# Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2014 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Dramatic Arts memorandum from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 26 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2014-memo-afr/ced08b4a-aa0f-475b-9ed0-b0d439809fbc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2014
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 26

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2014 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2014-memo-afr/ced08b4a-aa0f-475b-9ed0-b0d439809fbc)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Memorandum, 26 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                               DRAMATIESE KUNSTE

                                  NOVEMBER 2014

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 150

                      Hierdie memorandum bestaan uit 26 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         2                           DBE/November 2014
                                  NSS – Memorandum

ALGEMENE NOTAS AAN NASIENERS

1.   As 'n nasiener, skryf kort opmerkings waarom 'n punt opwaarts of afwaarts
     aangepas is indien die memorandum nie duidelike riglyne gee nie en die nasiener
     eie diskresie moet gebruik.

2.   Maak duidelike regmerkies om die punt wat behaal is, aan te dui. Nasieners moet
     aktief by die antwoord betrokke raak.

3.   Hoofnasieners moet rubrieke met nasieners fasiliteer. Gebruik die kriteria en
     vlakbeskrywings van Dramatiese Kunste om die nasien te lei.

4.   Hou gereelde konsultasies om te verseker dat nasienwerk gestandaardiseer is.

5.   In die geval waar 'n kandidaat meer as die voorgestelde getal woorde skryf,
     moenie penaliseer nie (bv. opstelvraag).

6.   Die memorandumbesprekingsforum kan nie genoegsaam alle antwoorde
     voorspel nie. Provinsiale nasieners moet dit in ag neem en oop wees vir
     kandidate se antwoorde. Hulle moet seker maak dat verskillende onderwysstyle
     nie die kandidaat benadeel nie.

7.   Wy die eerste dag aan die bestudering van die kwaliteit en kwantiteit van bewyse
     in die memorandum, standaardiseer die vereiste antwoorde en vind
     gemeenskaplike definisies en konsepte.

8.   Sien globaal na, waar moontlik. Maak voorsiening vir interpretasies wat goed uit
     die toneelteks gemotiveer is. Gee krediet vir insigvolle idees en konsepte.

9.   Kyk dat kandidate se antwoorde ooreenstem met die KABV-dokument se Breë
     Onderwerpe en Onderwerpe.

10. Definisie van “Holisties merk” : Merk met die doel dat die leerder kan motiveer in
    n bree konteks, dit hoef nie noodwendig in die memo weergegee word nie of
    konvensioneel wees nie. Holisties is n “mind at work” skeppende uit die boks
    gedink. Nie noodwendig die punte soos verwag nie maar die kwaliteit van die
    antwoord wat weergegee word : verduidlikings, aanhalings en voorbeelde.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        3                          DBE/November 2014
                                 NSS – Memorandum

INSTRUKSIES EN INLIGTING SOOS IN DIE VRAESTEL GEGEE
1.      Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:
        AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings (30 punte)
        AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994 (40 punte)
        AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994 – Kontemporêr (40 punte)
        AFDELING D: Die Geskiedenis van Teater, Praktiese Konsepte, Inhoud en
                       Vaardighede (40 punte)

2.      AFDELING A
        VRAAG 1 is VERPLIGTEND.
        Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die relevante
        20ste-eeuse teaterbeweging.

        EPIESE TEATER
        • Caucasian Chalk Circle         Bertolt Brecht
        • Kaukasiese Krytsirkel          Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
        • Mother Courage                 Bertolt Brecht
        • Moeder Courage                 Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
        • The Good Person of Szechwan    Bertolt Brecht
        • Kanna Hy Kô Hystoe             Adam Small
                                          OF
        TEATER VAN DIE ABSURDE
        • Waiting for Godot              Samuel Beckett
        • Afspraak met Godot             Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks
        • Bagasie                        André P Brink
        • The Bald Primadonna            Eugene Ionesco
        • Die Kaalkop Primadonna         Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks
                                          OF
        POSTMODERNE TEATER
        • Skrapnel                       Willem Anker
        • Top Girls                      Carol Churchill
        • Popcorn                        Ben Elton
        • Buried Child                   Sam Shepard

3.      AFDELING B
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
        hierdie afdeling.
        VRAAG 2: Woza Albert             Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en Barney
                                         Simon
        VRAAG 3: Sophiatown              Junction Avenue Theatre Company
        VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis

4.      AFDELING C
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag uit
        hierdie afdeling.
        VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani
        VRAAG 6: Groundswell             Ian Bruce
        VRAAG 7: Mis                     Reza de Wet

5.      AFDELING D
        Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag. VRAAG 8 is VERPLIGTEND.
        VRAAG 8: Teatergeskiedenis, Praktiese Konsepte, Inhoud en Vaardighede
Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                         4                                    DBE/November 2014
                                                  NSS – Memorandum

AFDELING A: 20STE-EEUSE TEATERBEWEGINGS
VRAAG 1
Die kandiaat moet hierdie vraag in die vorm van 'n opstel antwoord en die toneelteks
wat hy/sy bestudeer het, as voorbeeld gebruik.
ÓF Teater van die Absurde ÓF Epiese Teater ÓF Postmoderne Teater
Die opstelle moet nagesien word deur die rubriek te gebruik. Neem die kandidaat se
benadering tot die onderwerp in ag. Gemotiveerde, oorspronklike antwoorde wat insig
toon, moet gekrediteer word.
Tenminste 3 punte moet genoem word van die punte wat gelys is. Die leerder moet
verwys na die teks wat gebestudeer is.
Leerders wat krities die antwoord benader en of net inligting memoriseer en weergee
moet onderskei word en volgends dit punte ontvang. Met verwysings en voorbeelde na
die spesifieke beweging en toneelstuk. Leerders moet die Teks konnekteer in hul
antwoord wat wys dat die leerder krities kan dink. Enige drie in detail bespreek of al
vyf net aangeraak is ook aanvaarbaar. Die aantal aspekte gelys is nie die indikasie vir
punte wat toegedien word nie.

PUNT                                                            BESKRYWER
                      Kandidaat het 'n duidelike begrip van die aanhaling en kan die toneelteks en teaterbeweging wat
                      hy/sy bestudeer het, met die aanhaling verbind. Kandidaat kan 'n breedvoerige opstel skryf,
                      die waarheid van die aanhaling ondersteun en gebruik konkrete, spesifieke voorbeelde uit die

        Uitstekend
                      beweging en toneelteks. Die kandidaat bespreek ten minste 3 van die punte, kies gepaste punte
27–30                 uit die lys wat verband hou met die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het. Hy/Sy fokus
                      op die 'waarheid oor die lewe en die maatskaplike situasie' en gebruik die toneelteks wat
                      bestudeer is om sy/haar antwoord te motiveer. Kandidaat se antwoord weerspieël insig, diepte
                      van begrip en uitstekende bevoegdheid in effektiewe kommunikasie in 'n breedvoerige opstel.
                      Insiggewend en uniek.
                      Kandidaat verstaan die aanhaling en kan die toneelteks en teaterbeweging wat hy/sy bestudeer
                      het, met die aanhaling verbind. Kandidaat kan 'n breedvoerige opstel skryf wat die geldigheid

