hul kyk.

POST-MODERNE TEATER

Sosio-Politiese konteks

    Post-modernisme het sy verskyning begin maak in die midde-1980’s en is ŉ
     eklektiese beweging, wat baie verskillende idees en sienings insluit.
    In die 20ste eeu was daar ŉ vervaging van die grense tussen die verskillende
     dissiplines, en ook tussen ‘hoë’ en ‘lae’ kultuur. In Post-Modernisme verdwyn die
     verdeling tussen genres en dissiplines geheel en al. Die idee van elite-kuns word
     op neergesien en kunstenaars hersirkuleer populêre kultuur.
    Modernistiese kunswerke bekla die betekenlose en die onlogiese, en sien die
     fragmentering van geskiedenis as tragies. Post-Modernisme, in teenstelling, vier
     die chaos van die kontemporêre lewe, verwelkom onsin en absurditeit, en skep ŉ
     gevoel van pret, speelsheid en ironie.
    In die Modernistiese era het radikale teater geëksperimenteer met die wegbreek uit
     die verwagte norme. Post-Moderne teater, in teenstelling, verwerp die idiologieë en
     sekerhede van die Moderne era.
    In Amerika, word die hoofstroomteater verteenwoordig deur Broadway, terwyl Off-
     Broadway-teater meer eksperimenteel is. Die Off-Off-Broadwayteaterbeweging is
     deur kunstenaars ontwikkel wat grense wou breek omdat hulle ontevrede was met
     die hoofstroom, wat nie kanse wou waag nie. Heelwat werk wat nou gesien word
     as Post-Modernistiese toneelstukke kom uit hierdie gees met die toets van nuwe
     teatermoontlikhede.
    As die wêreld om ons verander, en wetenskaplike ontdekkings voortgaan,
     tegnologieë vermeerder, en globale kapitalisme en verbruikerisme (consumerism)
     lyk of dit buite beheer raak, moet dramaturge nuwe maniere vind om die chaos en
     verandering wat hulle om hulle waarneem uit te druk.

 Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                 DRAMATIESE KUNSTE                                             13

 Filosofieë/20ste eeuse -ismes
 Invloedryke denkers/filosowe van die periode

 Die term ‘post-modern’ het in die filosofiese leksikon in gebruik gekom met die publikasie
 van Jean-Francois Lyotard se La Condition Postmodern in 1979 (Die Postmoderne
 Kondisie: ŉ Verslag oor kennis. 1984).

 Een van die temas in postmoderne filosofie is ŉ ontkenning van die universele,
 objektiewe waarheid. Dit word duidelik verklaar in Jean-Francois Lyotard se stelling
 ‘onvergenoegdheid teenoor meta-vertelling’ (incredulity towards metanarrative). ŉ Meta-
 vertelling verwys na ŉ verenigende verhaal wat ten doel het om te verduidelik hoe die
 wêreld is – met ander woorde ŉ meta-vertelling is ŉ wêreldbeskouing. Lyotard stel voor
 dat ons skepties moet wees oor sulke wye verduidelikings. Byvoorbeeld, die stelling
 ‘Want so lief het God die wêreld’ is onsin vir Postmoderniste oor twee redes: (1) hulle
 ontken die bestaan van God, en (2) stellings wat die hele wêreld insluit (meta-vertellings)
 is onmoontlik.

 In die eeu van rekenaars het kennis verander na informasie, dit is, gekodeerde
 boodskappe in ŉ sisteem van uitsaai en kommunikasie. Ons bly in ŉ wêreld waar ons
 gebombardeer word met boodskappe en informasie en ons vermy dit om slegs een
 absolute waarheid oor die wêreld waarin ons leef te aanvaar.

 Postmodernisme is ŉ herhaling van die moderne as die ‘nuwe’, en dit beteken die
 ewigdurende verwagting vir nog ŉ herhaling. Sam Shepard se toneelstukke is gevul met
 karakters van die mitiese landskap van Amerika: helde, rock-sterre en cowboys. Hy
 kombineer storievertelling met eksperimentele vorme. Sy toneelstukke blyk realisties te
 wees, maar dit is eerder soos ŉ raamwerk vir stories wat die postmoderne kondisie van
 Amerika ondersoek.

