# Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2012 QP (Afr)

> Grade 12 Dramatic Arts question paper from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2012-afr/8bf84b30-309c-4390-b51e-b1c820dd8fb3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2012-afr/8bf84b30-309c-4390-b51e-b1c820dd8fb3)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2012. Question paper, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                              DRAMATIESE KUNSTE

                                 NOVEMBER 2012

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 Dramatiese Kunste                           2                        DBE/November 2012
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       BEANTWOORD SLEGS DIE VRAE OOR DIE TONEELTEKSTE WAT JY
         BESTUDEER HET.

2.       Daar word VYFTIEN minute leestyd toegestaan voor die begin van die
         eksamen.

3.       Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

         AFDELING A      (30 punte)
         AFDELING B      (60 punte)
         AFDELING C      (60 punte)

4.       AFDELING A bestaan uit TWEE vrae:

         VRAAG 1:       Epiese Teater
                        (Kaukasiese Krytsirkel, Moeder Courage of Kanna Hy Kô
                        Hystoe)
         VRAAG 2:       Teater van die Absurde
                        (Afspraak met Godot, Die Kaalkop Prima Donna of Bagasie)

         Beantwoord slegs EEN vraag uit AFDELING A.

5.       AFDELING B bestaan uit AGT vrae:

         •    VRAAG 3 (Boesman en Lena)
         •    VRAAG 4 (uNosilimela)
         •    VRAAG 5 (Woza Albert!)
         •    VRAAG 6 (Sophiatown)
         •    VRAAG 7 (Nothing but the Truth)
         •    VRAAG 8 (Groundswell)
         •    VRAAG 9 (Siener in die Suburbs)
         •    VRAAG 10 (Mis)

         Beantwoord slegs TWEE vrae uit AFDELING B.

6.       AFDELING C bestaan uit DRIE vrae.

         VRAAG 11 en VRAAG 12 is VERPLIGTEND.
         Beantwoord by VRAAG 13 enige EEN van die drie vrae: VRAAG 13.1 OF
         VRAAG 13.2 OF VRAAG 13.3.

7.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

8.       Gee aandag aan die getal punte wat aan elke vraag toegeken is.

9.       Gebruik jou klaskamerkennis, asook onafhanklike en kreatiewe denke, om die
         vrae te beantwoord.

10.      Skryf netjies en leesbaar.

 Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                               3                       DBE/November 2012
                                               NSS

AFDELING A: BEGRYP EN ANALISEER

Beantwoord ÓF VRAAG 1: EPIESE TEATER
           ÓF VRAAG 2: TEATER VAN DIE ABSURDE.

VRAAG 1: EPIESE TEATER

Beantwoord hierdie vraag indien jy Kaukasiese Krytsirkel OF Moeder Courage OF
Kanna Hy Kô Hystoe bestudeer het.

Brecht het sy Epiese Teater beskryf as teater wat die droomwêreld uitdaag waar alle
probleme sorgvuldig opgelos word; hy wou 'n toeskouer hê wat wakker en waaksaam
is. Sy teater het probleme gestel, en in plaas van om hulle op te los, is die taak om
oplossings te vind aan die gehoor oorgelaat.

Bespreek in 'n opstel hoe die Epiese tegnieke en die temas wat in die Epiese
toneelstuk wat jy hierdie jaar bestudeer het, gebruik is om die gehoor aan te moedig
om bewus te wees van en krities te wees oor die samelewing se probleme.                        [30]

                                         OF

VRAAG 2: TEATER VAN DIE ABSURDE

Beantwoord hierdie vraag indien jy Afspraak met Godot OF Die Kaalkop Prima Donna
OF Bagasie bestudeer het.

Absurde Teater was surrealisties, onlogies, sonder konflik en sonder storielyn (plot).
Die dialoog het dikwels soos totale brabbeltaal geklink. Dit was dus geen verrassing
dat die publiek dit aanvanklik onbegryplik gevind en verwerp het nie.
                                                                    (Jerome P Crabbe)

Verduidelik in 'n gedetailleerde opstel hoe die stelling hierbo waar is van die Absurde
genre.

Jy kan die volgende in jou antwoord insluit:

•   Filosofie van Teater van die Absurde
•   Eienskappe/Kenmerke van Teater van die Absurde
•   Struktuur van toneelstukke
•   Dialoog wat in toneelstukke gebruik word

Jy moet spesifieke voorbeelde uit die toneelteks gebruik om jou antwoord te
ondersteun.                                                                                    [30]

                                                              TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             4                           DBE/November 2012
                                             NSS

AFDELING B: BEGRYP EN ANALISEER
Beantwoord slegs TWEE vrae uit hierdie afdeling.
VRAAG 3: BOESMAN EN LENA DEUR ATHOL FUGARD
Lees die uittreksel uit Boesman en Lena hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

