# Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2019 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Dramatic Arts question paper from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2019-afr/b6796ce2-4163-49ee-bfc2-e15fd17e820c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2019 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2019-afr/b6796ce2-4163-49ee-bfc2-e15fd17e820c)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · NSC June Exam · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                DRAMATIESE KUNSTE

                                           2019

                                                                       PUNTE: 150

                                                                         TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         2                                   DBE/2019
                                       SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
        AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings                                    (30)
        AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994                              (40)
        AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994–Kontemporêr                    (40)
        AFDELING D: Teatergeskiedenis, Praktiese Begrippe, Inhoud en
                       Vaardighede                                                 (40)
2.      AFDELING A
        VRAAG 1 is VERPLIGTEND.
        Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke
        20ste-eeuse Teaterbeweging.
        EPIESE TEATER
         Caucasian Chalk Circle         Bertolt Brecht
         Kaukasiese Krytsirkel          Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
         Mother Courage                 Bertolt Brecht
         Moeder Courage                 Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
         The Good Person of Szechwan    Bertolt Brecht
         Kanna Hy Kô Hystoe             Adam Small
                                          OF
        TEATER VAN DIE ABSURDE
         Waiting for Godot              Samuel Beckett
         Afspraak met Godot             Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks
         Bagasie                        André P Brink
         The Bald Primadonna            Eugene Ionesco
         Die Kaalkop Primadonna         Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks
                                          OF
        POSTMODERNE TEATER
         Skrapnel                       Willem Anker
         Top Girls                      Carol Churchill
         Popcorn                        Ben Elton
         Buried Child                   Sam Shepard
3.      AFDELING B
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
        hierdie afdeling.
        VRAAG 2: Woza Albert!            Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en
                                         Barney Simon OF
        VRAAG 3: Sophiatown              Junction Avenue Teater Company OF
        VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis
4.      AFDELING C
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
        hierdie afdeling.
        VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani OF
        VRAAG 6: Groundswell             Ian Bruce OF
        VRAAG 7: Mis                     Reza de Wet
5.      AFDELING D
        Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag (VRAAG 8) wat VERPLIGTEND is.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            3                              DBE/2019
                                          SS/NSS

AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS

Hierdie vraag is VERPLIGTEND.

VRAAG 1

Bestudeer BRON A hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

BRON A

Teater laat ons dink en voel … dit verander ons lewenservaring.

                                                                       – Anoniem

In 'n opstel, evalueer tot watter mate die stelling in BRON A hierbo waar is met
betrekking tot die 20ste-eeuse Teaterbeweging en toneelstuk wat jy bestudeer het.

Die inhoud van jou opstel moet die volgende insluit:

 Spesifieke voorbeelde uit die toneelteks wat jy bestudeer het
 Verwysing na ten minste TWEE dramatiese elemente, soos karakters, temas, taal,
  opvoertegnieke

                                                             TOTAAL AFDELING A:           30

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             4                                  DBE/2019
                                           SS/NSS

AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994

Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.

VRAAG 2:      WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
              BARNEY SIMON

Bestudeer BRON B hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON B

                         'N RESENSIE VAN WOZA ALBERT!
                                  Deur N Nkosi

Woza Albert! is 'n vinnige-aksie-toneelstuk waar die vlugtige tonele van die lewe tydens
Suid-Afrika se apartheidstydperk die absurditeit van rasse-onderdrukking uitwys.
Die titel van die toneelstuk beteken 'Staan op, Albert'. Die akteurs dra pienk
hansworsneuse wat aan rekkies om hulle nekke vas is.

Woza Albert! gebruik satire en humor op skeppende wyse as 'n manier om skerp 5
politieke kommentaar te balanseer. Die vinnige toneelveranderinge en die
tweemanrolverdeling, wat meer as een dosyn verskillende karakteriserings dek,
voorkom dat die gehoor oorweldig word. Die sigbaarste rekwisiet, die hansworsneus,
simboliseer die absurditeit van die apartheidsregime. Boonop word baie van die woorde
in beide isiZulu en Afrikaans gesê. Die dramatiese teks verskaf vertalings.           10

Die toneelspelers gebruik mimiek, dans, musiek, sang en baie indrukwekkende
atletiese vermoëns om die energie in hierdie toneelstuk met ses en twintig tonele, wat
negentig minute sonder enige pouses lank is, vol te hou.