 Sy teaterstyl word gekenmerk deur monoloë met ŉ hallusinerende kwaliteit, dialoog wat
 bizar en somtyds nagmerrie-agtig is. Die taal is veronderstel om die gehoor te dra na
 momente van verhoogde bewussyn toe. ŉ Ander noemenswaardige aspek van sy werk
 is sy gebruik van ‘pastische’: hy gebruik beelde uit pop-kultuur en stel hulle in teenstelling
 met karakters op die verhoog voor.

 Post-moderne karakters

    Gebruik van karakters wat gewoon is en nie uitsonderlik nie.
    Karakters kan psigologies realisties wees met geloofwaardige motiverings.
    Karakters kan fragmentaries wees, losse verteenwoordigings van idees.

 Post-Moderne konvensies

 Pastiche: Die gebruik van verskeie idees uit vorige skryfwerk en litirêre style en hulle
 saamvoeg om nuwe style te vorm.

 Intertekstualiteit: Die gekrediteerde gebruik van ŉ vorige letterkundige werk in ŉ ander
 letterkundige werk.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             DRAMATIESE KUNSTE                          (EC/SEPTEMBER 2018)

Metafiksie: Die aksie van skryf oor skryf of om lesers bewus te maak van die fiktiewe
aard van die spesifieke fiksie wat hulle besig is om te lees. In teater word dit meta-
teater, die bewusmaak van die gehoor dat hulle slegs na ŉ toneelstuk kyk.

Temporale Distorsie (Tydsgebrokenheid): Die gebruik van nie-liniêre tydsverloop en
vertellingstegnieke in ŉ storie.

Minimalisme: Die gebruik van karakters en gebeure wat alledaags is en
onmerkwaardige karakters.

Maksimalisme: Ongeorganiseerde, lang, hoogs gedetailleerde skryfstyl.

Magiese Realisme: Die gebruik van onmoontlike of onrealistiese gebeure in ŉ
vertelling wat andersins realisties is.

Faksie: Die vermeng van feitelike historiese gebeure met fiktiewe gebeure sonder om
duidelik uit te wys wat feitelik is en wat fiktief is.

Leserbetrokkenheid / Gehoorbetrokkenheid: Dikwels deur direkte aanspreek van die
leser/gehoor en die ope erkenning van die fiktiewe/nie ware eienskap van die gebeure
wat beskryf word.

                                                              TOTAAL AFDELING A:           30

 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                       DRAMATIESE KUNSTE                                                        15

 AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER (1960–1994)
 VRAAG 2:       WOZA ALBERT! DEUR BARNEY SIMONS, PERCY MTWA EN
                MBONGENI NGEMA

 2.1 2.1.1      Onderwerp                                  10.11: SA-Teater, Werkswinkel Teater
                                                           12.5: SA-Teater (1960-1994)
                Kognitiewe moeilikheidsvlak                Onthou
                Bevelswerkwoord                            Noem
                Verduideliking van bevelswerkwoord         Identifiseer, Spesifiseer en noem by die naam
                Kompleksiteit van denkproses               Feitlik
                Vlak van Kompleksiteit/Probleemoplossing   Maklik
                Rubriektipe                                Opstel
                Gewigstoekenning van punte                 Kort spesifieke antwoord
                                                           Laag           Middel            Hoog           1

                Werkswinkel metode.                                                                                (1)

       2.1.2    Onderwerp                                  10.11: SA-Teater, Werkswinkel Teater
                                                           10.8: Teks interpretasie
                Kognitiewe moeilikheidsvlak                Analiseer
                Bevelswerkwoord                            Bespreek
                Verduideliking van Bevelswerkwoord         Skryf volledig oor die onderwerp, neem
                                                           verskillende kwessies, idees of verwante
                                                           menings in ag of oorweeg dit
                Kompleksiteit van denkproses               Prosedure
                Vlak van Kompleksiteit/Probleemoplossing   Moeilik
                Rubriektipe                                Kort uitgebreide antwoord
                Gewigstoekenning van punte                 Laag       1   Middel        2    Hoog              3

                Nasieners moet met diskresie merk. Die volgende is ŉ riglyn:
                Met betrekking tot die werkswinkelmerkmetode, ‘Vryheid met
                Interpretasie’ kan verwys na die volgende:

                Een punt vir ŉ eenvoudige antwoord en DRIE punte vir ŉ
                goedgemotiveerde antwoord:

