# Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Dramatic Arts question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2019-afr/f53267bd-a1a8-4add-95cd-485c7e25e2e2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2019-afr/f53267bd-a1a8-4add-95cd-485c7e25e2e2)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                              DRAMATIESE KUNSTE

                                 NOVEMBER 2019

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        2                          DBE/November 2019
                                        NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:
        AFDELING A: 20ste-eeuse Teaterbewegings                                    (30)
        AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994                              (40)
        AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994–Kontemporêr                    (40)
        AFDELING D: Teatergeskiedenis, Praktiese Begrippe, Inhoud en
                       Vaardighede                                                 (40)
2.      AFDELING A
        VRAAG 1 is VERPLIGTEND.
        Verwys na die toneelteks wat jy bestudeer het en die betrokke
        20ste-eeuse Teaterbeweging.
        EPIESE TEATER
         Caucasian Chalk Circle         Bertolt Brecht
         Kaukasiese Krytsirkel          Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
         Mother Courage                 Bertolt Brecht
         Moeder Courage                 Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
         The Good Person of Szechwan    Bertolt Brecht
         Kanna Hy Kô Hystoe             Adam Small
                                          OF
        TEATER VAN DIE ABSURDE
         Waiting for Godot              Samuel Beckett
         Afspraak met Godot             Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks
         Bagasie                        André P Brink
         The Bald Primadonna            Eugene Ionesco
         Die Kaalkop Primadonna         Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks
                                          OF
        POSTMODERNE TEATER
         Skrapnel                       Willem Anker
         Top Girls                      Carol Churchill
         Popcorn                        Ben Elton
         Buried Child                   Sam Shepard
3.      AFDELING B
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
        hierdie afdeling.
        VRAAG 2: Woza Albert!            Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en
                                         Barney Simon OF
        VRAAG 3: Sophiatown              Junction Avenue Teater Company OF
        VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis
4.      AFDELING C
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
        hierdie afdeling.
        VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani OF
        VRAAG 6: Groundswell             Ian Bruce OF
        VRAAG 7: Mis                     Reza de Wet
5.      AFDELING D
        Hierdie afdeling bestaan uit TWEE vrae (VRAAG 8 en VRAAG 9).
        Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                   3                         DBE/November 2019
                                                   NSS

AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS

Hierdie vraag is VERPLIGTEND.

VRAAG 1

Verwys na BRON A hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

BRON A

                                                         Wonderlike teater gee ons nie altyd
                                                              al die antwoorde nie.

                                                          Dit gee ons soms slegs die vrae.

      [Bron: https://www.vectorstock.com/royalty-free-
                     vector/vraag-mark-vector-972076]

Bespreek, in 'n opstel, hoe die stelling in BRON A in die toneelteks en die 20ste-eeuse
Teaterbeweging wat jy bestudeer het, ondersoek word, asook die relevansie daarvan
vir ons lewens in die 21ste eeu.

Verwys na die volgende in jou opstel:

   Voorbeelde van vrae wat deur die dramaturg in die toneelteks gevra word oor die
    sosiopolitieke konteks, die lewe en menslikheid
   Temas, karakters of taal in die toneelteks wat jou bespreking ondersteun
   Die 20ste-eeuse Teaterbeweging wat jy bestudeer het (Teater van die Absurde OF
    Epiese Teater OF Postmoderne Teater) en die vrae wat daardeur ontstaan het

Skryf die titel/naam van die toneelteks en die 20ste-eeuse Teaterbeweging wat jy
bestudeer het, aan die begin van jou opstel neer.

                                                                      TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           4                             DBE/November 2019
                                           NSS

AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994

Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.

VRAAG 2:      WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
              BARNEY SIMON

Bestudeer BRON B hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON B

Teater is 'n lewende, aktiewe, kollaboratiewe (samewerkende) kunsvorm. Vir my
beteken dit dat elke produksie anders is, hang af wie daaraan werk. Dit verander ook,
afhangend van die gehoor in die vertrek. Dit is wat teater kragtig en onvergeetlik maak.

                                                       [Bron: American Theatre, 22 Mei 2017]

Verbeel jou jy is 'n regisseur. Nadat jy die aanhaling in BRON B gelees het, is jy
geïnspireer om toneeluittreksels uit die toneelteks van Woza Albert! op te voer vir die
toneelfees van 'n plaaslike skool wat in Julie 2020 sal plaasvind.

