# Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2022 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Dramatic Arts memorandum from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 42 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2022-mg-afr/7fc13db5-8252-4005-b323-eb578e0d37fc
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 42

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2022 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2022-mg-afr/7fc13db5-8252-4005-b323-eb578e0d37fc)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     NASIONALE
                                 SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                                 DRAMATIESE KUNSTE

                                     NOVEMBER 2022

                                   NASIENRIGLYNE

    PUNTE: 150

                 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 40 bladsye en 2 bylaes.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          2                         DBE/November 2022
                                   NSS – Nasienriglyne

ALGEMENE AANTEKENINGE VIR DIE HOOFNASIENER EN NASIENERS

1.  Die doel van assesserings-/eksamenprosesse is nie net om die 'memorisering'
    van kennis wat onderrig en geleer is te bepaal nie, maar ook om die kompleksiteit
    van die denkproses wat die kandidaat toepas op die kennis wat uit die geheue
    herwin is, te bepaal.
2.  Die instrument wat gebruik word om hierdie twee komponente te assesseer,
    is Anderson en Krathwohl se hersiene Bloom se Taksonomie.
     6 kognitiewe moeilikheidsvlakke
     4 kompleksiteitsdenkprosesse
3.  Gebruik die eerste dag om die kwaliteit en hoeveelheid bewyse in die
    nasienriglyne te evalueer, die vereiste antwoorde te standaardiseer en om
    algemene definisies en begrippe te vind. Assimileer die:
     Verwagte antwoorde op elke vraag
     Die kognitiewe moeilikheidsvlak vereis van die kandidaat
     Die tipe denkproses en -kompleksiteit wat van die kandidaat verwag word
     Aksiewerkwoorde gebruik by elk van die kognitiewe vlakke en die tipes
        bewyse vereis (feite, konsepte, prosesse en denke)
4.  Maak 'n duidelik regmerkie langs die vereiste aspek van kognitiewe
    vlak/denkproses kompleksiteit/konsep/inhoud/vaardighede/kennis wanneer 'n
    punt toegeken word. Nasieners moet aktief betrokke raak by die antwoord
    • Verwys na die rubrieke aan die einde van die nasienriglyne.
5.  As die nasienriglyn nie duidelike riglyne verskaf nie, moet 'n nasiener, met kort
    kommentaar, aandui waarom punte toegeken moet word of nie.
6.  Daar moet gedurende die nasienproses etlike konsultasierondtes wees om te
    verseker dat nasien gestandaardiseer is.
7.   Merk holisties.
8.  Waar 'n kandidaat meer as die voorgestelde getal woorde geskryf het, moet hy/sy
    nie gepenaliseer word nie (bv. opstelvraag).
9.  Sien globaal na, waar moontlik. Nasieners aanvaar enige korrekte, relevante en
    goed gemotiveerde antwoorde.
10. Nasieners moet seker maak dat die kandidate se antwoorde ooreenstem met die
    KABV-dokument se Breë Onderwerpe en Onderwerpe (konsepte, vaardighede
    en kennis) en met die spesifieke vraag gevra.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          3                         DBE/November 2022
                                   NSS – Nasienriglyne

STANDAARDISERING VAN NASIEN IN AL DIE PROVINSIES

Nasien van Opstel- en Antwoordvrae

Die hoofnasiener in elke provinsie moet die paradigma waaruit die vrae en die
bygaande nasienriglyne ontwerp en opgestel is, verstaan:

o Item/ Inhoudsmoeilikheidsgraad:
  Hoe kompleks is die ontwerp van die vraag? Word die inhoud op die korrekte vlak
  geassesseer?
o Taakmoeilikheidsgraad:
  Wat is die kognitiewe vlak en denkproses wat van die kandidaat verwag word?
o Stimulusmoeilikheidsgraad:
  Hoe moeilik of maklik is dit om die bron te verstaan en toe te pas?
o Moeilikheidsgraad van die antwoord wat verwag word:
  Wat is die hoeveelheid/ aantal (hoeveel) en gehalte/ kwaliteit (hoe goed) van die
  verwagte antwoord wat van die kandidaat vereis word, soos in die nasienriglyne
  gegee?
  Is dit in lyn met die item, taak en stimulus?
  Is die punte toepaslik toegeken en geweeg?
                                                                         Leong: 2002

Wanneer nasieners aan die begin van die nasienproses opgelei word moet die
hoofnasiener in elke provinsie die volgende prosedure volg. Dit sal help met die
standaardisering van die puntetoekenning van kandidate se opstelle en antwoorde vir
elke deel van die eksamen. Dit sal ook nasionale nasienprosedures, -prosesse en -
uitslae standaardiseer.

Inleiding tot die taak
 Die nasieners moet lees wat die taak is wat deur die vraag vereis word en dit
    opsom
 Die nasieners moet die nasienriglyne lees
 Die nasieners moet alternatiewe antwoorde deel
 Verwagtinge vir kandidaatantwoorde moet opgesom word
 Moenie net die hoeveelheid bewyse (hoeveel inhoud verskaf) deel nie, deel ook
    die gehalte/kwaliteit van die bewyse.
 Die nasieners moet assesseer hoe goed die vraag beantwoord is

Inleiding tot die rubriek
 Die opleiers moet die rubriek met verwysing na die vraag hersien
 Die opleiers moet prosedures vir die toeken van holistiese punte (d.i. deur bewyse
    van die antwoord by die taal van die rubriek te pas en deur alle eienskappe ewe
    veel te laat weeg) hersien
 Die opleiers moet leiding gee in die hersiening van elke vraag en die
    ooreenstemmende rubriek

Oefen om individueel na te sien
 Die nasieners moet 'n stel opleidingskrifte individueel en onafhanklik nasien
 Die opleiers moet die punte aanteken en die bespreking lei. Die opleidingskrifte
   moet die punte en kommentaar bevat

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            4                         DBE/November 2022
                                     NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: 20ste-EEUSE TEATERBEWEGINGS

VRAAG 1

Die volgende is 'n riglyn:

Die kandidaat moet:

   Hierdie vraag in die vorm van 'n opstel beantwoord word met die titel van die
    toneelstuk as „n hoofopskrif vir die opstel
   Hierdie antwoord skryf met verwysing na die toneelteks wat hy/sy as 'n voorbeeld
    bestudeer het
   EEN van drie bewegings as die konteks verwys: Teater van die Absurde OF Epiese
    Teater OF Postmoderne Teater verwys
   Na die relevante bronmateriaal in die antwoord verwys
   Toon dat die vraag en bron in sy/haar opstel verstaan, ontleed, geëvalueer en
    geïntegreer is
   Nota: as 'n kandidaat nie elke moontlike feit, voorbeeld, tema, ens. noem nie, mag
    hulle nie gepenaliseer word nie. Die fokus van puntetoekenning is die kwaliteit van
    die argument gemeet teen die matriks/kriteria

Die inhoud van die opstel moet die volgende dek:
 Die vraag
 Die bron
 Hoe teater die kandidaat se persoonlike lewe, die lewens van ander mense en ook
    die samelewing as 'n geheel weerspieël
 Keuse van karakters en temas uit die toneelteks om die bespreking en argument te
    steun
 Die 20ste-eeuse teaterbeweging wat die kandidaat bestudeer het (Teater van die
    Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater)

Nasieners moet die volgende in ag neem:
 Die kandidaat moet toon dat die bogenoemde verstaan, krities ontleed en in die
  opstel toegepas is
 Kennis wat gememoriseer is, moet in 'n oorspronklike argument gekontekstualiseer
  word wat feitlike, kontekstuele, prosedure- en metakognitiewe denke toon
 Die rubriek is 'n riglyn vir die nasiener om die volgende te assesseer:
   o     Kognitieweprosesdimensievlakke (onthou, verstaan, toepas, ontleed,
         evalueer en skep)
   o     Kompleksiteit van denke deur die kandidaat getoon (feitelik, konseptueel,
         prosedureel metakognitief)
 Neem alle instruksies van die vraag in ag wanneer die opstel nagesien word
 Die nasieners moet bevoeg wees in die betekenis en toepassing van:
   o     Bloom se Taksonomie se kognitiewe vlakke en denkprosesse
   o     Die rubriek se kriteria en vlakbeskrywers
 Die nasieners moet opgelei word oor hoe om al ses die kognitiewe vlakke asook
  die vier denkprosesse te gebruik en toe te pas om die kandidate se prestasievlakke
  te meet
 Die nasieners moet punte toeken vir die gehalte van die kandidate se denke oor die
  inhoud en nie vir die lengte of hoeveelheid inhoud verskaf nie
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                      5                                         DBE/November 2022
                                               NSS – Nasienriglyne

  BESKRYWER         PUNTE     DIE KANDIDAAT SE ANTWOORD TOON 'N VERMOË OM:
                              •   Kognitiewe vlak en denkproses:
                                  Skep, ontdek, vernuwe, verander op 'n uitstaande wyse met metakognitiewe denke oor die
                     27–30        inhoud
   Uitstaande
                              •   Argument:
                   90–100%        Skep 'n nuwe, unieke en gedifferensieerde argument wat refleksiewe, kreatiewe, kritiese
 Metakognitiewe
                                  en analitiese denke op 'n uitstaande vlak toon
                      A+      •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
      Skep
                                  Gebruik en kontekstualiseer uitstaande bykomende bronne uit die toneelteks en die
                                  teaterbeweging op 'n uitstaande wyse. Voorbeelde kom uit die toneelteks en die
                                  teaterbeweging binne 'n omvattende reeks insiggewend gekose inhoud
                              •   Kognitiewe vlak en denkproses:
                                  Beoordeel, lewer kritiek en evalueer op 'n uitstekende manner met metakognitiewe denke
                                  oor die inhoud
   Uitstekend        24–26
                              •   Argument:
                                  Stel 'n argument volgens 'n interessante patroon wat bewyse toon van refleksiewe, kritiese
  Metakognitiewe    80–89%
                                  en analitiese denke op 'n uitstekende vlak
                              •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
    Evalueer          A
                                  Gebruik en kontekstualiseer uitstaande bykomende bronne uit die toneelteks, die
                                  teaterbeweging op 'n uitstekende wyse. Voorbeelde kom uit die toneelteks, die
                                  teaterbeweging binne 'n omvattende reeks toepaslik gekose inhoud
                              •   Kognitiewe vlak en denkproses:
                                  Maak gevolgtrekkings, dekonstrueer konsepte, ontdek op 'n verdienstelike wyse; met
  Verdienstelik      21–23
                                  proseduredenke oor die inhoud
                              •   Argument:
   Prosedurieël     70–79%
                                  Stel 'n argument wat kritiese en analitiese denke op 'n verdienstelike vlak toon
                              •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
     Ontleed          B
                                  Gebruik en kontekstualiseer voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander
                                  bykomende bronne binne 'n omvattende reeks toepaslik gekose inhoud
                              •   Kognitiewe vlak en denkproses:
    Wesenlik         18–20        Pas toe, konstrueer, integreer op 'n wesenlike vlak met proseduredenke oor die inhoud
                              •   Argument:
  Prosedurieël      60–69%        Stel 'n argument wat kritiese en analitiese denke op 'n wesenlike vlak toon
                              •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
     Toepas           C           Integreer voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende bronne
                                  binne 'n wesenlike reeks gekose inhoud
                              •   Kognitiewe vlak en denkproses:
   Voldoende         15–17        Interpreteer, illustreer, klassifiseer op 'n voldoende vlak; met konseptuele denke oor inhoud
                              •   Argument:
   Konseptueel      50–59%        Stel 'n argument wat begrip en konseptualisering van kennis op 'n voldoende vlak toon
                              •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
     Begrip           D           Verskaf voldoende voorbeelde uit die toneelteks binne 'n algemene reeks voorspelbare
                                  inhoud
                              •   Kognitiewe vlak en denkproses:
   Gemiddeld         12–14        Verduidelik op 'n gemiddelde vlak; met konseptuele denke oor inhoud
                              •   Argument:
   Konseptueel      40–49%        Stel 'n argument wat 'n verduideliking en denke op 'n gemiddelde vlak toon
                              •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
     Begrip           E           Gebruik 'n paar voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende
                                  bronne binne 'n beperkte en gemiddelde reeks inhoud
                              •   Kognitiewe vlak en denkproses:
    Elementêr                     Identifiseer, noem, definieer op 'n elementêre vlak; met feitelike denke oor die inhoud
                     10–11    •   Argument:
      Feitlik        30–39        Stel 'n argument wat denke op 'n elementêre vlak toon
                       F      •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
     Onthou                       Kies slegs 'n paar voorbeelde uit die toneelteks, die teaterbeweging of ander bykomende
                                  bronne
                              •   Kognitiewe vlak en denkproses:
  Nie Behaal Nie     1–9
                                  Op 'n beperkte vlak identifiseer, noem; met beperkte feitelike denke oor inhoud
                              •   Argument:
      Feitlik       20–29%
                                  Stel 'n argument saam wat feite op 'n voorspelbare beperkte vlak toon
                              •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
     Onthou           G
                                  Verskaf idees of inligting, maar op 'n beperkte vlak
                              •   Kognitiewe vlak en denkproses:
  Nie Behaal Nie                  Baie min of geen inligting nie. Kan nie gedagtes in woorde uitdruk nie.
                        0     •   Argument:
      Feitlik       0 – 19%       Onvermoë om 'n opstel saam te stel; te identifiseer, noem, in verband te bring en om
                       H          genoeg feite te verskaf
     Onthou                   •   Die dramatiese beweging, toneelteks, vraag en bron:
                                  Geen bewyse van enige feitelike kennis nie
                                                                                        TOTAAL AFDELING A:                        30
Kopiereg voorbehou                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            6                       DBE/November 2022
                                     NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994

