# Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Dramatic Arts memorandum from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 38 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2019-memo-afr/298a604b-a4d9-42d1-96c1-bf8b93485ea5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 38

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2019-memo-afr/298a604b-a4d9-42d1-96c1-bf8b93485ea5)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Memorandum, 38 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                              DRAMATIESE KUNSTE

                                 NOVEMBER 2019

                                 NASIENRIGLYNE

    PUNTE: 150

               Hierdie nasienriglyne bestaan uit 36 bladsye en 2 bylaes.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          2                          DBE/November 2019
                                    NSS – Nasienriglyne

ALGEMENE AANTEKENINGE VIR DIE HOOFNASIENER EN NASIENERS

1.   Die doel van assesserings-/eksamenprosesse is nie net om die 'memorisering'
     van kennis wat onderrig en geleer is op elk van die 6 kognitiewe kennisvlakke te
     bepaal nie, maar ook om die kompleksiteit van die denkproses wat die kandidaat
     toepas op die kennis wat uit die geheue herwin is, te bepaal. Die instrument wat
     gebruik word om hierdie twee komponente te assesseer, is Anderson en
     Krathwohl se hersiene Blooms se Taksonomie.
     • 6 kognitiewe moeilikheidsvlakke
     • 4 kompleksiteitsdenkprosesse
2.   Die nasienriglynbesprekingsforum voordat nasien begin, kan nie genoegsaam
     alle antwoorde voorspel nie. Provinsiale nasieners moet dit in ag neem en oop
     wees vir kandidate se antwoorde. Maak seker dat verskillende onderrigstyle nie
     die leerder/kandidaat benadeel nie.
3.   Gebruik die eerste dag om die kwaliteit en hoeveelheid bewyse in die
     nasienriglyne te evalueer, die vereiste antwoorde te standaardiseer en om
     algemene definisies en begrippe te vind. Assimileer die:
     • Verwagte antwoorde op elke vraag
     • Die kognitiewe moeilikheidsvlak vereis van die kandidaat
     • Die tipe denkproses en -kompleksiteit wat van die kandidaat verwag word
     • Aksiewerkwoorde gebruik by elk van die kognitiewe vlakke en die tipes
          bewyse vereis (feite, konsepte, prosesse en denke)
     • Verwys na die bylaes aan die einde van die nasienriglyne
4.   As die nasienriglyn nie duidelike riglyne verskaf nie, moet 'n nasiener, met kort
     kommentaar, aandui waarom punte toegeken moet word of nie.
5.   Maak 'n duidelike merkie langs die betrokke aspekte ten opsigte van kognitiewe
     vlak/kompleksiteitsdenkproses/konsep/inhoud/vaardighede/kennis wanneer 'n
     punt toegeken word. Nasieners moet aktief by die antwoord betrokke wees.
     • Verwys na die bylaes aan die einde van die nasienriglyne
6.   Daar moet gedurende die nasienproses etlike konsultasierondtes wees om te
     verseker dat nasien gestandaardiseer is.
7.   Waar 'n kandidaat meer as die voorgestelde getal woorde geskryf het, moet hy/sy
     nie gepenaliseer word nie (bv. opstelvraag).
8.   Sien globaal na, waar moontlik. Nasieners aanvaar enige korrekte, relevante en
     goed gemotiveerde antwoorde. Merkers word gelei om alle nuwe en innoverende
     idees wat dalk verwagtinge oorskrei ook in ag te neem.
9.   Nasieners moet seker maak dat die kandidate se antwoorde ooreenstem met die
     KABV-dokument se Breë Onderwerpe en Onderwerpe, Inhoud (konsepte,
     vaardighede en kennis).

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         3                          DBE/November 2019
                                   NSS – Nasienriglyne

STANDAARDISERING VAN NASIEN IN AL DIE PROVINSIES

Nasien van Opstel- en Antwoordvrae

Die hoofnasiener in elke provinsie moet die paradigma waaruit die vrae en die
bygaande nasienriglyne ontwerp en opgestel is, verstaan:

1. Inhoudsmoeilikheidsgraad:
   Hoe kompleks is die ontwerp van die vraag? Word die inhoud op die korrekte vlak
   geassesseer?
2. Taakmoeilikheidsgraad:
   Wat is die kognitiewe vlak en denkproses wat van die kandidaat verwag word?
3. Stimulusmoeilikheidsgraad:
   Hoe moeilik of maklik is dit om die bron te verstaan en toe te pas?
4. Moeilikheidsgraad van die antwoord wat verwag word:
   Wat is die hoeveelheid/aantal (hoeveel) en gehalte/kwaliteit (hoe goed) van die
   verwagte antwoord wat van die kandidaat vereis word, soos in die nasienriglyne
   gegee?
   Is dit in lyn met die item, taak en stimulus?
   Is die punte toepaslik toegeken en geweeg?
                                                                       –Leong: 2002

Wanneer nasieners aan die begin van die nasienproses opgelei word moet die
hoofnasiener in elke provinsie die volgende prosedure volg. Dit sal help met die
standaardisering van die puntetoekenning van kandidate se opstelle en antwoorde vir
elke deel van die eksamen. Dit sal ook nasionale nasienprosedures, -prosesse en -
uitslae standaardiseer.

Inleiding tot die Taak
• Nasieners lees die taak wat van die item vereis word en som dit op.
• Nasieners lees die item en beplan 'n antwoord op die taak.
• Nasieners deel antwoordplanne en som verwagtings vir kandidaatantwoorde op/
     deel nie net die hoeveelheid (aantal) bewyse nie, maar ook die gehalte van
     bewyse (hoe goed).

Inleiding tot die Rubriek en Ankervraestelle
• Opleier hersien rubriek met verwysing na die taak.
• Opleier hersien prosedures vir die toeken van holistiese punte (d.i. deur bewyse
     van die antwoord by die taal van die rubriek te pas en deur alle eienskappe ewe
     veel te laat weeg).
• Opleier lei die hersiening van elke ankervraestel en kommentaar.
• (LET WEL: Ankervraestelle word in volgorde van hoog na laag in elke puntvlak
     geplaas.)