LENA:           Aikona! Met daai gaat ek polies toe.                                             1
BOESMAN:        Daai't jy ook al getry … en wat gebeur? 'Sy's my vrou, Baas. Net bietjie
                warm gemaak …' 'Wel, vat haar' … Finish en klaar – hulle weet hoe dit
                met onse soort is.
LENA:           Dié slag nei! My naam is Maria, right 'Ken nie die man nie, my baas.'            5
                Waar's jou proof nou
BOESMAN:        [Hou geklemde vuis omhoog] Hiesa!
LENA:           Pasop vir daai! Jy sal nog so aangaan, dan taai hulle die toutjie om jou
                nek!
BOESMAN:        Vir jóú? [Neerhalende lag.] Not guilty! Ge-discharge.                            10
LENA:           Staat jy daar met jou bek! Meantime vrek jy van die skytbang vir daai
                tou. Nei, Boesman, waar jý ophou met slaan is dit nie van die moeg
                nie, of van genoeg gehet het nie, dis van skytbang! Ja. [Pouse]
                Ja. Dis wanneer ek dit meeste voel … as jy versigtig slaan. Daai
                laastes … wanneer jy mik. Ek tel daais. Een … nog een … wag vir die              15
                volgende ene! Hy rus net.
                Jy's reg, Boesman. Daai's proof. As ek dit voel, sal ek weet. Daai's wie
                ek is: Lena.
BOESMAN:        [Met nadruk] En ek's Boesman.

3.1     Verduidelik waarom Athol Fugard verkies het om 'n mengsel van tale in die
        uittreksel hierbo te gebruik.                                                            (4)
3.2     Bestudeer reël 2–4.
        3.2.1        Waarom het die polisie nie destyds Lena se klagtes oor
                     mishandeling ernstig opgeneem nie?                                          (4)
        3.2.2        Hoe beklemtoon Boesman se dialoog in hierdie reëls sy houding
                     teenoor mishandeling en huishoudelike geweld?                               (4)
        3.2.3        Hierdie toneelstuk is vir die eerste keer op 10 Julie 1969 opgevoer
                     en het die heersende denkwyses van daardie tyd weerspieël.

                     Dink jy die polisie se gesindheid teenoor mishandeling en
                     huishoudelike geweld het sedertdien verander? Gee redes vir jou
                     antwoord.                                                                   (4)
3.3     Waarom voer Lena nie haar dreigement uit om Boesman te verlaat nie?                      (3)
3.4     Beskryf die verhoogtipe wat vir 'n produksie van Boesman en Lena geskik sal
        wees. Gee 'n rede vir jou antwoord.                                                      (3)
3.5     'Lena is Boesman se slagoffer en Boesman is 'n slagoffer van die
        samelewing.'
        Bespreek hoe die uittreksel die geldigheid (waarheid) van die stelling hierbo            (8)
        bewys. Verwys na die uittreksel en die teks in die geheel.                               [30]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 Dramatiese Kunste                               5                             DBE/November 2012
                                                NSS

VRAAG 4: uNOSILIMELA DEUR CREDO MUTWA

Lees die uittreksel uit uNosilimela hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      The storyteller. The umuzi of Magadlemzini is set on the iThala. The 1
                      actors populate it as the storyteller narrates. Women are busy at
                      various household chores; men sharpen, carve, decorate weapons,
                      drink, chat, etc.

 STORYTELLER: No more in the mists of legend but the living present, where in the 5
              south-west of Natal, on the banks of the Nkomazi River, there live
              the amaQhashi, who have been at war with the amaDedevu for
              over a hundred years. The amaQhashi are ruled by their king,
              Magadlemzini, who loves nothing more than to lie in the sun
              pretending to be sick. His great wife is Namdozolwana oyinyumba, 10
              barren sangoma, guardian of the cave of the Earth Mother.

                      iThala/Inkundla. Magadlemzini's umuzi. The amaQhashi is singing a
                      satirical song about Namdozolwana, while one of the women stands
                      guard.                                                            14

4.1       uNosilimela bevat elemente van mitologie.

          Identifiseer 'n mite uit die teks en verduidelik hoe dit die struktuur en styl van
          die toneelstuk versterk.                                                                   (4)

4.2       In die toneelstuk uNosilimela neem die storieverteller die posisie van God die
          Skepper in.

          4.2.1        Hoe help die storieverteller die gehoor om die toneelstuk beter te
                       verstaan?                                                                     (2)

          4.2.2        Hoe sou jy die storieverteller aantrek (kostumeer) om 'die beeld
                       van God' voor te stel?                                                        (2)

          4.2.3        Verbeel jou dat jy die rol van die storieverteller gaan speel.

                       Verduidelik hoe jy reël 5–11 sou vertolk deur enige TWEE
                       eienskappe van spraak (stembuiging, volume, toonhoogte, pas,
                       pousering en klem) te gebruik om die karakter van die
                       storieverteller doeltreffend uit te beeld.                                    (4)

