# Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Dramatic Arts memorandum from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 38 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-june-2018-memo-afr/2a6b3244-36bc-4078-8eeb-bdd52f514680
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 38

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-june-2018-memo-afr/2a6b3244-36bc-4078-8eeb-bdd52f514680)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Memorandum, 38 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                              DRAMATIESE KUNSTE

                                         2018

                                  NASIENRIGLYNE

                                                                           PUNTE: 150

               Hierdie nasienriglyne bestaan uit 35 bladsye en 3 bylaes.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         2                                     DBE/2018
                                  SSE – Nasienriglyne

ALGEMENE AANTEKENINGE VIR DIE HOOFNASIENER EN NASIENERS

1.   Die doel van assesserings-/eksamenprosesse is nie net om die 'onthou' van
     kennis onderrig en geleer op elk van die 6 kognitiewe kennisvlakke te bepaal nie,
     maar ook om die kompleksiteit van die denkproses wat die kandidaat toepas op
     die kennis wat uit die geheue herwin is, te bepaal. Die instrument wat gebruik
     word om hierdie twee komponente te assesseer, is Anderson en Krathwohl se
     hersiene Blooms se Taksonomie.
     • 6 kognitiewe moeilikheidsvlakke
     • 4 kompleksiteitsdenkprosesse
2.   Die nasienriglynbesprekingsforum voordat nasien begin, kan nie genoegsaam
     alle antwoorde voorspel nie. Provinsiale nasieners moet dit in ag neem en oop
     wees vir kandidate se antwoorde. Maak seker dat verskillende onderrigstyle nie
     die leerder/kandidaat benadeel nie.
3.   Gebruik die eerste dag om die kwaliteit en hoeveelheid bewyse in die
     nasienriglyne te evalueer, die vereiste antwoorde te standaardiseer en om
     algemene definisies en begrippe te vind. Assimileer die:
     • Verwagte antwoorde op elke vraag
     • Die kognitiewe moeilikheidsvlak vereis van die kandidaat
     • Die tipe denkproses en -kompleksiteit wat van die kandidaat verwag word
     • Aksiewerkwoorde gebruik by elk van die kognitiewe vlakke en die tipes
          bewyse vereis (feite, konsepte, prosesse en denke)
     • Verwys na die bylaes aan die einde van die nasienriglyne
4.   As die nasienriglyn nie duidelike riglyne verskaf nie, moet 'n nasiener, met kort
     kommentaar, aandui waarom punte toegeken moet word of nie.
5.   Maak 'n duidelike merkie langs die betrokke aspekte ten opsigte van kognitiewe
     vlak/kompleksiteitsdenkproses/konsep/inhoud/vaardighede/kennis wanneer 'n
     punt toegeken word. Nasieners moet aktief by die antwoord betrokke wees.
     • Verwys na die bylaes aan die einde van die nasienriglyne
6.   Daar moet gedurende die nasienproses etlike konsultasierondtes wees om te
     verseker dat nasien gestandaardiseer is.
7.   Waar 'n kandidaat meer as die voorgestelde getal woorde geskryf het, moet hy/sy
     nie penaliseer word nie (bv. opstelvraag).
8.   Sien globaal na waar moontlik. Nasieners aanvaar enige korrekte, relevante en
     goed gemotiveerde antwoorde.
9.   Nasieners moet seker maak dat die kandidate se antwoorde ooreenstem met die
     KABV-dokument se Breë Onderwerpe en Onderwerpe.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          3                                    DBE/2018
                                   SSE – Nasienriglyne

STANDAARDISERING VAN NASIEN IN AL DIE PROVINSIES

Nasien van Opstel- en Antwoordvrae

Die hoofnasiener in elke provinsie moet die paradigma waaruit die vrae en die
bygaande nasienriglyne ontwerp en opgestel is:

1. Itemmoeilikheidsgraad:
   Hoe kompleks is die ontwerp van die vraag?
2. Taakmoeilikheidsgraad:
   Wat is die kognitiewe vlak en denkproses wat van die kandidaat verwag word?
3. Stimulusmoeilikheidsgraad:
   Hoe moeilik of maklik is dit om die bron te verstaan en toe te pas?
4. Moeilikheidsgraad van die antwoord wat verwag word:
   Wat is die hoeveelheid/aantal (hoeveel) en gehalte/kwaliteit (hoe goed) van die
   verwagte antwoord wat van die kandidaat vereis word, soos in die nasienriglyne
   gegee?
   Is dit in lyn met die item, taak en stimulus?
   Is die punte toepaslik toegeken en geweeg?
                                                                       –Leong: 2002

Wanneer nasieners aan die begin van die nasienproses opgelei word moet die
hoofnasiener in elke provinsie die volgende prosedure volg. Dit sal help met die
standaardisering van die puntetoekenning van kandidate se opstelle en antwoorde vir
elke deel van die eksamen. Dit sal ook nasionale nasienprosedures, -prosesse en -
uitslae standaardiseer.

Inleiding tot die Taak
• Nasieners lees die taak vereis vir die item en som dit op.
• Nasieners lees die item en beplan 'n antwoord op die taak.
• Nasieners deel antwoordplanne en som verwagtings vir kandidaatantwoorde op/
     deel nie net die hoeveelheid (aantal) bewyse nie, maar ook die gehalte van
     bewyse (hoe goed).

Inleiding tot die Rubriek en Ankervraestelle
• Opleier hersien rubriek met verwysing na die taak.
• Opleier hersien prosedures vir die toeken van holistiese punte (d.i. deur bewyse
     van die antwoord by die taal van die rubriek te pas en deur alle eienskappe ewe
     veel te laat weeg).
• Opleier lei die hersiening van elke ankervraestel en kommentaar.
     (LET WEL: Ankervraestelle word in volgorde van hoog na laag in elke puntvlak
     geplaas.)

