# Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2021 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Dramatic Arts memorandum from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 45 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2021-mg-afr/630265ce-1614-43c8-9bd0-359e1e578758
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 45

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2021 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2021-mg-afr/630265ce-1614-43c8-9bd0-359e1e578758)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    NASIONALE
                                SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                DRAMATIESE KUNSTE

                                   NOVEMBER 2021

                                   NASIENRIGLYNE

    PUNTE: 150

                 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 43 bladsye en 2 bylaes.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          2                         DBE/November 2021
                                   NSS – Nasienriglyne

ALGEMENE AANTEKENINGE VIR DIE HOOFNASIENER EN NASIENERS

1.  Die doel van assesserings-/eksamenprosesse is nie net om die 'memorisering'
    van kennis wat onderrig en geleer is op elk van die 6 kognitiewe kennisvlakke te
    bepaal nie, maar ook om die kompleksiteit van die denkproses wat die kandidaat
    toepas op die kennis wat uit die geheue herwin is, te bepaal.
2.  Die instrument wat gebruik word om hierdie twee komponente te assesseer, is
    Anderson en Krathwohl se hersiene Blooms se Taksonomie.
     6 kognitiewe moeilikheidsvlakke
     4 kompleksiteitsdenkprosesse
3.  Gebruik die eerste dag om die kwaliteit en hoeveelheid bewyse in die
    nasienriglyne te evalueer, die vereiste antwoorde te standaardiseer en om
    algemene definisies en begrippe te vind. Assimileer die:
     Verwagte antwoorde op elke vraag
     Die kognitiewe moeilikheidsvlak vereis van die kandidaat
     Die tipe denkproses en -kompleksiteit wat van die kandidaat verwag word
     Aksiewerkwoorde gebruik by elk van die kognitiewe vlakke en die tipes
        bewyse vereis (feite, konsepte, prosesse en denke)
4.  Maak 'n duidelike merkie langs die vereiste aspek van kognitiewe
    vlak/denkproses kompleksiteit/konsep/inhoud/vaardighede/kennis wanneer 'n
    punt toegeken word. Nasieners moet aktief betrokke raak by die antwoord
     Verwys na die rubrieke aan die einde van die nasienriglyne.
5.  As die nasienriglyn nie duidelike riglyne verskaf nie, moet 'n nasiener, met kort
    kommentaar, aandui waarom punte toegeken moet word of nie.
6.  Daar moet gedurende die nasienproses etlike konsultasierondtes wees om te
    verseker dat nasien gestandaardiseer is.
8.  Waar 'n kandidaat meer as die voorgestelde getal woorde geskryf het, moet hy/sy
    nie gepenaliseer word nie (bv. opstelvraag).
9.  Sien globaal na, waar moontlik. Nasieners aanvaar enige korrekte, relevante en
    goed gemotiveerde antwoorde.
10. Nasieners moet seker maak dat die kandidate se antwoorde ooreenstem met die
    KABV-dokument se Breë Onderwerpe en Onderwerpe (konsepte, vaardighede
    en kennis) en met die spesifieke vraag gevra.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          3                          DBE/November 2021
                                   NSS – Nasienriglyne

STANDAARDISERING VAN NASIEN IN AL DIE PROVINSIES

Nasien van Opstel- en Antwoordvrae

Die hoofnasiener in elke provinsie moet die paradigma waaruit die vrae en die bygaande
nasienriglyne ontwerp en opgestel is, verstaan:

1. Inhoudsmoeilikheidsgraad:
   Hoe kompleks is die ontwerp van die vraag? Word die inhoud op die korrekte vlak
   geassesseer?
2. Taakmoeilikheidsgraad:
   Wat is die kognitiewe vlak en denkproses wat van die kandidaat verwag word?
3. Stimulusmoeilikheidsgraad:
   Hoe moeilik of maklik is dit om die bron te verstaan en toe te pas?
4. Moeilikheidsgraad van die antwoord wat verwag word:
   Wat is die hoeveelheid/aantal (hoeveel) en gehalte/kwaliteit (hoe goed) van die
   verwagte antwoord wat van die kandidaat vereis word, soos in die nasienriglyne
   gegee?
   Is dit in lyn met die item, taak en stimulus?
   Is die punte toepaslik toegeken en geweeg?
                                                                              Leong: 2002

Wanneer nasieners aan die begin van die nasienproses opgelei word moet die
hoofnasiener in elke provinsie die volgende prosedure volg. Dit sal help met die
standaardisering van die puntetoekenning van kandidate se opstelle en antwoorde vir
elke deel van die eksamen. Dit sal ook nasionale nasienprosedures, -prosesse en -uitslae
standaardiseer.

Inleiding tot die Taak
 Nasieners lees die taak wat van die item vereis word en som dit op.
 Nasieners lees die item en beplan 'n antwoord op die taak.
 Nasieners deel antwoordplanne en som verwagtings vir kandidaatantwoorde op/ deel
     nie net die hoeveelheid (aantal) bewyse nie, maar ook die gehalte van bewyse (hoe
     goed).

Inleiding tot die Rubriek en Ankervraestelle
 Opleier hersien rubriek met verwysing na die taak.
 Opleier hersien prosedures vir die toeken van holistiese punte (d.i. deur bewyse van
     die antwoord by die taal van die rubriek te pas en deur alle eienskappe ewe veel te
     laat weeg).
 Opleier lei die hersiening van elke ankervraestel en kommentaar.
     (LET WEL: Ankervraestelle word in volgorde van hoog na laag in elke puntvlak
     geplaas.)

