# Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2013 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Dramatic Arts memorandum from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 32 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2013-memo-afr/f0093bbd-b026-4d31-8d7b-f3f3113e3eed
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2013
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 32

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2013 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2013-memo-afr/f0093bbd-b026-4d31-8d7b-f3f3113e3eed)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Memorandum, 32 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                              DRAMATIESE KUNSTE

                                 NOVEMBER 2013

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 150

                      Hierdie memorandum bestaan uit 32 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          2                            DBE/November 2013
                                   NSS – Memorandum

ALGEMENE NOTAS VIR NASIENERS

1. Skryf, as nasiener, kort opmerkings waarom daar 'n punt af- of opgemerk is indien die
   memorandum nie 'n duidelike riglyn gee nie en die nasiener sy/haar eie diskresie moet
   gebruik.

2. Maak duidelike merkies om die leerpunt wat geassesseer word, aan te dui. Nasieners
   behoort aktief om te gaan met die antwoord.

3. Hoofnasieners moet die matriks (rubric) met die nasieners fasiliteer. Die vlakbeskrywers
   (level descriptors) in elke matriks moet die nasienproses lei.

4. Gereelde konsultasierondtes      is   nodig   om   te   verseker   dat   die    nasienproses
   gestandaardiseer is.

5. In die geval waar 'n kandidaat meer as die voorgestelde getal woorde skryf – moenie
   penaliseer nie (opstelvraag).

6. Die memobesprekingsforum kan nie alle response voldoende voorspel nie. Provinsiale
   nasieners moet dit in aanmerking neem en oop wees vir kandidate se response en seker
   maak dat verskillende onderrigstyle nie die leerder benadeel nie.

7. Spandeer die eerste dag aan die ontleding van die kwaliteit en kwantiteit van die bewyse in
   die memorandum en aan standaardisering en om gemeenskaplike definisies en konsepte
   te vind.

8. Nasieners moet nagaan dat kandidate se antwoorde vir 'n spesifieke vraag in lyn is met die
   Assesseringstandaarde.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                 3                          DBE/November 2013
                                          NSS – Memorandum

INSTRUKSIES AAN NASIENERS VAN DRAMATIESE KUNSTE VIR DIE GRAAD 12-
VRAESTEL

1.       Die vraestel is DRIE uur lank.

2.       Die TOTALE punte vir die vraestel is 150.

3.       Leestyd van VYFTIEN minute moet voor die aanvang van die vraestel aan kandidate
         toegestaan word. Dit is noodsaaklik om aan kandidate die geleentheid te bied om die
         nodige keuses te maak.

4.       Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A, AFDELING B en
         AFDELING C.

5.       AFDELING A tel 30 punte, AFDELING B tel 60 punte en AFDELING C tel 60 punte.

6.       AFDELING A bestaan uit TWEE vrae wat hoofsaaklik fokus op LU3, maar LU2 word
         ook direk en indirek getoets:

         •    VRAAG 1:         Epiese Teater
                               • Kaukasiese Krytsirkel            OF
                               • Moeder Courage of                OF
                               • Kanna Hy Kô Hystoe
         •    VRAAG 2:         Teater van die Absurde
                               • Afspraak met Godot               OF
                               • Die Kaalkop Prima Donna          OF
                               • Bagasie

         Kandidate moet EEN van die twee vrae beantwoord.

7.       AFDELING B bestaan uit AGT vrae wat hoofsaaklik fokus op LU3 (maar ander LU's
         word ook direk en indirek getoets) en spesifieke dramas uit die Suid-Afrikaanse
         teaterbeweging:

         •   VRAAG 3: Boesman en Lena
         •   VRAAG 4: uNosilimela
         •   VRAAG 5: Woza Albert!
         •   VRAAG 6: Sophiatown
         •   VRAAG 7: Nothing but the Truth
         •   VRAAG 8: Groundswell
         •   VRAAG 9: Siener in die Suburbs
         •   VRAAG 10: Mis

         Kandidate moet TWEE van die agt vrae beantwoord.

8.       AFDELING C bestaan uit DRIE vrae wat hoofsaaklik fokus op LU1 en LU4.
         LU2 word ook direk en indirek getoets.
         Hierdie afdeling is VERPLIGTEND.

9.       Die gewigstoekenning van die LU's vir die vraestel volgens die VAR- ('SAG')
         dokument is soos volg:
         • LU1 – 20% (30 punte)
         • LU3 – 60% (90 punte)
         • LU4 – 20% (30 punte)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                  4                                   DBE/November 2013
                                           NSS – Memorandum

AFDELING A: BEGRYP EN ANALISEER

Kandidate beantwoord EEN van die twee vrae:
VRAAG 1: EPIESE TEATER OF VRAAG 2: TEATER VAN DIE ABSURDE.

Die opstelle moet gemerk word deur die rooster te gebruik. Neem die kandidate se
benadering tot die onderwerp in ag. Gemotiveerde, oorspronklike antwoorde wat insig
toon, moet gekrediteer/erken word.

VRAAG 1: EPIESE TEATER

KANDIDATE HET HIERDIE VRAAG BEANTWOORD INDIEN HULLE DIE VOLGENDE
BESTUDEER HET:
KAUKASIESE KRYTSIRKEL OF MOEDER COURAGE OF KANNA HY KÔ HYSTOE
DIE KANDIDAAT HOEF NIE NOODWENDIG IN OPSTEL FORMAAT TE ANTWOORD NIE.
 KATEGORIE     PUNT                          VLAKBESKRYWERS (BEWYSE)
Uitstaande     26–30 Kandidaat is in staat om 'n argument saam te stel. Goed georganiseerd, volledig
prestasie             en logies, afgeronde struktuur. Ondersteun deur 'n uitstekende hoë vlak van
                      bevoegdheid om inligting te verwerk tot 'n oorspronklike interpretasie en
                      deurdagte keuse van feite. Gebruik 'n verskeidenheid relevante dramatiese
                      verwysings en voorbeelde. Toon insig, is vloeiend; waarneming en kennis word
                      treffend uiteengesit.

                            Kandidaat bespreek die Epiese tegnieke duidelik en dek die temas van die
                            toneelstuk wat ten doel het om die gehoor te kry om krities oor die toneelstuk te
                            dink. Hy/Sy is in staat om te bespreek hoe die onkonvensionele tegnieke van
                            Epiese Teater die stelling ondersteun deur spesifieke voorbeelde uit die
                            toneelstuk wat bestudeer is, te gee. Die kandidaat bespreek die temas van die
                            toneelstuk om die stelling te ondersteun, en sy/haar antwoord word deurgaans
                            gestaaf met relevante voorbeelde uit die toneelstuk. Die kandidaat toon
                            uitsonderlike begrip van Epiese Teater, Brecht se filosofie en die toneelstuk wat
                            bestudeer is.
Verdienstelike      22–25   Goed georganiseerd, gedetailleerd en omvattend, afgeronde struktuur.
prestasie                   Ondersteun deur 'n hoë vlak van bevoegdheid en deurdagte keuse van feite om
                            inligting te verwerk. Gebruik 'n keuse van relevante dramatiese verwysings en
                            voorbeelde. Toon insig; waarneming en kennis word goed uitgedruk.

