# Dramatic Arts Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)

> Grade 12 Dramatic Arts question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-afr/ee64452f-d716-4e2c-a4c0-eb6f240cdecb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dramatic Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Dramatic Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/dramatic-arts) › [Dramatic Arts Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2024-afr/ee64452f-d716-4e2c-a4c0-eb6f240cdecb)

## About this document

Dramatic Arts · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                               DRAMATIESE KUNSTE

                                  NOVEMBER 2024

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
                     Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Dramatiese Kunste                           2                          DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

        AFDELING A: 20ste-eeuse Europese Teaterbewegings                     (30)
        AFDELING B: Suid-Afrikaanse Teater: 1960–1994                        (40)
        AFDELING C: Suid-Afrikaanse Teater: Ná 1994–Kontemporêr              (40)
        AFDELING D: Teatergeskiedenis, Praktiese Begrippe, Inhoud en
                    Vaardighede                                              (40)
2.      AFDELING A
        VRAAG 1 is VERPLIGTEND.
        Verwys na EEN van die toneeltekste hieronder wat jy bestudeer het en die
        betrokke 20ste-eeuse Europese Teaterbeweging.
        EPIESE TEATER
         Caucasian Chalk Circle            Bertolt Brecht
         Kaukasiese Krytsirkel             Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
         Mother Courage                    Bertolt Brecht
         Moeder Courage                    Vertaling van Bertolt Brecht-toneelteks
         The Good Person of Szechwan       Bertolt Brecht
         Kanna Hy Kô Hystoe                Adam Small
                                             OF
        TEATER VAN DIE ABSURDE
         Waiting for Godot                 Samuel Beckett
         Afspraak met Godot                Vertaling van Samuel Beckett-toneelteks
         Bagasie                           André P Brink
         The Bald Primadonna               Eugene Ionesco
         Die Kaalkop Primadonna            Vertaling van Eugene Ionesco-toneelteks
                                             OF
        POSTMODERNE TEATER
         Skrapnel                          Willem Anker
         Top Girls                         Carol Churchill
         Popcorn                           Ben Elton
         Buried Child                      Sam Shepard
3.      AFDELING B
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
        hierdie afdeling.
        VRAAG 2: Woza Albert!            Percy Mtwa, Mbongeni Ngema en
                                         Barney Simon OF
        VRAAG 3: Sophiatown              Junction Avenue Theatre Company OF
        VRAAG 4: Siener in die Suburbs PG du Plessis
4.      AFDELING C
        Hierdie afdeling bestaan uit DRIE vrae. Beantwoord slegs EEN vraag in
        hierdie afdeling.
        VRAAG 5: Nothing but the Truth John Kani OF
        VRAAG 6: Groundswell             Ian Bruce OF
        VRAAG 7: Mis                     Reza de Wet
5.      AFDELING D
        Hierdie afdeling is VERPLIGTEND. Beantwoord VRAAG 8 en 9.
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Dramatiese Kunste                            3                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

AFDELING A: 20ste-EEUSE EUROPESE TEATERBEWEGINGS

Hierdie vraag is VERPLIGTEND.    Nov

VRAAG 1

Verwys na BRON A hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

BRON A: 'N TEATERRUIMTE

                                                                 [Bron: theplannerguru.co.za]

Bespreek, in 'n opstel, hoe jy die toneelteks wat jy vanjaar bestudeer het, sal opvoer in
die styl van die betrokke 20ste-eeuse Teaterbeweging in die teater wat in BRON A
getoon word.

As riglyne vir jou antwoord kan jy na die volgende aspekte van die opvoering van jou
toneelstuk verwys:

   Stelontwerp
   Gebruik van die teaterruimte
   Tegniese vereistes
   Toneelspelstyl
   Temas en boodskappe wat jy deur die opvoering wil uitlig

Skryf die titel van die toneelteks en die 20ste-eeuse Beweging (Teater van die Absurde
OF Epiese Teater OF Postmoderne Teater) wat jy bestudeer het, aan die begin van
jou opstel neer.

                                                                TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Dramatiese Kunste                               4                          DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

AFDELING B: SUID-AFRIKAANSE TEATER: 1960–1994

Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.

