# Dramatic Arts Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Dramatic Arts question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-gr12-qp-sept2018-afrikaans/cc9ad4f2-271e-4d40-b2bb-6d874aab4c1a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-gr12-qp-sept2018-afrikaans/cc9ad4f2-271e-4d40-b2bb-6d874aab4c1a)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2018

                  DRAMATIESE KUNSTE

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 DRAMATIESE KUNSTE                      (EC/SEPTEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
                                                                               Punte
        AFDELING A:      20ste Eeuse Teaterbewegings                            (30)
        AFDELING B:      Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994                      (40)
        AFDELING C:      Suid-Afrikaanse Teater: Post-1994                      (40)
        AFDELING D:      Teatergeskiedenis, Praktiese Konsepte, Inhoud en
                         vaardighede                                             (40)

 2.     AFDELING A

        Alle kandidate moet die vraag antwoord deur te verwys na die
        toneelteks wat hulle bestudeer het en die relevante 20ste eeuse
        teaterbeweging.

        EPIESE TEATER
         Caucasian Chalk Circle                 Bertolt Brecht
         Kaukasie Krytsirkel                    Vertaling van die Bertolt Brecht-teks
         Mother Courage                         Bertolt Brecht
         Moeder Courage                         Vertaling van die Bertolt Brecht-teks
         The Good Person of Szechwan            Bertolt Brecht
         Kanna Hy Kô Hystoe                     Adam Small

        TEATER VAN DIE ABSURDE
         Waiting For Godot                      Samuel Beckett
         Afspraak met Godot                     Vertaling van die Samuel Beckett-teks
         Bagasie                                Andrê P Brink
         The Bald Prima Donna                   Eugeni Ionesco
         Die Kaalkop Prima Donna                Vertaling van die Eugene Ionesco-teks

        POSTMODERNE TEATER
         Skrapnel                               Willem Anker
         Top Girls                              Carol Churchill
         Popcorn                                Ben Elton
         Buried Child                           Sam Shepard

 3.     AFDELING B

        SUID-AFRIKAANSE TEATER (1960–1994)

        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Kandidate moet slegs EEN
        vraag uit hierdie afdeling beantwoord.

        VRAAG 2:      Woza Albert!            Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en
                                              Barney Simon
        VRAAG 3:      Sophiatown              Junction Avenue Theatre Company
        VRAAG 4:      Siener in die Suburbs   PG du Plessis

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                 DRAMATIESE KUNSTE                                 3

 4.      AFDELING C

         SUID-AFRIKAANSE TEATER (POST-1994)

         Hierdie afdeling bestaan uit TWEE vrae. Kandidate moet slegs EEN
         vraag uit hierdie afdeling beantwoord.

         VRAAG 5: Nothing but the Truth         John Kani
         VRAAG 6: Mis                           Reza de Wet

 5.      AFDELING D

         TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE KONSEPTE, INHOUD EN
         VAARDIGHEDE

         Vraag 7 is VERPLIGTEND

         VRAAG 7: Die Geskiedenis van Teater, Praktiese konsepte, inhoud en
                  vaardighede.

         NOTA AAN ONDERWYSERS

         AFDELING D mag elke jaar ŉ verskeie aantal vrae bevat afhangend van die
         aspekte wat assesseer word asook die bronmateriaal wat gebruik word.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 DRAMATIESE KUNSTE                        (EC/SEPTEMBER 2018)

 AFDELING A: 20STE EEUSE-TEATERBEWEGINGS (-ISMES)

 VRAAG 1: 20STE EEUSE-TEATERBEWEGINGS (-ISMES)

 1.1 Beantwoord hierdie vraag deur na die toneelteks en die relevante 20 ste eeuse
     teaterbeweging wat jy bestudeer het te verwys. (Teater van die Absurde OF
     Epiese Teater OF Postmoderne Teater)

     Skryf die titel van die teks wat jy bestudeer het boaan jou opstel neer.