4.3       Verduidelik hoe jy enige DRIE rekwisiete sou gebruik om die opvoering van
          die toneelstuk te versterk. Motiveer jou antwoord.                                         (6)

4.4       Bestudeer die verhoogopset van uNosilimela op die volgende bladsy en
          beantwoord die vrae wat volg.

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                       6                              DBE/November 2012
                                                       NSS

                                                                             VERHOOGAREAS
                        1.                                        1. Area vir Geeste
                        AREA VIR GEESTE
                                                                     Verhoogruimte vir die bonatuurlike

                                                                           Grot en/of Ithala
                                                                       Gewyde omheinde deel vir God
       G                                               G
       E                                               E
                                                                       gereserveer
            3.                                  3.
       H    AREA                                       H          2.   Hoë Area
                              2.                AREA
       O    VIR               HOË               VIR
                                                       O               Area waar storie bekendgestel word
       O    LEWE                                       O          3.   Area vir Lewe
                              AREA              LEWE
       R                                               R
                                                                       Verhoogarea waar hoofgebeurtenisse
                                                                       plaasvind en gehoor/spelers sit
                5.
                                       4.
                                                                  4.   Inkundla
                Ishashalazi                                            Verhoog waar dramatiese handeling
                                     Inkundla
                                                                       afgesluit word
            GEHOOR                        GEHOOR                  5.   Ishashalazi
                                                                       Bykomende verhoog vir hoofopvoering
                                                                  6.   Ingang en Uitgang
                               6                                       Enigste ingang vir beide akteurs en
                                                                       gehoor

                                         [© Endlini kaGogo: IKS in Contemporary Context deur Phil Manana 2010]

        4.4.1          Waarom moet die gehoor rondom sommige van die opvoerareas
                       sit?                                                                                   (4)

        4.4.2         Noem EEN voordeel van hierdie verhoogtipe.                                              (2)

        4.4.3          Bespreek EEN beperking van hierdie verhoogtipe.                                        (2)

        4.4.4          Watter klanke en ander spesiale verhoogeffekte sou jy gebruik om
                       die gewyde (heilige) aard van die Ithala/grot weer te gee?                             (4)
                                                                                                              [30]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            7                           DBE/November 2012
                                            NSS

VRAAG 5: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
         BARNEY SIMON

Lees die uittreksel uit 'n resensie deur Lesley Stones oor die toneelstuk Woza Albert!
hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Hierdie is 'n uiters fisiese stuk teater, met die akteurs Mncedisi Shabangu en Hamilton         1
Dlamini wat in tekkies en sweetpakbroeke rondhardloop. Hulle is gou deurweek met
sweet; deels omdat die lugversorging nie gewerk het nie, en deels omdat die
toneelstuk so veeleisend is. Dit is verstommend hoeveel geraas twee mans kan maak
soos hulle tronksirenes, treine, blaffende honde en 'n dosyn ander geluide uit die              5
daaglikse lewe van die strate van Johannesburg namaak.

Die toneelstuk deur Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en Barney Simon is gevul met
geestigheid (humor) en satire. Shabangu en Dlamini speel 'n verskeidenheid karakters
om die ongelykhede van die lewe, toe wittes alles gehad het en swartes die
afvalstukkies moes optel, na vore te bring.                                                     10

Pienk narreneuse verander hulle in Afrikaners, wat hierdie punt op 'n ondermynende
(opstandige) en visuele manier beklemtoon.

Albei akteurs het 'n oormaat vaardigheid en energie, en Shabangu se ongelooflike
gesigsuitdrukkings roer regtig die hart. Waar hy 'n ou verflenterde straatloper speel,
probeer hy moedig om garing in 'n naald te steek om sy verslete jas reg te maak. Die            15
gehoor het spontaan hande geklap toe die denkbeeldige garing uiteindelik deur die
denkbeeldige naald gesteek is.

5.1       Sou die lees van die resensie jou aanspoor om 'n opvoering van die
          toneelstuk Woza Albert! te gaan kyk? Motiveer jou antwoord.                               (4)

5.2       Verduidelik waarom die opvoering van hierdie toneelstuk as 'n 'uiters fisiese
          stuk teater' beskryf word. Gee TWEE redes.                                                (4)

5.3       Verduidelik waarom en hoe die akteurs hulle liggame as opvoerinstrumente
          gebruik om die onderskeie karakters en die klanke in die toneelstuk te skep.              (6)

5.4       'Die gehoor het spontaan hande geklap toe die denkbeeldige garing
          uiteindelik deur die denkbeeldige naald gesteek is' (reël 15–17).

