# Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2018 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Dramatic Arts question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2018-afr/8838bb56-517b-4775-a87c-730edb31cb5e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2018 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2018-afr/8838bb56-517b-4775-a87c-730edb31cb5e)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                               DRAMATIESE KUNSTE

                                          2018

                                                                        PUNTE: 150

                                                                         TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        2                                    DBE/2018
                                        SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
        AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings                                    (30)
        AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994                              (40)
        AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994 – Kontemporêr                  (40)
        AFDELING D: Teatergeskiedenis, Praktiese Begrippe, Inhoud en
                       Vaardighede                                                 (40)
2.      AFDELING A
        VRAAG 1 is VERPLIGTEND.
        Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke
        20ste-eeuse Teaterbeweging.
        EPIESE TEATER
        • Caucasian Chalk Circle         Bertolt Brecht
        • Kaukasiese Krytsirkel          Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
        • Mother Courage                 Bertolt Brecht
        • Moeder Courage                 Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
        • The Good Person of Szechwan    Bertolt Brecht
        • Kanna Hy Kô Hystoe             Adam Small
                                          OF
        TEATER VAN DIE ABSURDE
        • Waiting for Godot              Samuel Beckett
        • Afspraak met Godot             Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks
        • Bagasie                        André P Brink
        • The Bald Primadonna            Eugene Ionesco
        • Die Kaalkop Primadonna         Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks
                                          OF
        POSTMODERNE TEATER
        • Skrapnel                       Willem Anker
        • Top Girls                      Carol Churchill
        • Popcorn                        Ben Elton
        • Buried Child                   Sam Shepard
3.      AFDELING B
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
        hierdie afdeling.
        VRAAG 2: Woza Albert!            Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en
                                         Barney Simon OF
        VRAAG 3: Sophiatown              Junction Avenue Teater Company OF
        VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis
4.      AFDELING C
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
        hierdie afdeling.
        VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani OF
        VRAAG 6: Groundswell             Ian Bruce OF
        VRAAG 7: Mis                     Reza de Wet
5.      AFDELING D
        Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag (VRAAG 8) wat VERPLIGTEND is.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           3                                   DBE/2018
                                           SSE

AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS
Hierdie afdeling is VERPLIGTEND.
VRAAG 1
Bestudeer BRON A hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
BRON A

               1                           2                         3

       Jean Paul Sartre            Frederick Nietzsche      George Bernard Shaw

VERTALING VAN BRON A

             1.                           2.                        3.

  DIE MENS IS NIKS               MENSE WIL NIE           DIE LEWE GAAN NIE
  ANDERS AS WAT                  DIE WAARHEID               DAAROOR OM
 HY VAN HOMSELF                 HOOR NIE WANT              JOUSELF TE VIND
MAAK NIE. DIT IS DIE           HULLE WIL NIE HÊ          NIE. DIE LEWE GAAN
 EERSTE BEGINSEL                   DAT HULLE                DAAROOR OM
        VAN                   ILLUSIES VERNIETIG          JOUSELF TE SKEP.
EKSISTENSIALISME.                  WORD NIE.
      Jean Paul Sartre            Frederick Nietzsche       George Bernard Shaw

Evalueer, in 'n opstel, hoe die toneelteks en die 20ste-eeuse Teaterbeweging wat jy
hierdie jaar bestudeer het, enige van die aanhalings hierbo weerspieël.
Die inhoud van jou opstel moet die volgende insluit:
•   Die betrokke 20ste-eeuse Teaterbeweging wat jy bestudeer het:
     o Teater van die Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater
•   Die aanhaling(s) wat jy in BRON A gekies het
•   Spesifieke voorbeelde uit die toneelteks wat jy bestudeer het om jou antwoord
    te ondersteun
                                                           TOTAAL AFDELING A:                 30
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                 4                            DBE/2018
                                                 SSE

AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994

Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.

VRAAG 2:      WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
              BARNEY SIMON

Bestudeer BRON B hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON B

                          UITTREKSEL UIT WOZA ALBERT!

The lights come up on the actors wearing military hats and pink noses. Percy has a
bloody bandage under his hat.

MBONGENI: Address! Ssshhhoooo! Attention!

               They drill in unison.

PERCY:         (Saluting) Reporting sir! John Vorster Squad, sir!                            5

MBONGENI: What have you to report, Sergeant?

PERCY:         Operation Coronation, sir!

MBONGENI: Meaning, Sergeant?

PERCY:         We have finally captured Morena, sir!

MBONGENI: You've what? Attention! One-two-three-one-two-three-one! (They march 10
          to each other, shake hands.) Excellent, Sergeant! Excellent!