                     Elke lid van die groep kan ewe veel analiseer en bydra tot die skep
                      van die produksie sonder vrees oor hul posisie in die produksie as
                      geheel.
                     Idees kan kollektief wees in plaas van een persoon wat analitiese
                      besluite sonder die toestemming van die span maak.
                     Elke idee wat deur spanlede voorgestel word is onderhewig aan
                      analise en kritiek deur die groep.
                     Om oop-kop te wees in die benadering van die repetisieproses.
                     Om in staat te wees om die besluite wat vroeër geneem is te
                      verander gebaseer op nuwe ontdekkings.
                     Om in staat te wees om die produksie te vorm op jou eie manier
                      terwyl jy repeteer.
                     Om vrylik te analiseer en dinge te verander sonder vrees oor wie jy
                      in die produksie is.                                                                         (3)

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                   DRAMATIESE KUNSTE                                      (EC/SEPTEMBER 2018)

      2.1.3   Onderwerp                                  10.1 Inleiding na Drama
                                                         10. Verhoogkonvensies
                                                         11.11 Gestroopte Teater
                                                         12.3 Epiese Teater
                                                         12.5 SA Teater (1960–1994) Toneelteks Woza
                                                              Albert!
              Kognitiewe moeilikheidsvlak                Analisering
              Bevelswerkwoord                            Verduidelik
              Verduideliking van bevelswerkwoord         Maak iets duidelik, maklik om te verstaan deur meer
                                                         volledig te beskryf of feite en informasie te gee
                                                         Gee ŉ rede om te regverdig of te verduidelik (ŉ
                                                         aksie/handeling van gebeurtenis)
              Kompleksiteit van denkproses               Konseptueel
              Vlak van Kompleksiteit/Probleemoplossing   Gemiddeld
              Rubriektipe                                Analisering
              Gewigstoekenning van punte                 Laag      0–1    Middel      3–6     Hoog       7–8

              Oorweeg die volgende riglyne (Verwys na AANHANGSEL A).
              Ken punte toe vir VIER verskillende aspekte wat bespreek is of TWEE
              goedbespreekte aspekte.
              Die tradisionele handeling (plot) vir toneelstukke lyk gewoonlik so:
                 Uiteensetting/Eksposisie plaas die situasie. Die skrywer stel die
                  karakters en die ruimte voor en gee ŉ omskrywing en agtergrond.
                 Die komplisering ook genoem die motoriese moment, is ŉ enkele
                  gebeurtenis wat die hoofkonflik in beweging sit.
                 Die Ontwikkeling bou die storie en dit word meer opwindend.
                 Die Klimaks is die moment van grootste spanning in die storie.
                 Die afloop gebeur as gevolg van die klimaks en ons weet die storie
                  staan einde se kant toe.
                 Die resolusie is wanneer die karakter die hoofprobleem/-konflik oplos
                  of iemand dit vir hom/haar doen.
                 Denouement (Frans: die ontknoping van die aksie): is die reeks
                  gebeurtenisse wat volg op die plot se klimaks. Dit is die
                  teenoorgestelde van die uiteensetting, deurdat dit enige oorblywende
                  vrae of onduidelikhede wat nog oorbly na die resolusie deur die
                  karakters opgelos word of deur die dramaturg verduidelik word.

              Partymaal laat die dramaturg ons dink oor die tema of moontlikhede van
              die karakters se toekoms.

 Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                   DRAMATIESE KUNSTE                                        17

                Kandidate mag die plot/intrige teëstaan deur die struktuur te bespreek
                as episodies. ŉ Episodiese struktuur word deur die volgende
                gekarakteriseer:

                     Elke toneel het ŉ begin, middel en ŉ einde.
                     Die struktuur kan of deur die handeling of deur die karakters
                      aangedrewe wees. Hou in gedagte dat ŉ ‘plek’ beskou kan word as
                      ŉ karakter indien dit die sentrale figuur in elke episode is.
                     Indien die storie karakteraangedrewe is sal daar heel moontlik ten
                      minste een karakter in elke episode opdaag, en word hierdie karakter
                      gebruik as die stukrag in elke storie. (In die geval van Woza Albert,
                      Percy en Mbongeni).
                     Indien die storie plotgedrewe is, sal mens heel moontlik dieselfde
                      karakter, plek of tema in elke storie teëkom, maar die stukrag sal die
                      handeling in elke storie wees.
                     Elke toneel/episode staan op sy eie. Party van die grappe maak
                      staat daarop dat jy heelwat weet van die karakters vanuit vorige
                      episodes en die hoofkarakter se doel word dikwels ontwikkel met
                      verloop van tyd, maar as geheel staan elke episode alleen as ŉ
                      individuele storie.

