# Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Dramatic Arts question paper from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2015-afr/9977aca5-c5bf-4966-843e-71c496abd8e5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2015-afr/9977aca5-c5bf-4966-843e-71c496abd8e5)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                              DRAMATIESE KUNSTE

                                 NOVEMBER 2015

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            2                         DBE/November 2015
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

        AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings                              (30)
        AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994                        (40)
        AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994 – Kontemporêr            (40)
        AFDELING D: Die Geskiedenis van Teater, Praktiese Konsepte, Inhoud en
                    Vaardighede                                              (40)
2.      AFDELING A
        VRAAG 1 is VERPLIGTEND.
        Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke
        20ste-eeuse Teaterbeweging.
        EPIESE TEATER
        • Caucasian Chalk Circle            Bertolt Brecht
        • Kaukasiese Krytsirkel             Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
        • Mother Courage                    Bertolt Brecht
        • Moeder Courage                    Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
        • The Good Person of Szechwan       Bertolt Brecht
        • Kanna Hy Kô Hystoe                Adam Small
                                             OF
        TEATER VAN DIE ABSURDE
        • Waiting for Godot                 Samuel Beckett
        • Afspraak met Godot                Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks
        • Bagasie                           André P Brink
        • The Bald Primadonna               Eugene Ionesco
        • Die Kaalkop Primadonna            Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks
                                             OF
        POSTMODERNE TEATER
        • Skrapnel                          Willem Anker
        • Top Girls                         Carol Churchill
        • Popcorn                           Ben Elton
        • Buried Child                      Sam Shepard
3.      AFDELING B
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
        hierdie afdeling.
        VRAAG 2: Woza Albert!            Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en
                                         Barney Simon, OF
        VRAAG 3: Sophiatown              Junction Avenue Theatre Company, OF
        VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis
4.      AFDELING C
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
        hierdie afdeling.
        VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani, OF
        VRAAG 6: Groundswell             Ian Bruce, OF
        VRAAG 7: Mis                     Reza de Wet
5.      AFDELING D
        Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag. VRAAG 8 is VERPLIGTEND.
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           3                          DBE/November 2015
                                           NSS

AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS

Hierdie vraag is VERPLIGTEND.

VRAAG 1

Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die relevante 20ste-eeuse
Teaterbeweging (Teater van die Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater).

Bestudeer BRON A hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON A

            Alle teater probeer om die waarheid oor die lewe te ontdek,
                          te weerspieël of te bevraagteken.

VERTALING: Ek dink, daarom is ek.
           Wat is die werklikheid?
           Is waarheid relatief?
           Wat is die betekenis van die lewe?
                                                                              [Eie bron]

Bespreek en evalueer, in 'n opstel, hoe die toneelteks wat jy hierdie jaar bestudeer het
'probeer om die waarheid oor die lewe te ontdek, te weerspieël of te bevraagteken'.

Verwys na voorbeelde uit die toneelteks deur enige VIER van die volgende te kies:

•   Sosiopolitieke konteks
•   Temas
•   Karakters
•   Taal en dialoog
•   Ruimte en dekorstel
•   Intrige en struktuur
•   Teatermiddele/-tegnieke

Dui die toneelteks wat jy bestudeer het, boaan jou opstel aan.
                                                                 TOTAAL AFDELING A:           30
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             4                          DBE/November 2015
                                             NSS

AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994

Beantwoord EEN vraag uit hierdie afdeling.

VRAAG 2:      WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
              BARNEY SIMON

Bestudeer BRON A hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON A

                       'n Toneel uit 'n produksie van Woza Albert!

Jy is gekies om 'n produksie van Woza Albert! by jou skool te regisseer. Gebruik
BRON A hierbo om die beplanning en voorbereiding van jou toneelstuk te lei.

