# Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2015 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Dramatic Arts memorandum from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 36 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2015-memo-afr/32371f34-b15a-4923-af69-d87d5272dfa7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 36

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2015 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2015-memo-afr/32371f34-b15a-4923-af69-d87d5272dfa7)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Memorandum, 36 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                              DRAMATIESE KUNSTE

                                 NOVEMBER 2015

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 150

                      Hierdie memorandum bestaan uit 36 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        2                         DBE/November 2015
                                 NSS – Memorandum

ALGEMENE NOTAS AAN DIE HOOFNASIENER

1.  Skryf kort opmerkings en gee redes waarom 'n punt opwaarts of afwaarts
    aangepas is indien die memorandum nie 'n duidelik riglyn gee nie en jy jou eie
    diskresie moet gebruik.
2. Maak duidelik merkies om aan te dui dat die leerpunt behaal is.
3. Raak aktief by die antwoord betrokke.
4. In gevalle waar 'n kandidaat meer as die voorgestelde aantal woorde geskryf het,
    moet nie penaliseer nie (bv. opstelvraag).
5. Die memorandumbesprekingsforum kan nie genoegsaam alle antwoorde
    voorspel nie. Provinsiale nasieners moet dit in ag neem en oop wees vir
    kandidate se antwoorde. Maak seker dat verskillende onderrigstyle nie die
    kandidaat benadeel nie.
6. Gebruik die eerste dag om die kwaliteit en kwantiteit van die bewyse in die
    memorandum te evalueer.
7. Standaardiseer die vereiste antwoorde en vind gemeenskaplike definisies en
    begrippe.
8. Maak seker dat die kandidate se antwoorde ooreenstem met die KABV-dokument
    se Breë Onderwerpe en Onderwerpe.
9. Hoofnasieners moet rubrieke met nasieners fasiliteer. Gebruik die
    vlakbeskrywings van Dramatiese Kunste om die nasienwerk te lei.
10. Hoofnasieners moet beplan en gereeld vergader om seker te maak dat
    nasienwerk gestandaardiseer is.
11. Woorde wat in vetdruk gegee word, is vir maklike verwysing gegee.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                       3                         DBE/November 2015
                                NSS – Memorandum

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
        AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings                     (30 punte)
        AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994               (40 punte)
        AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994 – Kontemporêr   (40 punte)
        AFDELING D: Die Geskiedenis van Teater, Praktiese Konsepte, Inhoud en
                       Vaardighede                                  (40 punte)
2.      AFDELING A
        VRAAG 1 is VERPLIGTEND.
        Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke
        20ste-eeuse Teaterbeweging.
        EPIESE TEATER
        • Caucasian Chalk Circle        Bertolt Brecht
        • Kaukasiese Krytsirkel         Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
        • Mother Courage                Bertolt Brecht
        • Moeder Courage                Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
        • The Good Person of Szechwan   Bertolt Brecht
        • Kanna Hy Kô Hystoe            Adam Small
                                         OF
        TEATER VAN DIE ABSURDE
        • Waiting for Godot             Samuel Beckett
        • Afspraak met Godot            Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks
        • Bagasie                       André P Brink
        • The Bald Primadonna           Eugene Ionesco
        • Die Kaalkop Primadonna        Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks
                                         OF
        POSTMODERNE TEATER
        • Skrapnel                      Willem Anker
        • Top Girls                     Carol Churchill
        • Popcorn                       Ben Elton
        • Buried Child                  Sam Shepard
3.      AFDELING B
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag uit
        hierdie afdeling.
        VRAAG 2: Woza Albert!            Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en
                                         Barney Simon, OF
        VRAAG 3: Sophiatown              Junction Avenue Theatre Company, OF
        VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis
4.      AFDELING C
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag uit
        hierdie afdeling.
        VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani, OF
        VRAAG 6: Groundswell             Ian Bruce, OF
        VRAAG 7: Mis                     Reza de Wet
5.      AFDELING D
        Hierdie afdeling bestaan uit EEN vraag. VRAAG 8 is VERPLIGTEND.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                  4                                       DBE/November 2015
                                           NSS – Memorandum

AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS

VRAAG 1

Die kandidaat moet hierdie vraag in die vorm van 'n opstel antwoord en die toneelteks
wat hy/sy bestudeer het, as voorbeeld gebruik: ÓF Teater van die Absurde ÓF Epiese
Teater ÓF Postmoderne Teater.

Nota aan nasieners: the volgende is slegs 'n gids van moontlike inhoud wat kanaidate
kan verskaf. Kandidate moet egter steeds in hulle antwoorde demonstreer dat die vraag,
aanhaling en die vier kolpunte ontleed, verstaan en in hulle opstel geïntegreer is.
BESKRYWER       PUNT                                            DIE KANDIDAAT
                            •   Het 'n duidelike begrip van die aanhaling en kan die toneelteks en teaterbeweging wat
                                hy/sy bestudeer het, met die aanhaling verbind
                24–30       •   Kan 'n argument konstrueer wat die waarheid van die aanhaling ondersteun en gebruik
                                konkrete, spesifieke voorbeelde uit die beweging en toneelteks
                            •   Bespreek vier van die items in die kollys; kies gepaste punte uit die kollys wat verband
  Uitstekend    80-100
                                hou met die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het
                            •   Fokus op die verskillende doele van teater en bespreek duidelik hoe die toneelteks wat
                     A          bestudeer is, 'n voorbeeld van 'n sekere motivering is
                            •   Bron, antwoord en inhoud aanwending asook denkprosesse toon buitengewone insig
                                en is uitstekend
                            •   Verstaan die aanhaling en kan die toneelteks en teaterbeweging wat hy/sy bestudeer
                21–23           het, met die aanhaling verbind
                            •   Konstrueer 'n argument wat die waarheid van die aanhaling ondersteun en gebruik
  Baie goed         70-79       voorbeelde uit die beweging en toneelteks
                            •   Bespreek vier van die punte in die kollys en kies gepaste punte uit die kollys wat
                     B          verband hou met die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het
                            •   Bron, antwoord en inhoud aanwending asook denkprosesse is goed gemotiveerd
                            •   Verwys na die aanhaling en kan die toneelteks en teaterbeweging wat hy/sy bestudeer
                18–20           het, met die aanhaling verbind
                            •   Probeer om die waarheid van die aanhaling te ondersteun; gebruik voorbeelde uit die
  Voldoende         60-69       beweging en toneelteks
                            •   Bespreek vier van die punte in die kollys en kies gepaste punte uit die kollys wat
                     C          verband hou met die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het
                            •   Bron en gememoriseerde inhoud is voldoende gemotiveerd
                            •   Kan direk na die aanhaling verwys, maar is meer geneig om 'n verband af te lei.
                15–17       •   Bespreek die toneelteks en teaterbeweging
                            •   Probeer om die beweging en toneelteks te verbind
 Bevredigend        50-59   •   Bespreek sommige van die punte in die kollys, en kies sommige punte uit die kollys
                                wat verband hou met die toneelteks en beweging wat hy/sy bestudeer het
                     D      •   Dek meer punte uit die kollys, maar op 'n oppervlakkige wyse
                            •   Bron en gememoriseerde inhoud is onvoldoende gemotiveerd
                            •   Lei 'n verband met die aanhaling af, eerder as om dit direk te noem
                            •   Verduidelik die toneelteks en teaterbeweging
                12–14       •   Slaag daarin om sommige voorbeeld(e) van dramateoretici/-praktisyns, toneelstukke of
                                tekste te gee, maar kan dit dikwels nie met die aanhaling verbind nie
  Gemiddeld         40-49   •   Gee sommige basiese beskrywings van punte in die kollys maar kan nie die
                                teaterbeweging, toneelteks en aanhaling betekenisvol verbind nie
                     E      •   Maak oor die algemeen breë stellings wat verband hou met vier of meer van die punte
                                in die kollys
                            •   Gememoriseerde/inhoud-antwoord is minimaal
                            •   Is geneig om die aanhaling te ignoreer en bring dit per ongeluk in verband, eerder as
                                doelbewus
                10–11       •   Hy/Sy beskryf die toneelteks en teaterbeweging
                            •   Gee voorbeeld(e) van dramateoretici/-praktisyns, toneelstukke of tekste, maar kan dit
                                gewoonlik nie met die aanhaling verbind nie
  Elementêr         30-39
                            •   Gee sommige beskrywings van punte in die kollys, maar kan nie die teaterbeweging,
                                toneelteks en aanhaling betekenisvol verbind nie
                     F      •   Maak oor die algemeen stellings wat met vier of meer van die punte in die kollys
                                verband hou en fokus dikwels in sy/haar antwoord op die intrige
                            •   Gememoriseerde/inhoud-antwoord is onvoeldoende

