# Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2014 QP (Afr)

> Grade 12 Dramatic Arts question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2014-afr/f1f0d3cb-1333-4f9a-9e18-a22839cc2585
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2014 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2014-afr/f1f0d3cb-1333-4f9a-9e18-a22839cc2585)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                              DRAMATIESE KUNSTE

                                 NOVEMBER 2014

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        2                          DBE/November 2014
                                        NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.      Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:
        AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings (30 punte)
        AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994 (40 punte)
        AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994 – Kontemporêr (40 punte)
        AFDELING D: Die Geskiedenis van Teater, Praktiese Konsepte, Inhoud en
                       Vaardighede (40 punte)

2.      AFDELING A
        VRAAG 1 is VERPLIGTEND.
        Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke
        20ste-eeuse Teaterbeweging.

        EPIESE TEATER
        • Caucasian Chalk Circle         Bertolt Brecht
        • Kaukasiese Krytsirkel          Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
        • Mother Courage                 Bertolt Brecht
        • Moeder Courage                 Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
        • The Good Person of Szechwan    Bertolt Brecht
        • Kanna Hy Kô Hystoe             Adam Small
                                          OF
        TEATER VAN DIE ABSURDE
        • Waiting for Godot              Samuel Beckett
        • Afspraak met Godot             Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks
        • Bagasie                        André P Brink
        • The Bald Primadonna            Eugene Ionesco
        • Die Kaalkop Primadonna         Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks
                                          OF
        POSTMODERNE TEATER
        • Skrapnel                       Willem Anker
        • Top Girls                      Carol Churchill
        • Popcorn                        Ben Elton
        • Buried Child                   Sam Shepard

3.      AFDELING B
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag uit
        hierdie afdeling.
        VRAAG 2: Woza Albert!            Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en Barney
                                         Simon
        VRAAG 3: Sophiatown              Junction Avenue Theatre Company
        VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis

4.      AFDELING C
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag uit
        hierdie afdeling.
        VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani
        VRAAG 6: Groundswell             Ian Bruce
        VRAAG 7: Mis                     Reza de Wet

5.      AFDELING D
        Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag. VRAAG 8 is VERPLIGTEND.
        VRAAG 8: Teatergeskiedenis, Praktiese Konsepte, Inhoud en Vaardighede
Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          3                           DBE/November 2014
                                          NSS

AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS

AFDELING A is VERPLIGTEND.

VRAAG 1

Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die relevante 20ste-eeuse
Teaterbeweging.

Teater van die Absurde
OF
Epiese Teater
OF
Postmoderne Teater

Dui die toneelteks wat jy bestudeer het, boaan jou opstel aan.

'Teater is geskep om mense die waarheid oor die lewe en die samelewing te vertel.'
                                                                      – Stella Adler

Bespreek, in 'n opstel, hoe die dramaturg 'die waarheid oor die lewe en die
samelewing' ondersoek in die toneelteks wat jy vanjaar bestudeer het.

Jy moet na ten minste DRIE van die punte hieronder in jou opstel verwys:

•   Sosiopolitieke konteks
•   Temas
•   Karakters
•   Taal en dialoog
•   Intrige/Struktuur
•   Teatermiddele/Teatertegnieke
•   Ruimte/Skouspel

                                                                 TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             4                         DBE/November 2014
                                             NSS

AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER (1960–1994)

Beantwoord EEN vraag in hierdie afdeling.

VRAAG 2:      WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
              BARNEY SIMON

Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON A

MBONGENI: Having rest, baas. Still smoking.

PERCY:           Do you think I pay you for smoking? (Glances at the truck.) Hey, push
                 the truck.

MBONGENI: We pushed the truck! Ten thousand bricks! Boss, there's too much
          work for two people. Me and Bobbejaan start the engine. Me and 5
          Bobbejaan shovel the sand. Me and Bobbejaan load the bricks. Me
          and Bobbejaan push the truck! Aaay suka! We need other people!

PERCY:           There's no jobs!

MBONGENI: There is jobs!!! Ten thousand bricks! This morning there were many
          people at the gates standing there looking for work. And you chased 10
          them away!

PERCY:           Zuluboy, you're getting cheeky, huh?

MBONGENI: I'm not getting cheeky. It's true.

PERCY:           Ja! I'm cutting down your salary. I think you're getting too much. Ja!
                 Ja!                                                                    15
MBONGENI: The boss can't cut salary.

PERCY:           Ek gaan dit doen! (I'm going to do it.)