Oefen Individuele Puntetoekenning
• Nasieners ken individueel punte aan 'n pak oefenvraestelle toe. Nasieners moet
   die vraestelle onafhanklik nasien.
• Opleier teken punte aan en lei bespreking. (Oefenvraestelle moet puntetelling en
   kommentaar bevat.)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        4                                     DBE/2018
                                 SSE – Nasienriglyne

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
        AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings                                     (30)
        AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994                               (40)
        AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994 – Kontemporêr                   (40)
        AFDELING D: Teatergeskiedenis, Praktiese Begrippe, Inhoud en
                       Vaardighede                                                  (40)
2.      AFDELING A
        VRAAG 1 is VERPLIGTEND.
        Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke
        20ste-eeuse Teaterbeweging.
        EPIESE TEATER
        • Caucasian Chalk Circle          Bertolt Brecht
        • Kaukasiese Krytsirkel           Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
        • Mother Courage                  Bertolt Brecht
        • Moeder Courage                  Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
        • The Good Person of Szechwan     Bertolt Brecht
        • Kanna Hy Kô Hystoe              Adam Small
                                           OF
        TEATER VAN DIE ABSURDE
        • Waiting for Godot               Samuel Beckett
        • Afspraak met Godot              Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks
        • Bagasie                         André P Brink
        • The Bald Primadonna             Eugene Ionesco
        • Die Kaalkop Primadonna          Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks
                                           OF
        POSTMODERNEE TEATER
        • Skrapnel                        Willem Anker
        • Top Girls                       Carol Churchill
        • Popcorn                         Ben Elton
        • Buried Child                    Sam Shepard
3.      AFDELING B
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
        hierdie afdeling.
        VRAAG 2: Woza Albert!            Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en
                                         Barney Simon OF
        VRAAG 3: Sophiatown              Junction Avenue Theatre Company OF
        VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis
4.      AFDELING C
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
        hierdie afdeling.
        VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani OF
        VRAAG 6: Groundswell             Ian Bruce OF
        VRAAG 7: Mis                     Reza de Wet
5.      AFDELING D
        Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag (VRAAG 8) wat VERPLIGTEND is.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                     5                                                            DBE/2018
                                              SSE – Nasienriglyne

AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS

VRAAG 1

 Gehaltevlak     Punte-     Gehalte van bewyse
               toekenning
 Kundige          Punt      Die antwoord dui toepassing van 'n redelike strategie aan wat lei tot 'n korrekte oplossing in die konteks
                            van die probleem. Die prosedurevoorstellings/-uitbeeldings is korrek. Die verduideliking en/of
                 24–30      regverdiging is logies gegrond, duidelik aangebied, volledig ontwikkel, steun die oplossing, en bevat
                            geen belangrike konseptuele foute nie. Die antwoord toon volledige begrip en ontleding van die
                            probleem.
 Gemiddeld       Punt       Die antwoord dui toepassing van 'n redelike strategie aan wat tot 'n korrekte oplossing in die konteks
 en                         van die probleem kan lei van nie lei nie. Die gebruik van inhoud/vaardigheid is essensieel korrek. Die
 Bogemiddeld     15–23      verduideliking en/of regverdiging is oor die algemeen goed ontwikkel, moontlik en steun die oplossing.
                            Die antwoord toon duidelike begrip en ontleding van die probleem.
 Behaal          Punt       Die antwoord dui onvolledige toepassing van 'n redelike strategie aan wat tot 'n doelgeskikte korrekte
                            oplossing kan lei van nie lei nie. Die gebruik van inhoud/vaardigheid is fundamenteel korrek.
                 11–14      Die verduideliking en/of regverdiging steun die oplossing en is aanvaarbaar. Die antwoord toon 'n
                            konseptuele begrip en ontleding van die probleem.
 Swak            Punt       Die antwoord dui min of geen toepassing van 'n redelike strategie aan nie. Dit kan die korrekte
                            antwoord bevat of nie. Die gebruik van inhoud/vaardigheid is onvolledig van ontbreek. Die
                 1–10       verduideliking en/of regverdiging toon ernstige beredeneringsgebreke. Die antwoord toon minimale
                            begrip en ontleding van die probleem.
 Nie Behaal      Punt       Die antwoord is heeltemal verkeerd en irrelevante. Daar is moontlik geen antwoord nie, of die antwoord
 Nie              0         is: 'Ek weet nie.'

Die volgende dien as 'n riglyn:
Die kandidaat moet:
• Hierdie vraag in die vorm van 'n opstel beantwoord
• Die toneelteks wat hy/sy bestudeer het, as 'n voorbeeld gebruik
• Na een van drie bewegings: Teater van die Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater verwys
• Na die bron in sy/haar antwoord verwys
• Toon dat die vraag en bron in sy/haar opstel ontleed, verstaan en geïntegreer is

Die inhoud van die opstel moet die volgende dek:
1. EEN gekose teaterbeweging:
     o Teater van die Absurde OF
     o Epiese Teater OF
     o Postmoderne Teater
2. Toneelteks bestudeer
3. Vraag
4. Bron

Nasiener se aantekeninge:
• Kandidaat moet toon dat die bogenoemde verstaan, krities ontleed en in die opstel toegepas is
• Kennis wat gememoriseer is, moet in 'n oorspronklike argument gekontekstualiseer word wat feitlike,
   kontekstuele, prosedure- en metakognitiewe denke getoon
• Die rubriek op die volgende bladsy is 'n riglyn vir die nasiener om die volgende te assesseer:
    o Kennisdimensievlakke (onthou, verstaan, toepas, ontleed, evalueer en skep)
    o Kompleksiteit van denke deur kandidaat getoon (feitelik, konseptueel, prosedure, metakognitief)
• Antwoorde moet in die vorm van aantekeninge wees.

Kopiereg voorbehou                                                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                  6                                                      DBE/2018
                                           SSE – Nasienriglyne