          Watter toneelspeltegniek word hier gebruik en waarom was dit nodig om
          hierdie metode te gebruik?                                                                (3)

5.5       Verduidelik waarom Woza Albert! 'n goeie voorbeeld van 'n protestoneelstuk
          is.                                                                                       (3)

5.6       Bespreek TWEE temas, met voorbeelde uit die toneelstuk, wat die aandag
          vestig op die 'ongelykhede van die lewe, toe wittes alles gehad het en
          swartes die afvalstukkies moes optel' (reël 9–10).                                        (10)
                                                                                                    [30]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             8                             DBE/November 2012
                                             NSS

VRAAG 6: SOPHIATOWN DEUR DIE JUNCTION AVENUE-TEATERGESELSKAP
Verwys na die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.
                                        BRON A

                          B                     C

           A

    'n Produksiefoto van Sophiatown wat die uittreksel in BRON B weerspieël
                                       BRON B
               (The household breaks into a celebratory song.)                                    1
               A bo tle
               Re ba kakqathe
               Ga bo pala
               Re bo tsho lole (x 2)                                                              5
               (Let it come
               We'll drink it
               If it doesn't taste nice
               We'll throw it out) (x 2)

               (RUTH fetches bottles of gin, brandy and whiskey, hidden in brown-                 10
               paper packets. LULU hands out glasses. The song gets raucous. RUTH
               interrupts.)
RUTH:          I've got a surprise! Along with the usual gift from the Yeoville shops: a
               bottle of special home-made Jewish Friday night wine.
FAFHEE:        What?                                                                              15
RUTH:          I thought we might all like to try it. It's specially made for Friday night,
               and today's Friday, so here we are. Who knows, the entire house may
               be miraculously converted.
FAFHEE:        Three drops of this Jewish wine and we're all Softown Majietas.
JAKES:         Com'on then, let's hit that bottle.                                                20
               (He opens the wine and pours.)
               Right everybody, take a glass. We'll drink a toast in Jewish wine to the
               Jewish girl. And here's hoping for an instant rise in circulation.
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                              9                           DBE/November 2012
                                              NSS

6.1     Identifiseer die karakters A, B en C op die produksiefoto.                               (3)

6.2     Waarom begin die huishouding in reël 1 feestelik saamsing?                               (3)

6.3     Wat was die doel daarvan om liedjies in die toneelstuk Sophiatown in te sluit?           (4)

6.4     Verduidelik hoe dit gebeur het dat Ruth, 'n wit meisie, in Mamariti se sjebeen
        beland het, en wat sê dit van haar karakter?                                             (4)

6.5     In hierdie toneel geniet al die karakters die joligheid.

        Beskryf, in 'n paragraaf, 'n ander toneel uit die toneelstuk waar die luim en
        atmosfeer heeltemal anders is.                                                           (5)

6.6     Die toneelstuk Sophiatown is deur die Junction Avenue-Teatergeselskap
        geskep.

        6.6.1        Noem die proses wat gebruik is om hierdie toneelstuk te skep.               (1)

        6.6.2        Beskryf kortliks DRIE fases in die skeppingsproses.                         (6)

        6.6.3        Hoe kan hierdie metode om toneelstukke te skep, voordelig wees
                     vir 'n teatergeselskap?                                                     (4)
                                                                                                 [30]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                              10                           DBE/November 2012
                                              NSS

VRAAG 7: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI
Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
                                         BRON A

     'n Produksiefoto van Nothing but the Truth wat die uittreksel in BRON B
                                   weerspieël
                                         BRON B

SIPHO:              The funeral! Oh, my God! The funeral! What are we going to do?                1
                    What about the night vigil? Reverend Haya is coming to conduct a
                    small service for the arrival of Themba's body. What body? How could
                    you do this to me? Why didn't your mother say anything to me?
MANDISA:            My mother wrote to you, Uncle Sipho, and you never replied. Anyway,           5
                    I don't see the problem. That's what everybody does in England.
SIPHO:              You burnt my brother.
MANDISA:            Don't say burnt. He was cremated, and that was my mother's wish.
SIPHO:              Your mother's wish. You burnt him to ashes.
THANDO:             Daddy, please!                                                                10
SIPHO:              (Pointing to the urn): What is in this thing?
MANDISA:            His ashes.
SIPHO:              All of him.
MANDISA:            Some of him.
SIPHO:              Where is the rest?                                                            15
MANDISA:            You don't take all the ashes from the oven. It's symbolic. The rest is
                    … discharged is the word they use.
SIPHO:              You mean thrown away?
MANDISA:            All right. Yes.
SIPHO:              I want them all.                                                              20
MANDISA:            Oh this is ridiculous. I didn't come here to argue about ashes.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           11                          DBE/November 2012
                                           NSS

7.1     Beskryf die stel en kostuums in BRON A en verduidelik hoe dit die realistiese
        genre van die toneelstuk versterk.                                                     (6)

7.2     Verduidelik waarom die houer ('urn') op die tafel (BRON A) 'n bron van konflik
        in hierdie toneel is.                                                                  (4)