Oefen Individuele Puntetoekenning
• Nasieners ken individueel punte aan 'n pak oefenvraestelle toe. Nasieners moet
   die vraestelle onafhanklik nasien.
• Opleier teken punte aan en lei bespreking. (Oefenvraestelle moet puntetelling en
   kommentaar bevat.)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         4                          DBE/November 2019
                                   NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS

VRAAG 1

Die volgende dien as 'n riglyn:
Daar word van die kandidaat verwag om:
• Hierdie vraag in die vorm van 'n opstel beantwoord
• Gebruik voorbeelde vanuit die toneelteks wat hy/sy bestudeer het om die argument
   te bewys
• Na een van drie Teaterbewegings: Teater van die Absurde OF Epiese Teater OF
   Postmoderne Teater verwys
• Na die bron in sy/haar antwoord verwys
• Toon dat die vraag en bron in sy/haar opstel ontleed, verstaan en geïntegreer is

Die inhoud van die opstel moet die volgende dek:
• Voorbeelde van vrae wat in die toneelteks deur die dramaturg oor die relevante
  sosiopolitieke konteks, lewe en menslikheid geopper word.
• Kies temas, karakters of taal uit die toneelteks wat jou bespreking ondersteun
• Die 20ste-eeuse Teaterbeweging wat die kandidaat bestudeer het (Teater van die
  Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater)
• Die vraag
• Die bron

Nasiener se aantekeninge:
• Die kandidaat moet toon dat die bogenoemde verstaan, krities ontleed en in die
  opstel toegepas is
• Kennis wat gememoriseer is, moet in 'n oorspronklike argument gekontekstualiseer
  word wat feitlike, kontekstuele, prosedure- en metakognitiewe denke toon
• Die rubriek op die volgende bladsy is 'n riglyn vir die nasiener om die volgende te
  assesseer:
   o Kennisdimensievlakke (onthou, verstaan, toepas, ontleed, evalueer en skep)
   o Kompleksiteit van denke deur kandidaat getoon (feitelik, konseptueel,
     prosedure, metakognitief)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                 5                                      DBE/November 2019
                                           NSS – Nasienriglyne
BESKRYWER        PUNT      DIE KANDIDAAT TOON DIE VOLGENDE:
                           Denkproses: Pas feitlike, konseptuele, prosedure-, en metakognitiewe kennis in die
                           vraag, bron en inhoud toe.
                           •    Ontwerp en ontwikkel ‘n argument wat bewys lewer van refleksiewe, kreatiewe,
  Uitstaande
                                kritiese en analitiese denke.
                 27–30
Metakognitiewe             •    Evalueer voorbeelde in die toneelteks en die teaterbeweging in 'n omvattende,
                 90–100
    Kennis                      insiggewend en evaluerende wyse.
                   A+
     Skep                  •    Integreer die vereistes van die vraag en die bron in ‘n kreatiewe en innoverende
                                wyse.
                          Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te skep, evalueer, integreer, dekonstrueer en
                          afleidings te maak.
                           Denkproses: Pas feitlike, konseptuele, prosedure-, en metakognitiewe kennis in die
                           vraag, bron en inhoud toe.
  Uitstekend               •    Skep ‘n argument wat bewys lewer van reflektiewe, kritiese en analitiese denke.
                 24–26     •    Analiseer voorbeelde in die toneelteks en die teaterbeweging in ‘n insiggewend en
Metakognitiewe
                 80–89          kritiese wyse.
   Kennis
                   A       •    Integreer die vereistes van die vraag en die bron in ‘n kreatiewe en oorspronklike
   Evalueer                     wyse.
                          Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te oordeel, kritiseer, te regverdig en afleidings te
                          maak.
                           Denkproses: Ontleed en pas feitlike, konseptuele en prosedure-kennis in die vraag, bron
                           en inhoud toe.
 Verdienstelik             •    Stel ‘n argument saam wat bewys lewer van kritiese en analitiese denke.
                 21–23     •    Pas voorbeelde in die toneelteks en die teaterbeweging in 'n oordeelkundige en
  Prosedure-
                 70–79          weldeurdagte wyse toe.
    kennis
                   B       •    Integreer die vereistes van die vraag en die bron in ‘n kreatiewe en innoverende
   Ontleed                      wyse.
                          Kognitiewe vlak: Toon vermoë om afleidings te maak, te regverdig, te integreer, toe te
                          skryf en probleme op te los.
                           Denkproses: Verduidelik en interpreteer feitlike, konseptuele en prosedurekennis in die
  Aansienlik               vraag, bron en inhoud.
                 18–20    •    Verskaf 'n argument wat logiese denke toon.
  Prosedure-
                 60–69    •    Pas voorbeelde van die teks en die teaterbeweging toe.
    kennis
                   C      •    Integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n georganiseerde, vertolkende wyse.
   Toepas                 Kognitiewe vlak: Toon 'n vermoë om toe te pas, saam te stel, toe te skryf, ontdek,
                          selekteer ‘n elementêre vermoë om probleme op te los.
                           Denkproses: Verken en herformuleer feitlike en konseptuele kennis van die vraag, bron
  Voldoende                en inhoud.
                 15–17     •    Verskaf ‘n opstel wat sommige duidelike denke vertoon.
 Konseptuele
                 50–59     •    Interpreteer gedeeltelik voorbeelde in die toneelteks en die teaterbeweging.
   Kennis
                   D       •    Integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n konvensionele wyse.
    Begrip                Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te te klassifiseer, op te som, te vergelyk en te
                          verduidelik.
                           Denkproses: Verduidelik sommige feitlike en konseptuele kennis van die vraag, bron en
  Gemiddeld
                           inhoud.
                 12–14
 Konseptuele               •    Skryf 'n verduideliking in voorspelbare/algemene denkprosesse.
                 40–49
   Kennis                  •    Verduidelik gedeeltelik voorbeelde in die toneelteks en die teaterbeweging.
                   E
    Begrip                 •    Verwys kortliks na die vereistes van die vraag en bron.
                          Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te herformuleer, klassifiseer, op te som en te beskryf.
  Elementêr                Denkproses: Beskryf feitelike kennis uit geheue
                 10–11     •    Skryf 'n basiese of voorspelbare verduideliking.
   Feitlike
                 30–39     •    Verskaf beperkte gekose voorbeelde van die toneelteks of die teaterbeweging.
   Kennis
                   F       •    Verwys na die vereistes van die vraag en bron in ‘n ongeorganiseerde wyse.
   Onthou                 Kognitiewe vlak: Demostreer, identifiseer, te noem, in verband te bring, definieer.
                           Denkproses: Onthou sekere feitelike kennis
Nie Behaal Nie
                           •    Skryf ‘n onduidelike en onsamehangde verduideliking.
                  1–9
   Feitlike                •    Kies irrelevante voorbeelde in die toneelteks of die teaterbeweging.
                 20–29
   Kennis                  •    Probeer om die vraag en die bron in verband te bring.
                   G
   Onthou                 Kognitiewe vlak: Toon beperkte vermoë om te identifiseer, te noem, in verband te bring
                          en te definieer.
                           Denkproses: Toon geen begrip van die vraag of bron nie,
Nie Behaal Nie
                           Kan nie opstel skryf nie. OF
   Feitlike          0     •    Bied feite aan wat nie verband met vraag hou nie. OF
   Kennis            H     •    Verskaf geen voorbeelde uit die toneelteks van die teaterbeweging.
   Onthou                  •    Kognitiewe vlak: Nie in staat om te identifiseer, te noem, in verband te bring, te
                                definieer nie.