BESKRYWER        PUNT     DIE KANDIDAAT TOON DIE VOLGENDE:
                           Denkproses: Pas feitlike, konseptuele, prosedure-, en metakognitiewe kennis in die vraag,
                           bron en inhoud toe.
  Uitstaande
                           •    Integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n nuwe, kreatiewe en oorspronklike wyse.
                 27–30     •    Evalueer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne
Metakognitiewe
                 90–100         in 'n omvattende reeks insiggewend gekose teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
    Kennis
                   A+      •    Ontwerp en skep 'n argument volgens 'n nuwe en unieke patroon wat refleksiewe
     Skep                       kreatiewe, kritiese en analitiese denke toon.
                          Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te skep, te herorganiseer, te ontdek, te verander en
                          te verbeter.
                           Denkproses: Ondersoek feitlike, konseptuele, prosedure- en metakognitiewe kennis in die
                           vraag, bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n gedifferensieerde,
  Uitstekend
                           vertolkende en interessante wyse.
                 24–26     •    Beoordeel/Assesseer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander
Metakognitiewe
                 80–89          addisionele bronne in 'n betekenisvolle reeks toepaslik gekose teoretiese, praktiese en
   Kennis
                   A            estetiese inhoud.
   Evalueer                •    Stel 'n argument volgens 'n interessante patroon saam wat reflektiewe, kritiese en
                                analitiese denke toon.
                          Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te beoordeel, kritiek te lewer, aan te beveel en voor te stel.
                           Denkproses: Ontleed, onderskei en ondersoek feitlike, konseptuele en prosedurekennis in die
 Verdienstelik             vraag, bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n gedifferensieerde
                           en vertolkende wyse.
                 21–23
  Prosedure-               •    Ontleed/Dissekteer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele
                 70–79
    kennis                      bronne in 'n breë reeks toepaslik gekose teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
                   B
                           •    Stel 'n argument saam wat kritiese en analitiese denke toon.
   Ontleed                Kognitiewe vlak: Toon vermoë om gevolgtrekkings te maak, begrippe te dekonstrueer, met
                          mekaar in verband te bring, toe te skryf, te ontdek.
                           Denkproses: Ontleed en onderskei feitlike, konseptuele en prosedurekennis in die vraag, bron
  Wesenlik
                           en inhoud. Integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n georganiseerde,
                 18–20     gedifferensieerde en verklarende wyse.
  Prosedure-
                 60–69    •    Integreer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne in
    kennis
                   C           'n breë reeks toepaslik gekose teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
                          •    Verskaf 'n argument wat kritiese en analitiese denke toon.
   Toepas
                          Kognitiewe vlak: Toon 'n vermoë om toe te pas, saam te stel en te integreer.
                           Denkproses: Verduidelik, interpreteer en herformuleer feitlike en konseptuele kennis van die
  Voldoende                vraag, bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n konvensionele
                           wyse.
                 15–17
 Konseptuele               •    Interpreteer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne
                 50–59
   Kennis                       in 'n breë reeks teoretiese, praktiese en estetiese inhoud, voorspelbaar.
                   D
                           •    Verskaf 'n argument wat analitiese denke toon.
    Begrip                Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te interpreteer, met mekaar in verband te bring, toe te lig,
                          te klassifiseer, op te som, te vergelyk en te verduidelik.
                           Denkproses: Verduidelik en interpreteer feitlike en konseptuele kennis van die vraag, bron en
  Gemiddeld
                           inhoud. Integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n gedifferensieerde wyse.
                 12–14     •    Verduidelik voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne
 Konseptuele
                 40–49          in 'n voorspelbare reeks teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
   Kennis
                   E       •    Skryf 'n verduideliking in voorspelbare/algemene denkprosesse.
                          Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te interpreteer, met mekaar in verband te bring, toe te lig,
    Begrip
                          klassifiseer, op te som, te vergelyk en te verduidelik.
                           Denkproses: Definieer en pas kennis uit geheue toe. Integreer die vereistes van die vraag en
  Elementêr
                           bron op 'n ongekompliseerde/reguit/fundamentele vlak op 'n algemene wyse.
                 10–11     •    Kies voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne in 'n
   Feitlike
                 30–39          beperkte reeks teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
   Kennis
                   F       •    Skryf 'n verduideliking met voorspelbare denkprosesse.
   Onthou                 Kognitiewe vlak: Toon elementêre vermoë om probleem op te los, te identifiseer, te noem, in
                          verband te bring, te definieer.
Nie Behaal Nie             Denkproses: Onthou en pas kennis uit geheue toe. Probeer om vraag en bron te integreer,
                           maar toon beperkte tot basiese vermoë om die vereistes van die vraag en aanhaling op te los.
                  1–9
   Feitlike                •    Kies voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne in 'n
                 20–29
   Kennis                       beperkte, voorspelbare reeks teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
                   G
                          Kognitiewe vlak: Toon beperkte vermoë om te identifiseer, te noem, in verband te bring en te
   Onthou                 definieer.
Nie Behaal Nie             Denkproses: Toon geen begrip van die vraag van bron nie, kan nie opstel skryf nie, gee geen
                           voorbeelde uit die toneelteks van die teaterbeweging. OF
   Feitlike          0     •    Bied feite aan wat nie verband met vraag het nie. OF
   Kennis            H     •    Nie in staat om te identifiseer, te noem, in verband te bring, te definieer nie.
                          Kognitiewe vlak: Bied gememoriseerde inligting en inhoud aan wat nie die vraag antwoord nie.
   Onthou