Die kandidaat moet slegs EEN vraag in hierdie afdeling beantwoord.

VRAAG 2:             WOZA ALBERT! – PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
                     BARNEY SIMON

2.1      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en
         begrip van verhoogaanwysings toon.

         Ken volpunte toe vir:
          Een goed gemotiveerde stelling OF
          Twee aparte gedagtes/ idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die funksie van verhoogaanwysings is om:
          Die gedagtes en bedoeling van die dramaturg te weerspieël wat nie net
             deur slegs dialoog in die toneelteks gedoen kan word nie
          Leiding te gee oor die akteurs se fisikaliteit, plasing op die verhoog en
             gedrag/ optrede op die verhoog
          Die tipe verhoogruimte benodig vir die toneelstuk, tipes akteurs benodig,
             rekwisiete en kostuums te bepaal
          Te bepaal hoe die karakters moet lyk bv. Aunty Dudu sal „n tjalie dra            (2)

2.2      Nasieners aanvaar antwoorde wat kennis en begrip van die tegniese
         elemente van 'n produksie toon.

         Die volgende is 'n riglyn:
          Ken twee punte toe vir die korrekte antwoord.

         Die tegniese element is beligting                                                  (2)

2.3      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip
         toon van hoe die gebruik van tegniese elemente die dramatiese effek en die
         impak van 'n produksie skep.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/ idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die dramatiese effek geskep deur die beligting is dat:
          Die ligte verdof word om die gehoor se aandag op die verhoogarea en die
             aksie van die toneelstuk te fokus
          Die liggame van die akteurs vir die gehoor sigbaar is
          Die liggame van die akteurs gevorm en gedefinieër word
          Die fokus geplaas word op wat verlig is, in hierdie geval die akteurs
          Dit die stemming van die toneel skep, bv.
             o Deur die beligting te verdof kan 'n somber stemming geskep word              (4)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            7                          DBE/November 2022
                                     NSS – Nasienriglyne

2.4      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis,
         begrip en toepassing van vokale en/ of fisiese vaardighede in die vertolking
         van 'n karakter toon.
         Ken volpunte toe vir:
          Drie goed gemotiveerde stellings OF
          Ses aparte gedagtes/idees
         Die volgende is 'n riglyn:
         Vokale vaardighede
         Die akteurs kan:
          Die eienskappe van spraak soos volume, toonhoogte, pas, beklemtoning
             en ideofone gebruik om die volgende uit te beeld en te kommunikeer:
              •    Hoe die akteurs musikante met hulle liggame geskep het
              •    Stemming, atmosfeer en emosies
              •    Karakters se karaktertrekke, persoonlikhede, gewoontes en
                   ingesteldhede om kwessies in die toneelstuk uit te lig
              •    Die jazz-orkes deur ritmiese maatslae vir die bongo-trom en diep
                   resonansie vir die saksofoon te skep
              •    Klanke van verskillende musiekinstrumente
              •    Die verandering van aksente en die gebruik van taal om in die
                   polisieman en musikante te verander
                                             EN/ OF
         Fisiese vaardighede
         Die akteurs kan:
          Hulle fisiese vaardighede soos beweging, gebare, gesigsuitdrukkings,
             gewig, postuur/ houding, energie, mimiek, fisiese teater, posisie,
             karakterisering en transformasie gebruik om die volgende uit te beeld en
             te kommunikeer:
             •    Stemming, atmosfeer en emosies
             •    Karaktertrekke, persoonlikhede, gewoontes, gedrag/ optrede en
                  houdings/ ingesteldheid
             •    Die skep van musiekinstrumente asook die speel van die
                  instrumente, selfs die skep van 'n jazz-orkes
             •    Die transformasie van die akteur van een karakter in 'n ander een
                  voor die gehoor                                                               (6)
2.5      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis
         van verhoogproduksie en 'n geldige assessering van 'n geskikte stel kan toon.
         Ken volpunte toe vir:
          Een goed gemotiveerde stelling OF
          Twee aparte gedagtes/ idees
         Die volgende is 'n riglyn:
         Die stel:
          Moet twee teekiste/ bokse en 'n klerereling bevat met 'n paar kostuums/
             rekwisiete wat daaraan hang
          Is minimalisties en multifunksioneel, bv. 'n boks of krat kan die helikopter,
             trein, vragmotor, ens. word
          Voldoen aan die beginsels van Arm/ Gestroopte Teater                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          8                          DBE/November 2022
                                   NSS – Nasienriglyne

2.6      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n analise
         van die akteurs se gebruik van die stel en die opvoerruimte toon.