                                                                              TOTAAL AFDELING A:                   30
Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          6                          DBE/November 2019
                                    NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994
Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord.
VRAAG 2:      WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
              BARNEY SIMON
2.1      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Sien
         holisties na.

         Ken volpunte toe vir:
         • Twee goed gemotiveerde stellings OF
         • Vier aparte gedagtes/idees

         Die antwoord moet die volgende insluit:
         • Kennis en begrip van redes waarom teater as 'n 'kollaboratiewe kunsvorm'
            beskou kan word
         • Toepassing van verwysings na Woza Albert!

         Die volgende is 'n riglyn:
         Teater kan as 'n kollaboratiewe kunsvorm beskou word omdat:
         • Teatermakers saamgewerk het om hierdie stukkie teater te skep
         • Teater is 'n samesmelting van verskillende kunsvorms, bv. ontwerp,
            toneelspel, regie, klank, beligting, multi media
         • Die rolverdeling werk as 'n ensemble (groep) in repetisie en opvoerings
         • Alle kunselemente werk saam om 'n stukkie teater te skep
         Verwysings na Woza Albert! kan insluit dat:
         • Daar 'n werksessie oor die toneelstuk was ('workshopped')
         • Ngema en Mtwa saam met Barney Simon en ander gewerk het om die
            produksie te skep                                                                 (4)
2.2      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Sien
         holisties na.

         Ken volpunte toe vir:
         • Twee goed gemotiveerde stellings OF
         • Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die toneelstuk kan 'n geskikte keuse vir 'n skooltoneelfees wees want:
         • Dit druk aspirasies en begeertes na 'n beter lewe uit deur die verskillende
            karakters, bv. die haarkapper wil 'n nuwe haarkaperswinkel hê, die
            vleisverkoper wil 'n beter opvoeding hê
         • Dit voed gehore op deur die temas, bv. vryheid en gelykheid vir almal
         • Kwessies is relevant en aktueel vir jongmense, bv. die jeug van vandag wil
            polities, sosiaal en finansieel vry wees
         • Die produksie is beweegbaar met die minimum rekwisiete wat dit makliker
            maak om op te voer en dit hou koste laag
         • Daar is slegs twee akteurs wat bestuur moet word
         • Dit is komies en visueel opwindend as gevolg van die gebruik van fisiese
            teater                                                                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            7                           DBE/November 2019
                                      NSS – Nasienriglyne

2.3      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Sien
         holisties na.

         Ken volpunte toe vir:
         Drie goed gemotiveerde stellings

         Die antwoord moet die volgende insluit:
         • 'n Begrip van die opvoervaardighede benodig
         • Kennis van die vereistes van 'n oudisieproses

         Die volgende is 'n riglyn:

         Vaardighede benodig sluit in:
         • Veelsydige toneelspeltegnieke om die akteurs in staat te stel om
           veelvuldige/verskillende karakters te speel
         • Sterk vokale duidelikheid en hoorbaarheid – akteurs moet hulle stemme
           korrek gebruik om die boodskappe van die toneelstuk duidelik te
           kommunikeer
         • Vokale verskeidenheid – akteurs speel karakters van verskillende
           ouderdomme en geslag en hulle stemme moet opgelei wees om
           verskillende karakters te speel
         • Idiofone want die akteurs skep al die klankeffekte self, bv. 'n polisiesirene,
           helikopter
         • Ontspanne fisiese teenwoordigheid om met gemak op te tree, laat nie toe
           dat spanning opvoer doeltreffendheid beïnvloed nie
         • Opvoerenergie en fokus omdat die toneelstuk 'n vinnige pas het en daar
           net twee akteurs is wat baie verskillende karakters speel; konsentrasie is
           nodig om met die pas van die opvoering by te bly.
         • Sang – die karakters sing dikwels om hulle gevoelens uit te druk
         • Dans is belangrik om die lewendigheid en energie van die opvoering te
           behou
         • Mimiek want rekwisiete is tot die minimum beperk en akteurs moet
           ontbrekende rekwisiete mimiek
         • Tydsberekening en die gebruik van pas om verskillende stemmings en
           betekenisse te kommunikeer
         • Komedievaardighede om die komedie in die teks effektief te kommunikeer               (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          8                          DBE/November 2019
                                    NSS – Nasienriglyne

2.4      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Sien
         holisties na.

         Die antwoord moet die volgende insluit:
         • Begrip en toepassing van 'n toepaslike toneelspelstyl
         • Toepassing en verwysing na die toneel gekies

         Die volgende is 'n riglyn:
         Toneelspelstyl kan insluit:
         • Arm/Gestroopte Teater want dit gebruik min rekwisiete en kostuums
         • Brechtiaanse styl, bv. gestus, maskers (neus), om stereotipiese karakters,
            bv. die Wit Polisieman, voor te stel
         • Fisiese Teater voeg toneelmatige verskeidenheid by want dit is hoogs
            energiek en meer lewendig
         • Mimiek voeg by die visuele impak van die opvoering en boei die gehoor
            met die verbeeldingryke teaterproses
         • Afhangend van die toneelkeuse se styl mag dit Realistiese spel of
            karakterisering insluit om die emosionele verbinding wat die gehoor met
            die karakter(s) in die toneelstuk kan hê, te verbeter.

         Verwysing na die toneel kan insluit:
         • 'n Beskrywing van die toneel
         • 'n Aanduiding van die karakters in die toneel
         • Duidelikheid van gebeurtenisse wat in die toneel uitgebeeld word                  (4)

2.5      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Sien
         holisties na.
         Vir volpunte moet kandidate hulle antwoorde integreer.

