# Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Dramatic Arts question paper from the NSC June Exam 2025 (Afrikaans), 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-afr/b4a67589-411d-46bb-b333-65beeafd2138
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 NSC June 2025 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-afr/b4a67589-411d-46bb-b333-65beeafd2138)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · NSC June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                               DRAMATIESE KUNSTE

                                    MEI/JUNIE 2025

                                                                           PUNTE: 150

                                                                             TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
                     Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Dramatiese Kunste                            2                           DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

 INSTRUKSIES EN INLIGTING
 1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
         AFDELING A: 20ste-eeuse Europese Teaterbewegings                           (30)
         AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994                              (40)
         AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994–Kontemporêr                    (40)
         AFDELING D: Teatergeskiedenis, Praktiese Begrippe, Inhoud en
                     Vaardighede                                                    (40)
 2.      AFDELING A
         VRAAG 1 is VERPLIGTEND.
         Verwys na EEN van die toneeltekste hieronder wat jy bestudeer het en die
         betrokke 20ste-eeuse Europese Teaterbeweging.
         EPIESE TEATER
         • Caucasian Chalk Circle             Bertolt Brecht
         • Kaukasiese Krytsirkel              Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
         • Mother Courage                     Bertolt Brecht
         • Moeder Courage                     Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
         • The Good Person of Szechwan        Bertolt Brecht
         • Kanna Hy Kô Hystoe                 Adam Small
                                               OF
         TEATER VAN DIE ABSURDE
         • Waiting for Godot                  Samuel Beckett
         • Afspraak met Godot                 Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks
         • Bagasie                            André P Brink
         • The Bald Primadonna                Eugene Ionesco
         • Die Kaalkop Primadonna             Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks
                                               OF
         POSTMODERNE TEATER
         • Skrapnel                           Willem Anker
         • Top Girls                          Carol Churchill
         • Popcorn                            Ben Elton
         • Buried Child                       Sam Shepard
 3.      AFDELING B
         Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
         hierdie afdeling.
         VRAAG 2: Woza Albert!            Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en
                                          Barney Simon OF
         VRAAG 3: Sophiatown              Junction Avenue Teater Company OF
         VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis
 4.      AFDELING C
         Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
         hierdie afdeling.
         VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani OF
         VRAAG 6: Groundswell             Ian Bruce OF
         VRAAG 7: Mis                     Reza de Wet
 5.      AFDELING D
         Hierdie afdeling is VERPLIGTEND. Beantwoord VRAAG 8 en 9.           2025

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Dramatiese Kunste                             3                                DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

 AFDELING A: 20ste-EEUSE EUROPESE TEATERBEWEGINGS

 Hierdie vraag is VERPLIGTEND.

 VRAAG 1

 Verwys na BRON A hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

 BRON A: PRENT UIT 'N 20ste-EEUSE TONEELSTUK

                                                 [Bron: fourthperiodfilm/undefined/zapinterest.com]

 Jy is gevra om die toneelstuk op te voer wat jy hierdie jaar bestudeer het.

 Bespreek, in 'n opstel, hoe jy BRON A sal gebruik om 'n produksie van die toneelstuk te
 skep in die styl van die 20ste-eeuse Teaterbeweging wat jy bestudeer het.

 Verwys na en integreer die volgende:

 •   Die inligting vervat in BRON A
 •   Die toneelteks wat jy bestudeer het
 •   Die relevante 20ste-eeuse Teaterbeweging wat jy bestudeer het (Teater van die
     Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater)
 •   Die vraag

 Skryf die titel van die toneelstuk wat jy bestudeer het, aan die begin van jou opstel neer.

                                                                     TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Dramatiese Kunste                           4                                  DBE/Mei/Junie 2025
                                     SS/NSS Vertroulik

 AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994

 Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.