2.1      Noem VIER fisiese vaardighede wat jy vereis van die akteurs wat jy vir die
         rolverdeling van die toneelstuk kies.                                                  (4)

2.2      Die toneelstuk het slegs twee akteurs nodig om baie rolle te speel. Stel vir die
         akteurs voor watter eise dit aan hulle stemme sal stel.                                (4)

2.3      Beskryf 'n improvisasie-oefening wat jy tydens repetisies sal gebruik om die
         akteurs met die eise van karakterisering te help.                                      (4)

2.4      Berei regisseursnotas voor om jou keuse van die volgende DRIE
         teaterelemente te ondersteun:

         •   Lokaal/Plek
         •   Kostuums
         •   Dekorstel                                                                          (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            5                       DBE/November 2015
                                            NSS

2.5      Verduidelik aan die toneelgeselskap hoe jy Gestroopte Teater-tegnieke op jou
         produksie sal toepas. Sluit inligting in oor:

         •   Dekorstel
         •   Verhooginkleding/-opstelling
         •   Toneelspel
         •   Akteur-gehoor-verhouding                                                        (8)

2.6      Noem VIER maniere waarop die produksiespan die toneelstuk vir 'n
         skoolgehoor kan adverteer.                                                          (4)

2.7      Bespreek, in jou programnotas, hoe 'n opvoering van Woza Albert! in 2015 vir
         'n Suid-Afrikaanse gehoor van waarde en toepaslik kan wees ten opsigte van
         kwessies soos polisiëring, armoede en werkstoestande.                               (10)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           6                          DBE/November 2015
                                           NSS

VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY

Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON A

MAMARITI: Ruthiwe, what is a Jewish? The only Jewish I know is the man in the
          chemist shop and one day he said to me, 'Meshugenah-kop chazer'.
          What is this 'Meshugenah-kop chazer'?

RUTH:         Mama, you don't want to know that.

MAMARITI: Certainly I do.                                                                5

RUTH:         It means, 'Madman pig'.

MAMARITI: Is that nice? When will these white people learn?

LULU:         So what is a Jewish?

RUTH:         Well, it's really hard to say. It's not a religion, because you can be an
              unbeliever and still be Jewish. And it's not a nationality, because you 10
              can be South African and be Jewish. It's not even a language, because
              the only Hebrew I know is this Baruch Atah. Perhaps it's like a tribe. A
              lost tribe. It's very confusing.

JAKES:        God is One, and God is Three, and the ancestors are many, and I
              speak Zulu and Xhosa and Tswana and English and Afrikaans and 15
              Tsotitaal, and if I'm lucky Ruth will teach me Hebrew, and the Boere
              and the UP and the Congress fight it out, and this Softown is filled with
              Coloured and Indian and Chinese and Zulus … but this Jewish remains
              a mystery. And Softown is a brand-new generation and we are blessed
              with a perfect confusion.                                                 20

Jy is gekies om 'n produksie van Sophiatown by jou skool te regisseer. Gebruik die
bronne om die beplanning en voorbereiding van jou toneelstuk te lei.

3.1      Beskryf DRIE eienskappe van Mamariti wat jy sal deel met die aktrise wat
         hierdie rol in BRON A hierbo speel. Verwys na die toneelstuk in sy geheel.            (6)

3.2      Gee die aktrise wat Ruth speel, raad oor hoe om die doeltreffendste vokale
         en fisiese vertolking van haar reëls in BRON A hierbo te lewer sodat sy
         geloofwaardig en interessant sal wees om na te kyk.                                   (6)

3.3      Noem waarom dit in die konteks van Sophiatown vir Jakes nodig is om
         veeltalig te wees.                                                                    (2)

3.4      Verduidelik aan die akteurs hoe die toneel in BRON A hierbo die lewe in
         Sophiatown, die plek, en Sophiatown, die drama, weerspieël.                           (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           7                           DBE/November 2015
                                           NSS

BRON B

                           'n Voorblad van Drum-tydskrif

3.5      Jy het besluit om die tydskrifvoorblad in BRON B hierbo as 'n plakkaat te
         gebruik om 'n opvoering van jou toneelstuk te adverteer.

         Identifiseer die inligting wat jy op dié tydskrifvoorblad sal byvoeg of weglaat
         om 'n treffende plakkaat te skep.                                                     (4)

3.6      Die voorblad van die Drum-tydskrif in BRON B hierbo weerspieël die modes
         en leefstyl in Sophiatown in die 1950's.