        Baie Goed
                      van die aanhaling ondersteun en gebruik voorbeelde uit die beweging en toneelteks. Die
24–26                 kandidaat bespreek ten minste 3 van die punte, kies sommige gepaste punte uit die lys wat met
                      die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het, verbind kan word. Hy/Sy fokus op die
                      'waarheid oor die lewe en die maatskaplike situasie' en gebruik die toneelteks wat bestudeer is
                      om sy/haar antwoord te motiveer. Kandidaat se antwoord weerspieël redelike diepte van begrip
                      en die vermoë om dit in 'n breedvoerige opstel te kommunikeer.
                      Kandidaat verwys na die aanhaling en verbind die toneelteks en teaterbeweging wat hy/sy
                      bestudeer het, met die aanhaling. Kandidaat probeer om die geldigheid van die aanhaling te
                      ondersteun en gebruik voorbeelde uit die beweging en toneelteks. Die kandidaat bespreek ten
        Goed
21–23
                      minste 3 van die punte, kies sommige gepaste punte uit die lys wat met die toneelteks en
                      beweging wat hy/sy bestudeer het, verbind kan word. Hy/Sy fokus op die 'waarheid oor die lewe
                      en die maatskaplike situasie' en gebruik die toneelteks wat bestudeer is om sy/haar antwoord te
                      motiveer. Kandidaat se antwoord weerspieël die vermoë om dit in 'n opstel te kommunikeer.
                      Kandidaat kan direk na die aanhaling verwys, maar is meer geneig om 'n verband af te lei, eerder

        Bevredigend
                      as om dit direk te noem. Hy/Sy bespreek die toneelteks en die teaterbeweging. Kandidaat
18–20                 probeer om die beweging en toneelteks te verbind. Kandidaat bespreek sommige van die punte,
                      kies sommige punte uit die lys wat met die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het,
                      verbind kan word. Hy/Sy kan meer punte uit die lys dek, maar op 'n oppervlakkige wyse.
                      Sommige foute in uitdrukking kan gevind word.
                      Kandidaat sal waarskynlik 'n verband met die aanhaling aflei eerder as om dit direk te noem.

        Gemiddeld
                      Hy/Sy verduidelik die toneelteks en teaterbeweging. Kandidaat slaag daarin om sommige
15–17                 voorbeeld(e) van drama-teoretici/-praktisyns, toneelstukke of tekste te gee, maar is dikwels nie in
                      staat om dit met die aanhaling te verbind nie. Kandidaat gee sommige basiese beskrywings van
                      punte maar kan nie die teaterbeweging, toneelteks en aanhaling betekenisvol verbind nie. Maak
                      gewoonlik breë stellings wat met drie of meer van die punte verbind kan word.

Kopiereg voorbehou                                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                       5                                  DBE/November 2014
                                                NSS – Memorandum

                     Kandidaat sal waarskynlik die aanhaling ignoreer en dit per ongeluk in verband bring, eerder as
                     doelbewus. Hy/Sy beskryf die toneelteks en teaterbeweging. Kandidaat slaag daarin om

         Elementêr
                     sommige voorbeelde van drama-teoretici/-praktisyns, toneelstukke of tekste te gee, maar is
11–14                dikwels nie in staat om dit met die aanhaling te verbind nie. Kandidaat gee sommige beskrywings
                     van punte, maar kan nie die teaterbeweging, toneelteks en aanhaling betekenisvol in verband
                     bring nie. Maak gewoonlik stellings wat met drie of meer van die punte verband hou en fokus
                     dikwels in sy/haar antwoord op die intrige. Kandidaat se antwoord is deurmekaar en vol foute.
                     Kandidaat ignoreer die aanhaling en bring dit per ongeluk in verband, eerder as doelbewus.
0–10     Nie         Kandidaat gee sommige beskrywings van punte, maar kan nie die teaterbeweging, toneelteks en
        bereik       aanhaling betekenisvol in verband bring nie. Maak algemene stellings. Kandidaat is vaag en
                     rammel voort oor irrelevant inligting. Uitdrukking is foutief.
                                                                                   TOTAAL AFDELING A:              30

AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER (1960–1994)

Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord.

VRAAG 2:              WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
                      BARNEY SIMON

2.1.1    Die uitroepteken suggereer die dringendheid en desperaatheid van die mense.
         Aanvaar dat Woza Albert! geskree word. Dit is 'n oproep (stem), 'n bevel of 'n
         instruksie.                                                                                                   (1)

2.1.2    Die titel beteken 'kom Albert' (1 punt) maar die afleiding aan die einde is 'kom in
         opstand, Albert'.
         Nasieners: Aanvaar dit kan 'n verwysing na Albert Luthuli of Albertstraat wees en
         dat die mense smeek om van apartheid bevry te word. In hierdie sin kan Albert
         Luthuli alle vryheidsvegters verteenwoordig. Aanvaar enige ander goed
         gemotiveerde antwoord.                                                                                        (2)

2.2      Nasieners: Aanvaar TWEE goed gemotiveerde stellings of VIER korter punte.
         Die struktuur van die toneelstuk is episodies. Die toneelstuk bestaan uit 'n reeks
         beelde en 'n montage tonele wat elk sy eie storie en scenario het, maar saam
         een storie vertel. Die akteurs speel meer as een rol in hierdie toneelstuk en
         herhaling, sang en dans word gebruik om die episodes te verbind. Hierdie
         struktuur maak dit vir die akteurs maklik om gladweg van een toneel na die
         volgende te beweeg om 'n kaleidoskoop van gebeure uit te beeld. Die struktuur is
         op Afrika- mondelinge tradisie gebaseer. Dit ontstaan uit die werkswinkelproses.
         Die gebruik van die episodiese struktuur laat die skeppers van die toneelstuk toe
         om 'n verskeidenheid kwessies, wat verdrukte mense in die gesig staar, te
         bespreek of uit te lig. Dit laat ook spronge in tyd, plek en aksie toe. Dit maak dit
         makliker vir die twee akteurs om vinnig van een toneel na die ander te beweeg.                                (4)

2.3
2.3.1    Nasieners: Aanvaar ander temas soos werkloosheid, rassisme, vooroordeel,
         diskriminasie, ensovoorts indien dit goed gemotiveer word. Merk holisties.
         Uitbuiting
         In apartheid-Suid-Afrika werk Percy en Mbongeni lang ure vir baie min geld. Hulle word
         sleg deur hul werkgewer, Baas Kom, behandel. Hy dreig om hulle af te dank elke keer as
         hulle van hom verskil of oor hul werksomstandighede kla. Hulle werkgewer dreig hulle
         deur te sê dat daar honderde mense is wat werk soek en dat hulle daarom dankbaar
         moet wees vir die werk wat hulle het. Die werkgewer gun hulle nie basiese mense-
Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            6                              DBE/November 2014
                                     NSS – Memorandum

