# Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2022 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Dramatic Arts question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2022-afr/fa8c8d6d-0824-4acc-b542-f2b3f15858f3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2022 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2022-afr/fa8c8d6d-0824-4acc-b542-f2b3f15858f3)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                              DRAMATIESE KUNSTE

                                         2022

                                                                       PUNTE: 150

                                                                       TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         2                                   DBE/2022
                                       SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
        AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings                                    (30)
        AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994                              (40)
        AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994–Kontemporêr                    (40)
        AFDELING D: Teatergeskiedenis, Praktiese Begrippe, Inhoud en
                       Vaardighede                                                 (40)
2.      AFDELING A
        VRAAG 1 is VERPLIGTEND.
        Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke
        20ste-eeuse Teaterbeweging.
        EPIESE TEATER
         Caucasian Chalk Circle         Bertolt Brecht
         Kaukasiese Krytsirkel          Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
         Mother Courage                 Bertolt Brecht
         Moeder Courage                 Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
         The Good Person of Szechwan    Bertolt Brecht
         Kanna Hy Kô Hystoe             Adam Small
                                          OF
        TEATER VAN DIE ABSURDE
         Waiting for Godot              Samuel Beckett
         Afspraak met Godot             Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks
         Bagasie                        André P Brink
         The Bald Primadonna            Eugene Ionesco
         Die Kaalkop Primadonna         Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks
                                          OF
        POSTMODERNE TEATER
         Skrapnel                       Willem Anker
         Top Girls                      Carol Churchill
         Popcorn                        Ben Elton
         Buried Child                   Sam Shepard
3.      AFDELING B
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
        hierdie afdeling.
        VRAAG 2: Woza Albert!            Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en
                                         Barney Simon OF
        VRAAG 3: Sophiatown              Junction Avenue Teater Company OF
        VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis
4.      AFDELING C
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
        hierdie afdeling.
        VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani OF
        VRAAG 6: Groundswell             Ian Bruce OF
        VRAAG 7: Mis                     Reza de Wet
5.      AFDELING D
        Hierdie afdeling is VERPLIGTEND.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            3                                    DBE/2022
                                          SS/NSS

AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS

Hierdie vraag is VERPLIGTEND.

VRAAG 1

Verwys na BRON A hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

BRON A

                       DIE KRAG VAN DIE
                         TONEELSTUK
                       LÊ OP DIE BLADSY
                     EN OP DIE VERHOOG …

       Temas                             Karakters en         Relevansie
                                          Situasies             van die
                                                              toneelstuk

    Boodskappe
        en                                         Stelontwerp en
     Betekenis                                     opvoertegnieke

In 'n opstel, evalueer en bespreek die 'krag van die toneelstuk' op die bladsy en op die
verhoog deur enige DRIE van die dramatiese elemente wat in BRON A gegee word, in
ag te neem. Verwys na beide die 20ste-eeuse Teaterbeweging en die toneelteks wat jy
hierdie jaar bestudeer het.

Skryf die titel van die toneelteks en 20ste-eeuse Teaterbeweging (Teater van die
Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater) aan die begin van jou opstel
neer.

                                                               TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             4                                  DBE/2022
                                           SS/NSS

AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994
Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.
VRAAG 2:      WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
              BARNEY SIMON
Bestudeer BRON B hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON B
               (They dance on.)
BOTH:          (singing):
               Yamemeza inkosi yethu
               Yathi mathambo hlanganani
               Oyawa vusa amaqhawe amnyama                                                  5
               Wathi kuwo
               [Our Lord is calling.
               He's calling for the bones of the dead to join together.
               He's raising up the black heroes.
               He calls to them]                                                            10
MBONGENI: Steve Biko! The hero of our children! Please Morena – Please raise him!
PERCY:         Woza Steve!
MBONGENI: Steve! Steve! Uyangikhumbula ngikulandela eKingwilliams-town?
          [Steve, do you remember me, following you in Kingwilliamstown?]
BOTH:          (dancing) Woza Bram Fischer! … Woza Ruth First! ... Woza Griffith 15
               Mxenge … Woza Hector Peterson … (They stop, arms raised
               triumphantly.) WOZA ALBERT!!!
               (Blackout.)
2.1      Som die gebeurtenisse na Morena se dood op wat tot die finale toneel van die
         toneelstuk lei.                                                                        (4)
2.2      Verduidelik waarom Hector Peterson 'n belangrike simbool van die
         apartheidvryheidstryd (reël 16) is.                                                    (3)
2.3      Regverdig die gebruik van verskillende tale in BRON B.                                 (4)
2.4      Motiveer waarom sang en dans 'n belangrike deel van die toneel in BRON B
         is.                                                                                    (4)
2.5      Stel voor hoe 'n hedendaagse gehoor moontlik op die finale gebeure of
         oomblikke van 'n opvoering van die toneel in BRON B kan reageer.                       (3)
2.6      Brei uit oor hoe jy blok of tegniese aspekte kan gebruik om hierdie finale
         toneel op te voer.                                                                     (6)
2.7      Bespreek die mate waartoe die toneelstuk Woza Albert! aspekte van die
         vryheidstryd vasvang.                                                                  (6)
2.8      Evalueer hoe jou studie van hierdie toneelteks jou denke gevorm het oor die
         kwessies geopper, met inagneming van huidige omstandighede.                            (10)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            5                                        DBE/2022
                                          SS/NSS

VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY
Bestudeer BRON C hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON C

JAKES: This destruction is called Triomf. I hope the dust of that triumph settles deep
       in the lungs like a disease and covers these purified suburbs with ash.
       Memory is a weapon. Only a long rain will clean away these tears.

          (The Cast sing 'Izinyembezi zabantu')

          Izinyembezi zabantu Izinyembezi zabantu Izinyembezi zabantu                           5

          Sophiatown Sophiatown Sophiatown

          Izinyembezi zabantu

          [Tears of the people (3)

          Sophiatown (3)

          Tears of the people]                                                                  10

          (Fade to black)

3.1      Som die gebeurtenisse op wat tot Jakes se finale praatbeurt in BRON C
         gelei het.                                                                                 (2)

3.2      Motiveer hoe hierdie toneel Jakes se baie rolle en verantwoordelikhede uitlig.             (3)

3.3      Verduidelik die boodskap wat Jakes in reëls 1–3 oordra.                                    (4)

3.4      Lewer kommentaar oor die belangrikheid van die naamsverandering van
         Sophiatown na Triomf (reël 1).                                                             (4)

3.5      Stel voor hoe die liedjie die boodskap van hierdie toneel versterk.                        (4)

3.6      Bespreek die mate waartoe die vertel van die storie van Sophiatown aspekte
         van die vryheidstryd vasvang.                                                              (4)

3.7      Stel voor hoe 'n hedendaagse gehoor moontlik op die finale gebeure of
         oomblikke van 'n opvoering van die toneel in BRON C kan reageer.                           (3)

3.8      Brei uit oor hoe jy blok of tegniese aspekte kan gebruik om hierdie finale
         toneel op te voer.                                                                         (6)

3.9      Evalueer hoe jou studie van hierdie toneelteks jou denke gevorm het oor die
         kwessies geopper, met inagneming van huidige omstandighede.                                (10)
                                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             6                                    DBE/2022
                                           SS/NSS

VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS
Bestudeer BRON D hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON D
            (Daar is 'n slag in die huis, Tiemie gil, 'Sugar, Sugar' raak skielik stil. Ma
            ruk aan die agterdeur, pleit tussendeur.)
MA:         Tjokkie, help!
TJOKKIE: Ek het alles bewetter. (Hy mompel.) Alles my skuld … alles bewetter …
            (Hy gaan na die motor, kruip onder hom in nadat hy die domkrag 5
            oopgedraai het.)
MA:         Tjokkie!
            (Die domkrag sis stadig laer, die gesis word versterk deur klankeffekte. Ma
            nog by die deur, Jakes kom uit met die kanseldoek in sy hande. Hy gooi dit
            in Ma se gesig.)                                                            10
JAKES:      (bo die gesis uit) Daar is jou verdomde love.
            (Ma staan tussen haar kinders, sy weet nie na wie toe om te gaan nie …
            kyk na die doek in haar hande.)
MA:         Daar's bloed aan … daar's altyd net bloed aan …
                                               Gordyn                                        15
4.1      Som die gebeurtenisse (na Tjokkie se visioen) op wat tot die finale toneel van
         die toneelstuk gelei het.                                                               (3)
4.2      Motiveer hoe die liedjie en die skielike einde daarvan tot die boodskap van die
         toneelstuk bydra (reël 1).                                                              (4)
4.3      Verduidelik die doeltreffendheid van die herhaling in reël 4.                           (2)
4.4      Lewer kommentaar oor die belangrikheid van die bloedbevlekte kanseldoek
         (reël 9).                                                                               (4)
4.5      Assesseer hoe die kwessie van geslagsgebaseerde geweld in BRON D
         uitgebeeld word.                                                                        (4)
4.6      Evalueer tot watter mate Tjokkie die slagoffer van sy eie gawe as die 'Siener'
         word.                                                                                   (4)
4.7      Stel voor hoe 'n hedendaagse gehoor moontlik op die finale gebeure of
         oomblikke van 'n opvoering van die toneel in BRON D kan reageer.                        (3)
4.8      Brei uit oor hoe jy blok of tegniese aspekte kan gebruik om hierdie finale
         toneel op te voer.                                                                      (6)
4.9      Evalueer hoe jou studie van hierdie toneelteks jou denke gevorm het oor die
         kwessies geopper, met inagneming van huidige omstandighede.                             (10)
                                                                                                 [40]
                                                                TOTAAL AFDELING B:               40

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                       7                                              DBE/2022
                                                     SS/NSS

AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994–KONTEMPORÊR
Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.
VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI
Bestudeer BRON E hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON E
                                       Oudisies
                     vir 'n internasionale/oorsese produksie van
                        Nothing but the Truth deur John Kani
GENRE: REALISME IN DIE TEATER

GESELSKAP:              SLICE OF LIFE PRODUCTIONS
                                               ~ 'n Greep uit die lewe op die verhoog ~
PRODUKSIEBESKRWYING:
Nothing but the Truth is 'n gesinsdrama wat in die jaar 2000 in Port Elizabeth afspeel. Die toneelstuk speel af
teen die agtergrond van die WVK, terwyl waarheid en vergifnis op 'n persoonlike en politieke vlak ondersoek
word.
ROLVERDELING: Oudisies sal vir die volgende rolle gehou word:
                                                            SIPHO
                                                            THANDO
                                                            MANDISA
BENODIG:     Foto (in karakter)
             Opvoer van 'n toneel uit die toneelstuk

5.1        Veronderstel jy is 'n professionele akteur wat op die oudisiekennisgewing in
           BRON E reageer.
           5.1.1         Noem die karakter wat jy vir jou oudisie gekies het en gee 'n rede
                         vir jou keuse.                                                                             (1)
           5.1.2         Beskryf die karakter wat in VRAAG 5.1.1 genoem is.                                         (4)
           5.1.3         Stel voor watter klere jy vir die vereiste foto 'in karakter' kan dra.                     (3)
5.2        Jy is versoek om vir jou oudisie 'n dramaties uitdagende toneel, wat spanning
           in die toneelstuk skep, voor te berei.
           5.2.1         Som op wat in die toneel wat jy gekies het, gebeur.                                        (3)
           5.2.2         Motiveer waarom jy die toneel in VRAAG 5.2.1 gekies het.                                   (3)
           5.2.3         Verduidelik enige DRIE van Stanislavski se tegnieke/metodes wat
                         jy kan gebruik om voor te berei vir jou optrede in die toneel wat jy
                         gekies het.                                                                                (6)
           5.2.4         Bespreek hoe jy jou stem of liggaam kan gebruik om die karakter in
                         hierdie toneel te speel.                                                                   (4)
5.3        Analiseer waarom die frase ' 'n Greep uit die lewe op die verhoog' 'n gepaste
           beskrywing van die genre van Nothing but the Truth is, deur na die intrige,
           taal en stel te verwys.                                                                                  (6)
5.4        Evalueer of Nothing but the Truth 'n gewilde en relevante toneelstuk vir
           internasionale/oorsese gehore kan wees, of nie. Fokus op die sosiale,
           politieke en kulturele kontekste.                                                                        (10)
                                                                                                                    [40]

Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                      8                                             DBE/2022
                                                    SS/NSS

VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE
Bestudeer BRON F hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON F

