# Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Dramatic Arts question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2023-afr/948a2d47-0400-447e-9ab5-2109a91783fd
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2023-afr/948a2d47-0400-447e-9ab5-2109a91783fd)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                              DRAMATIESE KUNSTE

                                  NOVEMBER 2023

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
                     Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            2                         DBE/November 2023
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

        AFDELING A: 20ste-eeuse Europese Teaterbewegings                              (30)
        AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994                                 (40)
        AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994–Kontemporêr                       (40)
        AFDELING D: Teatergeskiedenis, Praktiese Begrippe, Inhoud en
                    Vaardighede                                                       (40)
2.      AFDELING A
        VRAAG 1 is VERPLIGTEND.
        Verwys na EEN van die toneeltekste hieronder wat jy bestudeer het en die
        betrokke 20ste-eeuse Europese Teaterbeweging.
        EPIESE TEATER
         Caucasian Chalk Circle            Bertolt Brecht
         Kaukasiese Krytsirkel             Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
         Mother Courage                    Bertolt Brecht
         Moeder Courage                    Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
         The Good Person of Szechwan       Bertolt Brecht
         Kanna Hy Kô Hystoe                Adam Small
                                             OF
        TEATER VAN DIE ABSURDE
         Waiting for Godot                 Samuel Beckett
         Afspraak met Godot                Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks
         Bagasie                           André P Brink
         The Bald Primadonna               Eugene Ionesco
         Die Kaalkop Primadonna            Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks
                                             OF
        POSTMODERNE TEATER
         Skrapnel                          Willem Anker
         Top Girls                         Carol Churchill
         Popcorn                           Ben Elton
         Buried Child                      Sam Shepard
3.      AFDELING B
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
        hierdie afdeling.
        VRAAG 2: Woza Albert!            Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en
                                         Barney Simon OF
        VRAAG 3: Sophiatown              Junction Avenue Theatre Company OF
        VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis
4.      AFDELING C
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
        hierdie afdeling.
        VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani OF
        VRAAG 6: Groundswell             Ian Bruce OF
        VRAAG 7: Mis                     Reza de Wet
5.      AFDELING D
        Hierdie afdeling is VERPLIGTEND. Beantwoord VRAAG 8 en 9.
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          3                         DBE/November 2023
                                          NSS

AFDELING A: 20ste-EEUSE EUROPESE TEATERBEWEGINGS

Hierdie vraag is VERPLIGTEND.

VRAAG 1

Verwys na BRON A, B of C hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

BRON A: TEATER VAN DIE ABSURDE

                        geen karaktergeskiedenis nie

                                                          [Bron: Eksaminator se eie teks]

LET WEL: farcical situasies beteken klugspelsituasies

                                         OF

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                       4                        DBE/November 2023
                                       NSS

BRON B: EPIESE TEATER

            Lehrstücke

                     historifikasie
                                             [Bron: Eksaminator se eie teks]

LET WEL: digotomie beteken tweeledigheid

                                     OF

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                         5                             DBE/November 2023
                                         NSS

BRON C: POSTMODERNE TEATER

              metadenke

                               postmoderne teater
                                                     [Bron: Eksaminator se eie teks]

Kies BRON A, B OF C. Hierdie bronne bevat baie kenmerke van Teater van die
Absurde, Epiese Teater OF Postmoderne Teater.

In 'n opstel, bespreek hoe die kenmerke van Teater van die Absurde, Epiese Teater
OF Postmoderne Teater in die toneelteks wat jy bestudeer het, gesien kan word.
Verwys na die karakters en temas van die toneelstuk.

Skryf die titel van die toneelteks en die 20ste-eeuse Teaterbeweging (Teater van die
Absurde OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater) wat jy bestudeer het, as 'n opskrif
neer voor jy jou opstel begin.

                                                              TOTAAL AFDELING A:                30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           6                         DBE/November 2023
                                           NSS

AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994

Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.

VRAAG 2:      WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
              BARNEY SIMON

Bestudeer BRON D hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON D:      'N TONEEL UIT WOZA ALBERT!