PERCY:         Thank you, sir.

MBONGENI: And now, what's happened to your head, Sergeant?

PERCY:         A mad Zulu, sir.

MBONGENI: A mad Zulu?                                                                        15

PERCY:         Yes, sir. He struck me with the branch of a tree, sir.

MBONGENI: A branch of a tree?

PERCY:         They call it a knobkierie, sir.

MBONGENI: Ah! When, Sergeant?

PERCY:         During Operation Coronation, sir.                                             20

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             5                                   DBE/2018
                                             SSE

2.1      Verduidelik waarna die 'pink noses' (reël 1) in die toneelstuk verwys.                 (2)

2.2      Stel voor waarom die skeppers van Woza Albert! verkies het om die regte
         name van die akteurs in die toneelstuk te gebruik.                                     (2)

2.3      Beskryf hoe jy reëls 3 tot 5 in BRON B sal opvoer. Verwys na die volgende:

         •   Gebruik van stem en liggaam
         •   Gebruik van opvoerruimte/blok                                                      (6)

2.4      Analiseer die moontlike uitdagings wat 'n akteur kan ervaar wanneer baie
         rolle in Woza Albert! gespeel word.                                                    (4)

2.5      Die verhoogaanwysings in reël 1 en 2 sluit die woorde 'bloody bandage' en
         'military hats' in. Verduidelik of hierdie beskrywings in die verhoogaanwysings
         vir die sukses van die toneel nodig is.                                                (2)

2.6      Verduidelik die gebeure wat tot Operation Coronation (reël 7 en 20) gelei het.         (4)

2.7      Identifiseer en evalueer voorbeelde van die volgende vorms van komedie in
         hierdie toneel:

         •   Fisiese komedie
         •   Verbale/Vokale komedie                                                             (6)

2.8      Assesseer waarom Woza Albert! as 'n vorm van Protesteater beskryf
         kan word.                                                                              (4)

2.9      Bespreek hoe Woza Albert! daarin geslaag het om gehore deur die inhoud en
         opvoerstyl op te voed en te mobiliseer.                                                (10)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             6                                     DBE/2018
                                             SSE

VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY

Bestudeer BRON C hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON C

                        'N UITTREKSEL UIT SOPHIATOWN

MINGUS: Rubbish passionate! Jakes, just put, 'I won't wait after six!'

JAKES:      Okay, Mingus … Mr Fahfee, what's in the news today?

FAHFEE: Ah. Father Huddleston has started a Western Areas protest committee.
        Congress has called for five thousand volunteers. Bo Resha says, 'The
        time has come'.                                                       5

JAKES:      Did you bring those books for Lulu?

MINGUS: Politics! You leave my sister alone. She's at school, and she's got a
        bloody lot of work. And you, Fahfee, don't come here with your own
        troubles.

FAHFEE: (Sidestepping the issues) Just tell me your dreams and I'll give you the 10
        right number.

JAKES:      I'm dreaming up a scheme that'll floor the lot of you. Just wait – I've got a
            story up my sleeve that'll move me right to the top.

FAHFEE: The top? That's number 1!

JAKES:      The King?                                                                       15

FAHFEE: Yes … We need help from you, Mr Drum. You must write about
        Sophiatown. We're not going to move, and you must tell the whole world.

JAKES:      At the moment all I'm gonna tell the world about is boxing, but just wait –
            promotion is just around the corner.

MINGUS: Guys, guys, we must finish this love letter and get it off. Charlie!                20

FAHFEE: So how's it gonna end?

MINGUS: How about 'Yours in loving memory'?

3.1      Verduidelik waarom Mingus vir Jakes vra om vir hom 'n liefdesbrief te skryf.             (2)

3.2      Stel voor waarom 'n gehoor moontlik die slot van die brief, 'Yours in loving
         memory' (reël 22), snaaks kan vind.                                                      (2)

3.3      Lewer kommentaar op hoe die karakters in hierdie toneel (BRON C) by
         mekaar aansluiting vind.                                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            7                                     DBE/2018
                                            SSE

3.4      Bespreek, met reëlverwysings, hoe jy die toneel kan blok om hierdie
         verhoudings (aansluitings) te toon.                                                     (6)

3.5      Vertel die storie wat Jakes in die mou voer ('has "up his sleeve" ') wat die hele
         spul van hulle sal dronkslaan ('that will "floor the lot of them" '). (Reël 12 en
         13)                                                                                     (4)

3.6      Stel die mees waarheidsgetroue fisiese en vokale tegnieke voor wat die
         akteur, wat Mingus in BRON C speel, kan gebruik.                                        (6)