Oefen Individuele Puntetoekenning
 Nasieners ken individueel punte aan 'n aantal oefenvraestelle toe. Nasieners moet
   die vraestelle onafhanklik nasien.
 Opleier teken punte aan en lei bespreking. (Oefenvraestelle moet puntetelling en
   kommentaar bevat.)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          4                         DBE/November 2021
                                   NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS

VRAAG 1

Die volgende dien as 'n riglyn:

Die kandidaat moet:
 Hierdie vraag in die vorm van 'n opstel beantwoord
 Voorbeelde gebruik vanuit die toneelteks wat hy/sy bestudeer het om die argument
   te bewys
 Na een van drie Teaterbewegings: Teater van die Absurde OF Epiese Teater OF
   Postmoderne Teater verwys
 Na die bron in sy/haar antwoord verwys
 Toon dat die vraag en bron in sy/haar opstel ontleed, verstaan en geïntegreer is

Die inhoud van die opstel moet die volgende dek:
 Hoe die teater 'n weerspieëling is van die kandidaat se persoonlike lewe, die
   lewens van ander mense en die samelewing as 'n geheel asook hoe die
   toneelstuk/genre jou inspireer om anders na die lewe te kyk
 Spesifiek in Afspraak met Godot: Kandidate mag identifiseer met hulle eie
   persoonlike gevoelens van angs of hopeloosheid afhangende van hulle
   lewenservaring
 Gekose temas en karakters uit die toneelteks wat die bespreking ondersteun
 Die 20ste-eeuse Teaterbeweging wat die kandidaat bestudeer het (Teater van die
   Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater)
 Die vraag
 Die bron

Nasiener se aantekeninge:
 Gebruik die rubriek se kriteria, vlakbeskrywers, kognitiewe vlakke en denkprosesse
  om 'n punt toe te ken.
 Die kandidaat moet toon dat die bogenoemde verstaan, krities ontleed en in die
  opstel toegepas is
 Kennis wat gememoriseer is, moet in 'n oorspronklike argument gekontekstualiseer
  word wat feitlike, kontekstuele, prosedure- en metakognitiewe denke toon
 Die rubriek is 'n riglyn vir die nasiener om die volgende te assesseer:
   o    Kennisdimensievlakke (onthou, verstaan, toepas, ontleed, evalueer en skep)
   o    Kompleksiteit van denke deur die kandidaat getoon (feitelik, konseptueel,
        prosedureel metakognitief)
 Neem alle instruksies in ag wanneer die opstel nagesien word.
 Nasieners moet vaardig wees m.b.t. die betekenis en toepassing van Blooms se
   Taksonomie asook die gebruik van 'n rubriek se kriteria, vlakbeskrywers,
   kognitiewe vlakke en denkprosesse om 'n punt toe te ken.
 Nasieners moet opgelei word oor hoe om al ses kognitiewe vlakke en die vier
   denkprosesse te gebruik en toe te pas om 'n kandidaat se prestasie te meet.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                        5                                       DBE/November 2021
                                                 NSS – Nasienriglyne

Nasieners moet beide die ses kognitiewe vlakke en die vier denkvlakke toepas om 'n kandidaat se prestasie te meet
en 'n punt toe te ken.
 BESKRYWER            PUNT   DIE KANDIDAAT TOON DIE VOLGENDE:
                             Denkproses: Feitlike, konseptuele, prosedure-, en metakognitiewe kennis in die vraag, bron en
   Uitstaande                inhoud reflekteer en skep nuwe idees met betrekking tot:
                                 Integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n nuwe, kreatiewe en oorspronklike wyse.
                      27–30
Metakognitiewe                   Evalueer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne in 'n
                     90–100
     Kennis                       omvattende reeks insiggewend gekose teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
                       A+
                                 Ontwerp en skep 'n argument volgens 'n nuwe en unieke patroon wat refleksiewe kreatiewe,
      Skep                        kritiese en analitiese denke toon.
                            Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te skep, te herorganiseer, te ontdek, te verander en te verbeter.
                             Denkproses: Ondersoek feitlike, konseptuele, prosedure- en metakognitiewe kennis in die vraag,
   Uitstekend
                             bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n en interessante wyse.
                      24–26      Beoordeel/Assesseer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele
 Metakognitiewe
                      80–89       bronne in 'n betekenisvolle reeks toepaslik gekose teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
     Kennis
                        A        Stel 'n argument volgens 'n interessante patroon saam wat reflektiewe, kritiese en analitiese
                                  denke toon.
    Evalueer
                            Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te beoordeel, kritiek te lewer, aan te beveel en voor te stel.
                             Denkproses: Ontleed, onderskei en ondersoek feitlike, konseptuele en prosedurekennis in die
 Verdienstelik
                             vraag, bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n vertolkende wyse.
                      21–23      Ontleed/Dissekteer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele
   Prosedure-
                      70–79       bronne in 'n breë reeks toepaslik gekose teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
     kennis
                        B        Stel 'n argument saam wat kritiese en analitiese denke toon.
                            Kognitiewe vlak: Toon vermoë om gevolgtrekkings te maak, begrippe te dekonstrueer, met mekaar
    Ontleed
                            in verband te bring, toe te skryf, te ontdek.
    Wesenlik                 Denkproses: Ontleed en onderskei feitlike, konseptuele en prosedurekennis in die vraag, bron en
                             inhoud. Integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n georganiseerde en verklarende wyse.
                      18–20
   Prosedure-               •    Integreer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne in 'n
                      60–69
     kennis                      breë reeks toepaslik gekose teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
                        C
                            •    Verskaf 'n argument wat kritiese en analitiese denke toon.
     Toepas                 Kognitiewe vlak: Toon 'n vermoë om toe te pas, saam te stel en te integreer.
                             Denkproses: Verduidelik, interpreteer en herformuleer feitlike en konseptuele kennis van die vraag,
   Voldoende
                             bron en inhoud en integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n konvensionele wyse.
                      15–17      Interpreteer voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne in 'n
  Konseptuele
                      50–59       breë reeks teoretiese, praktiese en estetiese inhoud, voorspelbaar.
     Kennis
                        D        Verskaf 'n argument wat analitiese denke toon.
                            Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te interpreteer, met mekaar in verband te bring, toe te lig, te
     Begrip
                            klassifiseer, op te som, te vergelyk en te verduidelik.
                             Denkproses: Verduidelik en interpreteer feitlike en konseptuele kennis van die vraag, bron en
   Gemiddeld
                             inhoud. Integreer die vereistes van die vraag en bron op 'n algemene wyse.
                      12–14      Verduidelik voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne in 'n
  Konseptuele
                      40–49       voorspelbare reeks teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
     Kennis
                        E        Skryf 'n verduideliking in voorspelbare/algemene denkprosesse.
                            Kognitiewe vlak: Toon vermoë om te interpreteer, met mekaar in verband te bring, toe te lig,
     Begrip
                            klassifiseer, op te som, te vergelyk en te verduidelik.
                             Denkproses: Definieer en pas kennis uit geheue toe. Integreer die vereistes van die vraag en bron
   Elementêr
                             op 'n ongekompliseerde/reguit/fundamentele vlak op 'n basiese wyse.
                      10–11      Kies voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne in 'n
     Feitlike
                      30–39       beperkte reeks teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
     Kennis
                        F        Skryf 'n verduideliking met voorspelbare denkprosesse.
                            Kognitiewe vlak: Toon elementêre vermoë om probleem op te los, te identifiseer, te noem, in
     Onthou
                            verband te bring, te definieer.
 Nie Behaal Nie              Denkproses: Onthou en pas kennis uit geheue toe. Probeer om vraag en bron te integreer, maar
                             toon beperkte tot basiese vermoë om die vereistes van die vraag en aanhaling op te los.
                       1–9
     Feitlike                    Kies voorbeelde in die toneelteks, die teaterbeweging en ander addisionele bronne in 'n
                      20–29
     Kennis                       beperkte, voorspelbare reeks teoretiese, praktiese en estetiese inhoud.
                        G
                            Kognitiewe vlak: Toon beperkte vermoë om te identifiseer, te noem, in verband te bring en te
     Onthou                 definieer.
 Nie Behaal Nie              Denkproses: Toon geen begrip van die vraag of bron nie, kan nie opstel skryf nie, gee geen
                             voorbeelde uit die toneelteks van die teaterbeweging. OF
     Feitlike           0        Bied feite aan wat nie verband met vraag het nie. OF
     Kennis             H        Nie in staat om te identifiseer, te noem, in verband te bring, te definieer nie.
                            Kognitiewe vlak: Bied gememoriseerde inligting en inhoud aan wat nie die vraag antwoord nie.
     Onthou