Woza Albert! word beskou as Suid-Afrika se voortreflikste voorbeeld van sosiale teater
en die samewerking tussen Ngema en Mtwa, twee swart dramaturge, en Simon, 'n wit 15
regisseur, was 'n betekenisvolle verhouding wat die kleurgrens oorgesteek het. Teater
het gedurende hierdie tydperk toe ander, meer direkte vorms van sosiale kritiek,
verbied is, as 'n middel om wit gehore oor die gruwels van apartheid in te lig en ook as
'n middel van swart selfuitlewing gedien.

2.1      Verduidelik jou begrip van die term satire (reël 5).                                  (2)

2.2      Stel voor hoe 'vinnige toneelveranderinge' (reël 6) in hierdie toneelstuk
         moontlik is.                                                                          (3)

2.3      Assesseer hoe die hansworsneus 'die absurditeit van die apartheidsregime'
         (reël 9) kan weerspieël.                                                              (3)

2.4      Motiveer waarom die skeppers van die toneelstuk gekies het om isiZulu en
         Afrikaans by die toneelstuk (reël 9–10) in te sluit.                                  (3)

2.5      Analiseer hoe Woza Albert! deur vokale en fisiese opvoering dit regkry om
         die gehoor by 'n 'toneelstuk met ses en twintig tonele, wat negentig minute
         sonder enige pouses lank is' (reël 12–13) betrokke te hou.                            (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                              5                                     DBE/2019
                                            SS/NSS

2.6      Jy is gevra om hierdie toneelstuk as deel van 'n Jeugdagfees by jou skool
         op te voer.

         2.6.1        Beskryf die dekorstel en EEN rekwisiet wat jy verkies om te
                      gebruik.                                                                    (4)

         2.6.2        Motiveer waar in jou skool jy hierdie toneelstuk sou opvoer.                (3)

         2.6.3        Verduidelik waarom jy dink hierdie toneelstuk vir Jeugdag geskik
                      sou wees.                                                                   (6)

2.7      Ondersoek waarom Woza Albert! as 'Suid-Afrika se voortreflikste voorbeeld
         van sosiale teater' (reël 14) beskou word.

         Verwys na:

            Die sosiopolitieke agtergrond
            Die doelstellings van die toneelstuk
            Die styl van die opvoering
            Akteur-gehoorverhouding                                                              (10)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                6                                   DBE/2019
                                              SS/NSS

VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY

Bestudeer BRON C en BRON D hieronder en beantwoord die vrae wat na elke
bron volg.

BRON C

                             'N UITTREKSEL UIT SOPHIATOWN

(Enter Ruth, a Jewish girl from Yeoville. She is carrying two suitcases and seems
prepared to move in. Lulu, Princess and Mamariti draw back in surprise.)

RUTH:            Hullo! I'm Ruth. (Silence.) Ruth Golden. (Silence.) I'm the Jewish girl.
                 (Silence.) I wonder if this is the right address. (She scratches in her
                 clutch bag.) 65 Gerty Street?                                            5

LULU:            Yes?

RUTH:            Well I came in response to the advertisement … Where shall I put my
                 things?

LULU:            Look, who are you?

PRINCESS: Yes, this is Sophiatown you know.                                                        10

RUTH:            Yes, I know. I've come in response to the advertisement.

(Enter Mingus and Charlie.)

MINGUS:          Hey, hey what's going on? What's happening?

3.1      Beskryf die gebeure wat tot Ruth se aankoms in Sophiatown lei.                             (4)

3.2      Indien jy die uittreksel hierbo sou regisseer:

         3.2.1          Motiveer watter kostuum jy vir Ruth vir haar eerste verskyning sou
                        kies.                                                                       (4)

         3.2.2          Verduidelik hoe jy hierdie toneel sou blok om die reaksie van enige
                        TWEE karakters op Ruth se binnekoms te weerspieël.                          (6)

         3.2.3          Stel aan die aktrises wat Lulu, Ruth en Princess speel, voor hoe
                        hulle optredes fisies OF vokalies van mekaar kan verskil.                   (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           7                                   DBE/2019
                                         SS/NSS

BRON D

                'N UITTREKSEL UIT 'N ARTIKEL OOR SOPHIATOWN
                              Deur Ndaba Dlamini

'n Toneelstuk wat pynlike herinneringe laat herleef, Sophiatown, word nou by die
Markteater opgevoer. Sophiatown, met regisseur Malcolm Purkey, 'n bekroonde
teaterregisseur en dramaturg, voer die gehoor terug na die lewendige kultuur van die
township toe die Americans en die Berliners baasgespeel het.