                            Hierdie kandidaat het 'n soortgelyke vlak van kennis van Epiese Teater, Brecht
                            en die toneelstuk wat bestudeer is as die Uitstaande kandidaat. Die hoofverskil is
                            die vermoë om aansluiting by die opstel se onderwerp te vind, die onderwerp te
                            bespreek en taal effektief te gebruik. Dikwels skryf hierdie kandidaat te veel deur
                            korrekte maar irrelevante inligting neer te skryf.
Bevredigende        18–21   Georganiseerd, bevat detail, daar is 'n mate van bevoegdheid, sommige foute is
prestasie                   waarneembaar in die opstelstruktuur. Interessante aanbieding, duidelike en
                            logiese stellings, oortuigend, eenvoudige en direkte taalgebruik. Ondersteun deur
                            'n keuse van relevante dramatiese verwysings en voorbeelde. Toon goeie begrip
                            van die onderwerp.

                            ÓF: Kandidaat poog om die Epiese tegnieke en filosofie te bespreek. Hy/Sy
                            verwys na sommige tegnieke van Epiese Teater, maar is vaag oor hoe hierdie
                            tegnieke in die toneelstuk aangebied word. Die kandidaat toon goeie begrip van
                            Epiese Teater en Brecht se filosofie.
                            ÓF: Uitstekende ontleding van Epiese Teater, Brecht en die toneelstuk, maar in
                            die opstel is aansluiting by die onderwerp per toeval, eerder as wat die
                            opstelonderwerp bespreek word. Dikwels 'n kort en algemene bespreking van
                            Epiese tegnieke en temas.

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                  5                                   DBE/November 2013
                                           NSS – Memorandum

Voldoende           14–17   Struktuur is nie noodwendig logies nie. Demonstreer basiese begrip, maar is
prestasie                   geneig om meganiese en stereotipiese antwoorde te verskaf. Genoegsame keuse
                            van relevante dramatiese verwysings en voorbeelde. Antwoord voldoende, maar
                            voel gememoriseerd. Nie altyd 'n hoë vlak van insig nie.

                            Kandidaat is goed voorbereid en kan detail gee oor Epiese Teater, Brecht en die
                            toneelstuk wat bestudeer is, maar kan dit nie van toepassing maak op die
                            opstelonderwerp nie. Dikwels lyk die werk asof dit 'n herhaling van notas is wat in
                            die klas uitgedeel is en mag dus gefragmenteerd wees. Tog het die kandidaat 'n
                            soliede kennis van die inhoud.
Middelmatige        10–13   Nie altyd georganiseerd nie, struktuur nie altyd logies nie. Beperkte seleksie van
prestasie                   inligting, swak taalvaardighede kan 'n bydraende faktor wees. Kandidaat toon nie
                            die vermoë om sy/haar antwoord te ondersteun met toepaslike dramatiese
                            verwysings en voorbeelde nie.

                            Kandidaat het kennis van Epiese Teater, Brecht en die toneelstuk wat bestudeer
                            is, maar is geneig om alles wat hy/sy van Epiese Teater ken, neer te skryf sonder
                            om aan te sluit by die opstelonderwerp. Inligting is oor die algemeen korrek, maar
                            kan op 'n verwarde manier aangebied word. Dit is geneig om ÓF 'n
                            aaneenlopende geskryf (geen paragrawe) te wees ÓF kort sinne wat sekere
                            aspekte van die inhoud verduidelik. Kandidaat ken die inhoud van die toneelstuk
                            wat bestudeer is, maar gee nie altyd relevante voorbeelde nie.
Elementêre           6–9    Onsamehangend – geen struktuur, beperkte woordeskat, geringe poging
prestasie                   aangewend om die inligting op 'n aanvaarbare manier aan te bied. Baie min
                            inligting, deurmekaar, moeilik om te volg, dikwels irrelevant. Kandidaat toon nie
                            die vermoë om sy/haar antwoord met toepaslike dramatiese verwysings en
                            voorbeelde te ondersteun nie. Dikwels 'n vertelling van die intrige.

                            Kandidaat toon aanduidings van kennis van Epiese Teater, Brecht en die
                            toneelstuk wat bestudeer is, maar is geneig om kort frases oor die karakters en
                            inhoud van die toneelstuk of teorie wat aangeleer is, neer te skryf. Dikwels word
                            foutiewe inligting ook gegee (oor 'n ander toneelstuk/karakters of 'n ander deel
                            van teatergeskiedenis). Die nasiener sal in die antwoord moet soek vir korrekte
                            inligting. Moeilik om na te sien omdat dit met die eerste oogopslag lyk asof die
                            hele antwoord foutief is. Die kandidaat is geneig om die storie van die toneelstuk
                            te vertel. Daar is dikwels geen verband met die onderwerp in die antwoord nie.
Onvoldoende          0–5    Onsamehangend, baie min werk gelewer, beperkte vaardighede, irrelevante
                            inligting. Eenvoudige frases of woorde wat die kandidaat geleer het, maar nie
                            verstaan nie. Baie deurmekaar en moeilik om te lees.

                            Die kandidaat se kennis van Epiese Teater, Brecht en die toneelstuk wat
                            bestudeer is, is swak. Dikwels word foutiewe inligting gegee. Is geneig om 'n lys
                            woorde, frases en sinne neer te skryf in die volgorde waarin die kandidaat inhoud
                            onthou.

                                                  OF

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                  6                                  DBE/November 2013
                                           NSS – Memorandum

VRAAG 2: TEATER VAN DIE ABSURDE

KANDIDATE HET HIERDIE VRAAG BEANTWOORD INDIEN HULLE DIE VOLGENDE
BESTUDEER HET:
AFSPRAAK MET GODOT OF DIE KAALKOP PRIMA DONNA OF BAGASIE
ŉ Kandidaat hoef nie noodwendig in die format van n ‘Opstel’ te antwoord nie.

 KATEGORIE          PUNT                           VLAKBESKRYWERS (BEWYSE)
Uitstaande          26–30   Kandidaat is in staat om 'n argument saam te stel. Goed georganiseerd,
prestasie                   volledig en logies, afgeronde struktuur. Ondersteun deur 'n uitsonderlik hoë
                            vlak van bevoegdheid om inligting te verwerk tot 'n oorspronklike interpretasie
                            en deurdagte keuse van feite. Gebruik 'n verskeidenheid van relevante
                            dramatiese verwysings en voorbeelde. Toon insig, is vloeiend; observasie en
                            kennis word treffend uiteengesit.