                                                                                     TOTAAL AFDELING A:                     30

Kopiereg voorbehou                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            6                          DBE/November 2021
                                     NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994
Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord.
VRAAG 2:             WOZA ALBERT! – PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
                     BARNEY SIMON
2.1      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat
         kennis en begrip van die intrige van die toneelstuk toon.
         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees
          Die volgende dien as 'n riglyn:
         'n Opsomming van die intrige (storie) kan soos volg wees:
           Die intrige is 'n 'verplasing van die Nuwe Testament' in die wêreld van
               Suid-Afrika tydens apartheid
          Intrige (storie) per toneel
           Die swaarkry van die mense word in elke toneel uitgebeeld
           Ons sien die stories en aksies van die vleisverkoper, die haarkapper, die
               mans in die tronk, die mans op die trein, die steenkoolverkopers, die man
               wat die jas maak, die Albert Straat-toneel, Coronation Brickyard, Robben-
               eiland wat die fasette van die Suid-Afrikaanse samelewing toon
          Intrige per aksie
           Die karakters wag vir Morena om na Suid-Afrika toe te kom
           Morena kom aan, verskyn in Albert Street en word na Coronation
               Brickyard genooi
           Morena word verraai, gevang, ontsnap, word weer gevang en op
               Robben-eiland in die tronk gesit
           Morena loop op water na Kaapstad toe hy as gevolg van 'n
               bomontploffing gesterf het maar hy herrys op die derde dag en verskyn
               aan Zuluboy by die begraafplaas
           Morena laat vryheidsvegters herrys, bv. Hector Peterson, Robert
               Sobukwe en Albert Luthuli (wat die oorsprong van die titel Woza Albert!
               is)
           Die gehoor word gelaat met inspirasie en hoop op verandering in die
               samelewing                                                                       (4)
2.2      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat
         kennis en begrip van die toneel en die impak wat dit op 'n gehoor kan hê,
         toon.
         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees
         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Die impak op 'n gehoor kan wees:
          Woede dat 'n ou vrou in 'n asblik vir kos moet rondkrap
          Empatie met haar situasie
          Motivering om mense soos sy in hulle gemeenskappe te help                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            7                         DBE/November 2021
                                     NSS – Nasienriglyne

2.3      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n
         begrip en analise van die apartheidstelsel toon.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Sommige van die gevolge van die apartheidstelsel soos gesien deur die
         karakter van Auntie Dudu wat:
          Baie oud en arm is en geen manier het om haarself te onderhou nie want
             die regering het nie voorsiening vir ou swart mense gemaak nie
          Baie honger is en geen geld het om kos te koop nie. Sy krap in die
             asblikke om kos te kry wat 'n daaglikse gebeurtenis is vir mense van kleur
          Al so lank onderdruk is dat sy glo dat wit mense wat groot partytjies hou
             haar oplossing is om kos te kry
          Die meerderheid swart mense verteenwoordig wat in haglike
             omstandighede leef
          Die struikelblokke wat deur baie mense ervaar is wat onder die streng
             apartheidswette moes leef wat geen toegang tot werk, behuising en ander
             geriewe gehad het nie, verteenwoordig
          Hoogtepunte van die struikelblokke van mense wat onder die
             Paswetstelsel moes leef wat die beweeglikheid van swart mense ernstig
             aan bande gelê het, weerspieёl                                                    (4)

2.4      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat
         kennis, begrip en toepassing van enige of beide vokale en fisiese
         vaardighede in die uitbeelding van 'n karakter toon.
         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees
         Die volgende dien as 'n riglyn:

         Mbongeni kan die volgende gebruik:

         Vokale Vaardighede:
          Sy toonhoogte verander om in die karakter van Auntie Dudu te verander
          Die eienskappe van spraak, soos volume, pas, beklemtoning, intonasie,
             ens. word gebruik om 'n ou vrou uit te beeld
         Fisiese Vaardighede:
          Sy karakter se ouderdom deur die gebruik van gepaste beweging en
             gebare te weerspieël
          Sy interpretasie van 'n ou vrou deur gepaste verandering in sy postuur te
             weerspieël
          Sy stem en liggaam te verander volgens sy interpretasie van 'n ou vrou
             deur haar stap, maniertjies en manier van praat                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           8                          DBE/November 2021
                                    NSS – Nasienriglyne

2.5      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n
         duidelike kennis en begrip van die Arm Teater-elemente wat gebruik is, toon.
         Ken volpunte toe vir:

            Twee goed gemotiveerde stellings

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Arm Teater-elemente kan die volgende insluit:
          Die akteur moet homself bloot lê deur die masker van die daaglikse lewe
             af te ruk en homself onthul
          Die gebruik van via – negativa om enige kunsmatige metodes of
             gewoontes af te leer
          Die akteur moet homself emosioneel, sielkundig, fisies en geestelik bevry
          Die akteur moet fiks wees en sy liggaam as 'n instrument van
             kommunikasie gebruik                                                              (4)

2.6      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat
         kennis, evaluering, empatie en kreatiwiteit toon in die assessering van die
         belangrikheid van die temas en kwessies wat in karakters soos Auntie Dudu
         weerspieël word.

         Ken volpunte toe vir:
          Drie goed gemotiveerde stellings OF
          Ses aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Daaglikse ervarings van karakters soos Auntie Dudu kan wees:
          Armoede: Ons wêreld is vol mense wat arm is en dit is belangrik om
             hiervan bewus te wees om gemotiveer te voel om iets positief
             daaromtrent te doen
          Haweloosheid: Suid-Afrika het steeds 'n hoë persentasie hawelose
             mense en ons moet 'n sosiale gewete hê om verandering mee te bring
          Gebrek aan basiese menseregte (bv. kos, skuiling, lopende water) is
             kwessies wat nog opgelos moet word
          Klasmaats kan bewus word van die treurige toestand van behoeftiges in
             die wêreld
          'n Debat gee almal in die klas 'n geleentheid om hulle menings te lug en
             idees te gee vir oplossings oor hoe om in te gryp in die samelewing en dit
             verbeter
          Woza Albert!, as 'n stuk Protesteater, het ten doel om die samelewing te
             verbeter en die toneelstuk is steeds in staat om sy gehoor te leer, te
             inspireer, te mobiliseer en vatbaar te maak om veranderinge in ons
             wêreld aan te bring.                                                              (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           9                         DBE/November 2021
                                    NSS – Nasienriglyne

2.7      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat
         kennis en analise van die voordele van die vaardighede wat in die vak
         Dramatiese Kunste geleer is, toon wat moontlik die aanbied van 'n dinamiese
         en doeltreffende les kan verbeter. Die les kan virtueel aangebied word.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Die vaardighede wat jy aangeleer het:

         Fisiese:
          Gebruik 'n energieke manier om aan te bied, wat moontlik die gehoor se
             aandag sal trek
          Die gebruik van lewendige gesigsuitdrukkings wat die betekenis en
             boodskap ondersteun
          Projekteer selfvertroue om met 'n gehoor te praat en om die klasdinamiek
             te beheer.
          Die gebruik van n duidelike goed gemoduleerde stem
         Toneelspelvaardighede:
          Die vermoë om te fokus en om die klas te laat fokus.
          Luistervaardighede vir vrae vanaf die deelnemers en klasbespreking.
          Kreatiewe denke wat nuwe maniere om aan te bied en oplossings vir
             kwessies wat in die bespreking opduik, te inkorporeer.
          Dramatisering van 'n karakter terwyl die toneel uit die voorgeskrewe teks
             aangebied word, sal die klas vermaak en hulle verbeelding inspireer.
                                                                                             (4)

2.8      Verwys na die notas hieronder en BYLAE A om jou nasienproses te
         vergemaklik.

         Nasieners aanvaar antwoorde wat die ervarings evalueer van karakters en
         temas in Woza Albert! En vergelyk met die huidige en toekomstige Suid-Afrika

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Interpretasie van vorige, huidige en toekomstige Suid-Afrika kan ŉ
         bespreking van die volgende insluit:
          Armoede
          Oneweredige verspreiding van rykdom
          Haweloosheid
          Werkloosheid en werkstoestande
          Noodtoestand
          Vryheid van beweging
          Polisiewreedheid
          Lewensverlies
          Onderwys
          Sosiale en geografiese isolering
          Sielkundige en maatskaplike impak/invloed
         Moet NIE 'n lys woorde aanvaar NIE. Kandidate moet hulle punte motiveer.            (10)
                                                                                             [40]
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          10                         DBE/November 2021
                                    NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: SOPHIATOWN – THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY

3.1      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat
         kennis en begrip van die intrige van die toneelstuk toon.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         'n Opsomming van die intrige kan soos volg wees:
          Jakes tree as die verteller van die gebeure op
          Die toneelstuk handel oor die gedwonge verskuiwings wat mense uit hulle
             huise uit, in Sophiatown ervaar is
          Ruth Golden daag op in reaksie op 'n advertensie wat deur Jakes in Drum
             Magazine geplaas is en trek by Mamariti se huis in
          Lewe en verhoudings in Sophiatown word weerspieël deur die kom en
             gaan by van mense die huis
          'n Uitsettingbevel skep spanning en ontsteltenis en verset, 'We Won't
             Move' ('Ons Sal Nie Trek Nie')
          Die G-men se aankoms 'n paar dae vroeër as wat in die bevel gestipuleer
             is, veroorsaak verwoesting en chaos in die gemeenskap en sy mense
          Die toneelstuk eindig met die karakters wat die gebeure oorvertel en die
             invloed verduidelik wat die gedwonge verskuiwings op hulle gehad het             (4)