         Gebruik hierdie visuele beeld as inspirasie om die kostuums te beskryf wat jy
         vir die karakters Mingus en Princess sal kies.                                        (6)

3.7      Verduidelik in jou programnotas aan die gehoor wat die inwoners van
         Sophiatown ervaar het toe die apartheidsregering met hulle gedwonge
         hervestiging begin het. Hoe word dit in die toneelteks weerspieël?                    (10)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          8                        DBE/November 2015
                                          NSS

VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS

Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON A

                                                                                     A

                                                                                    B

         'n Toneel uit 'n produksie van Siener in die Suburbs

Jy is gekies om 'n produksie van Siener in die Suburbs by jou skool te regisseer.
Gebruik BRON A om die volgende vrae te beantwoord.

4.1      Identifiseer karakter A en B.                                                     (2)

4.2      Bespreek die verhouding tussen karakter A en karakter B.                          (4)

4.3      Verduidelik waarom die produksie wat in BRON A hierbo uitgebeeld word,
         as realisties beskou kan word.                                                    (6)

4.4      Beskryf DRIE klankeffekte wat jy sal gebruik om die dramatiese spanning in
         jou produksie van Siener in die Suburbs te versterk.                              (6)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                  9                     DBE/November 2015
                                                  NSS

BRON B

TIEMIE:      Dis nie van Ma wat ek wou weg nie ... dis van die plek af. Ma, ek kan nie
             met Jakes trou nie. Ek wil nie hier bly nie. Ek wil nie hierdie lewe hê nie,
             ook nie die mans nie, Ma. Ek wil nie 'n man hê wat getrek huis toe kom
             nie ... ás hy huis toe kom ... met dwarsklappe en kleintjies nie ... Ek wil
             nie oudgebaar wees op dertig nie. Weet Ma, hulle weet nie van ons nie 5
             ... by die werk, hulle dink ons bestaan nie ... hulle lag as hulle van ons
             hoor, of as hulle hoor waar ek bly, weet hulle nie waar om te kyk nie. Ons
             maak hulle verleë oor ons – oor ons. Hulle weet nie van ons nie. Hulle
             weet nie hoe ons leef en dat ons voel nie. Hulle wéét nie. Ek wil van
             geweet wees, Ma, ek wil nie vrek soos 'n hond nie, ek wil van geweet 10
             wees ... Ek wou so graag van geweet wees.

TJOKKIE: Jou kans weggefoeter – as jy van die begin af 'n kat se kans gehad het.

MA:          Tjokkie!

TJOKKIE: Orraait, jar, ek is net jammer vir haar. Sy wou uit dié nes uit. Sy was
         mooi. In die A-klas. Jar!                                               15

MA:          Tjokkie, loop nou, Ma wil met Tiemie praat.

             (Tjokkie onder die motor in.)

4.5       Verduidelik wat Tjokkie bedoel wanneer hy na die volgende verwys:

          4.5.1       'Jou kans weggefoeter' (reël 12)                                          (2)

          4.5.2       'In die A-klas' (reël 15)                                                 (2)

4.6       Gee die aktrise wat Tiemie in BRON B hierbo speel, raad oor hoe om die
          doeltreffendste vokale en fisiese vertolking van haar reëls te lewer sodat haar
          gemoedsverandering duidelik uitgedruk word.                                           (6)

4.7       Stel voor wat die dramatiese betekenis van Tiemie se herhaling van die reël,
          'ek wil van geweet wees', kan wees.                                                   (2)

4.8       Die dramaturg het meegevoel met die karakters en insig in 'n samelewing wat
          op valse hoop en die morele agteruitgang van die gesin as eenheid gebou is.
                                                                                [Eie bron]

          Bespreek hoe die tema van morele agteruitgang duidelik deur die karakters
          en hulle optrede in die toneelstuk na vore kom.                                       (10)
                                                                                                [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:              40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                              10                           DBE/November 2015
                                              NSS

AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994 – KONTEMPORÊR

Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.

VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI

John Kani het jou gevra om 'n produksie van Nothing but the Truth te regisseer.

5.1      Skryf 'n teaterprogram wat spesifieke feite oor die toneelstuk bevat waarin jy
         die volgende inligting insluit:

         5.1.1        Die verhoogplasing (tyd en plek) van die toneelstuk                          (2)

         5.1.2        'n Kort opsomming van die toneelstuk (nie meer as TIEN reëls nie)            (4)

         5.1.3        'n Regisseursnota oor die betekenis van die toneelstuk se titel              (4)

5.2      Kies EEN ander gepaste brokkie inligting om by jou program in te sluit.                   (2)

Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON A

SIPHO: The truth, the whole truth and nothing but the truth, so help me God.
       That's what you've asked for.