                            Kandidaat bespreek die siening van Absurdisme dat jou bestaan sinloos is en
                            dat mense probeer om die wêreld om hulle te verstaan deur 'n mate van orde
                            en struktuur te skep. Eksistensiële karakters en hulle handelinge in die
                            toneelstuk wat hy/sy bestudeer het, word volledig bespreek. Hy/Sy verwys na
                            tegnieke van Teater van die Absurde en gee spesifieke voorbeelde uit die
                            toneelstuk. Die kandidaat toon 'n uitsonderlike begrip van Teater van die
                            Absurde en die toneelstuk wat bestudeer is.
Verdienstelike      22–25   Goed georganiseerd, omvattend, afgeronde struktuur. Ondersteun deur 'n hoë
prestasie                   vlak van bevoegdheid en deurdagte keuse van feite om inligting te verwerk.
                            Gebruik 'n keuse van relevante dramatiese verwysings en voorbeelde. Toon
                            insig; waarneming en kennis word goed uitgedruk.

                            Hierdie kandidaat het 'n soortgelyke vlak van kennis van Teater van die
                            Absurde en die toneelstuk wat bestudeer is as die Uitstaande kandidaat. Die
                            hoofverskil is die vermoë om aansluiting by die opstel se onderwerp te vind,
                            die onderwerp te bespreek en taal effektief te gebruik. Dikwels skryf hierdie
                            kandidaat te veel deur korrekte maar irrelevante inligting neer te skryf.
Bevredigende        18–21   Georganiseerd, bevat detail, daar is 'n mate van bevoegdheid, sommige foute
prestasie                   is waarneembaar in die opstelstruktuur. Interessante aanbieding, duidelike en
                            logiese stellings, oortuigend, eenvoudige en direkte taalgebruik. Ondersteun
                            deur 'n keuse van relevante dramatiese verwysings en voorbeelde. Toon goeie
                            begrip van die tema, 'n paar logiese stellings.

                            ÒF: Kandidaat poog om die karakters en hulle handelinge en die Absurde
                            filosofie te bespreek. Hy/Sy verwys na sommige tegnieke van Teater van die
                            Absurde, maar is vaag oor hoe hierdie tegnieke in die toneelstuk aangebied
                            word. Die kandidaat toon goeie begrip van die karakters, Teater van die
                            Absurde en die toneelstuk wat bestudeer is.
                            ÒF: Uitstekende ontleding van Teater van die Absurde en die toneelstuk wat
                            bestudeer is, maar aansluiting by die onderwerp is per toeval, eerder as wat
                            die opstelonderwerp bespreek word.
Voldoende           14–17   Struktuur is nie noodwendig logies nie. Demonstreer basiese begrip, maar is
prestasie                   geneig om meganiese en stereotipiese antwoorde te verskaf. Genoegsame
                            keuse van relevante dramatiese verwysings en voorbeelde. Antwoord
                            voldoende, maar voel gememoriseerd. Nie altyd 'n hoë vlak van insig nie.

                            Kandidaat is goed voorbereid en kan detail gee oor Teater van die Absurde,
                            karakters en die toneelstuk wat bestudeer is, maar kan dit nie van toepassing
                            maak op die opstelonderwerp nie. Dikwels lyk die werk asof dit 'n herhaling van
                            notas/karaktersketse is wat in die klas uitgedeel is en mag dus gefragmenteerd
                            wees. Tog het die kandidaat 'n soliede kennis van die inhoud. Dikwels word die
                            karakters slegs genoem en 'n kort karakterskets van elk word gegee.

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                  7                                    DBE/November 2013
                                           NSS – Memorandum

Middelmatige        10–13   Nie altyd georganiseerd nie, struktuur nie altyd logies nie. Beperkte keuse van
prestasie                   inligting: swak taalvaardighede kan 'n bydraende faktor wees. Kandidaat toon
                            nie die vermoë om sy/haar antwoord te ondersteun met toepaslike dramatiese
                            verwysings en voorbeelde nie.

                            Kandidaat het kennis van Teater van die Absurde, karakters en die toneelstuk
                            bestudeer is, maar is geneig om alles wat hy/sy van die karakters weet, neer te
                            skryf sonder om aan te sluit by die opstelonderwerp. Inligting is oor die
                            algemeen korrek, maar mag op 'n verwarde manier aangebied word. Dit is
                            geneig om ÒF 'n aaneenlopende geskryf (geen paragrawe) te wees ÒF kort
                            sinne wat sekere aspekte van die inhoud verduidelik. Kandidaat ken die inhoud
                            van die toneelstuk wat bestudeer is.
Elementêre           6–9    Onsamehangend – geen struktuur, beperkte woordeskat, min poging
prestasie                   aangewend om die inligting op 'n aanvaarbare manier aan te bied. Baie min
                            inligting, deurmekaar, moeilik om te volg, dikwels irrelevant. Kandidaat toon nie
                            die vermoë om sy/haar antwoord met toepaslike dramatiese verwysings en
                            voorbeelde te ondersteun nie. Daar is geen verband met die onderwerp in die
                            antwoord nie.

                            Kandidaat toon 'n mate van kennis van Teater van die Absurde, karakters en
                            die toneelstuk wat bestudeer is, maar is geneig om kort frases oor die
                            karakters, inhoud van die toneelstuk wat bestudeer is of teorie wat aangeleer
                            is, neer te skryf. Dikwels word foutiewe inligting ook gegee (oor 'n ander
                            toneelstuk/karakters of 'n ander deel van teatergeskiedenis). Die nasiener sal
                            in die antwoord moet soek vir korrekte inligting. Moeilik om te merk omdat dit
                            met die eerste oogopslag lyk asof die hele antwoord foutief is. Die kandidaat is
                            geneig om die storie van die toneelstuk te vertel of om kort karaktersketse
                            weer te gee.
Onvoldoende          0–5    Onsamehangend, baie min werk gelewer, beperkte vaardighede, benodig
                            ondersteuning. Irrelevant. Eenvoudige frases of woorde neergeskryf wat die
                            kandidaat geleer het, maar nie verstaan nie. 'n Poging is aangewend om die
                            storie te vertel. Baie vaag en deurmekaar.

                            Kandidaat se kennis van Teater van die Absurde, die karakters en die
                            toneelstuk wat bestudeer is, is swak. Dikwels word foutiewe inligting gegee. Is
                            geneig om 'n lys van woorde, frases en sinne neer te skryf in die volgorde
                            waarin die kandidaat dit onthou. Kandidaat skryf dikwels onsamehangend en
                            verwar terminologie en teater praktisyns.