            Sien holisties na

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die akteurs kan die stel en opvoerruimte gebruik:
          Om die toneelskikking van die omgewing te verander, bv.:
             o Percy en Mbongeni skep 'n beeld ('totem') om die openingstoneel van
                die toneelstuk uit te beeld
             o Die gebruik van die teekis word 'n platform as 'n verhoog waarop hulle
                die instrumente kan skep
             o Die voorkant van die teekis kan die gehoor word
             o Die teekis kan nader aan die gehoor geplaas word vir „n meer intieme
                verhouding met die gehoor
                                                                                             (8)

2.7      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en
         begrip van die positiewe in die lewens van die karakters toon.
         Ken volpunte toe vir:
          Drie goed gemotiveerde stellings OF
          Ses aparte gedagtes/ idees
         Die positiewe in die lewens van die karakters word in Visuele Beeld A
         uitgebeeld:
          Zulu boy en Bobbejaan dans en sing vrylik en met vrymoedigheid
          Sang en dans word 'n meganisme waardeur hulle van hulle
             onderdrukkende omstandighede kan ontsnap en dit hanteer
          Hulle toon 'n oomblik van vreugde en uitbundigheid ten spyte van hulle
             swaarkry
          'n Gevoel van eenheid, kameraderie en vriendskap is geskep ten spyte
             van hulle swaarkry en veeleisende werk
          Hulle trotseer die strawwe toestande waaronder hulle lewe en werk                 (6)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            9                            DBE/November 2022
                                     NSS – Nasienriglyne

2.8      Verwys na die notas hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk toe te lig.
         Nasieners aanvaar antwoorde wat temas en boodskappe identifiseer en
         evalueer soos in die visuele beelde uitgebeeld.

         „n Kandidaat kan slegs drie punte verdien as dit net gelys is.
         Die volgende is 'n riglyn:
         Die evaluering van die temas en boodskappe kan 'n bespreking van die
         volgende insluit:
          Paswette:
             Swart mense is verplig om ten alle tye 'n pasboek of 'dompas' aan hulle
             persoon te dra. Indien hulle dit nie gedoen het nie, het hulle
             gevangenskap deur die apartheidpolisie in die gesig gestaar
          Die gebrek aan vryheid:
             Die apartheidstaat het swart mense verbied om na sekere gebiede te
             gaan en hulle kon slegs in gebiede wat deur die regering goedgekeur is,
             woon. Swart mense is die vryheid om te loop, reis en te woon waar hulle
             wou, ontsê
          Polisiewreedheid:
             Die apartheidsregering het wrede wette geskryf en afgedwing om swart
             mense te onderdruk. Die behandeling wat swart mense by die
             polisiemagte gekry het, was onmenslik. Die polisie het mense ondervra,
             geslaan, gearresteer, aangehou en gemartel
          Werkloosheid:
             Swart mense moes 'n pasboek hê om in diens geneem te word. Maar
             slegs 'n beperkte aantal mense het pasboeke gekry. Indien hulle wel
             gekry het, moes die boeke, datums en stempels in die pasboek gereeld
             hernu word. Hierdie wrede stelsel het daartoe gelei dat die meerderheid
             swart mense werkloos was
          Armoede:
             Swart mense is nie toegelaat om hulle eie besighede te besit of te bestuur
             nie. Hulle is geforseer om vir wit mense te werk. Hulle is swak betaal en
             kon net vir geringe werk aansoek doen. Met die groot aantal mense en
             die swak salarisse wat werkende mense betaal is, was daar diep en
             pynlike armoede
          Verlies aan swart lewens:
             Die staatsveiligheidsmagte het dikwels tydens protesoptogte op swart
             mense geskiet en hulle doodgemaak. Baie swart mense is tot die dood
             gemartel tydens gevangenskap en ondervraging
          Gebrek aan onderwys:
             Die apartheidsregering het nie skole of onderwysers vir swart mense
             verskaf nie. As hulle het, was die geboue en salarisse nie genoegsaam
             om doeltreffende onderwys te lewer nie. Indien hulle skool toe gegaan
             het, is hulle gedwing om in 'n taal wat nie hulle moedertaal was nie, te
             leer. Hulle is ook gedwing om oor kulture te leer wat nie hulle eie was nie.
             Dit het daartoe gelei dat onderwysbeginsels en konsepte nie verstaan is
             nie of dat dit nie vir swart mense en hulle kulture relevant was nie.
             Die gebrek aan onderrig, of onderrig in 'n vreemde taal en kultuur het
             gelei tot 'n gebrek aan onderwys                                                    (10)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           10                       DBE/November 2022
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR THE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY

3.1      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en
         begrip van verhoogaanwysings toon.

         Ken volpunte toe vir:
          Een goed gemotiveerde stelling OF
          Twee aparte gedagtes/ idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die funksie van verhoogaanwysings is om:
          Die gedagtes en bedoeling van die dramaturg te weerspieël wat nie net
             deur dialoog in die toneelteks gedoen kan word nie
          Leiding te gee oor die akteurs se fisikaliteit, beweging, plasing op die
             verhoog en gedragoptrede op die verhoog
          Mondelingse leiding aan die akteurs te gee
          Aan die akteurs riglyne te gee bv. waarheen om te beweeg, hoe om te
             praat en wat om te doen in 'n lewendige produksie
          Die tipe verhoogruimte benodig vir die toneelstuk, tipes akteurs benodig,
             rekwisiete en kostuums te bepaal
          Te bepaal hoe die karakters moet lyk byvoorbeeld Mingus is „n bendelid
             en sal modieuse klere dra                                                      (2)

3.2      Nasieners aanvaar antwoorde wat kennis en begrip van die tegniese
         elemente van 'n produksie toon.

         Die volgende is 'n riglyn:
          Ken twee punte vir die korrekte antwoord toe.

         Die tegniese element is beligting.                                                 (2)

3.3      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip
         toon van hoe die gebruik van tegniese elemente die dramatiese effek en die
         impak van 'n produksie skep.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die dramatiese effek geskep deur die beligting is dat:
          Die ligte verdof word om die gehoor se aandag op die verhoogarea en die
             aksie van die toneelstuk te fokus
          Die liggame van die akteurs vir die gehoor sigbaar is
          Die liggame van die akteurs gevorm en gedefinieër word
          Die fokus geplaas word op wat verlig is, in hierdie geval die akteurs
          Dit die stemming van die toneel skep, bv.
             o Deur die beligting te verdof kan 'n somber stemming geskep word
             o Deur kleurvolle beligting te gebruik, kan 'n meer positiewe stemming
                geskep word                                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          11                         DBE/November 2022
                                    NSS – Nasienriglyne

3.4      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis,
         begrip en toepassing van vokale en/ of fisiese vaardighede in die vertolking
         van 'n karakter toon.