                                                                     [Bron: Sowetan Live]

2.1      Noem die twee karakters in BRON D.                                                   (2)

2.2      Stel voor hoe die akteurs die stemming skep van die toneel wat in BRON D
         uitgebeeld word.                                                                     (4)

2.3      Beskryf die dekorstel wat in die toneelstuk gebruik word.                            (4)

2.4      Verduidelik waarom die dekorstel 'n geskikte omgewing vir die opvoer van die
         toneelstuk is.                                                                       (4)

2.5      Motiveer waarom die kostuums in BRON D geskik is vir 'n akteur in
         Arm/Gestroopte Teater.                                                               (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                          7                         DBE/November 2023
                                          NSS

Bestudeer BRON E hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON E: 'N UITTREKSEL UIT 'N MEDIAVERKLARING OOR WOZA ALBERT!

Die briljantheid van Woza Albert! lê nie net in die storie van Morena (Jesus Christus)
se koms na apartheid-Suid-Afrika nie, maar ook in die feit dat die twee akteurs in staat
was om 'n hele wêreld op die verhoog, vokaal en fisies, met gebruik van die
werkswinkelproses te skep. Hulle speel baie karakters wat die Suid-Afrikaanse
menslike toestand tydens apartheid, met sy rassisme, polisiewreedheid, armoede, 5
gedwonge verskuiwings, uitbuiting, ens. beklemtoon.

                                                                – Themba Ntshingila

2.6      Analiseer hoe die akteurs 'in staat was om 'n hele wêreld op die verhoog',
         vokaal en/of fisies, te skep (reëls 2–3). Verwys na spesifieke voorbeelde in
         die toneelstuk.                                                                     (6)

2.7      Bespreek die werkswinkelproses soos deur Mbongeni Ngema en Percy Mtwa
         gebruik om die toneelstuk Woza Albert! te skep.                                     (6)

2.8      Evalueer hoe Woza Albert! daarin slaag om die 'Suid-Afrikaanse menslike
         toestand tydens apartheid, met sy rassisme, polisiewreedheid, armoede,
         gedwonge verskuiwings, uitbuiting, ens.' (reëls 4–6) te beklemtoon en
         waarom dit steeds in ons huidige samelewing relevant is.

         Verwys na enige DRIE van hierdie temas in jou antwoord.                             (10)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           8                           DBE/November 2023
                                           NSS

VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR DIE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY

Bestudeer BRON F hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON F:      'N TONEEL UIT SOPHIATOWN

                                                                     [Bron: Google Images]

3.1      Identifiseer TWEE vroulike karakters op die verhoog in BRON F.                        (2)

3.2      Stel voor hoe die akteurs die stemming skep van die toneel wat in BRON F
         uitgebeeld word.                                                                      (4)

3.3      Beskryf die dekorstel wat in die toneelstuk gebruik word.                             (4)

3.4      Verduidelik waarom die dekorstel 'n geskikte omgewing vir die opvoer van die
         toneelstuk is.                                                                        (4)

3.5      Motiveer of die kostuums vir Sophiatown geskik is of nie.                             (4)

3.6      Bespreek hoe DRIE van die vroulike karakters in die toneelstuk 'n manier vind
         om in Sophiatown te oorleef.                                                          (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             9                            DBE/November 2023
                                             NSS

Bestudeer BRON G en beantwoord die vrae wat volg.

BRON G:      'N UITTREKSEL UIT 'N MEDIAVERKLARING OOR SOPHIATOWN

Hierdie lewendige en onvergeetlike Township-musiekvertoning word herleef met 'n
nuwe, jong rolverdeling onder die ervare oog van regisseur Malcolm Purkey.

In sy regisseursnota sê Purkey: 'Ek het gekies om op die kwessies van familie,
identiteit, kulturele diversiteit, ras en konflik te fokus. Dit is duidelik dat hierdie temas
steeds in Suid-Afrika ná apartheid relevant is.'                                              5

                                                                              – Sam Dube

3.7      Beskryf en analiseer die kenmerke van 'n Township-musiekblyspel.                         (6)

3.8      Evalueer hoe die kwessies van familie, identiteit, kulturele diversiteit, ras en
         konflik in die toneelstuk Sophiatown weerspieël word en waarom dit steeds in
         ons huidige samelewing relevant is.