Kopiereg voorbehou                                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                               5                            DBE/November 2015
                                        NSS – Memorandum

                           •   Ignoreer die vraag
                    0–9    •   Gee sommige beskrywings van die punte in die kollys, maar kan nie die
    Swak            0-29       teaterbeweging, toneelteks en aanhaling verbind nie
                           •   Maak stellings wat na sommige van die punte in die kollys verwys
                     G
                           •   Gememoriseerde/inhoud-antwoord is swak

Die volgende is slegs 'n voorbeeld:
EPIESE TEATER

•   Bertold Brecht se idees kom van jare se eksperimente en praktiese ervaring met die
    teater, akteurs en verskeie regisseurs.
•   Die basiese konsepte waarop sy teorie gebaseer is, het teen die einde van die 1920's
    volwassenheid bereik, maar dit was eers in 1930 dat hy die idee van 'n epiese teater
    beklemtoon het.
•   Sy doel was om die gehoor (emosioneel) te distansieer, om hulle in staat te stel om
    die wêreld waarin hulle leef, duideliker te sien.
•   Distansiëring veroorsaak dat die gehoor duideliker sien, eerder as om hulle
    oortuigings as vanselfsprekend te beskou.
•   Die term 'epies' kan misleidend wees. Brecht wou 'n duidelike onderskeid tref tussen
    wat hy as 'n teater van illusie beskou het en 'Dramatiese Teater' genoem het, en sy
    Epiese Teater.
•   Brecht was dus hewig gekant teen die idee van skynvertoon, wat 'n tipiese kenmerk
    van Realisme was.
•   Hy het beweer dat die 'ou teater' (Realisme) sy waarde verloor het omdat dit die rol
    van die kyker so ver ondermyn het dat hy/sy niks meer as 'n passiewe toeskouer was
    nie.
•   Hy wou hê dat sy toeskouers wakker moes wees en die teater verlaat met die besef
    dat hulle die probleme wat in die toneelstuk aangeraak is, moet oorweeg en iets aan
    hierdie probleme in die werklike lewe moet doen.
•   Brecht se hoofdoel wat om die 'illusie' of die 'spieël na die werklikheid' ('slice of life') te
    verwyder wat deur Realisme uitgebeeld en aangebied is.
•   Hy het verskeie tegnieke gebruik om dit te doen, wat almal direk daarop gemik is om
    die gehoor se aandag te vestig op die feit dat hulle in 'n teater is, eerder as om hulle
    na 'n kammaland van fantasie weg te voer.
•   Brecht wou sy gehoor bewus maak van die verskil tussen dit wat hulle op die verhoog
    sien en die werklikheid.
•   Verder wou hy hê dat hulle die toneelstuk as direkte kommentaar op die lewe sien wat
    bedoel is om op 'n kritiese wyse beskou en beoordeel te word.
•   Brecht was egter nooit teen die idee van die teater as 'n bron van genot gekant nie. Hy
    het eerder gevoel dat genot ook geput kan word uit produktiewe deelname, sodat dit
    wat gesien word nie alleenlik beoordeel word nie, maar op omstandighede buite die
    teater toegepas kan word.
•   Dit sou volgens Brecht egter nie moontlik wees tensy die toeskouer van die gebeure in
    die toneelstuk vervreem word nie.
•   Hierdie tegniek, wat ook die 'verfremdungseffekt' of vervreemding genoem word, is
    ontwerp om die gehoor van die aksie op die verhoog te distansieer en om te verseker
    dat hulle empatie verbreek word, sodat hulle krities sal bly oor die gebeure waarna
    hulle kyk.
•   Om die idee te illustreer: die doel van musiek moet byvoorbeeld nie slegs wees om die
    betekenis van woorde te versterk nie, maar moet betekenisvolle kommentaar op die
    aksie wees.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           6                          DBE/November 2015
                                    NSS – Memorandum

•   'n Voorbeeld hiervan verskyn in Moeder Courage waar die ironies bitter woorde van 'n
    liedjie wat oor die karakter se geleidelike morele agteruitgang handel, doelbewus in 'n
    soet, sorgelose melodie getoonset is.
•   Die onversoenbaarheid van die melodie en die woorde noop die gehoor om oor die
    ware betekenis van die liedjie na te dink.