MBONGENI: That's not showing sympathy for another man. The cost of living is too
          high. There's too much inflation.

PERCY:           Zuluboy! Zuluboy! You sit around waiting for Morena and then you 20
                 come and tell me about the cost of living? You talk about inflation?
                 What do you know about inflation? I've got you here, just here. One
                 more mistake, one more cheeky, and you're fired!

2.1      Bestudeer die titel Woza Albert!

         2.1.1        Waarom, dink jy, gebruik die skeppers van hierdie toneelteks 'n
                      uitroepteken in die titel?                                               (1)

         2.1.2        Verduidelik die betekenis van die titel.                                 (2)

2.2      Verduidelik die dramatiese struktuur wat in die toneelstuk Woza Albert!
         gebruik is.                                                                           (4)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           5                           DBE/November 2014
                                           NSS

2.3      Verwys na reël 4–11.

         2.3.1        Bespreek TWEE temas wat in hierdie reëls na vore kom. Verwys in
                      jou antwoord na die toneelteks.                                           (6)

         2.3.2        Bespreek hoe 'n akteur effektief, vokaal en fisies, van Bobbejaan
                      na Baas Kom kan verander. (Reël 4–11)                                     (4)

2.4      Die toneelstuk Woza Albert! vang die konsep vas dat die akteur se liggaam 'n
         instrument van kommunikasie is.

         2.4.1        Wat word met instrument van kommunikasie bedoel?                          (2)

         2.4.2        Identifiseer TWEE verskillende maniere waarop die liggaam in die
                      toneelstuk as 'n instrument van kommunikasie gebruik word.                (2)

         2.4.3        Beskryf TWEE belangrike vaardighede wat 'n akteur in Woza
                      Albert! moet gebruik sodat sy liggaam 'n effektiewe instrument van
                      kommunikasie kan wees.                                                    (4)

2.5      Evalueer hoe die skeppers van hierdie toneelteks 'n intieme en dinamiese
         akteur-gehoor-verhouding verkry deur die gebruik van:
         •   Karakters
         •   Ruimte
         •   Taal
         •   Toneelspelstyl                                                                     (8)

BRON B

2.6      Waarom het die skeppers van hierdie toneelteks besluit om dwarsdeur die
         opvoering kostuums op die verhoog beskikbaar te hê, soos in BRON B gesien
         word?                                                                                  (3)

2.7      In BRON B gebruik die karakter die bokse om op te lê. Beskryf ander
         gebruike van die bokse in die toneelteks van Woza Albert!                              (4)
                                                                                                [40]
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            6                            DBE/November 2014
                                            NSS

VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY

Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON A

JAKES:      Whe've you been, Mingus? Been making trouble again?

MINGUS: Jakes, I'm in love, man. I've been to a wonderful funeral.

JAKES:      A funeral? Is there a story there?

MINGUS: Ja, skryf daar, 'I went so nobody could say I killed him.'

            (Charlie has crept up to Mingus and begins to shine his shoes while he is 5
            still wearing them.)

MINGUS: Hey Charlie – leave off! Leave off! Go and sleep in the car. We've a job
        tonight. I want you wide awake. Hey Charlie – move.

            (Charlie persists in trying to clean the shoes.)

MINGUS: Go on! (Mingus pushes Charlie away.) Jakes, ek wil 'n brief hê – 'n letter 10
        van love.

JAKES:      A love letter for you?

MINGUS: Ja, ek's in love, met a real tjerrie, 'n matara, a real ding, 'n princess ...
        That's her name – Princess!

JAKES:      Why don't you write it yourself, Mingus? I'm working.                            15

MINGUS: Ag man Jakes, ek kan nie skryf nie. You know that – ek kan wietie, maar
        ek kan nie skryf nie.

JAKES:      Well, that's too bad, man. I'm busy.

MINGUS: Listen, I'll give you a story, a story for a love letter.