 VRAAG 2:      WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
               BARNEY SIMON

 Bestudeer BRON B hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

 BRON B: 'N SLAGSPREUK WAT WOZA ALBERT! 1976 RELOADED ADVERTEER

   Alhoewel apartheid dood is, sal daar altyd kwessies wees waarteen beswaar
                                 gemaak kan word.
  Teater is 'n doeltreffende, geweldlose wapen vir verandering in die samelewing.
                                  [Bron: Raeford Daniel, Suid-Afrikaanse joernalis en teaterkritikus]

 Jy is gevra om 'n nuwe weergawe van Woza Albert! met opgedateerde tonele te skep.
 Die toneelstuk sal tot Woza Albert! 1976 Reloaded hernoem word om teen kontemporêre
 (moderne) sosiopolitieke kwessies beswaar te maak.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Dramatiese Kunste                            5                           DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

 2.1      Identifiseer die doelwitte van Protesteater.                                          (4)

 2.2      Beskryf TWEE kontemporêre (moderne) sosiopolitieke kwessies wat die
          moeite werd is om teen beswaar te maak wat jy moontlik by jou nuwe
          toneelstuk sal insluit.                                                               (4)

 2.3      Verduidelik die waarde van improvisasie in die skep van die nuwe tonele.              (4)

 2.4      Beskryf enige EEN van die nuwe tonele wat jy moontlik vir Woza Albert! 1976
          Reloaded kan skep.                                                                    (4)

 2.5      Oorweeg of Arm/Gestroopte Teater steeds die geskikste styl vir die opvoering
          van die nuwe produksie is, of nie. Gee redes vir jou antwoord.                        (6)

 2.6      Motiveer of die prent in BRON B 'n geskikte plakkaat vir die advertering van die
          nuwe produksie kan wees, of nie.                                                      (4)

 2.7      Bespreek of die oorspronklike Woza Albert! steeds as 'n 'doeltreffende
          geweldlose wapen vir verandering in ons samelewing' gebruik kan word, of nie.         (4)

 2.8      Evalueer die historiese belangrikheid en teaterimpak van die oorspronklike
          produksie van Woza Albert! op gehore, vanaf die eerste opvoering tot vandag
          toe. Verwys na spesifieke voorbeelde in die toneelstuk.                               (10)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Dramatiese Kunste                             6                                DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

 VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR DIE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY

 Bestudeer BRON C hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

 BRON C:     'N TEATERRESENSIE

 TEATER: VRAE OOR IDENTITEIT

 Die herdenkingsproduksie van die musiekvertoning, Sophiatown, maak hierdie week
 by die Markteater oop om die goue Sophiatown-tydperk van die 1950's te vier.

 Sophiatown was 'n nes van gewelddadige bendes, asook 'n plek van uiterste armoede,
 alkoholisme en depressie wat daartoe gelei het dat van hulle briljantste leiers voortydig
 oorlede is.                                                                               5

 Die Sophiatown-produksie verskaf beslis 'n flitsbeeld (prentjie) van geskiedenis en is
 vol humor, musiek en dans.

 Maar dit is die ondersoek van identiteit wat kragtig is. Persoonlike identiteit. 'Hierdie
 keer is my benadering, behalwe om elke moment te laat werk, in besonder oor die idee
 van identiteit.' Malcolm Purkey hoop dat jongmense wat na Sophiatown ('n graad 11- 10
 en graad 12-toneelstuk) kom kyk, die huidige temas sal waardeer, terwyl hulle tot
 geskiedenis, poësie en die ontstaan van verhoudings toegang verkry.

                      [Aangepas uit 'n Markteater-resensie deur Christina Kennedy, 24 Maart 2016]

 3.1      Noem hoe Sophiatown, die plek, sy naam gekry het.                                           (2)

 3.2      Beskryf Sophiatown, die plek, soos dit in die 1950's was.                                   (4)

 3.3      Verduidelik hoe die karakters van Mingus en Charlie en hulle optrede as
          snaaks/humoristies beskou kan word.                                                         (4)

 3.4      Motiveer, met voorbeelde, waarom die toneelstuk Sophiatown ' 'n flitsbeeld
          (prentjie) van geskiedenis [verskaf], en is vol humor, musiek en dans'
          (reël 6–7).                                                                                 (6)

 3.5      Analiseer hoe die toneelstuk Sophiatown die kwessie van persoonlike identiteit
          ondersoek (reël 8). Verwys na die karakters van Ruth en Jakes en hulle
          verhouding met mekaar.                                                                      (8)

 3.6      Motiveer of jy Sophiatown as 'n toneelstuk vir leerders sou aanbeveel,
          of nie.                                                                                     (6)

 3.7      Reflekteer oor hoe en waarom die temas van familie, rampokkery (bendes) en
          gedwonge geografiese verskuiwings in die toneelstuk steeds in vandag se lewe
          relevant kan wees.