•   Kaukasiese Krytsirkel en Moeder Courage het liedjies tussen die tonele wat dikwels
    vertel wat gaan gebeur voordat dit gebeur (dit verwyder dus die emosionele
    betrokkenheid van spanning en afwagting) – dit lewer direk kommentaar op die aksie
    en die verbinde tonele.
•   Die vervreemding bied dus stof tot nadenke.
•   Anders as in Realisme, was Brecht se verhoogruimte nie spesifiek nie, die geskilderde
    agtergronde was eerder suggestief as voorstellend, bv. steiers, draaiende verhoë,
    sigbare pype en bedrading wat deur skerp, wit ligte belig is met toneel- en
    stelwisselinge wat voor die gehoor plaasgevind het.
•   Stelle was eenvoudig en simbolies, bv. 'n teken kon 'n hotel voorstel, 'n stuk blou lap
    kon 'n rivier wees. Musikante was sigbaar en kon op die verhoog bly sit as hulle nie
    deel van die aksie was nie. Die didaktiese aard van die toneelstuk is versterk deur die
    gebruik van skyfieprojektors en tegniese toerusting.
•   Deur vervreemding poog die dramaturg dus om alles in 'n vars en onbekende lig te
    wys sodat die gehoor gedwing word om krities te kyk na wat hulle (die gehoor)
    voorheen as vanselfsprekend aanvaar het. Brecht se teorieë oor die teater was baie
    anders as die Realiste s'n.
•   Een so 'n teorie is gebaseer op die idee dat die teater die aksies wat uitgebeeld word,
    'vreemd' moet maak eerder as om aktuele, hedendaagse kwessies op 'n realistiese
    manier uit te beeld.
•   Historifikasie, wat verwys na die gebruik van materiaal wat uit ander tye en plekke
    geneem is, was een manier om vervreemding te behaal, maar in teenstelling met die
    meer aanvaarde, tradisionele teaterpraktyke wat historiese inhoud op 'n kontemporêre
    manier uitbeeld, het Brecht beweer dat die dramaturg die 'oudheid' van die gebeure
    moet beklemtoon deur dit van die hede te skei.
•   Dit was volgens hom die dramaturg se plig om die toeskouer aan te moedig om te dink
    dat, indien hy/sy dieselfde toestande moes beleef as wat in die toneelstuk uitgebeeld
    word, hy/sy op 'n ander manier sou optree as gevolg van die lesse wat uit die
    toneelstuk geleer is.
•   Die toeskouer sou dan oorweeg wat hy of sy sou doen om 'n positiewe verskil te
    maak. Met die wete dat verandering wel moontlik is, moet die gehoor dan geïnspireer
    word om soortgelyke, waardevolle sosiale verbeteringe aan die huidige stand van
    sake aan te bring
•   Volgens Brecht moet die grootste effek van teater buite die teater plaasvind. Deur die
    toeskouer aan te moedig om sosiale hervorming in sy/haar gemeenskap of omgewing
    in te stel, voorkom 'n toneelstuk dat dit passiewe gedrag aanmoedig en kan dit 'n
    belangriker en nuttiger rol in mense se lewens speel.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          7                           DBE/November 2015
                                   NSS – Memorandum

TEATER VAN DIE ABSURDE
• Teater van die Absurde, soos dit heel gepas deur Martin Esslin in 1961 benoem is,
  gee vir die gehoor 'n eksistensialistiese blik op die buitewêreld en forseer die gehoor
  om hulle eie betekenis te bevraagteken in 'n wêreld waar daar skynbaar geen ware
  orde of betekenis is nie.
• Die onderliggende oortuiging van hierdie filosofie is dat niks 'n definitiewe, spesifieke
  of herkenbare bestaan het nie.
• Dit is eerder gegrond op die idee dat mense is wat hulle van hulself maak; hulle word
  gevorm deur hulle aksies en die keuses wat hulle deur hulle lewens maak.

Karakters
• Volgens die eksistensialiste bestaan karakters bloot in 'n droewige stand van sake
   eerder as om vaste karakters te wees. Mense is self ook niks nie. Mense, bewus van
   hulle menslike toestand, bestaan in 'n droewige wêreld sonder betekenis.
• Hulle is dus verlore, deurmekaar en al hulle aksies is dan waardeloos, sinloos,
   vergeefs en selfs absurd.
• Dramaturge soos Beckett en Ionesco het hierdie pessimistiese uitkyk op die mens se
   sukkelende bestaan gedeel.
• Absurdiste is dus gemoeid met die mens se soeke na betekenis en hulle pogings om
   sin te maak van hulle sinnelose posisie en om hulle hopelose situasie te aanvaar.
• Ons vind dus dat absurde drama 'n omgewing skep waar mense geïsoleer word.
• Hulle is naragtige karakters wat deur die lewe strompel omdat hulle nie weet wat
   anders om te doen nie.
• Die karakters bly dikwels bymekaar bloot omdat hulle te bang is om in so 'n
   onverstaanbare wêreld alleen te wees, bv. Estragon en Vladimir in Afspraak met
   Godot.
• Anders as realisme waar die karakters goed afgerond, vol ontwikkel en sielkundig
   oortuigend is, het die karakters in die Teater van die Absurde nie identiteit nie en is
   hulle vervelig, oninteressant en sonder diepte.
• Eerder as om goeie eienskappe te hê, is die karakters vol foute en omdat hulle nie
   goed afgerond is nie, bly hulle staties en toon geen ontwikkeling nie.
• Hulle kom afstootlik, pateties, miserabel en onbevoeg voor. Hulle is emosioneel leeg
   en is verteenwoordigers van die menslike toestand soos dit deur die Teater van die
   Absurde gedefinieer word.
• Die karakters is Absurde toneelstukke verteenwoordig die mensdom, eerder as om 'n
   poging te wees om 'n 'werklike' persoon op die verhoog te skep.
• Hulle eienskappe word oordryf en die situasies waarin hulle hulself bevind, word meer
   intens gemaak. Hulle het geen verlede nie en ons word geen aanduiding gegee van
   wat die toekoms mag inhou nie.
• Absurde dramaturge gebruik karakters om hulle standpunt oor die menslike toestand
   uit te beeld.
• Beckett se karakters toon 'n onderlinge afhanklikheid terwyl Ionesco se karakters as
   'sosiale marjonette' beskryf kan word.
• Die karakters word dikwels in pare of groepe voorgestel, soos die dubbel handelinge
   van Vaudeville of musieksaalkomediante.
• Absurde karakters verskyn dikwels in pare en stel 'n eenheid of aspekte van dieselfde
   persoon voor en is dus spieëlbeelde van mekaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         8                         DBE/November 2015
                                  NSS – Memorandum

•   Die boemelaars in Afspraak met Godot is van mekaar afhanklik vir vertroosting,
    ondersteuning en bowenal betekenis. Hulle het mekaar nodig om te voorkom dat hulle
    eensame en betekenislose lewens lei. Hulle voel genoodsaak om mekaar te verlaat
    maar ook terselfdertyd om bymekaar te bly. Hulle oorweeg dit om van mekaar af weg
    te gaan, maar doen dit nooit nie en hulle onvermoë om mekaar te verlaat is nog 'n
    aanduiding van die onsekerheid en frustrasie wat hulle voel terwyl hulle op 'n
    verduideliking vir hulle bestaan wag.
•   As 'n gehoor kan ons net toekyk terwyl hulle dieselfde dinge doen en luister terwyl
    hulle dieselfde dinge sê en die feit aanvaar dat Godot dalk sal kom, of dalk nie.
•   Soos hulle is ons vasgevang in 'n wêreld waar ons aksies ons oorlewing bepaal.