3.1      Waarom sal 'n gehoor reël 4 snaaks vind?                                                 (2)

3.2      Karakters vervul 'n verskeidenheid funksies in 'n toneelteks.

         3.2.1        Bespreek waarom die insluiting van Charlie as 'n karakter in die
                      storie van Sophiatown belangrik is.                                         (4)

         3.2.2        Dui aan wat Mingus se houding teenoor Princess is (reël 13–14) en
                      verduidelik hoe dit deur die loop van die toneelstuk verander.              (4)

         3.2.3        Watter raad sal jy aan 'n vriend gee wat 'n oudisie vir die karakter
                      Mingus wil aflê? Fokus op die fisieke, emosionele en vokale
                      uitbeelding van die karakter.                                               (6)

         3.2.4        Bespreek die dramatiese funksie van die karakter Jakes in die
                      toneelstuk.                                                                 (4)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          7                        DBE/November 2014
                                          NSS

BRON B

                     Ensemblegroep van Sophiatown, die toneelstuk

3.3      Verduidelik wat in BRON B gebeur. Gebruik jou kennis van die toneelteks om
         jou antwoord te motiveer.                                                         (2)

3.4      Beskou die verskillende karakters om die tafel.

         3.4.1        Beskryf die algemene bui/stemming wat in BRON B uitgebeeld
                      word. Motiveer jou antwoord.                                         (2)

         3.4.2        Kies TWEE karakters en verduidelik hoe hulle die lewe in
                      Sophiatown, die plek, weerspieël en voorstel.                        (6)

3.5      'Ons het drie keer per week ses maande lank in die aand bymekaargekom en
         in die werkswinkel probeer om mekaar kreatief oor die apartheidskeiding
         heen te konfronteer.' – Malcolm Purkey

         Bespreek hoe die toneelteks Sophiatown geskep is. Verwys na Malcolm
         Purkey se aanhaling in jou antwoord.                                              (10)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             8                          DBE/November 2014
                                             NSS

VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS

Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON A

                                                                                         A

                                                                                         B

                                                                                         C

                        'n Produksie van Siener in die Suburbs

4.1      Identifiseer karakters A, B en C.                                                       (3)

4.2      Verduidelik wat karakter A en C elkeen persoonlik wil bereik deur karakter B
         tussen die kap en die enjin in te druk.                                                 (2)

4.3      Bespreek hoe elke karakter in BRON A ten minste EEN tema in die
         toneelteks beklemtoon. Gebruik 'n ander tema vir elke karakter.                         (6)

4.4      Jy is gevra om oudisies vir beide karakter B en C af te lê. Beskryf hoe jy fisies
         die verskille tussen hulle persoonlikhede sal uitbeeld.                                 (6)

4.5      Wat gebeur met karakter B aan die einde van die toneelstuk? Na jou mening,
         waarom het hy op hierdie optrede besluit?                                               (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          9                           DBE/November 2014
                                          NSS

BRON B

MA:     My kind, toe Ma uitvind sy verwag jou, was ek ook party dae lus om 'n
        breinaald in my in te druk. Maar toe jy kom, het ek jou liefgehad. Jy weet nie
        hoe leef mens vir 'n kleintjie nie – niemand weet nie, net jyself. Jy't nie alleen
        wou hê dat jy moet uitkom uit die Suburbs nie. Mooi meisies het swaar met
        mans, maar hulle het altyd 'n kans. Ma wou ook dat jy weg kom. Ma het ook 5
        gedink, my kind. Baie. Van hoe jy weg is en gelukkig is ... en so goed af dat
        jy ons nie eers wil ken nie. Jy sal maar vir jou kleintjie, as dit nou dalk so is,
        ook so dink. Dis 'n alleen pad, my kind ... veral omdat die kind dit nie kan
        verstaan nie. (Baie teer, soek na woorde.) Tiemietjie ... askies vir die lewe
        wat ek jou ingehelp het ... Ma ... ag, Here ... Ma is ook maar mens en Ma ... 10
        Ag, my kind ... ma sal nie kla oor jy by Jakes geslaap het nie ... Jy sien ...
        Tiemietjie, jy sien, my kind ... Ma wéét, my kind, Ma wéét.

4.6      Identifiseer en verduidelik die verandering in Ma se stemtoon in BRON B.              (4)

4.7      Beskryf hoe 'n akteur hierdie monoloog vokaal kan opvoer deur die gebruik
         van tempo en volume.                                                                  (6)

4.8      Bespreek hoe die karakters in die toneelteks die verskille tussen die Suburbs
         en die wêreld buite die Suburbs weerspieël. Verwys in jou antwoord na ten
         minste DRIE karakters.                                                                (10)
                                                                                               [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B:              40

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            10                           DBE/November 2014
                                            NSS

AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE KONTEMPORÊRE TEATER (NÁ 1994)

Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.

VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI

Bestudeer die bron hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON A

                 Sarah Roberts – Stelontwerp vir Nothing but the Truth
           (Hierdie illustrasie is 'n reproduksie van die oorspronklike stelontwerp
                                       deur Sarah Roberts)

Jy is die regisseur van Nothing but the Truth by jou skool. Jy besluit om Sarah Roberts
se stelontwerp in BRON A te gebruik.