7.3     Verwys na die uittreksel in BRON B.

        Hoe sou jy 'n akteur wat die rol van Sipho speel, lei om deur middel van
        vokale en fisiese vertolking die aandag op sy emosionele toestand in reël 1–4
        te vestig?                                                                             (6)

7.4     Bespreek die kulturele verskille tussen Mandisa en Sipho wat duidelik
        waarneembaar is in die uittreksel hierbo en die toneelstuk in geheel.                  (6)

7.5     Bespreek die toepaslikheid wat 'n toneelstuk soos Nothing but the Truth in die
        samelewing het deur na die karakters, dialoog en onderwerp te verwys.                  (8)
                                                                                               [30]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          12                          DBE/November 2012
                                          NSS

VRAAG 8: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE
Verwys na die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
                                     BRON A
THAMI:       There are men in the informal settlement of Rooikamp who will sell you a        1
             diamond for the price of a white pipe or a papsak.
JOHAN:       That's who you've been talking to?
THAMI:       My parcel is growing fatter month by month. Week by week, in fact.
JOHAN:       (Shocked) You're lying.                                                         5
THAMI:       No.
JOHAN:       You're lying. Where's it?
THAMI:       Safe.
JOHAN:       Why didn't you tell me about it before?
THAMI:       Why should I tell you? So you can tell me it's wrong, and I must rather         10
             wait until you can get a jackpot?
JOHAN:       I thought you were my friend, my partner.
THAMI:       I can't be that.
             (Johan fetches the knife, approaches Thami.)
JOHAN:       I wanted to help you, Thami. I wanted to make things right for you.             15
THAMI:       I don't need you to do that for me.
JOHAN:       (Struck) No, don't say that.
THAMI:       I don't need you for anything.
JOHAN:       (Shows the knife) I'm warning you, I'll –
THAMI:       I know what you'll do.                                                          20
JOHAN:       Don't make me.
THAMI:       Don't make you what? Kill an unarmed man? Why not? That's what you
             can do.
JOHAN:       I didn't mean to –
THAMI:       But you did! You killed a man who couldn't protect himself.                     25
                                     BRON B

    'n Produksiefoto van Groundswell wat die uittreksel in BRON A weerspieël
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             13                            DBE/November 2012
                                             NSS

8.1      Watter opvoerstyl sou die geskikste vir hierdie toneelstuk wees?                         (1)

8.2      Beskryf die stel wat 'n mens kan gebruik om die opvoerstyl van die
         toneelstuk te ondersteun.                                                                (6)

8.3      Wat bedoel Thami in reël 11 wanneer hy van 'n 'jackpot' praat?                           (3)

8.4      Bestudeer reël 25.

         8.4.1        Na watter gebeurtenis verwys Thami in hierdie reël?                         (2)

         8.4.2        Bespreek hoe Thami se stelling die tema van skuld en verlossing
                      beklemtoon.                                                                 (4)

8.5      In reël 5 en 7 herhaal Johan die woorde: 'You're lying'.

         Hoe sou jy die akteur wat die rol van Johan speel, lei om hierdie reëls vokaal
         en fisies te vertolk om die groeiende spanning tussen die twee karakters te
         beklemtoon?                                                                              (4)

8.6      Verwys na die foto in BRON B.

         Alhoewel Johan 'n mes vashou, wys Thami se lyftaal geen vrees nie.

         Verduidelik die magsverskuiwing tussen Johan en Thami, wat 'n hoogtepunt
         in hulle finale konfrontasie bereik.                                                     (6)

8.7      Lees die uittreksel uit 'n resensie van Groundswell hieronder en beantwoord
         die vraag wat volg.

         Dit mag dalk lyk of Suid-Afrika ná apartheid ver van hier af is, maar die
         verhaal wat in Groundswell vertel word (wat daar afspeel), is een waarby baie
         gehoorlede taamlik maklik aanklank sou vind. Hierdie riller, wat deur Ian
         Bruce geskryf is, volg drie mans wat op 'n spanningskoord van hebsug en
         wanhoop binne 'n chaotiese bestel loop.
                                                                       (Diana Saenger)

         Stem jy saam dat gehoorlede die toneelstuk sal geniet selfs al ken hulle nie
         die geskiedenis van apartheid nie? Motiveer jou antwoord.                                (4)
                                                                                                  [30]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                               14                            DBE/November 2012
                                               NSS

VRAAG 9: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS

9.1       Die karakters in die toneelstuk bevind hulle in 'n baie spesifieke sosiale
          omgewing waar daar onderskeid getref word tussen die boonste en onderste
          wêrelde van die suburb.