        /werkerregte nie. In hierdie toneel leer ons dat daar baie mense is wat werk soek, maar
        Baas Kom stel hulle nie aan nie, want hy sal dan meer aan lone moet betaal. Beide
        werkers het geen manier om enigsins te protesteer nie. Hulle aanvaar dus die
        onregverdige behandeling en die dreigemente om hulle af te dank of om hulle betaling te
        verminder.
        Armoede
        Dit is duidelik omdat Mbongeni sê dat die lewenskoste en inflasie te hoog is. Alhoewel
        die werkers duisende stene maak om huise te bou, bly hulle self in plakkershutte wat
        Mbongeni 'sardienblikke' noem. Hulle verdien duidelik nie genoeg nie en oorleef skaars.
        Dit word 'n bose kringloop en 'n gesukkel om te oorleef. Die armoede en lyding wat
                                                                                                     (6)
        mense ervaar, word dwarsdeur die toneelstuk beklemtoon deur verskillende karakters
        soos Auntie Dudu, wat deur vullisdromme grou op soek na kos.                    (2 x 3)

2.3.2    Nasieners, aanvaar ander geldige antwoorde wat oor verbale en fisiese
         opvoering handel. Kandidaat kan slegs na die transformasie van Baas Kom
         verwys. Merk Holisties.

         Vokaal
         Bobbejaan het 'n lae status as werker in die apartheidsera. Hy mag met 'n
         onderdanige, sagte volume praat. Nadat hy deur karakterisering verander het,
         sal hy net so gesaghebbend, aggressief en baasspelerig soos Baas Kom
         wees. Sy toonkleur sal verander na 'n aggressiewe/kras toonkleur en sy
         volume sal hard en dominerend wees. Hy sal alle besprekings oorheers.
         Fisies
         Bobbejaan is 'n werker. Hy is in 'n onderdanige posisie. Sy liggaamspostuur
         mag krom en nie dreigend wees nie. Sy gebare kan klein en binnewaarts
         wees. As Baas Kom, die baas, is sy postuur meer regop. Hy sal ook 'n
         ernstige uitdrukking op sy gesig hê, met sy wenkbroue gelig. Hy gebare sal                (4)
         groot en skerp wees. Hy sal al die verhoogruimte vir homself neem.
2.4
2.4.1    Die liggaam word 'n instrument/middel/manier om 'n boodskap te
         kommunikeer om sodoende iemand se eie oogpunt, idees en gevoelens uit te
         druk bv. Mimiek, beweging( liggaamsdele, kop, balans en gebare) en fisiese                (2)
         verandering van karakter.
2.4.2    Nasieners, aanvaar enige TWEE geldige antwoorde.

         Akteurs verander van karakter tot karakter. Hulle verander hulle aksent,
         postuur en gebare, byvoorbeeld van 'n tandlose ou man na Auntie Dudu.
         Akteurs verander in voorwerpe, byvoorbeeld 'n instrumentele jazzorkes, die
         helikopter, ens. Akteurs gebruik ook hulle stemme om klankeffekte/ideofone
         te skep, byvoorbeeld die sirene of helikopterklanke. Kandidate kan ander
         voorbeelde noem.                                                                          (2)
2.4.3    Nasieners, aanvaar enige TWEE goed gemotiveerde vaardighede. Gee punte
         ook vir 4 kort antwoorde genoem.

         Vokale vaardighede
         Akteurs moet vokaal vaardig en sterk wees, omdat die opvoering/produksie
         van akteurs vereis om verbale dinamiek te gebruik. Hulle moet kan sing,
         verskeie aksente kan gebruik en toonhoogte en tempo kan varieer om
         verskillende karakters uit te beeld.
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           7                            DBE/November 2014
                                    NSS – Memorandum

         Fisiese vaardighede
         Die toneelstuk is fisiek; die akteurs moet baie vaardig, rats en soepel wees en
         goeie stamina en uithouvermoë hê om die vinnige aksie van die toneelstuk
         vol te hou. Akteurs moet fisies sterk en veelsydig wees. Die opvoering vereis
         dat hulle van een karakter na die volgende verander, omdat daar net twee                (4)
         akteurs is wat 'n verskeidenheid karakters in 26 tonele speel. Akteurs moet
         kreatief, energiek en hardwerkend wees, omdat die produksie in terme van
         die struktuur baie veeleisend is (toneelveranderinge gebeur baie vinnig).
         Akteurs moet kan dans en toneelspeel. Akteurs moet oor veelvuldige
         toneelspelvaardighede beskik.

2.5      Nasieners, aanvaar enige ander goed gemotiveerde antwoorde. Merk
         holisties. Verseker dat al 4 aspekte genoem en gedek word, elke antwoord
         hoef nie nie selfde gewig te dra nie. Net deur die aspekte te lys is nie
         voldoende om volpunte te bereik nie.

         Karakters
         Hulle is stereotipies van werklike mense wat bekend is en maklik herkenbaar
         is. Die gehoor kan maklik met die karakters en dit wat hulle sê, identifiseer.
         Die taal wat deur die karakters gebruik word, sal vir die gehoor herkenbaar
         wees.

         Ruimte
         Die ruimtes is omgewings wat vir die gehoor bekend is, byvoorbeeld die
         treinstasie, Albertstraat, ens. Die ruimte verander volgens die
         opvoeringslokaal. Die toneelstuk kan by enige ruimte aanpas.

         Taal
         Taal is informeel (spreektaal), baie bekend vir die gehoor, 'n mengsel van
         Engels, Afrikaans, inheemse tale, Tsotsitaal en slêng. Afrikaans sou as die
         taal van die onderdrukker erken word. Die gebruik van neerhalende en
         vulgêre taal sou vir die gehoor bekend wees.

         Toneelspelstyl                                                                          (8)
         Dit is luidrugtig, energiek en oordrewe. Die fisikaliteit van die toneelspelstyl,
         asook die gebruik van komedie, sang en dans, is almal aspekte wat
         belangstellings en verskeidenheid sal skep en dus die gehoor se aandag trek.

2.6      Nasieners, aanvaar enige ander goed gemotiveerde antwoorde.

         Die kostuums is belangrik omdat daar slegs twee akteurs is wat baie
         verskillende rolle in ses-en-twintig tonele speel. Die akteurs beweeg vinnig
         tussen karakters. Deur die kostuums op die verhoog te hou, word verseker
         dat die toneelstuk glad vloei en die vinnige kostuumveranderinge voorkom dat
         die gehoor lawaaierig en rusteloos raak. Dit hou die gehoor geïntereseerd in
         die toneelstuk.                                                                         (3)

2.7      Nasieners aanvaar ander geldige antwoorde. Aanvaar enige antwoord wat die
         bokse verduidelik al is dit net een ander gebruik goed gemotiveerd. Merk
         Holisties.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          8                             DBE/November 2014
                                   NSS – Memorandum

         Die bokse word op verskillende maniere dwarsdeur die toneelstuk gebruik.
         Aan die begin van die toneelstuk sit die akteurs op die bokse en word 'n
         jazzorkes. Ander gebruike sluit in die vleisverkoper se tafel, die haarkapper se
         stoel en die steenkoolverkoper se trok. Percy gebruik dit om op te staan
         wanneer hy die aankondiger by die lughawe is en dit is ook 'n asblik vir Auntie
         Dudu, ens.                                                                             (4)
                                                                                                [40]

VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY

3.1      Nasieners, aanvaar ander geldige en relevante antwoorde. Komiese tegnieke
         kan na verwys word in opvoering ens.