          Verwys na spesifieke voorbeelde in die toneelstuk.                                          (10)
                                                                                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Dramatiese Kunste                           7                               DBE/Mei/Junie 2025
                                     SS/NSS Vertroulik

 VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS

 Bestudeer BRON D hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

 BRON D: 'N PLAKKAAT VAN 'N ONLANGSE PRODUKSIE VAN SIENER IN DIE
         SUBURBS

                                                            [Bron: Aardklop-kunstefees, 2015]

 4.1      Noem waarom jy dink Siener in die Suburbs 'n geskikte titel vir die toneelstuk
          is.                                                                                     (4)

 4.2      Motiveer of jy dink die plakkaat in BRON D                   'n     doeltreffende
          bemarkingsinstrument vir die produksie is, of nie.                                      (4)

 4.3      Kies enige TWEE karakters in die plakkaat en bespreek hulle verhouding met
          mekaar.                                                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Dramatiese Kunste                            8                              DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

 Bestudeer BRON E hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

 BRON E: 'N RESENSIE VAN SIENER IN DIE SUBURBS

 Daar is 'n verskeidenheid redes waarom die toneelstuk steeds gewild is. Vir my is dit
 die uitstekend beheerde tempo wat uitstaan; die manier waarop die spanning stadig
 maar seker uit die uiteensetting opbou. Die klimaks is onvermydelik, maar nogtans
 skokkend. Die balans tussen die komiese en die tragiese is gepas en toepaslik.
 Die karakters is volledig afgerond: op die verhoog word hulle mense. Hulle is nie net 5
 'n mondstuk vir die dramaturg nie. Hulle is antihelde. Die toneelstuk is lank genoeg
 sodat die gehoor by die lewens van die karakters betrokke raak. Hierdie mense
 bestaan; soos die gemeenskappe wat die inspirasie vir Siener in die Suburbs was. Die
 aanpassing van die drama na die moderne ligging van die Kaapse Vlakte is relevant.
 Die aspek wat egter die meeste beïndruk het, was die uitstekende toneelspel.          10

                                          [Aangepas uit 'n Aardklop-kunstefees 2015-resensie]

 4.4      Verduidelik waarom 'n gehoor 'n moderne produksie ('n aanpassing) van Siener
          in die Suburbs steeds relevant kan vind.                                                  (6)

 4.5      Identifiseer die stadiums in die intrige waar die uiteensetting, stygende aksie
          en klimaks duidelik is. Verwys na voorbeelde in die toneelstuk.                           (6)

 4.6      Noem wat jy onder die term 'antihelde' (reël 6) verstaan.                                 (2)

 4.7      Bespreek of Jakes as 'n antiheld, of nie, beskou kan word.                                (4)

 4.8      Evalueer hoe die toneelstuk Siener in die Suburbs 'n gedetailleerde kykie in
          (ondersoek na) die lewens van werkersklasgemeenskappe in die voorstede
          verskaf. Verwys na spesifieke voorbeelde in die toneelstuk.                               (10)
                                                                                                    [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:               40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Dramatiese Kunste                            9                            DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

 AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994–KONTEMPORÊR

 Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.

 VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI

 Bestudeer BRON F hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

 BRON F: FOTO WAT 'N TONEEL IN NOTHING BUT THE TRUTH UITBEELD

                                                                     [Bron: Foto © Paul Kolnik]

 Jy het onlangs 'n produksie van Nothing but the Truth bygewoon. As 'n smaakmaker
 ('influencer') (iemand wie se opinies die denke beïnvloed van die mense wat hulle op
 sosiale media volg), het jy besluit om 'n blog (internet-artikel) oor jou ervaring van die
 produksie te skryf. Jy het die foto hierbo (BRON F) by jou blog ingesluit.