                                                                           TOTAAL AFDELING A:                   30

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           8                           DBE/November 2013
                                    NSS – Memorandum

AFDELING B: BEGRYP EN ANALISEER
VRAAG 3: BOESMAN EN LENA DEUR ATHOL FUGARD
3.1      Kandidaat mag JA of NEE antwoord met motivering. Ken volpunte aan
         antwoorde toe wat goed gemotiveer is. 'n Subjektiewe antwoord word vereis.
         Die karakters word getoon in verskillende oomblikke in die toneelstuk en die
         collage laat die voornemende gehoor toe om meer te verstaan oor waaroor die
         toneelstuk handel.
         Sommige kandidate kan aandui dat die karakters, kostuums en rekwisiete word
         uitgebeeld en hul antwoorde ondersteun deur na spesifieke voorbeelde in die
         collage te verwys. Ander kan dalk fokus op die tema van misbruik en die
         toepaslikheid daarvan in vandag se samelewing.
         Kandidaat mag tegniese benader.                                                        (4)
3.2      (Kandidate moet en/of slegs kostuums rekwisiete bespreek of albei om
         volpunte te verdien)
         Die kostuums en rekwisiete wat gebruik is, is geskik vir 'n produksie van
         Boesman en Lena. Boesman is geklee in 'n ou, verbleikte wit T-hemp met 'n ou
         hemp bo-oor, 'n grys of swart vormlose broek en 'n mus. Lena is geklee in 'n
         ou, verbleikte, lospassende rok met 'n doek op haar kop. Hulle is altyd aan die
         beweeg, en daar is geen tyd om te bad nie, daarom is die kostuums vuil en dit
         stel ook hulle armoede voor.
         Die rekwisiete weerspieël hul karige besittings wat hulle met hulle saamdra
         waar hulle ook al gaan, want hulle is altyd aan die beweeg. Die meeste van die
         items wat hulle egter saamdra, blyk klere en komberse te wees, terwyl
         Boesman in die drama sinkplate en 'n matras dra. Tog dra die rekwisiete by tot
         die feit dat hulle hawelose en ontwortelde mense is.                    (2 x 2)        (4)
3.3      Nasieners moet TWEE punte wat goed gemotiveerd is, of VIER punte wat
         kortliks verduidelik is, aanvaar.
         Aanvaar beide sienings indien antwoorde goed gemotiveerd is. 'n Subjektiewe
         antwoord word vereis.
         Sommige kandidate mag sê dat die ras van die karakters irrelevant is en dat
         die toneelspelvaardighede en hoe die karakter op die verhoog lewend gemaak
         word, belangriker is.
         Ander kan sê dat ras 'n belangrike kwessie is, want dit is 'n realistiese drama
         en daarom moet Lena bruin wees.
         Die kwessie is aktueel en het betrekking op hulle ondervinding, daarom moet
         erkenning gegee word indien die kandidaat na sy/haar eie ervarings verwys.             (4)
3.4      Nasieners moet holisties merk. Òf DRIE punte in detail bespreek óf SES punte
         kortliks verduidelik.
         Fisieke – Lena sal opstaan, na Outa hardloop, hom gryp en hom dwing om
         weer op die boks te sit. Sy sal sy rug klop om hom te kalmeer. Sy sal stadig na
         die rand van die verhoog loop en in die verte staar. Sy stap terug na die vuur
         en dan stap sy na die ou man om hom te vertel wat hy moet sê. Sy skud hom
         heftig om seker te maak dat hy haar duidelik verstaan.
         Gebare – Steek haar vingers na Outa uit, skud haar kop, een hand kan op haar
         heup wees as sy met hom praat soos met 'n stout kind. Kan haar arm om hom
         plaas.
         Gesigsuitdrukking – Oë gerek, wenkbroue gelig, neusgate oopgesper, sy kan
         'n kwaai kyk op haar gesig hê.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            9                              DBE/November 2013
                                     NSS – Memorandum

         Vokaal – Lena begin hardop praat, want Outa probeer om weg te loop. Haar
         toon is een van frustrasie en woede.
         Sy sal sagter praat soos sy probeer om hom te kalmeer. Sy fluister ook, bang
         dat Boesman haar kan hoor as sy te hard met Outa praat –'n
         verhoogfluistering. Sy wil nie hê dat Boesman moet weet dat sy vriendelik is
         met Outa nie.                                                                              (6)

3.5      Nasieners moet TWEE punte wat goed gemotiveerd is, of VIER punte wat
         kortliks verduidelik is, aanvaar.
         Outa is noodsaaklik vir die ontwikkeling in die intrige, want sy aankoms merk
         die verandering in die verhouding tussen Boesman en Lena. Vir Lena is hy
         nog 'n mens met wie sy haar kos, gedagtes en probleme kan deel. Hy is nie
         veroordelend nie, en luister na haar. Dat hy haar naam noem, is betekenisvol
         vir Lena. Hy is daar om die gehoor te wys hoe honger Lena werklik is vir
         menslike kontak, want selfs al deel hulle nie dieselfde taal nie, deel hulle 'n
         gemeenskaplike band; hulle menslikheid.
         Outa is 'n bedreiging vir die Boesman – hy is wantrouig teenoor Outa en
         verrassend jaloers dat Lena verkies om buite by hom te sit. Outa se dood aan
         natuurlike oorsake lei tot die verandering in Boesman se houding teenoor
         Lena. Hy dink dat hy op een of ander manier verantwoordelik was vir Outa se
         dood; hy raak bang om tronk toe gestuur te word en behandel Lena 'n bietjie
         vriendeliker, en verduidelik aan haar waar hulle is en waar hulle vandaan kom
         – iets wat hy nie in die verlede gedoen het nie.
         Dit dui op 'n verandering in die verhouding met Lena wat uiteindelik besef dat
         sy Lena is en dat sy lewe.                                                                (4)

3.6       Aanvaar kandidate se sienings, indien gemotiveer – 8 kort, relevante
          stellings, of 4 meer gedetailleerde, goed bespreekte punte. 'n Subjektiewe
          antwoord word vereis. Aanvaar goed gemotiveerde antwoorde. Die volgende
          is slegs 'n voorstel en dit is onwaarskynlik dat kandidate so 'n lang antwoord
          sal gee.
          Die bostaande stelling is 'n akkurate beskrywing van die drama Boesman
          and Lena, want dit beklemtoon die lot van die mens, vasgevang in 'n siklus
          van armoede, vooroordeel, geweld en ontmensliking. Die toneelstuk
          ondersoek die verhouding tussen Boesman en Lena, 'n bruin paartjie wat die
          hawelose en ontwortelde mense van Suid-Afrika verteenwoordig, die
          behoefte aan menslike kameraadskap, deernis en hoop. Boesman en Lena
          is voortdurend aan die beweeg, want hulle haastig opgerigte huise word plat
          gestoot en hulle word dan gedwing om na 'n ander plek te skuif waar
          dieselfde ding weer gebeur. Daar is geen sin vir sekuriteit of stabiliteit nie en
          dit word in die egpaar se wisselvallige verhouding weerspieël. Ons as die
          gehoor of lesers het empatie/simpatie met 'n karakter soos Lena wat
          ongelukkig duisende mishandelde vroue, vasgevang in die siklus van
          armoede en verwaarlosing, verteenwoordig. Lena was vir baie jare by
          Boesman en het die las van sy toorn baie keer gedra. Boesman is 'n man,
          maar hy is ontman deur die samelewing en daarom het hy sy frustrasie op
          Lena, Outa en die hond uitgehaal. Hy het Lena op baie maniere mishandel:
          hy slaan haar gereeld met sy vuiste en mishandel haar mondelings deur haar
          te tart en haar in haarself te laat twyfel. Byvoorbeeld, hy laat haar glo dat sy
          drie bottels gebreek het wat hulle van plan was om by 'n bottelomruiler te
          verkoop, terwyl hy dit in werklikheid gebreek het. Lena is potblou van al die
          slae wat sy van Boesman gekry het, maar sy bly nog by hom. Watter ander
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                 10                                   DBE/November 2013
                                          NSS – Memorandum