                                      Oudisies
                    vir 'n internasionale/oorsese produksie van
                             Groundswell deur Ian Bruce
GENRE: REALISME IN DIE TEATER

GESELSKAP:             SLICE OF LIFE PRODUCTIONS
                                              ~ 'n Greep uit die lewe op die verhoog ~
PRODUKSIEBESKRWYING:
Groundswell is 'n riller wat in Garnet Lodge, 'n gastehuis op 'n klein dorpie aan die Weskus van Suid-Afrika,
afspeel. Johan en Thami werk by die gastehuis, maar beplan ook om 'n diamantkonsessie te koop. Wanneer
Smith aankom, ontvou die drama …
ROLVERDELING: Oudisies sal vir die volgende rolle gehou word:

                                                           JOHAN
                                                           THAMI
                                                           SMITH
BENODIG:     Foto (in karakter)
             Opvoer van 'n toneel uit die toneelstuk

6.1        Veronderstel jy is 'n professionele akteur wat op die oudisiekennisgewing in
           BRON F reageer.
           6.1.1        Noem die karakter wat jy vir jou oudisie gekies het en gee 'n rede
                        vir jou keuse.                                                                            (1)
           6.1.2        Beskryf die karakter wat in VRAAG 6.1.1 genoem is.                                        (4)
           6.1.3        Stel voor watter klere jy vir die vereiste foto 'in karakter' kan dra.                    (3)
6.2        Jy is versoek om vir jou oudisie 'n dramaties uitdagende toneel, wat spanning
           in die toneelstuk skep, voor te berei.
           6.2.1        Som op wat in die toneel wat jy gekies het, gebeur.                                       (3)
           6.2.2        Motiveer waarom jy die toneel in VRAAG 6.2.1 gekies het.                                  (3)
           6.2.3        Verduidelik enige DRIE van Stanislavski se tegnieke/metodes wat
                        jy kan gebruik om voor te berei vir jou optrede in die toneel wat jy
                        gekies het.                                                                               (6)
           6.2.4        Bespreek hoe jy jou stem of liggaam kan gebruik om die karakter in
                        hierdie toneel te speel.                                                                  (4)
6.3        Analiseer waarom die frase ' 'n Greep uit die lewe op die verhoog' 'n gepaste
           beskrywing van die genre van Groundswell is, deur na die intrige, taal en stel
           te verwys.                                                                                             (6)
6.4        Evalueer of Groundswell 'n gewilde en relevante toneelstuk vir
           internasionale/oorsese gehore kan wees, of nie. Fokus op die sosiale,
           politieke en kulturele kontekste.                                                                      (10)
                                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                   9                                      DBE/2022
                                                 SS/NSS

VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET
Bestudeer BRON G hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON G
                                      Oudisies
                    vir 'n internasionale/oorsese produksie van
                                Mis deur Reza de Wet
GENRE: REALISME IN DIE TEATER

GESELSKAP:             SLICE OF LIFE PRODUCTIONS
                                              ~ 'n Greep uit die lewe op die verhoog ~
PRODUKSIEBESKRWYING:
Mis is 'n magiese drama wat gedurende die Groot Depressie in die 1930's op 'n afgeleë hoewe in
Suid-Afrika afspeel. Jong meisies het weggeraak. Wanneer Konstabel besoek aflê, sal niks ooit weer
dieselfde wees nie …
ROLVERDELING: Oudisies sal vir die volgende rolle gehou word:
                                                       MIEM
                                                       MEISIE
                                                       GERTIE
                                                       KONSTABEL
BENODIG:     Foto (in karakter)
             Opvoer van 'n toneel uit die toneelstuk