Kopiereg voorbehou                                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          7                                   DBE/2018
                                   SSE – Nasienriglyne
Die volgende is algemene inligting oor die teaterbewegings.
EPIESE TEATER
Bedoeling en doel:
• Distansieer die gehoor (emosioneel)
• Moedig die gehoor aan om die wêreld waarin hulle leef meer krities en duideliker te
   beskou eerder as om hulle oortuigings as vanselfsprekend te beskou
• Maak duidelike onderskeid tussen 'n Illusieteater ('Dramatiese' Teater) en Epiese
   Teater
• Teen die idee van skynvertoon ('pretence') gekant ('n tipiese kenmerk van Realisme),
   beeld eerder die ongevoeligheid van die werklike lewe uit
• Toeskouers moet deur die hele toneelstuk bedag/op hulle hoede wees
• Verwyder die 'illusie' van Realisme
• Gebruik verskillende tegnieke om die gehoor te vervreem – verskil tussen wat hulle
   op verhoog sien en dit wat werklik is
Tegnieke:
• 'Verfremdungseffekt' of vervreemding distansieer gehore van die aksie op die
   verhoog
• Musiek moet noemenswaardige kommentaar lewer op die handeling, bv. in Moeder
   Courage waar die ironies bitter woorde van 'n liedjie wat oor die karakter se
   geleidelike morele agteruitgang handel, doelbewus op 'n soet, sorgelose wysie
   getoonset is. Die onversoenbaarheid van die wysie en die woorde dwing die gehoor
   om oor die ware betekenis van die liedjie na te dink
• Liedjies wat tussen tonele geplaas word om die gehoor te vertel wat moet gebeur
   voor dit plaasvind
• Verhoogruimte is nie spesifiek nie
• Dekorstelle is eenvoudig en simbolies
• Teater wat die handelinge wat aangebied word, 'vreemd' moet maak
• Historifikasie – die dramaturg moet die 'verledenheid' van die gebeure beklemtoon
   deur dit van die hede te skei
 Gehoorreaksie:
• Toeskouer moet dink dat indien hy/sy dieselfde toestande getoon het as dié wat in die
   toneel ervaar is, hy/sy anders sou opgetree het as gevolg van die lesse wat geleer is
• Toeskouers oorweeg wat hulle sou gedoen het om 'n positiewe verskil te maak
• Toeskouer moet geïnspireer wees om soortgelyke waardevolle maatskaplike/sosiale
   veranderinge met betrekking tot die huidige stand van sake te maak
• Toeskouer word aangemoedig om maatskaplike/sosiale hervormings in sy/haar
   gemeenskap of omgewing in te stel
TEATER VAN DIE ABSURDE
Die Absurdistiese wêreld:
• Lyk asof daar geen ware orde of betekenis is nie
• Bied die gehoor 'n eksistensialistiese standpunt van die buitewêreld
• Forseer die gehoor om hulle betekenis in die wêreld te bevraagteken
• Het geen definitiewe, spesifieke of herkenbare bestaan nie
• Stel voor dat mense is wat hulle van hulleself maak
• Stel voor dat mense deur hulle handelinge en keuses gekenmerk word
• Het 'n pessimistiese beskouing van die menslike lewenstryd
• Is hoofsaaklik met die mens se soeke na betekenis gemoeid
Karakters:
• Is nie vas/konsekwent nie
• Verteenwoordig die mensdom, terwyl hulle self niks is nie
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        8                                   DBE/2018
                                 SSE – Nasienriglyne
•  Bestaan in 'n droewige wêreld sonder betekenis
•  Is verlore, verward
•  Alle handelinge/aksies is waardeloos en absurd
•  Nar-agtig
•  Bly bymekaar omdat hulle bang is om in so 'n onverstaanbare wêreld alleen te wees
•  Gebrek aan identiteit– vervelig, oninteressant en sonder diepte
•  Vol foute
•  Nie goed afgerond nie – het geen verlede nie en die gehoor kry weinig aanduiding
   van wat die toekoms kan wees
• Bly staties en toon geen ontwikkeling nie
• Kom oor as afstootlik, pateties, ongelukkig en onbevoeg
• Kom voor as emosioneel leeg
• Hulle eienskappe word oordryf
• Word gebruik om Absurdiste se standpunte oor die menslike toestand uit te druk
• Is onderling afhanklik
• Is sosiale marionette'
• Voer tweeman-optredes op
Taal en dialoog:
• Dui daarop dat mense nie met kommunikasie bedrewe is nie
• Tree as hindernis tot kommunikasie op
• Isoleer die individu nog meer
• Toon dat taal/spraak feitlik waardeloos is
• Bevraagteken die waarde van taal
• Het vermoë om te kommunikeer verloor
• Kommunikasiepogings 'disintegreer' dikwels van clichés tot betekenislose lettergrepe
• Onvermoë van taal om gaping tussen die karakters te oorbrug
• Uitbeelding van ontmensliking, outomatisering en betekenisloosheid van menslike
   bestaan
• Bied die onverwagte, die bisarre en die absurde aan
• Gebruik stilte eerder as die gesproke woord
• Bevat betekenislose gesprekke
• Is 'uit gewoonte' en oppervlakkig
• Word beskou as 'n ontsnapping aan die verveligheid van die lewe
• Skep/Bou nuwe woorde
• Bevat banale alledaagse gesprekke gemeng met literêre taal, dubbele betekenisse,
   clichés, sleng en herhalings deurspek met poëtiese taal
• Uitbeelding van herhalende dialoogstyl om sikliese aard van die lewe te beklemtoon
Temas ondersoek en toon die:
• Tydelikheid en verganklikheid van tyd
• Tragiese gesukkel om van jou self bewus te word in die genadelose proses van
   vernuwing en vernietiging wat in die lewe plaasvind
• Verandering van tyd
• Hindernisse tot kommunikasie
• Nimmereindigende soeke na die werklikheid (realiteit)
• Tragiese aard van verhoudings
• Mens se angs in die aanskyn van totale betekenisloosheid
• Angs (eksistensiële angs)
• Isolasie en eensaamheid van die mens, verlore in 'n wêreld waarin God hom
   verlaat het
• Illusie dat wetenskap en rasionele denke antwoorde of betekenis gee
Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        9                                   DBE/2018
                                 SSE – Nasienriglyne

POSTMODERNISME

Die Postmoderne wêreld:
• Verwerp die sekerhede van die Moderne Tydperk
• Bevat geen groot narratief/vertelling of enkele waarheid nie
• Verwerp die idee dat daar 'n dominante stel oortuigings of 'n netjiese oplossing is
• 'Vernietig' die 'waarheid'
• Verwelkom veelvuldige standpunte, perspektiewe, realiteite
• Sluit kuns, teater, argitektuur, musiek, rolprente, letterkunde, modes, TV en ander
    vorms van uitdrukking in
• Leen by 'n reeks verskillende style
• Verwerp die idee van 'hoë kuns' en 'lae kuns'
• Verwelkom avant-garde-(toekomsgerigte/aktivistiese denke) eksperimentele teater
• Skryf nie 'suiwerheid' in kuns voor nie
• Is sterk teen hoë kuns gekant ('Trashes high art')
• Het nie vaste manier om kuns te skep nie
• Beweeg in die rigting van 'n meer subjektiewe opinie/mening
• Meen dat kultuur aan almal behoort
• Dekonstrueer ('n manier om vasgestelde idees uitmekaar te haal en weer op 'n nuwe,
    ontwrigte/verdeelde en deurmekaar manier aanmekaar te sit) idees, beelde en
    konstrukte/konsepte
• Weerspreek idees, beelde en konstrukte/konsepte
• Skryf nie 'n betekenis, standpunt of perspektief voor nie
• Meen dat elke individuele kyker sy/haar eie unieke betekenis skep
• Besin en vier die malligheid en chaotiese leefwyse in 'n Populêre kultuur
• Geniet nonsenskuns, -idees, -konstrukte/-konsepte en -teorieë
• Sien ironie en humor
• Beklemtoon HOE dinge gesien word, eerder as WAT gesien word
Pastiches
• Is 'n tegniek in visuele kunste waar verskillende beelde, mediavorms, ens.
    saamgeflans word om een stuk te vorm
• Gebruik verwysings en lae, verskillende tekste en beelde
• Gebruik Metateater/-teks
• Herinner kykers daaraan dat hulle in die teater is
• Bevat karakters wat uit karakter kan tree en met die gehoor kan kommunikeer
• Is die kunswerk wat oor homself besin
• Konstruksie is nie-lineêr
• Is refleksief/besinnend
• Is periferaal, nie-essensieel
• Bevat teorieë of idees
• Is gebroke
• Kan met baie standpunte en teenstrydige/botsende stemme oorvleuel
Opvoerings is:
• Die hooffokus
• Die hoofproses
• Nie in 'n manuskrip/teks vasgelê nie, omdat dit uit beelde, klanke en multimedia
    bestaan

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                       10                                   DBE/2018
                                 SSE – Nasienriglyne