Taal en dialoog
• 'n Ander belangrike idee was dat mense nie bevoegde kommunikeerders is nie en
   doelbewus met mekaar skoor soek deur hulle dialoog om sodoende betekenis aan 'n
   betekenislose wêreld te gee.
• Taal dien dus as 'n versperring teen kommunikasie, wat die individu dan verder isoleer
   en spraak selfs meer nutteloos maak.
• Beckett bevraagteken die waarde van taal en glo dat taal die vermoë om te
   kommunikeer, verloor het.
• Ionesco wys dat pogings tot kommunikasie dikwels van clichés na betekenislose
   lettergrepe 'disintegreer'.
• In ooreenkoms met die eksistensialistiese idee dat mense geïsoleerd voel in 'n wrede
   wêreld, fokus Absurde dramaturge dikwels op die onvermoë van taal om die gaping
   tussen die karakters te oorbrug.
• Taal is onpersoonlik, outomaties en betekenisloos. Kommunikasie tussen karakters
   kan min wees, of karakters kan oor mekaar praat sonder om mekaar regtig te
   beïnvloed. Taal se funksie is dan om die onverwagte, die bisarre en die absurde voor
   te stel.
• Die volgende is voorbeelde van hoe taal in Absurde toneelstukke gebruik kan word:
• Stilte is net so doeltreffend as kommunikasiemiddel as wat die gesproke woord is,
   byvoorbeeld in Afspraak met Godot waar daar lang pouses en stiltes is waarin niks
   gebeur nie.
• Daar is betekenislose gesprekke en oppervlakkige kommentaar 'uit gewoonte' wat
   karakters dikwels uiter. Taal kan beskou word as 'n blote ontsnapping uit die
   verveligheid van die lewe of omdat die stilte onuithoudbaar word.
• Nuwe woorde word geskep om mense se pogings om met mekaar te kommunikeer,
   uit te beeld. Maar die poging slaag nooit nie.
• Banale alledaagse gesprekke word vermeng met literêre taal, dubbele betekenisse,
   clichés, sleng en herhalings saam met poëtiese taal.
• 'n Herhalende dialoogstyl word gebruik om die sikliese aard van die lewe te beklemtoon.
Temas wat algemeen in Teater van die Absurde-toneeltekste voorkom, ontbloot:
• Die ervaring van tydelikheid en verganklikheid (tyd)
• Die gevoel van die tragiese gesukkel om van mens se eie self bewus te word in die
   genadelose proses van vernuwing en vernietiging wat met verloop van tyd plaasvind
   (tyd).
• Die moeilike kommunikasie tussen mense (taal)
• Die nimmereindigende soeke na realiteit in 'n wêreld waarin alles onseker is en die
   grense tussen drome en wakker wees heeltyd skuif.
• Die tragiese aard van alle liefdesverhoudings en die selfmisleiding van vriendskap.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          9                          DBE/November 2015
                                   NSS – Memorandum

•   Die mens se angs voor totale betekenisloosheid en totale vormloosheid van die
    heelal en al die gebeure waaruit dit bestaan.
•   Die mens is alleen, verlore in 'n wêreld waarin God hom verlaat het.
•   Wetenskap en rede is net illusies, die natuur het wraak geneem.

POSTMODERNISME
• Dit is nie 'n genre wat op 'n sekere tydstip begin het nie
• Dit is 'n beweging wat in die middel-1980's ontstaan het.
• Ontwikkel uit die Absurde oogpunt.
• Verwerp die sekerheid van die Moderne Era.
• Bevat geen Groot Narratief of enkele waarheid waardeur die wêreld beskou kan word
  nie.
• Verwerp die idee dat daar 'n dominante stel oortuigings of 'n netjiese oplossing is.
• 'Vernietig' die 'waarheid'.
• Verwelkom veelvuldige oogpunte, perspektiewe, realiteite
• Sluit in: Kuns, teater, argitektuur, musiek, films, literatuur, mode, TV en ander vorms
  van uitdrukking
• Leen uit 'n reeks verskillende style
• Verwerp die idee van 'Hoë Kuns' en 'Lae Kuns'
• Verwelkom Avant Garde-(toekomsgerigte denke/aktivistiese) eksperimentele teater
• Skryf nie 'n 'suiwerheid' in kuns voor nie
• Is teen Hoë Kuns gekant
• Bevat nie 'n vaste manier om kuns te skep nie
• Beweeg in die rigting van 'n meer subjektiewe opinie
• Beweer dat kultuur aan elke persoon behoort
• Dekonstrueer ('n manier om idees uitmekaar te haal en weer op 'n nuwe,
  onderbreekte en deurmekaar manier aangemekaar te las) idees, beelde en
  konstrukte/konsepte
• Weerspreek idees, beelde en konstrukte/konsepte
• Skryf nie 'n betekenis, standpunt of perspektief voor nie
• Beweer dat elke individuele kyker sy/haar eie unieke betekenis skep
• Weerspieël en vier die mal en chaotiese leefwyse in 'n Populêre kultuur.
• Geniet nonsenskuns, -idees, -konstrukte/-konsepte en -teorieë
• Sien ironie en humor
• Beklemtoon HOE dinge gesien word, eerder as WAT gesien word
• Gebruik pastiche:
      o Tegniek in Visuele Kuns waar verskillende beelde, mediavorms ens.
           saamgeflans word om een stuk te vorm
      o Verwysings en lae verskillende tekste en beelde
• Metateater/-teks:
      o Herinner die kyker daaraan dat hulle in die teater is
      o Bevat karakters wat uit karakter kan tree en met die gehoor kommunikeer
      o Dit is die kunswerk wat oor homself besin
• Stories/Verhale is:
      o Nielineêr in hulle konstruksie
      o Refleksief
      o Op die periferie, selfs onbelangrik
      o Teorieë of idees
      o Gebroke
      o Oorvleuel met baie standpunte en kontrasterende stemme

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         10                         DBE/November 2015
                                   NSS – Memorandum

•   Opvoerings is:
       o Die hooffokus
       o Die hoofproses
       o Nie as 'n teks vasgelê nie, omdat dit uit beelde, klanke en multimedia bestaan
       o Het geen skuldige party nie – niemand is skuldig nie
•   Repetisieprosesse is:
       o Geïmproviseer
       o Verander
       o Hersien
       o Op datum gebring
       o Verander deur herhaalde opvoering
•   Die gehoor:
       o Is baie belangrik
       o Speel 'n rol
       o Word dikwels by die dialoog betrek
•   Toneeltekste:
    • Het nie 'n duidelike begin, middel of einde nie
    • Maak die teks net die beginpunt
    • Het onbeantwoorde vrae
•   Tekste (visueel, gehoor, die menslike liggaam, ens.)
    • Kyk na temas of teatertegnieke/-middele
    • Laat die toneelstuk se einde oop
    • Verwelkom die idee dat die gehoor hul eie betekenis skep
    • Vra meer vrae as wat dit beantwoord
    • Bevat visuele beelde en nie-gesproke aksies
    • Dekonstrueer 'n waarheid en aanvaar nie net een realiteit nie
    • Gebruik tyd, ruimte en struktuur om die struktuur van die gedekonstrueerde of
       gefragmenteerde storie of intrige te eggo
    • Het nie noodwendig werklike mense nie
    • Karakters en mense is bloot 'n voorstelling van gefragmenteerde idees
    • Begin dikwels op 'n realistiese punt, maar ontrafel en die aksie word onwerklik
       soos wat die toneelstuk ontwikkel

                                                              TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         11                         DBE/November 2015
                                   NSS – Memorandum

AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994

VRAAG 2:      WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
              BARNEY SIMON

2.1      •   Fisiese beweging
         •   Soepelheid en uitdrukkingsvermoë
         •   Vermoë om te dans
         •   Vermoë om sinvol as 'n paar te werk
         •   Improvisasievaardighede
         •   Toneelspelvaardighede
         •   Vermoë om baie rolle te speel
         •   Skep saam visuele beelde
         •   Verbeelding om die wêreld van die toneelstuk op 'n amper leë verhoog te
             skep
         •   Skerp denke en liggaam om dit te kan doen
         •   Fokus en konsentrasie
         Aanvaar enige VIER toepaslike vaardighede.                                           (4)

2.2      •   Die akteur moet die bron van sy/haar kreatiwiteit gebruik om die
             toneelstuk se verskillende karakters te kan speel. Om byvoorbeeld van die
             karakter Baas Kom, wat outoritêr is, na Bobbejaan, wat onderdanig is, te
             verander, wat vokale verskeidenheid vereis.
         •   Vind 'n eerlike vokale vertolking deur die gebruik van pouses, tempo en
             klem.
         •   Beeld 'n verskeidenheid karakters uit met verskille in ouderdom, geslag,
             aksent en emosionele toestand.