         Die gehoor sal dink dit is snaaks dat die werklike rede waarom Mingus by die
         begrafnis was, nie was om te rou nie, maar eerder om te bewys dat hy nie die           (2)
         afgestorwene vermoor het nie.

3.2.1    Charlie se karakter is belangrik omdat hy verskillende kulture in Sophiatown
         en hoe die verskillende kulture in harmonie saamgeleef het, voorstel. Dit word
         getoon in sy werksverhouding met Mingus en die band wat hy met Mingus en
         die ander wat in Mamariti se huis woon, deel. Dit beklemtoon ook die tragedie
         van die gedwonge hervestigings aan die einde van die toneelstuk wanneer
         Charlie nie saam met Mingus na Meadowlands kan gaan nie, omdat hy bruin
         is.                                                                                    (4)

3.2.2    In die uittreksel is Mingus warm en liefdevol teenoor Princess omdat hy haar
         sopas ontmoet het en glo dat hy op haar verlief is, maar soos die toneelstuk
         vorder, word hy meer aggressief teenoor haar en mishandel hy haar fisies en
         emosioneel. Hy glo dat sy nou aan hom onderdanig moet wees omdat hy vir
         haar presente koop en haar uitneem en hy behandel haar asof sy sy besitting
         is.                                                                                    (4)

3.2.3    Nasieners, aanvaar enige ander geldige en relevante antwoorde.             Merk
         holisties en herken geintergreerde antwoorde.

         Vir 'n oudisie moet my vriend die volgende aspekte van sy karakter voorberei:
         Fisiek
         Hy is aggressief, gebruik groot en ekspressiewe gebare om sy wisselende
         buie oor te dra. Sy gesigsuitdrukkings moet sy emosies reflekteer. Hy het 'n
         stereotipiese township-bendelid-stappie ('swagger').

         Emosioneel
         Hy is kort van draad, het buie wat vinnig verander en is intensief tot op die
         punt van aggressie. Hy is by tye emosioneel onstabiel en dreigend.

         Vokaal
         Hy is arrogant, dominerend, vernederend, smalend, sarkasties en aggressief.
         Sy toonkleur en volume is donker en hard, selfversekerd, beheersend en                 (6)
         veeleisend.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           9                            DBE/November 2014
                                    NSS – Memorandum

3.2.4    Jakes is die verteller. Hy vertel die storie. Hy open die toneelstuk deur die
         geskiedenis van Sophiatown, die plek, te vertel. Aan die einde van die
         toneelstuk vertel hy wat met al die karakters gebeur het na die gedwonge
         hervestigings. Hy is 'n joernalis (verteenwoordig die swart intellektuele),
         gebruik sy skryfwerk om die samelewing te verander en hou die mense van
         Sophiatown ingelig oor wat sosiaal, en nog meer belangrik, polities, gebeur.
         Jakes is die stem van rede. Hy bring Ruth na Sophiatown.                                (4)

3.3      Al die karakters is saam bymekaar en lees of kyk na Jakes se artikel oor Ruth
         in die Drum-tydskrif.                                                                   (2)

3.4.1    Daar is 'n gelukkige/opgewonde/uitbundige bui omdat die karakters almal
         saam in 'n vriendelike luim is. Hulle is opgewonde om oor Ruth en hulleself in
         die tydskrif te lees. Merkers moet enige ander aanvaarbare antwoorde                    (2)
         aanvaar. Gee een punt vir beskrywing en motivering. (Luim)

3.4.2    Nasieners, 'n subjektiewe antwoord word vereis. Aanvaar ander geldige en
         relevante antwoorde.
         Omdat die karakters uit verskillende kulture en agtergronde kom,
         verteenwoordig hulle die lewendigheid en energie van Sophiatown. Hulle stel
         verskillende rassegroepe wat in Sophiatown bly, voor.
         • Ruth is Joods en wit. Sy kom van Yeoville, 'n wit voorstad langs
           Sophiatown. Sy word aanvanklik as 'n buitestander beskou, maar word
           uiteindelik deur die mense in Mamariti se huis aanvaar. Sy stel die wit
           Boheme voor wat in Sophiatown gewoon het.
         • Charlie is bruin. Hy is Mingus se regterhand. Charlie gaan sy gang op 'n stil
           en beskeie manier. Hy verteenwoordig verskillende kulture en rasse wat in
           harmonie in Sophiatown saam leef.
         • Mingus is 'n bendelid, behep met klere en die bendes van die 1950's se
           Amerikaanse films. Hy verteenwoordig die verskillende bendes wat in
           Sophiatown bedrywig was en oor gebied geveg het. Hy is luidrugtig, baie
           spraaksaam en nie bang om te sê wat hy dink nie.
         • Fahfee reël die weddenskappe (fahfee) in Sophiatown. As gevolg hiervan
           ontmoet hy verskillende mense en bly hy op hoogte van gebeure in die
           township. Hy is 'n politieke aktivis en hy bring nuus oor die politieke gebeure
           in Sophiatown. Hy wil hê dat mense in Sophiatown teen die gedwonge
           hervestiging moet protesteer. Hy verteenwoordig die politieke aktiviste van
           die tyd.
         • Mamariti verteenwoordig die shebeen-eienaars wat sterk, selfversekerd en
           kleurvol was.
         • Lulu verteenwoordig die duisende skoolkinders wat deur Bantoe-onderrig in
           die steek gelaat is deur hulle nie vir die lewe voor te berei nie. Sy
           beklemtoon die tema van onderwys deur haar verskeie gesprekke met haar
           ma en Fahfee en die ander karakters.
         • Princess verteenwoordig die baie vroue in die townships wat niks anders as
           hulle voorkoms en ambisie gehad het om in die lewe te vorder nie. Hulle
           het die mishandeling deur hulle kêrels verdra, solank hulle net beter lewens
           kon hê.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                              10                                   DBE/November 2014
                                        NSS – Memorandum

         Al die karakters beeld die moeilike situasie uit waarin hulle geleef het met
         gedurige teistering deur polisie tydens klopjagte. Die karakters beklemtoon
         die persoonlikhede, temperamente en lewenswyses van verskillende groepe
         mense in Sophiatown.                                                                                 (6)

3.5      Nasieners, aanvaar ander geldige en relevante antwoorde. Merk Holisties.
         Gee punte vir kanidate as hul slegs verwys het na die skeppende proses van
         Sophiatown as n werkswinkel teater stuk.
         Lede van The Junction Avenue Theatre Company was almal betrokke by die
         skepping van die toneelstuk. Die werkswinkelfase het ses maande geduur.
         Hulle het navorsing gedoen en onderhoude gevoer met mense wat voor die
         gedwonge hervestigings in Sophiatown gewoon het. Elke lid van die
         geselskap het hul idees en bevindings bekendgemaak. Bendelede (soos Kort
         Boy, 'n voormalige bendeleier) het inligting oor bendelede en hul beheptheid
         met modes gegee. Shebeen-eienaars wie se plekke deur alle rasse as plekke
         van vermaaklikheid gebruik is, eienaars van eiendom, huurders, joernaliste
         (Can Themba, Don Mattera en Anthony Sampson, wat 'n voormalige
         redakteur van Drum-tydskrif was), politieke aktiviste en intellektuele (Es'kia
         Mphahlele, wat 'n skrywer en dosent was) is vir onderhoude genooi en idees
         is van hulle versamel. Ou Drum-tydskrifte is ook as 'n vorm van navorsing
         gebruik.