                Kandidate mag teen die tradisionele argumenteer deur die informasie
                hierbo te gebruik.

                KOSTUUM:

                     Kostuums is outentiek
                     Kostuums demonstreer die plek, sosio-politiese, kulkturele,
                      tydsperiode, ouderdom, geslag ens karaktertrekke van die karakter

                In Woza Albert!

                     Akteurs dra slegs broeke
                     Kostuums is verteenwoordigend
                     Kostuums word gebruik om in verskillende karakters te verander in
                      die stuk
                     Daar is minimale gebruik van kostuums                                     (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                       DRAMATIESE KUNSTE                                           (EC/SEPTEMBER 2018)

2.2    Onderwerp                           10.12 Verhoogkonvensies
                                           11.1 Realisme en Stanislavski
                                           11.10 Gestroopte teater
                                           12.5 SA Teater (1960-1994)
       Kognitiewe moeilikheidsvlak         Analisering
       Bevelswerkwoord                     Verduidelik
       Verduideliking van                  Maak iets duidelik, maklik om te verstaan deur meer volledig te beskryf of
       bevelswerkwoord                     feote en informasie te gee
                                           Gee `n rede om te regverdig of te verduidelik (`n aksie/handeling of
                                           gebeurtenis)
       Kompleksiteit van denkproses        Konseptueel
       Vlak van                            Gemiddeld
       Kompleksiteit/Probleemoplossing
       Rubriektipe                         Kort Spesifieke Antwoord
       Gewigstoekenning van punte          Laag          1–2     Middel          3–4     Hoog                  5–-6

       Kandidaat stem saam of verskil met die gegewe stelling. Alhoewel dit in die
       begin van Woza Albert! duidelik gestel word dat die akteurs, Mbongeni en
       Percy, aan ŉ streng akteursopleidingsmetode d.i. gestroopte teater tegnieke
       onderworpe was. Oorweeg die volgende:

       Gee vol punte vir DRIE goedgemotiveerde redes.

       In Woza Albert! is die volgende waar oor die toneelspel:

          Sy doel was om die skeiding tussen die akteur en die gehoor te elimineer en
           sodoende ŉ tipe gemeenskap tussen die twee te skep (die heilige
           gemeensaamheid [soos nagmaal])
          Akteurs tree tipies op met gehoorlede aan baie kante.
          Deelnemers het ook in en om die gehoorlede opgetree deur strategies
           tussen hulle geplaas te wees in die spasie.
          Die akteur en sy/haar vaardighede was die kern van alle Gestroopte Teater
           optredes.
          In sekere gevalle het die optredes geen rekwisiete gebruik nie, maar die
           akteurs is ook as rekwisiete ingespan.
          Akteuropleiding was intens en het oor lang periodes gestrek.
          Akteurs met egos het geen plek in Grotowski se teater gehad nie.
          Die doel was vir die toneelspel om outentiek te wees, ook soos Stanislavski
           se sisteem (maar meer fisies).
          Grotowski het ŉ variasie van Stanislavski se emosionele geheue-tegniek
           gebruik met sy eie akteurs.                                                 (6)

 Kopiereg voorbehou                                                                                    Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                         DRAMATIESE KUNSTE                                                          19

2.3    Onderwerp                                  10.12 Verhoogkonvensies
                                                  12.5 SA Teater (1960-1994)
       Kognitiewe moeilikheidsvlak                Evaluering
       Bevelswerkwoord                            Evalueer
       Verduideliking van bevelswerkwoord         Bepaal, beoordeel, oorweeg die betekenis/belangrikheid, waarde,
                                                  doel, toestand van iets deur noukeurige waardebepaling en studie
                                                  om te verstaan, te interpreteer
       Kompleksiteit van denkproses               Metakognitief
       Vlak van Kompleksiteit/Probleemoplossing   Baie moeilik
       Rubriektipe                                Kort Spesifieke Antwoord
       Gewigstoekenning van punte                    Laag         1–2      Middel       3–4         Hoog        5–6

       Kandidate se eie reaksie. Nasieners moet volgens diskresie merk.