VRAAG 2: WOZA ALBERT! DEUR PERCY MTWA, MBONGENI NGEMA EN
         BARNEY SIMON

Bestudeer BRON B hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON B: DIE OPENINGSTONEEL UIT WOZA ALBERT!

            FOTO/PRENT A                                    FOTO/PRENT B

                [Bron: Foto deur Veli Nhlapo]                    [Bron: X.com, Soweto Theatre]

Stel jou voor jy regisseer die toneel wat in die foto's/prente in BRON B getoon word.

2.1      Noem wat in die openingstoneel van die toneelstuk gebeur.                                 (2)

2.2      Verduidelik hoe jy die twee akteurs kan lei om gedurende 'n opvoering van
         BRON B van karakter na karakter te transformeer.                                          (4)

2.3      Stel voor hoe TWEE verskillende items wat aan die klerereling in
         FOTO/PRENT A hang, in die toneelstuk gebruik kan word.                                    (4)

2.4      Motiveer hoe jy improvisasie met jou akteurs kan gebruik om die toneel in
         BRON B doeltreffend te vertolk.                                                           (4)

2.5      Beskryf die fisiese vaardighede wat jy dalk van 'n akteur kan vereis wat die
         toneel in BRON B vertolk.                                                                 (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Dramatiese Kunste                        5                        DBE/November 2024
                                    NSS Vertroulik

2.6      Bespreek die werkswinkelproses wat gebruik is om die oorspronklike
         weergawe van Woza Albert! te skep.                                               (6)

2.7      Vergelyk hoe jou proses as 'n regisseur van BRON B van die oorspronklike
         werkswinkelproses kan verskil.                                                   (4)

2.8      Evalueer hoe die temas van Woza Albert! die sosiopolitieke toestande
         gedurende apartheid en in Suid-Afrika vandag weerspieël.                         (10)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Dramatiese Kunste                          6                             DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

VRAAG 3: SOPHIATOWN DEUR DIE JUNCTION AVENUE THEATRE COMPANY

Bestudeer BRON C hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON C: 'N TONEEL UIT SOPHIATOWN

                                                            [Bron: https://statetheatre.co.za]

Stel jou voor jy regisseer die toneel wat in BRON C getoon word.

3.1      Noem wat in hierdie toneel gebeur.                                                      (2)

3.2      Stel aan die akteurs wat Ruth en Mingus speel, voor wat hulle dalk kan dink
         en voel in die oomblik wat in BRON C vasgevang is.                                      (6)

3.3      Verduidelik hoe Mingus se kostuum dalk kan help om sy karakter aan die
         gehoor oor te dra (te toon).                                                            (4)

3.4      Motiveer hoe jy improvisasie met jou akteurs kan gebruik om hulle te help om
         die toneel in BRON C doeltreffend te vertolk.                                           (4)

3.5      Motiveer hoekom jy dink die agtergrond in BRON C vir die toneelstuk geskik
         kan wees.                                                                               (4)

3.6      Bespreek die werkswinkelproses wat gebruik is om die oorspronklike
         weergawe van Sophiatown te skep.                                                        (6)

3.7      Vergelyk hoe jou proses as 'n regisseur van BRON C van die oorspronklike
         werkswinkelproses kan verskil.                                                          (4)

3.8      Evalueer hoe die temas van Sophiatown die sosiopolitieke toestande
         gedurende apartheid en in Suid-Afrika vandag weerspieël.                                (10)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Dramatiese Kunste                           7                            DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

VRAAG 4: SIENER IN DIE SUBURBS DEUR PG DU PLESSIS

Bestudeer BRON D hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON D: 'N TONEEL UIT SIENER IN DIE SUBURBS

                                                             [Bron: Facebook, 6 Maart 2015]

Stel jou voor jy regisseer die toneel wat in die prent in BRON D getoon word.