         Aanvaar enige twee stellings wat 'n begrip van die vokale eise op 'n akteur
         demonstreer, of vier eenvoudige stellings.                                           (4)

2.3      •   Beskryf 'n improvisasie-oefening wat die akteurs met karakterisering kan
             help.
         •   Motiveer die gebruik van die oefening om met karakterisering te help.            (4)

2.4      •   Lokaal/Plek: Kies enige gepaste lokaal/plek by die skool
         •   Kostuums: sweetpakbroeke met kaal bolywe/nar-neuse
         •   Stel: 2 teekratte/bokse en 'n klererak met 'n oorjas vir Baas Kom en 'n
             stuk lap wat gebruik kan word as 'n sjaal vir Aunty Dudu en die
             haarkapper/barbier-winkeltoneel.

         1ste opsie: Kandidate moet na al DRIE punte verwys en motiveer.       (3 x 2)
         2de opsie: Kandidate kan een OF twee punte verwys – dieper kritiese denke
         moet weerspieel word met detaileerde logiese afleidings en verwysings.
         (2 x 3)

         Sien as 'n geheel na.
         Aanvaar enige ander geldige antwoorde.                                     (6)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             12                                DBE/November 2015
                                       NSS – Memorandum

2.5      •   Sien die antwoord as 'n geheel na.
         •   Gee 'n algehele punt vir 'n antwoord wat goed geïntegreer is en kennis,
             begrip en die toepassing van Gestroopte Teater-tegnieke weerspieël.
         •   Gebruik die rubriek op die volgende bladsy om die nasienwerk te lei.

BESKRYWER           PUNT                                   DIE KANDIDAAT
Uitstekend          7–8    •   Toon uitstekende begrip van Gestroopte Teater-tegnieke en daar is goeie
                               bewyse van die vermoë om dit op 'n produksie toe te pas ten opsigte van
                               die stel, verhoogplasing, toneelspel en die akteur-gehoor-verhouding
                           •   Verskaf goed gemotiveerde stellings
                           •   Gebruik relevante voorbeelde uit die toneelstuk om dit te ondersteun
                           •   Stel was gestroop, kan in enige lokaal opgevoer word, minimale rekwisiete
                               word benodig omdat een rekwisiet multifunksioneel is. Akteurs gebruik
                               liggaam en stem effektief om klanke te skep, sodat daar geen behoefte
                               aan ingewikkelde klank- en beligtingseffekte is nie
Goed                5–6    •   Toon goeie begrip van die gebruik van Gestroopte Teater-tegnieke ten
                               opsigte van stel, verhoogplasing, toneelspel en akteur-gehoor-verhouding
                           •   Pas tegnieke van Gestroopte Tater en die produksie toe
Gemiddeld           3–4    •   Toon basiese begrip van Gestroopte Teater-tegnieke
                           •   Maak min melding van toepassing van tegnieke van Gestroopte Teater in
                               die produksie ten opsigte van die stel, verhoogplasing, toneelspel en
                               akteur-gehoor-verhouding
Nie behaal nie      0–2    •   Toon 'n gebrek aan begrip van Gestroopte Teater-tegnieke
                           •   Maak breë stellings, waarvan baie glad nie met die vraag verband hou nie.
                           •   Skryf min of niks nie                                                       (8)

2.6      Gee punte vir enige vier geldige idees vir die advertering van die toneelstuk,
         bv.:
         • Facebook
         • Instagram
         • Koerante
         • Plakkate
         • Mondelings
         • Aankondiging/Opvoering van 'n toneel tydens saalbyeenkoms
         • Gemeenskapsradiostasie
         • Radio
         • TV
         • Strooibiljette
         • WhatsApp
         • Twitter
         • Snapchat
         Aanvaar enige VIER kreatiewe keuses wat innovering en 'n begrip van die
         advertering van 'n toneelstuk binne 'n skoolkonteks demonstreer.                                  (4)

2.7      Gee punte vir goed gemotiveerde antwoorde wat kritiese denke en kennis van
         gehore in Suid-Afrika demonstreer. Aanvaar enige standpunt – beide dat dit
         relevant is of dat dit nie vir hedendaagse gehore relevant is nie.
         Gebruik die volgende voorgestelde punte en rubriek om met die nasienwerk te
         help.
         Die toneelstuk net so relevant vir hedendaagse gehore as wat dit was toe dit die
         eerste keer opgevoer is. Alhoewel alle diskriminerende wette afgeskaf is en ons 'n
         uitstekende konstitusie het, bly armoede en werkstoestande vir baie werkers
         onveranderd en ons polisie is steeds skuldig aan brutaliteit.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            13                                DBE/November 2015
                                      NSS – Memorandum

         Armoede
         Baie mense bly steeds is uiterste armoede en in 2015 is daar steeds mense wat
         nie toegang tot water, behuising en sanitasiegeriewe het nie. Dit het in baie
         gebiede tot diensleweringsproteste gelei en het ook al tot xenofobiese aanvalle
         gelei, omdat mense gedwing word om skaars hulpbronne te deel. Ongelukkig
         wend baie mense hulle tot geweld om hul woede te uit te druk, soos gesien kan
         word in vandalisme, plundery en selfs moord op onskuldige mense.
         Polisiëring
         Daar is steeds 'n wantroue in die polisie met baie gemeenskappe wat die polisie
         openlik verontagsaam. Korrupsie in die polisiemag dra by tot mense se vrees en
         agterdog. In baie gevalle gebruik die polisie onnodige krag en brutaliteit, wat tot
         die dood van burgerlikes lei – bv. Marikana-slagting.
         Werkstoestande
         Baie mense word geforseer om vir min geld te werk as gevolg van 'n gebrek aan
         vaardighede en onderrig. Alhoewel om werkersunies namens werkers baklei en
         die basiese diensvoorwaardes verbeter het, sukkel baie nog as gevolg van die
         skaarste van werk.
         Verwys na die rubriek hieronder wanneer nagesien word:

         BESKRYWER        PUNT                               DIE KANDIDAAT
         Uitstekend        9–10   •   Toon uitstekende begrip van die toepaslikheid van die
                                      toneelstuk vir hedendaagse Suid-Afrikaanse gehore
                                  •   Dui aan hoe die toneel te alle tye op ons almal van toepassing
                                      is
                                  •   Verstaan die toepaslikheid van die toneelstuk se temas,
                                      boodskappe en opvoerstyl
                                  •   Gee argumente vir die toneelstuk se verlies van toepaslikheid
                                  •   Bied uitstekende redenering en verduidelik maniere waarop dit
                                      tot die gehoor se voordeel kan wees om na 'n opvoering te
                                      kyk, beide teatraal en sosiopolities
                                  •   Skryf 'n goed geïntegreerde antwoord met duidelike redenering
                                      en inligting oor die toneelstuk self
                                  •   Ondersteun sy/haar antwoord
                                  •   Verbind die sosiopolitieke omgewing van die toneelstuk
                                  •   Gebruik toepaslike voorbeelde uit die toneelstuk
         Baie goed         7–8    •   Toon 'n goeie begrip van die toneelstuk en die temas,
                                      boodskappe en opvoerstyl
                                  •   Gee redenasies en verduidelik sommige maniere waarop dit
                                      tot die gehoor se voordeel sal wees/nie sal wees nie om na 'n
                                      opvoering te kyk
                                  •   Ondersteun die antwoord deur voorbeelde uit die toneelstuk te
                                      gebruik.
         Gemiddeld         5–6    •   Verstaan die toneelstuk, en toon, al is dit met foute, redelike
                                      begrip van die temas, boodskappe en opvoerstyl
                                  •   Verwys soms na die toneelstuk en die toepaslikheid (of nie)
                                      daarvan
                                  •   Motiveer nie die antwoord duidelik nie
         Elementêr         3–4    •   Toon 'n swak begrip van die toneelstuk
                                  •   Kan nie temas, boodskappe of style met die toneelstuk se
                                      hedendaagse toepaslikheid verbind of motiveer nie.
                                  •   Maak breë stellings, waarvan baie nie duidelik met die vraag
                                      verbind word nie
         Nie behaal nie    0–2    •   Geen begrip van die toneelstuk of sy temas, boodskappe en
                                      opvoerstyl nie
                                  •   Maak soms onakkurate stellings oor die toneelstuk en gee min
                                      of geen redenering oor die toneelstuk se hedendaagse
                                      toepaslikheid nie
                                  •   Skryf min of niks nie                                              (10)
                                                                                                         [40]
Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          14                           DBE/November 2015
                                    NSS – Memorandum

VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY
3.1   Mamariti:
      • Is 'n sjebeeneienares en verhuur haar huis om haar inkomste uit die sjebeen
        aan te vul
      • Verteenwoordig huiseienaars wat hulle huurders uitbuit deur te veel vir die
        leefruimte te vra, selfs wanneer huurders geforseer is om kamers te deel.
      • Bedryf haar sjebeen onwettig, omdat sy sorghumbier verkoop en haar drank
        moet wegsteek as die polisie opdaag
      • Is 'n ma, nie net vir Lulu en Mingus nie, maar sy is ook 'n moederfiguur vir haar
        huurders. Al die huurders noem haar Mama
      • Is ongeletterd, maar wil hê dat haar dogter, Lulu, ten alle koste onderrig moet
        word, selfs al voel Lulu dat die onderrig wat sy ontvang minderwaardig is
      • Is die hoof van die huishouding en sy is in beheer van besluite wat in haar huis
        geneem word
      • Is 'n baie sterk vrou en verteenwoordig al die vroue wat hulle kinders en
        huishoudings alleen moes ondersteun
      • Bedryf die sjebeen ten spyte van konstante klopjagte deur die polisie, wat haar
        taaiheid en vasberadenheid toon om 'n beter lewe vir haar kinders te skep
       Aanvaar enige drie geldige en goed gemotiveerde stellings.                                (6)
3.2      Hierdie antwoord is gegrond op die regisseur se benadering en standpunt:
        • Veranderinge in gedagtes en emosies word outentiek uitgebeeld deur die
           akteurs se aksies en reaksies teenoor mekaar – deur die gebruik van
           gesigsuitdrukking, gebare en vokale verskeidenheid (toon, tempo, volume
           ens.)
        • Die toneel is realisties en moet die illusie van 'n werklike gesprek weerspieël
        • Die regisseur moet die akteurs se begrip van die denke en emosies fasiliteer
           wat die karakters se verhouding op hierdie tydstip in die toneelstuk
           weerspieël en outentieke reaksies by die akteurs opwek, bv. as Mamariti se
           woede oor wit mense en Ruth se ongeduld met die verduideliking oor wat dit
           beteken om Joods te wees.
        • Die akteurs moet 'in die oomblik' leef en vokale en fisiese reaksies kan dus
           van die een opvoering tot die volgende verskil, maar dit moet altyd realisties
           en waar wees.
        • Stanislavski of enige ander teaterpraktisyn se metode kan verskaf word.
         Sien as 'n geheel na. Aanvaar enige ander geldige antwoorde wat die vokale
         en fisiese opvoering verbind met realisme en die regisseursproses wat die
         opvoering onderskryf. Kandidate moet beide vokale en fisiese reaksies
         bespreek om volpunte te verdien.                                                        (6)
3.3      Jakes is veeltalig, want:
         • Dit is nodig vir oorlewing; Sophiatown is 'n multikulturele township.
         • As 'n joernalis moes Jakes die verskillende tale ken om met die mense in
            hulle eie taal te kan kommunikeer en hul vertroue te kan wen.
         • Die plek is ook vol bendes uit verskillende kulturele agtergronde en hulle
            het hulle eie taal – Tsotsitaal – ontwikkel, wat 'n vermenging van die
            Afrikatale, Afrikaans en straatslêng is wat hulle gebruik om vir die polisie te
            skuil. Jakes, as 'n skrywer, moes dit weet, omdat hy met mense van
            verskillende bendes onderhoude gevoer het.
         Aanvaar een goed gemotiveerde stelling.                                                 (2)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         15                          DBE/November 2015
                                   NSS – Memorandum

3.4      Sophiatown, die plek:

         •   Was lewendig en multikultureel
         •   Was die tuiste van mense uit verskillende kulturele agtergronde en verskeie
             ouderdomsgroepe wat met mekaar oor die weg gekom het en wat gewillig
             was om oor ander kulture as hul eie te leer
         •   Het mense gehad wat verdraagsaam teenoor mekaar was
         •   Demonstreer die verskillende rassegroepe wat in harmonie saamwoon: wit
             Boheme, Indiese handelaars en Chinese, ensovoorts.

         Sophiatown, die toneelstuk:

         •   Mamariti wil graag meer van Ruth weet. Sy vra Ruth was 'n 'Jewish' is.
         •   Die konsep van identiteit word uitgelig.
         •   Ruth, wat wit en Joods en aanvanklik 'n vreemdeling in Sophiatown is, leer
             meer van die mense saam met wie sy bly. Sy leer byvoorbeeld Tsotsitaal.