Repetisieprosesse is:
• Geïmproviseer
• Verander
• Hersien
• Op datum gebring/Bygewerk
• Voortdurend tydens optrede/opvoering omskep
Gehoor is:
• 'n Belangrike aktiewe element
• Dikwels by die dialoog betrek
Toneeltekste:
• Het nie 'n duidelike begin, middel of einde nie
• Maak die manuskrip/teks net die beginpunt
• Het onbeantwoorde vrae
Tekste (visueel, gehoor, die menslike liggaam, ens.):
• Kyk na temas of teatertegnieke/-middele
• Laat die toneelstuk se einde oop
• Verwelkom die idee dat die gehoor hul eie betekenis skep
• Vra meer vrae as wat beantwoord word
• Bevat visuele beelde en nie-gesproke aksies/handelinge
• Dekonstrueer 'n waarheid en aanvaar nie net een realiteit nie
• Gebruik tyd, ruimte en struktuur om die gedekonstrueerde of gedefragmenteerde
   storie of intrige te eggo
• Het nie noodwendig werklike mense nie
• Bevat karakters en mense wat bloot 'n verteenwoordiging van gefragmenteerde idees
   is
• Begin dikwels op 'n realistiese punt, maar ontrafel en die aksie word onwerklik soos
   wat die toneelstuk ontwikkel

                                                           TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        11                                  DBE/2018
                                  SSE – Nasienriglyne

AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994

Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord.

VRAAG 2:      WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
              BARNEY SIMON

2.1      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
         Kandidate hoef net een verteenwoordiging te noem.

         Die volgende is 'n riglyn:
         'Pink noses' word gebruik om die volgende te verteenwoordig:
         • Wit karakters, bv. Baas Kom, die wit polisieman
         • 'n Myner se lamp                                                                (2)

2.2      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Die volgende is 'n riglyn:
         • Akteurs vertolk baie karakters deur transformasietegnieke
         • Dit is makliker om hulle regte name in die manuskrip te gebruik
         • Die toneelstuk is met die twee akteurs wie se name gebruik is, in 'n
            werkswinkel gedoen                                                             (2)

2.3      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
         Sien globaal na.

         Ken volpunte toe vir:
         • Drie goed gemotiveerde stellings OF
         • Ses aparte gedagtes/idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Gebruik van stem:
         • Akteurs moet die vermoë hê om verskillende aksente te gebruik want hulle
            wissel van een karakter na die volgende, bv. Bobbejaan word Baas Kom
         • Hulle moet klankeffekte met hulle stemme kan maak, bv. die klank van 'n
            sirene in die tronk
         Gebruik van liggaam:
         • Staan regop
         • Bors uit
         • Bene effens apart
         • Die fisiese kenmerke gee hulle 'n gevoel/sin van gesag/outoriteit
         Gebruik van opvoerruimte/blok (verhoogplasing):
         • Akteurs kan by die gehoor inkom en tussen hulle deurbeweeg
         • Die hele opvoerruimte kan vir die militêre parade gebruik word                  (6)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         12                                     DBE/2018
                                   SSE – Nasienriglyne

2.4      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Ken volpunte toe vir:
         • Twee goed gemotiveerde stellings OF
         • Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Akteurs:
         • Kan dit moeilik vind om veelvuldige rolle te vertolk omdat dit beide fisies
            en vokaal veeleisend is om van een karakter na die volgende verander
         • Is nie in staat om al die verskillende aksente van die verskillende karakters
            na te maak nie
         • Kan met die fisiese en vokale transformasie van die karakters sukkel want
            elke karakter moet sy eie unieke fisiese en vokale kenmerke hê
         • Kan met asembeheer sukkel omdat die opvoeringsvereistes fisies
            veeleisend is                                                                      (4)

2.5      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Ken volpunte toe vir:
         • Een goed gemotiveerde stelling OF
         • Twee aparte gedagtes/idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die verhoogaanwyings is nodig vir die sukses van die toneelstuk omdat:
         • Die gehoor sal hulle ook as militêre persone eien as gevolg van hulle
            gebare, militêre pette en pienk neuse
         • Die gehoor sal insien dat hulle gewond is as gevolg van die verbande
         • Die opvoeringstyl is Arm/Gestroopte Teater en die doeltreffendheid van
            Arm/Gestroopte Teater is om van enige onnodige kostuums of rekwisiete
            ontslae te raak en op die gehoor en wat belangrik is, te fokus                     (2)

2.6      Nasieners aanvaar ander relevante antwoorde.

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die gebeure wat tot Operation Coronation gelei het, is:
         • Bobbejaan en Zuluboy wag vir Morena se aankoms
         • Hulle wil hê Morena moet nog meer stene maak
         • Morena kom aan en hulle bied hom kos en drinkgoed aan
         • Bobbejaan verraai Morena by die polisie
         • Die polisie voer 'n klopjag by Coronation Brickyard uit
         • Zuluboy slaan 'n polisieman met 'n knopkierie
         • Morena word in hegtenis geneem                                                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        13                                   DBE/2018
                                  SSE – Nasienriglyne

2.7      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
         Ken volpunte toe vir:
         • Drie goed gemotiveerde stellings wat evaluering weerspieël OF
         • Ses aparte gedagtes/idees
         Die volgende is 'n riglyn:
         Fisiese komedie:
         Karakters:
         • Gebruik oordrewe bewegings en gebare om na te aap/boots (mimiek) en
            spot met karakters en aksies/handelinge, bv. marsjeer soos soldate
         Vokale komedie:
         Karakters:
         • Gebruik oordrewe aksente om te spot te dryf en humor te skep
         • Gebruik vokale mimiek van stereotipes ('n sersant) vir eiening en
            veroorsaak 'n gelag
         • Gebruik hiperbool, bv. 'He struck me with 'n branch of 'n tree'                  (6)
2.8      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Ken volpunte toe vir:
         • Twee goed gemotiveerde stellings OF
         • Vier aparte gedagtes/idees
         Die volgende is 'n riglyn:
         Woza Albert! kan as Protesteater beskryf word want die tonnelstuk:
         • Protesteer teen apartheid
         • Hanteer sosiopolitieke kwessies wat verander moet word, bv. armoede,
            Bantoe-onderwysstelsel, swak werksomstandighede
         • Het ten doel om die samelewing buite die terrein van die teater te
            verander
         • Is gebruik om die onderdrukte massa/mense teen apartheid op te sweep             (4)
2.9      Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE 'n om jou nasienwerk te lei.
         Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
         Die volgende is 'n riglyn:
         Onderrig en mobilisering het plaasgevind deur:
         Inhoud wat:
         • Relevante sosiopolitieke kwessies, swak werksomstandighede, armoede
            en Bantoe-onderwys uit te lig
         • Die gehoor met kwessies van die stryd vertroud te maak
         • 'n Bewustheid van die wreedhede wat deur die apartheidsregering
            gepleeg is, te skep
         • Die karakters herkenbaar maak sodat gehore aansluiting by hulle kan
            vind, bv. Auntie Dudu en die vleisverkoper
         • Plekke herkenbaar gemaak het en wat sterk gevoelens van woede en
            hartseer gewek het, bv. Albert Street, Regina Mundi Church en Coronation
            Brickyard
         • Situasies vir lede van die gehoor bekend maak, bv. die musikant en die
            pasboek en Auntie Dudu wat kos soek
Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        14                                   DBE/2018
                                  SSE – Nasienriglyne