3.2      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat
         kennis en begrip van toneel en die impak wat dit op 'n gehoor kan hê.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stelling OR
          Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Die impak van hierdie toneel:
          Mingus probeer Charlie oortuig om agter te bly, en om hom nie te volg nie
             want hy moet na die nuwe plek, soos deur die regering gestipuleer, gaan.
             Dit veroorsaak angs en benoudheid vir Charlie en dit kan veroorsaak dat
             lede van die gehoor sterk op die onregverdigheid reageer
          Charlie wil nie agterbly nie, hy wil saam met Mingus gaan
          Mingus probeer hom oorreed om te bly en vir die eerste keer maak dit
             hom bewus dat hulle nie dieselfde is nie, want Mingus is swart en Charlie
             is n kleurling wat kan veroorsaak dat lede van die gehoor kwaad of
             ontsteld word as gevolg van die rassisme en diskriminasie van die
             apartheid- regering
          Lede van die gehoor kan empatie hê met Charlie wat geforseer word om
             alle bande met Mingus en familie te breek                                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         11                         DBE/November 2021
                                   NSS – Nasienriglyne

3.3      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat
         begrip en analise van die gevolge van die apartheidstelsel toon.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Die gevolge van die apartheidstelsel kan wees:
          Die stelsel het mense volgens ras geskei. Die apartheidsregering het die
             inwoners met geweld verwyder en hulle in verskillende plekke geplaas
             (segregasie)
          Beperkings op vryheid van beweging het mense beïnvloed
          Bande tussen mense, wat na aan mekaar was, is gebreek, soos in die
             geval van Charlie en Mingus, en Ruth en Jakes
          Die apartheidsregering wou nie erken dat mense uit verskillende kulturele
             agtergronde en verskillende rasse in harmonie kon saamleef nie
          Voorgeskrewe superioriteit van 'n sekere groep mense, blankes, oor
             ander mense, swart mense, het rasse-, sosiopolitieke en ekonomiese
             verdelings in Suid-Afrika veroorsaak                                            (4)

3.4      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat
         kennis, begrip en toepassing van een of albei vokale en fisiese vaardighede
         in die uitbeelding van 'n karakter toon.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Die akteur wat Mingus uitbeeld kan sy deernis teenoor Charlie toon
         deur:
         Vokale:
          Variasie van sy vokale dinamiek om die verskillende emosies wat Mingus
             ervaar, te illustreer
          Gebruik die eienskappe van spraak, soos volume, pas, klem, intonasie,
             ens. om sy deernis en sy verhouding met Charlie uit te beeld
         Fisiese:
          Weerspieël sy karakter se angs en omgee in die gepaste gebruik van sy
             bewegings en gebare
          Gepaste gesigsuitdrukkings om te wys hoe hy voel                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             12                             DBE/November 2021
                                       NSS – Nasienriglyne

3.5      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis,
         begrip en toepassing van Stanislavski se tegniek/metode toon. Aanvaar antwoorde
         van kandidate wat ander metodes bespreek
         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees
          Die volgende dien as 'n riglyn:
          Stanislavski se tegniek/metode kan die akteur help deur gebruik van:
           Geloofwaardige interpretasie: van doel en motivering, emosies, fisikaliteit en
              vokale eienskappe vir 'n spesifieke karakter om geloofwaardigheid te skep
           Emosionele geheue: die akteur wat die rol van Mingus speel, kan put uit
              persoonlike ervarings om hierdie emosionele werklikheid in sy/haar toneelspel te
              benut
           Magiese as of ('Magic if'): die akteur moet lewe asof hy die karakter is. Vokale
              en fisiese reaksies kan daarom verskil van opvoering tot opvoering, maar sal
              altyd realisties wees
           Aandagsirkels ('Circles of attention'): die akteur se fokus moet op die wêreld
              van die toneelstuk wees, nie op die gehoor nie
           Motivering: die akteur moet 'n rede vir elke aksie (lyn, gedrag, houding,
              emosies) hê. Die dialoog van die karakters is televant tot hulle sosio-
              ekonomiese agtergrond
           Gegewe omstandighede: die karakters praat en luister na mekaar en reageer
              as gevolg van wat die ander karakter gedoen/gesê het. Karakters het 'n verlede
              en toekoms voor en na die toneelstuk en wat na die toneelstuk oopmaak en
              afsluit. Daarom word 'n deel van die lewe op die verhoog uitgebeeld en die
              toneelstuk word slegs as 'n gedeelte van die geheel beskou
           Realisme in die teater: Werklike gebeurtenisse, emosies, situasies, dialoog en
              karakters word aangebied. Die karakters is almal ten volle ontwikkel met 'n
              sosio-ekonomiese-,      politieke-;   persoonlike-;  sielkundige-,   emosionele
              agtergrond.                                                                            (4)
3.6      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis,
         evaluering, empatie en kreatiwiteit in die assessering van die belangrikheid van die
         temas en kwessies wat deur karakters, soos Mingus en Charlie, weerspieël word,
         toon.
         Ken volpunte toe vir:
           Drie goed gemotiveerde stellings OF
           Ses aparte gedagtes/idees
          Die volgende dien as 'n riglyn: 'n Debat:
           Gee almal in die klas 'n geleentheid om hulle menings te lug en idees te gee vir
              oplossings om in die samelewing tot aksie oor te gaan
           Illustreer hoe Sophiatown, as 'n stuk Protesteater, beoog om die samelewing ten
              goede te verander en die toneelstuk kan steeds sy gehoor onderrig, inspireer,
              sensiteer en mobiliseer om veranderinge in ons wêreld te begeer en te maak
          Kwessies: 'n Debat:
           Kan illustreer dat ons wêreld vol is van mense wat arm is en dit is belangrik om
              hiervan bewus te wees om gemotiveerd te wees om iets daaraan te doen
           Kan identifiseer dat Suid-Afrika nog steeds 'n hoë persentasie hawelose mense
              het en dat 'n maatskaplike bewussyn nodig is om dit te verander
           Kan aandui wat karakters, soos Mingus en Charlie, in staat is om te doen om te
              oorleef , wettig of onwettig
           Kan uitlig hoe die gebrek aan basiese menseregte: (bv. kos, skuiling, lopende
              water) nog is kwessies is wat nog aangepak moet word
           Kan klasmaats aanmoedig en motiveer om meer bewus te word van die
              benardheid van behoeftiges in die wêreld                                               (6)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          13                         DBE/November 2021
                                    NSS – Nasienriglyne