2.1      Met verwysing na Woza Albert!, stel voor waarom teater as 'n 'kollaboratiewe
         (samewerkende) kunsvorm' beskou kan word.                                                (4)

2.2      Verduidelik waarom jy dink Woza Albert! 'n goeie keuse vir skole se
         toneelfees kan wees.                                                                     (4)

2.3      Noem en motiveer die toneelspelvaardighede wat jy van akteurs sal verwag
         wat vir die produksie oudisies doen.                                                     (6)

2.4      Fokus op EEN toneel in die toneelteks.

         Verduidelik aan die akteurs aan wie jy rolle in jou produksie toegeken het,
         wat die geskikte toneelspelstyl sal wees om die toneel wat jy gekies het,
         op te voer.                                                                              (4)

2.5      Evalueer hoe enige TWEE insidente in die toneelstuk verskillende reaksies
         kan uitlok, afhangend van verskillende gehore se ervaring.                               (8)

2.6      Stel aan die feesorganiseerders voor hoe die opvoerruimte kreatief gebruik
         kan word om die styl van die toneelstuk te beklemtoon.                                   (4)

2.7      Bespreek hoe jy die slot van die toneelstuk sal regisseer om 'n 'kragtig(e) en
         onvergeetlik(e)' oomblik vir die gehoor by die fees te skep. Noem spesifieke
         produksie- en opvoerelemente in jou antwoord.                                            (10)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           5                             DBE/November 2019
                                           NSS

VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY

Bestudeer BRON C hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON C

Teater is 'n lewende, aktiewe, kollaboratiewe (samewerkende) kunsvorm. Vir my
beteken dit dat elke produksie anders is, hang af wie daaraan werk. Dit verander ook,
afhangend van die gehoor in die vertrek. Dit is wat teater kragtig en onvergeetlik maak.

                                                       [Bron: American Theatre, 22 Mei 2017]

Verbeel jou jy is 'n regisseur. Nadat jy die aanhaling in BRON C gelees het, is jy
geïnspireer om toneeluittreksels uit die toneelteks van Sophiatown op te voer vir die
toneelfees van 'n plaaslike skool wat in Julie 2020 sal plaasvind.

3.1      Met verwysing na Sophiatown, stel voor waarom teater as 'n 'kollaboratiewe
         (samewerkende) kunsvorm' beskou kan word.                                                (4)

3.2      Verduidelik waarom jy dink Sophiatown 'n goeie keuse vir skole se toneelfees
         kan wees.                                                                                (4)

3.3      Noem en motiveer die toneelspelvaardighede wat jy van akteurs sal verwag
         wat vir die produksie oudisies doen.                                                     (6)

3.4      Fokus op EEN toneel in die toneelstuk.

         Verduidelik aan die akteurs aan wie jy rolle in jou produksie toegeken het,
         wat die geskikte toneelspelstyl sal wees om die toneel wat jy gekies het,
         op te voer.                                                                              (4)

3.5      Evalueer hoe enige TWEE insidente in die toneelstuk verskillende reaksies
         kan veroorsaak afhangend van verskillende gehore se ervaring.                            (8)

3.6      Stel aan die feesorganiseerders voor hoe die opvoerruimte kreatief gebruik
         kan word om die styl van die toneelstuk te beklemtoon.                                   (4)

3.7      Bespreek hoe jy die slot van die toneelstuk sal regisseer om 'n 'kragtig(e) en
         onvergeetlik(e)' oomblik vir die gehoor by die fees te skep. Noem spesifieke
         produksie- en opvoerelemente in jou antwoord.                                            (10)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                              6                          DBE/November 2019
                                              NSS

VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS

Bestudeer BRON D hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON D

Teater is 'n lewende, aktiewe, kollaboratiewe (samewerkende) kunsvorm. Vir my
beteken dit dat elke produksie anders is, hang af wie daaraan werk. Dit verander ook,
afhangend van die gehoor in die vertrek. Dit is wat teater kragtig en onvergeetlik maak.

                                                       [Bron: American Theatre, 22 Mei 2017]

Verbeel jou jy is 'n regisseur. Nadat jy die aanhaling in BRON D gelees het, is jy
geïnspireer om toneeluittreksels uit die toneelteks van Siener in die Suburbs op te voer
vir die toneelfees van 'n plaaslike skool wat in Julie 2020 sal plaasvind.