          9.1.1        Noem EEN karakter wat aan die boonste wêreld van die suburbs
                       behoort en verduidelik hoekom hy/sy daar geplaas is.                         (3)

          9.1.2        In watter wêreld sal jy die karakter Sybil plaas? Gee 'n rede vir jou
                       antwoord.                                                                    (2)

                                           BRON A

Die karakters streef daarna om uit die ellende van 'n sukkelbestaan te ontvlug.
                               (Ernst Lindenberg uit sy resensie 'Siener is Iets Besonders')

9.2       Verduidelik hoe die karakter Tiemie 'n persoon weerspieël wat probeer om te
          ontvlug uit die ellende van 'n sukkelbestaan.                                             (10)

                                           BRON B
9.3       Lees die uittreksel uit die toneelstuk hieronder en beantwoord die vrae wat
          volg.

JAKES:            Kom, laat die oues van dae 'n slukkie drink.                                      1
FÉ:               Sies! (Sy gaan staan by die motor.)
GIEL:             Nee, skink maar, ou vriend.
JAKES :           (Skink) Vir die soetgeit en die bloedgeit
                          En die cherries se rondgeit                                               5
                          En die halfjack se kleingeit
                          En die moeilikgeit …
                  (Hulle drink.)
GIEL:             Jy moenie van moeilikheid praat nie, Jakes. Ek is in 'n lelike ding.
JAKES:            Jy dink jý't moeilikheid! Jy moet myne hoor.                                      10
GIEL:             Dis 'n ernstige ding wat ek in is. Ek praat nou baie waar.
JAKES:            Orraait, let money talk. As jy groter moeilikheid het as ek, gee ek jou 'n
                  kas van dié. Kom ons drink eers 'n lekka dikke op die ding.
                  Ons versuip ons moeilikhede. Vrydag is Vrydag. (Hy skink weer.)
                  Hier gaat die moeilikheid.                                                        15

          9.3.1        In die uittreksel hierbo sê Giel en Jakes dat hulle 'moeilikheid' het.
                       Verduidelik wat Giel se 'moeilikheid' is.                                    (3)

          9.3.2        Jy vertolk die karakter Jakes. Verduidelik hoe jy deur middel van
                       vokale en fisiese vertolking reël 1, 4–7 en 10 sou opvoer sodat
                       Jakes se gesprek met Giel die gehoor se aandag sal behou.                    (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                              15                         DBE/November 2012
                                              NSS

         9.3.3        Jy is die regisseur van Siener in die Suburbs.

                      Teken die skets hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor en dui
                      aan, met redes, waar jy die karakters Jakes, Fé en Giel tydens hul
                      gesprek in die uittreksel hierbo sal plaas.

                      Gebruik die volgende sleutel wanneer jy die karakters aandui:

                      •   J = Jakes
                      •   F = Fé
                      •   G = Giel

                                                    VERHOOG

                                                    GEHOOR
                                                                                                 (6)
                                                                                                 [30]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           16                          DBE/November 2012
                                           NSS

VRAAG 10: MIS DEUR REZA DE WET

10.1     Bestudeer die bronne en beantwoord die vrae wat daarop volg.

                                           BRON A

               'n Foto wat tydens die Groot Depressie (1929–1933) geneem is

         10.1.1       Beskryf die maatskaplike en ekonomiese toestande van die Groot
                      Depressie waarteen die drama Mis afspeel.                               (4)

         10.1.2       Verduidelik hoe ELK van die volgende karakters deur die Groot
                      Depressie beïnvloed is:

                      •   Miem                                                                (3)
                      •   Gabriël                                                             (3)
                      •   Meisie                                                              (3)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                               17                            DBE/November 2012
                                               NSS

                                              BRON B

10.2     Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

GERTIE:        Ag, Miem … jy weet vanaand is nie 'n aand om alleen te wees nie.                     1
MIEM:          (Sug en gaan sit) Jy kan dit weer sê, Gertie. (Tel die goiing op en werk
               verder.)
GERTIE:        Toe dag ek, my tuin is so groot en die bure so ver … en toe … so in die
               stilligheid … hoor ek … geluide … Die hele huis het begin kraak … en                 5
               die luike het geklap. O, dit was aaklig.
MIEM:          Foei tog, Gertie, dis geen wonder nie. (Tel haar voet op en laat dit op 'n
               stoel rus.)
GERTIE:        En toe hoor ek 'n uil roep in die tuin. Jy weet wat die ou mense gesê het
               … nou ja … toe skraap ek maar 'n paar goedjies bymekaar … Ek is                      10
               jammer om so skielik op julle af te kom …
MIEM:          Jy't reg opgetree, Gertie. Vanaand moet ons almal saamstaan.
MEISIE:        Gisteraand het ek ook 'n uil gehoor. In die boom net voor my venster.
MIEM:          My arme kind. Maar moet jou nie bekommer nie.
GERTIE:        Ek wil nie moeite wees nie.                                                          15
MIEM:          Nee wat, Gertie, dis geen moeite nie. Jy kan op die klein bedjie in my
               kamer slaap. Meisie, neem solank juffrou Gertie se goed kamer toe.
MEISIE:        Ja, Ma. (Tel die hoed en die tassie op en verdwyn deur die gangdeur.)
GERTIE:        (Roep agter haar aan) Dankie, Meisie!
               ('n Sagte huilwind word gehoor.)                                                     20

         10.2.1       Waarom sê Gertie 'jy weet vanaand is nie 'n aand om alleen te
                      wees nie' (reël 1)?                                                           (2)

         10.2.2       'n Uil wat roep, is tradisioneel 'n teken van onheil.