4.1      Noem wat in hierdie toneel gebeur.                                                     (2)

4.2      Stel aan die akteurs wat Fé en Tjokkie speel, voor wat hulle dalk kan dink en
         voel in die oomblik wat in BRON D vasgevang is.                                        (4)

4.3      Verduidelik hoe Tjokkie se kostuum dalk kan help om sy karakter aan die
         gehoor oor te dra (te toon).                                                           (4)

4.4      Motiveer hoe jy improvisasie met jou akteurs kan gebruik om hulle te help om
         BRON D doeltreffend uit te beeld.                                                      (4)

4.5      Motiveer hoekom jy dink die stel wat in BRON D uitgebeeld (getoon) word, 'n
         geskikte omgewing vir die toneelstuk kan verskaf.                                      (6)

4.6      Verduidelik waarom hierdie toneelstuk oorspronklik geskep is.                          (4)

4.7      Bespreek hoe enige TWEE tegnieke van Stanislavski se Sisteem/Metode jou
         kan help om die toneelstuk te regisseer.                                               (6)

4.8      Evalueer hoe die temas van Siener in die Suburbs die sosiopolitieke
         toestande gedurende apartheid en in Suid-Afrika vandag weerspieël.                     (10)
                                                                                                [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B:               40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Dramatiese Kunste                          8                           DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

AFDELING C: SUID-AFRIKAANSE TEATER: NÁ 1994–KONTEMPORÊR

Beantwoord slegs EEN vraag in hierdie afdeling.

VRAAG 5: NOTHING BUT THE TRUTH DEUR JOHN KANI

Bestudeer BRON E hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON E:     'N ONDERHOUD MET NOMHLE MAVUNDLA, DIE AKTRISE IN DIE
            ROL VAN MANDISA IN NOTHING BUT THE TRUTH

VERSLAGGEWER: Baie geluk met die rol van die spoggerige fashionista Mandisa! Jy
              moet baie opgewonde wees om saam met jou wonderlike
              geselskap en tegniese span te werk.

NOMHLE:              Dankie. Ek voel nederig en geëerd om saam met so 'n hegte en
                     bekwame geselskap te werk om hierdie relevante verhaal 5
                     lewendig te maak.

VERSLAGGEWER: Jou rol vereis interessante stem- en fisieke werk. Hoe het jy dit
              benader?

NOMHLE:              Ja. Aksentwerk, tesame met Mandisa se uitgesproke geaardheid,
                     vereis 'n sensitiwiteit en gedetailleerde kennis van haar karakter, 10
                     asook spesifieke oefeninge.

VERSLAGGEWER: Hoe het jy te werk gegaan om haar karakter na te vors? Mandisa
              speel so 'n belangrike rol in die ontwikkeling van die intrige van
              die toneelstuk.

NOMHLE:              Ek het Camden Town besoek en koffie gedrink, omring deur so 15
                     baie nuwerwetse modeboetieks met die regte Mandisas van die
                     wêreld, wat nie bang is om reguit te sê wat hulle dink nie. Dit was
                     opvoedkundig!

VERSLAGGEWER: Dit moes jou idees oor jou karakter se liggaamlikheid/fisikaliteit
              en unieke styl beïnvloed het. Het jy enige sê oor die regisseur se 20
              kostuumkeuses vir haar gehad?

NOMHLE:              Ja, dit was soveel pret! Sy het my sowaar gevra om werklike
                     uitrustings op my reis na Londen te koop, wat vir Mandisa geskik
                     is. Dit is natuurlik nie alles net pret, pret, pret nie! Repetisies is
                     emosioneel uitputtend omdat die onderwerp en boodskappe van 25
                     die toneelstuk baie belangrik is.

VERSLAGGEWER: Ek wens jou span alle sterkte toe vir julle speelvak. Almal moet
              hierdie relevante toneelstuk sien.

NOMHLE:              Baie dankie!
                                                            [Bron: Eksaminator se eie teks]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Dramatiese Kunste                            9                           DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

5.1      Noem die TWEE karakters, buiten Mandisa, in die geselskap van Nothing But
         The Truth.                                                                              (2)

5.2      Identifiseer die funksies van TWEE tegniese spanlede wat vir die opstel van
         die toneelstuk benodig word.                                                            (2)

5.3      Skryf 'n karakterbiografie vir Mandisa, wat op jou kennis van die toneelstuk
         gebaseer is.                                                                            (4)

5.4      Ontleed Mandisa se rol in die ontwikkeling van die intrige (storielyn/ꞌplotꞌ) van
         die toneelstuk.                                                                         (4)