4.1      Met verwysing na Siener in die Suburbs, stel voor waarom teater as 'n
         'kollaboratiewe (samewerkende) kunsvorm' beskou kan word.                                (4)

4.2      Verduidelik waarom jy dink Siener in die Suburbs 'n goeie keuse vir skole se
         toneelfees kan wees.                                                                     (4)

4.3      Noem en motiveer die toneelspelvaardighede wat jy van akteurs sal verwag
         wat vir die produksie oudisies doen.                                                     (6)

4.4      Kies EEN toneel in die toneelstuk.

         Verduidelik aan die akteurs aan wie jy rolle in jou produksie toegeken het,
         wat die geskikte toneelspelstyl sal wees om die toneel wat jy gekies het,
         op te voer.                                                                              (4)

4.5      Evalueer hoe enige TWEE insidente in die toneelstuk verskillende reaksies
         kan veroorsaak afhangend van verskillende gehore se ervaring.                            (8)

4.6      Stel aan die feesorganiseerders voor hoe die opvoerruimte kreatief gebruik
         kan word om die styl van die toneelstuk te beklemtoon.                                   (4)

4.7      Bespreek hoe jy die slot van die toneelstuk sal regisseer om 'n 'kragtig(e) en
         onvergeetlik(e)' oomblik vir die gehoor by die fees te skep. Noem spesifieke
         produksie- en opvoerelemente in jou antwoord.                                            (10)
                                                                                                  [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:                40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           7                           DBE/November 2019
                                           NSS

AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994–KONTEMPORÊR

Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.

VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI

Bestudeer BRON E hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON E

  Nothing but the Truth
     deur John Kani
                                            Teaterprogram
           Sinopsis
 Nothing but the Truth
 speel af in 'n Suid-
 Afrikaanse township.
 Dit vertel die verhaal van
 Sipho en Thando wat
 wag vir die koms van die
 liggaam van Sipho se
 oorlede broer, Themba.
 Themba se dogter,
 Mandisa, daag op met
 haar vader se as. Die
 koms van die as verskaf
 'n katalisator vir die
 onthulling van geheime
 uit die verlede.
     Kommentaar deur                      Dramatis Personae & Rolverdeling
      die Rolverdeling
 'Dis 'n droom wat                           Sipho Makhaya – Alex Hadebe
 bewaarheid word om deel                   Thando Makhaya – Boipelo Tseou
 van hierdie spesiale                        Mandisa Mckay – Dorothy Aver
 produksie te wees. Saam
 met ons regisseur het                       Regisseur – Patricia Skosana
 ons probeer om die
 essensie van hierdie
 meesterstuk vas te vang.'                            Programnota
 – Alex                     Dit is 'n toneelstuk wat in die genre van Teater vir Versoening
 'Deur 'n ondersoek van die val. Dit is anders as Protesteater of Teater van die Stryd. Kani
 realistiese elemente glo   se teks is steeds relevant en die kwessies wat uitgelig word, is
 ons dat die opvoerings     steeds net so toepaslik soos wat dit meer as 'n dekade gelede
 waar en opreg is. Dankie was. Dit is teater wat die persoonlike saam met die politieke
 Stanislavski.' – Boipelo   weef om albei op 'n baie dieper en meer betekenisvolle vlak te
                            bring.
 'Realisme op sy beste.' –
 Dorothy

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           8                           DBE/November 2019
                                           NSS

Jou klas het onlangs 'n produksie van Nothing but the Truth by julle plaaslike teater
bygewoon. Jy het 'n kopie van die teaterprogram by BRON E ontvang.

5.1      Definieer die volgende terme wat in die program gebruik is:

             Sinopsis                                                                         (1)
             Rolverdeling                                                                     (1)
             Teks                                                                             (1)
             Regisseur                                                                        (1)

5.2      Verwys na die sinopsis in die programnota by BRON E.

         Motiveer of jy met die beskrywing van die Makhaya-familie as 'n 'familie in
         krisis' saamstem of nie.

         Verwys na die karakters in jou antwoord.                                              (6)

5.3      Stel voor waarom die toneelstuk as Realisme beskryf word met verwysing na
         die kostuums en onderwerpmateriaal.                                                   (6)

5.4      Verduidelik hoe enige van die akteurs in die rolverdeling VIER tegnieke van
         Stanislavski' se Sisteem/Metode kan gebruik om 'n opvoering te skep wat
         'waar en opreg' is.