         Verwys na enige DRIE van hierdie temas in jou antwoord.                                  (10)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           10                          DBE/November 2023
                                           NSS

VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS

Bestudeer BRON H hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON H:      'N TONEEL UIT SIENER IN DIE SUBURBS

                                                                     [Bron: Google Images]

4.1      Identifiseer die TWEE karakters in BRON H.                                            (2)

4.2      Stel voor hoe die akteurs die stemming skep van die toneel wat in BRON H
         uitgebeeld word.                                                                      (4)

4.3      Beskryf die dekorstel wat in die toneelstuk gebruik word.                             (4)

4.4      Verduidelik waarom die dekorstel 'n geskikte omgewing vir die opvoer van die
         toneelstuk is.                                                                        (4)

4.5      Motiveer of die kostuums in BRON H vir Siener in die Suburbs geskik is of
         nie.                                                                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                             11                         DBE/November 2023
                                             NSS

Bestudeer BRON I en beantwoord die vrae wat volg.

BRON I:     'N UITTREKSEL UIT 'N MEDIAVERKLARING OOR SIENER IN DIE
            SUBURBS

Die toneelstuk Siener in die Suburbs wys vir ons karakters wat vir persoonlike vryheid
veg. Hulle waag dit om te droom en op 'n beter lewe te hoop, selfs op 'n tydstip
wanneer teleurstelling 'n konstante werklikheid is.                                    3

                                                                           – Jay Cohen

4.6       Identifiseer die genre/styl van Siener in die Suburbs.                                (2)

4.7       Analiseer hoe die genre/styl wat in VRAAG 4.6 geïdentifiseer is, in Siener in
          die Suburbs weerspieël word.                                                          (6)

4.8       Verduidelik hoe TWEE van die vroulike karakters 'n manier vind om in hulle
          omstandighede te oorleef.                                                             (4)

4.9       Bespreek hoe die toneelstuk Siener in die Suburbs die temas van vryheid,
          drome en hoop deur die karakters en hulle situasies ondersoek en waarom dit
          steeds in ons huidige samelewing relevant is.

          Verwys na die DRIE temas in jou antwoord.                                             (10)
                                                                                                [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:           40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           12                          DBE/November 2023
                                           NSS

AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994–KONTEMPORÊR

Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.

VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI

Bestudeer BRON J hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON J: 'N LEË TEATERRUIMTE

                                                                  [Bron: Google Images]

Stel jou voor dat jy gevra is om Nothing But The Truth te regisseer in die teater wat in
BRON J hierbo uitgebeeld word.

5.1      Identifiseer die verhoogtipe wat in BRON J uitgebeeld word.                           (2)

5.2      Lig jou stelontwerper in oor hoe die dekorstel vir Nothing But The Truth moet
         lyk.                                                                                  (2)

5.3      Maak 'n lys van die meubels en rekwisiete wat op die dekorstel benodig word.          (6)

5.4      Maak aantekeninge oor hoe jy die openingsoomblikke van die toneelstuk kan
         opvoer om van die begin af die gehoor te boei. Verwys na blok
         (verhoogplasing), tegniese elemente en die akteur-gehoor-verhouding in jou
         antwoord.                                                                             (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           13                            DBE/November 2023
                                           NSS

Bestudeer BRON K hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON K: TWEE VAN DIE AKTEURS AAN WIE JY ROLLE IN NOTHING BUT THE
        TRUTH TOEGEKEN HET

                                                  [Bron: Google Images]

5.5      As regisseur, verskaf die volgende karakterbiografieë vir die akteurs aan wie
         rolle in jou produksie in BRON K toegeken is:

             Die name van die karakters wat hulle speel
             Die familieagtergrond van elke karakter
             Die persoonlikheid van elke karakter
             Die karakters se verwantskap met mekaar in die toneelstuk                          (8)

5.6      Beskryf die funksie van die volgende lede van jou produksiespan:

             Verhoogbestuurder
             Verhoogpersoneel ('Backstage crew')
             Tegniese span                                                                      (6)

5.7      Skryf 'n artikel (paragraaf) onder die volgende opskrif om jou produksie vir 'n
         hedendaagse gehoor te adverteer:

                     Nothing But The Truth: 'N MOET-SIEN-produksie!

         Bespreek hoe die storielyn en temas van die toneelstuk dit 'n 'moet-sien'-
         produksie kan maak.                                                                     (10)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            14                          DBE/November 2023
                                            NSS

VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE

Bestudeer BRON L hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON L: 'N LEË TEATERRUIMTE

                                                                   [Bron: Google Images]

Stel jou voor dat jy gevra is om Groundswell te regisseer in die teater wat in BRON L
hierbo uitgebeeld word.