3.7      Sophiatown kan as Protesteater beskryf word. Watter elemente van
         Protesteater kan jy in die toneelstuk identifiseer om hierdie stelling te
         ondersteun?                                                                             (6)

3.8      Vetonderstel jy is Ruth. Skryf 'n joernaalinskrywing waarin jy oor die volgende
         besin:

         •   Jou persoonlike ervaring van die lewe in Sophiatown
         •   Jou persoonlike ervaring van die gedwonge verskuiwings
         •   Die invloed van die gedwonge verskuiwings op die mense wat in Mamariti
             se huis woon                                                                        (10)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            8                                    DBE/2018
                                            SSE

VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS

Bestudeer BRON D hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON D

        TJOKKIE SE VISIOENE WANNEER HY IN DIE TONEELSTUK 'SIEN'
                                    UITTREKSEL 1
                                        TJOKKIE:
 Daar's die eerste man nou weer. Hy's jonger as die ander een. Hy soek weer in die
 akkertjie. Waar hy geplant het, is die grond gelyk. Waar die ouer man geplant het,
 groei daar iets. Ja, daar sien hy dit. Hy's bly. Hy dink seker dis syne … dit word dof
 … dis nou weg.
                                    UITTREKSEL 2
                                      TJOKKIE:
 Hulle (die eende) is almal bruin. Daar's een vale. Die vaal een vlieg by almal verby.
 Hy bly voor. Hy bly voor! Dit gaan wen.
                                    UITTREKSEL 3
                                       TJOKKIE:
 Ek sien die huis. Almal is hier. Ek is ook hier. Tiemie is hier. Ma is hier. Ou Giel is
 hier. Jakes is hier. Ek is ook hier. Ons kyk na die hek. Ek sien 'n man in die hek
 staan. Hy maak die hek oop. Ek ken hom nie. Hy't 'n uniform aan. Hy's half bekend.
 Ek gaan na hom toe. Ma bly staan. Ou Giel hardloop weg. Jakes hardloop weg. Ek
 gaan na hom toe. Kom, Tiemie, ons gaan na hom toe, kom Tiemie …

4.1      Volgens die toneelteks, waarom het Tjokkie die vermoë om te 'sien'?                    (1)

4.2      Noem die TWEE karakters wat Tjokkie dwing om te 'sien'.                                (2)

4.3      Beskryf hoe die twee karakters in VRAAG 4.2 Tjokkie dwing om te 'sien'.                (2)

4.4      Analiseer enige TWEE van Tjokkie se visioene in BRON D met betrekking tot
         gebeure en karakters in die toneelstuk.                                                (6)

4.5      Regverdig waarom Siener in die Suburbs 'n 'moet sien'-produksie is.                    (3)

4.6      Verduidelik hoe die akteur wat Tjokkie speel, die oomblik wat hy op die
         verhoog 'sien', fisies en vokaal kan uitvoer.                                          (8)

4.7      Veronderstel dat jy die toneelstuk geregisseer het, hoe sou jy die klank en
         beligting in 'n toneel waar Tjokkie 'sien', gebruik om die dramatiese en
         teaterdoeltreffendheid van die opvoering te versterk?                                  (8)

4.8      Bespreek hoe idees en temas, soos 'die toekoms' en 'om te droom', in hierdie
         toneelstuk ondersoek word.                                                             (10)
                                                                                                [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:              40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           9                                   DBE/2018
                                           SSE

AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994 – KONTEMPORÊR
Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.
VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI
Bestudeer BRON E hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON E
      'N TONEEL UIT 'N ONLANGSE PRODUKSIE VAN NOTHING BUT THE TRUTH

THANDO:      Aren't you nervous?

SIPHO:       About the job?

THANDO:      No. About this evening.
5.1      Beskryf die verhouding tussen Sipho en Thando, soos in BRON E getoon,
         deur:
         •   Die plasing van die karakters op die verhoog
         •   Die dialoog                                                                      (6)
5.2      Gee die akteurs wat Sipho en Thando speel, leiding oor hoe om hulle woorde
         te sê in die kort uittreksel in BRON E.                                              (4)
5.3      Lewer kommentaar, met redes, op die geskiktheid van ELKE karakter se
         kostuum.                                                                             (4)
5.4      Stel voor waarom Thando bekommerd is dat Sipho gespanne ('nervous') is,
         gebaseer op die kort dialoog in BRON E.                                              (2)
5.5      Aan die einde van die toneelstuk het Sipho 'n kritieke uitbarsting. Analiseer
         die gebeure wat tot hierdie uitbarsting gelei het.                                   (6)
5.6      Lewer kommentaar op die doeltreffendheid van die realistiese stelontwerp vir
         die aksie/handeling van die toneelstuk.                                              (6)
5.7      Bespreek hoe Nothing But The Truth 'n voorbeeld van persoonlike en
         universele versoening is.                                                            (12)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             10                                 DBE/2018
                                             SSE

VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE

Bestudeer BRON F hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON F

                           'N TONEEL UIT GROUNDSWELL

THAMI:    (Desperate.) Johan, yeka. Yeka!
          Johan is positioned in front of Smith, ready to strike him.