         Opvoeringstyl wat:
         • Verskeie Suid-Afrikaanse tale gebruik, soos isiZulu, Afrikaans en Engels,
           om alle Suid-Afrikaners in te sluit
         • Interaktiewe sang, dans en storievertel insluit wat gehore bekoor het
         • 'n Fisiese toneelspelstyl getoon het wat energiek en lewendig was
         • 'n Intieme akteur-gehoorverhouding geskep het, bv. breek van die vierde
           muur
         • Mimiek, wat wêreldwyd herkenbaar is, te gebruik
         • Ideofone gebruik om die wêreld van die toneelstuk te skep en reaksies uit
           te lok                                                                           (10)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          15                                     DBE/2018
                                    SSE – Nasienriglyne

VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY

3.1      Mingus is ongeletterd, hy kan nie lees of skryf nie.                                   (2)

3.2      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die slot kan moontlik snaaks wees, want:
         • Die frase, 'Yours in loving memory', word gebruik om na mense te verwys
            wat reeds gesterf het, nie in 'n liefdesbrief nie. Mingus het dit moontlik by
            die begrafnis wat hy vroeër bygewoon het, gehoor.
         • Dit is nie romanties om 'Yours in loving memory' te sê nie                           (2)

3.3      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Ken volpunte toe vir:
         • Twee goed gemotiveerde stellings OF
         • Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die karakters vind in hierdie toneel by mekaar aansluiting as mense wat:
         • Met mekaar ken; met die uitsondering van Fahfee, woon hulle almal in
            dieselfde huis
         • Die meeste van die tyd met mekaar klaarkom
         • Mekaar beskerm, veral Mingus sy jonger suster, Lulu
         • Oor mekaar se welstand bekommerd is, bv. Jakes en Mingus wil beide hê
            Lulu moet in die skool bly en haar opvoeding kry
         • Oor sommige sake sal stry en nie met mekaar sal saamstem nie, maar
            wat mekaar in krisistye sal verdedig                                                (4)

3.4      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         •   Drie goed gemotiveerde stellings OF
         •   Ses aparte gedagtes/idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die toneel moet geblok word om die volgende fisiese en emosionele
         verhoudings tussen karakters te weerspieël:
         • Mingus is desperaat dat Jakes sy brief skryf daarom staan hy baie naby
            aan Jakes om te sien wat hy op die bladsy skryf (reël 1)
         • Fahfee kan links na agter op die verhoog kom en nogal vinnig, aangevuur
            deur die nuus van die dag, oor die verhoog beweeg (reëls 3 tot 5)
         • Jakes kan Fahfee nader (reël 6) want hy is nuuskierig oor of hy Lulu se
            boeke gebring het
         • Mingus kan met 'n aggressiewe houding tussen Fahfee en Jakes beweeg
            (reëls 7 tot 9), omdat hy beskermend oor sy suster, Lulu, is                        (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         16                                     DBE/2018
                                   SSE – Nasienriglyne

3.5      Nasieners aanvaar ander relevante antwoorde.

         •   Twee goed gemotiveerde stelling OF
         •   Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Jakes wil:
         • Oor 'n wit meisie skryf wat dalk gewillig sal wees om in Mamariti se huis te
            woon
         • Bewys dat mense uit verskillende kulturele agtergronde in harmonie kan
            saamleef en apartheidswette kan teenstaan
         • Op 'n menslike storie fokus wat universeel meer relevant sal wees                   (4)

3.6      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
         •   Drie goed gemotiveerde stellings OF
         •   Ses aparte gedagtes/idees
         Kandidate moet fokus op 'n geïntegreerde analise van die voorbereiding en
         vertolking van die karakter. Stanislavski se Stelsel/Metode kan genoem word.
         Ander geloofwaardige, oorspronklike benaderings tot karakterisering en
         toneelspel sal erken word.
         Die volgende is 'n riglyn:
         Die akteur kan 'n begrip van die volgende aspekte van Stanislavski se
         Stelsel weerspieël, bv.:
         Fisiese stand van aksies
         • Aksies en reaksies moet realisties wees
         • Fisiese aksie (gesigsuitdrukking, gebare en beweging) word gebruik in die
             skep van die toneelstuk se lewe op die verhoog
         Doelwitte en Superdoelwitte ('Beat Work')
         • Verskuiwings in denke en gevoelens moet realisties weergegee/vertolk
             word
         • Eenhede en doelwitte moet in die akteur se fisiese en vokale uitdrukking
             weerspieël word
         Vokale Uitdrukking
         • Die illusie van 'n werklike gesprek word geskep want die toneelstuk is
             realisties
         • Gedagtes en gevoelens moet ontleed en begryp word om in die akteur se
             stemhoogte, pas, tempo, volume, ens. weerspieël te word
         Magiese As ('Magic If'
         • Die akteur moet leef asof hy/sy die karakter
         • Vokale en fisiese reaksies sal van opvoering na opvoering verskil, maar
             sal altyd as geloofwaardig en so werklik s moontlik ervaar word
         • 'Toneelspel is glo.'
         Aandagsirkels
         • Die akteur se fokus moet op die wêreld van die toneelstuk en nie op die
             gehoor wees nie.
         Emosionele geheue
         • Akteur kan persoonlike ervarings en werklike emosies gebruik                        (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        17                                    DBE/2018
                                  SSE – Nasienriglyne

3.7      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Ken volpunte toe vir:
         • Drie goed gemotiveerde stellings OF
         • Ses aparte gedagtes/idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Elemente van Protesteater wat in die toneelstuk gevind word:
         • Protesaksie teen apartheid
         • Hanteer sosiopolitieke kwessies wat moet verander, bv. armoede, Bantoe-
            onderwysstelsel, misdaad en gedwonge verskuiwings
         • Het ten doel om die samelewing buite die teater te verander deur
            emosionele reaksie by die gehoor te ontlok
         • Gebruik om die massas teen apartheid op te sweep
         • Gebruik slagspreuke, liedjies en vertelling om 'n reaksie by die gehoor te
            ontlok
         • Laat die akteurs etlike kere die gehoor aanspreek
         • Is 'n lewendige koerant wat die gedwonge verskuiwings, sloop en
            uiteindelik die vernietiging van Sophiatown, die plek, te dokumenteer
         • 'n Rekord van die uitdaging/teenstand van die inwoners van Sophiatown             (6)

3.8      Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE 'n om jou nasienwerk te lei.

         Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Die kandidaat moet sy/haar standpunt in die vorm van 'n besinning/refleksie
         uitdruk. Die kandidaat moet die lewe in Sophiatown dokumenteer,
         kommentaar lewer op persoonlike ervaring van gedwonge verskuiwings
         asook die uitwerking van gedwonge verskuiwings op die mense wat in
         Mamariti se huis gewoon het.

         Die volgende is 'n riglyn:
         Persoonlike ervaring van die lewe in Sophiatown:
         • Ons het in 'n oorvol, klein ruimte gewoon. Ons het die ruimte met ander
            mense gedeel en geen persoonlike ruimte gehad soos waaraan ek by die
            huis in Yeoville gewoond was nie. In Mamariti se huis was daar geen
            privaatheid nie en ek het nie my eie slaapkamer gehad nie, ek moes dit
            met die ander vroulike bewoners van die huis deel.
         • Dit was moeilik, maar tog interessant om oor verskillende lewenswyses te
            leer. Ek moes Tsotsitaal leer en vir die eerste keer in my lewe met
            bendelede kommunikeer. Ek moes in beheer van die situasie wees en nie
            net die korrekte taal/lingo gebruik nie, maar ook lyftaal en oogkontak
            behou om my erns te toon.
         • Ek wou 'n ander tipe lewe as die een waaraan ek gewoond was, ervaar.
            Ek het uiteindelik op Jakes verlief geraak, maar ons kon nie met die
            verhouding voortgaan nie as gevolg van die apartheidswette wat
            interrassige verhoudings verbied het.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         18                                     DBE/2018
                                   SSE – Nasienriglyne

         Persoonlike ervaring van gedwonge verskuiwings:
         • As gevolg van die gedwonge verskuiwings is ek fisies en emosioneel
            verplaas. Ek moes besluit waarheen ek moes gaan aangesien ek die deur
            agter my by die huis Yeoville toegemaak het. Om in Sophiatown te bly,
            was nie 'n opsie nie want ek is nou met die werklikheid gekonfronteer dat
            ek nie daar hoort nie alhoewel my hart daar wortel geskiet het en ek liefde
            daar gevind het
         • Om saam met my geliefde uit te trek, was ook nie 'n opsie nie. Ons was
            beide bang om die verhouding verder te vat en teen die Ontugwet te
            rebelleer

         Uitwerking van gedwonge verskuiwings:
         • Mamariti se hart was gebreek want sy moes haar huis verlaat. Dit het 'n
            verlies aan inkomste vir haar beteken want sy kon nie voortgaan om haar
            sjebeen te bedryf nie en sy kon ook nie die kamers in haar huis vir 'n
            ekstra inkomste uitverhuur nie. Dit was onwettig om 'n sjebeen te besit en
            drank te verkoop
         • Party van Mamariti se besittings is vernietig terwyl dit op die vragmotor
            gelaai is en nie al haar besittings kon gelaai word nie
         • Lulu se skoolopleiding is onderbreek
         • Mingus het finaal die feit aanvaar day hy Meadowlands toe moes trek en
            het gewilliglik dit gedoen                                                         (10)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         19                                    DBE/2018
                                   SSE – Nasienriglyne

VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS
4.1      Tjokkie is met die helm gebore en daarom het hy vermoë om te 'sien'.                 (1)
4.2      Giel en Jakes.                                                                       (2)
4.3      Nasieners aanvaar ander relevante antwoorde.
         Die volgende is 'n riglyn:
         Die twee karakters forseer Tjokkie om te sien deur:
         • Deur Tjokkie aan sy oorpak met die katrolstel ('block-and-tackle') op te
            trek terwyl
         • Hulle die domkrag op sy bene laat sak
         • Hom te dwing om 'n joint (dagga/marijuana) te rook                                 (2)
4.4      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
         Kandidate moet TWEE van die visioen noem om volpunte kry. Sien globaal
         na.
         Die volgende is 'n riglyn:
         Visioen 1:
         Die visioen kan verwys na:
         • Tiemie wat met 'n tuin vergelyk word
         • Jakes wat verskyn om te sien of die saadjie in die tuin groei
         • Die vraag wie die vader is van die kind wat Tiemie dra
         • Jakes wat wil uitvind of hy die kind se vader is
         Visioen 2:
         In die visioen kan:
         • Die eende perde in 'n resies verteenwoordig
         • Minder kleurvolle eend kan verwys na die grys perd, Nattie Tatty, wat later
             in die toneelstuk die resies wen
         Visioen 3:
         Die visioen kan verwys na:
         • Tjokkie se begeerte om met sy oorlede herenig te word
         • Giel wat Ma aan die einde van die toneelstuk verlaat
         • Die dood van beide Tjokkie en Tiemie
         • Jakes wat weghardloop nadat hy Tiemie doodgemaak het
         • Ma wat roerloos in 'n toestand van skok staan                                      (6)
4.5      Nasieners aanvaar ander relevante antwoorde.
         Ken volpunte toe vir:
         • Drie aparte gedagtes/stellings
         Die volgende is 'n riglyn:
         Die toneelstuk is 'n 'moet sien' omdat:
         • Dit 'n drama is oor die lewens van gewone mense wat in 'n huis afspeel
         • Die temas is universeel
         • Dit het interessante en boeiende karakters
         • Dit het 'n dramatiese intrige en uitkoms
         • Baie mense kan hulle vereenselwig met die kwessie van dat hulle in hulle
            eie omstandighede 'vasgevang' is                                                  (3)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        20                                    DBE/2018
                                  SSE – Nasienriglyne

4.6      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Kandidate moet fokus op 'n geïntegreerde ontleding van hoe realisme in die
         teater lei tot voorbereiding en vertolking van die karakter. Stanislavski se
         Stelsel/Metode kan genoem word. 'n Geloofwaardige, oorspronklike
         benadering tot karakterisering en toneelspel sal erken word.