         Die akteurs het tonele geïmproviseer na aanleiding van idees wat tydens die
         waarneming- en navorsingsfase versamel is om karakters te skep en om 'n
         storielyn te ontwikkel. Improvisasie het ook sang en dans ingesluit. Tonele
         wat geskep is, is óf verwerp, óf gekies óf aangepas. Besluite is gesamentlik
         geneem. Die groep het die materiaal gekies wat dramaties vir die toneelstuk
         werk en dit gebruik om 'n werksteks te skep.
         Die hoofprosesse of fases van Werkswinkelteater is: navorsing, onderhoude,
         improvisasie, seleksie en teks. Kandidate kan hul eie beskrywing, voorbeelde
         en motiverings vir hierdie fases gee. Die bogenoemde is slegs 'n voorbeeld.                          (10)

PUNT                                                      BESKRYWER
9–10     Uitstaande   Kandidaat het 'n uitstekende begrip van die werkswinkelproses en is in staat om
                      duidelik te verduidelik waarom dit 'n gewilde keuse was in Suid-Afrika. Hy/Sy kan die
                      antwoord ondersteun en die sosiopolitieke omgewing van Suid-Afrika en die
                      gewildheid van werkswinkeltoneelstukke verbind. Kandidaat gebruik relevante
                      voorbeelde uit werkswinkeldramas of -praktisyns om die antwoord te ondersteun.
                      Kanidate moet verwys na die skeppende prosesse van Sophiatown as werkswinkel
                      teater.
 7-8     Baie Goed    Kandidaat het 'n deeglike begrip van die werkswinkelproses en van die Suid-
                      Afrikaanse sosiopolitieke konteks waarin hierdie toneelskeppingsproses gewild was.
                      Kan die antwoord met relevante voorbeelde uit die toneelstukke en praktisyns van
                      die werkswinkelsproses ondersteun
 5-6       Goed       Kanidaat het n begrip van die werkswinkel proses en die suid-afrikaanse
                      sosiolpolitiese inhoud. Waarin die toneel skeppende proses populer was kan
                      antwoord en die onderstuende antwoorde kan verskaf met voorbeelde. Sommige
                      verwysiging na Sophiatown as werkswinkel teater.
 3–4    Gemiddeld     Kandidaat het 'n beperkte begrip van die werkswinkelproses en min of geen kennis
                      van hoekom dit gewild was nie. Maak verkeerde stellings. Kanidaat noem die
                      werkswinkel proses maar verwys nie noodwendig na Sophiatown nie.
 0–2     Nie Bereik   Kandidaat het 'n baie swak, indien enige, begrip van die werkswinkelproses. Vae
                      stellings.                                                                               (10)
                                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         11                           DBE/November 2014
                                   NSS – Memorandum

VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS

4.1      A – Giel
         B – Tjokkie
         C – Jakes                                                                             (3)

4.2      Beide Giel en Jakes probeer om Tjokkie te laat 'sien' – om in die toekoms in
         te kyk en 'n voorspelling te maak, maar hulle het hulle eie redes waarom hulle
         dit wil laat gebeur.

         Gee slegs punte vir die volgende:

         Karakter A
         Giel wil hê Tjokkie moet die resultate (wenner) van die perdewedrenne sien.
         Karakter C
         Jakes wil hê Tjokkie moet sien of hy die pa van Tiemie se kind is, asook
         miskien die geslag van die kind. Hy wil weet of Tiemie by iemand anders               (2)
         geslaap het soos die Dandies want hulle vermoed dat Jakes impotent ikan
         wees.

4.3      Nasieners, daar is baie temas wat die kandidate kan kies en bespreek
         (ongewenste swangerskappe, dwelms, huishoudelike geweld, familietwis,
         ens.), maar elke tema moet uit die toneelteks gemotiveer word. Gee krediet
         aan insiggewende idees en konsepte. Die volgende dien as 'n gids:

         Tjokkie
         Karakter
         • Tjokkie is die toonbeeld van die arm, wit, verdrukte Afrikaner.
         • Hy sal waarskynlik nooit die Suburbs verlaat nie. Hy is tevrede om aan sy
            motor te werk, solank almal hom net met rus laat.
         • Hy word geboelie om te 'sien' – hy word uitgebuit en gebruik deur mense
            soos Jakes en Giel omdat hy 'n 'gawe' het.
         • Hy wil net die beste vir sy suster hê en is agterdogtig oor Jakes en Giel.
         Tema
         Hy verteenwoordig die tema van die magtelose, wit man in die samelewing.
         Hy is arm en onopgevoed. Sy omgewing bied nie baie geleenthede vir
         toekomstige groei nie.
         Jakes
         Karakter
        • Jakes se mishandeling strek wyd. Hy misbruik alkohol, vroue en die
           swakker mense rondom hom.
        • Soos Giel, is hy bygelowig en wil hy antwoorde van Tjokkie hê.
        • Hy is die simbool van die 'alfaman' en moet in beheer wees. Hy voel dat hy
           in beheer is en sal ander mishandel en uitbuit om die statushiërargie te
           behou.
        Tema
        Jakes verteenwoordig die witman-kompleks waar 'n man in beheer, gewild en
        suksesvol moet wees. Deur hom ontdek ons ook die tema van geweld teen
        vroue.
         Giel
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        12                          DBE/November 2014
                                  NSS – Memorandum

         Karakter
        • Giel buit Ma en haar gesin uit.
        • Hy is verslaaf aan dobbel en misbruik alkohol.
        • Hy is ook bygelowig en boelie Tjokkie om te 'sien'.
        • Hy is skynheilig en gee voor dat hy vir Ma en haar gesin omgee, maar hy
            gebruik die eerste kans wat hy kry om weg te loop nadat hy by die perde
            gewen het.                                                                       (6)
         Tema
         Giel verteenwoordig die tema van 'n parasiet in die samelewing. Hy assosieer
         slegs met mense wat vir hom iets kan gee. Sodra hy gekry het wat hy wil hê,
         verdwyn hy om iemand anders te soek om uit te buit.
         EEN punt – karakter en tema. EEN punt – motivering.