         Beide 'Softown' die plek en die toneelstuk weerspieël 'n 'splinternuwe
         generasie' waar al die kulture ontmoet en mekaar leer ken in 'n andersins
         verdeelde Suid-Afrika.

         Aanvaar enige ander geldige en geskikte antwoorde. Kandidate kan na beide
         die toneel in Bron A en na die toneelstuk as 'n geheel verwys.

         Gee 3 punte vir plek en 3 punte vir toneelstuk.                                        (6)

3.5      Voeg by:
         • Die titel van die toneelstuk
         • Lokaal
         • Datums van opvoerings
         • Die regisseur
         • Name van akteurs
         • Kontakpersoon vir besprekings
         • Computicket
         • Webtickets

         Verwyder:
         • Naam van tydskrif
         • Spotprent
         • Opskrifte wat op die voorblad geskryf is
         • Prys
         • Datum

         Aanvaar enige VIER ander geskikte idees van kandidate.                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         16                          DBE/November 2015
                                   NSS – Memorandum

3.6      Gee punte vir goed gemotiveerde stellings wat 'n begrip van die styl en
         modes van die 1950's demonstreer.
         Mingus:
         • Hou daarvan om netjies aan te trek
         • Trek volgens die nuutste modeneigings van die 1950's aan
         • Vind inspirasie in die Amerikaanse films waarna hy kyk
         • Sien homself as een van die hoofsterre, soos Clark Gable, in die
            Amerikaanse films.
         Princess:
         • Trek soos haar naam aan
         • Hou daarvan om mooi aan te trek en om die nuutste modeneigings na te
             volg
         • Moet haar status as 'n Americans-bendelid se meisie behou
         • Laat toe dat Mingus vir haar sorg en haar 'net die beste' geskenke gee,
             bv. klere, parfuum en juwele
          Aanvaar ander goed gemotiveerde antwoorde.
          Gee 3 punte vir Mingus en 3 punte vir Princess.                                       (6)

3.7      Aanvaar ander goed gemotiveerde stellings oor die uitwerking van
         gedwonge verskuiwings op die mense van Sophiatown en hoe dit in die
         toneelstuk weergegee word.
         Die volgende is slegs 'n riglyn:
         •   Sophiatown die toneelteks is geskryf in die tydperk toe die
             Nasionalistiese regering aan bewind was.
         •   Dit gee 'n oorsig oor die apartheidsregering se brutale beleide, houdings
             en aksies teenoor mense wat nie wit is nie.
         •   Die apartheidsregering, en die mense wat die regering ondersteun het,
             het Sophiatown en sy mense gehaat.
         •   Sophiatown was waar mense in aanvaarding saamgewoon het en hulle
             verskillende rasse, godsdienste, kulture, ensovoorts gevier het.
         •   Die Nasionalistiese regering het geglo di is verkeerd en het bedreig
             gevoel deur die vryheid van die inwoners van Sophiatown.
         •   Die regering het besluit dat Sophiatown vernietig moet word.
         •   Die Hervestigingsraad het opdrag gegee dat die grondeienaars van
             Sophiatown hulle eiendomme moet verkoop.
         •   Die eienaars het geweier om dit te doen.
         •   In 1955 het die regering 'n datum vir uitsettings aangekondig
         •   Dit het die mense kwaad gemaak
         •   Hulle het op enkele plekke weerstand gebied
         •   Die regering het vier dae voor die datum wat hulle gegee het,
             toegeslaan.
         •   Die karakter Fahfee sê: 'Four days earlier they came and we weren't
             prepared. There were two thousand G-men lining the street'.
         •   Die regering wou brutaal wees en het besluit om die uitsettings vroeër as
             die aangekondigde datum te begin.
         •   Die regering wou die mense skok sodat hulle hulle nie teen die uitsetting
             sou verset nie.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            17                                DBE/November 2015
                                      NSS – Memorandum

         •     Swaargewapende polisie en die regerings se slopingspanne het in
               weerwraak en sonder waarskuwing in Sophiatown inbeweeg.
         •     Mense is deur gewapende polisie uit hulle huise gedwing.
         •     Stootskrapers het die huise begin sloop.
         •     Mense is nie kans gegun om hulle besittings op te pak nie.
         •     Hulle het nie tyd gehad om familie, bure en vriende te groet nie.
         •     Die skeppers gebruik die toneelteks Sophiatown om die pyn, lyding en
               angs te deel wat die mense gevoel het.
         •     Die tegniek wat gebruik word, is om deur die karakters te praat.
               Sommige voorbeelde is:
                  o Mamariti wat sê: “I'd rather die. Dump me anywhere, I'd rather
                      die.”
                  o Jakes wat sê: “This bitterness inside me wells up and chokes. We
                      lost, and Sophiatown is rubble.”

         Gebruik die rubriek hieronder as riglyn wanneer nagesien word:

         BESKRYWER        PUNT                             DIE KANDIDAAT
         Uitstekend       9–10   •   Toon deeglike kennis van die geskiedenis van Sophiatown,
                                     die toneelstuk en die plek
                                 •   Toon uitstekende kennis van die effekte van gedwonge
                                     verskuiwings op die mense van Sophiatown die plek en in die
                                     lewe van die toneelstuk, die intrige, karakters en aksie
                                 •   Skryf 'n goed geïntegreerde antwoord met duidelike
                                     redenasies en inligting oor die toneelstuk
                                 •   Ondersteun die antwoord en bring die sosiopolitieke
                                     omgewing van die toneel in verband deur sinvolle voorbeelde
                                     uit die toneelstuk te gebruik
         Goed             7–8    •   Toon deeglike kennis van die geskiedenis van Sophiatown,
                                     die toneelstuk en die plek
                                 •   Toon kennis van die rol van gedwonge verskuiwings op die
                                     lewens van die mense van Sophiatown en die lewe van die
                                     toneelstuk
                                 •   Skryf 'n duidelike antwoord en deeglike inligting oor die
                                     toneelstuk self
                                 •   Ondersteun die antwoord
                                 •   Gebruik gepaste voorbeelde uit die toneelstuk
         Gemiddeld        5–6    •   Toon 'n mate van begrip vir die geskiedenis van Sophiatown
                                 •   Antwoord het heelwat foute
                                 •   Verwys na die toneelstuk en die toepaslikheid daarvan, of nie
                                 •   Motiveer nie die antwoorde duidelik nie
         Elementêr        3–4    •   Toon min begrip vir die toneelstuk
                                 •   Maak breë stellings, waarvan baie nie duidelik met die vraag
                                     verband hou nie
         Nie     behaal   0–2    •   Toon geen begrip van die toneelstuk nie
         nie                     •   Maak onakkurate stellings oor die toneelstuk en die plek
                                 •   Skryf min of niks nie
                                                                                                         (10)
                                                                                                         [40]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        18                        DBE/November 2015
                                  NSS – Memorandum

VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS
4.1      A is Jakes
         B is Tiemie                                                                        (2)
4.2      •   Jakes en Tiemie is in 'n spanningsvolle, konflikgevulde, dominerende
             verhouding
         •   Jakes staan dreigend oor Tiemie
         •   Jakes gryp Tiemie se hare en trek haar kop agteroor
         •   Tiemie kniel weerloos by Jakes se voete
         •   Dit dui aan dat Jakes 'n aggressiewe boelie is wat Tiemie wil beheer
         •   Jakes wil haar besit asof sy sy besitting is
         •   Jakes forseer selfs vir Tiemie om met hom te trou en sy kind te hê
         Sien as 'n geheel na en gee punte vir enige goed gemotiveerde gedagtes
         • (1 x 4) vir vier basiese, korrekte antwoorde, of
         • (2 x 2) vir twee goed gemotiveerde punte                                         (4)
4.3      Kandidate kan na die bron verwys of die teks as geheel.