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die akteur wat Tjokkie speel kan 'n begrip van die volgende aspekte van
         Stanislavski se Stelsel weerspieël, bv.:
         Fisiese stand van aksies
         • Aksies en reaksies moet realisties wees
         • Fisiese aksie (gesigsuitdrukking, gebare en beweging) word gebruik in die
             skep van die toneelstuk se lewe op die verhoog
         Doelwitte en Superdoelwitte ('Beat Work')
         • Verskuiwings in denke en gevoelens moet realisties weergegee/vertolk
             word
         • Eenhede en doelwitte moet in die akteur se fisiese en vokale uitdrukking
             weerspieël word
         Vokale Uitdrukking
         • Die illusie van 'n werklike visioen word geskep want die toneelstuk is
             realisties
         • Gedagtes en gevoelens moet ontleed en begryp word om in die akteur se
             stemhoogte, pas, tempo, volume, ens. weerspieël te word
         Magiese As ('Magic If'
         • Die akteur moet leef asof hy/sy die karakter
         Aandagsirkels
         • Die akteur se fokus moet op die wêreld van die toneelstuk, en nie op die
             gehoor wees nie.
         Emosionele geheue
         • Akteur kan persoonlike ervarings en werklike emosies gebruik                      (8)

4.7      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde
         gebaseer op die kandidaat se kennis van die toepassing van klank- en
         beligtingsontwerp.

         Ken volpunte toe vir:
         • Vier goed gemotiveerde stellings

         Die volgende is 'n riglyn:
         Klankeffekte kan die gebruik van die volgende insluit:
         • 'n Liedjie om die spanning te verhoog en om 'n misterieuse atmosfeer te
            skep
         • Meganiese klanke om Tjokkie se stryd te beklemtoon
         • Stilte om die belangrikheid van die oomblik te versterk
         Beligtingseffekte kan die gebruik van die volgende insluit:
         • Rooi beligting om die gevaar van die visioene te voorspel
         • Flitsende ligte om die bonatuurlike aard van die visioene te versterk             (8)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        21                                    DBE/2018
                                  SSE – Nasienriglyne

4.8      Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE 'n om jou nasienwerk te lei.

         Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Kandidate moet 'n begrip uitbeeld van hoe sentrale idees deur die karakters
         in die toneelstuk uitgelig word.

         Die volgende is 'n riglyn:
         • Daar word geglo dat Tjokkie die toekoms kan voorspel wanneer hy
            visioene het
         • Tjokkie se visioens van die toekoms dien as 'n katalisator van die
            dramatiese aksie/handeling in die toneelstuk
         • Tjokkie glo Tiemie het potensiaal en sy moet uit die suburbs wegkom om
            'n beter toekoms te hê
         • Tiemie droom van 'n beter toekoms weg van die suburbs af
         • Tiemie wil nie vasgevang wees in 'n huis met kinders en 'n man wat elke
            aand dronk huis toe kom nie
         • Jakes droom van 'n toekoms waarin hy en Tiemie getroud is en 'n seun
            het
         • Giel dobbel om sy eie toekoms te verbeter
         • Ma wil nie hê haar kinders moet dieselfde foute as sy maak nie                    (10)
                                                                                             [40]

                                                             TOTAAL AFDELING B:               40

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         22                                    DBE/2018
                                   SSE – Nasienriglyne

AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994 – KONTEMPORÊR

VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI

5.1      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Ken volpunte toe vir:
         • Drie goed gemotiveerde stellings OF
         • Ses aparte gedagtes/idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die plasing van die karakters op die verhoog weerspieël 'n verhouding:
         • Waarin Sipho in beheer van die ruimte is; hy sit op 'n stoel terwyl Thando
            op die vloer kniel en die koffietafel skoonmaak soos 'n gedienstige dogter
            sal doen
         • Van die nabyheid van vader en dogter aangesien hulle fisies naby aan
            mekaar is
         Die dialoog weerspieël:
         • Besorgde navraag oor haar vader se welstand
         • 'n Verhouingsdiepte in die kommunikasie en kwalifiseer wat dit is wat
            Sipho pla
         • Dat Thando na aan haar vader is, want sy is sensitief vir sy stemming en
            gevoelens                                                                         (6)

5.2      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Ken volpunte toe vir:
         • Twee goed gemotiveerde stellings OF
         • Vier aparte gedagtes/idees

         Leiding oor die woorde kan die volgende in aanmerking neem:
         • Karakter en situasie, bv. angstigheid oor die gewag vir die liggaam om aan
            te kom
         • Stemming en gevoel, bv. somber, hartseer, rou
         • Motivering en spanning, bv. verhouding met die oorledene
         Kandidate kan die volgende aspekste van vokale lewering noem:
         • Volume, bv. Sipho se volume kan hard wees want sy angstigheid kan die
            vorm van aggressie aanneem
         • Stemhoogte, bv. Thando se stemhoogte kan hoër wees om haar
            angstigheid te weerspieël
         • Infleksie, bv. Thando se vraag kan op 'n hoër infleksie eindig
         • Pouseer, bv. 'n dramatiese pouse om die kwessie dat die
            senuweeagtigheid oor 'vanaand' ('this evening') is, te beklemtoon                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Dramatic Arts June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-june-2018-memo-eng/a642c426-e331-474c-8fc6-3b8e2d1cfd4a) — Dramatic Arts · Memo · 2018 · Eng
- [Dramatic Arts May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2018-afr/8838bb56-517b-4775-a87c-730edb31cb5e) — Dramatic Arts · QP · 2018 · Afr
- [Dramatic Arts May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2018-eng/101c8084-f4a4-4e59-9f41-b91c5a5d3e39) — Dramatic Arts · QP · 2018 · Eng
- [DRAMATIC ARTS GR12 MEMO SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-gr12-memo-sept2018-afrikaans/d75b4221-3b93-4f54-aef3-3bf4676a7b9c) — Dramatic Arts · Memo · 2018 · Afr
- [DRAMATIC ARTS GR12 MEMO SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-gr12-memo-sept2018-english/b7d3fa27-67eb-40cb-8240-0ce6fad51074) — Dramatic Arts · Memo · 2018 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2018 Memo Eng . . AMENDED FINAL . docx](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2018-memo-eng-amended-final-docx/89347ae3-9968-43ba-b954-a6fb451e341f) — Dramatic Arts · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-afr/b4a67589-411d-46bb-b333-65beeafd2138) — QP · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-afr/ee64452f-d716-4e2c-a4c0-eb6f240cdecb) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-eng/d7900b57-db36-4c03-9c8b-4da9102aed06) — QP · 2024 · Eng
- [Dramatic Arts May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/196a7629-8432-4e24-976d-ba79e198fc93) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/635df938-d2f8-4677-9753-430aa4581d96) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