            alternatief het sy? Hierdie is die enigste lewe wat sy ken – sy weet nie beter
            nie. Sy praat 'n paar keer daaroor dat sy hom wil verlaat, maar doen dit nie,
            want vir haar is die onbekende meer vreesaanjaend as die bekende.
            Belangriker, Boesman is die enigste skakel met haar verlede. Boesman kan
            nie sy woede op die blankes, wat sy pondokke vernietig het, uithaal nie, so
            hy haal dit uit op Lena, iemand wat hy kan beheer en oor wie hy mag het.

            Hy verwaarloos haar en weier om met haar te praat en vertel haar 'n paar
            keer dat hy wil hê dat sy hom moet verlaat. Maar hy het haar nog nodig op 'n
            verdraaide manier. Sy is altyd daar saam met hom en hy verwag van haar
            om daar te wees. Hy kan sy frustrasies op haar uithaal – sy is sy 'slaansak'.
            Op 'n disfunksionele manier maak hulle albei op mekaar staat vir
            kameraadskap, sekuriteit en 'n bevestiging dat hulle menslik en lewendig is.
            Hulle kies hierdie disfunksionele verhouding eerder as om alleen te wees.
            Lena het geen uitlaatklep vir haar woede, vreugde, pyn, hartseer, ens. nie
            omdat Boesman nie na haar snert of gebabbel, soos hy dit noem, wil luister
            nie. Selfs die polisie lag vir haar en terg haar as sy 'n klag teen Boesman wil
            lê omdat hy haar geslaan het. Sy word bespot en mishandel, nie net deur
            Boesman nie, maar ook deur mense in die samelewing, want sy is 'n
            buitestander wat op die rand leef. Beide Lena en Boesman is die slagoffers
            van 'n wrede, nalatige samelewing wat hulle vermy en hulle soos
            uitgeworpenes in hul eie land behandel.

PUNTE 3.6                                              BESKRYWER
Baie goed     7–8    Verbind en integreer beide die aanhaling en kennis van die drama. Is in staat om
                     antwoord te ondersteun met toepaslike voorbeelde van die karakter se
                     geskiedenis, persoonlikheid en handelinge en is in staat om temas wat
                     dakloosheid en verplasing beklemtoon, duidelik te bespreek en te toon hoe die
                     karakters tot uitgeworpenes gereduseer word.
Goed          5–6    Kandidaat is in staat om die karakters, intrige en temas te beskryf en dit met die
                     aanhaling in verband te bring. Dikwels is die beskrywing van die karakters, intrige
                     en temas meer gedetailleerd as die verband met die aanhaling.
Gemiddeld     3–4    Kandidaat het ÓF 'n begrip van die vraag en is in staat om dit in detail te beskryf,
                     maar het nie die vermoë om die karakter, intrige, temas met die aanhaling in
                     verband te bring nie, ÓF beskryf karakter, intrige en temas op 'n oppervlakkige
                     wyse en versuim om dit met die aanhaling en vraag in verband te bring.
Swak          0–2    Kandidaat gee 'n basiese beskrywing van 'n karakter en intrige, maar versuim om
                     by die proses aan te sluit, behalwe om die storie te vertel.                              (8)
                                                                                                               [30]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                 11                                 DBE/November 2013
                                          NSS – Memorandum

VRAAG 4: uNOSILIMELA DEUR CREDO MUTWA

4.1         Herhaling is ‘n tipiese Afrika storievertellings tegniek. Hierdie storie is folklore,
            diegene wat na die storieverteller luister, is kinders. Die doel van die storie is
            om die kinders iets te leer.                                                                     (2)

4.2         Terwyl die storieverteller die kinders aanspreek, leer hy hulle ook van
            aanspreekvorme. In wese besing hy/sy die voortreflikhede van God. Hy/Sy
            laat die kinders die seën ontvang. Die verteller doen 'n beroep op die
            voorvaders om teenwoordig te wees in hierdie oomblik van vertelkuns, die
            kinders te seën en dit open ook die storievertelling.                                            (3)

4.3         Die openingstoneel:
            Stel die drama as 'n fabel/folklore bekend
            Die element van seën word uitgespeel, die gehoor is deel van die seën
            (d.w.s. toneelspel)
            Stel die drama bekend as energiek, (die sang skep dit)
            Stel 'n figuur wat gesentraliseerde gesag uitoefen, wat orde handhaaf,
            bekend. Dit bied die storievertelling uit.                                                       (4)

4.4         Die antwoord op hierdie vraag sal wissel na gelang van persoonlike belang,
            alhoewel die volgende nie beslissend is nie, maar dit kan toepaslik wees:
            Hierdie koor is oor die viering van die lig, en dus gelykstaande aan die Fees
            van die Ligte. Die stemming sal dus een van feestelikheid wees.
            Die lirieke is oor die son en die lig, dus sal kostuums kleurvol en helder wees.
            Soos wat hulle saamsing, sal die kinders optree in 'n regop houding (om trots,
            vreugde, vrede en geluk te toon). Die atmosfeer van die liedjie is vrolik, so
            ook die gesigte van die kinders. Hulle sal gelei word om hulle vrolike emosies
            te visualiseer, hoofsaaklik deur middel van hul gesigte en die manier waarop
            hulle hul liggame beweeg.
            Die kinders se stemme sal melodies wees.