5.3      Waarom, na jou mening, sou John Kani vra dat jy hierdie foto van die
         toneelstuk by die program insluit?                                                        (4)

5.4      Oorweeg Sipho se woorde in BRON A hierbo.

         Gee die akteur wat Sipho speel, raad oor hoe om die doeltreffendste
         vertolking van hierdie reëls te lewer.                                                    (6)

5.5      Ontleed hoe BRON A hierbo die realistiese genre van die toneelstuk
         weerspieël.                                                                               (6)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            11                          DBE/November 2015
                                            NSS

BRON B

                                    THE TRUTH

The truth is never easy,                                                                 1
       it is never simple,
                      it can't always be justified.
The truth is painful,
       and doesn't give all the answers.                                                 5
The truth doesn't always eliminate the guilt,
                              it can't erase the past
                              or bring a loved one back.
The truth doesn't make all that is wrong, right,
                              but it presents the opportunity to …                       10
The truth is a chance to make a reality known,
                      put one's heart to rest, for one alone.
To no longer possess a dark secret that will forever gnaw at your soul, is a chance to
set you free.
                              'The truth will set you free.'                             15
                                                                            – Anoniem

5.6      John Kani het die gedig in BRON B hierbo gekies om by die program in te
         sluit.

         Bespreek die temas van waarheid, versoening en vergifnis in die toneelstuk
         Nothing but the Truth, en noem of jy John Kani se besluit ondersteun om die
         gedig by die programnotas in te sluit.                                                 (12)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           12                          DBE/November 2015
                                           NSS

VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE

Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON A

                     'n Toneel uit 'n produksie van Groundswell

Jy is gekies om 'n skoolproduksie van Groundswell te regisseer.

6.1      Gee die akteur wat die rol van Johan in BRON A hierbo speel, raad oor hoe
         om die vereiste woede en aggressie beide vokaal en fisies uit te beeld.               (6)

BRON B

   GROUNDSWELL – Wêreldpremière geregisseer deur Heinrich Reisenhofer
Aan Suid-Afrika se dorre Weskus, waar diamante uitgeduik word, bestuur Johan en
Thami, 'n oudpolisieman en 'n tuinier uit totaal verskillende agtergronde, 'n
gastelodge op die strandfront tydens die stil seisoen terwyl hulle na uitkoms soek.
Wanneer Smith, 'n afgetrede sakeman, een mistige aand opdaag, dink die twee mans
dat hulle 'n ideale belegger gevind het vir hulle plan om in 'n staatsbeheerde 5
diamantkonsessie te belê. Die gewetenlose mans vind hulself spoedig in 'n magstryd
wat deur hebsug, desperaatheid en selfgeregtigheid aangevuur word. Groundswell is
'n sielkundige riller oor smagting en hoop en die blink beloftes van 'n veranderende
samelewing.                                                            [New York Times]

6.2      Gebruik jou kennis van die drama en reël 2 van die uittreksel hierbo en
         beskryf die 'totaal verskillende agtergronde' van Johan en Thami.                     (4)

6.3      Ontleed Johan en Thami se karakterverskille deur aan hulle doelwitte,
         ambisies en hulle hoop vir die toekoms aandag te skenk. Hoe kan dit tot die
         dramatiese spanning in die toneelstuk bydra?                                          (6)

6.4      Verduidelik waarom die karakters en aksie van hierdie toneelstuk 'n
         'sielkundige riller' maak. ('n Sielkundige riller is 'n storie met elemente van
         misterie, drama, aksie, gruwel en karakters met onstabiele emosionele
         toestande.)                                                                           (8)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          13                        DBE/November 2015
                                          NSS

6.5      Gee TWEE redes waarom hierdie toneelstuk by 'n internasionale gehoor
         aanklank sal vind.                                                                  (4)

6.6      Bespreek die stelling dat Groundswell 'n toneelstuk 'oor smagting en hoop en
         die blink beloftes van 'n veranderende samelewing' is.