Die intrige fokus op die uitsonderlike lewe van 'n huis in Sophiatown met 'n 5
aanstellerige township-tsotsi, Mingus, en Mamariti, 'n sjebeenmamma, aan die spits.
'n Jong wit vrou word by hierdie huishouding gevoeg wat byna die prentjie voltooi van
die veelrassige kookpot waarin Sophiatown sou verander het indien dit toegelaat was
om voort te bestaan.

Sophiatown is deurspek met opbeurende a cappella-musiek en -dans wat jou in tyd na 10
die 1950's en 1960's laat terugreis. Purkey sê dat die toneelstuk daardie wonderlike
Sophiatown-oomblikke 'lewendig en vars' hou.

3.3      Malcolm Purkey, een van die oorspronklike skeppers van die toneelstuk, is
         jare later die regisseur van dieselfde toneelstuk. Stel TWEE voordele hiervan
         voor.                                                                                (4)

3.4      Spreek jou mening uit oor of die skrywer reg is wanneer hy na Mingus as 'n
         'aanstellerige (arrogante/verwaande) township-tsotsi' (reël 6) verwys. Verwys
         na spesifieke voorbeelde in die toneelteks.                                          (6)

3.5      Evalueer waarom die toneelstuk soveel jaar na die eerste opvoering steeds
         relevant is. Verwys na die opvoering, temas en inhoud van Sophiatown.                (10)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         8                          DBE/2019
                                       SS/NSS

VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS

Bestudeer BRON E hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON E

             PRENTE UIT PRODUKSIES VAN SIENER IN DIE SUBURBS

                       PRENT A – Oorspronklike Rolverdeling

                       PRENT B – Kontemporêre Rolverdeling

Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                              9                                    DBE/2019
                                            SS/NSS

4.1       Jy is 'n lid van 'n baie dinamiese en avant-garde (eksperimentele) plaaslike
          gemeenskapsteatergeselskap wat 'n produksie van Siener in die Suburbs
          gaan opvoer. Jy het navorsing oor verskillende vorige produksies van die
          toneelstuk gedoen en besluit om die twee prente in BRON E as inspirasie
          te gebruik.

         4.1.1        Identifiseer wanneer en waar die toneelstuk afspeel.                        (2)

         4.1.2        Stel 'n venue in jou gemeenskap voor wat jy dink die beste plek sal
                      wees om hierdie toneelstuk op te voer. Motiveer jou keuse van
                      venue met verwysing na die toneelteks as 'n geheel.                         (5)

         4.1.3        Verduidelik aan die res van jou teatergeselskap waarom Siener in
                      die Suburbs 'n goeie toneelstuk is om in jou gemeenskap op te
                      voer. Verwys na die toneelteks in jou antwoord.                             (6)

         4.1.4        Bestudeer PRENT B (BRON E). Noem DRIE veranderinge wat jou
                      geselskap kan implementeer om die toneelstuk vir 'n kontemporêre
                      (hedendaagse) gehoor te moderniseer.                                        (3)

         4.1.5        Analiseer watter EEN van die prente in BRON E die effektiefste
                      bemarkingsitem vir jou produksie sal wees.                                  (4)

         4.1.6        Stel TWEE rekwisiete voor wat Ma op die verhoog kan gebruik
                      wanneer die toneelstuk opgevoer word. Motiveer jou antwoord.                (4)

         4.1.7        Verduidelik hoe die aktrise wat Ma speel haar rol realisties kan
                      vertolk.                                                                    (6)

4.2      Steyn du Toit, 'n resensent, het na Siener in die Suburbs as 'n 'tragiese dog
         hoopvolle verhaal' verwys.

         Bespreek die waarheid van Steyn du Toit se stelling hierbo.

         Verwys na die toneelteks as 'n geheel en sluit die volgende in:

          Intrige
          Karakters
          Temas                                                                                  (10)
                                                                                                  [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:                40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             10                               DBE/2019
                                            SS/NSS

AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994–KONTEMPORÊR

Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.

VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI

Bestudeer BRON F hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON F

                         'N UITTREKSEL UIT NOTHING BUT THE TRUTH

THANDO:      Mandisa, we had a choice. We could have gone for revenge. We could
             have gone for Nuremberg-style trials but how would that have made us
             different from them?

MANDISA: For what in return?