6.1      Identifiseer die verhoogtipe wat in BRON L uitgebeeld word.                            (2)

6.2      Lig jou stelontwerper in oor hoe die dekorstel vir Groundswell moet lyk.               (2)

6.3      Maak 'n lys van die meubels en rekwisiete wat op die dekorstel benodig word.           (6)

6.4      Maak aantekeninge oor hoe jy die openingsoomblikke van die toneelstuk kan
         opvoer om van die begin af die gehoor te boei. Verwys na blok
         (verhoogplasing), tegniese elemente en die akteur-gehoor-verhouding in jou
         antwoord.                                                                              (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            15                            DBE/November 2023
                                            NSS

Bestudeer BRON M hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON M:       TWEE VAN DIE AKTEURS AAN WIE ROLLE IN JOU PRODUKSIE
              GROUNDSWELL TOEGEKEN IS

                                   [Bron: Photo by Katarzyna Woranowicz]

6.5      As regisseur, verskaf die volgende karakterbiografieë vir die akteurs aan wie
         rolle in jou produksie in BRON M toegeken is:

             Die name van die karakters wat hulle speel
             Die agtergrond van elke karakter
             Die persoonlikheid van elke karakter
             Die karakters se verwantskap met mekaar in die toneelstuk                           (8)

6.6      Beskryf die funksie van die volgende lede van jou produksiespan:

             Verhoogbestuurder
             Verhoogpersoneel ('Backstage crew')
             Tegniese span                                                                       (6)

6.7      Skryf 'n artikel (paragraaf) onder die volgende opskrif om jou produksie vir 'n
         hedendaagse gehoor te adverteer:

                          Groundswell: 'N MOET-SIEN-produksie!

         Bespreek hoe die storielyn en temas van die toneelstuk dit 'n 'moet-sien'-
         produksie kan maak.                                                                      (10)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            16                             DBE/November 2023
                                            NSS

VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET

Bestudeer BRON N hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON N: 'N LEË TEATERRUIMTE

                                                                    [Bron: Google Images]

Stel jou voor dat jy gevra is om Mis te regisseer in die teater wat in BRON N hierbo
uitgebeeld word.

7.1      Identifiseer die verhoogtipe wat in BRON N uitgebeeld word.                               (2)

7.2      Lig jou stelontwerper in oor hoe die dekorstel vir Mis moet lyk.                          (2)

7.3      Maak 'n lys van die meubels en rekwisiete wat op die dekorstel benodig word.              (6)

7.4      Maak aantekeninge oor hoe jy die openingsoomblikke van die toneelstuk kan
         opvoer om van die begin af die gehoor te boei. Verwys na blok
         (verhoogplasing), tegniese elemente en die akteur-gehoor-verhouding in jou
         antwoord.                                                                                 (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                            17                                DBE/November 2023
                                            NSS

Bestudeer BRON O hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON O: TWEE VAN DIE AKTEURS AAN WIE ROLLE IN JOU PRODUKSIE
        MIS TOEGEKEN IS

                               [Bron: 'n Produksie van Mis deur André Stolz]

7.5      As regisseur, verskaf die volgende karakterbiografieë vir die akteurs aan wie
         rolle in jou produksie in BRON O toegeken is:

             Die name van die karakters wat hulle speel
             Die agtergrond van elke karakter
             Die persoonlikheid van elke karakter
             Die karakters se verwantskap met mekaar in die toneelstuk                               (8)

7.6      Beskryf die funksie van die volgende lede van jou produksiespan:

             Verhoogbestuurder
             Verhoogpersoneel ('Backstage crew')
             Tegniese span                                                                           (6)

7.7      Skryf 'n artikel (paragraaf) onder die volgende opskrif om jou produksie vir 'n
         hedendaagse gehoor te adverteer:

                               Mis: 'N MOET-SIEN-produksie!

         Bespreek hoe die storielyn en temas van die toneelstuk dit 'n 'moet-sien'-
         produksie kan maak.                                                                          (10)
                                                                                                      [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:                 40

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                           18                       DBE/November 2023
                                           NSS

AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE BEGRIPPE, INHOUD EN
            VAARDIGHEDE

VRAAG 8 en 9 is VERPLIGTEND.