5.5      Verduidelik watter fisieke en/of stemwerk die aktrise wat Mandisa speel, kan
         doen om haar karakter doeltreffend uit te beeld.                                        (6)

5.6      Beskryf die opvoerings- en lewensvaardighede wat 'n aktrise kan leer deur in
         'n klein, hegte geselskap te werk.                                                      (6)

5.7      Evalueer, deur na die temas van die toneelstuk te verwys, waarom almal
         Nothing But The Truth moet sien.                                                        (6)

5.8      'Realisme in die teater maak staat op 'n ware weerspieëling van die lewe in
         ons wêreld.'
                                                             – Heshathate Smanava

         Bespreek hoe Nothing But The Truth 'n ware weerspieëling van die lewe in
         ons wêreld skep deur die toneelstuk se intrige, dekorstel en taal.                      (10)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Dramatiese Kunste                          10                          DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

VRAAG 6: GROUNDSWELL DEUR IAN BRUCE

Bestudeer BRON F hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON F:      'N ONDERHOUD MET VUYO MBILINI, DIE AKTEUR IN DIE ROL VAN
             THAMI IN GROUNDSWELL

VERSLAGGEWER: Baie geluk met die rol in Ian Bruce se betekenisvolle toneelstuk.
              Jy moet baie opgewonde wees om saam met jou wonderlike
              geselskap en tegniese span te werk.

VUYO:                Dankie. Ek voel nederig en geëerd om saam met so 'n hegte en
                     bekwame geselskap te werk om hierdie relevante verhaal 5
                     lewendig te maak.

VERSLAGGEWER: Jou rol vereis vaardige stem- en fisieke werk. Hoe het jy dit
              benader in jou voorbereiding vir die rol?

VUYO:                Ja. 'n Sensitiwiteit en gedetailleerde kennis van sy karakter,
                     asook spesifieke daaglikse oefeninge word vereis om beide 10
                     vokaal en fisiek voor te berei om 'n geloofwaardige opvoering te
                     lewer.

VERSLAGGEWER: Hoe het jy te werk gegaan om sy karakter na te vors? Thami
              speel so 'n interessante rol in die ontwikkeling van die intrige van
              die toneelstuk.                                                      15

VUYO:                Ek het die Oos-Kaap besoek en met die regte Thami's van die
                     wêreld gepraat, wat destyds soortgelyke werklike situasies beleef
                     het. Dit was opvoedkundig!

VERSLAGGEWER: Dit moes jou beïnvloed het oor hoe jy jou karakter ontwikkel het.
              Het jy enige sê oor die regisseur se idees vir die voorbereiding vir 20
              'n realistiese rol gehad?

VUYO:                Ja, dit was regtig uitdagend om so baie Thami's te
                     verteenwoordig wat probeer het om hulle eie 'beter lewe vir almal'
                     in Suid-Afrika te skep. Repetisies was emosioneel uitputtend
                     omdat die onderwerp en boodskappe van die toneelstuk baie 25
                     belangrik is.

VERSLAGGEWER: Ek stem saam en wens jou span alle sterkte toe vir julle
              speelvak. Die wêreld moet hierdie toneelstuk sien.

VUYO:                Baie dankie!
                                                            [Bron: Eksaminator se eie teks]

6.1      Noem die TWEE ander karakters in die rolverdeling van Groundswell.                     (2)

6.2      Identifiseer die funksies van TWEE tegniese spanlede wat vir die opstel van
         die toneelstuk benodig word.                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Dramatiese Kunste                           11                          DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

6.3      Skryf 'n karakterbiografie vir Thami, gebaseer op jou kennis van die
         toneelstuk.                                                                           (4)

6.4      Ontleed Thami se rol in die ontwikkeling van die intrige (storielyn/ꞌplotꞌ) van
         die toneelstuk.                                                                       (4)

6.5      Verduidelik watter fisieke en/of stemwerk die akteur wat Thami speel, kan
         doen om sy karakter doeltreffend uit te beeld.                                        (6)

6.6      Beskryf die opvoerings- en lewensvaardighede wat 'n akteur kan leer deur in
         'n klein, hegte geselskap te werk.                                                    (6)