         Die antwoord moet die volgende insluit:
         • Evaluering van hoe hierdie insidente reaksies by die gehoor ontlok

         Die volgende is 'n riglyn:
         Insidente kan insluit:
         • Die wit polisieman wat aandring om Mbongeni se pas te sien
         • Die visentering (strip search) wat die polisiemanne in die tronk doen
         • Aunty Dudu wat deur die dromme gaan opsoek na kos
         Gehoorreaksies kan insluit:
         • Verleentheid deur 'n voorheen bevoorregte gehoor as gevolg van
            apartheidsbeleid wat wittes bevoordeel het
         • Simpatie deur 'n empatiese gehoor wat Aunty Dudu se pyn en lyding sal
            aanvoel
         • Mobilisering van 'n gehoor wat ontevrede is met die status quo wat
            werklike verandering wil sien nie net lippetaal nie
         • Die plaaslike inwoners lag oor grappe in die omgangstaal omdat hulle
            daarmee kan identifiseer
         • Woede oor die gebrek aan verandering ten spyte van eise daarvoor                  (8)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          9                           DBE/November 2019
                                    NSS – Nasienriglyne

2.6      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Sien
         holisties na.
         Ken soos volg punte toe:
         • Een punt vir identifisering van ruimte
         • Drie punte vir die motivering van die ruimte
         Die antwoord moet die volgende insluit:
         • Begrip en toepassing van hoe teaterruimte die styl van 'n toneelstuk
            beïnvloed
         Die volgende is 'n riglyn:
         Kreatiewe ruimte kan insluit:
         • Enige ruimte wat binne of buite gevind is wat moontlik plekspesifiek is, bv.
            skoolsaal, klaskamer, tronk, teaterfoyer                                           (4)
2.7      Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk te lei.
         Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
         Die antwoord moet die volgende insluit:
         • Kennis van die slot van die oorspronklike toneelstuk of ‘n einde wat deur
            die kandidaat gekies word.
         • 'n Kreatiewe evaluering van regie
         • 'n Kreatiewe evaluering van hoe produksie-elemente die gehoor beïnvloed
         • Innoverende verhooginkleding en interpretasie insluit
         Die volgende is 'n riglyn:
         Regie van die slot van die toneelstuk kan insluit:
         • Motiveer die akteurs om hoogs energiek en aangevuur te wees, want dit is
            die hoogtepunt/klimaks van die toneelstuk
         • Dans as deel van die Afrika-kultuur is 'n manier om vreugde oor die
            opstaan van die helde van die stryd uit te druk.
         • Om liedjies te sing as deel van die Afrika-kultuur is baie emosioneel en dit
            trek gehore in die aksie van die opstaan van die helde van die stryd uit
            hulle grafte in.
         • Die gebruik van dreunsang ('chants') en slagspreuke om die stemming van
            die feesviering by hierdie geleentheid te verhoog.
         • Akteurs integreer die gehoor in die energie en aksie van die feesviering
            van die helde wat opgestaan het
         • Voorafopgeneemde klankeffekte dra by tot die stemming en atmosfeer om
            'n teatrale en dramatiese effek vir die gehoor te skep
         • Fisiese styl van toneelspel is energiek en lewendig om tot die
            klimaksoomblik van opstanding by te dra
         • Beligtingseffekte beklemtoon die belangrikheid van die opstaan van die
            helde van die stryd vir die karakters
         • Tradisionele musiek sal die kulturele konteks van die opstanding versterk
            asook die verhoogplasing van die toneelstuk
         • Konseptualisering van die oorhoofse styl en impak van die laaste toneel sal
            die betekenis baie sterk aan die gehoor kommunikeer
         • Oorspronklike regie interpretasie, bv. Stil mimiek, getemperde Brechtian
            gestus etc.                                                                        (10)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        10                          DBE/November 2019
                                   NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR DIE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY

3.1      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Ken volpunte toe vir:
         • Twee goed gemotiveerde stellings OF
         • Vier aparte gedagtes/idees

         Die antwoord moet die volgende insluit:
         • Kennis en begrip van redes waarom teater as 'n 'kollaboratiewe kunsvorm'
            beskou kan word
         • Toepassing van verwysings op Sophiatown

         Die volgende is 'n riglyn:
         Teater kan as 'n kollaboratiewe kunsvorm beskou word want:
         • Teatermakers het saamgewerk om hierdie stukkie teater te skep
         • Teater is 'n samesmelting van verskillende kunsvorms, bv. ontwerp,
            toneelspel, regie, klank, beligting, ens.
         • Die rolverdeling werk as 'n ensemble (groep) in repetisie en opvoering
         • Alle kunselemente werk saam om 'n stukkie teater te skep
         Verwysings na Sophiatown kan insluit dat:
         • Daar 'n werksessie oor die toneelstuk was ('workshopped')
         • Junction Avenue Theatre Company saamgewerk het om die produksie
            te skep                                                                         (4)

3.2      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Sien
         holisties na.

         Ken volpunte toe vir:
         • Twee goed gemotiveerde stellings OF
         • Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die toneelstuk kan 'n geskikte keuse vir 'n skooltoneelfees wees want:
         • Die opvoering handel oor die aspirasies van jong mense, bv. Ruth en
            Princess wat hulle lewenservaringe wil uitbrei
         • Dit druk aspirasies en begeerte na 'n beter lewe uit, bv. Mamariti wat 'n
            entrepreneur word deur 'n sjebeen oop te maak
         • Dit leer gehore oor ons pynlike verlede, bv. gedwonge verskuiwings
         • Kwessies is relevant en aktueel vir jong mense, bv. bendes, huishoudelike
            geweld                                                                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           11                          DBE/November 2019
                                      NSS – Nasienriglyne

3.3      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Sien
         holisties na.
         Ken volpunte toe vir:
         • Drie goed gemotiveerde stellings OF
         Die antwoord moet die volgende insluit:
         • 'n Begrip van die toneelspelvaardighede vereis
         • Kennis van die vereistes van 'n oudisieproses

         Die volgende is 'n riglyn:
         Vaardighede vereis sluit in:
         • Toneelspel – goeie speelvaardighede nodig om die verskillende karakters
           realisties uit te beeld, bv. speel Mingus is 'n leier van die American-bende
         • Sterk vokale duidelikheid en hoorbaarheid om die gehoor altyd te betrek
         • Ontspanne fisiese teenwoordigheid om op te tree, laat nie toe dat spanning
           opvoerdoeltreffendheid beïnvloed nie
         • Opvoerenergie en fokus is heeltyd nodig om met die gehoor by die aksie in
           te trek
         • Veelsydigheid en gemaklike beweging want akteurs beweeg heeltyd rond
           in die verhoogruimte en op die stel, bv. Mingus wat sy 'gesteelde' goedere
           na Mamariti se huis verskuif
         • Sang en dans om die stemming en atmosfeer oor te dra, bv. wanneer Ruth
           spiritualieë van Yeoville af bring, vier die groep dit deur te sing en dans         (6)