3.7      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat
         kennis en analise van die voordele van die vaardighede wat in die vak
         Dramatiese Kunste geleer is, toon wat moontlik die aanbied van 'n dinamiese
         en doeltreffende les kan verbeter. Die les kan ŉ virtuele voorstelling wees.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Die vaardighede wat jy aangeleer het:
         Fisiese:
          'n Energieke manier van aanbieding wat moontlik die aanlyn gehoor se
             aandag sal trek
          Die gebruik van lewendige gesigsuitdrukkings wat die betekenis en
             boodskap ondersteun
          Die gebruik van n duidelike goed gemoduleerde stem
         Optrede:
          Die vermoë om te fokus en om die klas te laat fokus.
          Luistervaardighede vir vrae vanaf die deelnemers en klasbespreking.
          Selfvertroue om met 'n gehoor te praat en die klasdinamiek te beheer
          Kreatiewe denke wat nuwe maniere om aan te bied en oplossings vir
             kwessies wat in die bespreking opduik, te inkorporeer.
          Dramatisering van 'n karakter terwyl die toneel uit die voorgeskrewe teks
             aangebied word, sal die klas vermaak en hulle verbeelding inspireer.            (4)

3.8      Verwys na die notas hieronder en BYLAE A om jou nasienproses te
         vergemaklik.

         Nasieners aanvaar antwoorde wat die ervarings van die karakters en temas in
         Sophiatown, met die huidige en toekomstige Suid-Afrika vergelyk en evalueer.

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Interpretasie van die verlede, huidige en toekomstige Suid-Afrika kan ŉ
         bespreking insluit:
          Armoede
          Oneweredige verspreiding van rykdom
          Haweloosheid
          Werkloosheid en werkstoestande
          Noodtoestand
          Vryheid van beweging
          Polisiewreedheid
          Lewensverlies
          Onderwys
          Maatskaplike en geografiese isolering
          Sielkundige en emosionele impak/invloed
         Moet NIE 'n lys woorde aanvaar NIE. Kandidate moet hulle punte motiveer.            (10)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         14                         DBE/November 2021
                                   NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS – PG DU PLESSIS

4.1      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat
         kennis en begrip van die intrige van die toneelstuk toon.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         'n Opsomming van die intrige kan soos volg wees:
          Tjokkie, Tiemie en Ma woon in die Suburbs
          Tjokkie het 'n gawe – hy kan die toekoms voorspel, maar dit maak hom
             seer
          Tiemie is moontlik swanger met Jake se kind, maar wil nie met hom trou
             nie
          Fé stel voor dat Tjokkie moet voorgee om te sien en te sê dat Jakes nie
             die vader is van Tiemie se kind nie
          Giel wil geld op die perde verwed en vra Tjokkie om te sien watter perd
             gaan wen
          Jakes en Giel forseer Tjokkie om te sien deur hom dagga te gee en om
             hom te martel                                                                  (4)

4.2      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat
         kennis en begrip van toneel en die impak wat dit op 'n gehoor kan hê.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stelling OR
          Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Die impak van hierdie toneel:
          Ma is bekommerd en beskermend oor Tjokkie want sy weet hy kry seer
             wanneer hy 'sien' (in 'n beswyming/trans is)
          Die gehoor sal Ma se angs en pyn aanvoel
          Giel gebruik Ma en Tjokkie, wat die gehoor met afsku kan vervul, deur sy
             manipulering en die pyn wat hy Tjokkie veroorsaak
          Tjokkie hou nie daarvan om in die toekoms in te sien nie, en raak angstig
             as gevolg van die voorspelling wat hy maak. Hierdie weerstand en
             verwarring wat hy voel, sal deur die gehoor gedeel word wat met sy
             situasie empatie sal hê.                                                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         15                         DBE/November 2021
                                   NSS – Nasienriglyne

4.3      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat
         kennis en begrip van die tragedie van Tjokkie in BRON D toon.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Tjokkie se tragedie kan wees:
          Giel en Jakes forseer hom om te sien deur hom dagga te gee en hom
             te martel
          Tjokkie beskou sy vermoë om die toekoms te voorspel as 'n vloek
          Ander mense wil hierdie vermoë om die toekoms te voorspel vir hulle eie
             voordeel te gebruik
          Tjokkie wil hê Tiemie moet van Jakes ontslae raak en hy voorspel dat
             Jakes nie die pa is nie wat tot die tragiese einge van die teks lei
          Na sy aanval/voorspelling is Tjokkie vir 'n dag in 'n beswyming/trans. Die
             gehoor kan sy pyn aanvoel en empatie vir hom hȇ                                 (4)

4.4      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat
         kennis, begrip en toepassing van een of albei vokale en fisiese vaardighede
         in die uitbeeld van 'n karakter toon.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Die akteur wat Tjokkie speel, kan vokale OF fisiese vaardighede gebruik
         deur:
         Vokale:
          Variasie van sy vokale dinamiek om die verskillende emosies waardeur
             hy gaan, te illustreer
          Die eienskappe van spraak, soos volume, pas, klem, intonasie, ens. te
             gebruik om sy emosionele toestand en die sielkundige moeite wat dit vat
             om te voorspel en te 'sien', uit te beeld
         Fisiese:
          Sy karakter se toestand van vasgeketting en uitputting deur sy bewegings
             en gebare te weerspieël
          Gepaste gesigsuitdrukkings om te wys hoe hy voel                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           16                          DBE/November 2021
                                     NSS – Nasienriglyne