6.7      Evalueer, deur na die temas van die toneelstuk te verwys, waarom almal
         Groundswell moet sien.                                                                (6)

6.8      'Realisme in die teater maak staat op 'n ware weerspieëling van die lewe in
         ons wêreld.'
                                                             – Heshathate Smanava

         Bespreek hoe Groundswell 'n ware weerspieëling van die lewe in ons wêreld
         skep deur die toneelstuk se intrige, dekorstel en taal.                               (10)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Dramatiese Kunste                          12                         DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

VRAAG 7: MIS DEUR REZA DE WET

Bestudeer BRON G hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON G: 'N ONDERHOUD MET DIVAN BOSMAN, DIE AKTEUR IN DIE ROL VAN
        KONSTABEL IN MIS

VERSLAGGEWER: Baie geluk met die rol as Konstabel in hierdie fassinerende
              toneelstuk. Jy moet baie opgewonde wees om saam met jou
              wonderlike geselskap en tegniese span te werk.

DIVAN:               Dankie. Ek voel nederig en geëerd om saam met so 'n hegte en
                     bekwame geselskap te werk om hierdie ongewone verhaal 5
                     lewendig te maak.

VERSLAGGEWER: Jou rol vereis interessante stem- en fisieke werk. Hoe het jy dit
              benader?

DIVAN:               Ja. Dit was nodig om 'n sensitiwiteit en gedetailleerde kennis van
                     sy karakter se motiewe te hê, asook spesifieke oefeninge om 10
                     geloofwaardigheid in die vertolking van sy 'blindheid' te ontwikkel.

VERSLAGGEWER: Hoe het jy te werk gegaan om sy karakter na te vors? Konstabel
              speel so 'n belangrike rol in die ontwikkeling van die intrige van
              die toneelstuk.

DIVAN:               Ek het die sirkus en verskeie polisiestasies besoek om te 15
                     ondersoek hoe beide die polisie en misdadigers se koppe werk.
                     'n Besoek aan 'n plaaslike skool vir blindes was opvoedkundig.

VERSLAGGEWER: Dit moes jou idees oor jou karakter se fisieke en stem-
              eienskappe beïnvloed het. Het jy enige sê oor die regisseur se
              idees vir die uitbeelding van Konstabel gehad?                 20

DIVAN:               Ja, ons het saamgewerk aan 'n baie interessante psigologiese
                     reis om so 'n komplekse karakter te vertolk. Repetisies is
                     emosioneel uitputtend omdat die onderwerp en boodskappe van
                     die toneelstuk regtig ingewikkeld, maar belangrik, is.

VERSLAGGEWER: Ek wens jou span alles van die beste toe vir julle speelvak. 25
              Gehore moet hierdie merkwaardige toneelstuk sien.

DIVAN:               Baie dankie!
                                                           [Bron: Eksaminator se eie teks]

7.1      Noem TWEE ander karakters in die rolverdeling van Mis.                                (2)

7.2      Identifiseer die funksies van TWEE tegniese spanlede wat vir die opstel van
         die toneelstuk benodig word.                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Dramatiese Kunste                           13                          DBE/November 2024
                                       NSS Vertroulik

7.3      Skryf 'n karakterbiografie van Konstabel, gebaseer op jou kennis van die
         toneelstuk.                                                                           (4)

7.4      Ontleed Konstabel se rol in die ontwikkeling van die intrige (storielyn/ꞌplotꞌ)
         van die toneelstuk.                                                                   (4)

7.5      Verduidelik watter fisieke en/of stemwerk die akteur wat Konstabel speel, kan
         doen om sy karakter doeltreffend uit te beeld.                                        (6)

7.6      Beskryf die opvoerings- en lewensvaardighede wat 'n akteur kan leer deur in
         'n klein, hegte geselskap te werk.                                                    (6)

7.7      Evalueer, deur na die temas van die toneelstuk te verwys, waarom almal Mis
         moet sien.                                                                            (6)

7.8      'Realisme in die teater maak staat op 'n ware weerspieëling van die lewe in
         ons wêreld.'
                                                             – Heshathate Smanava

         Bespreek hoe Mis 'n ware weerspieëling van die lewe in ons wêreld skep
         deur die toneelstuk se intrige, dekorstel en taal.                                    (10)
                                                                                               [40]

                                                               TOTAAL AFDELING C:              40

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Dramatiese Kunste                             14                           DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

AFDELING D: TEATERGESKIEDENIS, PRAKTIESE BEGRIPPE, INHOUD EN
            VAARDIGHEDE

VRAAG 8 en 9 is VERPLIGTEND.