THANDO:      Peace, stability, reconciliation.                                               5

MANDISA: You mean international reconciliation. They were so dying for international
         approval that they sold out. Did anyone of them think about the people?
         Did someone warn them that the people might want their revenge?

THANDO:      We have a country to rebuild. A nation to take care of. An economy to
             grow, jobs to create, houses to build, clinics, hospitals, schools and our 10
             lives. Where would revenge get us except more violence? Besides we did
             not want to give those bastards the honour of taking up arms against us in
             their defense and call it a legitimate struggle. There was een Struggle, the
             struggle for liberation, our Struggle.

MANDISA: Then why is Craig Williamson a free man? He committed murder.                       15

THANDO:      Because according to the rules and requirements for amnesty …

MANDISA: He disclosed all? Yes. He told us nothing new except that he sent the
         parcel bombs. Who gave the order? Do we know that? Does that make
         him innocent?

5.1      Waarom stry Mandisa en Thando?                                                          (4)

5.2      Analiseer waarom die dialoog in BRON F as realisties beskryf kan word.                  (4)

5.3      Beskryf 'n geskikte dekorstel vir hierdie toneel.                                       (4)

5.4      Verduidelik die keuses wat jy sou maak om hierdie toneel te blok ten opsigte
         van die plasing en beweging van karakters op die verhoog.                               (4)

5.5      Stel voor hoe die aktrise wat Mandisa speel Stanislavski se stelsel in haar
         voorbereiding kan gebruik om haar emosionele toestand te vertoon wanneer
         sy optree.                                                                              (6)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          11                                 DBE/2019
                                         SS/NSS

5.6      Evalueer die rol van vroue in die samelewing soos wat dit deur die vroulike
         karakters in hierdie toneelstuk uitgebeeld word.                                   (6)

5.7      Bespreek die relevansie van die kwessies en idees wat in Thando se woorde
         (reëls 9–14) ter sprake gebring word.

         Verwys na:

          Die sosiopolitieke konteks van die toneelstuk
          Ons hedendaagse samelewing
          Temas en boodskappe van die toneelstuk                                           (12)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                              12                                 DBE/2019
                                             SS/NSS

VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE
Bestudeer BRON G hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON G

                                                                                                A

                                                                                                B

                                                                                                C

                           'N TONEEL UIT GROUNDSWELL

6.1      Identifiseer karakters A, B en C.                                                      (3)

6.2      Beskryf die moontlike onderwerp van hulle gesprek in BRON G.                           (3)

6.3      Bespreek hoe BRON G die verhouding tussen die karakters deur middel van
         hulle lyftaal toon.                                                                    (6)

6.4      Regverdig die keuse van kostuum wat deur enige EEN van die karakters
         gedra word.                                                                            (4)

6.5      Analiseer waarom die dekorstel van Groundswell as realisties beskryf kan
         word. Verwys na BRON G en die toneelstuk om jou antwoord te steun.                     (6)

6.6      Assesseer hoe die temas van Groundswell steeds vir hedendaagse Suid-
         Afrikaanse gehore relevant is.                                                         (6)

6.7      Die drie mans is almal in 'n onbekende omgewing, gedwing om die kwessies
         in hulle eie lewens en die konflik wat dit vir hulleself en ander veroorsaak, te
         konfronteer.
         Bespreek die waarheid van die stelling hierbo met gebruik van voorbeelde in
         die toneelstuk                                                                         (12)
                                                                                                [40]
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                              13                                  DBE/2019
                                             SS/NSS

VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET

Bestudeer BRON H hieronder en beantwoord die vrae op die volgende bladsy.

BRON H

                                 UITTREKSEL UIT MISSING

CONSTABLE: It's me. Don't you recognise me?

MEISIE:             You look … different.

CONSTABLE: I always look like this at this time of night.
MEISIE:             Always?

CONSTABLE: Yes. (He smiles.) Always. (He takes his glasses off slowly and looks 5
           at her.)

MEISIE:             And … you can see me?

CONSTABLE: That's because it's so late. When it gets very late, I can always see.
MEISIE:             Really?

CONSTABLE: Yes, and I am glad I can see, because now I can see you. And you 10
           are beautiful.

MEISIE:             (Amazed.) Am I?

CONSTABLE: You are.
MEISIE:             You said I shouldn't wear shoes.
CONSTABLE: Yes. (He opens the curtain.) It's better that way. (He opens the window. 15
           The musiek can be heard.)
MEISIE:             Please! Close the window! I'm not allowed to hear the musiek! Please!