4.5      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat
         kennis, begrip en toepassing van Stanislavski se tegniek/metode toon.
         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees
         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Stanislavski se tegniek/metode kan die akteur help deur gebruik van:
          Geloofwaardige interpretasie: van bedoeling, emosies, fisikaliteit en
             vokale eienskappe vir 'n spesifieke karakter om geloofwaardigheid te
             skep
          Emosionele geheue: die akteur wat die rol van Tjokkie speel, kan put uit
             persoonlike ervarings om hierdie emosionele werklikheid in sy/haar
             toneelspel te benut
          Magiese as of ('Magic if'): die akteur moet lewe asof hy die karakter is.
             Vokale en fisiese reaksies kan daarom verskil van opvoering tot
             opvoering, maar sal altyd realisties wees
          Aandagsirkels ('Circles of attention'): die akteur se fokus moet op die
             wêreld van die toneelstuk wees, nie op die gehoor nie
          Motivering: die akteur moet 'n rede vir elke aksie (lyn, gedrag, houding,
             emosies) hê. Die dialoog van die karakters is tipies van hulle sosio-
             ekonomiese agtergrond
          Gegewe omstandighede: die karakters praat en luister na mekaar en
             reageer as gevolg van wat die ander karakter gedoen/gesê het. Karakters
             het 'n verlede en toekoms voor en na die toneelstuk en wat na die
             toneelstuk oopmaak en afsluit. Daarom word 'n deel van die lewe op die
             verhoog uitgebeeld en die toneelstuk word slegs as 'n gedeelte van die
             geheel beskou
          Realisme in die teater: Werklike gebeurtenisse, emosies, situasies,
             dialoog en karakters word aangebied. Die karakters is almal ten volle
             ontwikkel met 'n sosio-ekonomiese-, politieke-; persoonlike-; sielkundige-,
             emosionele agtergrond.                                                             (4)
4.6      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat
         kennis, evaluering, empatie en kreatiwiteit in die assessering van die
         belangrikheid van die temas en kwessies wat deur karakters, soos Tjokkie,
         weerspieël word, toon.
         Ken volpunte toe vir:
          Drie goed gemotiveerde stellings OF
          Ses aparte gedagtes/idees
         Die volgende dien as 'n riglyn: 'n Debat:
          Mag die klasmaats meer bewus maak van die noodroep van diegene in
             die wêreld wat anders is, mishandel word en uitgebuit word
          Gee almal in die klas 'n geleentheid om hulle menings te lug en idees te
             gee vir oplossings om in die samelewing tot aksie oor te gaan
         Daaglikse ervarings van karakters soos Tjokkie kan: 'n Debat:
          Viktimisasie: Mense neig om te marginaliseer en hulle boelie diegene
             wat 'anders' is, of dit ras-, fisies-, kultureel, sielkundig, ekonomies is
          Die stryd om aanvaarding: Karakters, soos Tjokkie, sukkel om aanvaar
             te word en word dikwels mishandel of geboelie                                      (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         17                         DBE/November 2021
                                   NSS – Nasienriglyne

4.7      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat
         kennis en analise van die voordele van die vaardighede wat in die vak
         Dramatiese Kunste geleer is, toon wat moontlik die aanbied van 'n dinamiese
         en doeltreffende les kan verbeter. Die aanbieding / les kan ŉ virtuele
         aanbieding wees.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Die vaardighede wat jy aangeleer het:
         Fisiese:
          'n Energieke manier om aan te bied wat dalk die aanlyn gehoor se
             aandag sal trek
          Die gebruik van lewendige gesigsuitdrukkings om die betekenis en
             boodskap te ondersteun
          Die gebruik van n duidelike en goed gemoduleerde stem
         Optrede:
          Die vermoë om te fokus en om die klas te laat fokus.
          Luistervaardighede vir vrae vanaf die deelnemers en klasbespreking.
          Selfvertroue om met 'n gehoor te praat en die klasdinamiek te beheer
          Kreatiewe denke wat nuwe maniere om aan te bied en oplossings vir
             kwessies wat in die bespreking opduik, te inkorporeer.
          Dramatisering van 'n karakter terwyl die toneel uit die voorgeskrewe teks
             aangebied word, sal die klas vermaak en hulle verbeelding inspireer.            (4)

4.8      Verwys na die notas hieronder en BYLAE A om jou nasienproses te
         vergemaklik.

         Nasieners aanvaar antwoorde wat die ervarings van die karakters en temas
         van Siener in die Suburbs met die huidige en toekomstige Suid-Afrika
         vergelyk en evalueer.

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Interpretasies van die verlede, huidige en toekomstige Suid-Afrika kan ŉ
         bespreking insluit:
          Armoede
          Lewe in die Suburbs – lewe aan die verkeerde kant van die spoorlyn,
             dwelmgebruik en dobbel
          Werkloosheid en werkstoestande
          Noodtoestand
          Vryheid van beweging
          Polisiewreedheid
          Onderwys
          Maatskaplike en geografiese isolering
          Sielkundige en emosionele impak/invloed
         Moet NIE 'n lys woorde aanvaar NIE. Kandidate moet hulle punte motiveer.            (10)
                                                                                             [40]

                                                             TOTAAL AFDELING B:               40
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           18                       DBE/November 2021
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH – JOHN KANI
5.1      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat
         kennis en begrip asook feitelike en histories korrekte informasie van die
         agtergrond van die toneelstuk en die redes waarom die dramaturg dit geskryf
         het, toon. Kandidate kan hulle antwoorde in die eerste persoon as dramaturg
         skryf, maar kan ook objektief antwoord. Aanvaar albei tipes antwoorde.
         Ken volpunte toe vir:
          Een goed gemotiveerde stelling OF
          Twee aparte gedagtes/idees
         Die volgende dien as 'n riglyn:

         Die inspirasie vir die toneelstuk is die volgende:
         Die WVK: onder andere, was die inspirasie vir die onstaan van hierdie
         toneelstuk
          Die stories en die gebeure wat deur die WVK aangehoor en gesien is en
             ook dit waarvoor die Kommissie gestaan het, het my herinner aan my eie
             lewenservarings en daarom het ek besluit om my toneelstuk te skryf
          Ek wou my eie persoonlike storie oor my grootword in New Brighton vertel
          John Kani het dit geskryf om eer te betoon aan sy aan jonger broer wat
             oorlede is                                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           19                           DBE/November 2021
                                     NSS – Nasienriglyne