       Gee volpunte vir DRIE goedgemotiveerde redes met voorbeelde.

       Die volgende kan die redes wees:

          Die episodiese aard van die toneelstuk kan verander
          Hulle sou dalk regte kostuums moet aantrek
          Daar sal te veel akteurs op die verhoog wees
          Die akteurs se vaardighede sal nie die utigedaag word tot die uiterste nie.                                (6)

2.4    Onderwerp                                  11.10 Gestroopte Teater
                                                  12.5 SA Teater (1960-1994) Woza Albert!
       Kognitiewe moeilikheidsvlak                Voorstel
       Bevelswerkwoord                            Verduidelik, Beskryf
       Verduideliking van bevelswerkwoord         Maak iets duidelik, maklik om te verstaan deur meer volledig te
                                                  beskryf of feite en informasie te gee
                                                  Gee `n rede om te regverdig of te verduidelik (`n aksie/handeling
                                                  van gebeurtenis)
                                                  Gee, vertel, oorvertel, sê, beskryf, gee verduideliking aan
                                                  gedetaileerde weergawe
       Kompleksiteit van denkproses               Konseptueel
       Vlak van Kompleksiteit/Probleemoplossing   Prosedure
       Rubriektipe                                Kort Spesifieke Antwoord
       Gewigstoekenning van punte                 Laag            1–2     Middel       3–4      Hoog           5–6

       Gee volpunte vir DRIE betekenisse wat goed verduidelik is met voorbeelde en
       redes wat deur die kandidaat verskaf is.

       Hierdie is ŉ paar van die motiverings van die betekenis van die term
       Gestroopte Teater (Arm Teater).

          Grotowski se speelarea was tiperend minimaal, met enkele rekwisiete en
           geen stel nie. Transformasie van voorwerpe was ŉ kernaspek van
           Gestroopte Teater.
          Na transformasie was voorwerpe dikwels simbolies en/of gelaai met
           betekenis
          Beligting het tipies die hele area belig met geen spesifieke kolligte of
           fokusareas nie
          Indien enigsins gebruik sou ‘kostuums’ anoniem wees, en glad nie dien
           om ŉ karakter te identifiseer tot karakterwees (soos in realisme) nie                                      (6)

Kopiereg voorbehou                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                     DRAMATIESE KUNSTE                                        (EC/SEPTEMBER 2018)

2.5   Onderwerp                                  10.12 Verhoogkonvensies
                                                 12.5 SA Teater (1960-1994) Woza Albert!
      Kognitiewe moeilikheidsvlak                Stel voor
      Bevelswerkwoord                            Bespreek
      Verduideliking van bevelswerkwoord         Skryf in besonderhede oor die onderwerp, neem verskillende
                                                 kwessies, idees of verwante menings in ag of oorweeg dit
      Kompleksiteit van denkproses               Metakognitief
      Vlak van Kompleksiteit/Probleemoplossing   Baie moeilik

      Rubriektipe                                Uitgebreide saamgestelde antwoord
      Gewigstoekenning van punte                 Laag       0–3     Middel     4–7     Hoog            8–10

      Verwys na verhoogkonvensies van Gestroopte Teater. Neem die
      skoolomgewing in ag by die kandidaat se antwoord.

      Gebruik die rubriek by AANHANGSEL B.                                                                      (10)
                                                                                                                [40]

                                                     OF

 Kopiereg voorbehou                                                                               Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2018)                         DRAMATIESE KUNSTE                                                            21

VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY

3.1   3.1.1   Onderwerp                                       12.5 SA Teater (1960-1994)
              Kognitiewe moeilikheidsvlak                     Onthou
              Bevelswerkwoord                                 Noem, Identifiseer en Selekteer
              Verduideliking van bevelswerkwoord              Spesifiseer tyd en plek soos verlang, Bewys wat of wie
                                                              iemand of iets is. Kies versigtig, bepaal of besluit die
                                                              mees geskikste
              Kompleksiteit van denkproses                    Feitelik
              Vlak van Kompleksiteit/Probleemoplossing        Maklik
              Rubriektipe                                     Kort Spesifieke Antwoord
              Gewigstoekenning van punte                       Laag         1       Midde       2      Hoog      3–4
                                                                                      l