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           14                                    DBE/2019
                                          SS/NSS

7.1      Stel voor waarom jy dink Konstabel volgens Meisie 'anders' (different) lyk'
         (reël 2).                                                                              (2)

7.2      Brei uit op hoe 'sig' ('sight') en 'sien' ('seeing') simbolies in die toneelteks
         gebruik word.                                                                          (6)

7.3      Na jou mening, is Konstabel 'n goeie of 'n slegte karakter?                            (6)

7.4      Verduidelik hoe 'n ontwerper klank en beligting teatraal (toneelmatig) kan
         gebruik om Konstabel se transformasie te wys.                                          (6)

7.5      Beskryf hoe die akteur wat óf Meisie óf Konstabel vertolk Stanislavski se
         stelsel/metode kan gebruik om vir sy/haar rol voor te berei.                           (8)

7.6      Met verwysing na die karakters, bespreek jou begrip van hoe Reza de Wet
         die tema van transformasie in die toneelstuk ontwikkel.                                (12)
                                                                                                [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:              40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             15                                 DBE/2019
                                            SS/NSS

AFDELING D:          TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE BEGRIPPE, INHOUD EN
                     VAARDIGHEDE

VRAAG 8 (VERPLIGTEND)

Bestudeer BRON I hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON I

                           GEMASKERDE TONEELSPELERS

8.1      Jy is as die regisseur van julle skool se dramaklub verkies. Jy het besluit om
         'n produksie op te voer waar Afrika-dramavorme volgens 'n antirealistiese styl
         gebruik word. Om dit te bereik, wil jy maskers en fisieke teater gebruik.

         8.1.1        Noem wat jy onder fisieke teater verstaan.                               (2)

         8.1.2        Beskryf DRIE vaardighede wat akteurs moet besit om in 'n
                      fisieketeaterproduksie op te tree om 'n impak op die gehoor te
                      skep.                                                                    (6)

         8.1.3        Noem TWEE moontlike nadele van die gebruik van maskers in 'n
                      verhoogopvoering.                                                        (4)

         8.1.4        As die regisseur van jou skool se dramaklub, analiseer DRIE
                      uitdagings waarvoor jy te staan kan kom wanneer jy hierdie
                      produksie opvoer.                                                        (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            16                               DBE/2019
                                           SS/NSS

         8.1.5        Besin oor en bespreek jou          vaardigheidsontwikkeling en
                      probleemoplossingsvermoë om        vir die finale praktiese
                      opvoeringseksamen voor te berei.

                      Fokus op:

                         Vokale vaardighede
                         Fisieke vaardighede
                         Toneelspelvaardighede
                         Tegniese kennis                                                (10)

8.2      Die verhoog is die kunsvorm wat die stemming van die nasie die beste
         weerspieël.
                                                           – Michael Billington

         Bespreek die waarheid van Michael Billington se stelling.

         Verwys na:

          Voorbeelde uit toneelstukke
          Teaterpraktisyns wat jy bestudeer het
          Kennis en inhoud van Dramatiese Kunste                                        (12)
                                                                                         [40]

                                                              TOTAAL AFDELING D:         40
                                                                  GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Dramatic Arts May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2019-eng/90fe5e47-bb5f-4307-ad87-745ce4944564) — Dramatic Arts · QP · 2019 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2019-eng/9e81070f-323e-4835-a5f4-4c04abb24a80) — Dramatic Arts · QP · 2019 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2019-afr/f53267bd-a1a8-4add-95cd-485c7e25e2e2) — Dramatic Arts · QP · 2019 · Afr
- [Dramatic Arts May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2023-eng/1b174387-b794-413b-a45e-bd0f486f411b) — Dramatic Arts · QP · 2023 · Eng
- [Dramatic Arts May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2022-afr/fa8c8d6d-0824-4acc-b542-f2b3f15858f3) — Dramatic Arts · QP · 2022 · Afr
- [Dramatic Arts May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2022-eng/cb639575-ecb2-4e7f-8188-9b4a238fb059) — Dramatic Arts · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-mg-eng/1ca47d26-a583-48d4-b7e6-350802a91a45) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/0c5cf551-3515-4f88-aed5-2e27892a9058) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/e81f2ce2-7475-4158-a9c0-2ee9e0139852) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/295292ad-642f-4171-ae1e-c2dd59f80f5a) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-english/75e178c5-f96e-43f8-8078-84ce1d3d0082) — Memo · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