3.4      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Sien
         holisties na.
         Die antwoord moet die volgende insluit:
         • 'n Begrip en toepassing van 'n toepaslike speelstyl
         • Toepassing en verwysing na die toneel gekies
         Die volgende is 'n riglyn:
         Styl van toneelspel kan insluit:
         • Enige kreatiewe en goed gemotiveerde toneespelstyl
         • Brechtiaans. bv. Jakes praat direk met die gehoor as verteller
         • Musikale elemente
         • Sang want die karakters begin dikwels tydens belangrike oomblikke van
            die toneelstuk sing, bv. die finale toneel of die toneelstuk wanneer hulle
            gedwing word om te verskuif
         • Dans is 'n magtige manier om te kommunikeer om die boodskap van die
            toneelstuk deur dinamiese visuele beeldwerk oor te dra.
         • Dans hou die gehoor betrokke want dit word gebruik as 'n variasie van die
            dialoog en kommunikeer stemming en atmosfeer
         Verwysing na die toneel moet die volgende insluit:
         • 'n Beskrywing van die toneel
         • 'n Aanduiding van die karakters in die toneel
         • Duidelikheid oor gebeure wat in die toneel uitgebeeld word                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         12                            DBE/November 2019
                                    NSS – Nasienriglyne

3.5      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Sien
         holisties na. Vir volpunte kan kandidate insidente en gehoor reaksies
         integreer.

         Die antwoord kan die volgende insluit:
         • 'n Evaluering van hoe die insidente die reaksie van die gehoor ontlok

         Die volgende is 'n riglyn:
         Insidente kan insluit:
         • Mingus vra Jakes om vir hom 'n liefdesbrief te skryf
         • Ruth se aankoms in Sophiatown en die verskillende reaksies op haar
            aankoms
         • Mingus se behandeling van Princess en vroue in die algemeen
         • Fahfee probeer om Ruth Tsotsitaal te leer
         • Die polisiemanne kom drie dae vroeër om die mense met dwang uit hulle
            huise te verwyder

         Gehoorreaksies kan insluit:
         • Verleentheid deur 'n voorheen bevoorregte gehoor as gevolg van
           apartheidsbeleid wat wittes bevoordeel het
         • Die plaaslike inwoners lag oor grappe in die omgangstaal omdat hulle
           daarmee kan identifiseer en elke nuanse kan verstaan, bv. grappe oor die
           polisiemanne in Tsotsitaal
         • Simpatie deur 'n empatiese gehoor wat onthou hoe dit gevoel het om
           onder dwang uit jou huis verwyder te word
         • Mobilisering van 'n gehoor wat ontevrede is met die status quo want
           mense is honger vir verandering
         • Woede oor die gebrek aan verandering ten spyte van eise                             (8)

3.6      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Sien
         holisties na.

         Ken soos volg punte toe:
         • Een punt vir identifisering van ruimte
         • Drie punte vir die motivering van die ruimte

         Die antwoord moet die volgende insluit:
         • Begrip en toepassing van hoe teaterruimte 'n toneelstuk beïnvloed
         • Begrip en toepassing van hoe die ruimte die styl van 'n toneelstuk
            beïnvloed

         Die volgende is 'n riglyn:
         Opvoerruimte kan insluit:
         • Enige ruimte wat gevind is, bv. skoolsaal, klaskamer, tronk, teaterfoyer            (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         13                          DBE/November 2019
                                    NSS – Nasienriglyne

3.7      Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk te lei.

         Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Die antwoord moet die volgende insluit:
         • Kennis of die slot van die oorspronklike toneelstuk OF ‘n einde wat deur
            die kandidaat bepaal word in sy/haar produksie.
         • 'n Kreatiewe evaluering van regie
         • 'n Kreatiewe evaluering van hoe produksie-elemente die gehoor beïnvloed

         Die volgende is 'n riglyn:
         Regie van die slot van die toneelstuk kan insluit:
         • Blok (Plaas) die akteurs op so 'n manier dat die chaos en die wanhoop van
            die gedwonge verskuiwings oorgedra word
         • Die skep van 'n tablo met 'n kollig op elke karakter soos hulle hulle
            monoloë lewer – dit sal die aandag van die gehoor vestig op die karakter
            se pyn as gevolg van die gedwonge verskuiwing uit Sophiatown
         • Die sing van geskikte liedjies wat sielvol is en die diep hartseer om onder
            dwang uit hulle huise verskuif te word, sal kommunikeer
         • Beligtingseffekte om die somber stemming en atmosfeer te beklemtoon,
            bv. om die gevolge van die gedwonge verskuiwings uit te lig
         • Klankeffekte soos die geraas van smeehamers in die agtergrond – om te
            wys dat die sloop van huise reeds begin het en dit sal die toneel nog
            pynliker maak
         • Die speel van tradisionele musiek van hierdie diverse gemeenskap wat die
            nodige stemming en atmosfeer kan verskaf
         • Die gebruik van spesifieke toneelspelstyle, bv. Brecht om 'n afstand tussen
            die gehoor en die akteurs te skep. Dit kan die gehoor aanmoedig om
            objektief te bly en om die boodskap wat oorgedra word, te bevraagteken            (10)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          14                           DBE/November 2019
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS

4.1      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Ken volpunte toe vir:
         • Twee goed gemotiveerde stellings OF
         • Vier aparte gedagtes/idees

         Die antwoord moet die volgende insluit:
         • Kennis en begrip van redes waarom teater as 'n 'kollaboratiewe kunsvorm'
            beskou kan word
         • Toepassing of verwysings na Siener in die Suburbs

         Die volgende is 'n riglyn:
         Dit kan as 'n kollaboratiewe kunsvorm beskou word, want:
         • Teatermakers het saamgewerk om hierdie stukkie teater te skep
         • Teater is 'n samesmelting van verskillende kunsvorms, bv. ontwerp,
            toneelspel, regie, klank, beligting
         • Die rolverdeling werk as 'n ensemble (groep) saam gedurende repetisies
            en opvoerings
         • Alle kunselemente werk saam om 'n stukkie teater te skep
         Verwysings na Siener in die Suburbs kan insluit dat:
         • Realisme vereis dat teatermakers saamwerk om 'n holistiese prentjie te
            vorm van die lewe deur die gebruik van stel, beligting, klankeffekte, ens.
            om die illusie of werklikheid te skep                                              (4)

4.2      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Sien
         holisties na.