         Ken volpunte toe vir:
          Drie goed gemotiveerde stellings OF
          Ses aparte gedagtes/ idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Vokale vaardighede
         Die akteurs kan:
          Die eienskappe van spraak soos volume, toonhoogte, pas, beklemtoning
             en ideofone wat in die lied gebruik is om die volgende uit te beeld en te
             kommunikeer:
              •   Stemming, atmosfeer en emosies
              •   Karakters se karaktertrekke, persoonlikhede, gewoontes, gedrag en
                  ingesteldhede om kwessies in die toneelstuk uit te lig

                                            EN/ OF

         Fisiese vaardighede
         Die akteurs kan:
          Hulle fisiese vaardighede soos beweging, gechoreografeerde sekwense,
             gebare, gesigsuitdrukkings, gewig, postuur/ houding, energie, mimiek,
             fisiese teater, posisie, karakterisering en transformasie gebruik om die
             volgende uit te beeld en te kommunikeer:
             •     Stemming, atmosfeer en emosies
             •     Karaktertrekke, persoonlikhede, gewoontes, gedrag/ optrede en
                   houdings/ ingesteldheid                                                    (6)

3.5      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis
         van verhoogproduksie en 'n geldige assessering van 'n geskikte stel toon.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/ idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die stel:
          Is in 'n Brechtiaanse styl omdat dit bestaan uit plakkate, baniere, tekens
             en slagspreuke wat die gebeure in die toneelstuk beklemtoon, bv.
             gedwonge verskuiwing van die inwoners van Sophiatown en hulle verset
             daarteen ('We Won't Move')
          Moet die interieur van Mamariti se Diamond Shebeen bevat en die
             sitkamer van haar huis wys
          Die telegraafpale kan geplaas word sodat dit tussen die gehoor deur loop
             om die afstand tussen die akteurs en die gehoor te breek en om die
             vierde muur te verwyder.                                                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         12                         DBE/November 2022
                                   NSS – Nasienriglyne

3.6      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n analise
         van die akteurs se gebruik van die stel en die opvoerruimte toon.

            Sien holisties na

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die akteurs kan die stel en opvoerruimte gebruik:
          Om die toneelskikking van die omgewing te verander, bv.:
             •    'n Area van die verhoog af, maar steeds deel van die stel, is die
                  sjebeen wat klante gebruik om drank te drink, te dans en te sing
             •    Nog 'n area op die verhoog, maar deel van die stel, is waar Lulu
                  haar huiswerk doen
             •    Nog 'n area van die stel is waar Jakes sy kolom skryf
             •    As 'n vergader- en saamkomplek op die stel
          Om hulle status in die toneelstuk te toon, bv. Mamariti sit in die middel
             van die verhoog om aan te dui sy is die dominante karakter in die huis         (6)

3.7      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis,
         begrip en analise van die positiewe in die lewens van die karakters toon.

         Ken volpunte toe vir:
          Drie goed gemotiveerde stellings OF
          Ses aparte gedagtes/idees

         Die positiewes in die lewens van die karakters word in Visuele Beeld A
         uitgebeeld:
          'n Mens sien twee dansers wat energiek en met vreugde dans
          Musiek en dans bied die karakters tydelike ontsnapping van die
             werklikheid en die swaarkry van die lewe
          Die klere van die akteurs in die visuele beeld wys dat die karakters mooi
             klere aantrek en deel word van 'n lewendige en kosmopolitaanse leefstyl
             om so van die moeilike werklikheid in hulle lewens te ontsnap
          Die karakters trek mooi aan en gaan dans om hulle kultuur te vier en van
             hulle armoede te ontsnap                                                       (6)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           13                            DBE/November 2022
                                     NSS – Nasienriglyne

3.8      Verwys na die notas hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk toe te lig.

         Nasieners aanvaar antwoorde wat temas en boodskappe, soos in die visuele
         beelde getoon, identifiseer en evalueer.

         „n Kandidaat kan slegs drie punte verdien as dit net gelys is.

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die evaluering van die temas en boodskappe kan 'n bespreking oor die
         volgende insluit
          Gedwonge verskuiwings:
             Die apartheidsregering se wette het voorgeskryf dat sekere woongebiede
             gesloop moes word. Die gebiede wat vir sloping geïdentifiseer is, het aan
             Swart mense, Kleurlinge en Indiërs behoort. Stootskrapers het aangekom
             en alle geboue, kerke en huise verwoes. Mense is onder dwang uit hulle
             huise verwyder, op trokke gelaai en in gebiede afgelaai wat deur die
             regering gekies is. Die meeste van hierdie gebiede het geen
             infrastruktuur gehad nie, dit was ver van die stede en dikwels was daar
             geen omgewingsrykdom nie. Hierdie wreedheid het gebroke huise,
             onuitspreeklike smart, verskrikking/angs en trauma vir die mense wat in
             Sophiatown gewoon het, veroorsaak
          Protesoptogte/Verset:
             Daar was beplande protesoptogte deur die mense om die gedwonge
             verskuiwings teen te staan. Die versetoptogte het egter nie plaasgevind
             nie omdat die regering polisiemagte en stootskrapers drie dae voor die
             datum wat aan die mense gegee is, ingestuur het
          Gee die stemloses 'n stem:
             Die skeppers van Sophiatown, The Junction Avenue Theatre, wou die
             geskiedenis van die plek Sophiatown vertel. Die toneelstuk gee die
             stemloses 'n stem. Die stemloses is elke persoon wat in Sophiatown
             gewoon het en gewelddadig verwyder is. 'n Stem word ook aan die kuns
             wat verwoes is, gegee: die danse, liedjies, visuele kunste en skryfwerk
             deur joernaliste en dramaturge.
          Rasse- en kulturele diversiteit
             Sophiatown, die plek, was 'n lewendige, multikulturele en veelrassige
             gebied. Die gemeenskap van mense het verskille aanvaar en diversiteit
             gevier.
                                                                                                 (10)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          14                        DBE/November 2022
                                    NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS – PG DU PLESSIS

4.1      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en
         begrip van verhoogaanwysings toon.