         Verwys na voorbeelde of oomblikke in die toneelstuk om jou antwoord te
         motiveer.                                                                             (8)

5.5      Evalueer waarom die dekorstel en opvoerruimte wat in die prentjie op die
         program uitgebeeld word, vir 'n produksie van die toneelstuk geskik is.               (6)

5.6      Bespreek waarom Nothing but the Truth 'n doeltreffende titel vir die toneelstuk
         is. Verwys na gebeure en karakters in die teks.                                       (10)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           9                          DBE/November 2019
                                           NSS

VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE

Bestudeer BRON F hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON F

  Groundswell deur Ian Bruce

             Sinopsis
                                               Teaterprogram
 In 'n strandgastehuis aan die
 onreëlmatige kus van
 westelike Suid-Afrika, sweer
 twee mans saam om hulle
 enigste gas te oortuig om in
 hulle diamantmynskema te
 belê. Die drie mans bevind
 hulleself in 'n magstryd wat
 deur gierigheid en
 desperaatheid aangevuur
 word en sal enigiets doen om
 'n kans op 'n beter lewe te
 verseker.

        Kommentaar deur
         die Rolverdeling                    Dramatis Personae & Rolverdeling
 'Dis 'n droom wat bewaarheid
 word om deel van hierdie                          Thami – Kabu Ngwenya
 spesiale produksie te wees.                       Johan – Stefan Jordaan
 Saam met ons regisseur het                         Smith – Wilbur Lucas
 ons probeer om die essensie
 van hierdie meesterstuk vas te                  Regisseur – Sophia Rasmeni
 vang.' – Kabu
                                                         Programnota
 'Deur 'n ondersoek van die        Daar is nog geen antwoord op die vraag oor wie 'n
 realistiese elemente glo ons      Afrikaan is nie. Kan wit mense deur swart mense as
 dat die opvoerings waar en        Afrikane aanvaar word? Die nalatenskap van verdeling –
 opreg is. Dankie Stanislavski.'   kultureel, sosiaal, geografies, sielkundig – bly
 – Stefan                          voortbestaan. Dit wakker 'n vloedgolf van woede, verlies
                                   aan identiteit, hoop en vooroordeel aan wat aanhou om
 'Realisme op sy beste.' –         ons alledaagse omgang te versteur. Die teks bevat
 Wilbur                            magstryd en persoonlike konflik. Ten opsigte hiervan
                                   beoordeel Groundswell nie, dit sê dinge soos wat dit is.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           10                         DBE/November 2019
                                           NSS

Jou klas het onlangs 'n produksie van Groundswell by julle plaaslike teater bygewoon.
Jy het 'n kopie van die teaterprogram by BRON F ontvang.

6.1      Definieer die volgende terme wat in die program gebruik is:

             Sinopsis                                                                        (1)
             Rolverdeling                                                                    (1)
             Teks                                                                            (1)
             Regisseur                                                                       (1)

6.2      Verwys na die sinopsis in die programnota by BRON F.

         Motiveer of jy met die beskrywing van die 'drie mans bevind hulleself in 'n
         magstryd' saamstem of nie.

         Verwys na die karakters in jou antwoord.                                             (6)

6.3      Stel voor waarom die toneelstuk as Realisme beskryf word met verwysing na
         die kostuums en onderwerpmateriaal.                                                  (6)

6.4      Verduidelik hoe enige van die akteurs in die rolverdeling VIER tegnieke van
         Stanislavski' se Sisteem/Metode kan gebruik om 'n opvoering te skep wat
         'waar en opreg' is.

         Verwys na voorbeelde of oomblikke in die toneelstuk om jou antwoord te
         motiveer.                                                                            (8)

6.5      Evalueer waarom die dekorstel en opvoerruimte wat in die prentjie op die
         program uitgebeeld word, vir 'n produksie van die toneelstuk geskik is.              (6)

6.6      Bespreek waarom Groundswell 'n doeltreffende titel vir hierdie toneelstuk is.
         Verwys na karakters en gebeure in die teks                                           (10)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            11                         DBE/November 2019
                                            NSS

VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET

Bestudeer BRON G hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON G

      Mis deur Reza de Wet

             Sinopsis
                                                Teaterprogram
 Die magies-realistiese toneel-
 stuk, Mis, handel oor 'n dogter
 se ontsnapping aan haar
 wanfunksionele, landelike
 gesin. Dit plaas vroue wat
 vasgevang en bang is onder
 die soeklig en ondersoek hoe
 ver vrees hulle kan neem.