SMITH:    (Helpless.) What … what do you want from me?

Jy het 'n rol in 'n skoolproduksie van Groundswell gekry. Jy is besig om die toneel wat
in BRON F uitgebeeld word, te repeteer.

6.1      Identifiseer die plek waar die toneelstuk afspeel.                                    (2)

6.2      Beskryf die stemming van hierdie toneel.                                              (2)

6.3      Motiveer die insluiting van isiXhosa in die toneelteks.                               (2)

6.4      Hoe weerspieël die plasing van die karakters hulle verhouding en die
         stemming van die toneel?                                                              (4)

6.5      Beskryf hoe apartheid die verhouding tussen die karakters in die toneelstuk
         beïnvloed het.                                                                        (4)

6.6      Jy het 'n rol as een van die karakters in die toneelstuk gekry. Besin oor die
         tegnieke van 'n teaterpraktisyn wat die ontwikkeling en uitbeelding van jou
         karakter geïnspireer het.                                                             (6)

6.7      Beskryf 'n geskikte dekorstel wat die genre van die toneelstuk sal
         komplementeer.                                                                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           11                                   DBE/2018
                                           SSE

6.8      Verduidelik waarom jy glo die regisseur hierdie toneelstuk gekies het om by
         jou skool op te voer.                                                                 (4)

6.9      'n Belangrike element van enige realistiese drama is konflik. Konflik dryf die
         handeling/aksie van die toneelstuk tot by die klimaks en afsluiting.

         Bespreek die belangrikheid van hierdie stelling. Verwys na die intrige,
         sosiopolitieke konteks en onderwerp van Groundswell.                                  (12)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                               12                                   DBE/2018
                                               SSE

VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET
Bestudeer BRON G en beantwoord die vrae wat volg.
BRON G
                                       'N UITTREKSEL UIT MIS
MIEM:       (Softly.) I'm glad you came. You're safe here with us, Gertie. (She glances
            quickly at the passage door.) When I think about that murderer … that rapist
            … creeping around the town again tonight, stalking his prey …
            (Suddenly.)
GERTIE: Miem! You're giving me the creeps.                                                     5
MIEM:       It's the uncertainty that's so disturbing. Where will he strike? Who will it be?
GERTIE: It's terrible! But there are some people who think that we're all making far
        too much of the whole thing. That Tok Pieterse's Rienie en Hannah Koen's
        Sannie just ran away … because they were unhappy and frustrated.
        (As Miem speaks, Meisie enters, sits down and carries on sewing.)            10
MIEM:       I don't want to hear it! I just don't want to hear! It makes me too upset.
            All those poor fools who can't see the danger. (She snorts.)
            You must have seen that tent outside town on your way up here?
GERTIE: Yes. And there was a queue of people waiting to go in.
MEISIE:     (Excited.) Are there a lot of lights and is the tent very big?                     15
MIEM:       (Angrily.) What do you care? (To Gertie.) The idiots! But I wash my hands.
            We've warned them and warned them, but they won't listen. When I think of
            those dreadful people …
Jy en jou groep het die toneel hierbo gekies as deel van 'n informele
opvoeringsbeoordeling. Jy besluit om die rol van Miem vir die opvoering te speel.
7.1       Beskryf hoe die stemming van die toneel in die verhoogaanwysings
          vasgevang is. Verwys na reëls 1 tot 4.                                                   (2)
7.2       Gee in breë trekke, vir die res van jou groep, jou idees oor klankeffekte wat
          bygevoeg kan word om die stemming en atmosfeer in hierdie toneel te skep.                (4)
7.3       Identifiseer die ironie van Miem se woorde in reëls 11 tot 13.                           (2)
7.4       Stel voor wat reël 15 oor Meisie se gesindheid teenoor die sirkus onthul.                (2)
7.5       Evalueer die belangrikheid van lig as 'n simbool in die toneelstuk. Verwys na
          voorbeelde in die toneelteks as 'n geheel in jou antwoord.                               (6)
7.6       Analiseer watter waardes en gesindhede Miem se karakter in haar woorde en
          aksies/handelinge in BRON G uitbeeld.                                                    (4)
7.7       Verduidelik hoe jy Miem se karakter in reëls 16 tot 18 beide fisies en vokaal
          sou vertolk.                                                                             (8)
7.8       Bespreek hoe Reza de Wet die idee van die bonatuurlike in die toneelstuk
          ontwikkel.                                                                               (12)
                                                                                                   [40]
                                                                   TOTAAL AFDELING C:              40