5.1      Wat is die genre (tipe) van hierdie stelontwerp?                                         (1)

5.2      Verduidelik hoe hierdie genre die toneelspelstyl in die verhoogruimte
         beïnvloed.                                                                               (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          11                            DBE/November 2014
                                          NSS

5.3      Beskryf die ontwerpuitleg (rangskikking) van die stel.                                 (4)

5.4      Verduidelik die dramatiese doeltreffendheid van die volgende:

         •   Die kralegordyne
         •   Die vullis buite die huis
         •   Die siklorama ('n lap wat agter op die stel gehang word en waarop ligte
             verskillende verhoogeffekte projekteer, byvoorbeeld 'n sonsondergang)              (6)

5.5      Identifiseer waar in die skool jy die stel sal bou en noem waarom dit 'n
         geskikte plek sal wees om die toneelstuk op te voer.                                   (3)

5.6      Verduidelik hoe die stel en rekwisiete jou gehoor kan help om die karakters
         en situasie beter te verstaan.                                                         (4)

5.7      Kies die beligting en klankeffekte wat jy sal benodig. Gebruik die toneelteks
         om jou keuses te motiveer.                                                             (4)

5.8      Jy beplan om met hierdie toneelstuk te gaan toer. Verduidelik watter
         uitdagings (probleme) jy met die stel sal hê en hoe jy dit sal oplos.                  (4)

5.9      Verduidelik waarom dit 'n belangrike toneelteks is om vandag in Suid-Afrika
         op te voer. Sluit TWEE temas en hulle impak op die gemeenskap en
         samelewing as geheel by jou bespreking in.                                             (10)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          12                       DBE/November 2014
                                          NSS

VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE

Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON A

      'n Produksiefoto van Groundswell wat die uittreksel in BRON B uitbeeld.

BRON B

JOHAN: (Removing a wallet from an inside pocket) Then this must be your wallet?

SMITH:    (Taken aback) What?

THAMI:    What are you doing?

JOHAN: I'm making sure, that's all. (He opens the wallet and goes through it; takes
       out a driver's licence, reads the name.) Jeffrey Reginald Smith.             5

SMITH:    (Stands up and lunges towards Johan) Give that to me.

Veronderstel jy is die regisseur van Groundswell.

6.1      Noem waarom die kostuums in BRON A geskik (reg) lyk vir elke akteur.              (3)

6.2      Bespreek TWEE eienskappe waarna jy sal soek wanneer jy die rolverdeling
         vir elke karakter doen.                                                           (6)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          13                             DBE/November 2014
                                          NSS

6.3      Wat kommunikeer die dramatiese verhouding van die karakters in die toneel
         in BRON A aan die gehoor?                                                               (3)

6.4      Verduidelik aan akteurs hoe die verhouding tussen Johan, Smith en Thami
         deur gesigsuitdrukkings, beweging en gebare uitgedruk kan word. (Jy mag na
         enige van BRON A of B verwys.)                                                          (6)

6.5      Sou jy die foto in BRON A op 'n plakkaat gebruik wat die toneelstuk
         adverteer? Motiveer jou antwoord.                                                       (4)

6.6      Verduidelik hoe jy die akteurs in BRON B sal lei/regisseer om toonkleur en
         volume te gebruik om hul dialoog effektief op te voer.                                  (6)

6.7      Skryf 'n artikel vir jou skoolkoerant waarin jy die toneelstuk adverteer.
         Bespreek die volgende:

         •   Die verhoogplasing van die toneelstuk
         •   'n Kort opsomming van die intrige
         •   Die temas en kwessies in die toneelstuk
         •   Die betekenis van die titel
         •   Die toepaslikheid van die toneelstuk op Suid-Afrika vandag                          (12)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           14                          DBE/November 2014
                                           NSS

VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET

Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON A

                                  Mis – Magiese Realisme

'Sommige karakters in die toneelstuk word meer met die magiese wêreld geassosieer
as ander. Net so laat die towenaar in 'n sirkus die grense tussen skyn en werklikheid
die meeste vervaag.'