        Kommentaar deur
         die Rolverdeling
 'Dis 'n droom wat bewaarheid
 word om deel van hierdie
 spesiale produksie te wees.
                                             Dramatis Personae & Rolverdeling
 Saam met ons regisseur het
 ons probeer om die essensie
                                                  Miem – Karien van Jaarsveld
 van hierdie meesterstuk vas te
                                                    Meisie – Trienie du Toit
 vang.' – Karien
                                                    Gertie – Rushana Flank
                                                   Konstabel – Michael Slater
 'Deur 'n ondersoek van die
 realistiese elemente glo ons
                                                  Regisseur – Darren Noels
 dat die opvoerings waar en
 opreg is. Dankie Stanislavski.'
                                                         Programnota
 – Trienie
                                   Hierdie teks het my van die begin af aangegryp – die
                                   beelde en woorde wat deur Reza de Wet opgetower is,
                                   het my onmiddellik aangetrek. Vroue wat vasgevang,
 'Realisme op sy beste.' –
                                   bang of vermis is, is nie net op een besondere
 Rushana
                                   gemeenskap van toepassing nie. Dit hou verband met die
                                   meeste gemeenskappe in hierdie land en baie ander
                                   lande in die wêreld. So, ek kon dit universeel maak en dit
                                   is baie opwindend vir my.

Jou klas het onlangs 'n produksie van Mis by julle plaaslike teater bygewoon. Jy het
'n kopie van die teaterprogram by BRON G ontvang.
7.1      Definieer die volgende terme wat in die program gebruik is:
             Sinopsis                                                                         (1)
             Rolverdeling                                                                     (1)
             Teks                                                                             (1)
             Regisseur                                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          12                        DBE/November 2019
                                          NSS

7.2      Verwys na die sinopsis in die programnota by BRON G.

         Motiveer of jy met die beskrywing van die gesin as 'wanfunksioneel'
         saamstem of nie.

         Verwys na die karakters in jou antwoord.                                            (6)

7.3      Stel voor waarom die toneelstuk as Realisme beskryf word met verwysing na
         die kostuums en onderwerpmateriaal.                                                 (6)

7.4      Verduidelik hoe enige van die akteurs in die rolverdeling VIER tegnieke van
         Stanislavski' se Sisteem/Metode kan gebruik om 'n opvoering te skep wat
         'waar en opreg' is.

         Verwys na voorbeelde of oomblikke in die toneelstuk om jou antwoord
         te motiveer.                                                                        (8)

7.5      Evalueer waarom die dekorstel en opvoerruimte wat in die prentjie op die
         program uitgebeeld word, vir 'n produksie van die toneelstuk geskik is.             (6)

7.6      Bespreek waarom Mis 'n doeltreffende titel vir hierdie toneelstuk is. Verwys
         na die verskillende interpretasies van die woord 'mis' en die temas.                (10)
                                                                                             [40]

                                                             TOTAAL AFDELING C:              40

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           13                         DBE/November 2019
                                           NSS

AFDELING D:          TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE BEGRIPPE, INHOUD EN
                     VAARDIGHEDE

Beantwoord óf VRAAG 8 óf VRAAG 9.

VRAAG 8: OUDISIEPROGRAM OF TEMAPROGRAM

Jy het jou finale opvoeringseksamen (oudisieprogram OF temaprogram) gedoen.

Gee die graad 12-Dramatiese Kunste-leerders van volgende jaar raad oor hoe om vir
'n suksesvolle opvoeringseksamen te beplan.

8.1      Noem VIER faktore wat in ag geneem moet word wanneer dramatiese items
         (stukke) vir 'n opvoering gekies word.                                                (4)

8.2      Stel TWEE voordele van gereelde repetisies voor.                                      (2)

8.3      Analiseer TWEE uitdagings om in 'n groep te werk.                                     (4)

8.4      Verskaf praktiese wenke wat volgende jaar se graad 12-leerders sal help om
         vir die dag van hulle finale praktiese eksamen voor te berei om 'n suksesvolle
         optrede te verseker.                                                                  (6)

8.5      Bespreek hoe die beginsels van die teaterpraktisyn, Jerzy Grotowski, jou
         begrip en ondervinding van praktiese werk beïnvloed het. Gee voorbeelde om
         jou antwoord te motiveer.                                                             (8)

8.6      Daar is deesdae 'n hele aantal innoverende vorms van vermaak beskikbaar.
         Dit sluit in YouTube-video's, Straatteater, rekenaarspeletjies, films (op TV/
         Netflix of in die rolprentteater), ens.