     Lees die volgende aanhalings van verskeie (Facebook) plasings:

      Eish, jongmense jaag RDP-huise en sosiale toelaes na. Ons droom nie meer
      nie.
                                                     Geplaas deur Rachel Rozelle Mohajane

      … Ek gaan in ŉ donker kamer lê en my lewe oordink.
                                                                 Geplaas deur LoveScience

      … daar is geen punt daaraan om te soek en te strewe na dit wat aan die
      buitekant sit nie. Die mens dink dat hy geluk kan kry in die wêreld of iewers op
      ŉ ander plek …
                                                          Geplaas deur Sri Sathya Sai Baba

      Alleen beteken nie eensaam nie.
                                                                     Geplaas deur Huffpost

      Party mense moet uit jou lewe waai want hul seisoen het verval!
                                                            Geplaas deur Paula-White Cain

      Kuns is ŉ rewolusionêre aksie. Die vorm van kuns en die rol daarvan in die
      samelewing verander voortdurend en op geen stadium is kuns staties nie,
      daar’s geen reëls nie … karakters
                                                            Geplaas deur Eaindray Minthwin

      Mense in vandag se wêreld gebruik sosiale media om hul gevoelens oor die
      lewe en die wêreld uit te druk. Die 20ste eeuse teaterpraktisyne het in ŉ ander
      wêreld geleef.

      Vergelyk hoe hul wêreld anders en/of dieselfde is as die wêreld waarin ons
      vandag leef deur ŉ opstel te skryf waarin jy die idees oor die lewe en die
      wêreld bespreek soos dit in die toneelteks wat jy bestudeer het uitgedruk word.
      Verduidelik en motiveer hoe die dramaturg sy idees uitdruk deur die gebruik
      van die tegnieke wat in die toneelstuk voorkom.

      Verwys na die boonste aanhalings asook na die temas, karakters en
      teatergebruike (theatrical conventions) wat deur die dramaturg van jou
      toneelstuk gebruik is.

      Jou opstel moet 3–4 bladsye lank wees.

                                                                 TOTAAL AFDELING:              30

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                    DRAMATIESE KUNSTE                                    5

 AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER (1960–1994)

 Beantwoord slegs EEN vraag uit hierdie afdeling.

 VRAAG 2:       WOZA ALBERT! DEUR BARNEY SIMONS, PERCY MTWA EN
                MBONGENI NGEMA

 2.1 Lees die volgende uittreksel en beantwoord dan die vrae wat daarop volg.

       Die metode waardeur ŉ werk geskep word is tradisioneel hiërargies, met         1
       ŉ bestaande teks, ŉ regisseur wat die teks interpreteer en akteurs wat
       die kollektiewe visie van die dramaturg en die regisseur uitbeeld.
       Gedurende die sewentigs en tagtigs was die uitvoerende kunstenaars
       meer vryheid gegun om te interpreteer, dus die verskeie skeppers van           5
       hierdie werk met Barney Simon as die fasiliteerder in die kreatiewe
       proses. Gedurende die kreatiewe proses is baie van die tradisionele
       teatergebruike soos spasie, beweging, atmosfeer, simbolisme en taal
       uitgedaag.                                                                     9

       2.1.1    Watter ‘metode waardeur ŉ werk geskep word’ is gebruik vir Woza
                Albert!? (reël 1)                                                           (1)

       2.1.2    Verduidelik wat jy verstaan met ‘meer vryheid om te interpreteer’.
                (reël 5)                                                                    (3)

       2.1.3    Verduidelik hoe sekere tradisionele teatergebruike in Woza Albert!
                uitgedaag word. Oorweeg karakters, intrige (plot) en kostuums in jou
                antwoord.                                                                   (8)

 2.2 Dink jy dat dit moontlik is om die Stanislavski-sisteem te gebruik om ŉ karakter
     uit Woza Albert! uit te beeld? Motiveer jou antwoord.                                  (6)

 2.3 Watter verskil sou dit maak as Woza Albert! dieselfde hoeveelheid akteurs
     gehad het as die hoeveelheid karakters wat in die stuk uitgebeeld word?
     Ondersteun jou antwoord met voorbeelde.                                                (6)

 2.4 Oorweeg die volgende stelling.

       Gestroopte teater het niks te doen met geld nie.

      Stem jy saam of verskil jy met die bogenoemde stelling?