 5.1      Verduidelik aan jou lesers hoe die titel van die toneelstuk geïnterpreteer kan
          word.                                                                                   (3)

 5.2      Beskryf aan jou lesers hoe die verhoog met meubels, rekwisiete, beligting, ens.
          opgestel is om Realisme in die Teater te skep.                                          (4)

 5.3      Identifiseer die karakters in BRON F vir jou lesers.                                    (3)

 5.4      Noem en analiseer VIER tegnieke van Stanislavski se Sisteem/Metode wat
          akteurs kan toepas om hulle karakters uit te beeld.                                     (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Dramatiese Kunste                          10                          DBE/Mei/Junie 2025
                                     SS/NSS Vertroulik

 5.5      Beskryf wat teen die einde van die toneelstuk met ELK van die karakters
          gebeur (BRON F).                                                                    (4)

 5.6      Stel in jou blog (internet-artikel) voor wat realisties met Sipho, Thando en
          Mandisa kon gebeur het indien die toneelstuk NÁ die oorspronklike einde sou
          voortgegaan het.                                                                    (4)

 5.7      Analiseer die belangrikheid van die Waarheid-en-Versoeningskommissie in die
          toneelstuk en in Suid-Afrika.                                                       (4)

 5.8      Bespreek hoe die temas van waarheid, versoening, familie en vergifnis ons kan
          help om menslike optrede te verstaan en om ons oor ons eie lewens in die
          hedendaagse Suid-Afrika te leer.                                                    (10)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Dramatiese Kunste                          11                               DBE/Mei/Junie 2025
                                     SS/NSS Vertroulik

 VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE

 Bestudeer BRON G hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

 BRON G: ONDERHOUD MET IAN BRUCE

 Wat het die skepping van die toneelstuk geïnspireer?

 Ek het vir 'n paar jaar in die 1990's in en om Port Nolloth, 'n klein Weskus-dorpie naby
 die Namibiese grens, gewoon en gewerk. Dit is geleë op 'n redelik afgeleë kuslyn wat
 deur die halfwoestynagtige Namakwaland omring word. Aflandige diamantmynbou het
 fortuinsoekers en swerwers gelok. Dit was die mense wat ek leer ken het. Onder hulle 5
 was 'n jong duiker wat 'n polisieman was. Hy het per ongeluk 'n ongewapende man
 geskiet en is uit die polisiemag ontslaan. Daar was 'n tuinier van Queenstown wat
 gehoop het om 'n pakkie onwettige ruwe diamante in die hande te kry. Ek het vir 'n rukkie
 'n gastehuis ('lodge') bestuur en het baie ryk gaste, elk met hulle eie storie,
 onthaal/vermaak.                                                                          10

 Ek het skerp bewus geraak van die verskille, nie net van die agtergronde waaruit ons
 gekom het nie, maar ook van die manier waarop dit 'n invloed gehad het op hoe ons die
 nuwe Suid-Afrika se toekoms en ons eie plek daarin beskou het. Hierdie dinge, meestal
 onder die oppervlak van ons bewussyn, sou die manier slyp waarop ons vorentoe
 gegaan het en kon ons bymekaar bring of ons uitmekaar hou.                            15

 Wat kan mense uit die karakters en situasies in jou toneelstuk leer?

 Hierdie mans se situasie is nogal uitdagend. Hulle is almal in 'n werklike asook 'n
 metaforiese (simboliese) onbekende spasie. Hulle moet verander. Terselfdertyd kan
 hulle nie laat los van hoe hulle dink die verandering behoort te lyk nie. Hulle kan nie
 aanvaar dat 'n tree in die onbekende in, hulle nader aan mekaar en na die deur van 'n 20
 werklike toekoms kan bring, wat nie een tot nog toe vir hulleself kon voorstel nie.
 Groundswell was 'n geleentheid om iets vreemd vir ons almal te oorweeg. Ek bedoel die
 nuwe Suid-Afrika waar ons, wat eens in verskillende wêrelde weg van mekaar gehou is,
 nou gedwing sou word om saam te kom, om op 'n manier diegene wat altyd 'die ander'
 was, by die definiëring van ons eie identiteit en by ons einste oorlewing in te sluit.  25

                                                         [Bron: Onderhoud met Ian Bruce, 2017]

 Jy het onlangs 'n produksie van Groundswell bygewoon waar jy die dramaturg Ian Bruce
 ontmoet het en met hom 'n onderhoud gevoer het. Jy het besluit om 'n blog (internet-
 artikel) oor jou ervaring van die toneelstuk en die dramaturg te skryf.