         Die realisme van die produksie word weergegee deur:
         Kostuum:
         • Die kostuums van die karakters is realisties in verhouding tot hulle
            persoonlikhede
         • Jakes dra 'n denimbroek en 'n T-hemp met afgesnyde mou en lyk soos 'n
            motorfietsryer wat almal om hom intimideer en boelie
         • Tiemie dra 'n eenvoudige, dog elegante rokkie en 'n serp
         • Tiemie probeer haar omstandighede verbeter deur modieus en op 'n meer
            gesofistikeerde manier aan te trek
         • Tiemie wil respek by haar werksplek verdien
         Stel:
         • Die produksie gebruik ook 'n realistiese stel
         • Venster en deure skep die agtergrond van 'n realistiese huis in die
            suburbs
         • 'n Stoel wat op die stoep staan, rek die illusie selfs verder

         Kandidate kan verwys na enige ander aspek van realisme.
         Sien as 'n geheel na. Gee punte vir goed gemotiveerde antwoorde wat beide
         kostuum en stel insluit.                                                           (6)
4.4      Kandidate kan na die bron verwys of die teks as geheel.

         Kandidate kan enige goed gemotiveerde klankeffekte voorstel, maar dit moet
         realisties wees en by beide die omgewing en die intrige pas:
         • Jakes se motorfiets dra by tot die realistiese effek van 'n tipiese
            voorstedelike omgewing. Dit dra ook by tot die idee dat Jakes kras,
            intimiderend en 'n boelie is
         • 'n Radio wat in die agtergrond speel skep die gevoel van 'n tipiese
            huishouding in die subsurbs met musiek en kommentaar wat 'n
            aanduiding is van die omgewing en van die tyd, plek en luim van die
            wêreld daarbuite op hierdie klimakspunt in die toneelstuk

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         19                           DBE/November 2015
                                   NSS – Memorandum

         • Rasende enjins en ander meganiese klanke terwyl Tjokkie aan sy motor
           werk ondersteun die opbou van dramatiese spanning in die toneel
         • Deure en hekke wat oop- en toemaak dui die kom en gaan van die mense,
           beide in die huis en die res van die 'suburb', aan en skep 'n groter wêreld
         • 'n Verskeidenheid ander tipies voorstedelike klanke: honde wat blaf,
           kinders wat speel, mense wat skree, ens. dra by tot die realistiese aard
           van die toneelstuk
         Aanvaar drie goed gemotiveerde punte.                                                   (6)

4.5.1    •   Tjokkie voel dat Tiemie haar geleentheid om uit die kloue van 'n lewe in
             die suburbs vermors het deur met Jakes se kind swanger te raak
         •   Sy sal nou met Jakes moet trou en geforseer word om soos Ma te word en
             in die suburbs vasgevang te wees                                                    (2)
4.5.2    •   Tjokkie dink Tiemie is beide mooi en intelligent
         •   Sy het al die nodige eienskappe om uit die suburbs te ontsnap waarin die
             res van hulle vasgevang is                                                          (2)
4.6      Hierdie antwoord is gegrond op die regisseur se benadering en standpunt:
         • Veranderinge in denke en emosies word effektief en eerlik deur die
            akteurs se aksies en reaksies op mekaar weerspieël, beide:
            • fisies (gesigsuitdrukking, gebare en beweging)
            • vokale (toon, tempo, volume ens.) verskeidenheid.
         • Die toneel is realisties en moet die illusie van 'n werklike gesprek
            weerspieël
         • Die regisseur moet die akteur se begrip van die denke en emosies
            fasiliteer wat in die akteurs se outentieke vokale en fisiese reaksies
            weerspieël word
         • Die akteur moet 'in die oomblik' leef en vokale en fisiese reaksies kan dus
            van een opvoering tot die volgende verskil, maar dit moet altyd realisties
            en waar wees
         • Stanislavski se metode kan by hierdie antwoord ingesluit word.
            o Magiese 'as'
            o Sirkels van aandag
            o Emosionele geheue, ens.
         Sien as 'n geheel na. Aanvaar enige ander geldige antwoord wat die vokale
         en fisiese opvoering verbind met realisme en die regisseursprosesse waarop
         die opvoering gegrond is. Kandidate moet beide vokale en fisiese reaksies
         bespreek om volpunte te kan verdien.                                                    (6)
4.7     •    Die herhaling beklemtoon Tiemie se begeerte om raakgesien te word en vir
             haar identiteit om erken te word
        •    Dit ondersteun haar siening dat mense in die suburbs nie erkenning vir
             hulle bestaan ontvang nie                                                           (2)
4.8      Gebruik die volgende voorgestelde punte en rubriek om met die nasienwerk
         te help.
        • Tiemie
             • Het by Jakes geslaap voordat sy met hom getroud was
             • Is in 'n romantiese verhouding, selfs al is sy nie lief vir hom nie
             • se Calvinistiese en Christelike geloofstelsel vereis dat 'n paartjie slegs
                gemeenskap mag hê nadat hulle getroud is
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Dramatic Arts Nov 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2015-memo-eng/32460ef9-3ae3-4129-ae21-0bbadf84ffc1) — Dramatic Arts · Memo · 2015 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2015-eng/7ce5d6e3-ce66-4c4c-a299-ff2f1827cd78) — Dramatic Arts · QP · 2015 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2015-afr/9977aca5-c5bf-4966-843e-71c496abd8e5) — Dramatic Arts · QP · 2015 · Afr
- [DRAMATIC ARTS MEMO GR12 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-memo-gr12-2015-eng/913ae65b-c91a-4c83-ad3b-c200b80e2052) — Dramatic Arts · Memo · 2015 · Eng
- [DRAMATIC ARTS MEMO GR12 2015 AFRIK](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-memo-gr12-2015-afrik/1c1a2d6f-a720-4e72-a241-9de305259eb5) — Dramatic Arts · Memo · 2015 · Afr
- [Dramatic Arts Feb Mar 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-feb-mar-2015-memo-eng/c5ffd24f-1b8f-4eab-ad2b-8f7c9efcb0fb) — Dramatic Arts · Memo · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-afr/b4a67589-411d-46bb-b333-65beeafd2138) — QP · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-afr/ee64452f-d716-4e2c-a4c0-eb6f240cdecb) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-eng/d7900b57-db36-4c03-9c8b-4da9102aed06) — QP · 2024 · Eng
- [Dramatic Arts May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/196a7629-8432-4e24-976d-ba79e198fc93) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/635df938-d2f8-4677-9753-430aa4581d96) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