PUNTE 4.4                                              BESKRYWER
Uitstekend     6      Kandidaat verstaan duidelik die opvoering en kan hom/haar vereenselwig met die
                      funksie van die koor. Kandidaat is in staat is om fisies en vokaal leiding
                      (aanwysings) te gee vir die regie van die koor deur konkrete, spesifieke
                      voorbeelde uit die teks te gebruik.
Goed           4–5    Kandidaat verstaan die opvoering en kan hom/haar vereenselwig met die koor.
                      Kandidaat is in staat is om fisies of vokaal leiding (aanwysings) te gee aan die
                      koor, deur konkrete, spesifieke voorbeelde uit die teks te gebruik.
Gemiddeld      3      Kandidaat lewer uitsprake oor die opvoering en kan hom/haar vereenselwig met
                      die funksie van die koor. Kandidaat gee 'n mate van leiding (aanwysings) aan
                      die koor deur algemene voorbeelde uit die teks te gebruik.
Elementêr      2      Kandidaat slaag daarin om 'n paar voorbeeld(e) van die koor te gee, maar is
                      skaars in staat is om te lei/aanwysings te gee.
Swak           0–1    Kandidaat gee 'n paar basiese aanwysings. Oor die algemeen is stellings wat
                      verband hou met die antwoord, meer toevallig as beplan.                                (6)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           12                          DBE/November 2013
                                    NSS – Memorandum

4.5      Die storielyn het 'n eenvoudige begin wat vorder tot 'n komplekse situasie.
         Die sentrale karakter se belang is nie groter as die hooftema van die storie
         nie. Daar is 'n kombinasie van 'n fisiese komponent (bv. sang, musiek, dans,
         ens.), visuele komponent (verhoogplasing, kostuum, gebare, ens.), ouditiewe
         komponent (stem, woorde, ens.) om die storie te visualiseer. Die toneelstuk
         vier die erfenis van Afrika-vertelkuns en -legende.                                    (4)

4.6      Kringteater
         Opelug
         Arena(aanvaar enige een of meer)                                                       (1)

4.7      Reën kan die opvoering versteur.
         Stemme kan oorstem raak op 'n winderige dag.
         Die geluid wat van die musikale instrumente kom, mag dalk nie so sterk wees
         nie.
         Terwyl van die gehoor verwag word om deel te wees van die opvoering, kan
         daar 'n verlies van orde wees as die gehoor te veel toegee.
         Sommige mense mag te dikwels rondbeweeg, en so die hooftema van die
         opvoering mis.
         Akteurs kan mekaar maskeer (blok).                                                     (3)

4.8      Die toneelstuk is geskryf met die Opelug- en/of Kringteater as verwysing.
         Daar is baie skouspel, want die gehoor sal die werklikheid van buite-optredes,
         soos stof, ervaar. Die natuurlike landskappe, soos bome, vorm deel van die
         dekor en verhoog. Met ander woorde, die buite-omgewing is self die natuur.
         Die gehoor is in staat om met die akteur te meng.
         Die gehoor is in staat om deel te neem aan die handeling. Natuurlike
         verskynsels, soos stof, reën, die son, kan deel van die teks/manuskrip wees
         en dit sal die storie meer geloofwaardig maak. Daar is sekere Afrika-
         musiekinstrumente wat beter klink as dit buite eerder as binne gespeel word.
         Die klank gemaak deur die musiekinstrumente, soos die dromme en sang, sal
         baie ver gehoor word, en sodoende die inligting na die gehoor ver weg stuur
         dat die vertoning gaan begin of reeds begin het.                                       (7)
                                                                                                [30]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 Dramatiese Kunste                              13                           DBE/November 2013
                                        NSS – Memorandum

VRAAG 5:     WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
             BARNEY SIMON

5.1      5.1.1        Aanvaar DRIE eienskappe ten volle verduidelik of SES punte kortliks
                      verduidelik. Die minimale gebruik van rekwisiete, inkleding en klank
                      wat tegnies geproduseer is. 'n Enkele rekwisiet het baie funksies.
                      • Die produksies van 'n mens se eie klankopnames/verbale
                         dinamika/idiofone, inkleding en die neutrale gebruik van kostuums.
                      • Die akteur is die fokuspunt in die produksie.
                      • Gebruik van die fisiese liggaam om kragtige beelde wat 'n indruk
                         op die gehoor sal maak, oor te dra.
                      • Kreatiewe gebruik van stem – al die musiek word deur die akteurs
                         gemaak.
                      • Arm Teater het alle masjinerie vermy en al die skouspel wat nie
                         deur die akteur geskep is nie, geminimaliseer.
                      • Kunstenaars is nie toegelaat om grimering te gebruik of van
                         kostuum te verander om 'n verandering in die karakter aan te dui
                         nie.
                      • Via Negativa
                      • Gehoor en akteur verhouding
                      • Aanvaar enige ander kenmerke
                                                                                                    (6)

         5.1.2        Dit is gebruik om wit mense te verteenwoordig.Kan ook geintrepeteer
                      word as ‘n nar of ‘n vark neus,om die spot te dryf met die
                      witmense.Maak ‘n bespotting van witmense.                                     (1)

         5.1.3        Twee voorbeelde nodig. Aanvaar ander antwoorde indien geldig.
                      Die bokse is multifunksioneel en word gebruik vir verskeie doeleindes
                      soos:
                      • Sitplekke: Gedurende die opvoering kan die akteurs die kiste
                          gebruik om op te sit – kan gebruik word as treinsitplekke.
                      • Plasing en beplanning(Blocking): Die akteur se bewegings en
                          'opvoerarea' word gemerk deur die plasing van die kiste.
                      • Dien as die verkoper se tafel, vullisdrom, vragmotorwa waaruit
                          die akteurs steenkool verkoop.
                      • Gebruik in die helikoptertoneel.                                            (2)

         5.1.4        Die hangstaaf word gebruik om kostuums aan op te hang, want dit
                      het dit vir die akteurs moontlik gemaak om vinnige
                      kostuumveranderings te doen. Dit het ook 'n plek aan die karakters
                      verskaf waaragter hulle kon wegkruip.                                         (1)

5.2      'n Subjektiewe antwoord word vereis. Aanvaar goed gemotiveerde antwoorde.
         (Aanvaar ander antwoorde indien dit goed gemotiveer word)
         Die volgende is 'n voorstel.
         Eerstens is 'n paar van die kwessies wat die toneelstuk beklemtoon, irrelevant
         in vandag se demokratiese Suid-Afrika – die pas en die paswette. Die
         regisseur sal kreatiewe maniere moet vind om hierdie pynlike deel van die
         geskiedenis op 'n sensitiewe manier vir die gehoor aan te bied om hierdie
         hoogs emosionele aspek van apartheid te waardeer. Die akteurs sou beslis
         hierdie deel van ons geskiedenis nagevors het om geloofwaardige opvoerings
 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
 Dramatiese Kunste                            14                             DBE/November 2013
                                      NSS – Memorandum

         te produseer. Die aanvanklike toneelstuk het 'n proses ingesluit waarby al die
         oorspronklike akteurs betrokke was en dit was 'n situasie waaraan hulle
         blootgestel was, so dit was makliker om te vertaal en persoonlike ervarings op
         die produksie toe te pas.
         Die regisseur kan dalk die akteurs voor die produksie bewus maak omdat
         hulle dalk jong was en nie kan onthou hoe dit regtig was tydens apartheid nie.
         Die tsostitaal wat in die drama gebruik word, kan dalk vervang word met sleng
         ('slang') wat meer bekend is aan 'n moderne gehoor sonder om die betekenis
         in die drama te verander.                                                                  (5)