                      Verduidelik hoe die verwysings na uile in die uittreksel hierbo by
                      die tema van beswering in Mis aansluit.                                       (4)

         10.2.3       Bespreek hoe die dramaturg, Reza de Wet, die geluid van die wind
                      gebruik om atmosfeer en betekenis in Mis oor te dra. Verwys na
                      die uittreksel hierbo en die toneelstuk in sy geheel.                         (6)

         10.2.4       Jy vertolk die rol van Gertie. Verduidelik hoe jy reël 9–11 deur
                      middel van vokale en fisiese vertolking sou opvoer om die
                      stemming en atmosfeer te skep wat in hierdie reëls duidelik is.               (5)
                                                                                                    [30]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:              60

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            18                           DBE/November 2012
                                            NSS

AFDELING C:          PAS PERSOONLIKE        HULPBRONNE        TOE    EN    BESIN      EN
                     EVALUEER

AFDELING C is VERPLIGTEND.

VRAAG 11

Lees die vertaling van 'n monoloog uit Mr Matwetwe deur Thembile Pepetka hieronder
en beantwoord die vrae wat volg.

MNR. MATWETWE:          En toe … Ek het 'n groep jong seuns gesien, skielik het ek tot my       1
                        aardse sinne teruggekeer, ek het die bybel paniekerig onder my
                        baadjie weggesteek, maar dit was te laat … Een van hulle het
                        geskree 'Impimpi! (Spioen!) 'n Walkie-talkie (tweerigtingradio)
                        onder sy baadjie!' Hulle het my gejaag met pangas, stokke,              5
                        klippe. Ek het die Bybel laat val toe ek hardloop … deurmekaar,
                        huilend, ek het gehardloop na hierdie huis toe (hy hardloop oor
                        die verhoog rond) hulle het die deur toegemaak, ek het na hierdie
                        huis toe gehardloop, hulle het die deur toegemaak, ek het na
                        hierdie een toe gehardloop, hulle het die deur toegemaak, hulle         10
                        het almal hulle deure toegemaak omdat hulle nie deur my siekte
                        besmet wou word nie. Daar onder by Mbizweni Square het ek 'n
                        hippo (weermagvoertuig) gesien, ek het gedink God is by my, ek
                        het na die hippo toe gehardloop, maar toe trek dit weg, die
                        sogenaamde beskermers van my township was weg. Die enigste              15
                        ding wat ek daarna kon onthou was, ek was moeg, (hy kniel) hulle
                        het 'n tyre (motorband) om my nek gesit, koue petrol oor my lyf
                        gegooi en my aan die brand gesteek.

11.1     Stel jou voor dat jy die monoloog hierbo as deel van jou Temaprogram moes
         aanbied.

         Beskryf TWEE oefeninge wat jy sou gebruik om jou stem en liggaam voor te
         berei om so 'n ernstige monoloog te kan vertolk.                                       (4)

11.2     Verduidelik hoe afwisseling in die vokale (stem-) vertolking van die monoloog
         hierbo gebruik kan word om die gevoel van groeiende vrees en paniek te
         skep wat Mr Matwetwe voel.                                                             (6)

11.3     Ellipse (…) word in reël 1, 3 en 6 gevind.

         Wat stel jy voor moet gebeur waar die ellipse voorkom, en waarom?                      (2)

11.4     Stel voor wat die ander lede in jou groep kan doen terwyl jy hierdie monoloog
         opvoer.                                                                                (3)
                                                                                                [15]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           19                          DBE/November 2012
                                           NSS

VRAAG 12

Verwys na die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                      BRON A

12.1     Sou jy die opvoering in BRON A as 'n voorbeeld van Fisiese Teater beskou?
         Motiveer jou antwoord.                                                                (3)

12.2     Verduidelik of jy sou verkies om na 'n fisieseteater-opvoering of 'n opvoering
         van 'n tradisionele toneelstuk te kyk.                                                (4)

12.3     Hoe sou 'n geselskap bestaande uit slegs mans of slegs vroue die aanbieding
         van 'n fisieseteater-opvoering beïnvloed? Motiveer jou antwoord.                      (4)

12.4     Die liggaam sê meer as woorde.

         Waarom sou hierdie stelling waar wees vir die opvoering in BRON A?
         Motiveer jou antwoord.                                                                (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         20                        DBE/November 2012
                                         NSS

                                     BRON B

12.5     Bestudeer die foto in BRON B.

         Dink jy die gebruik van kostuums sou die opvoering van 'n bewegingstuk
         versterk?                                                                         (3)

12.6     Bespreek TWEE vaardighede/eienskappe wat 'n leerder sou benodig om in
         die bewegingstuk wat hierbo getoon word, op te tree.                              (4)

12.7     Bespreek DRIE faktore wat jy en jou groep in aanmerking geneem het tydens
         die beplanning en voorbereiding van julle bewegingstuk.                           (6)
                                                                                           [30]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           21                          DBE/November 2012
                                           NSS

VRAAG 13

Beantwoord EEN van die volgende drie vrae, dus VRAAG 13.1 OF VRAAG 13.2 OF
VRAAG 13.3.