7.1      7.1.1        Definieer die term magiese realisme.                                      (2)

         7.1.2        Identifiseer die karakter in die toneelteks wat die meeste met 'n
                      towenaar in 'n sirkus geassosieer word.                                   (1)

         7.1.3        Noem die fisiese      gestremdheid     waaraan   hierdie   karakter
                      skynbaar ly.                                                              (1)

         7.1.4        Verduidelik waarom hierdie karakter simbolies met 'n towenaar
                      geassosieer kan word.                                                     (6)

7.2      Beskryf hoe die volgende karakters op die aankoms van die sirkus in die dorp
         reageer:

         •   Miem                                                                               (2)
         •   Gertie                                                                             (2)

7.3      Die eksterne omgewing van die sirkus is 'n vergelyking met die interne
         omgewing van die huis. Bespreek die moontlike redes waarom Reza de Wet
         hierdie metafoor/vergelyking gebruik.                                                  (6)

7.4      Die sirkusmusiek het 'n belangrike funksie in die toneelstuk. As 'n regisseur,
         noem en verduidelik die gebruik van DRIE ander klankeffekte.                           (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            15                            DBE/November 2014
                                            NSS

BRON B

MEISIE: 'n Paar jaar gelede was die sirkus hier. Net soos nou. Maar dit was 'n
        warm nag. ' 'n Vroeë somer,' het my ma gesê. 'Dit sal droogte en siekte
        bring'. (Saggies.) Dis baie bedompig in die huis. Ons het al die vensters
        oopgemaak en bed toe gegaan. Ek skrik skielik wakker. Ek lê in die
        donker en luister na musiek. En dit klink asof die musiek harder en al hoe            5
        harder word. Daar is takke wat krap op die dak en die gordyne waai op
        maar van die musiek. Ek gaan staan by die venster en van daar af sien ek
        die tent. Die groot tent bedek met klein liggies. Die musiek word harder en
        al harder. Skielik klim ek by die venster uit, spring af tussen die rose, glip
        deur die tuinhekkie en loop na die sirkusgronde. Net so. Kaalvoet deur die            10
        dorings. Ek loop tussen die hokke deur. 'n Tier brul. 'n Apie skree. En nou
        staan ek reg langs die tent. (Sy lag.) Daar is 'n klien gaatjie en ek loer
        daardeur. (Sy maak 'n 'gaatjie' met haar vinger en duim en loer daardeur.)
        Eers die een oog, dan die ander. (Stilte, die betowerde, asof alles weer
        gesien word.) Ek sien 'n man met lang, swart hare en 'n blink mantel. Daar            15
        is 'n meisie saam met hom. Hy hou 'n saag omhoog sodat die gehoor dit
        kan sien, en hy roep iemand nader om te kom voel hoe skerp dit is. Vet
        Oom Soon kom vinnig nader, en almal lag, want hy sny sy vinger. Die man
        wys na 'n lang kis en slaan die deksel van die kis oop. Die mooi meisie vra
        mooi en pleit, en val op haar knieë voor die man neer. Hy gryp haar                   20
        gewrigte en sleep haar na die kis, gooi haar in en maak die deksel toe.
        Haar kop steek aan die een kant uit en haar voete aan die ander kant. Die
        man begin saag en saag. Die meisie skreeu. Die saag is met bloed bedek,
        en die kis word middeldeur gesaag, maar haar kop en voete beweeg
        steeds. Die man gooi sy mantel oor die kis en se 'n paar magiese woorde.              25
        Hy haal die mantel af en maak die deksel oop. (Oorstelp van geluk.) Die
        meisie spring uit en alles is weer reg! Sy is weer heel! Almal skree en fluit!
        Sy strek haar arms wyd uit.

7.5      In BRON B herleef Meisie haar ervaring van die towerwêreld by die sirkus.

         7.5.1        Wat suggereer die reël 'Dit sal droogte en siekte bring' (reël 2) oor
                      Miem se karakter?                                                            (3)

         7.5.2        Verduidelik hoe die verwysings na die weer in hierdie uittreksel tot
                      die atmosfeer in hierdie toneel bydra.                                       (3)

         7.5.3        Beskryf hoe die akteur wat Meisie speel, hierdie monoloog vokaal
                      en fisies sal opvoer om haar vertolking van die begin van die
                      monoloog tot die einde af te wissel.
                      Jy mag na enige reëls verwys om jou antwoord te staaf.                       (8)
                                                                                                   [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:               40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        16                           DBE/November 2014
                                        NSS

AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE KONSEPTE, INHOUD EN VAARDIGHEDE

AFDELING D is VERPLIGTEND.