         Verwys na TWEE temas in die toneelstuk om jou antwoord te ondersteun.               (12)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                               14                                   DBE/November 2015
                                               NSS

VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET

Jy is gekies om 'n produksie van Mis vir die jaarlikse Kuns-en-Kultuurfees op jou dorp
te regisseer.

Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON A

                     A                               B                            C

       Gehoor        Gehoor   Gehoor                                            Verhoog-
                                                                                 gebou

                                                 Verhoog

                                                                                  Verhoog
                                                                       Gehoor                  Gehoor
                    Vehoog
                                                Voorverhoog

                                                                                Gehoor
                                                  Gehoor
                     Gehoor

                                                                      [Bron: Oscar E Brockett]

7.1       Noem die genre van die toneelstuk.                                                                      (1)
7.2       Identifiseer die DRIE verhoogtipes A, B en C in BRON A hierbo.                                          (3)

7.3       Motiveer die verhoogtipe wat jy vir die toneelmatige vereistes van die
          toneelstuk sal kies.                                                                                    (6)

BRON B

MEISIE:              Ek ... het roosbome buite my venster geplant. (Stilte.) En dis hoekom
                     niemand kom kuier nie. Die reuk is te erg. Wie sal nou wil tee drink?
                     Die vlieë is vol mis. Hulle loop oor die koeke en val in die melk. (Kort
                     stilte. Sy glimlag.) Verlede jaar het Danie Venter kom kuier. Een
                     Sondag. Die wind het in die regte rigting gewaai, jy sien? Dit het al 5
                     die vlieë weggewaai en die hele huis het na rose geruik.
KONSTABEL:           (Geïnteresseerd.) Ja? En toe?
MEISIE:              (Hartseer.) Toe draai die wind. (Stilte. MEISIE werk aan haar sak.)
KONSTABEL:           Maar gaan julle nie uit nie? Die dorp is nie so ver nie?
MEISIE:              My ma het my hier nodig. Sy het net vir my.                                             10
KONSTABEL:           En is daar regtig soveel om hier te doen?
MEISIE:              Ja. Ek kry nooit al die werk klaar nie. Daar is altyd stof op alles. Die
                     mure is dun en vol krake, so alles wat buite is, kom in. Ek stof af en
                     vee, stof af en vee, maar dit help niks. En elke dag moet ek was en
                     stryk, want ons klere ruik na mis. En die vensters moet elke dag 15
                     gewas word ... Want die vlieë los misspore op die glas ... Kos,
                     slopemmer! Sakke! My hande was sag op 'n tyd. Nou het ek eelte op
                     my vingerpunte.

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            15                          DBE/November 2015
                                            NSS

7.4      Beskryf en motiveer die kostuum wat jy wil hê Meisie in hierdie toneel moet
         dra. Verduidelik waarom hierdie kostuum aan die einde van die toneelstuk
         sal verander.                                                                           (6)

7.5      Gee die aktrise wat Meisie speel, raad oor hoe om die doeltreffendste vokale
         en fisiese vertolking van haar reëls in BRON B hierbo (reël 12–18) te lewer.            (6)

7.6      As die regisseur, beskryf die karakter van Konstabel aan die akteur om hom
         te help om hierdie rol doeltreffend te vertolk.                                         (6)

7.7      Mis kan as 'n volledige toneelstuk beskryf word. Dit neem die gehoor op 'n
         reis van realisme, fantasie, ritualistiese elemente en, uiteindelik, die magiese.
                                                                                 [Eie bron}

         Bespreek die geldigheid (waarheid) van die stelling hierbo en verwys na
         spesifieke voorbeelde in die toneelstuk.                                                (12)
                                                                                                 [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:               40

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           16                         DBE/November 2015
                                           NSS

AFDELING D:          DIE GESKIEDENIS VAN TEATER, PRAKTIESE BEGRIPPE,
                     INHOUD EN VAARDIGHEDE

Hierdie vraag is VERPLIGTEND.

VRAAG 8

Bestudeer BRON A hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON A

            Rituele opvoering                      Kulturele dansopvoering

Jou Dramatiese Kunste-klas is gevra om 'n werksessie te hou van 'n opvoering vir die
Erfenisdagvieringe by jou skool. Die tema van julle opvoering is 'My Identiteit'.