         Ken volpunte toe vir:
          Een goed gemotiveerde stelling OF
          Twee aparte gedagtes/ idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die funksie van verhoogaanwysings is om:
          Die gedagtes en bedoeling van die dramaturg te weerspieël wat nie net
             slegs deur dialoog in die toneelteks gedoen kan word nie
          Leiding te gee oor die akteurs se fisikaliteit, plasing op die verhoog en
             gedrag/optrede op die verhoog
          Die akteurs mondelingse en fisieke leiding te gee op die verhoog
          Aan die akteurs riglyne te gee bv. waarheen om te beweeg, hoe om te
             praat en wat om te doen in 'n lewendige produksie
          Die tipe verhoogruimte benodig vir die toneelstuk, tipes akteurs benodig,
             rekwisiete en kostuums te bepaal
          Te bepaal hoe die karakters moet lyk byvoorbeeld Tjokkie dra „n overall
             want hy werk aan sy motor.                                                     (2)

4.2      Nasieners aanvaar antwoorde wat kennis en begrip van die tegniese
         elemente van 'n produksie toon.

         Die volgende is 'n riglyn:
          Ken twee punte toe vir die korrekte antwoord.

         Die tegniese element is die gordyn.                                                (2)

4.3      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n begrip
         toon van hoe die gebruik van tegniese elemente die dramatiese effek en die
         impak van 'n produksie skep.

         Ken volpunte toe vir:
          Een goed gemotiveerde stellings OF
          Twee aparte gedagtes/ idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die dramatiese effek geskep deur die oopmaak van die gordyn:
          Kondig aan dat die toneelstuk begin het
          Trek die aandag na die openingstoneel soos wat die wêreld van die
             toneelstuk onthul word
          Onthul die stel en omgewing, plaas die fokus op Tjokkie wat aan 'n motor
             in die agterplaas van hulle voorstedelike huis werk                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           15                           DBE/November 2022
                                     NSS – Nasienriglyne

4.4      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis,
         begrip en toepassing van vokale en/ of fisiese vaardighede in die vertolking van
         'n karakter toon.

         Ken volpunte toe vir:
          Vier goed gemotiveerde stellings OF
          Agt aparte gedagtes/idees

         Vokale vaardighede
         Die akteurs kan:
          Die eienskappe van spraak soos volume, toonhoogte, pas, beklemtoning,
             ideofone en woorde gebruik om die volgende uit te beeld en te
             kommunikeer:
              •    Stemming, atmosfeer en emosies
              •    Karaktertrekke, persoonlikhede, gewoontes en ingesteldhede
          Ma praat stadig om haar onsekerheid te beklemtoon
          Tjokkie en Ma gebruik beide lang pouses om hulle ongemak met mekaar te
             toon
          Tjokkie praat met 'n staccato-stem om sy kort humeur en buierigheid te toon
          Tjokkie en Ma projekteer hulle stemme omdat daar 'n afstand tussen hulle is
             (Ma is by die deur en Tjokkie is onder die kar)

                                             EN/OF

         Fisiese vaardighede
         Die akteurs kan:
          Hulle fisiese vaardighede soos beweging, gebare, gesigsuitdrukkings, gewig,
             postuur/ houding, energie, posisie, karakterisering en transformasie gebruik
             om die volgende uit te beeld en te kommunikeer:
             •    Stemming, atmosfeer en emosies
             •    Karaktertrekke, persoonlikhede, gewoontes, gedrag/optrede en
                  houdings/ ingesteldheid
          Die akteur wat Tjokkie speel, moet onder die kar inkruip
          Die akteur wat Tjokkie speel, toon sy passie vir motors deur sy vinnige,
             energieke gebare
          Die akteur wat Ma speel, kan stadig beweeg om haar hopeloosheid te toon               (8)
4.5      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis van
         verhoogproduksie en 'n geldige assessering van 'n geskikte stel toon.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die stel:
          Beeld die agterplaas van 'n laeklas-skakelhuis in die 1970's uit
          Moet die agterdeur en stoep van die huis toon
          Moet die garage met die kar toon
          Moet 'n oop area tussen die huis en die garage hê wat ruimte skep vir die
             meeste van die aksie
          Moet voldoen aan die beginsels van Realisme in die Teater deur die gebruik
             van bv. die stel, dekorbywerking, rekwisiete en meubels                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         16                         DBE/November 2022
                                   NSS – Nasienriglyne

4.6      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n analise
         van die akteurs se gebruik van die stel en opvoerruimte toon.

         Sien holisties na.

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die akteurs:
          Kan deur die gesproke woord, met hulle liggame en karakterisering die
             illusie van Realisme in die Teater skep
          Gebruik die stel as 'n realistiese omgewing vir die aksie deur 'n
             geloofwaardige wêreld te skep met die gebruik van 'n regte kar op die
             verhoog en regte meganiese gereedskap
          Gebruik die wasgoeddraad om klere op te hang om te wys dat hulle daar
             woon
          Gebruik die agterdeur om op die verhoog te kom en weer af te gaan
          Gebruik die garage met die kar en al die meganiese gereedskap om aan
             die kar te werk
          Gebruik die hek om op die verhoog te kom en weer af te gaan en skep
             die illusie dat daar na 'n werklike straat gegaan word                         (6)

4.7      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis,
         begrip en analise van die positiewe in die lewens van die karakters toon.
         Merkers aanvaar enige karakter wat bespreek word.

         Ken volpunte toe vir:
          Drie goed gemotiveerde stellings OF
          Ses aparte gedagtes/ idees

         Die positiewe van die lewens van die karakters word in Visuele beeld A
         uitgebeeld:
          Die visuele beeld lyk soos 'n stil en rustige oomblik vir Tiemie
          Jakes is nie by haar om druk op haar te plaas om 'n baba te hê nie
          Hy mishandel haar nie
          Sy verf haar naels wat kan beteken dat sy mooi wil lyk
          Indien sy mooi is, kan sy dalk by die 'dandies' inpas
          Indien sy inpas, kan sy dalk 'n lewe vir haarself maak onafhanklik van Ma
             en Jakes
          Sy kan dalk 'n huis in een van die ryk woonbuurte kry waar die 'dandies'
             woon
          Sy kan ontsnap uit die armoede van haar huidige woonbuurt en huis
          Sy kan uit haar gewelddadige verhouding met Jakes ontsnap                        (6)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           17                            DBE/November 2022
                                     NSS – Nasienriglyne

4.8      Verwys na die notas hieronder en BYLAE A om jou nasienwerk toe te lig.
         Nasieners aanvaar antwoorde wat temas en boodskappe, soos in die visuele
         beelde getoon, identifiseer en evalueer.