 6.1      Verduidelik aan jou lesers hoe die titel van die toneelstuk geïnterpreteer kan
          word.                                                                                    (4)

 6.2      Noem die gastehuis ('lodge') waar hierdie toneelstuk afspeel.                            (1)

 6.3      Beskryf aan jou lesers hoe die verhoog met meubels, rekwisiete, beligting, ens.
          opgestel is om Realisme in die Teater te skep.                                           (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Dramatiese Kunste                            12                            DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

 6.4      Identifiseer die karakters in Groundswell wat op die volgende werklike mense
          in Port Nolloth gebaseer is:

          6.4.1      'jong duiker wat 'n polisieman was' (reël 6)                                (1)

          6.4.2      'tuinier van Queenstown wat gehoop het om 'n pakkie onwettige
                     ruwe diamante in die hande te kry' (reël 7–8)                               (1)

          6.4.3      'baie ryk gaste, elk met hulle eie storie' (reël 9)                         (1)

 6.5      Beskryf aan jou lesers die 'uitdagend(e)' situasie waarin die karakters hulleself
          bevind (reël 17).                                                                      (4)

 6.6      Noem en analiseer DRIE tegnieke van Stanislavski se Sisteem/Metode wat
          akteurs kan toepas om hulle karakters uit te beeld.                                    (6)

 6.7      Stel in jou blog (internet-artikel) voor wat met die karakters in Groundswell kan
          gebeur indien die toneelstuk NÁ die oorspronklike einde sou voortgegaan het.           (4)

 6.8      Verduidelik die belangrikheid van diamante in die toneelstuk.                          (4)

 6.9      Bespreek hoe die temas van 'n onopgeloste verlede, samehorigheid en
          identiteit, skuld, beskuldiging en vrymaking ons kan help om menslike gedrag
          te verstaan en om ons oor ons eie lewens in Suid-Afrika te leer.                       (10)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Dramatiese Kunste                           13                              DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

 VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET
 Bestudeer BRON H hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
 BRON H: PRENT WAT 'N TONEEL IN MIS UITBEELD

                                                           [Bron: omkajans.com/ingilizce-oyunlar]

 Jy het onlangs 'n produksie van Mis bygewoon. Jy het besluit om 'n blog (internet-artikel)
 oor jou ervaring van die produksie te skryf. Jy het die foto (BRON H) by jou artikel
 ingesluit.
 7.1      Verduidelik aan jou lesers hoe die titel van die toneelstuk geïnterpreteer kan
          word.                                                                                     (4)
 7.2      Beskryf aan jou lesers wat magiese realisme in die teater is. Verwys na
          voorbeelde in die teks.                                                                   (4)
 7.3      Identifiseer die karakters in BRON H vir jou lesers.                                      (4)
 7.4      Noem en analiseer DRIE tegnieke van Stanislavski se Sisteem/Metode wat
          akteurs kan toepas om hulle karakters uit te beeld.                                       (6)
 7.5      Beskryf aan jou lesers wat aan die einde van die toneelstuk gebeur met die
          knielende vroulike karakter en met die manlike karakter wat aan haar gesig vat.           (4)
 7.6      Stel in jou blog (internet-artikel) voor wat met die karakters in Mis kon gebeur
          het indien die toneelstuk NÁ die oorspronklike einde sou voortgegaan het.                 (4)
 7.7      Verduidelik die betekenis van die volgende tydaanduidings in die intrige van
          die toneelstuk:
          7.7.1      Die Groot Depressie                                                            (2)
          7.7.2      Middernag (00:00)                                                              (2)
 7.8      Bespreek hoe die temas van Afrikaner Calvinisme, vrees vir die onbekende en
          bevryding ons kan help om menslike gedrag te verstaan en om ons oor ons eie
          lewens in Suid-Afrika te leer.                                                            (10)
                                                                                                    [40]
                                                                  TOTAAL AFDELING C:                40
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Dramatiese Kunste                           14                             DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

 AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE BEGRIPPE, INHOUD EN
             VAARDIGHEDE
 VRAAG 8 en 9 is VERPLIGTEND.
 VRAAG 8
 Bestudeer BRON I hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
 BRON I: PRENT VIR DIE GEMEENSKAPSBYEENKOMS MET DIE TITEL 'PEACE IN
         OUR HANDS' ('VREDE IN ONS HANDE')

                                                                   [Bron: za/pinterest.com/pin/]