         Kies enige EEN van hierdie vorms wat jou aantrek en lewer kommentaar op
         die doeltreffendheid van die dramatiese vaardighede en tegnieke wat gebruik
         is.                                                                                   (8)

8.7      Bespreek die uitdagings wat sommige leerders kan ervaar om toegang te kry
         tot drama- en teaterproduksies, en hoe die beskikbaarheid van tegnologie
         (selfone, slimfone, die internet, ens.) kan help om hierdie uitdagings te
         oorkom om te verseker dat almal na dramaproduksies kan kyk.                           (8)
                                                                                               [40]

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          14                         DBE/November 2019
                                          NSS

VRAAG 9: TEGNIESE TEATERPROGRAM

Jy het jou finale tegnieseteaterprogram-eksamen (stelontwerp OF verhoogbestuur OF
filmwerk OF regisseerwerk) gedoen.

Gee die graad 12-Dramatiese Kunste-leerders van volgende jaar raad oor hoe om vir
'n suksesvolle tegniese teaterprogram te beplan.

9.1      Noem VIER faktore wat in ag geneem moet word wanneer een van die
         tegniese teaterprogramopsies vir jou finale praktiese eksamen gekies word.       (4)

9.2      Stel TWEE voordele van gereelde repetisies voor.                                 (2)

9.3      Analiseer TWEE uitdagings om saam met ander mense te werk.                       (4)

9.4      Verskaf praktiese wenke wat volgende jaar se graad 12-leerders sal help om
         vir die dag van hulle finale praktiese eksamen-optrede/-vertoning of
         -aanbieding voor te berei.                                                       (6)

9.5      Bespreek hoe die analise van die *gegewe omstandighede van die
         opvoering/film jou begrip van die visuele wêreld wat op die verhoog OF in 'n
         film geskep word, gehelp het.

         Gee voorbeelde om jou antwoord te ondersteun.

         *Gegewe omstandighede is die seisoen, geografiese omgewing, dramatiese
         situasies van karakters, datum, tyd, ens. van 'n dramatiese item/toneelteks.     (8)

9.6      Daar is deesdae 'n hele aantal innoverende vorms van vermaak beskikbaar.
         Dit sluit in YouTube-video's, Straatteater, rekenaarspeletjies, films (op TV/
         Netflix of in die rolprentteater), ens.

         Kies enige EEN van hierdie vorms wat jou aantrek en lewer kommentaar op
         die doeltreffendheid van die dramatiese vaardighede en tegnieke wat gebruik
         is.                                                                              (8)

9.7      Bespreek die uitdagings wat sommige leerders kan ervaar om toegang te kry
         tot drama- en teaterproduksies, en hoe die beskikbaarheid van tegnologie
         (selfone, slimfone, die internet, ens.) kan help om hierdie uitdagings te
         oorkom om te verseker dat almal na dramaproduksies kan kyk.                      (8)
                                                                                          [40]

                                                             TOTAAL AFDELING D:           40
                                                                 GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Dramatic Arts Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2019-eng/9e81070f-323e-4835-a5f4-4c04abb24a80) — Dramatic Arts · QP · 2019 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2019-memo-eng/bacedb6b-a958-4cf7-8281-ea56b98c3b01) — Dramatic Arts · Memo · 2019 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2019-memo-afr/298a604b-a4d9-42d1-96c1-bf8b93485ea5) — Dramatic Arts · Memo · 2019 · Afr
- [Dramatic Arts May June 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2019-afr/b6796ce2-4163-49ee-bfc2-e15fd17e820c) — Dramatic Arts · QP · 2019 · Afr
- [Dramatic Arts May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2019-eng/90fe5e47-bb5f-4307-ad87-745ce4944564) — Dramatic Arts · QP · 2019 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2023-afr/948a2d47-0400-447e-9ab5-2109a91783fd) — Dramatic Arts · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-mg-eng/1ca47d26-a583-48d4-b7e6-350802a91a45) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/0c5cf551-3515-4f88-aed5-2e27892a9058) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/e81f2ce2-7475-4158-a9c0-2ee9e0139852) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/295292ad-642f-4171-ae1e-c2dd59f80f5a) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-english/75e178c5-f96e-43f8-8078-84ce1d3d0082) — Memo · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