         Ken volpunte toe vir:
         • Twee goed gemotiveerde stellings OF
         • Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die toneelstuk kan 'n geskikte keuse vir 'n skooltoneelfees wees want:
         • Die opvoering handel oor die aspirasies van jong mense soos wat die
            karakters hoop en strewe na 'n beter lewe
         • Dit voed gehore op deur hulle 'n deeltjie van die lewens van die karakters
            in die toneelstuk te wys wat moontlik 'n spieëlbeeld is van hulle eie lewens
            en daardeur die gehoor 'n beter begrip van hulle eie lewens gee
         • Kwessies is relevant en aktueel vir jong mense, bv. geweld en geboelie              (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         15                         DBE/November 2019
                                    NSS – Nasienriglyne

4.3      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Sien
         holisties na.

         Ken volpunte toe vir:
         • Drie goed gemotiveerde stellings

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die antwoord moet die volgende insluit:
         • 'n Begrip van die toneelspelvaardighede benodig

         Vaardighede benodig sluit in:
         • Toneelspelvaardighede om karakters so realisties en geloofwaardig as
           moontlik uit te beeld
         • Vokale vaardighede om die boodskappe en betekenis van die toneelstuk
           duidelik oor te dra
         • Ontspanne fisiese teenwoordigheid om die duidelikheid van die
           kommunikasie te versterk
         • Opvoerfokus om alle aspekte van die karakter te vergestalt en nie
           konsentrasie te verloor nie
         • Veelsydigheid en gemaklike beweging om die fisiese stand van aksies te
           skep
         • Luistervaardighede om na ander karakters op die verhoog te luister en te
           reageer om 'n verenigde wêreld te skep wat realisties is
         • Emosionele geheue om geloofwaardige emosies uit te beeld
         • Kennis van Stanislavski se tegnieke/metodes om karakters realisties uit te
           beeld                                                                             (6)

4.4      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Sien
         holisties na.

         Die antwoord moet die volgende insluit:
         • 'n Begrip en toepassing van 'n toepaslike speelstyl
         • Toepassing en verwysing na die toneel gekies

         Die volgende is 'n riglyn:
         Speelstyl kan insluit:
         • Die vermoë om 'n karakter realisties te speel/uit te beeld
         • Stanislavski se tegnieke/metodes, bv. Gegewe Omstandighede,
            Emosionele Geheue, Magiese As ('Magic If')
         Verwysing na die toneel kan insluit:
         • Spesifieke karaktereienskappe (gewoontes m.b.t. gedrag of spraak)
         • Die konteks en inligting/gegewe omstandighede/beskrywing van die toneel           (4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         16                            DBE/November 2019
                                    NSS – Nasienriglyne

4.5      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Sien
         holisties na.
         Vir volpunte moet kandidate insidente en gehoorreaksie integreer.

         Die antwoord moet die volgende insluit:
         • 'n Evaluering van hoe die insidente in die toneelstuk

         Die volgende is 'n riglyn:
         Insidente kan insluit:
         • Giel en Jakes boelie en forseer Tjokkie om te 'sien'
         • Ma verduidelik hoe sy dit oorweeg het om die baba te aborteer deur 'n
            naald in haar baarmoeder in te steek
         • Tjokkie wat selfmoord pleeg deur die motor op homself te laat sak

         Gehoorreaksies kan insluit:
         • Verleentheid deur 'n voorheen bevoorregte gehoor wat skuldig kan voel
           oor hulle ryk is
         • Die gehoor lag vir die sleng want hulle kan dalk met die karakters in die
           toneelstuk identifiseer
         • Simpatie deur 'n empatiese gehoor wat aansluiting kan vind met die
           realistiese uitbeelding van karakter en situasie, bv. Ma wat dit oorweeg het
           om die baba te aborteer
         • Woede oor die greep van armoede en geweld en die kwessies van
           huishoudelike misbruik en die skadelike invloed van om geboelie te word
         • Afgryse oor die selfdood aan die einde van die toneelstuk                           (8)

4.6      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Sien
         holisties na.

         Ken soos volg punte toe:
         • Een punt vir identifisering van die ruimte
         • Drie punte vir die motivering van die ruimte

         Die antwoord behoort die volgende in te sluit:
         • 'n Begrip en toepassing van hoe 'n teaterruimte 'n toneelstuk beïnvloed
         • 'n Begrip en toepassing van hoe die ruimte die styl of die toneelstuk
            beïnvloed

         Die volgende is 'n riglyn:
         Kreatiewe ruimte kan insluit:
         • Enige ruimte wat gevind is, bv. skoolsaal, klaskamer, tronk, teaterfoyer            (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                        17                          DBE/November 2019
                                   NSS – Nasienriglyne

4.7      Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk te lei.

         Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Sien
         holisties na.

         Die antwoord kan die volgende insluit:
         • Kennis van die slot van die oorspronklike toneelstuk of ‘n einde wat deur
            die kandidaat bepaal word in sy/haar produksie.
         • 'n Kreatiewe evaluering van regie
         • 'n Kreatiewe evaluering van hoe produksie-elemente die gehoor beïnvloed

         Die volgende is 'n riglyn:
         Regie van die slot van die toneelstuk kan insluit:
         • Spesiale beligting om die dramatiese impak van Tjokkie wat selfmoord
            pleeg deur die motor op homself te laat sak, te versterk
         • Konseptualisering van die stel en die plasing van die motorgarage om die
            aksie vir die gehoor op die voorgrond te plaas en maksimum impak te
            verseker
         • Klankeffekte om 'n tragiese en somber stemming en atmosfeer te skep              (10)
                                                                                            [40]

                                                            TOTAAL AFDELING B:              40

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          18                          DBE/November 2019
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI

5.1      •   Sinopsis: 'n Opsomming van die gebeure in die toneelstuk                         (1)
         •   Rolverdeling: Die lys van akteurs in die toneelstuk                              (1)
         •   Teks: Die geskrewe weergawe van die toneelstuk                                   (1)
         •   Regisseur: Die persoon wat verantwoordelik is vir die oorhoofse kreatiewe
             visie van die toneelstuk                                                         (1)

5.2      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Sien
         holisites na.