8.1      Beskryf aan jou vriende TWEE ooreenkomste tussen 'n rituele seremonie of
         opvoering waarvan jy weet, en 'n dramatiese opvoering.                                (4)

8.2      Verduidelik die term Werkswinkelteater.                                               (2)

8.3      Noem die stappe wat jou groep sal volg wanneer julle die werkswinkel van jou
         opvoering oor die tema 'My Identiteit' hou.                                           (6)

8.4      Identifiseer en verduidelik die uitdagings waarvoor jou groep te staan kan kom
         wanneer die opvoering by julle skool opgevoer word.                                   (6)

8.5      Noem die voordele daarvan om 'n werkswinkel van 'n produksie te hou.                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           17                          DBE/November 2015
                                           NSS

8.6      Na jou groep se opvoering by die Erfenisdagvieringe het julle die volgende
         kommentaar by julle Dramatiese Kunste-onderwyser gekry.

         Skryf 'n definisie vir ELK van die vetgedrukte terme. Skryf slegs die antwoord
         langs die vraagnommer (8.6.1–8.6.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         'n Uitstekende, lewendige produksie. Die (8.6.1) ensemble-werk was uit die
         boonste rakke. Die manier waarop julle daarin geslaag het om
         (8.6.2) Teater vir Identiteit te gebruik, was waarlik inspirerend. Ek het gehou
         van die manier waarop julle die (8.6.3) vierde muur afgebreek het om
         'n intieme akteur-gehoor-verhouding te skep. Daar was oomblikke van
         (8.6.4) Postmodernisme en (8.6.5) Eksistensialisme, wat werklik die kern
         weergee van wat dit beteken om 'n moderne tiener te wees wat aan ons
         kulturele erfenis aandag gee. (8.6.6) Veeldoelige rekwisiete is baie
         doeltreffend gebruik. My enigste raad aan die regisseur sal wees om jou
         akteurs op interessanter maniere te (8.6.7) blok en dat die akteurs dit moet
         oorweeg om vokale opwarmingsoefeninge te doen om (8.6.8) projeksie
         te verbeter.                                                                       (8)

8.7      Bespreek hoe teater in Suid-Afrika die radikale sosiopolitieke veranderinge
         weerspieël wat die land beleef het.

         Verwys na enige TWEE van die volgende in jou antwoord:

         •   Teaterpraktisyns (dramaturge/regisseurs/akteurs)
         •   Opvoerruimtes
         •   Toneelstukke
         •   Opvoerings                                                                     (10)
                                                                                            [40]

                                                                TOTAAL AFDELING D:          40
                                                                    GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Dramatic Arts Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2015-eng/7ce5d6e3-ce66-4c4c-a299-ff2f1827cd78) — Dramatic Arts · QP · 2015 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2015-memo-afr/32371f34-b15a-4923-af69-d87d5272dfa7) — Dramatic Arts · Memo · 2015 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2015-memo-eng/32460ef9-3ae3-4129-ae21-0bbadf84ffc1) — Dramatic Arts · Memo · 2015 · Eng
- [DRAMATIC ARTS QP GR12 SEPT 2015 ENG final](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-qp-gr12-sept-2015-eng-final/48287ca5-be8d-4f44-a139-4a721d1544de) — Dramatic Arts · QP · 2015 · Eng
- [DRAMATIC ARTS QP GR12 SEPT 2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-qp-gr12-sept-2015-afr/d85b8c2f-d38e-49bc-aeb2-d6d3dfe91159) — Dramatic Arts · QP · 2015 · Afr
- [Dramatic Arts Feb Mar 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-mar-2015-eng/9df471f2-5965-4d4b-be5b-1318890d6bf3) — Dramatic Arts · QP · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-mg-eng/1ca47d26-a583-48d4-b7e6-350802a91a45) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/0c5cf551-3515-4f88-aed5-2e27892a9058) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/e81f2ce2-7475-4158-a9c0-2ee9e0139852) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/295292ad-642f-4171-ae1e-c2dd59f80f5a) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-english/75e178c5-f96e-43f8-8078-84ce1d3d0082) — Memo · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