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            13                                DBE/2018
                                            SSE

AFDELING D:          TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE BEGRIPPE, INHOUD EN
                     VAARDIGHEDE

VRAAG 8 (VERPLIGTEND)

Bestudeer BRON H hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON H

                       ARM/GESTROOPTE TEATERKONVENSIES
                                 deur Justin Cash
Die Poolse teaterpraktisyn, Jerzy Grotowski (1933–1999), is bekend vir sy intense
akteuropleidingsprosesse in die 1960's en 1970's. Grotowski en sy klein groepies
akteurs het by die Laboratory Theatre in Opole met die fisiese, geestelike en
ritualistiese aspekte van teater, die aard van die rol en die verhouding tussen akteur en
toeskouer geëksperimenteer. Grotowski was 'n sleutelfiguur van avant-garde-teater. 5
Sy uitgebreide toneelspelstelsel is sedert die werk van Stanislavski waarskynlik die
volledigste benadering tot toneelspel.
As regisseur het Grotowski verkies om werke in nie-tradisionele ruimtes, soos geboue
en kamers, in plaas van hoofstroomteaters met tradisionele verhoë op te voer. Die
gehoor is tipies midde-in die aksie/handeling self geplaas.                          10
Grotowski het geglo dat teater nie met die 'ryk' filmwese kon meeding nie, daarom het
hy sy teater 'arm' gemaak.

8.1      Definieer Arm/Gestroopte Teater.                                                   (2)

8.2      Skryf kort aantekeninge oor Grotowski se siening van akteurs en toneelspel.        (4)

8.3      Verduidelik hoe Suid-Afrikaanse teater tydens apartheid deur Arm/Gestroopte
         Teater beïnvloed is.                                                               (4)

8.4      Bespreek kortliks hoe die werk van Stanislavski (reël 6) tot die teaterwêreld
         bygedra het.                                                                       (4)

8.5      Vergelyk hoe Grotowski en Stanislavski teaterruimte ten opsigte van die
         akteur-gehoor-verhouding gebruik het.                                              (6)

8.6      Stel voor waarom Grotowski geglo het dat teater nie met die 'ryk filmwese'
         kon meeding nie (reël 11).                                                         (4)

8.7      Vergelyk die ervaring om 'n lewendige teateropvoering te kyk met die ervaring
         om na 'n film te kyk.                                                              (6)

8.8      Beskryf hoe jy die beginsels van Grotowski ÓF Stanislavski ÓF film op enige
         van jou praktiese opvoerings gedurende jou studie van Dramatiese Kunste
         toegepas het.                                                                      (10)

                                                             TOTAAL AFDELING D:             40
                                                                 GROOTTOTAAL:               150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Dramatic Arts May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2018-eng/101c8084-f4a4-4e59-9f41-b91c5a5d3e39) — Dramatic Arts · QP · 2018 · Eng
- [Dramatic Arts June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-june-2018-memo-eng/a642c426-e331-474c-8fc6-3b8e2d1cfd4a) — Dramatic Arts · Memo · 2018 · Eng
- [Dramatic Arts June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-june-2018-memo-afr/2a6b3244-36bc-4078-8eeb-bdd52f514680) — Dramatic Arts · Memo · 2018 · Afr
- [DRAMATIC ARTS GR12 QP SEPT2018 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-gr12-qp-sept2018-afr-d/4c7d2735-cef9-4315-8f0f-bf321b354a6a) — Dramatic Arts · QP · 2018 · Afr
- [DRAMATIC ARTS GR12 QP SEPT2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-gr12-qp-sept2018-eng-d/cd957439-6149-4044-b624-84f0da21a6a4) — Dramatic Arts · QP · 2018 · Eng
- [DRAMATIC ARTS GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-gr12-qp-sept2018-afrikaans/cc9ad4f2-271e-4d40-b2bb-6d874aab4c1a) — Dramatic Arts · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-mg-eng/1ca47d26-a583-48d4-b7e6-350802a91a45) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/0c5cf551-3515-4f88-aed5-2e27892a9058) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/e81f2ce2-7475-4158-a9c0-2ee9e0139852) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/295292ad-642f-4171-ae1e-c2dd59f80f5a) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-english/75e178c5-f96e-43f8-8078-84ce1d3d0082) — Memo · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