         Ken volpunte toe vir:
         • Drie goed gemotiveerde stellings OF
         • Ses aparte gedagtes/idees

         Die antwoord kan die volgende insluit:
         • 'n Beskrywing van die karakters se krisis
         • 'n Motivering waarom dit 'n krisis skep

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die Makhaya-familie kan as 'n 'familie in krisis' beskryf word want Sipho:
         • Treur oor die dood van sy broer, Themba
         • Is kwaad vir sy broer omdat hy nie die geleentheid gekry het om sy
            bitterheid oor Themba se verhouding met sy vrou (Sipho se) vrou te lug nie
         • Weerhou die waarheid oor Themba se verhouding met Sindiswa van
            Thando en Mandisa
         • Verstaan nie Mandisa se Westerse gewoontes nie, bv. hy verwag sy broer
            se liggaam; in plaas daarvan kom Mandisa met sy as
         • Het nie geregtigheid vir sy seun se dood gekry nie
         • Word oor die hoof gesien vir die Hoofbibliotekaris-pos
         • Is 'n enkel ouer wie se vrou 'n verhouding met sy broer gehad het
         Thando:
         • Bevraagteken en is bekommerd oor Sipho se ontsteltenis
         • Mis haar moeder en bevraagteken waarom Sindiswa weggegaan het
         • Werk by die WVK en word diep geraak deur die wreedheid van die WVK-
            gevalle
         • Is 'n onderwyser wat graag sou wou wegbreek en saam met Mandisa
            Londen toe gaan, maar sy is geskeur deur haar pligsgetroue liefde vir haar
            vader
         • Verwelkom Mandisa in die huis maar is bekommerd dat Mandisa se
            Westerse kultuur nie die Afrika-tradisies respekteer nie
         Mandisa:
         • Bring Themba se as wat Sipho skok want hy het 'n liggaam in 'n kis verwag
         • Sê wat sy dink wat deur Sipho, wat 'n tradisionele wêreldbeskouing het, as
            ongeskik en arrogant beskou word
         • Probeer om Thando weg te vat van haar vader af om meer moderne
            elemente van die samelewing te ervaar
         • Daag Sipho uit oor haar vader se aktivisme omdat haar pa 'n held in haar
            oë is                                                                             (6)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         19                           DBE/November 2019
                                    NSS – Nasienriglyne

5.3      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Sien
         holisties na.
         Ken volpunte toe vir:
         • Drie goed gemotiveerde stellings OF
         • Ses aparte gedagtes/idees
         Die antwoord kan die volgende insluit:
         • 'n Analise en toepassing van Realisme as 'n genre
         • Verwysing na kostuums en onderwerpmateriaal
         Die volgende is 'n riglyn:
         Kostuums:
         • Weerspieël karakter se status, ouderdom en ekonomiese status
         • Is realisties vir die tydperk, bv. jaar 2000
         Onderwerpmateriaal:
         • Weerspieël die sosiopolitieke konteks van die tydperk
         • Handel oor die WVK
         • Weerspieël ware lewenskwessies waarby die gehoor kan aansluit                       (6)
5.4      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
         Kandidate moet fokus op 'n geïntegreerde analise van hoe Realisme in die
         teater na 'n 'ware en opregte' opvoering op die verhoog oorgedra word.
         Die antwoord moet die volgende insluit:
         • 'n Analise, toepassing en evaluering van die doel en effek van Stanislavski
            se Stelsel/Metodes/Tegnieke
         • Aksie
           Elke aksie moet ‘n doel en motivering agter dit hê.
         • Magiese as
           Die akteur moet leef asof hy/sy die karakter is en vokaal en fisies reaksies
           sal realisties wees.
           ‘Acting is believing’
         • Gegewe omstandighede
           Al die besonderhede wat die toneel beinvloed, bv. Wanneer, hoe, hoekom,
           waar en wie
         • Die verbeelding
           Gebruik jou verbeelding om ‘n geloofwaardige karkater te skep; wie is my
           karakter, hoe oud is my karakter, hoe lyk my karakter, wat doen my
           karakter, waar doen my karakter dit.
         • Aandagkringe
           Dink aan ’n klippie wat in die water gegooi word, die rimpeleffek wat na
           buite uitgolf van die middel af. Jy moet jou aandag van die kleinste ‘kring’
           af fokus, en stadig jou fokus uitbrei om die kringe wat groter word, in te
           sluit.
         • Eenhede en doelwitte
           Die verhoogstuk kan in tonele opgebreek word, maar ook in kleiner
           handelingseenhede, of beheerbare brokkies teks, wat deur hul eie doelwit
           gedefinieer word. Dis nuttig om hierdie doelwitte deur middel van ’n
           werkwoord te definieer.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           20                            DBE/November 2019
                                      NSS – Nasienriglyne

         • Die oorkoepelende doelwit en die goue lyn van handeling
           Die oorkoepelende doelwit is die belangrikste, algehele doelwit
           van ’n toneelteks. Dit is wat die protagonis teen die einde van
           die toneelteks sou wou bereik.. Hierdie sekondêre doelwitte bou saam op
           na dít wat jy teen die einde van die verhoogstuk wil bereik. Die herhalende
           ketting van kleiner doelwitte wat na die belangrikste, algehele doelwit
           opbou, word die goue lyn van handeling genoem.
         • Emotionele geheue
           Die akteur kan van persoonlike ervarings gebruik maak om in te skakel met
           die emotionele realiteit van die optrede.
         • Tempo-ritme in beweging
           Aksie het beweging, tempo en ‘n spesifieke ritme. Die verskile in tempo en
           ritme word bepaal deur die verskillende karakters se doelwitte, energie,
           begeertes en emosies.
         • Die metode van fisiese handeling
         • Fisiese aksie word vasgestel deur die doelwitte en die goue lyn van
           handeling te identifiseer en fisies die teks in te leef en te interpreteer.
             Kandidate mag ook gebruik maak van ander terminologie om die
             metodes/tegnieke te verduidelik, bv. Fisiese partituur ('score') van aksies,
             doelwitte en superdoelwitte ('Beat Work') en vokale uitdrukking.

         Kandidate moet na voorbeelde of oomblikke in die toneelstuk verwys om hulle
         antwoorde te motiveer.                                                                   (8)
5.5      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Sien
         holisties na.
         Kandidate moet vir of teen die geskiktheid van die stel wees.
         Ken volpunte toe vir:
         • Drie goed gemotiveerde stellings
         Die antwoord kan die volgende insluit:
         • 'n Evaluering van die doeltreffendheid van opvoerruimte en stel
         • 'n Evaluering waarom dit die geskikste vir die toneelstuk is
         Die volgende is 'n riglyn:
         Opvoerruimte:
         • Verskaf 'n toepaslike omgewing/konteks vir die aksie
         • Weerspieël die tydperk en agtergrond van die toneelstuk
         • Skep areas waar akteurs kan rondbeweeg, soos in 'n HOP-huis wat nie
            ruim is nie
         Die stel is geskik want:
         • Dit is realisties en beeld die tipe huis uit waarin die Makhaya-familie sou
            leef
         • Dit bevat 'n kralegordyn wat voorstel dat die slaapkamers apart van die
            ander dele van die huis is, dit gee die huis 'n tradisionele gevoel
         • Daar is aandag aan detail, bv. boeke in die boekrak, familiefoto's, vaas wat
            Themba se as bevat                                                                    (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          21                           DBE/November 2019
                                     NSS – Nasienriglyne

5.6      Verwys na die aantekeninge hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk te lei.

         Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde. Ken
         punte toe vir 'n goed geïntegreerde, kreatiewe antwoord op die vraag, wat na
         die titel, Nothing But The Truth verwys.