 Jy is gevra om 'n byeenkoms met die titel 'PEACE IN OUR HANDS' ('VREDE IN ONS
 HANDE') te regisseer om vrede en versoening in jou gemeenskap te bevorder. BRON I
 is jou verhoogagtergrond (die beeld op die muur agter die aksie op die verhoog).
 8.1      Definieer die term Gemeenskapsteater.                                                    (2)
 8.2      Verduidelik die doelstellings van Gemeenskapsteater.                                     (4)
 8.3      Noem en beskryf 'n tipe verhoog wat vir hierdie byeenkoms geskik kan wees.               (4)
 8.4      Stel voor hoe 'n tegniese span tot die algehele sukses van die byeenkoms kan
          bydra.                                                                                   (4)
 8.5      As regisseur spreek jy die gehoor direk met hierdie woorde toe:
          Let's join hearts and hands (Kom laat ons harte en hande saamvat)
          Across the lands (Oor die wêreld heen)
          So the world understands (Sodat die wêreld verstaan)
          That peace is in our hands! (Dat vrede in ons hande lê!)
          Beskryf hoe jy sou kies om die woorde hierbo op te voer vir maksimum effek
          op die gehoor. Sluit inligting in oor vokale en/of fisiese vaardighede wat jy kan
          gebruik.                                                                                 (6)
                                                                                                   [20]
Kopiereg voorbehou
                                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Dramatiese Kunste                             15                            DBE/Mei/Junie 2025
                                        SS/NSS Vertroulik

 VRAAG 9

 Bestudeer BRON J hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

 BRON J

                                                                     Sannie sê
                                                                     sy sal sewe
                                                                     sakke sout
                                                                     sleep, sewe
                                                                     sakke sout
                                                                     is swaar
                                                                     sowaar.

                             [Bron: shutterstock]                             [Bron: wikiHow]

 9.1      Jy is gevra om BRON J te gebruik om spraakbeginsels ('principles of speech')
          met jou klas te hersien. Verduidelik die volgende terme:

          9.1.1      Resonansie                                                                  (2)

          9.1.2      Toonhoogte                                                                  (2)

          9.1.3      Klem                                                                        (2)

          9.1.4      Projeksie                                                                   (2)

          9.1.5      Artikulasie                                                                 (2)

 9.2      Jy word gevra om jou finale Dramatiese Kunste praktiese eksamen vir jou
          onderwysers en portuurgroep op te voer.

          Jy is senuweeagtig oor jou optrede. Beskryf,                     stap   vir   stap,
          opwarmingsoefeninge om die volgende te vermy:

          9.2.1      Skouerspanning                                                              (4)

          9.2.2      'n Stem wat klink of jy uitasem is (Ruiserige stem)                         (4)

 9.3      Motiveer waarom dit belangrik is om voor 'n opvoering op te warm.                      (2)
                                                                                                 [20]

                                                                 TOTAAL AFDELING D:              40
                                                                     GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/295292ad-642f-4171-ae1e-c2dd59f80f5a) — Dramatic Arts · Memo · 2025 · Afr
- [DRAMATIC ARTS GR12 QP SEPT2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-gr12-qp-sept2018-afrikaans/cc9ad4f2-271e-4d40-b2bb-6d874aab4c1a) — Dramatic Arts · QP · 2018 · Afr
- [Dramatic Arts May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2022-afr/fa8c8d6d-0824-4acc-b542-f2b3f15858f3) — Dramatic Arts · QP · 2022 · Afr
- [Dramatic Arts May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2022-eng/cb639575-ecb2-4e7f-8188-9b4a238fb059) — Dramatic Arts · QP · 2022 · Eng
- [Dramatic Arts May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2021-eng/65ff5c38-5125-4834-9e61-abfc5ef074b8) — Dramatic Arts · QP · 2021 · Eng
- [Dramatic Arts May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2019-afr/b6796ce2-4163-49ee-bfc2-e15fd17e820c) — Dramatic Arts · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/0c5cf551-3515-4f88-aed5-2e27892a9058) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/e81f2ce2-7475-4158-a9c0-2ee9e0139852) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2023-eng/9495f15f-cb71-4b42-ab67-6a4b08401714) — QP · 2023 · Eng
- [Dramatic Arts PAT GR 12 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-pat-gr-12-2022-afr/3140198b-e789-4591-8a02-8df93e8f84d5) — PAT · 2022 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2022-eng/234bcd4a-f413-4d24-8048-c7db7da6d8c6) — QP · 2022 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