      Verwys na verhoogplasing (setting) en kostuums in Woza Albert! om jou
      antwoord te ondersteun.                                                               (6)

 2.5 Hoe sou jy te werk gaan om ŉ produksie van Woza Albert! by jou skool op die
     planke te bring? Verwys na verhoogtegnieke en die relevansie van die temas
     vir die gehoor.                                                                      (10)
                                                                                          [40]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                    DRAMATIESE KUNSTE                       (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 3:       SOPHIATOWN DEUR DIE JUNCTION AVENUE THEATRE
                COMPANY

 3.1    Oorweeg die onderstaande BRON wat uit die artikel, ‘We were taken by
        surprise’ (Ons is onverwags (weg)gevat) en beantwoord die vrae wat volg.

        ‘… Ons het ŉ kennisgewing gekry dat ons op 12 Februarie 1955 geskuif gaan
        word, maar ons was verras deur duisende polisiemanne en soldate, wat
        swaar bewapen was,’ dra Mokhine by.

        ‘Ons was nog besig om onsself voor te berei om teen die verskuiwings te
        protesteer, en ons het geen keuse gehad nie want niemand was gereed vir
        hulle nie – en buitendien, hulle was bewapen.’

        Omtrent 65 000 mense was verskuif na Meadowlands, Lenasia, Western
        Kleurlinglokasie (nou Westbury) en Noordgesig …

        3.1.1        Bespreek die inhoud van die uiteensetting (eksposisie) van
                     Sophiatown.                                                                   (4)

        3.1.2        Hoe sou jy die eksposisie op die verhoog doen ten einde dit effektief
                     en eg Sophiatown te maak? Motiveer jou keuses.                                (6)

 3.2    Beskryf die tipe kostuum wat jy sou kies vir die karakter van Mamariti en
        Mingus onderskeidelik. Motiveer jou antwoord.                                              (8)

 3.3    Hoekom dink jy was die gebruik van liedjies as deel van die handeling
        effektief, veral om van Sophiatown suksesvolle musiekteater (musical) te
        maak?                                                                                      (8)

 3.4    Skryf notas aan ŉ akteur oor hoe om die karakter van Charlie effektief te kan
        speel.                                                                                     (4)

 3.5    Wat kan die hedendaagse Suid-Afrikaners leer uit die kultuur of lewenstyl van
        die mense van Sophiatown? Gebruik voorbeelde uit die teks en huidige
        kwessies wat Suid-Afrikaners trotseer in jou antwoord.                                 (10)
                                                                                               [40]

                                                 OF

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                   DRAMATIESE KUNSTE                                    7

 VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS

 4.1    Identifiseer die protagonis van hierdie drama en motiveer jou keuse deur na
        die teks te verwys.                                                                    (4)

 4.2    Jy is die regisseur van ŉ produksie van Siener in die Suburbs. Skryf kort
        notas aan jou akteurs waarin jy verduidelik hoekom jy verwag dat hulle
        Stanislavski se toneelspeltegnieke moet gebruik as hulle hul rolle
        karakteriseer.                                                                         (6)

 4.3    Noem ŉ insident wat die sentrale tema van die toneelteks openbaar en gee ŉ
        kort beskrywing van die tema.                                                          (4)

 4.4    Verduidelik die ooreenkomste en verskille tussen die karakters van Ma en
        Tiemie.                                                                                (4)

 4.5    Die struktuur van hierdie toneelstuk kan as tipies van die teater van realisme
        (well-made play) gesien word. Skryf ŉ kort opstel waarin jy die struktuur van
        die drama duidelik bespreek deur na die handeling (plot) te verwys.                    (8)

 4.6    Die karakter van Ma sê dat sy ‘… weet van die swakhede van die mens.’
        Watter ‘swakheid’ uit haar eie ervaring verwys sy na?                                  (2)

 4.7    Skryf ŉ kort opstel waarin jy die verskillende betekenisse van die ‘sien’-
        element in die titel en deur die hele toneelstuk verduidelik volgens jou eie
        interpretasie. Verwys na spesifieke insidente in die teks om jou antwoord te
        motiveer.                                                                          (12)
                                                                                           [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:               40

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    DRAMATIESE KUNSTE                            (EC/SEPTEMBER 2018)