5.3      Die taal dra by tot die plaaslike atmosfeer van die toneelstuk en maak dit
         makliker vir die gehoor om met die karakters te identifiseer. Gehoor kan hulself
         dikwels in die karakters inleef. Omdat dit 'n protestoneelstuk is, het dit die taal
         van die straat gebruik sodat dit kan maklik deur die gehoor verstaan kon word.
         Toon ook dat Mbongeni IsiZulu praat en dat Percy, wat die blanke werkgewers
         verteenwoordig, Afrikaans praat.                                                           (3)
5.4      Nasieners moet holisties merk.
         Vokaal – Aanvanklik kon Mbongeni begin deur 'n gemiddelde tempo en volume
         te gebruik. Hy laat die volume geleidelik toeneem en raak meer gefrustreerd as
         hy al die dinge noem wat hulle te doen staan. Teen die einde van die reël 7
         sou die vokale volume baie hard wees en sy toon sou sy woede weerspieël.
         Fisies – Hy sal baie gebare gebruik – wys na homself en Bobbejaan wanneer
         hy praat oor al die werk wat hulle moet doen. Gooi sy hande in die lug wanneer
         hy sê: " ... there's too much work for two people". Hy wys na homself as hy sê:
         "Me and Bobbejaan". Hy kon demonstreer hoe hy 'n vragmotor stoot, die stene
         laai en die sand grawe. Hy kon 'n tree agteruit gee, sy hande in die lug gooi en
         sê: "Aaay suka!" uit frustrasie.
         (Aanvaar ander vokale vaardighede indien dit goed gemotiveer word)                         (6)
5.5      (Aanvaar enige goed gemotiveerde tema wat in Bron B genoem of erken
         word.. Kandidate moet die temas wat duidelik is in die uittreksel, beskou en nie
         in die drama in geheel nie.)
         Die hooftema is uitbuiting en onderdrukking van werkers. Percy en Mbongeni
         werk hard en vir lang ure en word min betaal. Hulle word sleg behandel deur
         hul werkgewer, Baas Kom, wat dreig om hulle af te dank elke keer as hulle nie
         met hom saamstem nie of oor hul werksomstandighede kla. Hul werkgewer
         dreig hulle deur te sê dat daar honderde mense op soek is na werk, dus moet
         hulle dankbaar wees vir die werk wat hulle het. Die werkgewer verskaf nie
         basiese mense-/werkerregte aan hulle nie.
         Dit is relevant vandag omdat baie mense steeds onderbetaal en oorwerk is.
         Maar die werkers het ten minste 'n manier om hul griewe te uit druk deur hul
         vakbonde en stakings.
         Nog 'n tema wat beklemtoon word, is die ironie dat, hoewel hulle duisende
         bakstene maak, hulle nie in behoorlike huise leef nie – hulle sê hulle leef in
         sardiensblikke.
         Die behuisingsprobleem bestaan vandag nog en hoewel die regering effense
         vordering op hierdie gebied gemaak het, is daar miljoene mense is wat steeds
         wag vir huise. Vandag is korrupsie ook 'n groot probleem in die toekenning van
         tenders aan konstruksiemaatskappye wat dalk nie ten volle gekwalifiseer is om
         sulke massiewe bedrywighede te onderneem nie; dus word mense gelaat met
         huise wat slordig gebou is.                                                                (6)
                                                                                                    [30]
 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           15                            DBE/November 2013
                                    NSS – Memorandum

VRAAG 6: SOPHIATOWN DEUR DIE JUNCTION AVENUE-TEATERGESELSKAP
6.1      (Aanvaar TWEE punte wat goed gemotiveer word of VIER punte wat
         eenvoudig gestel word) Die drama Sophiatown dokumenteer 'n waardevolle
         en lewendige deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat andersins verlore
         sou gewees het omdat die apartheidregering dit heeltemal wou uitwis. Hulle
         het dit as 'n klad op hul visie van afsonderlike ontwikkeling gesien, want dit
         was 'n plek waar verskillende bevolkingsgroepe saam in vrede en harmonie
         geleef het teen die regering se beleid van apartheid. Die toneelstuk is 'n
         optekening van die lewe van gewone mense in Sophiatown, hul stryd om te
         oorleef, hul vasberadenheid en wil om teen alle verwagtinge in te oorleef, hul
         nimmereindigende stryd met die apartheidsregering. Die toneelstuk gee ons
         insig in hoe mense, ten spyte van die beperkings wat op hulle geplaas is en
         die onderdrukking wat hulle voortdurend in die gesig gestaar het, opgewasse
         was. Die kultuur, musiek, tradisies van Sophiatown, wat 'n impak gehad op so
         baie prominente swart mense in Suid-Afrika, sou vergete gewees het indien
         dit nie opgeteken is nie.                                                                (4)
6.2      Jakes is die karakter sowel as 'n verteller in die drama. Hy is opgevoed en
         daar word na hom verwys as 'n "intellektuele" of "situasie" – deur Mingus en
         die ander in Sophiatown wat nie opgevoed is nie. Hy stel die toneel op en gee
         die gehoor belangrike inligting oor die karakters en Sophiatown. Hy tree ook
         op as 'n skakel tussen die tonele in die drama.
         As 'n joernalis vir die tydskrif Drum hou Jakes al die karakters ingelig oor wat
         in Sophiatown sowel as in Suid-Afrika oor die algemeen gebeur. Hy is die
         stem van die rede en in beheer. Hy verteenwoordig die kultuur van
         Sophiatown.
         Hy is 'n belangrike karakter, want hy is betroubaar en daar kan op hom
         staatgemaak word om akkurate en onbevooroordeelde inligting oor wat in
         Sophiatown en Suid-Afrika oor die algemeen aan die gebeur is, te gee. Die
         enigste keer dat ons as die publiek twyfel oor sy egtheid, is wanneer hy sy
         ware gevoelens vir Ruth wegsteek.                                                        (4)
6.3      Jakes se openingsmonoloog bied die uiteensetting van die drama. Hy
         beklemtoon die verskillende name van Sophiatown en trek die gehoor in die
         toneelstuk in. Hy vertel dan die publiek oor die verskillende plekke van
         belang, soos The Back of the Moon en die fliekteaters – plekke wat gereeld
         deur die inwoners van Sophiatown besoek is. Hy vertel van die verskillende
         straatbendes en die beroemde mense van Sophiatown, en berei die
         stemming van die toneelstuk voor. Ons word dan voorgestel aan 65 Gerty
         Street en Mamaritis' Diamond Shebeen waar die meeste van die handeling
         plaasvind. Hy beskryf dit nie in glorieryke terme nie, maar hy skep 'n
         verwagting by die gehoor van wat aan die kom is.
         (Aanvaar ander goed gemotiveerde antwoorde)                                              (4)