              Die karakter van Jakes stel die gehoor bekend aan die sosio-politiese
              agtergrond van die toneelstuk in ŉ monoloog. Die gehoor word dan
              voorgestel aan die karakter van Mingus en die skryf van ŉ liefdesbrief wat
              die tema van liefde kontrasteer met die konflik van die ‘struggle’ of stryd
              teen Apartheid. Die uiteensetting duur voort in toneel 2 waar ons vir
              Mamariti se Shebeen en die karakters van Lulu en Princess ontmoet. Die
              uiteensetting kom tot ŉ einde met die motoriese moment wanneer Ruth
              inkom.                                                                                                      (4)

      3.1.2   Onderwerp                             10.12 Verhoogkonvensies
                                                    12.5 SA Teater (1960-1994)
              Kognitiewe moeilikheidsvlak           Skepping
              Bevelswerkwoord                       Skep
              Verduideliking van bevelswerkwoord    Ontwikkel uit iemand se eie idees of verbeelding, as ŉ kunswerk, ŉ
                                                    skepping of iets nuut. Rede vir die bestaan daarvan
              Kompleksiteit van denkproses          Metakognitief
              Vlak van                              Moeilik
              Kompleksiteit/Probleemoplossing
              Rubriektipe                           Kort Spesifieke Antwoord
              Gewigstoekenning van punte             Laag      1–2       Middel     3–4             Hoog       5–6

              Gee punte vir kennis van die posisies op die verhoog asook die gebruik
              van beweging en beligting.

              Die volgende is ŉ voorbeeld van ŉ moontlike antwoord:

              Stroke lig verlig die akteurs wat oor die verhoog versprei is op verskillende
              vlakte met Jakes op middelverhoog. Hulle beweeg rond oor die verhoog
              terwyl hulle die openingslied sing. Die karakters beweeg na hul spesifieke
              plekke op die verhoog aan die einde van die lied om hulle karakters te
              vestig: Lulu na die skoolbank, Mamariti na die leunstoel, Mingus en
              Princess na die straatlig en Charlie by Mingus se voete. Jakes na die
              tikmasjien. Jake staan op en beweeg na die voorverhoog waar hy met die
              gehoor praat. Mingus sluit by hom aan tot toneel twee wanneer al die
              karakters belig word in Mamariti se huis.                                                                   (6)

 Kopiereg voorbehou                                                                                        Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [DRAMATIC ARTS GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-gr12-qp-sept2018-afrikaans/cc9ad4f2-271e-4d40-b2bb-6d874aab4c1a) — Dramatic Arts · QP · 2018 · Afr
- [DRAMATIC ARTS MEMO GR12 2015 AFRIK](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-memo-gr12-2015-afrik/1c1a2d6f-a720-4e72-a241-9de305259eb5) — Dramatic Arts · Memo · 2015 · Afr
- [DRAMATIC ARTS GR12 QP SEPT2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-gr12-qp-sept2018-afr-d/4c7d2735-cef9-4315-8f0f-bf321b354a6a) — Dramatic Arts · QP · 2018 · Afr
- [DRAMATIC ARTS GR12 QP SEPT2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-gr12-qp-sept2018-eng-d/cd957439-6149-4044-b624-84f0da21a6a4) — Dramatic Arts · QP · 2018 · Eng
- [Dramatic Arts June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-june-2018-memo-eng/a642c426-e331-474c-8fc6-3b8e2d1cfd4a) — Dramatic Arts · Memo · 2018 · Eng
- [Dramatic Arts June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-june-2018-memo-afr/2a6b3244-36bc-4078-8eeb-bdd52f514680) — Dramatic Arts · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-afr/b4a67589-411d-46bb-b333-65beeafd2138) — QP · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-afr/ee64452f-d716-4e2c-a4c0-eb6f240cdecb) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-eng/d7900b57-db36-4c03-9c8b-4da9102aed06) — QP · 2024 · Eng
- [Dramatic Arts May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/196a7629-8432-4e24-976d-ba79e198fc93) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2023-afr/d83a79ed-952c-4dbb-bcf5-b472a41821c8) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