 AFDELING C: KONTEMPORȆRE SUID-AFRIKAANSE TEATER

 VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI

 5.1   Lees die volgende uittreksel en beantwoord dan die vrae wat volg.

        … Gedurende die twee dae van die handeling van die stuk sê Sipho                    1
        herhaaldelik dat, dwarsdeur sy lewe, hy opofferings gemaak het wat
        dikwels nie deur sy broer waardeer is nie. Hy vertel vir Mandisa en
        sy eie dogter, Thando, gespeel deur Warona Seane, van sy pynlike
        herinneringe. (‘Mense vat altyd goed by my,’ sê hy, ‘dis die verhaal
        van my lewe.’)                                                                      6
                                          [Bron: David Finkle, Desember 8, 2003, New York stad]

       Watter ‘goed’ verwys Sipho na in reël 5?                                                    (4)

 5.2   Verduidelik die term subteks aan ŉ mede-akteur.                                             (2)

 5.3   Oorweeg die volgende uittreksel en beantwoord dan die vrae wat volg.

        … Volgens Stanislavski (1937), ŉ beroemde akteur en toneelspel-       1
        spelonderwyser: ‘om eg te speel beteken om reg, logies, samehangend
        te dink, strewe, voel en om toneel te speel in eenheid met jou rol en
        dus ŉ psigologiese tegniek van die rol leef te assimileer …’          4

                       [Bron: Acting Training, Theory of Mind, and Empathy, E Ligthelm. UCT, SA]

        5.3.1   Wat is sommige van die sosiale kwessies waaraan jy moet ‘dink’
                (reël 2–3) as jy die karakter van Mandisa moet speel? Verwys na die
                toneelstuk in jou antwoord.                                                        (8)

        5.3.2   Bespreek hoe dinge in Sipho se verlede die manier waarop hy as
                karakter dink beïnvloed. Gebruik voorbeelde uit die toneelstuk.                    (8)

        5.3.3   Waarom is dit belangrik om jou karakter geloofwaardig te maak?
                Oorweeg die wedersydige gehoor-met-akteur verhouding in jou
                antwoord.                                                                          (8)

        5.3.4   Kies enige toneel uit Nothing but the Truth. Skryf regisseursnotas
                aan jou akteurs oor hoe hulle hul rolle geloofwaardig kan speel.
                Fokus op stem- en fisieke karakterisering in jou antwoord.                         (10)
                                                                                                   [40]

                                                 OF

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                    DRAMATIESE KUNSTE                                     9

 VRAAG 6: MIS DEUR REZA DE WET

 6.1    Motiveer kortliks, deur na die teks te verwys, waarom die styl van Mis as
        magiese realisme beskryf kan word.                                                       (4)

 6.2    Die stuk lewer kommentaar op die patriargale Afrikaner samelewing.

        6.2.1    Stem jy saam met die bogenoemde stelling? Motiveer jou opinie deur
                 na die karakter van Pa (Gabriël) te wys.                                        (3)

        6.2.2    Verduidelik die stereotipering van Afrikaner-vroue in die stuk deur na
                 Meisie, Miem en Gertie se karakterisering te verwys.                            (9)

 6.3    Jy is die regisseur van ŉ skoolproduksie van Mis. In die volgende vrae
        verwys na die akteur se stem- en fisiese karakterisering en verwys na
        spesifieke tonele in die teks waar hierdie transformasie duidelik is.

        6.3.1    Skryf kort notas aan die akteur wat Konstabel speel om hom te help
                 om Konstabel voor sy transformasie uit te beeld.                                (6)

        6.3.2    Skryf kort notas aan die akteur wat Konstabel speel om hom te help
                 om Konstabel na sy transformasie uit te beeld.                                  (6)

 6.4    Sal jy as regisseur vir jou spelers in Mis aanbeveel om Stanislavski se
        speltegniek te gebruik om die karakters effektief te uit te beeld? Motiveer jou
        antwoord.                                                                                (4)

 6.5    Grotowski het die gebruik van die tradisionele opvoerruimte (proscenium-
        boog) van opvoerings verander deur die spelers en gehoor in dieselfde spasie
        te akkommodeer. Skryf ŉ kort opstel waarin jy motiveer of jy Grotowski se
        idees oor die opvoerruimte sal gebruik in Mis of nie.                                 (8)
                                                                                             [40]