6.4      Princess is Mingus se vriendin. Hy het haar uit die krotbuurte gehaal en vir
         haar 'n redelike goeie lewe gegee. Sy is trots, dink te veel van haarself en
         voel dat sy haar wil kan laat geld bloot omdat sy Mingus se vriendin is. Sy
         wantrou Ruth van die begin af, want sy beskou haar as kompetisie. Sy is
         jaloers op die aandag wat Mingus aan Ruth gee en sy wil haar nie daar hê
         nie. Sy lag hardop, want sy spot met Ruth se naïwiteit oor die lewe in
         Sophiatown. Sy voel dat Ruth dom is om te dink sy kan dieselfde lewe wat sy
         in Yeoville gehad het, in Sophiatown hê – haar eie kamer, ens.                           (3)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
 Dramatiese Kunste                                 16                                  DBE/November 2013
                                           NSS – Memorandum

6.5      Ruth se verwagtinge is heeltemal onrealisties en beklemtoon haar onkunde oor
         die situasie waarin sy haarself bevind. Sy verwag om dieselfde soort toestande
         wat sy in Yeoville gehad het, te hê, en oorweeg nie die werklike
         lewensomstandighede in Sophiatown nie. Dit is nie wenslik nie, want vir die ander
         karakters is die idee van 'n mens se eie slaapkamer 'n luukse wat hulle nie kan
         bekostig nie, want ruimte is so beperk. Haar antwoorde is geldig in eie reg, want
         jy kan nie regtig 'n kamer deel met 'n man wat jy nie ken nie, maar dit was
         aanvaarbaar in Sophiatown as gevolg van die stampvol lewensomstandighede.
         Maar sy het gekies om na Sophiatown te kom, dus moet sy aanvaar wat ook al
         aan haar gegee word. Die ander karakters vind haar naïwiteit snaaks en die
         gehoor verwag dat 'n mate van konflik en moontlik komiese kwessies die gevolg
         sal wees van die kulturele en sosiale gaping tussen die karakters.                                    (3)
6.6      Nasieners moet 1 fisiese en 1 vokale vaardigheid aanvaar wat ten volle
         verduidelik word, OF vier punte kortliks bespreek. Fisies – Mingus sou baie stadig
         om Ruth loop, haar van kop tot toon beskou, moontlik een hand in sy sak sit en
         met die ander een sy ken vashou, en sy kop goedkeurend knik oor wat hy sien.
         Vokaal – Hy is luid en kru met 'n arrogante toon. Hy het 'n doelbewuste tempo
         wanneer hy sê: "Alright she can stay."                                                                (4)
PUNTE 6.7                                               BESKRYWER
Baie goed      7–8    Kandidaat is in staat om 'n duidelike en bondige antwoord wat kennis van die tema
                      en geskiedenis gee, te gee. Verbind en integreer beide aanhaling en kennis van
                      gedwonge verskuiwings en die geskiedenis van Sophiatown.
Goed           5–6    Kandidaat is in staat om die tema van gedwonge verskuiwings in detail te
                      bespreek. Wend 'n poging aan om aan te sluit by die aanhaling en probeer om te
                      sê hoe dit 'n geldige beskrywing van Sophiatown is.
Gemiddeld      3–4    Kandidaat het 'n begrip van die tema van gedwonge verskuiwings en is in staat
                      om dit in detail te beskryf, maar het nie die vermoë om na die aanhaling te verwys
                      en te sê hoe dit 'n geldige beskrywing van die geskiedenis van Sophiatown is nie.
                      Maak breë en algemene stellings.
Swak           0–2    Kandidaat gee 'n basiese bespreking van temas, maar versuim om by die
                      aanhaling aan te sluit. Antwoord kan baie vaag en deurmekaar wees.                      (8)

6.7 SLEGS N VOORSTEL VERWYS NA RUBRIEK.

       Nasieners moet holisties merk. Nasieners moet ander geldige en toepaslike
       antwoorde van kandidate aanvaar. Die volgende is slegs 'n voorstel:
       Sophiatown was 'n losstaande voorstad, in teenstelling met ander swart
       townships in Suid-Afrika. Swart mense kon hul eie land besit en is toegelaat om
       hul eie huise te bou en kon dit aan huurders verhuur indien hulle wou. Dit was
       ook 'n plek waar alle rasse toegelaat is om te meng en vrylik rond te beweeg,
       want daar was vryheid van beweging. Alle rassegroepe is toegelaat om eie
       besighede te besit en die meeste het gefloreer. Dit was amper asof apartheid nie
       in Sophiatown bestaan het nie. Volgens Es'kia Mphahlele, "wat Sophiatown so
       spesiaal gemaak het, was die vryheid van gees onder die mense wat daar
       gewoon het. Hulle het nie ingeperk gevoel deur grense nie en dit het in hul
       gemaklike leefstyl gewys." Dit was die enigste swart woonbuurt wat nie omring
       was deur 'n heining soos ander townships nie. Omdat Sophiatown 'n losstaande
       voorstad was, het sjebiens en danssale gefloreer. Die lewe hier was lewendig en
       opwindend.

 Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Dramatic Arts Nov 2013 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2013-memo-eng/e624da7c-91c8-485a-96c1-f8681fd3a6bb) — Dramatic Arts · Memo · 2013 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2013 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2013-eng/9ae5487e-2e2f-46e6-83bc-5464b77af318) — Dramatic Arts · QP · 2013 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2013-afr/d8a410a9-7372-4874-8db8-f5e678bf5c68) — Dramatic Arts · QP · 2013 · Afr
- [DRAMA KUNSTE MEMO GR12 SEPT2013](https://www.hlayiso.com/library/drama-kunste-memo-gr12-sept2013/374f7469-2a5d-4546-8c97-d6e733b8b786) — Dramatic Arts · Memo · 2013
- [DRAMA GR12 MEMO ENG (17 Aug)](https://www.hlayiso.com/library/drama-gr12-memo-eng-17-aug/f9935624-8837-4e6d-b33b-af2ba8822794) — Dramatic Arts · Memo · 2013 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2020 Eng Memo](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2020-eng-memo/84cf6aef-34e8-4442-a29f-0a0d86734c6a) — Dramatic Arts · Memo · 2020 · Eng

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-afr/b4a67589-411d-46bb-b333-65beeafd2138) — QP · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-afr/ee64452f-d716-4e2c-a4c0-eb6f240cdecb) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-eng/d7900b57-db36-4c03-9c8b-4da9102aed06) — QP · 2024 · Eng
- [Dramatic Arts May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/196a7629-8432-4e24-976d-ba79e198fc93) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/635df938-d2f8-4677-9753-430aa4581d96) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