VRAAG 8

Bestudeer BRON P hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON P:      'N GEÏMPROVISEERDE TONEEL WAT GEBRUIK MAAK VAN
             ARM/GESTROOPTE TEATER, FISIESE TEATER EN MIMIEK IN 'N
             OMGEWINGSTEATERPRODUKSIE

                                                     [Bron: Horn of Sorrow, YouTube]

8.1      Skryf 'n paragraaf oor die geskiedenis en styl van Arm/Gestroopte Teater.
         Sluit inligting onder die volgende opskrifte in:
             Definieer Arm/Gestroopte Teater
              o Via Negativa
              o Die Heilige Akteur
              o Akteursoefeninge
              o Akteur-gehoor-verhouding                                                     (10)

8.2      Definieer die volgende teaterterme:

         8.2.1       Improvisasie                                                            (2)

         8.2.2       Mimiek                                                                  (2)

         8.2.3       Fisiese Teater                                                          (2)

         8.2.4       Opvoerruimte                                                            (2)

         8.2.5       Omgewingsteater                                                         (2)
                                                                                             [20]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Dramatiese Kunste                                       19                               DBE/November 2023
                                                       NSS

VRAAG 9

Bestudeer BRON Q en beantwoord die vrae wat volg.

BRON Q: GEDAGTES IN DIE VERSTAND VAN 'N LEERDER IN DRAMATIESE
        KUNSTE

                              Ek sukkel om my woorde      Ek wonder watter
                                  te leer, maar …          rekwisiet ek kan
                                                              gebruik …?         Hierdie monoloog het
                                                                                 ooreenkomste met my
                                                                                   persoonlike lewe!

    Oeeee, ek
       het                                                                                   My selfvertroue
  verhoogvrees.                                                                               het ontwikkel
   Wat kan ek
      doen?

  Wat as ek nie die
    spertyd vir my
  praktiese eksamen
                                                                                     Ek hou van
       haal nie?
                                                                                   toneelspel en …
                 Tydbestuur is vir my
                    'n uitdaging …
                                             Gegewe
                                                                                Drama leer my
                                          omstandighede                       lewensvaardighede
                                                                                    soos …

                                                          [Bron: Google Images en eksaminator se eie teks]

9.1       BRON Q is 'n voorbeeld van die gedagtes in die verstand van 'n leerder in
          Dramatiese Kunste.

          Skep 'n nuwe skets/prentjie ('n breinkaart/tekening/spinnekopdiagram/kort
          aantekeninge, ens.) met byskrifte wat jou eie gedagtes oor jou eie ervaring
          van Dramatiese Kunste aandui.

          Maak seker jy sluit TIEN gedagtes in.                                                                (10)

9.2       Kies DRIE gedagtes wat jy in jou skets in VRAAG 9.1 aangedui het.

          Bespreek ELK van hierdie DRIE gedagtes in detail om jou ervarings as 'n
          leerder in Dramatiese Kunste te weerspieël.                                                          (10)
                                                                                                               [20]

                                                                              TOTAAL AFDELING D:               40
                                                                                  GROOTTOTAAL:                 150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Dramatic Arts Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2023-eng/9495f15f-cb71-4b42-ab67-6a4b08401714) — Dramatic Arts · QP · 2023 · Eng
- [Dramatic Arts May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2023-eng/1b174387-b794-413b-a45e-bd0f486f411b) — Dramatic Arts · QP · 2023 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2022-eng/234bcd4a-f413-4d24-8048-c7db7da6d8c6) — Dramatic Arts · QP · 2022 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2022-afr/e97f4c54-b3ad-4e38-998d-985b03f4759b) — Dramatic Arts · QP · 2022 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2021-eng/59ac94aa-ac72-4b29-8f5a-b3b5c91b2f32) — Dramatic Arts · QP · 2021 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2021-afr/c581c8fb-09f5-4ded-abed-96a01a6d4477) — Dramatic Arts · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-mg-eng/1ca47d26-a583-48d4-b7e6-350802a91a45) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/0c5cf551-3515-4f88-aed5-2e27892a9058) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/e81f2ce2-7475-4158-a9c0-2ee9e0139852) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/295292ad-642f-4171-ae1e-c2dd59f80f5a) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-english/75e178c5-f96e-43f8-8078-84ce1d3d0082) — Memo · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