7.1        Veronderstel jy is 'n professionele akteur wat op die oudisiekennisgewing in
           BRON G reageer.
           7.1.1        Noem die karakter wat jy vir jou oudisie gekies het en gee 'n rede
                        vir jou keuse.                                                                   (1)
           7.1.2        Beskryf die karakter wat in VRAAG 7.1.1 genoem is.                               (4)
           7.1.3        Stel voor watter klere jy vir die vereiste foto 'in karakter' kan dra.           (3)
7.2        Jy is versoek om vir jou oudisie 'n dramaties uitdagende toneel, wat spanning
           in die toneelstuk skep, voor te berei.
           7.2.1        Som op wat in die toneel wat jy gekies het, gebeur.                              (3)
           7.2.2        Motiveer waarom jy die toneel in VRAAG 7.2.1 gekies het.                         (3)
           7.2.3        Verduidelik enige DRIE van Stanislavski se tegnieke/metodes wat
                        jy kan gebruik om voor te berei vir jou optrede in die toneel wat jy
                        gekies het.                                                                      (6)
           7.2.4        Bespreek hoe jy jou stem of liggaam kan gebruik om die karakter in
                        hierdie toneel te speel.                                                         (4)
7.3        Analiseer waarom die frase ' 'n Greep uit die lewe op die verhoog' 'n gepaste
           beskrywing van die genre van Mis is, deur na die intrige, taal en stel te
           verwys.                                                                                       (6)
7.4        Evalueer of Mis 'n gewilde en relevante toneelstuk vir internasionale/oorsese
           gehore kan wees, of nie. Fokus op die sosiale, politieke en kulturele
           kontekste.                                                                                    (10)
                                                                                                         [40]
                                                                       TOTAAL AFDELING C:                40

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            10                                  DBE/2022
                                           SS/NSS

AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE KONSEPTE, INHOUD EN
            VAARDIGHEDE

Hierdie vraag is VERPLIGTEND.

VRAAG 8

8.1      Die teater doen meer as om net die lewe te weerspieël, dit wys ons hoe dinge
         behoort te wees of kan wees – wat moontlik die gehoor kan verbeter of hulle
         tot optrede kan aanspoor.
                                                                    – Helen Szymczak

         Bespreek enige Suid-Afrikaanse teatervorm met 'n spesifieke agenda wat
         gebruik is om die lewe te weerspieël en om die gehoor tot optrede aan
         te spoor, bv. Protesteater, Werkswinkelteater, Versoeningsteater en
         Werkersteater.                                                                     (12)

8.2      Repetisie gaan eintlik oor ondersoek/ontdekking en keuses. Ek het 'n paar
         verbasende ontdekkings oor myself en my karakter gemaak deur vrae te vra
         en ander keuses te maak.
                                                                    – Guy Littleton

         8.2.1        Bespreek die waarde daarvan om 'n repetisieproses te volg
                      wanneer jy vir jou opvoerassesserings voorberei.                      (8)

         8.2.2        Lewer kommentaar oor TWEE vokale of fisieke keuses wat jy
                      tydens repetisies gemaak het om jou te help om jou karakter uit te
                      beeld.                                                                (8)

         8.2.3        Bespreek, met voorbeelde, hoe Dramatiese Kunste, as een van jou
                      vakke, jou gehelp het om die volgende vaardighede vir die
                      21ste eeu te ontwikkel:

                      Kommunikasievaardighede
                      Kreatiewedenkevaardighede
                      Samewerkingsvaardighede
                      Kritiesedenkevaardighede                                              (12)

                                                                TOTAAL AFDELING D:          40
                                                                    GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Dramatic Arts May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2022-eng/cb639575-ecb2-4e7f-8188-9b4a238fb059) — Dramatic Arts · QP · 2022 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2022-eng/234bcd4a-f413-4d24-8048-c7db7da6d8c6) — Dramatic Arts · QP · 2022 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2022-afr/e97f4c54-b3ad-4e38-998d-985b03f4759b) — Dramatic Arts · QP · 2022 · Afr
- [Dramatic Arts May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2023-eng/1b174387-b794-413b-a45e-bd0f486f411b) — Dramatic Arts · QP · 2023 · Eng
- [Dramatic Arts May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2021-eng/65ff5c38-5125-4834-9e61-abfc5ef074b8) — Dramatic Arts · QP · 2021 · Eng
- [Dramatic Arts May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2019-afr/b6796ce2-4163-49ee-bfc2-e15fd17e820c) — Dramatic Arts · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-mg-eng/1ca47d26-a583-48d4-b7e6-350802a91a45) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/0c5cf551-3515-4f88-aed5-2e27892a9058) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/e81f2ce2-7475-4158-a9c0-2ee9e0139852) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/295292ad-642f-4171-ae1e-c2dd59f80f5a) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-english/75e178c5-f96e-43f8-8078-84ce1d3d0082) — Memo · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