VRAAG 8

Bestudeer AL DRIE bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON A

'Teater kan sonder grimering, sonder kostuums en toneelskilderkuns (stel), sonder 'n
aparte opvoerruimte (verhoog), sonder beligting en klankeffekte, ensovoorts bestaan.
Dit kan nie sonder die akteur-toeskouer-verhouding bestaan nie. Ons beskou die
persoonlike en toneeltegniek van die akteur as die kern van teaterkuns.'
                                                 – Grotowski, Towards a Poor Theatre

BRON B

            Fotobeelde van 'n produksie van The Lion King – The Musical

8.1      Bespreek wat jy verstaan onder Arm Teater (Poor Theatre).                           (5)

8.2      Verduidelik hoekom Arm Teater so gewild was in Suid-Afrika en so suksesvol
         in Protes- en Werkswinkelteater gedurende die apartheidsera. Jy mag na
         enige van die toneeltekste wat jy bestudeer het of enige van die opvoerings
         wat jy gesien het, verwys.                                                          (10)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                       17                         DBE/November 2014
                                                       NSS

8.3         The Lion King – The Musical kan as Ryk Teater geklassifiseer word.

            Verduidelik waarom The Lion King 'n voorbeeld van Ryk Teater is. Verwys in
            jou antwoord na die foto's in BRON B.                                                               (5)

8.4         Jy het besluit om 'n Arm Teater-produksie van The Lion King aan te bied.

            Noem VYF vaardighede wat jy van die akteurs wat oudisies vir die produksie
            aflê, sal verwag.                                                                                   (5)

BRON C

                                                                Daar is geen toekoms in
                                      Jy kan net                Dramatiese Kunste nie!
                                   toneelspeel as jy
                                    Drama studeer!

                                                                                          Drama kan jou
          Daar is net plek vir                                                              nie in enige
            Wiskunde en                                                                        ander
            Wetenskap!                                                                    loopbaan help
                                                                                                 nie!

                                                                                                  Drama-
                                                                                               leerders groei
          Loopbane in                                                                           en ontwikkel
             Drama?                                                                                 nie!
             Watter
           loopbane?

      In Dramatiese Kunste                                                            Drama is nie 'n
      word jy niks geleer nie!                                                          volhoubare
                                                                                      loopbaan nie!

                      'Dit is een van die tragiese ironieë van die teater dat slegs
                            een man daarin op gereelde werk kan staatmaak
                                             – die nagwag.'

8.5         Bespreek hoe jy op die kommentaar hierbo sal reageer. Verwys in jou
            antwoord na die volgende:

            • Toneeltekste wat jy bestudeer het
            • Praktiese werk wat jy gedoen het
            • Persoonlike ervarings wat jy in Dramatiese Kunste gehad het
            (Jou antwoord moet ten minste EEN bladsy lank wees.)                                                (15)
                                                                                                                [40]

                                                                        TOTAAL AFDELING D:                      40
                                                                            GROOTTOTAAL:                        150
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Dramatic Arts Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2014-eng/cfd94812-8e9e-4446-9e4c-240bce82e620) — Dramatic Arts · QP · 2014 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2014 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2014-memo-eng/354ee1bf-8f73-4d56-a2b7-eefa58dd31d1) — Dramatic Arts · Memo · 2014 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2014 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2014-memo-afr/ced08b4a-aa0f-475b-9ed0-b0d439809fbc) — Dramatic Arts · Memo · 2014 · Afr
- [DRAMATIC ARTS QP GR12 SEPT 2014 EA final](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-qp-gr12-sept-2014-ea-final/f0fa26ae-d416-4370-aefe-5d6054507f17) — Dramatic Arts · QP · 2014
- [DRAMATIC ARTS QP GR12 SEPT 2014 AFR](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-qp-gr12-sept-2014-afr/34520705-6280-4e40-9817-278f4b850250) — Dramatic Arts · QP · 2014 · Afr
- [DRAMATIC ARTS QP GR12 SEPT 2014 ENG final](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-qp-gr12-sept-2014-eng-final/e5ec1349-718c-4a11-b440-0991d4eff84f) — Dramatic Arts · QP · 2014 · Eng

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-mg-eng/1ca47d26-a583-48d4-b7e6-350802a91a45) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/0c5cf551-3515-4f88-aed5-2e27892a9058) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/e81f2ce2-7475-4158-a9c0-2ee9e0139852) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/295292ad-642f-4171-ae1e-c2dd59f80f5a) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-english/75e178c5-f96e-43f8-8078-84ce1d3d0082) — Memo · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