Jou antwoord moet ten minste EEN bladsy lank wees.

13.1     LEWENDIGE OPVOERING (KEUSEVRAAG)

         Die gehoor is die mees geëerde lid van die teater. Sonder 'n gehoor is daar
         geen teater nie. Alles wat gedoen word, is uiteindelik vir die genot van die
         gehoor. Hulle is ons gaste, medespelers en die laaste speek in die wiel wat
         dan kan begin draai. Hulle maak die opvoering betekenisvol.
                                                                         (Viola Spolin)

         Bespreek die geldigheid (waarheid) van die stellings hierbo, deur die impak
         wat die gehoor op die akteur en sy vertoning het, te beskryf.

         Verwys in jou antwoord na:

         •    Opvoerings wat jy gesien het
         •    Jou eie optree-ervaring
         •    Teaterpraktisyns wat jy bestudeer het                                            [15]

                                          OF

13.2     MEDIASTUDIES (KEUSEVRAAG)

         Werklikheidsprogramme soos Big Brother, Survivor, Idols, America's Got
         Talent, ensovoorts, het baie gewild geword onder hedendaagse gehore. Die
         droom om dit te 'maak' (suksesvol te wees), om jou naam in helder ligte te
         sien, om 'n glanspersoonlikheid te word en beroemd te wees, maak hierdie
         programme aanloklik vir mense. Op die ou end word die gewone man vergeet
         en is dit slegs die borge wat wen.

         Bespreek die gewildheid van werklikheidsprogramme en verduidelik hoekom
         dit gewone mense aantrek.

         Verwys in jou antwoord na:

         •    Tegnieke wat gebruik word           (byvoorbeeld    die   gebruik     van
              glanspersoonlikhede)
         •    Gehoordeelname
         •    Oordrewe reklame in die media                                                    [15]

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           22                         DBE/November 2012
                                           NSS

13.3     KULTURELE OPVOERING EN RITUELE (KEUSEVRAAG)

         'Ayibukelwa!' (SiSwati) [Geen toeskouers toegelaat nie!] 'Ayibukelwa' is 'n
         EmaSwati spreekwoord wat spesifiek verwys na die inheemse iNcwala [self-
         versterkingseremonie] wat toeskouerskap tydens die opvoering ontmoedig. In
         inheemse opvoerings word daar van die gehoor verwag om met die akteurs te
         meng en deel te neem aan die opvoering. Daar is geen onderskeid tussen die
         akteur en die toeskouer nie.

         Bespreek die geldigheid van die stelling hierbo.

         Verwys in jou antwoord na:

         •    Die seremonie hierbo
         •    Enige ander kulturele seremonie wat jy beoefen of wat aan jou bekend is
         •    Die verhouding tussen die akteur en die gehoor                               [15]

                                                              TOTAAL AFDELING C:           60
                                                                  GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Dramatic Arts Nov 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2012-eng/0e2e028f-4932-46a9-9104-0d89e3917dee) — Dramatic Arts · QP · 2012 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2012 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2012-memo-eng/d1c813ad-1640-49e6-a139-610a29216aac) — Dramatic Arts · Memo · 2012 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2012 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2012-memo-afr/da4acaa2-dcaf-44e7-9769-cb51d90835e5) — Dramatic Arts · Memo · 2012 · Afr
- [DRMA P1 S12 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/drma-p1-s12-qp-eng/719dad30-11d1-4b09-a86e-585748e70254) — Dramatic Arts · QP · 2012 · Eng
- [DRMA P1 S12 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/drma-p1-s12-qp-afr/ffc365c7-0430-4a3d-9373-06af191d91c6) — Dramatic Arts · QP · 2012 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2023-afr/948a2d47-0400-447e-9ab5-2109a91783fd) — Dramatic Arts · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-mg-eng/1ca47d26-a583-48d4-b7e6-350802a91a45) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/0c5cf551-3515-4f88-aed5-2e27892a9058) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/e81f2ce2-7475-4158-a9c0-2ee9e0139852) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/295292ad-642f-4171-ae1e-c2dd59f80f5a) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-english/75e178c5-f96e-43f8-8078-84ce1d3d0082) — Memo · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