VRAAG 8

8.1      Noem 'n teaterpraktisyn OF die titel van 'n toneelstuk wat verband hou met
         die teaterstyle wat hieronder gelys is.

         8.1.1       Realisme in die Teater                                                        (2)

         8.1.2       Arm/Gestroopte Teater                                                         (2)

         8.1.3       Protesteater                                                                  (2)

         8.1.4       Gemeenskapsteater                                                             (2)

         8.1.5       Satire en Satiriese Revue                                                     (2)

8.2      Skryf studie-aantekeninge oor EEN van die teaterstyle wat in VRAAG 8.1.1
         tot 8.1.5 hierbo gelys is. Skryf die geselekteerde teaterstyl as 'n opskrif vir jou
         aantekeninge.

         Jy kan enige van die volgende formate vir jou notas gebruik:

             Sleutelwoorde en definisies
             Kolpunte
             Kort frases
             Spinnekopdiagram
             Breinkaart                                                                           (10)
                                                                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Dramatiese Kunste                        15                           DBE/November 2024
                                    NSS Vertroulik

VRAAG 9

Bestudeer BRON H hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BRON H: PRENTE VAN FISIEKE TEATER

                                   PRENT A

                                                                  [Bron: www.uticaod.com]

                                   PRENT B

                                                              [Bron: dailytelegraph.com.au]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Dramatiese Kunste                          16                        DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

9.1      Definieer Fisieke Teater.                                                       (2)

9.2      Verskaf en motiveer geskikte opskrifte vir die Fisieke Teater-opvoerings wat
         in PRENT A en PRENT B (in BRON H) uitgebeeld word.                              (4)

9.3      Evalueer DRIE eienskappe of vaardighede wat van die kunstenaars in
         BRON H vereis mag word.                                                         (6)

9.4      Verduidelik waarom die kostuums geskik kan wees vir die opvoerings wat in
         BRON H uitgebeeld word.                                                         (2)

9.5      Motiveer of beweging en Fisiese Teater in die Dramatiese Kunste-kurrikulum
         behou moet word, of nie.                                                        (6)
                                                                                         [20]

                                                             TOTAAL AFDELING D:          40
                                                                 GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Dramatic Arts Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2023-afr/948a2d47-0400-447e-9ab5-2109a91783fd) — Dramatic Arts · QP · 2023 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2023-eng/9495f15f-cb71-4b42-ab67-6a4b08401714) — Dramatic Arts · QP · 2023 · Eng
- [Dramatic Arts May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2022-afr/fa8c8d6d-0824-4acc-b542-f2b3f15858f3) — Dramatic Arts · QP · 2022 · Afr
- [Dramatic Arts May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2022-eng/cb639575-ecb2-4e7f-8188-9b4a238fb059) — Dramatic Arts · QP · 2022 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2022-eng/234bcd4a-f413-4d24-8048-c7db7da6d8c6) — Dramatic Arts · QP · 2022 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-nov-2022-afr/e97f4c54-b3ad-4e38-998d-985b03f4759b) — Dramatic Arts · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Dramatic Arts

- [Gr 12 Dram Art ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dram-art-atp-2023-24/1cc8fc90-d6ed-4b00-96bb-a8a5909bae10) — ATP
- [Dramatic Arts May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/dramatic-arts-may-june-2025-mg-eng/1ca47d26-a583-48d4-b7e6-350802a91a45) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/0c5cf551-3515-4f88-aed5-2e27892a9058) — Memo · 2025 · Eng
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum/e81f2ce2-7475-4158-a9c0-2ee9e0139852) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-afrikaans/295292ad-642f-4171-ae1e-c2dd59f80f5a) — Memo · 2025 · Afr
- [Dramatic Arts Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-dramatic-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-english/75e178c5-f96e-43f8-8078-84ce1d3d0082) — Memo · 2025 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