         „n Kandidaat kan slegs drie punte verdien as dit net gelys is‟
         Die volgende is 'n riglyn:
         Die evaluering van die temas en boodskappe soos in Visuele Beeld B
         uitgebeeld: 'n Man slaan 'n vrou.
          In Siener in die Suburbs kom ons te wete dat Jakes vir Tiemie geslaan
             het tot sy bloei
          Mishandeling in intieme verhoudings is orals 'n gereelde gebeurtenis
          In die visuele beeld klap Jakes vir Tiemie baie hard met sy hand. Dit is
             misbruik van sy mag. In verhoudings het ons almal mag en ons moet
             hierdie mag versigtig gebruik en nie mekaar deur een of ander vorm van
             mishandeling, subtiel of openlik te domineer nie.
          Mense word nie geleer wat die gebroke verhoudings wat deur
             mishandeling veroorsaak word, veroorsaak, uitmaak, voorkom en
             heelmaak nie.
          Daar is baie groepe in die samelewing wat spesifiek vir mishandeling
             (misbruik) geteiken word, bv. mense met uitdagings, vroue, bejaardes,
             albino's, kinders, buitelandse burgers, mense uit die LBGTQI+-
             gemeenskappe
          Ons moet leer wat mishandeling (misbruik) is, bv.:
             •     Verbaal:
                   Stiltes, geskree, gevloek, disfunksionele kommunikasie, geskinder,
                   lieg, aggressie in stem/ stemtoon/ woorde wat gekies word om mee
                   te kommunikeer
             •     Fisies:
                   Gestamp, gestoot, vinger gewys, aggressiewe gebare, geskop,
                   geklap, gestoei, geslaan, dreig met wapens, ens.
             •     Finansieel:
                   Weerhouding van geld, geld steel, geld op bedrieglike wyse maak
             •     Seksueel:
                   Verkragting, ontrou, flirtasie
             •     Emosioneel en sielkundig:
                   Manipulasie, lieg, verkleineer, verneder, boelie, stories verdraai,
                   beskaamd maak, blamering, weerhouding van goedkeuring,
                   weerhouding van liefde, iemand isoleer, iemand verwerp
          'n Paar oplossings om mishandeling (misbruik) te stop.
             •     Niemand moet enige van die tipes mishandeling (misbruik) hierbo
                   genoem, pleeg nie
             •     Stop enige van die genoemde tipes mishandeling wanneer jy sien
                   dat iemand dit pleeg of selfs indien dit reeds gebeur het
             •     Rapporteer mishandeling onmiddellik
             •     Kry ondersteuning by instellings of ervare praktisyns wat
                   spesialiseer in die voorkoming van mishandeling, bv. Rape Crisis,
                   Stop Violence Against Children and Women

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             18                          DBE/November 2022
                                       NSS – Nasienriglyne

         Armoede:

             •       Die karakters in die teks is arm-blanke individue.
             •       Hulle bly in die “suburbs”
             •       Slegs enkele van hulle het goed-betaalde werke
             •       Armoede kan lei tot:

                 • Alkolisme byvoorbeeld: Jakes raak dronk en veroorsaak chaos in
                 die lewe van hierdie familie
                 • Beperkte toekomsdrome byvoorbeeld: Fé wil net swanger raak met
                 Tjokkie se kind en het geen ambisie nie
                 • Dobbelary byvoorbeeld: Giel droom daarvan om „n fortuin daaruit te
                 maak
                 • Afhanklikheid en misleiding byvoorbeeld: Ma lewe van „n pensioen
                 waarvoor sy nie gewerk het nie (haar man se pensioen)

         Kandidate moet hul stellings motiveer.                                                  (10)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          19                          DBE/November 2022
                                    NSS – Nasienriglyne

AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994–KONTEMPORÊR

VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI

5.1      Nasieners aanvaar ander relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat
         kennis en begrip van Realisme in die Teater toon.

         Ken volpunte toe vir:
          Een goed gemotiveerde stelling OF
          Twee aparte gedagtes/ idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Realisme in die Teater sluit in:
          'n Realistiese stel, rekwisiete, kostuums, dialoog, karakters, beligting,
             klankeffekte en alle ander elemente/ fasette van die toneelstuk wat saam
             gebruik word om die illusie van werklikheid en die werklike lewe te skep –
             'n greep uit die lewe                                                             (2)

5.2      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis en
         begrip van die realistiese stel as 'n omgewing vir die aksie toon.

         Ken volpunte toe vir:
          Twee goed gemotiveerde stellings OF
          Vier aparte gedagtes/ idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die stel:
          Dit verteenwoordig die genre Realisme in die teater.
          Is die omgewing waar die dramatiese aksie/handeling plaasvind
          Is 'n boksstel wat 'n presiese weergawe van 'n township-huis is
          Is die huis van Sipho Makhaya
          Verteenwoordig 'n generiese township-huis: 3,6 x 7,2 meter
          Verteenwoordig 46 Madala Street, New Brighton
          Stel 'n sitkamer en kombuis voor met 'n suggestie van twee slaapkamers
             agter die kralegordyn wat van die verhoog afgaan
          Bevat gedetailleerde rekwisiete om die realistiese visuele prentjie op die
             verhoog te voltooi
          Het 'n straat wat ook deel van die omgewing van die toneelstuk is, net
             soos die lug bokant die huis wat deur die siklorama verlig is
          Buite die huis is daar sand of gruis en rommel wat op die grond lê wat die
             straat/ sypaadjie verteenwoordig                                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           20                          DBE/November 2022
                                     NSS – Nasienriglyne

5.3      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat 'n
         toepassing toon van hoe Stanislavski se Sisteem/ Metode 'n geloofbare
         optrede kan skep wanneer dit deur 'n akteur gebruik word om in 'n karakter te
         verander en hoe dit 'n gehoor laat empatie hê en glo aan die geskepte
         werklikheid op die verhoog, soveel so dat hulle dit op hulle eie lewens toepas.