4.4      Nasieners, die volgende dien as 'n gids. Maak voorsiening vir interpretasie
         wat goed gemotiveer word uit die toneelteks. Gee krediet aan insiggewende
         idees en konsepte.
         Tjokkie
        • Tjokkie vermy mense. Hy is nie selfversekerd nie. Hy is teruggetrokke.
            Fisies mag sy bewegings klein wees. Hy mag baie vroetel en homself altyd
            besig hou. Hy mag as selfbewus en onseker voorkom. Sy postuur mag
            amper pateties lyk. Hy treë/stap kan huiwerig en versigtig wees. Hy mag
            ook dikwels afkyk. Sy gesigsuitdrukking mag nie baie lewendig wees nie,
            maar eerder ernstig. Hy mag moontlik dikwels frons.

         Jakes
        • Hy is die tipiese 'alfaman' en kan baie stereotipies uitgebeeld word.
           Wanneer hy staan, is hy baie selfversekerd met bene wyd uitmekaar. Sy
           maniere sal baie 'common' wees, met ander woorde, hande deur die hare,
           ens. Hy sal selfversekerd loop. Hy vul die vertrek met sy oordonderende
           postuur. Hy maak homself groter. Sy gesigsuitdrukkings kan wreedheid
           verklap. Hy sal baie uitdrukkingsvol wees, en sy gebare sal groot en
           intimiderend wees.
         Tjokkie
         DRIE punte. Gee een punt vir fisiese voorkoms. Gee twee punte indien dit
         met die karakter/persoonlikheid verbind word.
         Jakes
         DRIE punte. Gee een punt vir fisiese voorkoms. Gee twee punte indien dit
         met die karakter/persoonlikheid verbind word.                                       (6)
4.5      Tjokkie pleeg selfmoord omdat hy skuldig voel. Hy dink dat hy sy suster
         verraai het. Hy wil ook nie meer 'sien' nie en ervaar sy gawe as 'n vloek.
         Gee 1 punt vir Tjokkie wat selfmoord pleeg.
         Gee 2 punte vir een goed gemotiveerde rede of twee verskillende redes.              (3)
4.6      Nasieners, maak voorsiening vir interpretasies wat goed uit die toneelteks
         gemotiveer word. Gee krediet vir insiggewende idees en konsepte. Die
         volgende dien as 'n gids:
        • Aanvanklik is Ma se vokale toonkleur verdedigend. Sy probeer om haar
            lewenskeuse in antwoord op Tiemie se monoloog te verdedig en verwys na
            die feit dat sy die Suburbs wil verlaat.
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             13                                  DBE/November 2014
                                       NSS – Memorandum

        • Sy het amper 'n gelate stemtoon oor die feit dat sy geen hoop vir haar eie
          lewe het nie en het 'n duidelike toon van hartseer in haar stem.
        • Sy probeer om haar stemtoon vertroostend te hou wanneer sy raad gee,
          maar daar is 'n patetiese desperaatheid in haar stem.
        • Aan die einde van die monoloog raak sy amper verskonend in haar
          stemtoon.
        Gee EEN punt: EEN vir toonkleur + motivering                                                       (4)
        Gee TWEE punte: Verskillende toonkleure + motivering
4.7      Nasieners, die volgende dien as 'n gids. Maak voorsiening vir interpretasies
         wat goed gemotiveer is uit die toneelteks. Gee krediet aan insiggewende
         idees en konsepte. Sien globaal na.
        •   Aanvanklik is Ma verdedigend. Sy probeer om haar lewenskeuse in
            antwoord op Tiemie se monoloog te verdedig en verwys na die feit dat sy
            die Suburbs wil verlaat. Ma sal moontlik hier haar vokale volume verhoog
            en effens harder praat. Haar tempo sal toeneem om haar verdedigende
            antwoord te beklemtoon.
        •   Sy klink amper gelate oor die feit dat sy geen hoop vir haar eie lewe het nie
            – 'n duidelike gevoel van hartseer. Hier sal Ma se vokale tempo afneem,
            haar volume sal laer wees en sy sal effens sagter praat om haar
            aanvaarding te beklemtoon.
        •   Aan die einde van die monoloog raak sy amper smekend apologeties. In
            die laaste paar reëls sal haar volume effens verhoog soos sy probeer om
            Tiemie gerus te stel, maar haar tempo sal beduidend afneem omdat sy na
            die regte woorde soek.                                                                         (6)

4.8      Verwys na die rubriek en die notas hieronder om nasienwerk te lei.
PUNT                                                   BESKRYWER
                      Kandidaat het 'n uitstekende begrip van die toneelstuk en die sosio-ekonomiese
                      omgewing en konteks van Siener in die Suburbs. Hy/Sy is in staat om sy/haar
 9–10    Uitstekend
                      antwoord te ondersteun deur die karakters met hul omgewing te verbind en gee
                      relevante voorbeelde uit die toneelteks.
                      Kandidaat het 'n goeie begrip van die toneelstuk en die sosio-ekonomiese
                      omgewing en konteks van Siener in die Suburbs. Hy/Sy is in staat om sy/haar
 7–8     Baie Goed
                      antwoord te ondersteun deur die karakters met hul omgewing te verbind en gee
                      relevante voorbeelde uit die toneelteks.
                      Kandidaat het 'n deeglike begrip van die toneelteks en die sosio-ekonomiese
                      omgewing en konteks van Siener in die Suburbs. Hy/Sy is in staat om sy/haar
 5–6     Gemiddeld    antwoord te motiveer deur die karakters met hul omgewing te verbind en gee
                      voorbeelde uit die toneelstuk. Daar is egter geen diepte in die bespreking van hoe
                      die karakters met hul omgewing verbind word nie.
                      Kandidaat het 'n begrip van die toneelteks. Hy/Sy is in staat om een of twee
 3–4     Elementêr    karakters te noem, met baie oppervlakkige verwysings na die omgewing in en
                      buite die Suburbs. Is geneig om breë stellings oor die toneelteks te maak.
                      Kanaidaat het 'n swak begrip van die toneelteks. Hy/Sy kan in staat wees om die
                      name van karakters te gee. Dikwels word niks meer gegee nie. Andersins is hy/sy
 0–2     Nie bereik
                      geneig om breë stellings oor die toneelteks te maak wat nie noodwendig die
                      karakters met die binne- en buitekant van die Suburbs verbind nie.                   (10)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         14                             DBE/November 2014
                                   NSS – Memorandum

         Nasieners, die kandidaat kan na enige drie van die volgende karakters verwys:

         Tiemie
        • Tiemie beklemtoon gevangeskap in die arm Suburbs. Sy vorm 'n skakel
            tussen die lewe binne-in die arm Suburbs met die buitewêreld deur tyd
            saam met 'dandies' deur te bring en saam met hulle te werk. Sy besef dat
            daar iets beter aan die buitekant is. Sy weet dat daar min kans is dat sy sal
            kan ontsnap en dat sy in die arm Suburbs vasgevang is.
         Giel
        • Giel kan nie uit die Suburbs ontsnap nie en wag vir sy geluk om te draai
            voor hy dit doen. Hy wil op 'n onwettige/immorele manier ryk word, bv. deur
            te dobbel, Tjokkie te laat 'sien' en Ma uit te buit. Hy beklemtoon die tema
            van verwerping as hy loop nadat hy met die perde gewen het.
        • Hy verstaan nie die wêreld buite die Suburbs nie en die kans is goed dat hy
            altyd na die Suburbs sal terugkeer. Hy is vasgevang in die siklus van
            armoede.
         Jakes
        • Jakes is die toonbeeld van Suburbkultuur. Hy is die stereotipiese 'alfaman'
            met 'n motorfiets en 'n meisie. Hy het geen plan om die Suburbs te verlaat
            nie. Hy is in beheer van hierdie omgewing en niemand daag hom uit nie.
        • Die probleem is dat hy nie beheer buite die Suburbs het nie. Op 'n manier is
            hy bang vir die 'dandies', omdat hy hulle nie kan beheer nie. Hy praat groot
            en oordryf, maar is waarskynlik nie opgewasse teen dit wat hy nie in die
            Suburbs kan beheer nie.
         Tjokkie
         • Tjokkie verstaan die manier waarop die Suburbs iemand vasvang. Sy
             'gawe' gee aan hom moontlikhede, maar uiteindelik sien hy dit as 'n vloek.
             Sy 'gawe' gee aan ander hoop en 'n moontlike skakel met die buitewêreld.
             Hy raak teruggetrokke en ontsnap op sy eie manier uit die Suburbs.

         Ma
         • Ma ken 'n beter lewe buite die Suburbs, maar sy aanvaar haar lot – dat sy
            in haar omgewing met sy mishandeling en armoede vasgevang is. Sy is al
            baie keer in haar lewe agtergelaat. Sy bly in 'n siklus van vernietiging en
            mishandeling, wat verhoed dat sy 'n beter lewe kan lei en moontlik die
            Suburbs kan verlaat.
         Fé
         • Sy is 'n eerlike karakter wat die goeie in Tjokkie raaksien. Die feit dat sy 'n
            opvoeding kry, suggereer dat sy ook graag die Suburbs wil verlaat. Sy hou
            van Tjokkie en dit beteken moontlik dat sy in die Suburbs sal bly.                  (10)
                                                                                                [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:             40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          15                            DBE/November 2014
                                    NSS – Memorandum

AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER (NÁ 1994)

Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord.

VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI

5.1      Realisme of Nuwe Realisme of Realisties. Nasieners kan enigeen aanvaar.                 (1)
         Bokstel prosenuim boog verhoog “Slice of life” en enige verwysing na die
         genre van die verhoogstel. Aanvaar enige een opsie.

5.2      Nasieners, gee vol punte as die kanditaat twee goed gemotiveerde punte gee
         of vier kort basiese feite.

         •   Die Realisme van die stel beïnvloed die toneelspelstyl omdat dit die
             omgewing is waarin die akteurs hul rolle 'uitleef' in verhouding tot mekaar
             en die wêreld om hulle.
         •   Die omgewing, 'n tipiese HOP-huis of huis in die township of 'n
             subekonomiese huis.
         •   Die huis van Sipho Makhaya en sy dogter Thando en hul persoonlike
             besittings vul die ruimte.
         •   Hulle is in interaksie en in 'n verhouding met die stel en rekwisiete terwyl
             hulle met mekaar praat (realistiese toneelspel), bv. maak aandete vir
             Mandisa, praat op die telefoon, alledaagse aktiwiteite. Sekere rekwisiete is
             fokuspunte vir die dramatiese aksie, bv. die houer met die as, die telefoon
             en die spanning en aksie wat dit in die ruimte inbring. Die toneelspel is
             realisties en deur Stanislavski se 'tower-as' ('magic if') beïnvloed, omdat
             die akteurs glo dat hulle die karakters is.
         •   Hulle kyk nie verder as die vierdie muur van die prosceniumboog in die
             wêreld van die gehoor in nie, maar bly en leef in hulle eie wêreld.                 (4)

5.3      Nasieners, aanvaar enige ander goed gemotiveerde opinies/punte.             Merk
         holisties, kan ook sitkamer meubels beskryf.

         Die ontwerpuitleg stel 'n tipiese townshiphuis in New Brighton voor, 'n
         beknopte 3,6 x 7,2 meter, gebou met laekoste-asblokke of windstene. Daar is
         'n sitkamer met eenvoudige meubels, wat die inwoners se karige bestaan
         uitbeeld – 'n boekrak vir die bibliotekaris en onderwyser wat daar woon, 'n kas
         vir stoorplek, familiefoto's en 'n telefoontafeltjie wat geskei is van 'n kombuis
         met 'n stoof, melamienkombuistoonbank, yskas, tafel, stoele en die ingang
         van die huis is in die kombuis. Daar is ook kralegordyne wat na twee
         denkbeeldige kamers vir Thando en Sipho lei. Die wêreld buite die huis word
         voorgestel deur die townshipvullis, die siklorama beeld die oop lug agter die
         huis uit.                                                                               (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          16                             DBE/November 2014
                                    NSS – Memorandum

5.4      Nasieners, die volgende is slegs 'n gids. Gee twee punte vir n goeie
         gemotiveerde antwoord per aspek gelys hieronder as dit glad nie goed
         gemotiveer is nie net een punt.
         Die kralegordyne
         Die toneelmatige impak van die gordyne gee 'n Afrika- dekoratiewe
         karakter/styl aan die huis en bied twee uitgange (deure) vir die akteurs en 'n
         ruimteagter die skerms waar gesprekke vanaf die verhoog gehoor kan word.
         Dit skep ook die illusie van ekstra huisspasie (slaapkamers) agter die
         sitkamer. Dramaties laat dit die akteurs toe om in en uit te gaan en bied 'n
         fokuspunt vir die gehoor om die toneel tussen Sindiswa en Themba in die
         slaapkamer voor te stel.
         Die vullis
         Dit dra by tot die spesifieke karakter van die plek; 'n verwaarloosde
         townshipstraat, moontlik sonder die luukse van stadsraadsdienste
         (nalatigheid deur die stadsraad). Dit help om die 'wêreld' buite die huis te
         skep en vorm 'n toneelmatige kontras met die netheid en sorg daarbinne.
         Die siklorama
         Dit gee 'n agtergrond vir die ruimte en brei die buiteruimte uit om die oop lug
         en wêreld buite hierdie townshiphuis in te sluit. Dit vorm ook 'n oppervlak wat
         belig kan word om die tyd van die dag (laatmiddag tot aand) aan te dui en kan
         amper ongemerk verander soos wat Bedryf Een en Twee vorder, omdat elke
         bedryf op hierdie tyd van die dag op twee opeenvolgende dae begin. (3 x 2)               (6)
5.5      Nasieners, aanvaar enige goed gemotiveerde antwoord.
         Een punt vir die identifikasie van 'n geskikte ruimte.
         Dit kan enige ruimte wees, solank daar 'n stel gebou kan word, byvoorbeeld
         die skoolsaal, buite, in 'n klaskamer, op die speelgrond, in die veld,
         openingsvierkant, ens.
         Gee 2 punte vir die motivering (1 goeie rede is genoeg).                                 (3)
5.6      Nasieners, aanvaar enige goed gemotiveerde antwoord.
         Die stel en rekwisiete weerspieël die karakters wat daarin 'leef' realisties voor.
         Sipho, Assistent-hoofbibliotekaris en Thando, onderwyser en vrywilliger by die
         WVK, is beide opgevoed en boekliefhebbers, en dit word deur die boekrak
         uitgebeeld en voorgestel. Familiefoto's en ornamente weerspieël dat almal
         sorg vir en trots op hulle huis is. Die sitkamer het meubels wat goed versorg
         is. Hulle woon in New Brighton-township en die omgewing beïnvloed hulle
         daaglikse lewens.                                                                        (4)
5.7      Nasieners, aanvaar enige goed gemotiveerde antwoord.
         Beligtingseffekte
         Dit skep die illusie van laatmiddag wat aand word soos wat die wêreld om die
         huis donker raak. Daar is moontlik 'n straatlig wat aankom. Ligte kan op die
         siklorama skyn, en mag middag tot sononder en skemer tot nag voorstel en
         skep. Die binneruimte kan belig word deur ligte of lampe in die huis 'aan te
         skakel'. Die huis kan helderder belig word soos die karakters na mekaar in die
         huis inkom.
         Klankeffekte
         Seemeeue is in die oorspronklike produksie gebruik om aan te dui dat New
         Brighton naby die see/in Algoabaai in Port Elizabeth is. Die telefoon lui
         wanneer mev. Potgieter met Sipho wil praat. Die klank van 'n motorenjin en
         toeters kan gebruik word om karakteraankomste aan te dui, soos die koms
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            17                                 DBE/November 2014
                                      NSS – Memorandum