                                                               TOTAAL AFDELING C:                40

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                          DRAMATIESE KUNSTE                          (EC/SEPTEMBER 2018)

 AFDELING D:         TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE KONSEPTE, INHOUD
                     EN VAARDIGHEDE

 VRAAG 7:       TEATERGESKIEDENIS PRAKTIESE KONSEPTE, INHOUD EN
                VAARDIGHEDE
 7.1   Bestudeer die volgende BRONNE en beantwoord die vrae wat volg.

                         BRON 1                                       BRON 2

           ‘Akropolis’, foto met vergunning van die                                www.cssd.ac.uk
         Laboratorium Teater/Die Grotowski-Instituut.
                             Argief

                         BRON 3                                       BRON 4

                        Aaron Sutten                    'Fears, Dreams, Loves' deur Jessica Joan
                     ‘The Top of Bravery’                 Graham, Koonung Secondary College,
                                                                     2010 en 2011

       7.1.1      Watter teaterstyl word die beste in BRON 2 beskryf?                                  (5)

       7.1.2      Wat is die visuele verskille tussen BRON 3 en BRON 4? Gebruik
                  teater-terminologie in jou antwoord.                                                 (6)

       7.1.3      Watter BRON (1, 2, 3 of 4) dink jy vereis meer fisieke
                  voorbereiding? Motiveer jou antwoord.                                                (4)

       7.1.4      Identifiseer enige TWEE BRONNE hierbo wat geassosieer kan
                  word met realisme. Verwys na die stel (plasing) en kostuum in
                  jou antwoord.                                                                      (5)

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                   DRAMATIESE KUNSTE                                  11

 7.2    Reflekteer oor jou vokale en fisiese ontwikkeling van graad 10 tot 12 en
        verwys na spesifieke oefeninge wat jou gehelp het om as akteur te
        verbeter.                                                                     (10)

 7.3    Bespreek jou persoonlike opinie oor die verskil tussen ŉ student wat
        drama as ŉ vak neem en ŉ student wat drama by ŉ gemeenskapsentrum
        aanleer. Gee voorbeelde om jou antwoord te motiveer.

        Verwys na die volgende:
         Teatergeskiedenis
         Toneelspelteorie
         Stemteorie
         Bewegingsteorie                                                             (10)
                                                                                      [40]

                                                          TOTAAL AFDELING D:           40
                                                              GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [DRAMATIC ARTS GR12 MEMO SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-gr12-memo-sept2018-afrikaans/d75b4221-3b93-4f54-aef3-3bf4676a7b9c) — Dramatic Arts · Memo · 2018 · Afr
- [DRAMATIC ARTS GR12 QP SEPT2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-gr12-qp-sept2018-afr-d/4c7d2735-cef9-4315-8f0f-bf321b354a6a) — Dramatic Arts · QP · 2018 · Afr
- [DRAMATIC ARTS GR12 QP SEPT2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-gr12-qp-sept2018-eng-d/cd957439-6149-4044-b624-84f0da21a6a4) — Dramatic Arts · QP · 2018 · Eng
- [DRAMATIC ARTS MEMO GR12 2015 AFRIK](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-memo-gr12-2015-afrik/1c1a2d6f-a720-4e72-a241-9de305259eb5) — Dramatic Arts · Memo · 2015 · Afr
- [Dramatic Arts May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2018-afr/8838bb56-517b-4775-a87c-730edb31cb5e) — Dramatic Arts · QP · 2018 · Afr
- [Dramatic Arts May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2018-eng/101c8084-f4a4-4e59-9f41-b91c5a5d3e39) — Dramatic Arts · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/0c5cf551-3515-4f88-aed5-2e27892a9058) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/e81f2ce2-7475-4158-a9c0-2ee9e0139852) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/295292ad-642f-4171-ae1e-c2dd59f80f5a) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2023-afr/948a2d47-0400-447e-9ab5-2109a91783fd) — QP · 2023 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2023-eng/9495f15f-cb71-4b42-ab67-6a4b08401714) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