         Ken volpunte toe vir:
          Drie goed gemotiveerde stellings

         Stanislavski se Sisteem/ Metode kan die akteur help deur die toepassing
         en gebruik van:
          Geloofwaardige interpretasie:
             Die karakter skep geloofwaardigheid en waarheid van „n karakter deurdie
             gebruik van emosie, fisikaliteit en vokale eienskappe vir 'n spesifieke
             karakter om geloofbaarheid en waarheid te skep
          Emosionele geheue:
             Waaruit die akteurs persoonlike ervaring en herinneringe kan gebruik om
             die emosionele werklikheid van die toneelstuk, karakter en gegewe
             omstandighede in die vertolking/ optrede te skep. 'n Akteur moet slegs
             emosies gebruik wat ouer as sewe jaar is.
          Magiese as ('Magic if'):
             Die akteur moet lewe, voel, dink, praat en optree asof hy/sy die karakter
             is. Vokale en fisiese reaksies kan dus wissel van optrede tot optrede,
             maar sal altyd realisties en getrou wees
          Aandagsirkels:
             Die akteur se fokus moet op die wêreld van die toneelstuk op die verhoog
             wees en nie op die gehoor nie
          Superdoelwit en doelwitte
             Die akteur moet 'n motivering en rede hê vir elke handeling (lyn, gedrag,
             houding/ ingesteldheid, emosie)
          Gegewe omstandighede:
             Die akteur moet navorsing doen en in karakter reageer op die tyd, plek en
             sosio-ekonomiese omstandighede van die toneelstuk, die mense en die (6)
             samelewing in die tyd waarin die toneelstuk afspeel

              „n Kandidaat kan slegs TWEE punte verdien indien die tegnieke net gelys
              is.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           21                            DBE/November 2022
                                     NSS – Nasienriglyne
5.4      Nasieners aanvaar relevante en goed gemotiveerde antwoorde wat kennis toon
         van die goed geskepte toneelstruktuur. Die kandidaat moet ook die vermoë toon
         om te analiseer waarom en hoe die toneelstruktuur en die intrige die ontwikkeling
         en aksies gebruik om die spanning te verhoog. Aanvaar verskillende
         interpretasies van die goed geskepte toneelstruktuur en geldige gedagtes.

         Ken volpunte toe vir:
          Vier goed gemotiveerde stellings OF
          Agt aparte gedagtes/ idees

         Die volgende is 'n riglyn:
         Die goed geskepte toneelstruktuur:
         Uiteensetting:
          Is van die begin af as Realisme in Teater uitgelê
          Gee inligting oor die gegewe omstandighede, die toneelstuk en die karakters
          Toon dat die toneelstuk in die jaar 2000 in 46 Madala Street, New Brighton
             afspeel
          Toon Sipho Makhaya, 63, Assistent-hoofbibliotekaris van die Port Elizabeth
             Openbare Biblioteek wat terugkeer van sy werk af en wat vir die aankoms
             van die lyk van sy oorlede broer, Themba, wag
          Identifiseer Thando Makhaya, sy dogter, wat by die WVK werk en by die huis
             aankom en haar vader oor Themba uitvra. Sipho ontwyk die vrae
         Motoriese moment:
          Kan beskou word as Themba se dood of die aankoms van Mandisa, Themba
             se dogter, met Themba se as, uit Londen
         Stygende aksie/ handeling/ verwikkeling:
          Is geskep deur Thando en Mandisa se voortdurende ondervraging oor die
             verlede, en Sipho se ontwyking om hulle antwoorde te gee
          Toon sensitiewe kwessies rakende vaderskap
          Is geskep deur die nuus dat Sipho nie die pos as Hoofbibliotekaris gekry het
             nie
          Is geskep deur Thando se begeerte om saam met Mandisa Johannesburg
             en Londen toe te gaan
         Klimaks:
          Word bereik deur Sipho se gedrink as gevolg van sy spanning en dit dra by
             tot sy uitbarsting en die klimaks van die toneelstuk
          Word bereik wanneer Sipho die 'waarheid, die hele waarheid en niks anders
             as die waarheid nie' onthul, bv. die moontlikheid dat Thando Themba se
             dogter kan wees
          Is geskep deur Sipho wat 'n persoonlike opernbaring oor die waarheid van sy
             eie lewe en sy toekoms ervaar
         Ontknoping/ Afloop:
          Word ervaar wanneer Sipho vir Themba vir sy verraad in die verlede
             vergewe
          Word bereik wanneer Sipho 'n belofte maak om sy eie African Public Library
             in New Brighton oop te maak
         Ons wil die toneelstuk tot aan die einde kyk om te sien wat gebeur omdat:
          Ons by die familie en hulle stryd aansluiting kan vind
          Sipho wil hê dat ons die waarheid uitvind omdat ons weet hy steek iets weg
          Ons wil 'n beter lewe vir Sipho hê omdat hy gedurende apartheid in sy
             persoonlike en professionele lewe so swaargekry het
          Daar is dramatiese ironie omdat ons weet daar is onopgeloste konflik tussen
             Sipho en Themba                                                                      (8)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Dramatic Arts Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2022-eng/234bcd4a-f413-4d24-8048-c7db7da6d8c6) — Dramatic Arts · QP · 2022 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2022-afr/e97f4c54-b3ad-4e38-998d-985b03f4759b) — Dramatic Arts · QP · 2022 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2020 Eng Memo](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2020-eng-memo/84cf6aef-34e8-4442-a29f-0a0d86734c6a) — Dramatic Arts · Memo · 2020 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2019-memo-eng/bacedb6b-a958-4cf7-8281-ea56b98c3b01) — Dramatic Arts · Memo · 2019 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2019-memo-afr/298a604b-a4d9-42d1-96c1-bf8b93485ea5) — Dramatic Arts · Memo · 2019 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2018 Memo Eng . . AMENDED FINAL . docx](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2018-memo-eng-amended-final-docx/89347ae3-9968-43ba-b954-a6fb451e341f) — Dramatic Arts · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-afr/b4a67589-411d-46bb-b333-65beeafd2138) — QP · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-afr/ee64452f-d716-4e2c-a4c0-eb6f240cdecb) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-eng/d7900b57-db36-4c03-9c8b-4da9102aed06) — QP · 2024 · Eng
- [Dramatic Arts May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-afrikaans/196a7629-8432-4e24-976d-ba79e198fc93) — QP · 2024 · Afr
- [Dramatic Arts May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/635df938-d2f8-4677-9753-430aa4581d96) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