          van Mandisa van die lughawe af en nadat die vroue na die VWK-verhoor was.
          Al die effekte is realisties.                                                                 (4)
5.8       Nasieners, aanvaar enige goed gemotiveerde antwoord. Twee goeie
          gemotiveerde antwoorde of een uitstaande antwoord (holisties).

          Dit sal moeilik, duur, tydrowend wees en mannekrag vereis om hierdie
          realistiese stel op toer te bou, aan mekaar te sit en op te stel. Miskien kan die
          regisseur dit wat hy/sy op die plekke vind waarheen die toneelstuk toer,
          gebruik. Indien teaters gebruik word, sal hulle moontlik iets hê wat aangepas
          kan word. Indien daar na skole getoer word, kan 'n ruimte of saal/klaskamer
          met meubels gebruik word en beligting kan tot 'n minimum beperk word.
          Verhoograme kan dalk gebruik word om kralegordyne op te hang, of dit kan in
          bestaande deure gehang word.                                                                  (4)

5.9     Verwys na die rubriek hieronder om die vraag na te sien. Merk Holisties.

PUNT                                                   BESKRYWER
                       Kandidaat het 'n uitstekende begrip van die toneelteks en die sosiopolitieke
                       omgewing en konteks van Nothing But The Truth. Hy/Sy is in staat om
                       sy/haar antwoord te ondersteun, die sosiopolitieke omgewing van die
 9–10      Baie Goed
                       toneelstuk met die onderwerp en temas te verbind en relevante voorbeelde
                       uit die toneelstuk te gee. Kandidate verwys na die toneelteks en die belang
                       daarvan vir die gemeenskap en samelewing as 'n geheel na apartheid.
                       Kandidaat het 'n goeie begrip van die toneelteks en die sosiopolitieke
                       omgewing en konteks van Nothing But The Truth. Hy/Sy is in staat om
                       sy/haar antwoord te ondersteun, die sosiopolitieke omgewing van die
 7–8         Goed      toneelstuk met die onderwerp en temas te verbind, en voorbeelde uit die
                       toneelteks te gee. Kandidate verwys na sommige dele van die toneelteks en
                       die belang daarvan vir die gemeenskap en samelewing as 'n geheel na
                       apartheid.
                       Kandidaat het 'n deeglike begrip van die toneelteks en die sosiopolitieke
                       omgewing en konteks van Nothing But The Truth. Hy/Sy is in staat om die
 5–6      Gemiddeld
                       sosiopolitieke omgewing van die toneelstuk te verduidelik en verwys soms na
                       die onderwerp en temas, maar verbind die twee nie duidelik nie.
                       Kandidaat het 'n basiese begrip van die toneelteks. Hy/Sy is in staat om die
                       gebeure in die toneelstuk (intrige) te verduidelik, maar maak min of geen
 3–4       Elementêr
                       verwysing na die onderwerp of temas nie. Geneig om breë stellings te maak
                       waarvan baie nie duidelik met die vraag verbind kan word nie.
                       Kandidaat het 'n swak begrip van die toneelteks. Geneig om breë stellings
 0–2      Nie Bereik   oor die onderwerp of die temas van die toneelstuk te maak, maar daar is min    (10)
                       of geen begrip van die toneelstuk nie.                                         [40]

VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE

6.1       Nasieners, aanvaar enige ander goed gemotiveerde antwoord.

          Kostuums

          Johan
          Hy is informeel en slordig. Sy voorkoms is nie juis versorg nie, moontlik omdat
          hy 'n alkoholis is. Sy moue is opgerol en daar is moontlik vuil merke op. Sy
          klere weerspieël ook sy beroep, hy het nie netjiese kantoorklere nodig nie.
          Smith
          Hy is 'n ouer man met meer konserwatiewe klere, 'n afgetrede sakeman wat
          nie sy baadjie aan het nie.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Dramatic Arts Nov 2014 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2014-memo-eng/354ee1bf-8f73-4d56-a2b7-eefa58dd31d1) — Dramatic Arts · Memo · 2014 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2014-afr/f1f0d3cb-1333-4f9a-9e18-a22839cc2585) — Dramatic Arts · QP · 2014 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2014-eng/cfd94812-8e9e-4446-9e4c-240bce82e620) — Dramatic Arts · QP · 2014 · Eng
- [DRAMATIC ARTS MEMO GR12 2014 AFR FINAL](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-memo-gr12-2014-afr-final/997e307a-0dec-413a-829f-5a812227cd36) — Dramatic Arts · Memo · 2014 · Afr
- [DRAMATIC ARTS MEMO GR12 2014 ENG FINAL](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-memo-gr12-2014-eng-final/e9e71aee-87ef-4555-b978-e7d28ae0d47c) — Dramatic Arts · Memo · 2014 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2020 Eng Memo](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2020-eng-memo/84cf6aef-34e8-4442-a29f-0a0d86734c6a) — Dramatic Arts · Memo · 2020 · Eng

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-afr/b4a67589-411d-46bb-b333-65beeafd2138) — QP · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-afr/ee64452f-d716-4e2c-a4c0-eb6f240cdecb) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-eng/d7900b57-db36-4c03-9c8b-4da9102aed06) — QP · 2024 · Eng
- [Dramatic Arts May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/196a7629-8432-4e24-976d-ba79e198fc93) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/635df938-d2f8-4677-9753-430aa4581d96) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