         Die antwoord moet insluit:
         • 'n Evaluering van die vraag se elemente (karakters en gebeure) en 'n
            kreatiewe benadering tot die antwoord

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die titel is doeltreffend want:
         • Die toneelstuk is geplaas in die genre van Realisme in die teater en handel
            oor die waarheid van die lewe
         • Die intrige onthul die waarheid wat voorheen 'n geheim was
         • Daar is verwysing na die Waarheid-en-Versoeningskommissie wat 'n
            belangrike kontekstuele en tematiese rol in die toneelstuk speel
         • Verskillende gevalle van die WVK word na verwys as deel van die konteks
         • Die ontwikkeling van die intrige is 'n reeks onthullings van die waarheid wat
            lei tot die finale klimaks van die toneelstuk en die oplossing daarvan.
            Voorbeelde sluit in:
                o Themba se verbanning: Die ware rede waarom Themba landuit is,
                    is moontlik nie omdat hy ‘n politiese ‘struggle hero’ was nie, maar
                    agv die feit dat hy en Sipho se vrou, Sindiswa, ‘n buite egtelike
                    verhouding gehad het. Hy het moontlik die land verlaat omdat hy
                    uitgevang was.
                o Luvuyo se dood: Sipho wil hê die polisie moet Luvuyo se
                    moordenaar vang en geregtigheid moet geskied
                o Sipho se verlore geleenthede: Sipho ontbloot die waarheid deur die
                    verhaal van sy verlede te vertel en hoe hy ontneem was van
                    leergeleenthede.
         • Die toneelstuk weerspieël die WVK-proses want dit verwag ook dat die
            waarheid onthul moet word
         • Dit verwys na die eed wat in 'n geregshof geneem word waar jy sweer om
            die waarheid, die hele waarheid en niks anders as die waarheid te praat
                                                                                               (10)
            nie.
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          22                          DBE/November 2019
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE
6.1      •   Sinopsis: 'n Opsomming van die gebeure in die toneelstuk                         (1)
         •   Rolverdeling: Die lys van akteurs in die toneelstuk                              (1)
         •   Teks: Die geskrewe weergawe van die toneelstuk                                   (1)
         •   Regisseur: Die persoon wat verantwoordelik is vir die oorhoofse kreatiewe
             visie van die toneelstuk                                                         (1)

6.2      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.

         Ken volpunte toe vir:
         • Drie goed gemotiveerde stellings
         Die antwoord moet die volgende insluit:
         • 'n Beskrywing van die magstryd tussen die drie mans
         • 'n Motivering waarom hulle in 'n magstryd gewikkel is
         Die volgende is 'n riglyn:
         Die drie mans is in 'n magstryd want:
         • Hulle is vasgevang in 'n situasie wat hopeloos is en spanning en konflik
            tussen die karakters veroorsaak
         • Die enigste hoop wat Johan en Thami het om hulle drome te vervul lê by
            Smith en hy het hulle in die steek gelaat
         • Johan is ambisieus pm geld te maak in 'n skema saam met Thami maar
            hulle is afhanklik van Smith vir die fondse om die konsessie te koop
         • Hulle desperaatheid lei tot dramatiese konflik wat eindig waar Johan 'n
            mes uitpluk en Smith dreig
         • Smith het die mag want hy het die geld vs. Johan en Thami wat nie het nie
         • Johan het die mag want hy het 'n mes en is fisies sterker as die ander twee
            mans
         • Thami is 'n slagoffer van beide Johan en Smith se manipulasie en word
            onderwerp aan die mag wat Johan en Smith oor hom het
         • Die intrige word aangedryf deur hierdie magstryd tussen die drie mans wat
            verskillende doelwitte, ambisies en begeertes het en mekaar wil gebruik
            om hierdie dinge te bereik                                                        (6)
6.3      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde.
         Ken volpunte toe vir:
         • Drie goed gemotiveerde stellings
         Die antwoord kan die volgende insluit:
         • 'n Analise en toepassing van Realisme in die teater
         • Verwysing na kostuums en onderwerpmateriaal
         Die volgende is 'n riglyn:
         Kostuums:
         • Weerspieël karakter, status, ouderdom en ekonomiese status
         • Is ontwerp in die styl van Realisme in die teater
         Onderwerpmateriaal:
         • Weerspieël die sosiopolitieke konteks van die tydperk
         • Handel oor die veranderende wêreld ná apartheid in Suid-Afrika
         • Weerspieël ware kwessies waarby die gehoor aansluiting kan vind                    (6)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Dramatic Arts Nov 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2019-memo-eng/bacedb6b-a958-4cf7-8281-ea56b98c3b01) — Dramatic Arts · Memo · 2019 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2019-eng/9e81070f-323e-4835-a5f4-4c04abb24a80) — Dramatic Arts · QP · 2019 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2019-afr/f53267bd-a1a8-4add-95cd-485c7e25e2e2) — Dramatic Arts · QP · 2019 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2020 Eng Memo](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2020-eng-memo/84cf6aef-34e8-4442-a29f-0a0d86734c6a) — Dramatic Arts · Memo · 2020 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2018 Memo Eng . . AMENDED FINAL . docx](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2018-memo-eng-amended-final-docx/89347ae3-9968-43ba-b954-a6fb451e341f) — Dramatic Arts · Memo · 2018 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2018-final-memo-afr/5adc6501-bf6a-4a79-a6db-4715ebd4bfd5) — Dramatic Arts · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-afr/b4a67589-411d-46bb-b333-65beeafd2138) — QP · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-afr/ee64452f-d716-4e2c-a4c0-eb6f240cdecb) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-eng/d7900b57-db36-4c03-9c8b-4da9102aed06) — QP · 2024 · Eng
- [Dramatic Arts May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/196a7629-8432-4e24-976d-ba79e198fc93) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/635df938-d2f8-4677-9753-430aa4581d96) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