5.2      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat
         begrip van die verhoudings van die karakters toon. Kandidate kan hulle
         antwoorde in die eerste persoon as dramaturg skryf, maar kan ook objektief
         antwoord. Aanvaar albei tipes antwoorde.
         Ken volpunte toe vir:
          Drie goed gemotiveerde stellings OF
          Ses aparte gedagtes/idees
         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Die verhouding tussen die karakters:
          Thando is Sipho se dogter, alhoewel daar onsekerheid oor Thando se
             ware vaderskap is omdat haar moeder 'n verhouding met Sipho se jonger
             broer, Themba, gehad het
          Sipho het die verhouding geheim gehou totdat hy deur Mandisa en
             Thando gekonfronteer is om die hele waarheid te vertel
          Hy het Thando as sy eie kind grootgemaak alhoewel hy geweet het daar
             is 'n moontlikheid dat sy nie syne is nie
          Thando is onderdanig aan haar vader wat respek vir die Afrika-Kultuur
             simboliseer
          Thando plaas sy behoeftes voor haar eie want sy is bekommerd dat hy
             alleen sal moet woon sou sy trou
          Sipho is Mandisa se oom want hy is haar eie vader, Themba, se ouer
             broer. Mandisa se aankoms krap die status quo in die Makhaya's se
             huishouding om want sy bring 'n kontrasterende leefstyl saam haar, wat
             met die eerste oogopslag as rebels beskou word. Sy neem nie bevele
             sonder om dit eers te bevraagteken nie, bv. sy stel aan Thando voor dat
             hulle een aand moet uitgaan, terwyl Thando aanvoer dat hulle nie kan nie
             want as 'n familie rou hulle nog oor Themba se afsterwe
          Mandisa en Thando is niggies gebaseer op die feit dat hulle vaders
             broers is. Dit is die moderne beskouing van hulle verhouding, maar in die
             konteks van die Afrika-kultuur is hulle in werklikheid susters want hulle het
             dieselfde bloedlyn                                                                   (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          20                          DBE/November 2021
                                    NSS – Nasienriglyne

5.3      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat
         begrip van die karakter van Themba en sy belangrikheid in die toneelstuk
         toon. Kandidate kan hulle antwoorde in die eerste persoon as dramaturg
         skryf, maar kan ook objektief antwoord. Aanvaar albei tipes antwoorde.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Themba is 'n belangrike karakter agter die skerms want:
          Hy is die katalisator in die toneelstuk want die toneelstuk draai rondom
             hom
          Die aankoms van sy as in ŉ begrafnis vaas begin die aksies en emosies
             van die toneelstuk. Sipho, Themba se broer, is ontsteld want daar is geen
             lyk (liggaam) nie, in plaas daarvan is dit as in 'n vaas. Sipho is
             bekommerd dat daar niks is om te begrawe nie en hy kan nie met die
             liggaam praat nie, soos wat die gebruiklik in sommige Afrika-kulture is
          Omdat Themba gesterf het, moet Mandisa en Thando weet wat die
             waarheid oor Sipho en Themba is en hoe hulle verhouding was
          Sipho se emosionele toestand lei tot sy uitbarstings                                (4)

5.4      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat
         begrip van die gekose plek waar die toneelstuk afspeel, toon. Kandidate kan
         hulle antwoorde in die eerste persoon as dramaturg skryf, maar kan ook
         objektief antwoord. Aanvaar albei tipes antwoorde. Leerders mag die stel op
         die verhoog (huis) of die omgewing bespreek.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende dien as 'n riglyn:
         Die keuse van die plek waar die toneelstuk afspeel:
          Die toneelstuk speel in die jaar 2000 in New Brighton af, 'n township in
             Port Elizabeth, in die Oos-Kaap
          Dit merk die begin van 'n nuwe millennium en 'n is 'n verwysingspunt
             tussen die verlede en die toekoms
          Liefde dryf die toneelstuk tot by die positiewe en hoopvolle afsluiting. Dit
             is die tyd van die WVK wat die proses van die karakters in die toneelstuk
             weerspieël want dit vereis ook 'n proses om voor die verlede te staan om
             die waarheid en genesing vir die toekoms te vind
          Die toneelstuk se plasing weerspieël die sosiopolitieke gebeure en
             beweging in Suid-Afrika se geskiedenis, asook 'n sielkundige en
             geestelike behoefte om met jou lewe aan te beweeg deur vergifnis en
             liefde                                                                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Dramatic Arts Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2021-eng/59ac94aa-ac72-4b29-8f5a-b3b5c91b2f32) — Dramatic Arts · QP · 2021 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2021-afr/c581c8fb-09f5-4ded-abed-96a01a6d4477) — Dramatic Arts · QP · 2021 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2020 Eng Memo](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2020-eng-memo/84cf6aef-34e8-4442-a29f-0a0d86734c6a) — Dramatic Arts · Memo · 2020 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2019-memo-eng/bacedb6b-a958-4cf7-8281-ea56b98c3b01) — Dramatic Arts · Memo · 2019 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2019-memo-afr/298a604b-a4d9-42d1-96c1-bf8b93485ea5) — Dramatic Arts · Memo · 2019 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2018 Memo Eng . . AMENDED FINAL . docx](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2018-memo-eng-amended-final-docx/89347ae3-9968-43ba-b954-a6fb451e341f) — Dramatic Arts · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-afr/b4a67589-411d-46bb-b333-65beeafd2138) — QP · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-afr/ee64452f-d716-4e2c-a4c0-eb6f240cdecb) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-eng/d7900b57-db36-4c03-9c8b-4da9102aed06) — QP · 2024 · Eng
- [Dramatic Arts May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/196a7629-8432-4e24-976d-ba79e198fc93) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/635df938-d2f8-4677-9753-430aa4581d96) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
